ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
November 2011 Nr / No 141 ISSN 1042–1558
Gratis
TATA wys alles
Wen met ’n bandstropertafel
So werk ’n kousbalkspuit
Veeboerdery: Inheemse kleinveerasse Parasietbeheer Hooimaaktoerusting Voertuie |
AgriLag
|
Veegesondheid
|
Inheemse rasse
AgriTrader
In hierdie uitgawe Redakteursbrief
Voorblad
uid-Afrika is bekend vir sy minerale rykdom, maar ons het ook ’n ryke erfenis van plantegroei en diere. In hierdie uitgawe maak ons kennis met ’n verskeidenheid van die inheemse skaap- en bokrasse wat, soos Leon Kruger dit stel, op die bewaringsfront “net soveel aandag behoort te geniet as die bewaring van ander nasionale bates soos renosters, buffels en die protea...”. Ons het dit tot bo gemaak! Wel Ons boek wat hierdie maand net die liewe ou Magalies, maar beskryf word, gaan juis oor die darem... ProAgri se produksiegebruik van een van die administrateur, Marlien van der inheemse rasse, die Damara, in Westhuizen, het saam met my die ontwikkeling van die ’n staproete by Kumbagane Meatmaster-ras. naby Rustenburg aangedurf. Let ook gerus op die praktiese raad wat die onafhanklike veearts dr Dave Midgley aan ons kleinveeboere gee. Dit is die begin van ’n nuwe reeks oor voorkomende dieregesondheid. Ons landboumaatskappye bring weer vir ons nuus oor al hulle nuwe en interessante tegnologie, van verf wat “self kan dink” tot snyers wat slim genoeg is om oor klippe te klim en ’n verskeidenheid van betroubare voertuie in die aanry tot ons wiele-uitgawe in Desember. Ons het ongelukkig nie hierdie maand ’n blokraai nie, maar die goeie nuus is dat u dus meer tyd het om Boereblokraai 3 in te stuur. Ons sal nog tot 15 November inskrywings aanvaar. Wees nou dapper en vorder hierdie keer tot by die posbus!
S
Boer slim met ProAgri! Annemarie Joubert – annemarie@proagri.co.za
Veeboerdery 19 Greenfields: Landboutoerusting van die hoogste gehalte 20 Vermillian Verf: Klein deeltjies, groot sukses 22 Staalmeester sny skoon en droog flink 23 Inheemse kleinveerasse van Suid-Afrika 26 Voorkomende dieregesondheid: Parasietbeheer 27 Genegids
Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
www.proagri.co.za
59 167 average copies per month
SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS
Tel/fax: 012-362-2732 Posbus 32123, Glenstantia, 0010 www.smartpublishing.co.za Maak seker jy kry elke maand jou ProAgri. Skakel Paula by 012-362-2732 of stuur ’n e-pos na paula@proagri.co.za en teken in teen net R120 vir 12 uitgawes.
Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
2
Hulpbronbestuur 10 Gesonde boerdery vereis gesonde grond (2) 13 Ons boer saam (5) 15 NAC laat boere uitstyg Gereelde gunstelinge 17 AgriLag 17 Werfnuus 18 AgriKyk & Lees 29 AgriTrader
Business-to-Business: Agriculture January to March 2011
Die ProAgri-span
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 2 Tata wys alles 5 FAW: “Nooit weer ’n ander trok.” 6 So werk ’n kousbalkspuit 7 Vitamech: Wen meer graan, maak meer wins
Voer-boer se mense het vir ons die pragtige foto aangestuur vir ons kleinveeuitgawe. In ProAgri 140 was ’n artikel oor die groenvoer wat in ’n houer geproduseer word. Vind meer uit by Jaap Jan Sterkenburg by 082-890-9476.
Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Advertensienavrae Marlien van der Westhuizen > 012-362-2732 marlien@smartpublishing.co.za
5
13
Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Agentskappe Carmel Ann Singh > 079-515-8708 carmel@smartpublishing.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk Taalversorging Mediadienste
19
Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall
22
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 141 – November 2011
1
Meganisasie
Tata wys alles an die stylvolle nuwe Tata Manza tot die reuse wipbakvragmotors wat vir die mynbedryf bedoel is – by die onlangse Johannesburgse Internasionale Motorskou het Tata voorwaar alles uitgehaal en alles gewys. Die meeste van die nuwe voertuie sal van volgende jaar af in Suid-Afrika beskikbaar wees. Met die opening van die indrukwekkende uitstalling het die besturende direkteur van Tata International Limited, Noel Tata, gesê: “Ons sien Afrika as ’n streek met ongelooflike potensiaal vir die groep en ons deelname aan die motorskou met die bekendstelling van ons nuutste produkte sal die Tata handelsmerk net verder versterk in hierdie markte.” Hy sê Tata wil bydra tot die groei in die motorbedryf in SuidAfrika. Tata is die grootste voertuigmaatskappy in Indië en die land se markleier met betrekking tot kommersiële voortuie. In Indië is daar amper ses miljoen Tata’s op die pad. Die maatskappy voer sedert 1998 kommersiële voertuie na Suid-Afrika uit en het in 2004 die passasiersvoertuigmark betree. Bekende name in die mark is die Indica- en Indigo-reekse en in die landboubedryf het Tata Xenon reeds ’n huishoudelike naam geword. Tata het reeds 32 000 passasiersvoertuie en 35 000 kommersiële voertuie in SuidAfrika verkoop.
V
Nuut op die mark Die splinternuwe Tata Manza is ontwerp om aan alle vereistes vir ’n ligte ekonomiese, maar gerieflike motor te voldoen. Die motor is ruim binne en selfs passasiers wat agter sit het genoeg beenruimte en ’n armrus in die middel. Dit is ’n 1,3 liter petrolenjin met kragstuur. Die stuurkolom se hoek kan verstel word en verdere gerief vir die bestuurder word verkry deur die verstel2
ProAgri 141 – November 2011
bare sitplekhoogte. Die brandstofverbruik en omgewings-temperatuur word duidelik vertoon en die motor word uitgereik met ’n musiekstelsel wat toegerus is met ’n rekenaarpoort en Bluetooth. Nog ’n nuweling wat heelwat aandag by die motorskou getrek het, is die Tata Aria wat ook met vierwielaandrywing beskikbaar is. Die 2,1 liter diesel sportnutsvoertuig het ’n brandstofverbruik van 7 liter per 100 km. Die agterste sitplekke vou heeltemal plat sodat selfs die opblaasboot saam kan gaan vakansie hou... Tata het sy volledige Primareeks vragmotors ook bekend gestel. Die Prima-reeks spog met meer krag en beter werkverrigting, wat beteken vinniger ritte en meer wins. Met sy robuuste onderstel sien ’n Prima-vragmotor kans vir enige terrein. ’n Data-vaslegger sorg dat die werksverrigting en bestuurdersgedrag van dag tot dag aangeteken word. Die bestuurder self geniet die gerief van ’n lugversorgde kajuit en gebruikersvriendelike sitplek en instrumentepaneel. Saam met die reeks is die Tata Novus 480 pk 6X4 perd ook bekend gestel wat ideaal is vir swaarvragvervoer op SuidAfrikaanse paaie. Spesiaal vir die boere Tata se reeks kommersiële voertuie wat vir die landboubedryf bedoel is, is ook dramaties uitgebrei. Vra gerus jou naaste Tatahandelaar uit oor die SuperACE 1-tonner met sy turbodiesel-enjin. Die vragdraer spog met die beste brandstofverbruik in sy klas en ook
Groen is nie net ’n kleur in Tata se embleem nie, die maatskappy vervaardig busse en bakkies wat spesiaal ontwerp is om van biobrandstof gebruik te maak.
By Tata se uitstalling by die Johannesburgse Internasionale skou is daar nie net besigheid gesels nie, maar sommer lekker gekuier ook. www.proagri.co.za
die langste laaibak, naamlik 2,63 meter. Die bekende reeks Xenon-bakkies is ook besig om onmisbaar te raak op die plaas. Die 2,2 liter-reeks is beskikbaar as ’n enkelkajuit met ’n valkantbak of vraghouer met hope laairuimte. Die dubbelkajuit is beskikbaar met tweewielen vierwielaandrywing. In die 3 literreeks kan boere gerus ook kennis neem van die 207 DI-werker met sy lang wielbasis wat ’n laaibak van 2,4 m moontlik maak. ’n Baie gewilde keuse onder boere is die LPT 1518 EX2, ’n 8 ton-vragdraer, wat nooit kla nie en ook nie gaan lê nie. Die LPT 1518 EX2 is gewild, want jy koop die kajuit/onderstel en besluit dan self watter soort bak jy daarop wil aanbring: Valkant, beestralies, toewabak of wat ook al. Die nuwe 1518 het onlangs ’n klompie opknappings gekry om sy duursaamheid verder te verbeter. Die G750-sesgangratkas met ’n wringkragoordravermoë van 750 Nm het die vorige GBS 650-eenheid (650 Nm) vervang. Gevolglik kry jy nou ’n ratkas wat net soveel langer gaan hou. Boonop het die Tata ’n groter koppelaarplaat met ’n deursnee van 380 mm gekry (voorheen 352 mm). Die nuwe koppelaar is selfstellend, wat beteken dat die vragmotor nie onnodige tyd in die werkwinkel hoef deur te bring terwyl die koppelaar gestel word nie. Veranderings is ook aan die flense van die dryfas en die stuurstang aangebring, wat alles daarop gemik is om die gebruiksduur van daardie komponente te verleng. Daar is ook enjinbeskermingtoestelle aangebring, soos ’n aanwyser wat die bestuurder waarsku as daar water in die diesel is en ’n toestel wat die vlak van die koelmiddel in die verkoeler, die enjintemperatuur, die oliedruk en die spanningstoevoer die hele tyd monitor. Laasgenoemde is gekoppel aan ’n visuele en klankwaarskustelsel in die kajuit. Dit sal die voertuig binne 38 sekondes tot stilstand bring as enige
Tata se nuwe Prima-reeks vragmotors spog met meer krag en beter werkverrigting, wat beteken vinniger ritte en meer wins.
Die SuperACE 1-tonner met sy lang laaibak van 2,63 meter gaan eersdaags op baie plase ’n tuiste vind. ernstige probleem opduik. Saam met al die nuwe tegnologie wat verseker dat elke Tata-werker, van ’n 1-ton bakkie tot ’n 10-ton vragmotor, langer en beter bly werk, het Tata se
’n Bestuurder van ’n Prima vragmotor kan vanuit sy verstelbare sitplek al die inligting op die instrumentepaneel met een oogopslag raaksien en hy het ook ’n behoorlike uitsig op die pad. www.proagri.co.za
ondersteuningsnetwerk ook al dramaties uitgebrei. Shaheer Abrahams, hoofbestuurder van verkope en bemarking by Tata Automobile Corporation SA, sê: “Ons het tans 41 handelaars oor die hele land wat omsien na versiening en onderdeleverskaffing. “Die onderdele-afdeling spog met ’n selfdedag-afleweringskoers van 94% en dit, tesame met ons 24 uur-diens-steun en padbystand, verseker gemoedsrus vir ons klante. “Ons vertroue in ons produkte, wat ideaal geskik is vir Afrika-toestande, is so groot dat ons ’n bykomende waarborg van drie jaar of 300 000 km vir Tata-voertuie in die 2 ton- tot 10 tonbestek, insluitende busse, onderskryf.” Vir inligting oor Tata se uitgebreide reeks kommersiële voertuie, skakel 011-255-9600. Vir navrae oor passasiersmotors, skakel 011-398-9000. ProAgri 141 – November 2011
3
Meganisasie
Boer oor FAW:
“Nooit weer ’n ander trok vir my!”
Die FAW16.240 FL-trok is nie net ekonomies, betroubaar, taai, stewig, sterk, vinnig, gerieflik, rotsvas gerugsteun en boervriendelik nie; hy is nog deksels mooi ook, sê Koot, Breggie en Adri Jonker van Meintjiesrus en Stokstert Vervoer. rysgewys en wat werkvermoë betref is die FAW 16.240 FL-trok sekerlik die beste ding wat ’n boer kan koop. So sê Koot Jonker van die plaas, Meintjiesrus, naby Kroonstad. Koot boer self met mielies, skaap en sonneblom en hy het so vyf jaar gelede begin om vervoerwerk ook te doen as ’n byverdienste. Hy en sy seun, Adri, ry beeste, mielies, voer en selfs sand, stene, gruis en trekke onder die naam, Stokstert Vervoer. Die vervoerdery het meteens baie lekker geword toe Koot ’n agttonner FAW 16.240 FL-trok aangekoop het. Dis nou waarde vir geld, eerlike werkkrag en ’n gedugte laaivermoë, vertel Koot. Met ’n vol vrag op sleep die FAW ’n tienmetersleepwa soos ’n droom en dan is daar nog hope reserwekrag teen enige spoed. Adri het die FAW al, net om te kyk wat hy regtig kan doen, ’n bietjie vinnig gestoot op die langpad – lag-lag. Hy het ook al sy vragdravermoë
P
081 539 5661
www.proagri.co.za
met ’n twaalftonvrag getoets en die FAW het dit nie eers agtergekom nie. Dis ook geen wonder nie, want die bakbouer wat die trok se bak met veetralies gemonteer het, sê die FAW se onderstel is van die hardste staal gemaak waarmee hy nog ooit gewerk het. Eugene van der Berg van FAW vertel ook dat hy van ’n paar snaakse goed weet wat roekelose of slapende bestuurders met FAW-trokke aangevang het, maar nie een kon nog daarin slaag om die onderstel in die proses te buig nie. So hard en taai as wat die FAW is om met ’n vrag te draf, so sagkens vertroetel hy die bestuurder. Hy het ’n doeltreffende lugversorger, radio, gerieflike lugkussingsitplekke, ’n baie gemaklike bestuurdersposisie en ’n slaapbed met smaakvolle gordyntjies – en hy bestuur soos ’n droom, sê Adri. Of jy nou oor kort, lang of la-a-ang afstande wil vervoer, met die FAW is jy seker dat jy jou vrag altyd veilig, vinnig, gerieflik en ekonomies by sy bestemming sal aanbring. Sy lang asafstand van 6,6 meter verseker dat vee ’n gerieflike rit geniet en dat jy ook die dravermoë van die vooras benut, sy ruim bak van 7,9 meter verseker dat jy met gemak 12 tot 15 beeste kan laai (en net soveel op die sleepwa), en sy gewillige enjin van 179 kW en agtspoed-ratkas verseker dat die opdraande vir jou net so min uitdagings inhou as die afdraande.
Die FAW het alles wat jy nodig het, maar dit is ’n reguit trok sonder enige fieterjasietjies of ketoetertjies wat jou onnodig in die steek kan laat. Maar net om dubbel seker te maak dat die FAWeienaar altyd die gemoedsrus van ’n soliede rugsteundiens kan hê, is daar ’n uitgebreide handelaarsnetwerk en dienssentrums met voldoende onderdele regoor die land. Daar is ook ’n 24 uur-nooddiensnommer wat onderdele en diens onmiddellik beskikbaar stel net waar jy dit nodig het. Met hierdie gehalte voertuie en diens is dit geen wonder dat FAW regoor die wêreld aanskoulik groei nie. Internasionaal vervaardig FAW 2,6-miljoen voertuie per jaar. Afgesien van die monteeraanleg by Spartan, gaan FAW nou nog een in die Oos-Kaap in bedryf stel om 5 000 voertuie per jaar aan Afrika te kan lewer. Na 18 jaar in die land weet boere en vervoerkontrakteurs nou dat hulle deeglik op FAW kan staatmaak en die ondervinding laat al hoe meer mense met Koot Jonker saamstem: “Die volgende trok wat ek koop, gaan beslis weer ’n FAW wees.” Wil jy ook boer en vervoer sonder sukkel? Praat met FAW se mense by 011-392-1530 of besoek www.faw.co.za. Vir diens en onderdele kan jy 011-394-1111 skakel. ProAgri 141 – November 2011
5
Meganisasie
Vitamech MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel:
Wen meer graan, spaar meer tyd, maak meer wins!
Jannie en Jan Erasmus by die MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel wat hulle beskryf as die beste ding wat hulle ooit gekoop het. Kyk net die tafel se vernuftige eie wiele vir padvervoer. k sal nooit weer met iets anders stroop nie.” So sê Jan Erasmus van Jan Erasmus Boerdery naby Koppies in die Vrystaat, van die voortreflike MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel wat hy by Vitamech aangeskaf het om nuwe hoogtes van produktiwiteit, doeltreffendheid, graanherwinning, betroubaarheid en werkgerief te bereik. Jan en sy twee seuns, Jan-Louis en Jannie, sorg vir die saaiboerdery, hoofsaaklik sorghum en soja, en ma Gloria sit hand by met die skaap- en beesboerdery. Maar sedert die manne die FD70 vir die eerste keer aan hulle Case 8120-stroper gekoppel het, is daar nie meer ’n pit vir die skape op die land oor nadat gestroop is nie. Jan het van die MacDon-stropertafel gelees en besef dat hy homself binne twee seisoene kan betaal met die 5 tot 10 persent besparing wat hy in die boer se sak sit. Ons almal weet dat ’n gewone stropertafel afgesnyde materiaal hardhandig met twee awegaarwurms na die stroper se bek toe boelie. In die proses word die materiaal geknoop en gewring en mishandel en jy sien net pitte spat, sodat ’n aansienlike deel van jou graan op die land agterbly. Dis nie hoe die MacDon werk nie. Hy sny die plante netjies af, so kort as wat jy wil, sodat hulle omkantel en op die vervoerbande gaan lê, wat hulle sagkens en galant, maar in onverbiddelik netjiese gelid, almal kop eerste, na die stroper se bek begelei. Nie ’n pit gaan verlore nie. Die stroper word gelykmatig gevoer sodat hy nooit wurg en met rukke en stote hoef te werk nie. Dit is baie goed
“E
6
ProAgri 141 – November 2011
vir die doeltreffendheid van die dorsproses en vir die stroper se lewensduur. Dit beteken ook dat jy heelwat vinniger kan stroop en ’n wyer tafel kan gebruik om hope diesel te bespaar. Die uiteinde van die saak is dat jy heelwat vinniger, heelwat vollediger en heelwat lekkerder stroop – en aan die einde van die seisoen heelwat meer geld in jou sak steek. Dit is ’n reuse verbetering op die ou wurmvoertafels, sê Jan. Die FD70 kom saam met ’n koppelstuk om aan enige stroper te pas. Die tafel beweeg onafhanklik van die stroper om die grondglooiinge te volg. Selfs wanneer die stroper in ’n gat trap, hou die FD70 nog ewe luiters kop bo water.
Boonop is hy in drie seksies verdeel, wat onafhanklik kan beweeg om grondkontoere getrou te volg. As jy nou jou outomatiese tafelhoogtebeheer en outo-stuur aanskakel, hoef die operateur nie die heeltyd die hoogte te verstel en te stuur nie. Dit maak sy werklas ook heelwat ligter, sodat hy lang ure sonder uitputting kan werk. Die Erasmusse stroop lag-lag so 70 hektaar per dag met hulle MacDon en Case. Selfs om die FD70 te vervoer, is pure plesier. Jy het nie ’n stropertafelkarretjie nodig nie – hy het sy eie uitswaaiwiele en jy sleep hom met ’n trekker of met die stroper self. Binne tien minute nadat jy die land bereik het, is jy volstoom aan die stroop. ’n Kenmerk waarvan Jan baie hou, is dat die FD70 sy eie hidrouliese olie in sy raam saamdra. Dit beteken dat hy net vir sekere funksies van die stroper se hidroliese olie afhanklik is. Moenie skrik vir die prys nie, sê Jan. Die MacDon FD70 betaal homself met sy volledige graanherwinning en flink afhandeling van die stroopproses binne twee seisoene. Die FD70 is ’n toonbeeld van meesterlike vakmanskap en die diens wat Vitamech se bekwame mense oral in die land lewer, is ’n bate vir die boer, sê Jan. Hy beveel dié stropertafel vir enige boer aan. Die MacDon FD70 is in 9,1 meter, 10,7 meter en 13,7 meter beskikbaar. Vir meer inligting, ook oor Vitamech se wye reeks ander staatmakerwerktuie, praat met Jurie Swart by 083-375-8840 of Louis van der Merwe by 072-626-8409 asook Shaun Fourie by 021-907-8000, 082-803-1014 of e-pos shaun@vitamech.co.za. Besoek ook www.vitamech.co.za.
Die MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel stoot jou graanherwinning drasties op en voer jou stroper gelykmatiger en netjieser om jou opbrengs te verhoog, jou strooptyd te verminder en jou stroper se lewe te verleng. www.proagri.co.za
Meganisasie
Onkruid- en plaagbeheerwerktuie:
So werk ’n kousbalkspuit
’n Degania-kousbalkspuit in aksie. Lugondersteunde balkspuite/ Kousbalkspuite Die lugondersteunde balkspuite of kortweg genoem kousbalkspuite het in die negentigjare in Suid-Afrika begin kop uitsteek, alhoewel die beginsel reeds vroeër in die buiteland bekend gestel is. Die werkbeginsel Die trekker dryf ’n waaier aan en die lugstroom word in ‘n versterkte PVCkous geblaas. Hierdie lug word dan deur ’n reeks gate aan die onderkant van die kous uitgeblaas. Die lugspoed by die uitlate is ongeveer 50 meter per sekonde. Die hoeveelheid lug en die lugspoed is dieselfde by elke uitlaat dwarsoor die lengte van die kous. Die spuitbalk is onder die kous gemonteer en die spuitstukke is 250 mm van mekaar gemonteer teen ’n hoek van 30° na die vertikale windstroom. Die lugstroom vervoer die spuitdruppels na die plant of grond. Lugdwarreling verseker dat die spuitstof ook doeltreffend aan die onderkant van blare beland. Die uitstaande kenmerk: In plaas van hoë volumes water (250 liter/ha en meer) en groot druppels soos by konvensionele balkspuite, gebruik die spuit laer volumes water (30 tot 75 liter/ha) en kleiner druppels wat deur ’n sterk vertikale lugstroom grondwaarts gevoer word. Van die boere wat die spuite aangeskaf het, is tevrede dat die spuite doeltreffend werk vir onkruiddoder- en plaagbeheerbespuiting. Die volgende voordelige eienskappe van die spuit en die spuitbeginsel het hulle veral beïndruk: www.proagri.co.za
JP le Roux, opsteller van die nuttige Meganisasiegids, vertel van die moets en moenies van spuittoerusting. Hierdie artikel, die derde van vier in die reeks, vertel meer oor lugondersteunde balkspuite of kousbalkspuite. Die laaste artikel volgende maand sal vertel hoe om ’n spuit te kalibreer. Laer volumes water Teen 50 tot 75 liter water per hektaar wat algemeen by die kousbalkspuite gebruik word, word die knelpunt van die aanry van skoon water na die lande dadelik verlig. Indien ’n vergelyking tussen die waterbehoefte van ’n kousbalkspuit en ’n konvensionele spuit vir 500 hektaar gemaak word, is die resultaat soos volg: Kousbalkspuit (75 liter/ha) – 37 500 liter vir 500 hektaar. Konvensionele spuit (250 liter/ha) – 125 000 liter vir 500 hektaar. Die besparing in die hoeveelheid water wat by die lande verskaf moet word is voor-die-hand-liggend, veral waar water oor lang afstande na lande aangery moet word.
Vermindering van wegdryf Wanneer daar in winderige toestande gespuit word, verseker die afwaartse windstroom dat minder spuitstof as gevolg van die heersende wind sal wegdryf. ’n Groter spuitdoeltreffendheid is dan moontlik. Hidroulies beheerde balk Die spuit beskik oor ’n goed ontwerpte, hidroulies beheerde spuitbalk wat die hantering van die spuit vergemaklik. Ten slotte ’n Goeie spuit is onmisbaar vir ’n suksesvolle gewasboerdery. Waar boere al hoe meer na geenbewerking neig, is ’n goeie spuit deurslaggewend vir die suksesvolle toepassing van die metode. Volgende keer praat ons oor die kalibrasie van spuite.
Hierdie kousbalkspuit word deur Rovic Leers in Suid-Afrika beskikbaar gestel. Skakel gerus vir Marius Ras by 082-453-4808 met enige navrae oor die spuit. ProAgri 141 – November 2011
7
Hulpbronbestuur
Gesonde boerdery vereis gesonde grond (2)
Om lief te hê, is om te koester! deur Chris Wagner at is lekkerder as om gesonde grond deur jou hande te laat gly en reeds in jou geestesoog die malse nuwe seisoensweiding te sien wat volbek geniet gaan word.
W
Wat ons saai, sal ons maai In die eerste aflewering wat verlede maand in ProAgri verskyn het, het ons aangedui dat die grond wat elke boer besit, meestal gegewe is wat moedergesteente betref en wat daaruit ontstaan het, dit wil sê die fisiese verhouding tussen slik, klei en die groter partikels. Juis dit het oorspronklik ook die anorganies-chemiese samestelling van die bepaalde grondtipe bepaal. Die ander belangrike eienskappe van elke boer se grond, naamlik die organiese, die organo-chemiese en die grondstruktuur, is hoofsaaklik die resultaat, goed of sleg, van sy en sy voorgeslagte se omgang met die grond in hulle boerderypraktyk. Laasgenoemde onderstreep die belangrikheid van ’n bewuste, verantwoordelike en liefdevolle verhouding van die boer met sy grond (simbiose) om oor die lang termyn volhoubare boerdery te verseker. As ons eers besef hoe belangrik ons grond vir ons voortbestaan is, sal ons onmiddellik wil weet hoe ons die vrugbaarheid daarvan kan opbou. Groot dele van die wêreld toon duidelik die katastrofiese gevolge vir die aardbodem waar persoonlike verantwoordelikheid nie deel van die kultuur is nie. Werk liggies met jou kosbaarste besitting Die lewende bolaag van ons grond se gesondheid word bepaal deur wat ons aan die grond en daarop doen. Die behoud van organiese materiaal en humus is wat dit gesond sal hou. Organiese materiaal beland in die natuurlike gang van sake in die grond deur onbenutte gras en plantreste, grondorganismes en diere-oorblyfsels, wat gesamentlik die komposteerbare element vorm. As voedingsbron vir al die fauna en flora van die grond, word dit binne-in die grond tot eenvoudiger bestanddele afgebreek wat onderling verbind om humus te vorm. In omstandighede van optimale veldbestuur kan tot drie ton en selfs tot vyf ton organiese materiaal per jaar per hektaar aan die grond beskikbaar gestel word, waarvan ongeveer 60 persent as organiese koolstof (C) vir plantgroei beskikbaar raak. Benewens die koolstof, bestaan organiese materiaal hoofsaaklik uit water10
ProAgri 141 – November 2011
stof, suurstof, fosfor en swael en ander, kleiner hoeveelhede van sogenaamde spoorelemente; almal boustene vir die volgende geslag plante – as daar voldoende daarvan vir ’n volgende geslag is. In optimale gemiddelde omstandighede vorm organiese materiaal egter maar ’n klein deeltjie van grond; selde meer as een persent. Dis die klein dingetjies wat tel Hoewel organiese materiaal slegs ’n klein gedeelte van die groeibodem uitmaak, het dit ’n allerbelangrike invloed op die produksievermoë van grond; veral omdat dit vol lewe is en daarom lewe kan onderhou. Die balans van die vaste elemente van grond bestaan uit klip, sand, slik en klei. Die uitdaging is dus om die organiese koolstofinhoud en gepaardgaande grondmikrobe-aktiwiteit van die grond, dit wil sê die gesondheid van die grond, so hoog moontlik te kry. Watter oorwegings kan hoegenaamd bestaan om dit anders te wil hê? Gesonde, humusryke grond verryk en verdonker die boonste 100 mm tot 200 mm van die groeibodem waarneembaar in sigbare krummels en is nie net ’n plesier om in die hand te neem nie, maar ook die welkome vrug op goeie bestuur. Die voorgaande beskryf in As die gesonde veldbestuursbeginsels wat in hoofsaak wat binne-in die die artikel beskryf word, só uitstekend werk grond gebeur. Dit word egter op klipperige suurveld, kan dit net nog beter alleen moontlik gemaak werk op sagter veld. deur die beskutting wat onverwerkte organiese praktyke ontneem die grond van die materiaal saam met lewende plantbedeurlopende voedingsaanvulling waardekking aan die lewe binne die grond sonder dit doodeenvoudig verarm. En voorsien en die beskerming wat dit verons daarmee saam. leen teen erosie deur die son, wind en Met oordeelkundige beweiding en water. Dit hang dus alles af van hoe ons sonder brand is die impak van bekke en met die grond boer. hoewe en die graskomponent in Net soos deur verkeerde grondbegesonde balans – balans tussen wat die werkingspraktyke, word hierdie wonderdier nodig het en wat elke graspol like proses en die positiewe resultaat nodig het om sy fisiologiese siklus te daarvan noodlottig beïnvloed deur onder deurloop. Voedsame organiese materimeer brand en oorbeweiding. Hierdie www.proagri.co.za
aal word dus deur die dier verbruik en die res word gelaat om enersyds met die plant self as reserwekrag vir die volgende seisoen se nuwe groei te herintegreer en andersyds om by afsterwing as voeding vir die grondlewe te dien. Voordele van humusryke grond Fisies verander humus die struktuur van grond deurdat dit waterindringing sowel as watervashouvermoë en deurlugting verseker deur ’n gunstige los en oop krummelstruktuur. Dit help ook ’n vrugbare, biologiese leefwêreld vir grondmikrofauna en -flora skep waar onder meer swamdrade fisiese samevoeging bevorder, wat uiteindelik tot ’n krummelrige grondstruktuur lei. Dit stel onder meer koolstof, stikstof, swael en fosfor beskikbaar as plantvoedingstowwe, terwyl dit as agent dien vir verdere verwering deur anioonen katioonuitruiling, en bevorder goeie pH-balans (gesonde grondsuurheidsvlakke). Die behoud van hierdie leefwêreld van die mikrobe, buite die alledaagse
sig van die mens, is uiteindelik ook ons behoud. Die produktiwiteit van die grond en die plante wat daarop groei, is die resultaat van ingewikkelde prosesse waarin organismes, genoem mikrobes, asook die grondfauna, saam ’n kritieke rol speel. Die mikrobes bestaan hoofsaaklik uit bakterieë, swamme, alge en protosoë, terwyl die grondfauna onder meer bestaan uit aalwurms, myte, erdwurms en miere.
die kundige raad wat aangebied word, of waarvoor hy betaal, die gesondheid van sy grond as eerste prioriteit stel. Wederom!
Bewaring vereis goeie bestuur Hoewel buite sig en beslis nie altyd na waarde geskat nie, bied die gehalte van lewe binne die grond die belangrikste bestuursuitdaging vir enige bewaringsgesinde grondeienaar. Dit is ook die sleutel tot gesonde en volhoubare lewe bo-op die grond. Grondeienaars moet dus met die uiterste erns en toewyding verseker dat hulle hulle grond gesond hou deur reg te boer. Voordat enige boer sy veldbestuursplan maak of enige raad oor bestuur aanvaar, moet hy dus seker maak dat
Chris Wagner se gids oor veldbewaring, Waterberg-Bosveld: Prikkelgids vir veldbewaring, kan teen R45 (posgeld uitgesluit) by 014-736-4592 of by john@pnawarmbad.co.za bestel word.
JB STAMP PUMPS & IRRIGATION Join us for our Summer Sale Splash on 2-3 December at our outlet in Villieria
1HP Borehole pump From R3
599
From R1
199
Fountainpumps
Booster pump
Swimming pool pump
From R1
Free refreshments!
From
499
R85 All prices include VAT
Mesh reservoir Special on 14 500L
R3 700 Limited stock available.
Address: 434 Frates Road, Villieria, Pretoria GPS: 25 D 43'10"S 28 D 13'07" E 012-331-2202 www.proagri.co.za
jbstamp@netactive.co.za
www.jbstamp.co.za ProAgri 141 – November 2011
11
Hulpbronbestuur ie keuse van ’n opvolger vir die boerdery, soos in die vorige uitgawe bespreek, beteken nie dat alle uitdagings nou verby is nie. Familielede moet steeds as ’n span kan saamwerk. Wanneer die gedrag of waardestelsel van ’n spanlid onaanvaarbaar is vir ander spanlede, vind konflik plaas. Persoonlike konflik ontstaan wanneer spanlede doodeenvoudig net nie van mekaar hou nie en is dikwels die gevolg van persoonlikheidsverskille en -botsings. Taakgegronde konflik, weer, ontstaan wannneer spanlede verskil ten opsigte van die span se probleme of planne. Konflik kan ook ontstaan wanneer spanlede verskil oor reëls en prosedures en hoe om doeltreffend saam te werk. Konflik kan ook soms veroorsaak word omdat meer as een geslag in die boerdery werk. Soms verskil die jonger geslag se manier van dinge doen drasties van hoe die ouer geslag dit tradisioneel doen. Konflik is egter nie net vernietigend nie, maar kan ook positief opbouend wees deurdat dit vindingskrag, kritiese denke en besprekings tussen spanlede stimuleer. Te veel konflik, aan die ander kant, kan lei tot gebrekkige of geen kommunikasie tussen spanlede en kan nadelig inwerk op die samehorigheid van die span. Dit is dus belangrik dat konflik doeltreffend en opbouend tussen spanlede hanteer en opgelos word. Hier volg ’n paar riglyne vir die hantering van konflik in die familieboerdery:
D
• Identifiseer die bron van konflik so gou as moontlik. Indien verskille en konflik nie so gou moontlik opgelos word nie, verander dit later in ’n nog groter probleem. Wees op die uitkyk vir vyandigheid of jaloesie tussen familielede en hanteer dit so gou as moontlik. • Kommunikeer vroegtydig en gereeld. Oop en doeltreffende kommunikasie verhoed onverwagse verrassings en gee spanlede die kans om hulle siening van ’n probleem te verduidelik. Die familie behoort ook vooraf te bepaal hoe konflik hanteer gaan word en deur wie. • Moenie lede dwing om by die familieboerdery betrokke te raak nie. Om by
Ons boer saam (5)
Doetreffende konflikbestuur in familieboerderye deur prof Elmarie Venter, NMMU Die Barnard-familie van Vlakplaas Boerdery naby Hoopstad is aangewys as Graan SA se Graanprodusent van die Jaar 2011. Volgens die beoordelaars van die kompetisie funksioneer mnr Koos Barnard en sy seuns, Kobus, Janes en Abraham soos ʼn goed ge-oliede masjien en werk hulle in perfekte harmonie saam. die familieboerdery te werk moet gestel word as ’n keuse en nie ’n plig nie. Dikwels is dit ook raadsaam dat familielede eers iewers anders gaan werk en dan eers op ’n latere stadium by die familieboerdery aansluit. So word nuwe en vars idees en denke na die boerdery gebring. • Moenie werk huis toe neem nie en omgekeerd. Dit is raadsaam om tussen werk- en familiebesprekings te onderskei en hulle apart te hou. Moenie familiebyeenkomste by die werk hou nie en moenie werksbyeenkomste by die huis hou nie. • Hou familielede verantwoordelik vir take en foute wat gemaak word. Dit gebeur soms dat familielede makliker vergewe word vir foute in ’n familieonderneming juis vanweë die feit dat hulle familie is. Streng riglyne moet egter neergelê word vir alle take en
•
•
•
•
www.proagri.co.za
die betrokke familielid moet vir die uitvoering en resultate daarvan verantwoordelik gehou word. Hanteer familie- en nie-familielede dieselfde en op gelyke voet. Indien familielede voorkeurbehandeling ontvang, verloor nie-familielede hulle motivering om te help met die groei van die saak. Raadpleeg deskundiges buite die familieboerdery. Deskundiges is dikwels beter toegerus om te help met ingewikkelde familie- en sakeuitdagings. Hierdie deskundiges is meer objektief as familielede oor sake wat die familieboerdery en die familie raak. Baklei regverdig. Konsentreer op die probleem en moenie familielede persoonlik aanval nie. Streef na harmonie in die familie. ’n Gesonde familieboerdery word gekenmerk deur familielede wat die vermoë het om aan mekaar wedersydse respek, vertroue en ondersteuning te bied. Ten laaste is dit belangrik om die familieboerdery soos ’n sake-onderneming te bestuur. Daarom is bestuurstrukture soos ’n sake- en strategiese plan, familiegrondwet en familieforums belangrik, want dit is hier waar die familie gereelde samekomste kan hê om aangeleenthede rakende die familie, die boerdery en eienaarskap te kan bespreek. Hierdie strukture en forums help ook om die emosies uit die saak te hou. ProAgri 141 – November 2011
13
Hulpbronbestuur y doen nie vir 50 jaar lank sake met ’n maatskappy as jy nie tevrede is met die diens en produkte wat jy kry nie,” sê Chris Troskie van die Oos-Kaap. Sedert hy in die vroeë sestigerjare leer vlieg het, maak hy van National Airways Corporation se dienste gebruik. Hy sê hy het al 26 vliegtuie deur NAC gekoop en dit bly elke keer vir hom ’n aangename ervaring. Chris was in sy loopbaan betrokke by veevoerfabrieke, ’n eie boerdery en Amerika af ingevoer. Kleiner vliegtuie verskeie konstruksieprojekte en hy sê die word in kratte per see of per lug ingetyd wat bespaar word, maak vlieg die bring en dan in NAC se werkswinkels moeite werd. “Waar dit my twee dae sou aanmekaar gesit en getoets. Die groter vat om op ’n plek te kom en my insette vliegtuie kom natuurlik “op eie stoom” te lewer, kan ek dit nou in ’n oggend se oor die oseaan. tyd afhandel.” Deneys is ook self ’n vlieënier en Hy meen enige boer wat ekstensiewe voornemende kopers kan gerus na hom landboubelange het kan met groot vrug luister as hy raad gee oor watter soort ’n helikopter deel maak van sy bestuursvliegtuig vir watter doel geskik is en wat program. die totale werklike koste sal wees. Dit is Hy praat met lof van NAC en hulle nie al waaroor hy raad gee nie; sy eerste ervare verkoopsman, Deneys Potgieter: stukkie advies is sommer baie prakties: “Deur die jare het ons al goeie vriende “As jy wil leer vlieg en jou eie vliegtuig geword.” koop, gaan net eers vir jou mediese Deneys is trots op die reputasie wat ondersoek, voor jy later lang trane huil!” NAC oor die dekades opgebou het. Hy sê Anton Fourie is ’n saaiboer van hulle maak nie net seker dat hulle proKommandodrif. Hy het nou al sy sesde dukte en dienslewering van goeie gehalte vliegtuig deur NAC gekoop en is baie is nie, maar loop ook die ekstra myl met tevrede met die diens wat hy ontvang. betrekking tot aflewering en die herstel Hy gebruik sy vliegtuig nie net in die van foute. bestuur van sy boerdery nie, maar ook Hy sê: “Ons hardloop nie weg van ons om nuwe markte verder noord in Afrika verantwoordelikhede nie.” te ontgin en voeg by: “Dit is regtig Kopers kan maar weet dat NAC se lekker om met die vliegtuig na jou span tegnici met ’n fynkam deur die vliegtuig gaan om seker te maak dit is veilig en goed versorg. NAC verkoop nuwe en gebruikte vastevlerkvliegtuie van klein tweesitplek-opleidingsvliegtuie tot luukse stralers, asook nuwe en gebruikte helikopters. Op NAC se webwerf, www.nac.co.za, is daar ’n volledige lys van produkte wat beskikbaar is, As jy wil uitstyg bo die res, met foto’s en al die nodige skakel Deneys Potgieter by besonderhede. 011-267-5542 of 082-891-4354 Deneys sê hulle beveel of snuffel vir jou vliegtuig by vliegtuie en helikopters aan www.nac.co.za. wat ’n bewese rekord het en
“J
NAC laat boere uitstyg
van ’n betroubare verskaffer kom. Die meeste vliegtuie word van
www.proagri.co.za
vakansiebestemming te reis.” Dit is ook iets waarvan Chris Troskie baie hou, want “dit maak jou vry om te kom en gaan soos jy wil.” Benewens al die sakevoordele lê die grootste aantrekkingskrag vir hom egter in die vlieëry self. “Ek leef vir vlieg,” sê hy.
Anton Fourie van Kommandodrif neem sy nuwe Beechcraft Prop Jet Bonanza in ontvangs by Deneys Potgieter van NAC.
Vliegtuigkopers kan werklik “rooitapytbehandeling” by NAC verwag.
ProAgri 141 – November 2011
15
Werfnuus www.proagri.co.za
agrilag Regtig gehoor!
deur Dom Boer
ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees:
“Jorsie is so ’n treurige boer; die enigste ding wat hy sonder hulp kon kweek, was ’n snor.” Vrou na die opera aan haar man: “Daardie sopraan het darem ’n groot repertoire.” Haar man: “Ja, en daardie stywe rok kon dit kwalik binne hou.” “’n Mondelinge kontrak is nie die papier werd waarop dit geskyf is nie.” “Ek glo al in reïnkarnasie vandat ek ’n klein paddatjie was.” Jorsie: “’n Enkelkaartjie na Gevaar asseblief.” Spoorwegklerk: “Gevaar? Daar is nie so ’n plek nie.” Jorsie. “Maar daar is. Kyk net hier in die koerant: Duisende Werkgeleenthede in Gevaar.” Getroue steun Die ou oom was sy lewe lank ’n getroue Blou Bul-ondersteuner, maar op sy sterfbed kondig hy aan dat hy voortaan vir WP ondersteun. “Hoe dan so?” vra sy vriende verstom. “Wel,” prewel hy met sy laaste asem, “ek sien eerder dat een van hulle doodgaan as een van ons.” Wrange woordeboek Liasseerkabinet: ’n Nuttige houer waarin dokumente alfabeties verlore kan raak. Vrome onskuld Sannie: “Op pad werk toe het ’n man my voorgekeer en my die voering van sy reënjas gewys.” Annie: “Is jy seker hy wou gehad het jy moet die voering van sy reënjas sien?” Sannie: “O ja. Hy het niks anders aangehad nie.” Nare waarheid Jorsie: “Ek weet nie of ek ’n digter of ’n sanger moet word nie.” Sorsie: “Definitief ’n digter.” Jorsie: “Het jy al van my gedigte gelees?” Sorsie: “Nee, maar ek het jou al gehoor sing.” Is dit waar dat die polisieman uit die Eenheid vir Ernstige Ekonomiese Misdrywe geskop is omdat hy gelag het? Bekwaam Redakteur: “Het jy toe daardie boerderystorie verkort soos ek gesê het?” Joernalis: “Ja. Tot die koeie gee nou kondensmelk.” Flinkdink “My familieregister kan teruggevoer word tot by Van Riebeeck,” spog Heinie by ’n partytjie. “En hoe oud is jou familie?” vra hy neerhalend terwyl hy na Hennie kyk. Hennie glimlag ewe vriendelik terwyl hy antwoord: “Nee, ek kan regtig nie sê nie. Al ons familierekords is mos in die Sondvloed vernietig.” Die een wat die beste Agrilagbydrae stuur, wen ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong. Stuur jou bydrae aan domboer01@mweb.co.za en help om die landbougemeenskap vrolik te hou. www.proagri.co.za
Agri SA: Grondbesetting sal nie geduld word nie 2011-10-21 “Opruiende uitsprake gerig op die onwettige besetting van grond neem toe en dit blyk dat die ANC-leierskap ’n wag-en-sien benadering inneem” het mnr Johannes Möller, president van Agri SA gesê. http://bit.ly/qxHzR9 Kanadese boer steeds op hongerstaking Die melkboer wat daaraan skuldig bevind is dat hy ongepasteuriseerde melk van sy plaas af in die Kanadese Ontario-provinsie verkoop het is nou reeds drie weke op ’n hongerstaking. http://bit.ly/oPmNHL Malema se aansoek na Konstitusionele hof word teengestaan AfriForum gaan die ANC Jeugliga president, Julius Malema se Konstitusionele Hof appèl teen sy skuldigbevinding aan haatspraak teenstaan. http://bit.ly/qT2L35 Tribunaal sê aikona aan Pannar en Pioneer Hi-Bred Die Mededingingstribunaal het die samesmelting van die twee multinasionale saadmaatskappy Pioneer Hi-Bred, ’n filiaal van DuPont en SuidAfrika se grootste saadmaatskappy, Pannar Saad, verbied. http://bit.ly/nc6SAk Sensus en opname van boere is nie dieselfde ding nie Met Sensus 2011 wat in Oktober plaasvind heers daar nou verwarring onder boere omdat ’n ander tipe opname terselfdertyd geloods is. http://bit.ly/qqBILn Nuwe verbod op volstruisvleis uitvoere Volstruisvleis-uitvoere na die Europese Unie (EU) is weer opgeskort. Hierdie verbod kom pas na die uitvoere hervat is vir die hele Suid-Afrika buiten Oudtshoorn. http://bit.ly/pSkJ1M Voedselpryse vorentoe meer wisselvallig sê VN Voedselpryse sal waarskynlik in die komende jaar meer wisselvallig word wat die kanse sal verhoog dat armes in lande wat van voedsel-invoere afhanklik is gaan honger ly, het die Verenigde Nasies in ’n verslag bekend gemaak. http://bit.ly/ncljkb Suksesvolle kleinveesuiwelforum gehou Die Suider-Afrikaanse Bok- en Skaapmelkverwerkers-organisasie het ’n suksesvolle kleinveesuiwelinligtingsforum vir die telers van melkbokke en –skape gehou. http://bit.ly/ritMBa ProAgri 141 – November 2011
17
Agrikyk & Lees Meatmaster Sheep: Breed establishment in South Africa Deur: Freddie Peters Uitgewer: Kejafa ISBN: 978-0-9869983-1-7 ie spoggerige koffietafelboek oor die ontwikkeling van die Meatmaster-ras is pas deur Kejafa Knowledge Works uitgegee. Dit is ’n getuigskrif van die harde werk en geesdrif van die pioniers van die Meatmaster-ras. Freddie Peters het self ’n bepalende rol in die vestiging van die ras gespeel. Hy het op sy plaas aan die voet van die Suikerbosrand in die Vereeniging-distrik begin eksperimenteer met Damara-ramme op Ile de France-ooie. Die doel was om ’n skaapras te ontwikkel wat ewe tuis in die bosse as op die rante sou wees en wat ook vlugvoetig genoeg is om nie in die potslagter-veediewe se arms in te loop nie. Aanvanklik het hy die kruising Bosranders genoem. Dit het aan die lig gekom dat ander telers ook besig is om met Damara’s te eksperimenteer op Dorpers, Van Rooy’s en Vleismerino’s. In 2005 is die Meatmaster Telersgenootskap amptelik gestig en kort daarna is met DNS-toetsing bewys dat die Meatmaster ’n afsonderlike ras is. In die boek is die geskiedenis van die Genootskap en die ontwikkeling van die ras noukeurig gedokumenteer en word daar ook gekyk na moontlike toekomstige ontwikkelings met betrekking tot kruisteling. Daar is ’n deeglike fenotipiese beskrywing en die rasstandaarde word duidelik uiteengesit. Prof Michiel Scholtz, spesialisnavorser van die LNR, sê in sy oorsig oor die boek dat enige vleisskaapteler die publikasie op sy rak behoort te hê. Dr Gretha Snyman van die Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut sê die boek het ook goeie waarde vir wetenskaplike navorsing, veral vanweë die uitgebreide verwysingslys. Meatmaster Sheep kan by Kejafa bestel word teen R350 (posgeld ingesluit in SA). Stuur ’n e-pos na kejafa@mweb.co.za of skakel 011-025-4388. Een gelukkige ProAgri-leser kan ’n eksemplaar van die boek wen deur ons bakkiesblad (Facebook) te besoek en ons te “laaik”. Die wenners van verlede maand se boeke is Breggie Jonker met haar puik idee vir ’n stoeppilaar in Boerseplan in Oppiestoep en Heila Purchase wat met haar veiligheidswenke ’n eksemplaar van Treurgrond losgeslaan het.
D
Wen!!
Meatmaster Sheep, breed establishment in South Africa Al wat jy hoef te doen: Kry ProAgri op Facebook en “Laaik” ons of lewer kommentaar. Prystrekking vind op 15 November plaas en die wenner sal per Bakkiesblad laat weet word. 18
ProAgri 141 – November 2011
www.proagri.co.za
Veeboerdery
Greenfields Agricultural Holdings:
Landboutoerusting van die hoogste gehalte f jou boerdery reusagtig groot of piepklein is, Greenfields Agricultural Holdings het vir jou nommerpas werktuie en trekkers teen sakpas pryse. Greenfields is die invoerder van die gewilde Foton-trekkerreeks vanaf Sjina; die land wat van ’n vervaardiger van substandaard produkte ontwikkel het tot ’n trotse vervaardiger van toerusting wat nie net aan internasionale gehalte-standaarde voldoen nie, maar dit dikwels oortref. Dis geen wonder dat die gerespekteerde, tegnologies gevorderde reeks Apple-produkte, insluitend die iPod, die iPhone en die iPad, nou in Sjina vervaardig word nie. Hierdie top gehaltestandaarde word al hoe kenmerkender van Sjinese produkte en is baie duidelik in die Foton-trekkerreeks. Van die klein, maar taai en verbasend veelsydige FT254-trekker, met sy ratsheid en hope wringkrag, tot die groter FT824, rus die klem op betroubaarheid en doeltreffendheid teen bekostigbare pryse, wat veel meer waarde vir geld bied. Staantyd is ’n baie lelike woord, wat Greenfields so ver as moontlik uitskakel met ’n netwerk van bekwame handelaars en agente wat flinke rugsteundiens aan boere lewer. ’n Gevorderde onderdele-afdeling met ’n berg toepaslike onderdele vorm deel van hierdie diens. ’n Perfekte werktuig vir die mossiemaar-man FT254 is die Foton B70baler, wat net die antwoord vir die kleiner boer met beperkte arbeid is. Een werker kan die B70 se klein, ronde bale optel en stapel. Dis maklik om met die B70 te werk en hy maak in ’n japtrap goed saamgepersde, soliede en ekonomiese bale. Die B90 maak effens groter bale. Greenfields bied ’n volledige reeks landbouwerktuie, insluitende die 5 kubieke meter SiloKing-voermenger, die JCB-sleestuurlaaigraaf, bossiekappers en viertolharke, wat almal vir die kleiner boer nuttig is vir kuilvoer- en hooimaak. Greenfields is ook die trotse verskaffer van die JCB Workmax-reeks, die nutsterreinvoertuig wat ’n reusagtige vrag in verhouding tot sy grootte kan dra. Die Workmax-nutsterreinvoertuig (UTV) staan sy man deeglik in die mark vir nutsterrein- en alleterreinvoerttuie (ATV), waar talle boere na die nutsterreinvoertuig oorskakel. Dis ’n baie logiese besluit, want waar jy wydsbeen oor ’n ATV sit en ’n sleepwa moet aanhaak as jy ’n vrag wil vervoer, bied die UTV soos Workmax ’n gerief-
O
www.proagri.co.za
Greenfields se klein, maar kragtige, Foton FT254-trekker met die Foton B70-baler wat netjiese, klein, kompakte, hanteerbare bale maak. like dwarssitplek vir twee en ’n nuttige laaibak – en jy kan nog steeds ’n sleepwa aanhaak vir ’n dubbele vrag.
Vir meer inligting oor Greenfields se voortreflike werktuie en diens, skakel 033-263-1305 of besoek www.greenagri.co.za
Van die kleinste tot die grootste – Greenfields se SiloKing is ernstige boere se eerste keuse. ProAgri 141 – November 2011
19
Vermillian Verf se nanotegnologie:
Klein deeltjies verseker groot sukses eskerming van boere se bates is die eerste en belangrikste rol van verf, glo Vermillian Verf se slimkoppe, en daarom gebruik hulle die mees gevorderde tegnologie om vir die boer die beste oplossings te bied. ’n Goedgeverfde dak lyk nie net mooi nie; as dit met Vermillian se waterdigting geverf is, is die dak ook perfek dig, dit hou langer en dit beskerm die diere of produkte of masjiene of mense onder die dak doeltreffend. Die geheim lê in Vermillian se nanotegnologie. Dit beteken dat die molekules van die waterdigting veel kleiner is as dié van water, sodat selfs water wat langdurig daarop lê dit glad nie kan binnedring nie. Boonop dring die nanodeeltjies tot tussen die molekules van die sink, beton of hout in sodat Vermillian se waterdigting werklik met die oppervlak saamsmelt en nie bloot daarop plak om anderdag weer los te trek soos gewone waterdigtingsmiddels nie. Dit is rekbaarder en skeurtraer as gewone waterdigtingsmiddels sodat dit uitsetting en inkrimping as gevolg van temperatuurwisselings baie beter kan weerstaan. Maar waterdigting is nie net vir dakke nie – Vermillian bied ook die perfekte oplossing vir krippe, damme en
B
Vermillian se Distemper Neutraliser is nie net perfek vir dakke, damme, krippe en tenks nie, maar ook om mure en vloere in dierebehuising so doeltreffend te verseël dat geen kiem of reuk ‘n wegkruipplek daarin kry nie.
Trots neem ons Vermillian Verf na die boere!
Selfs die staalstawe by Hunter’s Rise-varkboerdery se misput toon geen teken van roes nadat dit met Vermillian Verf se Verust behandel is nie. 20
ProAgri 141 – November 2011
tenks. ’n Dun lagie maak tot skadunet heeltemal waterdig. Hunter’s Rise-varkboerdery van Viljoenskroon gebruik Vermillian se Distemper Neutraliser om die vloere en mure van hulle varkhokke te verseël sodat geen kiem, bakterie of selfs reuk skuilplek kan kry nie. Hierdie tegnologie is ook perfek vir melkerye, hoenderhuise, stalle, slaghuise en verwerking- en verpakkingsaanlegte waar honderd persent sindelikheid vereis word – en die afwesigheid van kieme lei tot ’n teenwoordigheid van geld in die boer se bankrekening. Wanneer jou dak dig is en die kieme uitgeskop, is al wat jou diere verder vra, lekker koel lewensomstandighede. Ook daarvoor sorg Vermillian met sy Solar Aircon, wat die temperatuur onder ’n dak wat daarmee behandel is met 6 tot 7 grade Celsius verlaag. Sommige gebruikers behaal selfs ’n temperatuurdaling van 9 grade, maar
enigeen wat in die warm somer met diere boer, kan jou vertel dat ’n temperatuurdaling van selfs 2 grade ’n gunstige uitwerking op diereproduksie het. Solar Aircon wend maklik aan: net twee oorkruis lae met ’n kwas of roller op ’n skoon oppervlakte en siedaar, jou diere bly lekker koelkop. Ook vir roes het Vermillian die perfekte nano-oplossing met Verust. John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery vertel dat die ammoniak wat die varke uitskei die hokke se sinkdakke, staalhekke en afskortings kwaai gevreet het sodat hy naderhand moedeloos geraak het. Maar toe kom daar ’n skitteroplossing uit ’n onverwagte oord: Die boerdery het ’n groot varkskaal in Pretoria gekoop en toe hulle die verskaffer vra of die skaal nie sal roes nie, was sy antwoord ’n summiere en oortuigde nee: Dis skaal is met Verust van Vermillian Verf behandel en roes staan nie ’n kat se kans nie. Dit was toe ook so! Daardie skaal werk steeds op Hunter’s Rise en jy kan maar kom soek of jy ’n roeskolletjie op hom sal kry – niks! Vermillian se Verust het alle roes summier stopgesit, selfs in die uitdagendste omstandighede by die boerdery se misput. Leon van de Berg van Apex Industries, wat motoronderdele verskaf, stem www.proagri.co.za
www.proagri.co.za
Veeboerdery
saam. Monteringstutte wat met Verust behandel is, het die motornywerheid se gevreesde 360 uur soutspuit uitmuntend weerstaan – sonder ’n teken van oppervlakroes, roes tussen die staal en Verust of roesveroorsaakte blase. Saam met die bestaande produkte bied Vermillian ook nou ’n oplossing teen vrotpootjie by beeste wat as gevolg van nat toestande waarin bakterieë broei, in byvoorbeeld melkstalle, kan voorkom. Vermillian se nanotegnologie Rubberizing kan bo-oor die ander produkte op staal en beton aangebring word en is ideaal vir melkboere wat gereeld vloere moet verf as gevolg van bakterieë wat deur die verf en sement vreet. Rubberizing verseël nie net die vloere nie, maar gee ook vir die beeste beter vastrapplek en help om klank te demp, veral as dit op staal aangewend word. Rubberizing is UV- en suurbestand en die vloere kan net skoongespuit word. Vermillian is die verf wat kan dink en wat jou bates ten beste beskerm – maar dit is ook die smaakvolle verf wat jou omgewing laat mooi lyk. Daarby is Vermillian ’n “groen” maatskappy wat al meer as 30 jaar lank chemikalieë en pigmente herwin om beter produkte te bied en die omgewing te beskerm. Vermillian maak byvoorbeeld ’n PVAonderlaag vir rou sement van herwonne materiaal wat andersins net die omgewing sou besoedel.
Vermillian bied die totale dakoplossing: Van spesiale dakspykers wat balke behoorlik vastrek, tot ’n werklik doeltreffende waterdigtingsmiddel en hitteweerkaatsende verf wat sorg dat jou diere gerieflik bly en beter produksie lewer, en ’n roesweerder wat werk. Praat vandag met Vermillian Verf se behulpsame slimkoppe by 012-335-0330, 012-546-3350, 083-697-6798 of 082-491-8272, of besoek enigeeen van Vermillian se winkels of die webwerf, www.vermillianpaint.com. Vermillian se mense verstaan die boer.
ProAgri 141 – November 2011
21
Staalmeester sny skoon en droog flink ieter van der Vyver plant 120 ha lusern op sy plaas Diepfontein tussen Cradock en Tarkastad in die Oos-Kaap. Die plaas is deel van die Kommandodrifskema. Pieter se Angora’s en Merino’s weet wat dit is om lekker te eet, maar om daardie lusern ten volle te benut, moet dit ook behoorlik gesny en gebaal word. Volgens Pieter moet ’n snyer vinnig en netjies sny, en die materiaal doeltref-
P
fend kneus. Daar is daar net een snyerkneuser wat die werk goed genoeg vir hom kan doen en dit is ’n JF Stollmasjien van Staalmeester. Dit is waarom hy tot verlede jaar nog deurgedruk het met sy JF-snyers wat al in die laat sewentigs gemaak is. Hy was baie bly om die nuwe GMT 3205 L te bekom. “Ek het gesoek en gekyk na baie ander soorte, maar nie een kon kers vashou by myne nie,” vertel hy. Gelukkig het Staalmeester toe begin om teen November verlede jaar die nuwe generasie JF Stoll-snyerkneusers in te voer. Pieter het so vier snye met ’n 2,4 m model gedoen, maar kon toe ’n 3,2 m demonstrasiemodel bekom wat sy behoeftes soos ’n handskoen pas. Hy sê die beste ding van die nuwe snyers is dat die aksie presies dieselfde gebly het. ’n Mens karring Pieter van der Vyver is ’n tevrede boer, want sy JF nie aan ’n ding wat Stoll-snyerkneuser sorg dat sy lusern skoon gesny en perfek is nie. op die vierde dag gebaal kan word.
Teen ’n kragaftakkerspoed van 1 000 opm draai die agt snytolle teen 3 000 opm, wat beteken dat Pieter elke keer ’n skoon snit kry, selfs op lusern wat gaan lê het. Nog ’n groot voordeel is die spesiale beskerming teen klippe en hindernisse. Die snyer hang in ’n raam. Sodra die snyerstaaf ’n klip of ander voorwerp tref, lig die masjien sy snyende dele bo-oor die hindernis. Die masjien word beskerm sonder om enige spoed in te boet. Pieter sê: “Ek het al gesien dat ander masjiene die gesnyde lusern afgooi, maar my masjien sit dit saggies neer. Daar is dus genoeg lug tussen die plante om behoorlike droging mee te bring.” Saam met die kneusaksie, beteken dit dat hy klokslag op die vierde dag na oes kan baal. Die groot voordeel van die vinnige drogingsproses is ook dat sy lusern blaarryk bly. “Ek baal nie stokke nie,” sê Pieter. Sy bale is gesog en hy sukkel nooit om hulle van die hand te sit nie. Verander jou lusernboerdery in ’n sukses met Staalmeester se hulp. Skakel hulle hoofkantoor by 018-431-0300 of besoek www.staalmeester.co.za vir meer inligting.
DIRECT TO THE PUBLIC
While stocks last Batrake 8-10-12 Wheel Rakes Hydraulic li and independent rake wheels Reinforced Frames R37
491/R48 452
JF SB Range Mowers 2 -2,4-2,8m with 6mm Hardox Reinforced Cu er Bar
JF R420 Power Rake 4.15m R47
400
NEW STOCK
While stocks last Caddy 8-10-12 Wheel Rakes with kicker wheels Adjustable working width and hydraulic li R32
227 / R38 100
Head office: 018-431-0300 Worcester Branch: Neels 082-937-4841 Humansdorp Branch: Faan 082-446-9683 E-mail: info@staalmeester.co.za Website: www.staalmeester.co.za
22
ProAgri 141 – November 2011
JF 2.4m Rubber Roller Condi oner on Three Point R116
424 www.proagri.co.za
Veeboerdery
Inheemse kleinveerasse van Suid-Afrika deur Leon Kruger, veeartsenykundige tegnoloog: LNR-diereverbeteringsinstituut, Irene
Damararam nheemse kleinvee is oral waar jy in die Suid-Afrikaanse platteland ry, te sien. Eintlik behoort ons op ons inheemse kleinvee net so trots te wees as op die springbok en protea; dit is voorwaar ’n nasionale bate. Inheemse vee is nie net Ngunibeeste en Boerbokke nie. Daar is verskeie inheemse veesoorte in die land, waarvan sommiges meer kommersiële waarde het as ander. ’n Inheemse spesie is ’n spesie wat natuurlik in ’n gebied voorkom, maar nie noodwenig uniek aan daardie gebied is nie. Kleinveerasse wat as tipies inheems beskou kan word in Suid-Afrika, sluit die volgende in:
I
Skaaprasse • Pedi • Zoeloe • Damara • Ronderib-Afrikaner - Blinkhaartipe - Steekhaartipe • Namakwa-Afrikaner • Persie-skape • Swartkop-Persie • Rooikop-Persie
Stert van Damara-ooi • Swartskilder-Persie • Rooiskilder-Persie Bokrasse • Boerbok • Kalahari rooi • Savannah • Veldbokke Meeste van die rasse het in die vroegste tye saam met trekkende inheemse bevolking soos die Khoi, Damara, Herero, Namakwa en Nguni-volke na die suidelike gedeelte van die vasteland getrek. Die Persie-skape het ’n interessante storie. Oorlewing het dit dat die ras omstreeks 1868 per seilskip in die land aangekom het, waar hulle bestem was om kos vir die skeepsbemanning te wees. Hulle is vir ander skape geruil en so het die Persie se goeie vrugbaarheid en aanpasbaarheid daartoe gelei dat die ras in die land gevestig is. Raseienskappe: Ronderib-Afrikaner ’n Tipiese vetstertskaap met ’n breë vetstert wat tot 5 kg kan weeg. Soos meeste vetsterttipes, kan die skaap in droë gebiede oorleef omdat dat dit
Namakwa-Afrikanerram energie in die vetstert berg. Dit het ’n wit haarkleed en kan horings hê of poenskop wees. Damara Die ras se vetstert is lank en gepunt na onder. Die gladde haarkleed kan ’n wye verskeidenheid kleure hê. Ramme het stewige horings en die ooie kan kleiner horinkies hê of poenskop wees. Namakwa-Afrikaner Hierdie ras het ’n kinkel in sy lang vetstert. Die gladde haarkleed is wit met die kop wat swart of rooi kan wees. Die ras het horings. Zoeloe Die ras het ook ’n lang vetstert. Die growwe wol en haarkleed kan verskeie kleure hê, maar swart en donkerbruin kom die meeste voor. Ramme kan horings hê of poenskop wees. Kenmerkend van die ras is die ore wat dikwels afwesig is of daar is klein oortjies, maar normale ore kom ook voor. Pedi Hierdie ras is van nature poenskop met ’n gladde haarkleed wat verskeie vervolg op bl 24
Zoeloeram www.proagri.co.za
Troppie Zoeloe-ooie
Klein oortjies van Zoeloeram ProAgri 141 – November 2011
23
Pediram (voor) kleure kan hê. Die oorwegende patroon is egter ’n wit liggaam met ’n rooi kop. Die vet stert is lank en gepunt na onder. Persie Die ras is poenskop met gladde haarkleed, ’n vet homp op die kruis en ’n klein stertjie. Die haarkleed kan wissel tussen wit met ’n swart kop, wit met ’n rooi kop, rooi gespikkel (skilder) of swart gespikkel. Die kleur is ook nie uniek nie en ’n swart spikkel kan byvoorbeeld ’n wit lam met ’n swart kop hê. Boerbok Hierdie veredelde ras is het sy oorsprong in inheemse bokrasse van die Oos-Kaap. Die ras het ’n gladde wit lyf met ’n rooi kop. Die ore hang. Kalahari rooi Die ras lyk baie soos die Boerbok, maar met ’n algeheel rooibruin, gladde haarkleed. Die ore hang ook soos die Boerbok s’n. Savanna Die ras het ook sy oorsprong uit die inheemse bokke en het ’n gladde wit haarkleed met hangore soos die Boerbok en Kalahari Rooi. Alhoewel die haarkleed wit is, is die pigmentasie donker. Veldbokke: Verskeie haarkleedkleure kom voor en word volgens eko-tipes gegroepeer. Zoeloetipe met gladde haarkleed van ’n wye verskeidenheid kleure. Die ore
Kalahari rooi 24
ProAgri 141 – November 2011
Pedi-ooi van agter
Swartskilderpersieram
hang nie en is gepunt. Klein, skerp, gepunte horinkies kom voor by ramme en ooie. Swazitipe met gepunte ore en stewige horings. ’n Wye verskeidenheid haarkleure kom voor. Appeltipe met hangore en ’n kleurpatroon van bruin of swart met duidelike wit kolle. Die horings is stewig. Skildertipe met gepunte ore en ’n gespikkelde, gladde haarkleed en stewige horings. Die algemene siening en kommentaar wat so dikwels die rondte doen dat die inheemse rasse van ’n swakker gehalte as die kommersiële rasse is, is ook nie heeltemal waar nie. Wat wel waar is, is dat die omstandighede waarin die diere aangehou word, nie altyd aan ’n sekere standaard voldoen nie. Dit gebeur byvoorbeeld dat ooilammers te vroeg in hulle lewe dragtig raak en dit het ’n invloed op verdere prestasie. Indien die diere aan goeie bestuurspraktyke onderwerp word, het hulle die vermoë om net so goed te presteer as kommersiële rasse. Dit is net nodig om te luister na kommersiële boere wat met inheemse kleinvee boer om die waarde en plek van inheemse rasse in die kleinveeboerderypraktyk van die land te besef. Daar word suksesvol kommersieel geboer met veldtipe bokke, Damaraskape, Pediskape, Persieskape en Afrikanerskape in gebiede waar dit nie haalbaar is om suksesvol met ander rasse te boer nie. Die gesogte Dorperskaap sou ons nie beskore gewees het as dit nie vir die
Appelbokke: ram met ooie
Persieskaap was nie. Die Dorper is ontwikkel deur kruisteling tussen die Persie en Dorset Horn. Die Meatmaster is ontwikkel uit die Dorper en Damara. Die Dormer het ’n persentasie Afrikaner-bloed in hom. Die Afrikanerskaap is ook gebruik in die ontwikkeling van die Van Rooyskaap. Daar word ook soms ongekwalifiseerde eienskappe toegedig aan inheemse vee. ’n Mens lees gereeld in die media en advertensies uitlatings soos: “Die inheemse rasse is weerstandig teen siektes en plae…” Uitlatings soos hierdie word gemaak op grond van die feit dat die inheemse rasse deur baie jare van natuurlike seleksie baie goed aangepas is in die omgewing waar hulle grootgeword het. Daardie diere sou byvoorbeeld nie dieselfde presteer in gebiede waar siektes en plae voorkom waaraan hulle nog nooit blootstelling gehad het nie. So, byvoorbeeld, is daar Damaraskape vanaf die Noord-Kaap ingebring na ’n proefstasie op die Hoëveld waar die skape op aangeplante kikoejoe aangehou is. Die skape het vinnig agteruitgegaan weens haarwurmbesmetting en die proef moes gestaak word. Daar is ook inderdaad sommige rasse wat ernstige bedreiging van uitwissing in die gesig staar. Die Zoeloeskaap is een van die rasse wat grotendeels deur kleinboere aangehou word en waarvan die getalle aan die afneem is. Weens die kleiner karkas en vetstert wat nie aanklank vind by die gebruiker nie, neig die kleinboere om eerder met groterraamrasse te wil boer, of hulle verbaster die Zoeloeskaap met die ander rasse. Die genepoel is ook nie groot genoeg nie, want die eienaars kan nie nuwe ramme inkoop of ruil wat onverwant is aan die kudde nie. Daar is ’n daadwerklike poging van die Departement Landbou en ander verwante organisasies om die ras se getalle te vermeerder. Wat ook al die mening oor die inheemse rasse is, die feit bly staan: Ons as landbouers het ’n verpligting om al die inheemse veerasse te bewaar; bewaring wat net soveel aandag behoort te geniet as die bewaring van ander nasionale bates soos renosters, buffels en die protea... www.proagri.co.za
Veeboerdery
www.proagri.co.za
ProAgri 141 – November 2011
25
ns is almal deeglik bewus daarvan dat voorkoming beter is as genesing. Daarom laat diens ons ons voertuie voorkomend. Ons besoek die tandarts elke 6 of 12 maande vir ’n voorkomende ondersoek en dan vroegtydige optrede as dit nodig is. As dit egter by ons skape kom, lyk dit vir my na ’n ander storie! Dan wil ons wag dat die parasiete eers hulle hele lewensiklus moet voltooi, goed skade aan die dermwand veroorsaak, bloed suig soos in die geval van die haarwurm, uitgroei, paar, eiers lê..., en eers as ons hierdie eiers in die mis optel en hoë tellings kry, of met die Famacha-tegniek sien dat die dier bleek is en dus reeds aan erge bloedverlies asook die gepaardgaande produksieverliese ly, wil ons hulle doseer. Dit is vir my reaktief, en beslis nie ’n voorbeeld van voorkomende dieregesondheid nie! Ek is ’n voorstander van produksiegeoriënteerde parasietbeheer, waar ons die diere voorkomend doseer voor belangrike produksietye of fisiologies belangrike tye in die dier, of in die geval dan die skaap, se produksiesiklus. Hier dink ek byvoorbeeld aan paartyd – ons wil die ooi op ’n stygende fase of kondisie kry, omdat dit wetenskaplik bewys is dat hulle dan beter “vat” (dat konsepsies hoër is en dat hulle meer tweelinge aankry). Diere wat met parasiete besmet is, gaan nie goed op byvoeding, of dan prikkelvoeding, reageer nie en indien daar wel ’n positiewe reaksie is, gaan hulle voeromset heel waarskynlik ook swakker wees. Dieselfde geld vir ramme voor paartyd, ooie voor lam... en dan praat ons nie eens van die “ideale” of “bes moontlike” wegspring in die lewe van ’n lam nie. Ons weet dat reuk ’n belangrike rol in skape speel by paar- en lamtyd, en dat skape met ’n erge neuswurmbesmetting se reukvermoë aangetas word. Dit is dus ook net logies om voor hierdie belangrike produksiestadium daarvoor te behandel. Daar bestaan by my geen twyfel dat die voordele van ’n goeie voorkomende
O
26
ProAgri 141 – November 2011
Voorkomende dieregesondheid:
Parasietbeheer
deur Dave Midgley van Dave Midgley Consulting As jy van skape verwag om produksie te lewer, moet jy hulle teen parasiete beskerm. Foto’s: Leonie Kellerman beheerprogram die koste daaraan ver oorskry nie. Geïntegreerde parasietbeheer: Hier draai alles rondom BALANS. Daar bestaan nie so iets soos om parasiete te probeer uitroei nie. Ons moet daarna streef om hulle voor of tydens belangrike produksietye te BEHEER. Ken die vyand! Weet watter parasiete betrokke is en wanneer hulle voorkom. Moenie alles glo wat in boeke staan, of wat ander mense vir jou sê nie. Jou parasiete het waarskynlik nie dieselfde boeke as jy/hulle gelees nie, en die ander mense het heel waarskynlik nog nie met jou parasiete gesels of met hulle te doen gekry nie! Stel vas wat op jóú plaas aan die gang is. Hou rekord van gebeure sodat jy of jou nageslag dit vorentoe kan gebruik. Neem bestuursbesluite dan op grond van daardie inligting wat jy op jou plaas versamel het! Kyk net byvoorbeeld hoeveel jou reënval met die van ’n direkte buurman kan verskil – en ons weet dat reënval ’n regstreekse invloed op parasietladings het. Dieselfde geld vir voeding, hantering – enigiets wat spanning veroorsaak en die immuniteit
of weerstand van jou skape negatief kan beïnvloed. Ook hier kan bure verskil in hulle byvoedingsbeleid – oor wat hulle gee, hoeveel, en hoe. Dit is dus logies dat laer parasietbesmettings in tye van spanning, of in toestande van spanning, ’n groter invloed op die dier en sy produksie sal hê. Intensiewe boerderye, of selfs stelsels soos met KI, intensiewe lamstelsels (die lamhokkiestelsel), en by samedromming soos in voereenhede, verg almal bestuursaanpassings wat parasietbeheer en die inenting van die diere insluit. Elke plaas se omstandighede verskil, en die beste “programme” is die wat vir jou plaas en jou omstandighede uitgewerk word. Daar is nie vandag meer plek vir verouderde programme wat vir streke, of op grond van seisoene, uitgewerk word nie. Dit is ook my mening dat ’n veearts die bes opgeleide persoon is om ’n spesifieke program vir jou omstandighede op te stel, maar ook hier moet ek ongelukkig erken dat nie alle veeartse ewe veel in skape of in parasiete belangstel nie. Gesels dus met jou naaste, of plaaslike veearts, wat die omgewing, en verkieslik jou plaas en produksiestelsel of omstandighede, ken en werk saam met hom vir jou ’n program vir JOU OMSTANDIGHEDE uit. Alternatiewelik kan jy ’n program wat deur iemand anders uitgewerk is met hom bespreek sodat hy kan uithaal wat hy onnodig ag en/of bysit as daar iets is wat hy voel by moet kom.
Dr Dave Midgley kan gekontak word by dave.midgley@vodamail.co.za. www.proagri.co.za
Vee
& Veilings Kry en bêre jou ProAgri elke maand Liasseer elke maand jou ProAgri in ’n mooi stewige lêer. Die aanbod sluit ook intekening vir 12 uitgawes in. Teen R220 (posgeld ingesluit) sal jy ’n spoggerige lêer en vir ’n jaar lank elke maand ’n ProAgri ontvang. Skakel vir Paula by 012-362-2732 om van hierdie spesiale aanbod gebruik te maak.
Spesiale aanbod! Die lêers kan ook alleen aangekoop word.
Brangus Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za www.proagri.co.za
ProAgri 141 – November 2011
27
Besoek ons webblad: www.dorpersa.co.za
28
ProAgri 141 – November 2011
www.proagri.co.za
AgriGids
AgriTrader
Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer
40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-6089 stefan@agritrader.co.za Marlien vd Westhuizen (Pretoria) 012-362-2732 marlien@smartpublishing.co.za
WEED CONTROL IN DAMS Control aquatic plants with sterile (triploid) grass carp. We are the only national approved supplier of sterile(triploid) grass carp in SA. Aquatic Weed Control specialize in the biological control of aquatic weeds since 1991. We pioneered this protocol in South Africa. Biological control is the most cost efficient and effective method in the control of aquatic weeds. This service is supplied by professional scientists with 25 years experience.
Contact: Aquatic Weed Control: 011- 769-2257 E-mail:awc@exol.co.za
Handmielieplanter • Planter betaal homself in ’n paar uur • Plant regte diepte • Plant haasbekrye sommer tjop-tjop in Kunsmisstrooiers en nog kleinskaalboerderywerktuie kan gesien word by www.backsaver.co.za
Kontak Michris 073-454-4111 mooiuitsigboerdery@telkomsa.net www.proagri.co.za
ProAgri 141 – November 2011
29
AgriGids
Jy kan nie dag en nag jou vee dophou nie, maar FaunaTrack kan. Met ’n AcciTag-merker aan 10% van jou kudde, sal die FaunaTrackstelsel jou deur boodskappe na jou rekenaar of selfoon waarsku dat diewe en jakkals se kind besig is om moles te maak. Die kontrolestasie kry sy krag deur ’n sonpaneel en het 24-uur toegang tot die Internet.
voor
Red jou wins!
Kontak Desmund by 082-414-3242 of per e-pos pro_buzz@mweb.co.za
na
Onderhoud en verf van dakke. Skakel Ryno Keeve 078-460-3322
N17 Farming Equipment
• Ons spesialiseer in die maak en verkoop van verskuifbare skaapkrale, baalringe, voerbakke en kruiphokkies. • Indien ’n kliënt iets volgens eie voorskrif gemaak wil hê, sal ons dit maak. e-mail: n17farmeq@yahoo.com Sel nr: 083 516 9019 Kontak person: Daleen Pretorius Facebook: Farming Equipment 30
ProAgri 141 – November 2011
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 141 – November 2011
31
AgriGids
Contact 021 557 0606 or info@fourlakes.co.za or order online at www.fourlakes.co.za
100% waterproof
“ New style – available from mid August “
Very comfortable
Craftsman
Ribble
ESK
Tillamook Bay
For more styles, go to www.fourlakes.co.za
32
ProAgri 141 – November 2011
www.proagri.co.za