ProAgri

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Desember 2011 Nr / No 142 ISSN 1042–1558

Gratis

Slenkdalkoors: Moet ek ent?

Gratis binne:

Jou eie landboukalender!

Fnuik peste en plae só

Spesiaal: Wiele

• Laai veilig • Die voorste sleepwa • Workmax speel klaar met werk Vakansiebylaag

|

Kalibrasie van spuite

|

Ons boer saam

AgriTrader



In hierdie uitgawe Redakteursbrief

Voorblad

oere mag ook vakansie hou en ’n bietjie ontspan! Vir die eerste keer bring ProAgri vandeesmaand ’n uithaalgids met ’n paar vakansie-idees en bestemmings. Die pakkette is saamgestel deur ons sustertydskrif, StayPlayEat, wat hoofsaaklik in stedelike gebiede versprei word. Al die inligting is ook op StayPlayEat se webwerf beskikbaar. Dit is ook weer vir ons ’n groot voorreg om, met die ondersteuning van ons gereelde Daar is werklik blou rose in Georgië! Kyk uit adverteerders, ons Landbouvir ons Januarie-uitgawe waarin ons meer kalender vir 2012 aan u te gaan vertel oor boerderygeleenthede in dié bring. Hang hom maar gerus voormalige kommunistiese land. teen die muur op – dit is propvol nuus oor veilings en skoue, met nuttige inligting soos die stand van die maan en skoolvakansies. In Desember laai en laat waai ons saam met Nic Keyser wat verduidelik presies hoe laaivrag bepaal word. Monsanto gee waardevolle inligting oor die insekbewegings wat vir die somer verwag word en daar is ’n omvattende lys van DuPont oor die wapens wat hulle in die boer se hand gee om probleme soos sekere insekte te hanteer. Lees gerus in ons artikelreeks oor gesonde grond hoeveel skade veldbrande werklik aanrig en as u nog getwyfel het oor die waarde van inenting teen slenkdalkoors, neem maar kennis wat die kundiges van Onderstepoort sê. ProAgri se wens aan u en u gesin is ’n veilige en rustige Kerstyd sodat ons almal 2012 met nuwe moed kan aanpak.

B

Gewasproduksie 9 Monsanto het raad teen stronkboorders 10 DuPont veg kliphard aan die boer se kant 11 Hoëveldrif Chemikalieë laat die wetenskap vir jou werk Hulpbronbestuur 12 Hoe pas ek my grond op? 14 Die perd as hulpmiddel in die terapeutiese proses 19 Ons boer saam (6) Gereelde gunstelinge 21 AgriLag 21 Werfnuus 22 AgriKyk & Lees 28 AgriTrader Vee en veilings 22 Rumax meng lekker kos – tot vir buffels 23 Kloon 13 is die veilige wapen teen slenkdalkoors 24 Strautmann: Dié flink voermenger vra min en gee baie 25 Beefmaster: Veilingsuitslae 26 Veilings 27 Genegids

59 167 average copies per month

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel/fax: 012-342-5141 Posbus 32123, Glenstantia, 0010 www.smartpublishing.co.za Maak seker jy kry elke maand jou ProAgri. Skakel Paula by 012-342-5141 of stuur ’n e-pos na paula@proagri.co.za en teken in teen net R120 vir 12 uitgawes.

Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

3

5

Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Advertensienavrae Marlien van der Westhuizen > 012-342-5141 marlien@smartpublishing.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

6

Agentskappe Carmel Ann Singh > 079-515-8708 carmel@smartpublishing.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk

10

Taalversorging Mediadienste Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-342-5141 paula@proagri.co.za

22

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

www.proagri.co.za

Business-to-Business: Agriculture January to March 2011

Die ProAgri-span

Inhoudsopgawe / Contents Wiele 2 Laai en laat waai – veilig en wettig 3 Nic draf lag-lag met ’n vrag! 5 Workmax speel klaar met werk Meganisasie 6 Kalibreer ’n balkspuit só

Greenfields se nuwe JCB Workmax is geen speelding nie – hy staan sy man met plaaswerk... en sorg darem seker vir ’n bietjie pret ook!

Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 142 – Desember / December 2011

1


Wiele et gretige vingers sit weegbrugamptenare langs elke pad en wag om die boer se swaarverdiende geldjies as boetes vir die staat in te palm. Afgesien van moontlike boetes, het oorbelading die probleem dat dit die voertuig of sleepwa kan verniel, dat dit die padoppervlak verniel en dat dit padgebruikers in gevaar stel. Die wyse boer maak dus seker dat hy weet wat sy voertuig mag laai en dat hy binne daardie perke bly, al lei die hoë brandstofprys en tolgeld tot die versoeking om ’n paar ekstra randjies met elke vrag te probeer verdien. Die verstandigste weg is om reeds voordat ’n jy voertuig of sleepwa koop seker te maak watter vragte jy daarmee wil en kan vervoer sodat die versoeking om te oorlaai nie nodig sal word nie.

M

Bruto voertuigmassa (BVM) Bruto voertuigmassa (Engels gross vehicle mass of GVM) is nie, soos sommige mense dink, ’n voertuig of sleepwa se dravermoë nie. Dit is hoeveel die voertuig met vrag en al mag weeg. Om te bepaal watter vrag jy op die voertuig mag laai, moet jy sy eie gewig (tarra) van die BVM aftrek. Voorbeeld: ’n Sleepwa met ’n geregistreerde BVM van 2 000 kg en wat 680 kg weeg, se wettige dravermoë is 1 320 kg. Dit is nie veilig of wettig om meer as dit op die sleepwa te laai nie. Dit is dus verkeerd om, wanneer jy ’n sleepwa wil koop, net na die BVM te kyk en dan die goedkoopste een met dieselfde BVM te koop. Dit is nie ’n aanduiding van die sleepwa se dravermoë nie, want die gewig van die sleepwa self (tarra) kan verskil. ’n Sleepwa met ’n BVM van 2 000 kg, wat self 1 000 kg weeg, het maar ’n dravermoë van 1 000 kg teenoor die een wat 680 kg weeg se dravermoë van 1 320 kg. Kies dus ’n voertuig of sleepwa op grond van wettige dravermoë; nie op grond van bruto voertuigmassa nie. Bruto kombinasiemassa (BKM) Vervoer word veel lonender sodra die boer ’n sleepwa agter aan sy bakkie of vragmotor haak. Dis hier waar bruto kombinasiemassa (Engels gross combination mass of GCM) ter sprake kom.

Laai en laat waai

– veilig en wettig Bruto kombinasiemassa beteken die gesamentlike gewig van die sleepvoertuig en die sleepwa, saam met die vragte wat hulle altwee dra. Die BKM verskyn op ’n plaatjie onder die bakkie se enjinkap. As daar op jou bakkie se inligtingsplaatjie staan hy het ’n BKM van 4 500 en jy stop met jou bakkie en sleepwa met hulle vragte op die weegbrug en die weegbrug sê enigiets onder 4 501 kg, dan is jy doodveilig. Om by daardie veilige gewig uit te kom, behels die volgende: Die bakkie se BKM van 4 500 kg minus die bakkie se eie gewig van, sê maar, 1 600 kg (aangedui as Tarra, Tare of T op die plaatjie onder die enjinkap) gee jou 2 900. Trek nou die sleepwa se gewig van sê 600 kg daarvan af en dit gee jou 2 300 kg. Die totale vrag wat op die bakkie en die sleepwa saam gelaai mag word, is dus 2 300 kg. ’n Mens sou dit kon versprei as een ton op die bakkie en 1 300 kg op die sleepwa. Hierdie gewigspesifikasies wissel van voertuig tot voertuig.

Die voertuie op hierdie foto’s wat Bennie van Zyl in Georgië geneem het, lyk nie vir ons so veilig en wettig gelaai nie. Nic Keyser van Nic Sleepwaens vertel hoe jy moet laai om seker te maak jy bly binne die perke van die wet en veiligheid.

2

ProAgri 142 – Desember / December 2011

Wat beteken dit? ’n Gemiddelde bees weeg 500 kg en het ’n ruimte van 1 800 x 650 nodig. As jy vier beeste wil oplaai, beteken dit die volgende: 4 x 500 kg = 2 000 kg + sleepwa se gewig van sê 600 kg = ’n sleepwa van 2 600 kg, wat beteken dat nie alle bakkies dit mag sleep as daar vier beeste op is nie. Wees wakker, waarsku kenners: Sommige vervaardigers verstrek nie die gewig van ekstra toebehore wanneer hulle hulle sleepwaens se besonderhede registreer nie. In so ’n geval kan jy by ’n weegbrug die onaangename ervaring belewe dat jou sleepwa met die gewig van ’n noodwiel, ’n glipmat, veetralies, hekke en ’n skaapdek oorlaai is wanneer jy doodonskuldig gedink het jou vrag is binne perke. Maak seker dat jou sleepwa padwaardig en volgens die wetlike voorskrifte gelaai is. As daar ’n ongeluk is, selfs al is die sleepwa nie die oorsaak daarvan nie, kan jy jou ewe skielik te midde van probleme met versekering- en derdeparty-eise bevind. Bly binne die perke van die wet – dit is die veiligste en dink net aan die lekkerkry om elke keer die weegbrugbeamptes met leë hande agter te laat!

www.proagri.co.za


Wiele ie nuttigste ding wat ek nog ooit gekoop het, is ’n Nic-sleepwa,” sê Carel Lubbe van Brandewynskuil naby Makwassie. Brandewynskuil is ’n familieboerdery, maar Carel het ook sy eie Merino-landskaapboerdery en hy plant ook kool onder spilpuntbesproeiing vir daardie broodnodige kontantvloei. In albei hierdie boerderye speel Carel se Nic-sleepwa ’n belangrike rol. Met sy dubbeldek vervoer hy ’n hele trop skape in die grootste veiligheid en gerief, maar as Carel beeste wil vervoer, of kool mark toe wil aanry, pluk hy die verwyderbare skaapdek in ’n japtrap uit. Daar is ’n doelgeskikte Nic-sleepwa vir elke taak; 147 modelle vir tot die vervoer van helikopters, krokodille en kameelperde. En as dit nie genoeg is nie, maak Nic Sleepwaens een spesiaal vir jou. Nic-sleepwaens is van die beste materiaal gemaak en spesiaal ontwerp om die sterkste, maar ligste moontlike, sleepwa te wees. Dit beteken dat jy jou sleepvoertuig se krag gebruik om die vrag te sleep, nie die sleepwa soos die geval met vele ander sleepwaens is nie. “Alles aan ’n Nic-sleepwa is beter as gewone sleepwaens,” sê Carel. “Hy kan heelwat meer as sy geregistreerde vrag laai, maar as jy 1 650 kg op hom laai, is jy binne die wet en dan loop hy steeds reguit en sonder ’n geswaaiery agter die bakkie. Dis ’n droom om ’n Nic-sleepwa te sleep.” Nic-sleepwaens word tot in die fynste besonderheid ontwerp om presies aan die boer se behoeftes te voldoen en van die allerbeste materiaal en met die noukeurigste sorg vervaardig om die boer jare en jare te dien – maak nie saak hoe swaar die vragte en hoe onvriendelik die paaie is nie. En na jare se gebruik, het ’n Nicsleepwa ’n baie gunstige inruilprys. Dit gebeur dikwels dat ’n Nic-sleepwa na vyf jaar diens vir meer as sy oorspronklike aankoopprys verkoop word. Sy soepel onderstel hou langer en absorbeer skokke en vibrasies. Sy

“D

Die voorste sleepwa:

Nic draf lag-lag met ’n vrag!

Carel Lubbe van Brandewynskuil naby Makwassie sê sy veeldoelige Nicsleepwa is die nuttigste ding wat hy nog ooit gekoop het. Dit laai swaar en sleep lig en maklik. Hy gebruik dit om skape en beeste te vervoer en om kool na die mark aan te ry.

onafhanklike veerstelsel hou langer as die ouderwetse bladveerstelsel, dit verbeter padhouvermoë en sleepgerief en dit verminder padvibrasies, wat die rit vir diere geriefliker maak sodat hulle kalmer bly en minder rondtrap. Die Nic-sleepwa se rem- en noodremstelsel is meer as opgewasse vir enige vrag en sy liguitstraaldiodeligte is so betroubaar en sigbaar as wat kan kom. ’n Belangrike rede vir Nic Sleepwaens se sukses is dat die boer help om die sleepwaens te ontwerp. Boere se menings word deurlopend gevra en hulle voorstelle word by die ontwerp van Nic-sleepwaens in ag geneem. Daarom het Nic-sleepwaens modderskerms en ligskerms wat stewig genoeg is om te hou wanneer werkers daarop trap, ’n middelhek wat dit makliker maak om beeste te laai, skotbalke wat sorg dat diere op hulle plek bly terwyl jy ry, sinvolle laaiblaaie en glymatte wat die boer se taak maklik maak en diere veilig hou, hekknippe wat nooit in die ry sal losvibreer of ver’n Nic-sleepwa se trap is stewig, sy hekke werk gladweg loor nie en die en doeltreffend en hy is so ontwerp dat alle mis veiligste veetralies afgespuit kan word. www.proagri.co.za

Die eerste ding wat werkers gewoonlik met ’n nuwe sleepwa doen, is om sy ligte en modderskerms flenters te trap. Nic-sleepwaens is ontwerp en vervaardig om hierdie probleem uit te skakel. wat diere deeglik op hulle plek hou sonder om hulle seer te maak. Wat jy ook al wil vervoer, daar is ’n Nic-sleepwa uitgeknip vir jou. Besoek www.nictrailers.co.za om te kyk watter een van die 114 agente in die land naaste aan jou is, skakel 018-673-0224 of 082-859-0904 of e-pos info@nictrailers.co.za vir meer inligting. ProAgri 142 – Desember / December 2011

3



Wiele

Workmax speel klaar met werk y is rats en fluks, kan orals ry, lig op brandstof, maar dra sy vrag soos ’n man! Greenfields se nuwe JCB Workmax 800 D gaan die boer se regterhand op die plaas word. Of jy gou na iets in die mielieland wil gaan kyk, lek na die onderste kamp wil aanry, die spilpunt wil uitsleep, of vir nig An wil gaan wys hoe mooi lyk die plaas van die koppie af – gryp net die Workmax. James Smart van Greenfields sê: “Ons is baie opgewonde daaroor om die nuwe JCB Workmax as deel van ons produkreeks aan te bied. Met sy lae loopkoste maak dit sin om die een voertuig op die plaas te gebruik as vierwielmotorfiets, bakkie en selfs klein trekker en sleepwa.” Die JCB Workmax 800 D kan 600 kg dra, waarvan 400 kg agter op sy laaibak. Die wipbakvoertuig is ’n stewige staalkonstruksie met dubbel-aksie vering wat sorg vir rygenot of die bak volgelaai is of nie. Die kajuit met sy plat vloer is maklik toeganklik van enige kant af en jy kan kies tussen ’n bank of twee skottelsitplekke. Die 800 D word aangedryf deur ’n 14,9 kW Yanmar-dieselenjin met ’n tweespoed deurlopend-veranderlike ratkas, wat die beste wringkrag en

H

Die nuwe JCB Workmax 800 D kan rats teen die bult uit met of sonder vrag.

www.proagri.co.za

brandstofekonomie teen enige spoed verseker. ’n Dryfband van Kevlar dra die krag oor. Viertrekaankrywing en die ewenaargrendel word elektronies aan- en afgeskakel. Al vier wiele is onafhanklik geveer om met of sonder vrag op enige terrein ’n ferm vastrap en gerieflike rit te verseker. Die Workmax is die enigste voertuig van sy soort wat kronkelvere met toenemende weerstand het. Die bekendstelling van die Workmax by Greenfields se hoofkantoor op Mooirivier in Natal is deur Keith Hoskins van JCB in Engeland bygewoon. Hy sê met hulle produkreeks vir landbou en konstruksie, het hulle gevind dat voertuie met ’n kajuit voor en laaiplek agter van veel meer nut is as die motorfietsbenadering. Hy glo dat JCB met sy Greenfieldsvennootskap in ’n posisie is om aan die groeiende mark se behoeftes te voldoen. Greenfields is die alleen-invoerder van die Workmax en sal dit deur sy eie takke en uitgesoekte handelaars versprei. Bestellings word ingewag by Greenfields. Skakel 033-263-1305 of stuur ’n e-pos na csmart@greenagri.co.za.

ProAgri 142 – Desember / December 2011

5


Meganisasie

Kalibreer ’n balkspuit só

Spuite wat behoorlik vooraf gekalibreer word, sorg vir suksesvolle toediening en uiteindelik ’n goeie oes. (Foto: Donald Peake) s jy plae soos onkruid, siekte en insekte in jou gesaaides suksesvol met chemiese middels wil beheer, moet jou spuittoerusting aangepas wees vir die doel en alle dele moet in goeie werkende toestand, reg ingestel en gekalibreer wees vir die plaag wat jy wil beheer. In hierdie artikel word daar stap vir stap gekyk na 'n praktiese metode om 'n balkspuit korrek te kalibreer.

A

Wat beteken kalibrasie? Kalibrasie bepaal die hoeveelheid water wat ’n plaagdoderspuit, toegerus met gegewe spuitpunte, teen ’n gegewe spuitdruk en trekkersnelheid oor ’n hektaar sal uitspuit, sodat die aanbevole hoeveelheid chemiese middel daarby gevoeg kan word om ’n spuitmengsel van die korrekte konsentrasie te verkry. Vooraf voorbereiding Alvorens die spuit gekalibreer word, is dit belangrik om die volgende voorbereiding te tref: • Gaan die spuittoerusting behoorlik na vir lekkasies, verstopping of enige ander foute en vervang dele wat geslyt is. • Lees die etiket op die plaagmiddelhouer deeglik om die korrekte dosis te bepaal. • Bepaal die volume water wat per hektaar saam met die middel bespuit gaan word deur gewasdigtheid en die teiken in ag te neem. • Bepaal die klei-inhoud van die grond omdat dit die dosis by onkruiddoders kan beïnvloed. Dit word gewoonlik op die etiket aangedui. • Kies die tipe spuitpunte wat gebruik word, naamlik platwaaier- of kegelspuitpunte. Gewoonlik word platwaaierspuitpunte vir onkruidbespuiting en kegelspuitpunte vir siektebespuiting gebruik. • Bepaal die voorgeskrewe druk waarteen gespuit moet word. 6

Die kalibrasieproses 1. Haak die spuit agter aan die spesifieke trekker wat vir die bespuiting gebruik gaan word. 2. Maak die spuittenk halfvol water. 3. Beweeg dan met die trekker en spuit na ’n land waarvan die saadbed gereed is vir die plantproses. 4. Meet 100 m in die land af en merk die afstand met twee paaltjies. 5. Stel die trekkermasjien dan tot op die gekose aantal omwentelinge per minuut, byvoorbeeld 1 800 opm. 6. Skakel oor na die gekose rat, byvoorbeeld vierde rat. 7. Laat die trekker dan in hierdie rat en by die gekose omwentelinge per minuut deur 100 m beweeg, dit wil sê die trekker moet reeds op spoed wees voordat dit die eerste paaltjie bereik. Neem die tyd in sekondes oor die 100 m tussen die twee paaltjies (die ideaal is sowat 40 sekondes oor die 100 m). Verander die rat en opm sodat die 100 m so na as moontlik aan die ideaal afgelê word. 8. Herhaal en kry die gemiddelde tyd. Moet verkieslik nie op dieselfde spoor ry nie. 9. Met die trekker nou in stilstaande posisie, stel die masjien tot die gekose omwentelinge per minuut en skakel die spuit in werking. 10.Stel die drukreguleerder tot die aanbevole druk, byvoorbeeld 300 kPa vir ’n vooropkom-onkruidbespuiting. 11.Meet nou die hoeveelheid water wat elke spuitpunt in 'n gemerkte houer lewer vir die aantal sekondes oor 100 m, in hierdie geval 40 sekondes, byvoorbeeld 900 ml. Breedwerpige bespuiting van vooropkomonkruiddoder Gebruik die korrekte spuitpunte vir breedwerpige bespuitings. Meet die afstand tussen die spuitpunte op die spuitbalk, byvoorbeeld 0,5 m. (Die spuitbreedte van een spuitpunt is gelyk aan die afstand tussen twee spuitpunte op die balk.) Die spuitpatrone van die spuit-

ProAgri 142 – Desember / December 2011

punte moet verkieslik 50% oorvleuel op die grond. Ons beskik nou oor die volgende gegewens: • Een hektaar is 100 m x 100 m. • Op die etiket word die dosis ”algeheel per hektaar” aangegee, byvoorbeeld 5 liter onkruiddoder per hektaar. • Die hoeveelheid spuitmengsel wat een spuitpunt oor 100 m lewer, byvoorbeeld 900 ml. • Spuitpuntspasiëring is gelyk aan 0,5 m (spuitwydte is dus 0,5 m). • Die inhoudsmaat van die spuittenk, byvoorbeeld 500 liter. Om te bepaal hoeveel spuitmengsel nou per hektaar, dit is 100 m x 100 m, uitgespuit gaan word om die gegewe, byvoorbeeld 5 liter onkruiddoder, mee te vermeng, moet soos volg te werk gegaan word: • Deel 100 m deur 0,5 m (dit is die afstand tussen twee spuitpunte) = 200. (Dit beteken dat een spuitpunt dus 200 keer heen en weer beweeg om 1 ha ten volle nat te spuit). • Vermenigvuldig die hoeveelheid spuitmengsel wat op 0,5 m x 100 m uitgespuit is (dit wil sê opgevang in byvoorbeeld 40 sekondes) met 200 om die hoeveelheid spuitmengsel per hektaar (100 m x 100 m) te bepaal, byvoorbeeld 900 ml x 200 = 180 liter. Die spuit sal dus 180 liter spuitmengsel per hektaar uitspuit. • Die gegewe dosis is 5 liter onkruiddoder per hektaar. Meng nou 5 liter onkruiddoder met elke 180 liter water. • Die spuittenk kan 500 liter vloeistof hou. Dus kan 500 liter gedeel deur 180 liter = 2,8 ha spuitoppervlakte met een spuittenk bespuit word. • Voeg nou 2,8 x 5 liter = 14 liter onkruiddoder in 'n spuittenk vol water. Vermenging Indien die chemiese middel ’n vloeistof is: • Maak die tenk halfvol met water. www.proagri.co.za


• Voeg die middel by. • Vul dan verder tot bo. • Stel die beroeringstelsel in werking sodat die plaagdoder behoorlik vermeng word. • Indien verskeie plaagdoders saam gespuit gaan word, moet die onverdunde konsentrate afsonderlik in die spuittenk gevoeg word, terwyl die roerder in werking is. Maak egter seker dat die verskillende mengsels saam gespuit kan word. U plaagdoderraadgewer kan inligting hieroor gee. Indien die chemiese middel ’n benatbare poeier is: • Vermeng die gewenste hoeveelheid poeier eers met ’n klein hoeveelheid water in 'n emmer met 'n roerstok om ’n gladde en klontvrye pasta te vorm. • Voeg dan meer water by terwyl dit geroer word om 'n vloeibare suspensie te verkry. • Hanteer verder soos vir vloeibare chemiese middels. Spuitbalkhoogte Indien die balk te laag is, sal strepe gespuit word en indien die balk te hoog is, sal te veel oorvleueling met bespuiting plaasvind. Oor die algemeen gee spuitpunte met wye spuithoeke ’n egalige verspreiding naby die grondoppervlakte, terwyl spuitpunte met klein hoeke weer op ’n groter hoogte gebruik moet word. Platwaaierspuite met ’n spuithoek van 110 grade kan redelik naby die grond

Mini Peake STS

Kies die regte spuitpunt: Gewoonlik word platwaaierspuitpunte vir onkruidbespuiting en kegelspuitpunte vir siektebespuiting gebruik. gebruik word en spuitpunte met ’n hoek van 80 grade moet weer hoog bokant die grond gestel wees. Humiditeit As daar min vog in die lug is, moet nie gespuit word nie omdat verdamping dan hoog is. Kleiner druppels bereik nie die teiken nie en ’n laer neerslag word ook verkry.

Gewasdigtheid Gewasdigtheid moet in aanmerking geneem word wanneer ’n spuitvolume gekies word. Indien die gewas digte blare het, sal meer water nodig wees om die plant binne te dring. Indien die teiken baie laag aan ’n hoë plant is, moet valarms gebruik word om die plante doeltreffend te bespuit. Onthou: Spuit die tenk elke keer so leeg as moontlik voor hervulling. As al die bogenoemde faktore in ag geneem word, as al die berekenings reg is om die toediening van die regte hoeveelheid spuitstof te verseker en as die regte toerusting gebruik word, behoort die die toediening suksesvol te wees om ’n goeie oes te verseker.

Wind Wind kan druppels wegwaai, wat nie net oneweredige bedekking veroorsaak nie, maar aangrensende gewasse kan beskadig. Om vir wind te vergoed, kan spuite wat groter druppels lewer, gebruik word, of die spuit kan teen ’n verlaagde druk gekalibreer word.

Peake Equipment: “InFront and over the top” Peake DTS MK3.A

Plaaslik ontwerp en vervaardig vir Suid-Afrikaanse behoe es. Veeldoelige Peake Equipment werkesels vir bespui ng van gewasse en saadmielie-ontpluiming. * Hidrosta es vierwielaangedrewe * Voor-gemonteerde spuitbalk van 19 – 28 m * Vryloophoogte van 2 - 2,2 m * Vlekvryestaalspui enks 1 400 liter (enkel) 2 800 liter (dubbel)

www.proagri.co.za

Woodspec Engineering Cliff 083-702-005 of Donald 083-701-0810 donald@peakeequipment.co.za

Beide masjiene is nou ook met vierwielbestuur beskikbaar. Spesiale bestellings moontlik.

www.peakeequipment.co.za

ProAgri 142 – Desember / December 2011

7


Miniair Nova

Main advantages: User friendly • Easy to set the row width with the new toolbar/ headstock design. • No need to match le and right halves of the seeding heart with serial number. • Emptying flap for quick and residue-free emptying. • Quick Fit coulter ps. • Spring-adjusted weight on /weight off feature. • Easy frame height adjustment. • No addi onal cost for li kit. • Spring-loaded self aligning cleaning nozzle and scraper for reduced maintenance costs.

Miniair Nova – Differences between rows TWIN row – 1x seeding heart + coulter seeding 2x rows

PLANTERS Miniair NOVA - DOUBLE SOWING UNITS Vegetable Seed Planters 3 Row Double Unit Rubber Wheel 250 x 140 3 Row Double Unit Stainless Steel 273 x 180 4 Row Double Unit Rubber Wheel 250 x 140 4 Row Double Unit Stainless Steel 273 x 180 5 Row Double Unit Rubber Wheel 250 x x140 5 Row Double Unit Stainless Steel 273 x 180

Retail R141 661 R144 862 R167 760 R172 028 R193 860 R199 195

Miniair NOVA - TWIN SOWING UNITS Vegetable Seed Planters 3 Row Twin Unit Wide Farmflex Wheel 3 Row Twin Unit Stainless Steel Wheel 4 Row Twin Unit Wide Farmflex Wheel 4 Row Twin Unit Stainlees Steel Wheel 5 Row Twin Unit Wide Farmflex Wheel 5 Row Twin Unit Stainless Steel Wheel

Retail R120 118 R129 708 R139 037 R151 824 R157 956 R173 939

7 & 10 cm distance

DOUBLE row – 2x seeding heart with standard coulter for seeding 2x rows 2x

2x

Distances from 5 – 11 cm

Contact person Jose de Nobrega +27 79 885 7902 e-mail: jose.denobrega@jupidex.co.za web: www.jupidex.co.za


Gewasproduksie

Monsanto het raad teen stronkboorders Monsanto het boere gewaarsku dat ’n redelike groot eerste motvlug hierdie seisoen verwag kan word, omdat die laaste vlug in al die verbouingsgebiede relatief groot was. Boere word versoek om hulle aanplantings gereeld na te gaan en enige abnormale hoeveelheid vreetskade aan te meld. Anton Swanepoel verduidelik: ie belangrikste stronkboorder in SuidAfrika is die mieliestronkboorder (Busseola fusca) wat wydverspreid voorkom. Monsanto se feromoon motvlugmoniteringsprogram wat oor die afgelope drie produksieseisoene in al die belangrikste mielieverbouingsgebiede gedoen is, het getoon dat daar in elke seisoen drie motvlugte is. (Sien Fig 1). Die volgende afleidings kan gemaak word: • Die afgelope drie seisoene se baie midseisoen reën het ’n verlaging in die populasie van die motte tydens die middelste motvlug te weeg gebring. • Dit is duidelik dat die derde motvlug ’n redelike groot populasie het. Die eerste motvlug is in Oktober tot November wat veral vroeë aanplantings van mielies raak. Dié motte lê hulle eiers in die blaarskedes van die onderste blare van die mielieplant (sien Foto 1), wat nie altyd maklik is om waar te neem nie.

D

Lewensiklus van Busseola fusca Die wyfiemot lê haar eiers op nag twee tot vyf na sy uit die papiedop verskyn. In nag ses, sterf sy af. Die wyfie kan ongeveer 1 000 eiers in haar kort lewe lê. Die eiers word in pakkies van ongeveer 150 eiers gelê. Die eiers broei uit na sowat nege dae. Die klein larwes beweeg van die blaarskedes na die toegerolde kelkblare van die plant. Hier voed hulle tot die derde vervelling, of instar, waarna hulle uit die plant se kelkblare sal beweeg. Sommige van die larwes beweeg na ander plante toe, terwyl die res in die plant se stam inboor. (Vandaar die naam: stronkboorder of stamboorder.)

Die larwes bly in die stam tot na die sesde vervelling. Die larwe stadiums (instar 1 tot 6) duur omtrent 30 dae. Hierna verander die larwes na papies. Die motte kom te voorskyn na ongeveer 10-14 dae wat beteken dat die hele lewenssiklus sowat 50 dae duur. Dit beteken dat die tweede motvlug op dieselfde aanplanting sal plaasvind in Januarie tot Februarie. Die eiers word nou in die blaarskedes van die blare rondom die kop gelê, asook onder die dekblare van die kop. Wanneer die larwes uitbroei, beweeg hulle na die kop en bly daar totdat hulle die derde instar bereik het. Daarna verlaat van die larwes die kop en boor in die stamme in waar hulle, hul lewenssiklus voltooi. Van die larwes bly egter ook in die kop agter om hulle lewenssiklus hier te voltooi. Hierdie papies sal soms tussen die pitte gevind word as die dekblare van die kop verwyder word. Die derde motvlug, vind dan plaas van Maart tot April. In die stadium begin die mielies al stadig rypword en die pitte op die koppe begin verhard. Die vlug sal dus nie baie skade aanrig nie, maar het ’n groot invloed op die eerste vlug van die komende produksieseisoen. Bykans al die larwes wat uitbroei van eiers wat gelê word na mid-Februarie, sal nie hul lewensiklus voltooi in die somer nie, maar sal oorwinterende diapouse larwes vorm (sien Foto 2). Na die sesde vervelling klim hierdie larwes uit die plant uit en boor by die onderste internodes van die plant in. Sodra die larwe tot binne geboor het, beweeg dit tot heel onder in die plant. Hier hol die larwe vir homself ’n holte uit

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790 8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

Vaalharts 09

Foto 2: Oorwinterende diapouse larwe. waarin dit bly totdat die winter verby is. Op hierdie diepte is die larwe onder die grondoppervlakte en is beskerm teen die elemente – selfs teen die hitte as die land na stroop gebrand word. In die komende lente sal dié diapouse larwes in papies verander en die eerste motvlug van die komende seisoen vorm. Produsente word versoek om abnormale vreetskade aan hulle konvensionele- en Bt-aanplantings aan hulle verkoopmakelaar of -verteenwoordiger te rapporteer. Dit is normaal dat klein gaatjies ook in die blare van Bt-mielies gevind sal word omdat die larwes moet vreet om hulleself aan die Bt-proteien wat in die plantmateriaal teenwoordig is, bloot te stel. Nie-bewerkingslande kan ’n groter teenwoordigheid verwag omdat daar ’n groter mate van oorlewing van diapouse larwes op onbewerkte lande is. Die korrekte aanplant van die voorgeskrewe toevlugareas by Bt-aanplantings is van kardinale belang vir ’n goeie insekweerstandsbestuursprogram. Indien produsente onseker is oor wat hulle te doen staan, kan hulle gerus met hulle saadverteenwoordiger of -makelaar in verbinding tree. Vaalharts 10

Vaalharts 11

180 160 140 120 100 80 60 40 20 0

Foto 1: Busseola fusca-eierpakkie in blaarskede van die onderste blare op die plant. www.proagri.co.za

Fig. 1: Motvlugpatrone in die Vaalhartsgebied oor die afgelope drie mielieproduksieseisoene. ProAgri 142 – Desember / December 2011

9


Gewasproduksie ie boer staan nie alleen nie. In sy stryd teen peste en plae staan DuPont, die magtige chemiese maatskappy, bankvas agter hom met ’n arsenaal van produkte wat winsgewende boerdery moontlik maak. Bertie en Christie Truter, van die netjiese Truter Boerdery op die Hoëveld, erken ruiterlik: chemiese beheer is ’n deel van boerdery waarsonder jy nie kan klaarkom nie. DuPont se chemiese middels, wat deur Hoëveldrif Chemikalieë verskaf word, maak dit vir hulle moontlik om winsgewend te boer. Kyk net:

D

Punch C® Mieliesiektes soos noordelike blaarskroei, grysblaarvlek en roes in mielies en soja kan die boer se kans om wins te maak vernietig. Hierdie siektes, veral noordelike blaarskroei, is veral by kort groeiers onder spilpunte ’n probleem, sê Bertie Truter: “As jy nie hierdie siektes kan stuit nie, sal jy nie met kort groeiers onder spilpunte wins kan maak nie.” DuPont kom tot die redding met Punch C® (Reg.No. L3626, Wet 36/1947), wat ’n beskermende en genesende werking het. Punch C® se “hart van silikon” verseker vinnige opname, bewerkstellig egalige beweging deur die plant, bied ’n lang nawerking, beheer ’n wye spektrum van swamsiektes, is veilig vir die gewas en kos ’n fraksie van sekere ander produkte se prys. Die Truters spuit Punch C® voorkomend op kort groeiers. Vir hulle is die groot voordele van Punch C® dat dit voorkomend, genesend én sistemies is, wat beteken dat dit ’n lang nawerking het. Accent® Truter Boerdery lê in die grootste GM-vry mielieproduksiegebied in die wêreld. Daarvoor kry hulle ’n premie van R125 per ton vir hulle mielies en die saad is ook heelwat goedkoper. Maar onkruid soos Johnsongras en wildesorghum moet steeds op hulle plek gehou word as die boer wins wil maak, en daarvoor bied die DuPont-arsenaal Accent® (Reg.No. L5157, Wet 36/1947), ’n wateroplosbarekorrel-onkruiddoder, wat volgens die Truter-broers geen gelyke in die mark het nie. Accent® se korrels los maklik en volledig op en verstop nie spuitstukke soos sommige poeieronkruiddoders nie. Accent® werk, meng en spuit maklik en sy beheer is baie doeltreffend, sê hulle. Die Truters gebruik Accent® net vir lande waar onkruid soos wildesorghum, Johnsongras, kweek en sommige breëblaaronkruidsoorte probleme skep. Classic® Truter Boerdery plant Roundup Readysojabone, maar Roundup beheer nie uintjies en moeilik beheerbare breëblaaronkruidsoorte soos wandelende Jood, purperwinde en stekelmisbredie nie. Daarvoor gebruik hulle DuPont se 10

DuPont veg kliphard aan die boer se kant ’n Gedugte span in die beskerming van gesaaides teen peste en plae is Bertie en Christie Truter van Truter Boerdery naby Ogies, Taylor Botha (middel) van Hoëveldrif Chemikalieë, wat die streek se DuPont-agent is, gewapen met Truter Boerdery se spuite en DuPont se arsenaal van doeltreffende, betroubare produkte wat die boer se wins verseker. gedugte Classic® (Reg.No. L4164, Wet 36/1947) aanvullend tot Roundup, “want Classic® doen alles wat Roundup nie doen om hardnekkige vuilgoed te beheer nie, al sê die Classic-etiket dat dit hierdie onkruidsoorte net wisselvallig beheer,” vertel Bertie. Classic® beheer ’n wye reeks breëblaaronkruidsoorte en speel ook ’n belangrike rol in Truter Boerdery se strategie om weerstandigheid teen Roundup te bestry. Ander skitterprodukte in die DuPont-arsenaal is: • Vydate® 100 GR (Reg.No. L3945, Wet 36/1947), die korrelformulasie vir die beskerming van aartappels, tabak, tamaties, piesangs en suikerriet teen plantparasitiese aalwurmspesies en vir die vermindering van plantluise in aartappels. • Vydate® SL (Reg.No. L5057, Wet 36/1947), die wateroplosbare vloeistof vir die beskerming van aartappels, pynappels, suikerriet, tabak en tamaties teen knopaalwurm en die onderdrukking van plantluise op aartappels, asook die beskerming van grondbone teen grondboonpeulaalwurm. • Steward® 150 EC (Reg.No. L8435, Wet 36/1947), vir die beheer van plae soos Amerikaanse, stekel- en rooiaartappelbolwurms, aartappelmot, aartappelbladmyner, ruitrugmot, koolspinwurm, witkoolskoenlapper, tamatievalslandmeter en bladspringers in aartappels, tamaties, koolgewasse, pampoengewasse, groenbone, erte, tabak en katoen. Steward® 150 EC beheer ook mieliestronkboorder-, sorghumstamboorder- en Amerikaansebolwurmlarwes in mielies en suikermielies. • Tanos® (Reg.No. L6564, Wet 36/1947), die voorkomende en genesende swamdoder vir die beheer van laatroes

ProAgri 142 – Desember / December 2011

en vroeëroes op aartappels en tamaties. • Prevathon™ (Reg.No. L8622 Wet 36/ 1947) is kragtig en hoogs aktief teen vyande van die aartappelboer soos aartappelmotlarwes, aartappelblaarmyner en Afrika-bolwurm, en teen vyande van die tamatieboer soos tamatievalslandmeterlarwes, Afrika-bolwurm en Amerikaanse blaarmyner. • Curzate® PRO, (Reg.No. L5698 Wet 36/ 1947), ’n organiese beskermende en genesende swamdoder (benatbare poeier) vir die beheer van donsige skimmel op tafel- en wyndruiwe en laatroes op aartappels en tamaties. DuPont verskaf aan die boer meer as net beheermiddels teen peste en plae. Navorsing word voortdurend gedoen om die boer immer beter oplossings te bied, kundigheid word vrylik beskikbaar gestel om vir elke boer presies die doeltreffendste aanbevelings vir sy omstandighede te maak, en met verskaffers soos Hoëveldrif Chemikalieë, met talle afleweringsvoertuie vir klein en groot bestellings, hoef ’n boer nooit op bestrydingsmiddels te sit en wag terwyl peste sy wins verteer nie. “DuPont se produkte is betroubaar, doeltreffend en bied waarde vir geld, want DuPont help die boer om winsgewend te boer. Plaag- en pesbeheer is ’n deel van boerdery waarsonder jy nie kan klaarkom nie,” sê Bertie Truter. As jy ook die stryd teen peste en plae wil wen, praat met Riaan van der Merwe by 082-321-6542 of riaan.vdmerwe@zaf.dupont.com om te hoor wie jou naaste verskaffer is. Gebruik slegs soos aangedui op die etiket. Die DuPont Oval Logo, DuPontTM, The miracles of scienceTM and AVAUNT® is geregistreerde handelsmerke van E.I. DuPont de Nemours and company of sy affiliate. www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Onkruid- en plaagbeheer:

Hoëveldrif Chemikalieë laat die wetenskap vir jou werk

Taylor Botha en Lizelle Steyn in Hoëveldrif Chemikalieë se ruim pakhuis by Ogies, waar ’n volledige reeks landbouchemiese produkte gereed staan om enige onkruid- en ander plaag te stuit. Hoëveldrif Chemikalieë lewer produkte en dienste regoor die Hoëveld. Noodsaaklikheid waarsonder vandag se boer kan vergeet om wins te toon, is chemiese beheer van onkruid en ander peste. Veral die geenbewerkingboer steun baie sterk op sy spuit en chemiese beheermiddels om sy oes te beskerm. Maar hoe gemaak om die beste keuse tussen al die duisende middels in die mark te maak? Dis presies waar Hoëveldrif Chemikalieë met sy toegespitste kundigheid en ervaring die boer te hulp snel om hom net die beste raad, diens en produkte te bied. Met 38 jaar ervaring, staan Taylor Botha aan die spits van Hoëveldrif Chemikalieë en hy en sy kundige kollegas ken die landbouchemiese bedryf op die punte van hulle vingers. Hulle weet presies watter middel die beste, mees ekonomiese teenvoeter vir watter plaag is en hulle hou hulle vinger op die pols van die bedryf om altyd die mees gevorderde tegnologie tot die boer se beskikking te stel. Hoëveldrif Chemikalieë versprei al die prominente chemiese maatskappye se produkte, sowel as geregistreerde generiese middels om vir die saaiboer ’n volledige chemiese pakket, altyd teen die bekostigbaarste prys, te voorsien. Hulle diens strek oor die hele spektrum, van inspeksie van die boer se lande om die aard en omvang van probleme te bepaal en die verskaffing van betroubare, geregistreerde produkte, tot hulp met spuitkalibrasie en toediening en die inroep van landboukundiges om hardnekkige probleme

’n

www.proagri.co.za

te help oplos. Hoëveldrif Chemikalieë se mense se voetspore lê op die plaas. Die boer kan dit met gerustheid aan hulle oorlaat om telkens met die doeltreffendste, mees ekonomiese oplossing vorendag te kom. Hoëveldrif Chemikalieë is een van die onafhanklike landbouchemiese verskaffers wat by Agronamic ingeskakel is. Agronamic is onlangs gestig om die lewering van landbouchemiese produkte en dienste aan die hele ou Transvaalgebied te verbeter en binne elke boer se bereik te plaas. Hoëveldrif Chemikalieë het ’n AVCASA-sertifikaat, waarsonder niemand landbouchemikalieë mag verskaf nie en is ook lid van AVCASA (Vereniging van Veeartsenykundige en Gewasverenigings van Suid-Afrika) se dogtervereniging, CropLife, Suid-Afrika.

CropLife Suid-Afrika dien die boer deur: • te verseker dat net behoorlik geregistreerde produkte van gehalte aan boere gelewer word; • plaaslike en internasionale navorsing en ontwikkeling sodat daar gereeld nuwe, verbeterde produkte vir die boer beskikbaar gestel word; • ook na die belange van opkomende boere om te sien; en • te verseker dat alle lede se verkoopspersoneel behoorlik opgelei en geakkrediteer word. Hierdie lidmaatskap verseker dat die boer met vertroue Hoëveldrif Chemikalieë se produkte en dienste kan gebruik. Hoëveldrif Chemikalieë bemark ook sedert sy ontstaan in 2001 Pioneermielie- en -sojasaad. Omdat landbouomstandighede van gebied tot gebied en selfs van plaas tot plaas verskil, plant Hoëveldrif Chemikalieë sy eie kultivarproewe op ’n groot aantal plase in verskillende gebiede in die streek sodat hulle telkens die betroubaarse kultivaraanbevelings vir elke boer kan maak. Hoëveldrif Chemikalieë kan die wetenskap ook vir jou laat werk. Skakel 082-659-8804, 083-6032143 of 082-619-1503, of e-pos ogieslbb@lantic.net, of faks 086578-2471 vir meer inligting. Dis óns mense!

Enige boer wat deur hierdie deur stap of selfs net Hoëveldrif Chemikalieë se nommer skakel, se probleme met onkruid en ander plantplae is summier verby: vinnig, vriendelik, doeltreffend en ekonomies. ProAgri 142 – Desember / December 2011

11


Hulpbronbestuur

Gesonde boerdery vereis gesonde grond (3)

Hoe pas ek my grond op? deur Chris Wagner

m grond te hê, is ’n wonderlike voorreg wat nie elkeen beskore is nie. Kom ons maak die meeste daarvan en vergoed daarvoor met goeie sorg. Meer as ooit tevore mag ons nie maar net grondbesitters wees nie. In wese moet ons daarna strewe om land-bouers te wees! In die voorafgaande artikels het ons begin om die gewoonlik onsigbare en dikwels geringgeskatte, maar wonderlike leefwêreld van die klein skepseltjies binne en bo-op die grond van nader te bekyk en hoe dit die gesondheid van ons grond beïnvloed. Verder ook hoe daardie kleintjies se welwese uiteindelik ons eie gehalte van lewe bepaal. Ons, die kroon van God se skepping – ons, aan die boent van die voedselketting. Dit het ons nuuskierigheid geprikkel om meer daarvan te wil weet sodat ons, deur hoe ons die grond boer, God se kultuuropdrag met “Pas My skepping op!” kan gehoorsaam. Weliswaar is dit ook ter wille van ons eie selfbehoud, as deel van ons verantwoordelikheid teenoor onsself en die geslagte wat kom. Ons moet dieper kyk vir beter begrip van die ingewikkelde skepping wat lewe moontlik maak en onderhou – van mikrogrondlewe tot die elemente en kragte van klimaat, aarde en hemelruim, wat as funksionele kosmiese orde alleen kan bly voortbestaan solank die fyn balans standhou. Indien nie, sal alles noodwendig tot niet moet gaan. Terselfdertyd sal ons, as ons wyer kyk, die onheilspellende waarskuwings ter harte neem van toenemende misbruik en ooreising van die grondhulpbron deur groter wordende, oningeligte mensegetalle. Nie net is daar die druk op die aardbodem vir ’n laaste krieseltjie kos deur sommiges nie, nee, daar is ook nog die erger druk van ’n voorspoedgedrewe opvatting oor lewensvervulling

O

12

soos die norm die afgelope halfeeu was. Groter en blinker is beter! Hoe verantwoordelik boere boer, hoe hulle hulle verantwoordelikheid bedink en uitleef in verhouding tot die krimpende grond- en waterhulpbron, sal uiteindelik bepaal of hulle inderdaad nog langer die kroon van die skepping is. Dwingende besef van verantwoordelikheid Die bekende parameters van ’n gemiddelde kommersiële landbouer se bestaan en waarom sy lewe behoort te draai, is sy grond, sy finansies en sy ambisies. Hoe beter sy grond, des te beter sy finansies en hoe groter sy ambisies – as alle ander dinge gelyk is. ’n Wyse boer is een wat met rustige oorleg die relatiewe waarde van daardie sake in balans kan bring en hou. Al drie eis ’n gelyke maat van toewyding. ’n Wyse boer is ook nie altyd die grootste of rykste nie. Ook hier is balans die kritieke faktor. Alte dikwels dreig bepaalde landsomstandighede van politiek en veiligheid om daardie balans te versteur weens nuwe onsekerhede wat dit aan ons opdwing. Ook ten opsigte daarvan is ons egter strategies geposisioneer om voedselsekerheid te optimaliseer. Maar dan moet ons juis daarom steeds die grond se gesondheid vooropstel. Die goue weg is om aan te hou om die regte dinge reg te doen. Ook die klein dingetjies. Uitkomsgerigte bestuur Dit is net reg dat ons strategies beplan ten opsigte van ons finansiële mikpunte op ’n jaartot-jaar-grondslag ten einde uiteindelik ons ambisie met ons boerdery te kan bevredig. As ons egter wil aanhou

ProAgri 142 – Desember / December 2011

boer en ook ’n landboutoekoms vir ons kinders wil verseker, moet ons ewe strategies beplan vir die welwese van ons grond en waarnatoe ons dit uiteindelik wil neem. In die geval van saaiboerdery, word deurlopend navorsing gedoen wat nuwe benaderings en tegnieke as uitkomste in die strewe na volhoubaarheid lewer, soos minimumbewerking en nou al selfs geenbewerking. So belangrik as wat gesonde grond vir volhoubare saaiboerdery is, is dit ook vir vee- of wildboerdery. Ook in hierdie geval moet ons die behoud van ons grond se gesondheid, en dus die groeikragtigheid van ons weiding, as ’n kleinood bewaar. Drie rooi ligte: Daar is drie interafhanklike negatiewe uitkomste van lukrake weidingsbestuur: veldbrand, oorbeweiding en erosie. In die geval van volgehoue oorbeweiding, is veldbrand selde ’n probleem en volg erosie sommer direk. In die geval van veldbrand op goed bestuurde weiding lei dit weer maklik tot onbedoelde oorbeweiding wat die grondoppervlak dan stelselmatig verswak totdat erosie intree. 1. Veldbrand Die voorafgaande aflewerings het die belangrikheid van die behoud van die lewende bolaag van grond vir volhoubare boerdery verduidelik. Veldbrand is een van die faktore wat enige goed beplande

Chris Wagner se gids oor veldbewaring, Waterberg-Bosveld: Prikkelgids vir veldbewaring, kan teen R45 (posgeld uitgesluit) by 014-736-4592 of by john@pnawarmbad.co.za bestel word. www.proagri.co.za


lewensmoontlikhede bo-op die grond nie, maar ook binne-in die grond deurdat die organiese materiaal wat as grondkombers dien, stelselmatig verdwyn en saam daarmee die mikro-organismes binne-in die grond. Dan stort die grondstruktuur in duie met gevolglike verdere verdigting deur die aanslag van son, wind, water en hoef. In hierdie uiterste voorbeelde kry ons dan erosie van sowel die biologiese komponent van die veld as erosie van die grond self. Dit is die onvermydelike gevolg van wanbestuur van veld. Dit is tegelyk ’n wekroep om te bewaar dit wat ons kan beheer terwyl dit nog onder ons eie beheer is. Gesonde weiding in die Bosveldstreek bied ’n kombinasie van gras en blare. en goed bestuurde weidingsprogram oornag kan verongeluk. Die onmiddellike gevolglike skade van dooie of verhongerende vee kan ’n boerdery geldelik knak. Oorleef ’n boerdery dit wel nog, tree op die langer termyn die skade van veldagteruitgang deur grondverarming onvermydelik in. Elke moontlike voorkomende maatreël moet getref word om wegholbrande te bekamp. Dis nie net maar dat die veld wegbrand en hopelik darem weer sal groei nie. Klimaat en reënval in die maande wat op ’n brand volg, sal bepaal tot watter mate die grondlewe self ook nadelig beïnvloed sal word. Indien die impak ernstig is, sal die grond jare neem om te herstel.

3. Erosie Hier is dit gewis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

veldbrand en deesdae ook nog onoordeelkundig gemaakte brandbane. Ten tweede is dit die vernietiging van die kombinasie van organiese reste van plant en dier en die onderliggende humuskomponent – gewoonlik die onvermydelike gevolg van die voorgaande. In die derde plek lei dit tot grondverdigting en verlies van die grondstruktuur wat optimale waterindringing verhoed. Dit is gewoonlik die gevolg van die vorige twee. Dan volg verhoogde en ongetemde waterafloop, die onvermydelike gevolg van die voorafgaande stadia. Resultaat: Die grond self begin spoel. Die vraag is nie wanneer en waar om te begin teenmaatreëls tref nie. Wawyd wakker veldbewaarders sorg deur uitmuntende veldbestuur dat erosie gestop word voordat dit begin! Elkeen behoort sy grond so te bestuur dat die toestand van sy grond nie al gou, vir die hele wêreld om te sien, ’n aanklag van sorgelose nalatigheid teen hom demonstreer nie. Om op te som: Gesonde grondstruktuur verseker voldoende vog, suurstof en voeding vir gesonde plantproduksie deur die aanwesigheid van humus. Dit is alles weer te danke aan organiese materiaal, soos gras en blare, bo-op die grond wat sorg dat alles binne die grond floreer tot voordeel van plant en dier. Al sien ons nie aldag wat hierbo gesê is en wat binne die grond gebeur nie, moet ons dit weet. Deur dit te weet, kan ons ons grond reg bestuur. Deur reg te bestuur, sal ons die regte vrugte op ons arbeid kan pluk. Slegs dan kan ons hoop om volhoubaar te boer!

Veld kan jare neem om te herstel na brande, want dit is baie meer as net gras 2. Oorbeweiding wat brand. Ons moenie die probleem van oorbeweiding eers ernstig begin Dongas is nie erosie nie. Dit opneem wanneer die gevolglike skade is bloot die grafiese aanklag van ons doen en late klaar met ’n teen die mens oor skreiende en oogopslag sigbaar word nie. Hierdie volgehoue pligsversuim – dikprobleem het gewoonlik ’n lang aanloop wels die sondes van die vaders voor die stadium bereik word waar die wat die kinders besoek. ekologiese balans sigbaar versteur is. Erosie is nie eers daar Oorbeweiding kan kortweg beskryf wanneer spoelslote die landskap word as die proses waardeur ’n enkele opkerf nie. Dit is bloot die sigplantspesie of ’n plantgemeenskap se bare sewende fase van erosie. groeikragtigheid ondermyn word deur Gesonde veldweiding met volaanhoudende oorbenutting. In ’n vroeë doende grondbedekking deur stadium kan die skade tydelik en hersowel lewende plante as dooie stelbaar wees, maar soms is die skade organiese materiaal is haas ook permanent en kan bepaalde spesies onerodeerbaar. Inteendeel, dit uitsterf en kan ’n veldtipe se sameverhoed nie alleen grondverlies stelling nadelig verander word. Met veldnie maar help inderdaad met brand word die probleem dan net nog grondvorming. verder vererger. Erosie word eerstens veroorVerstandige boere is deesdae bedag saak deur die blootstelling van op die probleem en handhaaf oor die die grond aan die direkte veralgemeen nougesette bestuursbeginsels Die groen uitloopsels na ’n brand lyk nietigende krag van son, wind wat verhoed dat die veld se vermoëns miskien mooi, maar dit is nie so voeden water. Gewoonlik is dit die ooreis word. saam soos gesonde veld nie. gevolg van oorbeweiding en of Nie net verskraal oorbeweiding die www.proagri.co.za

ProAgri 142 – Desember / December 2011

13


Hulpbronbestuur

Elna Wahl Mooikrans Equus elna@mooikrans.co.za p Mooikrans Equus word al ons plaasdiere gebruik as hulpmiddel in die terapeutiese proses. Daarom het ons konyne, skape, varke, koeie en natuurlik perde. Ons bied ook verskillende kursusse aan vir ons kampgangers: Oorlewing in die Veld, Leierskapontwikkeling en kursusse in alle fasette van die Ruiterkuns. Terwyl ek die kursus oor die keuse van ’n geskikte ryperd aanbied, wonder ek of die kinders sal verstaan wat ek bedoel as ek sê dat Roftie met groot sukses gebruik word in die terapeutiese rylesse. Almal se handjies gaan op en tot my verstomming leer ek dat ieder en elk van die groepie reeds by ’n sielkundige was, reeds terapie of berading ontvang het, of tans terapie ontvang. Net soos met enige ander berading of terapie, moet daar ook ’n doelwit gestel word. Daarom is dit belangrik dat die terapeut die agtergrond van elke kind moet ken. Vordering vind dan baie vinniger plaas omdat mens weet in watter rigting gewerk moet word. As die ma bel oor haar seun wat “bietjie moet uitkom” en hulle hou stil en Boetman kry skaars sy lyf uit die motor gesleep, weet ons sommer watter perd vir hom opgesaal moet word. Boetman het geen lewenslus, stel in niks belang nie, loop sleepvoet en niks is cool genoeg om sy aandag te regverdig nie. Daarom kry Boetman vir Blitsie. Blitsie is nie vinnig nie – inteendeel! Hy het juis sy naam gekry omdat hy so traag is, so sleepvoet loop, so in niks belangstel nie. Boetman leer nou gou dat hy bietjie aksie moet insit, heelwat aksie moet insit, as hy ’n tikkie beweging uit Blitsie moet haal. So kry ons Boetman aan die gang. En watter beloning is dit nie vir hom as hy dit tog regkry om Blitsie aan die loop te kry nie! Aksie lei tot aksie. Die besige beroepsvrou bel my om te sê haar senuwees is gedaan en sy wil leer perdry sodat sy kan ontspan in die natuur op die rug van ’n perd. Sy is baie besig, maar nie so besig dat sy my nie vir ure vertel hoe besig sy is nie, en ons moet vinnig ’n tydjie inpas. Ek het toe reeds ’n perd in gedagte, maar toe sy grondvat op Mooikrans, weet ek verseker: Amsterdam wat hom doodskrik vir alles. Al pratend en met groot, dramatiese gebare oor elke onderwerp stap sy saam met my na Amsterdam. En soos ek verwag het, skrik hy hom

O

14

Die perd as hulpmiddel in die terapeutiese proses oor ’n mik vir die vrou se hande wat aanhoudend beduie. Sy is gelukkig baie slim en besef gou dat sy haar houding moet verander. Sy begin selfs onmiddellik sagter en kalmer praat. Teen die derde of vierde keer wat sy kom perdry, het sy aangeleer om haar senuweeagtige gedrag te beheer. Waar sy die slagoffer was van haar spanningsvolle omgewing, het sy nou geleer dat sy haarself en haar eie interne spanning sommer maklik kan beheer. ’n Jong, hiperaktiewe en aandagafleibare seun (en dit is nie sommer gewoon hiperaktief nie) word uit die skool gesit omdat sy gedrag net te steurend vir almal in die klas is. Geen skoolhou is moontlik met hom in die klas nie. Hy drink medisyne, maar die newe-effekte daarvan is in sy geval uiters ongewens. Hy weer, kry die steeks perd waarmee hy ingewikkelde patroontjies in die arena moet ry. Die patroontjies word as ’n speletjie aangebied waarvoor hy punte kry en sonder dat hy dit weet, leer hy op ’n baie aangename manier om te konsentreer. En hy moet konsentreer om hierdie steeks perd aan die loop te kry, aan die loop te hou en boonop in die regte rigting te kry. As hy nie konsentreer nie, wil die perd nie loop nie. Om hom moeg te kry, hardloop hy resies langs die perd (waarop ek ry), en ons kyk hoeveel keer kom hy eerste. Die skool het huis toe laat weet dat die dogtertjie sekerlik gaan druip as sake so aanhou. Die eerste oomlik wat ons ontmoet, besef ek dat sy geen kontak het met die werklikheid nie. Sy neem niks om haar waar nie, sy weet nie wat sy doen nie, sy weet nie of sy kom of gaan nie, bloot net omdat sy volhou met ’n nimmereindigende monoloog met haarself. Om dit stil te kry, sit ons almal nekdoeke oor ons monde soos die cowboys, en ons ry uit om die kroeks te gaan soek. Maar niemand mag ons hoor nie. Dit moet doodstil wees.

ProAgri 142 – Desember / December 2011

Gedurende die uitrit moet sy minstens tien plekke identifiseer wat sy na die tyd sal kan opnoem, waar die kroeks hulle kon versteek het. Ek kon self nie glo dat die sukses so vinnig en so maklik sou volg nie. Natuurlik het sy daardie jaar en elke jaar daarna haar standerd (graad) geslaag. ’n Ander ou dogtertjie het opgehou praat. Selfs in die skool het sy nie ’n woord geuiter nie. Dit het my lank geneem om agter die kap van die byl te kom, want tydens ons uitritte het sy lekker met my gesels. Om meer te wete te kom, het ek haar gevra om vir my ’n prentjie te teken van hulle huisgesin. Op die prentjie teken sy haar pa, ma en twee broers mooi groot, maar sy teken haarself klein, baie klein, onder in die hoekie van die bladsy. Ek het toe vir ’n Saterdagoggend die hele gesin genooi om saam te kom perdry en my vermoede was reg. Die probleem was nou so duidelik soos daglig. Haar gesin ag haar as totaal onbelangrik; die twee groter broers is die ouers se helde en hulle ontvang al die bewondering en aandag. In die skool is hulle leiers op elke gebied, uitstekend in sport en bemind in hulle vriendekring. Sy beleef haarself as onbelangrik en ongeag, want die hele gesin gee dit onbewustelik te kenne. Waarom sal sy nou iets sê wanneer hulle by is? Die Here het die perd geskape met al die wonderlike eienskappe om die mens tot diens te wees in die heling van die gees (siel). Ek, as fasiliteerder, speel maar ’n klein rol. Die perd is eeue gelede as voedsel gebruik, is later gebruik om voedsel te bekom en het later ’n beslissende rol in oorlogvoering gespeel. Nou het ons die perd nodiger as ooit te vore. In hierdie tyd waarin ons leef, steek veertien van die veertien kinders hulle hande op wanneer daar vir hulle gevra word of hulle weet wat terapie beteken. Baie groete vanuit die Hoëveld, waar ’n mens nog vry kan asemhaal. www.proagri.co.za


Kom

reis

saam met...

StayPlayEat is meer as net ‘n vakansiegids, dit is ‘n aanlyn-besprekingsdiens met onmiddellike inligting oor beskikbaarheid en spesiale afslagpryse. Hierdie volgende pakkette is vir ProAgri se lesers uitgekies en bied ‘n verskeidenheid bestemmings, van die Bosveld tot anderkant die see. Om meer uit te vind oor elke bestemming en besprekingsmoontlikhede, tik net die webverwysing op die Internet in.

Welkom by StayPlayEat se koffer vol pragbestemmings, verblyfmoontlikhede en bedrywighede in Suider-Afrika en verder. Ons produkte word met groot sorg gekies en ons het reeds namens jou afslag beding. Dit beteken dat jy deur StayPlayEat vir veel goedkoper as die res kan oorbly, speel en eet! StayPlayEat bied nou ook ‘n gratis besprekingsdiens deur ons nuwe webwerf of deur ons oproepsentrum waar ‘n opgeleide besprekingsagent regstaan vir persoonlike diens. StayPlayEat bied: - 24/7 besprekingsdiens - Aanlynbesprekings - 30 jaar se gesamentlike reisondervinding - Korporatiewe reisdiens met pasmaak pakkette - Konferensiepakkette - Vlugte - Motorbesprekings - Spesiale toere en reisplanne

Mauritius Ontdek ’n wondereiland

Eksklusiewe 7-nag-pakkette

Le Mauricia: R12 420 per persoon wat deel Le Victoria: R13 675 per persoon wat deel

Le Mauricia en le Victoria sluit die volgende in hulle pakkette in: • Retoervlug vanaf Johannesburg (kan uitgebrei word met bybetaling vanaf Durban, Kaapstad en Port Elizabeth). • Vervoer tussen die lughawe en oord. • Ontbyt en aandete elke dag. • Gratis gemotoriseerde watersport soos aangedui op die brosjure. • Daaglikse vermaaklikheidsprogram. • Musiek/vermaak elke aand.

Geldig vir Jan-Maart 2012 vir 7 nagte vanaf vertrek-pakket. Opsie om die allesinsluitende pakket te koop. (Moet saam met bespreking geneem word.)

Bepalings en voorwaardes geld. Tariewe onderworpe aan wisselkoersveranderinge tot volle bedrag ontvang is. Tariewe onderworpe aan beskikbaarheid teen besprekingstyd. Dertig dae vooruit betaalbaar.

Hooffoto: Le Victoria

Moenie wag nie, BESPREEK NOU! 087-980-1111 of besoek ons webtuiste www.StayPlayEat.co.za


Binnelandse vakansies

Champagne Castle KwaZulu-Natal: Drakensberg

Blyde River Canyon Lodge Oord

Mpumalanga: Panorama-roete

Wildreservaat

‘n Heerlike wegbreekgeleentheid teen die voorhang van die asemrowende Middel-Drakensberg. Die hotel bied die beste ten opsigte van ‘n visuele belewenis, ontspanningsgeriewe en luukse verblyf. Alle bedrywighede by Champagne Castle is daarop gerig om die beste te maak van die natuurlike amfiteater van die Kleinberg – of jy gaan stap, forel hengel, swem, perdry, tennis, gholf of rolbal speel.

Die Blyderivier Canyon Lodge is op die skouspelagtige Panoramaroete in die Laeveld geleë. In die omgewing is bekende besienswaardighede soos die Bourke’s Luck-kolkgate, die Drie Rondawels, God’s Window en verskeie pragtige watervalle. Die lodge is net 40 minute se ry van die Kruger Nasionale Park se Orpen-hek en is geleë in ‘n 85-hektaar botaniese reservaat met ‘n rykdom aan fauna en flora.

AFSLAGTARIEF (5%)

AFSLAGTARIEF (5%)

Slegs R770*

per nag per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012

*Drie etes, asook tee/koffie in die oggend en middag ingesluit. URL: http://spe.bz?b326b4

087-980-1111

St Fort Country House Vrystaat: Clarens

Slegs R641*

per nag per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012

*Ontbyt ingesluit 087-980-1111

URL: http://spe.bz?407f33

Silver Streams Bed en ontbyt

Hotel

Limpopo: Waterberg

St Fort is ‘n gestoureerde sandsteen-plaasopstal wat uit 1913 dateer. Dit is 5 km buite Clarens geleë op ‘n 890 hektaar plaas in ‘n asemrowende omgewing omring deur berge. ‘n Staproete lei op na ‘n bekende landmerk in die omgewing, Mushroom Rock. ‘n Grot met rotskuns is omtrent ‘n uur se stap van die opstal af. Vir meer avontuurlustiges is daar ‘n twee-dag-voetslaanroete met oorslaapgeriewe in die grot teen R120 per persoon per nag.

Silver Streams, wat sowat 10 km buite Nylstroom (Modimolle) geleë is, en dus ‘n uur-en-‘n-half se ry van Pretoria af, bied luukse verblyf teen ‘n Afrika-agtergrond. Die interessante argitektuur kan as moderne Afrikastyl beskryf word. Al die eenhede kyk uit oor ‘n dam wat nie net bydra tot ‘n ontspanningsvolle verblyf nie, maar ook die toneel skep vir ‘n pragtige Bosveld-sonsondergang. Probeer gerus die Wild Olive-restourant op die terrein vir ‘n smaakvolle ervaring.

GOEIE WAARDE

SPESIALE AANBOD

Slegs R370*

per nag per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012

Slegs R850*per nag per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012 *Ontbyt, aandete en ‘n wildkykrit ingesluit

*Ontbyt en dagstap ingesluit

Slegs R590*

per nag per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012

*Midweek, Wildkykrit uitgesluit 087-980-1111

URL: http:// spe.bz?bd1b0f

087-980-1111

URL: http:// spe.bz?977ef1

Moenie wag nie, BESPREEK NOU! 087-980-1111 of besoek ons webtuiste www.StayPlayEat.co.za


Vakansiepakkette

Mabalingwe

Dugong Lodge

Limpopo: Waterberg

Wildreservaat

Net buite Warmbad teen die rustige agtergrond van die Waterberge, lê die Mabalingwe-natuurreservaat met sy wye verskeidenheid wild. Die grootste aantrekkingskrag van die 12 500 ha reservaat is die “groot vyf”, maar daar is ook baie ander wild en wildsoorte, om nie eers van die 260 voëlspesies te praat nie. Daar is ses groot damme midde in die bosveldstreek met seekoeie, krokodille en verskeie voëlspesies wat ideale fotogeleenthede skep. Mabalingwe het ‘n verskeidenheid verblyfkeuses beskikbaar, wat hotel-, selfsorg- en kampeergeriewe insluit. Die kamers-vir-twee is perfek vir ‘n naweekwegbreek en vir diegene op soek na die klassieke Suid-Afrikaanse selfsorgvakansie, is daar ses-bed-chalets beskikbaar, elk met ‘n volledig toegeruste kombuis en braai-area. Vir die woonwaen kampeerliefhebbers is daar 67 woonwastaanplekke met hoë standaard ablusiegeriewe en ‘n swembad en speelterrein vir die kinders. Mabalingwe is nie net bekend as vakansiebestemming nie; die reservaat is ook gewild vir troues en konferensies. Mabalingwe bied ‘n stylvolle bosbelewenis.

AFSLAGTARIEWE (10%)

R415*

Mosambiek

Lodge

Kaalvoet luuksheid aan die kus van Oos-Afrika. Dugong Beach Lodge is in die Vilanculos Coastal Wildlife Sanctuary op die skouspelagtige San Sabasiao in Mosambiek geleë. Die 30 000 ha wildpark is die eerste nasionale park in Mosambiek wat privaat bestuur word. Die lodge bied 12 gerieflike chalets met ‘n see-uitsig en regstreekse toegang tot die strand. Elke chalet het ‘n private dek met toegang tot ‘n sala (kamer) en gemakstoele vir ontspanning en etes deur die dag. Twee van die chalets het elk twee slaapkamers en plonspoele. Elke eenheid het lugversorging, dakwaaiers, ‘n telefoon, persoonlike kluis, mini-kroeg en tee- en koffie-geriewe. Beddens is toegerus met muskietnette en die en suite-badkamers is ruim en gerieflik met haardroërs, dubbelwasbakke en ‘n binne- en buitestort. Bedrywighede sluit in skubaduik, snorkel, bootritte, diepsee-hengel en uittogte na die nabygeleë Bangwe- of Margaruque eiland. Geniet die “eiland”-gevoel met unieke Mosambiekse geregte op die strand of in die sit- en eetkamer wat op die opgeboude dek uitloop, letterlik oor die see.

AFSLAGTARIEWE (20%)

per nag per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012

*Spitstyd | Geen etes ingesluit nie |Etes moet vooraf bespreek word

nag per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012 R350**per **Buite spitstyd | Geen etes ingesluit nie |Etes moet

vooraf bespreek word

Kalahari Boskamp R1 795**

Eksklusiewe 5-nag-pakkette R15 875*

per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012

*Vyf nagte verblyf, vlugte en vervoer na die lodge, 3 etes per dag, gebottelde water in die kamer, plaaslike bier en wyn per glas en sekere watersportsoorte (nie-motories)

per nag per kamp | spesiale afslag Jan – Maart 2012

Tariewe onderworpe aan wisselkoersveranderinge

**Buite spitstyd |10-bed 087-980-1111

URL: http://spe.bz?48b5f7

087-980-1111

Moenie wag nie, BESPREEK NOU! 087-980-1111 of besoek ons webtuiste www.StayPlayEat.co.za


Vakansie by die see

Margate Sands

Chaka's Rock Chalets KwaZulu-Natal: Kusstreek

Selfsorg

KwaZulu-Natal: Kusstreek

Selfsorg

Die volledige selfsorg-chalets is toegerus met dakwaaiers, M-Net, DStvkanale, bad/stort-kombinasie met toilet en wasbak. Geniet lekker braaivleisaande in ‘n private kuierarea. Elke eenheid het twee parkeerplekke waarvan een onderdak is. Die kombuis is ten volle toegerus met ‘n mikrogolfoond, yskas, energiebesparende oond met waaier (hob) en ‘n volledige eetstel en eetgerei.

Die ruim selfsorgeenhede is ten volle toegerus, insluitend ‘n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Daaglikse skoonmaakdiens. Elke eenheid het drie slaapkamers en kan agt persone huisves, met ‘n dubbelbed in die hoofslaapkamer, twee enkelbeddens in elk van die ander twee kamers en ‘n sit-slaapbank in die sitkamer. Die hoofslaapkamer het sy eie volledige badkamer en daar is ‘n tweede badkamer met ‘n stort.

AFSLAGTARIEF (5%)

AFSLAGTARIEF (5%)

Slegs R1 254* per eenheid per nag | spesiale afslag Jan – Maart 2012 *Selfsorg | 6-bed

Slegs R1 596* per eenheid per nag | spesiale afslag Jan – Maart 2012

Slegs R1 482*

per eenheid per nag | spesiale afslag Jan – Maart 2012

*3-slaapkamer selfsorgeenheid | Slaap 8

*Selfsorg | 8-bed 087-980-1111

URL: http://spe.bz?ca087a

Crawford Cabins Oos-Kaap: Wildekus

087-980-1111

URL: http://spe.bz?5999b4

De Hoop Collection Lodge

Wes-Kaap: Tuinroete

Selfsorg

Crawford lê knus in die middel van die pragtige Chintsa-baai aan die Wildekus, omring deur berge en tropiese strandwoude met ‘n uitsig oor die warm Indiese Oseaan. Die lodge bied 20 luukse suites met twee slaapkamers elk (dubbelbed en twee enkelbeddens), en suite-badkamers en private balkonne wat uitkyk oor die see. Elke suite is ten volle toegerus met ‘n kroegyskas, DStv, kombuishoekie, tee- en koffiemaakgeriewe en lugreëling of dakwaaiers.

Die Opstal Vlei Cottages bied ‘n stylvolle selfsorg-opsie met ‘n uitsig oor die vlei. Die kieskeurige natuurliefhebber sal hom kan verkyk aan die verskeidenheid wildlewe en fynbos. Min ander bewaringsgebiede bied so ‘n volledige buitelugervaring soos De Hoop – see, sandduine, die vlei, ‘n blomsensasie van rare fynbosplante, ‘n verskeidenheid boksoorte en die Potberg. Daar is ‘n restourant op die terrein.

AFSLAGTARIEF (5%)

AFSLAGTARIEF (10%)

Slegs R760*

per nag per persoon wat deel | spesiale afslag Jan – Maart 2012

Slegs R745*

per nag per persoon | spesiale afslag Jan – Maart 2012

*3 etes per dag ingesluit 087-980-1111

URL: http://spe.bz?e90e88

087-980-1111

URL: http://spe.bz?ca087a

Moenie wag nie, BESPREEK NOU! 087-980-1111 of besoek ons webtuiste www.StayPlayEat.co.za


Hulpbronbestuur

deur Elmarie Venter en Shelley Farrington

Ons boer saam (6)

Spanwerk tussen broers en susters kan werk en van die grootste, indien nie dié grootste bedreiging vir die langtermyn oorlewing van die familieboerdery nie, is faktore wat verband hou met familieverhoudinge. Baie van ons ken voorbeelde van waar twee broers ontevrede is omdat hulle voel hulle vergoeding is nie regverdig en gelyk nie of ’n skoonsuster wat nie met die ander familielede oor die weg kom nie en moeilikheid veroorsaak. Dus is die bestuur van die familieboerdery dikwels eerder die bestuur van familieverhoudinge as die bestuur van enige ander aspek van die familieboerdery. Families wat saamboer moet seker maak dat hulle familieverhoudings so bestuur word dat dit uiteindelik sowel familieharmonie as geldelike voorspoed van die familieboerdery sal verseker.

E

In aansluiting hierby, om familieverhoudings verder te kompliseer, sien ons dat familieboerderye toenemend oorgedra word na broers en/of susters wat as spanne saamwerk op die plaas. Hierdie neiging noem ons ’n broer en/of sustervennootskap (sibling partnership). In vorige uitgawes van die reeks is baie aandag gegee aan die proses van opvolging en riglyne is gegee wat die ouer en jonger geslag kan gebruik om die proses glad te laat verloop. Met die oorhandiging van gesag aan broers en/of susters is daar weer ’n verdere dinamika ter sprake. Die verhouding tussen broers en/of susters duur gewoonlik langer as enige ander familieverwantskap. Kinders betree mekaar se lewens lank voordat hulle eggenotes op die toneel verskyn en meeste van hulle oorleef hulle ouers. Niemand kan sy broer of suster kies

nie en hoewel geen twee kinders presies eenders lyk of optree nie, is daar geen ander mense wat geneties, histories of omgewingsgewys so baie deel as juis broers en/of susters nie. In die meeste gevalle duur die band, wat tydens ontelbare rusies en gedeelde vreugdes tydens die kinderjare gesmee is, nog lank voort. ’n Mens se besondere kennis van jou broers en/of susters kan lei tot sinergieë en beslistheid wanneer die boerdery saam bestuur moet word. Wanneer hierdie gedeelde geskiedenis van saam grootword gemeng word met ’n gedeelde visie en aanvullende vaardighede, kan die eindresultaat skitterend en suksesvol wees. Dit is egter noodsaaklik dat ’n aantal voorwaardes en omstandighede gereed is wanneer broers en/of susters as vennote saam in die familieboerdery werk: • Broers en/of susters moet ’n goedgesindheid teenoor mekaar hê en vir mekaar omgee – hulle moet minstens van mekaar hou. • Hulle moet ’n goeie verhouding hê; goed oor die weg kom; ’n vermoë hê om lekker dinge saam te doen; en verkieslik ook belangstellings buite die konteks van die familieboerdery deel. • Samewerking, ’n hegte verhouding en

www.proagri.co.za

ProAgri 142 – Desember / December 2011

19


• •

intimiteit moet tussen kinders bestaan, sonder dat die broers en/of susters te afhanklik van mekaar of op mekaar alleen aangewese is; hulle moet onafhanklik van mekaar kan funksioneer en steeds gesonde grense tussen mekaar handhaaf; hulle moet hulle eie vriendekring hê en nie onnodig in die ander kinders se lewe inmeng nie. Hulle moet verkieslik dieselfde waardes, houdings en prioriteite deel. Hulle moet mekaar ken en verstaan Hulle moet enige konflik wat tydens hul kinderjare ontstaan het, te bowe kom en leer om misverstande van die verlede te oorkom en te verwerk. Hulle moet nie langer vooroordele of stereotipes, wat tydens hulle kinderjare kon ontstaan het, van mekaar hê nie.

Die huwelik of soortgelyke verbintenisse het ’n diepgaande invloed op die familiebesigheid en dit is veilig om te beweer dat eggenotes of gades ’n onuitwisbare invloed, hetsy positief of negatief, op die familieboerdery kan uitoefen. Die gedrag van eggenotes/ gades, of soos daar dikwels na hulle verwys word as die “aangetroudes”, is ’n belangrike faktor en die verhouding tussen die eggenotes, asook die verhouding tussen hulle en ander familielede, hou verskeie uitdagings vir die

20

familieboerdery in. Dit kan moeilik wees vir enige buitestaander of aangetroude om deel te word van ’n familie wat ook saam in ’n familieboerdery werk. Dit bly belangrik vir die familiesaak dat die eggenotes ondersteunend is tot sowel die familiesaak as die familie. ’n Gelukkige en tevrede eggenoot kan ’n groot bydrae tot ondersteuning en selfs die sterkte van die boerdery lewer, waar ’n ongelukkige eggenote, of een wat kwaad is, die sukses van die familieboerdery kan bedreig en selfs tot die ondergang daarvan kan lei. Om die verhouding tussen eggenotes/ gades suksesvol te bestuur, kan die volgende riglyne in gedagte gehou word: • Daar moet vooraf duidelik ooreengekom word oor of eggenotes wel in die familieboerdery mag werk al dan nie en as daar wel betrokkendheid is, wat die aard daarvan gaan wees. Dit is selfs beter as die familie hierdie besluit kan neem voordat kinders trou en eggenotes/gades op die toneel verskyn. Hierdie besluit word normaalweg duidelik in ’n familiegrondwet vervat. • Eggenotes/gades moet deur die res van die familie verwelkom word, aanvaar word en ingesluit word. • Eggenotes/gades moet onderrig en

ProAgri 142 – Desember / December 2011

ingelig word oor hoe die familieboerdery inmekaarsteek en wat die rolle en verantwoordelikhede van die onderskeie familielede in hierdie proses is. • Agting moet betoon word vir eggenotes/gades, verskillende familie-kulture, uitgangspunte, gewoontes of waardes. • Die eggenotes/gades moet van hulle kant af probeer om objektief te wees en om sover moontlik weg te bly van griewe of konflik tussen broers en/of susters, asook tussen ander familielede. Een van die belangrikste voorvereistes vir broers en/of susters wat saamboer, is dat die kinders moet leer om as ’n span saam te werk. Die verhouding tussen spanlede wat in doeltreffende spanne saamwerk word deur die volgende gekenmerk: • Wedersydse agting en vertroue, • ’n Samehorigheidsgevoel en eenheid, • Oop kommunikasie, • Regverdigheid en • Doeltreffende bestuur van konflik. Die mate waarin die bostaande elemente teenwoordig is sal die kanse van suksesvolle spanwerk verhoog of verbeter. Van hierdie belangrikste elemente gaan in die volgende aflewering verder toegelig word.

www.proagri.co.za


agrilag Kille logika

Werfnuus www.proagri.co.za deur Dom Boer

Advertensie: Olifant te koop: R30 000. Sluit asseblief R60 000 in vir hantering en posgeld. Presies genoeg? Iemand bel die biblioteek en vra wanneer het die Paleosoïkum-tydperk begin. Die bibliotekaris raadpleeg sy bronne en antwoord dat die Paleosoïkum-tydperk 540-miljoen jaar gelede begin het. “Kan jy nie meer spesifiek wees nie?” vra die vraer. “Ja,” antwoord die bibliotekaris: “Op 24 April, 540-miljoen jaar gelede.” Flinkdink Die man het saam met sy vriende gekuier en toe hy weer sien, begin die son al opkom. Hy kry ’n blink plan om huismoles te vermy. Hy bel huis toe en toe sy vrou antwoord, hyg hy: “Moenie die losprys betaal nie, Liefie – ek het ontsnap.” Die reine waarheid Nadat die predikant ’n toespraak gehou het, vra hy die verslaggewer om nie een van die staaltjies wat hy vertel het in sy verslag te noem nie, omdat hy dit dalk weer in toekomstige toesprake wil gebruik. Die volgende oggend lees hy in die koerant: “Die dominee het verskeie stories vertel wat nie hier herhaal kan word nie.” Regtig gehoor Mev Edison: “Nee, Thomas, ek gee glad nie om watse simpel ding jy nou al weer uitgevind het nie. Maak dood daardie lig en kom slaap.” Nare waarheid • Dorpsontwikkeling is ’n plek waar hulle al die bome afkap en dan die strate na hulle vernoem. • ’n Voordeel wat die Voortrekkers gehad het bo mense wat SAL vlieg, is dat hulle altyd geweet het waar hulle bagasie is. Pa se probleem Jong Jors vat die draai te vinnig en smyt die sleepwa vol mielies om. ’n Buurman wat dit gesien het, staan nader en sê: “Toe maar Jors, kom eet eers saam met ons, dan help ek jou om die sleepwa weer op sy wiele te kry.” “Dankie, dis gaaf van Oom, maar ek glo nie Pa sal daarvan hou nie.” “Nonsens, net ’n vinnige ete,” dring die buurman aan. “Wel, dankie, maar Pa sal nie daarvan hou nie.” Nadat hulle lekker geëet het, sê Jors: “Dit was nou regtig baie lekker, maar ek dink Pa gaan baie omgekrap wees.” “Net oor jy geëet het? Nee wat. Terloops, waar is jou pa?” “Onder die sleepwa.”

Die een wat die beste Agrilagbydrae stuur, wen ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong. Stuur jou bydrae aan domboer01@mweb.co.za en help om die landbougemeenskap vrolik te hou. www.proagri.co.za

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees: Groot tekort aan veeartse Suid-Afrika het tans 60 tot 70 veeartse per miljoen mense, terwyl die internasionale norm tussen 200 en 400 per miljoen is. Volgens prof Gerry Swan, dekaan van die UP het Suid-Afrika nie eens ’n derde van die vereiste staatsveeartse nie. http://bit.ly/tW1jnT Boer van die jaar aangewys Landbouskrywers SA het die Nasionale Boer van die Jaar, Nuwe Toetreder en Landboukundige 2011 bekroon. Die finaliste is uit agt provinsies verkies. Die borge was ABSA, John Deere Financial en SANTAM. http://bit.ly/vrb49N Malema se trekpas word verwelkom Die omstrede jeugleier van die ANC is uit die party geskop. Die uitspraak van die ANC se dissiplinêre komitee, teen Julius Malema en ander lede van die jeugliga wat geskors is, volg op ’n dissiplinêre verhoor wat weke geduur het. http://bit.ly/tM18Lc Boere word al minder Die aantal kommersiële boere in SuidAfrika kan oor die volgende 15 jaar van 40 000 na 15 000 verminder. Ernst Janovsky, hoof van ABSA AgriBesigheid sê in 1980 was daar ongeveer 128 000 kommersiële boere. http://bit.ly/smNVtt John Deere beïndruk met beoogde nuwe pakhuis John Deere hou niks van staantyd nie. Daarom strewe hulle voortdurend daarna om voorraadbestuur en diens aan boere te verbeter. Hulle planne vir ’n reuse nuwe pakhuis in Kemptonpark getuig ook daarvan. http://bit.ly/tvzScc AVCASA gee kompendium vir die beheer van plantsiektes uit CropLife Suid-Afrika het verlede week die eerste van ’n reeks kompendiums vir die plantbeskermingsbedryf bekendgestel. Die reeks word deur AVCASA uitgegee waarvan CropLife Suid-Afrika ’n lid is. http://bit.ly/u5ejEz Gedragskode vir jagters byna klaar Die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewarings Vereniging se Gedragskode vir Jagters is in die finale stadium, en sal binnekort afgehandel wees. Die kode word onder leiding van George Nell en dr Krappies Els opgestel. http://bit.ly/uynLhU Beste Oktober vir trekkerverkope in 28 jaar Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging se beraming vir trekkerverkope vir die 2011 kalenderjaar is op die oomblik tussen 7 000 en 7 200 eenhede, ongeveer 35% tot 40% meer as verkope in 2010. http://bit.ly/vIxGkJ ProAgri 142 – Desember / December 2011

21


Agrikyk & Lees Boerperd: Die geskiedenis van die SA Boerperd Deur: Kobus du Toit Uitgewer: Boerperd.net vir die Boerperd-trust ISBN: 620-37063-7 Verspreider: Kejafa it is moeilik om die woorde te vind om hierdie pragboek te beskryf. Dit is veel meer as die geskiedenis van ’n perderas – dit is ’n kultuurbelewenis, as’t ware ’n rit deur ons land en volk se geskiedenis op die rug van ’n perd. Die perd se rol in elke faset van ons bestaan, van digkuns tot krygskuns, letterlik van die huwelik se koets tot die lykswa na die graf, word deur dr Kobus du Toit van Onderstepoort uitgelig.

While stocks last

Wen!

D

Die bloedlyne, geskiedenis en toekoms van die ras word bespreek, die perd se rol in natuurbewaring asook die kultuurhistoriese rol en dan is daar ’n spesiale hoofstuk met die tema, wysheid van die grysheid. Daar is brokkies oor die simboliek van perdemonumente, die uitbeelding van perde op posseël en in die literatuur en selfs die rol van die perd in rooftogte. Dr Remo Lobetti, voorsitter van die SA Veterinêre Stigting, sê in sy kommentaar: “Die toegewyde insette van dr Du Toit om hierdie boek te produseer, die wydte en diepte van sy naslaanwerk en sy liefde vir ’n dier wat ’n Suid-Afrikaanse kultuurerfenis in eie reg geword het, laat mens sprakeloos.” Dr RD Bigalke, voorsitter van die SA Veterinêre Vereniging se Geskiedeniskomitee, sê: “Die verskillende hoeke waaruit dr Du Toit die Suid-Afrikaanse

perd toelig en die hoeveelheid oorspronklike materiaal wat hy benut om dit te vermag, is waarlik verstommend.” Daar is ’n beperkte oplaag van die boek en dit is waarlik ’n versamelstuk. Dit is ’n goeie Kersgeskenk vir imand wat belangstel in kultuurgeskiedenis of lief is vir die SuidAfrikaanse Boerperd. Boerperd: Die geskiedenis van die SA Boerperd kan by Kejafa bestel word teen R1 000 (posgeld uitgesluit) per eksemplaar. Stuur ’n e-pos na kejafa@mweb.co.za of skakel 011-025-4388.

Een gelukkige ProAgri-leser kan die pragboek wen. Stuur vir ons ’n briefie waarin jy verduidelik waarom die boek op jou koffietafel hoort. Die inskrywing kan per e-pos na annemarie@proagri.co.za gestuur word of gefaks word na 012-430-6523. Dit moet ons voor 19 Desember 2011 bereik. Onthou jou persoonlike besonderhede asb – naam, adres en telefoonnommer.

Rumax meng lekker kos – tot vir buffels op ’n slag hanteer. Lourens sê die prys was ook ’n groot Lourens du Plessis, aantrekkingskrag, want ingevoerde eienaar van Loumamasjiene met dieselfde kapasiteit kos boerdery, vertel dat hy in amper dubbeld so veel as Rumax. Hy is 1996 as gevolg van die ook baie tevrede met die naverkoopregering se arbeidsbeleid diens wat hy kry: “Die een keer wat hier begin het om te megani’n probleem was, was Jaco soos blits van seer. Hy het sy boerdery die Kaap af hier om die fout te herstel. aangepas en gesorg dat Jaco het ook aan Louma-boerdery ’n hy die regte masjiene het hamermeule gelewer vir die graan wat om die werk met so min op die plaas gemaal word. Alle ander hande as moontlik geruvoer word egter deur die menger-kerdoen te kry. Die hele wer verwerk, aangesien die sorgvuldige voermengproses op die kerfaksie tot gevolg het dat daar geen plaas word tans deur net verlies aan klein deeltjies is nie. twee mense hanteer. Nog ’n groot voordeel is dat die stelsel Wimpie van der Walt maak staat op sy RumaxLourens het eers ander met ’n magneetstelsel toegerus is wat stelsel om week na week tot drie ton se perfekte voermengers probeer, verseker dat daar geen draad of klein voermengsels te lewer. maar die unieke ontwerp metaaldeeltjies in die voer beland en kapasiteit van Jaco nie. ouma-boerdery naby Thabazimbi se Pieters se Rumax-mengers het hom Lourens meen enige boer wat ernstig buffels is baie kosbaar en waardevol, beïndruk en hy is nog glad nie spyt dat is oor sy diere en die voermengsel wat daarom kry hulle ’n spesiaal geformuhy oorgeskakel het nie. Jaco se kerwers hulle kry, kan gerus by Rumax leerde voermengsel wat elke week vars maak van rataandrywing in plaas van aanklop. Bel Jaco Pieters by gemaal en gemeng word. kettings of bande gebruik, wat beteken 082-335-3970 of 023-342-6070 Wimpie van der Walt, die wildplaasdat daar baie minder slytasie is. bestuurder, is gesteld daarop dat elke wildsoort op die plaas die regte kos kry, want dit is ’n teelplaas en die wild moet produseer. Die buffels, swartwitpense, Livingstone-elande en renosters het byvoorbeeld verskillende voerbehoeftes en die ruvoermengsels moet daarvoor aangepas word. Wimpie steun swaar op sy Rumaxvoermenger en -kerwer om die voermengsels elke keer perfek te lewer. Vir die afgelope twee jaar al word daar elke week drie ton voer gemeng in dié staatmakermasjien wat plaaslik ontwerp en Die buffels van Louma-boerdery naby Thabazimbi kry ’n spesiale voerontwikkel is. Die menger kan tot 1,2 ton mengsel wat elke week vars gemaal en gemeng word deur Rumax.

L

22

ProAgri 142 – Desember / December 2011

www.proagri.co.za


slenkdalkoors

ns mense hier by OBP werk met ’n passie, want ons gee om vir landbou,” sê dr Jeanette Heath, waarnemende hoof-wetenskaplike bestuurder van Onderstepoort Biologiese Produkte. Dit is hierdie geesdriftige werk, maar ook die versiendheid van die mense by OBP, wat gesorg het dat boere wat uit die bloute deur ’n slenkdalkoorsepidemie oorweldig is, ’n veilige wapen in die hand kon kry om dit te beveg. Kloon 13 is ’n lewende entstof met die unieke eienskap dat dit in alle fases van dragtigheid aan beeste, skape en bokke toegedien kan word. Die entstof is dus ’n verbetering op die twee bestaande entstowwe teen slenkdalkoors, naamlik die Smithburnstam wat in 1970 ontwikkel is en die dooie entstof wat uit ’n veldstam ontwikkel is. Die lewende entstof kan nie op dragtige diere gebruik word nie en moet elke jaar toegedien word. Die dooie entstof het drie weke na die eerste dosis weer ’n skraagdosis nodig, maar dit kan wel op dragtige diere gebruik word. Die probleem met ’n “dooie” entstof is egter dat gesondheidswerkers die werklike virus moet

“O

Dr Jeanette Heath sê boere moet elke jaar hulle diere teen slenkdalkoors inent, sodat daar ’n immunilogiese buffer opgebou kan word. www.proagri.co.za

hanteer, wat baie gevaarlik kan wees. Kloon 13 bied doeltreffendheid en veiligheid, omdat die virus wat as grondstof gebruik word, se virulente deel ontbreek – dit is die deel wat mens en dier siek maak. Die Pasteur-instituut in Frankryk het sowat tien jaar gelede met die ontwikkeling van die entstof begin, nadat die virus in ’n man van Kenia geïdentifiseer is. Die aanvanklike resultate is in ’n wetenskaplike joernaal gepubliseer en Suid-Afrika het toe aansoek gedoen om voort te gaan met die ontwikkelingswerk sodat ’n bruikbare produk ontwikkel kan word. Die wetenskaplikes van Onderstepoort het ingeklim en deur die hele proses (sien opsomming van die proses hiernaas) gegaan, ondanks die feit dat daar toe reeds vir meer as twee dekades geen teken van ’n slenkdalkoors-epidemie in Suid-Afrika was nie. Jeanette verduidelik dat die siekte wel endemies aan Suid-Afrika is. Dit beteken dat dit gereeld voorkom, dikwels sonder om geïdentifiseer te word, omdat dit geïsoleerde gevalle is. Dit is eers as ’n boer ’n “aborsiestorm” by sy diere opmerk dat toetse gedoen word om die siekte te identifiseer. Die weer speel ’n baie belangrike rol by die ontwikkeling van ’n epidemie, omdat die siekte deur muskiete oorgedra word wat in die grond rondom damme oorleef. Die spesifieke aedinemuskiet lê haar eiers in ’n nat seisoen in die modder, maar dan moet die eiers eers deur ’n tydperk van droogte gaan en weer nat word voor die muskiete wat die siekte dra, uitbroei. Die siekte word eers ’n epidemie as genoeg muskiete uitbroei om genoeg diere te besmet, sodat ander insekte wat ook bloedsuiend is, die virus verder kan versprei. Indien vee elke jaar teen slenkdalkoors ingeënt word, sal hulle genoeg weerstand hê om ’n epidemie te voorkom. Die probleem met die vorige twee seisoene se uitbreking van slenkdalkoors was egter dat daar nie ’n immunilogiese buffer opgebou is nie, omdat boere in ’n stadium opgehou het om te ent. “Ek verstaan dit heeltemal,” sê Jeanette. “Dit is duur om diere in te ent en waarom sal ’n boer nou aanhou om dit te doen as die siekte 30 jaar gelede laas ’n probleem was?” Dit was egter ook die rede waarom die virus verlede jaar vat gekry het aan diere selfs nadat hulle ingeënt is. “Die voorkoms van die virus was net te hoog vir die vlakke van immuniteit,” sê sy. Jeanette waarsku dat boere daarop

moet let dat Wesselsbronsiekte en slenkdalkoors gewoonlik saamloop en daarom moet hulle ook voortgaan met inenting teen Wesselsbronsiekte. Die goeie nuus is darem dat die boere wat nou weer vir die afgelope twee seisoene hulle diere geënt het, ’n baie beter kans staan om hierdie seisoen ongeskonde deur te gaan, selfs al is daar weer ’n hoë voorkoms van die besmetlike muskiete.

Ontwikkeling van ’n entstof Dit neem 5 tot 10 jaar om ’n entstof te ontwikkel en kos ook enigiets van R5- tot R10-miljoen. Die “vooraf ontdekking” van Kloon 13 is deur Franse wetenskaplikes gedoen en die materiaal het in 1999 by Onderstepoort aangekom. Die “bewys van beginsel”-studie, wat in die laboratorium gedoen word, het getoon dat die middel potensiaal het, waarna met kliniese toetse begin is. Die toetse behels drie fases: Fase 1 gaan oor veiligheid – daar moet bewys word dat ’n dier nie die siekte sal opdoen as die entstof toegedien word nie; selfs ’n tienvoudige oordosis moenie die dier siek maak nie. Fase 2 gaan oor doeltreffendheid – verskeie groepe diere word in toetsomstandighede aangehou. Vir elke groep is daar ook ’n soortgelyke kontrolegroep. Daar is byvoorbeeld dragtige diere van elke soort in elke trimester in bepaalde groepe en ’n groep bestaan gewoonlik uit agt diere. Die diere in die toetsgroepe word geënt en dan aan die virus blootgestel. Fase 3 is veldstudies. Die konsepentstof word na boere geneem waar vee in groter getalle voorkom. Daar word dan spesifiek opgelet na enige nagevolge wat dalk nie in die kleiner groepe na vore sal kom nie. Na die kliniese toetse word die inligting alles na die departement gestuur, wat die registrasie van middels in terme van Wet 36 moet beheer. Hulle gaan alles na en stuur dit na onafhanklike wetenskaplikes vir bevestiging. Kloon 13 se dossier was vir 18 maande by die Wet 36-mense. In daardie tyd begin OBP solank om sy produksie-prosedures gereed te kry, sodat hulle reg staan vir vervaardiging sodra die middel goedgekeur is. Dit is ook nie die einde nie, want dan moet daar begin word met na-bemarkingstoetse en dit is wanneer terugvoering van veeartse en boere landwyd noodsaaklik is. Besoek www.obpvaccines.co.za vir meer inligting.

ProAgri 142 – Desember / December 2011

23

Vee & veilings

Kloon 13 is die veilige wapen teen


Strautmann van Inttrac:

Dié flink voermenger vra min en gee baie ns het voorheen ander soorte voermengers gehad, maar ons sal nooit weer iets anders as ’n Strautmann koop nie.” So gesels ’n tevrede Rubie Redelinghuys, wat saam met sy pa, Ruben, ’n melkery, stoetery, vleisbeesboerdery, landskaapboerdery en saaiery bedryf op hulle plaas, Bos-en-dal, tussen Heidelberg en Vereeniging. Met al hierdie bedrywighede het ’n boer nie tyd om met wederstrewige masjienerie te spook nie. Daarom het die Redelinghuyse die beste voermenger aangeskaf wat geld kan koop: Strautmann Verti-Mix, wat in Suid-Afrika deur Inttrac verskaf en gerugsteun word. ’n Melkmasjien en ’n voermenger is die twee masjiene wat vir ’n boer 365 dae van die jaar sonder onderbreking diens moet gee, sê Rubie. As een van hulle staan, of nie sy werk ordentlik doen nie, is daar groot probleme. Aan die Strautmann kan ’n mens sommer sien dis ’n masjien wat sy man deur dik en dun kan staan. “Dit is ’n soliede masjien en die ouens wat hom gebou het, het reg ontwerp vir goeie diens en ’n lang lewe,” verklaar Rubie. “Sy bakwand is heelwat dikker en hy het nie slytplate nodig nie. Hy meng vinniger en beter – en dit met ’n ou klein trekkertjie teen luierspoed.” Rubie vertel dat hulle nog nooit nodig gehad het om vir die Strautmann te wag nie. Wanneer hy klaar gelaai is en na sy aflaaipunt gery het, is die voer lankal deeglik en homogeen vermeng. ’n Gelykvormige voermengsel is baie belangrik vir ’n suiwelboerdery omdat dit verseker dat elke koei met elke bekvol presies alles inkry wat sy vir die beste melkproduksie nodig het. Verskeie boere, plaaslik en oorsee, se bottervetgehalte het aansienlik gestyg sedert hulle Strautmann-mengers gebruik. Met die perfekte rondings van sy bak en sy vernuftig-ontwerpte awegaar, kerf

“O

Petrus Mphuthi (operateur) en Rubie Redelinghuys van Marsaranie Boerdery het rede om so breed te glimlag: na vier jaar harde diens is hulle Strautmann-menger nog steeds die vinnigste, deeglikse, doeltreffendste, duursaamste, betroubaarste menger met die kleinste trekkerkragbehoefte wat hulle nog ooit gesien het. Hulle begin nou daaraan dink om die menger se kerfmessies vir die eerste keer te vervang.

en meng alle Strautmann-mengers alle materiaal, of dit nou ronde of blokkiesbale of kuilvoer is, deeglik, maar sagkens, sonder die verwringing en kneusing wat ’n kenmerk van sommige ander mengers is. Die Strautmann Verti-Mix is in ’n groot aantal modelle beskikbaar, van 4 kubieke meter tot die reusagtige dubbelawegaarmodel wat met sy 21 kubieke meter genoeg voer meng om tot 150 koeie per vrag te voer. Die Strautmann Verti-Mix Double SF is ’n selfloper-kuilvoeruithaler en voermeule, wat in modelle van 14 tot 20 kubieke meter beskikbaar is. As Strautmann sê ’n menger meng soveel kubieke meter materiaal dan word bedoel dat sy bak ruim genoeg is om dit te meng sonder om ’n kriesel te vermors. Sommige ander vervaardigers verreken nie die Inttrac se Orsi maak korte mette van enige sekelbos. 24

ProAgri 142 – Desember / December 2011

plek wat die awegaar opneem nie en as jy hulle mengers tot hulle gespesifiseerde houvermoë laai, is hulle so vol dat materiaal tydens die mengproses oor die rand stort. Die verspreiders van Strautmannvoermengers, -presisie-misstrooiers en -kuilvoerwaens in Suid-Afrika is Inttrac Trading, wat nou reeds 25 jaar lank net die beste landbouwerktuie en diens aan boere regoor die land bied. Inttrac het uitgesoekte en goed opgeleide handelaars regoor die land, sodat diens altyd gerieflik binne die boer se bereik is. Ander staatmakerprodukte wat Inttrac verskaf, is Falcon-snyers en bossiekappers, Vence Tudo-geenbewerkingmielie- en -fynsaadplanters en -mielieplukkerkoppe, Bandeirante-saadmengers, ’n wye verskeidenheid grondbewerkingstoerusting en die vernuftige Orsi-kerwer waarmee boere sekelbos met stamme van tot 18 cm in spaanders verander om bosindringing te stuit. Inttrac staan gereed met die produkte, die kundigheid en die diens om die boer se lewe makliker en winsgewender te maak. Om te hoor waar die handelaar naaste aan jou is, skakel Inttrac Trading 016-365-5799 of praat met Adam van Aswegen 078-457-0952; e-pos: inttrac@cyberserv.co.za. Besoek ook www.inttrac.co.za. www.proagri.co.za


Veilingsuitslae: Mooibank Beefmaster 18 Januarie 2011 Verkoper: Corneels Greyling Gemiddelde pryse Koei met kalwers: R8 800 Bulle: R18 000 Duurste bul: R27 000 Bos Blanco 10 Februarie 2011 Gemiddelde pryse Geregistreerde bulle: R28 625 Kommersiële bulle: R20 667 Koeie met kalwers: R17 389 Koeie: R 12 600 Duurste geregistreerde bul: R42 000 Alzu Beefmaster 8 Maart 2011 Verkoper: Leon du Toit Gemiddelde pryse Bulle: R33 283 Koei met kalf: R10 973 Dragtige koei: R10 000 Duurste bul: R65 000 Nooitverwag Beefmaster 13 April 2011 Verkopers: Kerneels, Gerrie en Rienie van Rensburg Gemiddelde pryse Bulle: R37 935 Koeie met kalwers: R10 742 Duurste bul: R48 000 Hybrid en Janzel Beefmasters 20 April 2011 Verkopers: P van Deventer, J du Toit, H Coetzee en P Rossouw Gemiddelde pryse Bulle: R26 220 Koeie met kalwers: R10 083 Dragtige koeie: R10 344 Duurste bul: R37 000 Considerata-Diadem 7 Junie 2011 Verkoper: Johan van der Nest Gemiddelde bulpryse Diadem: R33 000 Considerata: R52 100 Duurste bul: Diadem: R40 000 Considerata: R100 000 Noordwes Beefmaster 21 Julie 2011 Bulle verkoop: 75 Koeie verkoop: 50 Duurste bul: R72 000 Boschveld Beefmaster 26 Julie 2011 Hoogste pryse Bul: R29 000 Kommersiële bul: R26 000 Koei met kalf: R31 000 Kommersiële koei met kalf: R26 000 Dragtige koei: R23 000 Human Beefmasters 26 Julie 2011 Gemiddelde pryse Bulle: R27 000 www.proagri.co.za

Dragtige verse: R12 500 Duurste bul: R36 000 ME Muller en Seuns 28 Julie 2011 Bulle gemiddelde prys: R26 981 Duurste bul: R48 000 Tri-Master veiling 29 Julie 2011 Verkopers: Louca, Brussman en JWM Beefmasters Gemiddelde pryse Bulle: R23 346 Dragtige koeie: R10 550 Dragtige verse: R10 000 Duurste bul: R34 000 4 x 4 Beefmaster 2 Augustus 2011 Verkoper: Francois Scheepers Gemiddelde pryse Bulle: R72 558 Koeie met kalwers: R29 026 Dragtige koeie: R22 500 Dragtige verse: R29 600 Duurste bul: R300 000 Beefmaster Alliance 4 Augustus 2011 Verkopers: Tony Da Costa en Gideon Brits Gemiddelde pryse Bulle: R33 787 Dragtige koeie: R11 111 Dragtige verse: R8 703

Gemiddelde pryse Bulle: R39 121 Koeie: R14 231 Kalwers: R11 222 Duurste bul: R65 000 Bulls on the Grass 19 Augustus 2011 Verkopers: Daybreaker en Creative BM Gemiddelde bulprys: R35 364 Duurste bul: R96 000 WO Beefmasters 24 Augustus 2011 Aantal bulle verkoop: 57 Gemiddelde pryse Bulle: R49 868 Vroulike diere: R14 536 Duurste bul: R110 000 Quardsen Beefmaster 25 Augustus 2011 Verkopers: Kobus en Riana Gildenhuys Gemiddelde pryse Bulle: R27 000 Koeie met kalwers: R12 000 Dragtige koeie: R14 500 Dragtige verse: R13 300 Duurste bul: R42 500 Oos-Vrystaat Veldbulklub 1 September 2011 Gemiddelde bulprys: R33 000 Duurste bul: R55 000

Elmic Beefmaster 9 Augustus 2011 Verkopers: Mike Nicolau Gemiddelde pryse Bulle: R35 000 Dragtige koeie: R14 000 Dragtige verse: R15 000 Duurste bul: R80 000

Ivukile Beefmaster 6 September 2011 Verkopers: Dries en Minnie de Klerk Gemiddelde pryse 3-jaar oud stoetbulle: R34 300 3-jaar oud basiskudde: R32 900 Duurste bul: R48 000

BW Staal (Bos Blanco) 10 Augustus 2011 Gemiddelde pryse Kuddevaars: R71 667 Bulle: R39 938 Duurste kuddevaar: R150 000

East Coast Beefmasters 9 September 2011 Verkopers: Graham & Pierre Hart Aantal bulle verkoop: 41 Gemiddelde prys: R36 800 Duurste bul: R95 000

Central-Ottershaw & Westminster 12 Augustus 2011 Verkopers: A Gilbert, R Fitzmaurice en D Burnett Gemiddelde pryse Bulle: R21 330 Dragtige koeie: R8 250 Dragtige verse: R9 500 Duurste bul: R43 000

Trigon Beefmasters 15 September 2011 Verkopers: W Pieterse, J Ungerer, P du Toit en W Nel Gemiddelde pryse Bulle: R32 113 Dragtige koeie: R11 028 Duurste bul: R 55 000

Sandspruit & Amakosi 16 Augustus 2011 Verkopers: Charles en Gert Campher Gemiddelde bulprys: R32 650 Duurste bul: R70 000 Petana-Oktavia 16 Augustus 2011 Verkopers: P & P Koekemoer, C van Vuuren en J Schoeman ProAgri 142 – Desember / December 2011

25

Vee & veilings

Beefmaster boer vooruit in 2011


24

Victoria-Wes Veldramklub Besigtiging vanaf 10:00 op dag van veiling

ste

Produksieveiling van

FRANS MARX Stoet is in 1977 gestig

bied aan

hul gewilde ramveilings Soos altyd: Top, bekostigbare veldramme te JAKHALSFONTEIN, VICTORIA-WES om 14:00 op 28 FEBRUARIE 2012 en weer op 28 AUGUSTUS 2012 Kontakpersone: Danie van Zyl: 082-369-5006 John Bekker-Smith: 087-751-9864 Tommie Caldo: 082-853-3270

Sekretaresse: Izola van Zyl: 082-705-4644 izolavz@gmail.com

Ons beste, uitgesoekte, kwaliteit getoetste ramme - GEWAARBORG

op Woensdag 15 Februarie 2012 om 11h00 te Sewefontein, Burgersdorp Wenner van die VIRBAC toekenning vir die teler van die jaar 2002. Ook gewen: 1989 en 1990 9 agtereenvolgende jare aangewys as wenner van sy streek.

100 AA en A ramme (Sluit ook eie gebruik stoetramme in)

Besigtiging 14 Februarie vanaf 14h00 NAVRAE: Jan van der Walt Tel: 051-641-0815 of sel: 082-376-6178 Frans Marx Tel: 051-653-1496 of sel: 083-451-0680 Andries Marx Sel: 083-451-0969 of 051-653-0396 e-mail: andriesm@zipplink.co.za

Kry en bêre jou ProAgri elke maand Liasseer elke maand jou ProAgri in ’n mooi stewige lêer. Die aanbod sluit ook intekening vir 12 uitgawes in. Teen R220 (posgeld ingesluit) sal jy ’n spoggerige lêer en vir ’n jaar lank elke maand ’n ProAgri ontvang. Skakel vir Paula by 012-362-2732 om van hierdie spesiale aanbod gebruik te maak.

Spesiale aanbod! Die lêers kan ook alleen aangekoop word. 26

ProAgri 142 – Desember / December 2011

www.proagri.co.za


Vee & veilings

Brangus Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za

Besoek ons webblad: www.dorpersa.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 142 – Desember / December 2011

27


AgriGids

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer

AgriTrader

40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk (Bloemfontein)

Marlien vd Westhuizen (Pretoria)

082-381-7563 051-446-6089 stefan@agritrader.co.za 012-342-5141 marlien@smartpublishing.co.za

WEED CONTROL IN DAMS Control aquatic plants with sterile (triploid) grass carp. We are the only national approved supplier of sterile (triploid) grass carp in SA. Aquatic Weed Control specialised in the biological control of aquatic weeds since 1991. We pioneered this protocol in South Africa. Biological control is the most cost efficient and effective method in the control of aquatic weeds. This service is supplied by professional scientists with 25 years experience.

Contact: Aquatic Weed Control: 011- 769-2257 E-mail:awc@exol.co.za

28

ProAgri 142 – Desember / December 2011

www.proagri.co.za


AgriGids

Die ProAgri-span bedank u vir u ondersteuning, belangstelling en deelname deur die jaar. ’n Groot dankie aan ons adverteerders wat ons op die voorpunt van tegnologie hou. ’n Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige en veilige 2012 word u toegewens. www.proagri.co.za

ProAgri 142 – Desember / December 2011

29


AgriGids

Contact 021 557 0606 or info@fourlakes.co.za or order online at www.fourlakes.co.za

100% waterproof Very comfortable

10% off Christmas Special on Craftsman for December.

Craftsman

Ribble

ESK

Tillamook Bay

For more styles, go to www.fourlakes.co.za

30

ProAgri 142 – Desember / December 2011

www.proagri.co.za


Onderhoud en verf van dakke.

voor

na

Skakel Ryno Keeve 078-460-3322

keeve@lantic.net

N17 Farming Equipment

• Ons spesialiseer in die maak en verkoop van verskuifbare skaapkrale, baalringe, voerbakke en kruiphokkies. • Indien ’n kliënt iets volgens eie voorskrif gemaak wil hê, sal ons dit maak. epos: n17farmeq@yahoo.com Sel nr: 083 516 9019 Kontakpersoon: Daleen Pretorius Facebook: Farming Equipment www.proagri.co.za

ProAgri 142 – Desember / December 2011

31


Jy kan nie dag en nag jou vee dophou nie, maar FaunaTrack kan. Met ’n AcciTag-merker aan 10% van jou kudde, sal die FaunaTrackstelsel jou deur boodskappe na jou rekenaar of selfoon waarsku dat diewe en jakkals se kind besig is om moles te maak. Die kontrolestasie kry sy krag deur ’n sonpaneel en het 24-uur toegang tot die Internet.

Red jou wins!

32

Kontak Desmund by 082-414-3242 of per e-pos pro_buzz@mweb.co.za

ProAgri 142 – Desember / December 2011

www.proagri.co.za


www.proagri.co.za

ProAgri 142 – Desember / December 2011



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.