ProAgri 157, Maart 2013

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Maart / March 2013 Nr / No 157 ISSN 1042–1558

Meganisasie troef arbeidsonrus

Tal-Tec belĂŞ in die toekoms Flink voermaaktegnologie

Gewasproduksie PANNAR sit sonskyn in jou sak Nuwe kultivars belowe baie Sopnat besproeiing Gewasproduksie | Veeboerdery | Hulpbronbestuur | Meganisasie

AgriTrader



In hierdie uitgawe Redakteursbrief

Voorblad

k vertrou dat die reën nog voor ProAgri in die westelike produksiegebiede opgedaag het en sommer die kommandowurms ook weggespoel het. Dit is nou maar een maal die ding van boerdery; ’n boer kan die beste grondvoorbereiding doen, die beste kunsmis strooi, die beste saad plant en die beste oesbeskermingsprogram volg, maar steeds is dit nie alleen in sy hande hoe die oes uiteindelik gaan lyk nie. Gelukkig is daar goeie tegnologie beskikbaar wat boere kan help om ’n beter kans op sukses te hê. In hierdie uitgawe word etlike nuwe kultivars bespreek wat PANNAR met baie navorsing ontwikkel het om boere te help. Monsanto het ook vanjaar nuwe hoë-opbrengsbasters bekend gestel, waaroor ons in ’n volgende uitgawe meer sal vertel. Gert Heyns by die bekendstellingsgeleentheid gesê: “Ons grootste uitdaging is om ons reeds presterende kultivars te klop.” Dit is hierdie selfde uitdaging wat sorg dat daar jaarliks nuwe tegnologie op alle vlakke van die landbou beskikbaar is. ProAgri het die voorreg om vandeesmaand met die ondersteuning van een van ons gereelde adverteerders, Valtrac, die internasionale landboutegnologieskou, SIMA, in Frankryk by te woon. Ek glo ons gaan hope goeie nuus van daar af bring, wat ook ons eie plaaslike ontwikkelings ’n hupstoot sal gee.

E

Boer slim! Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za

5

Ontmoet Irrigation Unlimited se selfloop-kanonspuit

7

Crop-Tech: Stropers vir kleiner boere

2

Meganisasie 9

Valtrac laat die wiele rol, ook op Reitz

5

10 Troef arbeidsonrus met meganisering

Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarker: Aanlyn en video’s Sandra-Lee van Rooyen > 079-515-8493 sandra-lee@smartpublishing.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk Advertensienavrae Engela du Plessis > 012-342-5141

Hulpbronbestuur 14 Mooikrans: Droom met die vryheid van ’n kind

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

Gewasproduksie Lus vir sukses? Praat met PANNAR

Business-to-Business: Agriculture ABC Oct – Dec 2012 39 196 average copies per month

ProAgri

Inhoudsopgawe / Contents

2

PANNAR plaas ’n stukkie sonskyn in die boer se sak met hulle nuwe kultivars en omvattende ondersteuning aan boere met die Panagriprogram, wat boere regdeur die hele produksieproses bystaan. Die sonneblom op die voorblad is by PANNAR se Gewasextravangaza op Delmas afgeneem. Lees meer op bl 2.

9

17 Belê saam met Tal-Tec in die toekoms

Rekeninge & intekening Ronel Keet > 012-342-5141 accounts@smartpublishing.co.za

Smart Publishing Veeboerdery 18 Wen met hooimaak

10

20 Afgri bring tegnologie plaas toe 21 John Deere gee lewe! 23 Staalmeester gee die beste vir beeste

14

Algemene bestuurder Anneke Claassen > 012-342-5141 anneke@smartpublishing.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne van Niekerk Sakebestuurder George Grobler

Gereeld 24 Veilings

17

28 Genegids 30 AgriTrader Nuut! 38 Koop tweedehands www.proagri.co.za

21

SMARTPUBLISHING FREE MEDIA SPECIALISTS

Tel: 012-342-5141 Posbus 32123, Glenstantia, 0010 www.smartpublishing.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

1


Gewasproduksie

Lus vir sukses?

Praat met PANNAR

edugte uitdagings word aan die boer gestel deur die wêreldbevolking wat steeds groei en toenemende druk om voedsel steeds doeltreffender en volhoubaarder te produseer met die bestaande produksiemiddele. As hoeksteen van die land se toekoms kan ons boere immer op PANNAR reken om hulle te ondersteun met die mees doeltreffende en gevorderde saadtegnologie en kundigheid. PANNAR se flink span kundiges is voortdurend besig om nuwe, beter kultivars te ontwikkel en maniere te vind om die boer se winsgewendheid te help verseker. PANNAR se gewilde jaarlikse Extravaganzas is die plek waar boere na PANNAR se jongste saadtegnologie gaan kyk, inligting oor ontwikkelinge op die saadfront kan kry en sommer lekker met medeboere en PANNAR se mense kan kuier. PANNAR se Extravaganzas is op die verskillende produksiestreke afgestem en vind op Jacobsdal, Delmas, Klerksdorp, Kroonstad en Biesiesvlei plaas. Honderde verstandige boere benut die Extravaganzas as uitgangspunt vir hulle kultivarkeuses vir die komende produksieseisoen. Besoekers aan die Extravaganza kon ook kennis maak met PANAGRI, waarmee PANNAR ’n uitgebreide raadgewende diens aan die boer bied in die volgende sewe sleuteldissiplines:

G

• • • • • • •

Klimaat en grond Bemesting Kultivarkeuse Wisselbou Plantbevolking Bewerking Landbouchemikialieë.

Gewapen met PANNAR se sorgvuldig ontwikkelde kultivars en PANAGRI se praktiese boerdery-oplossings kan die boer die toekoms met vertroue tegemoet gaan. 2

ProAgri 157 – Maart / March 2013

Meesterlike mielies Dis romanties om te hoor van die Hickory King en Aandveld waarmee ons oupas geboer het, maar die boer van vandag gaan volstrek nie met daardie opbrengste van drie en vier ton per hektaar oorleef nie. Vandag het PANNAR ’n volledige reeks noukeurig ontwikkelde kultivars om ’n perfekte plantpakket te bied vir elke produksiestreek en boerdery-omstandigheid. Hierdie reeks word voortdurend nog verder verbeter met nuwe toevoegings wat boere vanjaar weer by die Extravaganzas kon sien, soos die vinnige BG 4201- en BG 4401B-witmieliekultivars wat in sowel die oostelike as westelike produksiegebied presteer met goeie weerstand teen roes en Diplodia-kopvrot, ’n goeie staanvermoë en meerkoppigheid. Hierdie kultivars word ook vir besproeiing aanbeveel. Nuwe basters in die medium-vinnige groeiklas is BG 5285, BG 5485B, BG 5685R en BG 5785BR, wat in al die produksiestreke goeie stabiliteit, sterk meerkoppigheid en goeie verdraagsaamheid teenoor kop- en pluimbrand, noordelike blaarskroei en Diplodiakopvrot toon. Nuwelinge in die medium witmielieklas is PAN 6Q-245 en PAN 6Q-345CB, wat saam met die staatmaker, PAN 6Q-745BR, vir sowel die oostelike as westelike produksiestreek aanbeveel word. Hulle is soortgelyk aan PAN 6Q-445B, wat die afgelope vier seisoene die toppresteerder in die land was. Die basters is almal sterk meerkoppig en toon uitstekende prestasie, stabiliteit en kompensasievermoë in uiteenlopende produksietoestande. Hulle het goeie agronomiese eienskappe met goeie verdraagsaamheid teen noordelike blaarskroei, roes en Diplodia-kopvrot. Wat geelmielies betref, bied PANNAR ’n gedugte plantpakket in die ultravinnige, vinnige en medium-groeiklas. Vier nuwe ultravinnige basters is goed aangepas vir die oostelike sowel as wes-

telike produksiestreek: PAN 3Q-240, BG 3292, BG 3492B en BG 3792BR. Hulle almal spruit min en toon ’n goeie staanvermoë en graangehalte. Vir die beste produksie word aanbeveel dat die Yieldboost-swamdoderspuitprogram gevolg moet word. BR 3292, BG 3492B, BG 3592R en BG 3792BR is nuwe ultravinnige groeiers wat vir besproeiing aanbeveel word. PANNAR bied ook ’n splinternuwe vinnige pakket vir sowel die oostelike as westelike produksiegebied en besproeiing, bestaande uit BG 4296, PAN 3Q-222 en PAN 4P-228. Hulle vul die mediumvinnige pakket aan vir goeie risikoverspreiding. Hulle spruit min en het ’n goeie staanvermoë. Die staatmakers in PANNAR se medium-pakket word vanjaar met drie opwin-dende nuwelinge aangevul. PAN 6Q-408CB word as hoof-geelmielieaanplanting in die ooste en weste aanbeveel met sy stronkboorderweerstand, wye aanpasbaarheid met goeie stabiliteit, goeie staanvermoë en sterk meerkoppigheid. PAN 6Q-508R met glifosaatverdraagsaamheid lewer uitstekende, stabiele prestasie in al die produksiestreke. Dis ’n goeie keuse waar hoë onkruiddruk ondervind word en as toevlugsoord vir PAN 6Q-708BR. Daar is goeie geld in groenmielies en spesiaal vir groenmielieproduksie onder besproeiing bied PANNAR die boer SC 701, die kultivar met sy smaaklike,

Rian Erwee boer vir Willem Groothof in die Settlers-area. Hy sê dit is lekker op die Vlakte, maar die grond is turf en dis droog en die saad moet goed wees. Hulle volg ’n stelsel van geenbewerking onder besproeiing en op droëland. Hulle plant sorghum, sonneblom en kommersiële mielies, asook saadmielies vir PANNAR. Hy sê: “PANNAR is die beste verskaffers wat die beste ondersteuning bied.” Dit is die tweede keer dat hy die Gewasextravaganza op Delmas bywoon en hy sê hy gaan met baie meer kennis terug plaas toe. www.proagri.co.za


groot pitte aan ’n lang kop en met ’n lang raklewe. Sonop vir sonneblomboere PANNAR is reeds 38 jaar betrokke by sonneblomnavorsing en bied ’n puik reeks staatmakers, insluitend ’n hoëoleïensuurbaster en twee Clearfieldbasters vir doeltreffende na-opkomsonkruidbeheer. Die nuwe medium-laat kultivar, PAN 7080, is die afgelope vier seisoene die toppresteerder in PANNAR se nasionale proewe en ook die afgelope seisoen in die LNR se kultivarproewe. Dit het ’n uitstekende opbrengspotensiaal en ’n wye gebiedsaanpasbaarheid, en is bestand teen alle huidige rasse van bruinroes. In dieselfde groeiklas is die nuwe PAN 7095 met Clearfield-onkruidbeheer. Die baster met uitstekende opbrengspotensiaal bied ’n alternatiewe onkruidbeheerstelsel in die produksie van sonneblom. ’n Nuweling is PAN 7086HO met sy baie egalige planttipe, sy oleïeninhoud van 80% en hoër en sy liggrys saadkleur wat hom maklik herkenbaar maak. Soja steeds voor PANNAR is die onbetwiste markleier van sojasaad in Suid-Afrika. Met toegang tot die beste kommersiële en pre-kommersiële sojaboonlyne van regoor die wêreld, stel PANNAR die beste kultivars moontlik in die Suid-Afrikaanse mark vry. As ideale wisselbougewas met mielies en koring, is PANNAR se veelsydige pakket in al die groeiseisoenklasse en vir al die produksiestreke ’n waardevolle bate vir die boer. Daar’s ’n toekoms in bone Droëbone het ’n blink toekoms in SuidAfrika en PANNAR bied ’n uitstekende kultivarkeuse met drie nuwe rooigespikkelde bonebasters om die reeds uitsonderlike reeks aan te vul. Besoekers aan PANNAR se Gewasextravaganza was veral geïnteresseerd in die vordering wat PANNAR besig is om te maak in die rigting van kultivars wat regstreeks gestroop kan word. Die ruggraat van graansorghum Met een van die oudste sorghumteeltprogramme in die wêreld, vorm PANNAR se basters die ruggraat van sorghumproduksie in Suid-Afrika. PANNAR se sorghumbasters presteer elke jaar baie goed in die LNR se proewe. Boere is beïndruk met die nuwe baster, PAN 8906, met sy goeie maalgehalte en uitstekende opbrengspotensiaal en stabiliteit, sy egalige groeiwyse, goeie dorsbaarheid, grootsadigheid, staanvermoë en verdraagsaamheid teenoor algemene blaarsiektes en aarbrand. Koring vir ’n koning PANNAR se koringteelprogram is reeds meer as 20 jaar oud en lewer ’n groot bydrae tot koringverbouing in die Vrywww.proagri.co.za

Al die pad van die Paarl af het verteenwoordigers van Tiger Brands as aankoper van droëbone ook die Extravaganza op Delmas bygewoon. Frik Prinsloo, Andries Cronjé en Marie de Bruyn sê hulle benut die geleentheid om kennis te neem van nuwe kultivars en opbrengsmoontlikhede. Frik, as gewasspesialis, sê hy is veral opgewonde oor die ontwikkelings met betrekking tot siektebestandheid. Andries sê die mark vir droëbone groei jaarliks en daar is ruimte vir nuwe aanplantings, aangesien die helfte van die land se bone nog ingevoer word. staat. PANNAR-kultivars presteer uitstekend in die LNR se nasionale proewe. Hoogtepunte in die teelprogramme is byvoorbeeld PAN 3161 met ’n kombinasie van goeie aluminiumverdraagsaamheid en weerstand teen Russiese koringluis, asook die twee nuwe lentetipe-kultivars, PAN 3471 en PAN 3478, wat spesiaal vir verbouing onder besproeiing ontwikkel is. Veeboere reken ook op PANNAR PANNAR-gewasse speel ’n belangrike rol in veeboere se voedingsprogramme vir oorwintering, melkproduksie en afronding. PANNAR verskaf ook hier nie net die saad nie, maar al die nodige steun om die beste waarde uit voergewasse te put. Vir gematigde en winterproduksie bied PANNAR ’n wye reeks bewese eenjarige raaigras, meerjarige raaigras, langswenkgras, kropaargras, Japannese radys, klawer, hawer, korog en stoelrog. Wat somervoergewasse betref, dien PANNAR die boer met eersteklas lusern, voersorghum, basterbabala, kikoejoe, tef, oulandsgras, smutsvingergras, rhodesgras en witbuffelsgras. Die eerste stap tot sukses met graan-, bone- en voergewasproduksie, is om met PANNAR te praat. Daar is ’n bekwame, behulpsame PANNARverteenwoordiger naby aan elke boer. Praat met PANNAR by 033-413-9500 of infoserve@pannar.co.za om te hoor wie en waar hy is, kuier by www.pannar.com – en maak seker dat jy nie volgende jaar se PANNARextravaganza misloop nie.

Frans Burger van Brits plant PANNAR se ultravinnige geelmielies en is ook betrokke by kultivarproewe. Frans sê PANNAR het uitstekende kultivars en hy verwag om vanjaar meer as 16 ton per hektaar onder besproeiing te oes. Dit is vir hom belangrik om elke jaar die Gewasextravaganza by te woon sodat hulle kan byhou met die nuwe kultivarontwikkelings en ook die oesbeskermingsprogramme wat PANNAR in samewerking met ander maatskappye aanbied. “En hier is lekker kos en koeldrank,” lag Frans. ProAgri 157 – Maart / March 2013

3



Gewasproduksie

Kry Irrigation Unlimited se selfloop-kanonspuit:

Jou gesaaides sal jou bedank

an ver af verwonder jy jou aan die verfrissende stroom water wat oor die mielies spuit wanneer jy op pad is na Redrock Broiler Breeders naby Magaliesburg. Die mielies self glimlag met ’n voltandbek soos net ’n mielie kan lag wat gereeld met ’n persoonlike reënbui bederf word. Dit is presies wat die grootmeneerkanonspuit van Irrigation Unlimited doen. Die Ocmis R2/2 baai die mielies met ’n egalige waterval onder die hoofstroom wat 44 tot 45 meter ver spuit. “Ek was aanvanklik bekommerd dat ’n mens op die punt van die stroom waterskade sou kry, maar daar is glad so ’n probleem nie,” sê Christiaan Pistorius wat verantwoordelik is vir die gewasse, beeste en weiding op die uitgebreide hoenderplaas. “Om die waarheid te sê, die mielies kry duidelik almal ewe veel water want hulle groei egalig; daar is nêrens hoër of laer plante nie.” Hy is ook beïndruk daarmee dat daar geen uitvalhoeke in die land is, soos wat ’n mens met ’n spilpunt kan kry nie. Daar is ook ’n spilpunt op die plaas wat sorg vir 50 hektaar mielies en Christiaan kan dus sinvolle vergelykings tref.

V

Hy sê die spilpunt doen ook goeie werk, maar daar is ’n paar voordele aan die kanonspuit, waarvan die grootste die lae koste is. “Ek kan drie kanonne koop vir een spilpunt se prys en dan kan ek dit makliker op verskillende plekke aanwend. Daarby benodig my kanon 65 000 liter water per uur teenoor die spilpunt se 110 000 liter vir amper dieselfde werk.” Die plaas se eerste Ocmis-spuit het oor die afgelope drie jaar so goed vir hulle gewerk, dat hulle nou onlangs nog twee bygekoop het. Daar is 83 hektaar mielies onder die kanonne en die een kanon sorg ook vir so 70 hektaar aangeplante weiding en lusern wanneer die reën te lank wegbly. Christiaan sê die ander groot voordeel is dat daar nou een ding minder op die plaas is wat opgepas moet word. Hy moet sorg vir wagte om die mieliediewe weg te hou en wagte om die beesdiewe af te skrik, maar die kanon klap-klap rustig voort, want hy het geen kabel of motor wat enige aantrekkingskrag vir diewe inhou nie.

Hoe dit werk Die Ocmis se water word regstreeks uit ’n besproeiingsdam na ’n toevoerpunt in of langs die mielieland gepomp, waarheen die eenheid gesleep en gekoppel word. Christiaan het sy toevoerpunte 90 meter uitmekaar geplaas in plaas van die voorgeskrewe 88, maar dit werk steeds goed vir hom. Die kanon se basis, wat ook die rol pyp hou, staan by die kraan. Die verstelbare kanonspuit word op sy eie stel wiele uitgesleep na die punt waar hy moet begin spuit en die pyp word terChristiaan Pistorius van Redrock Broiler Breeders selfdertyd agter hom uitgerol. sê sy mielies lyk mooi en daar is geen uitvalChristiaan gebruik ’n hoeke in die land nie, danksy Irrigation Unlimited klein Landini-trekker om se Ocmis Hard Hose Traveller.

www.proagri.co.za

die spuit te skuif, maar hy sê ’n stewige viertrekbakkie sal dit ook kan doen. Die Ocmis R2/2 se pyp is 300 m lank en 100 mm dik en die spuit vereis waterdruk van 4,3 tot 10,4 bar. ’n Wateraangedrewe ratkas katrol die pyp stadig in en sleep so die karretjie met die spuit terug na die katrolsleepwa teen ’n spoed wat op die ratkas verstel kan word. As jy jou Ocmis R2/2 stel om 25 mm water toe te dien, neem hy elf uur om die 300 meter af te lê. Twee tot drie hektaar kan op een so ’n lopie van 300 m benat word, afhangende van die waterdruk. Die vloeitempo wissel van 37 380 tot 79 200 liter per uur. Irrigation Unlimited het ook ’n verskeidenheid ander modelgroottes beskikbaar soos die R1/1 met sy pyp van 75 mm breed en 220 m lank, wat tussen 1,23 en 1,85 hektaar met een lopie kan natgooi tot die kleinboet in die Ocmis-reeks, die MR (Micro Rain) met ’n pyp van 40 mm breed en 130 m lank. Onderdele vir al die stelsels en ’n volledige werkswinkel is deel van die diens. Christiaan is ook baie tevrede met Tobie van den Heever van Irrigation Unlimited se diens en vinnige aflewering. Hy sê: “Ons het nog nooit ’n ernstige probleem met een van die spuite gehad nie, maar Tobie het al twee keer kom kyk of alles reg loop en ons kon met hom praat oor afslag omdat ons twee stelsels saam gekoop het.” Verskuif die grense van jou besproeiing met Irrigation Unlimited se hulp. Kontak Tobie van den Heever by 012-736-2121, 082-658-6054 of tobie@iunlimited.co.za. Die webwerf is www.iunlimited.co.za.

Christiaan stel sy klapspuit om net ’n halfsirkel op ’n slag te spuit, sodat die spuitkarretjie op droë grond terug kan beweeg na die katrol. ProAgri 157 – Maart / March 2013

5



Meganisasie

Kyk wat het Crop-Tech: Taai stropers vir kleiner boere oeding is die faktor wat die grootste rol in diereproduksie speel, daarom verseker die wyse veeboer sy wins deur vir sy diere die beste voer voor te sit. Ongelukkig styg voerpryse deurentyd so dat voerkoste dreig om die veeboer se wins geheel in te sluk. Die beste teenvoeter vir ewig stygende voerpryse is vir die boer om self soveel as moontlik van sy voer te produseer. In die proses staan Crop-Tech bankvas agter die boer met eenvoudige, bekostigbare, maar bruikbare, tegnologie wat hom in staat stel om self ’n belangrike deel van sy voer te produseer. ’n Voorbeeld daarvan is Crop-Tech se kleiner Jumil-mielieplanters waarmee die boer wat nie ’n groot, ervare saaiboer is nie sonder sukkel mielies vir voer kan aanplant en die Jumil-kuilvoerkerwers waarmee die boer voortreflike kuilvoer kan maak. Maar hoe belangrik kuilvoer ook al is, die graankomponent van veevoer bly belangrik en daarvoor het Crop-Tech ook eenvoudige en bekostigbare, maar doeltreffende stropers waarmee die kleiner boer self sy mielies kan stroop. Dit is ook belangrik dat dit maklik moet wees om met hierdie stropers te werk en dat dit nie ingewikkelde herstelwerk of diens moet benodig nie. Aan hierdie vereistes voldoen Crop-Tech se stropers uitmuntend. Hulle monteer ook maklik aan haas enige trekker op so ’n manier dat trekker en stroper ’n eenheid vorm. Daar is drie modelle beskikbaar: • Die JM 350 is ’n eenrystroper met ’n sakvuller wat 25 tot 30 sakke mielies per uur stroop teen ’n spoed van 4 tot 5 km/u met ’n trekker van 44,7 kW. • Die JM 360 is ook ’n eenrystroper, maar met ’n graantenk van 730 liter

V

en ’n awegaar waarmee graan in ’n tapkar oorgepomp kan word. Hy stroop so 4 tot 6 hektaar per dag met ’n trekker van 48,5 kW. Hierdie stroper sal vanjaar by Nampo te sien wees en boere kan gerus kom kyk. • Die JM 390 is ’n tweerystroper met ’n graantenk van 1 300 liter en ’n awegaar wat die volle tenk binne ’n minuut tot 3,2 meter hoog kan aflaai. ’n Trekker van 56 kW is voldoende om hierdie stroper aan te dryf. Dié stroper kan ook met ’n koringtafel toegerus word. Maar die finale woord oor enige Hierdie stewige swaaiwiel verseker dat Cropwerktuig word deur die boer wat Tech se Jumil-stroper rats kan beweeg en hom gebruik gespreek. Danie knap kan krink wanneer dit aan ’n trekker Visser, wat in die suide van gemonteer is. Swaziland met suikerriet en sitrus boer, plant in uitvallande gehad om hom in bedryf te stel nie – so 20 tot 60 hektaar mielies vir net so ’n bietjie raad oor die telefoon lewering aan die meule wanneer die gevra. mielieprys goed lyk. As hy besluit om meer mielies te Om hierdie mielies te stroop, het hy plant, sal Danie dit beslis oorweeg om ’n JM 350-eenrystroper met sakvuller by nog ’n Jumil-stroper te koop. Hy reken Crop-Tech gekoop. Die stroper werk as boere nie soveel tyd en bekostigbare maklik en stroop skoon en vinnig – arbeid as hy het nie, sal dit wyser wees vinniger as wat die spesifikasies sê, om ’n Jumil-tweerystroper te koop wat veral as die mielies mooi regop staan. met ’n awegaar aflaai. Nogtans is hy verbaas oor die stroper se vermoë om omvalmielies op te tel. Vir meer inligting oor Crop-Tech se Die stroper hou ses vol sakke op sy voortreflike stropers en wye reeks platform. Wanneer hulle vol is, hou hy ander staatmakerwerktuie wat daarop stil en laai hulle op die land af, waar dit bereken is om die boer se lewe lekker toegewerk word voordat dit weggery en winsgewend te maak, praat met word. Hennie du Toit by 056-817-7210 of Om met die stroper te werk is 082-850-3744 of e-pos kinderspeletjies en hy het nie eers die sales@croptech.co.za. flink diens wat Crop-Tech bied nodig

Vir die kleiner boer of die veeboer wat self die graankomponent van sy voerrantsoen wil produseer, is Crop-Tech se taai een- en tweerystropers die perfekte oplossing. www.proagri.co.za

Die JM 390-stroper laai sy tenk se volle 1 300 liter mielies binne ’n minuut oor in ’n tapkar of sleepwa. Let op sy lae swaartepunt, wat hom geskik maak vir stroopwerk op hellings. ProAgri 157 – Maart / March 2013

7


8

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za


Meganisasie

Valtrac laat die wiele rol,

ook op Reitz eesdae se lewe gaan oor diens,” sê Christiaan Bruwer van Sesisonkeboerdery naby Harrismith. Hy praat oor die legendariese diens van Valtrac wat nou nog ’n hupstoot gekry het met die opening van ’n splinternuwe handelstak met ’n netjies toegeruste werkswinkel en onderdele-afdeling op Reitz. Christiaan sê Valtrac se mense is eerlike mense, van “ons mense”. Die boerdery gebruik Valtra-trekkers, van Valtrac se geenbewerkingsplanters, Tatu en Semeato, asook Pickett-bone-uithaler. Hy sê: “As jy hulle bel, dan gebeur daar iets en ons sal by hulle bly solank as wat hierdie goeie verhouding voortduur.” Cobus Greeff boer vir die Midlandgroep in die Harrismith-omgewing. Hy sê hulle doen nou al langer as ’n dekade sake met Valtrac en hulle het ’n hele versameling Valtra-trekkers en werktuie soos Tatu-skeurploeë. Cobus sê Valtrac se diens was nog altyd goed, selfs van Parys af. “As jy hulle vir onderdele bel, is die goed die volgende dag hier.” Met al hoe meer boere in die Oos-Vrystaat wat oorskakel na Valtrac, meen hy egter dit is goed dat daar nou ook ’n ondersteuningsdiens op Reitz is. Die tak word bestuur deur Koos van den Berg en Cobus sê: “Nou hoef oom Koos ook nie

“D

Valtrac borg ProAgri se besoek aan die internasionale landbouskou, SIMA, wat in Parys, Frankryk gehou word.

meer so uit sy bakkie uit te werk nie!” Hy sê boere plaas ’n hoë premie op die persoonlike diens wat hulle Jannie de Villiers, hoofbestuurder van GraanSA, van Valtrac en spesifiek het boere by Valtrac Reitz se opening aangeKoos af ontvang. moedig om in vennootskappe saam te boer, aanDie waarde van die pergesien die oorlewing van boerdery in ekonomie soonlike diens word beaam van skaal opgesluit lê deur Cobus van Niekerk wat naby Reitz boer. Hy sê skoonseun is elkeen op ’n manier beas hy kouters of skare nodig het, bel hy trokke. Hy sê: “Ons is eintlik maar net net en as hy weer by sy skuur kom, is boere.” die goed sommer op die regte plek uitWynn se verbintenis met Valtra het gepak. Cobus meen ook dat die vestiging begin toe hy as melkboer in 1996 die van die tak ’n goeie inspuiting vir die eerste Valtra-trekker bestel het. ’n Paar dorp sal wees. “Valtrac gaan ’n verskil jaar later het die plaaslike invoerder ontmaak in die omgewing, ook wat trek en Valtra het Wynn gevra om vir ses werkskepping betref.” maande die sake hier in Suid-Afrika te Met die amptelike opening van die tak hanteer. het die hoofbestuurder van Graan SA, “Ek wag nou nog vir die ses maande Jannie de Villiers, Valtrac gelukgewens om verby te gaan,” lag Wynn. met sy teenwoordigheid en betrokkenHy sê Valtrac se werkwyse is om vir heid in die platteland en die verskil wat die boer oplossings te bied en daarvoor die organisasie in is dit nodig om “buite die kassie te dink”. die gemeenskap Veral in die lig van toenemende arbeidsmaak. probleme, moet boere al hoe meer Die feestelike meganiese oplossings oorweeg. opening is bygeKoos van den Berg het homself lank woon deur ’n groot beywer vir die stigting van die tak sodat groep boere en hy die boere in die omgewing beter kan kliënte, verteenbedien. Hy vertel dat hy al by geleentwoordigers van Valheid “toe die kalf in die put was” op ’n trac se verskaffers Sondag vir ’n boer ’n onderdeel gevat het (soos Agco wat vertoe hy na kerk op die dorp was. Hy sê: antwoordelik is vir “Ek gaan dit nie elke keer doen nie, maar Valtra se verspreias daar ’n krisis is, sal ons help.” ding in Afrika), Valtrac se personeel, die media en ander Geniet die voordeel van Valtrac se sakelui op die dorp. uitmuntende diens. Skakel George Valtrac se wenspan op Reitz is Carl Reitz, Hennie OostWynn Dedwith, Cilliers by 056-817-7308 of e-pos huizen en die bestuurder, Koos van den Berg. By hulle Valtrac se stigter, is george@valtrac.co.za. Die Oos-Vryis Wynn Dedwith, Valtrac se eienaar-bestuurder. trots daarop dat staters kan gerus aanklop by Koos Valtrac het ook takke op Lichtenburg en in PieterValtrac ’n familievan den Berg by 082-940-1696. maritzburg asook in Parys waar die hoofkantoor is. onderneming is. Sy Besoek ook www.valtrac.co.za. Hulle lewer blitsige diens enige plek in die land. vrou, kinders en

www.proagri.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

9


Meganisasie

Troef arbeidsonrus met meganisering deur Koos le Roux, samesteller van die Meganisasiegids nverantwoordelike politieke opstokers hits arbeidsonrus in die landbousektor aan en dit lei tot gevoelige verliese vir boere. As arbeid onbetroubaar en onbekostigbaar word, word boere verplig om na alternatiewe maniere te kyk om steeds hulle rol as voedselverskaffers en valutaverdieners te kan speel. Een moontlike oplossing is meer meganisering. Na aanleiding van die arbeidsonrus in die boerdery het verskillende landbouleiers die afgelope tyd gewaarsku oor die invloed wat verdere meganisering in sekere boerderybedrywe tot gevolg sal hê. So het die hoof-uitvoerende beampte van Aartappels SA gesê:“Tot 40% van die groentewerkers in die Ceres-streek kan werkloos wees indien boere verder meganiseer.” Die vraag ontstaan nou wat word bedoel met meganisering van verskillende aspekte van ’n boerdery. ’n Algemene omskrywing van wat meganisering behels kan soos volg lui: Meganisasiebeplanning van ’n boerdery is om die samestelling van meganisasiegoedere (trekkers, werktuie en toerusting) vir ’n spesifieke boerdery te bepaal sodat alle meganisasietake betyds, doelteffend en so ekonomies as moontlik uitgevoer kan word. Om dit te kan doen is nie so maklik nie, en hierdie taak word verder bemoeilik deur eksterne faktore wat ’n rol hierin kan speel. Dit is interessant om daarop te let dat die bewerkingprosesse oor die algemeen heelwat beter gemeganiseerd is as die oesprosesse. Hoewel die oesproses by sommige boerderyvertakkings, soos mielies, koring en nog ’n paar ander, reeds goed gemeganiseerd is, is daar baie ander vertakkings, byvoorbeeld die vrugtebedryf, waar min ontwikkeling ten opsigte van meganisering plaasgevind het. Daar is ook ’n ander faktor wat natuurlik meehelp dat boere meer ernstig

O

moet kyk na meganisering en dit is die snelle uitbreiding van nywerhede in die land. Die boer moes dus met die nywerheidsektor begin meeding om handearbeid. Naby groot stede en veral naby myne, het arbeid nie net duurder geword nie, maar ook skaarser. Die boer moes dus noodgedwonge sekere aspekte van sy boerdery meganiseer ten spyte daarvan dat dit baie duur kan wees. Fokus op meganisering Die eerste faset van meganisering op die plaas is natuurlik ’n behoefte om ’n bedryf of ’n sekere deel van ’n boerderyproses te meganiseer. In die verlede is dikwels gesê dat ’n boer ’n sekere proses slegs moet meganiseer indien die koste daarvan geregverdig word deur die hoër inkomste. Die probleem met so ’n benadering is dat dit nie altyd, soos reeds hierbo genoem, die beskikbaarheid van arbeid of die werksetiek van werkers in ag neem nie of ook nie die maatskaplike klimaat wat in die land heers nie. As daar skade gely word as gevolg van optredes van werkers, het die boer amper geen ander keuse as om dringend die verskillende meganiseringsopsies in die bedryf te oorweeg nie. Oesprosesse waar hande-arbeid nog noodsaaklik is In bedrywe soos tafeldruiwe, appels en pere, lemoene en marktamaties, word nog baie tydelike hande-arbeid vir die oesproses gebruik. Dit is juis hierdie boerderye wat kwesbaar is vir stakings veral gedurende die oesproses. Meganiese oesmasjiene vir hierdie produkte is nog nie beskikbaar nie, maar daar is navorsing aan die gang wat onder meer op ligsensitiwiteit werk. Gedurende die arbeidsonrus in die Weskaap is daar in die media berig dat daar boere was wat hulle permanente arbeiders, wat goed opgelei is, gebruik het om van die take van die afwesige Boere was baie opgewonde oor die bekendstelling van die nuwe John Deere suikerrietstroper. tydelike werkers te verrig en baie verbaas was dat heelwat meer per dag deur die opgeleide werkers gedoen is. Hierin lê ’n gedeelte van die antwoord waar baie hande-arbeid gebruik moet word: Deur behoorlike opleiding kan die produktiwiteit van werkers verhoog word sodat minder werkers benodig word.

Tafeldruiwe word met die hand gepluk omdat dit nie gekneus mag word nie. 10

ProAgri 157 – Maart / March 2013

Die oes van wyndruiwe In hierdie vertakking van druiweboerdery is daar al ver gevorder met www.proagri.co.za


tagtigs toetse gedoen met ’n meganiese suikerplanter wat in Australië gebou is. Dit het egter nie aan die verwagtings voldoen nie. Die plant-kapasiteit was te laag en soms was die stand onegalig. In ’n referaat wat in 2005 deur mnr E Meyer gelewer is, word bevind dat die koste van die meganiese plantproses ongeveer 5% laer as hande-arbeid was. Alhoewel dit nie baie met hande-arbeid verskil nie, kon die land egter met min arbeiders klaar geplant word. Daar vind egter ontwikkeling op hierdie gebied plaas wat van die probleme wat vroeër ondervind is, uitstryk. Oes van suikerriet: • brand van suikerriet • kap • windrye gooi • vervoer na meule.

Die suikerrietstroopproses is al tot ’n groot mate gemeganiseer, maar nog nie die plantproses nie. die meganisering van veral die snoeien oesproses van wyndruiwe. Op die internet vertel ’n boer in die Weskaap dat hy en sy buurman saam ’n druiweoesmasjien gekoop het en dat hulle met die masjien die opgeleide wingerd kan snoei sowel as oes. As die situasie met ingehuurde tydelike arbeiders hand-uit ruk, is dit dalk die aangewese pad wat boere behoort in te slaan. Die meganisering van verskillende oesprosesse Daar is egter heelwat boerderye in ander dele van die land wat dalk ook deur arbeidstakings op kritieke tye getref kan word. Verskillende prosesse in sulke boerderye kan egter reeds in ’n groot mate gemeganiseer word. Ons bespreek twee sulke boerderye: Aartappelboerdery ’n Bekende boer van Mpumalanga het die onderstaande prosedures in die aartappelvertakking verskaf vir ’n meganisasiebeplanning. • skeurploeg van lande na besproeiing • onkruiddoder • beroking • plant • topbemesting met opkoms • opvolgbemesting • volg ’n bespuitingsprogram vir 12 weke • spuit lowwe dood • kap lowwe fyn • uithaal • tel op met hande in massasakke • vervoer na pakskuur. Buiten die optel van aartappels met hande-arbeid, het die ontleding van elke taak getoon dat dit goed gemeganiseerd is en min hande-arbeiders gebruik. Tydens die uithaalproses het die aantal arbeiders wat op die land beweeg het, soos ’n klein weermag gelyk. www.proagri.co.za

Hierdie beeld van die oes van aartappels is die algemene gesig van hierdie boerdery. Daar is egter vir geruime tyd gevorderde aartappel-oesmasjiene op die mark. Van die masjiene word reeds in Suid-Afrika gebruik. Die meganiseringsproses sluit nie arbeiders heeltemal uit nie, maar verminder die aantal wat vir oes nodig is, drasties. Wanneer meganisering van die oesproses oorweeg word, moet die boer seker maak dat die grootte van sy boerdery so ’n kapitale uitleg regverdig. Suikerrietboerdery By ’n meganisasiebeplanning wat onlangs vir ’n boer in die Komatipoortomgewing gedoen is, is daar onderskei tussen die aanplant of hervestiging van suikerriet en die proses om dit te oes. Die prosesse wat gevolg is, word hieronder aangetoon. Plant van suikerriet: • diep skeurploeg van lande • skottelbewerking van lande • dwars skeurploeg van lande • skottelbewerk tot 3 keer • trek plantervore • plant suikerriet stukke met hand • toemaak met walblok • trap vas. Hier vind ons dieselfde tendens as tevore dat al die prosedures gemeganiseerd is, behalwe die plantproses waar handearbeid gebruik word. Daar is reeds in die laat sewentigs en vroeë

Die laaste drie prosesse word hoofsaaklik deur kontrakteurs gedoen en die boer het nie werklik regstreeks met die arbeidsmag te doen nie. Dit beteken nie dat hy gevrywaar is teen arbeidsonrus en stakings nie. Die meganisering van die suikerrietoesproses is op ’n hoër vlak as die plantproses en die meeste trekkerverskaffers het die afgelope tyd suikerrietoesmasjiene beskikbaar. Dit werk teen ’n redelike spoed en die werkkapasiteit is aanvaarbaar. Die laai en wegry van die geoeste suikerriet word nog steeds deur kontrakteurs gedoen, alhoewel sekere boere die taak self verrig. Ten slotte Die regering het die minimumloon, ondanks voorleggings deur die georganiseerde landbou, op R105 per dag vasgestel. Daar bestaan dus geen twyfel dat boere genoodsaak sal wees om die moontlikheid van meganisering van prosesse waar grootskaalse handearbeid gebruik word, te oorweeg nie. Boere moet egter seker maak dat so ’n omskakeling minstens die kapitaalbesteding regverdig. Foto: Gawie Geyer, Aartappel SA

’n Aartappeloesmasjien kan ’n boer baie minder afhanklik van hande-arbeid maak. ProAgri 157 – Maart / March 2013

11


12

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za



Hulpbronbestuur

Droom met die vryheid van ’n kind deur Elna Wahl van Mooikrans Equus

ert Bekker het na sy en sy gesin se besoek aan Mooikrans ’n pragtige lied geskryf met hierdie woorde as refrein: “Op jou rug het ek leer droom met die vryheid van ’n kind”. Terwyl ons in die veld ry, sing ons kampeerders hierdie lied uit volle bors en dan is ek so dankbaar dat ek die geleentheid gegun is om vir hulle so ’n pragtige plek soos Mooikrans te kon skep. Die afgelope naweek het ons ’n skoolgroep ontvang en toe die kinders na Sondagmiddagete groet om te ry, vra een outjie my wat ek nou gaan doen as al die kinders weg is. Toe ek hom vertel dat ons gaan regmaak vir ’n ander groep wat Maandag arriveer, roep hy uit: “What a paradise you have! Another week of fun!” Die trane loop gewoonlik met afslui-

G

14

ProAgri 157 – Maart / March 2013

tingdag wanneer die kampgangers huis toe vertrek. Eintlik al die aand vantevore wanneer dit die laaste geleentheid is om al die dankies te sê vir die week wat verby is. Dan speel ons die Mooikrans-lied en huil almal lekker saam. Ek het een aand gesien daar lê sommer ’n plassie trane by een outjie se voete. Ek sê altyd hulle moet tog nie voor hulle ouers huil nie – die sal hulle nie weer laat kom nie. Magdaleen Willemse bel my om te sê dat hulle skaars op die teerpad was, nadat hulle die kinders opgelaai het, toe die vyfjarige klein Carina uitbars in trane. Sy huil so dat sy nie kan sê waaroor sy huil nie. Koud geskrik oor wat moontlik met die arme dogtertjie kon gebeur het, op so ’n kamp, stop hulle net daar om die kind te kalmeer. Tussen die snikke kom dit stukkie vir stukkie uit: “Ek verlang verskriklik na tannie Elna.” Susan du Toit stuur haar twee seuns van kleins af Mooikrans toe vir vakansies. Toe hulle in die hoërskool kom, is die punte erg teleurstellend

met een oueraand by die skool. En Pa en Ma het ’n gewigtige gesprek met die twee manne met die tuiskoms. Met inskrywingsdag van die volgende kamp, vra sy my om in dié rigting te praat gedurende die week wat hulle op Mooikrans is. ’n Baie goeie tyd vir so ’n praatjie is as ons terugkeer na ’n daglange uitrit in die veld. Dan lê die gemoed so vol van die liefdevolle band met die perd, die uitsonderlike ervaring om in die veld uit jou rugsak te eet, die dag se son en wind in jou gesig en ons kameraadskap in die verre, onbekende velde. Terwyl die perde met hulle koppe laag en vrye teuels om die nek, fluks aanstap huis toe, roep ek hulle: “Kom ry bietjie hier agter by my.” Dan, na ’n rukkie se stilte, wat die geleentheid moet voorberei vir ’n paar gewigtige woorde: “Julle twee moet julle skoolpunte regkry. Mooikransers doen beter as dit.” Die resultaat hiervan word ’n pragtige storie. Die twee manne is nou amper klaar met hul suksesvolle Universiteitsopleiding. Eenmaal trap die perd op ’n groot seun se voet en hy gee ’n allemintige kragwoord. Voordat ek iets kan sê, fluister sy maat langs hom: “Mens vloek nie op Mooikrans nie.” Tevrede dat dit genoeg berisping is, maak ek of ek dit nie hoor nie. Een aand laat, bespreek ek en Gavin die volgende dag se program met gedempte stemme op die seunsblok se stoep. Dit is lankal ligte uit maar ek hoor ’n gepraat in een van die kamers. Ek sien dit is die mannetjie wat die dag op ons ou merrie, Pollie, gery het. As www.proagri.co.za


die kinders haar te erg irriteer gee sy so ’n effense opskop met die agterpoot. Dit was blykbaar net te veel vir die onbewuste gemoed van die outjie, want in sy slaap vlieg hy regop in sy bed en beduie wild met die armpies: “Whou, Pollie, whou.” Ons gebruik die uur voor ontbyt om al die plaasdiere te voer. Hoenders, lammers, kalfies, varke en perde kry kos. ’n Ander groep gaan speel met Japie, ’n hanslam wat ’n yslike ram geword het, en almal wat voorkom ’n stamp met sy voorkop gee, natuurlik onder luide aanmoediging van die banges wat buite, agter die toe hekkie, die ongelukke staan en bekyk. Die kleiner kampeerders haal eiers uit en Jaques kom bitterlik ontsteld vertel van die hen wat ’n eier geëet het. “Die hen eet haar eie kind!” Ek sien ’n paar dogtertjies speel al te lekker net na ete by die kuikentjies.

Hulle tel die kuikens op die hoenderhok se dakkie en help hulle dan met ’n ligte stootjie af grond toe. “Nee tannie, ons leer net die hoenders vlieg.” Klagtes kom in dat een van die seuntjies hulle boelie. Die aangeklaagde is groot en sterk vir sy ouderdom, sy pa is ’n bekende rugbyspeler. “Tannie, ek slaan hulle nie, ek het hulle net getach.” Konsert of maskerbal is een van die hoogtepunte en ’n aandprogram word daarvoor uitgesit. Kinders bring die pragtigste aandrokke wat hulle oumas op hulle ma’s se troues gedra het, en ek koop af en toe iets treffends by Hospice. Tot ’n swart manelpak waaroor daar ’n groot stryery was. Op die ou end het die een die broek aan en die ander een die baadjie. In die winter stry hulle weer oor watter een van Mooikrans se vier honde by hulle mag slaap. Ou Grootman is groot en vet en baie gewild omrede sy liewe geaardheid, maar Stephanie kla die volgende oggend dat sy op die vloer wakker geword het, yskoud, maar Grootman heerlik warm op haar bed. Een more is een outjie se pragtige voortand net weg. Die ander een sit nog soos ’n byl in sy bebloede en opgeswelde mond. Nee, hy het gister oor ’n miershoop geval toe hulle by Kontal Elna Wahl by 083-732die perde was. 8172 of elna@mooikrans.co.za Spoorsnyers

www.proagri.co.za

vertrek dadelik na die gebied wat hy aandui, maar my moed is laag. Dat mens jou voortand op ’n miershoop kan uitval en ons dit nie gisteraand al gesien het nie! Onmoontlik! In sy kamer kry ek die bewyse. Net bloed! En die tand onder die bed. Hy het op sy matras gespring, skeef getrap en sy kamermaats die ergste belowe, as daar iets van uitkom. Ek hoor by ’n ma dat daar ’n tyd na die kinders se terugkoms van Mooikrans af ’n snaakse reuk in hul kamer bly hang. Op nadere ondersoek vind sy die hoendereiers mooi toegedraai om “warm te bly om uit te broei”. Vroeër jare kon kampeerders by my ’n kuikentjie koop om gedurende die week te vertroetel. Wanneer dit saans tyd is vir storie-vertel, hardloop hulle gou om hul kuikentjies te gaan haal, en hou hulle dan die kuikentjie lekker warm in hulle bakhandtjies vas. Natuurlik moet ’n kuikentjie dan na ’n week se hegte vriendskap saamgaan huis toe. Maar... ek het gesien hoe my ongewildheid met rasse skrede toeneem by die vader en moeder van die huis, na gelang die toename in die heftigheid waarmee die outjie die hoender probeer behou. Min stadsma’s hou daarvan om ’n hoender te hê, lyk dit vir my. Vele van die kuikens het dan maar agtergebly. Hulle was so mak dat hulle soggens in die Kamphuis en in die slaapsale ingestap het, om elkeen haar eier op haar uitverkore plek te gaan lê. Een van die mooiste kommentare wat ek nog oor Mooikrans gehoor het kom van Esti. Sy vertel my dat sy so verras was met haar seun, Johan, ’n tiener. Na sy week op Mooikrans, vertel sy vir ’n paar ander mammas, was hy heeltemal anders, so fluks en behulpsaam. Hy gee tot nou die honde elke more kos. “Ek het totaal ’n ander kind teruggekry as wat ek daar afgelaai het”, sê sy. ’n Ander klein dogtertjie fluister grootoog in haar ma se oor: “Mamma, ruil hulle dan die kinders daar om?” Waar in die wêreld is daar nog iemand met so ’n lekker werk soos myne? Baie groete vanuit die Hoëveld waar mens nog vry kan asemhaal. ProAgri 157 – Maart / March 2013

15


Betroubare, altyd-aan Internet – enige plek in SA

√ Betroubaar via satelliet √ Werklike breëbandspoed √ Geen daaglikse limiet √ Aanvullings (top-up) opsies verval nooit √ Geen kontrakte 16

ProAgri 157 – Maart / March 2013

Kontak Angela Goosen by 012-665-0052 of queskye@qkon.com www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Belê saam met in die toekoms

Tal-Tec

Die wenspan van Hoërskool Bekker saam met hulle landbou-onderwyser, Alex Wehmeyer, Bronwen Talbot van Tal-Tec en Malcolm Moodie van Obaro wat by die voerprogram betrokke was. ôre se boere moet vandag gekweek word, maar met al die krississe in die onderwys is enige bykomende hulp aan landbouskole welkom. Gelukkig is heelwat insetverskaffers betrokke by die skole sodat leerlinge werklik praktiese ondervinding kan opdoen. “Dit help ons baie as maatskappye betrokke raak,” sê Jacques Nel, adjunkhoof: Landbou van Hoërskool Wagpos op Brits. ’n Maatskappy in hulle omgewing wat ’n groot verskil maak, is Tal-Tec. Hy sê: “Tal-Tec help ons altyd met veehanteringstoerusting vir boeredae en die Jeugskou en hulle lewer dit af en kom haal dit ook. Hulle ondersteun ons werklik. Greg (Talbot) het byvoorbeeld ’n tydjie gelede ons kopklamp kom haal vir herstelwerk en dit weer mooi netjies geverf vir ons teruggebring.” Een van die groot projekte waarby Tal-Tec oor die afgelope paar jaar betrokke geraak het, is die slaglamkompetisie met sy hoogtepunt op die Lenteskou in Pretoria. Daar is ’n skole-afdeling, maar die kinders ding ook mee met kommersiële boere in die streek. Dié Ile de France-lam het Hoe die komgesorg dat petisie werk Bekker die Skole moet ’n karkasgroep lammers op kompetisie ’n voor-geskrewe gewen het. gewig inkoop en

M

www.proagri.co.za

sorging van die skape en hulle moes ook ’n taak ingee waarop al die groeisyfers en voerbesonderhede aangedui is. Jacques van Wagpos sê dit was veral waardevol vir die toekomstige boere om in die praktyk te leer hoe ’n voerkraal werk. Hy sê: “Of jy 20 skape versorg of 200, die prosesse bly dieselfde. Die kinders moes ook sorg dat die skape gedoseer word en hulle elke dag nagaan vir enige gesondheidsprobleme.” Hy sê Wagpos se inskrywings het goed gevaar op die hoef met ’n eerste plek in die indiwiduele afdeling en eerste en derde plekke in die groepafdeling. “Ons kinders het ongelukkig die skapies te veel bederf met die voer saam, want die karkasse was te vet!” Hoërskool Bekker se Graad 11’s van verlede jaar kan egter breëbors rondloop in hulle matriekjaar, want hulle het nie net die skole-afdeling in die karkaskompetisie gewen nie, maar sommer die algehele eerste plek behaal. “Dit wil nogal gedoen wees,” sê Alex, “want daar was altesaam omtrent 180 inskrywings en nogal van ’n paar goeie boere ook!” By die Lenteskou self was Tal-Tec ook ’n algemene gesig, want al die veehanteringstoerusting in die skaapsaal is deur hulle beskikbaar gestel.

dan in ’n voerkraalopset vir ongeveer twee-en-’n-half maande voer en versorg. By die skou is daar dan beoordeling op die hoef, asook ’n karkaskompetisie. Agterna word die karkasse dan verkoop, waarna die aanvanklike kapitaalbedrag teruggegee word en die skole die wins kan hou. Tal-Tec het drie landbouskole, WagLaat Tal-Tec jou help om ook in jou pos, Bekker en Morgenzon, gehelp om boerdery se toekoms te belê met net die aankoop van die lammers te finandie beste veehanteringstoerusting. sier. Skakel Tal-Tec by 012-250-2188 vir Die maatskappy glo dat insetverskafmeer inligting of besoek fers by die skole in hulle omgewing bewww.taltec.co.za. trokke behoort te raak. Dit is ’n belegging in voedselsekerheid vir die toekoms. Alex Wehmeyer van Hoërskool Bekker, naby Magaliesburg, sê: “Dit het ons baie gehelp om aan die kompetisie deel te neem, want dit is nie altyd moontlik vir ’n skool om so klomp geld uit te haal vir een proTal-Tec het ook die groep van Morgenzon bygestaan jek nie.” met die aankoop van die lammers vir die Bronwen Talbot van slaglamkompetisie. Tal-Tec sê na die voerkoste afgetrek is, het die skole ongelukkig nie juis wins gemaak nie, maar sy hoop dat dit hierdie jaar beter sal gaan. Sy sê: “Die kinders het sommer ’n belangrike sakeles ook geleer!” Die skole stem saam dat die grootste wins van die kompetisie die opvoedkundige waarde Die kinders van Wagpos se lammers het goed was. Frans Joubert van presteer op die hoef, maar hulle karkasse was Morgenzon sê die bietjie vet, sê hulle onderwyser, Jacques Nel (heel kinders was daagliks links). betrokke by die verProAgri 157 – Maart / March 2013

17


Wen met hooimaak Baler

Baaltoedraaier

Sekellemsnyers ’n Sekellemsnyer werk met twee stawe met geriffelde messies wat teenoor mekaar heen en weer beweeg om die gewas amper soos ’n skêr af te sny. Hierdie soort snyer sny die skoonste snit, wat die vinnigste hergroei van die gewas verseker. Veral lusernboere gebruik graag sekellemsnyers. Dit is ook die snyer wat die minste trekkerkrag vereis. Die belangrikste rede waarom daar al hoe minder sekellemsnyers op groot hooilande gesien word, is omdat dit nie so vinnig kan sny soos sommige ander nie (3 – 8 km/u), en omdat dit baie bewegende en slytdele het wat baie onderhoud verg. Klipperige lande verkort ook hulle lewensduur.

Baalsleepwa

Swaailemsnyers Swaailemsnyers is nie eintlik vir hooimaak bedoel nie en dit verniel die materiaal baie, maar dit is bekostigbaarder as die meeste ander soorte snyers en boere wat reeds swaailemsnyers vir ander doeleindes aanhou, gebruik dit dikwels ook om hooi te sny.

Baalhanteerder

Skyfsnyers Skyfsnyers sny vinnig en doeltreffend, maar hulle is ook duur. ’n Skyfsnyer het ’n aantal skywe aan ’n arm wat op die snyhoogte loop. Die skywe draai vinnig in teenoorgestelde rigtings en elkeen het twee lemme wat die materiaal vinnig afsny teen ’n spoed van 10 tot 13 km/u, sodat 1,0 tot 1,5 hektaar per uur per meter snywydte gesny kan word, afhangende van die gewas, grondtoestand en vaardigheid van die operateur. Skyfsnyers se groot nadeel was oorspronklik dat al die aandryfratte in een

ooi speel ’n belangrike rol in die veeboer se voerprogram en dit kan, veral in droogtetye, vir die boer belangriker wees as geld in die bank. Om vinnig en flink ’n voldoende vooraad hooi van ’n hoë gehalte te maak, het die boer doeltreffende, betroubare hooimaaktoerusting nodig:

H

Snyers Verskeie soorte snyers is beskikbaar en die boer moet die een kies wat die beste 18

vir sy besondere behoeftes en omstandighede sal werk.

ProAgri 157 – Maart / March 2013

groot, lang ratkas was. As een lem ’n versperring getref en een tand van een rat gebreek het, het alles binne die ratkas gebreek sodat alles vervang moes word. ’n Mens moes ook al die ratte uit die masjien ryg om aan een te werk. Moderne skyfsnyers is met afsonderlike ratkaste ontwerp sodat een vervang of herstel kan word sonder om die hele snyer te herbou. Tol- of dromsnyers Tolsnyers het gewoonlik een of meer pare groot tolle of dromme, elk met verskeie lemme wat die materiaal sny. Elke paar tolle draai in teenoorgestelde rigtings sodat die materiaal tussen hulle deur beweeg om in ’n windry te beland, wat ongelukkig die afdroogtyd kan verleng tensy dit onmiddellik nadat dit gesny is met ’n belugter omgedraai word. Die tolsnyer se groot voordeel is dat die ratkas bo gemonteer is, weg van stof en klippe, en dat die tolle met eenvoudige, maar doeltreffende, dryfbande aangedryf word. ’n Tolsnyer vra 7 tot 15 kW by die kragaftakker vir elke meter snywydte en hy sny net so vinnig as ’n skyfsnyer. Deesdae kry ’n mens snyers wat agter aan die trekker, voor aan die trekker, skuins agter die trekker of aan ’n groot raam wat na enige plek agter die trekker verstel kan word, gemonteer is. ’n Mens kry ook snyers wat binne-in rame hang sodat dit die grondkontoer deurgaans volg om baie doeltreffend op ongelyke lande te sny. Van die moderne snyers het ingeboude kneusers wat materiaal met dikker stamme kneus om dit gouer en egaliger te laat droog vir die hooimaakproses. Veral eerste snysels van die seisoen het dikker stingels wat heelwat beter droog as dit deur ’n kneuser was. Rubberroller- en staalrollerkneusers dwing die materiaal tussen die twee rollers in. Die rollers het ’n ineenskakelende chevronpatroon wat die stingels doeltreffend papdruk. ’n Fleëlkneuser is ’n as met ’n aantal slaners wat die materiaal teen die boonste wand van die kneuserkamer vasslaan om dit te kneus en die waslagie op die stingels te verwyder.

Hierdie artikel het oorspronklik in ProAgri se Voerproduksiegids 2012 verskyn. Rig navrae oor die gids aan marlien@smartpublishing.co.za.

Baalsleepwa www.proagri.co.za


Kragharke Die doel van ’n hark is om gesnyde, gedroogde materiaal in windrye bymekaar te hark sodat die baler dit maklik kan optel. Daar is nog hooiprodusente wat tolharke gebruik, maar ’n kraghark, wat deur die trekker se kragaftakker aangedryf word, werk vinnig en doeltreffender vir vollediger herwinning van al die materiaal. Daar is kragharke van allerlei groottes in die mark beskikbaar en ook soorte waar ’n aantal kleiner kragharke in tandem aanmekaar gekoppel kan word om groter wydtes te werk. ’n Goeie kraghark is stewig en doeltreffend om skoon en vinnig te hark, hy het ekstra vervangingstande en hy vereis die minimum diens en onderhoud. Balers ’n Goeie baal is netjies, stewig, kompak en simmetries gevorm. Bale moet hanteer kan word sonder om uitmekaar te breek, gelaai en gestapel kan word sonder om te swik, goed saamgepers wees om voedingswaarde langer te behou en vog uit te hou, en om nader daaraan te kom om die loonvrag van voertuie te bereik voordat die volume nie meer op die bak kan pas nie. ’n Goeie baalmasjien tel die materiaal op die land skoon en volledig op en maak stewige, goedgevormde, goedgebinde bale sonder om telkens vas te steek en aandag te verg. Watter vorm baal? Daar is vandag baalmasjiene wat drie soorte bale maak: Die tradisionele klein vierkantige baal, kasbaal of blokkiesbaal, die ronde baal en die grootpak- of blokbaal, in Engels bekend as die big pack. Klein vierkantige baal Die baalmasjien wat blokkiesbale of kasbale maak is nie die goedkoopste nie, maar blokkiesbale stapel en vervoer maklik en hulle is ook geskik vir kleiner boerderye wat nie groot baalhanteringstoerusting het nie en perde-eienaars. ’n Blokkiesbaal weeg so 18 tot 25 kg sodat dit maklik hanteer kan word, maar vir groot boerderye wat hulle diere baie bale voer, kan die laai en hantering van blokkiesbale ’n ongemaklike arbeidsuitgawe meebring. www.proagri.co.za

Ronde bale Ronde bale is die goedkoopste en vinnigste om te maak en dit vereis ook heelwat minder trekkerkrag en mannekrag omdat dit met groot toerusting hanteer word. Ronde bale is geskik vir groot boerderye en voerkrale. Hulle is beter bestand teen weersomstandighede, maar hulle is nie ekonomies om ver te vervoer nie omdat hulle nie dig gepak kan word om te laai nie en omdat hulle kan rol. Afhangende van grootte, materiaal en voginhoud kan ’n ronde baal tot ’n ton weeg. Rondebalers is beskikbaar as vastekamerbalers waarvan die bale almal ewe groot is en veranderlike kamerbalers wat bale van verskillende groottes kan maak; sommiges selfs so klein as 80 cm, sodat hulle redelik maklik met die hand hanteer kan word. Blokbale Die jongste ontwikkeling in baaltegnologie is grootvierkant-, blok- of grootpakbalers, wat in Engels as big pack bekendstaan. Hierdie bale is dig saamgepers en weeg nagenoeg net soveel soos ronde bale, maar dit stapel en vervoer makliker en meer ekonomies en neem minder plek in beslag. Grootpakbalers is duurder as rondebalers. Baaltoedraaiers Met gewone ronde bale kan jy kies of jou baalmasjien die baal met baaltou of met net vasmaak om dit bymekaar te hou. Vir baie boere is dit vandag lonend om bale ook met plastiek toe te draai om die gehalte van die hooi langer te bewaar. Daar is ook boere wat materiaal baal terwyl dit nog groener en natter is en dit dadelik dig met plastiek toedraai om kuilvoer daarvan te maak. Daar is reeds kombinasies in die mark waar een masjien bale maak en met plastiek toedraai, maar die meeste boere gebruik steeds afsonderlike balers en toedraaiers. Die boer se boerderypraktyke sal bepaal of hy sy bale eeneen met plastiek wil toedraai of kop-aan-kop in ’n lang ry soos ’n wors. Daar is masjiene vir albei keuses beskikbaar. Baalhantering Ronde bale en blokbale kan nie soos blokkiesbale met die hand hanteer word nie. Daarvoor is hulle te groot en te swaar. Daar is verskeie soorte doelgemaakte sleepwaens waarmee ronde bale van die land af aangery kan word. Daar is ook verskeie opsies van baalhantering, waarvan die goedkoopste ’n staaf met twee lang staaltande is wat aan die trekker se driepunthyser gemonteer word. Hierdie oplossing het beperkte nut omdat dit die operateur se nek gou seermaak van al die omkyk en omdat bale net op grondvlak verskuif kan word. Dit kan nie hoog genoeg opgelig word om te stapel of om op hoë sleep-

Tolsnyer

Skyfsnyer

Hark

Kraghark

waens of vragmotors te laai nie. As hierdie tande aan laaigraafarms voor aan die trekker gemonteer word, is hulle al heelwat nuttiger, maar groot melkerye en voerkrale wat groot getalle bale hanteer, verkies telehanteerders waarmee bale hoog opgestapel en op hoë sleepwaens of vragmotors gelaai kan word. Vir toegedraaide bale is knyperhegstukke beskikbaar sodat die plastiek nie stukkend gesteek word nie. Hooimaak is in ’n groot mate van weersomstandighede afhanklik. Wanneer die boer begin hooi sny en baal kan hy nie onnodige oponthoude bekostig nie. Daarom moet al sy toerusting goed ontwerp, stewig gebou, betroubaar en doeltreffend wees. Die beskikbaarheid van onderdele en kundige diens is byna belangriker as die soort toerusing wat aangeskaf word. ProAgri 157 – Maart / March 2013

19

Vee & veilings

Belugters Gesnyde materiaal moet eers droog word voordat dit gebaal kan word, anders muf die bale. As die materiaal te dig op mekaar lê om droog te word, of as dit natgereën het, word ’n belugter (“tedder”) gebruik om dit uit te pluis en om te draai. (Party boere noem ’n belugter sommer ’n klitser en as jy sien hoe hy lyk en hoe hy werk, verstaan jy hoekom.) ’n Goeie belugter draai die gesnyde materiaal volledig om en hy is sterk en stewig.


Voermaaktoerusting:

Afgri bring tegnologie plaas toe

Baalhantering was nog nooit so maklik met so min arbeid en trekkers nie. Boere het hulle verwonder aan die gemak waarmee Inttrac se Rhinobaalwa veertien bale op ’n slag op- en aflaai. egrip vir die boer se behoeftes is die sleutelbeginsel waarvolgens Afgri Delmas Meganisasie sy sake bedryf. Al die personeel van Afgri Delmas Meganisasie leef in noue kontak met die boer en weet watter tegnologie hy nodig het om sy taak ten beste baas te raak. Maar Afgri Delmas Meganisasie se mense weet ook dat geen boer dit kan bekostig om links en regs werktuie aan te koop sonder dat hy doodseker is dat hulle sal kan doen wat hy van hulle verwag nie.

B

As lusern deur die Kuhn-snyerkneuser is, is dit netjies afgesny en doeltreffend gekneus sonder verlies van ’n enkele blaartjie.

Rovic Leers se Krone-skyfsnyerkneuser sny en kneus lusern vinnig en skoon. 20

ProAgri 157 – Maart / March 2013

voordat dit gekerf word. Danksy die beweeglikheid van die snyer se snybalk, kan hy teen ’n hoë spoed sny, wat dit vir die boer moontlik maak om in die middag te sny wanneer die toestande gunstiger is en wanneer minder voedingswaarde verlore gaan. Die GMD 500 het vyf snyskywe en 25 kW kragaftakkerkrag is genoeg om hom aan te dryf. Afgri het John Deere se 458 Megawide Plus se rondebaler gedemonstreer, wat die boer die keuse bied om sy bale met net of baaltou vas te maak. ’n Kernkenmerk van hierdie betroubare, netjiese baler is dat hy materiaal besonder skoon en volledig optel, te danke aan ’n vernuftige drukroller voor die opteller. Rovic Leers se Krone Comprima-rondebaler is ook vertoon. Wanneer die bale eers gemaak is, is die boer se volgende taak om hulle uit die land uit aan te ry en as jy nie die regte toerusting daarvoor het nie, verg dit drie trekkers (oplaai, sleepwa sleep en aflaai) met ’n hele paar werkers. Maar met Inttrac se Rhino 1402-rondebaalhanteerwa is dit een trekker met een operateur se werk om veertien bale op ’n slag netjies op te laai, aan te ry en netjies af te laai. Inttrac het ook ’n uiters doeltreffende Strautmann-voermenger en Rhino-kuilvoerwa met kettingvoerpens gedemonstreer en boere was verstom oor die doeltreffendheid daarvan. Die groot adrenalienpompers by die boeredag was die reusagtige selfloopkuilvoerkerwers van John Deere en Krone, wat woerts-warts ’n hele land vol kuilvoermielies kafgedraf het. Gewapen met Afgri Delmas Meganisasie se uitgesoekte trekkers en werktuie, rotsvaste rugsteun en begrip vir die boer, kan boere hulle hooi- en kuilvoermaakproses met vertroue aandurf om hulle diere ten beste te laat presteer.

Daarom bring hulle graag die masjiene en trekkers plaas toe sodat die boer rustig self kan kyk, vrae kan stel, sy bure se menings kan hoor en self op die trekkers kan klim en met die toerusting kan werk om te voel of dit werklik is wat hy nodig het. So ’n uithaal-en-wys-geleentheid was Afgri Delmas Meganisasie se onlangse voermaaktoerusting-demonstrasiedag op die plaas van Carel Jordaan op Brandbach naby Cullinan. Byna honderd boere het die demonstrasie bygewoon, die toerusting bekyk, bevoel, bespreek en getoets, en lekker saam met hulle tegnologieverskaffers gekuier. Van die werktuie wat boere beïndruk het, is Rovic Leers se Kuhn-snyerkneusers en skyfsnyers wat Afgri bemark en rugsteun. Die kernkenmerke van Kuhn-snyerkneusers is dat dit rats en lig is sodat dit moeiteloos selfs op hellings kan sny, en dat dit min trekkerkrag vereis. Vir meer inligting, praat met Craig Hulle ovaalvormige snyskywe met Ivins by 082-997-0719 of groot mesoorvleueling sorg vir ’n flink, e-pos craig.ivins@afgri.co.za. skoon snit en die maklik verstelbare poli-uretaan chevronkneuserrollers kneus delikate gewasse soos lusern doeltreffend sonder onnodige blaarverlies. Die FC 243 R GIIsnyerkneuser wat by die boeredag gewys is, het ses skywe waarmee hy 2,4 meter wyd sny en waarvoor hy ’n skamele 59 kW trekkerkrag vra. Vir die boer wat ’n gewone skyfsnyer sonder kneuser benodig, was daar ’n Kuhn GMD 500 wat twee meter wyd sny, met sy Boere was beïndruk met die doeltreffendheid van snyskywe wat so ontwerp Inttrac se Strautmann-voermenger wat Afgri is dat dit gras skoon afsny bemark. en uitwerp www.proagri.co.za


ie wonderlikste werktuig verander summier in ’n stuk dooie, nuttelose yster as jy nie ’n betroubare trekker het om hom aan te dryf of te sleep nie. Sonder ’n doeltreffende trekker word jou duur snyer of baler, ploeg of planter ’n blote stuk skroot wat paaiemente vreet sonder om enigiets vir jou te beteken. Boonop is landbou volkome uitgelewer aan die natuur, wat bepaal dat elke ding op ’n plaas presies op die regte tyd moet gebeur. Jy kan nie jou melkkoeie maar môre kosgee net omdat die trekker wat jou voermenger aandryf vandag gestaak het nie; jy kan nie kuilvoer maar volgende maand sny omdat jy vir trekkeronderdele en -diens wag nie... Daarom besef die wyse boer dat betroubare trekkerkrag die sleutel tot suksesvolle boerdery is – en daarom gebruik hy die trekkers wat hom sekerheid van prestasie en die beste waarde vir geld bied: John Deere. Dis John Deere wat daardie ploeg, planter, baler en voermenger die lewe gee om vir die boer nuttig te wees. Wanneer ’n mens oor trekkerpryse praat, moet jy na die hele prentjie kyk, waarsku Cobus Botha, takbestuurder van Afgri Meganisasie op Delmas. As jy ’n John Deere by Afgri Delmas koop, moet jy die volgende byreken by wat jy kry vir die prys wat jy betaal:

Vee & veilings

D

John Deere gee lewe! So stap die John Deere-kuilvoerkerwer teen 200 ton per uur deur die mielies om presies-gekerfde kuilvoer te maak.

• Die beste trekkertegnologie wat geld kan koop, vernuftig ontwerp om die boer in alle opsigte ten beste te dien, en noukeurig vervaardig om jare en jare se betroubare diens te lewer. • ’n Puik waarborg waar Afgri en John Deere saam met die boer instaan vir die koste van enige moontlike herstelwerk met internasionale rugsteun. • Spesialis-opgeleide tegnici wat met ten volle toegeruste werkswinkelbakkies oorgehaal staan om dadelik

diens op die plaas te bied wanneer dit nodig sou wees. ’n John Deere-tegnikus is toegerus om net daar uit jou land uit per internet met die John Deere-fabriek in Amerika te skakel om enige moontlike probleme op te los. • Blitsige beskikbaarheid van onderdele sodat ’n John Deere nooit ledig hoef te staan en wag op onderdele nie. • ’n Uiters gunstige herverkoopprys as jy dalk eendag sal besluit om jou John Deere te verkoop. • ’n Beskeie dieselverbruik wat, veral teen vandag se pryse, handige rande in die boer se sak besorg.

’n Kernkenmerk van John Deereprodukte is die sorgsame naverkoopdiens wat boere geniet. Charles van Loggerenberg is ’n hoogs opgeleide John Deere-dokter en Afgri Delmas het 17 bakkies soos hierdie een wat volledig toegerus is met gereedskap, elektrisiteit en lugdruk. Die bakkie het selfs ’n tenk vir olie wat afgetap word.

Die wyse boer reken hierdie waarde by sy sommetjies in en dan is dit nie meer ’n kwessie van kan jy bekostig om ’n John Deere te koop nie, maar eerder of jy dit kan bekostig om nie ’n John Deere te koop nie. By Afgri Delmas Meganisasie se onlangse boeredag op Brandbach naby Cullinan, kon boere weer sien dat daar ’n John Deere-trekker vir elke taak op die plaas is en hulle kon die louter genot ondervind om self met hierdie trekkers te werk. Daar was trekkers van die heel klein, maar kragtige karnallies tot groot ou dikstemme, wat by die hooi- en kuilvoerboere die meeste aandag getrek het, soos John Deere se tamaai 7550 ProDrive selfloop-kuilvoerkerwer. Met sy 13,5 liter Powertech-enjin wat 458 kW uitskop, draf die John Deerekuilvoerkerwer ’n pad van 4,5 meter deur die kuilvoerland oop om 200 ton per uur te kerf teen enige snitlengte wat jy wil hê van 6 tot 26 mm – fyner vir

www.proagri.co.za

vetmesvee en growwer vir melkproduksie. Die snitlengte word met ’n akkuraatheid van 1 mm verstel deur bloot ’n knoppie op die beheerarm te draai. Vir mieliekuilvoer het die 7550 ProDrive ’n pitbreker wat die verteerbaarheid van die mieliepitte en dus die voedingswaarde van die kuilvoer verhoog. En ’n klipkeerder en magneet beskerm hom (en jou vee) teen vreemde voorwerpe in die voer. Vir meer inligting oor John Deere se reeks staatmakers vir die boer, praat met Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarelJ@JohnDeere.com, of as jy in Delmas se omgewing is, met Craig Ivins by 082-997-0719 of e-pos graig.ivins@afgri.co.za.

Boere by die Afgri-voerproduksiedag naby Cullinan was beïndruk met die 8285R-vierwielvastrapper wat hier wys watter bruikbare vernuf onder sy enjinkap skuil. Sy enjin skop 210 kW uit, wat met ’n hupstoot tot 231 kW vermeerder kan word. ProAgri 157 – Maart / March 2013

21



Jou beeste vra die beste:

Staalmeester se JF C120 kuilvoerkerwer eeste in ’n voerkraal maak net vir jou geld as jy vir hulle lekker voedsame kos, soos goed voorbereide kuilvoer, gee. En kuilvoermaak hoef nooit weer vir jou ’n probleem te wees met Staalmeester se nuwe JF C120-presisiekuilvoerkerwer nie. Dail van Rensburg van Delareyville sê dit is vir hom belangrik dat sy slagbeeste wat op voerkraal staan ’n goeie tipe voer moet kry, daarom maak hy kuilvoer. Dit is egter net so belangrik dat kuilvoer op die regte tyd gesny moet word, want die gehalte en voggehalte gaan gou af. Dit is waarom hy benewens sy bestaande JF 92Z10-kerwers van Staalmeester nou ook die nuwe JF C120 bygekoop het. “Die masjiene se werking is eenvoudig, hulle is nie vol tierlantyntjies nie en daarom werk hulle goed en dit is maklik om hulle te herstel indien nodig.” Dail sny mielies vir kuilvoer en hy gebruik die eenrykop op sy JF C120, maar dit is ook moontlik om in ’n japtrap ’n tweerykop of ’n graskop te monteer. Die JF C120 is so ontwerp dat hy tot 20% groter leweringspoed as sy voorgangers het. Een van die nuwe ontwikkelings is sy slim aandrywingstelsel wat die doeltreffendheid van die kragoordrag van die trekker na die rotor met tot 40% verhoog, wat beteken dat jy minder trekkerkrag vir meer werk nodig het. Die nuwe, robuuste rotor het 12 Cvormige lemme wat met gemak deur die taaiste mieliepit kloof en is maklik toeganklik vir enige onderhoud. Die rotorkas het ook ’n dikker bodem vir ’n langer lewe. ’n Eenvoudige ratkasverstelling sorg vir 24 akkurate snitlengtes van 2 tot

B

Die JF C120 se slim geen-gly aandrywingstelsel verbeter kragoordrag van die trekker af met tot 40%. www.proagri.co.za

’n Skoongesnyde stoppelland is al wat agterbly as Staalmeester se JF C120kuilvoerkerwer deur ’n mielieland beweeg. Hy haal lag-lag 30 ton per uur af. 40 mm en as die snitlengte eers gestel is, bly die snit eenvormig. Die plukkerkop is toegerus met ’n spesiale stervormige lem om die stamme skoon af te sny, wat ook die hergroei van grasgewasse bevorder. Ontwikkeling aan die geut het ook nie agterweë gebly nie. Daar is geen interne sweismerke nie, wat die vloei van die gesnyde materiaal bevorder en ook so bydra tot die werkspoed. ’n Goeie masjien is ’n goeie begin, maar dit word ook aangevul met Staalmeester se goeie diens en ondersteuning. Dail sê die kerwer is eenvoudig genoeg dat hy self herstelwerk kan doen indien nodig en Staalmeester lewer flink en vinnig enige onderdeel wat nodig is af. Staalmeester se kuilvoerpakket stop

Die kerwer kan ook toegerus word met ’n tweerykop vir mielies of sorghum.

ook nie by kerwers nie. Daar is ’n wye reeks tolharke beskikbaar, asook kuilvoerwaens soos die JF Taurus 9000 kuilvoerwa. Gee jou beeste die beste kos. Kontak Eduan Booyens by 082-8836484 of Martin Coetzee Jr by 082- 806-6377, 018-431-2171/2 of info@staalmeester.co.za vir meer inligting oor die JF C120-kuilvoerkerwer of enige ander beproefde kuilvoertoerusting van Staalmeester.

Die snitlengtes kan gestel word van 2 tot 40 mm en dit bly eenvormig. ProAgri 157 – Maart / March 2013

23


24

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

25


Lamseisoen:

Boer beter met kalsium deur Johannes Jansen, Four Lakes et die ontstaan en die verbetering van die “lamhok”-stelsel, asook sinkronisasie en lapraskopie, word daar deesdae baie van ’n ooi verwag, veral as sy ’n drieling of selfs ’n vierling moet grootmaak. Nadat ’n ooi gelam het, word baie kalsium uit haar bloed, en later uit haar skelet onttrek, om goeie biesmelk te produseer, gevolg deur maksimale melkvloei wat hoë eise aan ooie met meerlinge stel. ’n Goeie eetlus verseker hoër melkproduksie, en dit kan alleenlik gebeur as die ooi se grootpens (rumen) gesond is nadat sy gelam het. Die korrekte pH en genoeg gesonde rumenflora in ’n ooi se grootpens hang af van wat haar droëmateriaal-inname gaan wees. Met mondelinge kalsium- en probiotika-aanvullings kan ’n mens verseker dat ’n ooi haar kondisie beter handhaaf, en ’n ooi in goeie kondisie produseer meer en beter gehalte wol (minder breekwol). Reproduksie is waaroor dit eintlik gaan, en dit is waarna daar onder ’n vergrootglas gekyk moet word. Indien die ooi haar kalsiumvlakke kan behou na lam, tydens melkproduksie, behoort haar baarmoeder vinniger te dreineer van geboortevloeistowwe as gevolg van aktiewe gladdespier-sametrekkings. Die gevolg is vanselfsprekend. ’n Gesonde baarmoeder beteken beter konsepsie, en beter konsepsie beteken meer lammers – dit alles te danke aan korrekte kalsiumvlakke. Soek vir produkte wat ’n kombinasie van kalsium, magnesium, probiotika, vitamine en elektroliete bevat om vir die bogenoemde aspekte voorsiening te maak. Dis belangrik dat hierdie produk mondeling ingeneem word, aangesien die ooi dit sodoende beter opneem en metaboliseer nadat sy gelam het.

M

26

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

BOSTRUM BONSMARA

LOT 6 HDT08-059 - poena

12 APRIL 2013 Lydenburg

35 Bulle (6 poena) 100 Vroulike diere Dieter 083-634-8483 / Gustav 082-870-8929

www.bostrumbonsmara.co.za

Oljaco Game Dealers 16 Maart 2013 Die volgende wild sal op die veiling aangebied word naamlik: 20 6

Buffel Zambiese kruis swartwitpense

2 30 50 20 60 10 30 15 150 15 30 20 10

verse Zambiese swartwitpensebulle Blesbokke Blouwildebees Leander Blesbokke Kameelperde Koedoes Njalas Rooibokke Rooihartbeeste Sebras Waterbokke Volstruise

om 11:00, Oljaco Krale, Vaalwater Die veiling word namens Dr Nico Grobbelaar gehou.

Skakel vooraf om seker te maak of die wild waarin u belangstel reeds op hok is.

Kontak Besonderhede: Tel: 014-755-3626 Sel: 082-388-2740/3/4 E-pos: gamedealers@mweb.co.za

www.oljaco.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

27


28

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

Goeie veiling gehad? GEBRUIK SLEGS BULLE

Buffalo Valley Drakensberger veiling

met die $X-brandmerk. Hulle beskik oor prestasiesyfers en u het die ondersteuning van die Genootskap. Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0900 Epos: sussex@studbook.co.za Webblad: www.sussex.co.za

Woensdag, 22 Mei 2013, om 11:00 te Nooitgedacht, CAROLINA

Tuli Cattle Breeder’s Society Tel 051-410-0958 www.tulicattle.co.za

AgriTrader

Stuur jou uitslae na info@proagri.co.za vir gratis plasing op www.proagri.co.za

Rooiwater, Galsiekte, Suurveld Skakel John Roos by 082-809-7941 of Vic Roos by 082-805-3932

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer 40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 of 051-446-6089 stefan@agritrader.co.za

www.proagri.co.za

Engela du Plessis (Pretoria) 012-342-5141 engela@proagri.co.za

Adele van Tonder (Pretoria) 012-342-5141 adele@proagri.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

29


AgriGids

LM Tank Herstelwerk Herstel van enige plastiektenks • • • • •

Watertenks Silo’s Gifspuite Dieseltenks Chemiese tenks ens.

Alle areas!! Skakel Martiens by 084-434-7916

www. tatamatarps.co.za Reservoir linings / Opgaartenkvoerings 500g/ 400 micron PVC @

R25 per m2 650g/ 500 micron PVC @

R45 per m2 900g/ 650 micron PVC @

Earth dam linings / Gronddamvoerings

R65 per m2 280g/ 55% shade net @

R9 per m2

PHONE TODAY! SKAKEL VANDAG! 072 279 3294

The Sun Pays

Vir al u plaasbenodighede sedert 1968 Verskuifbare beeskrale Baallaaiers en -vurke Skale en nekklampe Hooi-ringvoerders Kalfkanteltoestelle Selfvoerders Spuitdippe Landrollers Suipkrippe Laaibanke Fabriek: 033-263-1056 Kantoor: 034-325-9960 Faks: 086-548-4790 Sel: 082-871-0123

E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad: www.nmreng.co.za

Bekostigbare songeisers Hoëdrukstelsels met 1,2 mm-vlekvrye-staaltenks en hittepype vanaf:

Gratis aflewering 100km vanaf Cullinan

R4 795 R6 995 R9 995 R11 995

Nuut! Groen-reeks laedruk 2 jaar waarborg songeisers 100 liter, 10 buise vanaf R2 195 150 liter, 15 buise vanaf R2 995

Pryse sluit BTW in

BASSA

Laedrukstelsels vanaf:

100 liter, 12 buise 150 liter, 18 buise 200 liter, 24 buise 250 liter, 30 buise

R2 895 R3 995 R5 995 R6 995

5 jaar waarborg

0860-SUNPAY (086 078 6729) Johan 082-515-1655 sunpays@hotmail.com / www.thesunpays.co.za

Beton veewaterkrippe/ troughs

Vervaardigers gesoek in:

Gauteng, Limpopo, Noord-Wes, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat en Mpumalanga KwaZulu Natal - Midlands Beskikbaar in 850l @ R2 200 + BTW en 1 100l @ R2 500 + BTW

Skakel Rod 082-454-1236 30

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za


Sakkie 083-250-5363 sakkie@plasticdroppers.co.za

Solied met riwwe

Die oplossing vir die wild- en veebedryf, asook enige elektriese heining.

Plastic Droppers word gemaak van HDPE AAA+ graad (hoëdigtheid poli-etileen) en is: • Elektriese heining: skakel isolators uit • Sterk (2,9 kN) en getoets deur SABS • Sonbestand en vuur weerstandig Net R3 • Maklik om te hanteer en lig (170 g/m) per meter! • Gemaak met riwwe vir netjiese drade • Beskikbaar in enige lengte -Patentnr: 2009/07064 -Model-/Ontwerpnommer: F2010/00430 • Trek nie skeef in son en hitte

Aflewering moontlik

www.plasticdroppers.co.za

Mis-/Kalkstrooiers

• Doelgemaakte swaardiensstrooiers • Beskikbaar, 14 - 22 kubieke meter • Strooiwydte is aanpasbaar tot en met 16 meter • Strooi enige tipe mis, kompos en kalk • Presisietoerusting aanpasbaar • Strooier kan op vragmotor gemonteer word

Dolf Volschenk: 017-712-5355 www.havco.co.za info@havco.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

31

AgriGids

Plastic Droppers


AgriGids

VERM IL L IA N VE RF U nuwe dimensie in verftegnologie

Bk 96/16880/23

Sedert 1980 Since

Spesiale fabrieksaanbiedinge!!!

Waterdigting

5L

Nanotegnologie

Vul krake en lekplekke, ingeboude sintetiese vesel, waterbasis super akrillies.

Verust

5L

Roesvoorkomingsbehandeling, roes- en kiemdoder, verf regstreeks op roes, verdunnerbasis.

20L

Nou!

R44999

Solar Aircon dakverf

Isoleer koue en hitte, (kan temperatuur binne met 10 grade Celsius laat daal) keer uitsetting en inkrimping met nanotegnologie.

5L

R15999

R72999

Rooi/Grys OKSIED Nou! R10999

Roeswerende staalonderlaag, vinnige droging, verdunnerbasis.

20L Veeldoelige akriliese PVA Binne-/buitemuurverf, roupleistermure, plafonne, 5 jaar lewensverwagting.

R22999

20L Dak & plaveisel seëllaar vanaf Nanotegnologie UV- en waterbestand lewensverwagting 10 jaar, super akrilies.

20L

Muurverf

binne en buite

Lewensverwagting 10 jaar, UV- en waterbestand Super akriliese afronding, wasbaar.

10kg

Kraakvuller

Binne en buite, wit vuller afronding, vinnig droog.

Hoëglans emalje

5L

Stoom en waterbestand, vlekbestand, standaard kleure beskikbaar.

20L

R53999

R46999

Nou!

R9999 vanaf

R26999

Super satyn muurverf

Binne en buite, suede glansvoorkoms, meer as 10 jaar lewensverwagting, super satyn afronding, hoogs wasbaar.

R68999

010-591-1010 /

Bon Accord:

087-830-2257

012-335-4218

PTA-Noord:

012-546-3350

012-335-0330

Frederika:

012-335-5446

Elarduspark: 012-345-4273

Capital Park:

012-335-4124

Viljoenskroon: 081-467-2189

Faks:

086-615-8613

PTA Wes:

012-327-2972

Wes-Kaap:

084-091-4528

Gezina:

012-329-0101

Volg ons op

Fabriek: Eloffsdal:

www.vermillianpaint.com 32

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za


AgriGids

Vervaardigers van: Voermengers, Hamermeulens, Pilmasjiene Rondebaalkerwers

BJP Supplies Tel: 023-342-6070 Sel: 082-335-3970

Slaap rustig! Laat FaunaTRACK jou vee dophou. • FaunaTRACK, jou elektroniese skaapwagter waarmee jy jou vee van Kaap tot Kairo kan dophou. • Elektroniese halsband • Selfonderhoudende plaaslike netwerk sorg vir kommunikasie tussen halsbande en die Internet. • FaunaWEB verleen wêreldwye toegang tot jou stelsel.

Monitor self jou kudde, of laat ons dit doen. Kontak Desmund by 082-414-3242 pro_buzz@mweb.co.za of besoek

www.faunaTRACK.co.za. www.proagri.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

33


AgriGids

Agri Distributors Western Rivers Probleemdier Roepers

AG-301: Apache Pro –

R5 700 BTW & aflewering ingesluit

AG-302: Navajo –

R3 950 BTW & aflewering ingesluit

Apache Pro - AG-301 APACHE FEATURES: • Liquid crystal display on remote control (extra large for viewing) • Advanced remote control range (more sensitive at longer range) • Liquid crystal display features green back light for night viewing • Large key pads for ease of use in field with gloves • Select-a-speaker for remote changing speakers from left to right • Insta-scan sound selection for fast scan of sounds • Remote controlled for controlling motion decoy movements • Remote control uplink port/cable for sync of system • Apache operates on (8) AA batteries • Remote operates on (1) 9 Volt battery Navajo - AG-302 NAVAJO FEATURES: • Complete Orion sound library • Holds up to 400 wildlife sounds • 250 yard ergonomic LCD remote control • Select – A- speaker feature • Dual speaker design • External speaker jack • Remote controlled decoy jack

CONTACT US Tel: 023-230-0595 / Cell: 079-243-4106 34

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za


Ruvoere (Hartswater)

WORK IN AUSTRALIA Skilled and experienced people required for jobs in the Outback. Successful applicants will be sponsored migrants for 4 years with permanent migration possibilities. Minimum yearly salary AUD $52000 (ZAR440K) many with free accommodation and other perks. Skills sought: - Farmers with 5 years experience (crops, livestock, fruit) - Mechanics, fitters and welders with qualifications and experience - Extension officers/Agronomists with degree and experience (grain, cotton, sugar, fruit) - Project managers, Miners, Engineers Will need to get English certificate, have references checked and pay for tickets to Australia.

Contact Rod Mackenzie (KZN) 082-454-1236 or rod-shadow@vodamail.co.za Referees available

• lusern groot bale (big packs) • lusernbale (klein) • lusernmeel (sakke met kaartjies) • grondbone hooi (klein) • grondbone hooi (big packs) • grondbone hooi meel • koringstrooi (big packs)

AgriGids

Multi Multi Feeds

(Pty) Ltd

Die antwoord tot al jou voerbehoeftes

Kommoditeite • Commodities • katoen oliekoek / cotton oilcake • katoensaad / cottonseed • sonneblom oliekoek / sunflower oilcake • soja oliekoek / soy oilcake • volvet soja / full-fat soy • vismeel / fishmeal • koringsemels / wheaten bran • mieliesemels / hominy chop

Kontak ons / Contact us Fax: 086-524-5050 • E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 • Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za

Multi Feeds -

the answer to your feed needs

ONS IS MOS PLAASMENSE

Bestel ’n skildery van jou boerdery. Stuur fotos aan Matie en hy skilder jou eie plaastoneel. Kontak hom by 012-348-0079 of 082-318-3105

Afdrukke van sommige van Matie se gewilde plaasskilderye is ook beskikbaar teen verskillende pryse. Vir meer inligting kyk asb op www.trekkerskilder.co.za

www.trekkerskilder.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

35


AgriGids

BULPERD 4 m Grondpadwa

• 4 m grondpadwa • LED ligte • trokvere • 2x2,5 ton rem-aste • 3 mm vloerplaat met mat vir gly • spaarwiel

Wildwa

3.2m dubeldekker rondeneus

• 2 kompartemente • rubbermat • deur natuurbewaring goedgekeur • dreineringsgate/luggate • inspeksiedeurtjies • dakkappe • 15-duimbande R2 000 ekstra

• Verwyderbare plank • Spaarwiel • Mat vir gly • Middelhekke, kanthek, agterhek swaai en skuif

R45 900

R53 900

R37 900

btw ing

btw en spaarwiel ing

btw ing

Skakel Calie 082-414-2569 / Faks 053-83-1866 Besoek gerus ons webblad by: www.bulperd.co.za

36

ProAgri 157 – Maart / March 2013

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 157 – Maart / March 2013

37


Koop tweedehands

HA DELAAR VA DIE JAAR 2011/12 Roux Straat 16, Bethlehem, 9700

Barloworld Agricultural Bethlehem

Kom besoek of kontak ons gerus vir alle

Massey Ferguson en Challenger aankope. Ons beskik oor ’n verkope afdeling van nuwe en gebruikte landboutoerusting, ’n volledige reeks onderdele asook ’n goed toegeruste werkswinkel.

Barloworld Agriculture Bethlehem Posbus 1941/ 16 Roux Straat Bethlehem 9700 Tel: (058) 303 0894 Faks: (058) 303 4084

38

ProAgri 157 – Maart / March 2013

Takbestuurder: Les Brandon 082-850-0319 Verkope: JP Jonker 083-794-8323 Na-Verkope: Jacques van den Berg 072-357-5787

www.proagri.co.za


Koop tweedehands

HA DELAAR VA DIE JAAR 2011/12 Roux Straat 16, Bethlehem, 9700

2007 Case Puma 195, 4 300 uur, R560 000 + BTW

2 x 2010 Case JX95’s, 2 000 & 2 100 uur, R210 000 elk + BTW

2003 JD8520, 9 600 uur, R690 000 + BTW

2006 JD8530, 6 800 uur, R1 020 000 + BTW

1998 Landini 105 Legend, 7 600 uur, R130 000 + BTW

1997 Landini 10000 Merk 3, 8 000 uur, R120 000 + BTW

2011 MF290 4wd, 900 uur, R230 000 + BTW

6 x 2011 MF480 4wd Kajuit, Ure wissel van 900 - 1500, R450 000 elk + BTW

2007 MF460 4wd, 5000 uur, R195 000 + BTW 2011 MF480 4wd Platform, 1 100 uur, R440 000 + BTW • Verkope van nuwe en gebruikte landboutoerusting • Goed toegeruste werkswinkel • Onderdele vir Massey Ferguson en Challenger produkreeks

www.proagri.co.za

Beperkings en voorwaardes geld. Pryse geldig terwyl voorraad hou.

Takbestuurder: Les Brandon 082-850-0319 Verkope: JP Jonker 083-794-8323 Na-Verkope: Jacques van den Berg 072-357-5787

ProAgri 157 – Maart / March 2013

39


Koop tweedehands

Maxicut-rolmoer 9 meter

Mediumdiens kontrasskotteleg (offset) Olifant-opteller 20 – 32 skottels hoogte 4 - 5 meter KAT-REEKS: Beitelploeë, rolmoere, kontrasskottelêe, grondbore, rygewasskottels, bossiekappers

Swaardiens kontrasskottelêe (offsets) 24 – 36 skottels 270 mm spasiëring

TXF-tandemskotteleg 84 skottels 230 mm spasiëring

Frikkie van der Merwe agri@act.co.za www.agritrek.co.za 40

ProAgri 157 – Maart / March 2013

BAINSVLEI AGRI BLOEMFONTEIN

Selfoon: 079-694-7721 Kantoor: 051-451-9100 Faks: 086-263-8322 www.proagri.co.za


NEW Peake YTO Sprayer “InFront and Over the Top” A new innovative, cost effective “InFront and Over the Top” idea for effective crop spraying. The sprayer is based on the YTO X904 tractor, powered by a 66,5 kW 4-cylinder direct injection water cooled diesel engine, with an 11” single dry double action clutch. 12 forward gears and 4 reverse. HD rear wheel chain drive.

Independent 4-wheel “AirRide” suspension Ground clearance of 1,8 m Front mounted always visible 18 – 24 m spray boom 1 800 liter 3CR12 spray tenks Computer-controlled TeeJet rate controller Air conditioned cab Fixed track width to farmers’ specifications 2- or 4-wheel drive models available

Peake Equipment Office: 012-277-1360 Donald: 083-701-0810 / donald@peakeequipment.co.za Cliff: 083-702-0050 / peakeequipment@vodamail.co.za

www.peakeequipment.co.za

Jou nr1 keuse in landbou

Kontak ons vir alle landbou- en konstruksietoerusting, asook onderdele en herstelwerk

Tel: 051 432 0426 Faks: 051 432 0423 casebfn@mweb.co.za Frikkie van Kraayenburg 23 Ooseinde Bloemfontein

Bemarkers: Neels Hamman 082 558 4456 David Vorster 082 461 6201 Onderdele JC Serfontein 051 432 0426



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.