ProAgri

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

April 2013 Nr / No 158 ISSN 1042–1558

Spesiaal: NAMPO-kaart binne!

Besproeiing: Veeboerdery:

Spilpunte word slimmer Skeduleer jou reĂŤn

Pfizer word Zoetis Hanteer bale sonder arbeid

Meganisasie: Kies die regte trekker Wen met Valtrac Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery |

Veilings

AgriTrader

1



In hierdie uitgawe Redakteursbrief

n ’n stadium is daar spottenderwys gesê as voertuigtegnologie so vinnig soos rekenaartegnologie ontwikkel het, sou ons almal in karre so groot soos vuurhoutjiedosies moes ry! Een ding is seker, in die landbousektor word daar met die nuutste tegnologie op alle terreine gewoeker. Dit is verstommend om te sien hoe rekenaartegnologie en satellietkommunikasie ingespan word om boerdery so presies en doeltreffend as moontlik te maak. By die SIMA-landboutoerustingskou in Frankryk is tegnologie vertoon wat dit letterlik moontlik maak vir ’n

I

boer om van sy stoep af met sy tabletrekenaar in die hand te stroop. Meganisasie is ons voorland! Ek was bevoorreg om met die ondersteuning van Valtrac saam met verteenwoordigers van die Agri Megagroep die skou by te woon. Naas die indrukwekkende masjiene en pragtige diere, was ons groepie vroue nogal beïndruk met die netjiese voorkoms van die boere en maatskappyverteenwoordigers. Dalk ook ’n voorbeeld vir ons mense... Een van die hoogtepunte in Frankryk was ’n besoek saam met Wynn Dedwith van Valtrac aan die AGCOfabriek by Beauvais, so ’n uur per trein noord van Parys. Massey Ferguson- en Valtra-trekkers word hier vervaardig. Op die foto staan ons by ’n Vaaljapie in die Massey Ferguson-museum op die terrein. Dit was voorwaar ’n ondervinding om te sien vanwaar die eerste rat vir ’n ratkas uit ’n staalstaaf gesny word, tot waar die voltooide trekker op eie stoom uit die fabriek ry. Dit was ook ’n staptoggie van 7 km deur die fabriek om dit te sien! Ek vertrou dat u hierdie besondere NAMPO-uitgawe van ProAgri met al sy tegnologie-nuus gaan geniet. Boer slim! Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za

ProAgri

Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 3 Kies die regte trekker 7 SA boere wen met wakker Valtrac 12 Geenbewerking: Crop-Tech se Jumil is jou planter! 16 Koop John Deere; koop ’n toekoms 17 Kitsdiens vir Afrika Gewasproduksie 21 Kubota draai op ’n tiekie 22 Skeduleer jou reën met Senter 360 27 Gesaaides groei geil met Ocmis-besproeiing 29 Nuwe tegnologie maak spilpunte nog nuttiger

Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

7

12

Hulpbronbestuur 33 Kyk tog net vorentoe, vra TLU SA Veeboerdery 35 Zoetis: Dié naam in dieregesondheid 38 Rhino baallaaier skitter 41 Kuilvoer bied die beste kragkos vir jou diere 44 Bestuur hipokalsemie by melkkoeie Spesiaal 36 NAMPO-kaart

www.proagri.co.za

Uitleg & grafika Esta van Niekerk

Rekeninge & intekening Ronel Keet > 012-342-5141 accounts@smartpublishing.co.za

Smart Publishing Algemene bestuurder Anneke Claassen > 012-342-5141 anneke@smartpublishing.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne van Niekerk Sakebestuurder George Grobler

Die Rhino 1402 baallaaier op ons voorblad maak dit moontlik vir een werker om met gemak 14 groot rondebale op te tel en te skuif. Dit is een van die voorbeelde van meganisasie wat groot besparing in arbeid en diesel kan meebring.

FREE MEDIA SPECIALISTS

21

38

Voorblad

SMARTPUBLISHING

Bemarker: Aanlyn en video’s Sandra-Lee van Rooyen > 079-515-8493 sandra-lee@smartpublishing.co.za

Advertensienavrae Engela du Plessis > 012-342-5141

27

Gereeld 48 Veilings 57 GeneGids 59 Agritrader 68 Koop tweedehands

Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

Francis Baard straat 977 Arcadia, Pretoria Tel: 012-342-5141 www.smartpublishing.co.za

Business-to-Business: Agriculture ABC Oct – Dec 2012 39 196 average copies per month Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

ProAgri 158 – April 2013

1



Meganisasie

Die artikel is ’n uittreksel uit een van die artikels wat in ProAgri se Werktuiggids 2013 gaan verskyn waarin handige riglyne oor die keuse van ’n wye verskeidenheid landboutoerusting gegee word. Maatskappye wat hulle produkte in die Werktuiggids bekend wil stel, kan gerus vir ProAgri by 012-342-5141 skakel of vir Stefan van Wyk by 082-3817563.

Kies die regte trekker n die goeie ou dae kon ’n boer, as sy ploeg in ’n harde land vassteek, bloot harder met sy osse praat of driftiger met sy sweep klap vir daardie ekstra trekkrag. En as dit nie help nie, kon hy nog twee of vier meer osse laat inspan. Vandag is boerdery nie meer so eenvoudig nie. Jy moet vooraf presies die regte trekker kies wat jou werk sal kan doen; jy kan nie na gelang van die las meer trekkrag byvoeg nie en prys, loopkoste en dieseldors verhoed jou om te groot te kies. Die verstandige boer koop ook nie ’n trekker omdat hy van die kleur hou of omdat die enjin vir hom mooi dreun nie. Die eerste ding wat ’n verstandige boer doen wanneer hy ’n trekker wil koop, is om te besin presies wat hy nou en in die toekoms daarmee wil doen. Vra jouself vrae soos:

I

aftakkerkilowatt ook aan jou vereistes voldoen – by sommige trekkers is dit heelwat minder as die enjinkilowatt. Moenie ’n trekker koop wat te swak is om die werk te doen nie, maar ook nie een wat te sterk is nie. Kilowatts kos geld, maar ’n te groot trekker suip ook meer duur diesel, is minder maneuvreerbaar, vereis groter werkruimte en beskadig die grondoppervlakte meer. Onthou, geenbewerkingplanters is swaar en veral wanneer die grondstruktuur nog nie heeltemal reggestel is nie, vereis geenbewerking genoeg trekkerkrag. Het die trekker alles wat ek nodig het? Vra jouself die volgende vrae:

Deel 1

• Watter soort werktuie gaan jy gebruik en watter monteerpunte, kragaftakkerspesifikasies en hidrouliese aftappunte gaan daarvoor nodig wees? Gaan daar byvoorbeeld ’n voorste driepunthyser en kragaftakker nodig wees vir werktuie soos snyers en bonestropers? • Op watter soort oppervlakke gaan jy die trekker gebruik: Sand, modder, gruis of spuit- en skoffelwerk in gewasse? • Is daar enige beperking op die grootte of gewig van die trekker wat jy nodig het, soos nou hekke en paadjies, smal brûe, skuins hellings, take in skure, tonnels, boorde, wingerde en kweekhuise? • Watter vragte gaan die driepunthyser moet dra? vervolg op bl 5

Hoeveel kilowatt gaan ek nodig kry? Die soort werk wat jy met die trekker wil doen, gaan bepaal hoe sterk die enjin moet wees. Maak seker dat die krag-

www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

3



• Is die grondvryhoogte groot genoeg vir byvoorbeeld werk oor die bulte in aartappellande? • As jy van plan is om in die nag met ’n trekker te werk, moet hy genoeg ligte hê om rondom te sien waar jy nog wil werk, waar jy reeds gewerk het en hoe dit met die werktuig agter die trekker gesteld is. • Watter trekkereienskappe gaan vir jou boerdery belangrik wees? Vierwieltrek, tweewieltrek of rusperbande? Vierwieltrek-trekkers is heelwat duurder, maar die krag oordrag na die grond is baie beter as by ’n tweewieltrek, sodat jy meer trekkrag per kilowatt kry as met ’n tweewielaangedrewe trekker. Dit is ook noodsaaklik as jy ’n laaigraaf voor aan jou trekker wil monteer en boonop is die herverkoopwaarde van vierwieltrek-trekkers hoër. Maar wanneer jy langafstand-sleepwerk teen ’n hoë spoed wil onderneem, is tweewieltrek ’n beter opsie. Rusperbandtrekkers wen vinnig veld vir die bewerking van groot oppervlaktes, veral vir diep skeurploegwerk in sandlande en plantwerk met wye planters. Die groot spoor verminder grondkompaksie en oormatige wielglip wat onnodig diesel vermors. Dit stel die boer ook in staat om gouer na die reën met die planter in die land te kom. Van wiele gepraat, moet die boer ook kyk na opsies soos hoe verstelbaar die wielwydte is, of die aste lank genoeg is om bykomende wiele te monteer en of die trekker geskik is vir groter, smaller wiele sodat jy hom vir spuitwerk in gewasse kan gebruik. Kajuit of nie? Trekkers met kajuite is duurder, maar word al hoe gewilder. Dit verseker

Die 2013-Meganisasiegids kos R230 en kan bestel word by 082-828-9531 of koosleroux@live.co.za

www.proagri.co.za

beter operateursgerief, wat langer werksure met hoër produktiwiteit in alle weersomstandighede moontlik maak. ’n Kajuit is ook uit ’n gesondheidsoogpunt noodsaaklik wanneer gifbespuiting gedoen word. Hoë spesifikasies of werkesel? Hoëspesifikasietrekkers met satellietposisionering is duur, maar die presisieboerdery wat daarmee moontlik gemaak word, bespaar die boer baie geld deur die uitskakeling van oorvleueling en dubbelbewerking en deur akkurate plantwerk, kunsmistoediening en spuitwerk en datavaslegging wat gewasproduksie meer akkuraat en lonend maak. Talle wyse boere gebruik hoëspesifikasietrekkers vir aanvoorwerk en gespesialiseerde take, maar hou ook laespesifikasietrekkers aan vir donkiewerk. Besluit mooi wat jy nodig het en beplan jou trekkervloot sorgvuldig. ’n Mens klim nie sommer op ’n hoëspesifikasietrekker soos op ’n Vaaljapie en daar gaat jy nie. Spesiale opleiding is nodig om hierdie trekkers te bestuur en om die meeste waarde uit die gevorderde tegnologie te put. Maak seker dat die verskaffers die nodige operateursopleiding bied. Maak ook seker dat die verskaffers opleiding bied vir die versiening van die trekkers wat op die

plaas gedoen moet word, soos om olievlakke na te gaan en om verkoelerroosters skoon te maak. Lees verder in die volgende uitgawe van ProAgri. Vir meer inligting oor sinvolle meganisasiebeplanning, skakel Koos le Roux by 082-828-9531.

ProAgri 158 – April 2013

5



Meganisasie

Van Parys tot Parys:

Sien NAMPO-kaart bl 36

SA boere wen met wakker Valtrac Trekker met presisiestuur in trurat, die eerste kommersiële biogastrekker, ’n skotteleg wat met gemak 6 m wyd die grond omklits, ’n kraghark waarvan die tande selfs teen ’n helling gladweg net bo die grond gly en miskien een van die dae – ’n voermenger wat omtrent die diere met ’n lepel voer. Dit is ’n paar van die spiksplinternuwe tegnologiese ontwikkelings wat Valtrac by die SIMA-landboutoerustingskou in Parys, Frankryk gaan bekyk het, sodat Suid-Afrikaanse boere vanuit Parys in die Vrystaat, op die voorpunt van tegnologie kan bly.

’n

Trek en stoot ewe goed met Valtra Valtra-trekkers het gesorg dat Wynn Dedwith, Valtrac se eienaar-bestuurder, in die wêreld van toerustingverskaffers beland het en saam sorg hulle dat SuidAfrikaanse boere net die beste in trekkertegnologie kan ervaar. Die unieke TwinTrac-stelsel waardeur die trekkerbestuurder sy sitplek kan omdraai om vorentoe agteruit te ry, is nou nog verder verfyn. Onafhanklike navorsing het bewys om die TwinTrac-stelsel vir snywerk te gebruik beteken 12

persent minder tyd en 11 persent minder brandstof en die operateur hou ook sommer baie langer, want hy hoef nie heeltyd sy nek en rug om te draai nie. Nou het Valtra gesorg dat TwinTrac en Auto-Guide 3000 hande vat sodat die presisie-stuurondersteuningstelsel ook in trurat werk. Dit beteken dat boere hulle volledige voersny-operasie en ook die uithaal van bone (met die hulp van ’n Pickett-boonuithaler) met satelliettegnologie kan outomatiseer. Die Auto-Guide 3000-stelsel gebruik dieselfde terminaal as die Isobus-werktuigbeheerstelsel. ’n Gebruikersvriendelike twaalfduim-raakskerm is ook beskikbaar. Die TopDeck-ontvanger op die trekker se dak, wat die satellietseine vang, is ook kleiner en ligter gemaak. Die stelsel is beskikbaar op die hele T-reeks en sekere modelle van die N-reeks. Die S-reeks word standaard toegerus met die Auto-Guide-gereedheidsprogram, wat beteken dat die stuurmeganisme reeds aangepas is vir outomatiese stuurwerk en dat ’n boer net later die TopDeck-ontvanger en terminaal kan aankoop. Tommi Petinius, kommuniksiebestuurder van Valtra, sê soos altyd probeer Valtra om in elke boer se behoeftes te voorsien en daarin lê die uniekheid van Valtra-trekkers en hulle eienaars.

Elke Valtra-trekker is uniek en ’n eienaar kan ook die kleur kies, selfs tot Bloubulblou! www.proagri.co.za

Skoon uitlaatgas Valtra is ook die eerste maatskappy om met die kommersiële produksie van biogastrekkers te begin. Die model wat gekies is, is die N101, met sy enjinkrag van 80,9 kW. Aangesien biogas onder druk gehou moet word, word daar ’n stel gasbottels saam met die bestaande dieseltenk aangebring en die twee stelsels werk saam. ’n Bietjie diesel is altyd nodig vir ontbranding, maar die biogas kan tot 80 persent van die krag lewer. Indien daar nie biogas op ’n plek beskikbaar is nie, kan die trekker met die druk van ’n knoppie voortspoed op diesel. Die dubbelbrandstofstelsel beperk glad nie die trekker se

ProAgri het met die ondersteuning van Valtrac die SIMA-skou bygewoon.

Valtra biogas: Valtra het op SIMA die eerste biogastrekker wat kommersieel beskikbaar is, vertoon. Die biogas en diesel kom van verskillende houers af bymekaar om saam te ontbrand. werking nie. In Suid-Afrika is daar nog nie sulke streng vereistes met betrekking tot uitlaatgasse soos in sekere Europese lande nie, maar dit gaan een of ander tyd kom en dan is Valtrac gereed. Eg, sny, hark en laai met Pöttinger Net soos Valtrac, is Pöttinger ’n familieonderneming en dit is waarom die twee maatskappye so lekker saamwerk. Vir albei maatskappye is die klem op persoonlike diens en goeie naverkoopsorg. Thomas Reiter van Pöttinger sê hoewel die Suid-Afrikaanse mark maar ’n klein gedeelte van hulle verkooppersentasie vul, is dit vir hulle ’n belangrike uitbreidingspunt om ook in die res van Afrika in te beweeg. Soos Valtrac groei, so groei Pöttinger ook in die mark. En Pöttinger het voorwaar ’n paar aantreklike nuwe ontwikkelings vir SuidAfrikaanse boere, soos die Terradisc blaai om ProAgri 158 – April 2013 7


die eg werk te beheer. In die werkposisie is die onderstel vorentoe en boontoe gevou sodat dit bo-oor die agterste roller lê en dit beteken ekstra gewig op die skottels. Die voordeel hiervan is sigbaar in die gehalte van die grondbewerking.

Wynn Dedwith van Valtrac, Heinz Pöttinger, Justin Hawley van Pöttinger SA en Nikolaus Pöttinger in vrolike luim voor een van die maatskappy se kuilvoerwaens wat vanjaar sy 50ste verjaarsdag vier. hulle ’n driepuntgemonteerde of sleepmodel wil hê met werkwydtes van 3 tot 6 meter. Die 1001-reeks is in die geheel herontwikkel en herbou. ʼn Belangrike verandering is die nuwe dubbelarmstelsel, wat beteken dat daar twee gehapte skottels aan elke stewige arm gemonteer is. Die arm het ’n groot, breë hegstuk wat hoë stabiliteit verseker deurdat die hoek van die skottels konstant bly en dit nie sywaarts kan uitwyk Pottinger Terradisc: Die nuwe Terradisc nie, al word die eg in moeilike 6001 werk met gemak tot op 6 meter wyd en bewerkbare grond gebruik. vou dan op om deur enige hek te pas. Die skottels is ook dikker gemaak en die omtrek daarvan is met 6001 kompakte skotteleg wat nou met 13% na 580 mm verhoog. Al hierdie gemak tot op 6 meter wyd werk. verbeterings bring die enorme voordeel Die Terradisc is ʼn spesialis op die gemee dat die nuwe geslag bied van vlak grondvoorbereiding en die skottel-eg tot 45% langer kan hou. veelsydige eg is nou in ’n nuwe, komNet een hidrouliese punt van die pakte weergawe beskikbaar. Dit vou op trekker is nodig om die diepte waarteen vir maklike vervoer en boere kan kies of

Pottinger Novacatsnyer: Die Novacat 301-snyer kan alkant toe swaai om enige helling te trotseer. 8

ProAgri 158 – April 2013

Pöttinger bly voermaakkoning Vir snywerk van eenvormige stoppelhoogte kan Suid-Afrikaanse boere altyd reken op Pöttinger. Die Novacat 301 is by Sima behoorlik deur sy passies gesit om te wys dat sy snywerk teen enige helling steeds akkuraat bly. Harktegnologie het ook nie agtergebly nie. Die hele doel van ’n kraghark is om gesnyde materaal so vinnig, netjies en volledig as moontlik te herwin. ’n Pöttinger-kraghark se werkhoogte kan presies gestel word en dan spog die rotor ook nou met ’n drywende montering en verstelbareswaaiwieltegnologie wat sorg dat die hark teen enige hoek kan beweeg en alle materiaal oral netjies kan optel sonder dat die tande ooit teen die grond vasslaan. Verjaarsdagfees van die kuilvoerwa Pöttinger vier ook vanjaar die 50ste verjaarsdag van sy kuilvoerwa wat steeds op die voorpunt van voermaaktegnologie woeker. In 1963 het Pöttinger die voermaakbedryf verander met sy ingeboude opteller, kerwer en aflaaimeganisme in ’n kuilvoerwa, wat beteken het dat daar skielik ’n dramatiese besparing van arbeid en trekkerkrag was. Dit het ’n ekonomiese alternatief gebied vir die tradisionele kerwer met sy blaser en skare trekkers met sleepwaens. Die name van die verskillende modelle weerspieël hulle krag en grootte, naamlik PRIMO, BOSS, PROFI, TORRO en JUMBO en hulle kan van 17 tot 100 kubieke meter materiaal hanteer. Vra gerus vir Valtrac watter modelle in Suid-Afrika beskikbaar is.

Pottinger kraghark: Slim swaaiwieltegnologie en fyn hoogteverstelling sorg dat die Pöttinger kraghark materiaal netjies kan optel sonder om ooit aan die grond te raak. www.proagri.co.za


Hierdie slim robot van Jeantil lewer die regte rantsoen in die diere se bakke af, sonder om ooit vir ’n loonverhoging te vra.

Henry Langlais van MX by ’n laaigraaf toegerus met die MACH-koppelstelsel. MX hou die patent vir hierdie vinnige hidrouliese koppeling en daar is al meer as 100 000 van hulle in die veld.

Nog net die lepel kort Jeantil, nog een van Valtrac se verskaffers wat veral in Suid-Afrika bekend is vir hulle uitstekende misstrooiers, kuilvoer- en flodderwaens, het by SIMA met ’n gesogte silwer toekenning weggeloop vir hulle outomatiese voeraanleg. Met die voeraanleg bedryf net een mens die hele voerproses. Die aanleg kerf, weeg, meet, en meng die rantsoen en dien dit dan keurig en presies op met ’n robot wat vanself langs die voerbakke afbeweeg! Wynn sê Valtrac gaan nog nie die robot invoer nie, maar hulle hou die minimumloon met ’n fyn oog dop! Weeg terwyl jy laai Valtrac het ook by SIMA ’n draai gemaak by MX-laaigrawe wat in Suid-Afrika deur CropTech versprei word. Henry Langlais was daar gereed met die goeie nuus dat MX-laaigrawe nou nog makliker kan aan- en afhaak, dat die stutbene nou vas aan die laaigraaf is en dat jy kan weeg terwyl jy optel. Hy sê hy dink van die oggend tot die aand aan oplossings om laaiwerk makliker en vinniger te maak, want dit is sy besigheid. Wees verseker dat ’n MX-laaigraaf homself deeglik moet bewys voor hy in die mark vrygestel word – 50 000 keer moet hy sy vrag oplig. Gaan kuier gerus by Valtrac se uitstalling op NAMPO (standplaas 122 en 127) om te deel in die wonderwêreld van nuwe tegnologie. Skakel George Cilliers by 056-817-7308 of e-pos george@valtrac.co.za vir meer inligting.

SIMA spog met die nuutste tegnologie

mper 250 000 mense het aan die einde van Februarie na Parys gestroom om na die jongste tegnologie in landboutoerusting te gaan kyk. ’n Kwart van die besoekers was buitelanders. Die SIMA-SIMAGENA-skou het uitstallings van 1 700 maatskappye van 40 verskillende lande gehad. Die uitstallings word in ses groot sale gehuisves wat saam 25 hektaar beslaan. Die eerste twee sale gaan oor dieregenetika en die res is volgepak met masjiene. Martine Dégremont, die skoubestuurder, sê daar was ’n 18% toename in die besoekerstal van die skou, wat elke twee jaar gehou word, en dit weerspieël ’n groeiende vertroue in die landbousektor. Sy sê daar is ook goeie groei in die aankope van landboutoerusting. In Europa word daar baie klem op omgewingsvriendelike en operateursvriendelike toerusting geplaas, sowel as elektroniese kommunikasie-ontwikkelings. ’n Hele paar van die gesogte SIMA-toekennings het ook na maatskappye gegaan wat met nuwe tegnologie in dié verband na vore gekom het.

A

www.proagri.co.za

wat produkte aan Suid-Afrika verskaf, Claas het twee goue medaljes onthet ook spesiale vermelding ontvang, vang. Die een toekenning is vir ’n outosoos Hardi vir doeltreffende spuite, matiese beheerstelsel, die Cemos Kverneland, Amazone en Sulky vir kunAutomatic, vir die Lexion-stroper, wat smistoediening en Geringhoff vir ry-ondie beheer van die stroopproses by die afhanklike stro-pertafels. operateur oorneem en in die ry aanpas Nie al die nuwe tegnologie is noodna gelang van die hoeveelheid skoon wendig dadelik in Suid-Afrika beskikbaar graan wat deurbeweeg. nie, maar met die groei in meganisasie Die ander toekenning het te doen en toenemende vereistes vir “groen” met ’n Isobus-toepassing wat ’n boer op tegnologie, kan boere hulle gereed maak sy tabletrekenaar kan aflaai wat dan as vir interessante ontwikkelings. enkel tussenganger tussen mens en masjien kan optree. John Deere het ’n goue medalje Besoek www.proagri.co.za om nog ontvang vir ’n ontwikkeling waardeur artikels te lees en foto’s te sien van biodiesel en gewone diesel in dieselfde SIMA. tenk gehou kan word, alleen of as deel van ’n mengsel. Onder die vyf wenners van silwer medaljes was die Jeantil outomatiese voermengstelsel wat hierbo beskryf is, asook New Holland vir ’n nuwe, veiliger balerontwerp. By die SIMA-SIMAGENA-skou in Parys is daar 25 hektaar se Baie ander uitstallings onderdak. maatskappye ProAgri 158 – April 2013

9




Meganisasie Sien NAMPO-kaart bl 36

Geenbewerking: Crop-Tech se Jumil is jou planter!

Crop-Tech het ’n planter vir elke uitdaging, selfs vir ongelyke lande in ’n geenbewerkingstelsel.

is nou reeds baie deeglik bewys: Geenbewerking is die pad van die toekoms. Die voordele is legio: Minder bewerkings en laer dieselverbruik wat nog verder verbeter namate geenbewerking die grondstruktuur verbeter; laer bemestingbehoeftes namate geenbewerking die grondlewe en grondbalans herstel; beter vogbewaring en -benutting; hoër opbrengste... En dis lank nie meer praatjies nie – al hoe meer boere bewys dit elke jaar. Jy herken hulle maklik aan hulle breë glimlagte. Maar om al hierdie voordele van laer insetkoste en hoër opbrengs te ontsluit, is daar een sleutelfaktor nodig: ’n Egte geenbewerkingplanter wat sy man kan staan.

D

’n Geenbewerkingplanter wat sy naam werd is, moet aan die volgende vereistes voldoen: • Hy moet swaar wees om in onbewerkte grond deur plantreste te plant. • Hy moet sterk wees, want dis nie in sawwe loslandjies waar hy sy staal moet bewys nie.

Die JM 3060 is ’n plaatplanter wat sorg vir doeltreffende, akkurate geenbewerkingplantwerk in enige grond. 12

ProAgri 158 – April 2013

• Hy moet sorgvuldig ontwerp wees sodat hy in digte plantreste kan plant sonder om bondels materiaal saam te sleep en daarop slee te ry. • Hy moet elke pit perfek op presies die regte diepte plant sodat elke pit ’n gelyke kans het om goed te ontkiem en sterk te groei. • Hy moet al die pitte presies ewe ver van mekaar af plant sodat elke plant presies ewe veel sonlig, water en voedingstowwe kry. • Hy moet kunsmis akkuraat uitmeet en presies op die regte plek plaas. • Hy moet betroubaar wees en dit moet maklik wees om hom te kalibreer en met hom te werk: in planttyd wil ’n boer plant; nie al om ’n raaiselagtige of steekse stuk masjinerie rondkloek nie. Nou vir die goeie nuus: Crop-Tech se volledige reeks Jumil-geenbewerkingplanters vodoen perfek aan al hierdie vereistes en nog meer. Crop-Tech het die regte geenbewerkingplanter vir elke gewas, vir elke grondtipe, vir elke grootte boerdery en vir elke smaak. JM 2090: Goue eenvoud As ’n beesboer net ’n paar hektaar kuilvoermielies wil plant om sy vee deur die winter te sien, kies hy Crop-Tech se JM 2090 PD MG, waarvan die kleinste model net twee rye op ’n slag plant. Veeboere hou immers gewoonlik nie reusagtige groot trekkers aan nie en net 22,4 kW trekkerkrag is vir hierdie klein plantertjie met die groot vermoë nodig. Die JM 2090 is ’n volwaardige geenbewerkingplanter wat perfek en akkuraat deur plantreste plant, maar hy is eenvoudig om te kalibreer en te hanteer sodat die veeboer hom sonder spesiale opleiding kan gebruik.

Die planter is in verskillende weergawes beskikbaar; van die tweery wat rywydtes van 900 tot 1 000 mm kan plant tot ’n agtrybul wat 358 kg kunsmis en 237 kg saad kan dra om sommer ’n groot lap aarde op ’n dag perfek te beplant. JM 2670 en JM 2570: Slim, stewige driepuntplanter ’n Driepuntgemonteerde planter wat 3, 4, 5 of 6 rye teen skuinstes kan plant, is Crop-Tech se betroubare JM 2670vakuumplanter en sy plaatplanterboetie, die JM 2570. Hierdie planters kan van 250 tot 530 kg kunsmis en van 80 tot 160 kg saad dra. Van 80 tot 1 220 kg kunsmis kan per hektaar toegedien word. Elke ry het sy eie kunsmisbak, wat egalige plasing verseker, selfs op die skuinsste skuinstes. Dit verseker ook deurgaans ’n eweredige gewigsverspreiding. Die planter se skyfkouters sny moeitevry deur plantreste om kunsmis en saad presies te plaas. Die vakuumweergawe, die JM 2670, is geskik vir mielies, soja, droëbone, grondbone, katoen, sorghum en sonneblom. Kunsmis word akkuraat toegedien met ’n duursame wurmvoerder en dis maklik om die planter se saad- en kunsmistoediening te kalibreer. ’n Trekker van 45 kW is sterk genoeg vir die kleinste JM 2670- en 2570-model en een van 56 kW stap lekker met die sesrymodel. JM 3080 en JM 3090: Flink veelsydigheid ’n Gewilde planter is Crop-Tech se JM 3080 en JM 3090. Die JM 3080 is ’n plaatplanter en die JM 3090 ’n identiese planter, maar met vakuumsaaduitmeting. Hierdie planter is in modelle beskikbaar wat 8, 10, 12, 13, 15 en 18 rye kan plant en daar is ook ’n tandemwww.proagri.co.za


Skuinstes en kontoere hou geen bedreiging in vir Crop-Tech se JM 2570-SH-MG-plaatplanter nie. raam beskikbaar om twee planters langs mekaar agter een groot trekker te haak. Die JM 3080 en JM 3090 plant maklik en foutloos deur die digste plantreste in enige grond met verstommende akkuraatheid en die absolute minimum staantyd vir daaglikse onderhoud. ’n Plaatplanter plant reg of hy plant glad nie, sê Tony da Costa van Manjoh Ranch. ’n Mens het geen opleiding nodig om met ’n plaatplanter te werk nie. Dis hoekom hy Crop-Tech se JM 3080-plaatplanters gebruik, al gee hy toe dat die saad die regte pitgrootte moet hê en met die regte grafiet en poeier bedek moet wees. In die verlede was plaatplanters se grootste probleem dat daar te veel gewig op die onderste saad in die bak gerus het, en dan word daardie saad fyngemaal. Crop-Tech se planters het glad nie daardie probleem nie, aangesien die groot voorraad saad in ’n groot bak gehou word en net ’n klein klompie regstreeks op die draaiende plaat. Danie Slabbert en sy pa, Pieter, van Reitz verkies die JM 3090-vakuumplanter se veelsydigheid om mielies, soja, weiwieke en voersorghum perfek te plant. Sy saadeenhede is uiters gevorderd om foutlose uitmeting en ongelooflik akkurate spasiëring te verseker, sê Danie. Boonop is dit baie maklik om sy saad en kunsmis te kalibreer en jy plant perfek in enige grond. ’n Belangrike voordeel van die JM 3090 is dat sy suigwaaier hidroulies aangedryf word, sodat die trekkerenjin nie deurgaans teen hoë omwentelinge hoef te loop nie. Selfs teen ’n luierspoed van 1 200 opm verloor hierdie planter nie ’n enkele pit nie en jy hoef ook nie ’n kragaftakkeras in ag te neem as jy knap wil draai op die wenakker nie. JM 3070 en JM 3060: Plant lag-lag in ongelyke lande Vir ongelyke lande is Crop-Tech se JM 3070 PD Exacta en JM 3060 PD Magnum net die planter. Hierdie twee www.proagri.co.za

planters is identies, behalwe dat die JM 3070 ’n vakuumplanter is en die JM 3060 ’n plaatplanter. Hulle groot skyfkouters sny maklik deur plantreste en hulle pantografiese planteenhede volg die grondglooiinge getrou. Hierdie planters is beskikbaar in weergawes wat 7, 9 of 11 rye van 45 cm plant, of 4, 5 of 6 rye van 90 cm. Dit is ligte en kompakte planters, maar die perfekte gewigsverspreiding en korrekte posisie van die kouters sorg vir doeltreffende, akkurate geenbewerkingplantwerk in enige grond en deur enige plantreste sonder verstopping – 25 hektaar per dag as jy 11 rye van 45 cm plant. Vir hierdie flink plantwerk vereis die planter ’n trekker van 67,1 kW en in die geval van die JM 3070 PD, ’n hidrouliese tappunt met ’n vloei van 30 liter per minuut om sy suigwaaier aan te dryf. JM 7090: Plant breed want die volk moet eet As jy groot lande in ’n kort tyd akkuraat wil plant, is die JM 7090 die planter vir jou. Hierdie planter is in modelle van 10, 12, 13, 15, 18 en 21 rye beskikbaar. Die kleinste model hou 2 015 kg kunsmis en 209 kg saad, en die grootste een 4 428 kg kunsmis en 961 kg saad, sodat jy nie onnodige tyd met hervulling hoef te mors nie. Die stewige planter het ’n monoblokontwerp met pantografiese snyskyfeenhede, kunsmistoedieningseenhede en saadtoedieningseenhede met dubbelskyfoopmakers, perfekte dieptebeheer en V-toetrapwiele. Met sy doeltreffende kunsmisvoerwurm en akkurate verstelbaarheid, dien hierdie planter enigiets van 40 tot 1 400 kilogram kunsmis per hektaar toe. Die hidrouliese motor wat sy suigwaaier aandryf vereis ’n hidrouliese vloei van 27 liter per minuut. Nuut: Die koringkoning Vir geenbewerkingvestiging van koring, hawer, gort, rog, en ander kleinsaad is Crop-Tech se JM 5023 die toppunt in

Vir die geenbewerkingvestiging van koring, hawer, gort, rog en ander fynsaad hoef jy nie verder as die JM 5023 te kyk nie.

So lyk mielies wat met ’n JM3080plaatplanter geplant is. Tony da Costa van Manjoh Ranch naby Nigel was heel tevrede met sy plantestand. planttegnologie. Die planter plant 23 rye op ’n slag. Lekker groot bande verseker perfekte werkverrigting op enige terrein; selfs in sopnat ryslande. Die plantereenhede se parallellogramme verseker dat elke pit presies ewe diep geplaas word, selfs op die hobbelrigste land, en die verspringende rangskikking van saad- en kunsmisplasers verseker dat die planter gladweg deur enige oesreste kan plant sonder om te verstop. Besoek http://goo.gl/XnBiI om self te sien hoe vinnig en akkuraat hierdie planter sy taak klaarmaak. Met hierdie gedugte reeks voortreflike planters bied Crop-Tech die perfekte geenbewerkingplanter vir elke boer se smaak, sak en omstandighede, gepaard met al die kundigheid en tydige tegniese steun wat die boer nodig het om geenbewerking tot sy voordeel en voorspoed in te span. Wil jy ook die oorvloedige vrugte van geenbewerking pluk? Kom kyk dan self by Graan SA se NAMPO-oesdag by Standplaas 59 na Crop-Tech se boervriendelike planters of praat met Hennie du Toit by 082-850-3733 of sales@croptech.co.za. ProAgri 158 – April 2013

13


14

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za



Sien NAMPO-kaart bl 36

Meganisasie

Koop John Deere; koop ’n toekoms

Kan jy bekostig om nie John Deere te kies nie? Vir spesialiswerk het John Deere spesialistoerusting soos selfloopkuilvoerkerwers en selfloopspuite wat kinderspeletjies van reuse take maak. ohn Deere verkoop nie aan jou ’n trekker nie; John Deere verkoop aan jou die tegnologie om volhoubaar te boer; om elke boerderytaak ten beste af te handel op die tyd wat die natuur dit vereis. Dit help niks jy skaf ’n lekker goedkoop trekker aan en sit ledig en kyk hoe die plantseisoen by jou verbygaan terwyl jy sukkel om die lekker goedkoop trekker aan die loop te kry nie. Die natuur wag op niemand nie en betroubare, werkende toerusting is ’n vereiste as jy winsgewend wil boer. Die verstandige boer vermors ook nie geld op uitspattighede nie, maar sorg dat hy ’n volle rand se waarde kry vir elke rand wat hy bestee. Daarom kies die verstandige boer sonder huiwering John Deere, want hy weet as hy John Deere koop, kry hy nie net ’n mooi, groen trekker nie – hy kry ’n nuttige, betroubare kragbron wat sy boerdery gladweg en voorspoedig sal laat verloop om vir hom ’n toekoms te verseker. In Amerika, waar John Deere ontwerp en vervaardig word, bewerk hulle groot lappe aarde van horison tot horison. Geen sukkeltrekker kan droom om die paal daar te haal nie. Daarom het John Deere die beste, mees betroubare en mees gevorderde trekkertegnologie ontwikkel wat nou ook tot ons eie boere se beskikking gestel word om jare en jare se voortreflike diens te lewer. John Deere vertrou sy produkte genoeg om ’n puik waarborg te bied sodat die boer verseker kan wees dat die koste van alle moontlike herstelwerk vir ’n lang tydperk nie sy alleenverantwoordelikheid sal wees nie. Die boer se taak is om te boer; nie om met masjinerie te sukkel nie. As jou John Deere dalk ’n bietjie aandag nodig

J

16

ProAgri 158 – April 2013

kry, staan daar regoor die land goed opgeleide tegnici met ten volle toegeruste bakkies gereed om jou net daar op die plaas te kom help – volledig met internettoegang tot die fabriek in Amerika. “Miskien môre” is woorde wat geen boer wil hoor terwyl sy boerdery staan omdat hy op onderdele wag nie. John Deere stel alles in werking om onderdele blitsig beskikbaar te stel. (Lees die berig hiernaas oor John Deere se reuse onderdele-aanleg.) ’n John Deere behou sy waarde. Of jy jou trekkers elke jaar of twee met nuwer modelle wil vervang en of jy jare en jare se getroue diens uit jou John Deere wil put, daar is ’n gretige tweedehandse mark gereed om hom op te raap

en baie goeie geld vir hom te betaal. Een van die belangrike voordele van John Deere-tegnologie is skoonbrandenjins wat verrassend min diesel gebruik om groot werk te doen. Met vandag se immer stygende dieselpryse kan die boer nie bekostig om ’n druppel te vermors nie en John Deere se beskeie dieselaptyt besorg hom handige rande in die sak. Daar is ’n John Deere vir elke doel – van klein trekkertjies tot reusagtige dikstemme; van smal modelle om in boorde en wingerde te werk tot breë vastrappers waarmee jy enige helling kan aandurf; van eenvoudige werkesels tot die mees gevorderde hoëtegnologiepronkstukke. Dit is altyd lonender om toerusting te gebruik wat presies doelgeskik is as om maar iets aan te skaf wat naastenby die werk kan doen wat jy daarvan verwag. Met John Deere is elke model presies geskik vir sy taak. John Deere-boere boer gewoonlik so flink vooruit dat hulle boerderye later ’n omvang en vlak van spesialisasie bereik wat gespesialiseerde toerusting vereis – en ook daar staan John Deere reeds gereed met sy voortreflike selfloopspuite en selfloopkuilvoerkerwers wat reuse take kinderspeletjies maak. Die boer wat al hierdie voordele bytel wanneer hy sy sommetjies maak, besef dat dit nie ’n kwessie is van of jy ’n John Deere kan bekostig nie, maar of jy kan bekostig om nie John Deere te koop nie. As jy ’n John Deere koop, koop jy ’n toekoms. Vir meer inligting oor John Deere se diens aan die boer, praat met Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarelJ@JohnDeere.com. Besoek ook www.johndeere.co.za. Besoek John Deere by NAMPO, standplaas 62, 63 en 64.

Daar is ’n John Deere-trekker presies geskik vir elke taak, van donkiewerk tot die mees gevorderde hoëtegnologietrekkers. www.proagri.co.za


John Deere bied nou: Kitsdiens vir Afrika

Daar is toegekende rakruimte vir 76 000 verskillende onderdele in John Deere se nuwe streekverspreidingsentrum langs die R21. et 76 000 verskillende onderdele wat in ’n gebou so groot soos drie rugbyvelde gebêre word, is dit duidelik dat die “Ma, waar is my..?”-stelsel nie in die nuwe John Deere-onderdelepakhuis kan werk nie. Boere en handelaars in Suid-Afrika en die hele sub-Sahara Afrika is reeds besig om die vrugte te pluk van die nuwe moderne onderdelemagasyn naby Kemptonpark, met sy hoë-tegnologie kontrolestelsels. Dit staan bekend as ’n streekverspreidingsentrum omdat dit so ’n wye gebied bedien. Die pakhuis is deel van die reuse elektroniese hartklop van John Deere se ondersteuningstelsel. Die beweging van elke onderdeel word noukeurig dopgehou en deur satellietkommunikasie weet John Deere in Amerika byvoorbeeld dadelik dat die pakkie koeëllaers wat per vraghouer versend is, by die pakhuis op die rak geplaas is en beskikbaar is om verkoop te word. Die stelsel is inderwaarheid so gesofistikeerd dat hy vanself kan voorspel dat daar bietjie meer koeëllaers na Suid-Afrika gestuur moet word, aangesien die verkope oor die afgelope drie maande gestyg het. Nog voor die handelaar op Ermelo kan agterkom dat hy meer koeëllaers moet bestel, is dit reeds beskikbaar. Len Brand, die besturende direkteur van John Deere SA, sê hulle het reeds begin om die inligtingsnetwerk en stelsel na hulle handelaars uit te brei. Hy sê: “Ons groot sukses is ons handelaars. Ons weet dat hulle in hulle eie omgewings slimmer is as ons.” Die pakhuisstelsel sorg dat ’n handelaar, wat as deel van sy gewone voorraadaanvulling ’n onderdeel in die oggend bestel, dit reeds die volgende dag sal ontvang. In ’n noodgeval sal die onderdeel hom dieselfde dag nog bereik sodat die boer met sy boerdery kan voortgaan! Len sê die streekverspreidingsentrum stel John Deere in staat om sy voetspoor in Afrika te vergroot, want die groot probleem tot dusver was die beskikbaarheid van onderdele. “Ons wil vinniger as enige ander maatskappy onderdele in Afrika kry,” sê

M

www.proagri.co.za

hy. Met die nuwe stelsel neem dit byvoorbeeld vier dae om onderdele in Zimbabwe af te lewer. Suid-Afrikaanse boere, wat steeds 75% van John Deere se Afrikamark verteenwoordig, geniet uiteraard die grootste voordeel. Len sê: “Die kommersiële graanboer in Suid-Afrika bly ons hooffokus.” John Deere het ook sedert 2010 weer die werktuigmark betree, sodat boere saam met hulle betroubare groen trekkers ook werktuie kan gebruik met John Deere-tegnologie en ondersteuning. Onderdele vir die werktuie word natuurlik ook in die pakhuis aangehou. Corrie van der Silk, onderdele- en ondersteuningsbestuurder, sê daar is ’n paar ononderhandelbare beginsels in die pakhuis, waarvan die veiligheid en werksgemak van die 23 werkers prioriteit geniet. Elke afdeling, rak en houer in die pakhuis is noukeurig ontwerp om foute te voorkom, kontrole te vergemaklik en om die beweging van onderdele te bespoedig. In die afdeling vir vinnig bewegende klein onderdele (soos koeëllaers) het elkeen van die meer as ’n miljoen eenhede sy plekkie in ’n rak of kartonhouer wat net hoog of groot genoeg vir hom en sy maats is. ’n Paar interessante kitsfeite: - Die pakhuis is ontwerp om selfversorgend te wees, ook tydens kragonderbrekings. - Sensors teen die dak versend onmiddellik enige inligting wat ’n werker met sy handaftaster lees na die sentrale stelsel in Amerika. - Die meeste rakke is 9 meter hoog.

- Die strepieskode op elke onderdeel sê waar hy vandaan kom, wat hy is en waar hy in die pakhuis hoort. - Indien daar ’n bestelling vir ’n verskeidenheid onderdele is, vertel die rekenaar vir die werker hoe groot die verpakkingshouer moet wees en in watter volgorde hy die onderdele van die rak moet afhaal sodat die grootstes en swaarstes onder is. Die houer word dus op die vurkhyser klaar reg verpak vir versending. - Die grond is eers tot op ’n diepte van 1,8 m gekompakteer voor die betonvloer van 28 cm gegooi is. - By die groot rakke kan elke oop stuk op elke rak 3 ton gewig hanteer en daar is 8 van hulle opmekaar. - Die brandbestrydingstelsel kan genoeg water uitspuit om vyf swembaddens in ’n minuut te vul. - Die gebou alleen het R150-miljoen rand gekos om op te rig. - Nog ’n rugbyveldgrootte gebied kan bygevoeg word deur net een muur te skuif en die dak te verleng – die muur is so ontwerp dat hy opgetel en geskuif kan word. - In die afdeling vir swaar onderdele is daar 215 000 kg onderdele waarvan die swaarste 1 280 kg weeg. - In die afdeling vir lang onderdele is die langste een ’n snybalk van 9,25 m. Corrie sê die pakhuis is ’n presiese replika van John Deere se pakhuise in die VSA, wat die sentrale beheer van die beweging van onderdele moontlik maak. Hy sê: “Boere moet weet, ons is nie net ’n pakhuis van John Deere in Afrika nie, ons IS John Deere.” Besoek www.johndeere.co.za om uit te vind wie jou naaste handelaar is of gaan klop aan by die John Deereuitstalling by NAMPO.

Die ligte in die gange tussen die rakke skakel net aan as daar beweging is. ProAgri 158 – April 2013

17





Gewasproduksie Sien NAMPO-kaart bl 36

Kubota draai op ’n tiekie tyd om te plant is maar klein. Die ideaal is om in die eerste of tweede week van Oktober te begin en na 20 November kan ons maar vergeet,” sê Tiens. Die Zietsmans volg ’n stelsel van minimumbewerking en die trekker moet ook kragtig genoeg wees om ’n 8-ry minimumbewerkingsplanter te sleep. Die Kubota het dit baie goed hanteer, selfs met die hellings en kontoere op die plaas. Tiens sê sy viertrek-vermoë gee aan hom ekstra stabiliteit en dit lyk of die voorwiele hom “so in die kontoer in trek”. Die Kubota se gedugte tweespoedkragaftakker maak hom Die Kubota MX128 kan omtrent op ’n tiekie draai, geskik vir ’n wye verskeimaar is groot en sterk genoeg om ’n 8-ry minidenheid toerusting. mumbewerkingplanter te sleep. Die Kubota M128X het die afgelope somer al die s die prys so uiters gunstig met plantwerk op die plaas gedoen en het ander trekkers van dieselfde grootte nou al amper 700 uur se werk agter die vergelyk, sal jy dom wees om nie na blad. Paul sê hulle het nog nie enige hierdie trekker te kyk nie, sê Paul Zietsgroot probleme gehad nie en hy is veral man van Cornelia in die Vrystaat. Hy en tevrede met die trekker se skrapse sy pa, Tiens, het verlede jaar die wyse brandstofverbruik, wat te danke is aan besluit geneem om die grootmeneer in Kubota se unieke en vernuftige driedie Kubota-stal, die M128X, aan te dwarrelontbrandingskamers wat koop. Tiens het die trekker by Val Boeredag gesien en was dadelik beïndruk met sy klein draaisirkel vir sy grootte en krag. “En die mense by die Kubota-uitstalling was so vriendelik en gretig om te help,” sê hy. Wat toe verder die deurslag gegee het is die goeie prys en die feit dat die trekker dadelik beskikbaar was. Die gretigheid om te help het ook nie na die verkoop verdwyn nie. Hoewel hulle naaste dienspunt in Vereeniging is, het hulle nog nooit nodig gehad om te wag vir ’n onderdeel of diens nie. Paul sê: “Hulle was selfs in planttyd bereid om op ’n Sondag die trekker te Tiens en Paul Zietsman van Cornelia sê kom diens sodat ons nie ’n dag se werk prys is reg en die trekker doen sy werk mis nie, maar dit was darem nie nodig sonder om te kla of te staan. nie.”

A

Paul plant 500 ha mielies en 340 ha soja so tussen die noordelike OosVrystaat se rante as deel van ’n gemengde boerdery, wat ook ’n groot skaap- en beeskomponent het. Die landerye is kleinerig met kort rye en dit is waarom die Kubota se krinkvernuf vir hulle so belangrik is. Dit help nie dat die helfte van die grond in die wenakker verdwyn of dat die trekker heeltyd vorentoe en tru moet sukkel in planttyd nie. “Ons seisoen is kort en ons vensterwww.proagri.co.za

verseker dat elke greintjie werkkrag uit elke druppel diesel geput word. Kubota is bekend vir sy kajuitgerief en lae geraasvlakke in die kajuit en Tiens sê hoewel hy nou nie meer so aktief aan die gang is met die boerdery nie, klim hy darem baie graag in die Kubota as hy ’n kansie kry. “Hy sit lekker, die kontroles werk maklik en die ratwisseling is vlot.” Die Kubota M128X het ’n intelligente skuifratkas (Intelli-Shift) van agt dubbelreekskragskuiwe met ’n outomatiese stelling; daar is dus 16 ratte vorentoe en agtertoe. ’n Viersilinder, 6,1 liter turbodieselenjin met direkte brandstofinspuiting sorg vir onmiddellik beskikbare krag. Paul meen dat die helder oranje kleur van Kubota een van die dae ’n algemene gesig in die omgewing gaan wees, veral omdat dieselverbruik so groot faktor in enige boerdery geword het. “Die prys van die trekker is vanjaar nog dieselfde as verlede jaar – so as die prys goed bly en die diens goed bly en jy kan diesel bespaar, waarom nie?” vra hy. Deon Engelke is die man by Kubota wat jou alles kan vertel. Skakel hom by 083-366-8655 of e-pos deon@ursus.co.za. Gaan kyk self na die oranje trekkers by NAMPO op Standplaas 139.

die

Die Kubota se tweespoedkragaftakker maak hom geskik om enige werktuig aan te dryf.

Die landerye op die Zietsmans se plaas loop nie aaneen nie en die grond is ook nie plat nie. ’n Trekker moet sy vat en sy draai ken op dié plaas. ProAgri 158 – April 2013

21


Gewasproduksie Sien NAMPO-kaart bl 36

Skeduleer jou reën met

Senter 360

Gift Mafuleka spesialiseer in die produksie van ertjies, maar sy Senter 360-spilpunte maak dit vir hom moontlik om amper regdeur die jaar te produseer en onder meer ’n goeie mielie-oes te behaal. ou hart moet in boerdery wees en jy moet bereid wees om te luister na die goeie raad van kundiges, anders kan jy dit maar net so wel los,” sê Gift Mafuleka van Bronkhorstspruit. Hy maak geen geheim van sy liefde vir boerdery nie. Dit is al wat hy nog altyd wou doen en hy het reeds ’n ver pad geloop om homself as kommersiële boer te vestig. Gift het nie ’n reuse plaas nie, daarom is dit vir hom belangrik om soveel grond as moontlik vir die langste moontlike tydperk deur die jaar te benut met ’n hoë opbrengs van goeie gehalte. Sy twee Senter 360 spilpunte is voorwaar die spil waarom sy boerdery draai. Op die 60 hektaar onder besproeiing word daar ertjies, suikermielies en

“J

mielies geplant en as daar kans is, sommer nog groente en voer vir die beeste. “Wat my pla, is dat hier nou vir twee maande lank niks onder my tweede spilpunt aangegaan het nie. Ek soek iets wat ek binne twee maande kan oes,” sê hy. Die ertjies plant hy op kontrak vir McCaine en hy is baie trots op sy eerste suksesvolle oes wat hy in 2010 behaal het nadat hy sy eerste Senter 360 gekoop het. Sy ertjies het ’n sagtheidsgradering (TR) van 97 behaal. (Die skaal loop van 80 as die sagste tot 200.) Sy opbrengs was 4,1 t/ha. Sy eerste suikermielies onder die spilpunt het 10,6 t/ha gelewer. Soos dit egter met boerdery gaan, was nie elke

’n Senter 360 se beheerpaneel is verbruikersvriendelik en is so ontwerp dat die stelsel tot op die grootste en mees gevorderde vlak geoutomatiseer kan word sonder om toerusting te vervang. 22

ProAgri 158 – April 2013

oes sedertdien ewe suksesvol nie en hy het gou agtergekom dat sy grond uitgeput is. Aangesien hy so intensief onder die spilpunte boer, was dit vir hom die moeite werd om ’n behoorlike presisiegrondontleding te laat doen en hy is stadigaan besig om die balans te herstel. “Ek kyk ook na langtermyn biologiese oplossings en bewaringsbewerking, maar dit is ’n lang pad om te loop,” sê Gift. Gift het vir die eerste keer met boerdery onder besproeiing kennis gemaak toe hy op dieselfde grond, wat destyds aan McCaine behoort het, aangestel is as gewasbestuurder van die

Senter 360 se torings bly in enige weer staan, want die vakwerk van gegalvaniseerde pyp maak dit moontlik om die torings stewiger te maak sonder dat dit swaarder is. www.proagri.co.za


Gift Mafuleka se storie: Gift Mafuleka se oupa, wat ’n bestaansboer in Zoeloeland is, het in hom die begeerte wakker gemaak om eendag te boer. Na skool het hy by die Tshwane University of Technology ’n B Tech-kwalifikasie in gemengde landbou behaal. Hy is deur ’n myngroep genader om saam met drie ander voornemende swart boere betrokke te raak by droëlandmielieproduksie in die Ogies-omgewing, waar hy sy eerste praktiese ondervinding opgedoen het. Later het hy by McCaine Foods aangesluit, waar hy verdere opleiding ondergaan het en uiteindelik aangestel is as gewasbestuurder, voor hy sy eie boerdery begin het. Hy praat met groot lof van sy mentors, ondersteuning deur maatskappye soos Senter 360 en hulpvaardige bure wat meegehelp het dat hy homself as swart kommersiële boer kon vestig. In 2011 het hy die Toyota New Harvest Farmer-toekenning gewen en die prys was ’n splinternuwe Hilux-bakkie. Gift het ondertussen ook ’n bestuurskursus by Unisa voltooi, maar hy glo dat die beste leermeester ondervinding is. Soos hy sê: “Elke jaar maak ek ’n nuwe fout, maar dan maak ek hom nie weer nie. Dis hoekom die ou boere vooruit boer; hulle het al baie geleer.” navorsingsplaas. Hy wou egter boer en nie navorsing doen nie en toe die maatskappy die grond wou verkoop, het hy die geleentheid aangegryp en met die regering gaan praat. Die staat het die grond aangekoop en Gift het saam met ’n paar ander strategiese vennote die boerderyprojek begin wat bekend staan as Mphiwe Siyalima. Hy sê hy sal natuurlik graag self ’n plaas wil besit, maar die feit dat hy nie met die skuldlas van die grond sit nie, het gemaak dat hy meer in die boerdery kan belê, soos om spilpunte aan te koop. Deur sy werk by McCaine het hy reeds kennis gemaak met die mense van Senter 360 en hy het ook opleiding ontvang met betrekking tot die hantering en bestuur van die spilpunte. Voor hy sy keuse gemaak het, het hy by Nampo ander moontlikhede ook gaan ondersoek. Sy eerste keuse was Senter 360 omdat die prys beter was en omdat hy geweet het dat die maatskappy goeie

diens lewer. Hy sê Sam van den Berg het na die plaas toe gekom en saam met Gift besluit waar die beste plek vir die eerste spilpunt sal wees. Hy het die opmetings gedoen en seker gemaak dat die spilpunt reg opgerig word. Die waterbron is ’n stroom wat in die Bronkhorstspruit inloop en Gift het waterregte vir 100 hektaar. Hy is egter bekommerd oor die watertoevoer weens damme wat stroomop gebou is en daarom moet elke druppel tel. “Senter 360 se mense is baie vrygewig met inligting en ondersteuning en hulle het die hele proses maklik gemaak,” sê Gift. Hy sê die spilpunte het nog nooit enige “uitdaging” gebied nie, behalwe om die diewe weg te hou. Koperdiewe het een keer die dryfmotors oopgebreek vir die paar stukkies koper wat daarin is. Gelukkig het hy versekering en hy sê daar was geen wagtyd vir nuwe motors nie. Daarby is die spilpunt se ontwerp van so aard dat hy self die motors kon

Die dag met ProAgri se besoek op die plaas naby Bronkhorstspruit het die weer goed opgesteek, maar soos Gift sê, jy kan nie die reën skeduleer nie, dis waarom jy ’n Senter 360 spilpunt nodig het. www.proagri.co.za

’n Unieke filterstelsel sorg dat die laaste spuit, waar aanpaksels dikwels in gewone spilpunte beland, nie verstop nie. installeer sonder enige probleme. Senter 360 het hom verwys na ’n maatskappy wat sensors op die stelsel aangebring het en ’n selfoonboodskap stuur as daar enige probleem is. Die spilpunte se kabels is ook van aluminium gemaak, juis om dit van diefstal te vrywaar. Gift sê hy het nog nooit ’n probleem gehad met ’n toring wat omval, ’n stelsel wat vashaak of dat die wiele vasval nie, maar indien hy ooit ’n probleem kry met wiele wat vasval in die modder, sal hy net by Senter 360 aanklop, want hy weet hulle het reeds ’n oplossing, naamlik ’n Voorbreker en bekostigbare vierwiel-aandrywingsopsie. Dit is gewoonlik die eerste stel wiele wat ’n probleem kry as gevolg van modder. Die Voorbreker word eenvoudig agter die wiele gemonteer en soos die spilpunt draai krap dit die voor toe sodat die wiele met die volgende rondte lekker hoog en droog loop. ’n Eienskap van Senter 360 wat Gift veral beïndruk is die vernuftige manier waarop blokkasies in die oorhang van die spilpunt voorkom word. ’n Gepatenteerde filterstelsel maak dit moontlik om die stelsel voor die oorhang skoon te spoel. “En dis baie maklik om dit gou te doen,” sê hy. Gift oorweeg dit tans om nog grond met besproeiingsregte by ’n buurman te huur en as dit goed gaan met sy oeste, sal hy in nog ’n spilpunt belê – weer ’n Senter 360. Skakel Theuns Dreyer by 018-4691331 of 082-564-5955, besoek hulle tuisblad by www.senter360.co.za of gaan kuier sommer by Senter 360 by NAMPO (Standplaas 156B) om uit te vind hoe bekostigbaar hulle besproeiingsoplossings is. ProAgri 158 – April 2013

23



www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

25



Gewasproduksie Sien NAMPO-kaart bl 36

Irrigation Unlimited se selfloop-kanonspuite: Gesaaides groei geil met Ocmis-besproeiing werk goed vir sy turflande, maar boere met ander grondsoorte en -teksture kan weer hulle spuite perfek daarvolgens verstel. Die stelsel werk so: ’n Sleepwa met ’n groot, wateraangedrewe pypkatrol word aan die een kant van die land staangemaak. Die punt van die pyp is aan ’n karretjie met ’n kanonspuit gekoppel. Hierdie karretjie word nou 130 meter verder na die oorkant van die land uitgekatrol en die pyp word agternagesleep. Wanneer jy die watertoevoerkraan oopdraai, vloei die water deur ’n “watermotor” wat ’n ratkas aandryf wat die groot katrol aan die draai sit om die pyp stadig in te katrol en die kanonspuitwaentjie so terug na die katrolwa te sleep terwyl hy al die pad natmaak. Die spoed waarteen die kanonspuit ingesleep word, kan verstel word om meer of minder water per lopie toe te doen. Die pyp is in meters afgemerk sodat ’n mens presies weet hoe ver en vinnig hy gevorder het en jou besproeiing daarvolgens akkuraat kan beplan. Wanneer die baan voltooi is, skakel die watermotor wat die kanonspuitkarretjie inkatrol, outomaties af, maar die toevoerkraan moet dan toegedraai word of die pomp moet afgeskakel word sodat die water kan ophou spuit. André het mooi uitgewerk wanneer sy spuite hulle werk gedoen het en ’n tydskakelaar aangebring wat die pompe presies op die regte tyd afskakel. ’n Mens kry verskillende Ocmis-modelle, waarvan die ouboet, die Ocmis R2/2, ’n baan van 300 meter lank beDie kleinboet in die Ocmis-reeks, die Micro Rain dien, die R1/1 ’n baan van 220 meter en die kleinboet, word dikwels vir sportterreine en gholfbane die MR (Micro Rain) ’n baan gebruik, maar André Brummer van Vryheid sê hy gebruik dit met groot sukses vir sy kuilvoer- van 130 meter. Om die grotes te bedien is een permielies en groenvoer. erfek! Dis hoe Ocmis-kruipspuite met hulle waterkanonne Ncome Gevangenis by Vryheid se gesaaides besproei. So sê die boerderybestuurder, André Brummer. André plant kuilvoermielies en groenvoer soos stoelrog en hawer vir die boerdery se 200 Drakensbergerteelkoeie en sy Ocmis-besproeiers van Irrigation Unlimited sorg vir perfekte watertoediening om volgehoue topproduksie te verseker. Water is nie ’n probleem nie, want daar is ’n halfmiljoen liter gesuiwerde rioolwater per dag beskikbaar, maar dit is belangrik dat daardie water reg en doeltreffend toegedien moet word. Die grond is erge swart turf wat gou afloop en dus ’n uitdaging aan besproeiing stel wat André maklik met sy Ocmisse te bowe kom. Die spuite is verstelbaar vir enige behoefte en word selfs verskaf met sproeiers vir fyn, middelslag en groot druppels om grondverdigting te voorkom of windverliese te bekamp. André verstel vir sy omstandighede die spuite sodat dit hulle agt uur neem om hulle bane te voltooi en 12 tot 15 mm “reën” op die grond te besorg. Dit

P

www.proagri.co.za

soon en ’n klein trekkertjie nodig, maar André sleep syne maklik met ’n vierwielmotorfiets. Die spesifikasies sê dat André se Ocmisse se bane 30 meter wyd kan wees, maar hy het sy bane 25 meter wyd gemaak om seker te maak dat die wind geen enkele plant van geen enkele druppel water wat hom toekom ontroof nie. ’n Groot voordeel van die Ocmis is dat dit nie diewe aanlok soos goukoppelpype en spilpunte met koperkragkabels nie. André se kanonspuite is so kniehoogte op hulle karretjies gemonteer om die wind te fnuik, maar wanneer sy mielies hoër word, lig hy die spuite deur bloot ’n verlengpyp in te voeg sodat dit bo-oor die mielies kan besproei. André is honderd persent tevrede met die diens wat hy van sy naaste Ocmisverskaffer, TD Agri op Dundee, kry. Hulle het met ’n GPS kom help uitmeet en planne maak en dit was maklik om die stelsels aan die gang te kry en te gebruik. Hy is ook baie tevrede met die gehalte en betroubaarheid van die Ocmis-spuite en hy het nog geen probleme met hulle ondervind nie. Al wat hy sou wou sien verbeter, is dat die kanonspuitkarretjie se wiele dalk op verseëlde koeëllaers gemonteer kan word eerder as op busse, want die busse hou maar net ’n bietjie langer as twee jaar. Tog is hulle baie maklik om te vervang en hulle kan by enige grassnyerwinkel gekoop word. Praat met Tobie van den Heever van Irrigation Unlimited by 012-736-2121 of 082-658-6054 of tobie@iunlimited.co.za. Besoek ook www.iunlimited.co.za. Lees die artikel in ProAgri 157 wat handel oor die groter Ocmis-modelle. Besoek Irrigation Unlimited by NAMPO, standplaas 227 A. ProAgri 158 – April 2013

27



Gewasproduksie

Nuwe tegnologie maak spilpunte nog nuttiger S kitterende produkte wat die standaard stel vir innovering en gehalte het Valley die wêreldwye leier in die tegnologie van presisiebesproeiing gemaak. Meer as 50 jaar lank ontwikkel Valley alreeds produkte wat gevorderde tegnologie en hoë funksionaliteit saamvoeg, om te voldoen aan die hoë eise wat besproeiingsboere in die 21ste eeu aan toerusting stel. Vandag bied Valley ’n wye reeks produkte om in hierdie behoefte te voorsien, en wat voldoen aan die groeiende strewe na presisielandbou. Valley-toerusting het deur die jare bekend geraak vir eienskappe wat dit onderskei van alle mededingers. Duursaamheid, betroubaarheid, noukeurigheid, gevorderde tegnologie en naverkopediens, is al vir meer as 50 jaar die ruggraat waarop Valley-toerusting gebou en voorsien word.

Duursaamheid Valley 8120-strukture bewys keer op keer dat dit die pas aangee wanneer dit kom by duursaamheid. Gereelde laboratoriumtoetse op Valley-strukture, asook die van mededingers, bewys dat Valley konstant die sterkste en mees duursame in die bedryf is, en sodoende die beste langtermyn waarde aan die kliënt bied. Die Valley-reeks bestaan uit spilpunte, linieêre stelsels en hoekstelsels. Hierdie strukture kan onder meer aangewend word as sleepbaar, hoëprofiel, elektries aangedrewe, wateraangedrewe en enjinaangedrewe. Deelsirkelstelsels kan ook verskaf word, en die nuwe Valley “Bender”, kan rondom versperrings besproei om benutbare oppervlakte te vergroot.

Dis nie nodig dat jou spilpunt diep spore in jou land trap waarin jou trekkers en planters hulle harsings stukkend stamp nie. Valley se vernuftige driewielmodelle met hulle grootomtrekbande vergroot die spilpunttoring se voetspoor sodat hy sagkens met jou land werk. www.proagri.co.za

Opwindende nuus vir boere is Valley se nuwe veranderlike toediening wat jou nou in staat stel om enige plek in die sirkel presies die regte hoeveelheid kunsmis en water toe te dien. Betroubaarheid Of die kliënt ’n nuwe masjien installeer of net ’n ou masjien opgradeer, bied Valley die mees betroubare aandryfeenheid denkbaar. Valley voorsien ’n aandryfeenheid vir elke moontlike aanwending. Of die terrein gelyk is of heuwelagtig, die grondtipe sanderig of klei, die Valley aandryfeenheid is die sterkste in die mark, en sluit die alombekende Valley ratkas in, wat in die VSA vervaardig word. Valley is die enigste spilpuntvervaardiger wat self sy ratkaste vervaardig en dit nie by buiteverskaffers aankoop nie. Hierby bied Valley verskeie produkte om voorsiening te maak vir die maklikste tot die moeilikste grondtipes wanneer dit kom by diep wielspore en vassit. Valley se 3-wiel en 4-wiel aandrywings voorsien die betroubaarheid wat net van ’n Valley verwag word. Noukeurigheid Die tegnologie van Valley-sprinkelaarpakkette is ontwerp met die oog op die besparing van energie, asook om te verseker dat water so noukeurig moontlik toegedien word. Verbeterde vogindringing, minder windverlies, en verminderde afloop is aan die voorpunt van hierdie sprinkelaartegnologie. Hiermee saam bied Valley ook VRI (variable rate irrigation) wat die boer in staat stel om die watertoediening aan te pas vir verskillende sektore in ’n land met wisselende grondtipes en topografie. Wanneer dit by die sprinkelaarpakket kom, word daar eenvoudig nie bespaar nie, aangesien dit die hart van enige Valley is. Gevorderde tegnologie Valley-beheerstelsels staan aan die voorpunt van tegnologie en word ontwerp sodat maksimale beheer met minimale moeite uitgeoefen kan word. Alle Valley-beheerpanele is GPS-gereed

en kan aan Valley se gevorderde afstandbeheerde produkte gekoppel word. Die beheerpaneelreeks bestaan uit die mees meganiese panele, tot die meer gevorderde Select2, Pro2, Touchpro en Autopilot-linieër, wat verskillende vlakke van elektroniese beheer toelaat. Wanneer hierdie elektroniese panele aan die Valley Basestation2-SM gekoppel word, is die opsies eindeloos, en word presisiebesproeiing ’n werklikheid met die minste moontlike moeite. Naverkopediens Met ’n landwye handelaarsnetwerk kan die kliënt op onverbeterlike diens reken. Toegewy aan kliëntetevredenheid, beskik die Valley-netwerk oor fabrieksopgeleide tegnici met uitgebreide produkkennis en uitstekende reaksietyd op enige probleem. Beskikbaarheid van onderdele is nie onderhandelbaar nie, en daarom is onderdele geredelik by alle Valley-handelaars landwyd beskikbaar. Vertrou op die wêreldleier in die doeltreffende gebruik van kosbare water vir besproeiing… vertrou op Valley. Vir meer inligting oor Valley se ou staatmakers en nuwe tegnologie, praat met Gert van der Werff by 011-814-7007, 082-451-5055 of e-pos gert.vanderwerff@valleyirrigation.co.za. ProAgri 158 – April 2013

29



www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

31



Hulpbronbestuur

Kyk tog net vorentoe, vra TLU SA deur Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder, Kommunikasie, TLU SA

Net ’n murasie het staande gebly van die gesofistikeerde pomphuis op ’n plaas in die Laeveld nadat die grond as gevolg van die grondeiseproses in onbruik verval het. oere kyk graag vorentoe en wil vooruitgaan, maar die regering bly ’n remskoen, veral noudat die gronddebat weer van nuuts af opgerakel en op die emosionele speelveld losgelaat is. Dit is vanjaar 100 jaar gelede dat die Wet op Naturellegrondbesit in werking gestel is. Dit was slegs enkele jare na die Tweede Vryheidsoorlog, en hoewel Suid-Afrika toe reeds die Unie van SuidAfrika gevorm het, is alle wetgewing deur die Britse Parlement bekragtig. Dié 1913-wet kan dus in ’n groot mate beskryf word as ’n koloniale wet deur die Britte en hulle Suid-Afrikaanse handlangers, Louis Botha en Jan Smuts, deurgevoer is. Dit was lank voor die gedagte van apartheid. Helaas kan ons verwag dat daar ’n emosionele ophef gemaak gaan word deur die regering en dit gaan gebruik word om die sogenaamde grondhervormingsproses te bespoedig en selfs uit te brei. In sy staatsrede het president Jacob Zuma aangekondig dat die grondeiseproses heropen gaan word om ook voorsiening te maak vir grondeise van voor 1913 – iets wat nie die geval was met die vorige proses nie. Die aankondiging het landbou weer eens in onsekerheid gedompel en uiteindelik gaan dit vir die regering ook ’n tameletjie word. Die Khoi en die San, wat wyd beskou word as die eerste bewoners van die land, gaan in terme van hierdie nuwe proses waarskynlik die grootste grondeisers word. Selfs grond wat nou al onder swart beheer is na die vorige prosesse, asook grond wat deur gewone marktransaksies in swart hande geval het, loop nou die risiko om deur die Khoi- en San-gemeenskappe opgeëis te word.

B

www.proagri.co.za

Die regering het bes moontlik met hierdie teruggryp na die geskiedenis ’n lat vir homself en sy eie ondersteuners gepluk, terwyl boere wat vooruit wil gaan van voor af gefrustreer word. In hierdie omstandighede dreig Tony Ehrenreich van Cosatu in die Wes-Kaap met ’n grondoorlog. In die openbaar sê hy dat boere wat nie hulle werkers die nuwe minimumloon (kan) betaal nie, se grond afgeneem moet word. Louis Meintjes, president van TLU SA sê: “Dit is baie gevaarlik om so ’n klimaat te skep en om toe te laat dat so ’n klimaat geskep word. Dit kan lei tot grondbesettings soos wat in Zimbabwe plaasgevind het, met katastrofiese gevolge vir die hele land, sy hele bevolking en sy ekonomie.” TLU SA het om hierdie rede ’n klag van intimidasie teen Ehrenreich gelê. “Daar is nie nou ’n behoefte aan heethoofdigheid nie – ter wille van landbou en voedselsekerheid moet daar rustigheid en stabiliteit in landbou kom,” sê mnr Meintjes. Die hele beginsel van grondeise oor iets wat dalk in die verlede gebeur het, is absurd; veral as dit op ’n algehele leuen geskoei word.

daardie tyd, is grond bekom deur besetting, deur aankoop en deur verowering na ’n oorlog. Laasgenoemde was in die ontwikkeling van Suid-Afrika die uitsondering. As ’n reël is leë grond beset of grond is gekoop. As die regering sy herdenking van die 1913-Naturellegrondbesitwet wil bou op die aanname dat die blankes die grond gesteel het, sal die jaar 2013 bekend staan as jaar van die grootste leuen van die geskiedens. Daar is geen bewyse vir hierdie stelling nie. Skielik word daar geleun op ongedokumenteerde “oorlewerings”, terwyl die geskiedenis van blanke en Boere-grondbesit sedert die vroegste tye behoorlik opgeteken is. Meer nog is die beginsel dat die geskiedenis teruggedraai moet word, eenvoudig in enige beskawing ondenkbaar. Dit het nêrens in die wêreld gebeur nie; nie in Amerika waar die Rooihuide verdryf is nie, nie in Australië waar die Maori’s verdryf is nie en nie in Nieu-Seeland waar die inheemse bevolking amper uitgewis is nie. Volgens daardie beginsel sou Europa dalk teruggegee moet word aan Vikings of wie ook al daar was voordat die huidige besitters daar ingetrek het. Ons boere is toekomsgerig; hulle wil hulle boerdery verbeter en uitbou, daarin belê. Die ANC-regering kyk na die verlede, maar sonder ’n toekomsblik. Die geskiedenis moet ter wille van politieke opportunisme oorgeleef word, glo hulle, maar as dit verby is, sit ons met die werklikheid van grondhervormingsprojekte wat misluk en eens winsgewende plase wat geen produksie meer lewer nie. Dit bedreig die toekoms van landbou. Dit bedreig die bekostigbaarheid van voedsel vir die verbruikers. Dit is nie toekomsgerig, soos wat kommersiële landbou is nie.

Blankes het nie die grond gesteel nie Bewerings soos “die blankes het die grond gesteel”, word al hoe meer rondgeslinger. Die feit is dat iets nie gesteel kan word van iemand wat dit nie besit nie, omdat hy nie daar was nie! Die geskiedenis is van die vroegste tye af nougeset opgeteken oor hoe die blankes die land ingekom het, leë gebiede beset het en hulle daar gevestig het. Daar is bowendien ’n verskil tussen vestigingsboere en nomadiese boere, soos die Khoi en San wat nooit vastigheid gekry het nie. Die blankes het gevestig en ontwikkel. TLU SA praat namens kommersiële Nooit is grond gesteel nie en TLU SA boere, maar ook tot die voordeel van sal aanhou om die feit op elke moontlike elke verbruiker. Sluit aan deur die forum in te dra. Daar is onderhandelings webwerf www.tlu.co.za te aangegaan, soos met die Zoeloes van besoek of skakel 012-804-8031. Dingaan en met die Swazi’s. In talle ander gevalle is daar ook oor grond onderhandel, en slegs in uitsonderlike gevalle is grond verower, nadat die Boere kwaadwillig aangeval is en hulle hulleself verdedig het. Ooreenkomstig internasio012-804-7033 naal aanvaarde standaarde, tiaan@vdtreg.co.za veral van

Hoe raak jou huur- en koopkontrakte? Pla bewoners op jou plaas of ?

Skakel die ESTA-wet kundiges:

Van Dyk Theron Prokureurs

ProAgri 158 – April 2013

33



na

Vee & veilings

Van

Dit bly dié naam in dieregesondheid

ie behoeftes van boere en veeartse bly ons eerste prioriteit, al het ons naam verander,” sê dr Chris van Dijk, Zoetis veeartsspesialis en Hoofbestuurder vir Produk- en Besigheidsontwikkeling van Zoetis. Op 1 Februarie het Pfizer Dieregesondheid wêreldwyd omgeskakel na ’n openbare maatskappy bekend as Zoetis. Die maatskappy se aandele is op die New Yorkse aandelebeurs gelys. Zoetis is in 120 lande by dieregesondheid betrokke en Suid-Afrika is een van die lande waar die middels bemark word. Chris sê met 60 jaar ondervinding in die bedryf en meer as ’n duisend spesialiste wat wêreldwyd hulle tyd en kennis in navorsing inploeg, kan SuidAfrikaanse boere net wen. Net soos tevore in Pfizer, sal Zoetis gereed wees met nuwe produkte en dienste om boere en veeartse se behoeftes te bevredig. Zoetis het ’n wye reeks produkte vir plaas- of huisdiere en selfs visse. Plaasdiere sluit al die herkouers (beeste, skape en bokke), asook perde in. Die middels self is voorkomend en genesend. Chris sê: “Ons dek die hele spektrum van dieregesondheid. Dit sluit in antibiotika, minerale, entstowwe, antiinflammatoriese middels, narkosemiddels, ekto- en endoparasietmiddels, medisinale voerbyvoegsels en reproduksiehormone.” Zoetis lewer ook nie net middels nie.

“D

kundiges is op hulle gebied en dat Zoetis se rol is om kundige ondersteuning te bied: “Ons is waar ons kliënte is, daar waar hulle werk en woon, en ons doen moeite om na hulle te luister.” Al die bestaande Pfizer-produkte wat boere in Suid-Afrika ken, sal steeds beskikbaar wees en boere hoef ook nie nuwe name aan te leer vir die bekende produkte soos Dectomax en Terramycin nie. Die verpakkings gaan ook voorlopig dieselfde bly, net die naam Zoetis sal in die plek van Pfizer verskyn. Dieselfde handelaars sal ook die Zoetis-produkte aanhou en Zoetis het boere verseker dat veeartse ten volle Die naam, Zoetis (zō-EH-tis), het sy ingelig is oor die verandering en wortels in “zo”, ’n stamwoord wat natuurlik ook in kennis gestel sal gevind word in bekende woorde soos word van nuwe produkte. Chris sê: “zoo” en soölogie. Dit is afgelei van “Dieselfde span verteenwoordigers wat tot nou toe die boere en veeartse so “zoetic” wat beteken “met betrekking doeltreffend bedien het, sal steeds tot lewe”. Dit vind neerslag in Zoetis beskikbaar wees en dieselfde bestuurse nuwe slagspreuk: Vir diere. span bly in beheer van die onderneVir gesondheid. Vir jou. ming in Suid-Afrika.” Chris het afgesluit met die woorde: “Produsente en veeartse kan verseker Die meeste van die maatskappy se wees dat Zoetis, vir diere, vir hulle navorsing- en ontwikkelingseenhede is gesondheid en vir jou as veearts en by vervaardigingsaanlegte geleë, wat produsent daar sal wees!” samewerking vergemaklik en help om produkte gouer kommersieel beskikbaar te stel. Die aanlegte voldoen aan elke Besoek gerus die webwerf land se regulatoriese vereistes en Zoetis www.zoetis.co.za vir meer inligting of sorg ook dat al die regulasies met begaan kuier by NAMPO by Grasdak trekking tot die registrasie van middels 35b1 om al die bekende gesigte te noukeurig gevolg word. sien. Zoetis sê hulle weet dat hulle kliënte Die maatskappy ondersteun die middels met diagnostiese dienste en genetiese toetse. Die maatskappy sê in ’n verklaring: “Ons wêreldwye netwerk beteken dat ons streek vir streek na boere en veeartse kan luister en in hulle behoeftes kan voorsien met praktiese en kostedoeltreffende ontwikkelings. Ons teenwoordigheid op grondvlak vorm die kern van ons vermoë om vinnig en korrek te reageer wanneer oordraagbare of aansteeklike siektes kop uitsteek en die bestaan van dier en mens bedreig.”

Sien NAMPO-kaart bl 36

www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

35


NAMPO-kaart Veilingskompleks (afdak)

Four Lakes Caltexsaal 19

Veilingslokaal KK Animal Nutrition Perdekompleks Skaapkompleks

BKB

Ratsbrand

Caltexsaal

Noordelik hek

Suiwelkompleks

Beeskompleks Landrover

86

a b

87a b c

d

88a b

c

t

d+e

89a b c

Zoetis (Pfizer)

92

John Deere

b

35a

e d c b 11a

94 a

37-39

f 13

12

8a 9a

14a

PANNAR 16

96

97

UD Trucks

117

122 &

f

MICROBIAL SOLUTIONS

75

c

ESKOM Saal 105

104

103

Besoek ook gerus al die telersgenootskappe in die bees- en skaapkomplekse.

b

f

c

d

a

f

b

190

191

c

Greenfields

e

e d

160

b

a

168b

c Bridgestone Firestone SA

126

a

f

b

e

c

Nissan

169

b c

125

185

116

186

111

161a

b

f c d f e d

c a

77

80a

100 a d

115

76

166

78

a b

161b

110 44

v

t

Jupidex

Gedenkmuur

79

49

Nampo saal

99 PNS

168a

46

98

187

47

74

162

d

42

167

b

73

v t

43

t

BIERTUIN

112

t

41

100 50 - 51

GSI Group Elect Nam

188

25

53 53

Vitamech

Senwes saal

189

24

72

c

1

Auditoruim

v

19b

4a

3 Nampo

ENGEN MUSEUM

25

54

v

Sample saal

55

Graan SA

Klub/Club 2000

d

Santam

71

40

224

ABSA LAAN - ABSA AVENUE

Shell

SANTAM Landbousaal

56

223

b 95

e d c b

info

c

70a

163b

28

f e d c b

107a

58b

b

36a b

107b

f e d c b

29

57

b

Staalmeester

30

58a

34a

Roodebanksaal

Agri Afrika

59

69

33

g

Mati Art

t

93

e

Tal-Tec

31 32

Donkerhoeksaal

Roodebank Saadsaal K2Agri Monsanto Pioneer

68

60

Hopefieldsaal

Crop-Tech

67

66

65

62-64

163a

61

d


ProAgri ProAgri wens graag ons adverteerders wat die geleentheid gebruik het om in hierdie spesiale NAMPO-uitgawe te adverteer, alle sukses met hulle uitstallings by Nampo toe. Boere wat suksesvol vorentoe wil boer met ProAgri, kan dié verskaffers vind soos op die kaart aangedui. Rotrix Irrigation unlimited

137

f

139

150

144

d c

Senter 360

Havco

220 222

221

214

213

211

210

209

202

201

194

176

178

179

180

181

182

183

Lemken Nic Sleepwaens ABC Hansen

212

Toyota

Chemvet 184

216

207

d

215

f a

e

203

f 200

e b

208

c

d

217

a b c

f

a b

e

206

204

196

c 195

155

b

199b

d

205

a b c a b c

199a

7 19 a b c

a

174

157

156b

173

e

156a

141

b

172

171b

171a

158

159 170

f

198

197

ein

a

Bulperd

err

d

iet

c

c

d

e

ras

e

nst

f

b

A aS

f

a

mo

f a b e 135 145 147 c d Inttrac a f Trading f b 146 146 136 c d Lindsay Africa a b

arn sqv

131

Rumax

De

e d

143

Smith Power (Kubota)

192

134

e d f

149

t

Hu

125

b c

142

4x4

129

v

b c a

133

a

Stefan van Wyk: 082-381-7563 Xander Pieterse: 079-524-0934 Adele van Tonder: 074-125-0811

193

132

128

TLU SA Namposaal 1

138b

& 127

230

229

Valtrac

138a

trolee mposaal 32

228

227

154

226

Verseker jou onderneming se plek in ProAgri se 2014-NAMPO-uitgawe. Stuur ’n e-pos na info@proagri.co.za of skakel een van ons bemarkers:

b

a

140

225

b

175

a

Peake Equipment


Sien NAMPO-kaart bl 36

Rhino “skitter soos ’n ster”

y skitter soos ’n ster tussen al die ander baallaaiers!” Dit was Stefan Buys van die plaas, Eldorado, naby Grootvlei se reaksie toe hy Inttrac se Rhino 1402 die eerste keer in sy soektog na die perfekte baallaaier opmerk. “Die ander baallaaiers kan seker aan ander boere se behoeftes voldoen, maar toe Adam van Aswegen van Inttrac die Rhino op die plaas kom demonstreer het, het ek dadelik geweet dit is die een vir my,” sê Stefan. Die eerste eienskap wat hom opgeval het was die stewige, netjiese raamwerk, asook die gegalvaniseerde onderstel en blad. As daar nie plek in die skuur is vir die groot masjien nie, kan hy regtig maar buite slaap; hy gaan nie roes nie. Die grootste voordeel is die langtermynbesparing op diesel, arbeid, tyd en slytasie. Een arbeider, een trekker en die Rhino 1402 doen nou die werk wat vroeër deur ’n handvol arbeiders, drie trekkers, ’n dubbelsleepwa en twee vurklaaiers gedoen is. Stefan het uitgewerk dat die Rhino vir homself gaan betaal teen die tyd wat hy 4 000 bale geskuif het. Dit sal oor ongeveer twee jaar wees – en dit is duidelik dat die Rhino daarna sommer nog baie jare sy werk getrou sal doen. Die ander groot voordeel wat vir hom baie belangrik is, is dat hy grondverdigtingsprobleme in ’n groot mate kan uitskakel. “Vroeër, met al die beweging van die voertuie op die gesnyde land, was daar baie kompaksie. Ek kon letterlik sien hoe sukkel die oulandsgras om die volgende seisoen of vir die tweede snysel uit te stoot op plekke waar daar baie heen en weer gery is met al die voertuie.” Benewens die feit dat daar minder gery word, is die Rhino 1402 se wiele ook lekker breed, wat vastrappery verminder.

“H

“Bring daai bale tef; die ooie wag!” Met die Rhino word daar sommer agter die baler aangery en die bale word dus dadelik opgelaai tot die wa 14 rondebale op sy rug het, wat hy dan flink en gemaklik naby die beeste en skape se voerplekke of op die voeropslagwerf kan gaan aflaai. Stefan sê solank die aflaaipunt nie verder as 2 km is nie, hou die baallaaier tred met die baalproses. Die bale self lê dus ook nie die gras dood nie. Hy maak so 1 500 bale van oulandsgras en wenakkergras vir sy kommersiële Drakensbergerkudde en sy skape kry ’n duisend bale tef. Die Rhino het ook op ’n paar onverwagse maniere besparings teweeg gebring. Aangesien dit nie meer nodig is om die tande van ’n vurklaaier in die bale in te steek nie, kan hulle stywer opgerol word. Dit beteken meer gras en meer gewig per baal, ’n stewiger baal en meer ekonomiese vervoer van hooi. Daarby word elke baal minder hanteer, wat beteken dat daar minder baaltou nodig is – 17 in plaas van 22 toue. Met die aflaai-aksie word die bale styf teen mekaar gepak (soos ’n wors)

Stefan Buys van Grootvlei sê hy beveel graag die Rhino 1402 aan vir ander boere, want dit bespaar diesel, arbeid en tyd. 38

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Hoe dit werk Die baallaaier het ’n skeparm wat hidroulies vanuit die trekker se kajuit

laat sak word en in die ry die baal skep en op die wa laat rol. Dit maak nie saak teen watter hoek die baal geskep word nie, die arm draai hom reg en lig hom op in een beweging. Die eerste baal rol oor na die verste helfte van die wa en die tweede een pas dan knus langs hom in. Sodra altwee lê skuif ’n balk, wat met ’n ketting getrek word, die twee agtertoe om plek te maak vir die volgende twee. Die proses kan outomaties gebeur aangesien daar sensors onder die voorste plate aangebring is, of per hand. Veertien rondebale met ’n deursnit van 1,2 tot 1,8 meter kan opgelaai word. Die wa kan 9,5 ton dra en

benodig slegs 60 kW trekkerkrag. Die aflaaityd is een minuut. Die voorste deel van die laaier word hidroulies opgelig en ’n dwarsbalk skuif die bale af. Stefan sê die feit dat Inttrac self die baallaaiers bou beteken dat hulle ook na voorstelle van boere se kant af luister en dat die Rhino renostertaai genoeg is vir Afrika! Laat Adam van Aswegen jou werklas ligter maak. Skakel 078-457-0952, stuur e-pos na adam01@nashuaisp.co.za of besoek www.inttrac.co.za vir meer inligting. Inttrac is op Standplaas 136 by NAMPO.

Die Rhino lig, draai en laai ’n baal in een flink beweging.

INTTRAC TRADING CC

Strautmann-misstrooiers van 6 tot 26 ton vir mis en kalk. Groot strooiers is ook beskikbaar met presisieboerdery-toerusting.

Ons hou die boer aan die boer Die Strautmann Verti-Mix is in ‘n groot aantal modelle beskikbaar, van 4 m3 tot die dubbelawegaarmodel van 21 m3

www.inttrac.co.za Adam van Aswegen 078-457-0952 / 016-365-5799 www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

39

Vee & veilings

en minder vog kom dus by die oop kante in. ’n Jaar later is die bale binnekant nog kurkdroog. Nog ’n gawe besparing is dat die baallaaier as gerieflike, bekostigbare vervoerwa gebruik kan word. Van Stefan se beeste loop op grond wat 30 km van sy plaas af is. Die Rhino sleep lig en maklik en laai die bale aan die ander kant in ’n japtrap af. Die baalwa is nog nie geregistreer vir padvervoer nie, maar dit voldoen reeds aan al die vereistes.


Betroubare, altyd-aan Internet – enige plek in SA

√ Betroubaar via satelliet √ Werklike breëbandspoed √ Geen daaglikse limiet √ Aanvullings (top-up) opsies verval nooit √ Geen kontrakte

40

ProAgri 158 – April 2013

Kontak Angela Goosen by 012-665-0052 of queskye@qkon.com

www.proagri.co.za


Vee & veilings

Kuilvoer bied die beste kragkos vir jou diere

ie rol wat kuilvoer in dierevoeding speel word al hoe belangriker. Volgens Pieter Rademeyer van PANNAR is kuilvoer die beste manier om die voedingswaarde van plante te bewaar en verliese aan droëmateriaal te beperk. Boonop is die tydperk wat kuilvoer bewaar kan word byna onbeperk op voorwaarde dat dit lugdig en waterdig bewaar word. Kuilvoer, veral mieliekuilvoer, lewer meer voedingstowwe per hektaar en ook hoër diereproduksie per hektaar as ander metodes van voerbewaring. Dit brand ook nie en kan nie gesteel word nie. Ongelukkig is dit nie juis vervoerbaar nie. Melkboere was tradisioneel die grootste kuilvoergebruikers, maar vandag gebruik voerkrale dit ook ruimskoots vir afronding en kommersiële beesboere gebruik dit al hoe meer vir oorwintering. Skaapboere gebruik ook al hoe meer kuilvoer. Alhoewel ’n mens van bykans enigiets wat groei kuilvoer kan maak, bly mielies die belangrikste kuilvoergewas. Goeie kuilvoer begin reeds by die kultivarkeuse. Die mielie wat die meeste graan in ’n spesifieke omgewing oplewer, gee ook die meeste kuilvoer, en hoe meer graan in die kuilvoer, hoe hoër die kuilvoer se energiewaarde. Mediumkort en mediumlang groei-

D

www.proagri.co.za

klasse bied die beste verhouding tussen opbrengs en gehalte. Hierdie groeiklasse bied ook ’n langer snyseisoen. Met ultravinnige groeiers kan ’n mens dalk wel twee oeste in ’n seisoen maak as daar genoeg water en hitte-eenhede is, maar hulle groeiseisoen is baie kort en in die meeste gevalle is hulle plantmateriaal te min vir ’n goeie kuilvoeropbrengs. Kenners beveel aan dat mielies vir kuilvoer teen ’n 10% hoër plantestand as vir graan geplant moet word. Is die plantestand te hoog, lewer die mielie meer groenmateriaal en minder graan, wat die gehalte van die kuilvoer verlaag. As die plantestand te laag is, oes jy meer graan en maak dus kuilvoer van die beste gehalte, maar verlaag die opbrengs per hektaar. Die gehalte van die stronkmateriaal speel ook ’n rol: Hoe laer die plante op die grond afgesny word, hoe laer is die verteerbaarheid van die kuilvoer, maar hoe hoër bokant die grond dit afgesny word, hoe laer is die opbrengs. Die verteerbaarheid van kultivars verskil en jou saadverskaffer behoort jou daaroor raad te kan gee. Aangesien die tydperk waartydens mielies presies die regte voggehalte vir inkuiling het beperk is, is dit wys om – as weerstoestande dit toelaat – die plantproses so te versprei dat daar nooit

meer mielies per week geplant word as wat in ’n week gesny en ingekuil kan word nie. Goue beginsels Volgens Rudi Kuschke van KleinKaroo Saad is daar ’n paar goue beginsels wat nagevolg moet word om eersteklas kuilvoer te maak: Moenie kuilvoer maak van materiaal wat te nat of te droog is nie. Die plant se voggehalte moet 65 tot 70% wees en die onderste blare moet begin verdroog. Die melklyn moet in die helfte van die pit sit en die pitte moet almal al ingeduik aan die bokant wees. As ’n mens van die gekerfde materiaal tussen jou hande druk, moet jou hande klam voel, maar nie nat wees nie, dan is jou mielies presies reg vir kuilvoer. As jy nog nie seker is nie, gebruik die volgende metode wat Pieter Rademeyer voorstel: • Kerf 10 plante wat verteenwoordigend van die land is, fyn. • Meng dit goed en weeg presies 1 kg af. • Plaas in die oond teen 105 grade C vir 24 uur met die deur effens oop. Hou nog 24 uur in die oond met die deur toe. Vervolg op bl 43 ProAgri 158 – April 2013

41


Dion-kuilvoerkerwer F41 en F41KP

Macdon A30D-sleepmodel snyerkneuser

Koppe beskikbaar om op Dion-kuilvoerkerwer te pas

Tubeline-baaltoedraaier

TL5500AX2-ronde en vierkantige baaltoedraaier Macdon M155-selfaangedrewe platsnyer met MacDon D65D-tafel

Brillion-fynsaadplanter SSP12

Kom besoek ons by Nampo Standplaas 94: 14-17 Mei 2013

MacDon FD75 Flexdraper Stropertafel

Macdon D65-stropertafel

Pickett-bone-oesmasjien Tempo Planter

Macdon R85-sleepmodel-tolsnyer

Skakel Jurie Swart 021-907-8025 / 083-375-8840 Louis van der Merwe 021-907-8000 / 072-626-8409 Shaun Fourie 021-907-8021 / 082-803-1014

One Step - Ahead

Carrier One Step


• Koel af en weeg weer. Die persentasie droëmateriaal is die gewig na droging vermenigvuldig met 100. • As daardie persentasie tussen 30 en 40% is, is jou mielies reg om in te kuil. As plantmateriaal te droog is, maak jy nie kuilvoer nie, maar kompos. Sulke kuilvoer word te warm en word bruin. Dit lei tot laer proteïnbenutting, laer verteerbaarheid en verliese aan droëmateriaal. Die situasie kan gered word deur water by die blaser te voeg, die materiaal fyner te kerf en vaster te trap, en deur die byvoeging van behoudmiddels soos antibiotika, steriliseermiddels soos sout, swaweldioksied, natriummetabisulfied, natriumnitraat, vetsuur en formalien, en koolsuurgas. Natriummetabisulfied werk die beste en 4 kg per ton kuilvoer moet bygevoeg word. Is die materiaal te nat, dan lei dit tot uitloging van voedingstowwe, galsterigheid en onsmaaklike kuilvoer. Die beste manier om nat materiaal te hanteer, is om te wag totdat dit droog genoeg is om in te kuil. Waar kuilvoer van gewasse soos aartappels met baie groot hoeveelhede vog gemaak word, kan 25% droë hooi bygevoeg word. Kerf jou mielies in stukkies van so 5 tot 8 mm, dan trap dit lekker styf vas, want die tweede groot sonde wat kuilvoer bederf, is as dit nie goed genoeg vasgetrap is nie. Los kuilvoer laat lug inkom, wat die kuilvoer te warm laat word, wat die voedingswaarde benadeel. Kuilvoer kan in ’n kuilvoerput, ’n kuilvoertoring, ’n betonuitgevoerde kuilvoerbunker, ’n kuilvoersloot in kuilvoersakke of kuilvoerbale of sommer bo-op die grond gemaak word. Laasgenoemde is die goedkoopste metode en niks minder doeltreffend as enige ander nie, mits www.proagri.co.za

dit reg gedoen word. Die hoop of sloot moet smal genoeg wees sodat daar elke dag vars kuilvoer uitgehaal kan word en die res weer lugdig toegemaak kan word. Die fyngekerfde plantmateriaal word afgelaai en laag vir laag deeglik met ’n trekker vasgetrap. Wanneer die kuilvoer goed vasgetrap is, strooi growwe sout bo-oor om muf teen te werk en maak dit dig toe met ’n plastiekseil met grond, klippe of ou motorbande bo-op om die seil vas teen die kuilvoer te hou. Hoe werk kuilvoer? Sodra die mielies ingekuil is, begin ’n gistingsproses en chemiese reaksies. Solank daar suurstof is, word asynsuur gevorm, maar sodra die suurstof opraak, word daar melksuur gevorm. Dan daal die pH en die temperatuur van die kuilvoer ook. Binne drie weke is die proses voltooi. Na ses weke kan die kuilvoer aan vee gevoer word. So lyk goeie kuilvoer: • Die voginhoud van goeie kuilvoer is tussen 60 en 67%. • Die kleur is helder, ligte geelgroen of kakie. • Dit het ’n aangename, effens suur, vrugagtige geur. • Dit het ’n aangename, suur smaak; nie skerp of bitter nie. • Dit bevat geen gemufde of verrotte materiaal nie. • Dit het ’n ruproteïninhoud van 7 tot 9%. Kuilvoer wat dig toegemaak is, kan byna onbepaald goed bly, maar waar dit met lug in aanraking kom, bederf dit gou. Wat kan kuilvoer maak ’n Mens kan kuilvoer van byna enigiets

• Grassoorte, voersorghum en manna: 2% melasse of 4,5% mieliemeel • Peulplante: 4% melasse of 9% mieliemeel • Geen byvoegings is nodig waar suikerryke gewasse (graangewasse) in ’n verhouding van 2 tot 1 met peulplante of grasse ingekuil word nie. Wanneer om ander gewasse te sny Pieter Rademeyer gee die volgende riglyne oor die stadium waarop ander gewasse gereed is om in te kuil: • Lusern: 10% blom • Sojabone: Van die middel- tot volblomstadium voordat die blare begin afval • Akkerbone en ander bone: Sodra die peule goed gevul is • Grasgewasse (behalwe mielies): Volblomstadium • Voersorghum: Sny in die sagtedeegstadium, net nadat graan gevorm is • Sonneblom: 10 tot 50% blomstadium • Kleingraan: Hardedeegstadium • Graansorghum: In die vroeë deegstadium, wanneer die eerste sade die hardedeegstadium bereik het • Lupiene en seradella: Sny tydens die sagtedeegstadium em laat ’n paar dae toe om te verwelk voordat dit gekerf en ingekuil word.

Hierdie artikel het oorspronklik in ProAgri se Voerproduksiegids 2012 verskyn. Vir navrae oor die gids, stuur ’n e-pos na info@proagri.co.za. Volgende maand hanteer ons kuilvoertoerusting.

ProAgri 158 – April 2013

43

Vee & veilings

maak, maar mielies bly koning. In SuidAfrika maak heelwat boere kuilvoer van voersorghum, veral in gebiede waar mielies aan diefstal blootgestel word, en al hoe meer boere maak kuilvoer van gras om die voordeel van die voedsame, smaaklike, geil stadium in grasgewasse se groeiseisoen oor ’n langer tydperk in hulle voerprogramme te benut. Plante soos mielies, soetriet, hawer en rog het genoeg suiker om tydens die gistingsproses die nodige melksuur te vorm. Wanneer daar van proteïnryker plante soos lusern, akkerbone, sojabone, wieke, kanola en lupiene kuilvoer gemaak word, moet suiker in die vorm van verdunde melasse bygevoeg word, anders word daar bottersuur gevorm wat kuilvoer bederf en goor laat ruik. Die styselinhoud kan met mieliemeel aangevul word teen die volgende verhoudings:


Bestuur hipokalsemie by melkkoeie

deur Johannes Jansen, Four Lakes Import & Export

ns almal probeer die “super koei” teel, of dit nou deur middel van ’n goeie bul of deur kunsmatige inseminasie gebeur. Die gevolg is dat ons melkkoeie se genetiese potensiaal elke jaar verbeter en dat melkproduksie styg. Die vraag wat ons moet vra is: “Sit ons genoeg terug in ons melkkoeie vir die hoeveelheid melk wat hulle gee?” Garret Oetzel van die Universiteit van Wisconson en Brian Miller van Boehringer Ingelheim Vetmedica Inc, het ’n diepgaande studie gemaak van die oorsake en gevolge van hipokalsemie of subkliniese melkkoors, soos dit in reguit Boere-Afrikaans bekend staan. Baie melkboere sal waarskynlik geskok wees om te verneem dat kliniese en subkliniese gevalle van hipokalsemie in ’n melkkudde van 500 koeie ’n boer tot R130 000 per jaar uit die sak kan jaag. Hipokalsemie (lae bloedkalsium) is ’n belangrike bepalende faktor van koeie wat pas gekalf het se gesondheid en melkproduksie. Dit word veroorsaak deurdat hoë melkproduksie soveel kalsium uit die koei se gestel onttrek sodat daar nie genoeg oorbly vir normale metaboliese funksies nie. Vyf belangrike beginsels vorm vir ons die begrip van hierdie algemene metaboliese siekte en hoe om dit in jou melkery te bestuur. • Tweede-laktasie en ouer koeie het kliniese of subkliniese hipokalsemie tydens kalwing. • Hipokalsemie is gekoppel aan ander probleme van koeie wat pas gekalf het. • Mondelinge aanvulling met kalsium is die voorkeurbehandeling vir die ondersteuning van koeie en verse wat vroeë tekens van melkkoors wys,

O

44

ProAgri 158 – April 2013

maar nog steeds bly staan. • Subkliniese hipokalsemie kos ’n melkery meer as kliniese gevalle van melkkoors. • Selfs melkkuddes met suksesvolle anioniesesoutprogramme wat minimale gevalle van kliniese melkkoors het, sal voordeel trek uit die strategiese gebruik van mondelinge kalsiumdoserings. Elke nuwe laktasie beproef ’n melkkoei se vermoë om normale bloedkalsiumvlakke in stand te hou. Melk (insluitend bies) is baie ryk aan kalsium en koeie moet vinnig aanpas vir hierdie skielike kalsiumonttrekking. Gemiddelde bloedkalsiumkonsentrasies daal merkbaar in tweedelaktasie- of ouer koeie rondom kalwing. Sowat 12 tot 24 uur na kalwing is die konsentrasies op hulle laagste. Hipokalsemie, met of sonder ooglopende kliniese tekens, is gekoppel aan ’n verskeidenheid van sekondêre probleme in koeie en verse wat pas gekalf het. Dit gebeur omdat bloedkalsium noodsaaklik is vir spier- en senuweefunksies, veral funksies wat die sterkte van skeletspiere en funksionaliteit van die melkpens of abomasum ondersteun. Probleme in een van hierdie gebiede kan negatiewe faktore laat ontwikkel wat uiteindelik droëmateriaalinname verminder, metaboliese siektes laat toeneem en melkproduksie laat afneem. Data van groot kommersiële melkerye dui daarop dat hipokalsemie rondom kalwing die sterkste verband hou met verlaagde melkproduksie tydens vroeë laktasie, verhoogde gevalle van ketose of asetonemie en verhoogde

risiko vir ’n verplaaste melkpens. Kliniese tekens van hipokalsemie in melkbeeste rondom kalwing kan in drie fases verdeel word: Eerste fase: Die eerste stadium van hipokalsemie is vroeë tekens sonder dat die dier gaan lê. Dit kan ongemerk verbygegaan, want die tekens is subtiel. Aangetaste diere kan ongemaklik of senuweeagtig voorkom. Sommige mag dikwels hulle agterpote rondbeweeg. Tweede fase: Sommige koeie raak hipokalsemies op ander tye behalwe na kalwing, en kliniese tekens soortgelyk aan dié wat hierbo tydens fase een beskryf is, kan voorkom. Hierdie tipe hipokalsemie word dikwels veroorsaak deur tydperke van ongewone spanning of die afname van droëmateriaalinname, en hierdie toestand word gewoonlik waargeneem in koeie in die eerste twee tot tien dae van laktasie, koeie wat op hitte is, koeie met erge verteringsprobleme of koeie wat ly aan kliniese uierontsteking (mastitis). Mondelinge kalsiumaanvulling is die beste behandeling vir koeie met hipokalsemie wat nog staan. Die aangestaste koei absorbeer ’n groot hoeveelheid kalsium in haar bloedstroom binne sowat 30 minute van dosering. Kalsiumkonsentrasies in die bloed word ondersteun vir ongeveer ses tot 12 uur daarna. Binne-aarse (IV) kalsiuminspuitings word nie aanbeveel vir die behandeling van koeie wat nog staan nie. IV behandeling met kalsium verhoog bloedkalsiumkonsentrasies vinnig tot uiters hoë en potensieel gevaarlike vlakke. www.proagri.co.za


Derde fase: Koeie in die derde stadium van hipokalsemie lê plat op hulle sye, is heeltemal verlam en opgeblaas en kom baie depressief voor (op die punt van koma). Indien hulle nie behandel word nie, sal hulle binne ’n paar uur sterf. Stadium twee en drie-gevalle van hipokalsemie moet onmiddellik met ’n stadige binne-aarse toediening van 500 ml 23%-kalsiumburoglukonaatoplossing behandel word. Om die risiko van ’n insinking te verminder, kan koeie wat gunstig op IV behandeling reageer, bykomende mondelinge kalsiumaanvulling ontvang wanneer hulle wakker is en in staat is om te sluk, gevolg deur ’n tweede mondelinge aanvulling sowat 12 uur later. Subkliniese hipokalsemie (lae bloedkalsiumkonsentrasies, maar sonder kliniese tekens) beïnvloed ongeveer 50%

www.proagri.co.za

van die tweede- en ouerlaktasie melkkoeie wat op tipiese voorkalwing diëte geplaas word. Indien anioonsoute aangevul word, verminder die risiko vir melkkoors tot ongeveer 15 tot 25%. Subkliniese hipokalsemie word verbind met verlaagde droëmateriaalinname na kalwing, verlaagde melkproduksie en ’n verhoogde risiko vir ketose en verplaasde abomasum in vroeë laktasie. Subkliniese hipokalsemie is duurder as kliniese melkkoors, want dit raak ’n baie hoër persentasie van koeie in die kudde. Volgens Oetzel en Miller, het 'n 2 000-koei kudde in die VSA byvoorbeeld 'n 2% jaarlikse voorkoms van kliniese melkkoors en elke geval van kliniese melkkoors kos $300. Die verlies vir die melkery uit die kliniese gevalle is ongeveer $12 000 per jaar. As dieselfde kudde ’n 30% persent jaarlikse voorkoms van subkliniese hipokalsemie in tweedelaktasie- en ouer koeie (65% van die koeie in die kudde) het en elke geval kos $125 (’n raming wat die gevolge van verhoogde ketose en verplaasde abomasums insluit), dan is die totale verlies van subkliniese hipokalsemie ongeveer $48 750 per jaar. Dit is sowat vier keer groter is as die koste van die kliniese gevalle. Selfs kuddes met suksesvolle anioniesesoutprogramme en minimale kliniese gevalle van melkkoors sal voordeel trek uit die strategiese gebruik

van mondelinge kalsiumaanvullings. Begin deur die aanvulling te doseer aan alle staande koeie wat kliniese tekens van hipokalsemie toon, en alle koeie wat gelê het na suksesvolle IV behandeling. CalciVita ReCharge is ’n produk wat met groot sukses gebruik kan word aangesien dit kalsium, magnesium, vitamine A en B, probiotika en elektroliete bevat. Kontak Johannes Jansen gerus: johannes@fourlakes.co.za

ProAgri 158 – April 2013

45

Vee & veilings

Uiters hoë bloedkalsiumkonsentrasies kan noodlottige hartkomplikasies veroorsaak en (miskien die belangrikste) dit beperk die koei se vermoë om op hierdie kritieke tyd haar eie kalsium te mobiliseer. Koeie wat met IV kalsium behandel word, ly dikwels 12 tot 18 uur later aan 'n hipokalsemiese insinking. Koeie in die tweede stadium van hipokalsemie gaan lê, maar nie plat op hulle sye nie. Hulle toon matige tot ernstige tekens van depressie, gedeeltelike verlamming, en lê tipies met hulle koppe in hulle flanke gedraai.


Vervaardigers van: Voermengers, Hamermeule, Pilmasjiene Rondebaalkerwers

BJP Supplies Tel: 023-342-6070 Sel: 082-335-3970

SIP Manure/Lime Spreaders From 3.9 up to 15 m³ - Dual purpose. Spreading width: 6/10/24 meters. With vertical or horizontal beaters, fitted with 2 spreading discs. Hydraulic dosing door and sidewall extensions are standard. Also suitable for spreading sludge and compost. Can be used as a forage wagon suitable for silage offloading.

Head Office: info@staalmeester.co.za Eduan: 082-883-6484 Martin Jr: 082-806-6377 Tel: 018-431-2171/2 epos: info@staalmeester.co.za www.staalmeester.co.za

46

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

Die VELDVLEIS-beesras! The GRASS-FED beef breed!

Best of

BOTH worlds! gewig / melk weight / milk

Inheems met die hoogste sagtheidsgeen-frekwensie (97,2%) beesvleis. Indigenous with the highest tenderness gene frequency (97,2%) beef. Brillstraat/Street 59 Bloemfontein 9301 Posbus/PO Box 29571 Danhof 9310 TEL: +27 51 447 7405 Fax: 086 270 3988 afcattle@intekom.co.za www.afrikanerbees.com www.proagri.co.za

AFRIKANER Cattle Breeder’s Society of South Africa Beestelersgenootskap van Suid-Afrika

gehardheid / vleiskwaliteit hardiness / meat quality Brillstraat/Street 59 Bloemfontein 9301 Posbus/PO Box 29571 Danhof 9310 TEL: +27 51 447 7405 Fax: 086 270 3988 afcattle@intekom.co.za www.afrikanerbees.com ProAgri 158 – April 2013

47


40 Blesbokke 5 Bosbokke 5 Buffels 30 Blouwildebeeste 20 Elande 10 Gemsbokke 3 Kameelperde 20 Koedoes 8 Njalas 100 Rooibokke 15 Rooihartebeeste 5 Swartwitpense 15 Sebras 8 Volstruise 20 Waterbokke

Oljaco Game Dealers namens

WILDVEILING

6 April om 11:00 OLJACO- krale - VAALWATER • Pyl wild vir enting, behandeling en navorsing • Koop en verkoop wild • Vervoer en hervestig wild • Wildplaasontwikkeling • Voer wild uit • Vang wild • Tel wild

Kontakbesonderhede: Tel: 014-755-3626 Sel: 082-388-2740/1/2/3/4 E-pos: gamedealers@mweb.co.za

48

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

49


Navrae: Melanie 051-410-0958 melaniew@studbook.co.za www.tulicattle.co.za 50

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

51


52

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

53


54

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

55


56

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Vee & veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

57


58

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


GEBRUIK SLEGS BULLE met die $X-brandmerk. Hulle beskik oor prestasiesyfers en u het die ondersteuning van die Genootskap. Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0900 Epos: sussex@studbook.co.za Webblad: www.sussex.co.za

www.tatamatarps.co.za

SPECIAL

5 000 litre water tank R2 200

Vir al u plaasbenodighede sedert 1968 Verskuifbare beeskrale Baallaaiers en -vurke Skale en nekklampe Hooi-ringvoerders Kalfkanteltoestelle Selfvoerders Spuitdippe Landrollers Suipkrippe Laaibanke Fabriek: 033-263-1056 Kantoor: 034-325-9960 Faks: 086-548-4790 Sel: 082-871-0123

E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad: www.nmreng.co.za www.proagri.co.za

LM Tank

AgriGids

Manufacturers of reservoir & earth dam linings & mesh water tanks 072 279 3294

Tuli Cattle Breeder’s Society Tel 051-410-0958 www.tulicattle.co.za

Herstelwerk

Herstel van enige plastiektenks • • • • •

Watertenks Silo’s Gifspuite Dieseltenks Chemiese tenks ens.

Alle areas!! Skakel Martiens by 084-434-7916

BASSA

Beton veewaterkrippe/ troughs

Vervaardigers gesoek in:

Gauteng, Limpopo, Noord-Wes, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat en Mpumalanga KwaZulu Natal - Midlands Beskikbaar in 850l @ R2 200 + BTW en 1 100l @ R2 500 + BTW

Skakel Rod 082-454-1236 ProAgri 158 – April 2013

59


AgriGids

Mis-/Kalkstrooiers

• Doelgemaakte swaardiensstrooiers • Beskikbaar, 14 - 22 kubieke meter • Strooiwydte is aanpasbaar tot en met 16 meter • Strooi enige tipe mis, kompos en kalk • Presisietoerusting aanpasbaar • Strooier kan op vragmotor gemonteer word

Dolf Volschenk: 017-712-5355 www.havco.co.za info@havco.co.za Ratsbrand Brand sonder sukkel, sonder vlam Die brandmerk van beeste word al strenger deur die owerhede toegepas. Die moeisame taak neem tyd en tyd is geld. Ratsbrand brandysters werk van die bakkie- of trekkerbattery. Geen vlam benodig nie en die merk is binne minder as 20 sekondes warm. Merk al drie letters op een slag. Toerusting om te onthoring ook beskikbaar.

Skakel Wynand Boshoff by 084-581-1599, wynand@ratsbrand.co.za of besoek www.ratsbrand.co.za

Slaap rustig! Laat FaunaTRACK jou vee dophou. • FaunaTRACK, jou elektroniese skaapwagter waarmee jy jou vee van Kaap tot Kairo kan dophou. • Elektroniese halsband • Selfonderhoudende plaaslike netwerk sorg vir kommunikasie tussen halsbande en die Internet. • FaunaWEB verleen wêreldwye toegang tot jou stelsel.

Monitor self jou kudde, of laat ons dit doen. Kontak Desmund by 082-414-3242 pro_buzz@mweb.co.za of besoek

www.faunaTRACK.co.za. 60

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


AgriGids

ONS IS MOS PLAASMENSE

Bestel ’n skildery van jou boerdery. Stuur fotos aan Matie en hy skilder jou eie plaastoneel. Kontak hom by 012-348-0079 of 082-318-3105 matie.botha@gmail.com

Kom besoek ons by NAMPO in die Hopefieldsaal 11

Afdrukke van sommige van Matie se gewilde plaasskilderye is ook beskikbaar in verskillende pryse. Vir meer inligting kyk asb op

www.trekkerskilder.co.za

Multi Feeds Ruvoere (Hartswater)

the answer to your feed needs

• Lusern groot bale (BIG PACKS) • Lusern klein bale • Gemaalde lusern • Grondbonehooi (BIG PACKS) • Gemaalde grondbonehooi • Koringstrooi

Kontak ons / Contact us

(Pty) Ltd

Kommoditeite • Commodities

• katoen oliekoek / cotton oilcake • katoensaad / cottonseed • sonneblom oliekoek / sunflower oilcake • soja oliekoek / soy oilcake • volvet soja / full-fat soy • vismeel / fishmeal • koringsemels / wheaten bran • mieliesemels / hominy chop

Fax: 086-524-5050 • E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 • Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

61


AgriGids

Contact Person: Vida Varnfield

082-977-8776 1 Dikbasstreet Onverwacht 0555 Ellisras

014-7636191 Business Days: Mon – Sat

2nd hand motors We get new stock regularly!

Plastic Droppers

Die oplossing vir die wild- en veebedryf, asook enige elektriese heining.

Sakkie 083-250-5363 sakkie@plasticdroppers.co.za

Plastic Droppers word gemaak van HDPE AAA+ graad (hoëdigtheid poli-etileen) en is: • Elektriese heining: skakel isolators uit • Sterk (2,9 kN) en getoets deur SABS • Sonbestand en vuur weerstandig • Maklik om te hanteer en lig (170 g/m) • Gemaak met riwwe vir netjiese drade • Beskikbaar in enige lengte • Trek nie skeef in son en hitte

e w w i r t e m Solied

Net R3 per meter!

-Patentnr: 2009/07064 -Model-/Ontwerpnommer: F2010/00430

Aflewering moontlik www.plasticdroppers.co.za 63

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Nuut ingevoerde produkte APRIL AANBIEDING

SLAGYSTERS 474: Ingevoerde VSA Slagysters met 6" rubberkaak 476: Ingevoerde VSA Slagyster Standaardmodel met 5.25" off-set jaw 478: Ingevoerde VSA Slagyster met 6" off-set jaw 480: Ingevoerde VSA 10" Liggaamsgrypyster VANGHOK Groot Opvoubare Roofdier Vanghok Opgeslaan: 127 x 48 x 60 cm Afgeslaan: 127 x 48 x 16 cm R2 360 AFLEWERINGS Aflewerings landswyd Gratis aflewering vir 12 eenhede of meer aangekoop (vanghok uitgesluit)

VERMILLIAN VERF U nuwe dimensie in verftegnologie

Bk 96/16880/23

Sedert 1980 Since

Spesiale fabrieksaanbiedinge!!! 5L

Waterdigting

Nanotegnologie

Vul krake en lekplekke, ingeboude sintetiese vesel, waterbasis super akrillies.

5L

Verust

20L

Pryse sluit BTW in Model 478

R230

Model 474

R280

Model 476

R195

Model 480

Skakel ons gerus Tel: 023-230-0595 / Sel: 079-243-4106 orders@agridistributors.com

R280

R45999

Solar Aircon dakverf

Isoleer koue en hitte, (kan temperatuur binne met 10 grade Celsius laat daal) keer uitsetting en inkrimping met nanotegnologie.

5L

R16999

Nou!

Roesvoorkomingsbehandeling, roes- en kiemdoder, verf regstreeks op roes, verdunnerbasis.

VANG HOM, VOORDAT HY VANG JOU LAMMERS

AgriGids

PROBLEEMDIER BEHEERPRODUKTE

R73999

Rooi/Grys OKSIED Nou! R10999

Roeswerende staalonderlaag, vinnige droging, verdunnerbasis.

20L Veeldoelige akriliese PVA

R23999

Binne-/buitemuurverf, roupleistermure, plafonne, 5 jaar lewensverwagting.

20L Dak & plaveisel seëllaar vanaf Nanotegnologie UV- en waterbestand lewensverwagting 10 jaar, super akrilies.

20L

Muurverf

binne en buite

R47999

Lewensverwagting 10 jaar, UV- en waterbestand Super akriliese afronding, wasbaar.

10kg

Nou!

Kraakvuller

R9999

Binne en buite, wit vuller afronding, vinnig droog.

5L

Hoëglans emalje

Stoom en waterbestand, vlekbestand, standaard kleure beskikbaar.

20L

R54999

vanaf

R27999

Super satyn muurverf

Binne en buite, suede glansvoorkoms, meer as 10 jaar lewensverwagting, super satyn afronding, hoogs wasbaar.

R69999

010-591-1010 /

Bon Accord:

087-830-2257

012-335-4218

PTA-Noord:

012-546-3350

012-335-0330

Frederika:

012-335-5446

Elarduspark: 012-345-4273

Capital Park:

012-335-4124

Viljoenskroon: 083-628-5688

Faks:

086-615-8613

PTA Wes:

012-327-2972

Wes-Kaap:

084-091-4528

Gezina:

012-329-0101

Fabriek: Eloffsdal:

Volg ons op

www.vermillianpaint.com www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

63


AgriGids

WORK IN AUSTRALIA Skilled and experienced people required for jobs in the Outback. Successful applicants will be sponsored migrants for 4 years with permanent migration possibilities. Minimum yearly salary AUD $52000 (ZAR440K) many with free accommodation and other perks. Skills sought: - Farmers with 5 years experience (crops, livestock, fruit) - Mechanics, fitters and welders with qualifications and experience - Extension officers/Agronomists with degree and experience (grain, cotton, sugar, fruit) - Project managers, Miners, Engineers Will need to get English certificate, have references checked and pay for tickets to Australia.

Contact Rod Mackenzie (KZN) 082-454-1236 or rod-shadow@vodamail.co.za Referees available

Visit us at Nampo! Stand 210

NEW Peake YTO Sprayer “InFront and Over the Top” A new innovative, cost effective “InFront and Over the Top” idea for effective crop spraying. The sprayer is based on the YTO X904 tractor, powered by a 66,5 kW 4-cylinder direct injection water cooled diesel engine. The unit has an 11” single dry double action clutch,12 forward gears and 4 reverse, and a heavy duty rear wheel chain drive.

Peake Equipment Office: 012-277-1360 Donald: 083-701-0810 / donald@peakeequipment.co.za Cliff: 083-702-0050 / peakeequipment@vodamail.co.za 64

ProAgri 158 – April 2013

Independent 4-wheel “AirRide” suspension Ground clearance of 1,8 m InFront mounted always visible 18 – 24 m spray boom 1 800 liter 3CR12 spray tenks Computer-controlled TeeJet rate controller Air conditioned cab Fixed track width to farmers’ specifications 2- or 4-wheel drive models available

www.peakeequipment.co.za

www.proagri.co.za


AgriGids

Oprigting, 53 mm sinkaluminiumdakplate, gegalvaniseerde kaplatte, ingenieurstekening en ingenieursertifikaat, en BTW ingesluit Struktuur grootte Grootte (m) 9 x 20 x 3.6 12 x 25 x 4 12 x 50 X 4 15 x 30 X 4 15 x 40 X 4 18 x 30 X 4 18 x 40 X 4 20 x 30 X 4,5 25 x 30 X 4,5

Prys R85 000 R105 000 R176 000 R142 000 R189 000 R224 000 R298 000 R252 00 R398 000

Spesiale aanbod: 2 van 12 x 25 x 4m – R174 000 Alle pryse terwyl voorraad hou

Tel 011-786-1043 of 072-450-3105 of internasionaal +27-11-786-1043 (Ons voer wêreldwyd uit) Faks: 086-570-1026 E-pos: steve@smstructures.com Webwerf: www.smstructures.co.za

Ons is by die SAOG geregistreer vir uitvoer

!

em

On

h yT

Tr

100% Waterproof Oil Resistant Very comfortable Minimum sweat build-up Warm in winter, cool in summer Wear in wet and muddy conditions

See you at NAMPO, Caltex Hall Contact tel: 021 557 0606 E-mail: info@fourlakes.co.za www.fourlakes.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 158 – April 2013

65


AgriGids 66

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


AgriGids

The Sun Pays Bekostigbare songeisers HoĂŤdrukstelsels met 1,2 mm-vlek- Laedrukstelsels vrye-staaltenks en hittepype vanaf: vanaf:

R4 795 100 liter, 12 buise R6 995 150 liter, 18 buise R9 995 200 liter, 24 buise R11 995 250 liter, 30 buise Gratis aflewering 100km vanaf Cullinan

Nuut! Groen-reeks laedruk songeisers 100 liter, 10 buise vanaf R2 195 150 liter, 15 buise vanaf R2 995 Pryse sluit BTW in

www.proagri.co.za

2 jaar waarborg

R2 895 R3 995 R5 995 R6 995

5 jaar waarborg 0860-SUNPAY (086 078 6729) Johan: 082-515-1655 sunpays@hotmail.com www.thesunpays.co.za

ProAgri 158 – April 2013

67


AgriGids

Jan Kempsdorp

Charles de Villiers: 0829482140 Email: melanie@ccnboerdery.co.za

Kontrakte vir lusern en koringstrooi. Aankope en verkope van lusern/koringstrooi enige graad teen gewaarborgde prys ASOOK baal, sny , hark, wegry. Kontrakte beskikbaar vir aanplanting van lusern. Kontak Constance Meyer 0824522979 68

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za


Koop tweedehands

Maxicut-rolmoer 9 meter

Meduimdiens kontrasskotteleg (offset) 20 – 32 skottel

Olifant-opteller hoogte 4 - 5 meter

KAT-REEKS: Beitelploeë, rolmoere, kontrasskottelêe, grondbore, rygewasskottels, bossiekappers

Swaardiens kontrasskottelêe (offsets) 24 – 36 skottel 270 mm spasiëring

Frikkie van der Merwe agri@act.co.za www.agritrek.co.za www.proagri.co.za

KAT RCFC 5-13 Tand Beitelploeë

Selfoon: 079-694-7721 Kantoor: 051-451-9100 Faks: 086-263-8322 ProAgri 158 – April 2013

69


Koop tweedehands

HA DELAAR VA DIE JAAR 2011/12 Roux Straat 16, Bethlehem, 9700

Barloworld Agricultural Bethlehem

Kom besoek of kontak ons gerus vir alle

Massey Ferguson en Challenger aankope. Ons beskik oor ’n verkope afdeling van nuwe en gebruikte landboutoerusting, ’n volledige reeks onderdele asook ’n goed toegeruste werkswinkel.

Barloworld Agriculture Bethlehem Posbus 1941/ 16 Roux Straat Bethlehem 9700 Tel: (058) 303 0894 Faks: (058) 303 4084

70

ProAgri 158 – April 2013

Verkope: Freddie van Biljon 082-821-8868 Verkope: Cornie Tosen 083-260-0215 Na-Verkope: Jacques van den Berg 072-357-5787

www.proagri.co.za


Koop tweedehands

HA DELAAR VA DIE JAAR 2011/12 Roux Straat 16, Bethlehem, 9700

2007 Case Puma 195, 4 300 uur, R560 000 + BTW

2 x 2010 Case JX95’s, 2 000 & 2 100 uur, R210 000 elk + BTW

2003 JD8520, 9 600 uur, R690 000 + BTW

2006 JD8530, 6 800 uur, R1 020 000 + BTW

1998 Landini 105 Legend, 7 600 uur, R130 000 + BTW

1997 Landini 10000 Merk 3, 8 000 uur, R120 000 + BTW

2011 MF290 4wd, 900 uur, R230 000 + BTW

6 x 2011 MF480 4wd Kajuit, Ure wissel van 900 - 1500, R450 000 elk + BTW

2007 MF460 4wd, 5000 uur, R195 000 + BTW 2011 MF480 4wd Platform, 1 100 uur, R440 000 + BTW • Verkope van nuwe en gebruikte landboutoerusting • Goed toegeruste werkswinkel • Onderdele vir Massey Ferguson en Challenger produkreeks

www.proagri.co.za

Beperkings en voorwaardes geld. Pryse geldig terwyl voorraad hou.

Verkope: Freddie van Biljon 082-821-8868 Verkope: Cornie Tosen 083-260-0215 Na-Verkope: Jacques van den Berg 072-357-5787

ProAgri 158 – April 2013

71


Koop tweedehands 72

ProAgri 158 – April 2013

www.proagri.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.