`n Spesiale AWSUM - uitgawe vir die sportdag tussen Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Montana
HOËRSKOOL RUSTENBURG
11 JUNIE 2022
HOËRSKOOL MONTANA
Ons gesels met Duane Vermeulen Duane Vermeulen is as Suid-Afrika se rugbyspeler van die jaar aangewys. Vermeulen is ook as die Superrugby- en Unlocked-speler van die jaar vereer. AWSUM het met hom gesels oor sy skooldae en hy deel sy raad aan leerders van vandag. Ons moet begin deur te vra oor jou skoolloopbaan. Wat sal jy altyd van jou skooldae onthou? Ek het `n ongelooflike tyd in HS Nelspruit gehad, regdeur van st 6 tot in matriek. Ek kon nie vir `n beter tyd gevra het nie. Ons het regtig goeie onderwysers gehad en almal het regtig `n verskil in my lewe gemaak en ek glo ook in ander skoliere se lewe. Op die sportveld het ek dit baie geniet. Ek het ups and downs gehad, moelike tye, pa-en-seun aande wat moeilik was, want my ma kon nie saam gaan nie, so ek het saam met `n pel se pa gegaan, maar ek dink dit het ook van `n mens die man gemaak wat jy vandag is. Met deursettingsvermoë en harde werk het dinge great uitgedraai. Wat sal onderwysers van jou vertel? Watter tipe ou was jy op skool? (Duane lag). Man, ek dink dis `n moeilike een. Ek was `n besige mannetjie op skool, maar ook somtyds baie stil. Ek het `n paar great onderwysers gehad met wie ek `n goeie pad gestap het. Mnr Jos van Dyk, Sarel Cilliers, mnr Meyer (wat Aardrykskunde gegee het) en ek het ook my Hotelbestuur - onderwyser, mnr Els, baie geniet. Hulle het my baie opdraende gegee. Ek moes `n paar keer buite die klas gesit het, so ek dink hulle sou sê ek was baie besig, maar het ook maklik in iemand se hart ingeklim. Watter tipe ou was ek? Ek het baie van my sport gehou. Ek het by my standpunte gestaan. Dis seker maar daarom dat ek die onderwysers opdraend gegee het. Ek het baie goeie vriende op skool gehad – van st 6 tot matriek toe. `n Lekker groep ouens en meisies. Almal het mekaar aangevul op hulle swakpunte en ook mekaar ondersteun in hulle sterkpunte. Wat sal jy altyd van sportgeleenthede op skool onthou? Is daar enige hoogtepunte? Daar is baie! Eerstens was daar die Mpumalanga - finaal wat ons gespeel het. Ons het die finaal teen HTS Middelburg of Ermelo (dink ek) gewen en dieselfde aand het ons matriekafskeid gehad, so dit was chaos om terug te kom. Die grootste hoogtepunt was `n ongelooflike 2004 Cravenweek in my matriekjaar wat by NHS aangebied is. Ek kon Nelspruit verteenwoordig en kon vir almal wys waarvoor skool staan en wat ons skool kan bied. Jy het in Nelspruit grootgeword. Wat maak die area en sy mense so uniek? Ek is in Nelspruit gebore en het toe vir agt jaar in die Kaap gebly, maar na my pa oorlede is, is ons weer terug na my ma se ouers en het weer in Nelspruit gaan bly. Ek was lanklaas in Nelspruit, maar ek het nog steeds goeie pelle daar en my ma en grootouers bly nogsteeds daar. Ek moet sê, dis `n spesiale plek en `n dorp wat na aan my hart lê. Wat inspireer jou in die lewe? As jy `n verskil in iemand anders se lewe kan maak op die manier hoe jy jou werk en jou passie uitleef, hoë standaarde en dissipline volg en ander dit raaksien, is dit die mees inspirerende ding wat daar is. Die lekkerste ding op aarde om te hoor, is as mense daar buite is sê jy het `n verskil in hulle lewe gemaak. My familie inspireer my ook. Ek doen alles vir my vrou en my twee seuntjies. Dit is is met tye moeilik. Ons is baie weg en ver van mekaar af, maar ek wil graag my twee laaities wys dat hulle pappa `n verskil in mense se lewe gemaak het en ook `n verskil in hulle lewe maak, sodat hulle ook eendag kan sê my hero is my pappa, soos my pa my hero in my lewe was - en nog steeds is. Wat is die belangrikste lewensles wat jou skool vir jou geleer het? Ek dink die grootste lewensles is nederigheid en dissipline saam met harde werk. Ons skool se leuse is “Palmam Qui Meruit Ferat”. Dit beteken laat hom wat dit verdien, die palmtak dra. Ons skool het vir ons `n ongelooflike platform gebied om jouself uit te leef en te wys wie jy is, om jou talente te erken en daarop te bou.
Wat sou jy sê vat dit van `n speler om die hoogste vlak van `n sportsoort te bereik en daar te bly? Ek dink die groot ding is deursettingsvermoë en om nooit op te hou nie. Ons het so `n ding by die Bokke: jy moet eers `n warrior wees voor enige iets anders kan saamkom en ek dink dis daai passie vir dit wat jy doen en dan van daar af net daarop te bou. Dit maak nie saak of mense deure voor jou toemaak nie, jy gaan op jou manier daai deur weer oopmaak, of oopslaan of oopskop. Stel vir jou doelwitte en werk van daar af hard. Jy moet ook kennis in jou veld hê n nie altyd dink jy weet alles nie. Met elke geleentheid wat daar is, leer jy iets nuuts – of dit is van `n coach, van `n speler, of van `n wedstryd self. If youre not winning, you’re learning. As jy nie `n rugbyspeler was nie, watter sport sou jy wou beoefen? Daar is twee. Ek sou regtig graag atletiek wou doen. Ek het spiesgooi geniet of ek het altyd gedink om NFL te gaan speel. Net om myself te toets en te kyk. Ek weet nie of ek rêrig goed daarin sou wees nie, maar sou dit graag `n go wou gegee het. As jy nie in jou posisie gespeel het nie, in watter ander posisie sou jy graag wou speel? Ek sou graag in die agterlyn wou speel, maar is ongelukkig nie vinnig genoeg nie. Ek dink vir my om deel van `n spansport te wees, is seker die lekkerste. Om tyd saam met pelle, wat dieselfde passie as jy het, te spandeer en saam dieselfde doel wil bereik.
“Dit maak nie saak wat jy doen nie, maar as jy glo dis die beste vir jou, of dit vir jou sport of jou familie of wat ook al jy doen is, 60% van mense gaan altyd hou van dit wat jy doen en 40% gaan teen jou wees”. Wat is die beste raad wat jy al ooit ontvang het en wat jy vandag met die eerders wil deel? In 2015 het ons `n sielkundige by die Bokke gehad, met die naam Pieter Kruger, en hy het breinprofieltoetse met elke speler gedoen en gesit en met elke speler gesels. Die les wat hy daai dag vir my geleer het is op `n 60/40 weegskaal gebasseer – dit maak nie saak wat jy doen nie, maar as jy glo dis die beste vir jou, of dit vir jou sport of jou familie of wat ook al jy doen is, 60% van mense gaan altyd hou van dit wat jy doen en 40% gaan teen jou wees. Toe ek jonger was, het ek altyd daai 40% probeer omdraai, maar ek het vrede daarmee gemaak en geglo dat 60% is wat mens nodig het. As jy gelukkig daarmee is, sal mense jou ondersteun, maak nie saak wie wat sê nie. Jy moet net 100% vasstaan in die besluit wat jy geneem het en alles gee. Ek basseer tans my lewe op die 60/40 weegskaal en glo dit het `n ongelooflike groot verskil in my lewe gemaak en hoop dit maak `n verskil in die Nellieleerders se lewe.
ONS GESELS MET...
G e o B a r n a r d e in
ap e e r s t e s pa n R U G BY k
t
Hoërskool Rustenburg Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover? In my eie loopbaan is die hoogtepunt die span van 2022. Wat ‘n voorreg is dit om te kan voorvat met so ‘n span wat agter jou staan. Vir RHS is dit verseker ons oorwinning teen Noordheuwel waar die span karakter gewys het en as een man saam gespeel het. Hoe motiveer jy jou span? Ons word gemotiveer deur al die manne wat die afgelope 100 jaar voor ons in dieselfde trui gespeel het. My en my span se grootste motivering is die talent wat ons van God ontvang het en om dit tot ons volle potensiaal te kan gebruik. Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Hugo van Niekerk – hy steek die vuur aan die brand by die voorspelers en dit syfer deur die hele span en hy help baie met dissipline.
Hoe is die samestelling van die span vir 2022? Enige beserings? Ons het ‘n baie goeie naam in die liga, maar ons is nog nie waar ons wil wees nie. Ons het 4 briljante spelers wat beseer is en dit het ‘n invloed op die span, maar vir die spelers wat opgeskuif het wil ek krediet gee en sê hulle staan hulle plekke heeltemal vol. Wat wil julle as ‘n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons doelwit is om die Virseker Beker in 2022 te wen en RHS te laat opskuif na die beker afdeling. Ons as jaargroep wil die skool in ‘n beter liga agterlaat as wat dit was en die beker vir die eerste keer as eerstespan huistoe bring. Dit sal groot geskiedenies in die 100 jaar se bestaansjaar van die skool maak. Wat is jou planne vir die toekoms? Ek gaan Risikobestuur studeer by NWU Pukke en sal baie graag vir die Young Guns rugby wil speel.
RUGBY
ASPIRE
CLOTHING & PROMOTIONAL SUPPLIERS
HOËRSKOOL RUSTENBURG EERSTE XV
13
Geo Barnard (K) Buitesenter
1
Werner Kinnear Loskopstut
2
Hugo van Niekerk Haker
3
Carlo van Wijk Vaskopstut
4
Adriaan Young Slot
4
Sybrandt Byleveldt Slot
5
PJ Engelbrecht Slot
6
Reuben Delport Linkerflank
7
Jaydin de Fortier Regterflank
8
Leander Liebenberg Agsteman
9
Zander Kruger Skrumskakel
10
Drikus Bisschoff Losskakel
11
Wilrich von Molkte Linkervleuel
12
Adiraan Liebenberg Binnesenter
14
Henk de Neys Regtervleuel
15
Junior Finger Heelagter
16
Ruben Labuschagne Reserwe
17
Ashwill Coetzee Reserwe
18
Stephan v Niekerk Reserwe
19
Kelvin Grunewald Reserwe
20
Hanco Stone Reserwe
21
Zander Hechter Reserwe
22
Johan Retief Reserwe
23
Eduard Siemens Reserwe
Services Vodacom Contracts Vodacom Upgrades | Data & Airtime Accessories | Insurance | Fibre
Vodacom 4U Rustenburg | 014 537 3578
RUGBY
ASPIRE
CLOTHING & PROMOTIONAL SUPPLIERS
HOËRSKOOL MONTANA EERSTE XV
1
KC Smith Loskopstut
3
Jaco Paterson Vaskopstut
4
Logan Gamble Slot
5
Hein du Preez Slot
6
Marco Ras Flank
2
Estian Gouws (k) Haker
7
Divan Steyn Flank
8
Ivaan Koltzov Agsteman
9
Ewan Korb Skrumskakel
10
Rigard v Rensburg Losskakel
11
Vian Kelly Linkervleuel
12
SW Nel Binnesenter
13
Jannie Kruger Buitesenter
14
Liam de Villiers Regtervleuel
15
Stephan Havenga (o/k) Heelagter
16
CJ du Preez Reserwe
17
Danie Rossouw Reserwe
18
André van Heerden Reserwe
19
Nico Oosthuizen Reserwe
20
Zandré van Niekerk Reserwe
21
Ewald Willemse Reserwe
22
Joshua Fouché Reserwe
23
Johan Greyling Reserwe
ONDERHOUDE
ONS GESELS MET...
E s t i a n Gu gobuy kwa pst e in
Naas Olivier
e e r s t e s pa n R
Afrigter: Rustenburg Eerste Rugbyspan Wat kan ouers en skool hierdie jaar te wagte wees van julle span? Dat ons seuns met trots en passie vir die skool se trui sal speel, asook vir die gemeenskap wat hierdie jong manne verteenwoordig. My verwagting is dat elke speler `n rolmodel sal wees vir jong opkomenede Rusties en die 100 jaar eeufees-trui ‘n spesiale een sal maak.
Hoërskool Montana
Waar lê julle krag hierdie jaar? Ons het saam as ‘n groep besluit dat een van ons kern beginsels vir 2022 eenheid sal wees. Eenheid in hoe ons lyk op, en van die veld af. Hoe ons optree, praat en ons hele menswees word ingesluit. Dit alles sal bydrae tot eenheid op die veld. Wat is die moelikste aspek van skole afrigter se taak? Die lekkerste en moeilikste aspek is dat jy met kinders werk. Opvoeding en dissipline is `n daaglikse taak. Elke kind se omstandighede verskil en ek, as afrigter, wil graag my taak as opvoeder met die nodige empatie, asook ondersteuning uitvoer. Om hierdie balans te vind is nie maklik nie. Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so? Ek sal hierdie vraag in drie dele beantwoord. Eerstens, word skolerugby op baie bene semi-professioneel bedryf. Die seuns se kondisionering en eetprogramme word fyn gemonitor deur professionele kondisioneerders. Die eindproduk is atlete wat sterker en groter word met die kapasiteit om 70 minute lank te presteer. Tweedens, verkry die spelers al hoe meer blootstelling deur direkte uitsendings op verskeie platforms. Toernooie soos die Wildeklawer en Noord-Suid bring mee dat die wen-element ongelukkig prioriteit geword het. Skole “rankings” kom weekliks uit wat die kompetisie aanhuts. Hierdie motiveer afrigters, sowel as die spelers. Derdens is daar kwaliteit afrigting wat terugploeg in skole rugby. Behalwe vir legendariese onderwysers wat al meer as 30 jaar afrig, is daar oor die land jong ervare afrigters wat hulle brood en botter in skole verdien. Daar is toegang tot `n magdom inligting op die internet en afrigters het tydens Covid ook heelwat met mekaar begin inligting deel, wat nie in die verlede die geval was nie en dit verbeter die afrigting op skolevlak.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover? My hoogtepunt: Ek het in 2019 IPT Bulle gespeel en dit was ‘n ander ervaring om te gaan toer en om te sien hoe dinge werk. Ons span se hoogtepunt: Ons het vir Transvalia met 1 punt gewen, waarvoor ons baie hard moes werk. Ons het in die laaste sekondes van die wedstryd ‘n drie gaan druk. Hoe motiveer jy jou span? Deur om hard te werk en om ‘n voorbeeld te wees vir as hulle moeg raak, dat hulle kan sien mens kan deur dit druk. Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Stephan Havenga is ons onderkaptein en hy help om die agterlyn te motiveer as ek nie daarby kan uitkom in die spel nie. Wanneer ons onder druk is, help hy dat ons almal gefokus hou.
Hoe is die samestelling van die span vir Saterdag? Enige beserings? Van die begin 15 spelers, is ons agt Graad 12s. Ons het ‘n paar beserings gehad waarvan 4 skouerbeserings en een ‘n enkelbesering was. Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons wil graag die finaal bereik, sodat ons skool se rugby ‘n liga kan opskuif. Ons wil graag almal wat ons al vir die afgelope vyf jaar ondersteun, saam met ons afrigters, trots maak. Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag aanhou rugby speel en dalk ‘n kontrak losslaan.
Jan Cloete Afrigter: Montana Eerste Rugbyspan Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Ons span gaan in 2022 mooi hardlooprugby speel. Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lê verseker in die voorspelers (alhoewel die agterlyn baie slaankrag het). Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak? Om teen skole te kompeteer met skole wat leerders ‘koop’ of beurse aanbied om by hulle te kom speel. Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so? Die begeerte om professioneel deel te neem word op ‘n vroeër ouderdom gekweek en die verwagtinge van ouers en professionele liggame word by die dag hoër.
Matrieks! Matrieks! Matrieks!
Maak Maak seker seker jy jy kry kry die die 2022 2022 AWSUM AWSUM After After School School Guide Guide wat wat in in Junie jou gaan Ons deel hierdie Maakby seker jy kryuitgedeel die 2022 AWSUM After School Guide watgids in Junie by jou skool skool uitgedeel gaan word. word. Ons deel in in hierdie gids moontlike en ander opwindende avonture wat jy Junie by joustudierigtings skool uitgedeel Ons deel in hierdie gids moontlike studierigtings en gaan anderword. opwindende avonture wat jy na kan moontlike studierigtings en ander opwindende avonture wat jy na skool skool kan aanpak. aanpak. na skool kan aanpak.
AWSUM N EWS AWSUM N EW S The AWSUM biggest school news platform in S.A | Die grootste skole nuus platform in S.A EWS in S.A | Die grootste skole nuus platform in S.A The biggest school newsNplatform
RUGBY B-SPANNE
HOËRSKOOL RUSTENBURG Rugby o.19B
Van links na regs: Regardt Cloete, Ruben Labuschagne, Tjaart Pelser, Tertius Bosch, Hendre Viljoen, Rey Venter, JC du Randt, John Cocklin, Tristan de Jager, Jacques Naude, Tommie Fouche, Zander Hechter, Ash Coetzee, Tokelo Pilane, Damin Drake, Hanco Stone, Niel Malan, Henco Pieterse, Johan Retief.
HOËRSKOOL MONTANA Rugby o.19B
Heel voor: Marcell Gouws 1ste ry: Duvan Gräbe, Henro Collins, Keagan van Wyk, Ewald Willemse, Christiaan van der Merwe. 2de ry: Zandré van Niekerk, Richard Kühn, Christiaan Coetzee, Joshua Fouché, Dean Sciocatti, Tyler Pienaar, Zander Fourie. Agter: Morné Human (afrigter), CJ du Preez, KC Smith, SW Nel, Nico Oosthuizen, Danie Rossouw, Liam de Villiers, André van Heerden, Divan de Swardt, Zach de Beer (afrigter).
RUGBY A-SPANNE
The printing company taking the South African schoolscape by storm
THE PRINT OFFICE Your partner in printing
o.16A Rugby
Van links na regs: Rohan Roux, Tiano Combrink, Adriano George, Johandre Jansen van Rensburg, Ian van Brakel, MC Smith, Hendrico van Heerden, Colin Cooper, Henco Raath, Pedrie Human, Edrich Potgieter, Marko Jansen van Rensburg, Conraad Coertzen, Xander Benedetti, Keathon van Aswegen, Duan Niewenhuizen, JD Roos, Logan Snyman, Lorenzo Snyers, Marius Coetzee, Zulu Khumalo.
o.15A Rugby
Van links na regs: Marcel Vets, JP Cronje, Phillip Viljoen, Carel Schoonraad, Luan van der Sandt, Andreas du Toit, Dirk Huysamen, Mario Demetriades, Janco Pretorius, Jan Paul Nel, Ockert Grobler, Regardt Dietrich, Mighael Minnaar, Xavier Steenkamp, Fano Theron, Hendre Robinson, Ryan Lottering, Wesley van Loggenberg, Damion Terblanche, Alwyn Retief.
o.14A Rugby
Van links na regs: Wilroe de Beer, Ricardo Enos, Lian Boshoff, CJ Havenga, Wilcu Roos, Callie Fryer, Carel Coetzee, Tiardt Volschenk, Tiaan Labuschagne, Ruan Prinsloo, JJ Steenkamp, Donovan Mostert, Henrico van Aswegen, Evan van Heerden, Pieta Niemandt, Kyle Erasmus, Reuben Niewenhuizen, MJ Otto, Jayden Minnie, Marais Rocher, Franco de Beer.
RUGBY A-SPANNE
Order your 2023 school diaries, yearbooks, workbooks and exercise books
THE PRINT OFFICE Your partner in printing
072 460 8243 | info@theprintoffice.co.za
o.16A Rugby Voor: Clewin Theunissen, Tyron van Rooyen, Marcell Brits, Sandro Sieglaar, Stephan Steyn, Divan Nel. Middel: Luhan Theunissen, Devann van der Merwe, Ryan Nel, JF Venter, Duan Strydom, Gustav Castelyn. Agter: Teejay Henning, Ruan Louw, JP Swanepoel, Justin Herbst, Richard Botha, Martin Fick (afrigter), Eduard Retief, Neels Kruger (afrigter), Jacques Greyling, Martin Venter, Reuben van Hammersveld, JB Maree.
o.15A Rugby Voor: Coulson Bowery, Angelo van Rensburg, Aiden van der Made, Dieter Scheepers, Marq de Villiers, Braam Schutte, Benno Steenkamp, LJ Fourie, Aiden Vorster. Agter: Keagan van der Merwe, Hendrew Schoeman, Jean Rademeyer (afrigter), Kyle Bronkhorst, Sam Schoeman, Cameron Pieters, Malcolm Wright, Ashton Vorster, Dirk Coetzee, Juan Alexander, Leon Deysel, Joseph Wilkinson, Paul Ras, Marek Fuka.
o.14A Rugby Heel voor: Duppa Prinsloo. 1ste ry: Vian Henrico, Xander du Preez, CJ Kruger, Jean Fourie, Ryan Swart, Rethabile Matloa. Agter: Lovan Erasmus, Rubel Bester, Ulrich van Biljon, Eric Potgieter, Danny Mokhoabane (afrigter), Juan Theunissen, Martiens Botha, Liam Borsje, Nathan de Klerk.
Download past exam papers Per grade, Per subject www.awsumnews.co.za AW S U M
NEWS
The biggest school news platform in S.A
DEELNEMENDE SPANNE
APPLY NOW TO SELL YOUR PRODUCTS ON A The printing company taking the South African THE PRINT OFFICE BRAND NEW SHOPPING PLATFORM Your partner in printing schoolscape by storm
Your customers will love you :)
HOËRSKOOL RUSTENBURG o.19A NETBAL
Marianne Ray Afrigter: Rustenburg Eerste Netbalspan Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Baie goeie netbal waar ons op die hoogste vlak kompeteer! Die meisies het tot dusvêr slegs my verwagtinge oortref.
S
Christin Olivier (k)
HD
Andrea Joubert
D
Danielle Gouws
HV
J-Dene Krugel
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Die dogters ken en vertrou mekaar op die baan. Ek sou beslis sê dit is as gevolg van ons harde werk tydens die voorseisoen. Bonop is die dogters goed gekondisioneer en top fiks. Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak? Om die balans te kan handhaaf tussen akademie, sport, kultuur en sosiale verpligtinge.
V
Sonika de Bruin
VV
Liandri Jansen van Rensburg
AV
r e i v i l O n i t s i r h C e t b a l k a p t e in
e e r s t e s pa n N
Ame Jacobs
AV
Jone Joubert
HV
Corlein Wiessekerk
Hoërskool Rustenburg Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Ons hoogtepunt as span is toe ons deelgeneem het in die Affies toernooi en 3de geeïndig het. Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer die spelers deur om hulle aan te moedig tydens wedstryde en oefeninge. Ek probeer ook om hulle selfvertroue te verhoog deur hulle te laat fokus op die positiewe dinge en dit deurlopend vir die span uit te wys. Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Op die stadium het ons nie ‘n onderkaptein nie. Hoe is die samestelling van die span vir die jaar? Enige beserings? Van die 10 spelers wat ons het, het ons het 2 beserings, Corlein het haar kruisligmente geskeur en Landri het haar enkel seergemaak, maar die res van ons is hard aan die oefen. Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons doel as span is om by die “Best School’s” toernooi in die top 5 te eindig. Ek glo as elke speler 100% van haar kant af in sit en speel vir die liefde van die sport, sal ons hoë hoogtes bereik. Dit maak my trots wanneer ek sien hoe ons almal dieselfde liefde vir die sport deel. Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil na skool verder aangaan met netbal en ek wil ook Aptekerswese gaan studeer
DEELNEMENDE SPANNE
A SHOPPING EXPERIENCE THAT SIMPLY WAS Order your 2023 school diaries, yearbooks, The printing company taking the South African THE PRINT OFFICE NOT POSSIBLE BEFORE workbooks and exercise books Your partner in printing schoolscape by storm
No monthly fee! Email us at lets@getsnappi.com 072 460 8243 | listing info@theprintoffice.co.za
HOËRSKOOL MONTANA o.19A NETBAL
Tokkie du Plessis Afrigter: Montana Eerstespan Netbal Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van jul span? Hierdie span werk saam met my baie hard en ons mikpunt is om die Tshwane kampioenskappe te wen en so deur te dring na die Gauteng, en dan SA Skole Kampioenskappe. Elke speler het bo-gemiddelde potensiaal om hierdie prestasie te bereik en deur samewerking en ondersteuning van elke speler en ouer, is hierdie verseker haalbaar.
HV
V
Nelize Barnard (K)
Inke Schultz (o/k)
S
Genevéve de Vaal
AV
Carmen Nel
V
Anné Coetzer
Wat is die moeilikste aspek van ‘n skole afrigter se taak? Ek sou sê die inmenging van ouers is `n baie moeilike aspek. Wat ook moeilik is, is sportsoorte wat bots in die sportseisoen - wat verstaanbaar is. Elke sportsoort ag hul sport die belangrikste. Ongelukkig is dit dieselfde kinders wat atletiek, hokkie, sagtebal, rugby, ens. altyd doen. Gelukkig is ons `n groep afrigters wat mekaar ondersteun en by mekaar leer. “My 2 cents worth”. Hou asseblief interhuis by alle sportsoorte om kinders te identifiseer. Ek is oortuig dat daar baie talent daar buite is wat verlore raak, veral kinders wat dink hulle is nie goed genoeg nie.
HV
Lindsay Adams
HD
Marika Taljaard
HD
Anika Barnard
Hoërskool Montana Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Ons het `n vyfde plek in die Pukke-reeks behaal. Ons netbal is op ‘n hoë standaard en die ander skole in die A-liga is duidelik bewus van ons en weet ook definitief dat ons nie ‘n weghol oorwinning vir hulle is nie. Bo en behalwe vir ‘n paar beserings, het dit ons geensins gestop om aan te hou veg om aan almal ons staal te wys nie. Ons is definitief `n bedreiging vir die A-bondliga se skole. Hoe motiveer jy jou span? Ek is daar om almal individueel positief te hou en wys aan elkeen hoe belangrike rol elkeen in die span speel. Selfs in die moeilike tye staan ons bymekaar. As daar probleme is, sal ons dit tussen die meisies uitpraat en positief voortgaan. Die span glo in mekaar en ons almal vertrou mekaar. Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Inke Schultz. Daar waar ek tekort skiet, tree sy op. Sy motiveer die span en ondersteun my in die keuses wat ek vir die span maak. Hoe is die samestelling van die span vir Saterdag? Enige beserings? Ons het heelwat beserings langs die pad gehad. Geneveve de Vaal het by die Menlo-toernooi tydens die April vakansie haar
enkel beseer (tweede graad). Mika Booysen het haar enkel beseer (derde graad). Nelize Barnard het haar kruisligamente geskeur en haar knieskyf gekraak. Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons wil graag die Thwane uitspele wen en so ook die Gauteng uitspele. Ons wil onder die Top 5 spanne eindig in die A-liga. Wat my trots maak is dat die span altyd daar is vir mekaar. Ons gee ons volle samewerking by oefeninge, afrigting en wedstryde. Ons ontvang van DIE beste afrigting waarvoor enige dogter kan vra. In die vyf jaar het ons as spelers so gegroei en ontwikkel en dit is die rede hoekom ons sulke goeie netbal speel. Ek het selfs kursusse ontvang deur ons afrigter wat my in staat stel om ‘n afrigtingskursus te kan aanbied. Wat is jou planne vir die toekoms? Ek sal graag na skool my netbal wil voortsit. Indien daar ‘n kans is, sal ek graag professioneel wil speel. Ek sal ook graag my afrigtingskursus wil voltooi om ander kinders meer oor netbal te leer.
VV
Mika Booysen
VV
Carlissa Jordaan
D
Mienke Kroukamp
d r a n r a B e z i l e N e t b a l k a p t e in
e e r s t e s pa n N
NETBAL A-SPANNE
o.17A Netbal
Anja Oosthuisen, Megan Hitge, Su-Mari Voster, Zoë Vermaak, Jané Kruger, Leruscha Snyman, Elri du Plooy, Izaan Jacobs.
o.16A Netbal
Kamogelo Molefe, Zané Maritz, Dané Volschenk, Marni Lombaard, Liandri de Wet, Carike Arnold, Elsje Gouws, Chelize Durie en Karla Stieger.
o.15A Netbal
Mianke van der Merwe, Busi Xaba, Anya Matchett, Chloe Erasmus , Nina Breetveld, Lané Pieterse, Melandri Koen, Crizann Hurn en Mia Malan.
o.14A Netbal
Antonel de Villiers, Zunika Bouwer, Mirne Young, Corneli Gerber, Tieneke Gouws, Kaylan Goosen, Ja-lize Louw, Zanelle Jacobs en Chrizelle Olivier
NETBAL A-SPANNE
o.17A Netbal
Linke Loubser, Jaimee Wilkinson, Lindsay Adams, Stacey Robinson, Carla Oelofsen, Jackie van Wyk (afrigter), Elainey Snyman, Kaitlyn Claassens, Anke Kirsten, Caitlin Dunbar.
o.16A Netbal
Danielle Henning, Loreen van der Linde, Clarissa Grobler, Kay-lyn van Zyl, Xhanthe Daverin (afrigter), Anika Barnard, Mizelle de Bruyn, Carla de Clerk, Kiané Potgieter, Luané Wessels.
o.15A Netbal
Yunke Botha, Wilmarie van Tonder, Altje Conradie, Liane van Niekerk, Anje Pitzer, JJ Diamond (afrigter), Mej Narissa Maritz (afrigter), Gabbi Smith, Cathlene Conradie, Leah Booysen, Rochelle Joubert, Ilana Botha.
o.14A Netbal
Kristaleen Meyer, Shante-Lique Stoltz, Melanie Wilkinson, Inge de Clerk, Siané Macaskill, Dawie du Plessis (afrigter), Viné Nel, Cloë van Niekerk, Jennieke Alberts, Anzel du Plessis.
ONDERHOUDE
M
n Yo n e l l e o o l s in r P é n a Jo , r a r l i V is s e
e e r s t e s p a n H o k k ie k
Ja c o b s z
a p t e in
nburg
Hoërskool Ruste Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Ons wedstryd teen Gimmies. Ja, ons het verloor, maar dit was die eerste keer wat ons span saam as `n eenheid gespeel het om ons een doel te bereik. Almal was positief tot die einde toe en het hard gewerk tot die wedstryd verby was. Die meisies het nooit opgegee nie! Hoe motiveer jy julle die span? Die motivering kom nie regtig van ons kapteine af nie. Coach Neville en Juffrou Suné werk baie mooi met ons en hulle werk saam om ons span te motiveer. Coach Neville bid vir ons voor, én na elke wedstryd. Ons span glo dat niks sonder God moontlik is nie. Juffrou Suné bring ons span as `n eenheid saam en sorg dat ons mekaar altyd ondersteun.
L a r s P eHno kzkhieok arpnt e in
e e r s t e s pa n
nburg
Hoërskool Ruste
Hoe ondersteun julle drie kaptein mekaar? Ons drie (Marli, Joané en Yonell) ondersteun mekaar en werk saam om die span positief te hou. Ons 3 is `n eenheid en is die sterkste kombinasie wat die skool al ooit gesien het.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Toe ons die eerste “silverware” van die seisoen ontvang het. Ons het ‘n 3de plek in die NWU Presttigereeks verwerf.
Hoe is die samestelling van die span vir 2022? Enige beserings? Ons span se line-up is sterker as ooit! Ons het net 13 spelers en elkeen is top fiks wat verseker dat ons ‘n sukses van die seisoen en elke wedstryd gaan maak.
Hoe motiveer jy jou span? Ek voel ons het goeie spangees. Die spelers motiveer hulself en ook mekaar. Ek probeer om deur voorbeeld te lei en ‘n goeie energie in die span te kweek.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal julle trots maak? Ons wil die jaar Noordvaal toe gaan (dis die finaal van ons liga). Ons is reeds trots op die span. Die meisies werk baie hard en gee hulle alles wat verseker dat ons suksesvol sal wees. Die eerste hokkiespan is my, en die res van die kapteine, se trots!
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Ons onderkaptein is Christopher Herbst. Ons is altwee teenwoordig tydens die ontloting van ‘n wedstryd.
Hoe lyk die samestelling van julle span vir 2022? Enige beserings? Ons het ‘n volledige span met geen noemenswaardige beserings nie. ‘n Paar siekes hier en daar, maar andersins is ons reg om enige span aan te vat. Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ek dink ek praat namens die span as ek se dat ons almal se doel is om die Noordvaal toernooi te wen. Dit sal vir die skool wys dat seunshokkie nie net ‘n “klein sport” is nie. Dit sal my trots maak. Wat is jou planne vir die toekoms? Ek beplan om volgende jaar Aktuariele Wetenskappe in Stellenbosch te gaan studeer.
Neville Segoe
Pieter-Joshua van der Walt
Afrigter: Rustenburg Eerstespan hokkiedogters
Afrigter: Rustenburg Eerstespan hokkieseuns
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar van julle span te wagte wees? Dat ons as ‘n span ons beste sal gee in elke wedstryd wat ons speel. Dat ons hokkie sal speel wat hulle sal geniet en op trots kan wees. Verder, dat ons die skool op ‘n goeie wyse, beide op die veld en van die veld af, sal verteenwoordig. Laastens om ‘nkultuur van uitnemendheid en toewyding vir toekomstige RHS-spanne te skep. Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag kom uit ons geloof in God. As ‘n span doen ons die beste wat ons kan, ons oefen hard en sit baie moeite en intensiteit tydens ons oefeninge in. Ons glo in die woorde: “Do your best and let God do the rest.” Wat is die moeilikste aspek van ‘n skole afrigter se taak? Spelers se toewyding is een van die moeilikste aspekte. Spelers het baie skoolverwante aktiwiteite, so dit maak dit vir hulle moeilik om altyd oefeninge te maak.
Wat kan die ouers en die skool hierdie jaar te wagte wees van julle span? Die skool en ouers hoef nie meer te wag om te sien wat RHS se eerstespan seunshokkie hierdie jaar het om te bied nie. Ons is reeds in die tweede helfte van ons seisoen en het reeds `n top 3 posisie in die Puk-Reeks interskole toernooi behaal. Ons het ook reeds `n top twee posisie vasgemaak in die NW liga, wat beteken dat ons in die Noordvaal hokkietoernooi sal deelneem. Hier is waar ons gaan veg teen van die beste skole in Suid-Afrika om die titel “Beste span Noord van die Vaalrivier!” Ons karakter spreek van `n span wat nooit ophou veg nie, en dit is wat elke ouer, personeellid, leerder en al ons oponente kan verwag van hierdie “Groenbom” Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar Die fondasie van ons span lê in drie hoof dele: Eerstens ons geloof in God. Ons glo dat ons die voorreg het om te kan speel as gevolg van Jesus wat ons die vermoë gegee het, daarom sal ons speel tot eer van Sy naam. Tweedens die belangrikheid van karakter. Wanneer dinge moeilik raak, op of af van die veld, neem mens se karakter oor, daarom fokus ons op gesonde “Warrior like” karakter.
ONTVANG DIE AWSUM KOERANT OP JOU FOON WhatsApp jou naam na 073 187 9539
Laastens maak ons staat op mekaar. Eenheid is ongelooflik belangrik om ons seisoen goed klaar te maak. Dié drie eienskappe is wat die span bekragtig om te speel soos ons reeds het. Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak? Afrigting is meer as net om seker vaardighede vir kinders te leer. In alles wat ons doen, en met die gesindheid waarmee ons dit doen, is ons besig met karakterontwikkeling. My taak as afrigter is om aan die einde van die seisoen, leerders beter weg te stuur as toe hulle by my aangekom het, en nie net in terme van vaardighede nie. Dit wil sê dat in alles wat ek doen moet ek versigtig wees om nie leerders se menswaardigheid af te breek nie, maar eerder om hulle te bou. Die moeilikste taak is om te onthou dat sport die metode is en karakteronwikleling die doel.
PROGRAM
A-VELD 08:00 A-VELD 09:00 A-VELD 10:00
o.14A 0.15A Tweedespan
A-VELD 11:10
B-VELD 09:10 B-VELD 10:20 B-VELD 11:20
o.16A
A-VELD 12:30
B-VELD 08:00
Derdespan 0.16B o.14B
o.15B
Eerstespan
EVERYTHING ELECTRICAL
ACDC Express Rustenburg, SERVING THEIR COMMUNITY FOR ALMOST A DECADE!
From Lighting, Solar Systems and everything Electrical. We've got you covered!
014 050 0999
SHOP.SWIPE.EARN. GET YOUR LOYALTY CARD TODAY!
WWW.ACDCEXPRESS.COM YEARS OF SERVICE
ACDC Express Rustenburg
rus.info@acdcexpress.com
014 050 0999
Cnr of Oliver Tambo & Beyers Naude Drive, Rustenburg, 0299
Some of the major sports events to look forward to this year HSBC WORLD RUGBY SEVENS SERIES
RUGBY 2 July
Springboks vs Wales
Loftus Versveld, Pretoria
27 – 28 Aug
Los Angeles
9 July
Springboks vs Wales
Toyota Stadium, Bloemfontein
9 – 11 Sept
Rugby World Cup Sevens (Cape Town)
16 July
Springboks vs Wales
DHL Stadium, Cape Town
6 August
Springboks vs New Zealand
Mbombela Stadium
13 August
Springboks vs New Zealand
Emirates Airline Park, JHB
27 August
Springboks vs Australia
Venue TBC
3 September
Springboks vs Australia
Venue TBC
17 September
Springboks vs Argentina
Velez Sarsfield, Buenos Aires
24 September
Springboks vs Argentina
Hollywoodbets Kings Park, DBN
16 – 19 June
The U.S Open
Brookline
14 – 17 June
Tour Championships
Atlanta
11 – 18 July
The Open Championship
St. Andrews, Scotland
25 – 28 Aug
Nedbank Golf Challenge
Sun City
19 - 25 Sept
Presidents Cup
North Carolina
30 Sept - 2 Oct
Ryder Cup
Rome, Italy
17 – 20 Nov
DP World Tour Championship
Dubai
5 November
Springboks vs Ireland
Dublin
12 November
Springboks vs France
Paris
19 November
Springboks vs Italy
TBC
26 November
Springboks vs Wales
Cardiff
F1 GRAND PRIX
TENNIS (Grand Slams) 27 June – 10 July
Wimbledon
29 Aug – 11 September
U.S Open
GOLF
17 – 19 June
Canada, Montreal
1 – 3 July
Britain, Silverstone
8 – 10 July
Austria, Spielberg
1 – 24 July
Tour de France
22 – 24 July
France, Le Castellet
16 Oct - 13 Nov
ICC Men’s T20 World Cup
Australia
29 – 31 July
Hungary, Budapest
21 Nov – 18 Dec
FIFA World Cup
Qatar
26 – 28 Aug
Belgium, Spa
2- 4 September
Netherlands, Zandvoort
9 – 11 September
Italy, Monza
23 – 25 September
Russia, Sochi
30 Sept – 2 October
Singapore
7 – 9 October
Suzuka, Japan
21 – 23 October
USA, Austin
28 – 30 October
Mexico, Mexico City
11 – 13 November
Brazil, Sao Paulo
18 – 20 November
Abu Dhabi, Yas Marina
OTHER DATES
Feb 9 - Mar 26 June 16-25 July Sep 8 - Oct 28
Cricket | World Cup | India Special Olympics World Summer Games Netball | World Cup | Cape Town, South Africa Rugby | World Cup | France
Baie sterkte aan al die spanne! #schoolsportisback #awsumclashes