BOLAND
PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE
JUNE 2019
LIKE & FOLLOW
awsum_news AWSUM BOLAND
www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705
FRESH EGGS NOURISH THE MIND LATEST SCHOOL NEWS FREE / GRATIS
HEINRICH GABLER wireless & fibre internet Photo credit: Rudi du Toit Photography
021 020 0200 | www.ibits.co.za
DYNAMIC ORTHOPAEDIC PREMIUM DOUBLE BASE SET
DYNAMIC THERAPAEDIC SUPERIOR DOUBLE BASE SET
DYNAMIC ORTHOPAEDIC SUPREME DELUXE DOUBLE BASE SET
Weereens baie geluk met jou titel as Mnr. SA 2019. Wat het jou laat besluit om weer vir die kompetisie in te skryf? Baie dankie, dit is ‘n reuse eer vir my. Nadat ek vir die eerste keer deelgeneem het, het ek besef ek sal my voorbereiding moet opskerp. Ek sal ‘n klein bietjie ekstra moeite met die uitdagings ook moet doen as ek suksesvol wou wees. Hoe moet ‘n mens fisies en sielkundig voorberei vir iets soos Mnr. SA? Jy moet sielkundig baie sterk wees. Jy moet natuurlik ook ‘n baie selfvertroue hê. Jy moet weet wat jou doel is in die lewe en jy moet alles gee om die doelwitte te bereik. Fisies moet jy ‘n gesonde leefstyl handhaaf want ‘n gesonde liggaam lei jou na ‘n gesonde verstand. Jy moet ‘n voorbeeld stel deur die manier hoe jy leef. Jy het ‘n groot deel van jou lewe in ‘n kinderhuis deurgebring. Hoe sou jy sê het hierdie ervaring jou verander as ‘n volwassene? Ek moes net die feit aanvaar dat die wêreld my niks skuld nie. Ek moes hard werk vir alles wat ek in my lewe wou hê. Dit het my groot waardering gegee vir al die klein goedjies in my lewe en natuurlik gemaak dat ek ongelooflik baie omgee vir minderbevooregtes. Ons moet gesels oor jou skoolloopbaan. Vertel asb vir ons lesers meer oor jou skool agtergrond? Enige snaakse stories wat jy vir ons kan vertel? Ons het ‘n vol lyf geraamte in ons biologie klas gehad en ek sou altyd met die ding speel en gesels asof dit ‘n regte mens was. Elke keer as ek die geleentheid gehad het sou ek die klas bederf met ‘n opvoering saam met die geraamte. Ek onthou op ‘n dag het ek ‘n stuk papier in sy mond gesit en dit aan die brand gesteek (dat dit lyk of die geraamte rook) – net daar stap die onderwyser toe in en word ek natuurlik uitgevang en met ses ure detensie gestraf.
Hoe sal jou onderwysers jou beskryf? Hul sal seker sê dat ek die een was wat nooit kon stil sit en altyd besig was met iets. Ek was almal se vriend en ek het altyd die meeste respek en bewondering gehad vir my onderwysers. Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou hoërskool dae? Die kere wat ons in die bus gery het na sport. Daardie hegte band wat jy saam met jou spanmaats kon bou. Wat inspireer jou? Mense wat vir ander mense omgee. Mense wat groot droom en ander ophef. As ons na die toekoms kyk, wat wil jy as Mnr. SA bereik? Ek gaan streef om die heel beste ambassadeur vir my land te wees. Ek wil hoop bring vir die wat swaarkry en nie glo in hulself. Hoe sal jy graag onthou wil word? As die beskeie persoon wat altyd tyd gemaak het vir ander en net die beste vir sy medemens wou gee. Watter musiek luister jy tans na in jou motor? Enige iets op ‘repeat’? Justin Bieber & Ed Sheeran’s I don’t care. As jy ‘n 3-stap ‘hoe-om’ gids vir seuns moes skep wat graag eendag in jou voetspore wil volg, wat sal dit wees? Glo in jouself, droom groot en oorwin jou vrees! 2019 is nog lank nie verby nie- wat is jou planne vir die res van die jaar? Ek sal dit maar dag-vir-dag vat en verandering bring in hierdie mooie land van ons. Aksie spreek wel harder as woorde.
Blitsvrae:
Braai of wegneemetes? Beslis braai Steri Stumpie of lemoensap? Steri Stumpie- sjokelade ‘n Regstreekse Springbok wedstryd of ‘n musiekfees? Die Springbokke ‘n Lekker bakkie of ‘n vinnige sportmotor? ‘n Sportmotor Nike of Adidas? Puma Gunsteling vakansie bestemming? Fancourt in George
Dionne Jordaan Photography
Editorial team
Advertising
Distribution
Designers
Liezl Marais | 082 450 7340 liezl@tiemedia.co.za Yolande Brittnell Steyn | 082 326 4577 yolande@tiemedia.co.za Quintus Brand | 074 684 4390 quintus@tiemedia.co.za
AWSUM News is distributed to the following schools in BOLAND: Primary Schools: Courtrai, Hugenote, Drakenstein, La Rochelle, Paarl Boys’ Primary, Gimnasium Paarl, Slot van die Paarl, Hugo Rust, Noord-Eind, WA Joubert. High Schools: Paarl Girls’ High, Paarl Boys’ High, Landbouskool Boland, La Rochelle Girls’ High, Paarl Gimnasium, New Orleans Sekondêre Skool, Labori, Hugenote.
Aniena Venter Nadia Matthee Ruveix Venter Coordinators Zinta Visser Distribution Yolande Brittnell Steyn
Page 2
AWSUM NEWS JUNE 2019
BREEDE VALLEY: Primary Schools:
Worcester-Noord, Worcester-Oos, Montagu, Worcester Voorbereiding-skool, Hexrivier Opvoedkundige Sentrum, Gericke, Langerugskool, Worcester Primêre skool, FD Conradie, Charlie Hofmeyer. High Schools: Worcester Gymnasium, HTS Drostdy, Robertson. AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za
ENJOY READING ALL THE SCHOOL NEWS!
NEWS
School’s News
Petro Spangenberg, Kuruman, Kalahari Lewer 8–10 porsies Hierdie resep kom vanuit die nuwe kookboek genaamd – Die VLV Kookboek Die Vroue Landbou vereniging van Kaapland is ‘n nieregerende organisasie wat op 15 Oktober 1929 in Franschhoek in die lewe geroep is met die doel om persoonlike groei te bevorder en gemeenskapsdiens te verrig. Vir meer inligting besoek gerus www.humanrousseau.com
Bestandele: • 500 g macaroni • 250 g spek • 60 ml botter of margarien • 60 ml koekmeel • 750 ml melk • 500 ml gerasperde kaas • 2 ml Tabasco-sous • 50 ml tamatiepuree • 10 ml sout • 1 ml peper
Metode Voorverhit die oond tot 180 ºC. Kook die macaroni in soutwater tot sag. Snipper die spek en braai tot net bros. Maak ’n witsous met die botter, meel en melk. Voeg die helfte van die kaas en die res van die bestanddele by. Dreineer die macaroni en meng met die spek en witsous. Giet dit in ’n gesmeerde oondskottel van (30×20×5cm) en strooi die res van die kaas oor. Bak vir 30 minute.
LAERSKOOL SLOT VAN DIE PAARL
(t) 021 869 8007 (e) slotps@telkomsa.net
Slot is trots!
NEW ORLEANS SEKONDÊRE SKOOL
(t) 021 862 0900 (e) root@neworleans.wcape.school.za
Wow Projek eer New Orleans Sekondêr Skool onderwysers
Juné van Zyl in graad 4 het deelgeneem aan die WesKaap Gimnastiek Kampioenskap en het in die goue medalje kategorie ge-eindig. Sy kwalifiseer om in Junie aan die SuidZone Kompetisie in Uitenhage deel te neem.
Op Donderdag aand 20 Junie 2019, was ‘n groot mylpaal in die WOW projek se bestaan. Dit was die eerste WOW Gala waar daar erkenning gegee was aan opvoeders wat n besondere bydrae tot die WOW projek se sukses gemaak het. New Orleans Sekondêr Skool se onderwysers was ook deel van hierdie wonderlike ervaaring. Aan almal NOSS kollegas wat deel was tot dié suksesse van die skool behaal het, baie geluk en welgedaan!
HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND (t) 021 869 8143 (e) hlb@mweb.co.za Het jy al die Hoër Landbouskool Boland app afgelaai? Ons streef voortdurend na innoverende oplossings om inligting op `n vinnige en effektiewe wyse by leerders en ouers te kry. Ons nuwe mobile app stel ons in staat om die volgende nuus te kommunikeer: • Skoolfoto’s en video’s • Maklike toegang tot belangrike skoolinligting • Deurgee van sportaktiwiteite volgens sportsoorte, ouderdomsgroepe en spanne • Maklike toegang tot uitgebreide skoolkalender • Kommunikeer dringende aankondigings • Sien wat gebeur waar in ons omgewing by die Eventskategorie, ondermeer hardloop en fietsry kompetisies, familie-uitstappies en soveel meer • Spesiaal vir pa - lees die nuutste wêreld sportnuus U kan die kennisgewings wat u verkies om te ontvang kies, sodra u die app aflaai. Die app bied `n finansiële voordeel vir die skool deur plaaslike besighede die geleentheid te gee om hulself te lys as een van die skool se voorkeur-diensverskaffers en daardeur `n inkomste vir die skool te genereer. Die koste om hier te adverteer: • Om gelys te word as een van die skool se voorkeurdiensverskaffers: R350 • Banier advertensies: R1 500 Ons moedig dus alle ouers aan om die app af te laai op Google Play en Apple App Stores.
Page 4
AWSUM NEWS JUNE 2019
LAERSKOOL HUGO RUST
(t) 021 873 1598 (e) hugorustls@hugorust.co.za
Laerskool Hugo Rust bied opwindende reis aan oor die wêreld ‘n Opwindende, leersame reis, oor die wêreld, is deur die graad 3-leerders van Laerskool Hugo Rust en studente van “Cape Peninsula University of Technology” (CPUT) aangebied. Die gehoor het ‘n verskeidenheid danse, besienswaardighede en tradisionele kos op hulle reis beleef!
LAERSKOOL NOORD-EIND (t) 021 872 4237 (e) admin@noordeind.co.za
LAERSKOOL DRAKENSTEIN
(t) 021 872 4975 (e) drakensteinps@telkomsa.net
Oppie tong af
Loslit-Netbaldag by Laerskool Hugenote
Die volgende leerders van Noord-Eind het aan die OPPIE TONG AF kompetisie deelgeneem en pragtig presteer.
TuTu’s was die mode by Laerskool Hugenote se Loslit-netbaldag. Ons mini-netbalspanne het die dag baie geniet. Hulle het pragtig gelyk en so mooi gespeel. Die o.7-span het die prys gewen vir uithouvermoê.
• Anene Lategan (Gr. 4) B • Junica Loubser (Gr. 4) B • Maia Moller (Gr. 4) B+ • Kara Nieuwoudt (Gr. 4) B+ • Lisa Senekal (Gr. 4) A • Roald Coetzee (Gr. 5) A • Kaylee Bezuidenhout (Gr. 5) A+ A+ • Liané Engels (Gr. 5) • Kelly Coetzee (Gr. 6) A+ • Neri Jordaan (Gr. 7) A • Liané Engels is as die algehele Gr. 5-wenner van die Motiveringskategorie in die Wes-Kaap aangewys en dring deur na die Oppie Tong Af-finaal, wat Oktober-maand in Gauteng sal plaasvind. By dié geleentheid sal sy die Wes-Kaap op Nasionale vlak verteenwoordig. Voorwaar ‘n besonderse prestasie!
AWSUM NEWS JUNE 2019
Page 5
PAARL BOYS’ PRIMARY SCHOOL (t) 021 872 4651 (e) postmaster@paarlboysp.co.za WP Craven Week team Congratulations to the following boys of Paarl Boys’ Primary school, included in the WP Craven Week team: WP o.13 XV Span: • Malan Erasmus • Ruben Britz WP o.13 Cravenweek: • Samuel Badenhorst • Luan Bosman • Chris Jordaan
LA ROCHELLE GIRLS’ HIGH SCHOOL Jukskei Janneke Foot is as kaptein van die o.19-span aangewys. Haar span behaal ‘n tweede plek in die B-afdeling tydens die SA-toernooi in Namibië. Janneke is ook aangewys as die speler van die wedstryd tydens ‘n toets teen die Namibiese Uitnodigingspan.
Dance Kayla Portwig will represent SA as part of the SA Dance Team at the 2019 Dance Star World Finals in Croatia.
(t) 021 872 4367 (e) admin@larries.co.za
Ritmiese Gimnastiek Karla de Kock behaal ‘n algehele 1ste plek, in Vlak 8 (o.15) tydens die Interklub kompetisie. Cecile Vegter behaal ‘n algehele 2de plek in haar ouderdomsgroep.
Karla de Kock
Choir The LAR Choir was awarded 2 trophies at the Stellenbosch Eisteddfod on 9 June. One for the Best Afrikaans Song and one for the Best Female Choir.
Page 6
AWSUM NEWS JUNE 2019
Cecile Vegter
HOËR JONGENSKOOL PAARL (t) 021 872 2875 (e) info@paarlboyshigh.org.za Grant Khomo-span
Paarl Boys’ High vs Grey College During their annual Grey College clash, the schools participated in various sporting codes. Thomas Luc Hudson and Lood Goosen are seen flying through the course at Happy Valley in Bloemfontein.
Agt seuns is verkies tot die Grant Khomo-span met Abulele as kaptein: 15 Hakeem Kunene, 14 Bevan Simmons, 13 Keagan Smith, 10 Compion von Ludwig, 8 Abulele Ndabambi, 4 Leon Best, 5 Luca Ribbens, 18 Coetzee Le Roux. Baie geluk aan die manne!
Cricket Achille Cloete will be part of the team representing Cricket South Africa under19s, that will take on Pakistan in a Youth International series from June 22 to July 7 2019. The tour, which forms a vital part of the home side’s preparation for the ICC U19 World Cup, hosted by South Africa early next year, will be played at the Pietermaritzburg Oval and Chatsworth Oval. Lood Goosen
Thomas Luc Hudson
HOËRSKOOL HUGENOTE (t) 021 873 2111 (e) admin@hugenoteskool.co.za Hugenote Hoërskool Rugbyspelers gekies vir Boland-span Die volgende Hugenote Hoërskoolleerders verteenwoordig die skool in Bolandspanne: • Keanu Philander: o.16 Grant Khomo • Shawn Phillips: o.16 Grant Khomo • Nathan Wilson: o.18 Akademieweek • Preveen Padayachiey: o.16 Grant Khomo
Keanu Philander, Shawn Phillips, Nathan Wilson en Preveen Padayachiey.
AWSUM NEWS JUNE 2019
Page 7
HOËRSKOOL GIMNASIUM PAARL
Foto’s deur: Digital Image Warehouse
STEL BEKEND
25 JULIE 2019
Anita Vercuiel
Chané van Zyl
Demi Knoetze
Mila Pentz
Jana Rabie
Joané Rossouw
Malandi Marais
Nicola Theron
Charl de Jager
Heiniko Bester
Hendré Hanekom
Igna Ferreira
Jabez Steenkamp
Johan Lourens
Matthew Venn
Schalk Mostert
Sponsored by
Our services consists of: • • • • • •
Tax clearence for foreign investment Tax returns, financial statements and audits Investment Structures for estate planning Management of Trusts and drafting of Wills Administration of deceased estates Business Rescue
Tyger Valley: 021 914 8290 | Paarl: 021 872 7960
ON-THE-COUCH SPORTS CALENDAR
GOLF:
RUGBY:
04-07 July 3M Open Dubai Duty Free Irish Open John Deere Classic 11-14 July Aberdeen Standard Investments Scottishg Open 18-21 July Barbasol Championship The Open Championship 148th Open Championship World Golf Championships25-28 July FedEx St. Jude Invitational Barracuda Championship WGC-FedEx St. Jude Invitational
12 July: Currie Cup Jonsson Kings Park Stadium: Cell C Sharks XV vs Tafel Lager Griquas – 19:15 13 July: Currie Cup Emirates Airline Park: Xerox Golden Lions XV vs Pumas – 15:00 DHL Newlands: DHL Western Province vs Vodacom Blue Bulls – 17:15 19 July: Currie Cup Tafel Lager Park: Tafel Lager Griquas vs Pumas – 17:00 Loftus Versfeld: Vodacom Blue Bulls vs Toyota Free State XV – 19:15 20 July: Currie Cup Jonsson Kings Park Stadium: Cell C Sharks XV vs DHL Western Province – 14:00 Rugby Championship Emirates Airline Park: South Africa vs Australia – 18:05 26 July: Currie Cup Mbombela Stadium: Pumas vs Vodacom Blue Bulls – 19:15 27 July 2019: Rugby Championship Westpac Stadium: New Zealand vs SA – 10:35 Currie Cup Toyota Stadium: Toyota Free State XV vs Tafel Lager Griquas – 15:00 DHL Newlands: DHL Western Province vs Xerox Golden Lions XV – 17:00
CRICKET: 29 June 29 June 30 June 01 July 02 July 03 July 04 July 05 July 06 July 06 July 09 July 11 July 14 July
Afghanistan VS Pakistan Australia VS New Zealand England VS India Sri Lanka vs West Indies Bangladesh VS India England VS New Zealand Afghanistan VS West Indies Bangladesh VS Pakistan India VS Sri Lanka Australia vs South Africa TBA vs TBA (semi-final 1) TBA vs TBA (semi-final 2) TBA vs TBA (final)
PAARL VILLAGE
Tel No: 021 863 -2909 Adres: Hoofstraat 145, Paarl 7646
11:30 14:30 11:30 11:30 11:30 11:30 11:30 14:30 11:30 14:30 11:30 11:30 11:30
TENNIS: 01-15 July Wimbeldon Woman GS 15-22 July Swedish Open - ATP 15-22 July PLava Laguna Croatia Open Umag - ATP 15-22 July Hall of Fame Open - ATP 22-29 July J.Safra Sarasin Swiss Open Gstaad - ATP 22-29 July BB&T Atlanta Open - ATP 22-29 July Hamburg European Open - ATP 29 July-04 August Abierto Mexicano de Tenis Mifel Presentado por Cinemax - ATP 29 July-04 August Generali open - ATP 29 July-05 August Citi Open – ATP
6 THESEN STREET PAARL jolanda@paarlbrake.co.za
• ON-SITE OVERHAULING OF ALL BRAKE & CLUTCH CYLINDERS • RECONDITIONING OF CALIPERS • BRAKE & CLUTCH OVERHAULS • BEARINGS / OIL SEALS • BRAKE PADS / LININGS • DISCS & DRUMS • VEHICLE SERVICES
021 872 7465 (PB&C) / 021 871 1780 (JJB) / 021 872 4158 (FAX) 083 775 8389 • JOLANDA
YOUR QUALITY ELECTRO SHOP
Commercial Industrial Electronics Electrical Supplier 2 Cloete Street | Ceres | 6835 Ph: 023 316 1209 Cell: 084 469 9574 nicole@wjcotterelectrical.co.za johann@wjcotterelectrical.co.za ilze@wjcotterelectrical.co.za
PAARL VILLAGE
Tel No: 021 863 -2909 Adres: Hoofstraat 145, Paarl 7646
HOËRSKOOL LABORI
LAERSKOOL WA JOUBERT
(t) 021 872 8293 (e) admin@hslabori.co.za
(t) 021 872 2832 (e) admin@wajoubert.co.za
Redenaars klub
Badisa
Op 14 Mei het die Redenaarsklub onderleiding van mev. Gaby Snyman hul jaarlikse Gala aand aangebied. Die doel van die aand was om ‘n interskole Redenaarsspan te kies. Elke deelnemer moes ‘n voorbereide en onvoorbereide toespraak lewer. Die klublede was verantwoordelik vir al die administrasie en verloop van die aand. Die wenners was soos volg: Sheneill Jackson (eerste), Fabian Lötter (tweede) en Meché Daniels (derde). Baie dankie aan elke deelnemer.
Baie dankie aan almal wat komberse bymekaar gemaak het vir Badisa Paarl, ‘n kinderen gesinsorganisasie wat daarop gerig is om mense wat regtig in nood is uit te help.
Leerders van WA Joubert, saam met mnr Hennie Nel (skoolhoof) en Chantelle Gertse.
Wintersportdag
LAERSKOOL HUGENOTE (t) 021 873 1362 (e) principal@hugprim.co.za Pretvolle Mini-Netbal Toernooi met ‘n “twist” Op Donderdag, 6 Junie 2019, het Laerskool Hugenote hul heel eerste mini-netbal toernooi aangebied. Die doel van hierdie middag was, om vir o.7 – o.9 -netbalspelertjies blootstelling aan wedstryde te gee, op ’n informele, prettige manier. Ons wou wegbeweeg van die “formele, kompeterende toernooie”, waaraan spelers nog baie blootgestel gaan word in die toekoms. Die “twist” aan die middag was die kleredrag. Spanne en hul afrigters moes iets kreatiefs aantrek vir die middag. Aan die einde was daar ook verskeie pryse wat gewen is, asook gelukkige trekkings. Die dogtertjies het die middag verseker geniet en hope pret gehad. Ons sien uit na volgende jaar se mini-netbaldag en hoop om dan al ons spannetjies te betrek.
Page 10
AWSUM NEWS JUNE 2019
HOËR MEISIESKOOL PAARL | PAARL GIRLS’ HIGH SCHOOL (t) 021 872 1730 (e) admin@paarlgirlshigh.com
Spar Challenge Hockey champions Congratulations to our first hockey team for winning the 2019 Western Cape SPAR challenge. You played brilliant hockey and made us so proud. A big thank you to SPAR, Rona and Danelle for hosting a great tournament. A big thank you also to the parents and staff for your support. Road to the final: • 1-0 vs Reddam Constantia • 1-0 vs Bloemhof • 1-0 vs Fairmont • 3-1 vs St Cyprians on shoot-outs in the Semi • 2-1 vs Stellenberg in final Wes-Kaap SPAR hokkie uitdaagtoernooi WENNERS: Voor: Nina Moggee, Jana Nel, Leah Swile, Bianca Kirstein, Lize Theunissen (kaptein), Alexandra During, Cady Grain (onderkaptein). Agter: mev. van Zyl (skoolhoof), Maré Bosch (afrigter), Zanke Nell, Lara Jacobs, Mia Swart, Hayley Hechter, Haley Snyman, Anneke Strangfeld, Wanja du Toit, Mia Basson, Mia Louw, Anri Keevy (afrigter).
Oppie Tong Af Redenaars finaal Die talentvolle Hoërskool en Laerskool redenaars van HMS Paarl het op 10 en 11 Mei aan die Oppie Tong Af- Redenaarskompetisie se Wes-Kaap uitdunne deelgeneem. 27 leerders het deurgedring na die landswye finaal wat op 3 en 4 Oktober in Centurion sal plaasvind. Hierdie dames is ware ambassadeurs wat enige gehoor van hulle standpunt kan oortuig. Welgedaan, woordwoekers! Die leerders is in gewone klere geklee tydens die foto ter ondersteuning (civviedag) van een van hul mede-leerders, Kira Godrey (gr. 8) wat ‘n baie groot rug operasie ondergaan het.
Voor: Lumari Carstens, Nika du Plessis, Pippa Viljoen, Daniela Viljoen, Jana Geldenhuys, Zani Smit. 2de Ry: Zanke Nell, Ané Geldenhuys, Isabella Preller, Lia du Plessis, Jeanne le Roux. 3de Ry: Kelli McMahon, Franzél Kruger, Annemay Schade, Abigail Ramsden. 4de Ry: Eula Nel, Mila Ferreira, Nina Haarhoff, Ezé Roberts, Elize Janse van Vuuren. Agter: Mieke Priem, Leri Nel, Mikayla Tauber, Isabella Groenewald, Alexa Terblanche.
HOËRSKOOL GIMNASIUM PAARL (t) 021 872 1541/2/3 (e) admin@paarlgim.co.za Hoërskool Gimnasium Paarl leerder op BOK Radio Hoërskool Gimnasium Paarl is baie trots op Danél Boonzaaier, ‘n graad 10 leerder wat op Jeugdag by BOK radio gaan kuier het en vir 3 ure lank die mikrofoon gehad om nuus te lees en die luisteraars te vermaak!
SA stoeikampioen! Baie geluk aan Frankie Dos Reis (gr. 10). Hy is die nuwe SA stoeikampioen o.17 - by SA kampioenskappe. (in die 92kg afdeling)
Netbal Baie geluk aan Jana Brönn wat in die groep van 35 beste o.17-netbalspelers opgeneem is by die All Ages National Netball Championships in Boksburg. Hierdie is ‘n baie besonderse prestasie. Welgedaan Jana!
AWSUM NEWS JUNE 2019
Page 11
LAER MEISIESKOOL LA ROCHELLE (t) 021 872 4367 (e) postmaster@larries.co.za Besoek aan vliegskool Ons Graad 1 dames het die vliegskool in Stellenbosch besoek, waar hulle alles van vliegtuie geleer het. Dit was `n baie leersame oggend, en die dames het dit vreeslik geniet.
Musical
Gr. 3 Ons Graad 3A dogters het huishoudelike items uit afvalmateriaal gebou. Hierdie dogters was omtrent innoverend, en het ons aangenaam verras met hulle kreatiwiteit.
Ons Musical dames is hard aan die oefen vir ons musical in die 3e kwartaal. Moet dit nie misloop nie!
LAERSKOOL PAARL GIMNASIUM (t) 021 872 4505 (e) admin@paarlgim.co.za ATKV Redenaars Amelia Minnaar (gr. 4) van Laerskool Paarl Gimnasium het deurgedring na die nasionale finaal van die ATKV Redenaarskompetisie wat op 1 Augustus 2019 by ATKV-Goudini Spa gehou word.
Dancestar Wêreldkampioenskappe Jana van Staden, ‘n graad 3 leerling by Laerskool Paarl Gimnasium, het van 22-26 Mei in Kroasië deelgeneem aan die DanceStar World Finals. Sy presteer uitstekend en behaal ‘n 3de plek vir solo, ‘n 3de plek vir duet, 1ste plek vir trio en ‘n 7de plek vir haar Enamabala groepdans. Jana het haarself in uitgelese geselskap bevind: topdansers van 20 lande het meegeding om die titel as wêreldkampioene te verwerf. Jana is dus ons eie wêreldkampioen in die trio-afdeling.
LAERSKOOL FD CONRADIE (t) 023 313 3407 (e) fdconradieps@mweb.co.za Tennis Dawid Scholtz het Saterdag, 25 Mei, aan Tennis Suid-Afrika deelgeneem en tweede geëindig vir die dag. Hy is ook tans nommer 7 in die o/12 SA-span. Baie geluk, Dawid! Hou so aan!
Page 12
AWSUM NEWS JUNE 2019
HOËRSKOOL CHARLIE HOFMEYR
LAERSKOOL GERICKE
(t) 023 312 1110 (e) admin.gericke@lando.co.za
(t) 023 312 1194 (e) admin@charlie.org.za
Wiskundekompetisie
Kuns en Kultuur toergroep oppad na Italië en Frankryk
Baie geluk aan Jandrè Wessels, graad 7, wat deurgedring het na die finale rondte van die Netwerk24 Wiskundekompetisie. Hy is een van 20 finaliste vanuit die Wes -Kaap en Oos-Kaap.Hy neem Saterdag, 27 Julie 2019, aan die finale rondte deel.
Die kuns en kultuur toergroep het vertrek. Hulle gaan Italië en Frankryk besoek. Geniet dit! Maak baie herinneringe en kom veilig terug!
Netbal Baie geluk aan die volgende spelers en skeidsregters wat gekies is vir die Kaapse Wynland Netbalspan wat 4 - 6 Julie 2019, aan die Wes Kaap Interdistrikstoernooi in Wellington gaan deelneem.
Mev. M. Visser (skeidsregter), Isabella le Roux (o.11), Sophia Wium (o.12), Sebasti Joubert (o.12) en mev. M. von Bentheim (skeidsregter).
WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL
LANGERUGSKOOL
(t) 023 346 5300 (e) admin@langerugskool.co.za
(t) 023 347 0325 (e) admin@lswn.wcape.school.za
Langerugskool se aspirant-entrepreneurs hou Markdag
Fietsry
‘n Hele paar van Langerugskool se leerders het ‘n voller geldsakkie vir die komende skoolvakansie. Daar is lank geswoeg, gesweet, geryg, gebak en gebrou om seker te maak die tafels kreun tydens Langerugskool se jaarlikse markdag. Nie net is daar aan die mense-magies gedink in die leerders se aanbiedinge nie, maar een entrepreneur het seker gemaak dat selfs honde-kinders ook iets lekkers by markdag kry. Indien jy jou huis, of jouself, wou verfraai was daar te kies en te keur tussen die tafelversierings deur ouer leerders en die pragtige krale, oorbelle en armbande wat deur die leerders van die outistiese eenheid geskep is. Sodra jy jouself knuppeldik geëet het aan kerrie vetkoeke, pannekoeke, kolwyntjies, fudge of bazaar poeding kon jy jouself vermaak met speletjies en ballonne prik vir geheime pryse. “Ons wil graag die markdag verder uitbrei en meer gereeld aanbied. Benewens vir die feit dat dit groot pret vir almal is op die betrokke dag, leer ons kinders om skeppend te wees en hul entrepreneurs vaardighede uit te brei.” - Me Chrisna Smit, Adjunkhoof Langerugskool
Drie Noordjies het Saterdag deelgeneem aan die 1ste Spur School MTB League te Southey Vines in Somerset-Wes en het baie goed gedoen. Hayley Richards eindig 9de in die Sub Junior Girls PS afdeling. Kyle Dark eindig 29ste in die Sub Jonior Boys PS afdeling (57 ryers). Robert Nieuwenhuizen doen uitstekend en eindig 2de in die Sprog Boys afdeling (111 ryers).
AWSUM NEWS JUNE 2019
Page 13
HEXRIVIER OPVOEDKUNDIGE SENTRUM
LAERSKOOL MONTAGU
(t) 023 354 8800 (e) info@hexriviersentrum.co.za
(t) 023 614 1640 (e) monties@telkomsa.net
Monties neem deel aan Netwerk24 se Wiskundekompetisie Tien gr. 6-leerders en twaalf gr. 7-leerders het vanjaar deelgeneem aan die Netwerk24 Wiskundekompetisie. Dit is die eerste keer dat dié kompetisie vir laerskole aangebied word. Gabriel Telford is een van 20 leerders in die Wes-Kaap, wat aan die finale gaan deelneem. Baie geluk Gabriel, ons is trots op jou.
Ockert en Piet Presteer! Ons is baie trots op Ockert en Piet Vermeulen wat op 1 en 2 Junie aan die Sanesa Perdryskou te Courcheval, Franschhoek, deelgeneem het! Ockert behaal 2 x 1 ste plekke en 2 x 2de plekke in die Walk and Trott Performance en die Equitation-afdeling. Piet behaal 2 x 1ste plekke in die Siertuig-afdeling. Baie geluk!
Ockert Vermeulen
Piet Vermeulen
HOËRSKOOL ROBERTSON (t) 023 626 3159 (e) admin@robbie.co.za
Albert Bruwer Baie geluk aan Albert Bruwer wat gekies is om Boland by die 0.18 Cravenweek te verteenwoordig. Hulle speel die vakansie van 1 - 6 Julie in Bloemfontein. Geniet dit Albert!
Linry Johnson Linry Johnson is lid van die Wes-Kaap 0.17 – Netbalspan wat komende vakansie aan die All Ages toernooi in Boksburg gaan deelneem. Dit is haar derde jar wat sy lid is van die Wes-Kaap Skole Netbalspanne. Verlede jaar was sy ook lid van die SA 0.16 – oefengroep. Ons is baie trots op hierdie RobbieNetbalspeelsters en ons wens haar alle sterkte toe.
Page 14
AWSUM NEWS JUNE 2019
WORCESTER PRIMÊRE SKOOL
(t) 023 347 0663 (e) wps@cwps.co.za
Learner participating in PSI National Hockey Championships We would like to wish Nika Pretorius good luck as she will be participating at the PSI – Pro Series Indoor National Hockey Championships to be played at UCT from the 20 – 22 of June.
HTS DROSTDY
WORCESTER GYMNASIUM
(t) 023-34 22320/1/2/3 (e) admin@htsdrostdy.co.za
Kranige stoeier bereik hoër hoogtes Corné Telleman gaan in die Junie vakansie deelneem aan die Internasionale Stoei Federasie se World Combat Games in Budaperst. Corné stoei al vandat hy 5 jaar oud is en was al op 13 jarige ouderdom die SuidAfrikaanse kampioen in Vrysteil en GrieksRomeins. Corné is ook as kaptein van die toerspan aangewys. Voorwaar ‘n talentvolle jong sportman!
(t) 023 347 0426 (e) wg@worcgim.co.za
Rugby Die volgende seuns verteenwoordig die Boland in die 2019 SARU o.16 en o.18 rugbyweke. Die o.18 Akademie en Cravenweek vind plaas vanaf 1 - 5 Julie te Grey Kollege, Bloemfontein en die o.16 Grant Khomoweek vanaf 24 - 28 Junie te Hoërskool Rob Ferreira, Witrivier, Mpumalanga. Mnr Jeff Fransman is ook gekies as voorspelerafrigter vir die o.16 Grant Khomo-span.
‘n Leerder met ‘n hart vir ander Carla Mostert, ‘n graad 9 leerder van HTS Drostdy, het met behulp van haar mede-skoliere en die gemeenskap dit moontlik gemaak om vir ten minste twee mense rolstoele te bekom. Carla, wat ‘n junior bestuurslid van die Wes-Kaap Landsdiens organisasie is, het die grootskaalse taak aangepak om vragte vol plastiekdoppies bymekaar te maak oor die afgelope jaar. Sy het hierdie projek oor sosiale media gedryf en ook ‘n pleidooi gerig via Radio Weskus. Die organisasie Bread Tags for Wheels van Kaapstad onderskryf die projek waarin mens ‘n rolstoel kan kry in ruil vir 450 kilogram plastiekdoppies. Carla was veral dankbaar oor een skenker wat gehelp het om tot by die 900 kilogram mikpunt in te samel. Die eerste rolstoel sal aan die Instituut vir Blindes op Worcester oorhandig word. Die tweede rolstoel gaan via Weskus radio in die gemeeskap ‘n spesiale plek vind. Na afloop van die maande lange proses wat harde werk vereis het, is sy dankbaar dat sy die geleentheid gekry het om iets vir iemand te beteken. Volgens Carla is sy veral dankbaar oor die ondersteuning en aanmoediging van haar ouers wat deurentyd haar bygestaan en gehelp het.
WORCESTER VOORBEREIDINGSKOOL
(t) 023 347 1160 (e) voorbereiding@telkomsa.net
Worcester Voorbereidingskool onderwysers sluit kwartaal met ‘n Netbal wedstryd VBS se onderwysers sluit die tweede kwartaal af met ‘n netbal wedstryd.
Uchean Jacobs, Ghidian van Rheenen (o.16 Grant Khomo), mnr Jeff Fransman), Dunstan Cloete (o.16 Grant Khomo) en Wayne Plaatjies o.18 Cravenweek. Inlas links: Brain Zake en regs Lucian Abrahams o.18 Akademie. Afwesig: Phillip Basson (o.16 Grant Khomo).
LAERSKOOL WORCESTER-OOS
(t) 023 347 0453 (e) admin@lswo.wcape.school.za
Gr 6B Entrepreneurdag Gr.6B Koekverkoping baie dankie aan al die ouers se hulp, met hierdie suksesvolle Entrepreneur dag.
AWSUM NEWS JUNE 2019
Page 15
Marcel en Lize, eienaars van De Kelder Restaurant Paarl, vier hierdie jaar die restaurant se 10de verjaardag. Marcel het die bedryf sommer vroeg betree toe hy reeds as 12 jarige as “runner” in sy pa se restaurant begin werk het oor naweke. Hy sê dat daardie eerste fooitjie wat hy van ‘n kliënt ontvang het op dié vroeë ouderdom hom toe al tot die bedryf verbind het. Hy het na sy skool loopbaan en tyd by Stellenbosch universiteit as 21 jarige provinsiaal rugby gespeel, maar gou besef sy wortels is te diep gegrawe in die restaurant bedryf. So ontmoet hy toe ook sy vroutjie, Lize, ‘n boorling van Paarl en hulle het 2 dogters, Kara (5) en Leah (3). Marcel en Lize is nou betrokke by verskeie liefdadigheids insamelings en ook borgskappe in die plaaslike gemeenskap. Hulle het ‘n ingebore passie vir die bedryf en dit is ‘n leefstyl vir hulle. De Kelder Paarl het middel laasjaar van gedaante verwissel en is gemoderniseer (gerevamp). Ons wil graag ons kliënte bedank vir hul ondersteuning die afgelope 10 jaar. Marcel en Lize nooi almal vriendelik uit om De Kelder se 10de verjaarsdag in die Paarl saam met hulle te kom geniet.
LIVE MUSIC PLATTERS WYN STALLETJIES BRANDEWYN STALLETJIES SPECIALS DANKIE VIR ALMAL SE ONDERSTEUNING DIE AFGELOPE 10 JAAR, KOM GENIET DIE AAND SAAM MET ONS!