Boland Landbou Rugbydag 2019

Page 1

FRESH EGGS NOURISH THE MIND

1 MAART 2019


BOLAND LANDBOU – ‘N TROTSE TRADISIE Boland Landbou is gestig in 1962 en het huidiglik 342 seuns. Ons het 17 rugbyspanne wat weekliks teen die top rugbyskole in die Wes-Kaap meeding. Oor die jare het Boland Landbou vier Springbokke opgelewer, naamlik Attie Strauss, Hottie Louw, Deon Carstens en Derick Hougaard. Ons het ook reeds twee spelers opgelewer vir die SA o.20 span naamlik Arno van Wyk in 2014 en Jondré Williams in 2017. Boland Landbou poog om elke vier jaar rugbyspanne oorsee te neem en het die afgelope twintig jaar toere onderneem na Suid-Amerika (1997); Dubai (2001); England, Wallis en Frankryk (2006); New Zealand (2011) en Italië, Frankryk & Spanje (2015). Die skool is ook een van slegs ‘n paar skole in SA wat in 2002 die Sanix Wêreldtoernooi vir skole in Japan gewen het. Boland Landbou speel in die Premier A-liga van die WP Rugby Unie en neem ook jaarliks aan elke top skole-rugbytoernooi in SA deel. Ons o.19A-rugbyspan neem deel aan die volgende toernooie. • Wildeklawer skole-rugbytoernooi. Die top 20 rugbyskole in SA neem hieraan deel. • Die Noord/Suid-Rugbytoernooi wat jaarliks in Pretoria gehou word. (O.19A&B) Skole wat hieraan deelneem is Waterkloof, Monnas, Garsfontein en Grey Kollege. • Die WP Rugbydag waar ons seuns op Nuweland speel. • Die Blou Bulle Rugbydag waar ons seuns op Loftus Versfeld speel. Ons is die enigste skool in die WP wat na hierdie dag genooi word. • Ons speel jaarliks twee wedstryde op TV by Wildeklawer en ons Interskole teen Oakdale. Ons o.14A, o.15A en o.16A-rugbyspanne neem jaarliks deel aan die Outeniqua o.14 & o.15 rugbyweek en Paarl Gimnasium se o.16-rugbytoernooi. Die eerste rugbyspan van Boland Landbou eindig jaarliks onder die top 10 skole op die verskillende skole ranglyste van SA. In 2018 het Boland Landbou die derde beste skool van NZ Napier Boys’ High tydens die World Schools Festival in die Paarl 59 – 26 geklop. ‘n Hoogtepunt elke jaar is ons Interskole wedstryd teen Oakdale van Riversdal. In 2018 het Boland Landbou die wedstryd 56 – 19 gewen. Ons het 20 van die vorige 31 interskole wedstryde teen Oakdale gewen. Sedert 2012 het Boland Landbou 14 WP-Cravenweek spelers, 17 WP o.18Akademie spelers en 14 WP o.16-Grant Khomo rugbyspelers opgelewer. Ons het ook 7 WP o.17- sewes rugbyspelers opgelewer. In dieselfde tydperk lewer ons twee SA Skole rugbyspelers op, naamlik Jondré Williams in 2015 en Darren Hendricks in 2018.

Afrigting: • Ons A-rugbyspanne het ervare afrigters met IRB Vlak 1 of 2 kwalifikasies. • Die A-span afrigters is of oud-provinsiale spelers of het reeds op provinsiale vlak afgerig. • Die Hoofafrigter van ons eerste rugbyspan Oloff Bergh is ook die hulpafrigter van die WP Cravenweek XV-tal. • Deon Carstens ‘n oudskolier en voormalige Springbok, Sharks, Saracens en WP-stut is een van ons 1ste span afrigters al vir die afgelope vyf seisoene. • Ons huidige o.14A-afrigter Jan Brand is die voormalige WP o.13-Cravenweek afrigter wat vir baie jare die finaal van die o.13-Cravenweek gewen het. • Dit is ook vir ons belangrik dat ons oud-skoliere by ons rugby afrig omdat hulle ons skool se waardes en tradisies verstaan. Daarom is daar huidiglik ses oudskoliere wat by ons rugby afrig. Boland Landbou se Nasionale en Provinsiale spelerslys: Springbokke 4 (Attie Strauss, Hottie Louw, Deon Carstens & Derick Hougaard) SA o.20 2 (Arno van Wyk, Jondré Williams) Italië 1 (Tobie Botes) Namibië Wêreldbeker 1 (Danie van Wyk, Johan (Aranos) Coetzee & AJ de Klerk) Namibië Curriebeker 1 (Francois Wiese) Springbok Sewes 2 (Stefan Basson & Jose van Rensburg) UAE Sewes 1 (Stephen Cooper) Super Rugby of Curriebeker 34 (Attie Strauss, Hottie Louw, Derick Hougaard, Deon Carstens, Willem de Waal, Manie du Toit, Evert Kleinhaus, Kobus le Roux, Stefan Basson, Pieter Wium, Cecil Kemp, Jose van Rensburg, Albertus Buckle, Clemen Lewis, Thor Halvorsen, Alwyn Bester, JP Geldenhuys, Heinrich Steyl, Johan Coetzee, Burger Schoeman, Tobie Botes, Morne Hanekom, Chris Buckle, Johan Herbst, Rossouw Kruger, Gerhard Jordaan, Jos Malherbe, Tiaan Loots, Nicolai Lubbe, Tiaan Radyn, Francois van Wyk, Justin Basson, Arno van Wyk, Mathys Basson) SA Skole 10 (Darren Hendricks; Jondré Williams, Hottie Louw, Deon Carstens, Derick Hougaard, Kobus le Roux, Albertus Buckle, JP Basson, Andre Schikkerling, Stephan Basson) SA Skole Akademie 4 (Evert Kleynhaus, Vlam Taljaard, CG Stomann, Clemen Lewis, Athi Magwala)

JJ October

Itakane Trading 227 (Edms) Bpk t/a Omega Agri Jonty Carstens jonty@omegaagri.co.za www.omegaagri.co.za Tel: 021 864 1876 | Faks: 086 517 1943 Sel: 084 664 9908

Page 2

Kry alle nuus aanlyn by awsumnews.co.za

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019

Motor Trimmers & Furniture Upholsterers

T: 021 862 0520 C: 084 622 6829

13 Ambagsvallei Street, Paarl.


CTM PAARL PROUDLY SUPPORTS

SPORT!

CTM Paarl • Cnr Textile & Lady Grey Str, Paarl • 021 871 1902

WAT MAAK ONS UNIEK? • Somer- en winterinterskole teen Oakdale Landbouskool • Eie Lenteskool vir ons graad 12-leerlinge • Deelname aan Wildeklawer Superrugbytoernooi • Landboukursusse in o.a. wol, beesbeoordeling, wynmaak • Mnr en Mej Boland kompetisie • Deelname aan nasionale tennis-, rugby-, en kriekettoernooie • Internasionale opvoedkundige sporttoere

Koshuis Koshuiswoning is verpligtend. Die Graad 8-leerlinge gaan in die Junior Koshuis tuis, terwyl die Graad 9 – 12 leerlinge in die Senior Koshuis woonagtig is. In die koshuis is daar ‘n ontspanningsaal waar leerlinge toegang het tot DSTV. Daar is ook ‘n snoepie, ‘n volledige toegeruste gymnasium en ‘n rekenaarsentrum.

Vakkeuse

Boerdery Leerders het toegang tot die volgende boerdery-aktiwiteite: • Wingerd en koring • Melkery • Nethuiskwekery • Asook ons eie volwaardige wynkelder • Skape en beeste • Erdwurmboerdery

Verpligtend

Graad 8 & 9 Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskappe, Ekonomieseen Bestuurswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Kuns en Kultuur, Lewensoriëntering, Tegnologies en Landbou.

Keusevakke

Afrikaans Huistaal

1

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Engels Eerste Addisionele Taal

2

Fisiese Wetenskappe

Geografie

Besigheidstudies

Lewensoriëntering

3

Rekeningkunde

Lewenswetenskappe

Landbou- bestuurspraktyke

4

Landbouwetenskappe

Landboutegnologie

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019

Page 3


1 M AART 2 0 1 9 O.13A

O.11A TYD

TYD

A-VELD

B-VELD

14:45 – 15:30

Courtrai vs Brackenfell

Drakenstein vs Table View

13:50 – 14:35

14:45 – 15:30

15:35 – 16:20

Swartland vs Gene Louw

Mikro vs Goudini

16:25 – 17:10

Hugo Rust vs Laerskool Gimnasium

Worcester Voorbereidingskool vs Hugenote

17:15 – 18:00

VRSP vs PSS

Paulus Joubert vs Noord Eind

18:05

Bastion vs Eikestad

Worcester Noord vs Welgemoed

15:35 – 16:20

16:25 – 17:10

17:15 – 18:00

18:05

C-VELD

D-VELD

Laerskool Drakenstein o.11A vs Bastion o.10A Mikro vs Goudini Worcester Voorbereidingskool vs Hugenote Bastion vs Eikestad Hugo Rust vs Table View De Kuilen vs Paulus Joubert

Gene Louw vs Swartland Laerskool Gimnasium vs Noord Eind Brackenfell vs Lochnerhof Worcester Noord vs Welgemoed PSS vs VRSP

Covering more than 350 school events nationally

Page 4

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019


Boland Landbou blink uit in verskeie sportsoorte Boland Landbou bied ook die volgende sportsoorte aan: Krieket: • Ons het die volgende spanne: • o.19A-D, o.15A&B en o.14A&B • Ons speel in die A-liga van die Boland teen HJS, Paarl Gim en Paul Roos en teen WP skole SACS, Rondebosch en Wynberg. • Ons 1ste span neem deel aan die Kaapse skole-krieketweek waar ons teen skole soos Waterkloof, Garsfontein, Noord-Kaap en Pretoria Boys High speel. • Ons het sedert 2012 reeds twee SA Skole en SA o.19 Wêreldbeker krieketspelers opgelewer. Stiaan van Zyl het ook in 2014 ons eerste Protea krieketspeler geword en het in sy debuut vir die Proteas ‘n 100-tal aangeteken teen Wes-Indië. • Ons Interskole is elke jaar teen Oakdale en ons het die afgelope 6 jaar Interskole gewen. Tennis: • Ons beskik oor een van die bekendste professionele junior tennisafrigters in SA naamlik Myburgh van Zyl. Myburgh bestuur sy eie tennisakademie, nl Tennis Republic, wat bedryf word vanaf Boland Landbouskool. • Alle leerlinge by Boland Landbou kry vir drie middae van die week gratis afrigting by Myburgh. Individuele afrigting word ook deur Myburgh gedoen buite daardie tyd. • Ons het 8 top kwaliteit tennisbane en beskik oor ‘n moderne en gerieflike tennisklubhuis. • Ons bied jaarliks twee Nasionale toernooie aan naamlik die Boland Landbou o.15 Tennistoernooi in Februarie en die Boland Landbou o.18 Tennisfees in Oktober. • In 2016 en 2018 het ons die groot 5 toernooi by die Hoërskool Nelspruit gewen. Daar het ons afgereken met onder andere Monnas, Garsfontein, Menlopark en HTS Middelburg. • Tennisafrigting vind regdeur die jaar plaas. Atletiek: Boland Landbou het ‘n voltydse Hoof van Atletiek en beskik oor ervare en professionele afrigters. Ons neem jaarliks deel aan die volgende byeenkomste: • Die top 10 byeenkoms in Bloemfontein wat deur HS Sentraal aangebied word. • Die Driehoekige byeenkoms tussen Boland Landbou, HJS Paarl en Brackenfell. • Ons top atlete neem jaarliks deel aan die Top 10 byeenkomste in Mosselbaai by die HS Punt, by die HS Swartland en by die HS Bredasdorp. • Ons jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms vind teen Oakdale plaas. • Ons lewer jaarliks SA atlete op. In 2013, 2015 en 2017 het ons atlete gehad wat goue medaljes by die SA Skole Kampioenskappe verower het. • In 2018 is 9 van ons seuns gekies vir die Bolandspan wat aan die Wes Kaap Kampioenskappe deelgeneem het.

WYNLAND WYNLAND

AGRI SERVICES (PTY) LTD AGRI SERVICES (PTY) LTD WYNLAND WYNLAND AGRI LTD AGRISERVICES SERVICES (PTY) (PTY) LTD

Agricultural Agricultural Agricultural Agricultural Services & Repairs Services &Repairs Repairs Services Services & & Repairs

Alfred Brendel 062 7475 Alfred Brendel 062 7475 | ||wynlandagri@gmail.com Alfred Brendel 062285 285 7475 |wynlandagri@gmail.com wynlandagri@gmail.com Alfred Brendel 062285 285 7475 wynlandagri@gmail.com

Gholf: • Die skool beskik oor sy eie ‘driving range’ asook ‘n setperk en kaphouarea vir oefeninge. • Boland Landbou speel in die tweede liga van die Boland skole gholfliga en ons het hierdie liga al ‘n hele paar keer gewen. • Gholf vind regdeur die jaar by Boland Landbouskool plaas. • Ons gholfspan onderneem elke jaar ‘n gholftoer na die Suid-Kaap waar hulle op van die beste bane in SA speel. • Ons tuisbaan is die Wellington Gholfklub. Kondisionering en Rehabilitasie: • Die skool beskik oor ‘n voltydse Sportwetenskaplike naamlik Douglas van Blerk wat sy honneursgraad in sportwetenskap by die Pukke voltooi het in 2014. • Ons het ‘n biokinetikus en ‘n fisioterapeut wat beide op die plaas woon en elke dag tot beskikking is vir ons seuns. • Die skool beskik oor ‘n volledig toegeruste gimnasium wat beskikbaar is vir elke seun vanaf graad 10 tot 12. • ‘n Buitelug oefensentrum is beskikbaar vir graad 8 tot 12 leerders. • Ons sportwetenskaplike, biokinetikus en fisioterapeut is daar vir elke seun en vir elke sport by die skool. Algemeen: • Alle vervoer met ons eie voertuie, is gratis. • Wanneer ons van openbare vervoer gebruik maak, betaal die ouers slegs die helfte van die vervoerkostes, m.a.w. wanneer die 1ste rugbyspan vlieg na Johannesburg vir die Noord/Suid-toernooi, betaal die ouers slegs die helfte van die vliegtuigkaartjie. Dieselfde geld vir die ander sporte. • Elke seun in Boland Landbou moet aan ‘n winter- en ‘n somersport deelneem.

“You will always score at Buco Paarl”

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019

Page 5


DEELNEMENDE RUGBYSPANNE

Page 6

LAERSKOOL LOCHNERHOF - O.11

LAERSKOOL GOUDINI - O.11

LAERSKOOL HUGENOTE - O.11

LAERSKOOL HUGO RUST - O.11

WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL - O.11

TABLE VIEW PRIMARY SCHOOL - O.11

LAERSKOOL PAARL GIMNASIUM - O.11

LAERSKOOL WELGEMOED - O.11

LAERSKOOL NOORD-EIND - O.11

LAERSKOOL SWARTLAND - O.11

VAN RIEBEECKSTRAND PRIMARY SCHOOL - O.11

PRIMÊRE SEUNSKOOL PAARL - O.11

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019


DEELNEMENDE RUGBYSPANNE

LAERSKOOL GENE LOUW - O.11

LAERSKOOL DRAKENSTEIN - O.11

AFWESIG: Bryce Blanckenberg

LAERSKOOL BASTION - O.11

WORCESTER VOORBEREIDING SKOOL - O.11

LAERSKOOL EIKESTAD - O.11

LAERSKOOL MIKRO - O.11

LAERSKOOL BRACKENFELL - O.11

LAERSKOOL PAULUS JOUBERT - O.11

LAERSKOOL BASTION - O.10

Sterkte aan alle Spanne! AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019

Page 7


DEELNEMENDE RUGBYSPANNE

Page 8

PRIMÊRE SEUNSKOOL PAARL - O.13

LAERSKOOL GOUDINI - O.13

LAERSKOOL HUGENOTE - O.13

LAERSKOOL HUGO RUST - O.13

WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL - O.13

TABLE VIEW PRIMARY SCHOOL - O.13

LAERSKOOL PAARL GIMNASIUM - O.13

LAERSKOOL WELGEMOED - O.13

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019


DEELNEMENDE RUGBYSPANNE

LAERSKOOL NOORD-EIND - O.13

LAERSKOOL DRAKENSTEIN - O.13

LAERSKOOL COURTRAI - O.13

WORCESTER VOORBEREIDING SKOOL - O.13

LAERSKOOL EIKESTAD - O.13

LAERSKOOL MIKRO - O.13

LAERSKOOL SWARTLAND - O.13

LAERSKOOL PAULUS JOUBERT - O.13

VAN RIEBEECKSTRAND PRIMARY SCHOOL - O.13

Sterkte aan alle Spanne! AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019

Page 9


BOLAND LANDBOU RUGBYBEPALINGS 2019

DATUM

WEDSTRYD

Eerste Kwartaal

DATUM

WEDSTRYD

Tweede Kwartaal 02 Mei

Wildeklawer – o.19A vs Monument

04 Mei

Wildeklawer – o.19A vs Transvalia (TV)

02 Maart

Old Mutual Insure Agri Boland Landbou Rugbydag – O.19A&B

05 Maart

Blou Bulle Rugbydag – Loftus Versfeld – O.19A

11 Mei

Bishops (Tuis)

14 Mei

Finale WP Cravenweek proewe vs Boland

09 Maart

Brackenfell Sportdag - O.14A, O.15A & O.16A

18 Mei

UITNAWEEK

12 Maart

WP Rugbydag Nuweland – o.19A

25 Mei

Stellenberg (Weg)

16 Maart

Noord Suid O.19A&B vs Waterkloof

01 Junie

Paarl Gim (Tuis)

19 Maart

Noord Suid O.19A&B vs Helpmekaar

15 - 20 Maart

Outeniqua O.14 & O.15 Rugbytoernooi

13 Julie

SACS (Weg)

27 - 30 Maart

World Schools Festival - O.19A

20 Julie

HJS Paarl (Weg)

27 Julie

Loslootjie

03 Augustus

Paul Roos (Tuis)

10 Augustus

Oakdale (Weg TV)

Tweede Kwartaal 06 April

Wynberg (Tuis)

13 April

Rondebosch (Weg)

18 - 22 April

Paasnaweek

27 April

Tygerberg (Tuis)

Derde Kwartaal

BOLAND LANDBOU FEESNAWEEK VIND PLAAS OP VRYDAG 1 MAART EN SATERDAG 2 MAART 2019.

PROGRAM VRYDAG 14:30 – 19:00 Laerskole Rugby – 42 Spanne Vleis- en groenteverkope 19:00 Gesellige braai – Braaipakke te koop SATERDAG 0.19 Rugbydag – 26 Spanne

09:00 – 12:00 PLAASMARK Vleis/Groente/Plaasprodukte/Allerlei HOOFWEDSTRYD

14:10 Boland Landbou 0.19A vs Bellville 0.19A Page 10

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU RUGBYTOERNOOI 2019


ONS IS ‘N LANDBOUSKOOL! Gestig in 1962, staan ons dus nog in ons kinderskoene, maar is in tred met die nuutste ontwikkelings op opvoedkundige- en landbougebied. Ons is geleë tussen Paarl en Wellington wat dit geskik maak vir wingerd-, koring-, bees- en skaapboerdery. Die opvoeding is holisties en waardegedrewe. Ons poog in alles om jong here voorbereid en gebalanseerd die lewe in te stuur. “Hier LEER en LEEF ons om te LEI”.

Ons konsentreer op akademiese opleiding, omdat ons dit as ‘n baie belangrike bousteen in die voorbereiding van ons kinders vir die lewe van werk beskou. Benewens die gewone akademiese vakke, bied ons ook drie Landbouvakke aan waarvan leerlinge minstens een moet neem. Met ‘n maksimum leerlingtal van 350, is ons seuns, ouers en personeel ‘n hegte Bolandfamilie wat saamstaan om teen die bestes te kompeteer. Ons spog met 'n wynkelder, moderne sportgeriewe, wildreservaat, gimnasium, buitelug oefenapparaat (“Slagpale”) en klerewinkel op die terrein.

VAKKEUSE Graad 8 & 9 Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskappe, Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Skeppende Kunste, Lewensoriëntering, Tegnologie en Landbou

Keusevakke: (Kies een vak per groep) Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid Rekeningkunde OF Lewenswetenskappe OF Landboubestuurspraktyke Fisiese Wetenskappe OF Geografie OF Besigheidstudies Landbouwetenskappe OF Landboutegnologie

Graad 10 - 12 Verpligtend: Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Lewensoriëntering

Enige vakkeuse kwalifiseer vir tersiêre studie, solank daar aan die prestasievereistes voldoen word.

KOSHUIS

BOERDERY

Koshuisinwoning is verpligtend. Die Graad 8-leerlinge gaan in die Junior Koshuis tuis, terwyl die Graad 9 – 12-leerlinge in die Senior Koshuis woonagtig is. In die koshuis is daar ‘n ontspanningsaal waar leerlinge toegang het tot DSTV. Daar is ook ‘n snoepie en 'n volledig toegeruste gimnasium.

Leerders het toegang tot die volgende boerdery- aktiwiteite: • Wingerd en koring • Skape en beeste • Erdwurmboerdery • Nethuiskwekery • Asook ons eie volwaardige wynkelder

WAT MAAK ONS UNIEK?

• Somer- en winterinterskole teen Oakdale Landbouskool • Eie Lenteskool vir ons graad 12-leerlinge • Deelname aan Wildeklawer Super- rugbytoernooi • Mnr en Mej Boland kompetisies

HOËR LANDBOUSKOOL

BOLAND

Wil jy op ‘n plaas skoolgaan, rugbyspeel en leef? Dan is Boland Landbou beslis die skool vir JOU!

SPORT Boland Landbouskool is sinoniem met puik sportprestasies. Die amptelike sportsoorte, waarvan minstens een somer- en een wintersport beoefen moet word is: SOMER: Krieket, Atletiek en Tennis WINTER: Rugby en Landloop DEURLOPEND: Jeugskou en Gholf

• Deelname aan nasionale tennis-, rugby-, en kriekettoernooie • Internasionale opvoedkundige sporttoere • Landboukursusse in o.a. wol, beesbeoordeling, wynmaak

HIER WORD SEUNS WARE MANNE!

KONTAKBESONDERHEDE www.bolandlandbou.co.za Tel: +27 21 869 8143 | Faks: +27 21 869 8144 E-posadres: info@bolandlandbou.com Volg ons op Facebook http://www.facebook.com/bolandlandbou Privaatsak X01, Windmeul, 7630 GPS - koördinate: 33°39’65” Suid 18°52’93” Oos



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.