Boland(May 2019) Primary - High Schools

Page 1

BOLAND

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

wireless & fibre internet

021 020 0200 | www.ibits.co.za

MAY 2019 www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705

LIKE & FOLLOW

awsum_news AWSUM Boland

FRESH EGGS NOURISH THE MIND LATEST SCHOOL NEWS FREE / GRATIS

EARLY B Kletsrym met ‘n boodskap!

53 MAIN STREET PAARL | 021 863 2965 WWW.GOEDEHOOPVLEIS.CO.ZA


Blitsvrae:

Teen hierdie tyd het die naam Early B reeds oral begin opduik en dié talentvolle musikant en kletsrymer het die afgelope jaar die land aan die gons met sy skerp lirieke en storie-vertel vaardighede. Die 28 jarige Port-Elizabeth boorling het ontplof en sy nuutste album is soos ‘n vars bries vir die Suid Afrikaanse musiekbedryf. Met treffers soos Ben Ten en Potte staan vele ander kunstenaars nader om saam met hom te werk. AWSUM het opgevang met Early B en hierdie is sy verhaal. Ons moet begin deur te vra oor jou skoolloopbaan. Vertel vir ons lesers ‘n bietjie meer daaroor. Waar was jy op skool en wat sal jy altyd onthou van skool? Wat sal jou onderwysers van jou vertel? Op laerskool was ek by Triomf Primary en Hoërskool by Bethelsdorp Comprehensive High. Die groot rede hoekom ek na Bethelsdorp toe gegaan het, was omdat dit die enigste skool in ons area was wat motor meganika as ‘n vak gehad het. Ek is mal oor enjins. My onderwysers op laerskool sou seker sê ek was griewelik en op hoërskool, was ek lekker stout. Nie onbeskof nie, maar stout. Ek onthou een keer het ons die die grasnyer (dit was soos ‘n klein motorfiets) gereeld gevat vir ‘n spin op die gras.

Wat wil jy as musikant nog bereik? Ek het groot geword met musiek in my lewe, en in baie maniere het dit my gedagtes en verbeelding oopgemaak. So ek wil nog baie goeie musiek maak vir mense net om te help om die wêreld ‘n beter plek te maak. Selfs al is dit net vir ten minste een mens. Ek glo my musiek sal my die geleentheid gee om dit te doen op verskillende maniere.

Watter tipe tiener was jy? Ek was die een wie almal wou laat lekker voel. Ek het baie gehou van video games en ook in die straat speel. Partykeer het ek gaan speel in my skool broek wat my baie in die moeilikheid gebring het by my ma. Ek het maar altyd ‘n kans gevat en dit het my baie kreatief gemaak.

Ben Ten is van die mees catchy liedjies wat ons in jare gehoor het. Is die liedjie gebaseer op vorige ondervindinge of hoe besluit jy waaroor ‘n liedjie moet gaan? Ben Ten is ‘n liedjie wat ‘n bietjie realiteit en fiksie bevat…dis al wat ek gaan sê. Ek luister gewoonlik na die beat eers sonder enige idee wat ek wil doen. Basies is dit hoe die beat klink en hoe dit my laat voel of aan wat dit my herinner, wat bepaal hoe die liedjie sal gaan. Ek het altyd idees, maar ek dwing dit nie af op my musiek nie. Dit moet natuurlik voel vir my.

Jy is trots op jou Port Elizabeth agtergrond. Wat maak die area en sy mense so uniek volgens jou? Bloemendal is ‘n baie ou gebied in Port Elizabeth. Ons is ‘n gemeenskap wat baie na aan mekaar is, veral aan die kant wat ek bly. Ek was almal se kind en almal was my ouers se kinders. Die antie in die straat kon jou piets as jy uit lyn uit getrap het en jou ouers sou niks doen nie. Wat is jou gunsteling liedjie wat jy uitgebring het en hoekom? Dik vir Drugs, want dit is ‘n liedjie wat gebaseer is op die realiteit waarmee soveel van ons jongmense vandag mee sit. Al my liedjies voel soos my kinders, so ek kan nie rerig kies nie. Maar op die oomblik is Dik Vir Drugs die een wie die meeste aandag moet kry, omdat daar so baie mense in my gemeenskap en gemeenskappe regoor die land is wat sukkel met hierdie problem. Jy het al met groot plaaslike musikante gewerk. Wie is jou droom kunstenaar plaaslik en internasionaal en hoekom? Ek het nie een spesifieke kunstenaar nie, ek sê altyd ek wil met almal werk wie goeie musiek wil maak... want musiek sal nog hier wees lank na ons sterwe, so ek wil iets mooi agter laat eendag.

Wat inspireer jou? Die area waar ek vandaan kom. Ek was vir meeste van my lewe in Bloemendal en ek het so baie geleer, gelag, en baklei in daai plek. Vandag kom al my inspirasie van Bloemendal af. Bloemendal is ryk met inspirasie, as jy sou kies om dit te sien.

Watter stad het die beste gehoor? Kaapstad is ongelooflik, elke keer. Hoe sal jy graag onthou wil word? Die kort kunstenaar wie se musiek jou kon laat glimlag as jy huil, moed in praat as jy twyfel en laat dans as jy stil sit. Waarna luister jy nou in jou kar? Enige liedjie wat op repeat speel? Loufi – Hills. Hy is ‘n kunstenaar van Port Elizabeth en dis letterlik die een liedjie wat ek elke keer moet speel. As jy ‘n how-to-guide moet skryf vir tieners wat ‘n sukses wil maak in die musiekbedryf, wat sal die eerste 3 stappe wees? Bly altyd jouself (niemand kan of sal dit beter kan doen nie. Dis die enigste manier hoe jy letterlik die beste gaan wees). Glo in jouself (Daar is baie “Nee-mense” daar buite). Maak gebruik van wat jy het (Jy moet erens begin, ek het). 2019 Is nog lank nie verby nie, wat is in die pyplyn vir Early B? ‘n Nuwe musiekvideo waaraan ek werk en nog heelwat nuwe musiek!

Editorial team

Advertising

Designers

Samantha Coetzee | 076 141 5218 samantha@tiemedia.co.za Yolande Brittnell Steyn | 082 326 4577 yolande@tiemedia.co.za Quintus Brand | 074 684 4390 quintus@tiemedia.co.za

Aniena Venter Nadia Matthee Ruveix Venter Coordinators Zinta Visser

Distribution

Distribution Yolande Brittnell Steyn

Page 2

AWSUM News is distributed to the following schools in BOLAND: Primary Schools: Courtrai, Hugenote, Drakenstein, La Rochelle, Paarl Boys’ Primary, Gimnasium Paarl, Slot van die

AWSUM NEWS MAY 2019

Braai of takeaways? Braai Steri Stumpie of lemoensap? Steri Stumpie Springbok wedstryd live of musiek fees? Musiekfees ‘n Lekker doublecab bakkie of ‘n vinnige sportmotor? Sportmotor Nike of Adidas? Adidas Beste vakansiewegbreuk? Nederland

Paarl, Hugo Rust, Noord-Eind, WA Joubert. High Schools: Paarl Girls’ High, Paarl Boys’ High, Landbouskool Boland, La Rochelle Girls’ High, Paarl Gimnasium, New Orleans Sekondêre Skool, Labori. AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za

ENJOY READING ALL THE

SCHOOL NEWS!

NEWS

School’s News


Kry alle foto’s en nuus aanlyn by awsumnews.co.za

britannia-hotel-bunny-chow Source The New York Times.

Durban_Bunny_Chow source wikimedia commons

Bunny Chow Niks sê ‘Eg Suid-Afrikaans” soos Durban se eie Bunny Chow. Met winter nou werklik op ons, sal ‘n heerlike kerrie bunny chow die nodige hitte verskaf om jou deur die koue nagte te kry. Hierdie resep het ons opgespoor in Jan Braai se kookboek Red Hot.

Bedien: 4

Metode

Voorbereidingstyd: 35-45 minutes

1. Verhit die oil in ‘n potjie oor ‘n medium hitte vuur terwyl jy die gekapte ui vir 5-minute braai tot dit sag word. Voeg dan die masala en opsionele chilli poeier by en braai vir nog ongeveer 2 minute tot die potjie begin taai raak. 2. Indien die potjie begin aanbrand, voeg ‘n klein bietjie water by – maar slegs as dit regtig nodig is. 3. Voeg nou die vleis, gemmer en knoffel by. Roer dit vir omtrent nog 1 minuut. 4. Gooi die geblikte tamaties, gekerfde aartappels, wortels, suiker, sout en peper in. Roer die pot en maak seker jy krap die lekker stukkies los vanaf die bodem. 5. Sit die deksel op en los dat hy oor medium kole vir omtrent 30-minute braai. Roer so af en toe en maak seker niks brand aan nie. Indien dit wel brand beteken dit net dat jou pot te droog is. 6. Voeg ‘n bietjie water by (‘n klein bietjie) 7. Na 30-minute kan jy die deksel af haal. Druk ‘n vurk in een van die aartappels in om seker te maak hul is deur gekook. As hul wel sag is, is die pot basies gereed. 8. Kook nou sonder ‘n deksel vir ‘n paar minute sodat die sous lekker dik kan raak. Sodra dit gebeur is die pot reg vir eet en jy kan dit verwyder van die vuur af. 9. Proe en voeg sout by indien nodig. 10. Sny die brood in kwarte en haal die sagte wit gedeeltes uit die middel- skep so basies ‘n bakkie vir die kerrie om in te gaan. 11. Maak nou die brood-bakkies vol kerrie en sous. 12. Bedien die brood wat jy uitgehaal het saam met ‘n slaai of vars tamatie met koljander blare op die kant.

Bestandele: • ‘n sopie olie • 1 fyngekapte ui • ‘n knippie masala of warm kerrie poeier • 1 telepel chilli poeier • 500g beenlose lam of skaapvleis in blokkies gesny. • 3 knoffelhuisies opgesny of fyn gemaal • 1 teelepel vars gemmer – opgemaal of gerasper • 1 blik fyn tamaties • 2 aartappels – gesny in klein blokkies • 2 wortels – gesny in skyfies • 1/2 teelepel suiker • 1 teelepel sout • 1/2 teelepel swart peper • 1 vars witbrood (heel) • 2 vars gesnyde tamaties • 1 bakkie vars koljander blare vir garnering


LAERSKOOL SLOT VAN DIE PAARL

(t) 021 869 8007 (e) slotps@telkomsa.net

Nuwe onderwysers Hiermee wil Laerskool Slot van die Paarl net die nuwe juffrouens verwelkom. Juffrou Mauritzia Snijman by Graad 2 en Juffrou Anja Smit by Graad 6. Ons glo julle sal baie gelukkig wees by Slot van die Paarl.

Baie geluk, Luan! Luan Immelman in Graad 3 sorg dat hy elke naweek die Run The Vines wedloop doen. Verlede Saterdag was hy weereens die eerste seun oor die wenstreep by Nederburg Wines en het die 3 kilometers gedoen. Slot is trots!

HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND (t) 021 869 8143 (e) hlb@mweb.co.za

Bolander wees Boland Landbouskool se seuns geniet hul vrye tyd op die plaas.

Boland Landbou vs Stellenberg This is a match with Hoërskool Stellenberg that took place on Saturday, 25 May 2019.

Page 4

AWSUM NEWS MAY 2019

NEW ORLEANS SEKONDÊRE SKOOL

(t) 021 862 0900 (e) root@neworleans.wcape.school.za

Wiskunde Olimpiade by Universiteit van Kaapstad


LAERSKOOL PAARL GIMNASIUM (t) 021 872 4505 (e) admin@paarlgim.co.za Kickboxing Kampioenskappe 2019 Suid-Afrikaanse Kickboxing Kampioenskappe 2019, Oudtshoorn! Hanré het ‘n 2 de plek behaal!

Rugby Hoërskool Gimnasium se o.19-rugbyspelers wens die Klein Gimmies toe voor die Wildeklawertoer. Die Gimmies het baie goed presteer by die toernooi. Hulle speel drie wedstryde. Hulle wen Rustenburg 38-29 en Magalieskruin 38-13 en verloor teen Outeniqua 19-33.

LAERSKOOL NOORD-EIND (t) 021 872 4237 (e) admin@noordeind.co.za Netbalprestasie Gabriella Mouton van die Laerskool Noord-Eind is ingesluit in die o.12 Kaapse Wynland netbalspan. Hulle gaan van 4-6 Julie in Wellington aan die Wes-Kaapse Interdistrik Toernooi deelneem. Baie geluk, Gabriella!

Paarvallei Eisteddfod Die volgende Graad 5 - leerlinge het aan die Paarvallei Eisteddfod se Afrikaanse Groeplees - afdeling deelgeneem en Cum Laude behaal:

Nika Fourie, Talia Wessels, Marize Conradie, Nika de Wit, Emma Loock, Emma Swanepoel, Anya Swanepoel.

Emma Swanepoel in Graad 5, het Goud behaal vir Onvoorbereide Lees by die Paarvallei Eisteddfod.

LAERSKOOL DRAKENSTEIN (t) 021 872 4975 (e) drakensteinps@telkomsa.net Ouma-en-Oupa Dag 2019 Vrydag, 17 Mei het ons Ouma-en-Oupa dag gevier in ons skoolsaal om baie dankie te sê vir die rol wat die oumas en oupas in hulle lewens speel.

Paarl Vallei Eisteddfod 2019 Ons het vanjaar baie leerders gehad wat deelgeneem het aan die Paarl Vallei Eisteddfod 2019. Ons leerders het baie goed gedoen! Goud+’e was die norm vir die groep leerders. Ons Kuns-en Kultuurjuffrou, Franike Rossouw, is baie trots op die leerders!

AWSUM NEWS MAY 2019

Page 5


COURTRAI PRIMARY SCHOOL

(t) 021 863 3220 (e) admin@courtraips.wcape.school.za

Netbal Die volgende leerders van LS Courtrai het provinsiale kleure vir netbal verwerf:

Anika Hugo, Minke Verreynne (beide o.13 Wynlandspan), Alexa Lang (o.13 Wes-Kaap) en Sydney Rothman (o.12 Wes-Kaap).

Recycle, Renew and Reuse! The grade 1 and 3 learners of Courtrai Primary took part in recycling using paper, cardboard or toilet rolls. Courtrai Primary encourages learners to Recycle, Renew and Reuse!

Eily Groenewald, Joel Buziek, Jean de Klerk, Cataleya Kruger, Emile de Klerk and Alecia Esterhuizen.

LA ROCHELLE GIRLS’ HIGH SCHOOL Atletiek Amor Nel het deelgeneem aan die Afrika-Zone 5 byeenkoms in Swaziland as lid van die Cossasa-span. Sy behaal ‘n 1ste plek in spiesgooi met ‘n afstand van 39.99m.

(t) 021 872 4367 (e) admin@larries.co.za

Netbal Die volgende netbalspeelsters van HMS LA Rochelle het aan die Wes-Kaap netbalproewe in Riversdal deelneem.

Voor: Jana Hayman (o.16), Zoë Noemdoe (o.14), Shani van der Merwe (o.14). Agter: Shani Botha (o.17), Danél Dreyer (o.17), Emma van der Sandt (o.17), Georgina Kapa (o.18).

Baie geluk Thabiza! Thabiza Yekani is opgeneem in die Wes-Kaap o.15 netbalspan. Dié netbalspan gaan aan die Wintergames in KwaZulu-Natal deelneem.

Page 6

AWSUM NEWS MAY 2019


BOLAND

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

MAY 2019

FREE / GRATIS

www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705

53 MAIN STREET PAARL | 021 863 2965 WWW.GOEDEHOOPVLEIS.CO.ZA

LIKE US ON


WOR CHAMP

TUESDA

15:30 Kick Off

KAROO CRAF T BREWERIES @KAROOCRAF TBREWERIES

WWW.KCBREW.CO.ZA

15:30 Kick Off

18:00 Kick Off

SOUTH AFRICA v SCOTLAND

Racecourse Stadium, Rosario – Pool C, Match 4

AUSTRALIA v ITALY

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool B, Match 1

ARGENTINA v WALES

Racecourse Stadium, Rosario – Pool A, Match 5

SATURD 15:30 Kick Off

15:30 Kick Off

18:00 Kick Off

SOUTH AFRICA v GEORGIA

Racecourse Stadium, Rosario – Pool C, Match 10

AUSTRALIA v IRELAND

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool B, Match 7

FRANCE v WALES

Racecourse Stadium, Rosario – Pool A, Match 11

WEDNESD 15:30 Kick Off

15:30 Kick Off

18:00 Kick Off

15:30 Kick Off

15:30 Kick Off

18:00 Kick Off

GEORGIA v SCOTLAND

Racecourse Stadium, Rosario – Pool C, Match 16

ITALY v IRELAND

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool B, Match 13

FRANCE v ARGENTINA

Racecourse Stadium, Rosario – Pool A, Match 17

MONDAY

5TH SEED v 8TH SEED

Racecourse Stadium, Rosario – 5th Place SF, Match 22

10TH SEED v 11TH SEED

Club Old Resian, Rosario – 9th Place SF, Match 19

2ND SEED v 3RD SEED

Racecourse Stadium, Rosario – SF, Match 23

SATURDAY 15:30

WINNER MATCH 21 v WINNER MATCH 22

15:30

LOSER MATCH 19 v LOSER MATCH 20

18:00

LOSER MATCH 23 v LOSER MATCH 24

Kick Off

Kick Off

Kick Off

Racecourse Stadium, Rosario – 5th Place PO, Match 28

Club Old Resian, Rosario – 11th Place PO, Match 25

Racecourse Stadium, Rosario – 3rd Place PO, Match 29


RLD RUGBY U20 PIONSHIP 2019

AY, JUNE 4 18:00

NEW ZEALAND v GEORGIA

Kick Off

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool C, Match 2

20:30

FRANCE v FIJI

Kick Off

Racecourse Stadium, Rosario – Pool A, Match 6

20:30

ENGLAND v IRELAND

Kick Off

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool B, Match 3

DAY, JUNE 8 18:00

Racecourse Stadium, Rosario – Pool C, Match 12

20:30

ENGLAND v ITALY

Kick Off

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool B, Match 9

DAY, JUNE 12 WALES v FIJI

Kick Off

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool A, Match 14

20:30

SOUTH AFRICA v NEW ZEALAND

Kick Off

Y, JUNE 17 18:00 Kick Off

20:30 Kick Off

20:30 Kick Off

Racecourse Stadium, Rosario – Pool C, Match 18

ENGLAND v AUSTRALIA

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool B, Match 15

9TH SEED v 12TH SEED

Club Old Resian, Rosario – 9th Place SF, Match 20

• Crankshaft Grinding • Surface Grinding • Cylinder Head Reconditioning • Pressure Testing • Conrods

Tel: 021 872 8178 Cell: 082 773 2128 (Jannie Volschenk) autopro@telkomsa.net

Unit 3, LD PARK DROMMEDARIS ST, DALJOSAFAT

N.D Industrial Park, Unit 1, Eiland St, Paarl, 7646

PRIMA BANDE

6TH SEED v 7TH SEED

Club Old Resian, Rosario – 5th Place SF, Match 21

WINNER MATCH 19 v WINNER MATCH 20

20:30

WINNER MATCH 23 v WINNER MATCH 24

20:30

LOSER MATCH 21 v LOSER MATCH 22

Kick Off

Tel: 021 - 868 4422 Fax: 086 605 7269 paarlenginecentre@telkomsa.net

Panelbeating & Spraypainting

1ST SEED v 4TH SEED

18:00

Kick Off

Martin Martin SteynSteyn

Racecourse Stadium, Rosario – SF, Match 24

Y, JUNE 22 Kick Off

Auto Pro Bodyworks

NEW ZEALAND v SCOTLAND

Kick Off

20:30

021 872 7485 (PB&C) / 021 871 1780 (JJB) / 021 872 4158 (FAX) 083 775 8389 • JOLANDA

Club de Rugby Ateneo Inmaculada, Santa Fe – Pool A, Match 8

20:30

Kick Off

• ON-SITE OVERHAULING OF ALL BRAKE & CLUTCH CYLINDERS • RECONDITIONING OF CALIPERS • BRAKE & CLUTCH OVERHAULS • BEARINGS / OIL SEALS • BRAKE PADS / LININGS • DISCS & DRUMS • VEHICLE SERVICES

ARGENTINA v FIJI

Kick Off

18:00

6 THESEN STREET PAARL jolanda@paarlbrake.co.za

PAARL

Club Old Resian, Rosario – 9th Place PO, Match 26

Racecourse Stadium, Rosario – Final, Match 30

Club Old Resian, Rosario – 7th Place PO, Match 27

SOURCE: www.world.rugby/u20/fixtures

Tekstielstraat, Paarl 7646 | Posbus 270 Paarl 7620

Tel: (021) 871 1123 | Faks: (021) 871 1472 Na-ure: 082 851 7980 | bestuurder.paarl@primatyre.co.za


Boishaai troef Paul Roos in die Paarl

Deur: Frans le Roux Foto’s: Deborah Redelinghuys

Die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) het Saterdag in die Paarl goed afgereken met hul Stellenbosch bure toe hul voor ‘n groot skare vir Paul Roos met 29-16 geklop het. Boishaai moes homself bewys na die vernederende loesing wat hy in 2018 teen Paul Roos gekry het. Selfs al was die telling hierdie keer nie so groot nie, kon Boishaai daarin slaag om die wedstryd gemaklik te wen. Die wedstryd het weer begin deur Boishaai se generaal Kian Meadon wat in die 6e-minuut reeds sy eerste skop oorgejaag het om die telbord op 3-0 te bring. Paul Roos se eie kookwater losskakel Kade Wolhuter, het ‘n paar minute later met nog ‘n strafskop geslaag om die telling 3-elk gelykop te maak. Na twee mislukte Boishaai afskoppe het Wolhuter met nog ‘n skop geslaag om die voortou te neem 3-6. Vir die volgende paar minute het Boishaai op Paul Roos se doellyn geboer met die sterk senter Quan Horn wat uiteindelik oorgebars het vir sy span se eerste drie. Met die telling op 10-6 kry Paul Roos nog ‘n strafskop in die 25ste-minuut waarmee Wolhuter slaag om dit ‘n een-punt-wedstryd te maak (10-9). Die eerste helfte het geindig met beide spanne wat verwoed aangeval het, maar geeneen kon afrond. Die rustyd telling was 16-9 in Boishaai se guns te danke aan die skopskoen van Meadon. Paul Roos het die tweede helfte uitstekend begin toe hul stut Robert Rogers soos ‘n wafferse senter Boishaai se lyn gebreek het. Rodgers is kort voor die doellyn gestuit waarna Paul Roos hul eie grootste vyand was toe hul momentum deur ‘n obstruksie gestop is. Generaal Meadon se skitter oomblik het egter in die 44ste-minuut gekom, toe hy deur ‘n gaping is en dit met ‘n deftige steekskoppie afgerond het, wat Gideon van Wyk opgepik het om sy span se tweede drie te druk. Met die telbord op 21-9 het dit begin lyk of die tuisspan die oorhand begin kry. Paul Roos het hierna vir 14 fases op Boishaai se doellyn gekuier en op die 60ste minuut het die span van Stellenbosch hul eerste drie gedruk met Luke Burger wat oorduik. Die laaste tien minute was steeds vol aksie met Boishaai se senter Quan Horn wat voortbou op sy goeie vorm toe hy nie net ‘n massiewe duikslag uitvoer, maar toe sommer daarin slaag om die bal te steel en vir sy span ‘n welverdiende strafskop te wen. Heelagter Jacques Rousseau het aangelê vir dié 50-meter poging en sonder enige drama dit oorgeklits. Met net 5-minute oor was die skrif aan die muur vir Paul Roos, maar die tuisspan het steeds nie gaan lê nie. Boishaai loods ‘n aanval vanuit hul eie kwartgebied en te danke aan vinnige hande en te veel spoed, het Angelo Osch sy span se derde en laaste drie van die wedstryd gaan druk. Rousseau skop mis, maar die skade is reeds aangerig en die tuisspan kraai koning met die finale telling op 29-16.

LAERSKOOL HUGENOTE (t) 021 873 1362 (e) principal@hugprim.co.za Karate Kampioenskappe Tatum Kirchner en Liam Thomson het albei op 4 Mei deelgeneem aan die Cape Goju Ruy Karate Kampioenskappe.Tatum het ‘n silwer medalje verower en Liam ‘n brons medalje.

Hengel Owen Baucher het op 4 Mei ‘n 3e plek verower in die Schools Mini League Hengel kompetisie. Owen het deelgeneem in die “Geassisteerde Hengel” afdeling.

SAD Marathon pret! Tayler Rheeder op Woensdag 1 Mei aan die SAD marathon deelgeneem. Sy het aan die 5km wedloop deelgeneem en n medalje vir deelname ontvang.

Page 10

AWSUM NEWS MAY 2019


HOËR MEISIESKOOL PAARL | PAARL GIRLS’ HIGH SCHOOL (t) 021 872 1730 (e) admin@paarlgirlshigh.com

Skaakkampioenskappe Vier leerders van Hoër Meisieskool Paarl neem deel aan vanjaar se Wes-Kaap individuele Skaakkampioenskappe in Mosselbaai.

Tweekamp en Driekamp Abigail Kotze (o.11) van Hoër Meisieskool Paarl het goed gevaar by die 2019 Wes-Kaap kampioenskappe vir tweekamp asook driekamp. Sy behaal ‘n derde plek in tweekamp en ‘n tweede plek in driekamp.

Voor: Nicole Steenkamp. Agter: Kristen Steenkamp, Mila Ferreira, Janelle Steenkamp.

HOËRSKOOL GIMNASIUM PAARL (t) 021 872 1541/2/3 (e) admin@paarlgim.co.za Gimmies na Barcelona Die groep gaan in Spanje deelneem aan die Sea Sun internasionale eisteddfod, 17 Junie in Barcelona. Die kategorie waarin hulle deelneem is die “Folk Orchestral Ensemble”.

Netbal Baie geluk aan Shandré Pietersen, Lize Rossouw, Bianca Martin en Carli Swart wat vandag in die Wes-Kaap o.15-netbalspanne opgeneem is. Hulle gaan tydens die Junie-vakansie aan die SA Toernooi deelneem.

SA Skole netbalspan trots! Hierdie SA Skole netbalspan vertrek môre NZ toe vir o.18 World Champs. Ons is baie trots op Danielle van Nieuwenhuizen (Mojo) wat aangewys as kaptein van hierdie span.

Voor: Oscar Louw en Petrie van der Westhuizen. Middel: Nikita Titus, Jade Revelle, Ane Brandsen, Lou-mari Koorsen, Nicole du Toit, Isabella Louw. Agter: Eunice Gildenhuys, Anke Claassen, Mari Joubert, Petro de Manielle.

AWSUM NEWS MAY 2019

Page 11


HOËRSKOOL LABORI (t) 021 872 8293 (e) admin@hslabori.co.za Mnr. en Mej. Labori Op Donderdag 2 Mei het ons Mnr. en Mej. Labori funksie plaasgevind. Dit was weereens ‘n spog geleentheid. Baie dankie aan al ons finaliste, onderwysers, ouers, beoordelaars en borge wat die aand moontlik gemaak het.

Voor: Kusckha Lombard (Mej. Labori) en Fabian Lötter (Mnr. Labori) Agter: Le-Lue (beoordelaar), Bredell Wolfaardt (2de Prins), Elmari Brand (2de Prinses), Denise Carstens (beoordelaar), Megan Gray (1ste Prinses), Curtley Morrie (1ste Prins) en Tristan Leyds (beoordelaar).

LAERSKOOL WA JOUBERT (t) 021 872 2832 (e) admin@wajoubert.co.za Noot vir Noot Ons is baie trots op een van Laerskool WA Joubert se onderwyseresse, Lizaan Durr (gr 6) wat gekies is om aan die uitdunne vir die musiekprogram, Noot vir Noot aangebied deur Emo Adams, deel te neem. Die personeel en ouers wens haar baie sterkte toe.

Page 12

AWSUM NEWS MAY 2019

Netbal Ons is baie trots op Jana Vorster & Nicole Thiersen (o.11) en Nelia Destroo (o.12) wat opgeneem is in die Wynland Sentraalspan en deurgedring het na die Wynland-netbalproewe.



HOËRSKOOL HUGENOTE (t) 021 873 2111 (e) admin@hugenoteskool.co.za Hokkie Die volgende hokkiespelers van Hugenote Hoërskool is opgeneem in die onderskeie Boland-spanne:

Zoë Hendriks (o.18 IPT B), Zoë Keyser (o.16 IPT A), Lyn Carr (o.18 UPT B) en Adele Vermaak (o.16 IPT B). Afwesig: Blaine Cavernelis (o.16 IPT B).

Hugenote hoërskool se jaarlikse musiekblyspel ‘n reuse sukses Hugenote Hoërskool se jaarlikse musiekblyspel, Annie – The Musical, was weereens ‘n reuse sukses. Meer as 2000 mense het hierdie blyspel kom ondersteun. Baie dankie aan elke deelnemer, ouer en borg wat hierdie produksie ‘n sukses gemaak het.

PAARL BOYS’ PRIMARY SCHOOL (t) 021 872 4651 (e) postmaster@paarlboysp.co.za Klein Boishaaiers “ManUp” op Grey-toer Anna-Marié Schoeman

Dit was ‘n moeë maar tevrede groep Klein Boishaaiers wat op 11 Mei 2019 kort na 01:30 in Paarl aangekom het; moeg en tevrede want Klein Boishaai het opgestaan … geManUp teen Grey Kollege. Dit was van die begin af duidelik dat die seuns die toer mee maak, nié net vir die ondervinding nie, maar om ‘n merk op en langs die veld te maak. Ons is baie trots op ons seuns se gedrag en optrede, veral teenoor die Grey-skoolgemeenskap. Na ‘n baie interessante besoek aan die Anglo Boereoorlog Museum en die Vrouemonument in Bloemfontein, op 9 Mei 2019, het die bus se neus terug gedraai na die kampus van Grey Kollege. Die rugbywedstryde sou binnekort begin en dit was tyd om te fokus. Aan die einde van die dag het die telbord ‘n storie van sy eie vertel. Vier rugbyspanne het gewen en een span het gelykop gespeel, terwyl die res van die spanne nie so ver soos in die verlede teen Grey verloor het nie. Selfs die hokkie, fietsry, muurbal en skaak wat die volgende dag plaasgevind het, het in vergelyking met die vorige jare, baie beter gevaar. Twee van ons hokkiewedstryde het gelykop geëindig, terwyl Klein Boishaai die derde wedstryd verloor het. Hou gerus in gedagte dat Grey Laerskool meer as 1200 seuns huisves, teenoor die net meer as 500 seuns in Klein Boishaai. Dit laat ons weer met die vraag of dit die moeite werd is om al die onkoste en tyd op te offer om elke jaar teen Grey Kollege deel te neem? Die antwoord is ‘n onomwonde ja, want ‘n toer se sukses lê nie net in die eindtellings van die kragmetings nie (waarmee Klein Boishaai baie tevrede is). Dit lê ook in die ondervinding, persoonlike en sosiale ontwikkeling en die aangename herinneringe vir die seuns en personeel wat met ‘n toer van dié aard gepaard gaan. Klein Boishaai sal sal dus voortgaan om elke jaar teen Grey Kollege te staan te kom want dit lig die skool se sportstandaard en stel die uitdaging om ‘n groter verskil te maak. Uitslae: Rugby: • o.10C – verloor • o.10B – wen • o.10A – wen • o.11C – verloor • o.11B – verloor • o.11A – verloor • o.13F – verloor • o.13E – gelyk • o.13D – wen • o.13C – verloor • o.13B – verloor • o.13A – verloor Hokkie: • o.13C – gelyk • o.13B – gelyk • o.13A – verloor

Page 14

AWSUM NEWS MAY 2019


HOËR JONGENSKOOL PAARL (t) 021 872 2875 (e) info@paarlboyshigh.org.za Höer Jongenskool Paarl bied balans Hierdie HJS-leerders het tydens hul jaarlikse mededinging met Grey Kollege, Bloemfontein, aan meer as drie aktiwiteite (sport sowel as kultuur) deelgeneem:

Die volgende muurbalspelers van Hoër Jongenskool Paarl is vir die Bolandspan gekies wat gedurende die Junievakansie aan die IPT gaan deelneem:

Voor: Jono Caudwell, Francois Rademeyer, James Roberts en Donou van Wyk. Middel: Jacques Basson, Ivor Burger, Kosie Möller. Agter: Juvan Bekker, Nicholas Cronje, Matthew Cross, Niclas Möller en Jandré Kleynhans.

Voor: Nicolas Oudtshoorn, Luke Fourie en Deon du Plessis. Middel: Philip Uys, Hanro Fabricius, Ruben Layman. Agter: Jandré Frey, Leopoldt Nöthling, Alexander van der Walt, Thomas Esterhuyse.

LAERSKOOL HUGO RUST

Muurbalspelers van HJS Paarl gekies vir Bolandspan

(t) 021 873 1598 (e) hugorustls@hugorust.co.za

Wes-Kaap Netbalspan Die leerders van Laerskool Hugo Rust is in die Wes-Kaap Netbalspan opgeneem wat aan die SASN All Ages Netball Tournament in Boksburg gaan deelneem:

Gimnaste presteer Megan en Mia Koch van Laerskool Hugo Rust het verlede naweek deelgeneem aan die Kaapse Wynland Gimnastiek kompetisie. Megan behaal ‘n tweede plek (Silwer Medalje) en Mia ‘n eerste plek (Goue Medalje). Hierdie twee sussies is albei opgeneem in die Wynland-span wat vanaf 30 Mei tot 2 Junie aan die Wes-Kaap Kampioenskappe deelneem. Baie geluk.

Cairan van Wyk, Annabella Wiese o.12 en Elzahn Nel o.13.

LAER MEISIESKOOL LA ROCHELLE (t) 021 872 4367 (e) postmaster@larries.co.za Hokkie Vaardigheidsdag Ons Junior hokkiedogters het op Saterdag, 18 Mei `n Vaardigheidsdag gehad. Dit was `n heerlike oggend en die dogters het baie baat gevind daarby. Ons maak gou weer so!

Kunsklasse Ons Gr. 5 Kunsklasse het hierdie kwartaal met klei gewerk. Hulle het pragtige kunswerke gemaak!

AWSUM NEWS MAY 2019

Page 15


CTM PAARL PROUDLY SUPPORTS

SPORT!

CTM Paarl • Cnr Textile & Lady Grey Str, Paarl • 021 871 1902

GET YOUR HOME READY... 8 THINGS THAT SHOULD BE ON YOUR TO-DO LIST, TO GET YOUR HOME READY FOR WINTER... • ORDER FIREWOOD • CHECK YOUR ROOF

e Ke

• CLEAN GUTTERS

• FEED YOUR LAWN • TRIM OVERGROWN BRANCHES • PREPARE AND FIX ALL WOODWORK • REFILL ALL GAS BOTTLES

... ar m p w

• CLEAN YOUR CHIMNEYS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.