Breede Valley (March 2019) Primary - High Schools

Page 1

BREEDE VALLEY

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

INSIDE: Your Family Guide Simple things to make you happier at home

MARCH 2019 www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705

Follow us on INSTAGRAM @awsum_news LIKE & FOLLOW

awsum_news AWSUM Breede Valley

LATEST SCHOOL NEWS

Fotograaf: André Badenhorst

FREE / GRATIS


Ons moet begin deur te vra oor jou skoolloopbaan. Vertel vir ons lesers ‘n bietjie meer oor jou skoolloopbaan. Waar was jy op skool en wat sal jy altyd onthou van skool? Ek het in Bellville groot geword. Ek was in Bellpark Laerskool en in Hoërskool Bellville. Ek het goeie herinneringe van skool. Ek het ‘n klomp uiteenlopende goed gedoen en saam met unieke mense uitgehang. Watter tipe tiener was jy? Ek was wild aan die begin van hoërskool, maar redelik voorbeeldig daarna. Ek het redelik goed presteer, baie buitemuurse aktiwiteite gehad, rugby gespeel en in bands gespeel. Ek was soms in die moeilikheid, maar niks te erg nie. Die punks het gedink ek is ‘n jock en die jocks het gedink ek is ‘n punk. Jy het in ‘n pastorie grootgeword. Hoe sal jy jou verhouding met jou ouers op hoërskool beskryf en hoe is jou verhouding met jou ouers nou nadat jy self ‘n ouer geraak het? My verhouding met my ouers het al deur ups en downs gegaan. Op skool was ons verhouding redelik goed, want ek was ‘n maklike tiener om mee saam te lewe. My rebellie het eintlik eers na skool begin. Ek was 19 toe ek regtig my eie kop begin volg het en 23 toe ons met F*kofpolisiekar begin het. Dit, die naam en die lirieke het as ‘n groot skok gekom vir my ouers en dit het ons verhouding ‘n knock gegee op daardie stadium, maar dit het ook dinge bloot gelê. So, ek dink my ouers het my beter verstaan. Nou waardeer ek my ouers die meeste, want dit is moeilik om kinders groot te maak en ek verstaan dit nou vir die eerste keer. My ouers help ons ook baie uit met my dogtertjie, want my lewe is maar besig en hulp is nodig. Wat sal jou onderwysers van jou vertel? Hulle sal sê ek was ‘n goeie rugbyspeler en ‘n leier. Wat sal jy altyd van skool onthou wat jy eintlik liewer wil vergeet? Aardrykskundeklas. Dit was ‘n periode wat ek elke dag omgewens het. Die onderwyser het geen passie gehad vir die vak nie en ek kon deurkom sonder om in die klas te wees. Jy is nou ‘n gesinsman, hoe balanseer jy jou loopbaan, huwelik en pa-wees? Ek probeer my bes om kwaliteit tyd saam met my familie te spandeer. Hulle is my onspanning, stokperdjie en gunsteling tydverdryf. Elke oomblik wat ek nie op die pad, verhoog of TV is nie, probeer ek saam met my familie spandeer.

Jy en jou vrou, Lauren is al 7 jaar getroud, hoe het jy haar verlief gemaak op jou? Sjoe, ek kan nie glo sy het velief geraak op my nie. Ek was ‘n mal ou toe sy verlief geraak het op my, maar ek glo sy het iets in my gesien. Ek was maar net myself, sonder om verskonings te maak daarvoor. Wat is jou gunsteling liedjie wat jy uitgebring het? Daar is ‘n paar. ‘Toe vind ek jou’ van my solo loopbaan en ‘Hemel op die platteland’ en ‘Komma’ van F*kofpolisiekar. Enige iets wat jy nog as musikant wil bereik? Baie! Ek wil nog baie musiek maak wat mense aanraak. Ek wil nog groter shows en parties gooi en vir mense ‘n goeie tyd wys! Hoe was dit om solo te gaan na al die jare saam ‘n band? Dit is nie so anders nie, want ek speel steeds saam met ‘n band as ‘n solo kunstenaar. Een ding is anders, my naam staan alleen op die album cover. Dit is iets om aan gewoond te raak. Alles prys en alle kritiek kom na my kant toe. Dit is nogal ‘n aanpassing. Watter provinsie het die beste gehoor? Gauteng! Hoe sal jy altyd onthou wil word? Ek wil onthou word as ‘n dude wat mense laat beter voel het. Waarna luister jy nou in jou kar? Enige liedjie wat op repeat speel? Yes, ek luister die nuwe Foals album en Jason Isbell se If we were vampires speel op repeat. As jy ‘n ‘how-to-guide’ moet skryf vir tieners wat ‘n sukses wil maak in die musiekbedryf, wat sal die eerste 3 stappe wees? 1. Oefen elke dag. 2. Speel saam met mense waarvan jy hou. 3. Moenie geld jaag nie. Jy het groot naam gemaak in die musiekbedryf en al talle toekennings ingepalm, wat is volgende vir jou? Ek is besig om te werk aan my 3de solo album. Dit is die beste deel van ‘n musikant wees, om nuwe songs te skryf. So, ek geniet dit baie en werk hard daaraan. Ek is ook besig met twee groot shows. Ek is ook besig met twee groot shows. Francois van Coke & Vriende 3 Mei in die Kaap by Grand West en die datum vir Pretoria se konsert sal later bekend gemaak word. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Editorial team

Advertising

Designers

Quintus Brand | 074 684 4390 quintus@tiemedia.co.za Yolande Brittnell Steyn | 082 326 4577 yolande@tiemedia.co.za

Aniena Venter Nadia Matthee Ruveix Venter Coordinators Zinta Visser Andre Hanekom

Distribution

Distribution Yolande Brittnell Steyn AJ Wannenburg

Page 2

Almal herken Francois Van Coke as die voorsanger van die legendariese rock groep F*kofpolisiekar en Van Coke Kartel. In 2015 breek Francois rekords met sy aangrypende ballade Toe Vind Ek Jou saam met Karen Zoid. Hierdie liedjie het ook talle GHOEMA toekennings ontvang in 2016. Hy het ook sy eie TV-program op kykNET, Die Van Coke Show en hy is ook een van die afrigters op M-Net se gewilde talentsoekprogram The Voice Seisoen 3. Huidiglik is Francois besig om sy sensasie rock en roll konsert, Francois van Coke en Vriende te reël. AWSUM het gaan inloer om vir die ikoniese rocker ‘n paar vrae te vra.

AWSUM News is distributed to the following schools in BREEDE VALLEY: Primary Schools: Worcester-Noord, WorcesterOos, Montagu, Worcester Voorbereiding-skool, Hexrivier

AWSUM NEWS MARCH 2019

Blitsvrae:

Braai of take aways? Braai Springbokke game live of rock fees? Rock fees Converse of Vans? Converse Beste vakansiewegbreek? Langebaan Fotograaf: André Badenhorst

Opvoedkundige Sentrum, Gericke, Langerugskool, Worcester Primêre skool, FD Conradie, Robertson Voorbereiding. High Schools: Worcester Gymnasium, HTS Drostdy, Charlie Hofmeyer, Robertson, Montana. AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za

ENJOY READING ALL THE

SCHOOL NEWS!

NEWS

School’s News


LAERSKOOL MONTAGU (t) 023 614 1640 (e) monties@telkomsa.net

HEXRIVIER OPVOEDKUNDIGE SENTRUM (t) 023 354 8800 (e) info@hexriviersentrum.co.za

Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe

Schalk neem deel aan S.A. Toutrek!

Die naweek van 2 Maart het Stefanie Burger, Morné-John Roos, Inel Neethling, Raydon Williams en Zaun Marthinus, Boland verteenwoordig tydens die Wes-Kaap atletiek-kampioenskappe. Inel Neethling behaal ‘n eerste plek in die hoogspring vir dogters 13 en Zaun Marthinus ‘n tweede plek in die gewigstoot vir seuns 11. Hulle is opgeneem in die Wes-Kaap atletiekspan wat op 14 - 16 Maart aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in die Germiston deelgeneem het.

Ons is super-trots op Schalk Minnie! Schalk (Graad 3) wat op 8 Maart deelgeneem het aan die S.A. Toutrekkampioenskappe te Oudtshoorn. Hy trek vir Laerskool Breërivier se 230kg A-span.

HOËRSKOOL ROBERTSON (t) 023 626 3159 (e) admin@robbie.co.za

Baie geluk aan ons atlete wat aan die Wes-Kaap Kampioenskappe deelgeneem het. Welgedaan, julle!

AWSUM NEWS MARCH 2019

Page 3


LAERSKOOL GERICKE

LAERSKOOL FD CONRADIE

(t) 023 312 1110 (e) admin.gericke@lando.co.za

Krieketspelers blink uit met die kolf Baie geluk aan Luan Giliomee wat 95 lopies en Marius du Plessis wat 101 lopies aangeteken het vir die Witzenberg o/13 krieketspan tydens hul vorige wedstryde.

Tennisster in wording Baie geluk aan Zak Groenewald wat die eerste plek losgespeel het in die o/10B Goue-plaatafdeling van die Wilson tennistoernooi in Stellenbosch.

(t) 023 313 3407 (e)fdconradieps@mweb.co.za

Hokkie Baie geluk aan Liza du Toit wat opgeneem is in die Shirazhokkiegroep. Sy kry die geleentheid om aan die IPTproewe deel te neem. Die Shiraz en IPT-spanne word aangekondig na die IPT-proewe. Baie sterkte Liza! Ons is baie trots op jou.

Tennis Dawid Scholtz het die vakansie tennis gespeel by die SA Skoleweek. Hy is tans as nommer 4 gelys by Wes-Kaap Kavaliers vir Laerskole. Hy het meegeding teen 15 ander provinsiale spanne uit Suid-Afrika. Ons is baie trots op jou, Dawid!

Rooikattoernooi Luan Giliomee en Marius du Plessis

Wes-Kaap Kampioene

Ons o/13 rugby- en netbalspanne het die vakansie deelgeneem aan die Rooikattoernooi wat te Clanwilliam plaasgevind het. Baie dankie aan die volgende borge wat die toernooi moontlik gemaak het: Ceres Alarms, Nexus, Isomate, Daniel Goosen, Calla du Toit, Hannes Hanekom, Laslappies, Doornkraal Boerdery en Central Ceres Motors. Ons waardeer julle insette opreg.

Die volgende Gericke atlete het uitstekend gevaar tydens die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe. Hul uitslae was as volg: Yuvrah George: o/11 70m hekkies – 1ste (Wes-Kaap kampioen met ‘n nuwe rekord), Dee-Em de Kock: o/11 Gewigstoot – 1ste (Wes-Kaap kampioen met ‘n nuwe rekord) en Keenan Nathan (o/11 100m – 1ste (Wes-Kaap kampioen), aflos – 2de, verspring – 3de). Hierdie leerders is opgeneem in die Wes-Kaap atletiekspan wat tydens die vakansie aan die SA Laerskole Atletiekkampioenskappe in Yuvrah George, Dee-Em de Kock en Keenan Nathan. Germiston deelgeneem het.

VOORBEREIDINGSKOOL ROBERTSON (t) 023 626 3139 (e) admin@rvs.co.za

LAERSKOOL WORCESTER-OOS

(t) 023 347 0453 (e) admin@lswo.wcape.school.za

Uitnodigingsatletiek

Toutrek kampioenskappe

RVS se atlete neem deel aan die Worcester Voorbereiding se Uitnodigingsatletiek en presteer baie goed.

Baie geluk aan hierdie kinders wat in verskeie afdelings van die WP/Wynland toutrek kampioenskappe medaljes en sertifikate verower het. Julle is nie net baie sterk nie,maar ook baie oulik.

Veiligheidsplan RVS oefen hulle veiligheidsplan.

Kry alle nuus en foto’saanlyn by www.awsumnews.co.za

Page 4

AWSUM NEWS MARCH 2019


Yo u r F a m i l y Guide

Your family’s ‘go-to’ businesses in town!

Simple things to make you happier at home Our homes are an extension of who we are: what we do within the walls of our abodes shapes our mood, affects our productivity, and influences our outlook on life. Scientific studies have shown that we can have an impact on our happiness by adjusting the tiny little habits and routines that constitute our daily lives — we are, in fact, in control of our outlook on life. It’s amazing how a few tweaks to our daily habits can become a catalyst for meaningful, positive change. Here are a few simple things you can do every day to feel happier at home.

2. Bring every room back to “ready”

1. Make your bed

I learned this trick from Marilyn Paul’s clever book, It’s Hard to Make a Difference When You Can’t Find Your Keys. It’s a known fact: Clutter causes stress; order creates a haven from it. This mood-boosting routine is simple: Take about three minutes to bring each room back to “ready” before you depart it. (Unless you have a toddler, or a partner who likes to simulate earthquakes, three minutes should be sufficient.)

In a popular post last month, I explained the many benefits of daily bed-making. Gretchen Rubin, New York Times best-selling author of The Happiness Project, explains that this three minute task is one of the simplest habits you can adopt to positively impact your happiness.

3. Display sentimental items around your home

One reason that experiences (and memories of those experiences) make us happier than material things is due to the entire cycle of enjoyment that experiences provide: planning the experience, looking forward to the experience, enjoying the experience, and then remembering the experience. Make your home a gallery of positive memories.

SOURCE:https://www.apartmenttherapy.com/10-things-thatwill-make-you-happier-at-home-174151

4. Start a one-line-a-day gratitude journal

Before bed, simply jot down one happy memory from that day. (If you have kids, you can ask them, “What was the best part of today?”) Reflection is an important part of happiness, and pausing to reflect on a positive event from each day cultivates gratitude. (An added bonus: Later, when your memory is defunct, you will already have all of your meaningful adventures recorded!) If you have trouble getting started with journaling, consider buying a book to guide you. Simple Abundance, by Sarah Ban Breathnach, is a great one.

VERHURING

DIENSTE & VERKOPE

• VERHURINGS VAN GROOT ITEMS, SOOS TAFELS EN STOELE • KLEINER SPYSENIERING-ITEMS EN TAFEL DÉCOR • GROOT VERSKEIDENHEID TROU-EN AANDROKKE • ONS VERSKAF SWEETPAKKIES VIR KINDER PARTYTJIES & HELIUM BALLONNE

• FUNKSIE BEPLANNING & ASSISTERING • SPYSENIERING & SPESIALE GELEENTHEIDSKOEKE • VERSTELLING EN VERVAARDIGING VAN UITRUSTINGS • LAZERCUTTING | KERSE | MINI MOVES | FOTOGRAFIE • HARE & GRIMERING

TEL: (023) 312 1810 • 079 887 3574 | 081 879 6715 • E-POS: info@atfunction.co.za BESIGHEIDSURE MAANDAG TOT VRYDAG: 08:00 - 17:00 • SATERDAE: 08:00 - 13:00


WORCESTER GYMNASIUM (t) 023 347 0426 (e) wg@worcgim.co.za

Tennis Ons is geweldig trots op aan te kondig dat André Viljoen opgeneem is in die WesKaapse Kavaliers Provinsiale Tennisspan wat aan die Nasionale Inter-Provinsiale Kampioenskappe in Pretoria vanaf 15 tot 19 Maart 2019 deelgeneem het. André is een van die land se belowende jong spelers en is opgeneem as die provinsie se nr 2 speler.

HOËRSKOOL MONTANA

(t) 023 347 0476 (e) sarihana.montana@gmail.com

Mnr & Mej Montana

WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL

(t) 023 347 0325 (e) admin@lswn.wcape.school.za

Atletiek: Noordjies in Wes-Kaap span! Baie geluk aan Handré Smit en Roelof le Roux wat in die Wes-Kaap atletiekspan opgeneem is wat Donderdag 14 Maart en Vrydag 15 Maart aan die SA kampioenskappe in Gauteng deelgeneem het. Die Noordjies glo in julle!

WORCESTER PRIMÊRE SKOOL

(t) 023 347 0663 (e) wps@cwps.co.za

Wes-Kaap atletiek byeenkoms Vyf van ons leerders kwalifiseer om deel te neem aan die Wes-Kaap atletiek byeenkoms. Joané Swanepoel is die Boland kampioen in 70m hekkies dogters 0/11, Muneeba de Bruyn kampioen in gewigstoot dogters 0/10, Brent-Leigh Exstraal behaal ‘n 2de plek vir verspring seuns 0/10, Imke Preuss kwalifiseer vir gewigstoot dogters 0/12 en Armand Croeser vir gewigstoot seuns 0/13. Ons 0/12 en 0/13 seuns aflosspanne verower 3de plekke by die Bolandbyeenkoms.

Mnr Montana - Johan Victor Mej Montana - Talisa van Wyk

Skadu van die Berg atletiekbyeenkoms Primêre Skool Worcester het aan die Paarl Gimnasium se Skadu van die Berg atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ons stap weg met heelwat medaljes en ons wen 5 uit 8 van die aflosse.

1ste prinses (links) - Mia Viljoen, 1ste prins (links) - Keagan Soldaat, 2de prinses (regs) - Luné Janse van Rensburg, 2de prins (regs) - Franco Coetzee.

Page 6

AWSUM NEWS MARCH 2019


LAERSKOOL WORCESTER OOS 2019 SPORTBEPALINGS

Datums onderhewig aan verandering.

DATUM

BEPALINGS

5 April

Laerskool Gericke: Hokkie o.11 & o.13 Hokkie (Ceres)

6 April

Laerskool Gericke: Rugby & Netbal o.7 - o.13 (Ceres)

11 April

o.13 Streek Rugby (Worcester)

13 April

WNPS: Rugby, Netbal & Hokkie o.7 - o.13 (Worcester-Noord)

25 April

Esselenpark Prim: Rugby & Netbal o.7 - o.13 (Worcester-Oos)

2 Mei

Goudini: Rugby & Netbal o.7 - o.13 (Rawsonville)

3 Mei

Worc. Voorbereiding: Hokkie o.7 - o.12

9 Mei

Worc. Voorberei: Rugby & Netbal o.7 - o.12

10 Mei

Hermanus: Hokkie o.13B toernooi (Hermanus)

11 Mei

F.D.Conradie: Rugby o.7 - o.13 (P.A.Hamlet) Netbal o.11 - o.13

16 Mei

Glen Heatlie: Rugby & Netbal o.7 - o.13 (Worcester-Oos)

18 Mei

Worc. PrimĂŞr: Rugby, Netbal & Hokkie: Alle spanne (Worcester-Oos)

20 Mei

Bredasdorp: Hokkie: Alle spanne (Worcester-Oos)

23 Mei

De Villiers Graaff: Rugby & Netbal o.7 - o.13 (Worcester-Oos)

30 Mei

Victoriapark: Rugby & Netbal o.7 - o.13 (Victoriapark)

1 Junie

Goudini: Rugby & Netbal o.7 - o.9 (Goudini)

12-13 Julie

Riversdal - Volschenk Toernooi: Netbal o.11/o.12/o.13 (Riversdal) Rugby o.11 & o.13

19 Julie

Laerskool Hugenote: Hokkie: Alle spanne (Worcester - Oos)

20 Julie

Laerskool Hugenote: Rugby & Netbal: Alle spanne (Wellington)

27 Julie

Laerskool Noord-Eind: Rugby, Netbal & Hokkie: Alle spanne (Paarl)

1 Augustus

Swellendam/Overberg: Rugby & Netbal: Alle spanne (Swellendam - 3 Nasies)

5 Augustus

Avianpark: Rugby & Netbal o.7 - o.13 (Worcester-Oos)

28-31 Augustus

Sporttoer: Suid-Kaap: Rugby o.11 & o.13 (George) Netbal o.12 & o.13 S & D Hokkie o.13

26 Oktober

Worc. Noord: Mini-Krieket o.7 - o.9 (WNPS)

2 November

Worc. Voorbereiding Mini-Krieket o.7 - o.9


HOËRSKOOL CHARLIE HOFMEYR

LANGERUGSKOOL

(t) 023 346 5300 (e) admin@langerugskool.co.za

(t) 023 312 1194 (e) admin@charlie.org.za

Langerugatlete tops!

Atletiek

Na afloop van die Weskaap LSEN Atletiekbyeenkoms, waar 14 van ons atlete as deel van die Boland LSEN-atletiekspan deelgeneem het, is drie van ons leerders opgeneem in die WP-span. Hulle het20 – 23 Maart deelgeneem aan die SAkampioenskappe in Port Elizabeth.

Baie geluk aan Maissa Gningue wat opgeneem is in die Wes-Kaap Atletiekspan. Ons wens jou alle sterkte toe vir die SA byeenkoms.

Union High Rugbyweek Tydens die Union Rugbyweek het ons eerste span teen Hoër Volkskool gespeel en 25 - 20 gewen. Hulle het die prestasie ook teen Union High behaal en die wedtryd met 28 – 12 gewen.

Phillip Basson, Sorika van Wyk en Danika Louw.

WORCESTER VOORBEREIDINGSKOOL

(t) 023 347 1160 (e) voorbereiding@telkomsa.net

HTS DROSTDY

(t) 023-34 22320/1/2/3 (e) admin@htsdrostdy.co.za

2nd Taalmonument Choir Festival

Drostdy se atlete deur na SA’s

Our very own Senior Chior made their debut performance for 2019 at the 2nd Taalmonument Choir Festival. They sang two pieces, namely A child’s prayer and Sing. It was a night to remember.

Op Saterdag, 9 Maart 2019, het 22 van Drostdy se atlete as deel van die Boland span aan die Wes-Kaap byeenkoms gaan deelneem. Hulle het uitsonderlik goed presteer en behaal die volgende medaljes: 5 Goud, 5 Silwer en 3 Brons. Al die leerders het gekwalifiseer om aan die SA kampioenskappe deel te neem, behalwe die wat nog 0/14 is aangesien dit nie op die SA atletiek se ouderdomslys is nie.

Mnr Jade Paige met VBS se Senior Koor by die Taalmonument.

Kaskarre Almal het hierdie dag geniet. Hierdie pappa het eers die resies gekyk, maar dit so geniet en toe self ingeval om die kinders op die karretjie te kry. Baie dankie vir elke ouer en gesinslede wat die leerders kom ondersteun het.

Voor: Petri Lottering (Brons: 1500m seuns O/15), Jade Visage (Silwer: Verspring dogters 0/14), Christolique McNeil (Goud: 800m dogters O/14, 1500m dogters O/15,1500m dogters O/14). Middel: Virgell-Lee Africa (Silwer: 2000m Hindernis dogters O/17), Chenique Sas (Silwer: 1500m Hindernis dogters O/15, 3000m dogters O/15), Monique September, Brons: 200m dogters O/14). Agter: Virnita Africa (Silwer: 3000m Hindernis dogters O/19), Lee-ann van der Westhuizen (Silwer: Gewigstoot dogters O/15), Meagan Swanepoel (Goud: 3000m dogters 0/19, Brons 1500m dogters 0/19).

Page 8

AWSUM NEWS MARCH 2019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.