AWSUM Breede Valley( July 2018) Primary - High Schools

Page 1

BREEDE VALLEY

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

Follow us on INSTAGRAM @awsum_news

Entrance1,1,Mountain Mountain Mill, Entrance Mill,Worcester Worcester (Opposite Wimpy) (Opposite Wimpy)

Tel:023 023347 347 6623 6623 (Call Tel: (Call&&Collect) Collect)

worcester@romanspizza.co.za worcester@romanspizza.co.za

JULY 2018 www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705

LIKE & FOLLOW

awsum_news AWSUM Breede Valley

FRESH EGGS NOURISH THE MIND

FREE / GRATIS


Oud Springbok kaptein vertel oor sy liefde vir rugby en familie.

Jean de Villiers is Suid-Afrika se 54ste Springbok kaptein en ‘n baie belangrike leier vir Suid-Afrikaanse Rugby. In 2014 raak Jean die 5de speler wat 100 toetse vir Suid Afrika speel en was twee keer SA rugbyspeler van die jaar benoem (2008 en 2013). Jean tree uit in 2016 maar los ‘n wonderlike nalatenskap vir Suid-Afrikaanse rugby. Deesdae kan die ou Spirngbok steeds op TV gesien word as ‘n SuperSport aanbieder. AWSUM het vir Jean ‘n paar vrae gevra net voor die Hoërskool Gimnasium Paarl en Paarl Boys High interskole wat 30 Julie tot 4 Augustus in die Paarl afspeel. Jy was in Hoërskool Gimnasium Paarl, hoe het die skool jou rugbyloopbaan beïnvloed? Ek het groot geword in ‘n huis waar rugby altyd relevant was. Van kleintyd af wou ek rugby speel en Paarl Gim het my blootgestel aan rugby. Die feit dat ek op ‘n redelike groot platform kon speel, veral met interskole, het my gehelp om later professioneel te speel en natuurlik op ‘n baie groter platform te speel. Paarl Gim het ‘n groot invloed gehad daarop en ook die afrigting wat ek gekry het van ‘n jong ouderdom af totdat ek klaar gemaak het, was ook baie belangrik vir my.

As ‘n hoë profiel speler, hoe hanteer jy die aandag en roem? Dis moeilik. Die belangrike ding is om nie jouself te sien as iemand wat belangrik is of belangriker is as iemand anders nie en mense met respek te hanteer. In my geval het dit stadig gegroei en later word dit meer en meer en saam met dit groei jy as mens ook. Ek dink elke liewe persoon word maar gedefinieer oor wie hulle is en nie wat hulle is nie of watter trui hulle aantrek nie. Dit is ‘n belangrike begin punt vir enige iemand om mense met respek te hanteer, maak nie saak wie hulle is nie en hopelik ontvang jy respek terug.

Beskryf asb vir ons lesers die gevoel om teen Paarl Boys’ High te speel in die grootste interskole ter wêreld. Ek dink elke jaar bou dit op tot interskole en die wete dat interskole baie belangrik is. Ek het altyd baie trots daarin gehad om goed te doen by interskole. Ek was bevoorreg om in my hele skoolloopbaan net een keer teen Boys High te verloor, en dis defnitief iets waaroor ek baie trots is.

Vertel asseblief vir ons oor jou lewe na rugby. Supersport is ‘n goeie manier vir my om nog steeds betrokke te bly by rugby sonder die druk van ‘n speler of afrigter. Ek geniet dit. Rugby is absoluut my passie. Ek is voltyds aangestel by Citadel Wealth Management en Supersport is net iets wat ek op die kant doen. Die realiteit is rugby hou op en jy het nog ‘n baie lang lewe oor na dit. Ek is net baie bevoorreg dat ek geleenthede gekry het na rugby en ‘n nuwe loopbaan kon bou.

Vertel ons bietjie van jou familie en kinderjare. My pa het ook vir WP rugby gespeel en ek het defnitief in ‘n huis groot geword waar daar baie rugby mense deur is. Ek kan nie regtig ‘n tyd in my lewe onthou waar rugby nie daar was nie. Ek was bevoorreg om eerstespan by Paarl Gim, Cravenweek en SA 19’s saam met my broer te speel in dieselfde jaar en dit is ook iets waaroor ek baie trots is. My ma was ook baie sportief. Sy was aanvanklik ‘n onderwyseres by Hoër Meisieskool La Rochelle met ander woorde ons het baie tyd op La Rochelle se sportvelde spandeer en het baie sportliefhebbers in ons familie. Wanneer het jy besluit jy wil ‘n profesionele rugbyspeler word? Ek dink nie dis rerig ‘n besluit wat jy neem nie, dis maar ‘n voorreg wat jy kry op ‘n stadium en die belangstelling moet daar wees. Ek het altyd gehoop om eendag vir Suid-Afrika te speel nog voordat rugby professioneel geraak het. Ek was bevoorreg om in die middel van my matriek jaar ‘n kontrak van die WP te ontvang en was basies ‘n professionele speler sedert die laaste paar maande van my matriek jaar. Hoe sal jy dit beskryf om in ‘n Wêreldbeker toernooi te speel? Ek is baie bevoorreg om gekies te word het vir vier wêreldbekers. Dit is die grootste platform wat ‘n rugbyspeler op kan deelneem en ‘n baie groot voorreg. Ongelukkig het ‘n wêreldbeker maar gewoonlik vir my bietjie sleg uitgedraai weens beserings. In 2003 het ek beseer geraak voordat ons vertrek het maar dit was ‘n hoogtepunt vir my om in 2015 die span as kaptein te kon lei en om deel te gevorm het van die 2007 span wat die wêreldbeker gewen het. Dit was weereens ‘n voorreg wat nie veel mense al ervaar het nie. Buiten beserings, wat in jou rugbyloopbaan was nie so aangenaam nie? Ek dink die beserings is maar die een ding wat baie uitstaan en die verlange na jou familie. As gevolg van toer saam die span mis mens jou kinders se mylpale. Dit is teleurstellend om juis dit op te offer, maar die voordele wat jy het as rugbyspeler is meer as die nadele. Defnitief daardie mylpale wat ek gemis het is iets waaroor ek spyt is en seker ook die feit dat ek nie my graad klaar gestudeer het op universiteit nie. Ek dink dit is iets wat baie belangrik is maar as ek my lewe kon oorhê sou ek verseker dit verander het.

Editorial team

Advertising

Designers

Samantha Coetzee | 076 141 5218 samantha@tiemedia.co.za Quintus Brand | 074 684 4390 quintus@tiemedia.co.za

Aniena Keller Nadia Matthee Ruveix Venter Coordinator Zinta Visser Andre Hanekom Distribution Yolande Brittnell Steyn

Page 2

Distribution AWSUM News is distributed to the following schools in BREEDE VALLEY: Primary Schools: Worcester-Noord, WorcesterOos, Montagu, Worcester Voorbereiding-skool, Hexrivier Opvoedkundige Sentrum,

AWSUM NEWS JULY 2018

Worcester Primêre skool, Voorbereidingskool Robertson, Gericke, FD Conradie. High Schools: De la Bat School, Worcester Gymnasium, Montana, HTS Drostdy, Charlie Hofmeyer, Hoërskool Robertson, Langerugskool. AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za

Enige ander sport wat jy geniet? Ek het provinsiaal geswem, van die ouderdom 7 tot omtrent 16. Ek was eerstespan krieket kaptein en ek het tweekamp provinsiaal gedoen. Ek het maar alle sporte probeer selfs atletiek. Ek verkies maar die spansport maar rugby is die een wat nog altyd uitgestaan het. Wat is jou wens vir SA rugby? My wens is dat hulle weer nommer een sal raak, dit is maar almal se droom om die beste te wees. Die mense weer die trots in die springbokspan kan sien en kan voel. Rugby het so baie al gedoen in die verlede, en partykeer word mense baie negatief oor rugby maar ek dink nie dis nodig nie. Ek dink ons vat sport partykeer te ernstig op, so my wens sal wees dat die mense net die bokke kan ondersteun en dat die Springbokke weer nommer een raak. Wat was die hoogtepunt van jou loopbaan? Daar is nie baie mense in die wêreld wat al 100 toetste gespeel het nie, dit is redelik spesiaal. My 101ste toets was op Nuweland teen Australia en ek het twee drieë gedruk. Ons het die wedstryd gewen en ek kon met my twee dogtertjies uitdraf. My vrou was daardie stadium verwagtend met ons seuntjie. My ouers, my broer en my vriende was almal daar en dit was net ‘n kombinasie van alles waarvoor ek lief is op een dag. Wat is jou toekomstige droom vir jou loopbaan. Wat sal jy nog graag wil bereik? Ek wil suksesvol wees in die lewe na rugby. Om ‘n goeie pa en ‘n goeie man vir my vrou te wees is iets wat belangrik is. Om ‘n verskil in mense se lewens te kan maak. Ek het daardie platform gehad as springbok rugbyspeler en ek dink die verantwoordelikheid as Suid-Afrikaner is om jou deel te doen om SA ‘n beter plek te maak. Hopelik kan ek dit ook doen.


HTS DROSTDY (t) 023-34 22320/1/2/3 (e) admin@htsdrostdy.co.za Wedstryde vs Whithchurch toergroep ‘n Groot droom het waar geword: die eerste wedstryd is op Drostdy se splinternuwe astro gespeel. Die O/16 A-dogters het dié wedstryd met ‘n pragtige 7 - 0 beklink teen die toergroep van Wallis. Die O/16 A-rugbyspan het ook as wenners uit die stryd getree met ‘n telling van 51 - 0. Baie geluk aan die twee spanne.

O/18 SA 7’S span op pad na somer jeug Olimpiese Spele Die O/18 SA 7’s span, waarvan Christie Grobbelaar deel is, het hul Afrika Jeugspele titel suksesvol verdedig deur Namibië 32 - 12 in die finaal te klop. Hiermee verseker hulle hul plek by die Somer Jeug Olimpiese spele wat in Oktober in Argentinië aangebied word. Ons is baie trots op Christie wat nie net Drostdy se naam hoog hou nie, maar ook ons land s’n. Baie geluk!

HOËRSKOOL MONTANA (t) 023 347 0476 (e) sarihana.montana@gmail.com ATKV Beraad Hoërskool Montana se voorsitter van die ATKVjeugtak, Suné-Mari Viviers, het die jaarlikse ATKV vergadering te Bela-Bela in Limpopo vanaf 18-19 Julie bygewoon.

Opvoedkunige toer na Duitsland Twee van ons leerders, Suné-Mari Viviers en Myron Seconds, het vanaf 2 -12 Julie ‘n opvoedkundige besoek aan Duitsland meegemaak. Hulle twee was deel van ‘n groep van 14 leerders van Worcester distrik wat gekies is. Die KaapseWynland Distriksmunisipaliteit het die geleentheid vir die leerders gebied. Hulle het met verskeie kulture kennis gemaak en het baie opvoedkundige plekke besoek. Die Worcesterse leerders het weer vir die Duitsers van die Suid-Afrikaanse kulture vertel. Baie dankie aan die Kaapse-Wynland Distriksmunisipaliteit wat die geleentheid vir die leerders moontlik gemaak het.

HOËRSKOOL ROBERTSON (t) 023 626 3159 (e) admin@robbie.co.za Welkom Juffrou Louretha! Baie welkom aan Juffrou Louretha Dorfling wat deel is van die Robbie personeel. Ons is bly om juffrou hier te hê! Ons hoop juffrou geniet dit hier.

Welkom Juffrou Elzanne! Baie welkom aan Juf. Elzanne Zwiegelaar wat deel is van die Robbie personeel. Ons is bly om juffrou hier te hê! Ons hoop juffrou geniet dit hier.

SA Biathle en Triathle Jean-Mari Terblanche het aan die SA Biathle en Triathle deelgeneem gedurende die vakansie. Sy het ook deelgeneem aan verskeie Tennis toernooie soos TSA toernooi in die WP. Na haar vakansie toernooie lê sy nou onder die top 8 van die TSA WP. Sy het dan verder die vakansie deelgeneem aan ‘n fietsry fondsinsameling ten bate van die Robertson Herberg Kinderhuis. Hierdie proses het die volgende behels, sy het gery vanaf Montagu vir 4 dae in reën en onder vriespunt. Sy het elke dag ‘n gemiddeld van 80km gery. Die laaste dag was 88km oor baie steil bergpasse (7 passe tussen George en Knysna). Hulle het R310 000 ingesamel met hierdie fondsinsamelings. Hierdie is voorwaar ‘n Robbie om op trots te wees. Baie geluk met jou wonderlike prestasie tydens die vakansie!

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 3


HEXRIVIER OPVOEDKUNDIGE SENTRUM (t) 023 354 8800 (e) info@hexriviersentrum.co.za

Tuimel: Suid-Sone Kompetisie - Uitslae Uitslae van die Suid-Sone kompetisie gehou op 21 Junie waar Wynland teen die res van die Weskaap- en ook die Oostelike Provinsie se tuimelaars deelgeneem het: • Francois Nel - Goud - Vlak 1 Seuns 6-8 jaar - die hoogste punt vir alle vlak 1 seuns in al die ouderdomsgroepe. • Schalk Minnie - Goud - Vlak 3 Seuns 8-9 jaar - die hoogste punt vir alle vlak 3 seuns in al die ouderdomsgroepe. Baie geluk! Ons is trots op julle!

LAERSKOOL FD CONRADIE (t) 023 313 3407 (e)fdconradieps@mweb.co.za

Ons o/13 netbalspan is bederf met ‘n skenking! Een van ons netbalspeelsters se ouers het op Mandela-dag vir elke speelster ‘n handdoekie en waslap kom oorhandig. Dit is pragtig geborduur met elkeen se eie naam. Baie dankie, dit is ‘n voorreg!

Schalk Minnie en Francois Nel.

LAERSKOOL GERICKE

(t) 023 312 1110 (e) admin.gericke@lando.co.za

Dans prestasie

(t) 023 312 1194 (e) admin@charlie.org.za

Presidentsverkenner toekening vir vier leerders! Vier van Charlie Hofmeyr se matriekleerders het die afgelope vakansie hul presidentsverkenner toekening ontvang. Dit is die hoogste prestasie wat ‘n hoërskoolleerder kan behaal. Baie geluk aan Ruan Enslin, Maritsa Kershoff, (Anton Erwee - komando leier), Carla Mostert en Jeanri Nel.

Baie geluk aan Kayira Mackenzie (gr. 6) wat pragtig presteer het in die WesKaap Baldansen Latyn danskompetisie in Outshoorn. Sy het ‘n eerste plek behaal in die Latynafdeling en ‘n tweede plek in die Baldansafdeling.

Wes – Kaap Netbalspan Lané Giliomee (links) en Kelsey Hendricks is albei in die Wes – Kaap Netbalspan opgeneem wat tydens die vakansie aan die SA Skole Netbal Toernooi te Boksburg, deelgeneem het. Lane het is ook as die kaptein van die Willos o/13 Wes – Kaapspan aangewys.

Page 4

HOËRSKOOL CHARLIE HOFMEYR

Lané Giliomee en Kelsey Hendricks.

AWSUM NEWS JULY 2018


LAERSKOOL WORCESTER-OOS (t) 023 347 0453 (e) admin@lswo.wcape.school.za/ Swem Dit het baie goed gegaan met Rudolf de Wet. Hy het aan sewe items deelgeneem en vier medaljes gewen! Verder was hy 4de, 5de en 6de. Goud in 50m vryslag! Ons is baie trots op hom. Baie geluk, Rudolf!

0.13 Hokkie

Riversdaltoer Ons het die kwartaal sommer lekker afgeskop met ‘n toer na Riversdal die eerste naweek van die kwartaal. Die 0.13 en 0.12 Netbal en die 0.13 en 0.11 Rugbyspanne het dit meegemaak.

Die 0.13 Hokkiespan het hul afrigter, Me Elzaan Kruger, ‘n baie lekker afskeidsgeskenk gegee deur hul laaste wedstryd saam met haar te wen! Baie dankie Juf Elzaan vir al jou harde werk met hulle!

VOORBEREIDINGSKOOL ROBERTSON (t) 023 626 3139 (e) admin@rvs.co.za Graad R projek bedankings

Hiermee bedank ons alle maats, ouers en besighede wat ons Graad R projek ondersteun het. 1. Braam Colyn 2. De Wet Familie 3. Katie Visser 4. Stella Britz 5. Van Zyl Familie 6. Isabella Gelderblom 7. Hi-Tech Alarms 8. Henry Jordaan 9. Jandré Fourie 10. Kaap Agri Meganisasie 11. Van Zyl de Wet 12. Heinrich Marais 13. Carma Swart 14. De Wet Family 15. Autumn Smith 16. LDT Konstruksie 17. Doms Family

LAERSKOOL MONTAGU (t) 023 614 1640 (e) monties@telkomsa.net Ons eie S.A. netbalskeidsregters! Laerskool Montagu is baie bevoorreg om twee S.A. gegradeerde netbalskeidsregters by die skool te hê. Me. Maryn Stemmet het ‘n C+ in die nuutste gradering behaal en me. Madelene Victor ‘n B-gradering. Dis ‘n puik prestasie! Die Monties is baie trots op hulle!

Die Monties groet oom Hen Op 31 Mei 2018 neem Laerskool Montagu afskeid van ‘n geliefde personeellid, mnr. Hendrik Plaatjies, of oom Hen, soos hy ook bekend staan. Hy was by die Laerskool vanaf 1 Januarie 2001 tot 31 Mei 2018. Ons wens hom sterkte toe op sy pad vorentoe.

Me. Maryn Stemmet en me. Madelene Victor.

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 5


WORCESTER GYMNASIUM (t) 023 347 0426 (e) wg@worcgim.co.za Cape Town International Hockey Festival Our Boys’ Hockey First Team was once again invited to participate in the prestigious Cape Town International Hockey Festival. It was held from 18 to 22 July 2018 and featured 48 teams (24 boys and 24 girls teams). Only 24 boys teams were invited of which 25% are international teams. The teams are made up of both local and international talent, departing from the UK, Zimbabwe, Namibia and South Africa. The Tournament is played in accordance with FIH standards (Federation of International Hockey), placing this event as the leading under 18 Schools Hockey Festival globally.

Front: Bruce-John Joseph, Giano Jeftha, Shane Blom, Endi Mkontwana. Middle: Dirk Hofmeyr, Dean du Toit, Stian Viola, Henry Damant, Zander Gilfillan. Back: Rian Higgs, Joubert vd Westhuizen, Hans Klüsmann, Jean Niemand, Jacques Troskie.

DE LA BAT SCHOOL (t) 023 342 2560 (e) development@delabatskool.co.za Ons skep geleenthede vir leer en groei Ons het verlede jaar met kookklasse vir die leerders begin waar hul baie basiese dinge leer, ook om van kits ete instruksies af te werk. Een van die klassies het die Dowe ouetehuisbesoek en hul leer ook perdry! Ons meervuldig gestremde afdeling bestaan uit 4 klasse, Robyne, Diamante, Saffiere en Smaragde waarvan sommiges inskakel by die hoofstroom.

LANGERUGSKOOL (t) 023 346 5300 (e) admin@langerugskool.co.za Langerugskool spog met Top 3 Leerders Graad 7 • Lisa Paulsen • Tiaan Potgieter • Zandré Visser Graad 8 • Chris Schoeman • Carel van der Merwe • Adri-Mari Karsten

Page 6

AWSUM NEWS JULY 2018

Graad 9 • Zander Allen • Cassie Loyd-Lister • Derevin Verhoog Graad 10 • Karla Fourie • Luan van Vuuren • Thelmari Botha

Graad 11 • Michelle du Plessis • Chrisna Muller • Pierre van der Spuy Graad 12 • Riana Mouton • Etienne Le Roux • Corné Olivier


WORCESTER VOORBEREIDINGSKOOL (t) 023 347 1160 (e) voorbereiding@telkomsa.net Mandela dag Graad 1 tel Rommel op vir Nelson Mandela dag.

Recycling fashion show Grade R recycling fashion show. Children made clothes out of recycled materials.

WORCESTER PRIMÊRE SKOOL (t) 023 347 0663 (e) wps@cwps.co.za Rugby Die volgende seuns is gekies vir die Boland en Noord-Boland rugbyspan.

Voor: Carick Kustoor (Noord-Boland), Yannick du Plessis (Boland Cravenweek), Wally-Lee Biko (Boland Akademie). Agter: Tyron Abrahams (Noord-Boland), Jovawn Visagie (Boland Cravenweek).

Netbal Dié meisies is gekies vir die Boland en Wes-Kaap netbalspan. Anke Stofberg is ook aangewys as kaptein van die Wes-Kaap 0/12-span, Hanneke du Plessis as onderkaptein van die Boland 0/12-span en Abukwe Fusa as onderkaptein van die Wes-Kaap 0/13-span.

Voor: Hanneke du Plessis (Boland), Rafiqa Meyer (Boland). Agter: Medayaah Cader (Wes-Kaap), Abukwe Fusa (Wes-Kaap), Anke Stofberg (Wes-Kaap).

WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL

(t) 023 347 0325 (e) admin@lswn.wcape.school.za

Noordjie in Cape Winelands Netbalspan! Gedurende die vakansie van 12 tot 14 Julie het Vasti le Roux in Wellington aan die distrik toernooi deelgeneem in die o/13 Cape Winelands netbalspan! Hulle span het uitstekend gevaar en hulle goed van hul taak gekwyt. Mooi so Vasti die Noordjies is baie trots op jou.

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 7


WHEELS FROM

R5 499

PM

30% RESIDUAL NO DEPOSIT

RUSH HIGH MT - R299 900 RUSH HIGH AT - R313 500

Come and experience the

All new Ford Figo All new Ford Figo Come and experience the

Audensberg Toyota 133 High Street, Worcester Tel: 023 342 1083

at Novel Ford Paarl Follow us on Audensberg Toyota FSB Approved 6957

at Novel Ford Paarl

45 High Street, Worcester sales@jaffes.co.za | 023 347 2601

Novel Ford Paarl 360 Main Road, Paarl www.novelford.co.za 021 870 7000

Novel Ford Paarl 360 Main Road, Paarl www.novelford.co.za 021 870 7000

! S L DEA We build great apps for great schools. Contact us at awsumapp@tiemedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.