BREEDE VALLEY
PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE
Follow us on INSTAGRAM @awsum_news
Entrance1,1,Mountain Mountain Mill, Entrance Mill,Worcester Worcester (Opposite Wimpy) (Opposite Wimpy)
Tel:023 023347 347 6623 6623 (Call Tel: (Call&&Collect) Collect)
worcester@romanspizza.co.za worcester@romanspizza.co.za
OCTOBER 2018 www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705
LIKE & FOLLOW
awsum_news AWSUM BREEDE VALLEY
FRESH EGGS NOURISH THE MIND LATEST SCHOOL NEWS FOR THE FOODIES FREE / GRATIS
Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, Rolene Strauss is die derde Suid-Afrikaner wat die Mej. Wêreld titel dra. In 2017 het sy haar mediese graad ontvang, meer as dit is sy ‘n ma, vrou, besigheidsvrou, mentor en humanitêr . ASWUM het haar ‘n paar vrae gevra.
Jy het grootgeword in Volksrust Mpumalanga, vertel vir ons ‘n bietjie van jou kinderdae en jou tuisdorp. Ek het grootgeword in ‘n baie beskermende omgewing. My ouers het vir my en my broer grootgemaak met die wete dat ons enige iets kan bereik indien ons hard werk. Ons omgewing en ouers het bietjie naïwiteit verseker maar ek sal dit vir niks in die wêreld verruil nie. Ons het ‘n reël gehad in die huis, terwyl die son skyn speel ons buite. Ek onthou vele kere waar my ma ons letterlik moes vang sodat ons in die huis in moet gaan. Ek is so dankbaar vir my kinderdae en raak emosioneel as ek moet dink ander kinders kon nie so sorgvry soos ons groot geword het nie. In watter skool was jy? Ek was in Laerskool Pionier en Hoërskool Volksrust. Waarvan het jy gehou van skool gaan? Ek glo sterk die feit dat ek skool gegaan het in ‘n klein dorpie het my gehelp om te oorleef in die grootmens wêreld. Om rede ons ‘n klein skool was moes al die leerders aan al die skool aktiwiteite deelneem. Ek onthou ek het eerstespan hokkie en netbal gespeel, deelgeneem aan atletiek, debat kompetisies, CSV leier, hoofdogter en ek moes fokus op my akademie om seker te maak ek word aanvaar om medies te gaan studeer. Hierdie het my geleer om my tyd goed te bestuur en hard te werk vir wat ek wil bereik in die lewe. Hoe sal jy jouself beskryf as ‘n tiener? Ek onthou dae saam my beste vriendin op hulle familie plaas, ons het berge geklim, klei huise gebou, koeie gemelk, gespeel in die mielie silo’s en na klein voëljies omgesien. Ek is gek oor die natuur en was bevoorreg om ‘n sorgvrye kinderlewe te hê. Ek en my vriende het self ‘n petisie beplan teen die skool skoene reël op hoërskool. As jy kon teruggaan in tyd, wat sou jy vir die 16-jarige Rolene vertel? Jou geleenthede sal kom, dit is jou verantwoordelikheid om gereed te wees daarvoor. Jou pa is ‘n dokter en jou ma is ‘n verpleegster, wanneer en hoekom het jy besluit om in hulle voetspore te volg? Ek kan nie ‘n spesifieke dag of jaar onthou nie, maar dit was net wie ek was. Ek was gebore met dit. My bynaam was Klein Dr Strauss wanneer ek my pa se pasiënte saam hom besoek het en hulle hande vasgehou het. Ek het gesien hoe sy pasiënte my pa waardeer en lief het, en sedertdien was my pa my held. Jy het ‘n twee jaar breek gevat van jou mediese studies om jou Mej. SuidAfrika en Mej. Wêreld pligte na te kom, hoekom het jy besluit om terug te gaan en jou mediese studies te voltooi? Ek sou nie Rolene gewees het indien ek nie my studies voltooi het nie. Dit is ‘n baie belangrike deel van wie ek is. Ek glo sterk mens maak klaar waarmee jy begin het. Was dit ‘n groot uitdaging om weer te begin studeer na al die roem? Dit was defnitief ‘n uitdaging omdat ek in ‘n nuwe jaargroep was waar almal my geken het as Mej. Wêreld. Ek het ook dieselfde jaar wat ek begin studeer het getrou. My seuntjie was ook Januarie van my finale jaar gebore. Baie van die pasiënte het my ook herken wat soms uitgedraai het in ongemaklike oomblikke,
Editorial team
Advertising
Designers
Samantha Coetzee | 076 141 5218 samantha@tiemedia.co.za Yolande Brittnell Steyn | 082 326 4577 yolande@tiemedia.co.za
Aniena Keller Nadia Matthee Ruveix Venter Coordinators Zinta Visser Andre Hanekom Distribution Yolande Brittnell Steyn
Page 2
Distribution AWSUM News is distributed to the following schools in BREEDE VALLEY: Primary Schools: Worcester-Noord, WorcesterOos, Montagu, Worcester Voorbereiding-skool, Hexrivier
AWSUM NEWS OCTOBER 2018
Opvoedkundige Sentrum, Gericke, Langerugskool, Worcester Primêre skool, Robertson Voorbereiding. High Schools: Worcester Gymnasium, Montana, HTS Drostdy, Charlie Hofmeyer, De La Bat. AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za
maar die Universiteit van Vrystaat het my baie ondersteun, my mede studente was wonderlik en ek het my laaste twee jaar baie geniet. Wat is jou grootste droom op die oomblik? Wat sal jy graag in jou loopbaan wil behaal? Ek wil graag bekend staan as ‘n wonderlike vrou en ma wat haar familie altyd eerste sit. As ‘n vrou wat alles gedoen het tot die beste van haar vermoeë en deur dit alles God eer. Twee projekte waaraan ek huidiglik meeste van my tyd aan spandeer is RevitalHealth (‘n gesondheids organisasie wat ek en my skoonsuster, Dr Ledivia Strauss in Oktober oopgemaak het). Sowel as my gesproke woord album wat einde van die jaar vrygestel sal word. Enige advies vir ons jong lesers oor gesondheid, ware geluk en hoe om met jou liggaam tevrede te wees? Ons gesegte by RevitalHealth is: “Wees jouself maar wees die beste self .” Dit handel oor wees die beste weergawe van jouself. Dit gaan nie oor hoe jy lyk nie, maar oor hoe gesond jy aan die binnekant is. Moet nooit vergelyk nie. Ek weet dit is makliker gesê as gedaan, ek herinner myself net aan hierdie elke dag, fokus op jou gesondheid en die res sal volg. In 2016 het jy met D’niel Strauss getrou en in 2017 is jy geseën met ‘n baba seuntjie, hoe ervaar jy getroude lewe en ma-wees? Ek vind dit absoluut opwindend, dit maak mens nederig en is somtyds ‘n groot uitdaging. Die beste deel van ‘n huwelik en ma-wees is om te vergeet van jou eie uitdagins en te fokus op jou mense wat jy die liefste het en hulle te koester. Wat is minder aangenaam van ‘n skoonheids-kompetisie? Skoonheids-kompetisies is, glo dit of nie, ‘n mind game. Jy kan nie jou voorkoms of die beoordeelaars verander nie. Hulle hou van jou of hulle hou nie van jou nie. Dit is nie in jou hande nie. Die belangrikste deel is wat in jou kop aangaan. Is jy besig om jouself te vergelyk? Is jy besig om jouself emosioneel af te breek? Die meeste wat ek emosioneel gegroei het was gedurende die Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld kompetisies. Jy moet die beste persoon raak wat jy kan en jouself van binne na buite leer ken om dit te geniet. Dit is wat die beoordeelars gaan sien en gaan waardeer. Hoe hanteer jy die aandag en roem? Ek sien dit as ‘n voorreg en ‘n wonderlike geleentheid om ‘n positiewe impak op ander te hê. Wat laat jou hart vinniger klop? Elke keer wanneer ons baie besige seuntjie centimeters van die tafel se hoek verby hardloop en van stoele afspring of wanneer hy my mamma noem en my soen. Wat is jou stokperdjies? Kwaliteit tyd saam my familie, gholf, oefening en ek luister graag na audioboeke. Watse liedjie of groep speel op die oomblik in jou kar? Ek en my man luister graag na audioboeke wanneer ons ry, die een wat op die oomblik in my kar speel is “The Richest man in Babylon” deur Samuel Clason.
ENJOY READING ALL THE
SCHOOL NEWS!
NEWS
School’s News
Reënboogbrood • • • • • • • •
One lucky re ader can win the Kook saam Kaaps recipe book: Mail your na me and school toe win@tiemedia .co.za
1 kg klaargemaakte brooddeeg 1 rooi soetrissie, ontpit en in kleinblokkies gesny 1 geel soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny 1 groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny 1 klein ui, gerasper 300 g oorskietvleis van jou keuse 250 ml gerasperde Cheddarkaas 2 groot knoffelhuisies, fyngekap
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n bakplaat met kossproei. 2. Rol die deeg tot 1 cm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit. 3. Strooi die soetrissieblokkies en gerasperde ui oor die uitgerolde deeg. 4. Strooi die oorskietvleis oor die soetrissies en uie, gevolg deur die helfte van die gerasperde kaas. 5. Strooi die fyngekapte knoffel oor en plaas die reënboog op die voorbereide bakplaat. 6. Laat die reënboog vir 30 minute rus sodat die deeg kan rys. 7. Bak vir ongeveer 45 minute tot goudbruin en verwyder uit die oond. 8. Skakel die oond af. 9. Strooi die res van die kaas oor die reënboog en plaas dit terug in die oond sodat die kaas kan smelt.
LANGERUGSKOOL (t) 023 346 5300 (e) admin@langerugskool.co.za Toutrek Baie geluk aan Dean Delport wat goud(400kg), silwer- (360kg), en bronsmedaljes (320kg) ontvang het vir sy deelname in die Breëriviertoutrekspan. Ons is trots op jou!
AWSUM NEWS OCTOBER 2018
Page 3
WORCESTER GYMNASIUM (t) 023 347 0426 (e) wg@worcgim.co.za Prysuitdeling 2018 Worcester Gimnasium se hoogste toekennings, naamlik die Venter/Kruger, Hans Rabie en Dux-toekennings is vanjaar weer toegeken.
Dux-Leerder 2018: Hans Klüsmann.
Junior Olimpiese Spele
Hoofleiers van 2019 Worcester Gimnasium kondig met trots die hoofleiers van 2019 aan: • Hoofseun: Kyle Duvenhage • Hoofmeisie: Leandrie du Toit • Onderhoofseun: Bruce-John Joseph • Onderhoofmeisie: Jeanette Roux
Francois Prinsloo het die afgelope week aan die Junior Olimpiese Spele in Argentinië deel geneem. Francois is tans die nommer 1 Diskusgooier (0.18) in Afrika. Francois eindig by die Spele algeheel 9de. Dit is ‘n ongelooflike prestasie om tans 9de in die werêld te wees.
Venter/Kruger Trofee vir Veelsydigheid: Meisies: Elmari van der Westhuizen. Hans Rabie Toekenning vir Veelsydigheid: Seuns: Hans Klüsmann.
LAERSKOOL MONTAGU (t) 023 614 1640 (e) monties@telkomsa.net Speletjiedag Lentedag is op 27 September (die dag voor die skool gesluit het) gevier. Die perfekte dag om na ‘n besige kwartaal te ontspan. Die graad 7’s het interessante speletjies aangebied, die leerders het elkeen ‘n boereworsrolletjie gekry en verder is daar gelag en baljaar. Dis heerlike lente...
Senior Burgers besoek die Monties Honderd-vyf-en-sestig senior burgers het die Monties besoek gedurende die Week vir Senior Burgers. ‘n Kultuurprogram van hoogstaande gehalte, wat bestaan het uit koorsang, musiek, dans, drama, voordrag en spreekkore is aangebied deur die leerders van Laerskool Montagu en Laerskool Ashton. Na afloop van die program kon die senior burgers verversings geniet en heerlik saam kuier.
HOËRSKOOL ROBERTSON (t) 023 626 3159 (e) admin@robbie.co.za Robbies is akademies Die top akademiese leerders van elke graad gaan van vrydag tot sondag op ‘n akademiese toer. Hulle het elke dag paar aktiwiteite wat hulle gaan doen en paar plekke wat hulle gaan besoek. Julle moet dit geniet robbies julle verdien dit.
Leerlingraad 2019 Hiermee stel ons Hoërskool Robertson se leerlingraad van 2019 amptelik bekend. Baie geluk met die verkiesing van die leerlingraad van 2019. Gedagte wat julle saam julle kan dra deur julle termyn: “Therefore encourage one another and build each other up”.
Voor: Albert Bruwer - Onderhoofseun, Jacobus Uys - Hoofseun, Carla Visser - Hoofdogter, Sune Grové - Onderhoofdogter. Middel: Bianca Sussman, Marciano Davids, Lezaan Van Zyl, Rianca Lotter, Alyssa Marson, Christine van Zyl. Agter: Christof Viljoen, Sameul Esterhuizen, David Leach, Linde Rabie, Janika Fabricius, Lungi Ngonyama.
Page 4
AWSUM NEWS OCTOBER 2018
Baie geluk! Klein Cordier se eerste besoek by Hoërskool Robertson saam sy pa Mnr Cordier.
HTS DROSTDY (t) 023-34 22320/1/2/3 (e) admin@htsdrostdy.co.za HTS Drostdy dogters begin nuwe tradisie Tydens ‘n saalbyeenkoms het die meisies van HTS Drostdy wat op die Bestuurskomitee van 2019 dien elkeen ‘n elegante hoed ontvang wat vanaf die nuwe jaar deur alle dogters van die skool gedra gaan word, geborg deur Stalbau Projects. Temperature in Worcester styg gedurende die somermaande telkens tot bo 40˚C. Een van die grootste teenvoeters van velkanker is die beskerming van jou gesig. Die hoedens keer tot 50 SBF van die direkte sontrale en word deur CANSA onderskryf. Volgende jaar sal daar vir die eerste keer meer as 300 meisies in die skool wees. Deel van die seuns se skooluniform is pette wat versier word met kleurtossels van die koshuis waarin hulle bly. Die dogters het reeds vir ‘n geruime tyd die moontlikheid van ‘n gepaste en praktiese hoed ondersoek. Die hoed word uit Australië ingevoer en is van die hoogste kwaliteit. Die meisies is veral opgewonde oor die vergelyking van die Bella hoed, soos hy bekend staan, met die stylvolle jong prinses Kate en Meagan van Brittanje wat by feitlik alle amptelike geleentheide en funksies ‘n prag-hoed dra. Die naam Bella, wat van Italiaanse afkoms is, het ‘n spesiale en gepaste betekenis wat pas by dogters van Drostdy, naamlik: vol selfvertroue en ‘n beelskone jong dame. Drostdy sien uit na nog nuwe tradisies wat geskep word deur sy talentvolle en kreatiewe dogters.
LAERSKOOL WORCESTER-OOS (t) 023 347 0453 (e) admin@lswo.wcape.school.za/ Philip
Philip Snyman die o. 13 Boland Stoeispan verteenwoordig het by die SA Jeug Kampioenskap in Kaapstad. Hy het ‘n 3de plek behaal in die Greco styl en ‘n 5de plek in die vrystyl. Baie geluk met die pragtige prestasies.
Anina Anina Hugo het aan Tulbaghskou se o. 8 handgelei-klas deelgeneem en sy is maar net 4 jaar oud! Sy het ‘n 2de plek behaal in ‘n baie sterk klas! Sy is op die rug van haar ponie, Danette. Baie geluk, Anina!
Wiskunde in Aksie Die volgende leerders het deelgeneem aan die Wiskunde - In - Aksie kompetisie en het soos volg presteer: • Barko de Wet 90% • Louw van Dijk 75% • Nica Griessel 70% • André Conradie 77,5% • Rudolf de Wet 82,5% • Ulrich Lourens 92,5% • Zhandré Hattingh 77,5% • Ethan Wilkinson 82,5% Baie geluk aan julle klomp ons is sommer baie trots op julle! Barko en Ulrich is genooi na ‘n Wiskunde pretdag by die Universiteit Stellenbosch.
WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL Gelukbringer Daar is ‘n nuwe toevoeging tot WNPS. Ons nuwe gelukbringer is BAIE lief vir akkertjies en sal enige iets doen om hulle te beskerm. Baie welkom!
Die nuwe gelukbringer van WNPS
Anieka Matthee Baie geluk aan Anieka Matthee wat op 9 Oktober by die Boland Sport Awards in die Paarl aangewys is as die Laerskool Skaak sportvrou van die jaar! Sy was ook een van top drie vir algehele laerskool sportvrouens! Die sportvrou word angewys uit verskillende sportkodes bv. atletiek, netbal ens. Dit is voorwaar ‘n uitstekende prestasie. Die Noordjies is baie trots op jou Anieka!
Helgardt Nortjé Baie geluk aan Helgardt Nortjé wat gekwalifiseer het vir sy Wes-Kaap Cross Country kleure in fietsry! Jy maak die Noordjies trots.
(t) 023 347 0325 (e) admin@lswn.wcape.school.za
SA jeug kampioenskappe
Vasti le Roux Baie sterkte aan Vasti le Roux wat genomineer is vir die beste sportvrou van die jaar in die Boland.
Baie geluk aan Christiaan du Toit, Janu Nel en Joshua Erasmus wat vir die span gekies is wat 5 en 6 Oktober te Kaapstad aan die SA jeug kampioenskappe deelgeneem het.
AWSUM NEWS OCTOBER 2018
Page 5
LAERSKOOL GERICKE (t) 023 312 1110 (e) admin.gericke@lando.co.za Krieket Gericke is baie trots op ons o/11 krieketspan wat tweede geëindig het in die Feedem Cup Kriekettoernooi. Baie geluk aan Francois Marais wat aangewys is as die o/11 bouler van die toernooi sowel as Marcus Nasson wat aangewys is as die o/13 speler van die toernooi na afloop die krieket Feedem Cup.
Front: Francois Prins, Francois Marais. Middle: Keahan Alexander, Henko van Niekerk, Decklyn Hamilton, Gerrit Louw. Back: Linike Mepomie, Juan Visser, AD Faul, Bertus Versfeld, Hendré van der Westhuizen, Mnr Stiaan Günther (afrigter), Reagan Davids, Mnr Stefn Louw (afrigter).
Musiekleerders slaag UNISA musiekeksamen Laerskool Gericke is trots op die leerders wat hul Unisa musiekeksamens met onderskeiding geslaag het.
Francois Marais en Marcus Nasson. Voor: Sarah Parsons (Klavier Gr. 1), Elizabeth Hendrikz (Teorie Gr. 1) en Anja du Plessis (Klavier pre Gr. R). Agter: Robbie Collingridge (Teorie Gr.2), Jannes van Wyk (Blokfluit Gr. 3), Jacques Faul (Teorie Gr. 1), Megan-Rose Witness (Klavier Gr. 3).
VOORBEREIDINGSKOOL ROBERTSON (t) 023 626 3139 (e) admin@rvs.co.za SA Kids Golf Morkel Coetzee het aan die SA Kids Golf op Stellenbosch deelgeneem het ‘n pragtige 3de plek in sy ouderdomsgroep behaal het.
Kultuuraand 2018 by RVS
Dance Star Kompetisie RVS dogters neem deel aan die Dance Star Kompetisie en behaal goeie uitslae.
Optredes van verskeie kore, dansers, orkeste en die finaal van ons Kokkedoortjie kompetisie. Dit was ‘n heerlike geleentheid om met ons kultuur van 2018 te spog.
HEXRIVIER OPVOEDKUNDIGE SENTRUM (t) 023 354 8800 (e) info@hexriviersentrum.co.za Hexrivier Skaakspelers presteer! Hexrivier Opvoedkundige Sentrum het op 13 Oktober 2018 deelgeneem aan ‘n skaaktoernooi te Hoërskool Hexvallei. Die uitslae is as volg: • Catherine Vorster - 1ste plek 0/7 dogters • Armand Möller - 1ste plek 0/7seuns • Jean Phillip Theron - 3de plek 0/11 seuns Baie geluk – ons is trots op julle!
7 Stars Atletiekbyeenkoms Op 18 Oktober 2018 het 7 van Hexrivier Opvoedkundige Sentrum se atlete aan die 7 Stars Prestige Atletiekbyeenkoms by Worcester Primêre Skool deelgeneem. Alhoewel daar baie stywe kompetisie was, het ons leerders hul goed van hul taak gekwyt – ons is trots op julle!
Voor: Mischa Badenhorst, Luca van Zyl. Middel: Hercu Viljoen, Pedri Eloff, Hannes Badenhorst, Jean Phillip Theron. Agter: Dané van Zyl. Armand Möller, Jean Phillip Theron, Catherine Vorster.
Page 6
AWSUM NEWS OCTOBER 2018
DE LA BAT SCHOOL (t) 023 342 2560 (e) development@delabatskool.co.za Baadjies Laslappies in Worcester het baadjies aan al die leerders van ons grondslagfase geskenk!
I LOVE YOU
DANKIE!
HOËRSKOOL CHARLIE HOFMEYR Nuwe Leerlingraad 2019
(t) 023 312 1194 (e) admin@charlie.org.za
Sportman en vrou 2018
Voor: Ilke Olivier, Kearon Overmeyer, Anya du Toit (Onder Hoofmeisie), Wouter van Velden (Hoofseun), Liann Meyer (Hoofmeisie), Wium van Wyk (Onder Hoofseun), Kyle Hofmeester. Agter: Damian Prins, Monique Griebelaar, Juan van Wyk, Suzaan Jordaan, René Basson, Vicky Hendrickz, Rocco van Velden.
Sportman van 2018: Sheraldo Poole
Sportvrou van 2018: Carli Bassett
WORCESTER VOORBEREIDINGSKOOL (t) 023 347 1160 (e) voorbereiding@telkomsa.net Well done Asange! Well done to Asange Phondoyi in Grade 1 who received an Certificcate of Achievement at the GET Provincial Visual Exhibition, celebrating the theme: Art is my First Language.
Proud of teacher Florence
Butterfly World besoek Die Graad R klasse het ‘n heerlike opvoedkundige oggend by Butterfly World gehad en danksy die rolstoelvriendelike omgewing kon Zenele ook die oggend geniet!
Preparatory School is proud of teacher/ social worker Florence Prinsloo. The WCED awarded her with a Certificate of Recognition for teaching Life Orientation.
AWSUM NEWS OCTOBER 2018
Page 7
HEALTH
caring for you
TO ADVERTISE HERE CONTACT
Ceres
PRODUCTS & SERVICES
SAMANTHA COETZEE 076 141 5218 samantha@tiemedia.co.za
Apteker: Craig Heldsinger Tel: (022) 426 0002 | Faks: (023) 316 1290 ceresapteek@gmail.com Ceres Square, Winkelno. 6, h/v Owen- en Voortrekkerstraat, Ceres
YOLANDE BRITTNELL STEYN 082 326 4577 yolande@tiemedia.co.za
HOËRSKOOL MONTANA (t) 023 347 0476 (e) sarihana.montana@gmail.com Hoofleiers vir 2019
Prysuitdeling 2018
Salomé Smith (Onderhoofdogter), Junné Pienaar (Hoofdogter), Thysman Serfontein (Hoofseun), Pierré le Roux (Onderhoofseun).
Veelsydigste Matrikulant: Francois Jacobs en Skoolhooftrofee: Jean Esterhuyse.
Veelsydigste Sportman Francois Jacobs.
Veelsydigste Sportvrou: Lizelle Opperman.
WORCESTER PRIMÊRE SKOOL (t) 023 347 0663 (e) wps@cwps.co.za SAMRO National Music Competition Congratulations to Stefan Suter (Gr.5) who made it to the semi finals of the SAMRO National Music Competition in Cape Town.
Page 8
AWSUM NEWS OCTOBER 2018
Skaak Sean Neethling (Gr.2) sluit die jaar verseker op ‘n hoogtepunt af. Nie net is hy dié jaar as Springbokskaakspeler vereer nie, maar hy is deur Boland Skole Sport genooi na die Hoërskoletoekenningsaand wat Dinsdag, 9 Oktober, plaasgevind het. Hy is genomineer vir ‘n prys in die hele sportspektrum vir internasionale deelname.
WOW spelfees Graag wil ons baie geluk sê aan Christiaan Genade (Gr.6) wat ‘n eerste plek verwerf het by die WOW Wes-Kaap Provinsiale Eindronde op 8 September. Hy sal weer in Oktober deelneem aan die Nasionale Kompetisie. Trots WPS!