NORTHERN SUBURBS
PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE
SEPTEMBER 2019 www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705
LIKE & FOLLOW
awsum_news AWSUM Northern Suburbs
FRESH EGGS NOURISH THE MIND
Paul Browne 079 957 6438 Sales
Jason Geldenhuys 076 421 0944 Sales
LATEST SCHOOL NEWS
FOTOGRAAF: Eben Photography
FREE / GRATIS
Noreen Logan 074 357 9985 Sales
Nico Mong 083 556 2730 Sales
Pat Klaasen 082 677 3840 Manager
AUTOMARK TOYOTA CAPE GATE Cnr Okavango & Langerberg Road
Tel: 021 980 0500 | www.imperialtoyota.co.za
Eben Photography
Cato Louw is bekend vir haar passie en liefde vir sport. As sy nie onderhoude voer met bekende sportlui, is sy besig om tydens groot sportgebeurtenisse as radio- en televisie-omroeper op te tree. Cato het in 2013 as radio-omroeper by MFM Kampus-Radio op Stellenbosch begin. Met die Rugbywêreldbeker tans aan die gang, het AWSUM gaan inloer om uit te vind watter span haar gunsteling by hierdie toernooi is.
Watter tipe tiener was jy? Ek is die oudste van 3 dogters. Soos enige oudste kind, voel ek my ouers was strenger met my as met my sussies. Ek dink daarom was ek ‘n redelike gedissiplineerde tiener en ek het altyd direk na skool my huiswerk gedoen. Ek het ‘n wye belangstellingsveld gehad en my ouers moes baie dikwels saam gaan. Jy het jou radio loopbaan by MFM begin en deesdae is jy by KFM doenig. Wat sou jy sê het radio jou geleer wat jy vandag steeds in jou werk toepas? ‘n Hele paar goed! As dit nie vir die leerskool van radio was nie, sou ek verseker nie op hierdie professionele paadjie gewees het nie. Een van die grootste lesse is om op jou voete te dink! Omdat jy “live” is (radio is gewoonlik direkte uitsending) kan dinge alte dikwels nie uitspeel soos wat dit beplan is nie. Nog ‘n belangrike vaardigheid wat ek as radio persoon moes ontwikkel, is hoe om met verskillende persoonlikhede te werk. Die “brand”/program is altyd belangriker as enigiets wat van die lug af gebeur. Nog ‘n uiters belangrike ding is om deeglik voor te berei! Aan watter sportsoorte het jy op skool deelgeneem? O alles! Ek was/is mal oor spansport! Ek het aan waterpolo, netbal, hokkie en tennis deelgeneem. Ek was altyd die persoon wat die hardste geskree het op die veld.
Vertel vir ons lesers hoe jou belangstelling vir sport/rugby ontwikkel het? Waar het dit begin? My pa het redelike ernstige rugprobleme en hy het oor al die jare baie pyn gehad. Die enigste manier waarmee hy die pyn beheer het en sy beweeglikheid behou het, was deur fisiek aktief te bly. Hy het tennisliga gespeel, en fiets gery. My ma het ons aangemoedig om aktief te wees en aan sport deel te neem. Sport was dus altyd deel van die Louw leefstyl. My rugbyliefde het by my pa begin. Ons het nog altyd saam gekyk na die Bokke of ander spanne se wedstryde. As professor is my pa briljant om dinge eenvoudig te verduidelik. Jy het nou vir weke lank by die Curriebeker gewerk, wat was jou beste herinneringe van die hele toernooi? Die Curriebeker is ‘n historiese egte Suid-Afrikaanse produk om op trots te wees en dit was ‘n absolute eer om te kon werk op die produksie daarvan! My professionele betrokkenheid by rugby het by die Varsitybeker begin en een van my gunsteling dinge om te sien, is die jong, nuwe opkomende talent. Hierdie seisoen se spelers soos Tyron Green, Pepsi Buthelezi, Joseph Dweba, selfs Herschel Jantjies en Damian Willemse is vir my opwindende jong talent. Die Springbokke neem tans deel aan die 2019 Rugbywêreldbeker. Realisties, wat sou jy sê is ons kanse om die semi-finaal of selfs die finaal te haal? Wie, dink jy, is ons sleutelspelers? Vra op die oomblik vir enige Suid-Afrikaner en hulle gaan sonder twyfel sê ons kan dit wen die jaar. Ek stem 100% saam! Dis Wêreldbeker tyd en dit gaan die volle span verg om die Webb Ellis trofee weer huistoe te bring. Een van ons sleutelspelers is verseker Handré Pollard. As ons nr.10, gaan hy op sy beste moet wees. As jy nie jouself besig hou met sport nie, wat doen jy om te ontspan? Ek is absoluut mal oor stap op die Promenade met my hond, Olympia. Ek gym gereeld en af en toe doen ek joga/bergklim. Ek besoek graag die
Editorial team
Advertising
Distribution
Designers
Samantha Coetzee | 076 141 5218 samatha@tiemedia.co.za Quintus Brand | 074 684 4390 quintus@tiemedia.co.za Pieter Brand | 076 026 3250 pieter@tiemedia.co.za Valencia Plaatjies | 083 243 9911 valencia@tiemedia.co.za Liezl Marais | 082 450 7340 liez@tiemedia.co.za
AWSUM News is distributed to the following schools in Northern Suburbs: Primary Schools: Bellville-Noord, Kenridge, Welgemoed, Brackenfell, Mikro, Fanie Theron, Gene Louw, Durbanville, Bastion, Eversdal, Durbanville Voorbereidingskool, Aristea, De Kuilen. High Schools: Bellville, Durbanville, DF Malan, HTS Bellville, Brackenfell, Settlers, Eben Donges, Stellenberg, De Kuilen, Tygerberg.
Aniena Venter Nadia Matthee Ruveix Venter Coordinators Zinta Visser Distribution Christelle van Wyk
AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za
Page 2
AWSUM NEWS SEPTEMBER 2019
kosmarkies in die Kaap. As ek nou regtig die dag lui is, is Netflix, chill en sudoku net die beste. Wat inspireer jou? Mense wat bo hulle omstandighede uitstyg en iets maak van hulself ten spyte van hulle omstandighede, inspireer my regtig. Hoe sal jy graag onthou wil word? Ek hoop ek word onthou vir die unieke stories wat ek kon help vertel van inspirerende mense. Daar is so baie verskillende sportsoorte en sporthelde. Hulle stories verdien om gehoor te word. Waarna luister jy nou in jou kar? Enige liedjie wat op repeat speel? Ek hou van alles! My foon het so baie musiek op, die “shuffle” funksie werk oortyd. Ek hou op die oomblik baie van Taylor Swift se nuwe musiek (ek weet, vergewe my!). As jy ‘n ‘how-to-guide’ moet skryf vir tieners wat ‘n sukses wil maak in die vermaaklikheidsbedryf, wat sal die eerste 3 stappe wees? 1. Probeer alles! Deur dit te doen, vind jy uit wat jou passie is en waar jou sterkpunte lê. 2. Begin by ‘n kampus/ gemeenskapsradiostasie. LET WEL: dit gebeur nie oornag nie! Wees bereid om ‘n hele paar jaar daar te werk vir moontlik geen geld nie. 3. Bou verhoudings. Jy ken die ou gesegde “it’s not about what you know, but who you know”. Die verhoudings en kontakte wat jy op kampus/ gemeenskapsvlak bou, is amper altyd dieselfde mense met wie jy gaan werk op kommersiële vlak. 2019 Is nog nie verby nie, wat is in die pyplyn vir Cato Louw? Ek is baie opgewonde om gedurende die Rugby Wêreldbeker vir SuperSport te werk! Maandae is ek op “SuperRugby” saam met Kobus Wiese en andere. Donderdae bied ek en Sam Ludidi “In Touch” (die digitale rugbyprogram) aan. Tussen in is ek die sportnuusleser op radio by KFM en Cape Talk. Dit is nog lekker besig vir die res van die jaar.
Stefan Stander Photography
Ons moet begin deur te vra oor jou skoolloopbaan. Waar was jy op skool en wat sal jy altyd onthou van skool? Wat sal jou onderwysers van jou vertel? Ek was ‘n leerling aan Hoërskool Grens in Oos-Londen. Ek was mal oor die samesyn en gees van skool, dat jy pouses saam met jou vriende eet en dalk bietjie in die klas saam met jou vriende die juffrouens versondig. Ek dink die onderwysers sal my onthou as ‘n energieke, entoesiastiese leerling wat aan net mooi alles deel geneem het.
Blitsvrae: Braai of takeaways? Braai Steri Stumpie, lemoensap of koffie? Verseker koffie! Springbokke live of musiek fees? BOKKE BO! TV- of radio-aanbieder? O jinne, ek kan GLAD nie kies nie. ‘n Lekker bakkie of ‘n vinnige sportmotor? Ek verkies definitief ‘n lekker bakkie – net omdat ek ‘n oulike hondjie het wat nie mooi sal werk in ‘n sportmotor nie. Puma, Nike of Adidas? Ek hou beslis die meeste van Nike, want Roger Federer is deur hulle geborg (al is hy nie meer by hulle nie). Gunsteling vakansiewegbreek? Dit moet iewers in ‘n woud wees, waar die see naby is, soos Knysna of die Oos-Kaapse kus.
ENJOY READING ALL THE
SCHOOL NEWS!
NEWS
School’s News
HOËRSKOOL DURBANVILLE Durbies vaar goed by 7’S Toernooi Die Hoërskool Durbanville het soos oudergewoonte weer puik presteer by die Marius Schoeman 7’s Toernooi by Paarl Gimansium. Ons o.15 en o.17 spanne het die toernooi goed afgskop deur Paul Roos Gimnasium onderskeidelik 21-14 en 33-10 te klop. Die res van die uitslae as volg: • o.17 klop Amdec Blitz 28-19 • o.17 verloor Paarl Boishaai 7-12 • o.17 klop HTS Drostdy 20-14 • o.15 klop Believe Ministries 38-12 • o.15 klop Paarl Barbarians 40-0 • o.15 klop Worcester Gimnasium 26-12 Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!
(t) 021 976 3188 (e) admin@durbanvillehs.co.za
Durbies WP Netbal Superliga Kampioen Die Hoërskool Durbanville se 1ste Netbalspan het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die louere weggestap by die WP Superliga finaal. Die Durbies het vanjaar weer ‘n goeie jaar beleef op die netbalbaan. Hoërskool Durbanville se A-spanne behaal die volgende uitslae by die WP finaal: • o.14A - goud • o.15A - brons • o.16A - silwer • o.17A - silwer • o.18A - goud Baie geluk aan ons 1ste Netbalspan wat vir die tweede agtereenvolgende jaar as WP Superliga kampioene gekroon word. Geluk aan al ons Durbies met die puik uitslae, sowel as ons afrigters wat baie tyd insit, ons waardeer dit.
LAERSKOOL ARISTEA
(t) 021 988 7463 (e) ptboshoff@yahoo.com
Top achievers at Tygerberg Eisteddfod We are exremely proud of the following group achievements at the Tygerberg Eisteddfod. We commend all our learners and coaches. • Orchestra: 94% & 98% • Prepared Reading: 92% • Dramatised Speech Choir: 90% • Speech Choir: 87%
LAERSKOOL WELGEMOED
KENRIDGE PRIMARY SCHOOL
(t) 021 913 2104 (e) info@welgemoedprimary.co.za
(t) 021 976 3046 (e) janine.eagles@kenridge.org.za
Welgemoed-musikant skitter
Hockey
Nina Ehlers, ‘n leerder by Laerskool Welgemoed, het tydens die Julie/Augustus Trinity eksamen 96% behaal vir haar graad 3 klaviereksamen. Vir hierdie sessie, plaas sy heel bo-aan die lys van Trinity se Top Achievers vir die hoogste punt behaal in die mees gevorderde graad, vir alle instrumente, in die Wes-Kaap. Sy het ook vroeer vanjaar 100% behaal in haar UNISA Teorie, graad 2 eksamen, waarvoor sy op die Ererol geplaas is. Sy is ‘n privaat leerling van Me Chanél van Dyk by Laerskool Welgemoed.
After winning the Northern Zone Premier League, the First Team Hockey Boys secured a third place finish in the Western Province Top Schools Competition.
Welgemoed Kunstenaars Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het hul derde WCED Visual Art Exhibition for Grades R to 9 aangebied. Die tema van hierdie jaar was “Every picture tells a story”. Elke leerder moes saam met hul kunswerk ‘n kort geskrewe stuk inhandig om hul storie te vertel. Slegs een werkstuk kon per graad en skool ingeskryf geword vir hierdie kunskompetisie. Hiermee kondig ons met trots aan dat twee van ons leerders, Chara de Wit (Graad 3) en Dakotah Wallendorf (Graad 4) uitstaande prestasies behaal het! Hul kunswerke is tydens die Gala-aand by die welbekende Zeitz Mocca (Museum van kontemporere kuns in Afrika) uitgestal op 14 September 2019. Baie geluk! Ons is saam met julle opgewonde!
Cross Country
Dakotah Wallendorf
Page 4
AWSUM NEWS SEPTEMBER 2019
We had our yearly Interhouse Cross Country run on Tuesday, 10 Spetember. All the learners took part in the run. Congratulations to Van Der Stel for winning the event.
NORTHERN SUBURBS
PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE
Tel: 021 903 9475 • Fax: 021 903 3714 Email: thewriteshoppe@gmail.com Shop No 3, Aroma Centre Van Riebeeck Road, Kuils Rivier
SEPTEMBER 2019
www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705
Paul Browne 079 957 6438 Sales
Jason Geldenhuys 076 421 0944 Sales
Noreen Logan 074 357 9985 Sales
Nico Mong 083 556 2730 Sales
Pat Klaasen 082 677 3840 Manager
LIKE & FOLLOW
awsum_news AWSUM Northern Suburbs
AUTOMARK TOYOTA CAPE GATE Cnr Okavango & Langerberg Road
Tel: 021 980 0500 | www.imperialtoyota.co.za
YOUR LOCAL Service destinations + DEALS & DISCOUNTS
YOUR LOCAL Service destinations
5 2
7 6 9
3 1 5 4
8
MED-WORLD INTERNATIONAL
The world at your finger tips
DENTIST
021 917 1182
TYGERVALLEY 021 945 2535 DURBANVILLE 010 005 5149 www.carservicecity.co.za
Surené Botha 082 354 4906
TYGERVALLEY
Paul Browne 079 957 6438 Sales
Jason Geldenhuys 076 421 0944 Sales
Noreen Logan 074 357 9985 Sales
Nico Mong 083 556 2730 Sales
Email: surene1987@gmail.com
Pat Klaasen 082 677 3840 Manager
Durbanville
Surené Botha 082 354 4906 Email: surene1987@gmail.com
Tel: 021 903 9475 • Fax: 021 903 3714 Email: thewriteshoppe@gmail.com
AUTOMARK TOYOTA CAPE GATE Cnr Okavango & Langerberg Road
Tel: 021 980 0500 | www.imperialtoyota.co.za
LAERSKOOL DURBANVILLE (t) 021 976 8115 (e) office@durbieland.com Skaak Hierdie leerders het die naweek van 30 Augustus - 1 September die WP verteenwoordig tydens die WesKaapse Skole Skaakkompetisie in Ceres. Meer as 90 spanne het in 10 afdelings deelgeneem vanaf skole regoor die Wes-Kaap. Dit was die eerste keer wat Laerskool Durbanville aan hierdie kompetisie deelneem. Die kompetisie was straf en die drie skaakspelers het uitstekend gevaar.
Dans Nikki Kotze het in Mei in Kroasië aan ‘n internasionale danskompetisie, naamlik Dancestar International, deelgeneem. Sy het hier die eerste plek in haar ouderdomsgroep verwerf. Sy is ook ‘n lid van “Discovery”, ‘n dansgroep by Gift of Dance. Hierdie groep het 3 trofeë gewen by die “Dans in jou taal” finale ronde in Pretoria die naweek van 30 Augustus - 1 September 2019. Hulle het trofeë vir Beste Hip Hop span, Beste Junior Span en ook as algehele wenners ontvang.
Sienna Hurford, Ané Steenkamp en Kayleigh de Jong.
LAERSKOOL BELLVILLE-NOORD (t) 021 948 3654 (e) lbnoord@bnprim.co.za Koor Ons Juniorkoor het in September opgetree by die Varingfees. Hier is van die opgewonde leerders.
o.13 A-rugby en o.13 A-netbal Die o.13 A-rugbyspan het die o.13 A-netbalspan uitgedaag in ‘n baie prettige wedstryd. Die telling was 6-6 nadat dit wel op ‘n netbalbaan gespeel was, máár met ‘n rugbybal (die seuns het darem vooraf gegaan vir ‘n paar sessies netbalafrigting).
AWSUM NEWS SEPTEMBER 2019
Page 7
LAERSKOOL DE KUILEN
HOËRSKOOL DE KUILEN
(t) 021 903 4160 (e) admin@dkps.org.za
(t) 021 903 5121 (e) info@dekuilen.com
Kaskarre
Science Debating Western Cape Finals
Friday, 13 September, we had a “kaskarre” day. The theme was SUPERHEROES! The learners had lots of fun.
Congratulations to these boys with their silver medals (2nd place) in the Science Debating Western Cape Finals. Proud of you!!
Provincial Business Quiz The Grade 10 learners participated in the Provincial Business Quiz for 2019 at Oude Molen Technical High School. There were 25 teams from various schools that participated in this event. De Kuilen High School showed great thinking and reasoning skills and obtained a 7th position over all.
HOËRSKOOL TYGERBERG
HOËRSKOOL STELLENBERG
(t) 021-939-2023 (e) info@hstygerberg.co.za
(t) 021 919 1029 (e) admin@stellenberg.org.za
Netbal
Landloop
Baie geluk aan al ons spanne met julle pragtige netbal. Stellenberg spog met 6 Goud, 4 Silwer en 3 Brons plekke. Dankie vir ‘n wonderlike 2019 seisoen. Dankie aan al die afrigters, bestuur en elke liewe ouer wat altyd langs die baan ondersteun. Trots Stellenberg!
Ons atlete het aan die Noordsone-wedloop by HS Brackenfell deelgeneem. Hulle het die wedloop baie geniet en hul harte uitgehardloop!
Mnr. & Mej. Tygerberg 2019! University of Pretoria Maths Olympiad JP Booysen in grade 9 came first overall in the junior category of this national Olympiad. Well done JP! You make us proud!
Page 8
AWSUM NEWS SEPTEMBER 2019
Baie geluk aan HD Stemmet (Mnr. Tygerberg 2019) en Adri Kannemeyer (Mej. Tygerberg 2019)! Hul gevolg is: • Alandri Minnie (1e prinses) & Sean Coetzee (1e prins) • Lisa Stanford (2e prinses) & Matthew Hobbs (2e prins) Dit was ‘n pragtige aand vol hoogtepunte!
LAERSKOOL GENE LOUW (t) 021 976 8144 (e) postmaster@genelouw.co.za
O/12A-netbalspan
(t) 021 976 8134 (e) info@eversdal.org.za
Tatiana Thomatos – Laser Running Champion
Die O/12A-netbalspan het op 7 September aan ‘n toernooi deelgeneem wat die Hoërskool Gimnasium aangebied het. Die span het teen 14 ander spanne meegeding en as wenners uit die stryd getree. Baie geluk!
Tatiana came first in the World Laser Run Championship. This championship was held on 6 September in Budapest. What an outstanding achievement. We are very proud of her. The World Championships for Biathle and Triathle will take place in St. Petersburg, Florida, USA in October which she will also be attending. Tatiana competed at the WC Championships for gymnastics level 4. She made the team to compete at the SA Games Championships which gives her the full WP colours for gymnastics. She also took part in the Winter Championships for WP Biathlon (Tweekamp). She won the girls under 11 age group. They also held their annual awards evening. Tatiana received the following: • WP Colours Honours Gold • Trophy for Victrix Ludorum Junior athlete (ages 8 to u/19 years) • Trophy for the highest points earned at the SA championships, female • Trophy for the Junior female athlete of the year (ages 8 to u/19
Voor: Leandri van Loggerenberg, Ansja van Niekerk en Corlene Sandilands. Agter: Mila Vermaak, Mieke Eek, Mila Havinga en Alida Nel.
Chess Gene Louw Primary School is extremely proud of the U/11 Girls’ chess team. The team participated in the Western Province Chess Top Schools competition. They were awarded bronze medals for their well-deserved overall third place in the Western Province. Well done!
LAERSKOOL EVERSDAL
Front: Teagan Bothma and Sophia Hagen. Back: Nieka Cloete, Lienka de Villiers, Lee-Anne Matima and Liyabona Kwali.
THE SETTLERS HIGH SCHOOL (t) 021 948 6116 (e) info@settlers.org.za
As part of the school’s “Stop The Violence Campaign”, the grades 8, 9, 10 & 11 formed a cross on the school field and the Grade 9’s worked together to form the word #PEACE.
HOËRSKOOL BELLVILLE (t) 021 948 1801 (e) general@hsbellville.co.za
Twee van die Hoërskool Bellville se rugbyspelers is as toppresteerders in die Wes-Kaap aangewys! Die volgende statistiek vir die 2019-rugbyseisoen is deur die bekende mnr. Tony Stoops van Stoopstats bevestig. Mnr. Stoops het die pryse aan die spelers by die Hoërskool Bellville se jaarlikse rugby-prysuitdeling oorhandig. Jaco Oosthuizen ontvang die prys vir meeste punte aangeteken deur ‘n skolespeler in die Wes-Kaap in die 2019-seisoen met 8 drieë, 48 doelskoppe, 22 strafskoppe en ‘n totaal van 202 punte aangeteken. Ivano Jonkers ontvang die prys vir meeste drieë gedruk deur ‘n skolespeler in die Wes-Kaap in die 2019-seisoen met 20 drieë en 100 punte. Beide speel in die skool se eerste rugbyspan.
Jaco Oosthuizen, mnr. Tony Stoops en Invano Jonkers.
AWSUM NEWS SEPTEMBER 2019
Page 9
HTS BELLVILLE
(t) 021 948 6951/2/3 (e) info@htsbellville.co.za
EBEN DÖNGES HOËRSKOOL
(t) 021 9887430 (e) head@edonges.org.za
Sports Awards and Gala Evening
Ondersteuning teen mishandeling
On Friday, 23 August 2019, we had our very first SPORTS AWARDS AND GALA EVENING at Bellville Technical High School. All our Sports awards winners, sponsors, coaches, and parents were invited to this glamorous evening where they were served a delicious two course meal and refreshments while the awards ceremony was taking place. One of our Hatties bands also kept our guests entertained throughout the evening. It is with great pride that we would like to share some of our highest awards sports prize winners with you! Congratulations to all our sports stars! We are immensely proud of you!
Eben Dönges leerders en leerkragte dra pers strikke vir die ondersteuning teen mishandeling van vroue en kinders.
HOËRSKOOL BRACKENFELL (t) 021 981 5522 (e) staff@brackenfellhs.co.za
HOËRSKOOL DF MALAN (t) 021 948 8781/2/3 (e) isentrum@dfmalan.com
Brakkies skitter by Eisteddfod in Musiek en Dans
Wes-Kaap Landloop
Ons is trots op nog vier leerders van die Hoërskool Brackenfell wat geskitter het by die jaarlikse Tygerberg Eisteddfod. Marius van Schalkwyk en Lisemi Booi (albei graad 9-leerders) is aangewys as die wenners vir Hip Hop in die dans-kategorie. Jeandré Groenewald is aangewys as wenner van die Sangsolo. Raylene Abrahams is announced as the winner of the graad 12 Solo. Baie geluk aan hierdie leerders met hul uitstekende prestasies.
Curtis Booysen en Marcelle Pakendorf het die naweek van 30 Augustus - 1 September aan die Wes-Kaap Landloop-kampioenskappe in die Strand deelgeneem en baie goed presteer. Curtis het die 32ste en Marcel die 13de plek behaal. Baie geluk aan hierdie twee DF-ambassadeurs, julle maak ons baie trots!
Raylene Abrahams
Marius van Schalkwyk en Lisemi Booi.
Page 10
Jeandré Groenewald
AWSUM NEWS SEPTEMBER 2019
DURBANVILLE VOORBEREIDINGSKOOL (t) 021 975 1125 (e) info@dvprep
WP Biathlon Tweekamp
Kaapstad Eisteddfod: Jani Schultz
Anja de Villiers en George Stapelberg het aan die WP-tweekamp kompetisie deelgeneem wat op Saterdag die 24ste Augustus plaasgevind het. Hulle ontvang onderskeidelik ‘n brons en silwer medalje.
Jani Schultz het ‘n eerste plek behaal by die Kaapstad Eisteddfod. Sy ontvang ‘n diploma en honneurs vir die 0/7 dans-kategorie. Baie geluk!
George Stapelberg en Anja de Villiers.
Wilson Tennis Toernooi: Femke Smit Femke Smit het aan die WP Wilson Tennis Toernooi deelgeneem. Sy het ‘n 2de plek in haar kategorie verower en ontvang ‘n silwer medalje.
Cape Town Acrobatic Dance Festival The Cape Town Acrobatic Dance Festival took place on Saturday 31 August 2019. Paige van der Merwe and Lara Sowden participated. Paige was placed first in her duet and group dances. She received two certificates, two medals and a trophy for her outstanding results. Lara achieved first place in her trio and second place in both her solo and group dances. She received three certificates and three medals for her outstanding progress.
Lara Sowden and Paige van der Merwe.
LAERSKOOL FANIE THERON (t) 021 988 7490 (e) info@fanietheron.co.za
KSA Kaapstad Streek Karate Kampioenskap Ruan Potgieter in Gr 3A1 het op Saterdag 7 September 2019 aan die KSA Kaapstad Streek Karate Kampioenskap deelgeneem en ‘n Brons medalje vir Kumite gewen. Ruan is ook ingesluit in die KSA WP Karate Span. Ruan sal die WP verteenwoordig by die KSA Wes-Kaap Karate Kampioenskap wat einde November plaasvind.
U/11A Netball Our U/11A Netball Team has qualified for the WP Netball Play-offs who played on 21 September at De Kuilen High School! Our best wishes accompany Mrs Maartens and her team! Go Fanie Falcons Go!
AWSUM NEWS SEPTEMBER 2019
Page 11
DURBANVILLE
TYGERVALLEY
Unit 1, 6 New Street, Durbanville 010 005 5149 | 060 572 5679 durbanville@carservicecity.co.za Book Online: www.carservicecity.co.za
9 Willie Van Schoor Drive, Bellville, 7530 021 945 2535 | 021 917 1931/2 | 071 857 6100 tygervalley@carservicecity.co.za Book Online: www.carservicecity.co.za
LAERSKOOL BRACKENFELL (t) 021 981 2141 (e) admin@brackenfellps.wcape.school.za Sewestoernooi Laerskool Brackenfell se o.10-o.13A-rugby en –netbalspanne het op Saterdag, 31 Augustus 2019 aan Laerskool Mikro se jaarlikse Sewestoernooi deelgeneem. Ons Brackies het besonder goed in albei sportkodes presteer en het selfs ‘n paar trofees verower. Ons o.10A-, o.12A– en o.13A-netbalspanne het die trofee in hul ouderdomsgroepe gewen en het met goue medaljes weggestap, waar ons o.11A-netbalspan net-net teen Laerskool De Kuilen in die plaat- finaal verloor het en ‘n silwer medalje verower het. Ons o.10A-rugbyspan het ongelukkig teen Eikestad in die trofee-finaal verloor en het met die silwer medalje weggeloop. Ons is trots op al ons Brackies!
LAERSKOOL MIKRO (t) 021 903 2126 (e) mikro@iafrica.com Elto Towers 7’s Rugby- en Netbaltoernooi Laerskool Mikro het op Saterdag, 31 Augustus 2019, vir die 19de agtereenvolgende jaar die jaarlikse 7’s Rugby- en Netbaltoernooi aangebied. Elto Towers het dit vanjaar geborg. 17 skole (38 netbal- en 44 rugbyspanne) het deelgeneem aan dié spogtoernooi wat net gewilder raak. Laerskool Mikro se O/11A-netbalspan was die algehele wenner.
Laerskool Mikro se O/10A-Sewes rugbyspan was die naaswenners in die plaatafdeling.