Northern Suburbs(July 2018) Primary - High Schools

Page 1

NORTHERN SUBURBS

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

JULY 2018 www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705

LIKE & FOLLOW

awsum_news AWSUM Northern Suburbs

FRESH EGGS NOURISH THE MIND WHEELS LATEST SCHOOL NEWS FOR THE FOODIES PIZZA

FASHION

WRAP IT UP!

FREE / GRATIS


Foto: Caesarstone

Jean de Villiers is Suid-Afrika se 54ste Springbok kaptein en ‘n baie belangrike leier vir Suid-Afrikaanse Rugby. In 2014 raak Jean die 5de speler wat 100 toetse vir Suid Afrika speel en was twee keer SA rugbyspeler van die jaar benoem (2008 en 2013). Jean tree uit in 2016 maar los ‘n wonderlike nalatenskap vir Suid-Afrikaanse rugby. Deesdae kan die ou Spirngbok steeds op TV gesien word as ‘n SuperSport aanbieder. AWSUM het vir Jean ‘n paar vrae gevra net voor die Hoërskool Gimnasium Paarl en Paarl Boys High interskole wat 30 Julie tot 4 Augustus in die Paarl afspeel. Jy was in Hoërskool Gimnasium Paarl, hoe het die skool jou rugbyloopbaan beïnvloed? Ek het groot geword in ‘n huis waar rugby altyd relevant was. Van kleintyd af wou ek rugby speel en Paarl Gim het my blootgestel aan rugby. Die feit dat ek op ‘n redelike groot platform kon speel, veral met interskole, het my gehelp om later professioneel te speel en natuurlik op ‘n baie groter platform te speel. Paarl Gim het ‘n groot invloed gehad daarop en ook die afrigting wat ek gekry het van ‘n jong ouderdom af totdat ek klaar gemaak het, was ook baie belangrik vir my.

As ‘n hoë profiel speler, hoe hanteer jy die aandag en roem? Dis moeilik. Die belangrike ding is om nie jouself te sien as iemand wat belangrik is of belangriker is as iemand anders nie en mense met respek te hanteer. In my geval het dit stadig gegroei en later word dit meer en meer en saam met dit groei jy as mens ook. Ek dink elke liewe persoon word maar gedefinieer oor wie hulle is en nie wat hulle is nie of watter trui hulle aantrek nie. Dit is ‘n belangrike begin punt vir enige iemand om mense met respek te hanteer, maak nie saak wie hulle is nie en hopelik ontvang jy respek terug.

Beskryf asb vir ons lesers die gevoel om teen Paarl Boys’ High te speel in die grootste interskole ter wêreld. Ek dink elke jaar bou dit op tot interskole en die wete dat interskole baie belangrik is. Ek het altyd baie trots daarin gehad om goed te doen by interskole. Ek was bevoorreg om in my hele skoolloopbaan net een keer teen Boys High te verloor, en dis defnitief iets waaroor ek baie trots is.

Vertel asseblief vir ons oor jou lewe na rugby. Supersport is ‘n goeie manier vir my om nog steeds betrokke te bly by rugby sonder die druk van ‘n speler of afrigter. Ek geniet dit. Rugby is absoluut my passie. Ek is voltyds aangestel by Citadel Wealth Management en Supersport is net iets wat ek op die kant doen. Die realiteit is rugby hou op en jy het nog ‘n baie lang lewe oor na dit. Ek is net baie bevoorreg dat ek geleenthede gekry het na rugby en ‘n nuwe loopbaan kon bou.

Vertel ons bietjie van jou familie en kinderjare. My pa het ook vir WP rugby gespeel en ek het defnitief in ‘n huis grootgeword waar daar baie rugby mense deur is. Ek kan nie regtig ‘n tyd in my lewe onthou waar rugby nie daar was nie. Ek was bevoorreg om eerstespan by Paarl Gim, Cravenweek en SA 19’s saam met my broer te speel in dieselfde jaar en dit is ook iets waaroor ek baie trots is. My ma was ook baie sportief. Sy was aanvanklik ‘n onderwyseres by Hoër Meisieskool La Rochelle met ander woorde ons het baie tyd op La Rochelle se sportvelde spandeer en het baie sportliefhebbers in ons familie. Wanneer het jy besluit jy wil ‘n profesionele rugbyspeler word? Ek dink nie dis rerig ‘n besluit wat jy neem nie, dis maar ‘n voorreg wat jy kry op ‘n stadium en die belangstelling moet daar wees. Ek het altyd gehoop om eendag vir Suid-Afrika te speel nog voordat rugby professioneel geraak het. Ek was bevoorreg om in die middel van my matriek jaar ‘n kontrak van die WP te ontvang en was basies ‘n professionele speler sedert die laaste paar maande van my matriek jaar. Hoe sal jy dit beskryf om in ‘n Wêreldbeker toernooi te speel? Ek is baie bevoorreg om gekies te word het vir vier wêreldbekers. Dit is die grootste platform wat ‘n rugbyspeler op kan deelneem en ‘n baie groot voorreg. Ongelukkig het ‘n wêreldbeker maar gewoonlik vir my bietjie sleg uitgedraai weens beserings. In 2003 het ek beseer geraak voordat ons vertrek het maar dit was ‘n hoogtepunt vir my om in 2015 die span as kaptein te kon lei en om deel te gevorm het van die 2007 span wat die wêreldbeker gewen het. Dit was weereens ‘n voorreg wat nie veel mense al ervaar het nie. Buiten beserings, wat in jou rugbyloopbaan was nie so aangenaam nie? Ek dink die beserings is maar die een ding wat baie uitstaan en die verlange na jou familie. As gevolg van toer saam die span mis mens jou kinders se mylpale. Dit is teleurstellend om juis dit op te offer, maar die voordele wat jy het as rugbyspeler is meer as die nadele. Defnitief daardie mylpale wat ek gemis het is iets waaroor ek spyt is en seker ook die feit dat ek nie my graad klaar gestudeer het op universiteit nie. Ek dink dit is iets wat baie belangrik is maar as ek my lewe kon oorhê sou ek verseker dit verander het.

Editorial team

Advertising

Designers

Pieter Brand | 076 026 3250 pieter@tiemedia.co.za Elsa Lombaard | 079 767 2638 elsa@tiemedia.co.za

Aniena Keller Nadia Matthee Ruveix Venter Coordinator Zinta Visser Andre Hanekom Distribution Yolande Brittnell Steyn

Distribution AWSUM News is distributed to the following schools in Northern Suburbs: Primary Schools: Bellville-Noord, De Tyger, Kenridge, Eversdal, Welgemoed, De Kuilen, Brackenfell, Mikro,

Enige ander sport wat jy geniet? Ek het provinsiaal geswem, van die ouderdom 7 tot omtrent 16. Ek was eerstespan krieket kaptein en ek het tweekamp provinsiaal gedoen. Ek het maar alle sporte probeer selfs atletiek. Ek verkies maar die spansport maar rugby is die een wat nog altyd uitgestaan het. Wat is jou wens vir SA rugby? My wens is dat hulle weer nommer een sal raak, dit is maar almal se droom om die beste te wees. Die mense weer die trots in die springbokspan kan sien en kan voel. Rugby het so baie al gedoen in die verlede, en partykeer word mense baie negatief oor rugby maar ek dink nie dis nodig nie. Ek dink ons vat sport partykeer te ernstig op, so my wens sal wees dat die mense net die bokke kan ondersteun en dat die Springbokke weer nommer een raak. Wat was die hoogtepunt van jou loopbaan? Daar is nie baie mense in die wêreld wat al 100 toetste gespeel het nie, dit is redelik spesiaal. My 101ste toets was op Nuweland teen Australia en ek het twee drieë gedruk. Ons het die wedstryd gewen en ek kon met my twee dogtertjies uitdraf. My vrou was daardie stadium verwagtend met ons seuntjie. My ouers, my broer en my vriende was almal daar en dit was net ‘n kombinasie van alles waarvoor ek voor lief is op een dag. Wat is jou toekomstige droom vir jou loopbaan. Wat sal jy nog graag wil bereik? Ek wil suksesvol wees in die lewe na rugby. Om ‘n goeie pa en ‘n goeie man vir my vrou te wees is iets wat belangrik is. Om ‘n verskil in mense se lewens te kan maak. Ek het daardie platform gehad as springbok rugbyspeler en ek dink die verantwoordelikheid as Suid-Afrikaner is om jou deel te doen om SA ‘n beter plek te maak. Hopelik kan ek dit ook doen.

Durbanville Voorbereidingskool, Bellpark, Edgemead. High Schools: Bellville, Durbanville, The Settlers, DF Malan, HTS Bellville, Brakenfell, Stellenberg, De Kuilen. AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za

Foto: Shoestring Productions

Page 2

AWSUM NEWS JULY 2018


Pizza Haal uit

Wat is nodig?

Kapplank Groentemessie, vurk Knoffeldrukker Kastrol Blikoopmaker Meetlepels Meetkoppies Houtlepel Skeplepel Koekroller 2 Bakplate Vatlappies Slaplemmes, houtbord Pizzawieletjie of skerp mes

15 ml margarien of botter 1 ui, gekap 1 knoffelhuisie, gekneus 1 blik (400 g) gekapte tamaties 3 ml origanum 2 ml sout 1 knippie peper 250 g witbrooddeeg of 2 gekoopte pizzabasisse 250 ml gerasperde mozzarellakaas 125 ml gekapte ham of koue vleis 250 ml pynappelstukkies

Maak die tamatiesous

Maak die pizzabasisse

1 Skakel die stoofplaat aan op matige hitte. Sit die kastrol op die stoofplaat, skep die margarien of botter in en laat dit smelt. 2 Soteer die ui en knoffel in die margarien of botter tot sag. 3 Voeg die tamaties by en bring tot kookpunt. Skakel die plaat dan aan op lae hitte. Laat dit 15-20 minute met die deksel skuins op, kook. 4 Voeg die origanum by, roer en laat 3-5 minute kook. Geur met die sout en peper. Skakel die plaat af.

1 Knie die deeg deur dit op die werkoppervlak te druk en te trek totdat dit glad nie meer aan jou hande vassit nie. Deel dit in 2 gelyke dele. 2 Strooi ’n bietjie meelblom op ’n skoon werkoppervlak en rol 1 stukkie deeg in ’n balletjie. Druk dit plat en rol dan met ’n koekroller heen en weer daaroor tot dit ’n ronde plat pizzabasis vorm. Strooi gereeld ’n bietjie meel op die oppervlak en koekroller om te voorkom dat dit vassit. 3 Strooi ’n bietjie meelblom op ’n bakplaat en plaas die pizzabasis daarop. 4 Maak ’n tweede pizzabasis op dieselfde manier (stap 2-3).

Maak die pizza 1 Skakel die oond aan op 220 °C 2 Skep ’n dun lagie tamatiesous op elke uitgerolde (of gekoopte) pizzabasis met die skeplepel. Hou die buitenste randjie van die pizzabasis skoon. 3 Strooi gelyke dele kaas oor elke pizza. Verdeel die ham en pynappel in 2 en rangskik dit op die pizzas. 4 Sodra die oond warm genoeg is, bak 1 pizza 10-15 minute lank of tot die kaas begin borrel. 5 Maak die oond versigtig oop en staan effens weg om die stoom te laat ontsnap. 6 Haal die bakplaat met vatlappies uit die oond en sit dit op ’n houtkapplank. Plaas die bakplaat met die tweede pizza in die oond. 7 Maak die eerste pizza los van die bakplaat met die slaplemmes. Laat dit afgly op ’n groot houtbord en sny in skywe met die pizzawieletjie of skerp mes. 8 Haal die tweede pizza uit die oond wanneer gereed en doen dieselfde. Skakel die oond af.

Klein Kook & Geniet is ‘n eg Suid-Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdomme. Kook & Geniet se kleinsus is terug! Propvol staatmakerresepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg.

The Complete bathroom package: • Onsite consultations • Unique design ideas • Extensive showroom


FASHION

So it’s back to school but, hey, who said you can’t look and feel totes snatched once that uniform’s off? Pepe Sofianos is all for wrapping up in warm stuff and heading out with your squad.

Use a spoolie brush to comb your brows up to see where they need to be filled in, starting from the front working towards the end. Use a powder or pencil to fill in with short light feathery strokes to shade in sparse spots. The kit: Rimmel Brow This Way 3-in-1 Ultra Soft Powder, R99.95 or Maybelline Brow Satin Duo Pencil & Filling Powder, R109.95.

1.

STEP 2: ADD DETAIL

2.

Add a bit more fullness to the front for that signature Kylie thickness, and also add more density to the arch, sloping down to define the tail end with a chubby crayon. The kit: Revlon Colorstray Brow Crayon, R185 or Rimmel Brow This Way Brow Pomade, R99.95.

STEP 3: SET IT Comb brows again to lock them in place with a setting brow gel plus you get even more fullness and a super sheen. The kit: Essence Lash & Brow Transparent Gel Mascara, R44.95 or Rimmel Brow This Way Brow Styling Gel with Argan Oil, R94.95.

3.

STEP 4: LIGHT IT To get a really crisp and clean finish use a highlighting pencil to draw a line directly above and below your brow line and blend it with your finger. That’s it --- you’re good to go! The kit: Rimmel Brow This Way Highlighting Pencil, R84.95 or Maybelline Brow Precise Perfecting Highlighter, R129.95.

4.

He’s got it all and more...Leonardo di Caprio ticks the boxes for style and comfort while being hot on trend with his puffer jacket and backpack.

STEP 1: FILL IN.

I’M LOVING… ...beanies, backpacks, work boots and puffas. These are the four staples of winter you can’t live without --- that’s what your world is all about RN.”

@ PEPE SAYS PUFF AWAY

Must have. Gotta

have.

ve.

a ha Wann

YAAAS!

It’s the puffa!

The puffer jacket is not new but dude, it’s the badass one and only cover-up you need when it’s chills out there. It goes with anything, takes you anywhere and suits anyone. Street stylers love them and celebs live in them because they are fashion, function and fun all rolled into one big beautiful wrap-up jacket.

Pick a PUFFA --- Kahaki with furry trim, R499.99, The Fix; Camo jacket, R299.95, Ackermans; Navy puffa, R 899, Identity.

TREND ALERT!

A backpack is one of life’s little necessities.

Well who else? Obs it’s KoKo who is known for her passion for heels but when it comes to all-out laid back looks she loves stepping out in her fave work boots.

If you’re going to peep out from under a beanie, you want your brows to be as eye-popping as Kylie Jenner’s. High, wide and wonderful, they’re definitely enviable. Here’s how to do it the easy way using the latest brow beating goodies.

Rihanna is a big-time fan of beanies and she has even been spotted wearing one on a night out at a super-cool Hollywood restaurant!

WRAP IT UP! JUST BROWSING

BEANIES ARE THE BOMB!

Wherever you look there isn’t a pop star or celeb who hasn’t sported THE winter fashion accessory... the old school beanie! Even Prince Harry’s missus, Meghan Markel, (pictured here) has a whole wardrobe of them. Top up yours now with a slouchy or a pom-pom, or both.

WORK BOOTS are where it’s at.

OK so if you have the moollah (or your birthday is coming up, nudge-nudge, wink-wink, folks!) you can splurge on the ultimate work boots from Timberland for R 2700. These iconic unisex boots beloved by everyone just slay it. Or you can check out these other options. Make way for the workers

• Guys: Blue boots, R179.95, Ackermans. • Girls: Stone boots, R300, H & M.

• Guys Blue ribbed, R30 and slouchy green, R59.99 both Mr Price; grey ribbed, R60 H & M; dark fancy knit, R140, Identity. • Girls Orange pom-pom R79.99, The Fix; black looped, R69.99, Mr Price; grey velour, R69.95 and fancy ribbed, R49.95, both Ackermans.

* All prices are correct at time of going to print. Merchandise from selected stores. Stocks may be limited.


LAERSKOOL BELLVILLE-NOORD Welkom aan ons studente Ons kry vanjaar twee groepe studente wat gevra het om hul praktiese ondervinding by ons op te doen. Hier is die eerste groep van 6 studente. Twee hiervan is oud-leerlinge. Welkom julle.

(t) 021 948 3654 (e) lbnoord@bnprim.co.za

Wakkerbly pret! Die OOV (Oueronderwysersvereniging) het weer ‘n uiters gewilde Wakkerbly aangebied vir die graad 5 tot 7’s. Van die aktiwiteite wat deur die nag aangebied was was ‘n skattejag met flitse in ‘n donker skoolgebou, sokker-en netbaltoernooi, bondelsports en ‘n paar flieks wat ‘n paar heeltemal uitgevang het met hul vermoë om wel wakker te bly. Die snoepie het ook goed sake gedoen. ‘n Hele paar ouers het met toesig kom help, asook onderwysers en die onderwysstudente.

Opgewonde leerlinge vir die deurnag “pajama-partytjie”.

Kosse van ander kulture Mnr. Henk van Greunen (onderwysstudent en oudleerling) skink druiwesap tydens ‘n praktiese les waar die graad 4’s kosse van verskillende kulture kon proe (PSW) asook voorbeelde van kosprodukte wat in die SWhandboek genoem word (o.a Atchar) wat vanaf plase kom.

KENRIDGE PRIMARY SCHOOL

(t) 021 976 3046 (e) janine.eagles@kenridge.org.za

Kenridge Winter Sports Tour 105 very excited KPS learners went on a rugby, netball and hockey tour from 18 -22 July. The 1st teams played matches in George and Port Elizabeth and the B teams played in Swellendam, Mossel Bay and George. A great time was had by all!

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 5


HOËRSKOOL BRACKENFELL (t) 021 981 5522 (e) staff@brackenfellhs.co.za Hoërskool Brackenfell se Toneelgroep skitter by Tygerberg Nasionale Eisteddfod Hoërskool Brackenfell se toneelgroep het onder leiding van Me. Denise Bester en Me. Gezania de Jongh deelgeneem aan die Tygerberg Nasionale Eisteddfod met die produksie Die Avonture van Tyl Uilspieël. Baie geluk aan hierdie groep leerders wat uitgeblink het deur die toekenning te verwerf vir Beste Ensemble. Hierdie leerders neem ook op 29 Augustus 2018 deel aan die ATKV-kompetisie by Hoërskool Durbanville. Hoërskool Brackenfell is baie trots op hierdie leerders se pragtige prestasie!

Die toneelgroep is: Ian Moss (gr. 8), Jurie Schutt (gr. 8), Dean Lange (gr. 9), Jeandré Groenewald (gr. 9), Connor Naldrett (gr. 10), Marianca Roelofse (gr. 10), Ashley Smith (gr. 10), Simoné Smit (gr. 11), Enrique De Villiers (gr. 11), Charlotte Du Plessis (gr. 11), Chanell Steyn (gr. 11) en Rogini Naidoo (gr. 12).

HOËRSKOOL DF MALAN (t) 021 948 8781/2/3 (e) isentrum@dfmalan.com JSE beleggingskompetisie Elke jaar bied die JSE ‘n beleggingskompetisie aan waartydens leerders deur die koop en verkoop van aandele teen mekaar deelneem. Die kompetisie word in 3 portefeuljes geloods, naamlik “Income” (Lae risiko beleggings), “Equity” (aandeelbeleggings) en “Speculator” (hoërisiko-beleggings). Die kompetisie strek van Maart tot September. Die hoofkompetisie word onderverdeel in 6 maandkompetisies. Vir die maand Junie / Julie het die DF-groep (MJJJ) gewen. Hul het ‘n gemiddelde groei van 8,5 persent oor hierdie tydperk gehandhaaf.

Die groep bestaan uit Julia Roelofse, Jessica Smith, Jaco Wagenaar en Marle Cooper.

Page 6

AWSUM NEWS JULY 2018

Trots op Ashleigh! Ashleigh Maart (graad 11) is ‘n leerder wat vanaf ‘n baie jong ouderdom ‘n passievolle danseres is. Sy het in September 2017, vir die derde keer sedert 2013 vir SA-kleure gekwalifiseer om in Kroasië by die Wêreld Finale Hip Hop-kompetisie met haar dansgroep, Basic Black, te dans. Die kompetisie is vanaf 19 Mei – 30 Mei in Porec, Kroasië aangebied. Basic Black het stof in die ander 27 kompeterende lande se oë geskop deur ‘n eerste plek te verower en ook die titel as die Wêreldkampioene 2017/2018 ontvang. Ashleigh het al Suid-Afrika in Kopenhagen, Denemarke en in Rimini, Italië, verteenwoordig! Sjoe, Ashleigh! DF is trots op jou! Baie geluk met jou puik prestasies.


HOËRSKOOL DURBANVILLE (t) 021 976 3188 (e) admin@durbanvillehs.co.za Durbies koor wen goud by Wêreldspele Hoërskool Durbanville se koor het tydens die skoolvakansie aan die 10de Koor Wêreldspele deelgeneem. Die Durbanville Koor het aan die hoogste kategorie, die Champions Competition, deelgeneem in twee kategorieë. Durbanville het Vrydag 6 Julie 2018 aan Music Sacra with accompaniment deelgeneem in die St. Alban’s katedraal en het ’n goue medalje in hierdie kategorie gewen. Die Durbies Koor het Saterdag 7 Julie 2018 aan die Music of spirit and faith deelgeneem in die ZK Matthews ouditorium by UNISA en het hier ook ’n goue medalje gewen. Baie geluk Durbies en al ons Durbies personeel, wat betrokke was, veral Mev. Maria Rademan-Viviers, ons is baie trots op julle!

Durbies presteer by SA Topskole netbal Vanjaar is waarlik ‘n puik jaar vir Durbies Netbal. Durbanville se o16A netbalspan het die afgelope naweek die Wes-Kaap verteenwoordig by die SA Topskole netbaltoernooi in Boksburg. Die Durbies het goed gevaar in die uitspeelrondes en die volgende skole geklop: • vs Ben Vorster wen 8-6 • vs Ligbron wen 15-5 • vs Framesby wen 16-8 • vs Eldoraigne verloor 12-16 (algehele wenners) In die uitspeelrondtes klop ons Oranje Meisies, maar verloor ongelukkig teen Affies. Durbanville eindig algeheel 6de by hierdie nasionale netbalkompetisie. Baie geluk aan ons Durbies en hul afrigters met hierdie puik prestasie, ons is trots op julle!

Netbal o16A & Netbal SA Topskole o16 (Courtney Hickson). Esthian Korb, Mev. Maria Rademan-Viviers, Lerie Tredoux.

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 7


THE SETTLERS HIGH SCHOOL

(t) 021 948 6116 (e) info@settlers.org.za

Annual Fairmont / The Settlers Contact Spirit Day Theme: Heroes & Legends

LAERSKOOL EVERSDAL

(t) 021 976 8134 (e) info@eversdal.org.za

World champions! The senior choir of Eversdal Primary School participated in the World Choir Games held in Pretoria during July. The World Choir Games is the world’s biggest choral competition for unprofessional choirs, based on the Olympic ideals. There are different categories. This year the senior choir of Eversdal was invited to participate in the 10th biennial competition in the category for young, inexperienced choirs – inexperienced, only because this was their first participation in this competition, but surely not because they have not won other significant choir competitions before! Great was their excitement when they walked away with gold as winners of their category! Miss Madri Gerber took over from Mrs Petro Bell as conductor last year. Mrs Marna Prozesky was the accompanist. The members of the choir did not only sing when they were in Pretoria. Luckily there was also some time for a few excursions. One of their outings was to the statue of Mr Nelson Mandela at the Union Building in Pretoria.

Premier besoek Eversdal Die premier van die Wes-Kaap, mev. Helen Zille, het op 26 Augustus Laerskool Eversdal besoek. Sy het die Evers in hulle klasse waargeneem om te sien hoe vaardig laerskoolleerders is met die inspan van tegnologie as hulpmiddel om die kurrikulum te bemeester. Op die foto besoek sy mev. Eloïse van Heerden se gr. 1-klas en hierdie klein Evertjies het haar voorwaar beïndruk met hulle vaardighede. Mnr. Henk Arangies, die skoolhoof, het haar vergesel.

Evervaria Die Evers het tydens die onlangse Evervaria kans gekry om hulle talente te vertoon. Die vaardighede van die jong kunstenaars was indrukwekkend. Daar was 25 items en die uiteindelike wenners van die onderskeie kategorieë spog op die foto met hulle toekennings.

Page 8

Voor: Stephan Strydom, Kirsten Swart, Diané Lourens, Luan Strydom, Ethan Slabber. Agter: Esther Smit, Mnr. Henk Arangies (skoolhoof), Zandri van der Nest, Ameli Raats en Marné van der Merwe.

AWSUM NEWS JULY 2018

Helen Zille besoek hier mev. Eloïse van Heerden se gr. 1-klas en hierdie klein Evertjies het haar voorwaar beïndruk met hulle vaardighede. Mnr. Henk Arangies, die skoolhoof, het haar vergesel.


LAERSKOOL BELLPARK (t) 021 919 0002 (e) admin@bellpark.co.za Behind The Mask - Tygerberg Kunstefees Bellpark Primary School Art Eisteddford, we hope for the best!

LAERSKOOL DE TYGER

(t) 021 930 2829 (e) lsdetyger@telkomsa.net

Sangtalent Mnr. Smit en juf. Esme Hills saam met Niel van der Colff, Carla Jacobson, Alain Basson en Emmilie Uys wat as lede van die Tygerberg kinderkoor gekroon is as wêreldkampioene by die World Choir Games in Pretoria tydens Julie-skoolvakansie. De Tyger is baie trots op julle!

WP Cravenweek Hanré Jordaan was deel van die WP span wat aan die O/13 Cravenweek deelgeneem het. Ons is super trots op hom wat ‘n drie gedruk het!

HTS BELLVILLE (t) 021 948 6951/2/3 (e) info@htsbellville.co.za HTS Bellville U16 rugby team showing potential As the end of the 2018 schools rugby season draws near, it is good to see how our juniors are starting to step up to the challenges of senior rugby. The U16A team under the leadership and coaching of Hattie old boy, Lance Antonie (Head Coach) and Lincoln Pasqualie (Assistant coach) have proved that the best is yet to come for Dragons rugby. The team consists of extremely talented players and they have been walking the extra mile during school holidays, practicing and keeping fit, which are very inspirational to all the other sport groups at BTHS. We wish them well for the rest of the season!

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 9


LAERSKOOL MIKRO

(t) 021 903 2126 (e) mikro@iafrica.com

Nuwe kantoorblok Die nuwe kantoorblok is op 24 Julie 2018 ingewy.

Rugby Ons 0/9A en 0/11A rugbyspanne het tydens die vakansie aan die Kyknet Rugbyramme se finale deelgeneem in Bloemfontein by Grey Kollege.

LAERSKOOL DE KUILEN (t) 021 903 4160 (e) admin@dkps.org.za De Kuilen Primary School boasts with their Western Province rugby and netball stars Kaylen Knoetze was selected for the U /13 Netball Disa Team to play at the Cape Town Promary Schools Inter District Netball Tournament in Wellington from 12 – 14 July 2018. Zeeq January was selected for the U/ 13 WP Craven week team. Their tournament took place in Kimberley during the June holidays. Well Done to both of them. They made De Kuilen proud.

Page 10

AWSUM NEWS JULY 2018

De Kuilen se monitors reik uit Op 1 Junie 2018 het Laerskool De Kuilen se 16 Graad 7 Monitors ‘n besoek aan die Alta Du Toit skool gebring. Die leerders het nie-bederfbare produkte ingesamel en na die skool geneem om hulle skoolprojek te ondersteun. Ons monitors het ook lekker interessante aktiwiteite saam met hulle leerders gedoen. Dit was ‘n lekker oggend van deel, omgee, speel en leer. Ons skool se waarde hierdie kwartaal is verantwoordelikheid. En ons leerders het ook ‘n verantwoordelikheid om anderse se lewens bietjie op te helder en te ondersteun.


LAERSKOOL BRACKENFELL (t) 021 981 2141 (e) admin@brackenfellps.wcape.school.za Netbal Die O/12A-netbalspan is gereed om te vertrek na die SA kampioenskappe in Bloemfontein. Hoërskool Brackenfell is net so trots op die span. Ons waardeer die hoërskool se skenking van die pragtige ligblou bostukke ontsettend baie! Die beamptes wat die span vergesel is me. Beulah Brand, me. Elfrede Olivier en me. Joné Breedt.

Gr. 4 Wiskunde

Mandela dag!

Gr.4 A3 doen simmitrie vir Wiskunde. Pragtige werk!

Ons skool was die gelukkige ontvangers van skryfbehoeftes vir Gr R en 1. Die pakke is geskenk deur Ribbens Office National op Mandela dag! Dankie aan Ribbens Office National en Bokradio wat kinderharte op Mandela dag verbly het!

HOËRSKOOL DE KUILEN

(t) 021 903 5121 (e) info@dekuilen.com

Netball Loughborough touring team from England visited De Kuilen 24 July for a friendly Netball Match.

Rugby Dit was ‘n mistige môre toe Hamlets by ons kom kuier het. Die u14’s het egter reggestaan vir die manne, en ons het lekker rugby gesien. Die o.15A’s het daarna gespeel en net na hulle die o.19B. ‘n Heerlike oggend van prag rugby.

EDGEMEAD PRIMARY SCHOOL (t) 021 558 1007 (e) principal@edgemeadprimary.co.za Mini World Cup u11 Luca (Gr.5) and team, many from Edgemead Primary, came second in the Mini World Cup u11, that they recently attended.

Honours for Modern Dance

Soccer Well done to Callum and Revo (both Gr.1) who won a Mini World Cup Blue Zone Soccer Tournament at Holy Cross in Bellville.

Well done to Kyra (Gr.3) who took part in the Bergvliet Dance Festival over this past weekend and achieved Honours for Modern Dance in her age category. This is a fantastic achievement!

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 11


DURBANVILLE VOORBEREIDINGSKOOL (t) 021 975 1125 (e) info@dvprep 2018 Rugby Rammetjies toernooi wenners! Durbanville Voorbereidingskool wen die 2018 Rugby Rammetjies toernooi in Bloemfontein. C2M is die trotse borg van hierdie wenspan wat met soveel entoesiasme deelgeneem het aan die toernooi.

LAERSKOOL WELGEMOED Biathle uitblinkers Leonardo van der Werf en Imke Els het die afgelope skoolvakansie deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Biathlekampioenskappe in Port-Elizabeth. Leonardo behaal ‘n 4de plek in die o.15 afdeling en Imke behaal 7de en 3de plek vir o.11 biathle en triathle onderskeidelik. Beide word opgeneem in die nasionale span wat in Oktober aan die wêreldkampioenskappe in Egipte gaan deelneem. Baie geluk met hierdie uitmuntende prestasie en ons wens julle alle sterkte toe!

C2M @ Rugby Rammetjies Toernooi in Bloemfontein As deel van die Durbanville Voorbereidingskool se onder 9 Rugby Rammetjies Toernooi wat in Bloemfontein plaasgevind het, het die span Vrystaat Stadium besoek. Die jong spelers het oorgeloop van entoesiasme en die nommer 4 en 5 slot het selfs die Cheetahs se aantrekkamer besoek. As borg is dit vir Carel Bester en C2M heerlik om te deel in die jong span se vreugde.

(t) 021 913 2104 (e) info@welgemoedprimary.co.za

Xavier excels ay Talent America During the July holidays, Xavier Strydom flew to New York to participate in Talent America, a showcase for discovering talent. Xavier did three performances in two categories, namely Broadway and Pop. He achieved fantastic success by placing first, second and runner up in his categories. The success continued when he received nine call backs from scouts and industry agencies on the back of his performances. He has received concrete offers for representation by a number of respected industry agencies, which are under consideration. He conducted himself in a very professional manner during a very gruelling week that lasted from early morning to late night. He was a true ambassador for his country, Welgemoed Primary, his coach Gerrida Dickason and his family. We are very proud of Xavier and wish him all the best in his future endeavours.

Tygerberg Kinderkoor Vier van Laerskool Welgemoed se leerders is het as deel van die Tygerberg Kinderkoor die afgelope skoolvakansie aan die World Choir Games 2108 in Tshwane deelgeneem. Hier volg hul uitstekende resultate: Gedurende week 1 is die koor aangewys as wêreldkampioen in die afdeling Children’s Choirs / Mixed Boys met n punt van 91.00%, asook wêreldkampioen in die Musica Sacra met n punt van 96,5%. In week 2 het die koor twee algehele derde plekke en 2 goue medaljes gewen in die afdelings Folklore (88,5%) en Pop Choirs (89,5%). Baie geluk aan die Tygerberg Kinderkoor en hul afrigters met hierdie ongelooflike uitslae. Imke Els en Leonardo van der Werf.

Page 12

AWSUM NEWS JULY 2018


HOËRSKOOL STELLENBERG Gholf Baie geluk aan Jemma Louw wat voor die vakansie in die WP-gholfspan opgeneem is. Sy het aan verskeie toernooie deelgeneem en het soos volg presteer: • SA Junior Kampioenskap vir meisies (Orkney): Speel in die B-afdeling en behaal ‘n 28ste plek. • WP Junior Kampioenskap vir seuns en meisies (Strand): Speel in die B-afdeling en behaal ‘n 5de plek. • WP Junior Kampioenskap vir meisies (Rondebosch): Speel in die B-afdeling en behaal ‘n 3de plek. Jemma, ons is sommer baie trots op jou en hoop dat dit die begin van ‘n wonderlike tyd in jou lewe sal wees!

(t) 021 919 1029 (e) admin@stellenberg.org.za

South African Maths Olympiad (SAMO) Round 3 Approximately 80 000 learners across the country take part in this Olympiad. If you achieve above 50% for round one, you can take part in round 2. From the results in round 2, only the top 100 juniors and seniors in the country are invited to write the final round. We are extremely proud to have five stars who made it to the final this year. Voor: Emil Schnabel, Christian van Heerde. Agter: JP Booysen, Jacques Wüst, Nicholas Sander.

S.A. O/16 netbal span Baie geluk aan Thamaga Photo wat gekies is vir die S.A. O/16 netbal span. Stellenberg is baie trots op jou.

HOËRSKOOL BELLVILLE (t) 021 948 1801 (e) general@hsbellville.co.za Koor wen by Wêreldkoorspele Die Hoërskool Bellville se gemengde koor, onder leiding van Hannelize du Plessis, het by die Wêreldkoorspele in Tshwane, Gauteng, met die louere as een van die beste gemengde jeugkore weggestap. Meer as 300 internasionale en nasionale kore het in Julie aan dié spele deelgeneem wat die grootste koorspele in die wêreld is. Dit was die eerste keer dat die Wêreldkoorspele in Afrika en in Suid-Afrika gehou is. Die toejuiging was oorweldigend toe die Bellville-koor deur top internasionale beoordelaars as die wenner van Kategorie O5 – Gemengde Jeugkore (Ope afdeling) - aangewys is. Die koor het met die ontvangs van ‘n goue diploma die 12 ander internasionale- en nasionale kore in die finale rondte uitgestof. Die koorlede het nié net die beoordelaars met hul meelewende sang bekoor nie, maar ook met die besondere gekoördineerde handeklapbewegings in een van die werke wat hul gedurende die optrede in die finale rondte uitgevoer het. Die koor se puik vordering word baie toegeskryf aan die professionele leiding van hul dirigent, mev. Du Plessis, wat ook deur die artistieke komitee van die Wêreldkoorspele genooi is om op hul paneel van top beoordelaars te dien.

Hoërskool Bellville se hokkiebokkies wen goud by Internasionale Hokkiefees Die Hoërskool Bellville se hokkiemeisies het met goue medaljes by die O.18 Kaapstad Internasionale Hokkiefees weggestap. Sowat 48 internasionale- en plaaslike O.18 seuns- en meisiespanne het van 18-22 Julie aan dié gewilde fees deelgeneem. Die Hoërskool Bellville-span se deursettingsvermoë is beloon toe hulle in die finaal van die Goue-afdeling met ‘n gedugte span van Windhoek Gimnasium afgereken het. Hulle het met 2 doele teen 1 gewen. Bellville se Doné Brand is as speler van die toernooi aangewys. Na afloop van die toernooi is Bellville tot die Groen-afdeling van die toernooi bevorder.

Doné Brand - speler van die toernooi.

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 13


entertainment

Showing: From 31 August 2018 Directed by: Genndy Tartakovsky. Produced by: Michelle Murdocca. Written by: Genndy Tartakovsky, Michael McCullers. Starring: Adam Sandler, Andy Samberg, Selena Gomez, Kevin James, David Spade, Steve Buscemi, Keegan-Michael Key, Molly Shannon, Fran Drescher, Kathryn Hahn, Jim Gaffigan, Mel Brooks. Summary: Join our favorite monster family as they embark on a vacation on a luxury monster cruise ship so Drac can take a summer vacation from providing everyone else’s vacation at the hotel. It’s smooth sailing for Drac’s Pack as the monsters indulge in all of the shipboard fun the cruise has to offer, from monster volleyball to exotic excursions, and catching up on their moon tans. But the dream vacation turns into a nightmare when Mavis realizes Drac has fallen for the mysterious captain of the ship, Ericka, who hides a dangerous secret that could destroy all of monsterkind. Genre(s): Animation. Rating: TBA

SHOWING SOON!

iTunes CHARTS

1

CHRISTOPHER ROBIN 03 AUGUST 2018

#1

Natural Artist: Imagine Dragons

#6

Youngblood Artist: 5 Seconds of Summer

#2

You Say Artist: Lauren Daigle

#7

Whatever It Takes Artist: Imagine Dragons

Birth name: Lauren Ashley Daigle Born: September 9, 1991 (Age 26, Lafayette, Louisiana) Genres: Contemporary Christian Music

#3

In My Feelings Artist: Drake

#8

Havana (feat. Young Thug) Artist: Camila Cabello

#4

Simple Artist: Florida Georgia Line

#9

Mercy Artist: Brett Young

#5

Level Up Artist: Ciara

#10 No Tears Left To Cry Artist: Ariana Grande

2

4

3

THE MEG 09 AUGUST 2018

STROOMOP 09 AUGUST 2018

5

ALPHA 17 AUGUST 2018

6

A.X.L. 17 AUGUST 2018

HOTEL TRANSYLVANIA 3:

MONSTER VACATION 31 AUGUST 2018


PRODUCTS & SERVICES STATIONERY

HEALTH & WELLBEING

FINANCIAL SECURITY

EXTRA-MURAL & HOBBIES

WHEELS

IN & AROUND THE HOME

HEALTH PROPERTY

WHEELS

ACTIVITIES

• Dr Janine Niegaardt • Dr Ian Heyns • Dr Sureta Wiese • Adri van Zyl (Oral Hygienist)

Trou Items, Foto Rame Skryfbehoeftes Verf & Crafts en vele meer! Tel: 021 903 9475 • Fax: 021 903 3714 Email: thewriteshoppe@gmail.com Shop No 3, Aroma Centre Van Riebeeck Road, Kuils Rivier

16 Kerk Str. - Kuilsrivier

16 Kerk Str. - Kuilsrivier

Tel: 021 903 2222 Fax: 021 903 5362

Adverteer in die volgende AWSUM Clashes uitgawes: Hoërskool Stellenberg VS Hoërskool Durbanville: 18 Augustus 2018 Hoërskool Brackenfell VS Hoërskool Tygerberg: 25 Augustus 2018 Stuur `n e-pos na sales@tiemedia.co.za

AWSUM NEWS JULY 2018

Page 15


WHEELS

BARLOWORLD

TOYOTA TYGERVALLEY

Kom besigtig en toetsbestuur die nuwe Toyota Rush nou beskikbaar by Barloworld Toyota Tygervalley! Skakel ons gerus op 021 910 8000 om vandag jou toetsrit te boek!

! S AL

DE

Give yourself a pat on the hatchback.

FROM

T&C APPLY

A product of

New Polo

R2699P/M*

Get used to compliments.

FROM

R159 900

Barons N1 City. The Volkswagen People.

MEKOR SUZUKI TYGERVALLEY

Cnr Giel Basson & Nathan Mallach, N1 City, Goodwood, Cape Town. Tel: 021 595 9800 | baronsn1city.co.za

TEL: 021 202 7900

*Linked to FNB prime rate, currently 10%. Note: Offer calculated on model in standard specification. Information subject to change without prior notification. All finance offers are subject to credit approval from Volkswagen Financial Services. Instalment includes initiation and monthly administration fee of R69.00. Volkswagen Financial Services - a division of Volkswagen Financial Services South Africa (Pty) Ltd. An Authorised Financial Services and Credit Provider. NCRCP6635. Terms and Conditions apply.

1 HIGH ST, TYGERVALLEY

MODEL: 1.0 TSI TRENDLINE PRICE (VAT INCL.): R237,800 INT. RATE*: 6.58% DEPOSIT: 12.00% PERIOD: 72 MONTHS INSTALMENT: R2,699 BALLOON: R83,230 TOTAL COST: R275,386


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.