Southern Cape (May 2019) Primary - High Schools

Page 1

SOUTHERN CAPE

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

SA Home Loans offers both switch and new home loans, with a flexible range of home loan options.

MAY 2019 www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705

LIKE & FOLLOW

awsum_news AWSUM Southern Cape

FRESH EGGS NOURISH THE MIND LATEST SCHOOL NEWS FREE / GRATIS

EARLY B Kletsrym met ‘n boodskap!


Blitsvrae:

Teen hierdie tyd het die naam Early B reeds oral begin opduik en dié talentvolle musikant en kletsrymer het die afgelope jaar die land aan die gons met sy skerp lirieke en storie-vertel vaardighede. Die 28 jarige Port-Elizabeth boorling het ontplof en sy nuutste album is soos ‘n vars bries vir die Suid Afrikaanse musiekbedryf. Met treffers soos Ben Ten en Potte staan vele ander kunstenaars nader om saam met hom te werk. AWSUM het opgevang met Early B en hierdie is sy verhaal. Ons moet begin deur te vra oor jou skoolloopbaan. Vertel vir ons lesers ‘n bietjie meer daaroor. Waar was jy op skool en wat sal jy altyd onthou van skool? Wat sal jou onderwysers van jou vertel? Op laerskool was ek by Triomf Primary en Hoërskool by Bethelsdorp Comprehensive High. Die groot rede hoekom ek na Bethelsdorp toe gegaan het, was omdat dit die enigste skool in ons area was wat motor meganika as ‘n vak gehad het. Ek is mal oor enjins. My onderwysers op laerskool sou seker sê ek was griewelik en op hoërskool, was ek lekker stout. Nie onbeskof nie, maar stout. Ek onthou een keer het ons die die grasnyer (dit was soos ‘n klein motorfiets) gereeld gevat vir ‘n spin op die gras.

Wat wil jy as musikant nog bereik? Ek het groot geword met musiek in my lewe, en in baie maniere het dit my gedagtes en verbeelding oopgemaak. So ek wil nog baie goeie musiek maak vir mense net om te help om die wêreld ‘n beter plek te maak. Selfs al is dit net vir ten minste een mens. Ek glo my musiek sal my die geleentheid gee om dit te doen op verskillende maniere.

Watter tipe tiener was jy? Ek was die een wie almal wou laat lekker voel. Ek het baie gehou van video games en ook in die straat speel. Partykeer het ek gaan speel in my skool broek wat my baie in die moeilikheid gebring het by my ma. Ek het maar altyd ‘n kans gevat en dit het my baie kreatief gemaak.

Ben Ten is van die mees catchy liedjies wat ons in jare gehoor het. Is die liedjie gebaseer op vorige ondervindinge of hoe besluit jy waaroor ‘n liedjie moet gaan? Ben Ten is ‘n liedjie wat ‘n bietjie realiteit en fiksie bevat…dis al wat ek gaan sê. Ek luister gewoonlik na die beat eers sonder enige idee wat ek wil doen. Basies is dit hoe die beat klink en hoe dit my laat voel of aan wat dit my herinner, wat bepaal hoe die liedjie sal gaan. Ek het altyd idees, maar ek dwing dit nie af op my musiek nie. Dit moet natuurlik voel vir my.

Jy is trots op jou Port Elizabeth agtergrond. Wat maak die area en sy mense so uniek volgens jou? Bloemendal is ‘n baie ou gebied in Port Elizabeth. Ons is ‘n gemeenskap wat baie na aan mekaar is, veral aan die kant wat ek bly. Ek was almal se kind en almal was my ouers se kinders. Die antie in die straat kon jou piets as jy uit lyn uit getrap het en jou ouers sou niks doen nie. Wat is jou gunsteling liedjie wat jy uitgebring het en hoekom? Dik vir Drugs, want dit is ‘n liedjie wat gebaseer is op die realiteit waarmee soveel van ons jongmense vandag mee sit. Al my liedjies voel soos my kinders, so ek kan nie rerig kies nie. Maar op die oomblik is Dik Vir Drugs die een wie die meeste aandag moet kry, omdat daar so baie mense in my gemeenskap en gemeenskappe regoor die land is wat sukkel met hierdie problem. Jy het al met groot plaaslike musikante gewerk. Wie is jou droom kunstenaar plaaslik en internasionaal en hoekom? Ek het nie een spesifieke kunstenaar nie, ek sê altyd ek wil met almal werk wie goeie musiek wil maak... want musiek sal nog hier wees lank na ons sterwe, so ek wil iets mooi agter laat eendag.

Editorial team

Advertising

Designers

Pieter Brand | 076 026 3250 pieter@tiemedia.co.za

Aniena Venter Nadia Matthee Ruveix Venter

Watter stad het die beste gehoor? Kaapstad is ongelooflik, elke keer. Hoe sal jy graag onthou wil word? Die kort kunstenaar wie se musiek jou kon laat glimlag as jy huil, moed in praat as jy twyfel en laat dans as jy stil sit. Waarna luister jy nou in jou kar? Enige liedjie wat op repeat speel? Loufi – Hills. Hy is ‘n kunstenaar van Port Elizabeth en dis letterlik die een liedjie wat ek elke keer moet speel. As jy ‘n how-to-guide moet skryf vir tieners wat ‘n sukses wil maak in die musiekbedryf, wat sal die eerste 3 stappe wees? Bly altyd jouself (niemand kan of sal dit beter kan doen nie. Dis die enigste manier hoe jy letterlik die beste gaan wees). Glo in jouself (Daar is baie “Nee-mense” daar buite). Maak gebruik van wat jy het (Jy moet erens begin, ek het). 2019 Is nog lank nie verby nie, wat is in die pyplyn vir Early B? ‘n Nuwe musiekvideo waaraan ek werk en nog heelwat nuwe musiek!

AWSUM News is distributed to the following schools in SOUTHERN CAPE:

Distribution Yolande Brittnell Steyn AJ Wannenburg

Page 2

Wat inspireer jou? Die area waar ek vandaan kom. Ek was vir meeste van my lewe in Bloemendal en ek het so baie geleer, gelag, en baklei in daai plek. Vandag kom al my inspirasie van Bloemendal af. Bloemendal is ryk met inspirasie, as jy sou kies om dit te sien.

Distribution

Coordinators Zinta Visser

Primary Schools: Outeniqua, Van Reede, Park, Hartenbos, George Voorbereiding, Wesbank, Volschenk, Blanco, George-Suid.

AWSUM NEWS MAY 2019

Braai of takeaways? Braai Steri Stumpie of lemoensap? Steri Stumpie Springbok wedstryd live of musiek fees? Musiekfees ‘n Lekker doublecab bakkie of ‘n vinnige sportmotor? Sportmotor Nike of Adidas? Adidas Beste vakansiewegbreuk? Nederland

High Schools: Punt, York, Outeniqua, Langenhoven, Langenhoven Gimnasium, Glenwood House, PW Botha, Oakdale, Albertinia, Curro Mossel.

AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za

ENJOY READING ALL THE

SCHOOL NEWS!

NEWS

School’s News


LAERSKOOL VAN REEDE

LAERSKOOL WESBANK

(t) 044 272 2845 (e) admin@vanreede.co.za

(t) 044 279 1731 (e) lwesbank@gmail.com

Hokkie

SWD o.13 Rugby B-span

Laerskool Van Reede se o.9 – o.11 hokkietoernooi het op 18 Mei plaasgevind. Dit was ‘n reuse sukses met 65 spanne wat aan die dag deelgeneem het. Weens die droogte, is die velde nie in die beste toestand nie, maar die spelers het gespeel dat die stof so staan!

Baie geluk aan ons leerders wat gekies is vir die SWD o.13 B Rugbyspan. Super trots op julle!

Adriaan van der Merwe en Roy Viljoen.

Wes-Kaap kleure in Netbal

Grade 6 Camp Our Grade 6 learners had the wonderful opportunity to go camping. An obstacle course was part of the fun!

Baie geluk aan Xinzeta Pietersen wat opgeneem is in die Wes-Kaap Netbalspan. Pragtige prestasie!

LAERSKOOL PARK

(t) 044 691 1020/1 (e) parklaerskool@gmail.com

LANGENHOVEN GIMNASIUM

(t) (044) 272 2151 (e) admin@lgim.co.za

Rugby

Eden Topskole kompetisie

Na afloop van die naweek se driehoekige toernooi waarin SWD, Boland en WP deelgeneem het, is 4 van Laerskool Park se spelers gekies vir die SWD Cravenweekspan en 2 spelers gekies vir die SWD Sasolburg XV-Tal-span.

Gim se o.18A-span het tydens Eden Topskole eerste geeïndig en HS Langenhoven tweede, o.16 is Kwaggas eerste en Gim tweede. o.14 is Kwaggas eerste en Gim tweede. Gim se o.18, o.16 + o.14-spanne dring dus deur en gaan op 1 Junie deelneem aan Weskaap Topskole by De Kuilen. Uitslae van Eden Topskole: o.18 1. Lang Gimnasium 2. HS Langenhoven 3. Punt 4. Outeniqua o.16 1. Outeniqua 2. Lang Gimnasium 3. HS Langenhoven 4. Punt 5. Oudtshoorn o.14 1. Outeniqua 2. Lang Gimnasium 3. Punt 4. HS Langenhoven

SWD Cravenweekspan: Wikus Smit, Zack Joubert, Kurt Coetzee, Deacon Cooper.

SWD Sasolburg XV-Tal-span: Diwan Stander, Henro Kuhn.

AWSUM NEWS MAY 2019

Page 3


OAKDALE LANDBOUSKOOL

(t) 028 713 2549 (e) bemarking@oakdale.co.za

Oakdale A-Spanne kou harde bene Vyftien rugbyspanne van die Hoër Landbouskool Oakdale het Saterdag 18 Mei op George teen die spanne van onder andere Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Knysna en Curro gespeel. Elf van die spanne het teen Hoërskool Outeniqua kragte gemeet. Dit was veral die A-spanne wat harde bene gekou het teen die Kwaggas. Nogtans was die wedstryde, afgesien van die o.14 A-span wedstryd, baie gelykop en in goeie gees beslis. Wedstrydtellings lyk soos volg: 19A: 17-23 (Outeniqua); 19B: 26-29 (Outeniqua); 19C: 17-0 (Oakdale); 19D: 27-0 (Oakdale); 19E vs Knysna 19A: 19-24 (Knysna); 16A: 17-10 (Oakdale); 16B: 27-5 (Oakdale); 16C: 27-10 (Oakdale); 16D vs Knysna 16A: 52-5 (Oakdale); 15A: 17-19 (Outeniqua); 15B: 33-0 (Oakdale); 15C vs Curro: 24-19 (Oakdale); 14A: 0-58 (Outeniqua); 14B: 7-35 (Outeniqua) en 14C: 19-14 (Oakdale). Na afloop van die Junie-vakansie lê die strawwe tweede helfte van die 2019-seisoen voor en word alle wedstryde, afgesien van Marlow, op Oakdale gespeel. Die wedstrydprogram lyk soos volg: • 13 Julie: Oakdale vs Paarl Boishaai (Oakdale) • 20 Julie: Oakdale vs Marlow (Cradock) • 27 Julie: Oakdale vs Framesby (Oakdale) • 3 Augustus: Oakdale vs Grey College Bloem. (Oakdale) • 10 Augustus: Oakdale vs Boland Landbou – Interskole kragmeting en Akkerfees (Oakdale)

CURRO MOSSEL BAY

HOËRSKOOL ALBERTINIA

(t) 044 693 3488 (e) mbay@curro.co.za

(t) 028 735 1018 (e) albertinia.high@gmail.com

Sun City Golf Festival

Skaak

Curro Mosselbaai het 30 April tot 3 Mei in die Westville Boys High Sun City Golf Festival deelgeneem en algeheel 2de in hul divisie geeindig. Baie geluk aan Gean Lategan wat ingesluit is in die Sun City uitnodigingspan wat Desember toer in Mauritius.

Hierdie vier leerders het deelgeneem aan die skaaktoernooi in Kaaptad 3de tot 5de Mei.

Johan Roux, Brian Kruger, Juandré Barnard, Janco Breedt en Gean Lategan.

Western Cape Cycling Congratulations to Linel Engelbrecht and Ferdie Botha on their inclusion in the 2019 Western Cape Cycling Team. These cyclists will compete at the 2019 SA Road and TT Championships in Westville, Durban on 22 and 23 June 2019. Good luck!

Leigh-Hende, Laythum, Marlon en Amy.

Page 4

AWSUM NEWS MAY 2019



PW BOTHA KOLLEGE

(t) 044 874 4166 (e) info@pwbothakollege.co.za

Skopboks

HOËRSKOOL LANGENHOVEN (t) 028 713 1065 (e) admin@langenhovenhs.co.za

Debatteerders verwerf Eden-kleure

Drie van ons leerders, tesame met Mnr Graig Saaiman, het aan die nasionale Skopboks kampioenskappe van 26 tot 28 April in Oudtshoorn deelgeneem. AJ van der Merwe wen 3 goue medaljes, Mnr Saaiman wen 2 silwer medaljes en Denroy Wesso wen 1 goud en 1 brons medalje. Zadre Savage behaal ‘n algemene 4de plek.

Twee van Hoërskool Langenhoven se junior debatspanne het na die semi-finale rondte van die ATKV-debatskompetisie deurgedring.

Voor: Jorica Pieters, Romé van Druten en Emmari Gildenhuys. Agter: Lischen Roets, Cara Serfontein en Paula-Mari Streicher.

Cara kán spel!

AJ van der Merwe, Zadre Savage, Denroy Wesso en Mnr Graig Saaiman.

LAERSKOOL VOLSCHENK

(t) 028 713 1064 (e) admin@volschenk.wcape.school.za

Rugby prestasie Waylen Kortjie is in die o.13 SWD Rugbyspan opgeneem. Baie geluk Waylen. Volschenk is baie trots op jou!!

Page 6

Trots op Johannes Johannes Botha het vanaf 17-19 Mei aan die laaste kwalifiserende rondte proewe vir Sanesa Eden-span, deelgeneem in George. Hy behaal die volgende plekke: • Dressering toets 4 – 1ste plek • Dressering toets 5 – 2de plek • Equitation – 2de plek • Prix Caprilli – 5de plek

AWSUM NEWS MAY 2019

Cara Serfontein, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Langenhoven, het vanaf 19 Februarie 2019, opnames vir die TV-program, Op Die Spel, gedoen. Hierdie opnames het by Stark Studios, Randburg, plaasgevind. Cara het haar uitstekend van haar taak gekwyt en dring deur na die semifinale ronde. Hierdie talenvolle Das kan op Maandag, 3 Junie 2019, op kykNET, kanaal 144 om 20:30, gesien word. Ons hou alle Dasseduime styfvas vir haar deelname in die program.

LAERSKOOL HARTENBOS (t) 044 695 1515 (e) laerskoolhartenbos@gmail.com

Boekeweek pret! Laerskool Hartenbos hou boekeweek vanaf 6 - 10 Mei 2019 en word afgesluit met Karakterdag. Die leerders en onderwysers het volgens hulle gunsteling karakters in ’n boek aangetrek.


HOËRSKOOL PUNT

GLENWOOD HOUSE SCHOOL

(t) 044 691 2247 (e) hspunt@mweb.co.za

(t) 044 871 4643 (e) debbie.symes@glenwoodhouse.co.za

Punt-knipmesbraai 2019

Glenwood House School vs Oakhill Prep Sport

‘n Eerste vir Hoërskool Punt asook Mosselbaai. Op Vrydag 17 Mei het Hoërskool Punt se eerste Knipmesbraai plaasgevind. Die doel van die funksie was om ‘n geldjie vir die skool in te samel, waarmee die voorportaal van die skool opgegradeer gaan word, maar ook om die manne van Mosselbaai-gemeenskap bymekaar te bring. Die beplanning het reeds vroeg begin. Die sukses van die funksie, sou die funksie se voortbestaan in die toekoms bepaal. Vierhonderd kaartjies is gedruk en moes aan die gemeenskap verkoop word. Hoë kwaliteit knipmesse is bestel met Hoërskool Punt se skoolwapen op. Hierdie moes later die trots van die manne word. Al 400 kaartjies is met gemak verkoop. Die opgewondenheid het hoog geloop. ‘n Heerlike voorgereg van biltong, cabanossies, ‘n verskeidenheid van brode en smere is aan die manne voorgesit. Hierdie eetgoed het soos mis voor die son verdwyn. Veertien skape is deur mnr. Marais Pelser en Gustav Steinhöbel gespit vir die aand. Hierin het die manne met hul nuwe knipmesse weggelê. Slegs die bene van die karkasse het oorgebly. Gedurende die funksie het daar ook ‘n veiling plaasgevind. Die manne van die gemeenskap het dit uiters goed ondersteun. Opregte dank word hiervoor uitgespreek. Om kort saam te vat. Hierdie geleentheid was ‘n reuse sukses. Nuwe vriendskappe en bande is tussen 400 mans van die gemeenskap gesmee. Daar is net weer tot die besef gekom dat die toekomstige voortbestaan en sukses van ‘n dorp by sy skole en natuurlik die ondersteuning van die gemeenskap lê. Opregte dank word uitgespreek teenoor elke man wat ‘n kaartjie gekoop het en die funksie ondersteun het. Aan al ons borge wat eetgoed en pryse voorsien het wil ons baie dankie sê. U ondersteuning en hulp het bygedra tot die sukses van die aand. Aan die manne van Mosselbaai. In 2020 gaan ons groot. Ons mikpunt is om 600 manne van die gemeenskap bymekaar te bring. Maak seker jy mis nie jou kaartjie en knipmes vir 2020 nie.

Glenwood House School received Oakhill at on Friday, 10 May for rugby, netball and some junior hockey matches on the mini astro. The rugby and netball teams dominated play, yet the matches were played and enjoyed in the spirit of true sportsmanship. Well done to all the players who gave a great account of their skills and abilities on the rugby and netball fields.

Mnr. Marais Peler, Mnr. Gustav Steinhöbel, Mnr. Michiel Neethling en Mnr. JR Foreman.

The U9 rugby team: Front: Gerhard Hoepfner, Ethan McDonald, Max Bubanj, Ryan Boshoff. Middle: Konrad Gouws, Travis van der Heever, Anrich Schnetler, Frank Barnard, Brayden Pietersen, Johnathan Ladamo. Coaches: Giovani Fernol and Danie Leonard.

LAERSKOOL BLANCO

GEORGE VOORBEREIDINGSKOOL (t) 044 873 2885 (e) georgeprep.office@gmail.com

(t) 044 870 7380 (e) admin@blancolaers.co.za

Liike Bekker

Rugby

Sjoe, maar is dit nie fantasties nie! Liike Bekker, ’n Graad 2-leerder van Voorbereidingskool, het 4 eerste pryse by die Sanesaperdrykompetisie gewen.

Die Blanco o.9 Tiere het sover al hulle liga wedstryde gewen! Hier spog hulle met hul nuwe geborgde hemde.

Albert Myburgh Albert Myburgh, ’n 9-jarige leerder van Voorbereidingskool, is 7de op die Eden Lazerrun se 0/11-ranglys. Hy het op 5 Mei aan ’n interprovinsiale kampioenskappe te Pretoria deelgeneem en ’n algehele 11de plek verower.

Agter: Jamie Mollentze van Mj2 Diesel (borg),Clint Heyns van Print House(borg), Thean Zeelie - Span bestuurder, Michael Herholdt - Afrigter.

AWSUM NEWS MAY 2019

Page 7


LAERSKOOL GEORGE-SUID (t) 044 873 3464 (e) tpretorius@lgs.co.za

Musiek Montage weereens ‘n groot sukses LGS het vanjaar weer die groot voorreg gehad om die Musiek Montage aan te bied. Dit was ‘n reuse sukses en die kaartjies het vinnig uitverkoop. LGS bedank graag al die deelnemden kore asook elke toeskouer wat ‘n kaartjie gekoop het.

LAERSKOOL OUTENIQUA (t) 044 873 2292 (e) outeniquaprim@gmail.com

SA Mathematics Challenge Outeniqua Primary learners wrote the first round of the SA Mathematics Challenge. 116 of these learners qualify for the second round of the challenge, which will be written nationally on Wednesday, 18 July 2019. Outeniqua Primary is proud of these young “mathematicions”!

YORK HIGH SCHOOL

(t) 044 873 0776 (e) helen@york.wcape.school.za

HOËRSKOOL OUTENIQUA (t) 044 874 4156 (e) info@outeniqua.com

Vokale Ensemble Die Vokale Ensemble het op 1 Mei 2019 aan die ATKV/Rapport-Harmonie-Koorkompetisie in Kaapstad deelgeneem. Die geleentheid is aangebied as deel van die Suidoosterfees se afsluitingsgeleentheid. 30 kore het in 5 kategorieë deelgeneem, wat gewissel het van jeugkore tot gemengde volwasse kore. Die Vokale Ensemble is as kategorie-wenners asook algehele wenners aangewys en is gevra om by die Gala geleentheid op te tree. Hoërskool Outeniqua is opreg trots op hierdie besonderse prestasie.

York Edge Outeniqua in Spar hockey shoot-out York High survived a tense penalty shoot-out against Outeniqua to qualify for the provincial finals of the SPAR Eastern Cape Schoolgirls Hockey Challenge for the fourth straight year. The George outfit will join four other regional winners in the final play-offs, to be held at Collegiate in Port Elizabeth on July 27 and 28. The other teams are DSG (PE North), Woodridge (PE Central), Clarendon (East London Coastal) and Queenstown Girls’ High (East London Inland). Playing at York in George on Saturday, the South Western Districts qualifier went down to the wire as the hosts and Outeniqua again qualified for the final. It was a repeat of the last two finals, but this time there were no goals scored during the regulation 20 minutes and the match was decided in the eight-second penalty shoot-out, which York won 2-0. York coach Erica Combrink said they were happy to win again and thanked SPAR for “making this Schoolgirls Hockey Challenge possible”. “The girls really enjoy the fast-paced 20-minute matches where it comes down to teams using their opportunities,” she said. “It was a wonderful day, with a great vibe and some really good hockey on display.” Event organiser Peter Wilson said the competitive matches had been combined with the camaraderie and exciting vibe these tournaments generate. “The weather was superb and there was a large contingent of family and friends in support, so it was another excellent platform for the schoolgirls to show their talents,” he said. “There was very good competition during the day, with a tight battle to decide the finalists. “Glenwood House needed to beat Outeniqua in their final pool match to qualify for the final, but Outeniqua won to advance once more.” Wilson added they were looking forward to the climax of the annual Schoolgirls Hockey Challenge when it takes place near the end of July. Issued by Full Stop Communications

Voor: Eugenie Engelbrecht, Mia Moore, Anika Holtshausen, Shani Ehlers. 2de ry: Mondor Arries, Marize Gouws, Anke van der Schyff, Dominique Janse van Rensburg, Nicklen Gelderbloem. 3de ry: Kerwin Albertus, Karien Burger, Yzanne Potgieter, Thinus Botes. 4de ry: Eckardt Muller, Tasja Zeeman, Luanke Pieters, Francois Maritz. Agter: Franco Engelbrecht, Ben van Niekerk, Dylan du Preez.

Page 8

AWSUM NEWS MAY 2019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.