Ruiker vir Marieta

Page 1




RUIKER vir MARIETA

G.C. de Beer


Opgedra aan my lewensmaat 7 April 1951 – 7April 1981


As die Here die huis nie bou nie, werk die wat daaraan bou, tevergeefs. Ps. 127:1


Dankie

1

Moeder

2

Myne

5

Maatjies

6

Ontwaking

8

Blydepoort

9

Onweer

11

Katelkapperjolle

13

Terugblik

15

Mymeringe

17

Marliane

19

Blonde Koppie

20

Krisjan

23

Verwagting

24

Herninnering

25

Marieta

26

Nog ‘n dag

29

Auk! My Basie

33

Verkleurmannetjie

36

Aan Joachim

37

Skoon Sannie

38

Grysaard in Rystoel

41

Afskeid

43

Oom Sampie

45

Finis

47


1

DANKIE

Ek dank u Heer Dat ek kan sien Die skeppingswonder Om my heen Dat ek kan hoor Die branderklots En die gesuis van reĂŤn Dat ek kan praat Om my gedagtes te verwoord Dat ek kan loop En rondbeweeg na oos, Wes, suid of noord


2

MOEDER

Eens toe sy jonk en sterk was vol vuur en lewensmoed het U ons aan haar toevertrou om vir U op te voed

U het haar lank by ons laat toef daarvoor bring ons U dank leer ons soos sy U na te volg ons hele lewe lank

Nou dat sy oud en swak is en tenger soos ‘n kind help ons haar eer en liefhê gee dat sy daarin vreug vind

En wanneer sy haar neerlê om nie weer op te staan neem U haar in u Vaderhand En lei haar na die Anderkant


NET VIR JOU


4


5

MYNE

Bruin-bruin hare lippies rooi Blou-blou ogies ag, hoe mooi En sy kyk my vriend’lik aan wil hê ek moet nader staan

Dink ek sal dit tog maar waag Sy lyk so besonders gaaf


6

MAATJIES

Stilbefoeterd Goedgeaard Onvoorspelbaar fynbesnaard Berekenend onvervaard

(Leef nou saam met hom!)

Maanbetowerd, immer besig om opnuut die hart te steel Onbewust’lik altyd soekend na ‘n hand wat saggies streel

Tog te spaaksaam en gesellig en goedhartig – vroeg of laat Wag Maar, as die tee bedien word sal jy weet waarvan ek praat


7

Soms tog ook maar onnadenkend en hoe vreeslik liggeraak as daar op die toon getrap word maar nou ja, wat maak dit saak

…. want daar pols in al die are heelwat egte Ierse bloed En al sou dit ook hóé voorkom Sy bedoel net altyd goed


8

ONTWAKING

Rond, sag en warm lȇ jy knus in my arm wyl oom Dana ons saggies toespeel: “Give me five minutes more only five minutes more” O, hoe graag sou ek jou nog ‘n bietjie wou streel (en onthou dit my vroutjie ek kan soos ‘n man) Maar ek weet jy gaan sȇ: “Nee, te veel”


9

BLYDEPOORT

Saterdagaand op die klipmuurtjie Drie rondawels, maneskyn On ons oor die nagrefrein Bo ons hoof die Suiderkruis Aan ons voet die stroom wat bruis

Droomverlore in die nag Onder maan en sterreprag Weet ons dat wat ons hier merk Is die grote God se Werk

Sondag: Sondag, midaguur se kant Sit ons in die Restourant Kingklip, Fluer du Cap en bees Ag, hoe lekker om mens te wees!

Maandag se staptoer:


10

Met dapper en stapper, en litte wat kraak Langs berghange af waar bosse oor waak Die oog gerig op die vloei van die stroom Die oor gespits vir die sang uit ‘n boom

Aan die kant van die stroom, by die rots met die spleet Het ons wors uit ‘n blikkie geȅet Bietjie water gedrink en weer aangestryk Na die plek waar groen mos teen die berghang pryk

En toe was dit tyd om huiswaarts te keer want ons was lekker moeg en ons voete was seer Ons klim en ons hyg wil ons styg na doe grou waar die wortels krampagtig om rotsblokke klou

Baie moeg en gedaan en van sweet taamlik nat kom ons eind’lik weer aan by die pad Ons sien al ons huisie daar doer in die oord en on sweet ons is t’rug in die Blydepoort


11

ONWEER

Niks wat ek doen is reg nie né Niks wat ek sȇ, is waar Niks wat ek wil, behaag jou nie Waarom is jy so naar?

Maar dis nie ek nie, nee nie ek Jy weet mos goed dis jy Jy het begin, dis al’s jou skuld Maar nou blameer jy my!

Hoekom het jy my d´it gesȇ as jy dan dát bedoel En hoekom het jy sús gemaak ek het dan só gevoel

My skat, ek het nie mooi gemaak Ek vra: vergewe my Ja, en ek was ook onbedag en moet deel van die skuld kry


12

Jou hande is so sterk en warm Jou lyf so sag en rond My bloed raak al hoe meer ontstuimig Daar’s ‘n prikkel in jou mond


13

KATELKAPERJOLLE

Op ‘n bed het die lewe my aan kom raak ‘n bondeltjie klein so poedeltjie naak en daar het ek soet warm melkies gemaak voor my eerste vertrek na die land van Klaas Vaak

In ‘n bed het ek eens in vervoering geraak oor die vreugde wat ons twee nie daar sou kon smaak Ons sou drome droom en plannetjies maak as ek fyntjies en teer aan jou hartsnare raak


14

Oor ‘n bed het ek ook by ‘n sieke gestaan met ‘n knop in die keel in die oog ‘n traan en geluister hoe dié een verstrik in ‘n waan onwrikbaar glo daar’s ‘n man in die maan

Maar die bed waaroor ek in verwond’ring nou raak het sowaar ook al amper ons huw’lik laat kraak Oor die rede sou ons lank en lekker kon praat Maar kom ons aanvaar tog maar liewer die raad: Verkoop hom en koop twee enkelbeddens!


15

TERUGBLIK Twee lewensweȅ het saamgevloei toe ons mekaar die hand gee en liefde was in volle bloei toe ons mekaar die pand gee

Saam-saam het ons die pad gebaan waarop ons veilig voort kon gaan Ons eerste mikpunt: eie huis kompleet met stoep en groot kombuis

En later was ons eerst”ling daar ‘n wonderwerkie, kort en klaar Een wat ons baie vreug sou bring geheg sou bly aan eie kring

Daarna het ons kar gekoop om te kon ry – so’t ons gehoop Maar ai, die petrolgeld was min Ons moes maar oor en oor besin


16

Nie lank nie toe kom kleinboet by en ons moes rieme dunner sny Jy kry mos toe die tikwerk tuis En hul kom haal dit by die huis

Die skooljare was gou verby Toe het die seuns begin te vry en voor ons oor die saak kon stry het ons twee dogters bygekry

Nou’s ons nog flink en sterk en jonk en kan met goeie rede pronk: Wat twee gewees het, is reeds ses - nou wag ons gretig op die res


17

MYMERINGE

Bambino sal moet naampie kry wat dit gaan wees, weet joos Familename dié is uit: Nee kyk, dis uit die boos

By ma sal ons verby kan kom maar Pa die gaan weer brom Hy is soms so astrant en dom dat ek my kan verstom

‘n Seun sal ons moet Gieljam noem as ons hom will behaag Maar dis te plat, te hard te skel Nee, nee …. Al wil e kook hoe graag

Ghieloum miskien nog of Ghiejoom haai, dit klink nogal Frans Maar gieljam, ag nee, dit tog nie Dis gaans te Afrikaans


18

As babatjie ‘n dogter is dan maak dit nou nie saak Van Ma en Skoonmammá se naam kan ons iets pragtigs maak

Elma, Elatha (bietjie-baie Bybels), Mart-Elaine Klink mooitjies mos – en soet en fyn Maar Petro, Nella, Magda, Leen ‘m -‘m … dan liewers Elmarayn

Toe maar, my kinders, sug pappá Ek sal nie meer oor die name kla wat jul die bloedjie wil laat doop - natuurlik: mits my tong nie knop

Want name maak nie mense nie maar mense name wel Die naam wat jul die kind gaan gee Sal ek my nie oor kwel


19

MARLIANE

Wiegel waggel op vet beentjies met ‘n speeding in die hand blonde haartjies, blou-blou ogies - mooiste doggie in die land!

Vriend’lik ronde klein gesiggie en ‘n mond wat altyd lag slanke vingertjies, kleine voetjies “dja-dja, dja-dja”, koer sy sag

Sy’s haar ouma Mart se sonstraal Ouma min haar die pen teer en sy haar nie laat weghou selfs al kry sy smos hoe seer


20

BLONDE KOPPIE

Tussen Pelgrimsrus se berge in ‘n huisie aan die straat woon die fraaiste, fraaiste dogtertjie wat nou net begin te praat

Na-na, tie-tie, woef-woef is woordjies wat sy uit Maar moenie glo sy sal dit sȇ juis wanneer jy wil hȇ

Tie-tie is haar troostertjie Woef-woef haar klein bruin hond Na-na beteken: kos mamma g-g: nie eet nie – grond


21


22


23

KRISJAN

Die tweede kleine het gekom en Ouma het nog eens geblom toe sy haar arms om hom vou hom liefd’rik aan haar boesem hou

“Dit is vir ons ‘n blye dag want ons het na ‘n seun gesmag Al het ons dit nou nie gesȇ Jy is presies wat ons wou hȇ

Gieljam Christoffel is jou naam Daarvoor hoef jy jou nie te skaam Jy sal ook nie: ek weet gewis al noem ons jou maar sommer Chris”


24

VERWAGTING

As daar weer ene by gaan kom moet dit ‘n rooikop wees Een wat ‘n bal sal gryp en hol ‘n pad sal ooptrap – onbevrees

Dis immers wat sy Mamma wens soos dit vir my kom lyk As dit dan so gebeur, sal oupa maar te graag gaan sit en kyk

As dit ‘n sytjie is, moet sy kan nael of hokkie speel En Mamma moet nie dink dat Oupa hom ooit daarvoor sal verveel!


25

HERINNERING

Ons derde kleine het gekom en tog is sy nie daar Sy’t nie kon glimlag, kreun of kraai sy’t in haar spoortjies om moes draai

‘n Boodskap het sy ons gebring ‘n boodskap kort rn klaar Een wat on simmer moet onthou Diep in ons hart bewaar: Die mens wik, maar God beskik.


26


27


DIE WERK


29

NOG ‘N DAG

Tring-e-ling dis opstaantyd die wekker roep weer tot die stryd Skyn lig tog nie al deur die ruit? Ek het dan skaars my oȅ gesluit

Word wakker vrou, ons moet al op maak oop jou oȅ, roer jou kop En moet nou maar nie aan my klou nie want daarvoor is daar nie tyd nou nie

My man, die eiers is gebak jou toebroodjies is ingepak die koffie is ook klaar geskink nou moet jy vining eet en drink

Op ‘n drafstap na die stasie om die tien voor trein te haal te gaan arbeid vir die nasie op die akker van ons taal


30

Vinnig aanstryk na die platform waar die trein sowaar al staan prrt prrt prrt maan skril die fluitjie inklim, voor die deur toegaan!

Hier lees iemand sy koerant daar is een wat brei Skuins oor aan die anderkant is tweetjies aan die vry

“Tickets please, dankie meneer Thank you, dankie .… enige meer? Tickets please, u kaart mevrou” “Wag net, wag – ek soek dit gou”

“Johannesburg! Stap af seblief Johannesburg! All Change!” Die roltrap werk weer nie vandag My skof begin maar skuins


31

Johannes, bring die koffie anders kan ek nie werk Waarmee was ek laas besig? Mag, maar die koffie is sterk!

Moet dit nou is of was wees benodig of net nodig? Ek sal die taal ook nooit verstaan Is ek nie maar oorbodig?

Mens sȇ jy is op hoogte maar skrywe op die hoogte En kom jy daaroor in die hoek dan sȇ jy: Ja, maar dit staan in ‘n boek

Die taal sȇ: vinkel en koljander die ene is maar soos die ander Kantoorgebruik vereis net vinkel en na die hoenders met die jander


32

Maar wag my denke moet nie dwaal die volk die wag op vakmanstaal Ek moet nog heelwat woorde soek vir hierdie treinry-woordeboek

O gaats, dis tyd om op te pak – eers gou die hande was “Dave, pak jy al die boeke weg en sluit maar weer die kas

Soos geitjies uit ‘n skeur loer elkeen by die deur Oom Chris, is jou oorlosie weg? Die tiksters is dan lank al weg!


33

AUK! MY BASIE

Hy wou so baie boeke maak vra maar, hul sal jou sȇ Wat mȏre eers gedoen kan word wou hy gister al klaarhȇ

Met grotes het hy saamgepraat hul voornaam selfs genoem Want hy wou self ook groot wees en deel in al die roem

Aan geesdrif het dit nooit ontbreek ook nie aan werkvernuf Hy het gedryf, gemor, gepreek maar baie het hom tog gebluf

Beloftes kon hy maklik maak dit was nie juis gewetesaak Die doel die heilig tog die middel dus, wat is daar om oor te kibbel?


34

“Ons dien ‘n volksaak bou ‘n taal Kom nou manne sit vas in die saal!

Lof sal ons kry uit alle oorde want 33 000 terme is nogal baie woorde!”


35

VERKLEURMANNETJIE

Om Sondag jou naaste lief te hȇ is nie so ‘n moelike taak Maar om dit Maandag ook te doen is darem ‘n ander saak


36

KENNISSE


37

AAN JOACHIM

Ou vriend, sȇ maar wat jy dink nie wat ek graag wil hoor want eendag gaan ek regtig nog geduld met jou verloor

Nie altyd veins jy weet nie terwyl jy kennis dra Eendag sal jou gewete jou so wraggies waar nog pla

Gaan bȇre ook die heunigkwas vleitaal is glad nie goed en jy behoort tog mos te weet jy gaan nog daarvoor boet


38

SKOON SANNIE

Die mure moet al weer gewas word Die matte is ook vuil Ek maak my morsdood, morsdood skoon Ek voel of ek kan huil

Die verf daar buite dop weer af Daar’s bossies op die werf Vir baie, baie jare al Verlaat ek nooit my erf

Want ek moet skoonmaak, blink maak Sodat niks vuils kan hinder Mens weet ook nooit wie kom dalk kuier En gaan daarna weer skinder

My klere is nou wel verslyt My voorkoms nie meer flink Tog sal die wȇreld aanhou draai Solank my huis bly blink


39


40

AWENDGLOOR SE MENSE


41

GRYSAARD IN DIE RYSTOEL

Grysaard in die rystoel sȇ my wat deur jou gedagtes maal wyl jy peinsend voor jou uit tuur oor die tuin se wintervaal

Is jy kind weer op ou Kromvlei waar die Rietrivier ontspring waar treurwilgers by die water aan die stilte hulde bring

Hoor jy die voeltjies in die bome Sien jy skapies op die werf Ruik jy vars geploegde aarde Bind jou hand ‘n koringgerf

Dink jy dalk nou aan jou moeder Hoor jy haar ‘n liedjie sing Sien jy jou ou gryse vader Hul het jou met liefde omring


42

Peins jy oor jou liewe vroutjie Sy’t jou mos vooruitgegaan Dink jy aan ‘n aand met haar saam Onder sterre en die maan

Treur jy oor ‘n vriend of kinders vir wie jy nie meer bestaan Of dink jy aan ‘n blye weersiens anderkant die doodsjordaan


43

AFSKEID

My tyd is om, my werk is klaar Ek wag om te vertrek Darr’s niks wat my wil laat vertoef of bind aan hierdie plek

Maar ek moet wag – ek word gehaal my lendene is omgord vir hiedie entjie vreemde pad Ek hoop maar net hy’s kort

Al is die oortog onbekend weet ek waar ek gaan land Ek ken geen vrees of twyfel nie Ek weet Wie hou my hand

Ek weet wie oorkant op my wag - droom sosms ek is al daar Ag, sal dit nie heerlik wees om gou al oor te vaar


44

Ek reis alleen Ek neem niks saam Hul wag my in Hul ken my naam

Maar voor ek afskeid van jul neem wil ek een saak herhaal Ek het dit al vir jul gesȇ maar sȇ dit nog ‘n maal:

Al wat mens ooit op aard besit is net aan jou geleen Mens neem gewis niks met jou saam al gaan jy ook waarheen


45

OOM SAMPIE

Oom Sampie worstel met die dood Hy hyg en sweet, sy oȅ is groot Dis pype hier en bottels daar Die suster reken ook hy’s klaar

Sus bella bid dat hy moet gaan Sy kan sy leiding nie meer verstaan Sy wil nie hȇ hy moet herstel Sy sȇ: “Sy lewe was ‘n hel”

“Sy goedjies daar in Awendgloor kan jul maar kry – het jul gehoor? Maar is daar dalk ‘n geldjie of wat Sus Bella sal dit sommer vat”

Maar Oompie het ons nie verlaat Hy klou nog aan die lewensdraad Met uitdeel was daar nou nie haas Sus kon maar t’ruggaan na die plaas


46


47

FINIS Ek lȇ my rympiespen nou neer maar doop hom nog net hierdie keer om rympiesmaak vaarwel te roep voor ek my plek neem op die stoep




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.