6 minute read
April
Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en artikel 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000): Dat die volgende konsep dokumente aan die Raad voorgelê is op 30
Advertisement
Maart 2022 en nou ter insae lê vir publieke kommentaar en insette tot 6 Mei 2022:
KONSEP 2022/2023 Hersiening van GOP; BEGROTING en SDBIP
Skriftelike kommentaar kan gerig word aan: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835 en/of per e-pos gestuur word aan
admin@witzenberg.gov.za
Regering: Munisipale Finansiële Bestuur,2003 (Wet No. 56 van 2003) dat die volgende dokumente tydens ‘n Raadsvergadering gehou op 23 Maart 2022 aanvaar is.
• 2020/2021 Oorsigverslag van die
Jaarverslag van Witzenberg Munisipaliteit • 2020/2021 Aansuiweringsbegroting
Bogenoemde dokumentasie is ter insae beskikbaar by die Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za
NOTICE
1. Notice is hereby given in terms of Section 22 of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003, (Act No.56 of 2003) and Section 75(A) (3) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act Nr 32 of 2000) respectively: That the following draft documents were tabled to Council on 30 March 2022 and are available for public inspection and inputs until 6 May 2022:
DRAFT 2022/2023 Review of IDP; BUDGET and SDBIP
In writing, please direct your comments to: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835 and/or send via e-mail to
admin@witzenberg.gov.za
2. Notice is further given hereby in terms of Section 129(3) and 22 of the Local
Government: Municipal Finance Management Act, 2003, (Act No.56 of 2003) that the following documents were tabled and were accepted by Council on 23 March 2022:
• 2020/2021 Oversight Report on the
Annual Report of Witzenberg Municipality • 2020/2021 Adjustment Budget
Abovementioned documents is available for public inspection at the Municipal Offices, Public Libraries and on the municipal website: www.witzenberg.gov.za
ISIPHAKAMISO
1. Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 22 kaRhulumente wengingqi: uMthetho obizwa nge(Municipal Finance act, ka2003 unombolo 56) necandelo 75(A) (3) likaRhulumente weNgingqi: uMthetho owaziwa njenge (Municipal Systems
Act ka 2000 unombolo 32). Onke lamaxwebhu alandelayo angagqitywanga aye athwa thaca kwiBhunga leDolophu ngomhla we 30 March 2022 kwaye ayafumaneka ukuze uluntu luwaphicothe lufake nezimvo zalo uyakuma ngomhla we 6 May 2022.
UYILO 2022/2023 LOKUPHONONONGWA KWE IDP, ULWABIWO MALI KUNYE NE SDBIP
Ngembalelwano, nceda uthumele izimvo zakho ku: UMphathi kaMasipala, kuMasipala waseWitzenberg, P O Box 44, Ceres, 6835 kunye/okanye uthumele nge-imeyile ku
admin@witzenberg.gov.za
2. Isaziso siyanikezelwa ngokocandelo 129(3) no 22 lukarhulumente wasekuhlaleni,umthetho wolawulo lwemali ka Masipala lika-2003,(Act No. 56 of 2003) sokubala amaxhwebhu alandelayo ,endlalwa kwaye amkelwa libhunga ngomhla ka 23 March 2022:
Igxelo yolongamelo luka 2020/2021 kwigxelo yonyaka ka Masipala wase Witzenberg lohlahlo lwabiwo mali.
Lama xwebhu ayafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER UMPHATHI-MASIPALA
ONTEVREDE belastingbetaler van Ceres skryf:
EK skryf die brief in reaksie op ‘n ongelukkige besoeker se brief in die Witzenberg Herald van 11 Maart 2022.
Uiteindelik is daar iemand wat waarneem wat in Lyellstraat aangaan vandat die kuierplek weer sy deure oopgemaak het. Net jammer dit is iemand van buite die dorp.
Dit is ongelukkig nie net op ’n Saterdagaand wat dinge so gaan nie, baie Sondagaande sit ons ook met dieselfde probleem.
Ek is al raadop van klubgangers wat uit die klub kom en van my muur ’n toilet maak, selfs helder oordag. Dit is ’n bewys dat daar nie genoegsame toiletgeriewe vir al die mense is nie. Dan stop talle taxis ook voor die huis met klubgangers. Baie kom besope uit die klub en lê of op die sypaadjie of selfs in die straat.
Klagtes
Talle skrywes hieroor word al vanaf 2015 aan die Witzenberg munisipalteit gerig rakende wat rondom ons woning aangaan sonder enige sukses. Daar is ook voorwaardes van die Witzenberg munisipaliteit en die Drankraad wat net geïgnoreer word.
Op 9 Desember verlede jaar het ons ’n vergadering saam met rolspelers van die Witzenberg munisipaliteit, die verkeershoof, stadsbeplanner, die wykraadslid en die eienaar van die nagklub bygewoon oor die voorwaardes wat nie nagekom word nie. Dit is tydens die vergadering bespreek maar niks is verder gedoen nie.
Die Wes-Kaap minister het blykbaar toestemming vir die klub gegee om oop te maak nadat dit in 2017 afgekeur was, maar geen bewyse hiervoor kan gelewer word van die beweerde toestemming nie. Daar is met verskeie polisiebeamptes gepraat oor die probleme rondom voor ons huis - sonder enige sukses.
As die klub nie die voorgeskrewe voorwaardes nakom nie, kan ek nie verstaan waarom word daar niks aan my klagtes gedoen nie hetsy deur die munisipaliteit, wetstoepassing of die polisie nie.
Skole-afrigters ontneem jong krieketspelers van geleenthede
ONTEVREDE krieket-ondersteuner skryf:
‘n GROOT aantal skoolseuns is die afgelope tyd van geleenthede ontneem om aan die Kaapse Wynland krieketproewe (Boland) deel te neem as gevolg van ‘n onaktiewe Witzenberg Laerskole krieket-bestuur.
Dit is met ‘n swaar gemoed en diepe teleurstelling dat ek hierdie skrywe rig aan alle belanghebbendes nadat e-posse aan laerskole, nie die gewenste uitwerking gehad het nie.
Kaapse Wynland proewe vir o/13-spanne is op 21 Maart op Stellenbosch aangebied om ‘n Boland-span te kies om aan die interprovinsiale toernooi te gaan deelneem.
Op 9 Maart is daar beloftes gemaak dat die proewe gereël sou word om ‘n Witzenbergspan te kies wat aan die proewe op Stellenbosch sou deelneem. Groot was my verbasing toe ek later op 22 Maart ‘n boodskap van ‘n ouer ontvang dat Laerskool Gericke op die nippertjie ‘n span na die proewe moes stuur.
Vir die afgelope 30 jaar was Witzenberg laerskole krieket ‘n goeie voorbeeld waarop Boland skole krieket sy werkswyse en administrasie geskoei het.
Witzenberg was altyd voorgehou as die model waarop streekskrieket in Boland bedryf word. Daar was altyd genoegsame persone, ongeag hul bekwaamheid, wat bereid was om te dien en geleenthede aan die jong krieketspelers te bied.
Tot en met Desember 2019 was Witzenberg ‘n krag in Boland laerskole krieket en het die streek gereeld spelers opgelewer wat provinsiaal kon gaan meeding.
Witzenberg munisipaliteit het ook grootliks hiertoe bygedra deur die krieketblad by Lyellstaart se sportgronde te verwyder sonder om die betrokke drie skole in kennis te stel en alternatiewe geriewe te voorsien. Dit is onmoontlik om elf spanne op twee kolfblaaie te akkommodeer.
Daar is in 2020 verskeie e-posse aan Witzenberg munisipaliteit gestuur rakende hierdie aangeleentheid, maar het tot op hede het ek geen reaksie gekry nie.
Dit is my pleidooi dat skoolhoofde in die Witzenbergstreek ‘n diep en ernstige gesprek met hul krieketafrigters sal hê sodat ‘n herhaling van die afgelope weke vermy kan word.
Catchment Management Agency Opvanggebied Bestuursagentskap I-Arhente yoLawulo lomMandla nokungqongileyo
cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester Private Bag X3055, Worcester 6850
The Breede-Gouritz Catchment Management Agency (BGCMA) a water resources management entity established in terms of the National Water Act, 1998 (Act No. 36 of 1998) invites applications from suitably qualified, experienced, and skilled applicants to the following vacant position within its Water Resources Management Division: • Water Use Officer To view the comprehensive advertisement, application requirements, procedures, and response details, please visit our website: www.breedegouritzcma.co.za Closing date for applications: 13 April 2022