1 minute read
Damvlakke bly daal
Advertisement
AS daar na die huidige damvlakke in die Wes-Kaap gekyk word, lyk dit steeds of El Nino Suidelike ossilasie (Enso) ‘n impak het op die provinsie se reënvalsyfers. Daar is sedert September 2022 ‘n La Nina-fase wat hoër gemiddelde reënval in somerreënvalgebiede en laer reënval in die winterreënvalgebiede (Wes-Kaap) veroorsaak. Die SAWeerdienshetaandiebeginvandiejaar‘nlaerasgemiddeldreënvalvoorspel.Hierdie verskynsel het reeds bygedra dat Julie - Augustus 2022 een van die droogstes was sedert 2010. Die Koekedouwdamvlak is nou meer as 37% leër as in Februarie 2022 (81%).Diedamistansnet44%vol.Daaris sederteinde Januarie,vlak3waterbeperkings op Tulbagh van krag. * Daar is Maandag 20 Februarie 51 mm reën in die Warm Bokkeveld gemeet, 63.4 mm in die Koue Bokkeveld (Sterkwater omgewing), net 16.6 mm in die Bo-Swaarmoed omgewing en 32.8 mm in die Romansrivier-omgewing buite Wolseley.
*Reënvalsyfers word goedgunstiglik deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf.