4 minute read
Man in hof na hy vrou vermoor
‘n MAN (43) wat sy saambly vrou wreed vermoor het terwyl haar kinders in die huis was, het die week weer in die Ceres landdroshof verskyn.
Die verdagte, Lehlohonolo Joseph Mokhoabane (43), is op 17 Februarie gearresteer weens dié moord. Hy moet weer op 3 Maart in die Ceres landdroshof verskyn.
Advertisement
Agtergrond
Drie kinders onder die ouderdom van 6 jaar is wees gelaat nadat hulle ma (32) in een van die grusaamste voorvalle in die Witzenbergstreek, met ‘n piksteel doodgeslaan is.
Die moord het omstreeks 08:50 op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed-omgewing plaas-
Twee verkragters lank tronk toe
SPEURDERS van Ceres SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) het die afgelope maand twee suksesvolle vervolgings in die streekhof afgehandel.
Vuyani Tyeku (44) van Pine Valley buite Wolseley is op 2 Februarie in die Paarl streekhof, 20 jaar effektiewe tronkstraf opgelê vir verkragting. Hy het op 16 Junie 2020 ‘n 7-jarige meisie verkrag.
In ‘n tweede geval is Teboho Fufu (25) lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van ‘n 67-jarige slagoffer op Tulbagh. Fufu is op 16 Februarie in die Paarl streekhof gevonnis.
gevind. Die 32-jarige slagoffer se kinders was nog in die plaaswerkershuis toe die polisie op die toneel kom. Hulle is tans in die sorg van familielede geplaas en kry berading.
Ander saak
Mokhoabane is einde April 2022 gearresteer toe die Valke op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed-omgewing toegeslaan en hom gearresteer het vir die onwettige kweek en handel in dagga.
Daar is op nagenoeg R171 000 se dagga en 79.95 kg se gedroogde dagga met ‘n beraamde straatwaarde van nagenoeg R90 000 beslag gelê.
Tankwa-pad eis nog 'n slagoffer
SONDAG 26 Februarie omstreeks 17:30 het die bestuurder van dié Hyundai motor beheer verloor. Die motor het by Pine Valley se ingang op sy dak tot stilstand gekom. Drie kinders tussen die ouderdomme van 4 en 11 jaar was saam met twee vroue en die bestuurder in die motor. Een vrou en 'n man het gesigbeserings opgedoen. Die kinders is lig beseer.
‘n MOTORFIETSRYER van Pretoria is die naweek dood nadat hy ‘n grondwal getref en beheer oor sy motorfiets verloor het. Thomy Theron (50) het Saterdag 25 Februarie omstreeks 15:00 saam met ‘n vriend gery toe hy naby die plaas, Da Doer, op pad na Middelpos geval het. Dit is ongeveer 150 km van Ceres. Die ambulans en polisie kon nie ontbied word nie aangesien daar geen selfoonopvangs was nie. Hy is later met inwendige beserings na ‘n plaas geneem vanwaar die nooddienste ontbied is. Theron is meer as ‘n uur later op die toneel dood voordat die ambulans opgedaag het.
MANDY Geldenhuys (Life coach, Reiki master, two time Martial Arts champion and Tae Bo instructor) created a menthal health programme for Grade 12’s. The main objective of the workshop is to equip the Grade 12’s with the necessary tools and skills to make good choices for their future. The workshop consists of focus breathing exercises, to assist them with anxiety and depression and tools for self-motivation. This is the first workshop of four parts that will stretch throughout the year. The first group was Ceres Secondary School on 23 February with 264 Grade 12 learners who participated.
DIE atlete van Die Eike primêre skool het Saterdag 25 Februarie aan die Hoërskool Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl deelgeneem. AGTER: Markdeen Draai (afrigter). VOOR: Bianca Ockhuis (o/15 verspring en 800 meter), Charday Steenberg (o/14 verspring), Anthony Fortuin (o/14 verspring, 100 meter en 200 meter) en Chriswill du Toit (o/14 verspring). * Anthony Fortuin het ‘n eerste plek in verspring behaal en ‘n goue medalje verwerf.
JOHAN du Toit en Anmari Steenkamp van Laerskool Koue Bokkeveld het die afgelope naweek die o/12 A Kavaliers tennisspan in George verteenwoordig. Boland Kavaliers eindig in die eerste plek en ontvang goue medaljes.
Hierdie aanstelling het by De Keur Verpakking, te Ceres ontstaan
LOON- EN ONTVANGSKLERK
Hierdie is ‘n permanente aanstelling in die Finansiële- & Administratiewe afdeling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van proeftydperk.
Doel van pos: Verantwoordelik vir die daaglikse verwerking van lone op Sage People 300, sowel as die hantering van ontvangs, algemene administrasie en pensioen rekonsiliasies.
Vaardighede: • Akkuraatheid • Doelgerig - moet sperdatums haal • Moet goed onder druk funksioneer • Ondervinding in doen van lone • Administratiewe- en ontvangs vaardighede • Kommunikasievaardighede • Probleemoplossing • Moet inisiatief neem en pro-aktief kan optree.
Onder vinding: • Sage People 300 ondervinding van kardinale belang.
Opleiding: • Graad 12 • Sage People 300 • Kennis van Vitrax sal voordelig wees • Goeie kennis van MS Office.
Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Maart 2023
Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik
Navrae en aansoeke : Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, afskrif van u ID en drie verwysings aan Johan du Plessis by recruitment@dekeur.co.za
De Keur Verpakking is ‘n gelyke geleentheid werkgewer
DIE atlete van Die Eike primêre skool gaan op Saterdag 4 Maart aan die Boland Laerskole atletiekbyeenkoms in die Paarl deelneem. AGTER: Amorita Hardneck (o/11 gewigstoot) en Ruan
Nuwe onnie by skool verwelkom
MOOI-UITSIG PRIMÊR (Bella Vista, Ceres) ✉ 222, CERES, 6835 ☎ ☎ (023) 315-5820 Faks: (023) 315-6587 admin@muprimer.co.za
Beskik oor die volgende vakature WKOD KONTRAKPOS
GRONDSLAGFASE (Graad 1)
1 April 2023 - 31 Desember 2023
Vereistes : • Grondslagfase Onderwyskwalifikasie • KABV opleiding
• goeie klaskamerbestuur • goeie menseverhoudinge • goeie dissipline • betrokkenheid by alle buitemuurse aktiwiteite • ondersteuning by alle skoolfunksies • Rekenaarvaardig.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Woensdag, 15 Maart 2023 om 15:00
E-pos aansoekbrief, geser tifiseerde afskrifte van onder wyskwalifikasies, CV en een onlangse getuigskrif na: Die Skoolbestuurder:
Mnr. D.L. Ceasar
E-pos: admin@muprimer.co.za
Vir enige navrae skakel: (023) 315-0485 of 060-340-4097
Mazda se insittendes hardloop weg na ongeluk
NOODDIENSTE- en verkeerspersoneel was die naweek baie bedrywig in die streek. Saterdag 25 Februarie omstreeks
04:00 het ‘n Audi en Mazda naby die Fairfield-afdraai gebots. Na bewering het die bestuurder van die Mazda ‘n U-draai gemaak waarna die bestuurder van die Audi teen die Mazda vasgery het. Die insittendes van die Mazda het uitgespring en weggehardloop. Niemand is beseer nie.