1 minute read
Verdagte (25) maande na verkragting vasgetrek
‘n WERKLOSE Sedgefield inwoner het verlede week vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n verkragtingsklag.
‘n Soektog van 9 maande en goeie speurwerk het daartoe gelei dat die 25-jarige man wat weens ‘n verkragtingsvoorval in die Tankwa Karoo gesoek is, vasgetrek is.
Advertisement
Speurders van Ceres GKS het die manwat eers later geïdentifiseer kan word as hy gepleit het - op Sedgefield gearresteer en na Ceres gebring. Hy was heeltemal uit die veld geslaan toe hy besef dit is die polisie wat hom opgespoor het vir die verkragting van ‘n 20jarige vrou van Houtbaai.
Die voorval het tussen 1 en 2 Mei 2022 tydens die Africaburn geleentheid plaasgevind.
Hy het Woensdag 1 Maart vir die eerste keer verskyn waarna die saak tot Maandag 6 Maart vir regshulp uitgestel is. Hy word in Worcester gevangenis aangehou.
Ondersoek
Die slagoffer het ‘n senu-ineenstorting na die Africaburn beleef en is in ‘n rehabilitasiekliniek vir behandeling opgeneem.
Hier het sy die voorval by ‘n sielkundige aangemeld waarna dit onder die polisie se aandag gebring is.
Met die hulp van ‘n vriendin wat ‘n foto van