5 minute read
Drie verdagtes in hof na moord op vrou (74)
‘n BEJAARDE vrou is die naweek op haar plaas in die Ceres Karoo vermoor.
Advertisement
Volgens inligting het die voorval Vrydagaand tussen 18:00 en 24:00 plaasgevind.
Christina Johanna Walters (74) van die plaas Papekuil is dood nadat sy vermoedelik deur ‘n oudwerker, op die plaas vermoor is.
Haar liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak.
‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Haelgeweer het langs haar lyk gelê.
Werker ontbied hulp
‘n Malawiër wat op die plaas woon en die afgelope maand daar werk, het gesien hoe drie mans vroeër op die plaas aankom.
Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip. ‘n Ruk later hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20 kilometer daarvandaan geloop. Omstreeks 24:00 het hy by die eienaar om hulp aangeklop en van die skote en mans vertel.
Die polisie is ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel.
Uitgebreide soektog geloods
Drie verdagtes is na ‘n uitgebreide soektog met ‘n polisiehelikopter en polisiehonde, in hegtenis geneem.
Willem Olivier (48) is Saterdag ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, in hegtenis geneem nadat die polisie leidrade opgevolg het.
Twee familielede van 22 en 17 jaar oud wat by Olivier op die plaas gekuier het, is Sondag op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.
Die mans het twee handwapens en ‘n jaggeweer asook kruideniersware en drank gesteel.
Hofverskyning afgehandel nie 087 094 8092 087 094 8092 087 094 8092 087 094 8092 087 8092 The trusted name in commercial and residential Waterproofing. www.rubberroofs.co.za 5 100 R381 200 12,75% R263 028R5 100R290 474 (023) 312-1057 Arno, Pierre, Andre of Giepie Voortrekkerstraat 112, CERES *Model shown for illustrative purposes only. While stocks last and subject to change without prior notice. Errors and omissions excepted. Includes R 1207,50 Initiation fee and R69 monthly administration fee. Fees as prescribed as per the National Credit Act. Initiation Fees for juristic entities falling outside of the National Credit Act is 1,2% of the financed amount up to a maximum of R7 500 and will adjust the advertised payment accordingly. The Toyota FutureDrive Guaranteed Future Value offer is based on 20 000kms per annum, 12.75% variable interest rate may change and will adjust the advertised payment accordingly. Toyota Financial Services (South Africa) Limited. An Authorised Financial Services (FSP No. 7454) and Registered Credit Provider (NCRCP62). Ts & Cs Apply. R38 100
Een van die drie mans, Willem Olivier, het Maandag 6 Maart vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 13 Maart uitgestel om verdere inligting te bekom - een hiervan om sy vingerafdrukke op die stelsel te verifieer.
Die ander twee mans, Calvin Vlok (22) en ‘n 17-jarige, het Dinsdag 7 Maart verskyn.
Die saak is ook tot 13 Maart vir verdere inligting uitgestel.
‘n BEKENDE inwoner van Ceres en onderwyser, Ermine Chrystal (Curly) Nel (56), is op 1 Maart na ‘n kort siekbed oorlede. Sy was voor haar dood die waarnemende adjunkhoof van Morrisdale primêr. “Aan ‘n besonderse unieke vrou, ma en ouma... Jou teenwoordigheid spreek boekdele en jou liefde is en bly warm. Greatly loved - Deeply missed”.
JOHNNY en Marie Reitz van Ceres het op 3 Maart hul 50ste huweliksherdenking gevier. Johnny is op 3 Maart 1973 met Marie Ockhuis getroud. Hulle het die geleentheid saam met familie en vriende gevier.
KOERANTLESERS van Wolseley moet kennis neem dat die koerant vanaf 9 Maart slegs te koop is by Big Time (foto), OK Wolseley en Henry Saggrys (Montana). Lesers wat altyd die koerant by USave Wolseley gekoop het, kan van Donderdag af, net 100 meter verder in die pad af, dit by Big Time koop.
CHRISANA HEUNING & BESTUIWINGSDIENSTE
CHRISANA HEUNING & BESTUIWINGSDIENSTE
• 400 byekorwe beskikbaar vir opkomende seisoen
• Kwaliteit swerms gewaarborg
• Inspeksie van kaste verwelkom
• Betroubare verwysings beskikbaar
Skakel 061-969-3243
Sebastiaan van Zijl
DIE Witzenbergstreek het op 23 Januarie
‘n nuwe inwoner bygekry. Anna Martha Margareta Dettmann (Magda) het van Worcester na Huis Mostertshoek op Wolseley verhuis. Volgende Dinsdag 14 Maart word tannie Dettmann 103 jaar oud! Toe sy 19 jaar oud was, het die Tweede Wêreld oorlog uitgebreek, sy geniet nog goeie gesondheid, vertel stories van haar ontberinge tydens die oorlog en hoe sy moes vlug toe die Russe betrokke raak by die oorlog.
Boland Hospice Boland Hospice Boland Hospice Boland Hospice
Is seeking the services of the following staff in the Transitional Care Facility (Breede Valley and Witzenberg) and Community Health Services (Breede Valley):
• Professional Nurses (SANC registered with valid driver’s license)
• Enrolled Nurses (SANC registered)
• Lay Counsellors (ATTICC training)
• Community Health Workers (Accredited Home Based Care certificate)
• Transitional Facility Carers (Basic Home Based certificate) Cleaners (Experience in Health Sector environment)
For more information, please contact the Boland Hospice office by: (023) 342-4816 or visit our website at: www.bolandhospice.org
Send CV with supporting documents to: manager@bolandhospice.org by no later than 17 March 2023
If you have not received response within two weeks from closing date, your application was most likely unsuccessful. Only shortlisted candidates will be contacted.
THE Tru-Cape-sponsored Eselfontein MTB Festival, held in Ceres in October 2022, is an important fundraiser for local communities. According to Janene Malherbe of the farm Eselfontein in Ceres which grows apples, pears, and cherries for Tru-Cape and has a dairy, the 2022 Eselfontein Festival raised R40 000 each for its five beneficiaries. “We have paid the money to the schools and homes on behalf of the Eselfontein MTB. Each of the five organizations received R40 000. Ceres Home for the Aged however, received an additional R12 000 that was specifically collected for their Dementia and Alzheimers department by our local minister, rev. Jandré Viljoen and his team,” she says. “As a result of our efforts and the excellent support we received from our community of riders, we, with Tru-Cape’s and help from other sponsors, have contributed R212 000".
PLEASE CONTACT:
Jeanfceres@lando.co.za or Noëlnbasson@hermanus.co.za
ONDERBURGEMEESTER en raadslid, Felicity Klazen.
Tugverhore nog
Nie Afgehandel
‘n GOOD-raadslid en onderburgemeester van Witzenberg munisipaliteit en ‘n lid van die Wes-Kaap wetgewer, se tugverhore is na byna ‘n jaar nog nie afgehandel nie.
Beide rdl. Felicity Klazen (onderburgemeester van Witzenberg) en Shaun August (lid van Wes-Kaap wetgewer) is voor ‘n tugverhoor gedaag na beweringe van ‘n gedrinkery, kaal swemmery en sekspartytjies in Dennebos vakansieoord tydens ‘n Maart 2022-stemwerwingsveldtog.
Brett Herron, GOOD sekretaris-generaal, het Maandag in ‘n kort verklaring gesê dat GOOD se nasionale bestuurskomitee besluit het om beide Klazen en August aan te kla vir wangedrag en oortredings van hul gedragskode. Die tugverhoor word deur ‘n onafhanklike advokaat behartig.
Die tugverhoor van Klazen moes weer op 28 Februarie hervat word maar is op versoek van Klazen na 2 Maart uitgestel aangesien sy op 1 Maart by die Ceres landdroshof moes wees. Die tugverhoor is nog nie afgehandel nie. August se tugverhoor vind later die maand plaas.
Dennebos
GOOD het verlede jaar kort na die voorval gesê dat die party ‘n onafhanklike ondersoeker aangestel het om dié beweringe van wangedrag deur hul lede te ondersoek en dat die party die beweringe baie ernstig opneem.
Die beweerde gedrinkery, kaal swemmery en sekspartytjies het blykbaar tydens ‘n Maart-stemwerwingsveldtog plaasgevind toe nagenoeg 30 partylede in die Dennebos vakansie-oord oorgebly het.
Agt klaers het na vore gekom en verklarings afgelê.