Witzenberg Herald Vol.26 no.9 (Online Weergawe)

Page 1

WH H e r a l d

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Tugverhoor

Drie verdagtes in hof na moord op vrou (74)

‘n BEJAARDE vrou is die naweek op haar plaas in die Ceres Karoo vermoor.

Volgens inligting het die voorval Vrydagaand tussen 18:00 en 24:00 plaasgevind.

Christina Johanna Walters (74) van die plaas Papekuil is dood nadat sy vermoedelik deur ‘n oudwerker, op die plaas vermoor is.

Haar liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak.

‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Haelgeweer het langs haar lyk gelê.

Werker ontbied hulp

‘n Malawiër wat op die plaas woon en die afgelope maand daar werk, het gesien hoe drie mans vroeër op die plaas aankom.

Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip. ‘n Ruk later hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20

kilometer daarvandaan geloop. Omstreeks 24:00 het hy by die eienaar om hulp aangeklop en van die skote en mans vertel.

Die polisie is ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel.

Uitgebreide soektog geloods

Drie verdagtes is na ‘n uitgebreide soektog met ‘n polisiehelikopter en polisiehonde, in hegtenis geneem.

Willem Olivier (48) is Saterdag ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, in hegtenis geneem nadat die polisie leidrade opgevolg het.

Twee familielede van 22 en 17 jaar oud wat by Olivier op die plaas gekuier het, is Sondag op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.

Die mans het twee handwapens en ‘n jaggeweer asook kruideniersware en drank gesteel.

Hofverskyning

Een van die drie mans, Willem Olivier, het Maandag 6 Maart vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 13 Maart uitgestel om verdere inligting te bekom - een hiervan om sy vingerafdrukke op die stelsel te verifieer.

Die ander twee mans, Calvin Vlok (22) en ‘n 17-jarige, het Dinsdag 7 Maart verskyn.

Die saak is ook tot 13 Maart vir verdere inligting uitgestel.

afgehandel nie 087 094 8092 087 094 8092 087 094 8092 087 094 8092 087 8092 The trusted name in commercial and residential Waterproofing. www.rubberroofs.co.za 5 100 R381 200 12,75% R263 028R5 100R290 474 (023) 312-1057 Arno, Pierre, Andre of Giepie Voortrekkerstraat 112, CERES *Model shown for illustrative purposes only. While stocks last and subject to change without prior notice. Errors and omissions excepted. Includes R 1207,50 Initiation fee and R69 monthly administration fee. Fees as prescribed as per the National Credit Act. Initiation Fees for juristic entities falling outside of the National Credit Act is 1,2% of the financed amount up to a maximum of R7 500 and will adjust the advertised payment accordingly. The Toyota FutureDrive Guaranteed Future Value offer is based on 20 000kms per annum, 12.75% variable interest rate may change and will adjust the advertised payment accordingly. Toyota Financial Services (South Africa) Limited. An Authorised Financial Services (FSP No. 7454) and Registered Credit Provider (NCRCP62). Ts & Cs Apply. R38 100

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 9 R 8.50 Friday, 10 March 2023 Ceres Koekedouw dam 41,8% Tulbagh dam 28% Lesings geneem: 2023/03/08
Donderdag 9 Maart 12° 19° Vrydag 10 Maart Saterdag 11 Maart Sondag 12 Maart 11° 25° 11° 23° 11° 28°
DIE plaashuis op Papekuil. (023) 312-1916 312-1916 CERESCERES CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
Christina Johanna Walters (74) OPEN DURING ‘n GOOD-raadslid en onderburgemeester van Witzenberg munisipaliteit en ‘n lid van die Wes-Kaap wetgewer, se tugverhore is na byna ‘n jaar nog nie afgehandel nie. Beide rdl. Felicity Klazen (onderburgemeester van Witzenberg) en Shaun August (lid van Wes-Kaap wetgewer) is voor ‘n tugverhoor gedaag na beweringe van ‘n gedrinkery, kaal swemmery en sekspartytjies in Dennebos vakansieoord tydens ‘n Maart 2022-stemwerwingsveldtog.
Lees berig op bladsy 3
nog nie

‘n BEKENDE inwoner van Ceres en onderwyser, Ermine Chrystal (Curly) Nel (56), is op 1 Maart na ‘n kort siekbed oorlede. Sy was voor haar dood die waarnemende adjunkhoof van Morrisdale primêr. “Aan ‘n besonderse unieke vrou, ma en ouma... Jou teenwoordigheid spreek boekdele en jou liefde is en bly warm. Greatly loved - Deeply missed”.

JOHNNY en Marie Reitz van Ceres het op 3 Maart hul 50ste huweliksherdenking gevier. Johnny is op 3 Maart 1973 met Marie Ockhuis getroud. Hulle het die geleentheid saam met familie en vriende gevier.

KOERANTLESERS van Wolseley moet kennis neem dat die koerant vanaf 9 Maart slegs te koop is by Big Time (foto), OK Wolseley en Henry Saggrys (Montana). Lesers wat altyd die koerant by USave Wolseley gekoop het, kan van Donderdag af, net 100 meter verder in die pad af, dit by Big Time koop.

CHRISANA HEUNING & BESTUIWINGSDIENSTE

CHRISANA HEUNING & BESTUIWINGSDIENSTE

• 400 byekorwe beskikbaar vir opkomende seisoen

• Kwaliteit swerms gewaarborg

• Inspeksie van kaste verwelkom

• Betroubare verwysings beskikbaar

Skakel 061-969-3243

Sebastiaan van Zijl

DIE Witzenbergstreek het op 23 Januarie

‘n nuwe inwoner bygekry. Anna Martha Margareta Dettmann (Magda) het van Worcester na Huis Mostertshoek op Wolseley verhuis. Volgende Dinsdag 14 Maart word tannie Dettmann 103 jaar oud! Toe sy 19 jaar oud was, het die Tweede Wêreld oorlog uitgebreek, sy geniet nog goeie gesondheid, vertel stories van haar ontberinge tydens die oorlog en hoe sy moes vlug toe die Russe betrokke raak by die oorlog.

BOLAND HOSPICE BOLAND HOSPICE BOLAND HOSPICE BOLAND HOSPICE

Is seeking the services of the following staff in the Transitional Care Facility (Breede Valley and Witzenberg) and Community Health Services (Breede Valley):

• Professional Nurses (SANC registered with valid driver’s license)

• Enrolled Nurses (SANC registered)

• Lay Counsellors (ATTICC training)

• Community Health Workers (Accredited Home Based Care certificate)

• Transitional Facility Carers (Basic Home Based certificate) Cleaners (Experience in Health Sector environment)

For more information, please contact the Boland Hospice office by: (023) 342-4816 or visit our website at: www.bolandhospice.org

Send CV with supporting documents to: manager@bolandhospice.org by no later than 17 March 2023

If you have not received response within two weeks from closing date, your application was most likely unsuccessful. Only shortlisted candidates will be contacted.

THE Tru-Cape-sponsored Eselfontein MTB Festival, held in Ceres in October 2022, is an important fundraiser for local communities. According to Janene Malherbe of the farm Eselfontein in Ceres which grows apples, pears, and cherries for Tru-Cape and has a dairy, the 2022 Eselfontein Festival raised R40 000 each for its five beneficiaries. “We have paid the money to the schools and homes on behalf of the Eselfontein MTB. Each of the five organizations received R40 000. Ceres Home for the Aged however, received an additional R12 000 that was specifically collected for their Dementia and Alzheimers department by our local minister, rev. Jandré Viljoen and his team,” she says. “As a result of our efforts and the excellent support we received from our community of riders, we, with Tru-Cape’s and help from other sponsors, have contributed R212 000".

PLEASE CONTACT:

Jeanfceres@lando.co.za or Noëlnbasson@hermanus.co.za

WITZENBERG HERALD Friday, March 10, 2023 2

ONDERBURGEMEESTER en raadslid, Felicity Klazen.

Tugverhore nog

nie afgehandel

‘n GOOD-raadslid en onderburgemeester van Witzenberg munisipaliteit en ‘n lid van die Wes-Kaap wetgewer, se tugverhore is na byna ‘n jaar nog nie afgehandel nie.

Beide rdl. Felicity Klazen (onderburgemeester van Witzenberg) en Shaun August (lid van Wes-Kaap wetgewer) is voor ‘n tugverhoor gedaag na beweringe van ‘n gedrinkery, kaal swemmery en sekspartytjies in Dennebos vakansieoord tydens ‘n Maart 2022-stemwerwingsveldtog.

Brett Herron, GOOD sekretaris-generaal, het Maandag in ‘n kort verklaring gesê dat GOOD se nasionale bestuurskomitee besluit het om beide Klazen en August aan te kla vir wangedrag en oortredings van hul gedragskode. Die tugverhoor word deur ‘n onafhanklike advokaat behartig.

Die tugverhoor van Klazen moes weer op 28 Februarie hervat word maar is op versoek van Klazen na 2 Maart uitgestel aangesien sy op 1 Maart by die Ceres landdroshof moes wees. Die tugverhoor is nog nie afgehandel nie. August se tugverhoor vind later die maand plaas.

Dennebos

GOOD het verlede jaar kort na die voorval gesê dat die party ‘n onafhanklike ondersoeker aangestel het om dié beweringe van wangedrag deur hul lede te ondersoek en dat die party die beweringe baie ernstig opneem.

Die beweerde gedrinkery, kaal swemmery en sekspartytjies het blykbaar tydens ‘n Maart-stemwerwingsveldtog plaasgevind toe nagenoeg 30 partylede in die Dennebos vakansie-oord oorgebly het.

Agt klaers het na vore gekom en verklarings afgelê.

Verdagte (25) maande na verkragting vasgetrek

‘n WERKLOSE Sedgefield inwoner het verlede week vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n verkragtingsklag.

‘n Soektog van 9 maande en goeie speurwerk het daartoe gelei dat die 25-jarige man wat weens ‘n verkragtingsvoorval in die Tankwa Karoo gesoek is, vasgetrek is.

Speurders van Ceres GKS het die manwat eers later geïdentifiseer kan word as hy gepleit het - op Sedgefield gearresteer en na Ceres gebring. Hy was heeltemal uit die veld geslaan toe hy besef dit is die polisie wat hom opgespoor het vir die verkragting van ‘n 20jarige vrou van Houtbaai.

Die voorval het tussen 1 en 2 Mei 2022 tydens die Africaburn geleentheid plaasgevind.

Hy het Woensdag 1 Maart vir die eerste keer verskyn waarna die saak tot Maandag 6 Maart vir regshulp uitgestel is. Hy word in Worcester gevangenis aangehou.

Ondersoek

Die slagoffer het ‘n senu-ineenstorting na die Africaburn beleef en is in ‘n rehabilitasiekliniek vir behandeling opgeneem.

Hier het sy die voorval by ‘n sielkundige aangemeld waarna dit onder die polisie se aandag gebring is.

Met die hulp van ‘n vriendin wat ‘n foto van

Moordenaar vir waarneming verwys

‘n MAN (43) wat ‘n maand gelede sy saambly vrou wreed vermoor het terwyl haar kinders in die huis was, is vir sielkundige waarneming verwys.

Lehlohonolo Joseph Mokhoabane is op 17 Februarie gearresteer weens dié moord. Hy moet weer op 27 Maart in die Ceres landdroshof verskyn.

Agtergrond

Drie kinders onder die ouderdom van 6 jaar is wees gelaat nadat hulle ma (32) in een van die grusaamste voorvalle in die Witzenbergstreek, met ‘n piksteel doodgeslaan is. Die moord het omstreeks 08:50 op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed-omgewing plaasgevind.

Die 32-jarige slagoffer se kinders was nog in die plaaswerkershuis toe die polisie op die toneel kom. Hulle is tans in die sorg van familielede geplaas en kry berading.

Ander saak

Mokhoabane is einde April 2022 gearresteer toe die Valke hom gearresteer het vir die onwettige kweek en handel in dagga. Daar is op nagenoeg R171 000 se dagga en 79.95 kg se gedroogde dagga met ‘n beraamde straatwaarde van nagenoeg R90 000 beslag gelê.

die man gekry het en die organiseerders van die Africaburn waar feesgangers moet registreer, is die verdagte geïdentifiseer.

Een van die speurders het toe sosiale media gebruik om die verdagte, wat ‘n skaatsplank te koop aangebied het, te kontak.

Kort na die ontmoeting het die polisie hom weens die verkragtingsvoorval in hegtenis geneem.

Weer in hof

Die verdagte moet weer op 27 Maart in die Ceres landdroshof verskyn vir ‘n borgaansoek.

Bakkie beland op sy dak

DIE bestuurder van dié Colt bakkie met ‘n CL-registrasienommer, het Sondag 5 Maart beheer in Michellspas verloor en agter die sperreling op sy dak tot stilstand gekom. Die ongeluk het omstreeks 19:00 plaasgevind.

23 November 2023

DEPOSITO ASB. BETAALBAAR VOOR 15 APRIL 2023

Onder leiding van PPK Ceres

Navrae: Past. Jacobs by 084-657-4673 of e-pos: isaacjacobs50@yahoo.com

ONVERWAGSE reën het die week van 1 Maart tot 8 Maart in die Witzenbergstreek geval. Daar is 37.8 mm reën in die Warm Bokkeveld gemeet, 36.2 mm in die Koue Bokkeveld (Sterkwater omgewing) en 27.3 mm in die Bo-Swaarmoed omgewing. * Die Koekedouwdamvlak is tans 41.8% teenoor die 79.5% in Maart 2022. Tulbaghdam is skaars 28% vol. Daar is sedert Februarie vlak 4 waterbeperkings op Tulbagh van krag en inwoners en besighede word dringend versoek om minder water te gebruik. Teen die tempo sal die dam leeg wees teen 1 Julie 2023.

* Reënvalsyfers word deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf.

OPENBARE KENNISGEWING

VAN VERGADERING VAN DIE

WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD:

10 MAART 2023

Kennis word hiermee gegee ingevolge

Artikel 19 van die Wet op Plaaslike

Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat ‘n Spesiale Raadsvergadering gehou sal word op Vrydag, 10 Maart 2023 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3

PUBLIC NOTICE OF MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL:

10 MARCH 2023

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that a Special Council meeting will be held in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres on Friday, 10 March 2023 at 10:00

WITZENBERG HERALD Friday, March 10, 2023 3
nie
PELGRIMSTOG NAPELGRIMSTOG NA

DIE Ceres-Distrik Skoolhoofde Vereniging het Donderdag 9 Februarie hul AJV by die Eike primêre skool gehou en tydens die geleentheid ‘n nuwe bestuur gekies. AGTER: Johan Pieters (voorsitter), Theo du Plessis (ondervoorsitter), Gerrit Kortjé (kassier), Tom Persens en Oxford Jack (hulpkassier). VOOR Mariëtte Persens, Janine Baadjies (sekretaresse), Michelle Booysen-Swartz (sone verteenwoordiger - WB), Ralmond Cupido (sone verteenwoordiger- AWB), Irene de Wee (hulp sekretaresse) en Eileen Krotz (sone verteenwoordiger- KB). * Die vereniging is trots daarop dat hulle vorige voorsitter, Tom Persens, tans waarnemende kringbestuurder vir kring 5 is.

MORRISDALE primêr atlete het Saterdag 4 Maart aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl deelgeneem en baie goed presteer. Sewe atlete het medaljes verower. Die meisies o/13 aflosspan het uitgeblink en ‘n goue medalje verower. Lorenzo Vergotine (seuns o/13) het twee silwer medaljes losgehardloop. Hier is Cruden van Rensburg (derde plek seuns o/10 hoogspring) afgeneem saam met Rhudewaan Jonas (vierde plek seuns o/13 1500 meter stap) en die spanbestuurders Tasneem Manefeldt-Kirkwood (links) en Ryno Farmer (regs). * Atlete gaan op Saterdag 11 Maart in die Paarl aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms deelneem. AFWESIG: Adley du Plesies (derde plek seuns o/7 60 meter).

VYF atlete van Laerskool Waveren het Saterdag 4 Maart in die Paarl aan die Boland atletiekbyeenkoms deelgeneem. AGTER: Gershwin Waterboer, Anne Absalom (waarnemende adjunkhoof), Jaime-Lee Lakey en Alrich Meyer (sportafrigters). VOOR: Clementia Mauritius (o/13), Meekah Luitjies (o/10), Eslin Martiens (o/11), Chandré Oerson (o/12) en Zellnick Meloyer (o/13).

Foto: Peter Luitjies

RIA Prins, bestuurder van Huis Maudie Kriel ouetehuis, het onlangs VLV-lede toegespreek oor demensie en hoe ‘n pasiënt met die siekte, hanteer moet word. Die siekte tas die funksionering, kommunikasie en denke van ‘n persoon aan. Daar is geen genesing daarvoor nie en is dus onomkeerbaar. Demensie word in drie fases opgedeel: Fase 1 word verandering in optrede bespeur, soos ongeduldigheid, angstigheid, misplasing van iets, fase 2 se simptome is verwardheid, kort aandagspan, ronddwaal, moeilike aantrek van klere en fase 3 kan spraak aantas, verandering van persoonlikheid, eetprobleme veroorsaak, urineweginfeksie en bedlêend raak. Hoe moet so ‘n persoon hanteer word? Behandel hulle met resprek, lees vir hulle voor, speel musiek. Kleure word moeilik onderskei, gewoonlik word rooi en blou maklik onderskei, maar nie wit of pienk nie. Moenie ‘n klomp goed op een slag wys nie. Hou prente eenvoudig. Dit is baie belangrik om na jouself ook om te sien as jy na so iemand moet versorg. Dit verg baie geduld en liefde.

WITZENBERG HERALD Friday, March 10, 2023 4
DIE groepie atlete van Mooi Uitsig primêr het Saterdag 4 Maart aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl deelgeneem. Hulle is: Hay-Leigh Onke, Jaymarine April, Navito April en Mia Damon.

RITANIO Gordon, ‘n leerder van AgterWitzenberg primêr, het Saterdag 4 Maart aan die Boland atletiek kampioenskappe deelgeneem. Hy het ‘n derde plek verower in die 1200 meter vir seuns o/11. Hy gaan

Saterdag 11 Maart die Bolandspan verteenwoordig wat aan die Wes-Kaap atletiek kampioenskappe in die Paarl gaan deelneem. By hom staan sy afrigter, Howard Antonie.

DANIËL van Deventer, ‘n leerder van Laerskool FD Conradie, is opgeneem in die Boland atletiekspan. Hy gaan Saterdag 11 Maart aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms in die Paarl deelneem. Daniël gaan aan die gewigstoot vir seuns o/12 deelneem.

WITZENBERG HERALD Friday, March 10, 2023 5
Twee atlete gaan die naweek in Paarl deelneem
BELLA Vista primêr spog met hul hoofleiers vir 2023. VLNR: Anzio Haywood, Chloe Klein, Tamsleigh Slingers en Kyle Lewerlot. YOUNG Good Hope RVK se vrouespan speel Saterdag 11 Maart teen Young Hamiltons van Worcester ‘n voorwedstryd. Alle vroue wat belangstel om by die span aan te sluit, kan vir Ann Koopman skakel by 082-378-1120.

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Andries Andreas Paulse

1960/09/03 - 2023/03/03

Begrafnisdiens:

Sat. 11 Maart 2023

Huis: 09:00, Plaas De Keur

Koue Bokkeveld

Kerk: 10:00, VGK

Op-die-Berg Graf: Plaas De Keur, KBV

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

ONS IS OP SOEK NA

KANTOORSPASIE

1 April 2023

R4 000 p/m

Skakel

Dirk Swart 076-915-6857

Lucille Claasen 078-602-4153

AND FRAMES

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

083-227-6476

NICRA Konstruksie

● Boublokke

● Boustene

● Plaveistene

Paving

Skakel: Niel Crafford 082-827-6439

1960/05/17 - 2023/02/24

Begrafnisdiens: Sat.11 Maart 2023

Kerk : 09:00, Suiderlandse

Christen Sending, Bella Vista Graf: Bella Vista



Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel 082-859-2300

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en "automation". Skakel Derick by 082-8044550 vir enige verdere navrae en kwotasies. rek S15 w.t.o.

Vir die stem, herstel, verkoop en koop van klaviere. Ons diens alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

TE HUUR KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar R7 500 p/m

EC BUSDRYWER

VEREISTES:

nuusbrokkies

CERES Besigheids Inisiatief (CBI) hou op 28 Maart hul AJV in die Ceresvallei kerksaal. Die vergadering begin om 18:30 en bywoning is gratis. Kom geniet die aand saam met CBI. Beperkte plekke beskikbaar en bespreek by Jannie Conradie by 083270-7713 of stuur ‘n epos na manager@ cerescbi.co.za.

YOUNG Good Hope RVK speel Saterdag

Mini skip rentals

2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Lisensie

Kode

14

11 Maart teen Pumas RVK. Die wedstryd vind op die Lyellstraat sportgronde plaas in Rooikamp. Daar sal ook ‘n voorwedstryd gespeel word tussen die vrouespanne van Young Good Hope en Young Hamiltons. Wedstryde begin om 12:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders en motors.

RESCUES UP FOR

Currently

ARMED

Ermine Chr ystal Nel (Curly)

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres

Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

BAKGABAKGA BAKGAT T T (Male) Born 29/11/2022

RICKRICK RICKYY YY Y (Male) Born 22/11/2022

Cillierstraat 45 Ceres

•Diens en oordoen van spuitkarre

• Diens van bakkies en trekkers

• Kalibrasies van spuite

• Regmaak van alle plaasimplemente MariusBeerMariusBeer MariusBeerMariusBeer Marius Beer

082-460-6425

084-024-9452 info@beers-ms.com

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

om 18:00, St Andrews Kerk, Ceres

Herdenkingsdiens: Sat. 11 Maart. 2023

Huis: 09:00, Fabriekstraat 13, Ceres

K erk : 10:00, St Andrews Ceres

Privaat Verassing

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Saterdag: 09:00 - 12:30

MAART APRIL

uitverkoping op alles gedurende MAART

1 April

• 09:00 - 12:30

• Worsbroordjies (R25)

• Pannekoek • Handwerk ens.

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Born 04/10/2022

WITZENBERG HERALD Friday, March 10, 2023 6 classifieds
SCAN TO DONATE
ADOPTION
at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. JANIJANI JANI (Female) Born 15/08/2022 ESTEST ESTAA AA (Female) Born 15/07/2021 BRAKKIEBRAKKIE (Female) Born 01/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply GUINEVERE (Female)
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Petrus Jacobs 1961/06/11 - 2023/02/27 Funeral Service: Sat. 11 March 2023 Home: 07:00, 19 Sinomali Street, Nduli Church: 09:00, Methodist Church Nduli Grave: Bella Vista (023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Sarah Bill 1967/01/04 - 2023/03/01 R oudiens: Do. 09/03/2023
OM TE HUUR
Ceres
in
middedorp vanaf
Contact
Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414 079-177-2490 ☎☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Christiaan
RESPONSE OFFICER
Must be : •PSIRA registered •Armed response qualification •Firearm Competency •Valid South African ID and driver’s licence Contact Corné 061-443-4228 or send CV to: cvandermerwe @lifestylets.co.za
PLANT AND TOOL HIRE
(Ceres)
Peres & Williams Transport (Pty) Ltd
• 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517

Baie dankie aan ons borge! Ceres Lions Gholfdag 24

Ceres Square

CERES

DIEREHOSPITAAL VETERINARY HOSPITAL

☎ (023) 312-3020

Dié gewilde gholfdag op Ceres se sportkalender, samel fondse in vir verskeie projekte - een hiervan om skoolkinders met sig/oog probleme te help en hierdie jaar word 'n bydrae gemaak aan 'n Intern van die Ceres Provinsiale Hospitaal vir spesiale kontaklense wat hy benodig.

☎ (023) 312-3152 DB Slootgrawerdiens BK

Justin Wilkinson

CerCer Ceres es ☎ ☎ (023) 316-2226 (023) 316-2226

Wenners van Petals Express met 87 punte, Gerrie Swart, Werner Greeff, Hesmarie Fourie en Riaan Groenewald.

(023) 316-2035

☎ (023) 312-3768

Ceres Alarms and Guarding

 (023) 316-1117

TYRE CHOICE

316-1880

Alberts 082-324-2060

CERES (023) 312-1057

312-3618 ☎ ☎ (023) 312-1414

CORNEL MULLER

In die tweede plek was die span van PPC Cement Mix met 85 punte.

(023) 312-1345

BAIE DANKIE OOK AAN: Baie Bargains, Boland Eiers, Ceres Build It, Donkerbos Landgoed, Firestone, Gatti's, Kaap Agri, Lumar Foods, Rayvillo Industry, Reid's Mica, Rocky River Spur, TCP Consumer Bolt, Wheel Quip, Worcester Minerals Asook elkeen wat 'n lootjie gekoop het

WITZENBERG HERALD Friday, March 10, 2023 7
☎ ☎ ☎
Februarie 2023 ☎
(023)
BOKKEVELD GAS Johann
Petrus en Dirk BRANDTBRANDT BRANDTBRANDT BRANDT
TELEVIDEOTELEVIDEO TELEVIDEO
N.J. GELDENHUYS VERVOER ☎ ☎ (023) Franco Jordaan 084-581-3253

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Leroux 4de keer kampioen

DIE jaarlikse Ceres klubkampioenskappe het Saterdag en Sondag 4-5 Maart by Ceres gholfklub plaasgevind

Leroux Ferreira is vir ‘n rekord vierde agtereenvolgende jaar as die Ceres klubkampioen gekroon nadat hy rondtes van 70,65 en 71 gespeel het vir ‘n totaal van 206 houe. Leroux het met vier houe gewen. Clement de Bruin was tweede met tellings van 67, 73 en 70 houe vir ‘n totaal van 210 houe. Dirk Strydom van Wolseley was derde met tellings van 75, 75 en 70 vir ‘n totaal van

TWEE Ceres inwoners, André Saunders en Denver de Kock (heel regs onder) het op Saterdag 4 Maart as die skeidsregters in die interskole krieketwedstryd tussen Paarl Gimnasium en Paarl Boishaai opgetree. Die 50 boulbeurt wedstryd is verkort na 40 boulbeurte. Dit is die grootste interskole krieketwedstryd in die land en is vanjaar deur Paarl Gimnasium gewen. * André Saunders (bo) is sedert 2017 ‘n Boland senior skeidsregter en het al opgetree in groot skolewedstryde, klubkrieket wedstryde en het ook al diens gedoen in die wedstryd tussen WP Akademie en Maties. André werk sedert 2011 by Ceres landdroshof.

220 houe.

Die B-afdeling is deur Bevan Davids met 162 houe (78 en 84) gewen. Ashley Schroeder was in die tweede plek met ‘n telling van 164 houe gevolg deur Jannie Conradie in die derde plek met 166 houe.

Die C-afdeling is deur Esman Boer gewen met 184 houe. Chriszandré Faroa was tweede met 196 houe gevolg deur Marchall Mepomie met 204 houe.

Die D-afdeling (stableford punte) is deur Henri Ferreira met 67 punte gewen.

JC van der Merwe was tweede met 66 punte gevolg deur Willie van Heerden met 64 punte. Die beste nettotelling is deur Hendry Titus aangeteken.

Terug na ou formaat

Uit ‘n vinnnige opname tussen die naweek se deelnemers lyk dit of die klubkampioenskappe in 2024 na 36 putjies op een dag, gaan terugkeer. Die meeste van die spelers was ten gunste van 36 putjies op een dag. Die 2022 en 2023 klubkampioenskappe is oor twee dae beslis.

LEROUX Ferreira is vir ‘n rekord vierde agtereenvolgende jaar die Ceres klubkampioen. VLNR: Henri Ferreira (wenner van die Dafdeling), Esman Boer (wenner van die C-afdeling), Bevan Davids (wenner van die B-afdeling), Leroux Ferreira (A-afdeling wenner) en Bennie van Rensburg (onderkaptein).

WITZENBERG HERALD Friday, March 10, 2023 8

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.