Witzenberg Herald Vol.27 no.38 (Online Weergawe)

Page 1


Beloning word aangebied

‘n BELONING word aangebied vir die terugvind van dié Troxler. Die masjien, wat radio-aktiewe materiaal bevat, is op 24 September uit een van Roadmac se voertuie gesteel. Indien inwoners meer weet wie die masjien gesteel het of waar dit tans is, kan hulle dringend vir s/sers. Willemse by 079-893-9861 of kapt. Gerrit van Schalkwyk by 082-778-7371, skakel.

Gesoekte misdadiger

‘n INBREKER en gesoekte misdadiger is onlangs deur Ceres speurders gearresteer. Gesteelde eiendom is ook teruggevind. Speurders het in Juliemaand inligting opgevolg na ‘n huisbraak en diefstalsaak aangemeld is. Gesteelde goedere is later in

Nduli gekry en Sizwe Gqalaqha (32) is gearresteer. Hy het in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van gewapende roof, aanranding, besit van gesteelde eiendom en huisbraak. Die saak is tot 2 Oktober uitgestel.

Berugte Kumars vinnig verwilder

KEN jy die Kumars?

Dié berugte groep bedelaars, wat motoriste en inwoners in die WesKaap sedert 2016 met slimstories en skelmstreke inloop en wie later as die Kumars gedoop is, was die afgelope naweek weer op Ceres. Die kansvatters is gewoonlik 4-5 mans, is redelik dikvellig en aggressief en ry gehawende voertuie. Hulle bedel geld vir petrol of vir hulle voertuig wat kamstig gebreek het. Hulle is altyd op pad na Durban.

Saterdagoggend het twee mans met ‘n Mazda motor met twee vroue saam met ‘n kind hul staan gemaak buite Shell. Hulle is egter vinnig verwilder waarna die spannetjie na Pick n Pay en Nduli uitgewyk het.

Die polisie se misdaadvoorkomingseenheid, wetstoepassers en sekuriteitsdienste was gou in kennis gestel van die berugte groep se teenwoordigheid op die dorp en het die situasie gemonitor. Dié Kumars het later na Spar uitgewyk voordat hulle met leë hande en beursies die aftog geblaas en die dorp verlaat het.

Verlede jaar was hulle ook op Ceres en het hulle langs die poskantoor gestaan en gesê hulle voertuig is stukkend nadat hulle vroeër die battery agter ‘n boom weggesteek het. Toe die polisie daar opdaag het hulle die battery gaan haal, teruggesit en verkas.

DIE personeel van Lesvos Fisheries op Ceres het Dinsdag 24 September Erfenisdag gevier. VLNR: Andrea, Mildred, Harriet. Edwina en René.
DIE berugte Kumars was Saterdag op Ceres.

NOTICE

In the Estate of:

DIANNA MARY LINLEY

Id. no. 560207 0139 082

Date of death:

2024/05/04

Estate no: 011314/2024

Creditors and Debtors in the above

Estate are hereby required to file their claims with and pay their debts to the undersigned within 30 days from FRIDAY 27 SEPTEMBER 2024

H. PRETORIUS ATTORNEYS

H. PRETORIUS

20 Church Street, Tulbagh 6820

E-mail: hpretprok@gmail.com

Phone (071) 347-8321 Ref: LINLEY

☎ ☎ (023) 315-5003 ✉ ✉ ✉ 35 CERES 6835

KOELKAMER MONITERING / VERKOELINGS ASSISTENT

Ons benodig die dienste van ‘n energieke dinamiese assistent.

HOOFFUNKSIES :

•Monitering, rekordhouding en foutrapportering van temperature, gaslesings en verkoelingstoerusting

•Algemene take binne amoniak verkoelings diensspan

•Krat getal kontroles, seël van BA kamers en vrugmonsters

•Herstelwerk en instandhoudingsroetine, jaarlikse instandhouding, brekasies en kamer digtheid

•Enige billike ad hoc taak deur bestuur opgelê.

DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:

•Hoë verantwoordelikheidsin en sober gewoontes

•Moet oor leierseienskappe beskik

•Bereidswilligheid om na-ure en naweke te werk

•Tegniese belangstelling en agtergrond

•Rekenaarvaardig

•Geen vrese vir hoogtes, nou plekkies

•Goeie spanwerk

•Geldige rybewys en eie vervoer

•Verwysings van vorige werke ‘n vereiste

•Basiese elektriese agtergrond sal in u guns tel

ONS BIED DIE SUKSESVOLLE

KANDIDA AT:

•Markverwante loon

•Gunstige werksomstandighede

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 14 Oktober 2024

A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD

A AN: elana@cereskoelkamers.co.za

VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: Adele Prins by (023) 315-5003

POS BESKIKBAAR

Toegewyde persoon benodig vir onderhoud van byekorwe en oes van heuning. Goeie kennis van byeboerdery is noodsaaklik. Vervoer en gereedskap sal voorsien word. Rapporteer aan bestuur. Skakel: (023) 316-1623 vir meer inligting Stuur asb. u aansoek aan merinokantoor@breede.co.za

Celebrating Heritage Day

Diverse blood donations key to saving lives in South Africa

AS South Africans celebrated Heritage Day on 24 September, the South African National Blood Service (SANBS) highlighted an often overlooked yet vital aspect of our heritage - the diversity of our blood supply.

Heritage Day is an opportunity to acknowledge and celebrate the rich tapestry of cultures that make up our nation. This very diversity is essential in maintaining a healthy and sustainable blood supply. Blood, the life-giving fluid that unites us all, comes in various types and groups, mirroring our shared and unique ancestries.

Many are familiar with the four major blood groups - A, B, AB, and O - but some individuals have rarer blood types predominantly found among people with specific ancestral origins. For these individuals, finding a compatible blood donor can be challenging.

Yet, for the many patients who require frequent blood transfusions, or apheresis - a process in which a machine removes blood stem cells or other parts of the blood from a person’s bloodstream then returns the rest to the body, used in the treatment of blood cancers and a range of other blood disorders - a close blood type match is critical to avoiding complications.

When blood is phenotypically matched closely, it reduces the risk of adverse reactions in patients, ensuring safer and more effective transfusions. Therefore, it is vital that our blood donor pool reflects our nation’s ethnic and racial diversity, ensuring all South Africans in need have access to compatible donors.

Presently, less than 1% of South Africans, are active blood donors. This poses a significant challenge, as each unit of donated blood only lasts 42 days. The SANBS aims to maintain a five-day stock level of each blood type to ensure constant availability for patients. This means donors are encouraged to give blood regularly - every eight weeks if possible.

On Heritage Day, SANBS called on all South Africans to recognise the unity in our diversity. By becoming regular blood donors, you not only honour your heritage but also play a crucial role in sustaining the lives of those in need. Let’s celebrate our vibrant cultures by giving the gift of life - because our blood, in all its diversity, holds the power to save.

The impact of each donation is profound. Every unit of blood can be separated into red blood cells, plasma, and platelets, potentially saving at least three lives. Imagine the power of celebrating Heritage Day by not only recognising the diverse cultures among us, but also contributing to the health and unity of our nation through blood donation.

September is Tourism Month!

TOURISM Month is celebrated annually in September to promote domestic travel, showcase our diverse tourism offerings and highlight the sector’s contribution to the economy.

Join us this month for some exciting activities in partnership with the Ceres Togryers museum.

QR Competition - each week an ad will appear in the Witzenberg Herald newspaper with interesting facts and a puzzle piece of a QR code. Collect all 4 puzzle pieces, put it together and scan the QR code. Follow the prompts and answer 4 questions pertaining to the ads that were placed. You can win some amazing prizes!

Virtual Treasure Hunt:

How well do know the Ceres area?

Please visit www.ceres.org.za/event/ tourism-month-treasure-hunt/ for more information and to enter the hunt!

Ceres Tourism Trash Bash: Clean-up event on Friday 27 September from 14:00 to 16:30. Meet at the Ceres Tourism office. Black bags, water and gloves will be supplied.

More information

For more information contact us at Ceres Tourism Bureau (023) 316-1287 or send an e-mail to: info@ceres.org.za

TYDELIKE
CHARLIE Hofmeyr se eerste krieketspan het die afgelope week deelgeneem aan die jaarlikse Hoërskool Punt krieketfees. Die span speel teen Hoër Landbouskool Marlow, Langenhoven Gimnasium en HS Bredasdorp.

Kombi beland in sloot, bestuurder hardloop weg

DIE bestuurder van dié VW kombi het Sondag 22 September eers teen ‘n ander motor gebots waarna hy beheer oor die kombi verloor en langs die pad in ‘n watersloot beland het. Die bestuurder het na bewering van die ongelukstoneel weggehardloop. Niemand in die ander voertuig is beseer nie. Die ongeluk het omstreeks 16:00 naby Fairfield en Bella Vista plaasgevind.

Skoolhoof sterf skielik

NICKY Koopman (57), waarnemende skoolhoof van Tulbagh Hoërskool, is Saterdag 21 September skielik oorlede. Die gemeenskap betreur die skielike heengaan van ‘n geliefde kollega en vriend wat vir meer as 35 jaar deel was van die uitgebreide Waveren-skoolfamilie.

Mnr. Koopman was vanaf 1991 verbonde aan Hoërskool Waveren op Tulbagh waar hy hoofsaaklik verantwoordelik was vir die onderrig van Ekonomie graad 10-12 en Wiskunde Geletterdheid vir graad 10 leerders.

Op akademiese gebied het Nicky Koopman hom verder bekwaam in 2011 om Wiskunde Geletterdheid meer doeltreffend aan graad 10 leerders aan te bied deur ‘n gevorderde sertifikaat in Wiskunde opvoeding aan die Universiteit van Kaapstad te verwerf.

Oudskoolhoof Andeline Michaels onthou dat Nicky oor die vermoë beskik het om leiding te neem, inisiatief te neem en om krisis situasies goed te hanteer. Hy het ferm, maar tog vriendelik en simpatiek, teenoor elke leerder opgetree. Hy was ‘n gunsteling onder sy leerders en kollegas. Nicky het oor ‘n gesonde en gebalanseerde humorsin beskik en kon baie ernstig raak as die aangeleentheid hom voordoen. Hy het egter nie gehuiwer om sy opinie te lug en volle bydraes te lewer nie.

Hy het ook baie gemaklik op alle terreine gekommunikeer. In 2000 is hy bevorder tot departementshoof. Hier het hy sterk leiding geneem en ondersteuning aan die opvoeders binne die departement gebied. Sy insette en aanbevelings in bestuursvergaderings was van groot waarde tot voordeel van die skool.

Hy het ook opgetree as finansiële kontroleerder waar hy veseker het dat Waveren skool se finansiële administrasie streng volgens WKOD-beleid uitgevoer word. Hy was ook betrokke by die jaarlikse opstel en uitvoering van die skoolbegroting. Koopman was ook die assesseringskoördineerder van graad 8-12. Hy was ook aktief betrokke by buitemuurse skoolaktiwiteite en het onder andere krieket, rugby en atletiek afgerig.

In Desember 2021 was Nicky Koopman een van die leerkragte wat oorgeplaas is na Tulbagh Hoërskool nadat Hoërskool Waveren se status verander het na Waveren Laerskool. Hy het van Julie 2024 as skoolhoof waargeneem tot sy ontydige sterfte die naweek. Tulbagh Hoërskool het sedert die samesmelting met Hoërskool Waveren, nog nie ‘n permanente hoof gehad nie.

Begrafnisreëlings

Die begrafnis vind Saterdag 28 September plaas vanuit die St. Andrews Anglikaanse gemeente op Ceres.

Bekende Tulbagh-inwoner skielik oorlede

‘n GROOTseder het in Tulbagh geval met die skielike dood van Faffie (Francois) Smuts op 6 September. Hy was 65. Faffie en hout was sinoniem met mekaar. Die Smuts-gesin het op Faffie se derde verjaardag na Tulbagh verhuis en hul stempel deeglik in die gemeenskap afgedruk. Pa John Smuts was ‘n nutsman by uitnemendheid wat by die destydse SAPCO vrugtefabriek en op Twee Jonge Gezellen gewerk het en ma Ansie, was ‘n kok asook sekretaresse by die skool en verskeie verenigings.

Van kleins af was daar geen twyfel oor wat Faffie se roeping sou wees nie. Hy het ‘n stukkie grond noord van die dorp bekom waar sy “hout-ryk” tot stand laat kom het op sy verjaarsdag op 1 Augustus 1988. Faffie het orals bome gaan saag waar hy benodig is of ‘n sekere houtsoort gesoek het. Sy kosbare handewerk staan in menige huise of vorm die basis van huise.

Hy het graag vertel hoe dit aan hom vat om ‘n boom, veral ‘n dik, ou boom, te saag. Hy sou praat met die boom en as hy kon, die boom omhels en verskoning vra dat hy so moes inbreek maak op die boom se reg om daar te staan.

En dan, waar hy meubels of deure of vensterrame gemaak het, soms terugkeer net om weer oor die hout te streel. Hy het die taal van hout en die natuur omarm en dikwels in die veld of berge rondgedwaal om met die natuur te kommunikeer.

Saam met sy geliefde Gerda, maatskaplike werker verbonde aan Steinthal, maar ook sy sekretaresse, was hulle ‘n aanwins vir die Tulbagh gemeenskap. En sy span van sowat twintig werkers het vir hom net die grootste liefde en respek gehad.

‘n Huldigingsdiens was verlede week Dinsdag 17 September vanuit die NG Kerk deur ds. Reggie Simpson waargeneem. Benewens Gerda laat hy sy suster Chrisna en broers Clifford, Bernard en Donald en hul gades en kinders agter.

(Huldeblyk ingestuur deur Rosette Jordaan).

OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 30 SEPTEMBER 2024

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad:

Datum

Maandag, 30 September 2024

Besonderhede Spesiale Raadsvergadering Tyd 10:00 Plek Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

PUBLIC NOTICE OF MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 30 SEPTEMBER 2024

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council:

Date

Monday, 30 September 2024

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres

Verw/Ref.: 03/1/2/3

Time 10:00 Venue Town Hall, Voortrekker Street, Ceres

Particulars Special Council meeting

NICKY Koopman (57).
FAFFIE Smuts (65).

TULBAGH Lionsklub nooi die Witzenberg gemeenskap uit om die nasionale Cupcakes of Hope-projek deel te neem deur kolwyntjies te bak en te skenk. Hierdie kolwyntjies sal op Saterdag 28 September na die Paarl Mall geneem word, waar dit op Nasionale Kolwyntjiedag verkoop sal word ten bate van kinders met kanker. Die afsetpunt vir die kolwyntjies is by Herholdt’s restaurant in Van der Stelstraat, Tulbagh, op Vrydag 27 September teen 18:00. Belangstellendes kan vir Ria Cronjé by 083-748-4444 skakel vir meer inligting. “Kom ons bak ’n verskil in iemand se lewe!” * Die Lionsklub het onlangs twee suksesvolle geleenthede ten bate van kinderkanker aangebied - ‘n vroueoggendtee ten bate van CHOC SA kinderkankerorganisasie en die mini Mnr. en Mej. Tulbagh Skou modeparade wat op 21 September plaasgevind het.

PUBLIEKE DEELNAME BY OPSTEL VAN RAAD

ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2025/2026

Kennis geskied hiermee dat ingevolge die Raad se Strategiese Proses Plan, daar nou met ‘n rondte publieke deelname vergaderinge begin sal word ten einde die publiek se insette ten opsigte van die Hersiene 2025/2026 GOP en Begroting te bekom.

Openbare vergadeinge sal in die verkeie dorpe vanaf 1 tot 15 Oktober 2024 plaasvind. Afsonderlike vergaderinge met die verskeie forums en sektore word ook belê.

Lede van die publiek word hiermee hartlik uitgenooi en sterk aangemoedig om met die Raad en Amptenare te vergader sodat daar saam oor ons toekoms besin kan word.

Die vergaderinge vind soos volg plaas:

DAG EN DATUMTYD DORP WYKEPLEK

Dinsdag, 1 Oktober 18:00 Tulbagh7 & 11 Witzenville Gemeenskapsaal

Woensdag, 2 Oktober 18:00 Nduli1 & 12Nduli Gemeenskapsaal

Donderdag, 3 Oktober 18:00 P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal

Maandag, 7 Oktober 18:00 Ceres3 & 5 Ceres Stadsaal

Dinsdag, 8 Oktober 18:00 Wolseley2 & 7 Montana Gemeenskapsaal

Woensdag, 9 Oktober 18:00 Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal

Donderdag, 10 Oktober 18:00 Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Gemeenskapsaal

PUBLIC PARTICIPATION IN DRAFTING OF COUNCIL’S REVIEWED DEVELOPMENT PLAN AND BUDGET 2025/2026

Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation meetings in order to assemble the inputs from the community in respect of the Review 2025/2026 IDP and Budget.

Public meetings will be hosted in the different towns from 1 to 15 October 2024. Separate meetings with different forums and sectors will also be held.

Members of the public are cordially invited and strongly encouraged to meet with Council and Officialdom in order to plan collectively for our future.

The meetings will take place as follows:

DAY AND DATE TIME

Tuesday, 1 October 18:00

Wednesday, 2 October 18:00

Thursday,3 October 18:00

TOWNWARDS VENUE

Tulbagh7 & 11 Witzenville Community Hall

Nduli1 & 12 Nduli Community Hall

P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall

Monday, 7 October 18:00 Ceres3 & 5 Ceres Town Hall

Tuesday, 8 October 18:00 Wolseley2 & 7 Montana Community Hall

Wednesday, 9 October 18:00 Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall

Thursday, 18 October 18:00

DAVID NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

VERW/REF NR: 02/02/1

Op-die-Berg8 & 9Nyukintaba Community Hall

DOLFIE Nel, bekende inwoner van Ceres het onlangs met sy fiets en sleepwaentjie ‘n kort toer vanaf Ceres na Outshoorn onderneem ter voorbereiding van sy solo fietstoer na Namibië. Een van die hoogtepunte van die toer, was sy ontmoeting op Outshoorn met die nuwe Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux. Dolfie moes egter terugkeer na goeie vriend, Nicky Koopman, verlede naweek skielik gesterf het. Dolf hoop om Maandag 30 September reg te wees om die fietstoer na Namibië aan te pak.

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Izak Sym

1947/04/01 - 2024/09/20

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 28 Sep.

Huis: 08:00 Venusstr 1, Ceres Kerk: 09:00 VGK, Ceres Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Johannes Ockhuis 20/02/1931 - 28/09/2014

Dit is nou 10 jaar gelede dat jy ons verlaat het, Johannes. Ek mis, dink en verlang nog elke dag na jou. Ek sal ons mooi herinneringe altyd met baie liefde onthou. Rus saggies in God se vrede my engel.

Van jou verlangende vrou, Lena (Pansie)

Johannes Ockhuis 20/02/1931 - 28/09/2014

Dit is reeds 10 jaar dat Pa van ons af weg is, maar ons dink en praat nog so baie van Pa. Ons sal Pa nooit vergeet nie en Pa se liefde en omgee sal altyd in ons harte voortleef. Met liefde Ashley, Colin, Nicole en Ruan

Mans leerstewels

Grootte: UK 10-11

R750.00 Skakel 082-468-2649

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur. Jak. 5:9

Ev. Jacobs

DIANA & KIM

is there to help with:

•Financial assistance

•Bring back lost lovers

•Court and divorce cases

•Pay after job is done

•Delayed pension 078-283-7310

CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086-1115193 rek C27 m.t.o.

PLANT AND AND TOOL HIRE TOOL

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

ONS DOEN OOK HERSTELWERK AAN ENIGE KLERE! Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

DIE digter, Jadrick Pedro, was nie van kleins af ‘n begaafde digter nie. Hy beskryf homself in een van sy gedigte as ‘n pleegsorgaansoek wat telkemale afgekeur was. In dieselfde gedig beskryf hy homself ook as ‘n boompie gebuig deur welsynwerkers. Pedro se digkuns spreek van iemand wat nie ‘n maklike lewe gehad het nie, maar tog het hy geswem deur die slyk en geniet hy nou die helder waters van die lewe met ‘n visie wat soveel duideliker is.

Op 28 September bied Jadrick ‘n poësie-middag aan by die Togryers museum waar hy voorlesings gaan doen van gedigte asook ‘n versameling boeke uitdeel aan laerskool leerders wat lief is vir lees.

(Ingestuur deur Ettienne van Wyk).

nuusbrokkies

CERES gholfklub se algemene jaarvergadering vind op Woensdag 23 Oktober om 19:00 plaas in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmarathon asook ‘n 10 km en 5 km pretloop, word op Saterdag 26 Oktober aangebied. Inskrywings is nou oop vir die plaas- en maatskappy-kompetisie oor 10 km. Inskrywings en navrae kan gerig word aan Nico Jansen by 078-8825-299

CBI gala-aand is uitgestel na 30 Oktober. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, gaan sakelui toespreek oor sy wedervaringe nadat hy valslik deur ‘n wildstroper beskuldig is dat hy ‘n ander stroper verdrink het en die polisie en hof se growwe nalatige optredes. Hy bring ‘n boodskap van hoop. Stuur ‘n e-pos na danell@ dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie @ R550 wil koop. Daar is beperkte aantal plekke beskikbaar.

DIE Togryers museum se koffievles- en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop. Ons sal enige donasies verwelkom.

JOHN du Toit, krieketspeler van Laerskool Koue Bokkeveld, is gekies vir die Overberg Eagles o/13 span wat aan die Boland T20 krieketreeks gaan deelneem. Die toernooi vind gedurende Oktober en November plaas. Die span het die afgelope week na Mosselbaai gereis vir ‘n voorbereidingstoernooi.

DIE o/10 netbalspelers van Laerskool Gericke en hul afrigter, Hancel de Villiers, het Donderdag 19 September hul jaarafsluiting by Maudie Mark gehou. Die tema was ‘n High Tea met Maudie Mark personeel wat gesorg het vir heerlike eetgoed. Hulle het ook die meisies aangetrek volgens die tema met hoede, krale en rokke wat deur Maudie Mark verskaf is. Suné Oosthuizen en Ilse van Rensburg van Paint & Sip Ceres, het ‘n verfklas aangebied en die meisies het pragtige skilderye gemaak. * Suné van ArtBox Ceres, ‘n privaat kunsskool by Laerskool Gericke en Ilse is beskikbaar vir enige paint & sip klasse, verjaarsdae, jaarafsluitings en spanbousessies. Skakel gerus vir Suné Oosthuizen by 076-303-3990 of Ilse Janse van Rensburg by 078-785-3010 of Maudie Mark by 060-568-1126 as jy van hul geriewe wil gebruik maak.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Mars se duiwe maak skoonskip

WEDVLUGDUIWE is Saterdag 21 September op Hopetown losgelaat.

Dit was ‘n vinnige wedvlug en duiwe het hul hokke vinnig bereik. Camerin Mars van CPS duiweklub maak dubbel seker en wen beide Ceres Federasie vlugte. Hy wen ook die Noord-Boland unie wedvlug. Die naweek vlieg die duiwe weer vanaf Britstown.

CHPS

Hopetown 3

1. Team Koopman ARL -1583.599 mpm

2. Team Koopman ARL -1550.296 mpm

3. Cyril en Ann Davids - 1505.645 mpm

4. Team Koopman ARL -1480.375 mpm

5. Hendriks familie - 1480.375 mpm

Hopetown ope 4

1. Team Koopman ARL -1545.098 mpm

2. Team Koopman ARL -1519.931 mpm

3. Hendriks familie - 1309.232 mpm

4. Cyril en Ann Davids - 1263.464 mpm

5. Cyril en Ann Davids - 1219.033 mpm

BHPS

Hopetown 3

1. Roberto van Wyk - 1637.996 mpm

2. Roberto van Wyk - 1531.150 mpm

3. Roberto van Wyk - 1386.721 mpm

4. Roberto van Wyk - 1280.557 mpm

5. Roberto van Wyk - 1280.557 mpm

Hopetown 4

1. Roberto van Wyk - 1466.362 mpm

2. Roberto van Wyk - 1464.195 mpm

3. Nicky Smit - 1293.729 mpm

4. Emile Arries - 1282.955 mpm

5. Roberto van Wyk - 1223.183 mpm

Ceres Pigeon society (CPS) Hopetown 3

1. Camerin Mars - 1690.000 mpm

2. Camerin Mars - 1606.805 mpm

3. Meyer en Van Wyk -1546.769 mpm

4. Meyer en Van Wyk -1538.777 mpm

5. Camerin Mars - 1512.422 mpm Hopetown 4

1. Camerin Mars - 1653.471 mpm

2. S.R. Williams - 1515.062 mpm

3. Camerin Mars - 1512.546 mpm

4. Camerin Mars - 1512.422 mpm

5. Le Bretton Lofts - 1496.034 mpm

CERES gholfklub het Saterdag 20 September ‘n enkel stableford kompetisie aangebied. VLNR: Johann van der Merwe (eerste), Michiel Herholdt (tweede) en Herman van der Walt (derde).

CERES gholfklub het Vrydag 20 September ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Die kompetisie is deur Wilhelm Muller met 20 punte gewen. Simon Molaza was in die tweede plek.

Johann en Wilhelm wen klubkompetisies

CERES gholfklub het Saterdag 20 September ‘n enkel stableford kompetisie aangebied.

Johann van der Merwe was eerste met 37 punte. Michiel Herholdt was in die tweede plek met 36 punte met Herman van der Walt in die derde plek met 35 punte.

Sosiale gholf

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.

Septembermaand se klubkompetisies: Op 28 September bied Ceres gholfklub ‘n beterbal progressiewe stableford kompetisie aan.

Oktobermaand se klubkompetisies: Op 5 Oktober

vind ‘n enkel houespel kompetisie plaas, op 12 Oktober ‘n beterbal stableford kompetisie, op 19 Oktober borg Dutoit Groep hul jaarlikse gholfdag (individuele stableford) en op 26 Oktober bied die klub ‘n enkel syfer plus kompetisie aan.

Jaarlikse putjiespel

Die enkelspel- en pare-putjiespel kampioenskappe se trekking is gefinaliseer. Dit is aan spelers uitgestuur en by die klub opgesit.

Jaarvergadering

Ceres gholfklub se algemene jaarvergadering vind op Woensdag 23 Oktober om 19:00 plaas in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.