














‘n KIND (16) van die plaas Kweperfontein buite Ceres veg om sy lewe nadat ‘n 21-jarige man petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek het. Die gru-voorval het Maandag 25 November op die plaas Ezelfontein plaasgevind. Die slagoffer word tans vir meer as 35% brandwonde in die Ceres hospitaal behandel. Sy toestand is te onstabiel om hom oor te plaas na ‘n hospitaal wat in brandwonde spesialiseer.
Volgens die polisie het die voorval omstreeks 03:00 plaasgevind. Wat die rede was vir die aanval, vorm deel van die polisie se ondersoek. Hofverskyning Christiano Malan (21) het Woensdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord. Die saak is uitgestel tot 4 Desember. Malan bly in aanhouding.
DIE polisie en lede van Ceres verkeersdienste, Witzenberg Brand en redding en Ceres EMS, is Maandagmiddag uitgeroep na ‘n ongelukstoneel by Kaap Agri se silos waar ‘n motorbestuurder teen ‘n boom vasgejaag het. Die ongeluk het omstreeks 16:50 plaasgevind toe Keanan Rooi (25) vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en ‘n boom aan die oorkant van die pad getref het. Dele van die enjin is uitgeruk en het oor die pad gestrooi gelê. Die Peugeot het meer as 25 meter verder op ‘n grond parkering tot stilstand gekom. Nooddienste het ‘n tyd lank gesukkel om Rooi uit die wrak te haal. Hy is later na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.
‘n BRAND op die plaas Vergenoeg het miljoene rande se skade aangerig aan ‘n stoor, trekkers, spuitpompe en ander implemente. Die brand is Saterdag 16 November om 22:30 aangemeld. Niemand is in die voorval beseer nie. Die oorsaak van die brand sal deur 'n SAPD forensiese-ondersoek bepaal word maar moontlike brandstigting word nie uitgesluit nie.
Provinsie en AMS werk saam om gesondheidsorg te bevorder
DIE Wes-Kaap departement van gesondheid en welstand en AMS werk saam om toeganklike gesondheidsorg te bevorder. Die Wes-Kaapse minister van gesondheid en welstand, Mireille Wenger, het aan die vooraand van die Desember skoolvakansie hul noodlug-diensvennoot, SA Red Cross Air Mercy Service (AMS), se hoofkwartier besoek. Die vennootskap verseker dat die provinsiale regering inwoners van noodsaaklike lugambulansdienste kan voorsien vir pasiënte in landelike en afgeleë gebiede wat dringende hoogs gespesialiseerde mediese sorg by hospitale benodig, lugbrug vir beseerde padgebruikers na padverkeerongelukke, en reddings-operasies op beide land en see. * Die AMS is ‘n onafhanklike nie-winsgewende organisasie wat help met reddingsoperasies op land en see. Met twee helikopters en ‘n vastevlerkvliegtuig verseker AMS dat pasiënte van die Weskus tot by die Tuinroete en die Karoo, toegang het tot gevorderde mediese sorg.
NA meer as 18 jaar wat tannie Laisa Ntongana (90) gereeld rehabilitasie-programme by Warm Bokkeveld gevangenis aangebied het, het sy nou besluit om te gaan aftree en te rus. Tannie Laisa werk sedert 2006 by die sentrum as ‘n geestelike werker van die Anglikaanse gemeente in Nduli. Sy het die Alpha-kursus aangebied. Warm Bokkeveld het Vrydag 22 November vir haar ‘n afskeidsgeselligheid gehou en ‘n sertifikaat van waardering oorhandig. “ Warmbokveld Korrektiewe dienste wil haar bedank vir haar harde werk en wens haar ‘n wel verdiende rus toe en alle voorspoed vir die toekoms”. VLNR: Die hoof van Warm Bokkeveld gevangenis, Brendon Pienaar, Laisa Ntongana, Glenda Fredericks (kapelaan) en André Potgieter (SMDC - geestelike en morele ontwikkelaar).
DB Slootgrawerdiens (Edms) Bpk, geleë net buite Ceres, is opsoek na die dienste van ‘n energieke, ervare en betroubare persoon om by ons groeiende span aan te sluit.
BASIESE POSBESKRYWING: • Voer intermediêre vaardigheidswerk uit en onderhou en herstel masjinerie, voertuie en ander toerusting • Assisteer in die herstelwerk en onderhoud aan enjins en verskeie ander toerusting • Assisteer in die inspeksies en diens van masjinerie, voertuie, vragmotors en ander toerusting • Bande verander en herstel indien nodig • Assisteer in die instellings op masjinerie, vloot en ander toerusting • Assisteer in die diagnosering van verhittings- en lugversorgingstelsels en doen herstelwerk • Assisteer in probleemoplossings en herstelwerk aan plant- en voertuigvloot • Assisteer met suspensie ondersoek -en uitlaatstelsels en doen herstelwerk • Assisteer met die opknapping en vervanging van belangrike aandryfkettingonderdele soos enjins en transmissies • Bied hulp aan ander werktuigkundiges soos benodig • Voer ander pligte en verantwoordelikhede uit soos gevra deur toesighouer.
VEREISTES: • 2 Jaar assistent of soortgelyke ondervinding • Goeie organiseringsvaardighede en akkuraatheid • Die vermoë om op eie inisiatief sowel as deel van ‘n span te werk • Bestuurderslisensie • Kennis van en/of meganieses agtergrond sal u aansoek versterk.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 17 Januarie 2025
INDIENSNEMING: 3 Februarie 2025
CV’S KAN GESTUUR WORD NA: admin@dbsbk.co.za
Winkel sluit op 13 Desember 2024 en heropen op 6 Januarie 2025 Kry ‘n persentasie afslag op enige aankope maar slegs vir die week wanneer staatstoelaes betaal word.
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Tekkies •Oorpakke •Kerkpakke •Safety boots
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
In the Estate of:
DIANNA MARY LINLEY
Id. no. 560207 0139 082
Date of death: 2024/05/04
Estate no: 011314/2024
Creditors and Debtors in the above Estate are hereby required to file their claims with and pay their debts to the undersigned within 30 days from FRIDAY 29 NOVEMBER 2024
H. PRETORIUS ATTORNEYS
H. PRETORIUS
SARONSBERG wynlandgoed buite Tulbagh se Saronsberg Shiraz 2022 is aangewys as die Wyn van die Jaar in die Shiraz-afdeling tydens die 2025 Platter’s by Diners Club se Suid-Afrikaanse wyngids toekennings wat Woensdag 20 November aangebied is. Hier hou Christiaan van Huyssteen (uitvoerende bestuurder) en die wynmaker, Daniela Jansen, die gesogte toekenning vas.
AANBOD GELDIG VANAF
01/11/2024 - 31/12/2024
•Open ‘n polis en ons dek die 1ste maand se premie
•25% Afslag op alle begrafnisse & verassings gereël volgens pryslys
Weens volgehoue groei, het hierdie pos ontstaan vir die dienste van ‘n energieke, ervare en betroubare:
ADMIN KLERK
Halfdag 08:00 - 13:00
Vereistes: •Krediteure (en recons) asook debiteure (werkskaarte vir kliënte)
•Uitstuur van state
•Xero ondervinding sal in u guns tel
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 13 Desember 2024
INDIENSNEMING: 6 Januarie 2025
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
20 Church Street, Tulbagh 6820
E-mail: hpretprok@gmail.com
Phone (071) 347-8321 Ref: LINLEY
081-742-6706 / 082-5753-181
CV’S KAN GESTUUR WORD AAN: hantamtrekkers@gmail.com
Indien u 3 weke na sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.
DIE diefstal van koper watermeters in die Witzenbergstreek is ‘n groot kopseer vir die munisipaliteit sowel as huisbewoners.
DIE diefstal van koper watermeters in die Witzenbergstreek is ‘n groot kopseer vir die munisipaliteit sowel as huisbewoners. Die diefstalle is besig om handuit te ruk en die munisipaliteit vra die gemeenskap om dié klagtes by hulle asook by die polisie aan te meld. Die meeste watermeters is op Tulbagh en Wolseley gesteel.
In die laaste drie maande van September tot November, is daar 42 watermeters op Tulbagh gesteel, 27 op Wolseley en 23 op Ceres. Daar is ook 12 meters in Bella Vista gesteel, 17 op P.A. Hamlet en 16 in Nduli. In Vredebes en op Op-die-Berg is daar onderskeidelik 2 en 3 watermeters gesteel.
Die kostes van ‘n nuwe plastiek watermeter beloop nagenoeg R242. Die munisipaliteit probeer om die meters vinnig te vervang om waterverliese te beperk.
Ma wat kind met kookwater gooi sal in 2025 in die streekhof
DIE ma wat haar volwasse kind in Meimaand met kookwater gegooi het, se saak is in 2025 op die Ceres streekhofrol geplaas.
Die Ceres polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) se ondersoek na dié poging tot moord is afgehandel. Die ondersoek het gevolg na ‘n argument tussen Sharon Matthysse (40) van die plaas Elrio en haar dogter, Amelia Matthysse (23).
Die voorval het Saterdag 4 Mei omstreeks 12:30 tydens ‘n argument plaasgevind.Die saak is na 3 Februarie 2025 uitgestel vir verhoor. Matthysse se borgtog van R500 is verleng.
DIE 19-jarige verdagte wat ‘n man van Ou Stasie naby Wolseley met ‘n mes doodgesteek het, se saak is vir verdere ondersoek en ‘n borgaansoek uitgestel.
Kirsten Minnaar het verlede Donderdag, 21 November vlugtig in die landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is uitgestel na 2 Desember vir ‘n borgaansoek. Agtergrond Volgens inligting is Marlin Fortuin (33) van die plaas Ou Stasie op Maandag 18 November in die gesig gesteek, teen sy kop asook twee keer in sy bolyf.
Die voorval het omstreeks 14:15 plaasgevind nadat Fortuin en Minnaar in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Dit is nie duidelik wat tot die konfrontasie gelei het nie. Minnaar is later deur die polisie gearresteer nadat hy van die toneel in Piet Retiefstraat naby die Wolseley stasie, weggehardloop het. Hy het ook ‘n meswond aan sy linkerarm opgedoen.
‘n BAKKIEBESTUURDER van Elsiesrivier het verlede week grusaam gesterf toe die Chevrolet bakkie wat hy bestuur het, teen ‘n Volvo vragmotor gebots het. Volgens die polisie het die ongeluk Woensdag 20 November omstreeks 16:30 tussen Wolseley en Ou Stasie oorkant Arum Lily se ingang plaasgevind. Die vragmotor met ‘n vraghouer vol Golden Delicious appels, was in Kaapstad se rigting onderweg en die bakkie in Ceres se rigting.
Die polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag nadat die bakkiebestuurder, Samuel Kepkey (55) van Elsiesrivier, opslag dood is in die ongeluk. Die bakkie het na die ongeluk aan die brand geslaan. Witzenberg Brand en redding was gou op die toneel en het die vlamme geblus.
Die vragmotor het meer as 80 meter verder tot stilstand gekom teen ‘n laning bome langs ‘n vrugteboord.
Die vragmotorbestuurder, Frank Medee (55), was in die kajuit vasgekeer en is later deur EMS noodpersoneel uit die wrak bevry en na Ceres hospitaal vervoer vir behandeling. Hy het net sy arm beseer.
Na die ongeluk was die pad in beide rigtings gesluit sodat EMS nooddienstepersoneel en die polisie op die toneel kon werk.
Opruimingswerk het Woensdagaand begin en Donderdag voortgeduur. Bome en takke moes afgesaag en verwyder word voordat die sleepwa verwyder is. Daarna is die vol vraghouer van ‘n paar ton verskuif voordat die vragmotor uitgetrek kom word. Die opruimingsaksie is eers teen 20:30 afgehandel.
‘n BEJAARDE vrou van Bella Vista wat verdink word van moord, se verhoor is na Februarie 2025 uitgestel.
Elizabeth Sagarias (63) moet op 3 Februarie 2025 in die Ceres streekhof verskyn weens die moord op Denrico Jensel (25) in 2023. Die saak is uitgestel vir regshulp.
Volgens die polisie het die voorval op Sa-
terdag 18 Maart 2023 in Vygiesingel plaasgevind.
Die polisie het die liggaam van Jensel (foto links), in die straat gevind met ‘n oop wond in sy bors. Hy is op die toneel dood verklaar.
Sagarias is kort na die voorval gearresteer en later op R500 borg vrygelaat.
LAERSKOOL Koue Bokkeveld se pre-graad R klas van 2024 het onlangs die Twee Oseane akwarium in Kaapstad besoek. Die kleintjies kon sien hoe pikkewyne en pylsterte gevoer word en hulle het meer geleer oor rommel wat met ‘n oulike poppekas aangebied is. Daar was ook haaie en baie vissies te sien. Buddy, die klas se pikkewyn, het ook saamgegaan.
MEER as 100 kleuters het deelgeneem aan Laerskool Koue Bokkeveld se jaarlikse pretdag! Veldnommers, naellope, hekkies, hoogspring en gewigstoot was van die aktiwiteite wat die kleuters moes baasraak. Die dag is afgesluit met ‘n kleurvolle Color Run, ‘n lekker roomys en ‘n medalje. VLNR: NL van der Merwe, Christian Bothma, Lukas van Schalkwyk en Benjamin du Toit.
Bronaar Plase (Edms) Bpk, ‘n gevestigde vrugte- en groente landbouonderneming, geleë in Koue Bokkeveld, verlang die dienste van ‘n persoon vir die onderstaande beskikbare vakature
Hierdie is ‘n uitdagende geleentheid vir ‘n selfgemotiveerde en prakties georiënteerde persoon om verantwoordelik te wees vir die vee. Bogenoemde vakature sal direk aan die Groente Landgoedbestuurder raporteer.
Kernfunksies: • Versorging van beeste • Rekordhouding van die vee • Draadspan • Ad Hoc take . Vereistes: • Sober gewoontes • Kode 8 Bestuurlisensie • 5 Jaar ondervinding in kudde versorging ‘n Markverwante vergoedingspakket word aangebied. Stuur CV aan Madelein Gagiano by: madelein@bronaar.co.za
Of handig in by: Bronaar Kantoor
Navrae: Steyn Marais by 078-803-9320
Sluitingsdatum vir aansoeke :13 Desember 2024 Diensaanvaarding:6 Januarie 2025 Indien u teen 19 Desember 2024 nog geen terugvoering gekry het nie, neem aan dat u aansoek onsuksesvol was.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juice concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
The successful candidate will report directly to the Manager: Operations and the responsibilities of the position include the following key performance areas:
•Recruitment of, and negotiations with suppliers
•Purchase of all production and other necessities
•Drums: buying, stock control
•Reconciliation of pallets
•Budget and stock control
•Administration of the buying function
The ideal candidate should have the following attributes / skills / qualifications:
•An appropriate tertiary qualification as Buyer - Supply Chain Management (would serve as recommendation)
•Extensive experience of purchasing in the manufacturing
/ technical environment
•Excellent communication and interpersonal skills
•Good knowledge of purchasing planning
•Negotiation and administration skills
•Computer skills (advanced)
•Valid drivers license
•Management of small procurement team
Please send your CV to:
The Manager: People and Performance Systems
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd
E-mail: dlintnaar@cfp.co.za
Closing date for applications: 15 December 2024
JACK en Jill bewaarskool en nasorgsentrum van Crispy Farming, het Saterdag 9 November ‘n baie geslaagde debutantebal aangebied. Die ouers en leerders het die geleentheid baie geniet en groot dank aan die personeel en bestuur van Jack en Jill wat die geleentheid moontlik gemaak het. Die bes geklede paartjie was Nehemia en Juanita Petersen saam met hul dogter, Ju-Mia Petersen.
en
RESIDENTIAL FACILITY FOR ELDERLY PEOPLE
Duties includes: • Experience in working with elderly people with intellectual and physical disabilities and palliative care • Emergency management, referral to doctors, hospitals and other medical needs • Control, management and distribution of medication and medical supplies • Committed to clinical excellence and effective patient care • Actively maintain stock management processes • Ensure effective maintenance of schedule 5 and higher drug register according to DOH regulations • Ensure that the disposal of medical waste is in accordance to OHS Regulations • Administration and adherence to policies and procedures • Training of carer staff • Managing of the caregiver employees.
Requirements: • SANC Registration as Registered Nurse • Grade 12 • Minimum qualification: Diploma/degree in nursing leading to qualification as Registered Nurse • Computer Proficiency (MS office) essential • Valid driver’s licence. Working hours: Monday - Friday from 07:00 - 16:00 & standby
CLOSING DATE: 10 December 2024
STARTING DATE: 13 February 2025
E-MAIL YOUR FULL CV TO: admin.huisdisa@acvv.org.za
If you are not contacted within 2 weeks of the closing date, please regard your application as unsuccessful
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Hanlie 086-111-5193 rek C27 m.t.o.
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Wees kreatief en bespaar deur jou eie geskenkpapier vir Kersfees te maak Koerant bondels te koop @ R30 per pak (023) 316-2021, Voortrekkerstraat 17D
PLANT AND AND PLANT AND AND TOOL HIRE TOOL
DIE Togryers museum nooi belangstellendes uit om te kom luister na voorlesings uit plaaslike skrywers en digters se penne. Indien jy al jou hand aan papier gesit het, is jy ook welkom om jou werk te kom voordra. Die geleentheid vind plaas op Saterdag 30 November van 10:00-11:00 in Homegrown koffiewinkel se tuin.
TOGRYERS museum samel weer toiletware in vir slagoffers van geweld as deel van die nasionale veldtog: 16 Dae van Aktivisme wat op 25 November afgeskop het. Kontant donasies is ook welkom.
DIE Op-die-Berg GPF hou hul algemene jaarvergadering op 11 Desember om 19:00 in die N.G. kerksaal, Op-die-Berg. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133
THE Western Cape Blood Service (WCBS) together with the South African National Blood Service (SANBS) will host their ‘Red Saturday’ big bleed. This campaign aims to collectively achieve at least 5 000 units of blood to help alleviate the added pressure on the blood supply over the busy festive period. Red Saturday focuses on the ultimate Black Friday special. Join WCBS on Saturday 30 November from 09:00 till 16:00 at any of the twelve malls in the Western Cape. For more information or to find your nearest blood donation clinic, please visit www.wcbs.org.za, download the WCBS App, or send a WhatsApp to 060-5497-244.
DIE verkragtingsaak teen ‘n werklose Wolseley-inwoner is uitgestel vir verhoor in 2025.
Die 41-jarige man wat op Wolseley gewoon het, word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind.
Die man is verlede jaar kort na die voorval gearresteer en aangehou voordat borgtog van R2 000 in November 2023 aan hom toegestaan is. Hy moet steeds aan streng borgvoorwaardes voldoen.
Die saak is na 19 Februarie 2025 uitgestel vir verhoor en pleit.
*Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.
bly in aanhouding na aanval
‘n HAWELOSE man (33) wat ‘n sakeman van P.A. Hamlet by sy werksplek aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan het, se saak is weer uitgestel sonder dat enigiets in die hof gebeur het.
Elrico Engelbrecht moet weer op 11 Desember in die landdroshof op Ceres verskyn. Hy bly in aanhouding.
Agtergrond
Tony Kleynhans, ‘n tweedehandse handelaar op die dorp, was Maandag 4 Maart omstreeks 17:15 besig om sy perseel te sluit toe hy deur Engelbrecht aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan is.
Engelbrecht, wat blykbaar voor die voorval op die perseel se stoep gesit het, het Kleynhans se selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan.
Die SAPD ondersoek ‘n klag van besigheidsroof.
TWEE passasiers in dié Toyota Fortuner is Vrydagmiddag 22 November ernstig beseer. Ses ander insittendes is sover as wat vasgestel kan word, lig beseer. Die ongeluk het omstreeks 18:37 in Theronsbergpas op die R46 plaasgevind toe die bestuurder beheer verloor en die voertuig gerol het. Die insittendes was op pad na die Perdekraal-Oos windplaas. * Weens onvolledige werk van die polisiebeampte op die toneel, is geen verdere inligting of name van beseerdes beskikbaar nie. Daar is blykbaar ook geen botsingverslag nie.
BRANDBESTRYDERS van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en CapeNature het sedert Sondag 24 November gespook om ‘n veldbrand wat teen die hange agter die Tolhuis in Michellspas asook teen Oukop en bokant Koekedouwdam gewoed het, onder beheer te bring. Die brandlyne was hoog teen die berg op. Eers het sterk wind brandbestryders se werk bemoeilik maar Maandag en Dinsdag se koeler weer het gehelp om die brand onder beheer te bring. * Geen beserings, verlies van lewe of skade aan enige eiendom het plaasgevind nie.
Die KWDM bedank hul vennote CapeNature en die onderskeie gekontrakteerde grondspanne, NCC, Lewis Bush Clearing en Working on Fire.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
BELLA Vista rugbyklub het Saterdag 23 November hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie aangebied. Patwin van der Merwe, een van die mees belowendste spelers van die klub, het met 6 toekennings weggestap. Hier ontvang hy die toekenning vir speler van die jaar en die Ceres Apteek wisseltrofee. Ander toekennings sluit in: Vonds van die jaar, spelers se speler van die jaar, beste agterspeler, meeste punte en meeste drieë. VLNR: Pieter Klazen (voorsitter van Bella Vista rugbyklub), Maggie Abrahams (burgemeestersvrou), Patwin van der Merwe en Meagan Lucas (bemarkingsbestuurder). * 'n Volledige lys van pryswenners verskyn op die Bella Vista rugbyklub se Facebook-blad.
BELLA Vista rugbyklub het Saterdag 23 November hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie aangebied. Cameron Davids is aangewys as die sportman van die jaar en het die Cupido Visagie wisseltrofee ontvang. VLNR: Pieter Klazen (voorsitter van Bella Vista rugbyklub), Maylene Visagie, Cameron Davids en Meagan Lucas (bemarkingsbestuurder).
SAXTUS van Rensburg het Saterdag se kompetisie by Ceres gholfklub gewen. Hy het die enkel progressiewe stablefordformaat met 41 punte gewen. Henri Ferreira was in die tweede plek met 37 punte en Wilhelm Muller derde met 35 punte. Novembermaand se klubkompetisie: Op 30 November word ‘n vierbal alliansie kompetisie aangebied. Desembermaand se klubkompetisies: Op 7 Desember word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied, op 14 Desember ‘n individuele stableford
kompetisie, op 21 Desember ‘n enkel syfer plus en op 28 Desember ‘n enkel progresiewe stableford kompetisie.
Sosiale gholf
Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies.
Spelers moet die klub skakel by (023) 3123068 vir besprekings.
GEDURENDE Oktober- en Novembermaand het karatekas van Senshi Dojo, ‘n karateklub op Ceres, pienk gordels gedra om die fokus te plaas op die bewusmaking van kanker. Senshi Dojo glo niemand het nodig om alleen te veg nie - ons is sterker saam en ons staan saam in die stryd teen kanker!
CERES rolbalklub het Saterdag 23 November ‘n derde plek verower tydens die Hex Valley rolbaltoernooi op De Doorns. VLNR: Wéan van Rensburg, Jaco Theunissen, Pieter Mostert en Charmaine Mostert.