Witzenberg Herald Vol.27 no.44 (Online Weergawe)

Page 1


Twee verdrink by Witels

TWEE mense het Saterdag by die Witels swemplek in Michellspas verdrink. Dit is die soveelste tragedie by Witels. ‘n Groep van sewe jongmense van Nduli het bier gedrink en geswem. Siphokazi Conelia Kombela (23) het omstreeks 17:00 in die moeilikheid beland waarna Lucky Sibusiso Tusi (36) ingespring en haar probeer help het. Beide het verdrink. Lees berig op bladsy 3

Wees hierdie somer Lenny-slim!

NAMATE ons die warm somerseisoen nader, raak dit al hoe belangriker om voorbereid te wees!

Oktober is Ramprisiko-verminderingsmaand en gegewe die impak van klimaatsverandering, voorspel kenners dat die somers warmer as ooit gaan wees. Dit is waarom die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, tesame met plaaslike munisipaliteite, ’n leersame bewusmakingsvideo saamgestel het

Kerk samel fondse in met kompetisie

DIE Nuwe Hervormde Sending van Suid Afrika se Ceres gemeente, het op 1 November ‘n modelkompetisie aangebied om fondse vir die kerk in te samel. Juanicke Hanse (middel) was die wenner van die kompetisie met Shadonay Frans (tweede prinses) en Dhellnay Hanse (derde prinses). * Die kerk wil graag hulle borge bedank wat die geleentheid moontlik gemaak het: Ceres Superspar, Skatkis, PicknPay Ceres en Clicks.

om inwoners veilig te hou.

“Ons gelukbringer, Lenny die Luiperd, sal vir jou leiding gee met noodsaaklike wenke oor hoe om sonsteek te verhoed en hoe om verantwoordelik op te tree om die risiko van veldbrande te vermy”.

Almal moet hierdie somer Lenny-slim wees deur sy raad vir veiligheid te volg! Gaan kyk gerus die volle video op die webtuiste en help so om die boodskap te versprei!

AGS-gemeente vier 70 jaar

NIKLAAS Ambraal skryf:

DIE AGS Montana gemeente op Wolseley het die naweek van 25-27 Oktober hul 70ste bestaansjaar gevier. Die gemeente wil graag die volgende borge en donateurs bedank: Wolfpack, Waverley Hills, Laastedrif boerdery, Graaff Fruit pak-

huis,Trastevere slaghuis, Heinrich Lottering, Harvest Bistro, Maudene (haarkapper), Yolanda Vergotine (haarkapper),Chelsea Muller (nael salon), Marcelain Jacobs (nael salon), Debbie Pretorius (koeke) en die AME Kerk Wolseley Montana.

“Baie dankie vir elkeen se bydrae om ‘n sukses van die naweek te maak”.

‘n PRAGTIG in Pienk geleentheid is ‘n tyd gelede by Huis Weich op Wolseley gehou. Dit was ‘n bewusmakingsdag van borskanker, kanker en geslagsgebaseerde geweld. Die geld wat met die projek ingesamel is, is gebruik om sop en broodjies aan te koop en by klinieke op Tulbagh en Wolseley uit te deel. Personeel het Wolseley kliniek besoek en die personeel bederf met ‘n koek en om dankie te sê wat hulle vir die gemeenskap beteken.

ANDILE Gili, local ward councillor, is deeply saddened to learn of the passing of Mr. E. Mgoboza (left), the beloved former principal of Iingcinga Zethu Secondary School. Mr. Mgoboza was not only a dedicated educator but also a mentor and leader who left an indelible mark on the lives of countless students and colleagues. “I cherish the memories of Mr. Mgoboza as my former Xhosa teacher, who instilled in me a love for the language and culture. Later, I had the privilege of working alongside him as the finance officer at Iingcinga Zethu Secondary School, where we collaborated closely to ensure the smooth operation of the institution”. Mr. Mgoboza’s passion for education, sport, and his commitment to excellence and his unwavering dedication to the well-being of his students and staff will never be forgotten. His legacy will continue to inspire future generations. “On behalf of the community, I extend my heartfelt condolences to the family, colleagues, and the entire Iingcinga Zethu Secondary School community. May they find strength and solace in this difficult time”.

(Statement by Councillor Andile Gili).

KENNISGEWING

In die boedel van wyle: ANNAMARIE VOSLOO

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue

Saterdag: 09:00 - 12:30 Kry ‘n % afslag op Kry ‘n % afslag op Kry ‘n % afslag op Kry ‘n % afslag op ‘n op enige aankope enige aankope enige aankope enige aankope aankope

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Id. no. 411110 0046 086

Van: Waverenstr. 1, Tulbagh, 6820

Boedelnommer: 021656/2023

Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 8 November 2024 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te TULBAGH op hierdie 8ste dag van NOVEMBER 2024. JOHAN BEZUIDENHOUT

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 37, Ceres, 6835 (Verw: J7835)

Twee mense verdrink

by Witels

TWEE mense het Saterdag by die Witels swemplek in Michellspas verdrink.

Dit is die soveelste tragedie by Witels.

‘n Groep van sewe jongmense van Nduli is Saterdag by Witels met ‘n taxi afgelaai. Die groep het aan die polisie gesê hulle het bier gedrink en geswem.

Siphokazi Conelia Kombela (23) het omstreeks 17:00 in die moeilikheid beland waarna Lucky Sibusiso Tusi (36) ingespring en haar probeer help het. Beide het egter verdrink.

Die polisie, EMS nooddienste asook wetstoepassers is na die toneel ontbied. Die liggaam van die vroulike slagoffer is gou gekry deur twee duikers van die polisie se duikeenheid en EMS. Daar is meer as twee uur vrugteloos in die troebel water na die tweede slagoffer gesoek. Na 19:00 was dit te donker om verder te soek. Die soektog is tydelik afgelas. Tusi, wat ook in Nduli gewoon het, se liggaam is eers Maandagoggend gevind nadat daar ook Sondag sonder sukses na hom gesoek is.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geopen.

Waarskuwing

Dit is veral in die somermaande dat verdrinkings gereeld by Witels voorkom. Niemand steur hulle aan waarskuwings dat swemmery en drinkery in dié natuurreservaat verbied word nie. Wetstoepassing word ook nie gereeld oor naweke gedoen nie wat daartoe bydrae dat mense hul kans gebruik om onwettig daar te swem. Die pienk NSRI-reddingboei kan ook nie daar opgerig word nie aangesien dit deur kwaaijonges gesteel word. “Sulke tragiese voorvalle maak ‘n mens van voor af bewus van die groot gevaar wat water inhou - ongeag van ouderdom en ervaring - jy moet ten alle tye versigtig wees wanneer jy naby water is!”

Die Nasionale Seereddingsinstituut bied sedert 2020 ‘n Survival Swimming-program aan.

Op Ceres is Eoudia Erasmus deurentyd besig om kinders swemvaardighede aan te leer. Indien jy betrokke wil raak by die projek en as vrywillige wil help, skakel gerus vir Eoudia by 074321-5322 vir verdere inligting.

Mooi Uitsig leerder (8) sterf na voertuig hom tref

‘n GRAAD 2 leerder van Mooi Uitsig primêr het verlede week tragies gesterf by die berugte Bella Vista-kruising. Die agtjarige Luan Kruger van Bella Vista en leerder van Mooi Uitsig primêr, was verlede Donderdag omstreeks 14:50 deel van ‘n groep kinders wat dié besige pad probeer kruis het na Bloubank-plaas.

‘n Groep kinders het blykbaar reeds die pad gekruis terwyl ‘n ander groep met Luan en sy broer, Diaan (11), in die middel van die pad gewag het dat motors verbykom. Luan het vermoedelik losgeruk en oorgehardloop waarna ‘n Honda-motor hom skrams getref het. Hy is op die toneel dood.

Die polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag. Volgens die polisie is daar ‘n ooggetuie wat sê daar was ‘n stryery of bakleiery voor die tragiese voorval tussen die kinders. Een groep het oor die pad gehardloop. Dit vorm deel van die ondersoek.

Die polisie wag ook vir CCTV materiaal. Beide sy bedroefde ouers, Gerhardus Sekels en Mercia Kruger, was by die werk toe die voorval plaasgevind het. Medelye

Desmond Ceasar, skoolhoof van Mooi Uitsig en die personeel, sê hulle is hartseer om die tragiese nuus van die afsterwe van een van hul leerders te verneem. “Namens die skoolgemeenskap betuig ons, ons innige meegevoel aan die familie, sy broer Diaan en Luan se maatjies. Geen woorde kan ooit vertroos of streel nie. Ons gebed is dat die Here almal wat geraak is, se krag sal wees deur hierdie tyd van rou”.

DIT lyk of Ceres dalk binnekort hul eerste sinkgat gaan kry. Die gat is deur ‘n problematiese rioolpyp in Alheitstraat veroorsaak. Die Witzenberg munisipaliteit het ‘n tydelike waarskuwing opgerig en ‘n 250 liter drom in die gat gesit. Dit is onduidelik wanneer die gat herstel gaan word. Die munisipaliteit wag op tegniese advies van ingenieurs.

Oudpolisielid se verhoor begin in 2025

‘n OUDPOLISIELID van Wolseley se korrupsieverhoor gaan Januarie 2025 in die Bellville handelsmisdaadhof begin.

Ricardo Conradie (42), voorheen ‘n polisielid by Wolseley SAPD, verskyn alleen in die handelsmisdaadhof op ‘n aanklag van korrupsie. Die saak teen sy medebeskuldigde, Byrone Williams (28), is ‘n tyd gelede teruggetrek. Die rede vir die terugtrekking teen Williams is steeds onbekend.

Beide die mans was polisiekonstabels wat by Wolseley SAPD gestasioneer was en op 4 Januarie 2022 gearresteer was na ‘n voorval op 3 Desember 2021. Williams en Conradie is in hegtenis geneem en van korrupsie aangekla nadat hulle na bewering ‘n man met tik in sy besit betrap het en daarna geld van hom geëis het om hom nie aan te kla nie.

Conradie is uit op R2 000 borg en moet weer op 20 Januarie 2025 in die Bellville streekhof verskyn.

Begrafnisdiens

Die begrafnisdiens vind Sondag 10 November om 11:00 vanuit die Ceres stadsaal plaas. Daar word ook ‘n verby-ry geleentheid in Bella Vista beplan vir Vrydag 8 November om 17:30.

Man met onwettige vuurwapen kry lang tronkstraf

‘n MAN van Kraaifontein wat meer as 8 maande gelede tydens ‘n roetine padblokkade op Ceres gearresteer is vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie, is verlede week swaar gevonnis.

Ceres SAPD het op 13 Januarie ‘n roetine padblokkade in Vosstraat opgerig. Omstreeks 00:45 is ‘n swart 7-reeks BMW afgetrek.

William James (42) is saam met drie ander mans, Zukisa Cetywayo (27), die bestuurder en eienaar van die BMW, Wesley Adams (27) en Richmont Abrahams (29), gearresteer.

Tydens die deursoeking is ‘n 9mm Heckler en Koch USP semi-outomatiese pistool met 13 patrone in ‘n rugsak in die motor gekry. Met nadere ondersoek is gevind dat die wapen nêrens in Suid-Afrika geregistreer is nie wat die vermoede laat ontstaan het dat die wapen moontlik oor landsgrense gesmokkel is.

William James en Abrahams van Bluedowns was ten tye van dié oortreding uit op parool. Die parool is na hul arrestasie gekanselleer en hul opgeskorte vonnis is weer in werking gestel.

Vonnis

James het in ‘n verklaring aan die hof gesê dat hy die betrokke dag van Kaapstad na Touwsrivier geryloop het en dat hy deur die ander drie mans, wat op pad was na Ceres, opgelaai is. Hulle was nie bewus van die vuurwapen wat hy by hom gehad het nie. Die wapen was net vir sy eie beskerming. James is op 30 Oktober op beide klagtes van besit van ‘n onwettige vuurwapen en die besit van onwettige ammunisie, skuldig bevind. Hy is op 1 November, 7 jaar gevangenisstraf opgelê vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en 2 jaar gevangenisstraf vir die besit van onwettige ammunisie.

CERES Besigheidsinisiatief (CBI) het verlede Woensdag 30 Oktober, hul tweejaarlikse gala-aand by Kaleo aangebied. ABSA bank het die aand geborg. Rusty Labuschagne (middel), ’n oud-Zimbabwiër was die gasspreker. Hy het op besielende wyse die gehoor vertel van sy ondervindinge in ‘n gevangenis in Zimbabwe. Hy was ‘n suksesvolle Zimbabwiese burger wat verkeerdelik vir 10 jaar onder uiters haglike omstandighede in ‘n gevangenis aangehou was. Hy het plaaslike sakelui beïndruk met die wyse waarop hy vertel het hoe gedetermineerd hy die uitdagings in die gevangenis hanteer het. Hy het ook vertel hoe hy mede-gevangenisse deurgaans positief beïnvloed het. Rusty was in staat om te midde van haglike toestande deur positiewe gedagtes en geloof in sy Hemelse Vader, as mens in die gevangenis te kon groei. * Hier is Rusty saam met Mauritz Walters (CBI bestuurslid) en sy vrou, Sandra, afgeneem.

vermoor sy broer oor bottel bier Man sy broer oor bottel Man

‘n MAN wat sy broer vermoor het na ‘n stryery oor ‘n bottel bier, het die week weer in die Ceres landdroshof verskyn. Die Stemere-broers van Nduli was Saterdag 19 Oktober omstreeks 02:15 onderweg na hul informele huis toe daar ‘n stryery uitbreek oor ‘n bottel bier. Daar was ‘n bakleiery waarna Bonesele Stemere (30) ‘n mes gaan haal en sy ouer broer, Thabo (33), in die gesig en bors gesteek het. Thabo het op die toneel gesterf. Bonsele, oorspronklik van Lesotho, is gearresteer.

Hy het Maandag 28 Oktober vir ‘n tweede keer in die landdroshof verskyn waarna die saak na 13 November uitgestel is vir verdere ondersoek.

Verhoor begin Februarie 2025

DIE verhoor van drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo, gaan Februarie 2025 begin.

Die drie mans, Willem Olivier (50), Kelvin Vlok (22) en Curswin Jiemies (19) het verlede Vrydag 1 November weer in die Ceres landdroshof verskyn.

Die saak is deur die landdros tot 25 Februarie uitgestel.

Agtergrond

Die drie mans, een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is verlede jaar na ‘n uitgebreide soektog deur speurders van Ceres vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).

Walters is op Vrydag 3 Maart 2023 tussen 18:00 en 24:00 vermoor. Haar liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy

vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar liggaam gelê.

Vinnige arrestasie

Olivier is Saterdag 4 Maart 2023ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, gearresteer. Twee familielede, Vlok en Jiemies, wat by Olivier op die plaas gekuier het ten tye van die moord, is Sondag 5 Maart 2023 by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer. Hulle het hulself aan die polisie oorgegee. Die plaas is meer as 40km van die moordtoneel.

Wapens gesteel

Die mans het na die moord met onder andere ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer gevlug. Hulle het ook kruideniersware en drank gesteel. Die wapens is later deur speurders op twee plekke in die Karoo gevind.

MODDERASRIVIER BOERDERY ✉ 138, Modderasrivier Tulbagh, 6820 ☎ 084-657-6797

E-pos: info@modderasrivier.co.za admin@modderasrivier.co.za

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER / TOESIGHOUER

Modderasrivier Boerdery, ‘n gevestigde kern- en steenvrugte produsent, geleë in Tulbagh, het ‘n geleentheid vir ‘n energieke junior produksiebestuur/toesighouer tussen 20 en 25 jaar oud vir die seisoen (6 maande).

VERANTWOORDELIKHEDE:

•Bestuur produktiwiteit en kwaliteit van werkers

•Daaglikse span prestasie verwerking en rapportering

•Identifiseer probleme, foute, hanteer die regstelling daarvan

•Daaglikse opdragte ontvang en die uitvoer daarvan

•Organisering en monitoring van werkers, oes, besproeiing, bemesting en stukwerk

•Rekordhouding van werksaktiwiteite en help met tydstudies by uitwerk van stukwerk

•Insekmonitering in boorde

•Algemene plaas instandhouding

•Nuwe besproeiingsblokke insit vanaf plan

VAARDIGHEDE:

•Akkuraat, tydig, netjies en oplettend

•Aanpasbaar - bereid wees om naweke en na-ure te werk

•Moet goed onder druk kan funksioneer

•Sober gewoontes

•Ondervinding in sagtevrugteboerdery

•Administrasie en kommunikasie in Engels en Afrikaans

•Moet kan sweis en prakties aangelê wees

•PVC pype lym/krane bou

OPLEIDING EN ONDERVINDING:

•Matriek

•Nagraads in landbou is voordelig, maar kennis/praktiese agtergrond van sagtevrugte sal u aansoek versterk

•Geldige swaarvoertuig lisensie, C1

VERGOEDING:

•Behuising op die plaas

•Voertuig, motorfiets vir boerdery gebruik

•Industrie vergelykbare salaris met groei moontlikhede

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 30 NOVEMBER 2024

STUUR ASSEBLIEF U CV, GEKLEURDE AFSKRIF

VAN U ID EN RELEVANTE VERWYSINGS AAN MNR. PHIL DU PLESSIS BY: info@modderasrivier.co.za of admin@modderasrivier.co.za

WOLSELEY Omgeemense se jaarlikse hengelkompetisie is Saterdag 2 November by Artoisdam gehou. ’n Rekordgetal van 108 deelnemers het ingeskryf om te kyk wie die grootste en meeste visse kan vang. Die wenners was: Jaden van Rooyen (grootste vis en R1000 prysgeld), Philip Theron (meeste vis (11) en R700 prysgeld) en Mia Besteman (kleinste vis en R300 perysgeld). Daar is ook R4000 se pryse uitgedeel met gelukkige trekkings. * Die organiseerders bedank hul borge: Vilko Ceres, Wolseley Hardeware, Agrimark Tulbagh, Ceres Superspar, Tulbagh Spar, Johan fotografie, Midas Ceres, Jak Bester, Nitrophoska en Matroosberg.

Weens volgehoue uitbreidings het hierdie uitdagende geleentheid op een van ons eenhede, Rietfontein, in die Koue Bokkeveld ontstaan. Dit is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle

WERKSWINKELBESTUURDER

Vereistes:

•‘n Gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige

•5 - 8 Jaar bewese toepaslike ervaring in ‘n bestuursposisie

•Bewese bestuurservaring in primêre landbou sal u aansoek versterk

•Die ideale kandidaat sal gekenmerk word deur dryfkrag, selfgemotiveerd wees, streng dissipline kan handhaaf en inisiatief aan die dag kan lê.

•Deeglike kennis van stelsels uniek tot die pos moet gevestig en in stand gehou word

• Opstel en bestuur van ‘n jaarlikse begroting binne ooreengekome riglyne.

Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede wat huisvesting op Rietfontein insluit en ‘n markverwante mededingende vergoedingspakket.

E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan: recruitment@graaff-fruit.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 November 2024

Ideale intreedatum: 1 Januarie 2025

Indien u nie binne 21 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

bied aan

Word bedien met heerlike varsgebakte brood! 7 November 2024

Tyd: 18:30 @ R200 p/p

Kaartjies beskikbaar by kantore van Huis Maudie Kriel. Vir bestellings skakel ons by (023) 312-1950.

Man
NICHOLIS Louw, bekende Afrikaanse sanger, het verlede Donderdag by Ceres gholfklub opgetree. Meer as 200 inwoners het die vertoning by die nuwe klubhuis bygewoon.
FOTO: Pieter du Toit

Nuwe pad amptelik geopen

DIE herbelyning en opgradering van die pad tussen P.A. Hamlet en die kruising tussen Theronsberg en Ceres is vroeër vanjaar voltooi en verlede week amptelik deur die Wes-Kaap minister van infrastruktuur, Tertius Simmers, geopen.

Die pad van ongeveer 4km is in opdrag van die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur voltooi. ‘n Gedeelte van die pad is herbelyn en opgegradeer en ‘n nuwe kruising is op die R46 na Touwsrivier gebou. Die pad verbind die R46 en die R303 na Citrusdal met mekaar en is deur Witzenberg Eiendomme (Edms) Bpk gefinansier.

Die pad is geleë in ‘n hoëdigtheid vrugteproduserende area buite Ceres en P.A. Hamlet en was voorheen ‘n grondpad. Gewasse wat geproduseer word sluit in appels, pere, perskes, pruime en appelkose. Dié pad is nou ‘n belangrike verbinding tussen vrugte- en groentepakhuise op die R303 en boerderybedrywighede langs die Bo-Swaarmoedpad en in die Warm-Bokkeveld.

Herbelyning

Die herbelyning van DR1458 het vereis dat ‘n nuwe deel van die pad deur onontwikkelde grond gebou moes word asook vier groot duikslote en tien kleiner duikslote is gebou.

Dreineringswerke het verder afloop- en uitlaatstrukture, sydreine en ondergrondse dreine ingesluit. Bykomende werke op die pad het omheining ingesluit, installering van veiligheidsrelings en padtekens en die verf van padlyne.

Volgens Pieter Graaff van Witzenberg Eiendomme was hul bydrae tot die bou van die pad, die beste manier om ‘n blywende verskil tot voordeel van die hele gemeenskap te maak.

“Almal vind baat by ‘n verbeterde padnetwerk. Die sluit plaaslike skoolkinders, arbeiders, toeriste, kommersiële boere, die munisipaliteit, nooddienste en die groter sakegemeenskap in. Paaie is die are vir ekonomiese groei”.

“Beter padinfrastruktuur dra by tot ekonomiese groei in die WesKaap”, het Tertuis Simmers, provinsiale minister van infrastruktuur, verlede week gesê.

“Hierdie pad sal ‘n alternatiewe roete bied vir toeriste wat van Kaapstad na die Ceres-Karoo reis en vir vragmotors wat vars vrugte en groente vanaf die Wes-Kaap na die binneland via Theronsbergpas en Touwsrivier vervoer”.

Bekende rugbyadministrateur oorlede

‘n VERSEKERINGSMAKELAAR en bekende rugbyadministrateur van Ceres en Bella Vista, is die naweek oorlede.

Hannes Steyn (59) is Saterdag 2 November oorlede nadat hy meer as ses weke gelede in die Worcester Mediclinic se intensiewesorgeenheid opgeneem is na ‘n breinaneurisme.

Hy laat sy vrou Carin, twee dogters, JanaMarie en Cicile, sy broers Douw en Hugo en ‘n suster, Antionette, agter. Hannes was die laaste 20 jaar werksaam in die versekeringsbedryf en een van oudburgemeester John Steyn se kinders. Die Ceres biblioteek is ook na sy pa vernoem. Saterdag 16 November om 11:00 vind ‘n vieringsdiens (geen swart klere) by Ceresvallei gemeente plaas. Na die diens kom almal in kerksaal byeen vir verversings, ‘n braai en stories deel.

Bekende rugbyadministrateur

Hannes was ‘n kranige rugbyondersteuner en -administrateur wat sedert die 90’s in verskeie posisies by Ceres rugbyklub en die afgelope drie

10 JAAR

jaar by Bella Vista rugbyklub gedien het. Hy was ten tye van sy dood, Bella Vista rugbyklub se ondervoorsitter. Volgens oom Cupido (Pai) Visagie, president van Bella Vista rugbyklub laat sy dood ‘n groot leemte by die klub. Hannes was verantwoordelik vir klubborge en sameroeper van die klub se verskillende komitees.

Ceres rugbyklub het gesê Hannes Steyn se naam is sinoniem met rugby in die Ceres-omgewing en die gesig van eenheid en ontwikkeling van rugby.

‘n Man wat soveel mense aangeraak het met sy sagte persoonlikheid en vriendelike menswees.

Huldeblyke

Huldeblyke stroom in op sosiale media vir die man wat diep spore in klubrugby asook in die lewens van talle inwoners gelos het.

Almal het hul opregte medelye uitspreek in die tyd en die sy gesin en familie sterkte toegewens.

LANGDIENSTOEKENNINGS

Dié werknemers van Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk. het op 29 Oktober 2024 hul 10 Jaar Langdienstoekennings van die Besturende Direkteur, Francois Malan ontvang. Baie geluk met julle prestasie en ons hoop julle gaan nog baie gelukkige jare by CFG hê!

DIE herbelyning en opgradering van die pad tussen P.A. Hamlet en die kruising tussen Theronsberg en Ceres is vroeër vanjaar voltooi en verlede week amptelik deur die Wes-Kaap minister van infrastruktuur, Tertius Simmers, geopen. Hier knip minister Simmers die lint met Pieter Graaff van Witzenberg Eiendomme en rdl. Trevor Abrahams (burgemeester) aan weerskante van hom.

CERES Koekedouwdam loop die naweek van 2-3 November steeds oor. Volgens Pieter du Toit (fotograaf), is die streek geseënd met ‘n dam wat die tyd van die jaar oorloop. Vars skoon bergwater onder natuurlike druk vir die gemeenskap en landbou. Inwoners moet dit waardeer.

Van links na regs: Francois Malan (Besturende Direkteur), Hannelie Esterhuizen, Mpendulo Donono, Dylene Minnaar, Clinton Jafta, Thandeka Mkhosana, Phikani Nama, Redwaan Vergotine, Thandokazi Duko, Lindelwa Gavu.

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

1956/11/06 - 2024/11/02

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 9 November

Huis: 11:00 Plaas Morgensvlei, Tulbagh Graf: Tulbagh

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

1953/07/25 - 2024/10/29

ROUDIENS: Do. 7 Nov

Huis: 19:00 Kareestr. 98, BV

BEGRAFNIS: Sat. 9 Nov.

Huis: 09:00 Kareestr. 98, BV Kerk: 10:00 AGS, Bella Vista

Graf: Bella Vista

Op 29 Okt. 2024 is pappa van ons weggeneem. ‘n Pa, oupa, broer en goeie vriend. Dit is met groot hartseer dat ons totsiens sê. Ons dank God vir pappa se wonderlike bydrae in ons lewens. Rus sag in God se vrede. Vir ewig in ons harte. Met liefde van jou dogters, seun en kleinkinders

1972/11/09 - 2024/06/26

In liefdevolle herinnering aan n fenominale seun, eggenoot, pa, broer en oupa. Vandag vier jy jou eerste verjaardag saam met die engele. Ons mis jou verskriklik baie, maar ons gun jou die ewige rus. Tot ons mekaar weer sien. Van jou vrou, kinders, kleinkinders, breë familie en vriende

1995/11/06 - 2011/04/28 Nog ‘n verjaarsdag waar ons wonder wat jy sou wou hê as geskenk. Ons weet wat ons sou wou hê, maar, helaas, kan ons net jou verjaarsdag herdenk. Alhoewel ons aardse wens nogmaals onvervuld sal gaan, weet ons ook dat jou Hemelse rus by Jesus die absolute beste is. Mammie, Uncle Griffen, Tanna en KeMike.

MOBILE DOG GROOMING BUSINESS

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

CENTRAL CERES

MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER

VEREISTES: • Lisensie Kode 14

• 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517

Donate blood

THIS November, the Western Cape Blood Service (WCBS) is calling on new and current blood donors to donate blood with their, “Give One, Save Three Lives campaign.”

With this initiative, WCBS aims to encourage individuals to donate blood and help save three lives with a single act of giving.

“Give One, Save Three Lives” emphasises the power of a single blood donation to save multiple lives. Each unit of blood can be separated into three components: red blood cells, plasma, and platelets.

These components are then used to treat a wide range of medical conditions, including trauma, cancer, and blood disorders. By donating just one unit of blood, individuals have the potential to positively impact the lives of three patients in need.

“We encourage all eligible donors to visit our blood donation centres and join us this month as we aim to save lives. We hope this campaign will inspire many to embrace the spirit of giving this season and be the hero in someone’s story.” said Michelle Vermeulen, Head of Marketing and Public Relations.

Donors will receive a complimentary shopper bag as a gesture of gratitude for their commitment to saving lives.

Donors are advised to eat a substantial meal within three to four hours before visiting a clinic and to increase their fluid intake before, during, and after donation. Next clinic on Thursday 7 November from 15:30 - 20:00 at Ceres Town Hall.

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Gal: 5:1

nuusbrokkies

CERES inwoners word uitgenooi om aan te sluit by Ceres gemeenskap polisiëringsforum (GPF). Die GPF hou hul komiteeverkiesing op 20 November. Tyd en plek sal later deurgegee word. Vir enige navrae skakel sers. Lizna van Wyk by (023) 316-8600

DRINGENDE kennisgewing. Ceres gholfklub se algemene jaarvergadering is verskuif na 27 November om 19:00 in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.

DIE P.A. Hamlet GPF hou hul algemene jaarvergadering op 26 November om 19:00 in die gemeenskapsaal in Voortrekkerstraat. Vir enige verdere navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133

DIE Wolseley GPF hou hul algemene jaarvergadering op 27 November om 10:00 in die NG kerksaal in Voortrekkerstraat. Vir navrae skakel (023) 231-8000.

DIE Op-die-Berg GPF hou hul algemene jaarvergadering op 11 Desember om 19:00 in die N.G. kerksaal, Op-die-Berg. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133

Kersfees

Koerant bondels te koop @ R30 per pak  (023) 316-2021

Johannes Hanse
Andries Goeieman
Karel Baron
Shannon Morris

RIAN Engelbrecht, ‘n graad 6 leerder van Laerskool Koue Bokkeveld, het op 31 Oktober ‘n prestige toekenning ontvang tydens die Paarl Vallei Eisteddfod se galageleentheid. Rian Engelbrecht het die toekenning ontvang vir sy foto van ‘n rooikat.

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het die afgelope naweek hul jaarlikse gradering by die Panoramadam in die Koue Bokkeveld aangebied. Karatekas se karakter en uithouvermoë word getoets, voordat hulle na ‘n volgende gordel kan opskuif. * Die karatekas wat gegradeer het was: Ruan du Preez, Ireasha Green, Christo de Jager wat hul wit streep ontvang het, JP van der Merwe, Le Roux Hough en Maisha Mars het hul geel streep verwerf met Bellane Vermeulen, Roman en Alicea Hough wat hul geel gordel verwerf het. Elgerstin du Toit, David Bownes en Dylan Cloete het ‘n oranje streep bygekry, Isak en Lukas Krige het hul groen belt verwerf en Mia Laubscher het opgeskuif na bruin 1.

LAERSKOOL Koue Bokkeveld het 5 leerders wat die naweek die Boland Platteland tennisspan teen Drakenstein en Wynland verteenwoordig het. VLNR: Cara van den Heever (goue medalje), Markus Tomlinson (goue medalje), Anmari Steenkamp (goue medalje), Daniël du Toit (silwer medalje) en Helené du Toit (goue medalje). * Die spelers neem die eerste naweek in Desember aan die Boland proewe deel.

NORTHRIDGE primêr het Donderdag 31 Oktober ‘n suksesvolle prysuitdelingsfunksie aangebied. Hier is die top presteerders van elke graad. VLNR: Denver Swarts (graad 5), Shane Swarts (graad 2), Chiree van der Merwe (graad 6) en Pieter-John Swarts (graad 4).

AFWESIG: Ranier Swartz (graad 1) en Fawzee Sekels (graad 3). * Die skool wil graag die volgende donateurs bedank vir hul bydraes: Dirk en Karin Swart, Ieta Geldenhuys, Hugh-Marie Daames, Carlen Josef, Remeakly Swartz-Van Rooy, Anton Meerka, Pieter Swartz, Peter en Rashieda Rooi, Marelize Ockhuys, Sue-Andra Swartz, Amelia Berry, Emmeline Giliomee en Heinrich Sauls. Dankie ook aan al die anonieme skenkers vir hul bydraes.

NORTHRIDGE primêr het Donderdag 31 Oktober ‘n suksesvolle prysuitdelingsfunksie aangebied. Tydens die geleentheid is leerders beloon vir hulle harde werk in 2024. * Hier staan die skoolhoof me. Baadjies by die skool se top presteerder, Chiree van der Merwe (graad 6).

CHARLIE Hofmeyr se o/16 krieketspan het Donderdag 31 Oktober die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n oorwinning van 152 lopies oor Ceres Sekondêr. Charlies kolf eerste en teken 200/4 aan in hul toegelate 20 boulbeurte. Ceres Sekondêr word uitgeboul vir ‘n skamele 48 lopies.* Dewald Scholtz blink uit met 50 lopies n.u.n, Rossouw Matthee (48 lopies en 3 paaltjies), Driaan Louw (31) en Gawie de Wet (3 paaltjies).

Aimee vaar goed Aimee vaar goed Aimee vaar goed Aimee vaar goed bb bb bybyb ybyb y b yy yeenkeenk eenkeenk eenkomsoms omsoms oms

AIMEE Freeman het verlede naweek aan ‘n tweedag provinsiale buitelug Grand Prix byeenkoms deelgeneem. Sy het ‘n 9de plek behaal. Die tweede dag het Aimee aan die kampioenskap deelgeneem en deurgedring na die finale rondte. Hier het sy ‘n paal afgespring en 4 punte verloor. Sy het die vinnigste tyd aangeteken en die byeenkoms in die 6de plek algeheel afgesluit.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Ceres Classic weer 'n groot sukses

DIE 2024 Ceres Classic het die afgelope naweek plaasgevind. Dit was die 43ste keer dat die gewilde gholftoernooi op Ceres aangebied is. Saterdag se vierbal alliansie kompetisie is deur De Keur bemarking met 88 punte gewen. Die span van Silver Solutions was in die tweede plek met Villa Crop in die derde plek, beide met 85 punte. Kaap Agri was vierde en Fibrewave vyfde, beide met 83 punte. VLNR: Charl du Toit jr., Peter Versfeld, Charl du Toit sr. en Lourens van Schalkwyk. FOTO REGS: Vrydag se vierbal alliansie kompetisie is deur die Villa Crop span met 85 punte gewen. Die FNB-span was tweede gevolg deur Fibrewave en Verso, almal met 83 punte.

Ceres verloor naelskraap teen Darling

CERES rugbyklub se swak Top 12 vorm het die naweek voortgeduur. Die klub het hul vierde wedstryd verloor. Ceres het teen Darling gespeel en naelskraap 24-23 verloor. Die klub het nog een wedstryd oor. Alhoewel hul Top 12 drome aan skerwe lê, het die klub goed gevaar

nadat hulle verlede seisoen in ‘n laer liga moes meeding. Vir Ceres het Erasmus van der Linde, Sarel Herbst en Enzo Fourie elkeen ‘n drie gedruk. Corné du Plessis en William van Wyk het met ‘n doelskop en strafskop geslaag.

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het die afgelope naweek hul jaarlikse gradering aangebied. Die karatekas wat deelneem aan Kubudo, is gegradeer. Mia Laubscher en Retief Spense het hul blou gordel verwerf, Lukas Krige het sy oranje gekry en Isak Krige het ‘n geel gordel verwerf.

CERES Omgeemense se jaarlikse Matroosberg na Kagga Kamma fietstoer is op 26 en 27 Oktober aangebied. Fietsryers het Saterdag via die Sutherlandpad en Tankwa padstal na Kagga Kamma gery. Sondag is die R355 via Bloubank gevolg tot by Matroosberg. Twaalf fietsryers het deelgeneem waarvan 6 hul voorberei vir die jaarlikse uitmergelende Munga. Vanjaar is Ceres vir die 10de jaar ‘n wedrendorp vir deelnemers aan die Munga. Hulle stop weer by Matroosberg reservaat. Ceres is een van die min dorpe wat in elkeen van die vorige nege jaar wat die Munga aangebied is, ’n suksesvolle deelnemer gehad wat deelgeneem het. Vanjaar gaan Pierre de Jager, Boetie Hugo en Aubrey November die moordende 1 128km aanpak.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.