Witzenberg Herald Vol.27 no.45 (Online Weergawe)

Page 1


Witzenberg

Vragmotor slaan aan die brand

‘n BRAND het verlede week ‘n vragmotor wat bale hooi vervoer het, verwoes. Die vragmotor het heeltemal uitgebrand. Witzenberg Brand en redding is omstreeks 17:40 ontbied om te help om die vlamme te blus. Die oorsaak van die brand is nie bekend gemaak nie en dit is onduidelik of iemand beseer is. Die polisie en verkeersdienste was ook uit na die toneel tussen P.A. Hamlet en Ceres.* Die afgelope naweek is tien voertuigbestuurders op Ceres weens dronkbestuur toegesluit en aangekla. Motoriste word gevra om nie onder die invloed van alkohol of dwelms te bestuur nie. Hulle stel ander padgebruikers se lewens in gevaar met hul roekelose optredes.

Canelli wen skadevergoedingseis

‘n VROU wat onlangs weer na Ceres teruggetrek het, moet nou na meer as 12 jaar se bitter egskeidingsgeding en hofstryd, haar gewese man se hofkostes van miljoene rande asook ‘n skadevergoedingseis vir die vals klagte en verklarings teen hom, betaal.

Dit mag dalk klink na ‘n draaiboek van ‘n Amerikaanse hofdrama maar dit het hier op Ceres gebeur en het sy verloop geneem deur die plaaslike polisieselle en landdroshof, die Hooggeregshof in Kaapstad, die Appèlhof in Bloemfontein en het uiteindelik weer in die Hooggeregshof in Kaapstad gedraai.

‘n Gesin is weens dié drama uitmekaar geskeur en ‘n pa kon nooit sy seun, nou 18, sien weens die vals klagtes en ‘n hofbevel teen hom nie.

Lees die volledige storie op baldsy 3.

Tannie Cora vier haar

100ste verjaarsdag

CORA Lotter, ‘n inwoner van Gydosig op P.A. Hamlet, het Donderdag 7 November ‘n besonderse mylpaal bereik toe sy haar 100ste verjaarsdag gevier het. Sy geniet nog goeie gesondheid en woon die afgelope 19 jaar in Gydosig, waarvan die laaste twee jaar in die versorgingseenheid.

*Tannie Cora is op Graaff Reinet gebore waar sy ook haar skoolloopbaan voltooi het, voordat sy onderwys gaan studeer het. Na haar troue het sy tot op 81-jarige ouderdom, op Uitenhage gewoon. Die familie het die grootste dank en waardering vir die liefde en versorging wat sy die afgelope jare by Gydosig ontvang.

20 JAAR LANGDIENSTOEKENNINGS

Namens At Source sê ons baie dankie vir 20 jaar se lojale diens

Work opportunity at Verdun Estates Verdun/Bordeaux ORCHARD SUPERVISOR / TEAM LEADER

RESPONSIBILITIES:

•Supervision over team/s

•Maintaining discipline

•Measurement of productivity

•Quality control

•Implementation of policies

•Motivation of workers

•Reporting to management

•Check and control clock system

•Other ad hoc tasks

REQUIREMENTS:

•Residing in Prince Alfred Hamlet

•Good communication skills in Afrikaans/English and preferable Xhosa/Sotho

•5 Years leadership experience

•Team leader / Supervisor training

•Must be able to handle discipline and strive towards optimum productivity

•Good organisational, planning and conflict management skills

•Experience in Stone Fruit production

The company offers a permanent wage worker position with weekly renumeration. NO HOUSING IS AVAILABLE.

Send a short CV with clear outline of previous work experience, training and at least 3 contactable references to hr@verdun.co.za or hand it in at Verdun Office, 1 Van Riebeeck Road, Prince Alfred Hamlet

Closing date for applications: 22/11/2024

A certified copy of your RSA ID Document must be attached to your application.

Nasionale Vervoermaand

TER erkenning van Vervoermaand dié Oktober, het die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), in samewerking met die Wes-Kaapse regering se departement van mobiliteit se padveiligheidsbestuurafdeling en onderwysdepartement, padveiligheidsveldtogte by skole regoor die distrik aangebied. Een skool is in elke munisipalegebied geïdentifiseer om aan vanjaar se veldtog deel te neem. Die gekose skole was St. Vincent Laerskool in die Stellenbosch munisipaliteit, Overhex Laerskool in die Breedevallei munisipaliteit, Wanganella NGK primêr in die Witzenberg munisipaliteit, Gelukshoop NGK Laerskool in die Langeberg munisipaliteit en Bergrivier NGK Laerskool in die Drakenstein munisipaliteit.

Hierdie veldtog sal oor die volgende drie

word in Oktober gevier jaar voortduur, met verskillende skole wat elke jaar geïdentifiseer sal word.

“Die Wes-Kaap-span van die regulering van passasiersvervoerdienste in die tegniese dienste-afdeling, saam met rdl. Gideon Carinus (portefeuljehouer), het by die skoolaktiverings aangesluit om jong leerders as voetgangers en passasiers oor padveiligheid op te voed”.

Ander deelnemers het met prettige, opvoedkundige, veiligheidsdemonstrasies en praatjies aan van die aktiverings deelgeneem. Hierdie belanghebbendes het die brandweerdienste van die munisipaliteite van Stellenbosch, Breedevallei en Witzenberg, die Wes-Kaapse regering se program vir gemeenskapsontwikkelingswerkers, SAPD, PRASA, EMS en organisasies soos Werk met Vuur en Werk met Water, ingesluit.

WANGANELLA NGK primêr het die Witzenbergstreek verteenwoordig.

Moordsaak teen vrou (25) gaan Februariemaand voort

DIE moordsaak teen ‘n vrou wat haar vriend in Juniemaand op Ceres vermoor het, gaan in Februarie 2025 in die Ceres streekhof voortgesit word. Shane Scholtz (22) van die Rooikampwoonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur sy meisie, Ashleigh Fortuin (25), met ‘n mes in die nek gesteek is.

PROMOSIE

AANBOD GELDIG VANAF 01/11/2024 - 31/12/2024

•Open ‘n polis en ons dek die 1ste maand se premie •25% Afslag op alle begrafnisse & verassings gereël volgens pryslys

081-742-6706 / 082-5753-181

NOTICE

IN THE ESTATE OF:

Molefi Elia Makoetlane

ID. NO.: RC178187

OF: 18 Thembalethu Street, Nduli, Ceres

MASTER’S REF. NO.: 022779/2022

The First and Final Liquidation and Distribution account in the abovementioned deceased estate shall be open for inspection for a period of twenty one days from Friday 25 October 2024 at the office of the Master of the High Court, Cape Town and at the office of the Magistrate at Tulbagh.

DATED and SIGNED at TULBAGH on this 4th day of OCTOBER 2024

JOHAN BEZUIDENHOUT ATTORNEY

Attorney for Executor 37 Voortrekker Street, Ceres, 6835 (Ref: JJB/LC/JC0156)

Die voorval het Saterdag 1 Junie omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Fortuin. Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is. Fortuin het Maandag 11 November in die hof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is na 26 Februarie 2025 uitgestel.

DIE Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het in Oktober weer ‘n suksesvolle mannekamp aangebied. Ses haweloses van CCC het ook die gewilde kamp saam met David Fortuin bygewoon. * CCC bedank al hul borge wat die besonderse geleentheid moontlik gemaak het. Dankie ook aan die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum.

V.L.N.R. Handri Conradie (Besturende Direkteur) Georgina Skippers, Katrina Vaaltyn, Ellen Jantjies en Magrieta Farmer.

Canelli wen eis

Eksvrou moet

nou miljoene betaal

‘n VROU wat onlangs weer na Ceres teruggetrek het, moet nou na meer as 12 jaar se bitter egskeidingsgeding en hofstryd, haar gewese man se hofkostes van miljoene rande asook ‘n skadevergoedingseis vir die vals klagte en verklarings teen hom, betaal.

Dit mag dalk klink na ‘n draaiboek van ‘n Amerikaanse hofdrama maar dit het hier op Ceres gebeur en het sy verloop geneem deur die plaaslike polisieselle en landdroshof, die Hooggeregshof in Kaapstad, die Appèlhof in Bloemfontein en het uiteindelik weer in die Hooggeregshof in Kaapstad gedraai.

‘n Gesin is weens dié drama uitmekaar geskeur en ‘n pa kon nooit sy seun, nou 18, sien weens die vals klagtes en ‘n hofbevel teen hom nie.

Hofstryd

Peppe Canelli (68), ‘n Italiaanse burger en gastehuiseienaar op Ceres, voer al vir meer as 12 jaar ‘n uitgerekte hofstryd om sy naam in ere te herstel en om sy gewese vrou, Jeanie Canelli (45), te dwing om die skade wat sy aangerig het met haar vals klagtes van huisbraak, aanranding en verkragting en die 17 dae wat hy weens dié huishoudelike geweld klagtes in die polisieselle aangehou is totdat borg aan hom toegestaan is, te betaal.

Die appèlhof het reeds in Februarie 2021 bevind dat Jeanie Canelli aanspreeklik is vir skadevergoeding waarvan die bedrag toe nog bepaal moes word asook die regskostes van die verhoor en die appèl.

Tussen 2021 en 2023 het die balju’s van Stellenbosch en Hermanus haar verskeie kere telefonies probeer skakel of kennisgewings op adresse in Stellenbosch en Onrus probeer bedien. Die balju was ook by Louis Prins van die buurplaas Langfontein buite Ceres, toe hulle vermoed het Jeanie Canelli daar woon of wegkruip.

Volgens hofstukke het sy in die tydperk ook haar adres op agterbakse of geheimsinnige manier verander en deurentyd die balju’s ontwyk. ‘n Privaatspeurder is later aangestel om haar op te spoor.

Skadevergoedingseis

Regter Patric Gamble het Vrydag 6 November ‘n 19-bladsy uitspraak in die Kaapstad Hoogeregshof gelewer in die laster- en kwaadwillige vervolgingsaansoek van Peppe Canelli waarin hy meer as R14 miljoen eis vir regskostes kort na sy arrestasie, die skending van sy vryheid en goeie naam, die verlies aan huidige en toekomstige inkomste en sy regskostes tussen R4 en R5 miljoen (prokureur en twee advokate).

Na deeglike oorweging is R500 000 toegestaan vir laster en kwaadwillige vervolging, R165 000 vir regskostes na sy arrestasies asook die kostes van advokate wat in die Hooggeregshof en Bloemfontein appèlhof verskyn het.

Gamble het beveel dat Jeanie Canelli die R665 000 betaal met rente vanaf die beveldatum plus getakseerde regskostes. Kommetaar

Peppe Canelli wou die week eers die uitspraak met sy regspan bespreek.

Hy oorweeg dit om te appèlleer teen die uitspraak.

Blits feite

PEPPE en Jeanie het in 2001 op Princess Cruises ontmoet waar beide werksaam was. Hulle is in 2004 getroud in Stellenbosch. Kort hierna het Peppe twee plase, Driefontein en Rietvallei, buite Ceres gekoop.

Die egpaar se paaie skei nie-amptelik in 2009. Na ‘n lang en bitter egskeidingsgeding, word die skeisaak in 2012 afgehandel.

Op 18 September 2012 skaars ses dae voor die sperdatum van die finansiële skikkingsooreenkoms van meer as R2 miljoen, het Jeanie Canelli vals klagtes van huisbraak, aanranding en verkragting teen Peppe gemaak.

In haar vroeë getuienis in die skeisaak het sy onder eed gesê dat haar gewese man haar nooit aangerand het nie.

Alle klagtes is deur die staat op 11 September 2013 teen Peppe Canelli teruggetrek.

*’ Die laster- en kwaadwillige vervolgingsaansoek is op 24 en 25 Julie en 14 en 15 Augustus 2023 deur regter Patric Gamble aangehoor. Uitspraak is Vrydag 6 November 2024 gelewer. Canelli se regspan het bestaan uit adv. Potgieter SC en adv. Filand en prokureur Alec Geldenhuys van die firma Michalowsky Geldenhuys & Humphries in Kaapstad.

TWEE insittendes van ‘n muninisipale rioolverwyderingsvragmotor is lig beseer nadat die vragmotor in Michellspas omgeslaan het. Die ongeluk het Maandag 12 November omstreeks 14:15 plaasgevind by die stopen-ry punt in die pas. Personeel van EMS, Witzenberg Brand en Redding asook verkeersdienste en die SAPD is na die toneel ontbied.

Herstelwerk

begin om pad by treinspoor reg te maak

DIE afgelope drie maande is slegs een baan vir verkeer oop in Michellspas. ‘n Gedeelte by die treinspoor het weens die hoë reënval in Julie vanjaar, begin sak waarna die een baan as voorsorgmaatreël vir verkeer gesluit is. ‘n 24-Uur stop-en-ry punt van ongeveer 500 meter word sedertdien 24 uur per dag beman. ‘n Tegniese-ondersoek en omgewingsimpakstudie is voltooi om te bepaal hoe die pad herstel gaan word. Herstelwerk het ongeveer twee weke gelede begin. *Actophambili Roads is verantwoordelik vir die herseëlkontrak tussen Wolseley en Touwsrivier en die projek duur van Augustus 2023 tot einde November 2024.

Ceres Fruit Growers se Prestasiefunksie vir 2024 is aangebied op Donderdag 31 Oktober 2024 by Die Boord, Wolseley. Geluk aan al CFG se werknemers wat toekennings vanaf Mnr. Francois Malan (Besturende Direkteur) ontvang het!

20 JAAR SEISOENALE DIENS

Lingiwe

40 JAAR SEISOENALE DIENS

Lea

30 JAAR SEISOENALE DIENS

Ntombenkosi

Busiswa Ngwane, Lindiwe Faku, Lindiwe Bokoloshe, Nondumiso Qokole, Sindiswa Ngxingweni
20 JAAR SEISOENALE DIENS
20 JAAR SEISOENALE DIENS
Monde Ngwane, Zuko Mananga, Nadia van Rooy, Mawethu Mngoma, Nomaroma Thoba, Leancor Adams, Cathleen Swarts
20 JAAR SEISOENALE DIENS
Nonkululeko Mbangula, Elsie Godlo, Sobhuza Thandi, Nombalelo Magibile, Neliswa Shasha, Janique van Wyk, Nomonde Ponoana
Iris Nkwenya, Sindiswa Ndzishe, Funeka Mhlantla, Bongiwe Masum, Tracy Bruce, Nomakhumalo Thukani, Zingiswa Moyeni, Merylnitha van Wyk
20 JAAR SEISOENALE DIENS
20 JAAR SEISOENALE DIENS
Xoliswa Thukani, Elizabeth Links, Solly Yiliwe, Kholiswa Fikizolo, Mzukisi Siyali, Suzette Claasen
20 JAAR SEISOENALE DIENS
Johanna Syster, Nomhlaba Xhantibe, Estelle Brown, Felicity Snyders, Catherine Swartz, Cekelwa Dumzela, Nolizwe Nikani
Mtibe, Nokwakha Phekula
Mananqa, Winniefred Thys
Fortuin

Ceres Fruit Growers se Prestasiefunksie vir 2024 is aangebied op Donderdag 31 Oktober 2024 by Die Boord, Wolseley. Geluk aan al CFG se werknemers wat toekennings vanaf Mnr. Francois Malan (Besturende Direkteur) ontvang het!

20 JAAR WEEKLIKS PERMANENT

20 JAAR WEEKLIKS PERMANENT

20 JAAR WEEKLIKS PERMANENT

AKADEMIESE PRESTASIE

30 JAAR WEEKLIKS PERMANENT

40 JAAR WEEKLIKS PERMANENT

20 JAAR MAANDELIKS PERMANENT

30 JAAR WEEKLIKS PERMANENT

UITSONDERLIKE PRESTASIES

Audrey Basson, Lyndon Damon, Madri Onrust, Nigel Wanza, Carmelita Jansen van der Merwe, Mtinini Ngwane
Shirly Sauls, Niklaas Louw, Deseree Peres, Runell van der Merwe, Nikki-Nicole Boer, Letitea Ambraal
Bonita Theys, Zoleka Mthwesi, Michelle Links, Frederico Pietersen, Fransiena Fortuin, Phill-Rika Jansen
Christiena Matthys, Doretha Fredericks, Nompikiso Nikani
Leandra van Rooyen, Alwyn Fransman
Heinrich Kemp, Gerhard Brand, De Kock Hamman
Amierah Gamaldien
Josephine Agielus, Brenda Afrika, Jan Coletta, Nicolaas Brink
Neliswa Mqungquthu, Zintle Ntengane, Andiswa Mayumengwana, Johnerey le Bretton, Gavin Lintnaar, Elaine Petersen, Jonathan Lottering, Sergio Agulhas

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

(023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o. •

Kry ‘n persentasie afslag op enige aankope maar slegs vir die week wanneer staatstoelaes betaal word. ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Tekkies •Oorpakke •Kerkpakke •Safety boots

DIE Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het op 7 November by die jaarlikse AgriSETA toekenningsaand uitgeblink. Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het twee nasionale toekennings ingepalm. Hulle het die toekenning vir die beste projek gemik op die jeug gewen vir hulle landbouprogram om werklose jeug te help. Hulle was ook tweede in die afdeling vir beste privaat diensverskaffers. Hier is Edna Nigrini en Carmen Roberts afgeneem met die toekennings.

DIE 2024 Wes-Kaapse Prestige Landboutoekennings het Saterdag 2 November in Paarl plaasgevind. Nege kandidate vanuit die Witzenbergstreek het die geleentheid bygewoon. Twee van die streek se deelnemers, Sophia de Bruin (sosiale ontwikkeling) en Magdelena Smit (tegniese operateur) het hulle kategorieë gewen. “Die streekkoördineerders en Koue Bokkeveld Opleidingsentrum is baie trots op hulle”. Hier is Magdelena Smit van Nooitgedacht afgeneem saam met premier Alan Winde en Sophia de Bruin van Paardekloof. KBOS spog

Klaasen moet weer in 2025 in Malmesbury streekhof verskyn

‘n GEWESE prokureur van Ceres se bedrogsaak is verlede week oorgeplaas na die Malmesbury streekhof.

Barnito Klaasen (48) het Donderdag 7 November in die Malmesbury landdroshof op klagtes van bedrog en alternatiewelik diefstal, verskyn. Die klagtes hou verband met R6.559 miljoen wat hy tussen April 2017 en Oktober 2021 onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het.

Klaasen is vroeër vanjaar op 4 Julie deur die SAPD se handelsmisdaadeenheid gearresteer. Die saak is na 21 Januarie 2025 uitgestel.

Klaasen se borgtog van R10 000 is verleng.

Bedrogklagte

Klaasen het Vrydag 27 September op ‘n ander bedrogklag in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die saak is die betrokke dag deur ‘n nuwe landdros tydelik van die hofrol verwyder sodat Tulbagh SAPD eers hul bedrogondersoek kan voltooi. Dié bedrogklag is in Maart 2023 by die Tulbagh polisie aangemeld. Klaasen is daarna op Maandag 29 Januarie vanjaar deur Tulbagh speurders gearresteer waar hy oornag in die polisieselle aangehou is. Sy borg van R1 000 is verleng.

EZELFONTEIN primêr het op 31 Oktober hul jaarlikse diplomaplegtigheid aangebied. Hier verskyn die beste leerders vanaf graad 1 tot 6 saam met die skoolhoof, Irene de Wee, VLNR: Avery Jors (graad 1), Ashline Kamfer (graad 2), Desnique Skippers (graad 3), Jo-Marie Bezuidenhout (graad 4), Nashline Kamfer (graad 5) en Maxwil Skippers (graad 6).

HARRY Hewitt was Dinsdag 12 November die wenner van die Silverhane se gholf kampioenskappe met 71 houe. By hom staan Orna van Heerden

EZELFONTEIN primêr se graad R leerders wat in 2025 met hul skoolloopbaan sal begin saam met opvoeder Ellen Volmoer.

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK.

OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte- en verpakkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:

ADMINISTRATIEWE

KLERK:

LOGISTIEK

Die posbekleër sal aan die Verpakkings administratiewe beampte: Pakmateriaal rapporteer en verantwoordelikheid aanvaar vir onder andere: • Die akkurate vaslegging van alle verskillende tipes pakmateriaal aankope op die toepaslike sagteware stelsel(s) • Verseker dat die Bill of Materials akkuraat bygehou word en soos nodig opgedateer word • Verseker dat voorraad wat teruggestuur word aan verskaffers, akkuraat vasgelê en korrek aangeteken word op die finansiële stelsel • Verseker die tydige fakturering van verpakkingsmateriaal aan eksterne kliënte • Professionele skakeling met eksterne belanghebbers.

Die suksesvolle kandidaat beskik oor: • Bogemiddelde syfer- en administratiewe vaardighede met ‘n skerp oog vir akkuraatheid • Handhawing van goeie interpersoonlike verhoudinge en moet op alle vlakke van die organisasie effektief kan kommunikeer • Moet onafhanklik kan funksioneer.

Vereistes sluit in: • Toepaslike tersiêre kwalifikasie in finansies of kosterekeningkunde • 2 - 3 Jaar ondervinding in soortgelyke administratiewe omgewing, wat fokus op die verwerking van finansiële transaksies van verskillende tipes pakmateriaal.

Stuur asb u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket en drie kontakbare ver wysings per e-pos aan: hr@cfg.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 22 November 2024 voor 09:00

INDIEN U NIE BINNE DRIE WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM VAN ONS VERNEEM HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.

In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

Jong vrou sterf

‘n JONG vrou is dood nadat sy hy haarself met ‘n gordyn opgehang het.

Die tragiese voorval het Saterdag 9 November op Tulbagh plaasgevind toe ‘n 22-jarige vrou haar eie lewe geneem het.

Daar was blykbaar ‘n woordewisseling met haar ouers nadat hulle vroeër die dag vir haar geld gegee het om fietse in Ceres te koop. Sy het later teruggekeer sonder die fietse. Omstreeks 15:00 is sy na haar kamer waar sy haar haarself met ‘n stuk gordyn opgehang het.

Die Tulbagh SAPD het ‘n GDO geopen.

Mooi Uitsig kry gesogte toekennings

TER viering van Wêreld Onderwysersdag is Mooi-Uitsig primêr deur die Kaapse Wynland WKOD na ‘n spesiale geleentheid genooi ter ere van die merkwaardige veerkragtigheid en toewyding wat deur skole gedemonstreer is. Mooi Uitsig primêr is met die toekennings vir onderwys uitnemendheid: voldiensskole bekroon en as wenners in Wes-Kaap aangewys. Die skool is ook aangewys as een van die top 3 skole vir die toekenning wat deur die nasionale onderwysdepartement toegeken word. VLNR: Desmond Ceasar (skoolhoof) ontvang hier die sertifikaat namens die skool. By hom staan Lynn le Grange (hoof van die leerderondersteuningsafdeling) en Noël Petersen (direkteur van WKOD).

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

‘n SKITTERENDE onoorwonne honderdtal deur die veelsydige Curtley Cedras, was die naweek se hoogtepunt in Wolseley krieketklub se oorwinning van 130 lopies oor Drakenstein Edu. Beide spanne speel in die Bolandse Promosieliga. Cedras het in winderige toestande met geduld en goeie tegniek Wolseley gehelp om 209/ 8 in 50 boulbeurte aan te teken. Hy het sy honderdtal met die laaste bal van die beurt behaal. Twee kolwers, Rashied September (38) en Jayden Swarts (29), het Curtley goed ondersteun. Vir Drakenstein Edu neem Leighton Abrahams (4/18). Drakenstein Edu gaan hierna kolf maar kan net ‘n skamele 79 almal uit aanteken in 25,4 boulbeurte beperk. Die span was in een stadium teen die toue met hul telling op 31/8. Vir Wolseley neem die jeugdige Janeco Adams (4/22) en Shaheen Pietersen (2/5). Tulbagh speel Saterdag 16 November gasheer vir Wolseley.

NOTICE OF MINING PERMIT APPLICATION

Gholfspelers vaar goed

DIE jaarlikse Theewaterskloof junior ope het verlede naweek plaasgevind.

De Villiers Herholdt, ‘n junior lid van Ceres gholfklub, het sy eerste junior toernooi gewen nadat hy vir Lucenne Willemse van Riverside op die eerste uitspeelputjie geklop het. Beide het na 18 putjies gelyk geëindig.

Gerrit Herholdt, jonger broer van De Villiers, het in die silwerafdeling meegeding en in die derde plek klaargemaak.

Klubkompetisie

Ashley Schroeder het Saterdag die houespel kompetisie met 69 houe gewen. David Cohen was in die tweede plek met 71 houe gevolg deur Charles Basson met 72 houe in die derde plek. Hendry Titus was vierde en FK van Schalkwyk vyfde, beide met tellings van 73 houe. Novembermaand se klubkompetisies: Op 16 November word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied, Op 23 November vind ‘n enkel progressiewe

stableford kompetisie plaas en op 30 November ‘n vierbal alliansie kompetisie. Jaarvergadering uitgestel Ceres gholfklub se algemene jaarvergadering is verskuif na Woensdag 27 November om 19:00 in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word, ledegeld en speelfooie vir 2025 sal goedgekeur word en ‘n klein verandering in die klub se grondwet rakende sesdag-lidmaatskap, moet ook aangeraak word. Lede moet asseblief vroegtydig laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon. Sosiale gholf Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.

DE VILLIERS Herholdt (links), ‘n junior lid van Ceres gholfklub, het die naweek sy eerste junior toernooi gewen. Gerrit Herholdt, jonger broer van De Villiers, het in die silwerafdeling meegeding en in die derde plek klaargemaak.

Notice in terms of the Mineral and Petroleum Resources Development Act, 2002 (Act No 28 of 2002) (MPRDA), the National Environmental Management Act, 1998 (Act 107 of 1998) (NEMA), and the Environmental Impact Assessment Regulations 2014 (as amended), that Power Construction (Pty) Ltd applied for:

•environmental authorization to extract silty sand quartzitic sandstone pebbles from Portion 2 of the Bonne Esperance Farm 83 in Tulbagh, Western Cape Province

•a mining permit in terms of Section 27 of the Mineral and Petroleum Resources Development Act, 2002 (Act No 28 of 2002) to the Department of Mineral Resources.

•a possible water authorisation in terms of the National Water Act, 1998 (Act No 36 of 1998).

The proposed mining operation spans approximately 5 hectares over an undisturbed area of the farm, which is occasionally used for agricultural purposes.

The proposed project triggers the following listed activities in terms of NEMA, 1998 and the EIA Regulations 2014 (as amended) and therefore requires a basic assessment process to obtain environmental authorization:

• GNR 983 Listing Notice 1 Activity 21:

Any activity including the operation of that activity which requires a mining permit in terms of section 27 of the Mineral and Petroleum Resources Development Act, as well as any other applicable activity as contained in this Listing Notice or in Listing Notice 3 of 2014, required to exercise the mining permit.

The Draft Basic Assessment Report (DBAR) with Environmental Management Programme (EMPR), will be available for public comment as follows:

•Mining Permit Application, from 25 November 2024 to 14 January 2025; and

•Water Use License Application (WULA), from 15 November 2024 to 08 February 2025 (if required);

Copies thereof can also be obtained from Greenmined upon request or downloaded from www.greenmined.com. Interested and Affected Parties are invited to provide written comments within the above timelines. Please use WC30/5/1/3/2/10352MP as the reference number when commenting.

By taking part in this process, you hereby consent, in terms of the Protection of Personal Information Act 4 of 2013 (“POPIA”), to the lawful processing of your personal information by Greenmined, which personal information may be used as part of documentation pertaining to the Environmental Authorisation application process. By providing your details and by taking part in his process you authorise such information to be shared for the purpose of this application.

Contact consultant: Applicant: Greenmined Environmental,Nelis Bezuidenhout Suite 62, Private Bag X15,Power Construction (Pty) Ltd Somerset West, 7129 or contactP.O. Box 129, Sonette Smit at 084-585-5706 orBlackheath, 7580 Tel: (021) 851-2673, Fax: 086-546-0579, orTel: (021) 907-1374

E-mail: comments@greenmined.co.za E-mail: nbezuidenhout@powergrp.co.za

Pierre samel geld in vir oudsoldate

DIE tiende Munga bergfietsren oor meer as 1 130 kilometer vanaf Bloemfontein tot op Wellington, vind vanjaar van 27 November tot 2 Desember plaas. In hierdie moordende uithouwedren het fietsryers 120 uur om die afstand te voltooi. Pierre de Jager, wat in 2020 aan sy laaste individuele wedren deelgeneem en dit in ‘n skitterende 15de plek in 79:07:00 voltooi het, gaan vanjaar weer die volle wedren ry. Hy wil geld insamel vir oudsoldate van 61 Meg wat finansieël swaarkry. Dit is ook ‘n bewusmakingsrit vir PTSD (post traumatic stress disorder). * Donasies kan aan 61 Mech Veterans Association gerig word, Standard Bank rekening 00-329-3661, verwysing: Munga/Pierre/jou naam.

NOTIFICATION OF APPLICATION FOR AN ENVIRONMENTAL AUTHORISATION FOR THE PROPOSED 19.5 MW CERES SOLAR PHOTOVOLTAIC (PV) ENERGY FACILITY AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE ON PORTION 85 OF THE FARM RIETVALLEY 364 NEAR CERES TOWN, WITHIN THE WESTERN CAPE PROVINCE Notice is hereby given in terms of the Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations, 2014, under the National Environmental Management Act (No.107 of 1998) (“NEMA”), that the Witzenberg Municipality proposes the development of a 19.5 MW Ceres Solar Photovoltaic (PV) facility within the Witzenberg Municipality, in the Western Cape. The proposed Solar PV Plant triggers Listed Activities in terms of the EIA Regulations Government Notice (GN) R983 of 2014. Therefore, an Environmental Authorisation (EA) is required. LOCATION

The proposed Ceres PV facility and associated infrastructure is situated on Portion 85 of the farm Rietvalley 364, 2km away from the Ceres town center. The farm is bounded by farms on the western, northern and eastern direction while the southern portion is bordered by a tarred road.

OPPORTUNITY TO PARTICIPATE

For more information, to register as an Interested and Affected Party (I&AP) or to submit comments, please contact us via email, post, or phone:

E-mailPPP@zutari.com

Telephone+27 12 427 2072 / +27 21 526 9400

AddressP.O. Box 494, Cape Town, 8000, South Africa

PUBLIC COMMENT PERIOD: THURSDAY, 14 NOVEMBER 2024

TO MONDAY, 06 JANUARY 2025.

The Draft BAR is available for download at: https://www.zutari.com/ceres-solar-pv-public-participation/

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.27 no.45 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu