WANNEER Cameron Hanekom Saterdag as plaasvervanger vir die Springbokke teen Wallis opdraf, sal hy die twaalfde Springbok rugbyspeler van die Witzenbergstreek wees wie hierdie eer te beurt val. Lees berig op bladsy 3
Witzenberg
SPEURDERS ondersoek ‘n moordklag nadat ‘n man (33) naby die Wolseley treinspoor met ‘n mes gesteek is. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk. Volgens inligting is Marlin Fortuin van die plaas Oustasie, in die gesig gesteek, teen sy kop asook twee keer in sy bolyf.
wat tot die konfrontasie gelei het nie. Die verdagte is later deur die polisie gearresteer nadat hy van die toneel in Piet Retiefstraat weggehard-
loop het. Hy het ook ‘n meswond aan sy linkerarm opgedoen. Die verdagte sal Donderdag 21 November in die Wolseley landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Na die verskyning kan sy naam bekend gemaak word.
‘n BAKKIEBESTUURDER het Woensdag grusaam gesterf toe ‘n Chevrolet bakkie teen ‘n vragmotor wat ‘n vraghouer vervoer het, gebots het. Die ongeluk het omstreeks 16:30 tussen Wolseley en Oustasie naby Silwerstroom plaasgevind. Die pad is in beide rigtings gesluit sodat EMS nooddienstepersoneel en die polisie op die toneel kon werk. Die vragmotorbestuurder is na Ceres hospitaal vervoer vir behandeling. * Meer fotos van die toneel en inligting sal later op die Witzenberg Herald se webtuiste verskyn.
‘n GROEPIE entoesiastiese Vriende van die Togryers museum, het verlede Vrydag 15 November aan hul tweede skoonmaakaksie by Lover’s Bridge deelgeneem. Indien daar inwoners is wat wil betrokke raak by sulke inisiatiewe, skakel gerus met Bertdene by die museum.
LOONWERKER POSTE BESKIKBAAR
BAMCO VERPAKKING, net buite Prince Alfred’s Hamlet, bied geleenthede vir fluks en hardwerkende persone wat daarvan sal hou om deel te wees van ‘n dinamiese maat-skappy. Die volgende poste is beskikbaar:
1. VRUGHANTEERDERS / ALGEMENE WERKERS
Geen ondervinding nodig
2. QC PERSONEEL
Ondervinding in Appel-verpakking sal in jou guns tel
3. VURKHYSER BESTUURDERS
Meer as 3 jaar ondervinding in ‘n verpakkings omgewing
4. KLERKE
Kennis van Vitrax sal in jou guns tel
5. OPERATEURS
Ervaring in verkoeling sal in jou guns tel. Goeie geleentheid om intern te groei in die maatskappy.
Persone wat belangstel kan hul CV’s e-pos na: ernst@bamco.co.za of by sekuriteit kom afgee
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 13 Desember 2024
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Bamco volg ’n Gelyke geleenthede-beleid.
DIE voedingskema-tannies van Laerskool Waveren op Tulbagh het elke skooldag gesorg dat leerders hul maaltye daagliks ontvang. VLNR: Jenneline Karelse (opvoeder en koördineerder van die voedingskema), Karlina van der Westhuizen, Maria Hartse, Neville Jones (waarnemende skoolhoof), Patricia Jumath (hoofkok) en Florina Klein.
Koelfontein Landgoed is op soek na ‘n dinamiese leier wat ‘n span kan lei tot optimale produktiwiteit in ‘n gedissi-plineerde omgewing.
BOORD SPANLEIER
Vereistes : • Vorige ondervinding in ‘n leierskap posisie, verkieslik as spanleier • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans • Xhosa en/of Sotho taalvaardigheid, sal jou aansoek versterk • Moet dissipline kan handhaaf en na optimale produktiwiteit streef • Goeie organisering-, beplanning- en konflikhanteringsvaardighede. Verantwoordelikhede: • Toesighouding oor span • Implementering van beleid • Kwaliteit kontrole• Motivering van werkers• Handhawing van dissipline • Meting van produktiwiteit • Rapportering aan bestuur• Kontrole en beheer oor klokstelsel.
Rig u aansoek en CV (meld asb. duidelik die pos waarvoor u aansoek doen) per e-pos aan Koelfonteintein Landgoed vir aandag: cezanne@koelfontein.co.za Of handig dit in by Koelfontein kantoor. Sluitingsdatum vir aansoeke: 29 November 2024 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
TWEE POSISIES HET BY KUNJE BOERDERY ONTSTAAN VIR GEDREWE, DINAMIESE EN ENERGIEKE KANDIDATE.
PAKSTOORBESTUURDER
VEREISTES
•Matriek
•Toepaslike tersiêre kwalifikasies / ondervinding sal in die aansoeker se guns tel
•Bogemiddelde rekenaarkennis asook -vaardighede met ondervinding in verpakkingsprogramme (bv. Paltrack)
•Tegniese vaardighede
VERANTWOORDELIKHEDE
SLUIT IN O.A.
•Bestuur van pakstoor
•Beplanning en skedulering van verpakking
•Bestuur van personeel
DROËVRUGTEBESTUURDER
•Voorraad beheer en kontrole
VEREISTES
•Matriek
•Toepaslike tersiêre kwalifikasies / ondervinding sal in die aansoeker se guns tel
•Goeie rekenaarkennis asook rekenaarvaardighede
•Tegniese aanleg en meganiese vaardighede
•Goeie menseverhoudinge handhaaf
VERANTWOORDELIKHEDE
SLUIT IN O.A.
•Bestuur van Droëvrugtestoor
•Bestuur van personeel
•Voorraad beheer en kontrole
•Kwaliteitsbeheer
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 27 NOVEMBER 2024
CV’S KAN GESTUUR WORD AAN: leoni@kunje.co.za
DIENSAANVAARDING: So spoedig as moontlik
INDIEN U GEEN TERUGVOERING BINNE TWEE WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM
We have the following position available in Tulbagh for a: QUALIFIED
OCCUPATIONAL HEALTH NURSE
40 hours per week
Applications to be sent to: zulfa.jacobs@lifehealthcare.co.za or (021) 003-9628 / (021) 910-8200
VERWER
Vereistes:
•Verwer (met verwysings) wat oor ‘n geldige voertuiglisensie beskik. ‘n PDP sal ‘n vereiste wees (Indien nodig sal ons die kandidaat help om een te bekom)
•Moet oor sober gewoontes beskik
•Moet in TULBAGH woonagtig wees Salaris word bepaal volgens die Bounywerheidsraad se skale. Pensioenvoordele is ingesluit by die salarispakket en word deur die Bounywerheidsraad bepaal.
Aansoeke kan gestuur word na: E-pos:pierre@weatherprufe.co.za of Sel:082-373-5864
Moet bereid wees om toestemming te gee dat verwysings gekontak mag word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 Desember 2024
Indiensneming: Januarie 2025
Kinderbybels beskikbaar
DIE Witzenberg Party wil 90 kinderbybels aan graad 5-7 leerders uitdeel op Maandag 9 Desember. Die geleentheid sal in die Bella Vista biblioteeksaal plaasvind om 10:00. Daar gaan later van dié Bybelboeke oorgehou word vir kinders op P.A. Hamlet en op Wolseley. Wat moet jou kind doen om deel van die 90 te wees? Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam, van en graad na 0832356-375. * Hier hou Zachary en Noah Paulse die kinderbybel vas.
PROMOSIE
AANBOD GELDIG VANAF 01/11/2024 - 31/12/2024
•Open ‘n polis en ons dek die 1ste maand se premie •25% Afslag op alle begrafnisse & verassings gereël volgens pryslys
081-742-6706 / 082-5753-181
Winkel sluit op 13 Desember 2024 en heropen op 6 Januarie 2025 Kry ‘n persentasie afslag op enige aankope maar slegs vir die week wanneer staatstoelaes betaal word.
Navrae:
- 12:30
Cameron Hanekom streek se jongste Springbok
CAMERON se trotse ouers, Joe en Chrystal Hanekom van Ceres asook sy broer, Storm, het verlede week na Engeland gereis om hom te ondersteun en hom in aksie te sien in sy eerste Springbokwedstryd.
WANNEER Cameron Hanekom Saterdag as plaasvervanger vir die Springbokke teen Wallis opdraf, sal hy die twaalfde Springbok rugbyspeler van die Witzenbergstreek wees wat hierdie eer te beurt val.
Die ander onlangse Springbokke is Wilco Louw (Drostdy) wat op Wolseley groot geword het asook Breyton Paulse en De Wet Barry van Op-die-Berg. Wyle Jaco Reinach (Gericke), Frans Erasmus, John Villet, die broers John, Dick en Lammetjie Luyt en André Macdonald (Ceres Hoërskool) is ook op Ceres gebore of het hier grootgeword. Macdonald het in 1925 vir die skoolspan uitgedraf voordat hy in 1931/32 as agtsteman saam met die Springbokke na Engeland getoer het. Die seunskoshuis, Huis Macdonald by Charlie Hofmeyr, is na sy pa, ds. Macdonald vernoem.
Terug by Hanekom.
Cameron, ‘n oudleerder van Laerskool Gericke, Charlie Hofmeyr Hoërskool en later Paarl Boys High, was ook lid van die junior Springbokke. Hy het in 2023 en 2024 vir die Bulls skitter spel gelewer en is hy ook vanjaar na die Springbok belyningskamp genooi.
Droom om vir Bokke uit te draf
In ‘n NW24 artikel die week noem Hanekom dat dit sedert sy kinderdae ‘n droom was om vir die Bokke te speel. “Dit is ‘n ongelooflike gevoel dat daardie droom Saterdag 23 November ‘n werklikheid kan word teen Wallis. Ek is baie dankbaar daarvoor - dit is ‘n voorreg.”
Hy noem ook dat ‘n groot eer is om by Duane Vermeulen (hulpafrigter) te kan kers opsteek en meer leer.
Rassie Erasmus (afrigter) glo dat Hanekom hom sal laat geld as hy van die plaasvervangersbank opgestuur word.
Hanekom het afgesluit en gesê hy waardeer die afrigters se vertroue in hom. “ Dit gee my selfvertroue voor die wedstryd”.
Sy trotse ouers, Joe en Chrystal Hanekom van Ceres asook sy broer, Storm, het verlede week na Engeland gereis om hom te ondersteun en hom in aksie te sien in sy eerste Springbokwedstryd.
GO Cammie!
Bron: Hannes Nienaber - SA Schools
Man op heterdaad betrap waar hy ou skyfies probeer
weggooi
DIE onbekende man is Dinsdag 19 November deur ‘n op en wakker inwoner van Rooikamp, Ceres, betrap waar hy probeer ontslae raak het van ou aartappelskyfies en ander produkte. In ‘n video wat die rondte doen, vra die inwoners hom om die goed uit die rommelhouer te verwyder nadat hy dit daarin gegooi het. Kinders kry die produkte in en kan siek word. Indien inwoners sulke optredes sien, moet hulle dit onmiddellik by die wetstoepassers (023) 492-0179 aanmeld.
TWEE brande op 15 en 23 Oktober het inwoners op P.A. Hamlet en in Nduli dakloos gelaat. Verlede week het die nasionale departement van behuising ingegryp en van die slagoffers van die verwoestende brande gehelp met boumateriaal. Wyksraadslid Andile Gili en sy komiteelede het die verspreiding van boumateriaal gefasiliteer.
Nasionale dialoog vat grond op Ceres
NAGENOEG 80 gemeenskapsleiers het verlede Woensdag 13 November by die NG Kerk Ceresvallei vergader om die eerste tree te gee om die nasionale dialoog op gemeenskapsvlak te laat gebeur. Die geleentheid is deur die Sentrum vir Publieke Getuienis (SPG) en die Konrad Adenauer Stiftung gefassiliteer.
Verteenwoordigers van plaaslike regering, kerke, landboubesigheid (Ceres Besigheidsinisiatief - CBI), nie-regeringsorganisasies, die taxibedryf, skole en vele meer het die geleentheid bygewoon. Dr. Braam Hanekom, direkteur van SPG, het na die afloop van die geleentheid gesê dat hy baie dankbaar is oor dié gesprek en veral die gesindheid waarin dit plaasgevind het. “Die energievlakke en betrokkenheid van afgevaardigdes was deurentyd hoog en die ervaring is dat daar saam na oplossings gesoek moet word.”
Die drie temas wat bespreek is, was armoede en werkloosheid, misdaad en geweld en die jeug. Bekommernis is veral uitgespreek oor groeiende misdaad op die dorp. Heelwat positiewe voorstelle is ook gemaak soos die aanbring van kameras, gesprekke met die taxibedryf, die stigting van ’n vaardigheidskool, die opskerp van veiligheid in arm woongebiede en die verdere uitbou van jeugprogramme. Pieter du Toit van die Dutoit groep, het voorgestel dat daar in Januarie ‘n opvolgvergadering gehou word waar ‘n gesamentlike visie en sosiale kontrak vir die streek ontwikkel kan word. Dit is eenparig deur die vergadering aanvaar.
David Nasson, munisipale bestuurder, was ook uiters positief oor toekomstige samewerking tussen die plaaslike regering en die breër gemeenskap. Caroline Ockhuis, Christine Isaks en Grace Waterboer van die Witzenberg Justice Coalition, het hul harte uitgestort oor die gebrek aan behoorlike en veilige vervoer vir klein kindertjies na skole en die hoop uitgespreek dat die gemeenskap regtig hande sal vat om hierdie uitdaging aan te spreek. Vader Luyolo Jacobs van die Katolieke Kerk het sy bekommernis uitgespreek oor die verkoop van dwelms in Voortrekkerstraat. Dr. Frederick Marais, oud-gemeentefasiliteerder (Communitas) en prof. Irwin Kinness (UWK), het die byeenkoms as uiters geslaagd beskou en sien uit na die pad vorentoe. Vir enige navrae oor die inisatief, kan navrae aan dr. Braam Hanekom gerig word by spg@kaapkerk.co.za
nuusbrokkies
TOGRYERS museum samel weer toiletware in vir slagoffers van geweld as deel van die nasionale veldtog: 16 Dae van Aktivisme. Produkte soos tandepasta, tandeborsels, seep, waslappe, sjokolade of sanitêre produkte kan by die museum afgegee word. Kontant donasies is ook welkom.
CERES gholfklub se algemene jaarverga-
dering is verskuif na 27 November om 19:00 in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet asb. laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.
DIE P.A. Hamlet GPF hou hul jaarvergadering op 26 November om 19:00 in die gemeenskapsaal in Voortrekkerstraat. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133
DIE Wolseley GPF hou hul algemene jaar-
PLAASLIKE EKONOMIESE ONTWIKKELING (PEO) STRATEGIE WERKSWINKELS
Witzenberg Munisipaliteit is huidiglik besig om die PEO Strategie te hersien. Die Witzenberg PEO Strategie sal ‘n 5 jaar Strategiese Implimenteringsplan wees, wat sal poog om die hulpbronne en vaardighede van alle relevante rolspelers (besigheid, burgerlike samelewing en regering) in ‘n univorme manier te verbind, om die plaaslike ekonomie te stimuleer. Deur geteikende beleide en programme, kan die Strategie dien as ‘n riglyn om verkeie voordele te fasiliteer, soos werkskepping, ‘n ekonomiese klimaat wat groei ondersteun en die verbetering van lewenskwaliteit.
Die Witzenberg LED eenheid beplan 2 PEO strategiese ontwikkelingswerkswinkels om ‘n geleentheid te verskaf vir besighede om insette te gee.
DATUMPLEK TYD
26 NovemberBella Vista Gemeenskapsaal,09:30 - 11:30
Bella Vista, Ceres
3 DesemberPine Valley Gemeenskapsaal,09:30 - 11:30 Wolseley
Vir enige navrae skakel Rachel Sauls by rachel@witzenberg.gov.za of Riaan Fick by riaan@witzenberg.gov.za
Ons sal ook insette tot die PEO Strategie aanvaar via e-pos.
LOCAL ECONOMIC DEVELOPMENT (LED) STRATEGY WORKSHOPS
Witzenberg Municipality is currently reviewing its LED Strategy. The Witzenberg LED Strategy will be a 5-year Strategic Implementation Plan, which will aim to connect the resources and skills of all relevant stakeholders (business, civil society and government) in a uniform manner to stimulate the local economy. Through targeted policies and programmes, the Strategy may serve as a guideline to facilitate various benefits like job creation, an economic climate that supports growth & improvement of quality of life.
The Witzenberg LED unit is planning 2 LED Strategy development workshops to provide an opportunity for businesses to give input.
DATE VENUE TIME
26 NovemberBella Vista Community Hall,09:30 - 11:30
Bella Vista, Ceres
3 DecemberPine Valley Community Hall,09:30 - 11:30 Wolseley
For any queries, please contact Rachel Sauls at rachel@witzenberg.gov.za or Riaan Fick at riaan@witzenberg.gov.za
We will also accept inputs into the LED Strategy via e-mail.
Ngayo nayiphi na imibuzo,nceda uqhagamshelane no Rachel Sauls ku rachel@witzenberg.gov.za
okanye Riaan Fick ku riaan@witzenberg.gov.za
Siya kulamkela naliphi na igalelo kwiSicwangciso se-LED nge imeyili.
vergadering op 27 November om 10:00 in die NG kerksaal in Voortrekkerstraat. Vir navrae skakel (023) 231-8000.
DIE Op-die-Berg GPF hou hul algemene jaarvergadering op 11 Desember om 19:00 in die N.G. kerksaal, Op-die-Berg. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133
“NA deeglike navorsing in die Witzenberg gemeenskap, het ek gesien dat baie van ons kleuters tussen twee en vyf jaar nie ‘n kleuterskool bywoon nie. Die grootste rede hiervoor
is dat baie ouers nie die skoolgeld kan betaal nie. Ek beplan ‘n gemeenskap ECD-sentrum vir kinders wat nie kleuterskole kan bywoon nie”. Ouers wat belangstel kan vir Isak Hendriks (mentor@Home Learning Year Beyond) skakel 079-0817-053
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com
jaarlikse Kersiefees het
perdevertoning en musiek.
DIE
verlede naweek op Ceres plaasgevind. ‘n Vol program is vir besoekers aangebied. Daar was ook landbou stalletjies waar trekkers en plaasimplimente uitgestal is, 'n
DIE Jo Black konsert is Vrydagaand goed bygewoon deur inwoners. Daar was ook ‘n paar besoekers van omliggende dorpe. Kaartjieverkope was ten bate van plaaslike skole.
CHARLIE Hofmeyr Hoërskool se leerlingraad vir 2025 is aangewys. AGTER: Anande van der Merwe, Danielle Engelbrecht, Reagan Davids, Cristiano Araujo Vieira, Ivan Hanekom, San-Mari Prins, Jay-Jay Janse, Lia Jordaan, Cara Erwee en Danico Sass. VOOR: Anelia Malan (onderhoofmeisie), Bea Potgieter (hoofmeisie), Marli Botha, Ettienne Wentzel, Gerhard Goosen (hoofseun) en Charl Conradie (onderhoofseun). * Bea Potgieter is gekies om van 8-13 Desember die jaarlikse Burger Jeugleierskonferensie by die Universiteit van Stellenbosch by te woon.
Ceres. Ek sal na jou huis en diere kyk in die vakansietyd. Skakel LouwMarie by 083-6348068. c/s DM16618 22/ 11
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer
060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER
VEREISTES:
• Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517
‘n PSALM van Dawid Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Psalms 15:1
Ev. Jacobs
(023) 316-2021, Voortrekkerstraat 17D
DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het saam met plaaslike munisipaliteite, ’n leersame bewusmakingsvideo saamgestel om inwoners veilig te hou.
Notice is hereby given to interested and affected parties, about FruitFly Africa’s (Pty) Ltd. (FFA) AREAWIDE INTEGRATED PEST MANAGEMENT program.
There are various fruit fly species in South Africa that are classified as international quarantine pests. Said flies are a phytosanitary pest which leads to millions of Rands of direct damage every year and can cause trade restrictions to important export markets.
South Africa is a signatory member of the World Trade Organisation Agreement on the Application of Sanitary and Phytosanitary Measures (WTO-SPS Agreement) and the International Plant Protection Convention (IPPC), to facilitate safe and fair international trade.
To protect the commercial fruit industry, and to comply with various international pest conventions, the National Department of Agriculture has nominated FruitFly Africa to coordinate and execute various pest control measures, as explained below:
AERIAL BAITING APPLICATIONS
One of the international best practices to control fruit flies is by way of area-wide aerial baiting applications. FFA contract duly qualified Pest Control Operators to apply these baitings, who make use of fixed-wing aircraft and/or helicopters, as described below:
Regions affected:Wolseley, Tulbagh and Warm Bokkeveld Planned baiting period:2024: week 49 - 52 & 2025: week 1 – 10; (weather dependent). Applications typically take place on weekdays, but sub-optimal weather conditions may necessitate baiting over weekends.
Product used: Fruit fly bait called GF-120NFTM (Reg. No. L7331, Act 36 of 1947). It contains QalcovaTM (spinosad) and is organically certified by the Organic Materials Review Institute (OMRI - Indianapolis, USA).
GF-120NFTM has no significant harmful effect on parasitic or predatory insects such as ladybirds, lacewings, killer bugs, predatory mites etc.
Product classification:Not a hazardous substance/mixture.
Product description:Brown, sticky formulation with a high viscosity. Not corrosive. Water soluble and washes off easily. Refer to the Safety Data Sheet for more information.
Product application rate:1 litre of GF-120NFTM is mixed with 1 litre of water, and aerially baited over 1 hectare.
Baiting is restricted to commercial fruit orchards/vineyards only. Residential areas and water bodies are explicitly avoided and not baited. We kindly request producers to inform their workers and neighbours accordingly.
Enquiries:
The Coordinator:FruitFly Africa (Pty) Ltd. 021 879 3771 | info@fruitfly.co.za
The Pest Control Operator:Ross Air (Pty) Ltd. 079 491 7880 | felix@rossair.co.za
The Relevant Authority:The Western Cape Department of Health and Wellness 0860 142 142
The supplier of GF-120NF:Corteva Agriscience™ 012 683 5700 | SDS@corteva.co.za
STERILE INSECT TECHNIQUE
Another international best practice to control fruit flies is by way of the Sterile Insect Technique (SIT). SIT involves the mass rearing of insects, and sterilization, followed by their release into orchards/vineyards and infested areas. When sterile male flies mate with wild females, the eggs they lay are infertile, therefore significantly reducing the pest population in an environmentally friendly way.
Kindly take note that FFA will coordinate weekly aerial releases of sterile male fruit flies (Ceratitis capitata), between October 2024 and May 2025, in fruit producing regions like Wolseley, Tulbagh, Warm Bokkeveld, Hex River Valley (including De Wet & Brandwacht), and Elgin/Grabouw. Releases are done by helicopter or fixedwing aircraft and the operating height during release is normally between 100 and 1500 feet. These releases are an integral part of the abovementioned Area-Wide Integrated Pest Management program to control fruit flies.
Ground releases of sterile male fruit flies also take place in Wolseley, Tulbagh, Warm Bokkeveld, Hex River Valley (including De Wet & Brandwacht), Elgin/Grabouw, Vyeboom, Hemel-en-Aarde Valley and parts of the Lower Orange River.
Enquiries:
The Coordinator:FruitFly Africa (Pty) Ltd. 021 879 3771 | info@fruitfly.co.za
The Pest Control Operator:Ross Air (Pty) Ltd. 079 491 7880 | felix@rossair.co.za
PERSVERKLARING: STAND VAN SAKE OOR SPAZA-WINKELS BINNE WITZENBERG
Die President van die Republiek van Suid-Afrika, Agbare Mnr Cyril Ramaphosa, het in sy toespraak tot die Nasie, sy diepe bekommernis en hartseer uitgespreek oor die onlangse voorvalle van besmette voedsel, verwante siektes en sterftes. Dit is bewys dat hierdie besmette voedsel produkte by, óf spaza (huis) winkels en/óf straat smouse gekoop was. In Witzenberg begin ons ook nou al hoe meer klagtes ontvang van spaza-/huiswinkels wat kosprodukte verkoop welke produkte se vervaldatum reeds verstryk het. Ek wil graag hiermee ons inwoners ernstig versoek om die koop van sulke produkte ten alle tye te vermy en seker te maak dat die vervaldatum op die produk nog nie verstryk het nie. Ons kan nie bekostig dat ons Witzenberg Streek ook met ‘n tragedie getref word, daarom is dit belangrik dat ons veral ons kosbare kinders hierteen beskerm. Dit is om hierdie rede dat ons oor die volgende weke streng gaan optree teen alle onwettige huiswinkels en dringende hofaansoeke teen eienaars en okkupeerders van sulke onwettige winkels gaan bring. Gepaste gesprekke sal met alle rolspelers gevoer word met die doel om die probleem effektief die hok te slaan. Ons het reeds ‘n databasis opge\stel van alle huis-/spaza winkels binne ons Streek wat ons administrasie besig is om op ons geografiese inligtingstelsel elektronies te plot. Wettige huiswinkels gaan ook gedwing word om ons goedkeuring permitte op ‘n sigbare wyse aan te bring en wil ons u aanmoedig om slegs met wettige instansies besigheid te doen. Dieselfde geld vir straatsmouse wat nie by ons geregistreer is nie en op geallokeerde persele handel dryf. Die Munisipaliteit gaan binne die volgende 10 (tien) dae ‘n deelname proses loods ten einde die inhoud van die munisipale verordening aangaande huis/ spaza winkels aan gemeenskappe te verduidelik veral die voorwaardes waaraan voldoen moet word ten einde dit wettig te bedryf.
PRESS RELEASE: STATE OF AFFAIRS REGARDING SPAZA SHOPS WITHIN WITZENBERG
The President of the Republic of South Africa, Honorable Mr. Cyril Ramaphosa, in his address to the Nation, expressed his deep concern and sadness over the recent incidents of contaminated food, related illnesses and deaths. It has been proven that these contaminated food products were bought from either spaza (home) shops and/ or street hawkers. In Witzenberg we are also now starting to receive more and more complaints of spaza/home shops that sell food products whose expiry date has already expired. I would like to hereby seriously request our residents to avoid buying such products at all times and to make sure that the expiry date on the product has not yet expired. We cannot afford for our Witzenberg Region to be hit with a tragedy, so it is important that we especially protect our precious children from this. It is for this reason that over the next few weeks we will take strict action against all illegal home shops and bring urgent court applications against owners and occupiers of such illegal shops. Appropriate discussions will be held with all role players with the aim of effectively curbing the problem. We have already set up a database of all home/spaza shops within our Region and is our administration in the process of plotting same electronically on our geographic information system. Legitimate home shops will also be forced to display our approval permits in a visible manner and we want to encourage you to only do business with legitimate institutions. The same applies to street hawkers who are not registered with us for trading on allocated stands. The Municipality will in the next 10 (ten) days, undertake a public participation process to explain to the public the contents of the municipal by-law dealing with house-/spaza shops especially the conditions that must be complied with to legally operate such spaza or houseshop.
Trevor Abrahams Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor USodolophu oLawulayo
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
TWINTIG paaltjies in minder as 60 boulbeurte het Saterdag in die wedstryd tussen Wolseley en Tulbagh gekantel. Beide spanne se boulers het uitgeblink. Tulbagh het Wolseley ingestuur om te gaan kolf waarna die besoekers in minder as 33 boulbeurte vir 85 lopies uitgehaal is. Hierna het Tulbagh gaan kolf maar gou ook probleme met goeie boulwerk ondervind. Wolseley het Tulbagh vir ‘n skamele 61 lopies terug in die paviljoen gehad en met 24 lopies gewen. Slegs twee kolwers, Waylan Coetzee (17) en Irvine Kotze (14), het dubbelsyfers behaal. Vir Wolseley neem Jacques Esau (4/19) en Rashied September (3/14). Alrich Meyer met (6/21) en Devon Baadjies met (2/23), was Tulbagh se beste boulers. * Wolseley het die naweek ‘n loslootjie. Hier is Jacques Esau (links) en Rashied September afgeneem na die wedstryd.
BELLA Vista primêr het Vrydag 15 November hul jaarlikse pretloop in die vorm van ‘n Colour Run byeenkoms, aangebied. Hier is die leerders (foto onder) wat R300 en meer ingesamel het. Die meeste is deur Reynecke Hufke (derde), Karishna Koopstad (tweede) en Kylie-Rose Petersen (eerste), ingesamel. * Die skool wil graag hul borge en donateurs bedank: CP Snapshot, Deolene Boer, Ceres Zipline, Edwaan’s Hairspa, Dirk en Karen Swart en Rocky River Spur.
Henry en Willie wen kompetisie
HENRY Brown en Willie Baron het Saterdag die beterbal stableford kompetisie met 44 punte gewen. Michiel Herholdt en Johan Fourie was in die tweede plek met 43 punte. Glenny Nasson en Jean Faul was derde gevolg deur David Cohen en Henri Ferreira, beide spanne met 41 punte. Novembermaand se klubkompetisies: Op 23 November vind ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie plaas en op 30 November ‘n vierbal alliansie kompetisie. Jaarvergadering uitgestel Ceres gholfklub se jaarvergadering is verskuif na Woensdag 27 November om 19:00 in die klubhuis.
Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word, ledegeld en speelfooie vir 2025 sal goedgekeur word en ‘n klein verandering in die klub se grondwet rakende sesdag-lidmaatskap, moet ook aangeraak word. Lede moet asb. vroegtydig laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.
Karatekas kry besoekers van Amerika en leer meer van die sportsoort
HANSHI Brian Hobson (9de dan) van Amerika, het verlede week Andries Douglas karate se studente besoek om ‘n internasionale seminaar aan te bied. Studente wat deelneem aan die dissiplineprogram het die kans gekry om verskeie aspekte van die program uit te beeld en ‘n seminaar oor bunkai (analise van kata) by te woon. Van die karatekas is gekies om ‘n toespraak te lewer oor wat karate en die program vir hulle beteken as groep en individu. Na afloop van verrigtinge was Hanshi Brian Hobson ongelooflik beïndruk met studente se werk, toewyding en groei. Renshi Andries Douglas van Ceres is die hoof van die styl in SuidAfrika en ‘n Suid-Afrikaanse span gaan eersdaags gekies word om na Amerika te toer in 2025. Vir navrae oor die dissiplineprogram, skakel sensei Ezelle by 083-3768989 of stuur ‘n e-pos na renshiandries@ gmail.com