Witzenberg
Olimpiese held op Ceres verwelkom
Olimpiese held op Ceres verwelkom
DIE moordsaak teen ‘n vrou wat haar vriend vroeër vanjaar op Ceres vermoor het, is Maandag weer uitgestel.
Shane Scholtz (22) van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur sy meisie met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Ashleigh Fortuin (25).
Na die voorval is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.
Fortuin het Maandag 2 September weer vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is na 9 Oktober uitgestel.
Haar borgtog van R500 is verleng.
• Onafhanklike finansiële advies
• Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.
Martin Behm (023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com
SAPD-lede van Ceres en Witzenberg wetstoepassers het die naweek van 16 en 17 Augustus aan ‘n gesamentlike operasie saam met gewapende reaksiebeamptes van ADT, deelgeneem. Die wetstoepassingsoperasies is op Ceres, Nduli, Bella Vista en P.A. Hamlet geloods. Drie verdagtes is gearresteer omdat hulle nie wettige dokumentasie het om in Suid-Afrika te wees nie. Boetes is ook aan verskeie winkeleienaars uitgereik wat nie handelslisensies kon wys nie terwyl twee winkels beveel is om te sluit.
Werkers was op pad na Ceres
DIE dodetal in Maandag se ernstige busongeluk in Vanrhynspas, op die grens van die Wes- en Noord-Kaap, het Dinsdag tot 10 gestyg. Die bus met 38 konstruksiewerkers was omstreeks 17:30 van Upington en Keimoes onderweg na Scatec se sonplaas wat in aanbou is op Grootfontein in die Ceres-Karoo, toe die bestuurder beheer oor die bus verloor het. Meer as 20 werkers is beseer waarvan 12 se toestand kritiek is. Van die beseerdes is na die Vredendal hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en ‘n ondersoek is geloods. Die polisie on-dersoek ‘n saak van strafbare manslag. In ‘n kort verklaring het Scatec gesê die veiligheid en welstand van die kontrakwerkers wat aan hul projekte werk, insluitend Scatec se kontrakteurs se werknemers, is vir hulle baie belangrik. “Ons is in noue kontak met die twee kontrakteurs en werk saam met plaaslike owerhede en nooddienste om meer inligting in te samel en ondersteuning te bied waar moontlik. Ons gedagtes is in die moeilike tyd by die geaffekteerde individue en hul gesinne. Ons is daartoe verbind om ons kontrakteurs te ondersteun na die tragiese gebeurtenis”.
FOTO: Netwerk24
DIE jaarlikse skolestryd tussen Bella Vista primêr (gasheer) en Mooi Uitsig primêr, vind Saterdag 14 September plaas op die Bella Vista sportgronde. Dié tweestryd beloof om weer ‘n hoogtepunt op die skoolkalender te wees. Hier staan die skoolhoofde, Desmond Ceaser en Gerhardus Koopman saam met die skole se onderskeie sportkapteine asook sjampanjénooientjies.
PHILLIP-PETRIE Fourie het Vrydag ‘n kolhou op die 126 meter putjie 14 geslaan.
CHARLIE Hofmeyr het die naweek van 22-23 Augustus hul eerste, Future Charlie Festival (FCF), aangebied. Navito April (links), is aangewys as Mooi Uitsig primêr se beste speler van die dag. By hom staan Luan Gilliomee.
TIAAN Snyders, ‘n leerder van Wanganella NGK primêr buite Ceres, het sy Bolandkleure in atletiek verwerf. Tiaan het Saterdag 31 Augustus aan die Wes-Kaap landloopkampioenskappe in Somerset-Wes deelgeneem. By hom staan sy trotse afrigter, mnr. G. Tshona.
DIE graad 4 klasse van Mellichan Korasie en Solene Fortuin by Laerskool Waveren op Tulbagh, het onlangs beindruk met hul selfgemaakte musiekinstrumente wat hulle vir die vakke natuurwetenskappe en tegnologie moes maak.
TOURISM Month is celebrated annually in September to promote domestic travel, showcase our diverse tourism offerings and highlight the sector’s contribution to the economy.
“Join us this month for some exciting activities in partnership with the Ceres Togryers museum.
QR Competition - each week an ad will appear in the Witzenberg Herald newspaper with interesting facts and a puzzle piece of a QR code. Collect all 4 puzzle pieces, put it together and scan the QR code. Follow the prompts and answer 4 questions pertaining to the ads that were placed. You can win some amazing prizes!
● Virtual Treasure Hunt: How well do know the Ceres area? Please visit www.ceres.org.za/event/tourismmonth-treasure-hunt/ for more information and to enter the hunt!
● Guided Historical Walking tour for the public on Tuesday 24 September from 09:00to 12:00 @ R30 per person. Bookings via Ceres Togryers museum at (023) 312-2045 or send an e-mail to togryersmuseum@gmail.com
● Ceres Tourism Trash Bash: Clean-up event on Friday 27 September from 14:00 to 16:30. Meet at the Ceres Tourism office. Black bags, water and gloves will be supplied. More information
For more information contact us at Ceres Tourism Bureau (023) 316-1287 or send an e-mail to: info@ceres.org.za
Bo-Swaarmoed, Ceres PA AND FARM OFFICE ADMIN
Previous work experience with debtors, creditors, and payroll admin required.
•Practical experience with a payroll program will be an advantage.
•Proficient with Outlook, Word and Excel a must.
•Own transport essential. Applications close: 13/09/2024
Send application with a short CV to: info@klondyke.co.za
DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), in samewerking met die Historium Trust en die Afrikaanse Taalmuseum en taalmonument (ATM), het verlede week 19 fenomenale vroue uit die streek vereer tydens die derde jaarlikse Kaapse Wynlanddistrik se Fenomenale Vroue-toekennings.
Die spoggeleentheid het verlede Woensdag 28 Augustus, by die Kronenburg Landgoed in die Paarl plaasgevind. Hierdie jaarlikse inisiatief val saam met die viering van Vrouemaand.
Die uitnodiging vir nominasies wat in Julie geopen het, het die publiek in staat gestel om onbesonge heldinne in tien kategorieë te nomineer wat inspirerende werk in die Kaapse Wynland-gemeenskappe verrig.
Die toekenningseremonie is aangebied deur die TV-aanbieder Heinrich Wyngaard, bekend vir die gewilde Klop!-program op Kyk-NET, wat sy spesiale soort vermaak bygevoeg het terwyl die gehoor die uitsonderlike prestasies van die tien wenners en nege naas-wenners gevier het.
“Hierdie vroue inspireer hul gemeenskappe en motiveer ander om na uitnemendheid te streef. Hulle is vroue wat hul gemeenskappe met oneindige liefde en sorg dien, voed, opvoed, vertroos, beskerm en omhels,” het Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, in sy verwelkomingstoespraak gesê.
Die geleentheid is saamgestel om aan hierdie merkwaardige vroue ’n oggend van ontspanning, lag en positiewe energie te voorsien. Marizaan Bredenkamp, besturende direkteur en stigter van Youth for Hope en Unit360, en die wenner van die Fenomenale
Vroue in Ondersteuning-kategorie in 2023, was die motiveringspreker.
Sy het almal aangemoedig om aan te hou om die verandering te wees wat hulle in die wêreld wil sien. Carlynn Andrews, ’n professionele grimeerkunstenaar, het ’n meesterklas in grimering aangebied en wenke gedeel oor hoe hierdie besige vroue op hul beste kan lyk. Lorinda Wagenstroom van Tupperware het die wonderlike geleenthede wat Tupperware aan vroue bied, bespreek. Verder het ons Fenomenale Vrou in die Bevordering van Afrikaans in 2023, Veronica Botha, asemrowende digkuns gelewer.
“Vandag eer en vier ons julle - die vroue wat onvergeetlike bydraes tot ons streek gelewer het. Julle toewyding aan jul werk, julle verbintenis tot jul gemeenskappe en julle onwrikbare vasberadenheid om ander op te hef gaan nie ongesiens verby nie. Julle is die ligdraers van vooruitgang, die opsigters van ontwikkeling, en die kampvegters vir geregtigheid en gelykheid,” het die uitvoerende burgemeester, raadsvrou (dr) Elna von Schlicht, in haar toespraak gesê.
Die burgemeester het ’n spesiale burgemeesterstoekenning gemaak aan jong Dieuwke-Jean Linee om erkenning te gee aan haar bydrae tot die nagedagtenis van Krotoa met haar skildery van die historiese figuur wat nou in die kloktoring van die Groote Kerk in Kaapstad uitgestal word.
Die wenners, naaswenners en gaste het geskenke en pryse van die KWDM en vennote ontvang, insluitend die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, die Historium Trust, Jacob’s Jam, Tupperware SA, Ignite Consulting, Carlynn Andrews en Olga Randelhoff, ’n Avon-verteenwoordiger.
DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) het verlede week vroue uit die streek vereer. Sue-Andra Swartz van Ceres het die afdeling vir vroue in vroeë kinderontwikkeling gewen. VLNR: Raadsvrou Margie Sampson (onderburgemeester KWDM), Michael Jonas (direkteur van die Afrikaanse taalmuseum en -monument), Sue-Andra Swartz en die burgemeester, raadsvrou (dr.) Elna von Schlicht.
NA die 10 000 meter wedloop by vanjaar se Parys Olimpiese Spele, is dit nou amptelik - Adriaan Wildschutt is die 10de beste mansatleet oor 10 000 meter in die wêreld en ook die nuwe S.A.rekordhouer in die item. Op Sondag 1 September het die gemeenskap by die Ceres natuurtuin bymekaar gekom om hulle Olimpiese-held terug op die dorp te verwelkom. VLNR: Jo-anne Sholtz saam met haar dogters, Joalynne, Annilynne by Adriaan kort nadat hy op Ceres aangekom het vir ‘n besoek.
BAMCO VERPAKKING, ’n sagtevrugte verkoelings- en verpakkingsfirma met ontstaan in 2009 as ’n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbou-ondernemings, Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoed - elkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres.
Vereistes vir die pos:
•± 2 jaar ervaring as krediteure klerk is noodsaaklik
•Rekenaarvaardigheid - bekend met Pastel Partner of Sage Evolution en MS Office sagteware
•Goeie kommunikasievaardighede (goed tweetalig)
•Finansiële kwalifikasie sal tot voordeel wees
Prestasie areas:
•Volle krediteure funksie
•Daaglikse bestuursinformasie byhou
•Rekonsiliasies opstel
•Algemene administratiewe en kantoor take
Eienskappe:
•Moet pro-aktief en onafhanklik kan werk •Vermoë om goed onder druk te presteer • Detail ingestel en georden te werk gaan • Akkuraatheid is belangrik
Die posbekleër sal aan die Rekenmeester rapporteer.
‘n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word volgens die aansoeker se ervaring en kwalifikasie.
Stuur asb. CV met werksverwysings en salarisverwagting na: mannekrag@bamco.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 21 September 2024
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
DIE leerders van Hoërskool Tulbagh het onlangs deelgeneem aan Laerskool Waveren se WOW kring-uitdunne wat by die skool plaasgevind het op 15 Augustus. VOOR: Janique Ruiters, Simoné Kouter, Amy Lambert, Rozanté Prins, Caylee Adams, Micayla Foruin, Thornecia Daniëls, Liyah Fredericks, Amy-Leigh Smit en Israel Jumat. MIDDEL: Hope Waterboer, Charel Demas, Moneeba Manuel, Reo Schippers, Kaywon Coetzee, Leondre Marang, Lenay Booysen en Caleb Beukes. AGTER: Winae Mankopan, Landyl Klein, Tiffany Coetzee, Keira Daniëls, Tamsyn Jumath, Jevonya Pedro, Brooklyn van Schalk en die WOW- skoolkoördineerder, Petro Demas.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property Remainder Erf 1 Prince Alfred Hamlet
Ligging / Location C/o Voortrekker Street & Olienhout Avenue
Aansoeker / Applicant
Allan Goosen (084-4680914)
Aard / Nature Verwysing / Reference
SUBDIVISION OF REMAINDER ERF 1 AND REZONING FROM UNDETERMINED ZONE TO AUTHORITY ZONE TO ALLOW A RECYCLING FACILITY
AANSOEK OM ONDERVERDELING VAN RESTANT ERF 1 EN HERSONERING VANAF ONBEPAALDE SONE NA OWERHEIDSONE OM ‘N HERWINNINGSFASILITEIT TOE TE LAAT
15/4/1/4/46
Sluitingsdatum / Closure date
30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant
30 Days from date of publication in newspaper
VRIENDE van die Togryers museum beplan ‘n uitstappie op Sa-terdag 14 September na Ouplaas in die Witzenbergvallei. Die uit-spappie vorm deel van Erfenismaand-vierringe. Kom geniet die dag saam met die museum. Vir besprekings skakel by (023) 3122045. Koste beloop R30 vir nie-lede. Lede is gratis.
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com
DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmarathon asook ‘n 10 km en 5 km pretloop, word op Saterdag 26 Oktober aangebied. Inskrywings is nou oop vir die plaas- en maatskappy-kompetisie oor 10 km. Inskrywings en navrae kan gerig word aan Nico Jansen by 078-8825-299
CBI gala-aand is uitgestel na 30 Oktober. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, gaan sakelui toespreek oor sy wedervaringe nadat hy valslik deur ‘n wildstroper beskuldig is dat hy ‘n ander stroper verdrink het en die polisie en hof se growwe nalatige optredes. Hy bring ‘n boodskap van hoop. Stuur ‘n e-pos na danell@dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie @ R550 wil koop. Daar is beperkte aantal plekke beskikbaar.
DIE 1994 matrieks van Ceres Sekondêr beplan om ‘n reünie te hou in Septembermaand. Skakel Udine by 074-738-5668 of Oli-ve by 078-614-4459
DIE Togryers museum se koffievles - en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop.
SES leerders van Charlie Hofmeyr het Saterdag 24 Augustus aan die Sanlam WOWspelfees deelgeneem. Annebel Pieters behaal ‘n eerste plek in die graad 9 Afrikaanseafdeling en Gaby Dipokarto behaal ‘n tweede plek in die graad 9 Engelse-afdeling. Die twee leerders dring deur na die Wes-Kaap provinsiale spelkompetisie wat op Saterdag 14 September plaasvind. *Die ander deelnemers was Henré Agenbag, Nica van der Merwe en Réherto Esau (almal in graad 8) en Annebel Pieters, Christelle Engelbrecht en Gaby Dipokarto (almal graad 9).
Cherry Ridge (Pty) Ltd is ‘n kersie plaas wat in die Noord-Wes geleë is.
Die Boord Bestuurders sal direk aan die Plaasbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die volgende take:
• Verantwoordelik vir sy eie groep mense
• Voltooing van dokumente
Vaardighede sluit in:
• Sterk leier eienskappe
• Selfgedrewe en gedissiplineerd
• Goeie menseverhoudinge
• Moet Engels kan praat
• Voordeel om ‘n Afrika taal te kan praat.
• Moet goed onder druk kan funksioneer
Ondervinding:
• 2 Jaar ondervinding as boord toesighouer of voorman
Stuur asb. u volledige CV en teminste
2 verwysings, per e-pos aan: cropfruit@gmail.com
Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 September 2024.
GEEN TELEFONIESE NAVRAE
NOTICE OF SALE IN EXECUTION
IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF CERES HELD AT CERES
CASE NO.: 216/24
In the matter between: LULAMA NGWANE
EXECUTION CREDITOR and QWENDOLINE MAURICE
EXECUTION DEBTOR
In pursuance of an order granted on 11 JUNE 2024, in the Ceres Court, and under a Warrant of Execution against property issued thereafter the movable property listed hereunder will be sold in execution on 19 September 2024 at 10:00 by the Sheriff of Moorreesburg/Acting Ceres at 4 Meul Street, Moorreesburg to the highest bidder:
1 x TOYOYA TAZZ, WHITE WITH REG. NR: CBR 2276
1 X BICYCLE, WHITE
DATED at CERES on this 19th day of JULY 2024
LULAMA NGWANE
Execution Creditor 158 Phakamisa Street Nduli, CERES Cell: 082 390 6732
‘n MAN wat ‘n bejaarde vrou op P.A. Hamlet aangeval en beroof het, se saak is in die Ceres streekhof uitgestel.
Niklaas (Mantoy) Louw (35), is skaars drie maande voor dié aanrandingsvoorval en huisbraakklag in Oktober 2023 uit die gevangenis vrygelaat.
Louw het Sondag 29 Oktober 2023 omstreeks 14:10, ‘n 70-jarige vrou op P.A. Hamlet aangeval en beroof. Hy het ‘n gat onderdeur ‘n veiligheidsheining gegrawe en by die agterdeur probeer inkom. Die tannie was besig om tee te maak toe sy ‘n geraas by die agterdeur hoor en gaan ondersoek instel het. Louw het haar oorval voordat hy in die gestoeiery haar gewurg en met ‘n mes in die hand gesteek het. Een van die tannie se vier honde het ook meswonde opgedoen en moes later 11 steke kry. Louw het met slegs R50 en twee selfone gevlug. Hy is kort na die voorval gearresteer.
Die saak is verlede week na 11 Oktober uitgestel.
Louw wat steeds in aanhouding is, verskyn op aanklagte wat wissel van huisroof, poging tot huisroof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging (die aanval op die honde).
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T15108/2011
Passed by: WITZENBERG MUNICIPALITY
in favour of: STHEMBISO LOKO,
I.D. number 630823 5367 084, Unmarried in respect of certain: Erf 2925, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.
DATED at CERES on 16 AUGUST 2024
APPLICANT: STHEMBISO LOKO
c/o Johan Bezuidenhout Attorney 37 Voortrekker Street, Ceres, 6835
E-mail address: johan@johanb.co.za
Contact number: (023) 022-0001
Uitsig Boerdery, ‘n Gevestigde, gemengde boerdery in die Koue Bokkeveld beskik tans oor ‘n geleentheid beskikbaar vir n Produksiebestuurder in die groente afdeling.
Die suksesvolle kandidaat is ’n energieke persoon met bestuursvernuf wat proaktief en georganiseerd is, onder druk en baie noukeurig kan werk.
Die posbekleër sal aan die Hoofbestuurder
•Verbouiing en produksie van Groente (Aartappels en Uie)
•Bestuur van werksnemers vir optimale produktiwiteit
• Kwaliteitsbestuur • Toepaslike administrasie
Die ideale kandidaat moet oor die volgende vereistes beskik:
• Toepaslike tersiêre kwalifikasie • 3-5 jaar ondervinding in die verbouiing van groente • Die vermoë om ondergeskiktes te motiveer en produktiwiteit te optimaliseer • Kennis tov bemesting en besproeiing • Kennis van Global Gap, Siza, TMS en die verbouiing van uie, aartappels en vrugte sal in die kandidaat se guns tel
• Rekenaarvaardigheid
Stuur volledige CV so spoedig moontlik aan: antoinette@kbyboerdery.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 September 2024
Indien u teen 30 November 2024 geen terugvoering ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Werwingsprosedure voldoen aan die Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting Nr van 2013
die
Caleb
MUNISIPALITEIT
HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE?
Deernis
Registrasie op werklose databasis
Kredietbeheer (rekeninge) Registrasie vir klein besighede
Sosiale OntwikkelingsprogrammeBasiese dienste, water, elektrisiteit, vullis, strate ens.
Behuisings waglys-aansoeke en navraeDie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan
Geriewe (sale, sportgronde), Verkeer en Wetstoepassing parke en bome
WAAR WORD DIT GEHOU?
DAG EN DATUMTYD DORPWYKEPLEK
Dinsdag10 Sept.09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal
Woensdag11 Sept.09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Gemeenskapsaal
Donderdag12 Sept.09:00 - 12:00Wolseley2 & 7Montana Gemeenskapsaal
Maandag16 Sept.09:00 - 12:00Ceres3 & 5Ceres Stadsaal
Dinsdag17 Sept.09:00 - 12:00Nduli1 & 12Nduli Gemeenskapsaal
Woensdag18 Sept.09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal
Donderdag19 Sept.09:00 - 12:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Gemeenskapsaal
‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep
MUNICIPAL SERVICE DELIVERY IMBIZO
DO YOU NEED ASSISTANCE WITH THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES?
Indigent Registration on Municipal Unemployed Database
Credit Control (accounts) Small Businesses Support
Social Development ProgrammesBasic services, water, electricity, refuse, streets etc
Registration on Housing waitinglistThe Integrated Development Plan
Amenities (halls, sportsgrounds),Traffic and Law Enforcement parks and trees
WHERE WILL IT BE HELD? DAY
Tuesday10 Sept.09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall
Wednesday11 Sept.09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Community Hall
Thursday12 Sept.09:00 - 12:00Wolseley2 & 7Montana Community Hall
Monday16 Sept.09:00 - 12:00Ceres3 & 5Ceres Town Hall
Tuesday17 Sept.09:00 - 12:00Nduli1 & 12Nduli Community Hall
Wednesday18 Sept.09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall
Thursday19 Sept.09:00 - 12:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Community Hall
A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities
DAVID NASSON
MUNICIPAL MANAGER
MUNISIPALE BESTUURDER
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Johannes Abrahams
1941/05/03 - 2024/09/01
BEGRAFNISDIENS:
Sat: 7 Sep. 2024
Huis: 09:00 Appie Lakeystr. 4, P.A.Hamlet
Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Vivienne Clarissa Witbooi
1988/12/12 - 2024/08/25
BEGRAFNISDIENS: Saterdag 7 September Huis: 09:00 Ou Apostoliese Kerk, P.A.Hamlet
Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
1988/09/05 - 2010/12/11
Dit is jou 14de verjaarsdag weg van ons. Die verlange en vermisting is groot. Wil jou graag ‘n drukkie gee, maar weet God sal dit namens ons doen. Sal jou altyd liefhê. Altyd liefde Daddy, Mammie & MJ
Huawei Mobile Wifi Router te koop. Nuut. Nog in boksie. Prys R400 ohb. Skakel 082-7214043. 16/08 23/08
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. (023)316-2021
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
CENTRAL CERES
MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Koopstadt Bouers
Soek u dringend na ‘n bouer vir al u verf, aanbouings, dak herstelwerk en loodgieterwerk. Ek het 42 jaar ondervinding in die boubedryf, doen ook die bou van enige tipe klip- en bouwerk.
Skakel: Nols Koopstadt 072-301-3960 “Wees verseker van harde werk en goeie diens.”
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd.
Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals
2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 3474092 Faks: (023) 3428629 of www. trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel)
SEPTEMBER is Erfenismaand en die museum het ‘n interessante program vir die maand bekendgestel. Die verskillende aktiwiteite word in samewerking met Ceres Toerisme aangebied en vorm deel van toerismemaand in September. Die museum se program skop af met ‘n landmerk fotoreeks waar inwoners versoek word om hul gunsteling landmerk af te neem en in te stuur na 076-6892885. Op Donderdag 5 September om 18:00 kom hou prof. Laura Mitchell van die Universiteit van Kalifornië, ‘n opvolgsessie oor die Galant Slawe Opstand in 1825 in die Koue Bokkeveld. Op 13 September vind ‘n skoonmaakprojek by Lover’s Bridge/Akkerbos om 14:30 plaas. Bring ‘n houer koffie en ‘n stoel saam vir ‘n saamkuier onder die bome. Saterdag 14 September vertrek die Vriende van die Museum om 9:30 op ‘n historiese uitstappie na Ouplaas. Op Sondag 24 September sal die museum se plaaslike gids belangstellendes neem vir ‘n omvattende toer deur Ceres. Almal vertrek om 14:00 vanaf die toerismekantoor (natuurtuin) en koste beloop R30 p.p. ‘n Bottel water is ingesluit by die prys. Die toer eindig om 16:00 by die Togryers museum. * Vir bywoning van enige van dié funksies, kan belangstellendes die museum by (023) 312-2045 skakel. “Kom ervaar Ceres en omgewing se kultuurhistoriese erfenis saam met ons”. Hou gerus die Witzenberg Herald en die Togryers museum se FB blad dop vir meer inligting oor elke gebeurtenis.
AAN ENIGE KLERE!
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
•Brakes •and more André du PreezAndré du Preez Preez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
7 September ‘24 om 09:00
Kerrie & Rys / Basaarpoeding Burger & Chips / Vleis
Groente & Vrugte
Teetuin / Pannekoek
Vars brood & beskuit
Speelgoed & Lekkernye Kaartfasiliteit beskikbaar Moet dit nie misloop nie!
DIE Wes-Kaapse regeringsdepartement van gesondheid en welstand en sy vennote doen ‘n beroep op volwassenes om voorsorgmaatreëls te tref om die risiko van brandwonde by kinders te verminder.
Om waaksaam en proaktief in jou huis te wees, kan lewens red - veral in die kouer maande wanneer babas en jong kinders
brandwonde in die huis opdoen. Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) is brandwonde een van die hoof oorsake van sterftes onder kinders wêreldwyd.
Die departement het onlangs ‘n spesiale 3 jaar projek geloods om die versorging van kinders in die Kaapse Wynlandstreek wat ‘n brandbesering opgedoen het, te versterk.
Die departement is trots op die projek wat op Worcester en Ceres fokus saam met die Kinderhospitaaltrust, Rooi Kruis hospitaal, die Harry Crossley Kinderverpleegkundige Ontwikkelingseenheid (CNDU) en die Chelsea en Westminster hospitaal NHS Trust (VK).
Ongeveer 400 kinders in die Breedevallei, Drakenstein- en Witzenbergstreek doen elke jaar ‘n brandwond op. Hierdie brandwonde is dikwels te wyte aan ‘n kind wat per ongeluk deur warm vloeistowwe in die huis gebrand word. Nood- en opvolgsorg word by plaaslike gesondheidsorgfasiliteite verskaf, maar ongeveer 340 pasiënte moet jaarliks per ambulans na die Rooi Kruis hospitaal oorgeplaas word vir behandeling.
Elke dag doen ongeveer 256 kinders in Suid-Afrika brandwonde op.
THE Western Cape Blood Service (WCBS) calls on the public to donate blood this September with, their Heritage month theme of “Giving is in My Blood”.
In keeping with the spirit of giving and Heritage Month, each donor who successfully donates a unit of blood will receive South African themed heart-shaped photo magnet as a token of appreciation when they successfully donate.
“Thank you to all our Western Cape Blood donors for bracing the call during winter to ensure that we have enough blood stock. We would like to appeal to you to keep donating blood as we enter Spring.
About the Blood Donation Process
Donors begin with a confidential questionnaire and verify their details.
A fingerpick test checks your haemoglobin
level, ensuring it meets the required 12.5g/ dl for women and 13.5g/dl for men.
A professional nurse conducts a medical screening, checking your blood pressure and pulse. Donors then proceed to donate a unit of life-saving blood, followed with delicious juice and biscuits to refuel lost fluids.
Basic Donor Criteria:
• Age between 16 and 75 years
• Weigh at least 50kg or more
• Be in good general health
• Live a safe sexual lifestyle Donors are also advised to eat a meal 3-4 hours before donating and to stay well-hydrated before, during, and after donation.
For more information or to find your closest blood donation clinic, please visit www.wcbs.org.za, download the WCBS App, or send a WhatsApp to 060 549 7244.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE
WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom /
30 Dae vanaf
BELLA Vista rugbyklub het die naweek ‘n taai tweestryd teen Wolseley gewen en Ceres het hul uitspeelkanse lewend gehou om vir die Top 12 uitspeelrondtes te kwalifiseer. Bella Vista het ‘n paar benoude oomblikke beleef voordat hulle Wolseley naelskraap met 26-24 kon klop.
Wolseley teken binne die eerste minute van die wedstryd ‘n sewepunter aan. Alhoewel die besoekers van Bella Vista op die voorvoet was teken Wolseley teen die verloop van die spel nog ‘n drie aan. Bella Vista teken hierna ‘n drie aan. Wolseley loop rustyd welverdiend met 14-7 voor.
Bella Vista se voorspelers het goed vertoon maar die wedstryd het nie enige vonkelwynrugby opgelewer nie. Wolseley kan net hulself blameer dat hulle dié wedstryd teen die einde verloor het met swak besluitnemings.
Vir Bella Vista het Therry Grootboom, NashWinne Lintnaar, Jayten-Lee Martin en Kenan Wessels elkeen drieë gedruk. Durin Nasson was suksesvol met drie doelskoppe.
Naweek se wedstryde
Saterdag 6 September speel Bella Vista teen Hillcrest, Ceres speel teen Wolseley, Hamlet speel teen Evergreens (weg) en Delicious speel teen Roses (weg). Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:
Ceres klop Young Blues van Wellington met 43-30, Delicious klop Evergreens met 24-15, Temperance klop Wellington 28-15, Hillcrest verras Roses en wen 33-29 en Newtons klop Hamlet 29-26.
DELICIOUS het Saterdag stadig aan die gang gekom teen ‘n begeestige Evergreens. Delicious druk vier drieë teenoor die twee van Evergreens. Delicious het die wedstryd met 24-15 gewen. Edwin Kruger van Delicious (met bal in die hand), het ‘n groot impak gemaak met sy kragspel.
0914)
30 Days from date of
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 31 Augustus op Beaufort-Wes gelos vir die laaste kortpadwedvlug van 2024. Camerin Mars van CPS duiweklub het die Ceresvallei Federasie en André Koopman ARL van CHPS, het die ope wedvlug gewen. Die naweek word die langste wedvlug van die jaar vanaf Bloemhof gevlieg asook ‘n tweede wedvlug vanaf Modderrivier. CHPS
Jaaroud
1. Hendriks familie -1362.007 mpm
2. Mauritius Lofts -1347.551 mpm
3. Team Koopman ARL -1306.721 mpm
4. Cyril en Ann Davids -1277.524 mpm
5. Team Koopman ARL -1262.402 mpm Ope
1. Team Koopman ARL -1449.944 mpm
2. Cyril en Ann Davids -1430.184 mpm
3. Bryan Isaacs -1415.097 mpm
4. Cyril en Ann Davids -1411.488 mpm
5. Cyril en Ann Davids -1403.024 mpm BHPS
Jaaroud
1. Emile Arries -1463.942 mpm
2. Emile Arries -1406.190 mpm
3. C. Vergotine -1393.150 mpm
4. Emile Arries -1318.280 mpm
5. Roberto van Wyk -1292.942 mpm
Ope
1. C. Vergotine - 1304.857 mpm
2. Emile Arries - 1263.779 mpm
3. Marquine Pieterse -1230.882 mpm
4. Emile Arries - 1228.822 mpm
5. Roberto van Wyk -1152.693 mpm Ceres Pigeon Society (CPS)
Jaaroud
1. Camerin Mars - 1481.729 mpm
2. Le Bretton Lofts - 1481.264 mpm
3. S.R. Williams - 1436.390 mpm
4. S.R. Williams - 1407.242 mpm
5. Meyer en Van Wyk -1381.859 mpm
Ope
1. Meyer en Van Wyk -1445.393 mpm
2. Meyer en Van Wyk -1420.792 mpm
3. S.R. Williams - 1404.422 mpm
4. CT Nige - 1401.105 mpm
5. Camerin Mars - 1397.366 mpm Kampioen aangewys
Dit was die laaste kortpad-wedvlug van 2024 Seisoen. Meyer en Van Wyk is aangewys as Ceres Pigeon Society en Ceres Federasie se kortpad-kampioen vir 2024. Cyril en Ann Davids van CHPS en Camerin Mars van CPS was in die gesamentlike tweede plek in die Ceresvallei Federasie kortpad-kampioenskap met Steven Williams in die derde plek.
CERES gholfklub het Vrydag 30 Augustus ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse. Die kompetisie is deur Glenville Nasson gewen met Wincen Abrahams in die tweede plek. Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings. Septembermaand se klubkompetisies: Op 7 September bied die gholfklub weer ‘n enkel houespel kompetisie aan, op 14 September ‘n beterbal stableford kompetisie, op 21 September ‘n enkel stableford kompetisie en op 28 September ‘n beterbal progressiewe stableford kompetisie. Putjiespel inskrywings Die klub beplan om die enkelspel- en pareputjiespel kampioenskappe later vanjaar aan te bied indien daar genoeg spelers is wat inskryf. Die inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Bespreek jou plek via 084-587-6332, 076233-1981 of (023) 312-3068
JUAN Marais, oudleerder van Charlie Hofmeyr en lid van die Suid-Afrikaanse o/ 20 atletiekspan, het van 27-31 Augustus in Lima, Peru aan die o/20 Wêreldatletiekkampioenskappe deelgeneem. Juan Marais het Saterdagaand se diskus-eindrondte gehaal met ‘n gooi van 61.54 meter. In die finaal het Juan se eerste twee gooie oor die 58.5 meter merk getrek. Die derde gooi van 61.69 meter het aan hom ‘n vyfde plek besorg. * Die o/20 seisoen is afgehandel en Juan beklee die derde plek op die wêreldranglys met ‘n beste gooi van 63.15 meter.
‘n OUDLEERDER van Charlie Hofmeyr, Lané Giliomee, blink uit op die netbalbaan. Lané is gekies vir die Maties Varsity Cup netbalgroep. Die Varsity Cup het op 1 September afgeskop.