WITZENBERG verkeersdienste sal dringend aandag moet gee aan die groot getal botsings en ongelukke waarby Lesotho-geregistreede motors betrokke is. Baie van die voertuie word ook as taxis gebruik. Sondag 15 September omstreeks 16:30 het dié bestuurder van ‘n Honda Fit beheer verloor en oor die kruising van Bo-Swaarmoed en die nuwe pad vanaf P.A. Hamlet, gery. Die voertuig het teen ‘n draadheining tot stilstand gekom. Die bestuuder het weggehardloop van die toneel.
Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za (023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za
Manslagsaak uitgestel vir verhoor
DIE saak teen die bestuurder van ‘n Ford Bantam bakkie wat meer as ‘n jaar gelede, passasiers vanaf Op-die-Berg na Kaapstad vervoer het, is uitgestel vir verhoor.
Die 40-jarige bestuurder, Adriaan (Rian) Hanse het Maandag 16 September weer in die Bluedowns streekhof verskyn op aanklagte wat wissel van strafbare manslag en dronkbestuur. Vyf kinders is dood toe Hanse op Sondag 9 Julie 2023 omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie verloor en ‘n sperreling op die R300 getref het.
Hanse, sy vrou Nolisa, en haar twee susters, Clarine Kyba en Jolene Kyba, het die betrokke naweek saam by die oorlede kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld-omgewing gekuier. Al die kinders was saam met die twee susters agterop die bakkie en almal is met die slag van die voertuig afgegooi.
Hanse, wat blykbaar werksaam is as ‘n vragmotorbestuurder, moet weer op 17 Oktober in die Bluedowns streekhof verskyn. Sy borgtog van R5 000 is verleng.
Polisie waarsku voertuigeienaars
INWONERS word gevra om versigtig te wees aangesien diefstal uit motorvoertuie die afgelope tyd baie toegeneem het in die Witzenbergstreek.
Die polisie het ook ouers en kinders gewaarsku om versigtig te wees wat hulle op sosiale media en TikTok deel en in baie gevalle, kwytraak.
Bedrieërs en inbrekers is deesdae volop en slaan onverwags toe op naïewe inwoners. Die polisie vra dat geen waardevolle items soos selfone en rekenaars, in voertuie gelos moet word nie. Maak ook seker dat die voertuie gesluit is aangesien skelms deesdae rondstaan by winkels met hul eie afstandbeheer om die sluit van motors te neutraliseer en sodoende maklik toegang te kry om waardevolle items uit die motors te steel. Onthou ook om huisalarms te aktiveer as jy jou huis of besigheid verlaat.
Nuusbrokkies uit die streek
DIE Ceres gemeenskap polisieringsform (GPF) hou op 25 September hul algemene jaarvergadering in Ceres stadsaal. Die vergadering begin om 19:00 en die publiek is welkom om die vergadering by te woon.
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com
DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmaraton asook ‘n 10 km en 5 km pretloop, word op Saterdag 26 Oktober aangebied. Inskrywings is nou oop vir die plaas- en maatskappy-kompetisie oor 10 km. Inskrywings en navrae kan gerig word aan Nico Jansen by 078-8825-299
CBI gala-aand is uitgestel na 30 Oktober. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, gaan sakelui toespreek oor sy wedervaringe nadat hy valslik deur ‘n wildstroper beskuldig is dat hy ‘n ander stroper verdrink het en die polisie en hof se growwe nalatige optredes. Hy bring ‘n boodskap van hoop. Stuur ‘n e-pos na danell@ dekeur.co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie @ R550 wil koop. Daar is beperkte aantal plekke beskikbaar.
DIE Togryers museum se koffievles - en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop. Ons sal enige donasies verwelkom.
OUDLEERDERS van Fred Gaum (1972-1981) beplan ‘n reünie van 4-6 Oktober. ‘n Paar van die organiseerders.
VLNR: Jan Douries, Jacob Rooi, Piet Minnaar, Tony Koopman en John Schuurman.
Oudleerders
DEUR Jacob Rooi
van Fred Gaum beplan reünie
VADER Piet Minnaar het ingeskop. Joernalis Jacob Rooi gryp toe die bal, maak vas en oudburgemeester John Schuurman sien ‘n gaping, gee uit na oudmeester Jan “Pappadou” Douries, hy laat loop blitsvinnig na vader Tony Koopman, die gee vir Janine Jacobs. Daar is ‘n rolmaalbeweging en verpleegsus Sarie Jacobs duik-aangee na onnie Gertrude Eksteen Coetzee wat deurbars en met ‘n sierlike duik onder die pale druk!
Net daar word die weg gebaan vir die grootste reünie van oudleerlinge van Fred Gaum - heeI toevallig in die skool se 50ste bestaansjaar.
Aanvanklik was dit vader Piet, wat menige oudleerling sal onthou as die rekeningkunde-onnie met die handskrif wat so agteroor leun en eerstespan rugbyafrigter, se idee.
“Voor ons almal uitsterf, moet ons die grootste reünie ooit in die geskiedenis van Fred Gaum hou,” was sy inskrywing op sosiale media. Vandaar het die planne wortel geskied.
“Goeie dag, help ons asseblief om matrikulante wat nog leef se kontaknommers op te spoor asook om hulle in kennis te stel van die reünie van 4 tot 6 Oktober 2024,” was dieinskrywing wat oudburgemeester en oudhoofseun van Fred Gaum op 29 Januarie 2024 geplaas het.
In die daaropvolgende maande sou die manne en vroue, eens klonge en meisies en onnies, saam koppe bymekaar sit ter wille van hierdie eenmalige naweek-
VADER (dr.) Heinrich Jantjies van Ceres, is op Saterdag 14 September in die St.Peter Khayelitsha gemeente tot die Anglikaanse priesteramp georden. Hy het sy eerste diens by die St.Matthew Bella Vista gemeente gehou op Sondag 15 September 2024. Hier is hy saam met sy vrou Nadia, en hul twee kinders, Claudia Joy en Lila Grace, afgeneem.
samesyn voor die hiernamaals ons gryp.
Sedert Februarie is daar koppe bymekaar gesit, kontaknommers gesoek, rondgebel en e-posse uitgestuur.Waar is almal wat tussen 1972 en 1981 leerlinge was by die ou “duiwehok”-skool en Ceres Sekondêr? Sommige het matriek geslaag ander is graad 10 weg om onderwys te gaan studeer.
‘n Lys van afgestorwenes het gegroei en gegroei. Soos ons na name verneem en uitgevra het, was ons dikwels hartseer om te verneem wie almal nie meer met ons is nie.
Die datum van 4-6 Oktober is gekies en toe het die aftellery begin. Geleidelik het die planne vorm gekry, geld begin insamel en het die naweek vorm begin aanneem. Whatsapp-groepe is gestig, oudonderwysers is opgespoor en geleidelik het die reüniegroep gegroei.
Daar was die opwinding van mekaar weer sien, stories en staaltjies van toentertyd is uitgekrap en gedeel. Gees is gebou op die whatsapp-groep waar talle die verlede in herinnering geroep het. Nostalgiese musiek van die skooltydjare is gedeel.
Planne is gesmee vir die T-hemde, die pette, die beker wat die herinneringe lewendig gaan hou in huis en haard. Oudskoliere, nou deur die jare verweer, sou so uitsien om mekaar weer te sien. Die wat saam rugby- en netbaltoere gedeel het, onthou die lied “Oh my Gaum boys, oh my Gaum boys, Oh my Gaum boys never loose. If they loose, they loose forever, oh my Gaum boys never loose…” Nou wag almal vir die aanbreek in Oktober....
TOURISM Month is celebrated annually in September to promote domestic travel, showcase our diverse tourism offerings and highlight the sector’s contribution to the economy.
“Join us this month for some exciting activities in partnership with the Ceres Togryers museum.
QR Competition - each week an ad will appear in the Witzenberg Herald newspaper with interesting facts and a puzzle piece of a QR code. Collect all 4 puzzle pieces, put it together and scan the QR code. Follow the prompts and answer 4 questions pertaining to the ads that were placed. You can win some amazing prizes!
● Virtual Treasure Hunt: How well do know the Ceres area? Please visit www.ceres.org.za/event/tourism-
month-treasure-hunt/ for more information and to enter the hunt!
● Guided Historical Walking tour for the public on Tuesday 24 September from 09:00to 12:00 @ R30 per person. Bookings via Ceres Togryers museum at (023) 312-2045 or send an e-mail to togryersmuseum@gmail.com
● Ceres Tourism Trash Bash: Clean-up event on Friday 27 September from 14:00 to 16:30. Meet at the Ceres Tourism office. Black bags, water and gloves will be supplied.
More information For more information contact us at Ceres Tourism Bureau (023) 316-1287 or send an e-mail to: info@ceres.org.za
CWDM takes delivery of their new minibus
THE CWDM’s Municipal Health Services (MHS) are excited to announce the arrival of their branded minibus, which will be used for school and community engagements. The MHS’s Environmental Health practitioners are responsible for nine functions that ensure the safety of the environments where we live, play, and work. One method of achieving this is through education and awareness programmes presented at schools, farms, factories and other manufacturing plants. To enhance understanding in our district of the important role MHS plays in society and to support existing programmes, the team has designed easy-tounderstand images that describe their functions. FLTR: Theresa Davids (CWDM Chief Environmental Health practitioner), cllr. Xoliswa Mdemka (CWDM portfolio holder: Municipal Health Services), Rhian van Wyk (Acting Executive Director: Corporate Services), Fiona du Raan-Groenewald (CWDM Chief Financial Officer), ald.(dr.) Elna von Schlicht (CWDM Executive Mayor), Francois van Eck (CWDM Executive Director: Technical Services), Tersia Booys (CWDM Environmental Health practitioner) and Randall Humphreys (CWDM Deputy Director: Municipal Health Services).
EEN baan in Michellspas is sedert die begin van Augustus vir verkeer gesluit. ‘n Gedeelte by die treinspoor het weens die hoë reënval in Julie begin sak waarna die een baan vir verkeer gesluit is. ‘n Stop-en-ry punt van ongeveer 500 meter word sedertdien in die pas beman. Motoriste word gevra om stadiger te ry in die Michellspas. Plaaslike verkeerslui kan ook meer sigbaar wees in die pas en by die ingang van die dorp om bestuurders weens hoë spoed te beboet. Ook vragmotorbestuurders wanneer hul die dorp binnekom.
CHARLIE Hofmeyr se fotografieklub het verlede Vrydag se jaarlikse uitstalling en prysuitdeling aangebied. Dié fotografieklub was vir die vierde agtereenvolgende jaar aangewys as die beste skoolfotografieklub in die Wes-Kaap. Hulle behaal ook ‘n eerste plek op die nasionale Impala-trofeelys met internasionale deelnames. * ANDER UITSLAE: Liza du Toit is die tweede skolier in die land wat ‘n drie diamant-gradering ontvang, Charl Conradie ontvang ‘n sertifikaat vir beste fotograaf met internasionale deelname, Ané Sauer ontvang ‘n sertifikaat vir beste skolierfotograaf met haar algehele eerste plek - nasionaal, Sofia van der Merwe ontvang ‘n sertifikaat vir haar tweede plek - nasionaal, Liza du Toit en Sofia van der Merwe ontvang medaljes as wenners by die 5th Youth Salon 2024 en Jani van der Merwe se foto word aangewys as die beste foto van 2024.
Moordenaar kry ‘n hofdatum maar wag nog vir ‘n bed in Valkenberg
Arrestasie
DIE man wat aangekla word van die grumoord op sy saamblyvrou, se saak is na Oktobermaand uitgestel wanneer hy in die streekhof moet verskyn.
Lehlohonolo Joseph Mokhoabane (44) wag na 20 maande steeds vir ‘n bed in die Valkenberg psigiatriese hospitaal in Kaapstad.
Mokhoabane het in Februarie 2023 sy saamblyvrou wreed met ‘n piksteel doodgeslaan terwyl haar kinders in die huis was. Hy is kort na die moord vir sielkundige waarneming verwys maar die hof wag steeds op ‘n geestesgesondheids-evaluering en verslag.
Ander saak
Die saak is na 29 Oktober uitgestel wanneer hy in die Ceres streekhof sal verskyn.
Mokhoabane is op 17 Februarie 2023 gearresteer na dié grumoord. Drie kinders onder die ouderdom van 6 jaar is wees gelaat nadat hulle ma (32) in een van die grusaamste voorvalle in die Witzenbergstreek, met ‘n piksteel doodgeslaan is. Die moord het omstreeks 08:50 op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoedomgewing plaasgevind.
Mokhoabane is einde April 2022 ook gearresteer toe die Valke hom vasgetrek het vir die onwettige kweek en handel in dagga. Hy is later vrygelaat.
Daar is op nagenoeg R171 000 se dagga en 79.95 kg se gedroogde dagga met ‘n beraamde straatwaarde van nagenoeg R90 000 beslag gelê.
Departement reik uit na Steinthal
’n PLAKKER op jou voorkop, eenbeentjie spring of kans gee vir verwondering oor jou weggooibare handskoene - alles is ingespan om ’n unieke gesondheidsuitreikaksie na kwesbare kinders vlot te laat verloop.
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand sê dankie aan die studente van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wie hul praktiese ervaring in die Kaapse Wynland-omgewing doen en saam met ander vennote, op 12 Augustus besoek afgelê het by die Steinthal Kinder- en Jeugsorgsentrum op Tulbagh.
Met die hulp van mentors, baie ‘high fives’ en die uitdeel van mooi plakkers, is sowat 35 kinders se gesondheid geëvalueer.
Die meerderheid van die kinders was in die ouderdomsgroep van twee tot ses jaar. Die doel van die uitreik was om te bepaal of daar kinders is wie verdere ondersteuning benodig as dit kom by motoriese ontwikkeling, voeding, gehoor, spraak, sig, en meer.
Finale-jaar mediese student mnr. Thembani Maswanganye het die punt beman waar kinders se welstand oor die algemeen nagegaan is, en toe hy kans kry, het hy ook uitge-
help by die stasie waar spraakevaluering gedoen is. Hy sê hoewel die besoek deel is van sy akademiese aktiwiteite, het hy dit baie geniet om iets te doen wat hy weet ’n verskil maak in ’n kwesbare gemeenskap.
“Om deel te wees van hierdie uitreik, het my diep geraak,” sê Carla Scholtz, ‘n vierdejaar spraak-, taal- en gehoorterapie student.
“Vir my het dit die groot nood aan dienste in sekere gemeenskappe uitgelig. Deur die gehoorsifting en spraakevaluerings te kon doen het my die kans gegee om eerstehands te sien hoe belangrik vroeë identifisering is om die kind se kommunikasie-uitkomstes te verbeter. Ek is meer as ooit vasbeslote om die gapings in sorg en dienste te oorbrug en om te veg vir mense wie andersins dalk nie gehoor sou word nie.”
Steinthal kinder- en jeugsorgsentrum se bestuur het vroeër navraag oor gesondheidsdienste aan die universiteit se afdeling landelike gesondheid (Ukwanda) gerig, aangesien hulle gesondheidwetenskapstudente het wat in Worcester en op Ceres geplaas is. Rolspelers het ontmoet en reëlings getref vir die spesiale uitreikaksie.
“Ons werk nou saam met personeel by Ukwanda om studente wie hul studies in gesondheidsorg en verwante velde voltooi, die geleentheid te gee om ervaring op te doen by klinieke, hospitale, en meer. Hoewel Steinthal se kinders net soos ander persone in die gemeenskap ondersteun word by Tulbagh kliniek, het ons die kans aangegryp om te kyk hoe ons verdere steun kan gee,” sê Madelein Bester wie deel is van die departement se span wat die uitreik ondersteun het. “Baie dankie aan die studente van Ukwanda, wat ingesluit het mediese, arbeidsterapie, spraak-, taal- en gehoorterapeute en dieëtkunde studente,” sê Bester.
“Die uitreik was ‘n unieke geleentheid om te kon saamwerk met kollegas van die WesKaapse departement van gesondheid en welstand en ander gemeenskapsvennote met wie ons jarelange verhoudings het,” het Elria Joubert van Ukwanda gesê. “Ons was oorweldig deur hul welwillendheid om op kort kennisgewing hul tyd en hulpbronne beskikbaar te maak en op ‘n langer termyn betrokke te bly by Steinthal kinder- en jeugsorgsentrum. Verder het dit nie net ‘n geleentheid geskep om studente se leeruitkomste op ‘n praktiese manier te bereik nie, maar ook hul harte te raak. Dit was ‘n ervaring wat ons en ons studente altyd sal bybly.”
Die plaaslike gesondheidspan, insluitend die span wat dienste in die gemeenskap lewer, sal opvolg met die kinders wat geïdentifiseer is deur die uitreikspan. In sommige gevalle het die kinders tandheelkundigedienste nodig en ander gevalle spraak- en oudiologiese dienste.
Die verpleegkundige wie omsien na skolegesondheid, sal steeds elke kwartaal uitreik na Steinthal, met ‘n fokus op die uitdag-
Daar bestaan ’n opwindende geleentheid op Vastrap, een van Dutoit Agri se landgoedere geleë in die Witzenbergvallei naby Ceres in die Wes-Kaap.
PRODUKSIEBESTUURDER: VRUGTEVERBOUING
Ceres
Ons benodig die dienste van ’n bedrewe vrugtebestuurder om die bestuurspan op Vastrap in die uitvoering en bestuur van vrugteproduksie en gepaardgaande arbeid te versterk. Die posbekleër sal aan die landgoedbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir:
• Kontrole en toesig oor alle produksieaktiwiteite wat onder meer plant, besproeiing, bemesting en oesbeskerming insluit • Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid • Verwante administrasie.
Die suksesvolle kandidaat het/besit: • Minstens 3 tot 5 jaar goeie ondervinding van die verbouing van kernvrugte op groot skaal • Bogemiddelde rekenaarvaardighede • Bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede • Die vermoë om selfstandig en op eie inisiatief te funksioneer, ondergeskiktes te motiveer en produktiwiteit te verbeter. Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat behuising en lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.
Stuur ’n volledige CV so gou doenlik na recruitment@dutoit.com
Diensaanvaarding sal so gou moontlik, maar verkieslik nie later as 1 November 2024 wees nie.
ings wat na vore gekom het en skakeling met ander kenners. Waar moontlik sal Steinthal se personeel ook bemagtig word om uitbrake van siektes te voorkom.
“Ons is dankbaar teenoor mnr. Geweldt, Elria Joubert, Jana Müller, dr. Titus en
personeel dat julle die dag moontlik gemaak het,” het Charmaine Prince, die bestuurder van Steinthal gesê.
“Dit is net deur jul vriendelikheid en toewyding dat die 35 kinders hierdie sorg en aandag gekry het.”
LEERDERS van Laerskool F.D. Conradie het Saterdag 14 September aan die Nampo skou deelgeneem. Die jeugskou-leerders het skitterend gevaar en almal in die top 3 van hul onderskeie klasse geëindig wat melkbok, boerbok en angorabok ingesluit het. AGTER: Francina Hanekom (afrigter), Jacobus Botha, Theana Louw, Mia Möller, Marle Erasmus, Liam Giliomee en Micah Giliomee. VOOR: Lucia Hewitt, Reevah Shiba, Leané Erasmus, Lizzy Schreuder en Nina Martens.
CARLA Scholtz het gehelp waar gehoor-evaluering gedoen is tydens die uitreikaksie by Steinthal kinder- en jeugsorgsentrum.
BOLAND Laerskole Rugby se jaarlikse pettefunksie vir o/12 rugbyspelers, het Vrydag 13 September op Vredendal plaasgevind. Die spelers is almal ingesluit in Boland A- en Bspan. AGTER: Aldo Sauls (afrigter), Stephan du Toit (Laerskool Koue Bokkeveld), Ajanda Nel (Laastedrif primêr), Oliver Abrahams (Bella Vista primêr) en Leacaldo Jors (Mooi Uitsig primêr). VOOR: Monroe Pietersen, Curl Lyell Krotz (Bella Vista primêr) en Martin Absalom (Mooi Uitsig primêr).
ACHTERTUIN primêr buite Ceres wil hul dank uitspreek teenoor Perdekraal-Oos windplaas vir die skenking van skoolsweetpakke aan leerders. Leerders, ouers en onderwyspersoneel waardeer die skenking.
Adriaan kom kuier by Mooi Uitsig primêr
ADRIAAN
op 16 September tyd afgeknyp om sy Mooi Uitsig primêr te be-
Hier is hy saam met die skool se senior bestuurspan en skoolhoof, Desmond Ceaser, afgeneem.
NA die 10 000 meter wedloop by vanjaar se Parys Olimpiese Spele, is dit nou amptelik - Adriaan Wildschutt is die 10de beste mansatleet oor 10 000 meter in die wêreld en ook die nuwe S.A.rekordhouer in die item. Adriaan is sedert begin September terug in die land en het die week tyd afgeknyp om sy alma maters, Bella Vista hoërskool en Mooi Uitsig primêr te besoek. Hier is hy afgeneem tydens sy besoek aan Mooi Uitsig primêr op Maandag 16 September. Hy het die leerders gemotiveer om altyd hard te werk en te volhard in alles wat hulle aanpak. Adriaan se liefde vir atletiek het by Mooi Uitsig begin, waar hy sy skoolloopbaan begin het.
Sat. 21 September Kerk: 10:00 V.G.K, P.A. Hamlet PRIVAAT VERASSING
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
AANDAG ALLE SKOLE IN DIE WITZENBERGSTREEK
Het jou skool al ‘n skoolkoerant?
Belangstellende skole kan ‘n e-pos stuur na nuus@witzenbergherald.com vir meer inligting en hulp met die skoolkoerant asook die kwartaalikse druk van die skoolkoerant.
DIE Beheerraad van die Togryers museum bedank Ceres Lions wat weer met hul heerlike kerrie en rys bredie, fondse vir die museum ingesamel het. Die museum se beheerraad wil hul dank uitspreek teenoor die Ceres Lions vir hierdie wonderlike inisiatief asook elke persoon wat ‘n kaartjie gekoop het. VLNR: Bertdene Laubscher (Togryers museum) en Lionslede Humberto Cardoso sr., Maureen Petersen en Wynand Kloppers.
TWEE hokkiespelers van Charlie Hofmeyr, Christoff van der Merwe en Arno Heyns, het die naweek aan die CPL 6.0 - Cape Town Premier Hockey League deelgeneem. Ses spanne vanuit die Boland en WP word saamgestel uit die beste hokkiespelers. Christoff en Arno het die Raptor-span verteenwoordig.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
DISTRIBUTION CONTROLLER: DRUMS
The successful candidate will report directly to the Distribution Manager and the responsibilities of the position include the following key performance areas:
• Responsible for all local and export drum dispatches
• Liaise with quality for COAs, labels and samples as requested by customer
• Ensures that the correct product per allocation is requested from Shipping Controller: Drum warehouses
• Perform cargo inspections and complete all documentation to ensure the correct product and quantity match the allocation
• Dispatch local and export drums on our Great Plains system and submit all documentation to Shipping Coordinator
• Stock keeping and control of Shipping and Port warehouse
• Responsible for housekeeping of loading areas
• Ensure that GMP standards are maintained for all Shipping areas, excluding the warehouses
• Checking and signing off time sheets and daily reports
• Responsible for your team and their performance
• Compliance with legal safety requirements in your department
The ideal candidate should have the following attributes/ skills/ qualifications:
• Grade 12 • Minimum 2 years’ experience in a dispatch environment
• Minimum code B driver license
• Strong leadership abilities
• High level of integrity
• Excellent communication skills
• Computer literate
Note: The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility.
A high premium will be placed on the independent and self-functioning of the incumbent.
CV’s can be forwarded to:
The Manager: People and Performance Systems
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd
P.O. Box 366, Ceres, 6835 or E-mail: dlintnaar@cfp.co.za
Closing date: 26 September 2024
Kom
vier Erfenisdag
SEPTEMBER is Erfenismaand en die museum het ‘n interessante program vir die maand bekendgestel. Die verskillende aktiwiteite word in samewerking met Ceres Toerisme aangebied en vorm deel van toerismemaand in September. Die museum se program skop af met ‘n landmerk fotoreeks waar inwoners versoek word om hul gunsteling landmerk af te neem en in te stuur na 076-689-2885. Op Sondag 24 September sal die museum se plaaslike gids belangstellendes neem vir ‘n omvattende toer deur Ceres. Almal vertrek om 14:00 vanaf die toerismekantoor (natuurtuin) en koste beloop R30 p.p. ‘n Bottel water is ingesluit by die prys. Die toer eindig om 16:00 by die Togryers museum. * Vir bywoning kan belangstellendes die museum by (023) 312-2045 skakel. “Kom ervaar Ceres en omgewing se kultuurhistoriese erfenis saam met ons”. Hou gerus die Witzenberg Herald en die Togryers museum se FB blad dop vir meer inligting.
Bekende oudonderwyser van Ceres sterf
‘n JARELANGE inwoner van Ceres en oudonderwyser, Arthur de Bruyn (76), is Vrydag 13 September oorlede. De Bruyn was voor sy vroeë aftrede, skoolhoof van Ceres primêr. Hy was ook later die Ceres ANC kantoorbestuurder van oudparlementslid, PierreJean Gerber. ‘n Roudiens word Donderdag 19 September gehou en die begrafnisdiens vind Saterdag 21 September om 10:00 plaas vanuit die Ceres VGK.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Ligabepalings klaar, nou wag
Ceres vir Top 12
KLUBRUGBY in die Boland se ligabepalings vir 2024 is af-gehandel.
Bella Vista rugbyklub het Saterdag hul seisoen afgesluit met ‘n goeie oorwinning oor die nuut gekroonde Witsentraal-kampioen, Newtons. Bella Vista het die wedstryd 3324 gewen.
Bella Vista se dag het nie goed begin nie toe kaptein Chesvill Muller in die derde minuut met ‘n rooi kaart afgestuur is. Almal het gedink dat dit ‘n nekslag sal wees vir die tuisspan maar Bella Vista het met 14 spelers diep gedelf en hul self laat geld op die verdediging en aanval. Alhoewel Newtons vroeg die voortou met ‘n verdoelde drie neem, is dit Bella Vista wat gou terugslaan met Nashwin Lintnaar en Cameron Davids wat agter die Newtons doellyn gaan kuier. Patwin van der Merwe is in die kol met sy skopwerk en rustyd loop Bella Vista met 23-7 voor.
Bella Vista se sewe-man skrums laat hulself geld en stoot hul die besoekers meters terug in die skrums. Hul rolmaalbewegings was ook een te veel vir die besoekers uit Wellington.
In die tweede helfte gaan maak Patwin van der Merwe en Elron Mcleod ook ‘n draai agter die die opponente se doellyn.
Top 12
Ceres is die enigste span in die Witzenbergstreek wat deurgedring het na die Boland Top 12 kompetisie. Die spanne het die Sanlam Boland Top12 kompetisie gehaal en sal in twee groepe meeding. Die wedstrydbepalings sal op Woensdag 25 September gedoen word. Die spanne is: Abbotsdale, Caledon, Ceres, Darling, Eagles, Robertson Town, Newtons, Safcol, Sal-danha, Young Spurs, Villagers Worcester en Vredenburg.
SESHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het die naweek van 14 September aan die Cape Cobra-liga deelgeneem wat by Hoërskool D.F. Malan aangebied is deur Brackenfell Shotokan Karate Academy. Ceres karatekas het goed gevaar by die toernooi met Mia Laubscher wat eerste uit 170 deelnemers eindig. VLNR: Izak Krige (kumite -silwer en kata - brons), Adrial Ndlovu (kumite - goud), Mia Laubscher (kumite - silwer, kata - goud, Kobudo long weapon - silwer, Kobudo short weapon - goud en karateka van die dag), Wayne Vermeulen Sensei (afrigter) en Lukas Krige (kata - brons, Kobudo long weapon - silwer en Kobudo short weapon - brons).
CERES gholfklub het Vrydag 13 September ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse. Die kompetisie is deur Simon Molaza gewen met 20 punte met Francis Matthee in die tweede plek.
CERES gholfklub het Saterdag 14 September ‘n beterbal kompetisie aangebied. VLNR: Rossouw van Zyl en M. Bergman het die kompetisie met 42 punte gewen en Christo Strydom en Wilhelm Muller was in die tweede plek.
Van Zyl en Bergman wen klubkompetisie
CERES gholfklub het Saterdag 14 September ‘n beterbal kompetisie aangebied.
Rossouw van Zyl en M. Bergman het die kompetisie met 42 punte gewen. Christo Strydom en Wilhelm Muller was tweede en Charles Basson en Hendry Titus was in die derde plek, beide met 42 punte.
Sosiale gholf
Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 put-
jies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.
Septembermaand se klubkompetisies:
Op 21 September bied die klub ‘n enkel stableford kompetisie aan en op 28 September ‘n beterbal progressiewe stableford kompetisie.
Putjiespel
Die enkelspel- en pare-putjiespel kampioenskappe se trekking is gefinaliseer en sal later die week by die klub opgesit word.
TWEE krieketspelers van Charlie Hofmeyr, Reagan Davids en Martin du Plessis, gaan aan die Boland T20krieketreeks deelneem wat gedurende Oktober en November plaasvind. Reagan, wat ook as kaptein van die span gekies is, speel vir die o/17 span en Martin du Plessis speel vir die o/15 span.
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 14 September op Victoria-Wes losgelaat.
Duiwe was vinnig in hul hokke met die wedvlug wat in gunstige weerstoestande plaasgevind het.
Camerin Mars van CPS duiweklub het die Ceresvallei Federasie se jaaroud wedvlug gewen terwyl die ope wedvlug deur Kitshoff hokke van Hamlet duiweklub gewen is. Die naweek vlieg duiwe weer vanaf Hopetown.