1 minute read
Motorfietsryer sterf in pas
‘n MOTORFIETSRYER is Sondag 12 Maart dood in Michellspas nadat hy met sy motorfiets teen die sperreling vasgery het. Die ongeluk het omstreeks 11:00 naby Witbrug plaasgevind. Die slagoffer is later deur sy vriende as Richard Kiche van die Paarl en lid van die Paarl motorfietsklub, geïdentifiseer. Die EMS ambulans is ontbied maar die man was reeds dood met hul aankoms. * Wolseley SAPD ondersoek ‘n strafbare manslagsaak en vra dat enige ooggetuies van dié ongeluk die ondersoekbeampte, s/sers. Heinrich Hendricks moet skakel by (023) 231-8016. ** Die week van 6 - 12 Maart is daar 76 dronkbestuurders gearresteer in die Wes-Kaap. Die provinsiale verkeer het 295 padblokkades en voertuigbeheerpunte beman waar byna 33 000 voertuie gestop en ondersoek is. Meer as 8 050 boetes is uitgereik, 59 voertuie is geskut en 105 is onpadwaardig verklaar. Daar is 14 ongelukke met 14 sterftes aangemeld. Onder die sterftes was vier motorbestuurders, een motorfietsryer (Ceres) en sewe voetgangers.
(023) 004-1338 www.mastheadfp.co.za
Advertisement
MASTHEAD Financial Planning
Neels Boshoff (Financial Planner)
082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za
Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za