8 minute read
Moordsaak uitgestel
DIE drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo bly in aanhouding tot hul borgaansoek later in April aangehoor kan word.
Advertisement
Hofverskyning Willem Olivier (48), het Maandag 13 Maart, saam met Kelvin Vlok (22) en ‘n 17-jarige in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 18 April uitgestel vir ‘n borgaansoek.
Die drie mans, waarvan een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is na ‘n uitgebreide soektog deur die polisie vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).
Volgens inligting het die voorval Vrydagaand 3 Maart tussen 18:00 en 24:00 plaasgevind.
Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar lyk gelê.
Werker ontbied hulp
‘n Malawiër wat op die plaas woon en werk, het gesien hoe drie mans vroeër op die plaas aankom. Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip.
‘n Ruk later hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20km daarvandaan geloop. Omstreeks 24:00 het hy by die eienaar om hulp aangeklop en van die skote en mans vertel.
Die polisie is ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel. Drie verdagtes is na ‘n uitgebreide soektog met ‘n polisiehelikopter en polisiehonde, in hegtenis geneem.
Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuilin hegtenis geneem.
Vlok en ‘n 17-jarige familielid wat by Olivier op die plaas gekuier het, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het.
Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.
Vuurwapens gesteel
Die mans het tydens die moord met ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer geroof asook kruideniersware en drank gesteel.
Die wapens is op 8 Maart op twee plekke in die Karoo gevind. Die .303-jaggeweer is op die plaas Witwalle weggesteek en later gekry.
Die handwapens is ‘n ent daarvandaan naby Netvlakte gekry. Die los ammunisie is op 4 Maart gevind.
DRIE verdagtes het na hulle ‘n 74-jarige vrou vermoor het, met twee handwapens en ‘n .303-weer gevlug. Hulle het ook kruideniersware en drank gesteel. Die wapens is verlede week na goeie speurwerk opgespoor.
DIE Jail & Bail is ‘n jaarlikse fondsinsamelingprojek van Laerskool
F.D. Conradie se Steggie-voorskoolsentrum op P.A. Hamlet. Dit was ‘n dag vol opwinding waar die polisie en inwoners gehelp het om ‘n paar sakelui te arresteer en aan te hou totdat ‘n losprys vir hulle betaal is. Die Steggies dra hul dank oor aan al die rolspelers wat verlede Vrydag 10 Maart, van die poging ‘n groot sukses gemaak het. * Dit was die tweede jaar wat dit aangebied is.
Verlore Of Vernietigde Titelbewys
Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van ‘n gesertifiseerde afskrif van Transportakte Nr T10843/1984 gepasseer deur CHRISTIAAN PHILIPPUS
VENTER Identiteitsnommer 190511 5017 005 ten gunste van ELIZA-
BETH HENDRINA MOUTON, gebore Venter op 6 Januarie 1948, getroud buite gemeenskap van goedere met Albertus Johannes Jacobus Mouton
- HVK Nr. 501/1973 - maritale mag uitgesluit ten aansien van sekere: Erf
10 Prince Alfred Hamlet, in die Munisipaliteit Witzenberg, Afdeling Ceres, Provinsie Wes-Kaap wat verlore geraak het of vernietig is.
Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes te Kaapstad, Kamer 1216, 12de Vloer, Pleinstraat 90, binne twee weke vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing.
Gedateer te GOODWOOD op hede die 6de dag van MAART 2023 VISAGIEVOS INC.
Vasco Boulevard 181, Goodwood, 7460
E-pos: christelds@visagievos.co.za
Tel: (021) 591-9221
Progress Excellence is a well-established training provider and delivers virtual and face-to-face training across the country through a network of facilitators. Due to continuous growth and expansion of their activities, the head office in Ceres currently has a half day position for an OFFICE ASSISTANT
Reporting to the Office Manager, this individual will be responsible for the following duties:
•Assist with reception duties and directing telephone calls
•Data capturing of training records
•Scanning and/or filing of administrative documentation
•Assist with online training registrations
•Co-ordinate courier activities
•Assist with basic financial administration
•General office duties
The innovative and motivated incumbent should have the following qualifications and experience:
•Matric
•Fully bilingual (must be able to speak, read and write in English and Afrikaans)
•Computer literate (MS Office: Outlook, Excel and Word)
•Good communication skills
•Be able to work under pressure
•Arrange and prioritize daily activities
•Be a team player
To apply for this vacancy, e-mail your CV and matric certificate together with a motivational covering letter in English to: info@progress-excellence.co.za.
Applications will close on: 30 March 2023
PERSONEEL van die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand het onlangs die impak wat die plaaslike span en vennote kon maak met die uitrol van die COVID-19-entstof, gevier. Tussen Mei 2021 en Maart 2022 is 78 381 inentings in die Witzenbergstreek toegedien. Die entstof is ‘n belangrike manier om te voorkom dat inwoners ernstig siek word van die virus. Dit is steeds beskikbaar by: P.A. Hamlet kliniek: Maandae (09:0016:00), Op-die-Berg kliniek: Dinsdae (09:00-16:00), Ceres kliniek: Woensdae (09:00-16:00), by Bella Vista kliniek, Nduli kliniek en Tulbagh kliniek op Donderdae (09:00-16:00), by Breërivier kliniek en Wolseley kliniek: Vrydae (09:00-16:00) en by Ceres hospitaal se afdeling vir buite-pasiënte: Maandae-Vrydae (14:00-16:00).
MEER as 35 fietsryers van Denemark het verlede week deur die Wes-Kaap getoer. Vrydag 10 Maart is hulle deur Ceres op pad na Tulbagh waar hulle in die Tulbagh Hotel oornag het. Die volgende dag het die fietsryers weer in die pad geval en via Bainskloofpas na die Paarl gery.
Kennisgewing
2022/2023
AANSUIWERINGSBEGROTING
Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 10 Maart 2023 is ‘n Aansuiweringsbegroting vir 2022/2023 aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting en gewysigde SDBIP is ter insae beskikbaar by die alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835
Notice
2022/2023
ADJUSTMENT BUDGET
During a council meeting held on 10 March 2023 an Adjustment Budget for 2022/2023 was tabled and approved by Council. The Adjustment Budget and revised SDBIP can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
Isaziso
2022/2023 UHLAHLOLWABIWOMALI OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKAKwintlanganiso eyodwa yeBhunga ibibanjwe ngomhla we 10 March 2023. Olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga ukuhlola uhlahlolwabiwomali ne SDBIP oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke iOfisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON UMLAWULI-MASIPALA uMasipala wengingqi yaseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres,6836
Polisie kry wapens en ammo in stoor
DIE afgelope drie weke was die polisie druk besig met ‘n ondersoek waar ‘n groot aantal vuurwapens en ammunisie in ‘n stoor gevind is.
Op Dinsdag 21 Februarie omstreeks 12:00 het die P.A. Hamlet polisie ‘n wenk opgevolg en op ‘n perseel in Waboomlaan toegeslaan. Die stoorplek is deursoek en daar is op ‘n rewolwer en drie gewere beslag gelê asook 2 328 patrone van verskillende kalibers.
Andries Strauss (54) is gearresteer en het hy vlugtig op 24 Februarie in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en ander klagtes onder die vuurwapenwet.
Die rewolwer en gewere was is in Strauss se naam maar sy vuurwapenlisensie het reeds in 2020 verval. Een geweer behoort aan ‘n Tulbagh persoon en die omstandighede waarom die wapen op P.A.Hamlet was, word ook ondersoek.
Die saak is voorlopig teruggetrek in afwagting van uitstaande ballistiese verslae en ondersoeke.
Twee lig beseer na ongeluk
DINSDAG 14 Maart het ‘n Ford Ranger bakkie van Ceres teen ‘n Mercedes vragmotor gebots. Die ongeluk het omstreeks 09:30 naby Gouda plaasgevind. Dit is nie bekend wat tot die ongeluk gelei het nie. Volgens die Tulbagh SAPD het beide bestuurders Beejay Jacobs (Ford bakkie) en Marthinus Hendricks (vragmotorbestuurder) ligte beserings opgedoen.
‘n PLAASLIKE kontrakteur is vanaf 1 Februarie deur die Witzenberg munisipaliteit aangestel om indringer plante en bome teenaan die Dwarsrivier af te maak en te verwyder. Al die bome tussen die laagwaterbruggie by Hugostraat en Loversbridge is nou afgesaag. Volgens die munisipaliteit is die kontrakteur tans besig by die Akkerbos om indringerplante te verwyder. Die munisipaliteit het reeds inheemse bome aangekoop wat geplant sal word. Inheemse plante sal ook teenaan die rivieroewer geplant word om erosie te voorkom. Hierdie 3-jaar rivier restorasieprogram word deur die Nedbank Green Fund Trust befonds.
IN the spirit of improving service delivery to address the needs of citizens, the Public Service Commission (PSC) in partnership with the Witzenberg Municipality and the Department of Local Government held a Citizens’ Forum on Wednesday, 8 March in Tulbagh. The Citizens’ Forum provided an opportunity for the Tulbagh community to engage with government departments on service delivery issues affecting them and also access some of the services on site such as the application of identity documents, birth certificates and social grants.
OUMA Baby Schoeman van Huis Disa op Tulbagh het Donderdag 9 Maart, 103 jaar oud geword. Hoewel sy effe doof is, geniet sy nog goeie gesondheid. Sy is die moeder van Antoinette Immelman, ‘n jare lange inwoner van Tulbagh.
WITZENBERG Got Talent is Saterdag 4 Maart aangebied. Meer as 300 mense het die aand kom ondersteun wat deur die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum gereël is. Geluk aan al die deelnemers en ook die twee groepe wat die algehele wenners was van die juniors: Koelfontein se rieldansgroep en Howbill se geestelike dansgroep.
GRISHAM Anthony van Bella Vista primêr het die naweek ‘n vyfde plek in spiesgooi behaal tydens die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms.
Martha Margareta Dettmann (Marga) van Huis Mostertshoek op Wolseley het Dinsdag 14 Maart 103 jaar oud geword! Sy is een van twee inwoners in die streek wat die maand die gesogte 103-mylpaal bereik het.
Villiersdorpko Perasie Beperk
DIE o/12 seuns aflosspan het bronsmedaljes verwerf by die naweek se Boland atletiekbyeenkoms. VLNR: Danzil Baartman, Garren-Lee van Rooy en Mikyle Antas. AFWESIG: Deneshwin Goliath.
DIE o/10 seuns aflosspan het bronsmedaljes verwerf by die naweek se Boland atletiekbyeenkoms. VLNR: Liam Muller, Marlin Manuel, Dewandre Jooste en Caleb Jacobs.
Villiersdorp-Koöperasie Beperk beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy tak in CERES:
Vloerbestuurder
Pligte van die pos sal die volgende bestuurs-funksies insluit:
•Winkelvoorraad
•Winkelpersoneel
•Kliëntediens
Vereistes vir die pos:
•Matrieksertifikaat
•Ten Minste 2 jaar ervaring in ’n soortgelyke betrekking
•Produkkennis
•Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
Rig asb u volledige CV vergesel van
‘n afskrif van u ID dokument aan :
Mev. N. Louw by nlouw@vilko.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke :
Maandag 27 Maart 2023 om 13:00
Indien u nie binne 10 dae na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie kan u u aansoek as onsuksesvol beskou.
HERSTELWERK aan die Van Bredabrug het in Desember 2021 begin en behoort later in 2023 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van R58 miljoen. Dele van die brug is per pad na Ceres gebring waar dit op die kante ingevoeg word.
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30 uitverkoping op alles gedurende
1 April • 09:00 - 12:30
• Worsbroordjies (R25)
• Pannekoek • Handwerk ens.
Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)