1 minute read

HOOFSTORIE

Moordenaar vasgetrek

DIE Wolseley polisie het Saterdagaand die liggaam van ‘n jong vrou langs ‘n grondpad gekry en Sondag nog twee liggame daar naby opgegrawe.

Advertisement

Ooggetuies het later die karavaan uitgewys waar die verdagte woon en waar die oorledene, die 21-jarige Bernadine Frans (Cloete), vroeër die dag opgemerk is. Die polisie het ‘n 32-jarige Sotho-man en plaaswerker, gearresteer. Die man, Siyamcela Sombambela, het Dinsdag vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn en aangedui dat hy gaan skuldig pleit. Die saak is vir verdere ondersoek na 9 Desember uitgestel. Hy bly in aanhouding. Sondag 25 Oktober het ‘n voetganger ‘n

Die polisie se forensiese-patologiedienste, plaaslike speurders, vingerafdrukdeskundiges en die polisie se honde-eenheid is ontbied. Die beendere van twee onbekende persone in vlak grafte, nie ver van mekaar, is later opgegrawe.

Nadat die nuus van die gru-ontdekkings rugbaar geword het, het ontstoke inwoners die karavaan waarin die verdagte gebly het,

Volgens die polisie het ooggetuies en buurtwaglede Saterdagaand omstreeks 22:30 in Pine Valley woonbuurt gestap toe hulle ‘n man met ‘n graaf opmerk wat vermoedelik die liggaam van ‘n mens sleep op ‘n grondpad aangrensend van dié woonbuurt.

Die polisie is na die toneel ontbied waar die liggaam van ‘n vrou gekry is.

vlak graf naby die verdagte se woonwa opgemerk waarna die polisie weer na die Pine Valley woonbuurt uitgeroep is.

aan die brand gesteek. Inligting Die polisie ondersoek die dood van drie persone asook hoe hulle gesterf het. Indien die gemeenskap weet wie die twee vermiste persone is of weet wat tot hul dood gelei het, kan die Wolseley SAPD geskakel word by (023) 230-8000 of die ondersoekbeampte, s/ sers. Pieterse by 079-894-0195. Die identiteit, ouderdom en geslag van die twee slagoffers moet nog bepaal word met die hulp van DNS-toetse.

This article is from: