GEN105 - Bedryfsekonomie

Page 1

prestasie Bedryfsekonomie

bestuur

ting

mer

Skrywer: Marnel Ferreira

prysvasstelling

vraag & aanbod winsbesluitneming ekonomiese teorie


c Kopiereg 2017 Onder redaksie van: Paul JN Steyn, BA (PU vir CHO), THOC (POK), DEd (Unisa) Skrywer: Marnel Ferreira Hersien deur: Nadia Hunt Onderwysontwerp, bladuitleg en taalversorging: Dr. Daleen van Niekerk ’n Publikasie van Akademia. Alle regte voorbehou. Adres: Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046 Tel: 0861 222 888 E-pos: diens@akademia.ac.za Webtuiste: www.akademia.ac.za Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewers gereproduseer of in enige vorm of deur enige middel weergegee word nie, hetsy elektronies of deur fotokopiëring, plaat- of bandopnames, vermikrofilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring nie. Enige ongemagtigde weergawe van hierdie werk sal as ’n skending van kopiereg beskou word en die dader sal aanspreeklik gehou word onder siviele asook strafreg.

www.akademia.ac.za


GEN105 Bedryfsekonomie

INHOUDSOPGAWE

Inleiding ............................................................................................................................... 2 Vakleeruitkomste ................................................................................................................ 4 Woordomskrywing vir evaluering ...................................................................................... 6

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging ......................................................... 7 1.1

Studie-eenheid leeruitkomste ............................................................................................. 7

1.2

Voorgeskrewe handboek .................................................................................................... 8

1.3

Verrykende bronne............................................................................................................... 9

1.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter? ......................................................................................... 9

1.5

Inleiding ................................................................................................................................ 10

1.6

Markprys .............................................................................................................................. 10

1.6.1

Vraag ................................................................................................................................ 10

1.6.2

Aanbod ............................................................................................................................. 14

1.6.3

Vraag en aanbod ............................................................................................................ 17

1.6.4

Markewewig .................................................................................................................... 17

1.6.5

Pryselastisiteit ................................................................................................................. 18

1.7

Markmislukking en mededinging...................................................................................... 22

1.7.1

Die aard van eksternaliteite .......................................................................................... 22

1.7.2

Mededinging .................................................................................................................... 23

1.7.3

Markstruktuur .................................................................................................................. 23

1.7.4

Monopolie ........................................................................................................................ 24

1.8

Samevatting ........................................................................................................................ 26

1.9

Selfevaluering en riglyne ................................................................................................... 27

Inhoudsopgawe

Bladsy 1


GEN105 Bedryfsekonomie

INLEIDING Bedryfsekonomie is die toepassing van ekonomiese teorie en metodologie op sakeondernemings en behels besigheidsorganisasie, bestuur en meting van prestasie. Die fokus is hoofsaaklik op die impak van die ekonomie op ondernemings, asook hoe mededinging, finansiële markte en regeringsbeleid ʼn onderneming kan beïnvloed. Belangrike mikro-ekonomiese tegnieke word uitgelig ten opsigte van prysvasstelling en winsbesluite. Die studie fokus op die belangrikste ekonomiese aktiwiteite wat relevant is vir besluitneming in ʼn onderneming. Die kwessie van keuses ontstaan omdat die basiese hulpbronne van ’n onderneming, soos kapitaal, grond, arbeid, en bestuursvermoë en vaardighede dikwels beperk is. Die ekonomiese faktore wat ondernemingsbesluite gaan beïnvloed sluit inflasie, die handelsbalans, werkloosheid en belasting in. Hierdie faktore gaan ʼn impak hê op prysvasstelling en winsbesluitneming in ʼn onderneming en kan dus die groei en ontwikkeling van die onderneming bevorder of beperk. Die markstelsel word gedryf deur vraag en aanbod wat die prys van produkte en dienste beïnvloed en gevolglik ook die wins van ʼn onderneming. Regulasies word gebruik om onregverdige praktyke in die markstelsel te vermy en mededinging regverdig te hou. Die finansiële stelsel van ʼn land voorsien krediet vir huishoudings en ondernemings. Hierdie stelsel word deur verskeie instellings bestuur om ekonomiese groei in die land aan te moedig.

Huishoudings

Staat

Ondernemings

Die Ekonomie (Outeur 2015)

Bladsy 2

Inleiding


Mikro-ekonomie

•"Klein" ekonomie, besluitneming in isolasie •Verbruikers •Huishoudings •Firmas en ondernemings •VRAAG, AANBOD en PRYSE van individuele goedere en dienste

Makro-ekonomie

GEN105 Bedryfsekonomie

•"Groot" ekonomie, totale ekonomie word bestudeer •Totale produksie •Totale inkomste •Totale besteding in die ekonomie •Ekonomiese groei, werkloosheid, algemene prys, inflasie en betalingsbalans

Mikro- en makro-ekonomie (Mohr, 2015: 12) Hierdie begeleidingsgids word in dele beskikbaar gemaak: Deel I Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging Deel II Sal nog gekommunikeer word. Vir hierdie vak is die volgende handboeke voorgeskryf: •

BPP Learning Media. 2017. CIMA Study text for level BA1: Fundamentals of Business Economics

Mohr, P. & medewerkers. 2015. Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente. 5de uitgawe. Pretoria: Van Schaik Uitgewers

Die gedeeltes wat betrekking het op die inhoud van die studie-eenhede sal telkens aangedui word. Die gids sal jou dan deur die handboek begelei en poog om moeilike gedeeltes toe te lig, om aan te vul waar nodig en om die belangrike gedeeltes uit te wys. Vir eksamendoeleindes moet jy dus die voorgeskrewe gedeeltes in die handboek, asook hierdie begeleidingsgids bestudeer.

Inleiding

Bladsy 3


GEN105 Bedryfsekonomie

VAKLEERUITKOMSTE Die fokus van hierdie vak is op die impak van die ekonomie op ondernemings, asook hoe mededinging, finansiële markte en regeringsbeleid ʼn onderneming kan beïnvloed. Belangrike mikro-ekonomiese tegnieke word uitgelig ten opsigte van prysvasstelling en winsbesluite. Die kurrikulum fokus op die belangrikste ekonomiese aktiwiteite wat relevant is vir besluitneming in ʼn onderneming. Kennis en begrip Na voltooiing van die vak Bedryfsekonomie (GEN105) sal jy in staat wees om jou kennis en begrip van die volgende te demonstreer: •

Die impak van makro-ekonomiese faktore op ondernemings

Die doelwitte en besluitneming van ondernemings

Die markstelsel en mededingingsproses

Die finansiële stelsel

Vaardighede Jy sal ook in staat wees om: •

die makro-ekonomiese faktore wat ʼn land se nasionale inkome en groeikoers kan beïnvloed, asook die impak daarvan op sakeondernemings te bespreek;

die faktore wat handel tussen ʼn land en die res van die wêreld kan beïnvloed en die impak daarvan op daaglikse besigheidsaktiwiteite te identifiseer;

die invloed van ekonomiese ontwikkeling van lande en die effek daarvan op sakeondernemings te verduidelik;

die ekonomiese doelwitte van die verskillende rolspelers in die ekonomie en die onderneming te identifiseer;

die impak wat ʼn verandering in insetkostes en volume op prys, mededinging en die industrie sal hê te beskryf;

die vlak van uitset en prys om winste te maksimeer te bepaal;

die markprys en die impak van verandering van pryse op wins te verduidelik;

die redes en effek van regeringsinmenging om pryse te stabiliseer te beskryf;

Bladsy 4

Vakleeruitkomste


GEN105 Bedryfsekonomie

die belangrikste redes vir mislukking in die mark en regulasies wat beskikbaar is om dit te vermy te beskryf en prakties toe te pas;

die redes vir die vraag na geld en bates, en die gebruike van krediet te verduidelik; en

die funksies van die basiese finansiële markte en instellings in die fasilitering van handel en ontwikkeling te beskryf.

Vakleeruitkomste

Bladsy 5


GEN105 Bedryfsekonomie

WOORDOMSKRYWING VIR EVALUERING In die afdeling oor selfevaluering, asook in die werkopdragte sal daar van jou verwag word om sekere take te verrig. Dit is belangrik dat jy presies weet wat van jou verwag word. Die woordelys hieronder sal jou hiermee help. Werkwoord

Omskrywing

Lys

Lys die name/items wat bymekaar hoort

Identifiseer

Eien (ken uit) en selekteer die regte antwoorde

Verduidelik

Ondersoek die moontlikhede, oorweeg dit en skryf dan jou antwoord (verklaring/verduideliking) neer

Beskryf

Omskryf die konsep of woorde duidelik

Kategoriseer/

Bepaal tot watter klas, groep of afdeling bepaalde

klassifiseer

items/voorwerpe behoort

Analiseer

Om iets te ontleed

Evalueer

Bepaal die waarde van ʼn stelling/stelsel/beleid/ens.

Toepas

Pas die teoretiese beginsels toe in ʼn praktiese probleem

Hersien

Evalueer, verbeter en/of wysig ʼn beleid/dokument/stelsel/ens.

Bereken

Gebruik wiskundige berekeninge om die antwoord te bepaal

Bladsy 6

Woordomskrywing vir evaluering


GEN105 Bedryfsekonomie

STUDIE-EENHEID 1: DIE MARKSTELSEL EN MEDEDINGING

1.1

Studie-eenheid leeruitkomste

Nadat jy hierdie eenheid bestudeer het, sal jy in staat wees om die markprys te bepaal, asook die impak daarvan op winste, regeringsinmenging vir prysstabilisasie en markmislukking en regulasies te verduidelik. Kennis en begrip Na voltooiing van Studie-eenheid 1 sal jy in staat wees om jou kennis en begrip van die volgende te demonstreer: •

Markprys en die impak van verandering van pryse op wins

Pryselastisiteit

Markmislukking en mededinging

Vaardighede Jy sal ook in staat wees om: •

ten opsigte van markpryse die volgende te doen: o

die markprys te bepaal en die impak van verandering van pryse op wins te verduidelik; en

o

die ewewigsprys in ’n produk- of faktormark wat waarskynlik die resultaat van bepaalde veranderinge in vraag- of aanbodomstandighede is te identifiseer.

ten opsigte van pryselastisiteit die volgende te doen: o

die pryselastisiteit van vraag en die pryselastisiteit van aanbod te bereken;

o

die determinante van die pryselastisiteit van vraag en aanbod te verduidelik; en

o

die gevolge van pryselastisiteit van vraag op ’n onderneming se inkomste ná ’n verandering in pryse te verduidelik.

ten opsigte van regeringsinmenging die volgende te doen: o

die redes en effek van regeringsinmenging om pryse te stabiliseer te verduidelik;

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 7


GEN105 Bedryfsekonomie

o

te verduidelik hoe die regering se beleid pryse, produsentinkomste en markewewig in die markte kan beĂŻnvloed; en

o

die impak van die prysregulasie in goedere- en faktormarkte te verduidelik.

die markkonsentrasie en die faktore wat aanleiding gee tot verskillende vlakke van

•

konsentrasie tussen markte, insluitende die verkryging en kombinasies, te verduidelik; ten opsigte van markmislukking en mededinging die volgende te doen:

•

o

die belangrikste redes van mislukking in die mark en regulasies wat beskikbaar is om dit te vermy te verduidelik;

o

markmislukkings en hul uitwerking op pryse, die doeltreffendheid van die markwerking en ekonomiese welsyn te verduidelik;

o

die impak van die verskillende vorme van mededinging op pryse, uitset en winsgewendheid te identifiseer;

o

die belangrikste beleide om te verhoed dat maatskappye monopoliekrag misbruik te verduidelik; en

o

die waarskynlike antwoorde van die regering tot markmislukkings te verduidelik.

1.2

Voorgeskrewe handboek

BPP Learning Media. 2017. CIMA certificate BA1 course book: Fundamentals of Business Economics. Mohr, P. & medewerkers. 2015. Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente. 5de uitgawe. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Bladsy 8

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid moet jy die volgende afdelings bestudeer:

CIMA, BA1: Deel A: Die doelstellings en mededingende omgewing van ondernemings •

Hoofstuk 3, paragrawe 1-4.2

Hoofstuk 4, paragrawe 1.1-3.2

Hoofstuk 6, paragrawe 1.1-5.2

Mohr & medewerkers, 2015: •

Hoofstuk 4, paragrawe 4.2-4.5

Hoofstuk 5, paragrawe 5.1-5.6 (paragraaf 5.7 en 5.8 hoef nie bestudeer te word nie)

1.3

Hoofstuk 6, paragrawe 6.1-6.3 en 6.5

Hoofstuk 10

Hoofstuk 11

Hoofstuk 15, paragraaf 15.2 en 15.3

Verrykende bronne •

http://www.netwerk24.com/sake/2015-01-25-selfs-switsers-trap-klei-met-wet-vanvraag-en-aanbod

http://www.economist.com/news/americas/21637436-mistakes-dilma-rousseff-madeduring-her-first-presidential-term-mean-her-second-will-be

• 1.4

http://www.wsj.com/articles/blackouts-roll-through-large-swath-of-brazil-1421709716 Hoe kan jy jou begrip verbeter?

Jy moet seker maak dat jy die volgende terme verstaan: Sleutelwoord

Omskrywing

Aanbod

Hoeveelheid van ʼn produk/diens wat ondernemings beplan om gedurende ʼn bepaalde tydperk teen verskillende moontlike pryse te verkoop.

Markmislukking

As vryemarkhandel nie goedere en dienste kan verskaf teen die pryse van marginale nut van die produk nie.

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 9


GEN105 Bedryfsekonomie

Markprys

Ewewigsprys tussen aanbod en vraag – wat verbruikers bereid is om te betaal en wat ondernemings/produsente bereid is om te aanvaar as wins.

Substituutprodukte

Produkte wat in die plek van ander gebruik kan word om aan ʼn bepaalde behoefte te voldoen (byvoorbeeld margarien as substituut vir botter).

Vraag

Hoeveelheid van ʼn produk/diens wat die potensiële kopers kan bekostig om aan te koop en bereid is om aan te koop

1.5

Inleiding

Die pryse en hoeveelhede in die mark word bepaal deur die wisselwerking tussen vraag en aanbod. Verbruikers het ʼn vraag na sekere produkte en dienste, maar het bepaalde middele (geld) nodig om aan hierdie behoeftes te voldoen. Produsente (ondernemings) verskaf produkte en dienste en het ʼn doelwit om wins te maak. Vraag en aanbod bepaal gesamentlik die ewewigsprys en -hoeveelheid wat geproduseer gaan word. 1.6

Markprys

Markte is waar kopers en verkopers bymekaar kom om produkte of dienste te koop en te verkoop. Daar is verskillende tipes markte, soos die goederemark, finansiële markte, kommoditeits- en faktormarkte. Hierdie studie-eenheid fokus op die produktemark waar fisiese goedere gekoop en verkoop word en watter faktore die prys sal beïnvloed. 1.6.1

Vraag

Bestudeer: CIMA, 2017: 34-37 (Hoofstuk 3, paragrawe 2-2.2) Mohr & medewerkers, 2015: 62-72 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.2)

Die vraag dui op die hoeveelheid van ʼn sekere produk wat die verbruiker aanvra en bereid is om teen ʼn gegewe prys te koop. Dit word ook beïnvloed deur verbruikersfaktore, byvoorbeeld smaak, voorkeure en inkomste. Die verbruiker moet dus: •

bereid wees om te koop; en

gewillig wees om

teen die gegewe prys te koop

Bladsy 10

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie

Wet van vraag • Hoe hoër die prys van 'n produk, hoe laer is die hoeveelheid wat aangevra word, op voorwaarde dat alle ander faktore onveranderd bly Die pryse en hoeveelhede van produkte in die mark word bepaal deur die wisselwerking tussen vraag en aanbod. Firmas/ondernemings bied die produkte en dienste aan en huishoudings is die verbruikers wat die finale goedere en dienste aanvra. Bestudeer paragraaf 2 op bladsy 47 (CIMA, 2017) en maak seker dat jy die vraagkurwe verstaan en in staat is om self hierdie grafieke te teken. Op hierdie grafieke kan jy sien hoe die vraag na die produk verander namate die prys verander: hoe hoër die prys, hoe laer die vraag na die produk. Dikwels word simbole gebruik om ekonomiese teorieë uit te druk. Die simbole wat vir vraag gebruik word, is soos volg (Mohr & medewerkers, 2015: 64): Qd = Aantal aangevra (gedurende spesifieke tydperk) Px = Prys van produk Pg = Prys van verwante goedere Y = Inkomste van huishouding gedurende die bepaalde tydperk T = Smaak/voorkeur van die verbruikers N = Aantal persone betrokke ... = Voorsiening vir ander invloede

Die hoeveelheid van ʼn produk wat in ʼn bepaalde tydperk deur ʼn individu (of huishouding) aangevra word, hang af van die PRYS van die produk, die prys van verwante goedere, die INKOMSTE van die individu (of huishouding), die SMAAK/VOORKEURE van die betrokke verbruiker(s), die AANTAL persone in die huishouding en enige ander moontlike invloede. Faktore wat die markvraag beïnvloed (voorwaardes van vraag) Bestudeer: CIMA, 2017: 48-49 (Hoofstuk 3, paragraaf 2.2) Mohr & medewerkers, 2015: 69-72 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.2)

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 11


GEN105 Bedryfsekonomie Daar is vyf basiese faktore wat die vraag na ʼn produk kan beïnvloed: •

Prys van die produk

Komplimentêre (verwante) en substituutprodukte wat beskikbaar is en die pryse daarvan

Inkomste van die huishouding

Smake en voorkeure van die verbruiker

Grootte van die huishouding

Hierdie faktore speel ʼn belangrike rol in die vraag na ʼn produk, soos die verandering in die verskillende aspekte van inkomste in ʼn huishouding. Bestudeer paragraaf 2.2 (CIMA, 2017: 48) en beantwoord die vraag op bladsy 49. Wanneer een van die bogenoemde faktore verander kan die hele vraagkromme skuif. ʼn Verskuiwing na regs word ʼn uitbreiding van vraag genoem en ʼn verskuiwing na links word ʼn inkrimping van vraag genoem. Verskuiwing van die vraagkromme Bestudeer: CIMA, 2017: 48, (Hoofstuk 3, paragraaf 2.2) Mohr & medewerkers, 2015: 68-69 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.2)

Faktore wat die vraagkromme sal laat verander (verskuiwing van die vraagkromme), sluit in: •

ʼn Verandering in die prys van verwante (substituut en komplementêre) produkte

As die inkomste van die verbruiker verander

ʼn Verandering in die verbruiker se smake en voorkeure

ʼn Verandering in die bevolking

Toename in die bevolking

ʼn Verwagte prysverandering in die toekoms

Bestudeer Figuur 4-5 tot 4-6 in Mohr & medewerkers (2015: 69-70) vir die verskillende verskuiwings van die vraagkromme. Jy moet in staat wees om die grafieke te kan teken en ʼn verduideliking by te gee.

Bladsy 12

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie Beweging op die vraagkromme Bestudeer: CIMA, 2017: 47-48, (Hoofstuk 3, paragraaf 2-2.2) Mohr & medewerkers, 2015: 68-69 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.2) ʼn Faktor wat ʼn beweging op die vraagkromme sal veroorsaak is ʼn verandering in die prys van die produkte. Bestudeer Figuur 4-4 in Mohr & medewerkers (2015: 68) vir die beweging op die vraagkromme. Jy moet in staat wees om die grafiek te kan teken en ʼn verduideliking by te gee. Opsomming van “vraag” Verskuiwing van die kromme = verandering in faktore Beweging op ʼn kromme = verandering in prys ʼn Verandering in PRYS veroorsaak ʼn beweging OP die vraagkromme. ʼn Verandering in enige van die FAKTORE veroorsaak ʼn verskuiwing VAN die vraagkromme.

ʼn Verhoging in die prys van die substituutproduk verhoging in die vraag na alternatiewe produkte. Byvoorbeeld ʼn styging in die PRYS van botter verhoging in die VRAAG na margarien. •

Indien die prys van botter styg, sal ʼn groter hoeveelheid margarien as voorheen teen elke prys (van margarien) aangevra word.

Die vraagkromme met betrekking tot margarien skuif na REGS = toename in vraag, sien Figuur 1.1 hieronder.

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 13


GEN105 Bedryfsekonomie

Figuur 1.1: Substituutprodukte Leer die opsomming van VRAAG in Mohr & medewerkers (2015: 73) paragraaf 4.2 (Tabel 4-3, Die markvraagkromme: ’n opsomming). 1.6.2

Aanbod

Bestudeer: CIMA, 2017: 49-51, (Hoofstuk 3, paragraaf 3-3.2) Mohr & medewerkers, 2015: 72-78 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.3)

Die markaanbod van produsente/firmas is die hoeveelhede wat beplan word om te verkoop teen ʼn moontlike prys, met die moontlikheid van wins. Aanbod word bepaal deur die prys van die produk/diens, pryse van alternatiewe produkte, insetkoste en produksiefaktore, verwagte toekomstige pryse en die stand van tegnologie. Aanbod is dus die hoeveelheid wat te koop aangebied word of wat ondernemings bereid is om in die mark aan te bied teen ʼn gegewe prys. Anders gestel: Dit is die hoeveelheid van ʼn produk of diens wat ondernemings beplan om gedurende ʼn bepaalde tydperk teen verskillende pryse te verkoop. Bestudeer Figuur 2, die grafiese voorstelling van die aanbodkromme (CIMA, 2017: 50).

Bladsy 14

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie Die simbole wat gewoonlik vir aanbod op grafiese voorstellings gebruik word, is soos volg (Mohr & medewerkers, 2015: 75):

Qs = Aantal aangebied (gedurende spesifieke tydperk) Px = Prys van produk Pg = Prys van verwante goedere Pf = Verwagte toekomstige prys Ty = Tegnologie ... = Voorsiening vir ander invloede

Faktore wat die markaanbod beïnvloed Bestudeer: CIMA, 2017: 51 (Hoofstuk 3, paragraaf 3.2) Mohr & medewerkers, 2015: 77 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.3) Die belangrikste faktore wat die hoeveelheid aangebied beïnvloed, is: •

Die prys van die produk

Pryse van alternatiewe produkte, soos substituut- en komplimentêre produkte

Prys van produksiefaktore en insette

Verwagte veranderinge in toekomstige pryse

Verandering in tegnologie

Net soos met vraag, is daar voorwaardes wat die aanbodkromme of die hoeveelheid aangebied sal beïnvloed. Verskuiwing van die aanbodkromme Bestudeer: CIMA, 2017: 51, (Hoofstuk 3, paragraaf 3.2) Mohr & medewerkers, 2015: 77-78 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.3) Faktore wat die aanbodkromme sal laat skuif, sluit in: •

Verandering in die prys van alternatiewe produkte

Verandering in die prys van gesamentlike produkte

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 15


GEN105 Bedryfsekonomie

Verandering in prys van insette

Verandering in verwagte toekomstige pryse

Tegnologie verbeter

ʼn Verandering in die aantal firmas

Verbeterde produktiwiteit

Verandering in belasting of subsidies

Bestudeer Figuur 4-10 in Mohr & medewerkers (2015: 78) vir die beweging van die aanbodkromme. Jy moet in staat wees om die grafiek te kan teken en ʼn verduideliking by te gee. Beweging op die aanbodkromme Bestudeer: CIMA, 2017: 47-48, (Hoofstuk 3, paragraaf 2-2.2) Mohr & medewerkers, 2015: 77 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.3)

ʼn Faktor wat ʼn beweging op die aanbodkromme sal veroorsaak, is ʼn verandering in die prys van die produkte. Bestudeer Figuur 4-9 in Mohr & medewerkers (2015: 77) vir die beweging op die aanbodkromme. Jy moet in staat wees om die grafiek te kan teken en ʼn verduideliking by te gee. Opsomming van “AANBOD” Verskuiwing van die kromme = verandering in faktore Beweging op ʼn kromme = verandering in prys

ʼn Verandering in PRYS veroorsaak ʼn beweging OP die aanbodkromme. ʼn Verandering in enige van die FAKTORE veroorsaak ʼn verskuiwing VAN die aanbodkromme. Leer die opsomming van AANBOD in Mohr & medewerkers (2015: 79) paragraaf 4.3 (Tabel 4-5, Die markaanbodkromme: ’n opsomming).

Bladsy 16

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie 1.6.3

Vraag en aanbod

Bestudeer: Mohr & medewerkers, 2015: 62-78 (Hoofstuk 4, paragrawe 4.1-4.3)

Vraag en aanbod is baie belangrike faktore in die ekonomie. ʼn Agtergrond van vraag en aanbod word in Hoofstuk 4 (Mohr & medewerkers, 2015) en die toepassing in Hoofstuk 5 bespreek. Wenke om “vraag en aanbod” te verstaan: •

Maak seker jy verstaan HOE die verskuiwings van en die beweging op die grafieke plaasvind en HOEKOM dit plaasvind.

Benoem die asse, lyne en verskuiwings soos in die voorbeelde in die handboeke.

Dink logies oor die vraag – VRAAG is uit die oogpunt van die verbruiker en AANBOD is uit die oogpunt van die produsent.

Bestudeer die grafieke op bladsy 92 (Mohr & medewerkers) (Figuur 5-5). Hierdie grafieke dui aan hoe beide die vraag- en aanbodkurwes gelyktydig op ʼn grafiek kan skuif. 1.6.4

Markewewig

Bestudeer: CIMA, 2017: 53-55 (Hoofstuk 3, paragraaf 4.1-4.2) Mohr & medewerkers, 2015: 78-83 (Hoofstuk 4, paragraaf 4.4-4.5) Die punt waar markvraag en markaanbod bymekaarkom, is die ewewigsprys. Op hierdie punt is die produsent (verkoper) en die verbruiker (koper) tevrede met die prys van die produk asook die hoeveelheid beskikbaar in die mark. Hierdie ewewig is steeds veranderbaar indien daar ʼn verandering in vraag of aanbod is. By die ewewig (snypunt van die twee lyne) is daar ook geen surplus of tekort van die produk in die mark nie. Bestudeer Figuur 3 (Equilibrium Prices) op bladsy 53 (CIMA, 2017). Let op die veranderinge in prys, hoeveelheid aangebied en hoeveelheid gevra. Die markmeganisme: Die markmeganisme verwyder enige situasie van onewewig. a) oormaataanbod/surplus: aanbod > vraag

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 17


GEN105 Bedryfsekonomie b) oormaatvraag/tekort: vraag > aanbod Lees deur paragraaf 4.1.1 en 4.1.2 in CIMA (2017) om te verstaan hoe die surplus en tekort verwyder word. Die funksies van die prysmeganisme is: c) om aan te dui wanneer daar ʼn tekort of surplus aan ʼn produk is; d) om die verhouding van skaarsheid in die hoeveelheid aangebied te beheer; en e) om verbruikers en produsente te beloon om die tekorte en surplusse in die mark te beperk. Toepassing van vraag en aanbod Bestudeer: CIMA, 2017: 55-63 (Hoofstuk 3, aktiwiteit 4) Mohr & medewerkers, 2015: 87-104 (Hoofstuk 5, paragraaf 5.1-5.6) Bestudeer die voorbeelde en grafieke in Mohr & medewerkers (2015: 89, 91). Die voorbeelde handel oor veranderinge in die vraag en veranderinge in die aanbod. 1.6.5

Pryselastisiteit

Bestudeer: CIMA, 2017: 66-77 (Hoofstuk 4, paragrawe 1-3.2) Mohr & medewerkers, 2015: 108-120 (Hoofstuk 6, paragraaf 6.1-6.3) Pryselastisiteit is ʼn maatstaf van sensitiwiteit/beweging van veranderlikes wat met mekaar verband hou. Elastisiteit meet die sensitiwiteit van die afhanklike veranderlike teenoor verandering in die onafhanklike veranderlike. Dit word soos volg bereken:

%∆ %∆

Waar: = die simbool vir “verandering in�

Bladsy 18

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie Pryselastisiteit van vraag Pryselastisiteit handel oor die verhouding tussen die verandering in hoeveelheid gevra en die verandering in prys. Dit is dus ʼn manier om te meet in watter mate die markvraag van ʼn produk sal reageer indien daar ʼn verandering in die prys is.

%∆ ℎ ℎ %∆ OF =

%∆ %∆

Waar: PEV = Pryselastisiteit van vraag Δ = verandering (simbool) P = prys van produk Q = hoeveelheid gevra Werk deur die voorbeelde in paragraaf 1.1.1 en 1.1.3 en probeer om self die PEV te bereken in aktiwiteit 1 op bladsy 68 (CIMA, 2017). Interpretasie van pryselastisiteit van vraag PEV > 1 (pryselasties): Die persentasie verandering in vraag is GROOTTER as die persentasie verandering in prys PEV < 1 (prysonelasties) Die persentasie verandering in vraag is KLEINER as die persentasie verandering in prys Let wel: die waarde van elastisiteit word geaffekteer deur die helling van die vraagkromme m.a.w. laer elastisiteitwaardes is ʼn resultaat van ʼn steiler helling. Sien in Mohr & medewerkers (2015: 115) vir grafieke ter illustrasie. Bestudeer Figuur 6-1 op bladsy 109 van Mohr & medewerkers (2015), die uitwerking van verskillende vraagelastisiteite op die ewewigsprys en -hoeveelheid. Die grafieke wys: a) Relatiewe elastiese vraagkromme: ∆Q > ∆P b) Relatiewe onelastiese vraagkromme: ∆Q < ∆P

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 19


GEN105 Bedryfsekonomie Bestudeer Tabel 6-2, die opsomming van die pryselastisiteit van vraag, in Mohr & medewerkers (2015: 116). Dit is ook belangrik om te verstaan watter faktore die pryselastisiteit van vraag sal beïnvloed. Bestudeer: CIMA, 2017: 75 (Hoofstuk 4, paragraaf 2.3) Mohr & medewerkers, 2015: 116-119 (Hoofstuk 6, paragraaf 6.3) Faktore wat pryselastisiteit van vraag beïnvloed Die volgende faktore beïnvloed pryselastisiteit van vraag: •

Die vervangbaarheid van die produk

•

Die komplementariteitsgraad van die produk

•

Die soort behoefte wat die produk bevredig

•

Die invloed van tydsduur/tydperk

•

Persentasie inkomste wat aan produk bestee word

•

Noodsaaklikheid van produk

•

Gewoonte-aankope (brand loyalty)

Bestudeer Figuur 6-3 op bladsy 114 in Mohr & medewerkers (2015). Let ook spesifiek op na die verskil tussen volmaak onelastiese en elastiese vraag. Pryselastisiteit van aanbod Bestudeer: CIMA, 2017: 77 (Hoofstuk 4, paragraaf 3.1) Mohr & medewerkers, 2015: 121-122 (Hoofstuk 6, paragraaf 6.5) Die pryselastisiteit van aanbod dui aan hoe elasties en sensitief aanbod tot prysveranderings is.

%∆ %∆ OF

%∆ %∆

Waar: PEA = Pryselastisiteit van aanbod

Bladsy 20

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie Pryselastisiteit van aanbod kan verskil soos wat die produkte wat aangebied word verskil en afhangend van of die hoeveelheid voorraad beperk of onbeperk is. Faktore wat pryselastisiteit van aanbod beïnvloed Die volgende faktore beïnvloed pryselastisiteit van aanbod: •

Tydsduur om te besluit

Prysverwagting

Beskikbaarheid van voorraad

Bykomende kapasiteit om te vervaardig

Koste van produksiefaktore

Verbetering in tegnologie

Maatreëls vir marktoetrede

Opsomming: Pryselastisiteit

E DP

E DY

EDXP

ESP

oneindig elasties ∞

interpreteer die teken

- komplimentêr

elasties

relatief elasties 1-∞

+ normale produk

+ substituut

relatief elasties >1

relatief onelasties 0-∞

0-1 = noodsaaklike produk / > 1 = luukse produk

relatief onelasties 0-1

onelasties =0

- minderwaardige produk

onelasties = 0

eenheidselasties =1

eenheidselasties = 1

Figuur 1.2: Pryselastisiteit (Mohr en medewerkers, 2015; CIMA, 2017)

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 21


GEN105 Bedryfsekonomie 1.7

Markmislukking en mededinging

Bestudeer: CIMA, 2017: 103-109 (Hoofstuk 6, paragrawe 1-4.2.23) Mohr & medewerkers, 2015: 289-297 (Hoofstuk 15, paragraaf 15.3) (Lees deur paragraaf 15.2 vir agtergrondskennis)

Bestudeer hierdie afdeling en maak seker dat jy die belangrikste redes vir mislukking in die mark kan verduidelik, asook watter regulasies beskikbaar is om dit te voorkom. Daar is reeds gekyk na vraag en aanbod en hoe die prysmeganisme surplusse en tekorte elimineer sodat die beste resultate gelewer kan word. Nou gaan ons kyk na ʼn situasie waar die hulpbronne nie doeltreffend geallokeer is nie en dus lei tot markmislukking. Die markmislukking sal lei tot ʼn vorm van owerheidsinmenging, met die oog om dit te korrigeer. 1.7.1

Die aard van eksternaliteite

Bestudeer: CIMA, 2012: 128-135 (Hoofstuk 8, paragraaf 5)

Belangrike konsepte hier is die volgende: •

Markmislukking: Markmislukking is wanneer die vryemarkstelstel nie in die verbruiker se behoeftes in terme van produksie, hoeveelheid, prys en marginale nut van produkte en dienste kan voorsien nie.

Eksternaliteite: Maatskaplike voordele waarvan die marginale nut nie gemeet kan word nie, byvoorbeeld voorsiening van water, vullisverwydering (voordele vir die gemeenskap). Dit is die positiewe of negatiewe koste of voordeel van ʼn transaksie op ʼn persoon (eksterne persoon) wat nie betrokke was by die transaksie nie. o

Meriete goedere/nie-meriete goedere: Onderwys, veiligheid, sigarette, besoedeling

o

Openbare (publieke) goedere: Kollektiewe goedere, byvoorbeeld straatligte. Ons kan nie die nut daarvan meet nie omdat almal dit gebruik – dus kan ons nie meet wie kry die meeste nut daaruit en so ʼn prys daaraan koppel nie.

o

Onvolmaakte mededinging

o

Ongelyke verspreiding van inkomste en welvaart

Bladsy 22

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie 1.7.2

Mededinging

Bestudeer: CIMA, 2012: 132-135; 140-142 (Hoofstuk 8, paragrawe 2.1-2.3; 4.1-4.2) Mohr & medewerkers, 2015: 169-185 (Hoofstuk 10) Daar is vier basiese vorme van mededinging in die mark – volmaakte mededinging, monopolie, monopolistiese mededinging en oligopolie. Alle vorme van mededinging bestaan uit kopers en verkopers met eienskappe wat sal verskil, byvoorbeeld wat die vlak van mededinging is. Sien Tabel 10-1 (Opsomming van markstrukture) in Mohr & medewerkers (2015: 171). Dis belangrik om te verstaan wat “prysnemers” beteken. Prysnemers moet die prys as gegewe aanvaar en kan slegs besluit watter hoeveelhede hulle teen daardie prys gaan aanbied/vra. Volmaakte mededinging is die hoogste/volledigste graad van mededinging en kom voor wanneer nie een van die individuele markdeelnemers (kopers/verkopers) die prys van die produk kan beïnvloed nie.

VOORWAARDES VAN VOLMAAKTE MEDEDINGING: 1. Groot aantal kopers en verkopers vir die produk 2. Geen samewerking tussen verkopers 3. Goedere moet homogeen/identies wees 4. Vryheid van toetrede tot en uittrede uit die mark 5. Volledige kennis van die mark 6. Geen owerheidsinmenging 7. Produksiefaktore moet beweeglik wees

1.7.3

Markstruktuur

Bestudeer: Mohr & medewerkers, 2015: 170-171 (Hoofstuk 10, paragraaf 10.1)

Die gedrag van ʼn onderneming hang van die kenmerke van die mark (waarin sy produk/diens verkoop word) en van die produksiekoste af.

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 23


GEN105 Bedryfsekonomie Kenmerke van markstrukture: 1. Aantal firmas 2. Die aard van die produk 3. Toetrede tot die mark 4. Beskikbaarheid van inligting 5. Samespanning (collusion) 6. Beheer oor prys van produk 7. Vraagkromme 8. Langtermyn ekonomiese wins 1.7.4

Monopolie

Bestudeer: Mohr & medewerkers, 2015: 187-215 (Hoofstuk 11) ʼn Monopolie het net een verkoper van ʼn produk of diens met geen goeie substitute nie. Toetrede tot die mark is ook dikwels moeilik of geblokkeer. Die verkoper (produsent) bepaal die prys van die produk/diens en die prys kan ook baie onelasties wees, wat die verbruiker kan benadeel, byvoorbeeld die verkoper kan ʼn baie hoë prys stel en sodoende die verbruiker uitbuit. Omdat daar nie mededingers is met substituutprodukte nie, word die produk se prys en hoeveelheid aangebied deur die produsent beheer. Die prys styg en om ʼn surplusvoorraad in die mark te voorkom, word die hoeveelheid aangebied beperk en dit verhoog die produsent se wins. Daar is ook gevalle waar ʼn monopolie natuurlik (Mohr & medewerkers, 2015: 195) kan voorkom in die mark. Maak seker dat jy die verskil tussen ʼn gewone monopolie en ʼn kwasi-monopolie (Mohr en medewerkers, 2015: 188) verstaan. Alle markstrukture – reëls Die onderstaande vergelykings word vir alle markstrukture gebruik om die gemiddelde koste, grenskoste, totale koste en wins te bepaal.

Bladsy 24

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie

GEMIDDELD (AC)

!

GRENS (MC)

∆ ∆ !

TOTAAL (TC)

! × #$% (QXP)

WINS is waar

MR=MC

Onderneming

Aantal

Volmaakte

Monopolistiese

Oligopolie

Monopolie

mededinging

mededinging

Baie

Baie

Baie min

Een

Volkome vry/

Vry/onbeperk

Wissel van vry

Beperk of heeltemal

tot beperk.

geblokkeer

ondernemings Marktoetrede

onbeperk Aard van die

Homogeen/

Heterogeen/

Homogeen/

Uniek (met geen

produk

identies

gedifferensieerd

gedifferensieer

goeie substituut)

d Vraagkurwe

Horisontaal –

Afwaartse

Afwaartse

Afwaartse helling

onderneming

helling, maar

helling, geknik

(onelasties). Gelyk

prysnemer.

relatief elasties

(relatief

aan die

onelasties en

markvraagkurwe

Volmaak elasties

elasties) Markinligting

Volmaakte kennis

(kennis van

d.w.s. volledig

Onvolledig

Onvolledig

Volmaakte kennis d.w.s. volledig

marktoestande) Beheer oor

Geen beheer.

Beperk/mate

Taamlike

Volledige beheer,

markprys

Prysnemer

van beheer

beheer, maar

prysbepaler

nie prysbepalers Wins/verlies

Kort termyn:

Kort termyn:

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Ekonomiese

Ekonomiese wins

Bladsy 25


GEN105 Bedryfsekonomie

Besluitneming

Voorbeelde

ekonomiese wins/

ekonomiese

wins oor kort-

oor kort- en

verlies

wins/ verlies

en langtermyn

langtermyn

Lang termyn:

Lang termyn:

Normale wins

Normale wins

Besluit het geen

Beïnvloed deur

Beïnvloed deur

Onafhanklik

invloed op ander

ander

ander

nie

mededingers

mededingers

Internasionale

Restaurante,

Petrol, olie,

Water &

kommoditeits-

klere en

yster en staal

elektrisiteitvoorsienin

markte, finansiële

loodgieters

g (Eskom)

markte en varsprodukte Samespanning

Nie moontlik nie

Nie moontlik nie

Moontlik

Nie relevant nie

Tabel 1.1: Opsomming van markstrukture (Aangepas uit Mohr en medewerkers, 2015) Kyk na die opsomming van markstrukture in Mohr & medewerkers (2015: 214) paragraaf 11.6 (Tabel 11-2, Die verskillende markstrukture: ’n opsomming). 1.8

Samevatting

Handel vind plaas om die markprys deur middel van vraag en aanbod vas te stel. Dit word bepaal deur die hoeveelheid wat verbruikers bereid is om te betaal en die hoeveelheid wat teen ʼn prys van die produsent beskikbaar is. Daar is ook verskeie faktore wat die prys kan beïnvloed, soos insetkostes, mededingers, skaarsheid en verbruikersvoorkeure. Vraag word ook gedryf deur die beskikbaarheid en prys van komplimentêre en substituutprodukte. Pryselastisiteit is ’n aanduiding van hoe sensitief die verandering in hoeveelheid is, indien die prys van ʼn produk of diens verander. Daar is verskeie faktore wat die pryselastisiteit van die vraag na ʼn produk kan beïnvloed, soos substituutprodukte, gewoonte-aankope en die noodsaaklikheid van die produk. Dit word ook gebruik om te meet hoe die hoeveelheid aangebied gaan verander indien daar ʼn verskil in die prys is. Daar is baie sikliese veranderinge in die primêre sektor, veral met betrekking tot landbouprodukte en as gevolg van veranderinge in arbeid en weersomstandighede. Daar is verskillende vorme van staatshulp om landbouprodusente te ondersteun en onstabiliteit in

Bladsy 26

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging


GEN105 Bedryfsekonomie pryse te beheer. Minimumlone vir werkers, asook minimum- en maksimumpryse word gebruik om die produsent (boere) en die verbruikers te help teen onstabiliteit. Ondernemings wat gerig is op winsmaksimering sal ook poog om skaalvoordele te verkry deur middel van nuwe produkte, uitbreiding, diversifikasie of markontwikkeling. ʼn Monopolie is gewoonlik nie die beste praktyk in die mark nie en kan verbruikers uitbuit met die prys van produkte en toetrede tot die mark is gewoonlik beperk vir nuwe mededingers. Mededinging het bepaalde markreëls om markmislukking te voorkom en prysstabiliteit te verseker. 1.9

Selfevaluering en riglyne

Vraag en aanbod is ʼn baie belangrike afdeling. Dit is belangrik dat jy dit goed verstaan en kan verduidelik. Voltooi al die oefeninge aan die einde van die verskillende hoofstukke in CIMA (Hoofstukke 3,4 en 6) en maak seker jy kan grafieke trek en ook verskuiwings aandui. Dit is ook belangrik om te verstaan watter faktore daartoe sal bydra dat ʼn punt op die lyn verander en watter faktore die hele lyn sal verskuif. Jy moet ook weet hoe om die ewewig te bereken. In hierdie studie-eenheid en in die handboek (CIMA) word verskeie teorieë, somme/bewerkings, grafieke/interpretasies bespreek. Maak seker dat jy elk van die volgende goed onder die knie het: Vraag en aanbod (CIMA, 2017): •

Die vrae in Hoofstuk 3 van CIMA: bladsy 49, 52, 53 en 55 onderskeidelik. Antwoorde is op bladsy 59-62.

Toets jou kennis aan die vrae (Test your learning) op bladsy 63.

Pryselastisiteit (CIMA, 2017): •

Die vrae in Hoofstuk 4 van CIMA: bladsy 68, 69, 71, 75, 76 en 77 onderskeidelik. Antwoorde is op bladsy 80-81.

Die vrae (Test your learning) op bladsy 82.

Markmislukking (CIMA, 2017): •

Die vrae in Hoofstuk 6 van CIMA: bladsy 104, 105, 107, 110, 111 en 112 onderskeidelik. Antwoorde is op bladsy 115-116.

Die vrae (Test your learning) op bladsy 117.

Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging

Bladsy 27


Bedryfsekonomie Handboeke • BPP Learning Media. 2017. CIMA Study text for level BA1: Fundamentals of Business Economics. • Mohr, P. & medewerkers. 2015. Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente. 5de uitgawe. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

B

edryfsekonomie is die toepassing van ekonomiese teorie en metodologie op sakeondernemings en behels besigheidsorganisasie, bestuur en meting van prestasie. Die fokus is hoofsaaklik op die impak van die ekonomie op ondernemings, asook hoe mededinging, finansiële markte en regeringsbeleid ʼn onderneming kan beïnvloed. Belangrike mikro-ekonomiese tegnieke word uitgelig ten opsigte van prysvasstelling en winsbesluite. Die studie fokus op die belangrikste ekonomiese aktiwiteite wat relevant is vir besluitneming in ʼn onderneming. Die kwessie van keuses ontstaan omdat die basiese hulpbronne van ’n onderneming, soos kapitaal, grond, arbeid, en bestuursvermoë en vaardighede dikwels beperk is. Die ekonomiese faktore wat ondernemingsbesluite gaan beïnvloed sluit inflasie, die handelsbalans, werkloosheid en belasting in. Hierdie faktore gaan ʼn impak hê op prysvasstelling en winsbesluitneming in ʼn onderneming en kan dus die groei en ontwikkeling van die onderneming bevorder of beperk. Die markstelsel word gedryf deur vraag en aanbod wat die prys van produkte en dienste beïnvloed en gevolglik ook die wins van ʼn onderneming. Regulasies word gebruik om onregverdige praktyke in die markstelsel te vermy en mededinging regverdig te hou. Die finansiële stelsel van ʼn land voorsien krediet vir huishoudings en ondernemings. Hierdie stelsel word deur verskeie instellings bestuur om ekonomiese groei in die land aan te moedig.

Die Ekonomie (Outeur 2015)

Mikro- en makro-ekonomie (Mohr, 2015: 12) Hierdie begeleidingsgids word in dele beskikbaar gemaak: Deel I Studie-eenheid 1: Die markstelsel en mededinging Deel II Sal nog gekommunikeer word.

www.akademia.ac.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.