hulp bron
ne
professionele gedrag
mens
like
strategie
inligting
regverdigheid
tegn
olog i
e
bestuur
werksaamhede
hulp
midd els
bemarking
Ondernemingsbestuur I Skrywer: Dr. Marna Laurens
c Kopiereg 2016 Onder redaksie van: Paul JN Steyn, BA (PU vir CHO), THOC (POK), DEd (Unisa) Skrywer: Dr. Marna Laurens Onderwysontwerp, bladuitleg en taalversorging: Dr. Daleen van Niekerk ’n Publikasie van Akademia. Alle regte voorbehou. Adres: Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046 Tel: 0861 222 888 E-pos: diens@akademia.ac.za Webtuiste: www.akademia.ac.za
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewers gereproduseer of in enige vorm of deur enige middel weergegee word nie, hetsy elektronies of deur fotokopiëring, plaat- of bandopnames, vermikrofilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring nie. Enige ongemagtigde weergawe van hierdie werk sal as ’n skending van kopiereg beskou word en die dader sal aanspreeklik gehou word onder siviele asook strafreg.
www.akademia.ac.za
Ondernemingsbestuur I Handboek • BBP Learning Media. 2014. CIMA Study Text Operational Paper E1: Organisational Management. 1ste uitgawe. Londen: BBP Learning Media Ltd.
G
oeie bestuur is noodsaaklik vir enige onderneming wat te midde van ‘n komplekse en immer-veranderende sakeomgewing moet funksioneer. Hierdie vak dek dus verskeie fasette van ondernemingsbestuur en word in vyf studie-eenhede verdeel.
Studie-eenheid 3 is gemoeid met die bestuur van ‘n onderneming se werksaamhede. Die doel van die operasionele funksie en die verhouding daarvan met ander dele van die onderneming word dus uitgelig. Hulpmiddels en tegnieke van operasionele bestuur word ook bespreek.
Studie-eenheid 1 verskaf ‘n konseptuele oorsig van ondernemings. Die verskillende doeleindes van sakeondernemings en organisatoriese strukture word in diepte bestudeer. Verskillende vorme en funksionele grense van ondernemings asook die verhoudinge tussen die interne en eksterne bronne van bestuur, regulering en professionele gedrag word ook uitgelig.
Studie-eenheid 4 fokus spesifiek op bemarking wat ‘n groot gedeelte van ‘n onderneming se sakestrategie vorm. Om hierdie rede word die doel van die bemarkingsfunksie en die verhouding daarvan met ander dele van die onderneming uitgelig. Die toepassing van hulpmiddels en tegnieke om bemarkingstrategieë te formuleer word daarmee saam in diepte bestudeer.
Studie-eenheid 2 fokus op die bestuur van tegnologie en inligting. Hier word die doel van die tegnologie- en inligtingsfunksie en die verhouding met ander dele van die onderneming behandel tesame met die wyse waarop inligtingstelsels organisatoriese strategieë en werksaamhede (operations) ondersteun.
‘n Onderneming is dikwels afhanklik van mense as hoof bate om organisatoriese doelwitte te bereik. Studie-eenheid 5 fokus dus op die doel van die menslike hulpbronfunksie en die verhouding daarvan met ander dele van die onderneming. Hulpmiddels en tegnieke van menslike hulpbronbestuur word daarmee saam uitgelig.