VERVA A R DIGIN
SUID - A FRIKA
• m a k an makl f • p klik so erkle r e elastieseband omdiemiddel trek los
INHOUD
UITGAWE 1 (WINTER 2021)
MAAK GEREED 16
Berei alles voor! Hier is wat jy vir jou nuwe baba benodig—tuis en wanneer julle uitgaan
HOOFARTIKELS
22 MOENIE BANG WEES NIE
3 maniere om jou baba se pyn en ongerief gedurende mediese prosedures te verminder
30
PROBEER WEER
Berou jy jou besluit om borsvoeding te staak? Hier’s hoe jy suksesvol kan begin met relaktasie
48 NET VIR PAPPAS
Vaders moet na hul gesondheid omsien, vir hulself sowel as vir hul kinders—maar dikwels doen hulle dit nie
52
BLYE GESIGGIES
10 ouer strategieë om jou kinders se pandemie-stres te verminder
36
“MAMMA, MOENIE GAAN NIE!”
Is jou kind te klouerig? Hier is maniere om haar te help met situasies wat hierdie gedrag kan veroorsaak
56
VIR HULLE TOEKOMS
Sou jy jou kinders se erfporsie in die hande van die regering oorlaat? Stel liewer ‘n testamentêre trust op
42
“HALLO, MY NAAM IS…”
Hier is 3 maniere hoe handpoppe jou kind kan leer om oor haar gevoelens te praat
60
MELKSKOMMEL
Soja, hawermout, amandel, rys, klapper, suiwel… watter een is bes vir jou gesondheid?
GEREELD
12
GRATIS
Skryf in vir ons kompetisies om pryse vir jou en jou kind te wen!
14 WIE, WAT, WAAR
Die nuutste babanuus, menings en tendense vir swangerskap, geboorte en moederskap
66 KOS OP DIE TAFEL
Kos is liefde, so vul jou huis en kombuis met warmte. Hier is ‘n voorsmakie van Herman Lensing se nuwe kookboek, Dit Proe Soos Huis
70
DEKOR: GOED VIR BABA, GOED VIR DIE PLANEET
Van nie-giftige verf tot ekovriendelike speelgoed, hier is ‘n paar maklike maniere om ‘n ‘groen’ babakamer te skep
74 FAMILIEREIS EN UITSTAPPIES: ‘N MOOI DAG TUSSEN DIE BOME
11 goeie redes om ‘n bietjie familiepret te geniet by Vergelegen Landgoed
88
NUUT OP DIE RAKKE
80 MODES
Stylinspirasie vir winteroorklere van supermodel Emily Ratajkowski
90
NUTTIGE KOPIES
‘n Handvol van die gesogste gehalte produkte vir jou kleinding
NÓÚ GROEI HULLE
VINNIG OP!
Hier is ‘n paar oulike produkte vir mamma se meisietjie en seuntjie
94 BOEKRAK
Die nuutste leesstof vir die jongspan, onder meer die avonture van Tjoppie en Speurhond Willem, plakkerboeke en ‘n liefdesverhaalomnibus
84
MOOI MAMMA
Hierdie trendy produkte werk besonders goed—maak plek vir hulle in jou badkamer!
92
KWEL JOU NIE
Behulpsame items om mas se lewens gemakliker en gesonder te maak
DIE SPAN ‘N BOODSKAP VAN
Ons word nou nog deur beelde van mense in maskers en nuusberigte van COVID-19 gevalle geteister... Suid-Afrika ondervind ‘n derde golf van infeksies en ons hou ons gesamentlike asem op. Maar die entstof word nou regoor die land toegedien en daar’s hoop op die horison dat hierdie verskriklike situasie gou sal verbygaan.
Met families wat deesdae nog baie tyd binnenshuis deurbring, is roetine sekerlik by die venster uit en geduld is maar min. As jy bekommerd is oor enige langtermyneffekte van pandemie-verwante ontwrigting op jou kinders, gee ons ‘n paar strategieë wat kan help om jou kinders se veerkrag gedurende hierdie uitdagende tye te koester.
Die meeste vaders sal meer oor hulle families en hulle werk bekommerd wees as oor hulle eie gesondheid en welstand. Hulle mag ook druk op hulself plaas om harder en langer ure te werk gedurende hierdie tydperk van omwenteling—met minder slaap en minder tyd vir stokperdjies en oefening. Maar dis belangrik dat vaders ook hulself versorg. Gaan kyk na ons artikel, Net vir Pappas, vir advies.
Jong kinders kan dit ook moeilik vind om oor hulle gevoelens en emosies te praat, veral in hierdie COVID-wêreld—hulle kan skaars peil oor wat alles om hulle aangaan. Opvoeders en ouers kan eweseer help om kinders meer te laat oopmaak met die gebruik van handpoppe in die klaskamer en tuis; ons wys jou hoe in ons Opvoedingsartikel.
Jy sal ook nuttige artikels vind oor hoe om te relakteer as jy borsvoeding vir ‘n kort tydjie gestaak het; hoe om baba se pyn en ongemaklikheid gedurende mediese prosedures te help verminder; en hoe om met ‘n klouerige kleuter te handel.
Soos in elke uitgawe is ons Nuut op die Rakke bladsye propvol nuwe produkte vir mammas, babas en kleuters; ons deel ‘n bietjie winterklere inspirasie van supermodel Emily Ratajkowski; en ons gee ‘n voorsmakie van resepte uit ‘n nuwe kookboek—hierdie keer uit Herman Lensing se Dit Proe Soos Huis, waarin hy sy ma se gunstelingresepte en sy hartstories deel.
Weereens, ons hoop jy vind ‘n bietjie inspirasie, informasie en motivering tussen hierdie bladsye.
DIE MOEDER & KLEUTER SPAN
UITGEWER: Donovan Abrahams
BESTURENDE REDAKTEUR: Ashley van Schalkwyk ashley@avengmedia.co.za
TEKSREDAKTEUR & SKRYWER: Tania Griffin tania@avengmedia.co.za
KREATIEWE HOOF & ONTWERPER: Stacey Storbeck Nel Indio Grafiese Ontwerp indiodesign@mweb.co.za
FOTOGRAFIESE BRONNE: Adobe Stock, Indio Design, DailyMail.co.uk, Vogue.co.uk, NB Uitgewers, Vergelegen Estate
DIREKTEUR VAN ADVERTENSIEVERKOPE: Donovan Abrahams
ADVERTENSIEVERKOPE: Stefany Charles, Kay Davids, Faith Madubula, Wendy Scullard
REKENINGE: Benita Abrahams
KLIËNTEBESTUURDER: Majdah Rogers
PERSONEELBESTUURDER: Colin Samuels
DRUKKER: Print On Demand
VERSPREIDING: Allied Publishing
DIREKTEURE: Donovan Abrahams, Benita Abrahams, Colin Samuels, Ashley van Schalkwyk
UITGEGEE DEUR: Aveng Media (Edms) BPK
ADRES: Boland Bank-Gebou, 5de Vloer, 18 Laer Burg-weg, Kaapstad, 8000 Tel: 021 418 3090 | Faks: 021 418 3064 E-pos: majdah@avengmedia.co.za
Kopiereg Aveng Media 2021. Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe toestemming van die besturende redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skryf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in artikels, rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies wat in die tydskrif gepubliseer word, akkuraat is, kan die besturende redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies, skade of ongerief wat daaruit mag voortspruit nie. Die redaksie behou die reg om veranderinge te maak aan enige materiaal wat aan die tydskrif gestuur word, en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade aan of verlies van die materiaal nie. Teen druktyd was alle pryse vir vertoonde items en dienste korrek.
GRATIS!
Skryf in vir ons kompetisies om pryse vir jou en jou kind te wen!
EARTHSAP SKOONMAAKMIDDELS
Is jy bekommerd dat jou huis ‘n deeglike reiniging benodig, maar jy wil nie oorboord gaan met skoonmaakmiddels wat allerhande chemikalieë bevat nie—veral as jy klein kinders het? Earthsap het die perfekte eko-vriendelike opsies wat nie net goed werk nie maar ook jou huis vars en skoon sal laat ruik. En die beste nuus is dat al die produkte kindvriendelik is. Kies produkte soos die veelsydige roomskrop, tapyt- en bekleedselreiniger, vloer- en teelreiniger, peperment toiletbakreiniger, badkamer- en kombuisreiniger, en soveel meer. Geniet jou produkte en weet dat hulle goed is vir die omgewing en vir jou familie.
ESSENTOLOGY VELSORGPRODUCTE
Essentology se natuurlike Minerale Sonskerm (nie-nano sinkoksied) vorm ‘n fisiese versperring op die vel om skadelike UV-A en UV-B strale af te keer in plaas daarvan om hulle op te neem of te versprei soos tipiese chemiese sonskerms. Dit gaan te werk as ‘n anti-verouderende bevogtiger op sensitiewe veltipes, insluitend die teer vel van kinders. Die bestanddele het ook nie skadelike effekte of ons oseaan- en koraalrif ekosisteme nie. Die CBD Velherstelbalsem gebruik 13 van die natuur se beste botters, olies en was vanuit Afrika om die vel te help herstel tot sy natuurlike staat. Perfek vir klein kinders se skrapies en kneusplekkies—asook vir besige mammas. Dit kan vir wonde, psoriase, ekseem, vratjies ens. gebruik word.
Ons gee ‘n bottel Essentology Minerale Sonskerm en ‘n potjie Essentology CBD Velherstelbalsem weg, met ‘n geldwaarde van R700. WEGGEEKODE: ESSENMK1
BRAMLEY KRUIEREEKS
Vir generasies is kruieprodukte gebruik om verligting van wintersimptome en -kwale te gee, om energievlakke te verhoog, en om die verstand en liggaam te help ontspan. Hierdie reeks van Bramley is sorgvuldig uitgedink en bevat alles wat jy en jou familie benodig om die winter te oorleef en om gedurende die warmer maande julle gesondheid en vel in stand te hou. Dis ‘n bekostigbare reeks liggaams- en badprodukte, en is ‘n heeljaarse gunsteling wat die hele gesin kan gebruik.
Ons gee een Bramley-prysmandjie weg, gevul met kanferroom, kanfer-weefselolie, higiëniese afveedoekies, liggaamswasmiddel en ‘n gestempelde handdoek—met ‘n totale geldwaarde van R365. WEGGEEKODE: BRAMLEYMK1
Skryf in vir enige van hierdie weggeepryse deur eenvoudig jou naam, adres en kontakbesonderhede aan ashley@avengmedia.co.za te stuur, met die relevante weggeekode in die onderwerplyn.
Die sluitingsdatum is 15 September 2021. Slegs een inskrywing per persoon per weggeeprys. Wenners sal per e-pos of telefoon gekontak word. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Gepak met noodsaaklikhede vir jou klein potensiaal
Gummy Vites Vitamin C. Elke jelliebeer bevat Vitamien C 60 mg Betakaroteen 30 mcg. S0
Gummy Vites Elderberry. Elke jelliebeer bevat vlierbessie (Sambucus nigra) 12,5 mg. S0 Gummy Vites Multivitamin. Elke jelliebeergom bevat: Vitamien A 1100IU, Vitamin D3 250 IU, Vitamien E 5IU, Vitamien C 15mg, Foliensuur 150mcg, Vitamien B12, 1.25mcg, Vitamien B2, 50mcg, Vitamien B3 6mg, Vitamien B5, 3mg, Vitamien B6 1.1mg, Biotien 2.5mcg, Sink 500mcg,
Magnesium 250mcg, Kopper 5mcg
Gummy Vites Omega 3. Elke sagte gel kapsule bevat visolie 250 mg bevat: EPA 15 mg, DHA 87.5 mg, Askorbiensuur (Vitamien C) 29 mg, Alpha Tocopherol asetaat (Vitamien E) 2.2 mg, Cholecalciferol (Vitamien D) 3.3 mcg.
S0
Hierdie ongeregistreerde medisyne is nie deur SAHPRA geëvalueer vir die kwaliteit, veiligheid of beoogde gebruik daarvan nie.
Adcock Ingram Limited. Reg. No. 1949/034385/06. Private Bag X69, Bryanston, 2021, South Africa. Tel. +27 11 635 0000. www.adcock.com 2021070510135587 August 2021.
Sanger
WIE, WAT, WAAR
Die nuutste babanuus, menings en tendense vir swangerskap, geboorte en moederskap
BABA-AANKONDIGINGS
Watter oulike celeb babas is oor die afgelope paar maande gebore?
Sanger
aan
te kondig dat sy ‘n ma op die ouderdom van 50 geword het. “So geëerd om hierdie sagmoedige siel in my lewe te hê,” het sy op Instagram geskryf.
Hier’s nog ‘n royalbaba!
PRINS HARRY en MEGHAN MARKLE
het op 4 Junie die geboorte van hulle tweede kind, ’n dogtertjie genoem Lilibet “Lili” Diana, gevier.
geboorte
ervaar!
Uitgetrede tennis pro Caroline Wozniacki het op 11 Junie die aankoms van haar eerste baba, ‘n dogtertjie Olivia, met eggenoot David Lee aangekondig.
WAT IS TOPS IN 2021?
Kalm, natuurgeïnspireerde babakamers
Japandi is ‘n nuwe styl wat die wêreld van binneontwerp begin oorvat. ‘n Mengsel van Japannese ontwerp en Skandinawiese minimalisme, bied Japandi gladde lyne, neutrale kleurskemas en kalmerende instellings aan—wat alles mooi saamwerk in baba se kamer.
Babaprodukte gaan hi-tech
Nuwe ouers het hulle hande vol, en tegnologie is hier om te help: ‘n kinderwaentjie wat jou stappies om die buurt letterlik ‘n stoot gee; ‘n kindermandjie wat self begin wieg wanneer jou baba begin huil; ‘n videomonitor wat jou baba se asemhalingsbewegings bespeur... Hierdie is net ‘n paar van die nuwe hi-tech produkte wat in 2021 gewild is.
Aanlyn ouerskapraadplegers
Dis so belangrik dat ouers om hulp kan vra en betroubare advies te verkry van kenners wat hul persoonlike situasie verstaan. In 2021 was daar meer aanlyndienste met gesertifiseerde raadplegers wat beskikbaar was om nuwe ouers uit te help wanneer hulle dit nodig gehad het. Hierdie aanlynraadplegers wen populariteit as gevolg van nuwe ouers se vereistes en die uitdaging van persoonlike interaksies gedurende die pandemie.
Die Namespel: verpersoonliking
Volgens Pinterest, is daar hierdie jaar baie meer selfgedrewe verpersoonliking: van name op klere en babakamermure, tot eie ontwerpe vir babadoekiesakke en ander babatoebehore. Die gewildste babaname is Bybels, deur reis geïnspireerd (London, Santiago, Brooklyn), of deur popkultuur geïnspireerd—veral name van ontslapene celebs soos Kobe, Gianna en Chadwick.
Indagtige ouerskap
Ons is in 2020 as ‘n kultuur gedwing om stadiger te leef, en daardie kollektiewe pouse mag nog langer duur. Mamams en pappas wil hierdie jaar meer indagtigheid (mindfulness) in hulle ouerskap na vore bring en ‘n bewuste poging aanwend om ‘n werk/lewe/balans te vind wat in hulle gesin se behoeftes pas. Volgens Pinterest, is ouers meer gefokus op openhartige geselsies met hulle kinders en om hulle meer oor indagtigheid en sedelikheid te leer.
Die planeet is die nuwe speelgrond
Ouers gebruik die spasies rondom hulle om hul babas en kleuters op te voed. Studies bewys dat 115% meer mense vir dinge soos “potloodskaafselkuns vir kinders” op die Internet soek, terwyl families hulle eie tuine plant en die vrye natuurruimtes vir opvoedingsdoeleindes gebruik.
Die groei van babakos
Verby is die dae van fyngemaakte ertjies en wortels! Danksy ‘n bietjie kookinspirasie kan ouers deesdae van ‘n wyer en ryker reeks bestanddele kies wanneer hulle kossies vir hul babas en kleuters koop. Die winkelrakke is propvol draagbare, ‘on-the-go’ kossakkies vol heilsame bestanddele, wat ook aanlyn beskikbaar is.
NUTTIGE TEGNOLOGIE
Op in die lug
Die babymoov Hygro + Humidifier is ‘n geluidlose bevogtiger en essensiële olie-verspreider in een, met maklike tasskermfunksionering. Dit verseker nie net dat jou babakamer die veiligste vogtigheidsvlak (40% tot 50%) het nie, maar verminder ook die simptome van siekte en respiratoriese kondisies; dit vermy dat baba se vel, keel en longe geïrriteer word; en bevorder makliker lugvloei en asemhaling. Met ‘n vol tenk water sal die bevogtiger vir 22 uur lank werk, en waarborg outomatiese beheer vanaf baba se slapenstyd totdat hy wakker word, en langer. Dit het ook ‘n kleurveranderende nagligfunksie.
Beskikbaar by karibaa.com teen R3 520
MAAK GEREED
Berei alles voor! Hier is wat jy vir jou nuwe baba benodig—tuis en wanneer julle uitgaan
at benodig jy voor jou baba se aankoms? Met ‘n klein bondeltjie op pad, is jou gedagtes seker by die miljoene dinge wat jy nog moet doen of beplan, soos om ‘n geboorteplan te skep en die babakamer in gereedheid te kry... en dan onthou jy nog iets!
Daar is geen rede om benoud te raak nie. Hier is ‘n oorsiglys wat sal verseker jy het al die noodsaaklike items vir jou baba voor hy in die wêreld tree.
Onthou om ‘n begroting op te trek voordat jy winkels toe gaan om te verseker jy het genoeg geld vir al die goedjies wat baba eerste sal benodig.
KLERE
Wanneer jy dink aan al die baba-items wat jy moet aankoop, is klere seker die mees opwindend. Kyk net daardie oulike baba-uitrustings in die winkels! Maar dis belangrik om vir eers net die noodsaaklike kleertjies te kry.
• Katoen babakomberse
• Toedraaikombersie
• Lang-mou babygros (onesies)
• Vessies en kort-mou babygros
• Babamussie, handskoenjies (om te vermy
dat baba homself in die gesig krap) en booties
• Truie en baadjies (koop meer gedurende die winter)
• Borslappies—baie, baie borslappies!
Babaklere moet deeglik met spesiale baba-wasmiddels gewas word om allergieë en irritasies te verhoed. Maak seker jy koop reinigings- en versagmiddels soos Comfort Pure om baba se kleertjies sag en skoon te hou.
TUIS
Daar’s seker baie items wat jy wil aankoop
om jou huis ‘n veilige en mooi plek te maak vir jou pasgebore baba, maar konsentreer vir nou net op die noodsaaklike items soos:
• Bababed met goedgekeurde matras, waterdig matrasbedekking, paslakens en ligte kombersies
• Mat of tafeltjie waarop jy baba se doekies kan omruil, wasbare bedekking, babadoekies, afveelappies en bababoudjieroom
• Baba-naelknipper of skêr, snotsuigertjie (soos NoseFrida), baba-termometer, oogdruppelbuisie of medisynelepel
• Babamonitor
• Borsvoedingsbra, borskussinkies, borspomp en melkbewaringshouers, as jy borsvoed
• Bottels en bottelborseltjie, as jy nie borsvoed nie
• Handdoekies, flenniedoekies en neteldoekies vir badtyd
• Baba-bad met wasdoekies, babawasmiddel en velroom
• Sagte handdoek met kappie
• Baba-haarborsel
• Stoomsteriliseerder
Natuurlik sal jy aan ander items dink om tot jou lys by te voeg, maar hierdie is ‘n goeie begin.
Kieskeurighede wat jy later kan aankoop:
• Wipstoel of borsvoedingskussing
• Speelkraaltjie
• Babadraer (buidelsak of swaaisak)
• Sonskerm vir jou motor se vensters
• Rammelaars en ander babaspeelgoed
• Bewertjie (mobile)
• Naglig
VIR UITGAAN
Wanneer baba kom, sal jy baie meer items saam met jou sal moet dra—verby is die dae van net jou handsak, selfoon en karsleutels gryp! Hier is die items wat jy sal benodig wanneer jy en baba uitgaan:
• Motorstoeltjie
• Kinderwaentjie of buggy
• Babadoekiesak met doekies en afveedoekies
• Ekstra klere vir baba
• Bottel met formulemelk, as jy nie borsvoed nie
Koop ‘n stewige, duursame babadoekiesak met baie sakkies en holtes waarin jy die babadoekies, afveedoekies, handsaniteerder, vergaanbare sakkies en ekstra klere kan bêre. Stoor ook ‘n kombersie en speelgoed, plus jou selnommer op ‘n kaartjie in geval van nood.
Noudat jy weet wat jy benodig, is dit tyd om winkels toe te gaan! Dié is ‘n pret deel van jou swangerskap, so geniet dit om al baba se eerste kleertjies en die items vir sy babakamer uit te soek.
Moenie bang wees nie
DEUR BRITNEY BENOIT & MARSHA CAMPBELL-YEOBABA mediese prosedures
Alle babas moet pynlike prosedures—soos inspuitings van medikasie, inentings en hakskeensteke om bloed te neem vir roetine toetse— ondergaan. Hierdie prosedures vind kort na geboorte plaas, of gedurende die eerste paar dae of deurgaans baba se eerste jaar.
Danksy meer as twee dekades van navorsing weet ons daar is twee hoogs
effektiewe strategieë om babas se pyn te verminder wanneer hulle pynlike prosedures moet ondergaan: borsvoeding en ouer-kind vel-op-vel kontak.
Hierdie strategieë is veilig, toeganklik, deur wetenskap ondersteun, en deur pediatriese organisasies aanbeveel om pyn in babas tot op die ouderdom van 12 maande te minimaliseer. Die strategieë word ook deur die ouer gelei, wat beteken die ouer is die bron van vertroosting vir die pasgebore kindjie.
Maar ten spyte van die pynverminderende voordeel van hierdie strategieë word hulle nie altyd gebruik om babas se pyn te behandel nie. Inderdaad, studies bewys dat minder as 50% van pasgebore babas enige vorm van pynverligting gedurende roetine mediese prosedures ontvang. Behalwe dat dit onnodige lyding veroorsaak, gaan onversorgde pyn vroeg in baba se lewe gepaard met negatiewe gevolge soos meer pyn gedurende later prosedures.
As verpleegwetenskaplikes en vakkundiges in pynverligting onder babas, wil ons die sleutel wenke en aanwensels na vore bring om jou te help om hierdie strategieë gedurende baba se volgende pynlike prosedure te gebruik.
1. BORSVOEDING
Direkte borsvoeding moet as die gewenste behandeling beskou word vir vol-term babas wat in hulle eerste jaar prosedures soos inspuitings en bloedtrekkings ondergaan. Babas wat borsvoed het laer pynreaksies soos minder huil, kleiner veranderings in hulle hartkloppings, en laer tellings op instrumente wat ontwikkel is om babas se pyn te meet.
Neem die volgende in ag wanneer jy borsvoeding gebruik as ‘n
BABA mediese prosedures
pynverminderende strategie vir jou baba:
• Werk saam met jou gesondheidspraktisyn om ‘n plekkie te vind waar jy gerieflik vir jou baba kan borsvoed terwyl die dokter of verpleegster die prosedure afhandel. Daar is nie eintlik ‘n aanbevole borsvoedingsposisie wat mees geskik is vir pynbehandeling nie—dis maar eenvoudig wat vir jou en baba die beste werk. Maak net seker die dokter of verpleegster is in staat om die prosedure sonder enige hindernis uit te voer.
• Jy moet baba vir ‘n minimum van twee minute voor die pynlike prosedure borsvoed. Hy moet aktief suig en sluk voor die prosedure begin. En moenie bekommerd wees nie: Daar is nog geen verslae oor babas wat gedurende prosedures aan die borsmelk verstik het nie.
• Hou aan om jou baba deur die pynlike prosedure te borsvoed en daarna totdat hy wil ophou.
2. VEL-OP-VEL KONTAK
Vel-op-vel kontak, ook kangaroemoedersorg genoem, behels dat jy jou baba—met net ‘n babadoekie aangetrek— vas teen jou kaal bors hou. Studies bewys dat babas wat gedurende pynlike prosedures in vel-op-vel kontak is, minder pyn voel en vinniger herstel.
Terwyl borsvoeding die beste behandeling vir vol-term babas is, is vel-op-vel kontak aanbeveel vir babas wat voortydig gebore is of wat nie kan borsvoed nie.
Vel-op-vel kontak vir pynbehandeling is eenvoudig om te doen. Volg hierdie stappe:
• Werk saam met jou gesondheidspraktisyn om ‘n plekkie te vind waar jy gerieflik met jou baba kan sit en hom troetel vir 10 tot 15 minute.
• Haal sy kleertjies af, maar behou die babadoekie. Hou hom met sy borsie vas teen jou eie kaal bors, met sy gesig na jou toe gedraai. Gooi ‘n kombersie oor julle vir gerieflikheid, warmte en privaatheid.
• Hou jou baba in hierdie posisie vir minstens 10 minute voor die pynlike prosedure—15 minute is ideaal. Jou baba moet kalm en gemaklik wees voor die prosedure begin.
• Volhou die vel-op-vel kontak gedurende die prosedure en daarna om baba kalm te hou.
Navorsing bewys dat babas wat gedurende pynlike prosedures in vel-op-vel kontak met hulle mama’s is, laer pynreaksies het. Vaders en ander gesinslede soos grootouers kan ook vel-op-vel kontak voorsien om pyn gedurende prosedures te verminder.
3. ADDISIONELE MANIERE OM BABA SE PYN TE VERMINDER
As jy nie jou baba borsvoed of in vel-op-vel kontak hou nie, kan jy gedurende die prosedure vir hom ‘n fopspeen of jou skoon vinger aanbied om aan te suig. Jy kan ook ‘n soete oplossing, soos ‘n klein bietjie suikerwater, voor die prosedure op jou baba se tong plaas. Of, sowat ‘n uur voor die prosedure, smeer ‘n verdowende room aan die plek waar die naald ingespuit gaan word.
Onthou om altyd jou baba regop en vas teen jouself te hou. Babas word meer ontsteld as hulle gedurende inspuitings of ander prosedures plat lê.
Baie ouers besef nie watter belangrike rol hulle kan speel om hulle baba se pyn gedurende roetine inspuitings te verminder nie. Ouers is die belangrikste mense in hulle baba se lewe, en die wetenskap bewys dat ouers die ideale pynbehandeling gedurende prosedures kan versorg. Ouers ken hulle baba die beste, so hulle is in die beste posisie om hierdie strategieë vir pynbehandeling aan te beveel.
Britney Benoit is assistent-dosent in Verpleegkunde aan die Universiteit St. Francis Xavier. Marsha Campbell-Yeo is dosent in die Skool van Verpleegkunde aan die Universiteit Dalhousie.
PROBEER WEER
“Ek berou my besluit om borsvoeding te staak. Hoe begin ek weer?”
Hier’s hoe moeders suksesvol kan begin met relaktasie
DEUR KARLEEN GRIBBLEBaie vroue vind borsvoeding moeilik en hou daarmee op voor hulle dit beplan het. Sekere vroue is bly oor hulle besluit—maar ander berou dit.
As jy spyt is oor jou besluit om borsvoeding te staak, mag jy dit weer probeer al het jy nie meer borsmelkvoorraad nie. Relaktasie mag moontlik wees al is dit weke of maande sedert jy laas geborsvoed het.
HOEKOM? VAN SIEK BABAS TOT COVID-19
Vroue wil weer borsvoed om ‘n aantal redes. Sekere babas kan nie op formulemelk floreer nie; ander word siek en hulle mammas wil hulle borsvoed om hulle te help aansterk.
As ‘n ma die eerste keer borsvoeding uitdagend gevind het, kan ‘n verandering in omstandighede, ‘n bietjie meer slaap, of net die verloop van tyd ‘n verskillende perspektief meebring.
Vroue mag ook weer begin borsvoed as hulle hulself in ‘n noodsituasie bevind, soos sonder water of krag. Vanaf die begin van die COVID-19 pandemie probeer ma’s om hulle babas teen infeksie te beskerm, of hulle is bekommerd oor die
verkrygbaarheid van formulemelk.
Amper elke ma wat weer wil borsvoed, kan dit hervat. Daar is slegs ‘n klein hoeveelheid gesondheidskondisies wat borsvoeding onraadsaam kan maak om mediese redes.
Nietemin, relaktasie moet iets wees wat jy regtig wil doen, want dit sal nie suksesvol wees as jou hart nie daarin is nie.
HOE KAN EK WEER BORSVOED?
Wanneer jy ophou met borsvoeding, is daar ‘n proteïne in die melk wat vir jou borste die sein gee om met produksie te stop. Hierdie afname in melkproduksie neem gewoonlik weke.
As daar nog ‘n bietjie melk in jou borste is, kan jy jou voorraad herbou deur die melk van jou borste so dikwels as jy
kan te verwyder. Jy kan dit doen deur middel van borsvoeding, as jou baba nog gewillig is, of deur melk uit te druk met die hand of met ‘n borspomp.
As jou borste nie meer melk produseer nie, kan jy jou voorraad deur middel van relaktasie herbou.
Om te begin, moet jy jou tepels dikwels stimuleer deur jou baba aan te moedig om aan jou borste te suig of ‘n borspomp te gebruik. Dit gee aanleiding tot die vrystelling van ‘n hormoon bekend as prolaktin wat strukture in jou borste ontwikkel om melk te produseer. Sodra melkafskeiding begin, sal jou borste weer melk produseer.
As jou baba gewillig is om te suig, is hierdie die maklikste manier om te relakteer. Hoe meer dikwels hy suig, hoe sterker die boodskap aan jou borste om te ontwikkel en weer melk te produseer. As jy vir jou baba ekstra melk op die bors gee terwyl hy suig, kan dit hom help om langer te suig. Jy kan hierdie melk deur middel van ‘n borsvoedingsaanvuller voorsien. Hierdie is ‘n houer met ‘n buisie wat die uitgedrukte borsmelk of formulemelk na jou tepels toe stuur. Wanneer jou baba aan jou bors suig, word die melk deur die buisie getrek tot binne in jou baba se mond, saam met enige ander melk vanuit jou bors.
As ‘n alternatief kan jy melk oor jou bors laat drup terwyl jou baba suig.
Dog, sekere babas wat aan
bottelvoeding gewoond is, mag aanvanklik onwillig wees om te borsvoed. Dis belangrik om nie jou baba te forseer nie. ‘n Borsvoedingraadgewer of laktasiekonsultant kan maniere voorstel hoe jy jou baba kan aanmoedig.
In die tussentyd kan jy ‘n borspomp gebruik om jou tepels te stimuleer en melk vanuit jou borste te verwyder. Jy kan dan daardie uitgedrukte melk aan jou baba in ‘n bottel of koppie gee.
HOE LANK NEEM DIT OM TE RELAKTEER?
Jy kan binne ‘n paar dae of weke melk begin produseer. Dit hang af van hoe lank dit was sedert jy jou baba laas geborsvoed het en hoe dikwels jy jou tepels stimuleer. As jou baba gewillig is om te suig, sal jy ten minstens agt keer in 24 uur moet borsvoed in die eerste paar weke om melkproduksie te begin en om jou melkvoorraad te vermeerder.
Die proses sal meer spoedig wees as jy jou baba so dikwels as wat hy wil, te borsvoed, al suig hy net vir troos. Dit sal ook help om jou baba soveel as moontlik na aan jou liggaam te hou, bedags en snags, om suiggeleenthede te vermeerder. ‘n Babadraer (buidelsak of swaaisak) mag help.
As jou baba nie gereed is om te suig nie, is ‘n elektroniese borspomp wat albei borste terselfdertyd uitdruk meer effektief as ‘n enkelbors pomp of handpomp. Jy sal die pomp vir 10 tot 20 minute moet
gebruik, ses tot agt keer in 24 uur.
Deur melk met die hand uit te druk na borsvoeding of met ‘n borspomp kan help om enige oorskiet melk te verwyder. Hoe leër die borste, hoe sterker die boodskap dat hulle meer melk moet produseer.
Jy kan ook jou gesondheidspraktisyn raadpleeg oor medikasie om jou liggaam se produksie van prolaktin te vermeerder, wat relaktasie gouer kan laat geskied.
WERK DIT?
As jy baba gewillig is om dikwels te suig, kan die proses taamlik eenvoudig wees. Maar ander moeders en babas vind dit meer uitdagend. Byvoorbeeld, partykeer is melkproduksie maklik, maar dit neem langer vir jou baba om gewillig te word om te borsvoed.
As jy borsvoeding gestaak het as gevolg van ‘n probleem soos aanhoudende tepelpyn of mastitis (borsontsteking), mag jy hulp nodig hê om hierdie kondisies te vermy. Elke situasie is verskillend.
‘n Ondersteuningsnetwerk om jou aan te moedig sowel as praktiese ondersteuning van familie en vriende—soos maaltye voorberei, uithelp met huiswerk, of ouer kinders vermaak terwyl jy besig is—sal die proses baie vergemaklik.
Karleen Gribble is ‘n professor in die Skool van Verpleegkunde en Kraamverpleegkunde aan die Universiteit Sydney-Wes
Mama, Ek het die L-Mesitran!
Versprei deur: www.safarmex.co.za
Die
L-Mesitran is 'n heuningwondgel met mediese gehalte wat natu urlike wondgenesing bevorder en kan gebruik word in oppervlak kige wonde, akute wonde sowel as eerste- en tweedegraadse brandwonde, wat dit noodsaaklik is vir enige huishouding.
Veilig vir die hele gesin.
Beskikbaar by toonaangewende apteke
“Mama, moenie gaan nie!”
Klouerigheid verwys na ‘n kind wat ‘n sterke emosionele of gedragsreaksie het wanneer sy van haar ouers geskei word. Baie ouers kla dat dit moeilik is om sulke klouerige kinders te hanteer.
Kinders kan klouerige gedrag op enige stadium tot op laer primêre skool vertoon. Babas mag huil om hulle ouers te laat weet hulle hou nie daarvan om geskei te wees nie. Kleuters of ouer kinders mag huil, klou of ‘n volle insmelting hê wanneer hulle ouers hulle verlaat.
In die meeste gevalle is hierdie reaksies heeltemal normaal. Ouers kan hulle kinders deur periode van klouerigheid help deur hulle gevoelens en emosies te erken en aanvaar.
HOEKOM RAAK KINDERS KLOUERIG?
‘n Kind kan klouerigheid wys as gevolg van ‘n vrees om weg van haar ouers te wees (skeidingsangs) of angs vir vreemdelinge, waar die kind bang is om rondom mense te wees wat sy nie ken nie.
Kinders ontwikkel ook ‘n eie sin van hulself vanaf ‘n vroeë ouderdom, sowel as
‘n wil—die gesonde begeerte om hulle self te openbaar en ‘n impak op hulle wêreld te hê. Dus, dikwels is klouerige gedrag nie as gevolg van ‘n kind se werklike angs om van haar ouers geskei te wees nie, maar liewer dat sy ‘n sterke begeerte openbaar vir haar ouers om te bly.
En kinders is sosiaal en biologies geprogrammeer om sterke verbindings met hulle ouers te vorm. Ouers stel gewoonlik ‘n veilige, liefdevolle grondslag voor waarvan kinders die wêreld kan verken en onafhanklikheid kan ontwikkel.
Klouerige gedrag mag by sekere ontwikkelingstydperke toeneem wanneer kinders hulle nuwe onafhanklikheid uittoets, soos wanneer hulle leer om te loop, of gedurende oorgangstydperke soos wanneer hulle by ‘n dagsorgsentrum of kleuterskool begin.
Klouerigheid word minder gewoon hoe ouer kinders word, maar kan nog teenwoordigheid wees onder kinders van primêreskoolouderdom.
‘n Kind se vlak van klouerigheid, en die manier hoe dit uitgedruk word, mag deur die volgende geaffekteer word:
• Die kind se temperament—sekere kinders is meer sosiaal skaam of
ingetrokke, terwyl ander reaktief is en emosies meer intensief ervaar;
• Vername gebeurtenisse of veranderings in die kind se familie, soos die geboorte van ‘n nuwe broertjie of sussie, by ‘n nuwe skool begin, of verhuising—dis normaal vir kinders om meer klouerig met hulle ouers te word terwyl hulle aan veranderings gewoond raak;
• Ander familie faktore soos ouerafsondering of egskeiding, stres of probleme met geestesgesondheid— kinders kan baie sensitief wees teenoor veranderings in hulle ouers, so as ‘n ouer deur ‘n moeilikheid tyd gaan, mag die kind klouerig word of ander uitdagende gedrag vertoon.
HIER IS 4 MANIERE HOE JY JOU KIND KAN
HELP:
1. Wees ‘n veilige fondasie.
Baie kinders is klouerig in ‘n vreemde situasie of tussen nuwe mense. Dit is gepaste gedrag vir ontwikkeling en het ‘n evolusievoordeel, want die kans is gering dat kinders alleen weg sal hardloop van moontlike gevaarlike situasies.
Maar dis ook belangrik dat kinders leer om van hulle ouers geskei te wees en vertroue in hulle eie vermoë te verwerf.
Ouers kan hulle kinders help om aan ‘n nuwe situasie gewoond te raak deur hulle te ondersteun. Byvoorbeeld, wanneer ‘n kind by ‘n nuwe sorgsentrum begin, mag dit help as die ouer ‘n bietjie tyd daar saam met die kind spandeer sodat die kind gewoond kan raak aan die nuwe omgewing met haar vertroue ouer naby.
2. Erken jou kind se gevoelens. Wanneer kinders klouerig is, is hulle besig om hul gevoelens te kommunikeer. Om teenstand te bied teen die klouerigheid sal gewoonlik nie help nie, want kinders se gevoelens sal nie verdwyn as hulle geïgnoreer of minder geag word nie.
In plaas daarvan bewys navorsing dat dit belangrik is om kinders se gevoelens te erken, klassifiseer en normaliseer.
Ouers mag bang wees dat as hulle oor die kind se gevoelens praat, dit die situasie erger sal maak, maar dit gebeur selde. Om oor gevoelens te praat help kinders gewoonlik om dit te laat gaan, deur hulle te help om hul emosies te reguleer. Dit sal in die kind se eie tyd gebeur, wat mag beteken jy mag ‘n woede-aanval by skeiding of klouerige gedrag by ‘n sosiale geleentheid sal moet verdra totdat die kind verstel.
3. Modelleer kalm vertroue.
Ouers is belangrike rolmodelle vir hulle kinders, wat beteken hulle word die kinders se werkende voorbeeld van hoe om in sekere situasies te reageer. Die manier waarop ouers reageer op hulle kind se klouerige gedrag kan modelleer hoe daardie kind oor ‘n sekere situasie voel.
Byvoorbeeld, as ‘n kind klouerig is wanneer sy by ‘n dagsorgsentrum begin en haar ouers reageer met ‘n hoë vlak van kommernis en angs, mag die kind onseker wees van die veiligheid van daardie omgewing. Maar as die ouer kalm vertroue in hulle kind toon dat sy die skeiding en/of die nuwe situasie sal kan hanteer, sal die kind heel moontlik ook gemaklik voel.
4. Bespreek die plan vooruit. Mense is bang vir die onbekende, so as jy met die kind praat oor ‘n toekomstige verandering of angstige situasie, sal dit haar kan help om dit baas te raak.
Byvoorbeeld, voor julle dokter toe gaan, sal dit help om te praat oor hoe julle sal voorberei (wat om saam te neem, hoe julle daar sal uitkom, waar die dokter se spreekkamer is), wat mag gebeur wanneer julle daar aankom (by ontvangs aanmeld, in die wagkamer met ander pasiënte sit), en wat gedurende die besoek mag gebeur (waaroor julle met die dokter sal praat, of die dokter die kind mag aanraak).
Selfs wanneer julle oor toekomstige
gebeurtenisse praat, is dit belangrik om gevoelens te erken en kalm vertroue te modelleer.
MAAR WAT AS MY KIND NET TE KLOUERIG IS?
Daar is ‘n paar faktore om te oorweeg wanneer jy ‘n oordeel maak hetsy ‘n kind se klouerige gedrag ‘n bekommernis is.
Eerstens, oorweeg die konteks. Het die kind te doen met ‘n gewigtige verandering in haar lewe, ‘n nuwe omgewing of nuwe mense? Sekere kinders is besonders sensitief oor veranderings en mag ‘n paar weke (of maande) nodig hê om aan te pas. So, jy mag die kind aan ‘n bietjie ekstra ondersteuning moet voorsien om haar deur die oorgangstydperk te kry.
Tweedens, oorweeg die intensiteit van die gedrag. Is die klouerige gedrag besig om die kind se daaglikse lewe te belemmer? Byvoorbeeld, verhinder dit haar om na die dagsorgsentrum te gaan, of veroorsaak dit dat jou kind (en jy as die ouer) ongesteld en gestres word?
Derdens, oorweeg die tydperk. As die gedrag elke dag gebeur en dit duur langer as vier weke, en dit belemmer die kind se lewe, mag dit help om ‘n algemene praktisyn, kindergeneeskundiger of sielkundige raad te pleeg.
MATHS ENGLISH
U kind kan uitblink
.
O n s p r o g r a m m e s t e l d i e g r o n d b e g i n s e l s v a n g e t a l l e e n l e e s v o o r , d e u r g e b r u i k t e m a a k v a n p r e t t i g e , k l e u r v o l l e w e r k k a a r t e e n i n d i v i d u e l e o n d e r s t e u n i n g v a n ‘ n K u m o n I n s t r u k t e u r .
K i n d e r s w o r d a a n g e m o e d i g o m o p l e t t e n d e n d e u r d a g t i g d e u r d i e w e r k k a a r t e t e w e r k o m k o n s e n t r a s i e , a a n d a g s p a n e n g o e i e l e e r p r a k t y k e t e o n t w i k k e l . S o d o e n d e s k e p o n s ‘ n s t e r k , t o e g e w e i d e l e e r d e r v i r s k o o l e n h u l l o o p b a a n v e r d e r
K u m o n i s ‘ n t u i s g e b a s e e r d e l e e r m e t o d e w a t o n d e r s t e u n w o r d m e t b e s o e k e a a n ' n K u m o n s e n t r u m w a t s t r e n g C o v i d 1 9 m a a t r e ë l s t o e p a s , e n / o f a a n l y n k l a s s e .
D i e K U M O N W I S K U N D E & E N G E L S P R O G R A M M E i s o n t w e r p o m u k i n d ‘ n u i t s t e k e n d e v o o r s p r o n g t e g e e
B e s o e k w w w . k u m o n . c o . z a o m ’ n s e n t r u m i n u a r e a t e v i n d , e n s k r y f v a n d a g n o g i n .
Wanneer kindjies gebore is, is hulle gereed om te kommunikeer. ‘n
Baba’tjie huil en koer om haar gevoelens uit te druk en om op geluide te reageer. Die vermoë om te kommunikeer, ontwikkel gou, maar dis ‘n unieke proses vir elke kind.
Teen die ouderdom van 3, kan die meeste kinders eenvoudige versoeke verstaan, soos “tel op jou skoene en bring hulle hier”. Hulle kan kleure, vorms of kosgroepe herken en alledaagse name gebruik om die belangrike mense in hul lewens uit te ken, soos “ouma”. Hulle kan ook op “wie”, “wat” of “waar” vrae reageer.
Op die ouderdom van 3, mag jou kind baie woorde vorm en hulle in eenvoudige sinne bymekaar sit. Sy mag vrae vra (dikwels baie vrae!) soos “Waarheen gaan ons?”
Dis ‘n opwindende, wonderlike tyd vir kinders om oor hulle wêreld te leer en hulle ontdekkings te deel. Dit kan ook ‘n tyd van angs wees as ‘n kind nie die kommunikasie tekens toon wat haar ouers dink sy op daardie ouderdom moet doen nie.
Kinders leer om te praat en kommunikeer deur daaglikse interaksies met hulle ouers en oppassers.
In 2019, as deel van my doktersgraad navorsing, het ek drie créches besoek om onder die 3- tot 4-jariges met poppespel te werk. Ek het opgemerk dat al die kinders—insluitend kinders met ‘n liggaamsgebrek, diegene wat Engels as ‘n
addisionele taal leer en dié wat baie skaam is—meer dikwels en meer effektief gekommunikeer het wanneer hulle met die handpoppe gepraat het.
Navorsing onder skoolgaande kinders wys daarop dat speelpoppe, soos ‘n gunstelinge pop of teddy, kan leer aanmoedig sowel as kommunikasie en gedrag verbeter. Om met ‘n handpop,
Is ek reg vir skool?
Slimkoppe: Is ek reg vir skool? kombineer gedetaileerde notas met kenner se advies oor die voorskoolse ontwikkeling van kinders. Die stimulerende, kleurryke aktiwiteite is ontwikkel om jou gemoedsrus te gee dat jou kind gereed is om laerskool toe te gaan.
Slimkoppe is ‘n innoverende reeks werkboeke waaruit onderwysers leerders huiswerk kan laat doen, want elke boek voldoen aan die verseistes van die nuutste Suid-Afrikaanse kurrikulum. Die notas, wenke en antwoorde wat die aktiwiteite vergesel, maak dit vir ouers maklik om by die odderrig van hulle kinders betrokke te raak en hul kinder te ondersteun. Dié boeke bied soveel pret dat kinders hulle nie wil neersit nie.
Slimkoppe is te kry vir voorskoolse kinders tot graad 6 in Afrikaans, Engels en Wiskunde.
Beskikbaar by alle vooraanstaande boekhandelaars en aanlyn winkels.
Vind meer uit oor Slimkoppe by www.slimkoppe.co.za
tenoor ‘n persoon, te praat, laat die gesprek minder persoonlik voel—en meer soos hulle hul verbeelding gebruik. Dis ‘n spelgebaseerde tegniek wat somtyds in terapie gebruik word om die kind minder selfbewus te laat voel en meer oop te maak.
Ek het opgemerk hoeveel blydskap die handpoppe aan die kinders verskaf het, sowel as ‘n toename in hulle begrip van hul gevoelens en die gevoelens van ander kinders. Die kinders het meer selfvertroue getoon wanneer hulle met die handpoppe gepraat het, en positiewe sosiale interaksies gewys soos beurte vat en speelgoed deel.
Ouers kan ook poppespel gebruik om hulle kind se ontwikkeling by die huis te ondersteun. Hier is drie kwessies waarmee handpoppe kan help:
1. GEBRUIK POPPESPEL OM GESPREK AAN TE MOEDIG.
Ons het ‘n hele reeks handpoppe aan die kinders voorgestel en het gou ontdek dat die tipe pop belangrik was. Dinosourusse was baie gewild.
Dink eers aan al die diere, karakters, kleure of gediertes waarvan jou kind hou voordat jy ‘n handpop kies. Jy kan ook ‘n ou sokkie gebruik as handpop.
Wanneer jou handpop gereed is, stel dit voor aan jou kind in ‘n bedagsame manier. Byvoorbeeld, streel dit saggies oor die kop
en vra jou kind om dieselfde te doen. Vra vir haar om vir jou te help ontdek watter geluide die handpop maak, sy naam en watter speletjies hy van hou.
Laat jou kind die handpop tot die lewe bring. Deur die skepping van die handpop kan jy jou kind se woordeskat opbou deur beskrywende woorde en langer sinne te gee.
Vir jonger kinders, probeer om kommentaar te lewer oor hulle aksies met die handpop. Byvoorbeeld, “Streel die eendjie se geel bekkie. Ek dink hy hou daarvan.”
Speel kiekeboe, sing liedjies of vertel stories. Die belangrike ding is om pret te hê.
2. GEBRUIK POPPESPEL OM JOU KIND VRAE TE LAAT BEANTWOORD.
Probeer om ‘n handpop te gebruik om vrae te stel oor jou kind se dag by die crèche of kleuterskool, haar gunstelinge deel van ‘n storie of haar tekeninge.
Die handpop kan help om jou kind aan te spoor met vrae soos “Sê vir my, wat het jy als vandag geëet?” of “Ek wonder, wat het jy buite in die sandput gemaak?”
Kinders mag meer oop wees teenoor die handpop, want dis snaaks en skep ‘n rustige en vrolike omgewing wat perfek is vir interaksies.
Ander idees sluit die volgende in:
Gebruik die handpop om saam stories op te maak, of neem die handpop vir ‘n stappie en praat oor die dinge wat julle buite sien.
3. GEBRUIK
‘N
HANDPOP OM OOR GEVOELENS TE PRAAT. Driejariges mag dit moeilik vind om oor hulle gevoelens te praat of ‘n rede identifiseer vir hoekom hulle hartseer of omgekrap voel. ‘n Handpop kan ‘n kalmerende wyse wees om jou kind uit te vra oor hoe sy voel of die name van gevoelens te leer.
Byvoorbeeld, die handpop kan in ‘n kwaad stem praat of huil om emosies uit te druk. Laat jou kind die handpop ‘help’ deur sy gevoelens op te noem en moontlike oplossings te gee.
Handpoppe kan ‘n frustrerende situasie uitbeeld of nuwe benaderings wys soos om ‘n gunstelinge speelding te deel, nuwe kosse te probeer of ‘n kamer skoon te maak.
Poppespel is ‘n kreatiewe manier om spraak en kommunikasie te bevorder. Deur pret en verbeeldingryke spel aan jou kind voor te stel is ‘n goeie manier om haar te help om haar wêreld met jou te deel.
Dr Olivia Karaolis is van die Skool van Opvoeding en Sosiale Werk aan die Universiteit Sydney
DIE BESTE MAN WAT JY KAN WEES
Vaders moet na hul gesondheid omsien, vir hulself sowel as vir hul kinders—maar dikwels doen hulle dit nie
As jy sou kon kies, wat sou jy liewer wou wees: ‘n gesonde vader of ‘n goeie vader? Studies stel voor dat mans dikwels verkies om ‘n goeie vader te wees bo gesondheid.
Om ‘n vader te word is ‘n vername mylpaal in ‘n man se lewe, en dikwels kom daar ‘n verandering in hoe hy dink: van ‘n fokus op ‘ek’ tot ‘n fokus op ‘ons’. Maar vaderskap kan ook ‘n verandering mee bring in hoe mans aan hul gesondheid dink. Navorsing vind dat vaders hul gesondheid nie in terme van dokter toe gaan of genoeg groente eet sien nie, maar hoe hulle ‘n werk behou, na hul familie omsien, hul kinders beveilig en onderrig, en om aan ‘n gemeenskaps- of sosialenetwerk te behoort.
Ek en my kollega studeer hoekom mans vroeër sterf as vroue, manlike houdings oor vaderskap, hoe om mans oor gesonde eetgewoontes te leer, asook wat gedoen kan word om mans se risiko vir tipe-2 diabetes en hartsiekte te verminder.
WERK, SEKS EN GESONDHEID
Wanneer ons met mans werk om hulle meer aktief te maak, om gesonder te eet en ‘n gesonde gewig te handhaaf, vind ons dat vir baie van hierdie mans is hulle eie fisiese en geestesgesondheid nie ‘n prioriteit nie. Ons vind ook dat mans hulle liggaam sien as bloot ‘n instrument om werk te verrig. Gesondheid is nie altyd
belangrik of iets waaraan hulle aandag skenk nie—totdat slegte gesondheid veroorsaak dat hulle nie kan werk of seks hê of enige iets anders wat belangrik vir hulle is, doen nie. Hierdie rolle en verantwoordelikhede is dikwels hoe hulle hulself as mans bepaal en hoe die mense in hul lewens hulle werd bepaal.
Terwyl baie aspekte van gender rolle verander het, vind ons dat ‘n hele klomp mans nog steeds herken dat hulle dikwels bepaal word as goed of suksesvol as hulle ‘n vaste werk het wat hulle in staat stel om na hulle kinders en ander verantwoordelikhede om te sien.
Vaders streef gewoonlik daarna om na hulle kinders, eggenote, lewensmaat of ander geliefdes om te sien. Dit mag lei tot minder slaap, langer werksure en minder vrye tyd vir stokperdjies en oefening.
Die wens om ‘n goeie vader te wees kan mans onder druk plaas om langer en harder te werk as wat hulle gedink het, maar hierdie keuses kan hulle duur te staan kom—veral as hulle nie genoeg tyd afstaan om na hulself om te sien nie. Ons het bewyse gesien van wanhoop—soos depressie, selfmoordgedagtes, alkoholisme en die gebruik van marijuana—onder grootmense in hul twintigs en dertigs. Hierdie gedrag is geneig om hoër te wees onder mans wanneer hulle vir die eerste keer vaders word.
Onopsetlike beserings en selfmoord is die vernaamste oorsake van dood onder mans (oor ras- en etniese groepe) in hul
twintigs en dertigs. Hierdie is nie die geval onder vroue nie.
Teen die ouderdom van 45 is hartsiekte en kanker die vernaamste oorsake van dood vir alle groepe mans. Hierdie kroniese siektes kan vermy word, tot ‘n sekere mate, deur nie te rook nie, gesonder kos te eet en minder alkohol te drink. Beter slaapgewoontes, minder rondsit en meer beweeg is verdere belangrike optrede vir goeie gesondheid.
Eerder as om hierdie gedrag na ‘n pouse van ‘n paar jaar weer te hervat, wys
studies daarop dat dit belangrik is om mans te help om gesonde gedrag te handhaaf as deel van hulle lewens soos hulle ouer word.
Wanneer mans ouer word, mag hulle miskien nie doelbewus betrokke wees in minder gesonde gedrag nie, maar dit mag ‘n gevolg wees van hulle lewens en omgewings wat die slegte keuses makliker maak. Mans het nie dieselfde toegang tot gesonde kos of dieselfde geleenthede om dokter toe te gaan nie, om fisies aktief te wees of ‘n bestaanbare salaris te kry nie—
maar tog, as hulle gevra word, wil hulle almal gesond wees en ‘n positiewe invloed op hulle kinders en families hê.
Waar pas hulle die tyd vir geestes- en fisiese gesondheid in hulle besige, stresvolle lewens in? Ons het gevind dat dit van vader tot vader verskil, maar hulle geliefdes moet hulle help. Volgens ons navorsing, glo ons dat families—veral die vroue in mans se lewens—‘n belangrike rol kan speel om vaders aan te moedig om gesonder te eet en beter na hulle gesondheid om te sien.
Veral eggenote kan emosionele ondersteuning of advies gee, mans help om by die dokter uit te kom, en gesonde optrede te bevorder. Eggenote, dogters en ander vroue in ‘n man se lewe is belangrike bronne van inligting oor hul gesondheid, en dikwels speel hulle ‘n sleutel rol om vaders en ander mans te help om stres beter te verstaan en hoe om dit te hanteer.
Dis belangrik om te herken dat vaders gewoonlik nie hulle gesondheid bo aan hulle lys van prioriteite plaas nie. Baie vaders sal graag ‘n opoffering maak om hulle kinders bly, veilig en suksesvol te sien. Die probleem is, as vaders net aan hierdie doelwitte dink, kan hulle eie gesondheid daaronder ly.
Derek M. Griffith is die stigter en direkteur van die Sentrum vir Navorsing na Mansgesondheid te Universiteit Vanderbilt
For more information about us please visit www.purifiorganicfresh.com or email us at info@purifiorganicfresh.com
Josh Dennis: 067 023 3292
Mervin: 079 220 3694
BLYE GESIGGIES
10 ouer strategieë om jou kinders se pandemie-stres te verminder
uers sukkel deesdae met grote vereistes op hulle tyd en energie. Kinders mag ander skooltye hê of nie meer met gereelde aktiwiteite besig wees nie. Terwyl die COVID-19 pandemie voortduur om verwoesting te saai op families, val roetine plat, word geduld nog meer getoets en gaan selfversorging uit die venster uit.
Dekades van navorsing bewys dat teenspoed gedurende kinderjare nadelige effekte op gesondheid en ontwikkeling kan hê. Gelukkig het ontwikkelingswetenskaplikers maniere aangewys hoe om kinders te help oorleef en floreer gedurende tye van teenspoed.
Families wat bekommerd is oor moontlike lang-termyn effekte van pandemie verskeuring kan iets leer van hierdie strategieë. Hier is 10 maniere hoe
ouers hulle kinders se veerkrag gedurende uitdagende tye kan koester:
1. KOM IN VERBINDING MET MEKAAR.
Maak tyd vir saam praat, luister en speel sonder enige hindernisse. Maak seker jou kinders weet hulle ouers is onvoorwaardelik lief vir hulle. Julle kan saam gedurende die dag pouses vat van julle werk of studies, ‘n spesiale slaaptyd
roetine begin om oor julle dag te praat, uitgaan vir ‘n stappie, of saam julle gunstelinge speletjies speel. Deur pogings te maak om met mekaar te verbind, help hulle om te weet hulle het waarde en om ‘n gevoel van sekuriteit te skep.
2. ONDERSTEUN JOU KINDERS SE VRIENDSKAPPE.
Dink aan maniere hoe jou kinders saam buite kan speel, saam praat via videooproepe of Zoom, of ‘n virtuele speletjie
speel met hulle vriende. Sommige families het veilige areas by die huis geskep waar hulle kinders met een of twee vriende kan saamspeel—met COVID-19 versorgmaatreëls in plek. Vriendskappe gee kinders geleenthede om te leer van mekaar, verminder stres en sorg vir onderskraging en aanvaarding.
3. VIND MANIERE HOE KINDERS MEKAAR KAN UITHELP.
Praat oor hoe ander mense ook swaarkry
gedurende die pandemie. Moedig jou kinders aan om hulle ou speelgoed te skenk, geld te spaar vir ‘n spesiale saak, of die bure met inkopies of werkies in hulle agterplaas te help. Wanneer jy ander mense help, sluit jou kinders in en praat oor waarom jy dit doen. Dit sal hulle leer oor die behoeftes van ander en sal ook empatie ontwikkel.
4. HELP KINDERS OM BETROKKE TE BLY BY KLUBS OF GROEPE.
Groepe wat goed werk gedurende die pandemie sluit in Zoom-klubs en stapgroepe. Om deel te wees aan ‘n groep help kinders om te voel hulle behoort saam met ander kinders en bevorder identiteitsontwikkeling. Dit kan ook help om sedes en waardes op te bou en akademiese sukses te bevorder.
5. BEHOU KONTAK MET DIE BELANGRIKE GROOTMENSE IN HULLE LEWENS.
Kinders trek voordeel uit verhoudings met ander mense soos grootouers en onderwysers. Hulle kan addisionele bronne van onderskraging wees en iemand om mee te praat oor probleme. Hulle is besonders belangrik wanneer ouers nie teenwoordig is as gevolg van werk of ander verpligtinge. Help kinders om in verbinding te bly via Zoom, e-pos, telefoonoproepe, FaceTime en spesiale aktiwiteite soos buitelugse programme.
6. VOLHARD MET STOKPERDJIES.
Verveeldheid is ‘n ouer se grootste vyand. ‘n Genotvolle stokperdjie is ‘n belonende aktiwiteit; dit voorsien prettige vrye tyd en geleenthede om dinge baas te raak. Sulke aktiwiteite voorsien verbindings met ander mense, kan kinders dissipline leer en hoe
om ‘n mens se emosies en gedrag te handhaaf, asook selfrespek bevorder. Kinders kan kuns, musiek, wetenskapprojekte, skryfwerk, skaak en ander stokperdjies verken wat fisiese, artistieke en intellektuele bekwaamhede ontwikkel.
7. WEES FISIES AKTIEF.
Maak oefening deel van die familieroetines. Gaan uit vir ‘n stappie of ry fiets, speel aktiewe videospeletjies soos Nintendo Switch, gaan na die park, doen strekoefeninge of yoga. Oefening het baie van dieselfde voordele soos stokperdjies. Dit help kinders om die fisiese effekte van stres op die liggaam te verwerk en verbeter buie en geestesgesondheid.
8. SKEP ROETINES.
Roetines is kragtige nie-verbale tekens vir kinders se breins wat sê hulle is veilig en dat die lewe voorspelbaar is. Behou ‘n roetine om konflikte te verminder— kinders weet wat om te doen en wat hulle gedurende verskeie tye van die dag kan verwag. Skep en vertoon saam ‘n daaglikse en maandelikse kalender met woorde en prentjies wat kinders sal herinner wanneer leerwerk, speel, rus, slaap en eet plaasvind. Dink klein rituele uit wat jou kinders sal gerusstel, veral by slapenstyd: lees, vertel
stories, sing ‘n spesiale liedjie, bid saam of maak ‘n lysie van geliefdes. Sulke aktiwiteite verseker beter slaap as, byvoorbeeld, om na ‘n video of TVprogram te kyk.
9. HOU REALISTIESE VERWAGTINGE VIR LEERWERK.
Kinders se betrokkenheid in skoolwerk wissel af gedurende die pandemie; sommige kinders is meer geaffekteer as ander. Virtuele skoolhou benodig ouers om meer betrokke te wees: hulle moet take monitor, nou en dan gedurende die dag kyk of alles nog in orde is, en hulp verkry wanneer kinders sukkel met die skoolwerk. Terwyl skoolwerk belangrik is, vind nie alle leerwerk in die klas plaas nie. Laat jou kinders betrokke raak in daaglikse takies soos kook (meet, tydsberekening), tuinwerk, inkopies doen (kostes uitwerk) en speletjies soos kaarte, domino’s en bordspeletjies wat hulle geheue en denkbekwaamhede bevorder. Lees saam met jou kind elke dag.
10. HANDHAAF ‘N GESONDE EN VEILIGE HUIS.
Behalwe om COVID-19 versorgmaatreëls te handhaaf, maak voedsame maaltye, verwyder rommel in slaapkamers en organiseer al die speelgoed, speletjies, stokperdjie voorraad en leermateriaal. Vind maniere om kinders betrokke te kry in maaltye voor te berei, hulle werk- en speelareas te organiseer, alles skoon te maak na hulle aktiwiteite, en deel wees van gesprekke oor familiereëls.
Baie ouers doen alreeds die bogenoemde dinge, maar met meer stres en tydvereistes is hierdie aktiwiteite moeilik om te handhaaf. Nou is ‘n goeie tyd om ‘n paar van hierdie strategieë te kies en weer op spoor te kom.
Elke familie is verskillend, met kinders van verskillende ouderdomme. Maar hierdie beproefde tegnieke sal jou kinders help om deur die moeilike tye te kom, ongeag hulle ouderdom of situasie.
Amanda Sheffield Morris en Jennifer Hays-Grudo is dosente aan die Universiteit Oklahoma-Staat
Vir hulle toekoms
Sal jy jou kinders se erfporsie in die hande van die regering oorlaat? Stel liewer ‘n testamentêre trust op
DEUR ALEX SIMEONIDESAs ouers wy ons onsself toe aan die versorging van ons kinders om te verseker dat daar in al hulle behoeftes voorsien word: fisies, emosioneel en natuurlik finansieel. Die doelwit is om gelukkige, gesonde en gebalanseerde jong volwassenes groot te maak wat deurdagte besluite kan neem, om hulle ‘n voorsprong in die lewe te gee deur ons harde werk en goeie rentmeesterskap en om hulle te beskerm teen die groot, slegte wêreld daarbuite terwyl hulle nog jonk is.
Maar wat sal gebeur as jy skielik nie meer daar is om in hulle behoeftes te voorsien nie? Wie sal die mantel van ouerskap wat jy agterlaat, oorneem? En wie sal verseker dat enige erfporsie wat jy bymekaargemaak het vir jou kinders, wel deur hulle ontvang sal word en regmagtig bestuur word tot hulle voordeel?
Wat baie ouers nie besef nie, is dat hulle hul kinders se erfporsies aan die genade van die Regering se Voogdyfonds oorlaat wanneer hulle nie behoorlike voorsiening maak vir die moontlikheid dat hulle kinders die toekoms tegemoet moet gaan sonder hulle nie. Wanneer kinders albei hulle ouers verloor, word hulle en hul erfporsies in voogdyskap van die Hooggeregshof geplaas.
WAT PRESIES IS DIE REGERING SE VOOGDYFONDS?
Die Regering se Voogdyfonds val onder die administrasie van die Meester van die Hooggeregshof. Elke Hooggeregshof in Suid-Afrika het sy eie Voogdyfonds. Hierdie struktuur is opgestel om die erfporsies van ons land se kwesbaarste persone—soos byvoorbeeld, minderjariges—wat nie in staat is om hulle
eie finansiële sake te bestuur nie, ongebore erfgename, vermiste of afwesige of onopspoorbare persone, ens. te beveilig en te beskerm, maar meer dikwels as nie, skiet dit tekort in die vervulling van sy mandaat.
Na aanleiding van ‘n onlangse verslag, ontvang die Regering se Voogdyfonds meer as ‘n biljoen rand per jaar om namens begunstigdes te bewaar en te administreer.
Wat hierdie feit vreesaanjaend maak, is die aantal gevalle van bedrog en wanbestuur wat teen die fonds aanhangig gemaak word. In 2010, het die eertydse Minister van Justisie Jeff Radebe aangekondig dat bedrog van omtrent R80 miljoen van die Voogdyfonds se gelde gepleeg is. In 2019, het die president opdrag gegee dat al die Meester se kantore landswyd vir ‘n paar dae gesluit moet word sodat die Spesiale Ondersoekeenheid inligting ten opsigte van bedrog en wanadministrasie kon bymekaarmaak, en
FINANSIES nalatenskap
die getal het later daardie jaar uitgebrei toe R10 miljoen uit die Voogdyfonds gesteel is.
DIE PROSES OM ONDERHOUD TE EIS VAN DIE VOOGDYFONDS VIR MINDERJARIGES
Wanneer ‘n minderjarige kind se erfporsie deur die Voogdyfonds geadministreer word, rus die verantwoordelikheid om aansoek te doen vir onderhoudsgelde vir klere, kruideniersware, skoolfooie ens. op die wetlik aangewese voog(de) van die minderjarige kind. Hierdie proses word egter belas deur argaïese administrasieprosesse en streng aansoekvereistes wat onbuigsaam is wanneer die virtuele vereistes van COVID-19 in ag geneem word. Dikwels beteken dit dat die ontvangs van gelde vertraag word en dit kan ‘n ernstige newe-effek op ‘n kind se lewe hê.
Enige fondse wat onopgeëis bly in die Voogdyfonds vir ‘n periode van 30 jaar word aan die staat verbeur. Dit beteken dat as jou kinders nie bewus is daarvan dat hulle erfporsie aan die Voogdyfonds oorbetaal is nie, en hulle nie binne 30 jaar nadat hulle 18 jaar oud word dit opeis nie, hou die staat die geld.
STEL ‘N TESTAMENT OP
Die samelewing het ‘n algemene wanopvatting dat mens net ‘n testament hoef op te stel as jy skatryk is en baie bates besit—maar jou testament doen soveel meer.
Nie slegs sluit jy in jou testament in wie wat erf nie, maar ook wie jou kinders se voog(de) moet wees, sowel as hoe die geld en bates wat jy aan hulle nalaat bestuur behoort te word—wat verseker dat die erfenis wat jy aan jou kinders nalaat, effektief bestuur word met deernis en bekwaamheid.
Baie mense versuim om hulle testament in orde te kry, bloot omdat hulle net nie daarby kom nie. Om die waarheid te sê, is die belangrikste rede dat mense sonder ‘n geldige testament afsterf, is eenvoudig omdat hulle te lank uitstel tot dit te laat is. Hulle weet hulle moet dit doen, maar maak nooit tyd daarvoor nie—en dit is hulle kinders en afhanklikes wat daarvoor betaal.
HOEKOM SOU MENS ‘N TESTAMENTÊRE TRUST OPSTEL?
testamentêre trust in jou testament nie, is daar slegs twee moontlikhede oor vir die bates en geld wat jy aan jou kinders nalaat. Eerstens, word dit aan die Regering se Voogdyfonds oorbetaal totdat jou kind meerderjarig word en dit opeis; of tweedens, dit word aan jou kinders se wetlike voog(de) gegee om te bestuur.
Indien die geld en bates aan die voog(de) gegee word om te bestuur, is daar baie min aanspreeklikheid vir die voog(de) om die erfporsie slegs vir jou kinders en hulle behoeftes te gebruik en dikwels wanneer iemand nie vaardig is met hulle eie finansies nie, word die erfporsie uitgeleef voor die kind meerderjarigheid bereik en bevoeg is om hulle eie geld te bestuur.
Die implikasies wanneer jy nie vir ‘n testamentêre trust in jou testament voorsiening maak nie, is dat jou kinders se toekoms sonder jou onderworpe is aan ‘n staatsinstelling of die onsekerheid dat die aangewese voog ‘n verantwoordelike persoon is of nie. ‘n Testamentêre trust kan slegs geskep word wanneer die persoon wat die skepping daarvan inisieer deur hul testament, afgesterf het. So, die beste manier om hiervoor te beplan is deur jou testament.
Niemand kan na jou kinders omsien soos jy nie, en die beste manier om te verseker dat jou nalatenskap ná jou voortleef is om nóú vir die onvoorsiene voorsiening te maak—en dit in jou testament te vervat.
Alex Simeonides is die hoofuitvoerendebeampte van Capital Legacy. Vir meer inligting oor testamente en boedels en die opstel van trusts, besoek www. capitallegacy.co.za.
As jy nie voorsiening maak vir ‘n
Vir ouers
Deur Louise Schoonwinkel – Besturende Direkteur: Optimi HomeDie COVID-19 pandemie het almal – veral ouers - se lewens verander. Ma’s en pa’s wat gewoond was daaraan om hul kinders by die skool af te laai en onderwysers sorg vir hul opvoeding, moet nou self hulle kinders leer. Alhoewel tuisskool kan voel soos ‘n onmoontlike uitdaging vir baie ouers, maak Impaq dit maklik!
Met meer as 19 jaar se ondervinding is Impaq die grootste kurrikulumverskaffer in die land, met meer as 28 000 graad R – 12 leerders wat in 2021 by ons geregistreer is. Só help Impaq jou om te tuisskool soos ‘n kenner:
1. ONONDERBROKE LEER
Die derde golf van die koronavirus (en veral die verspreiding van die deltavariant van Indië) het veroorsaak dat baie skole weereens hulle deure moes toemaak. Die sluiting van skole sal ongetwyfeld kinders se opvoeding benadeel en terugslae veroorsaak. Met Impaq is hierdie bekommernisse iets van die verlede – onderrig en eksamens gaan voort soos gewoonlik uit die veiligheid van jou eie huis! Hierdie afstandsonderrigmodel en Impaq se ondersteuningsdienste beteken dat jou kind dwarsdeur die jaar met hul leerreis kan voortgaan.
2. KWALITEIT LESMATERIAAL
Omdat die inhoud van ons lesmateriaal en hulpbronne volgens die KABV-riglyne opgestel word, en omdat ons
geregistreer is met die assesseringsliggaam SACAI (SuidAfrikaanse Komprehensiewe Assesseringsinstituut), kan Impaq leerders enige tyd terugkeer na tradisionele openbare skole indien nodig. Leerders wat by Impaq geregistreer is ontvang ook ‘n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) wanneer hulle graad 12 suksesvol voltooi.
GRONDSLAGFASE (GRAAD R –
onafhanklike leer soos wat hulle ‘n wye verskeidenheid vermoëns en vaardighede bemeester.
SENIOR FASE (GRAAD 7 – 9)
3)
In hierdie fase fokus die kurrikulum op vier hoofbeginsels wat krities is vir ‘n jong kind se ontwikkeling:
• kritiese denke, • probleemoplossing, • stap-vir-stap riglyne, en • om leerders toe te laat om te leer en ontwikkel teen hul eie pas. Leerders word blootgestel aan Wiskunde, Lewensvaardighede, en ‘n Huistaal (Afrikaans of Engels) deur die fase en pak ‘n Eerste Addisionele Taal aan in graad 1. Ouers kan ook gebruik maak van die grondslagfase Wiskunde-stel en Cami EduSuite om hul kinders te help met Wiskunde, Lees en Geletterdheid.
INTERMEDIÊRE FASE (GRAAD 4 – 6)
Tydens hierdie fase neem leerders ses verpligte vakke:
• Wiskunde, • ‘n Huistaal, • ‘n Eerste Addisionele Taal, • Lewensvaardighede, • Sosiale Wetenskappe, en • Natuurwetenskappe en Tegnologie. Leerders ontwikkel ‘n gevoel van
In die senior fase gaan leerders voort met die verpligte vakke van die intermediêre fase. Natuurwetenskappe en Tegnologie word nou twee verskillende vakke en leerders word blootgestel aan Ekonomiese Bestuurswetenskappe en Skeppende Kunste. Lewensvaardighede word nou op ‘n hoër vlak studeer en staan bekend as Lewensoriëntering.
In die senior fase het leerders selfbestuursvaardighede ontwikkel en behoort meer inspraak te hê in die struktuur van hul akademiese skedules. Leerders kan nou begin om gebruik te maak van Optimi Publishing se Excomboeke in sekere vakke, wat ontwikkel is om leerders in hul leerreis te ondersteun.
VOO-FASE (GRAAD 10 – 12)
In die laaste fase van hul skoolloopbaan kies leerders drie vakke, ook bekend as ‘matriekvakke’, saam met die vier verpligte vakke (Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid en Lewensoriëntering) en neem dan ‘n totaal van sewe vakke.
Impaq bied ‘n wye verskeidenheid van meer as vyftien keusevakke, van Fisiese Wetenskappe tot Toerisme. Leerders kan ook gebruik maak van Optimi Publishing se Quanta-reeks, wat spesifiek ontwikkel is om leerders te help met Fisiese Wetenskappe.
3) UITSTEKENDE HULPBRONNE EN ONDERSTEUNING
Anders as baie ander kurrikulumverskaffers vir tuisonderrig besef Impaq dat onderrig nie net bestaan uit lesmateriaal nie. Bykomend tot ons kwaliteit lesmateriaal bied Impaq dus ook genoeg aanvullende onderrigen leerhulpbronne vir beide ouers en leerders, soos fasiliteerdersgidse, beplande skedules, assesseringselemente en dienste, en meer!
Deesdae op die winkelrakke is daar ‘n oorwegende hoeveelheid melkalternatiewe. Glad nie meer net vir die moderne hipster nie, hierdie plantaardige melkalternatiewe is nou die ‘in ding’.
Hierdie alternatiewe is geskik vir mense wat nie suiwel kan drink nie, of dié wat etiese of ander persoonlike voorkeure het. Die ‘melke’ is gewoonlik laer in versadigde vet en energie as suiwel, maar ook laer in proteïne (behalwe soja) en kalsium (tensy dit gefortifiseer is). Sommige van hierdie alternatiewe is ook hoog in bygevoegde suiker.
So, watter melk is die beste? Die antwoord is nie so eenvoudig nie. Suiwel is gewoonlik tops vir die kwaliteit van voedingstowwe, alhoewel soja ‘n goeie plaasvervanger is vanuit ‘n voedingsstandpunt. Let op dat hierdie alternatiewe nie eintlik ‘melk’ is nie, want hulle stam nie van soogdiere af nie.
Nietemin, die voedingskwaliteit van die verskillende alternatiewe wissel heelwat af, so dis belangrik om hierdie verskille in aanmerking te neem wanneer jy ‘n tipe melk kies.
SUIWEL
Suiwel voorsien ons van belangrike voedingsstowwe soos kalsium, proteïne, vitamien B12, vitamien D, vitamien B2, sink, fosfor en jodium. Die hoeveelheid en kwaliteit van suiwelproteïne is hoog; beide wei en kaseïne bevat al nege noodsaaklike
aminosure. Suiwel speel ‘n belangrike rol in beengesondheid en is ‘n besonderse ryk bron van voedingskalsium.
Navorsing oor die liggaam se vermoë om kalsium te absorbeer en gebruik het vasgestel dat die kalsium in suiwel die beste geabsorbeer word.
Al bevat suiwelprodukte ‘n klein hoeveelheid versadigde vet, is suiwelvet nie te problematies vir hartgesondheid nie. A breë studie onder mense van 21 lande, gepubliseer in 2018 in The Lancet, het uitgevind dat die vertering van suiwel geassosieer word met ‘n laer risiko van hartsiekte en sterfte.
Suiwel het hoë voedingswaarde, maar daar’s geen rede vir mense om dit te drink as hulle dit nie verkies nie. Al die
voedingsstowe in suiwel kan elders in die dieet verkry word.
SOJA
As jy ‘n suiwelvrye alternatief soek, dan is sojamelk ‘n goeie keuse (alhoewel sekere mense nie soja kan verteer nie). Dit word van gemaalde sojabone of sojaproteïnpoeier, water en plantaardige olies gemaak—en is gewoonlik gefortifiseer met vitamine en minerale soos kalsium.
‘n Studie van 2017 in die Journal of Food Science and Technology het gevind dat soja aansienlik beter gevaar het as ander
melkalternatiewe (insluitend amandel-, rys- en klappervariëteite) in terme van voedingswaarde.
Bekombaar in vol- en laevet weergawes, is sojamelk ‘n goeie bron van plantaardige proteïne, koolhidrate en B-vitamine, en die meeste produkte is met kalsium gefortifiseer. Die liggaam se vermoë om die bygevoegde kalsium in sojamelk te absorbeer en gebruik is amper dieselfde soos met suiwel.
Sojamelk bevat meer proteïne as ander plantaardige alternatiewe en bevat ook gesonde onversadigde vet en vesel.
Dit bevat ook fitoestrogene, natuurlike planthormone wat die liggaam se eie natuurlike estrogeen naboots, maar tot ‘n mindere mate.
Daar is bewyse dat hierdie fitoestrogene ‘n beskermende effek het teen sekere kankers. ‘n Hersieningsstudie van 2019 in Molecular Nutrition & Food Research het gevind dat die vertering van soja meer heilsaam as skadelik is.
AMANDEL
Neutmelk soos amandelmelk bevat hoofsaaklik gemaalde neute en water. Alhoewel amandels ‘n goeie plantebron van proteïne is, is amandelmelk aansienlik laer in proteïne en kalsium as suiwel. As jy amandelmelk kies, moet jy seker maak dat jy die noodsaaklike voedingsstowwe elders in jou dieet verkry.
In ‘n 2017 opname van wydbekombare kommersiële amandelmelkprodukte, het
die verbruikersgroep Choice gevind dat amandelmelk net 2% tot 14% amandels bevat, met water as die oorheersende bestanddeel. Amandelmelk is gewoonlik laag in energie en versadigde vet, en bevat ‘n klein hoeveelheid gesonde onversadigde vet plus vitamien E, mangaan, sink en kalium.
Amandelmelk bevat dikwels bygevoegde suiker. Hou dop vir terme soos rysstroop, agavestroop, sukrosesap, suiker of maltodekstrien. Koop verkieslik onversoete variëteite.
Amandelmelk is geskik vir mense wat nie suiwel of sojamelk kan verteer nie— maar is nie geskik vir diegene met neutallergie nie.
As jy amandelmelk as ‘n suiwelalternatief gebruik en jy wil dieselfde voedingswaarde verkry, kyk uit vir ‘n produk wat met kalsium gefortifiseer is. Maak seker die hoeveelheid kalsium is ongeveer 115mg tot 120mg per 100ml (soos suiwel).
HAWERMOUT
Hawermoutmelk word gemaak deur hawermout met water te meng en dan word die vloeistof deurgesyg. Dis ‘n bron van vesel, vitamine E en B2, en foliensuur. Dit is laag in vet en natuurlik soet, met dubbel die hoeveelheid koolhidrate as suiwel—so dit mag nie vir diabete geskik wees nie.
Hawermoutmelk is gewoonlik laag in proteïne en kalsium, so kies ‘n gefortifiseerde produk.
Hierdie melk is nie geskik vir mense wat nie gluten kan verteer nie, en dit het ook nie genoeg
voedingswaarde vir jong kinders nie.
KLAPPER
Klappermelk is laag in proteïne en koolhidrate, en hoog in versadigde vet. Sekere produkte het bygevoegde suiker.
Net soos neutmelk, bevat klappermelk nie baie kalsium nie en is dus nie ‘n goeie plaasvervanger vir suiwel vanuit ‘n voedingsstandpunt nie.
RYS
Rysmelk word van gemaalde rys en water gemaak. Dis natuurlik hoog in koolhidrate en suiker, en het ‘n hoë glysemieseindeks; dit beteken die glukose word gou in die bloodstroom vrygestel, so rysmelk is nie geskik vir diabete nie. Dit is ook besonders laag in proteïne en kalsium, so kies ‘n produk wat gefortifiseer is.
Uit al die melkalternatiewe is rysmelk die beste vir mense met allergiëe, maar weens die lae voedingswaarde is dit nie ‘n geskikte suiwelplaasvervanger veral vir kinders nie.
Wanneer jy besluit op ‘n plantaardige melkalternatief, kies ‘n gefortifiseerde, onversoete produk. Kyk uit vir melke met ‘n kalsiuminhoud van ten minste 115mg tot 120mg per 100ml (of 300mg per koppie).
Jou keuse moet ook jou algemene dieet en voedingsvereistes in aanmerking neem. Dit is besonders belangrik vir kinders, adolessente, ouer volwassenes en diegene op ‘n beperkte dieet.
Ten slotte, faktore soos smaak, geur en tekstuur is ook belangrike oorwegings.
Leah Dowling is dosent in Dieetkunde aan die Swinburne Universiteit van Tegnologie
VOEDSAAM kos op die tafel
GUNSTELINGE GEURE
Kos is liefde, so vul jou huis en kombuis met warmte
In Dit Proe Soos Huis, eer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy weef haar gunstelingresepte, passie vir kos en hul eie stories ineen.
Rysfrikkadelle
My ouers het die huis by Borcherdstraat 58 in Upington gekoop omdat dit naby die skool was en ek met my fiets kon skool toe ry. Ná skool moes ek teen ’n vreeslike bult uitry in Malherbe-straat en al wat my gemotiveer het om aan te hou trap, was die vooruitsig van wat wag op die tafel onder die plastiekdeksel vir middagete. Hoewel ek nooit teleurgestel was nie, het ek elke dag gehoop dis rysfrikkadelle. Dis trooskos op sy beste! Vandag sal ek enige bult uittrap om weer saam met my ma om die kombuistafel te sit en kuier oor ’n bord van hierdie frikkadelle.
BESTANDDELE
• 15ml olyfolie
• 15ml botter
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 30ml kerriepoeier
• 10ml fyn koljander
• 500g maer maalvleis
• ’n handvol gekapte koljander
• 1 koppie gaar rys, afgekoel
• 1 eier
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 300ml tamatiepuree
• 125ml rooiwyn
• 1 x 400g-blik gekapte tamaties
• 60ml bruinsuiker
• parmesaankaas vir voorsit
METODE
1. Verhit die oond tot 200ºC.
2. Verhit die olyfolie en botter saam in ’n pan tot warm. Voeg die uie en knoffel by en braai liggies vir 5 minute of tot dit begin verkleur. Voeg die speserye by en braai vir nog 5 minute.
3. Voeg die gebraaide uie by die rou maalvleis en voeg dan die vars koljander, rys en eier by. Geur en meng goed.
4. Vorm die vleis in frikkadelle so groot soos gholfballe en pak hulle in ’n oondvaste bak.
Dit is resepte van onthou dié: ’n kosverhaal van dít wat is, verbind met dít wat was. Kos is liefde, en in die kombuis klop die hart van die huis.
Hier is ‘n voorsmakie van resepte uit die vierde kookboek van Lensing, SARIE-tydskrif se jongste ooit kosredakteur.
5. Bring die tamatiepuree, rooiwyn, gekapte tamaties en suiker tot kookpunt in ’n klein pot, geur goed met sout en peper en giet die sous oor die rou
frikkadelle. Bak vir 25-30 minute of tot gaar.
6. Sit voor met parmesaankaas.
VOEDSAAM kos op die tafel
Hoender oor die Kole
Ek het nooit verstaan hoekom my ma dié hoender net by die see gemaak het nie, want dit was so lekker en eenvoudig. Dalk was dit die twee keer se gaarmaak waarvoor sy nie kans gesien het nie (sy het geglo jy maak so min moontlik skottelgoed vuil as jy kook). Gebruik heel hoender of hoenderstukke vir die resep—die keuse is joune. In haar resepteboek sê sy nie hoeveel van elke bestanddeel nodig is nie; ek het die hoeveelhede bygesit om dit makliker te maak.
BESTANDDELE
• 250ml tamatiesous
• 100ml Worcestersous
• 250ml perskeblatjang
• 30ml mosterdpoeier
• 50ml olyfolie
• 100ml witasyn
• 100g (125ml) bruinsuiker
• 30ml paprika
• 15ml fyn komyn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 heel hoender of 16 hoenderstukke
METODE
1. Verhit die oond tot 180ºC.
2. Meng al die bestanddele behalwe die hoender in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en verwyder dan van die hitte. Laat effens afkoel.
3. Gebruik ’n skerp skêr en knip die rugbeen van die hoender los. Plaas die hoender met die velkant na bo op jou werkblad en druk dit plat met jou handpalm (die Engelse noem dit “spatchcock”). Sit die plat hoender in ’n oondbak en geur goed met sout en peper. Giet die sous oor die hoender en oondbraai vir 30 minute.
4. Kry intussen jou kole medium-warm.
5. Plaas die hoender met die velkant na onder op ’n toeklaprooster en braai stadig oor warm kole tot goudbruin en deurgaar (sowat 20 minute). Draai af en toe om en bestryk met nog sous. Sit warm voor.
Peppermint Crisp-tert
Genoeg vir 10 tot 12
Ja, ja, ek weet dis een van daai resepte wat almal ken en nie eintlik nodig het nie, maar glo my, jy sal dié een van my ma wil hê. Sy het dit gereeld gemaak as troos, veral in eksamentye. Ná matriek is ek sjefskool toe. Aanvanklik het ek gedink dis so lekker om my vlerke te sprei en die platteland te groet, maar gou het die verlange na my ma en pa ingeskop. En wanneer die verlange groot was, het ek hierdie tert gemaak. My ma het dit soms in ’n losboom-koekpan gemaak soos ’n koek, ander kere in bakkies. Die geheim op haar notas sê duidelik: Hy moet 24 uur in die yskas rus voor jy dit kan geniet.
BESTANDDELE
• 3 x 250ml-houers room (regte room!)
• 4 x 360g-blikke karamelkondensmelk
• 3 x 150g-plakke Peppermint Crisp
• 2 x 200g-pakkies klapperkoekies (Tennis Biscuits)
METODE
1. Klop die room tot sagte punte vorm. Jy kan dit met die hand doen, maar wie is nou lus daarvoor! Wees net versigtig indien jy dit met ’n klitser klop dat dit nie botter raak nie.
2. Gebruik ’n draadklitser en roer die karamel in ’n groot mengbak tot sag en glad—dis belangrik dat daar geen klonte in is nie.
3. Rasper die sjokolade fyn op die growwe kant van jou rasper.
4. Nou vir die lekker deel: Gebruik een pakkie koekies en pak ’n laag onder in jou bak en maak ook ’n ry koekies reg rondom teen die bak se rand staan— regop soos soldate wat bo die vulsel gaan uitkyk.
5. Vou dan die room, asook die helfte van die sjokolade, by die karamel in.
6. Skep die helfte van die karamelwolk in ’n laag bo-op die koekies. Pak dan nog ’n laag koekies op die vulsel en skep dan die res van die karamelwolk bo-op.
7. Strooi die oorblywende sjokolade oor en sit die tert oornag in die yskas.
Fresheggs nourishthe body
ink jy daaraan om jou eie babakamer te bou of ‘n ou kamer te omskep? ‘Groen’ babakamers is deesdae ‘n trend en het baie voordele—nie net vir die planeet nie, maar hulle kan ook meer bekostigbaar en minder sukkel wees.
Hier is 8 goeie wenke vir die ouer wat ‘n groen babakamer wil skep maar wat nie so baie daarvan weet nie.
1. DIE KAMER
Die ruimte wat jy vir ‘n babakamer wil gebruik moet genoeg natuurlike lig inlaat. Daar hoef nie baie direkte sonlig deur die vensters te skyn nie, maar die kamer moet darem gedurende die dag belig wees. Natuurlike lig is veel beter as enige ekovriendelike gloeilamp of LUD-lig. Jy kan dalk deel van ‘n muur uithaal om spasie te maak vir ‘n nuwe venster, of ‘n dakvenster laat inbou.
2. MURE
Dit gaan alles oor die verf! Kies ‘n verf, lak of afwerking wat geen vlugtige organiese verbindings (“VOCs”) bevat nie. Dis nie net hierdie chemikalieë wat skadelik kan wees nie, maar die reuk kan ook ‘n effek op baba se bors en neus hê. Kyk uit vir ekovriendelike verfprodukte soos dié van Breathecoat, ProNature en Selfcoat.
3. LIGTE EN HEGSTUKKE
Ons moet almal energie bespaar, so los liewer daardie spoggerige liggies wat jou
oog by die winkel gevang het. LUD-ligte en gloeilampies is nou wyd beskikbaar en bekostigbaar. Die energiegebruik van daardie outydse gloeilampies is verstommend. As jy regtig ‘n hegstuk vir die babakamer wil hé, kies liewer een wat ook ‘n plafonlig of naglig is.
4. MEUBELS
Meubels vir die babakamer is redelik klein, so miskien kan jy na jou naaste hardeware winkel toe gaan om te kyk hoeveel dit sal kos om jou eie meubelstukke te maak. Of maak ‘n draai by enkele ekovriendelike meubelwinkels wat bababeddens, kabinette en laaikaste van hergebruikte hout maak.
5. PLANTE
Huisplante is noodsaaklike elemente van die babakamer. Hulle reinig die lug en lyk boonop mooi in ‘n hoekie. Kies plante wat nie soveel instandhouding sal benodig nie, soos donkie se stertvleisplante (Sedum
morganianum), baba rubberboom (Peperomia obtusifolia) of slangplant (sansevieria). Vir hangende plante is die Boston-varing (Nephrolepis exaltata) ‘n goeie opsie. Plaas die draakboom (Dracaena fragrans) in ‘n hoekie. Vir ‘n mooi groen kleur, kies die bont spinnekop (Chlorophytum comosum) of fittonia-plant.
6. BABABED
Dis ‘n goeie idee om te verseker dat die item waarop baba baie van haar tyd sal deurbring, die veiligste is. Daar is baie ekovriendelik bababeddens op die mark met verskillende ontwerpe, kleure en afwerkings. Die beste babamatras is van organiese katoen gemaak, met waterdigte bedekking.
7. BABADOEKIES EN SPEELGOED
Kies lap-babadoekies in plaas van weggooi-babadoekies. Maar as jy regtig nie kans sien daarvoor nie, is ekovriendelike weggooi-babadoekies die naasbeste opsie—probeer Bamboo Nature. Wanneer dit by baba se speelgoed kom, vermy enige plastiese items.
Houtspeelgoed is die beste. Vir opgestopte speelgoed, kies teddies en poppies wat van organiese stowwe gemaak is, binne en buite.
8. SKOONMAAK EN HANDHAWING
Ongeag hoe groen jou babakamer is, sal dit nog altyd vuil raak! Kies babavriendelik en nie-giftige skoonmaakmiddels. Maak seker jou wasmiddels en skottelgoed opwasmiddels is óf organies óf bevat geen giftige chemikalieë nie.
‘N MOOI DAG
Ouers en kinders sukkel nou nog ‘n jaar na die COVID-19 pandemie ons getref het. Baie kinders ly aan ‘n gebrek van die struktuur en stimulering waaraan hulle gewoond was.
Gelukkig kan die hele gesin nou ‘n verrykende en prettige uitstappie geniet by Vergelegen Landgoed in Somerset-Wes met 18 fantastiese tuine en ‘n geskiedenis van meer as 300 jaar.
Hier is 11 redes om na die Landgoed uit te ry vir ‘n dag tussen die bome en plante by hierdie plek wat in 2019 bekroon is as Beste Wynlandgoed in Afrika.
DIEREPLAAS
Wanneer jy deur die inganghekke ry, kyk uit vir die wegtrippelende eekhorinkies— sowel as die pragtige nguni beeste en miskien die skaars bontebokke.
OOSTUIN
Ouers kan op die bankies in die skaduryke prieel ontspan terwyl die kinders die avontuurspeelgrond verken. Daar is druppende water om deur te plas, ‘n klomp klimrame, swaaie en handgekerfde houtdiere om op te sit. Daar’s ook ‘n doolhof wat uit sierlike wingerdstokke geskep is, wat die klein ondersoekers lok.
THE ‘GROOT VYF’
Kyk uit vir die vyf enorme kanferbome voor die woonhuis wat tussen 1700 en 1706 geplant is en wat in 1942 as nasionale monumente verklaar is. As hulle gelukkig is, sal die kinders ‘n paar uile tussen die takke bespeur.
OU EIKEBOME
Vergelegen huisves ‘n ou, hol Engelse eikeboom wat lyk asof dit in ‘n kinderstorieboek hoort. Dis etlike eeue oud, en glo die langste lewende eikeboom in Afrika. Vir kinders wat gek is oor koninginne en prinsesse, is daar ‘n
koninklike eikeboom wat in 1920 geplant is en wat Koning George VI, Koningin Elizabeth II en ander baie genot verskaf het.
KLEIN EKSPEDISIE
Gebruik die swaaibruggie om oor die Lourensrivier te stap tot die reuse Outeniqua geelhoutboom met sy groot uitgespreide takke. Kenners skat die boom is tussen 150 en 400 jaar oud.
OMGEWINGSERVARING
Neem die kinders op ‘n ontdekkingsreis deur die bio-uiteenlopende natuurreservaat vol fynbos. Kyk uit vir nguni beeste, bontebokke en eland. Die hele gesin kan ‘n geleide toer in ‘n Vergelegen-voertuig geniet.
ARBORETUM
Sowat 7 500 bome word nou geplant om ‘n groen skuilplek te skep, insluitend ‘n 3.5-kilometer voetpad. Verken die verskeidenheid ander voetpaaie en staproetes hier.
HISTORIESE HOOGTEPUNTE
Besoek die herstelde woonhuis se vertolkende sentrum met geïllustreerde panele wat die verskillende historiese eras en opvallende besoekers aan die landgoed beskryf, van President Nelson Mandela tot Bill en Hillary Clinton.
BIBLIOTEEK
Boekeliefhebbers sal dit geniet om die gewese wynkelder te besoek wat in 1816
gebou is—deesdae huisves dit ‘n onskatbare versameling boeke wat aan die voormalige landgoedeienaar, Sir Lionel Phillips, behoort het.
STABLES FAMILIERESTAURANT
Al hierdie aktiwiteite sal sekerlik almal se eetlus opbou! Die gewilde bistro-styl Stables restaurant is heel jaar oop. ‘n Smaakvolle kinderspyskaart bied aan ontbytopsies soos spek en eiers of ‘n ham-en-kaastoebroodjie met
pangebraaide aartappels; terwyl die middagetekeuses soos macaroni en kaas, pizza, hoenderrepies en burgers insluit.
CAMPHORS RESTAURANT
Ouers of grootouers wat van gourmetkos hou, sal bly wees om te weet dat kinders ook welkom is by Camphors. Kry ‘n tafel in die buitelug stoeparea waar die hele gesin die sjefs se disse kan geniet–hulle hou daarvan om hul familie-gunstelinge te deel.
AL DIE BESONDERHEDE
Ure: Maandag tot Sondag, 08h30–17h00 (laaste toegang om 16h00) Stables: Maandag tot Sondag, 08h30–17h00 (kombuis sluit om 15h30)
Camphors: Woensdag tot Sondag, 12h00–14h30; Vrydag en Saterdag, 18h30–20h30 Besprekings noodsaaklik: 021 847 2131 of camphors@vergelegen.co.za
Omgewingstoer: R120 per persoon, maksimum 13 persone Vertrek om 10h00 vanaf die Wynproesentrum Ongeveer 1½ uur; toer hang af van die weer Tel: 021 847 2122
Knussig teen die koue
Stylinspirasie vir winteroorklere van supermodel Emily Ratajkowski
Die weer mag koud gewees het gedurende die derde trimester van Emily Ratajkowski se eerste swangerskap, maar haar klerekas keuses was warm! Sy het die koppe van fashionistas laat draai met haar winteruitrustings wat tipies parmantig maar tog gemaklik was. Hier’s hoe om EmRata se jas- en baadjiestyl na te boots wanneer die kwik daal.
DIE SNYERSBAADJIE
Dra eenvoudig ‘n normale snyersbaadjie in een of twee nommers groter, en los oopgeknoop oor ‘n kort of lange bostuk. Of kies ‘n loshangende kêrelbaadjie.
1. Alana Ruitpatroon Snyersbaadjie in Kaneelbruin, Forever New (R1 499)
2. Noupassende T-hemp met Inskripsie in Swart, Mr Price (R79.99)
3. Toelopende Kraamjeans in Swart, Next Online (R451)
4. Gebreide-top Hoë Seilskoen in Bruin, Foschini (R450)
1
Die denimbaadjie
O ja, almal se gunsteling kledingstuk vir daardie gou lopie na die koffiewinkel of die kafee. Dra denim op denim met ‘n baadjie en jeans in verskillende kleurskakerings.
1. Oorgrote Denimbaadjie in Mediumblou, Mango Online (R799)
2. Knussige Riffelsteek Kraamtop met Kappie in Grys, Next Online (R423) 3. Geskeurde Reguit Kraamjeans in Gebleikte Blou, Next Online (R508) 4. Leandra Seilskoen in Wit Krokvel, Superbalist (R299)
Die coatigan
Deels jas, deels trui, hierdie item is veelsydig genoeg om met broek, romp of rok te dra. Die lang lengte is perfek om die koue uit te hou, van bo na onder.
1. Witchery Luukse Bokhaar Coatigan in Swart, Woolworths (R2 399)
2. Mamalicious Kantdetail Kraam-oortrui in Swart, Next Online (R686)
3. Truistof Kraamleggings in Swart, Next Online (R169)
4. Public Desire Slow Stewel in Bruin Slangvel, Superbalist (R1 299)
DIE TEDDY-JAS
Omvou jouself (en baba) in ‘n beerdrukkie met hierdie snoesigsagte jas. 1. Lang Teddy Borg-jas in Kameelbruin, Next Direct (R874)
Aldagse Bostuk (Kort- of Langmou) in Swart, Cherry Melon (R299)
Cherry Melon Ballerina-broek in Swart, Zando (R349)
Vans Old Skool Seilskoen in Wit, Superbalist (R849)
NUUT OP DIE RAKKE
Die leerbaadjie
Gee enige uitrusting—al is dit net ‘n eenvoudige mini of fietsbroekie—‘n straatdrag voorkoms met ‘n leer- of nagemaakte leerbaadjie.
1. Leereffek Oorknoop Kêreljas in Swart, Mango Online (R1 699)
2. Champion American Fluo Kort Kleefoortrui met Kappie in Geel, Zando (R1 099)
3. Mamalicious Oor-diemaag Kraam-miniromp in Swart, Next Online (R444)
4. River Island Kraamfietsbroek in Swart, Next Online (R196)
5. UGG Classic Ultra Mini Stewel in Goudbruin, Superbalist (R2 799)
DIE WOLJAS
KLERE BESKIKBAAR BY: Cherry Melon www.cherrymelon.co.za • Forever New www.forevernew.co.za • Foschini www.foschini.co.za • Mango shop.mango.com/za/women • Mr Price www.mrp.com Next www.nextdirect.com/za • Superbalist superbalist.com • Woolworths www.woolworths.co.za • Zando www.zando.co.za
Alle pryse korrek teen druktyd
PROVEN PROBIOTICS ACIDOPHILUS & BIFIDUS WITH A-Z MULTIVITAMINS FOR CHILDREN
Proven Probiotika PLUS A-Z Multivitamiene is spesiaal geformuleer vir kinders tussen die ouderdomme van 4 en 16 in ‘n heerlike koubare tablet.
• 30 tablette – swart aalbessie geur
• 2.5 Biljoen vriendelike bakterië per tablet
• PLUS 100% NRV van al 13 noodsaaklike vitamiene.
• Die Unieke Lab4 Probiotika met 30 jaar se uitgebreide kliniese navorsing se vriendelike bakterië ondersteun jou kind se immuun en intestinale gesondheid.
‘n Afname in Respiratoriese kanaal infeksies asook verkoues en griep verbeter teenwoordigheid in skool.
Die kombinasie van vriendelike bakterië PLUS Multivitamiene bied omvattende voedingswaarde om jou kind se daaglikse gesondheid en welstand te ondersteun.
Bestel vandag en ontvang 15% afslag by www.provenprobiotics.co.za
• GLUTENVRY
• SUIWELVRY
• VEGETARIES
PROVEN WOMEN’S LACTOBACILLUS & BIFIDUS WITH CRANBERRY
Is spesiaal geformuleer vir die gesondheid van vroue. Dit ondersteun die Intestinale en Urogenitale traktaat in vroue.
• Spesifiek ontwerp vir vrouens – Lactobacillus stamme koloniseer die vaginale kanaal.
• Elke tablet bevat 17.5 Biljoen vriendelike bakterië vir Intestinale ondersteuning
• PLUS ‘n spesiale stam van bakterië, “Lactobacillus Gasseri” (vaginale flora) wat in suur omstandighede floreer.
• Orale Probiotika vloei maklik vanaf die Intestinale (GI) na die Vaginale traktaat.
• Rooibosbessie (Cranberry) ondersteun die gesondheid van die Urienweg
• Vitamiene B6 lei na die regulasie van hormonale aktiwiteit.
• 30 Kapsules vir Volwassenes
• 17.5 Biljoen Lab4 vriendelike baketerië
• PLUS Lactobacillus Gasseri
• PLUS Rooibosbessie
• Plus Vit B6
• GLUTENVRY
• SUIWELVRY
• VEGETARIES
Bestel vandag nog (www.provenprobiotics.co.za) en koop een, kry een gratis!!
MOOI MAMA
Hierdie trendy produkte werk besonders goed—maak plek vir hulle in jou badkamer!
L’abeille Ysterapie Veltee (R130)
DR. BRONNER’S ORGANIESE LIPBALSEM (R89)
Hierdie lipbalsem is met organiese byewas gemaak om ‘n beskermende keermuur teen die elemente te voorsien—geen kunsmatige bestanddele is bygevoeg nie. Organiese jojoba en avokado-olie lewer ‘n ekstra skoot hidrasie, en slegs die suiwerste essensiële olies (soos lemoen, gemmer, suurlemoen en lemmetjie) is vir welriekenheid gebruik. Maar hierdie stafie is nie slegs vir jou lippe nie! Jy kan die balsem op droë hande, voete, naels en jou ken en wange aanwend. Probeer dit ook saggies om jou oogarea aandruk om jou wenkbroue in plek te hou.
www.faithful-to-nature.co.za
Lancôme Lash Idôle Wimperliggendeen Voluminerende Mascara (R400)
Hierdie mascara is spesiaal ontwerp met ‘n geboë stafie en 360 mikroborseltjies wat elke wimper van wortel na punt toe bestryk vir ekstra opheffing, lengte en uitwaaiende volume—sonder enige onooglike verklomping, skilfering of besmeering. Die gelformulering is lig en sal jou wimpers veersag laat voel die hele dag. Oë wyd oop! www.foschiniforbeauty.co.za
Hierdie eenkeer-per-week, maandelikse ysbehandeling voorsien ‘n onmiddelike skoot van hidrasie op dowwe vel. Kryoterapie help om mikrosirkulasie te verbeter en bring noodsaaklike voedingsstowwe na jou vel toe. Ys help ook om inflammasie en rooi kolle te verminder, en irritasies te bedaar. Gee vir jouself ‘n mini facial in die gerieflikheid van jou eie huis. Koel en kalm. labeille.co.za
Clarins Skin Illusion Fondasie (R560)
Gee vir jouself ‘n natuurlike, vlekkelose voorkoms met hierdie fondasie van Clarins. Die serumformulasie—met rooi jania en organiese ‘leaf of life’ aftreksel—gee onmiddelike hidrasie, varsheid en ‘n beeldskone gloei sonder om jou vel se natuurlike skoonheid te masker. ‘n Paar druppels is genoeg vir ‘n gladde, skaars-daar gelaat. Beskikbaar in 12 skakerings, van nude na sjokolade. superbalist.co.za
SheaMoisture Klapper & Hibiskus Krulversterkende Smoothie (R140)
Sê hallo vir sagte, syagtige, gedefineerde krulle. Organiese sheabotter is met ryke klapper en ander suiwer olies gemeng om die uiterste hidrasie en beskerming teen brekasie te voorsien. Net ‘n klein bietjie van hierdie smoothie elke dag sal help om haarklowe te herstel en wegwaai hare te tem. Jou lokke sal verbasend mooi lyk—en ruik! Woolworths, Dis-Chem en Clicks-winkels, en aanlyn by superbalist.co.za
SKIN functional gebruik optimale konsentrasies effektiewe, vertroubare bestanddele om jou vel se ideale funksionering te herstel.
SKIN AFFAIR ORGANIESE VOEDINGSMASKER (R399)
Verryk met baobabolie, versag hierdie roommasker jou vel tot ‘n gladde voorkoms. Slegs volhoubare plantbestanddele is gebruik, wat klinies beproef is om vir jou vel te sorg. Nadat jy jou vel gereinig het, wend ‘n dikke laag van die produk op jou gesig, nek en décolletage aan en los vir 15 minute. www.skinaffair.com
Skin Candy Velsorgreeks
Skin Candy se produkte bied beide velsorg én immuniteitsonderhouding aan, danksy die vlagskip bestanddeel glutathione, asook komplimenterende komponente wat jou voorkoms sal help perfek. As vroue, gaan ons almal deur groot veranderings: van geboorteskenk tot moederskap en menopouse. Skin Candy help om die effekte van hierdie groot lewensveranderings op jou vel te vertraag. Die reeks sluit in die Gluta-Plex aanvullings sovel as produkte wat donker kolle behandel, lippe verhelder en aknee verwyder. skincandysa.co.za
Mavala Mini Naelkleurroom (R99)
Mavala naellak laat jou naels asemhaal. Dit bevat harsgom wat teen die naeloppervlak vaskleef in die vorm van ‘n weerstandbiedende maar tog plooibare lagie. Hierdie lagie bly poreus, sodat suurstof en wasem deur die naellak na jou naelplate kan beweeg. Die klein 5ml volume voorkom verdamping van die oplosvloeistof, so jy hoef nie bekommerd te wees oor naellak wat gou uitdroog nie.
Ons hou daarvan dat daar skakerings is wat na beroemde stede genoem word— Kaapstad ook! So laat draai die aardbol en kies jou gunsteling.
Dis-Chem en Clicks-winkels, en aanlyn by takealot.com
The Natural™ Serum (R588)
Hierdie eksklusiewe Afrika-botaniese velsorgreeks deur Feel Better Naturally is van plantaardige bestanddele van volhoudbare bronne gemaak. The Natural™ Serum lewer ‘n hidrasieskoot aan jou vel, met aktiewe natuurlike bestanddele soos aalwyn, vitamine C en A, hyaluroniese suur, duiwelsklou en jojoba. Ryk in antioksidante, versterk hierdie produk jou vel se natuurlike verweering teen veroudering; help om kollageen op te lewer en herstel; en voed en versag jou vel. Aanlyn by www.thenaturalafrica.com en www. faithful-to-nature.co.za; Wellness Warehousewinkels en uitgesoekte onafhanklike handelaars
Litchi & Titch Gesigmis (R255)
Beskikbaar in twee variante—Hydration + Anti-Ageing en Clarifying + Calming—hierdie gesigmiste sal jou moeë vel versag en aanvul. Sterbestanddele soos papaja, roosgeranium, aalwyn en komkommer sal beide jou vel en jou stemming opwek. Jy kan de gesigmis enige tyd gebruik, ook onder en bo jou grimering, of gebruik dit om na ‘n lange dag al die vuiligheid en oortollige olie sagkuns te verwyder. www.litchiandtitch.co.za
NUTTIGE KOPIES
MEIYA DIE MUIS & ALVIN DIE OLIFANT PIEPSPEELGOED (R390)
Oulike klein poppies met natuurlike rubber koppies wat ideaal is vir babas wat tande kry. Die liggaampies, wat van weefstof gemaak is, verberg ‘n pieper wat jou baba se sintuie stimuleer. Die poppies is maklik om te gryp en vas te hou, en hul sagtheid sal jou baba troos en gerusstel. www.kidsemporium.co.za
BABY SENSE CUDDLEWRAP TOEDRAAIKOMBERS (R200)
Hierdie katoen toedraaikombers skep ‘n knussige omgewing wat jou baba aan die baarmoederruimte sal herinner. Dit voorkom die onwillekeurige rukbewegings van die arms en bene wat baba uit ‘n rustige slaap kan wakker maak. Die kombers se hartvorm is ontwerp vir ‘n gerieflike passing, met ‘n neksnit wat jou baba in staat stel om haar armpies vas teen haar liggaam en gesig te vou. Geen studknopies, Velcro of bandjies word benodig nie. www.babysense.co.za
INGENUITY SOOTHE ‘N DELIGHT DRAAGBARE SWAAI
(R1 129)
Hou baba veilig en beskermd wanneer jy beide jou hande vir takies benodig. Die weelderige stowwe waaruit die swaai gemaak is, vorm ‘n knussige wieg vir jou kleinding, terwyl sagte musiek hom aan die slaap sis. Ses spoedopsies stel jou in staat om baba se gunsteling swaaispoed te kies en verander soos hy ouer word. En danksy die voubare en draagbare ontwerp, kan jy maklik die swaai orals saam met jou vat. takealot.com
KIDDYLICIOUS SUURROOM & GRASUI GEGEURDE VEGGIE STROOITJIES
(R19.95)
Hou sy magie gelukkig tussen maaltye terwyl jy sy ontwikkeling aanmoedig. Hierdie uitgeholde pypvormige veggie strooitjies is die perfekte vingerkos om selfvoeding aan te moedig, en help jou klein kindjie met sy knypgreep en hand-mond koördinasie. Hulle bevat geen gluten, neute, eier of enige kunsgemaakte bestanddele nie—en is so smaakvol dat jy self hulle sal geniet! Geskik vir babas ouer as 9 maande. Baby City, Babies R Us, Checkers & Spar-winkels, en aanlyn by takealot.com
POOPSIE BABABOUDJIESPROEI
(R119.99)
Verdryf daardie poefstank! Hierdie nuttige produk help om die slegte reuk van jou baba se stoelgang te neutraliseer. Dit het ook antibakteriese en anti inflammatoriese eienskappe om baba se sensitiewe boudjies teen uitslae of ekseem te beskerm danksy bestanddele soos aalwyn, gousblom (calendula), kamille, tea tree-olie en gliserien. poopsie.co.za
BLISS HOLISTIC LIVING HERBRUIKBARE AFVEELAPPIES (R85.90) & JUICE THOSE WIPES LAPDOEKIE-OPLOSSING
Hierdie afveelappies is van katoenflanel gemaak, wat beteken hulle is nie net supersag nie maar hulle is ook maklik om uit te was. Maak eers die lappies nat met die lapdoekie-oplossing, dan ontsmet en verfris jou baba se boudjies. Die 100% natuurlike oplossing (met suiwer Spaanse seep en tea tree-olie) help ook om ekseem, brandboudjies en droogheid te voorkom. Dis jou volledige volhoubare afveelap antwoord. www.faithful-to-nature.co.za
‘n Handvol van die gesogste gehalte produkte vir jou kleinding
NÓÚ GROEI HULLE!
Hier is ‘n paar oulike produkte vir mamma se meisietjie en seuntjie
LES DÉGLINGOS-REEKS
Kry jou kleuter gereed vir reis met hierdie lieflike koordfluweel items wat sy beslis trots sal dra waar sy ook al gaan. Pak haar kleertjies en speelgoed in die sagte en duursame naweeksak (R579); plaas haar badkamergoedere in die toilet-sakkie (R357) met handige band vir ophang; gaan verken die omgewing met die dag se noodsaaklikhede veilig in die rugsak (R468) gebêre; en bewaar die herinneringe van haar groot avonture in die foto-album (R289) met tien plastiekbladsye. takealot.com
ZAZU FIN DIE SKAAP NAG- EN LEESLIG
Oulike klein Fin straal ‘n sagte lig uit om jou kindjie na Droomland toe te stuur; sy kamer sal lig genoeg wees om te kan sien, maar net donker genoeg om aan die slaap te raak. Fin skyn ook ‘n helder lig waarby Pappa ‘n vaakstorie kan lees. Die lig raak nie warm nie, so dis veilig en geleë om in jou kind se slaapkamer te plaas. Na 60 minute skakel die lig outomaties af. Clicks-winkels en aanlyn by takealot.com
TIME2PLAY SWING AND SLIDE
SPEELGIMNASIUM (R3 495)
Maklik om aanmekaar te sit en in jou huis op te rig, hierdie speelgimnasium sal ure van pret verskaf. Jou kind sal nie net daarvan hou om te swaai, klim en af te gly nie, maar hy sal sy balans en koördinasie ontwikkel en sy spierkrag versterk. Die speelgimnasium het ook ‘n basketbalhoepel om hand-oog koördinasie op te bou. www.greenleafhome.co.za
AROMAHEAT JUNIOR – SLAAPBOKS (R399)
Hierdie 100% katoen mikrogolfoondsak met lynsaad is ontwerp om kleuters en ouer kinders te help om saans aan die slaap te raak—geen lekkerige, gevaarlike warmwatersakkies meer nie! Terwyl die oulike gedrukte sakkie in die mikrogolfoond opwarm, vryf die Slaapmengsel (met lemoenblomolie en laventel) op die oliespreierblokkie en steek dit in die spesiale katoentassie. Laat jou kind dan die suiwer aromaterapie-olies inasem. Die sak kan ook vir ‘n tydjie in die vrieskas geplaas word en dan gebruik word om die koors te breek. In die boks is ook ‘n Aromadough antispanningsbal vir addisionele vertroosting en ontspanning. www.faithful-to-nature.co.za en takealot.com
ZINPLEX JUNIOR D3 STROOP
Hierdie immuunversterker bevat sink, selenium, vitamine C en D3. Sink ondersteun die immuunfunksie van kinders en mag verkoues, griep, diarree en velkondisies verminder. Vitamien C is ‘n kragtige antioksidant wat help om goeie gesondheid te handhaaf. Vitamien D3 help om bene en tande te versterk. Die stroop het ‘n kindvriendelike bessiegeur en bevat geen suiker nie.
www.zinplex.co.za en uitgesoekte apteke
EARTH & CO. SOS UITDRUKLEGKAART
BONDEL (R58.20)
Leer jou kind om die planeet te bewaar terwyl hy ‘n smaaklike en gesonde versnapering geniet!
Die SOS Uitdruklegkaart is eintlik ‘n droëvrugvelletjie: jou kind is die ‘held’ wat die uitdrukdiertjies vrylaat vanuit die omsingelende plastiek. Die vrugtehappie is hoog in vitamien C en vesel, en bevat geen swawel, preserveermiddels of nagemaakte kleurmiddels en geure nie. Hierdie bondel bevat SOS Uitdreklegkaarte in swartbessie, aarbei, perske en veselperske geure. www.faithful-to-nature.co.za
KWEL JOU NIE
Behulpsame items om ma’s se lewens gemakliker en gesonder te maak
PHILIPS SONICARE BREATHRX-REEKS
Swangerskap mag jou meer onderhewing maak aan karies en tandvleissiekte, wat die risiko van gevaarlike gesondheidskomplikasies vir jou en jou baba verhoog. Deur die BreathRx reeks tot jou daaglikse roetine by te voeg, kan tot 99% van die bakterie in jou mond verwyder. Gebruik ‘n mondspoelmiddel vir die beheer van bakterie in die areas wat moeilik bereik kan word met ‘n tandeborsel— tussen die tande, op die oppervlak van die tong, agter op die tong en by die keel. Die BreathRx-reeks sluit in alles wat jy benodig: tongsproei en -skoonmaker, antibakteriese mondspoelmiddel en verwittingstandepasta. www.zoomwhitening.co.za en takealot.com
CITRUSWAY FOOT REFRESH VOETSPROEI (R199)
‘n Natuurlike formulering wat help om beskadigde, droë, rowwe en skubberige vel op jou voete te hernu. Dit verskaf hidrasie en bevogting sonder die glibberigheid van room of wasmiddel. Die sproei dring deur tot diep in die vel om jou voete van binne af te genees. Dit bevat geen chemikalieë, parfum, preserveermiddels, parabens of olies nie. www.faithful-to-nature.co.za en takealot.com
GD LOADED STAFIES
(R24.95)
Nou is sjokolade nog beter! Hierdie stafies, wat met rou heuning versoet is, is propvol gesonde, smaakvolle goedheid. Elke geurvariant het unieke voedingswaarde: kollageen (proe soos toffies) bevorder beeldskone vel, hare en naels; vitamien C (sitrussmaak) versterk jou immuunstelsel; maca en moringa (proe soos mout) verhoog jou energie-vlakke; en borrie (peperwarm, met ‘n klappergeur) het antiinflammatoriese eienskappe. www.wellnesswarehouse.com en organicchoice.co.za
AIRPOP GESIGMASKER
(R249)
Bekroonde wearables maatskappy AirPop het ‘n nuwe reeks gesigmaskers met tweeweg versperring ontwerp om vir jou en jou gesin die nodige beskerming te verleen teen gevare in die lug, soos COVID-19. Die hipo-allergeniese masker het ‘n unieke struktuur wat ‘n tentvormige lugruimte skep om asemhaling te vergemaklik, terwyl die supersagte neusseëlkussing gemaklik op jou gesig pas en daardie lastige vog op jou brille help voorkom. Elke masker het ‘n lugfilter wat tot 40 uur lank duur. Ons is mal oor die Pocketmasker met buigsame vounate, wat maklik in jou sak gebêre kan word. Uitgesoekte handelaars en aanlyn by takealot.com
TOMMEE TIPPEE MADE FOR ME WEGGOOI BORSKUSSINKIES (R179 VIR 40; R379 VIR 100)
Ja, jy’s ‘n moeder, maar jy’s ook ‘n vrou wat nog goed wil lyk en voel. Hierdie borskussinkies is beskikbaar in verskeie groottes en is ontwerp om presies om jou borste te pas—dit vermy daardie onooglike lekkasies. Daar is vyf lae van beskerming wat enige vogtigheid opvang om jou na elke borsvoeding gemaklik te hou. Die vasklewende lint sal verseker dat die kussinkies bly net waar hulle hoort, vir langer tydperke. Sien www.tommeetippee.com vir verskaffers
EAT REAL HAPPIE-REEKS (VANAF R22.95)
Hierdie happies is ‘n genotlike en gesonder alternatief tot gewone lekkergoed. Gemaak van natuurlike bestanddele (sonder enige kunsmatige geure, kleurmiddels of preserveermiddels), die Eat Real-reeks het iets om aan te kou enige tyd van die dag wanneer jy wil peusel of wanneer jy voel jou energie daal. Beskikbaar in lensie-, hummus- en quinoavariante. Uitgesoekte handelaars soos Checkers, en aanlyn by www.wellnesswarehouse.com, www.faithful-to-nature.co.za en buyfresh.co.za
B O E K R A K
Die nuutste leesstof vir die jongspan, onder meer die avonture van Tjoppie en Speurhond Willem, plakkerboeke en ‘n liefdesverhaalomnibus
HOE DINGE WERK: BIOLOGIE-EKSPERIMENTE IN JOU AGTERPLAAS (R130, Human & Rousseau)
Tjoppie se Verjaardag
deur Liz de Villiers (R95, Human & Rousseau)
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Met die Hoe Dinge Werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen. Maak ’n eier wat hop, kweek bakterieë, keer dat ’n gesnyde appel bruin word, blaas ’n ballon op met gis... As jy nuuskierig is oor dinge soos swamme en ensieme, of wil sien hoe jou longe en spysverteringstelsel werk, is jy op die regte plek! Die boek sluit 11 eksperimente en ‘n vasvra in om jou kennis te toets.
Saadjie en Spikkel
deur Alex Latimer & David Litchfield (R175, Human & Rousseau)
Saadjie en Spikkel is soos vinkel en koljander, maar terwyl hulle vriendskap groei, word hulle self ook groter. Vir Saadjie beteken dit dat hy wortels kry. Maar Spikkel kry vlerke—en sy kan nie wag om hulle uit te toets nie. Al skei die lewe hulle van mekaar, vind ware vriende altyd hulle pad terug, en niemand is groter maats as Spikkel en Saadjie nie.
MOET NOOIT VIR ‘N T-REX ‘N BOEK WYS NIE DEUR RASHMI SIRDESHPANDE & DIANE EWEN
(R150, Human & Rousseau)
Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy vir ‘n T-Rex ‘n boek wys? Sy sal nie weet wat om daarmee te doen nie! Sy sal dink dis ‘n koekie, of selfs ‘n hoed! Maar wat as sy leer lees? Sy besluit dalk sy wil eerder ‘n kunstenaar wees, of ‘n dokter, of ‘n professor, of selfs die staatspresident! ‘n Skaterlagstorie propvol verbeeldingskrag, pret en die viering van boeke.
KIES-JOU-AVONTUUR: DIE GEVAARLIKSTE BOEK OP AARDE
DEUR DE WET HUGO (R145, Human & Rousseau)
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastori, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe... ‘n Kies-jou-eieavontuur-storie propvol naelbytaksie!
Eerste Liefde Omnibus 1 deur Janie Oosthuysen en Helen Brain
(R160, Human & Rousseau)
Drama, humor... en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Lees drie van die gewildste Eerste Liefdestories in een in hierdie lekker omnibus. In “Rugbyballe en bikini’s” kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In “Daar’s ’n ou in my aarbeismoothie” steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In “My hart klop muffins” laat die ou met die romantiese Franse naam Kat se hart jaag. Maar wat is Pierre se donker geheim?
My Heel Eerste Plakkerboek: Seekat & Lama
(R70, Human & Rousseau)
Leer ken kleure en ontwikkel fyn motoriese vaardighede in hierdie boek met kleurvolle prente en herbruikbare plakkers. Die kleur van die plakkers moet gebruik word om te bepaal waar die regte plek op die bladsy is om dit te plak. Kinders sal leer om die primêre kleure te herken met hierdie opwindende eerste plakkerboek.
SPEURHOND WILLEM IN SKOTLAND
DEUR ELIZABETH WASSERMAN (R175, Tafelberg)
Hoofkommissaris Servin het ‘n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar ‘n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar’s ook ‘n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog ‘n speurtog, op die spoor van die Bandybroers.
Alle boeke van NB Uitgewers (www.nb.co.za)