Maak seker dat alle lammers voldoende
biesmelk (210 ml biesmelk per kg
liggaamsmassa die eerste 18 uur) inkry.
Swak lammers moet biesmelk met behulp
van ‘n maagbuis (± 100 ml per keer; 3 tot 4 keer per dag) gedoseer word indien hulle nie binne drie tot vier uur na geboorte self suip nie. Biesmelk van ooie wat reeds gelam het, kan gevries word. Bevrore bies moet liefs teen kamertemperatuur of ‘n lae temperatuur (minder as 35 0 C) ontdooi word wanneer dit benodig word, want sodra die temperatuur meer as 37 0 C styg, kan dit die teëliggaampies vernietig.
Ontdooide
biesmelk moet verkieslik verhit word, maar nie hoër as 37 0 C nie, voor dit toe-gedien word.
Indien biesmelk nie beskikbaar is nie, kan ‘n kunsbiesmengsel opgemaak word
deur 500 ml volroom koeimelk met 125 ml room (of 3 eetlepels visolie of kookolie), 1 hele eier en 1 eetlepel laktose (of suiker)
te meng en deeglik te klits.
verkieslik ook tot ± 37 º C voordat dit aan die lammers gevoer word.
Verhit dit Daar moet egter
onthou word dat kunsbies geen teenliggaampies teen die heersende skaapsiektes bevat nie.