Deur: Dr. JASPER COETZEE
Vraag:
Ek is nog baie nuut in die boerdery en is dringend opsoek na hulp. Ons boer met boerbokke en die ooie het vir die eerste keer gelam. Baie van die ooie laat nie die baba bokkies aan hulle drink nie. Ek het biomel probeer maar die bokkies wil nie daaraan drink nie. Kan ek dieselfde resep gebruik wat jy gepubliseer het vir die kalfies? Is daar 'n verskil tussen die eet/drink gewoontes van lammers en bokkies? Kan ek net gewone beesmelk voer? Baie dankie vir goeie raad! - Marelize Moller (marelizemoller@hotmail.com)
Antwoord:
Die belangrikste redes hoekom ooie nie die lammers wil laat drink nie, is 贸f omdat hulle nie voldoende melk het nie 贸f dit is as gevolg van die oormatige inmenging van mense of ander ooie kort na geboorte. Wanneer ooie, al wei hulle, die laaste ses weke voor lam nie dit regte lekke of volledige rantsoene ontvang nie sal hulle nie voldoende bies produseer nie en is hulle geneig om hulle lammers weg te gooi.
Die oormatige inmenging van mense of ander ooie binne die eerste ses uur na geboorte het tot gevolg dat die ooi belangstelling in haar lam verloor en bind sy ook nie met die lammers nie. Die beste is om boerbokooie voor of net na lam in lamhokke te sit. Aangeheg is 'n artikel wat meer inligting verskaf.Klik hier om die artikel te lees. Dit is in PDF-formaat.
Lammers se melk as ook die resepte verskil van di茅 van kalwers. Moet nooit melksurrogate wat vir kalwers gemaak is vir lammers gee nie. Gebruik slegs melksurrogate wat spesifiek vir lammers vervaardig is vir die boklammers en meng dit volgens die vervaardigers se voorskrifte.
Daar is nie verskille tussen bok- en skaaplammers se eet- en drinkgewoontes nie, behandel hulle dieselfde.
Moet liefs nie koeimelk vir lammers voer nie, want hulle voedingswaardes is te laag. Gebruik
melksurrogate wat vir lammers gemaak is of laat hulle aan 'n melkbok (bv. Saanen melkbok) suip.
# Geskryf deur: dr Jasper Coetzee, Voermol.
21 April 2008