Skaap en bok bestuurslyne

Page 1

SKAAP/BOK BESTUURSRIGLYNE


Intervet is navorsingsgedrewe en is die enigste veeartsenykundige maatskappy in Suid-Afrika wat 'n navorsingsplaas bedryf. Die navorsingsplaas te Malelane is ten volle geakkrediteer en alle navorsing word volgens streng internasionale standaarde gedoen. Waardevolle dienste word ook hier gratis aan Intervet se kliënte gelewer: • Bosluisweerstandstoetse • Dipmonsteranalises • Miseiertellings • Lewerslaktoetse • Tragealespoelinganalise Boere word op grond van uitslae geadviseer oor watter middels om te gebruik. Intervet se toegewyde verkoopspan word deur ons tegniese span van 12 inhuis veeartse ondersteun. Elke veearts voorsien kundigheid op 'n spesifieke gebied: • Vleisbeeste en kleinvee • Voerkrale • Melkbeeste • Varke en pluimvee • Geselskapsdiere en perde Intervet SA se visie is om diensgedrewe te wees en om Suid-Afrika se boere saam met hul plaaslike veearts optimaal van oplossings vir hul dieregesondheidsbehoeftes te voorsien. Kies uit die volgende produkreekse wat spesifiek ontwerp is om by te dra tot maksimum wins vir jou besigheid: • Dipmiddels (bosluis- en vliegbeheer) • Doseermiddels • Entstowwe • Mastitismiddels • Groeistimulante • Antibiotika • Hormonale middels Intervet – ons help jou om vérder voor te wees!


SKAAP / BOK BESTUURSRIGLYNE

2

OOIE Periode tussen lam en een maand voor paring

3

12 Weke voor lamtyd

3

6 Weke voor lamtyd

3

2 Weke voor lamtyd

4

6 Maande voor paring

4

1 Week ouderdom

4

4 Weke ouderdom

4

5 – 7 Weke ouderdom

4

8 – 10 Weke ouderdom

4

Elke 4 – 6 weke tot met speen

5

2 Maande oud lammers

5

6 Maande en ouer

5

2 Maande oud lammers

5

3 Maande oud lammers

5

4 Maande oud lammers

5

OOIE EN RAMME 6 Maande vervangings-ooie en ramme

6

RAMLAMMERS EN RAMME 2 – 4 Maande ouderdom

6

8 Weke voor dekseisoen

6

Na die teelseisoen

6

ALLE SKAPE Winter (Julie) Opsionele entstowwe Alle skape

6 6/7 7

INTERVET SKAAP / BOK BESTUURSRIGLYNE

7

PRODUKGIDS / www.intervet.co.za

8

DIE KORREKTE GEBRUIK VAN ENTSTOWWE NOTAS

9 10

DISCLAIMER: Hierdie All information contained catalogue is an abbreviation of theaangesien approved dit data each product andvan is intended for use asinligting a product reference guide only. VRYWARING: gids moet slegs asin'n this produk verwysingsgids gebruik word 'n for verkorte weergawe die goedgekeurde bevat. For volledige complete produk productinligting information, please refer na to die the produk productverpakking packaging and packagevoor insert before use. Vir verwys asseblief en voubiljet gebruik. VRYWARING: Hierdie gids moet slegs as 'n produk verwysingsgids gebruik word aangesien dit 'n verkorte weergawe van die goedgekeurde inligting bevat. Vir volledige produk inligting verwys asseblief na die produk verpakking en voubiljet voor gebruik.

1

INHOUDSOPGAWE

LAMMERS


SKAAP/BOK BESTUURSRIGLYNE EWES BETWEEN LAMBING AND 1 MONTH BEFORE BREEDING 12 WEEKS BEFORE LAMBING 6 WEEKS BEFORE LAMBING 2 WEEKS BEFORE LAMBING 6 MONTHS BEFORE BREEDING LAMBS 1 WEEK OF AGE 4 WEEKS OF AGE 5 – 7 WEEKS OF AGE 8 – 10 WEEKS OF AGE EVERY 4 – 6 WEEKS UP TO WEANING 2 MONTHS OLD LAMBS 6 MONTHS AND OLDER 2 MONTHS OLD LAMBS 3 MONTHS OLD LAMBS 4 MONTHS OLD LAMBS EWES AND RAMS 6 MONTHS REPLACEMENT EWES AND RAMS RAM LAMBS AND RAMS 2 – 4 MONTHS OF AGE 8 WEEKS BEFORE BREEDING AFTER THE BREEDING SEASON ALL SHEEP WINTER (JULY) OPTIONAL VACCINES ALL SHEEP

•• ••

•• • •

Unidose

Terenol S

••••••••

••••••••

•••

•••• ••

•••••••• ••

Tri-dose Oral

Rid-A-Lint

Panacur BS

Nem-A-Rid 3.7 5%

Nemasol NF

Ivotan Oral

Nem-A-Fluke

Ivotan

Fluxacur NF

Gardal 1.9%

• • • • ••

ENDOPARASITICIDES

Ex-A-Lint

Zipdip

Delkol

Fleececare

Delete-X5

Delete

Delete All

Pulpyvax 1-s hot

Ovilis Enzova x

ECTOPARASITICIDES

Pulpyvax

Multivax P

Multiclos

Botuvax

AGE

Anthravax

VACCINES

• •

••••••

17 2


OUDERDOM OOIE PERIODE TUSSEN LAM EN EEN MAAND VOOR PARING

OUDERDOM

AKSIE • Ent Bloutong entstof A,B en C (*)

MOTIVERING • Lewende entstof teen Bloutong. Ent skape verkieslik in Augustus tot Oktober. Ent A,B en C apart, drie weke uitmekaar. Belangrik – moet nie A,B en C botteltjies meng nie. Nie raadsaam om ooie tydens eerste helfte van dragtigheid te ent nie. Ooie moet jaarliks geënt word • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm ooie teen Bloutong

AKSIE • Ent met Ovilis Enzovax (**)

MOTIVERING • Lewende entstof bevat Chlamydophila (Chlamydia) abortus. Ooie word elke 2 jaar ingeënt • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm ooie teen Ensoötiese aborsie en voorkom na-geboorte verspreiding van bakterieë

AKSIE • Ent met Multivax-P (**)

MOTIVERING • Indien ooie REEDS voorheen met Multivax P ingeënt was, word hierdie enting NIE toegedien nie • Dooie entstof: Primêre enting, bevat Clostridium perfringens tipe D, C. septicum, C. tetani, C. chauvoei en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica. Ooi se immuniteit teen siektes moet optimaal wees om passiewe immuniteit aan lam deur kolostrum oor te dra. • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm ooie en lammers teen Pasteurellose, Bloednier, Klem-in-die-kaak, Sponssiekte en Baarmoedersponssiekte

AKSIE • Ent met Multiclos (**)

MOTIVERING • Indien ooie REEDS voorheen met Multiclos ingeënt was, word hierdie enting NIE toegedien nie • Dooie entstof: Primêre enting, bevat Clostridium septicum, C. novyi tipe B, C. sordellii, C. perfringens tipes C en D, C. chauvoei en C. haemolyticum. Ooi se immuniteit teen siektes moet optimaal wees om passiewe immuniteit aan lam deur kolostrum oor te dra • Voordeel: 7-in-1 entstof, immuniteit wat ontwikkel, beskerm ooie asook lammers, deur teenliggame in kolostrum teen Baarmoedersponssiekte, Sponssiekte, Bloedpens, Bloedderm, Bloednier, Bakteriese rooi uriene en Kwaadaardige edeem

AKSIE • Doseer met een van: Ivotan, Ivotan Oral, Fluxacur NF, Gardal 1,9%, Panacur BS, Nemasol NF, Tri-dose Oral, Nem-A-Rid

MOTIVERING • Breëspektrum dosering • Om rondomlamtyd verslapping van weerstand (PPRR) in die ooi teen te werk en sodoende te help om oormatige wurmbesmetting van weidings te voorkom en sodoende lammers te beskerm. Indien Lewerslakwurms en Neuswurm ’n probleem is, moet ’n middel gekies word wat dié parasiete beheer • Voordeel: • Swaarder lammers word gebore • Verhoogde melkproduksie – kan swaarder lammers speen • Goeie reukvermoë – ooi/lam binding

AKSIE • Ent met Multivax-P (**)

MOTIVERING • Dooie entstof: skraagdosis of jaarlikse enting, bevat Clostridium perfringens tipe D, C. septicum, C. tetani, C. chauvoei en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica. Ooi se immuniteit teen siektes moet optimaal wees om passiewe immuniteit aan lam deur kolostrum oor te dra • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm ooie en lammers teen Pasteurellose, Bloednier, Klem-in-die-kaak, Sponssiekte en Baarmoedersponssiekte

AKSIE • Ent met Multiclos (**)

MOTIVERING • Dooie entstof: Skraagdosis of jaarlikse enting, bevat Clostridium septicum, C. novyi tipe B, C. sordellii, C. perfringens tipes C en D, C. chauvoei en C. haemolyticum. Ooi se immuniteit teen siektes moet optimaal wees om passiewe immuniteit aan lam deur kolostrum oor te dra • Voordeel: 7-in-1 entstof, immuniteit wat ontwikkel, beskerm ooie asook lammers, deur teenliggame in kolostrum teen Baarmoedersponssiekte, Sponssiekte, Bloedpens, Bloedderm, Bloednier, Bakteriese rooi uriene en Kwaadaardige edeem

AKSIE • Ent Blou-uier entstof (***)

MOTIVERING • Indien ooie REEDS voorheen met Blou-uier geënt was, word hierdie enting NIE toegedien nie • Dooie entstof: Eerste primêre enting, bevat Staphylococcus aureus en sekere serotipes van Mannheimia (Pasteurella) haemolytica • Blou-uier is ’n akute mastitis • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm ooi teen Blou-uier wat veroorsaak word deur Staphylococcus aureus en sekere serotipes van Mannheimia (Pasteurella) haemolytica

OOIE 12 WEKE VOOR LAMTYD

OUDERDOM OOIE 6 WEKE VOOR LAMTYD

SKAAP/BOK BESTUURSRIGLYNE

OOIE

3


OUDERDOM

AKSIE • Ent met Blou-uier entstof (***)

MOTIVERING • Dooie entstof: Skraagdosis of jaarlikse inenting, bevat Staphylococcus aureus en sekere serotipes van Mannheimia (Pasteurella) haemolytica • Blou-uier is ’n akute mastitis • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm ooi teen Blou-uier wat veroorsaak word deur Staphylococcus aureus en sekere serotipes van Mannheimia (Pasteurella) haemolytica

OOIE 6 MAANDE VOOR PARING

AKSIE • Doseer met een van die volgende: Ivotan, Ivotan Oral, Fluxacur NF, Gardal 1.9%, Panacur BS, Nemasol NF, Tri-dose Oral Nem-A-Rid of Nem-A-Fluke

MOTIVERING • Breëspektrum dosering • Afhangende van watter parasiete op die plaas teenwoordig is en die voorkoms van weerstandbiedendheid teen aktiewes, moet met behulp van u plaaslike veearts op ’n aktief besluit word • Voordeel: Eiselle teenwoordig tydens paring word 5 maande voor dekking gevorm. As diere agv wurmbesmetting onder stres is, lei dit tot swakker konsepsiesyfers en minder tweelinge

OUDERDOM

AKSIE • Ent met Multivax-P (**)

MOTIVERING • Indien ooie VOOR lam met Multivax P ingeënt was, word hierdie enting NIE toegedien nie • Dooie entstof: Primêre inenting, bevat Clostridium perfringens tipe D, C. septicum, C. tetani, C. chauvoei en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica • Rede waarop lammers so vroeg ingeënt word, is omdat kolostrum van ooi lae vlakke van teenliggame bevat • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Pasteurellose, Bloednier, Klem-in-die-kaak, Sponssiekte en Baarmoedersponssiekte

AKSIE • Ent met Hartwaterbloed (***)

MOTIVERING • Lewende entstof • Ent waar siekte gereeld voorkom om lammervrektes te voorkom. Lammers het ’n natuurlike immuniteit, mag slegs milde kliniese tekens toon na inenting • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Hartwater

AKSIE • Ent met Multivax-P (**)

MOTIVERING • Hierdie inenting word toegedien as ooie VOOR lam ingeënt was • Dooie entstof: Primêre inenting, bevat Clostridium perfringens tipe D, C. septicum, C. tetani, C. chauvoei en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica • Indien ooie voor lam met Multivax-P geënt was, het lam deur kolostrum teenliggame teen Pasteurellose, Bloednier, Klem-in-diekaak, Sponssiekte en Baarmoerdersponssiekte ontvang wat lam vir slegs die eerste 4 weke beskerm • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Pasteurellose, Bloednier, Klem-in-die-kaak, Sponssiekte en Baarmoedersponssiekte

AKSIE • Ent met Multivax-P (**)

MOTIVERING • Dooie entstof: Skraagdosis indien ooie NIE voor lam met Multivax-P geënt was nie, bevat Clostridium perfringens tipe D, C. septicum, C. tetani, C. chauvoei en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Pasteurellose, Bloednier, Klem-in-die-kaak, Sponssiekte en Baarmoedersponssiekte

AKSIE • Doseer met een van die volgende: Gardal 1,9%, Panacur BS, Ivotan Oral, Ex-A-Lint, Rid-A-Lint, Terenol-S of Nemasol NF

MOTIVERING • Rondewurm/Lintwurm middel: selekteer ’n aktief met inagneming van die parasiete teenwoordig asook die weerstandstatus op die plaas. Parasiete vertraag groei en lei selfs tot vrektes • Voordeel: Lammers groei beter

AKSIE • Ent met Multivax-P (**)

MOTIVERING • Skraagdosis indien ooie voor lam geënt was met Multivax-P, bevat Clostridium perfringens tipe D, C. septicum, C. tetani, C. chauvoei en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lam teen Pasteurellose, Bloednier, Klem-in-die-kaak, Sponssiekte en Baarmoedersponssiekte

OOIE 2 WEKE VOOR LAMTYD

OUDERDOM

LAMMERS 1 WEEK OUDERDOM

OUDERDOM LAMMERS 4 WEKE OUDERDOM

OUDERDOM LAMMERS 5 – 7 WEKE OUDERDOM

OUDERDOM LAMMERS 8 – 10 WEKE OUDERDOM

SKAAP/BOK BESTUURSRIGLYNE

OOIE / LAMMERS

4


OUDERDOM LAMMERS ELKE 4 – 6 WEKE TOT MET SPEEN

OUDERDOM LAMMERS 2 MAANDE OUD LAMMERS

OUDERDOM

AKSIE • Doseer met een van: Gardal 1,9%, Panacur BS, Ivotan, Ivotan Oral, Ex-A-Lint of Rid-A-Lint

MOTIVERING • Rondewurm/Lintwurm middel: Selekteer ’n aktief met inagneming van die parasiete teenwoordig asook die weerstandstatus op die plaas. Parasiete vertraag groei en kan selfs tot vrektes lei • Voordeel: Lammers groei beter

AKSIE • Ent met Pulpyvax-1-shot (*)

MOTIVERING • Dooie entstof met olie adjuvant (slegs een enting nodig), bevat Clostridium perfringens tipe D toksoïed. Indien nie met Multivax-P geënt is nie kan lammers met Pulpyvax-1-shot ingeënt word teen Bloednier • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Bloednier

OF AKSIE • Ent met Pulpyvax (*)

MOTIVERING • Indien lammers nie met Multivax-P geënt is nie, kan lammers met Pulpyvax ingeënt word teen Bloednier. Dooie entstof met aluin adjuvant, primêre inenting, bevat Clostridium perfringens tipe D toksoïed. • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Bloednier

AKSIE • Ent Bloutong A,B en C (*)

MOTIVERING • Lewende entstof teen Bloutong. Ent A,B en C apart, 3 weke uitmekaar • As lammers in areas waar Bloutong voorkom, voor 6 maande ingeënt is, moet hulle na die ouderdom van 6 maande weer ingeënt word • Ent teen Bloutong om vrektes te voorkom • Dien entstof toe verkieslik in Augustus tot Oktober • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Bloutong

AKSIE • Ent met Ovilis Enzovax (**)

MOTIVERING • Lewende entstof: Ent teen bakterie Chlamydophila (Chlamydia) psittaci wat Ensoötiese aborsie veroorsaak • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Ensoötiese aborsie

AKSIE • Ent met Botuvax (***)

MOTIVERING • Dooie entstof: Bevat Clostridium botulinum toksoïed. Dien 2 inentings 4 – 6 weke uitmekaar toe • Gee skraagdosis ten minste 4 weke voor voer van hoendermis, bale en droogtevoeding • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Lamsiekte

AKSIE • Ent met Anthravax (***)

MOTIVERING • Lewende entstof bevat Bacillus anthracis (Sterne stam) • Ent teen Miltsiekte waar daar ’n geskiedenis van die siekte is • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Miltsiekte

AKSIE • Ent met Pulpyvax (*)

MOTIVERING • Indien lammers nie met Multivax-P geënt is nie, kan lammers met Pulpyvax ingeënt word teen Bloednier. Dooie entstof met aluin adjuvant, skraagdosis indien lammers met Pulpyvax geënt is op 2 maande, bevat Clostridium perfringens tipe D toksoïed • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Bloednier

AKSIE • Ent met Multiclos (***)

MOTIVERING • Dooie entstof: Primêre enting bevat Clostridium septicum, C. novyi tipe B, C. sordellii, C. perfringens tipes C en D, C. chauvoei en C. haemolyticum. Is effektief teen sekere voerkraalsiektes • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Sponssiekte, Bloedpens, Bloedderm, Bloednier, Bakteriese rooi uriene en Kwaadaardige edeem

AKSIE • Ent met Multiclos (***)

MOTIVERING • Dooie entstof: Skraagdosis bevat Clostridium septicum, C. novyi tipe B, C. sordellii, C. perfringens tipes C en D, C. chauvoei en C. haemolyticum. Is effektief teen sekere voerkraalsiektes • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Sponssiekte, Bloedpens, Bloedderm, Bloednier, Bakteriese rooi uriene en Kwaadaardige edeem

LAMMERS 6 MAANDE EN OUER

OUDERDOM LAMMERS 2 MAANDE OUD LAMMERS

OUDERDOM LAMMERS 3 MAANDE OUD LAMMERS

OUDERDOM LAMMERS 4 MAANDE OUD LAMMERS

SKAAP/BOK BESTUURSRIGLYNE

LAMMERS

5


OUDERDOM OOIE EN RAMME 6 MAANDE VERVANGINGS-OOIE EN RAMME

OUDERDOM RAMLAMMERS EN RAMME 2 – 4 MAANDE OUDERDOM

OUDERDOM RAMLAMMERS EN RAMME 8 WEKE VOOR DEKSEISOEN

OUDERDOM RAMLAMMERS EN RAMME NA DIE TEELSEISOEN

OUDERDOM

AKSIE • Ent teen Slenkdalkoors (***) en Wesselsbronsiekte (***)

MOTIVERING • Lewende entstowwe: Bevat Slenkdalkoors of Wesselsbronsiekte virusse • Ent waar daar ’n geskiedenis van die siektes is. Uitbreke is afhanklik van weersomstandighede. As die bom bars, kry jy nie entstof nie (1974). As jy veilig wil speel, ent alle vervangingsooie en ramme eenmalig • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm lammers teen Slenkdalkoors en Wesselsbronsiekte

AKSIE • Ent met Brucella Rev 1 (*) entstof

MOTIVERING • Lewende entstof bevat Brucella melitensis Rev. 1 bakterieë • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel voorkom bybalontsteking wat veroorsaak word deur Brucella ovis

AKSIE • Doseer met een van: Ivotan, Ivotan Oral, Fluxacur NF, Gardal 1,9%, Panacur BS, Nemasol NF, Tridose Oral of Nem-A-Fluke

MOTIVERING • Breë spektrummiddel • Spermselle word 6 weke voor dekking gevorm • Afhangende van watter parasiete op die plaas teenwoordig is en die voorkoms van weerstandbiedendheid teen aktiewes moet met behulp van u plaaslike veearts op ’n aktief besluit word • Parasiete kan ramme benadeel – rondewurms, lewerslak en neuswurms (moet ooie kan ruik)

AKSIE • Ent met Bloutong entstof (*)

MOTIVERING • Lewende entstof teen Bloutong. Ent A, B en C, drie weke uitmekaar • As voor teelseisoen ent kan entstof onvrugbaarheid veroorsaak • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm ramme teen Bloutong

AKSIE • Vit A

MOTIVERING • Lae vlakke van Vit A in winterweiding teenwoordig • Vit A word benodig vir gesonde slymvliese • Voordeel: Toediening lei tot minder oogkwale, nageboortes wat vassit en spysverteringsteurnisse

AKSIE • Doseer met Terenol S of Nem-A-Fluke

MOTIVERING • Doseermiddel teen peervormige maagslakke • Voordeel: Voorkom vrektes en produksieverliese

AKSIE • Ent met Botuvax (***)

MOTIVERING • Dooie entstof bevat Clostridium botulinum toksoïed: primêre inenting en dien skraagdosis na 4 weke toe, daarna jaarliks • Ent skape wat hoendermis gevoer word om Lamsiekte uitbrake te voorkom. Lamsiekte kom ook tydens droogtes voor (eet bene/bale voer met dooie rotte/muise) • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel 4 weke na 2de enting beskerm skape teen Lamsiekte

AKSIE • Ent met Anthravax (***)

MOTIVERING • Lewende entstof bevat Bacillus anthracis (Sterne stam) • Skape behoort jaarliks ingeënt te word waar daar ’n geskiedenis van Miltsiekte is • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm skape teen Miltsiekte

AKSIE • Ent met Slenkdalkoors (***) / Wesselsbronsiekte entstof (***)

MOTIVERING • Lewende en dooie entstof teen Slenkdalkoors: Ent diere eenmalig in lente. Ramme moet nie binne 6 weke van die aanvang van die teelseisoen met die lewende entstof geënt word nie aangesien hulle tydelik steriel kan word • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm skape teen Slenkdalkoors

ALLE SKAPE WINTER (JULIE)

OUDERDOM ALLE SKAPE OPSIONELE ENTSTOWWE

SKAAP/BOK BESTUURSRIGLYNE

OOIE & RAMME / RAMLAMMERS & RAMME / ALLE SKAPE

6


OUDERDOM

AKSIE • Ent met Pulpyvax (*)

MOTIVERING • Dooie entstof met aluin adjuvant: Bevat Clostridium perfringens tipe D toksoïed. Skraagdosisse moet gegee word minstens 2 weke voordat diere na voerkrale of afgeoeste lande gaan of as voedingstoestande drasties verander bv. van droë na groen weiding of omgekeerd of voor dosering. • Bloednier entstof moet verkieslik elke 6 maande toegedien word. (Multivax-P jaarliks en ses maande tussen in Pulpyvax) • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm skape teen Bloednier

AKSIE • Ent met Corynebacterium pseudotuberculosis (ovis) entstof (**)

MOTIVERING • Dooie entstof teen Kaasagtige verswering beskikbaar • Dien 6 – 8 weke voor verwagte besmetting toe. (Veral vir wolskape) • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel, beskerm skape teen Kaasagtige verswering

AKSIE • Ent met Arcanobacterium (Corynebacterium) pyogenes entstof (***)

MOTIVERING • Dooie entstof teen Corynebacteria absesse beskikbaar. Dien 6 – 8 weke voor verwagte besmetting toe. Indien eerste keer gespuit word: 3 inentings, 10 dae uitmekaar daarna ’n skraagdosis elke 6 maande • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel help om absesse te verminder

AKSIE • Hartwater (***) entstof

MOTIVERING • Ent teen Hartwater indien skape in ’n Hartwater gebied ingebring word – raadpleeg u veearts

AKSIE • Ent met Vuilbek (***) entstof

MOTIVERING • Lewende entstof teen Vuilbek beskikbaar – raadpleeg u veearts • Voordeel: Immuniteit wat ontwikkel help om letsels te verminder

ALLE SKAPE

AKSIE • Uitwendige parasietbeheer – Selekteer een van: Delete, Delete All, Delete X5, Delkol, Deltab, Ivotan, Fleececare of Zipdip

MOTIVERING • Alle skape moet gereeld gemonitor word vir uitwendige parasiet infestasie (Bosluise, Myte, Luise en Vlieë) en behandel word indien nodig • Voorkomende behandeling teen veral Karooverlammingsbosluise en na skeer teen Luise, Myte en Vlieë moet ook toegepas word

INTERVET

SKAAP / BOK BESTUURSRIGLYNE

ALLE SKAPE OPSIONELE ENTSTOWWE

OUDERDOM

SKAAP/BOK BESTUURSRIGLYNE

ALLE SKAPE

• Gereelde monitering van wurmbesmetting moet gehandhaaf word. Gebruik die FAMACHA® sisteem vir Haarwurms en Lewerslakke. Gepoelde miseiertellings en kondisietelling kan gebruik word om ander wurmbesmettings vas te stel • Bykomstige wurmbehandelings kan noodsaaklik word indien omstandighede vir wurms voordelig word soos bv besproeiïng en reën. (UNI-DOSE spesifiek vir haarwurmbesmetting) • Indien alle diere tegelyk behandel word, moet hulle verkieslik NIE dadelik na ’n “skoon” kamp verskuif word nie. Hulle moet óf eers 2 – 3 weke na behandeling verskuif word, óf eers na ’n skoon kamp verskuif word voor behandeling en dan slegs na 2 – 3 weke behandel word • FAMACHA®: Doseer diere, waar prakties uitvoerbaar, volgens die FAMACHA® stelsel m.a.w. behandel volgens behoeftes • Kondisietelling kan ook gebruik word om die swakkelinge wat dosering nodig het, uit te ken ONDERSKEI TUSSEN: * Noodsaaklike entstowwe (bv Bloednier) ** Aanbevole entstowwe *** Opsionele entstowwe

MOET ent GOED om te ent SOMS geënt

NOTA: Lewende entstowwe mag moontlik met mekaar inmeng en dus behoort twee of meer lewende entstowwe nie saam gegee te word nie, tensy die vervaardiger dit aanbeveel ALGEMEEN: ENTSTOWWE EN WURMMIDDELS Lees die gebruiksaanwysings noukeurig en maak seker dat hulle nagekom word veral tov berging en toediening

FAMACHA

C

SINVOLLE DOSERING

LET WEL: Hierdie program is ’n bestuursriglyn en sluit siektes in wat dalk nie op die plaas teenwoordig is nie. Dit word aanbeveel dat u hierdie program as basis gebruik en saam met u plaaslike veearts ’n eie program opstel Vir verdere produkinligting gaan na www.intervet.co.za

7


4

1 + 2

2

1

1

3 + 4

3 + 4

3

2

8

4

4

7

INTERVET SUPPORTS/ ONDERSTEUN

VACCINES / ENTSTOWWE Anthravax Reg. No. G2064 Act/Wet 36/1947 Botuvax Reg. No. G2193 Act/Wet 36/1947 Multiclos Reg. No. G3392 Act/Wet 36/1947 Multivax P Reg. No. G1517 Act/Wet 36/1947 Ovilis Enzovax Reg. No. G2758 Act/Wet 36/1947 Pulpyvax Reg. No. G2192 Act/Wet 36/1947 Pulpyvax 1-shot Reg. No. G2642 Act/Wet 36/1947 ECTOPARASITICIDES / EKTOPARASITIESE MIDDELS Delete Reg. No. G2815 Act/Wet 36/1947 Delete All Reg. No. G2837 Act/Wet 36/1947 Delete-X5 Reg. No. G3279 Act/Wet 36/1947 Delkol Reg. No. G3550 Act/Wet 36/1947 Fleececare Reg. No. G1743 Act/Wet 36/1947 Zipdip Reg. No. G381 Act/Wet 36/1947

8

ENDOPARASITIESE MIDDELS

ENDOPARASITICIDES

EKTOPARASITIESE MIDDELS

ECTOPARASITICIDES

ENTSTOWWE

VACCINES

PRODUCT GUIDE / PRODUKGIDS / www.intervet.co.za

Namibia Reg. No. N-SR 0857 Namibia Reg. No. N-SR 0888 Namibia Reg. No. N-SR 1159 Namibia Reg. No. N-SR 0841 Namibia Reg. No. N-SR 1126 Namibia Reg. No. N-SR 0847 Namibia Reg. No. N-SR 0846 Namibia Reg. No. N-SR 0913 Namibia Reg. No. N-SR 0914 Namibia Reg. No. N-SR 1118 Namibia Reg. No. N-SR 1233 Namibia Reg. No. N-SR 0875 Namibia Reg. No. N-SR 0083

ENDOPARASITICIDES / ENDOPARASITIESE MIDDELS Ex-A-Lint Reg. No. G1546 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 0861 Fluxacur NF Reg. No. G3202 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1107 Gardal 1.9% Reg. No. G3200 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1110 Ivotan Reg. No. G2858 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1007 Ivotan Oral Reg. No. G3393 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1164 Nem-A-Fluke Reg. No. G3563 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1254 Nem-A-Rid 3.75% Reg. No. G3548 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1252 Nemasol NF Reg. No. G3312 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1116 Panacur BS Reg. No. G1481 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 0849 Rid-A-Lint Reg. No. G3213 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1094 Terenol S Reg. No. G1208 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 0860 Tri-dose Oral Reg. No. G3103 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1034 Unidose Reg. No. G3078 Act/Wet 36/1947 Namibia Reg. No. N-SR 1024


DIE KORREKTE GEBRUIK VAN ENTSTOWWE

IMMUNE REACTION AFTER ANIMALS HAVE BEEN VACCINATED

Levels of antibody in the serum (titre)/ Hoeveelheid teenliggame in die serum (titer)

IMMUUNREAKSIE NADAT DIERE INGEËNT IS Secondary Antibody response/ Sekondêre teenliggaam reaksie

Primary Antibody response/ Primêre teenliggaam reaksie

7

First dose of vaccine that has been administered/ Eerste dosis van entstof wat toegedien word

14

21

28

35

Days/ Dae

Second dose of vaccine that has been administered/ Tweede dosis van entstof wat toegedien word

CORRECT USE OF VACCINES

0

IMMUNITY DEVELOPING IN ANIMALS AFTER VACCINATION

Percentage of vaccinated animals/ Persentasie geënte diere

IMMUNITEIT WAT IN DIERE ONTWIKKEL NA INENTING (Normal distribution curve)/ (Normale verspreidingskurwe)

20 15 10 5

Most animals produce an adequate protective response/ Die meeste diere sal ’n voldoende immuunreaksie ontwikkel

0 These few animals produce a poor immune response and will therefore be poorly protected/ Hierdie klein persentasie diere sal ’n swak immuunreaksie toon

These few animals produce a superior immune response and will be well protected/ Hierdie klein persentasie diere sal ’n baie goeie immuunreaksie ontwikkel

9


NOTES/NOTAS PRODUCT GUIDE / PRODUKGIDS / www.intervet.co.za

NOTES/NOTAS

10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.