AMALIA
rooirose.co.za
ná alles sterker anderkant uit ZOID-AFRIKA
KAREN VOLG HAAR HART
EGSKEIDINGSRITUELE KRY WEER BALANS
GEORGE CLOONEY
MY VROU IS SLIMMER AS EK
WOEMA IN ’N GLAS
KRUIETEES, GROENTESAPPE & WONDERWATERS
BLY HY UITSTEL?
KRY JOU KIND IN RAT 3 DINGE WAT KAN HELP
RAAD VIR RUGPYN
SEPTEMBER 2015 R32,00 (BTW INGESLUIT) ANDER LANDE R28,07 (SONDER BELASTING)
LEEF
LIGTER
NOOI DIE LENTEGROEN NA BINNE MET BOTANIESE DEKOR
SEPTEMBER 2015
INHOUD JAARGANG 73 NR. 9
VOORBLAD 20 26 32 82 92 100 120
Amalia: ná alles sterker anderkant uit George Clooney: My vrou is slimmer as ek Zoid-Afrika – Karen volg haar hart Raad vir rugpyn Bly hy uitstel? Kry jou kind in rat Egskeidingsrituele: Kry weer balans Woema in ’n glas: Kruietees, groentesappe en wonderwaters
LEES MEER OOR AMALIA OP BL. 20 FOTO: LEANA
CLUNIES-ROSS; PRODUKSIE: HANNELIE DIEDERICKS; STILERING: RIAAN HULLEY; HARE & GRIMERING: ADELLE JUNG; PRODUKSIEASSISTENT: MELISSA-JADE MYBURGH; TOP: DEMOCRATIC REPUBLIC; MONO-ROMP: YDE; ARMBAND EN RING: COUNTRY ROAD
STYLVOL MODE 54 Sneeuwitjie 60 In volle blom 62 Ons gunstelinge 64 Ons dra moulose LEES OOR jasse 8 Ons lief in September 12 Op ons webblad MOOI MOOIER 14 Lesersforum 66 Jou anti18 Dis nuut en nou oksidantgids 36 Neil se alleenpad, 72 Ons gunstelinge stofpad 74 Wat’s nuut 44 Rooiwarmman: 76 ’n Nuwe voorkoms Hannes van Wyk 140 In die rooi stoel: Ivor Price 156 ’n Kykie in die lewe BLY GESOND van Debra Meyer 78 Die bestes en die 160 Beeld van ’n vrou: slegstes Colette 86 Bly gesond 88 Fiks en ferm 90 Goed vir jou 96 As die onthou wegraak
KOLLIG
SINVOL
TUSSEN ONS 40 Trouringe vir sterk vroue 4 rooi rose
SEPTEMBER 2015
46 50
Hardebaard Soet uit die bitter
PROPVOL LEEFSTYL 104 Hoe ouer hoe mooier 107 Tuinmaak 110 Groen vingers KOM EET SAAM 120 Gesondheid in volkleur 128 Ons eet nou: Amandels 130 Koskas SUKSES 136 Wat sakeslimmes reg doen 144 Slim kind OP REIS 142 Plek van twee sonne
PLESIERIG LEKKER LEES 16 Swart op wit Valiant Swart 132 Om die tafel Mariëtte Crafford 146 Kortverhaal: Die soen 152 Rooiwarm: Boeke en vermaak 168 Agterstoep: Gerda Gilson PROMOSIES 118 ’n Heerlike erfenis 127 Met ’n lieflike geur 129 Lekker vulsels 131 Little Big Cook-off 134 Meer as 100 jaar oud en steeds sterk GEREELD 6 Redakteursbrief 10 Lesersbriewe 63 Teken nou in en spaar 35% - 50% 148 Sudoku 157 Kry dit hier 159 Blokraai- en Sudoku-oplossings 163 Kleinadvertensies
WEN LEKKER PRYSE 65 Wen ’n mooimaaksessie en pryse van R250 000 75 Wen velsorgprodukte van R40 000 141 Kry afslag op ’n luukse vaart 150 Blokraaie 158 SMS en wen
Soek jy ons? AS JY ROOI ROSE NIE IN JOU GEBIED IN DIE HANDE KAN KRY NIE, BEL VERONICA MAKWE BY 011 248 3500
rooirose.co.za
Lente 2015
TEEN DIE TYD weet ons al taal is nie staties nie. Afrikaans is maar net so geneig tot verandering en vernuwing soos elke ander taal. En uitdrukkings word maklik gepopulariseer deur gebruik, dikwels oorgebruik, in die media. Woorde word modewoorde, byvoorbeeld: alles is deesdae uitdagings, nie probleme nie; koel het min met temperatuur te make, wel met houding. Dit maak tog sin dat ons aan die begin van die lente op groen sal fokus. Wat is per slot van rekening groener as die teergroen van lente? Ons is deur ’n strawwe winter, ons het koue en donker trotseer, te wyte aan die knaende beurtkrag. Die meeste van ons moes allerhande alternatiewe kragbronne en ligbronne en kosmaakmetodes beproef, en ten duurste aanskaf. Gesprekke is oral oorheers deur klagtes en selfs uitbarstings oor die donkerte wat ons so geteister het. Groen is so ’n hoopvolle kleur, pas so goed by die ander ligte, vrolike kleure van die seisoen. Dit kondig in ’n baie werklike sin ’n nuwe begin aan, wat strook met positiewe dinge soos “ontluik” en “ontkiem”. Maar dis ook die woord vir ’n lewenstyl,’n manier van dink wat fokus op hergebruik en minder mors. Maar soos dit nou maar is in die lewe, is dit ook ’n strikwoord wat misbruik word. Alles wat “groen” genoem word, is nie noodwendig wel so nie. Ons hoor gereeld van “Groenwassery”, en weet al ons moet die aansprake bevraagteken, die kleinskrif en die bestanddelelys met aandag lees. Op finansiële gebied word die term “groen spriete” al ’n tyd lank gehoor, verwysende na daardie hoopvolle tekens van oplewing wat ons moed gee wanneer die belastings en tolgeld en prysverhogings erg knou ... Ek moet sê dit laat my dink aan ’n ou gesegde uit my kinderdae, toe ek geleer het blou en geel maak groen: Hou moed! Die sleg sal verander in goed ... Met meer moed vir ’n groener môre, in reële én simboliese terme!
Martie MARTIE PANSEGROUW redakteur
6 rooi rose
SEPTEMBER 2015
MODE bl. 54
SKOONHEID bl. 66 KOS bl. 120
DEKOR bl. 110
rooi rose .co.za ’N VERSKEIDENHEID STANDPUNTE WORD IN ROOI ROSE WEERGEGEE EN IS NIE NOODWENDIG DIÉ VAN DIE REDAKSIE NIE rooirose@caxton.co.za www.rooirose.co.za
REDAKTEURSFOTO: LEANA CLUNIES-ROSS; STILERING: RIAAN HULLEY; HARE: WILL @DIVA’S; GRIMERING: KIM WINTERSCALE; TOP: LALALUX - JESSICA LONDON; RING: LALALUX
EK & JY GROEN spriete
O&M CAPE TOWN 82200/A
WAAROM TORRING AAN IETS WAT DIE NATUUR VERVOLMAAK HET? Water binne-in ’n plant. Die mees natuurlike ding ter wêreld. Daarom het ons die PlantBottle™ van Valprè ® bekendgestel – ’n PET-bottel wat van tot 30% plantmateriaal gemaak word. Geïnspireer deur die natuur vir ’n beter toekoms, omdat alles wat ons by Valprè ® doen gerig is op die toekoms.
Valprè® en die Valprè®-kruikontwerp is geregistreerde handelsmerke van die Coca-Cola Maatskappy© 2015.
Banana Moon se jongste bikini’s, vrolik en bont, is ’n regte lusmakertjie vir daardie saffierdae wat kom. Beskikbaar by die Banana Moon-winkel in Parkhurst, Johannesburg of uitgesoekte boetieks
SKEP ’N INTERESSANTE FOKUSPUNT IN ’N VERTREK MET DIE ZULU MAMA PINK CAFÉSTOEL MET SY EIETYDSE ONTWERP EN TRADISIONEEL GEWEEFDE SITPLEK. (R8 039) LEON BY CCXIX.
Bevog jou vel met die nuwe ELEMIS BRITISH BOTANICAL SHOWER CREAM (R440 VIR 200 ML) en dra heeldag die
geur van ’n Engelse tuin met jou saam.
Elegant en indrukwekkend. Frederique Constant se nuwe Slimline Moonphase Manufacturevrouehorlosie is afgerond met sestig diamante wat die gesig omring. Prys op aanvraag. www. picotandmoss. co.za
Koop jy ’n GHD VINTAGE PINK EDITION V STYLER (R2 399; beperkte uitgawe) word tien persent
Vir liefdadigheid
8 rooi rose
SEPTEMBER 2015
van die prys aan die PinkDriveborskankerorganisasie geskenk.
GRIMEERSAKKIE TED BAKER (R499,95) STUTTAFORDS.
SAAMGESTEL DEUR HANNELIE DIEDERICKS & JUSTINE KROES
BRING KLEUR, VERAL DIE WARM KLEURE VAN ’N SONSONDERGANG, HUIS TOE MET HIERDIE TEKSTUURRYKE STROOIKUSSINGS VAN COUNTRY ROAD (R499 ELK).
Supersjiek MAAK JOU EIE: BUIG HELDERKLEURIGE DRAAD IN DIE VORM VAN ’N LAMPSKERM, OF KOOP EEN BY @HOME (R499).
Thierry Mugler se ikoniese Angel-fyngeur het nou ’n lekkergoedbasis wat jou mond sal laat water. Jy ruik rooibessie-sorbet, meringue, patsjoelie en vanielje
ANGEL EAU SUCRÉE EDT (R695 VIR 50 ML).
DIOR SE NUWE DIOR ROUGE BRILLIANT-LIPGLANS (R495 ELK) HET ’N BAIE DUN STIFFIE WAT NETJIESE AANWENDING VERSEKER, TERWYL DIE HOËDEFINISIEGLANS JOU LIPPE SOOS ‘N LIPSALF BEVOG.
BELÊ DIE SOMER IN ’N GEHALTEHANDSAK WAT JOU UITRUSTINGS SAL AFROND
BEYERS-SJOKOLADESTAFIES (R21 ELK) UITGESOEKTE WINKELS.
Oulik ... TYDLOOS EN GROOT GENOEG. DIE DE BEAUVOIRDRASAK (R3 499,95) VAN RADLEY LONDON IS IN ’N VERSKEIDENHEID KLEURE BY STUTTAFORDS BESKIKBAAR.
DIE MINI-DRAAGBARE BRAAIERTJIE UIT JAMIE OLIVER SE NUWE BRAAIREEKS IS LIG EN KLEIN GENOEG OM OP ENIGE UITSTAPPIE (DINK BERG-OP) SAAM TE PIEKEL. JAMIE OLIVER PARK BRAAI (R949) WWW. TAKEALOT.COM
VERBRUIKERSGIDS OP BL. 157. SEPTEMBER 2015
rooi rose 9
BLOEDROOI, MET HAKKE
Skryf &WEN
Die skrywer van die wenbrief kry drie Lancôme La Vie est Belle-fyngeure. Die Franse uitdrukking ‘La Vie est Belle’ beteken die ‘lewe is mooi’. Geniet die unieke interpretasies hiervan met La Vie est Belle Eau de Parfum, Eau de Toilette en L’Absolue Intense. AIKONA VIR BEJAARDHEID Met ’n diep, swaar sug staar ek in die verte. Ek sit met ’n kniekombersie en lees, soos dit van ’n bejaarde verwag sou word. Dat die bejaardheid my so onverhoeds en onkant betrap het, is te wyte aan my twee “tienderjarige” kinders (25 jaar oud) wat my so pas op my 58ste verjaardag as bejaard bestempel het. Skok en kwaadheid het my eers oorval, maar soos die weke aangaan, verval ek toe maar in die gat van die Ouderdom. Ek bestudeer eers daagliks my gesig vir die verval wat my nou in die gesig staar. Elke haar word ondersoek vir tekens van 10 rooi rose
SEPTEMBER 2015
grysheid. H’m, geen tekens van grysheid nie, maar ’n bietjie kleur sou dalk net die jeug herwin? My man se ore tuit elke dag terwyl ek voorbeelde van onbejaardheid by ons twee uitlig. Die volgende wat gebeur is dat manlief ’n klompie bladsye merk in die rooi rose (Julie, 2015) wat hy vir my gekoop het. Hoera’s en baie rose vir rooi rose se artikel oor pragtige, jeugdige vroue ver oor die vyftig, sestig en selfs sewentig! Dis asof ek tonne ligter voel en die swaarmoedigheid van my afval. Ek dink na en besef ek het toegelaat dat jongmense my selfbeeld ondergrawe. Hulle
As ’n vet, sewejarige meisietjie wou ek so bitter graag ’n paar dansskoentjies hê. By die skool het baie meisies danslesse geneem. Ballet was die gewildste. My ouers kon dié lesse nie bekostig nie en ek het gedink ek kon myself netsowel leer - as ek net skoene gehad het. Op ’n dag kom my ouma met ’n groot sak skoene in alle groottes en kleure van ’n vendusie af, asook ’n paar bloedrooi hardehakskoentjies. Regte klopdansskoentjies. Van toe af kon jy elke dag ’n geklik-klak, tap-tap en klikkekie-klap hoor. (’n Paar jaar later het ek en my skoolkys ’n danskompetisie gewen!) Tussen die oefen deur was daar ook trane. My pa het eendag by die huis gekom en daar was bloed, bloedrooi bloed, oral. ’n Gesig wat my deur die jare bygebly het. Later het ek my eerste rooi rose gekoop en baie vreugde en vrede en troos daarin gevind. Nou, baie jare later, is daar op my tafel ’n vaas wit rose van vergifnis vir Pa se aanvallers. Daar lê ook ’n nuwe rooi rose, en in my kas staan ’n paar rooi hoëhakskoene wat ek dikwels dra. C. Visser, Humansdorp (brief verkort - red.)
wat nog die “wysheid van die grysheid” moet aanleer. Ai! Ek wil huppel en lag saam met onse Audrey (Blignault) wat die lewe met soveel oorgawe geniet het. Daarom is julle naam nie verniet rooi rose nie. “La Vie est Belle”, oftewel “die lewe is mooi”, soos dit gestel is by die brieweblad-geskenk in dieselfde uitgawe! Tina, Faerie Glen
’N ANDER MINNARES ’n Jaar lank was alles anders. Die stilte in ons huis was ondraaglik en die atmosfeer so dik dat jy kon versmoor. Maar dis ’n jaar later, en oor 15 minute wanneer Eskom die krag afskakel vir nog een van hul kragonderbrekings, wag daar twee uur van terapie. Dis hoe ek dit noem. Die televisie, selfone en sielsafwesigheid was altyd daar, ’n ander minnares in ons huwelik. In so ’n mate dat ons huwelik begin verbrokkel het. Maar deesdae, wanneer almal hul woede en frustrasies oor die kragonderbrekings lug, bid ek elke dag vir die twee uur wanneer ek net syne kan wees. Twee kort ure van stadig maar seker
mekaar weer ontdek. Twee kort ure van gesprekkies en twee uur waarin die seer en alleenheid stadig weer genees. Wanneer die krag weer aangaan, is dit pikdonker in ons huis. Dan voel ek sy arm om my lyf en ek wonder of daar ander huwelike is wat in die donker genees. Ek luister na sy sagte asemhaling in my nek en ek sê dankie vir die kragonderbreking - al is daar nog baie genesing nodig, is my huwelik die gesondste wat dit in ’n lang tyd was. Anoniem
Daar is drie opsies as jy wil saampraat 1 BESOEK ONS WEBBLAD, WWW.ROOIROSE.CO.ZA EN KLIK OP “KONTAK ONS” EN DAN OP “STUUR ’N BRIEF AAN DIE REDAKTEUR”. 2 POS JOU BRIEF AAN PRAAT SAAM, POSBUS 412982, CRAIGHALL 2024. 3 STUUR JOU BRIEF PER E-POS NA ROOIROSE@ CAXTON.CO.ZA ONS PLAAS NET BRIEWE WAT NIE IN ANDER TYDSKRIFTE VERSKYN HET NIE.
6416
Mint-reeks.
Ons stel bekend: die nuwe Cool Mint. Die nuwe Cool Mint is die perfekte pastel, die skakering vir jou. Cool Mint verleen ’n pragtige kontemporêre aksent met ’n tikkie speelse nostalgie – dis vars, tydloos en elegant. Jy kan die eerste wees wat die nuwe Cool Mint ervaar. Dit word op 1 September 2015 bekendgestel. Besoek vandag jou naaste Le Creuset-boetiekwinkel. Gaan na www.lecreuset.co.za of bel ons kliëntehulplyn by 086 177 3321 vir meer inligting. Le Creuset South Africa
LeCreusetSA
instagram.com/lecreusetsa
CAVENDISH SQUARE . TYGERVALLEI-SENTRUM . SOMERSET MALL . TUINE-SENTRUM . TH E CONSTANTIA VILLAGE . KILLARNEY MALL . BEDFORD-SENTRUM . HYDE PARK CORNER CLEARWATER MALL . BROOKLYN MALL . WOODLANDS BOULEVARD . LA LUCIA MALL . THE PAVILION . WATERFALL MALL RUSTENBURG . SANDTON CITY . V&A WATERFRONT N I C O L W A Y B R Y A N S T O N . C A N A L W A L K . W A L M E R P A R K . F R A N S C H H O E K . W A T E R S T O N E V I L L A G E . C R E S T A - W I N K E L S E N T R U M . G R O V E M A L L N A M I B I Ë . B AY W E S T . WAT E R C R E ST
HIERDIE MAAND op onsWEBWERF Ons wou weet
WEN
DRA JY GRAAG SYKOUSE IN DIE WINTER? JA 43% NEE 32% SOMS 25%
Wen ’n CanonKAMERA
Ä‘
Ons skoonheidspan het heuning as reiniger getoets en verstommende gevolge gesien. Jy sal verbaas wees hoe hierdie soetigheid jou vel kan opkikker.
HANG JY JOU WASGOED BUITE, OP ’N RAK IN DIE HUIS, OF GEBRUIK JY ’N TUIMELDROËR? BUITE 71% OP ’N RAK IN DIE HUIS 20% TUIMELDROËR 8%
Hou jy van foto’s? Wen een van twee Canon PowerShot SX520kameras ter waarde van R8 000!
Agter die SKERMS
Amalia Uys smeul as ’n ballerina op bl. 20. Kyk ook na pragtige agterdie-skerms-foto’s tydens ons voorbladfotosessie by Joburg Ballet.
WENDYhuisies
Ons gaan elke week wys hoe jy ’n Wendy-huisie ’n nuwe voorkoms kan gee. Hou die volgende vyf weke ons DEKORafdeling dop vir inspirerende idees.
Ä‘
Ä‘ Ä‘ Ä‘ 12 rooi rose
SEPTEMBER 2015
FOTO’S DOLLAR PHOTO CLUB / NITR; LEANA CLUNIES-ROSS; JOHAN WILKE; FREEIMAGES.COM
Ä‘
WATTER UITGAWE MAAK DIT VIR JOU MOEILIK OM JOU BEGROTING TE LAAT KLOP? KOS 42% BRANDSTOF 26% VERBLYF 16% SKOOLFONDS 10% KLERE 6%
WEN digitale kykgenot Wat is jou gunstelingartikel op ons webblad? Deel jou mening en jy kan een van drie VIDIsubskripsies WEN!
Heuning
LESERSFORUM Sluit aan by ons lesersforum en WEN! Drie van die lesers wat hul menings gestuur het, wen ’n Carraro-beursie van R1 500.
As jy van iets in jou lewe ontslae kon raak om ’n minder gekompliseerde lewe te lei, wat sou dit wees? Mari Senekal (37), onderwyseres, Polokwane Ek sou sonder enige skuld wou leef. Ek is tans besig om my skuld bietjie vir bietjie af te betaal. Sonder skuld kan jy meer sorgvry leef en besluite neem. Marina Stain-Alberts (61), persoonlike assistent, Kraafontein Vir my sal ’n ligter en minder gekompliseerde lewe beteken ek weeg minder en bereik my doelgewig! Die alewige stres oor gewigskwessies kry my onder. Om hierdie doel te bereik moet ek skouer aan die wiel sit en ’n gesonder leefstyl handhaaf, wat genoeg oefening insluit. Francis Snyman (71), afgetrede onderwyseres, Yzerfontein Ek sou alles moontlik via die internet doen om byvoorbeeld petrol te spaar en minder tyd te mors (soos om in lang toue te staan of aan te hou oor die telefoon). Doen aankope soos boeke, musiek en selfs klere deur die internet, asook jou banksake en betalings.
Sluit aan by ons Lesersforum en wen! Ons stuur elke maand sowat vyf vrae uit waarop ons terugvoer van ons Lesersforum vra. Uit die antwoorde wat ons kry, kies ons drie lesers wat vir die betrokke maand saamwerk. Gaan na www.rooirose.co.za klik op “Teken In” en “Lesersforum” (nuwe registrasie) om aan te sluit. Of e-pos net jou besonderhede - naam, adres, dagtelefoonnommer, e-posadres, ouderdom, beroep, jou ID-nommer, asook ’n kop-enskouers-foto na sunek@ caxton.co.za. As jy dit doen, het jy ’n kans om ’n geskenkpak te wen. Vandeesmaand wen Lynette Taylor en Elmary Brits elkeen die Escada Joyful-fyngeur van R810 (beperkte uitgawe). Escada Joyful is geïnspireer deur ’n helder, vrolike somersoggend vol beloftes en prettige, sorgvrye oomblikke wat voorlê. Dis ’n kleurryke en passievolle fyngeur wat ’n grou oggend in ’n sonnige dag vol vreugde sal verander.
Mari, Marina en Francis wen elkeen ’n Carraro-beursie ter waarde van R1 500. Carraro-beursies getuig van onmiskenbare Italiaanse styl. Carraro is meer as net ’n bykomstigheid, dis deel van jou alledaagse leefstyl. Carraro-beursies is gemaak van egte leer en die ontwerp is funksioneel, prakties en stylvol. Vir meer inligting bel 031 205 9219.
14 rooi rose
SEPTEMBER 2015
STYLVOL, SINVOL, PROPVOL
JOHANNESBURG REDAKTEUR Martie Pansegrouw ADJUNK-REDAKTEUR Hannelie Diedericks ONTWERP & UITLEG Karyn Harrison Linda Ehlers TEKSREDAKTEURS Hugonette Theron Elmarie Otto PRODUKSIEHOOF Anelle Mostert anellem@caxton.co.za PRODUKSIE-ASSISTENT/ FOTOREDAKTEUR Melissa-Jade Myburgh melissajm@caxton.co.za VERHAALREDAKTEUR Corlia Fourie corlia@caxton.co.za SENIOR SPESIALISJOERNALIS Mariette Snyman mariettes@caxton.co.za BOEKE EN VERMAAK Ronel Nel WEBREDAKTEUR Michelle Nortjé BEMARKING & KOMPETISIES Suné Kotzé sunek@caxton.co.za KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel rooirose@caxton.co.za REDAKSIONELE ASSISTENT Suzan Lekwape KAAPSTAD SKOONHEIDSREDAKTEUR Suzanne Kotzé suzannek@ctp-mail.co.za ASSISTENT Justine Kroes MODEREDAKTEUR Susra Matthee susram@ctp-mail.co.za ASSISTENT Daniela du Toit KOSREDAKTEUR Vickie de Beer vickie@hardrain.co.za LEEFSTYLREDAKTEUR Cornél Dunn cornel@ctp-mail.co.za ASSISTENT Greta Gericke GESONDHEIDSREDAKTEUR Salomé Delport salomed@ctp-mail.co.za MEDEWERKERS Mariëtte Crafford, Krisjan Fourie, Margaret Gardiner, Gerda Gilson, Anys Rossouw, Ilse Salzwedel, Anet Schoeman, Cobus Smit, Martie Swanepoel, Valiant Swart,
KAAPSTAD Posbus 260, Howard Place 7450 Tel. 021 001 2438; Faks 086 540 6268 Founders House, Uitvlugt, Howardrylaan 3, Pinelands, Kaapstad. rooirose@ctp-mail.co.za JOHANNESBURG Posbus 412982, Craighall 2024 Tel. 011 889 0665; Faks 086 540 6268 Caxton House, Jan Smutslaan 368, Craighall. rooirose@caxton.co.za INTEKENARE (ALLE NAVRAE) Verspreiding RNA, Nobelstraat 12, Posbus 725, Maraisburg 1700 Tel. 011 473 8700. Faks 086 756 6435. rooirosesubs@rnad.co.za Tel. 011 473 8700 HOOFBESTUURDER: Anton Botes GROEP-ADVERTENSIEBESTUURDER: Eugène Marais FINANSIËLE BESTUURDER: Rohan French BEMARKINGSBESTUURDER: Reinhard Lotz BESTUURDER: KREATIEWE STRATEGIE Clive Vanderwagen PRODUKSIEBESTUURDER: Sada Reddhi DIGITALE HOOF: Jana Kleinloog ADVERTENSIES Johannesburg 011 293 6067 Durban 031 910 5757 Kaapstad 021 530 6270 BESTUURDER: KLEINADVERTENSIES Gary Wium garyw@caxton.co.za Tel. 011 889 0885. Faks 789 9636 KLEINADVERTENSIES VERKOOPSKONSULTANTE Charmaine Pillai Tel. 011 449 1064. cp@caxton.co.za Nonhlanhla Twala Tel. 011 889 0830. nonit@caxton.co.za Kayleigh Chetty Tel. 011 293 6104. kayleighc@caxton.co.za JOHANNESBURG Caxton Tydskrifte (Reg. no. 68/12588/06) Posbus 1610 Parklands 2121 REPRODUKSIE CRD 011 449 1050 DRUKKERS CTP Gravure Printers Joynerweg 19-21 Prospecton Durban
VERSPREIDING (nie intekenare) RNA verspreiders 011 248 3500 Faks 011 474 3583. veron@rnad.co.za
Lipidol is ‘n reeks van ses nuwe olies vir daaglikse velsorg. Produk getoon: Lipidol Cleansing Face Oil 125ml. Verwyder vuilheid en grimering sonder om die vel van sy natuurlike olielaag te stroop. Te kry by uitgesoekte Clicks-winkels teen die aanbevole kleinhandelsprys van R79.95. lipidol.com
SWART OP WIT DIS ’N SONNIGE Sondagmiddag in die Klein-Karoo. Met ’n ysige wind wat buite waai, sit ek en my girls dik aangetrek in die bakkie, op pad huis toe ná ons jaarlikse wintertoer teen die Tuinroete af. Terwyl sulke lekker behaaglike Sondagballades oor die radio speel – daardie liedjies uit jou kleintyd, soos toe jy en jou sussies/boeties moes skottelgoed was, terwyl die grootmense so ’n bietjie gaan “skuinslê” het ná die braaiboud en die geelrys – ontspan Helena op die agtersitplek met haar tablet en oorfone en rinkink op Instagram en al daardie ander kubernessies waar sy uithang. Lanelle en ek sit en gesels land en sand oor die heerlike tyd wat ons agter die blad het; die strandoorde en die agterpaaie, die kuiers met nuwe kennisse en ou vriende, die good cheer, die laatslaap en die diep asemhaal. Ons lag oor komiese situasies, eienaardige karakters en nuwe sêgoed wat ons pad gekruis het, en herleef elke kosbare oomblik van nog ’n gul avontuur. Soos ons daar sit en voortsnel deur die koppies en klowe en die poorte en die vlaktes, wend die gesprek hom mettergang tot meer abstrakte velde, en ’n rits interessante konsepte kom ter sprake. Eintlik was dit alles maar net ’n voorspel tot ’n besoek aan bekende terrein, want kort voor lank, soos altyd ná ’n lekker wegbreek sonder sorge en roetine, duik ’n ou gunstelingonderwerp weer op: vryheid – die losmaak van die dinge wat jou vashou en striem en laat stres en sweet en oorpresteer, terwyl die weke en die maande en jare verbyvlieg, en jy al meer verstrengel raak in die matrys van verpligtinge wat jou hou waar jy is. Ons raak driftig oor die boosheid van die bankiers en miljardêrs wat ons gevange hou in die webbe van hul korporasies en kunsmatige welvaartskemas; ons verwens al wat ’n instelling is wat ons daaglikse gang dikteer. Soos telkens tevore skets ons vir mekaar prentjies van ’n lewe sonder grense, van geen knellende besittings en belastings en kleinburgerlike strukture nie. Ons hunker na ’n ongekompliseerde bestaan, sommer so op die langpad, met ’n Kombi en ’n kitaar, soos toe ons jonk was. Vir ’n rukkie neem ons met erns ons opsies in oënskou; maar die implikasies van die ontbondeling van ons hele opset ontnugter ons dermate dat ons momenteel neerslagtig raak en die verkeer met gesamentlike ywer aanpak, en toe ons ons weer kom kry, is ons dorp net twee bergpasse ver.
Ons melankolie wyk geheel en al by die vooruitsig aan die hereniging met Robert en ons eksentrieke pak honde, en ons eie knus beddens, en die kaggelvuur en Helena se onmisbare WiFi en ons kombuis en … nou ja. Lank ná die blye, veilige tuiskoms in ’n donder-en-haelstorm, ná die afdra en die uitpak, en die stories en nuus en die steak in die pan, sit en hou ek nabetragting in my dakkamer oor die nogmaals vreugdevolle, veilige reis. ’n Driestuks koue kitare staar my in afwagting aan; so asof hulle weet ek het nuwe wysies daar langs die verre Indiese Oseaan raakgeloop. My enigste geselskap, in soete kontras met die gedruis van die sewe kroeg-optredes sopas agter die blad, is die uile wat mekaar roep in die hoë bome rondom my huis, hier aan die voet van die berg. My en Lanelle se vryheidspraatjies daar in die bakkie kom weer by my op. Ek kry plotseling visioene van ons twee in losse somersgewaad op verre strande, ontdaan van paaiemente en verbande, verlos van stuff en stereotipes, gesond, gelukkig en gans tevrede. Met onbekende bestemmings wat op ons wag, en more is nog ’n dag, en so aan ... Die onafwendbare ontnugtering wat sulke hersenskimme inhou, is geen verrassing nie. Om mee te begin is daar die kopsommetjie wat wys dat ek, as alles goed gaan, nog slegs sowat twintig-plus woelige jare in my oor het. Vir ’n jong outjie klink dit na baie tyd; vir my voel dit meer en meer of ek verneuk is. Met sulke mortaliteitskwessies kom my pa se afsterf-ouderdom altyd by my op – sewe-en-sestig – en dan werk ek onwillekeurig uit hoeveel dit meer as my huidige jaargang is. Soms ontstem dit my so ietwat. Die vorige dag was dit die tiende herdenking van my pa se heengaan. Ek het die aand op die verhoog, daar in die luimige kroeg, my liedjie “Sonvanger” aan hom opgedra, onthou ek meteens. Ek wonder wat my pa sou doen as hy, sê maar, nog tien jaar ekstra kon lewe. Sonder pille of masjiene. Sou hy alles laat gaan, ’n Kombi aanskaf en met my ma die road trip van ’n leeftyd aanpak? Stellig nie. Hy was nie daardie soort ou nie. Maar dan – hoe sal ’n mens weet? Miskien is dit juis die ding waarvan hy die meeste gedroom het as hy en my ma Sondagmiddae so ’n bietjie gaan skuinslê het. rr
VRYHEID is ’n DROOM
16 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Deur VALIANT SWART
FOTO’S JOHAN WILKE; PRODUKSIE CORNÉL DUNN
Ons hunker na ’n ongekompliseerde bestaan, sommer so op die langpad, met ’n Kombi en ’n kitaar, soos toe ons jonk was
www.johnfrieda.co.za
Saam kan ons fyn hare ‘n weelderige lewe gee. Hierdie haar-formules van John Frieda® gee houkrag en tekstuur, wat elke string hare beklemtoon. Die resultaat is ‘n natuurlike, voller en weelderige bos hare. Me & John & Luxurious Volume. Saam kan ons
slegs by slegs by
by uitgesoekte takke beskikbaar SlegsSlegs by uitgesoekte takke beskikbaar
0860-254-257 of www.clicks.co.za 0860-254-257 of www.clicks.co.za
Leef ligter Speelgoed vir grootmense Skop jou grootmensskoene uit en bring speelse elemente in jou omgewing in wat die lewe sommer ligter sal maak
SELFS DIE LOOPPLANKE SPOG MET TONGIN-DIE-KIES ONTWERPE OP HELDERKLEURIGE UITRUSTINGS, SOOS DIÉ ROK DEUR CELESTE LEE ARENDSE VAN SELFI.
Deur CORNÉL DUNN en GRETA CHAMPION-GERICKE
SPANBROEKIE VIR KLEUTERS (R175; 0 TOT 3 JAAR) BEBE RUTH.
LEESBRIL (R199,95) PYLONES.
WIKKEL DIE LYWE. BEACH SOUNDSRADIO (R699) SUPERBALIST.COM
RING (R399,95) PYLONES.
USB-LIGGIE UIT DIE RUIMTE (R249,95) PYLONES.
MUURKUNS (R399,99) MR. PRICE HOME.
18 rooi rose
SEPTEMBER 2015
'N DUIKBOOT WAT TEEBLARE IN SY RUIM VERGAAR (R129) SUPERBALIST.COM
'N LIGKRANS SO REG UIT DROOMLAND. HEATH NASH-HANGLAMP (R9 950) GREENELEPHANTCOLLECTIVE.CO.ZA
ENCHANTED FOREST (R287) IS 'N BUITENGEWONE INKLEURBOEK VIR GROOTMENSE. INKLEUR IS NIE NET KINDERSPELETJIES NIE (R129) EXCLUSIVE BOOKS.
‘HAPPY LIVING’ “Happy Living” bly ’n gonswoord en om met ligter elemente in jou dekor, kleurskema en selfs klerekas te speel, kan jou stres laat skietgee. Begin weer inkleur en kry sommer ook so ’n skeutjie van jou sorgelose kinderdae terug.
LOOPPLANKFOTO SIMON DEINER/SDR PHOTO
VASPLAKNAELS VAN ONTWERPER HENRY HOLLAND (R89,95) DIS-CHEM.
VARS & VROLIK
MUURHORLOSIE (R495) NEST DESIGNS.
DINOSOURUSDIENBORD (R550) CERAMIC FACTORY.
SAK (R699) VAN ACCESSORIZE.
GAAN KYK OP ONS PINTERESTBLAD VIR NOG INSPIRASIE. SEPTEMBER 2015
rooi rose 19
VO roR MO oOi ER rOoI NB se SLE A D
AMALIA
20 rooi rose
SEPTEMBER 2015
ROK: KLÛK CGDT, HAARSTUK: TIK-LEE, SKOENE: ZARA.
JOBURG BALLETDANSERS VAN LINKS NA REGS: BURNISE SILVIUS, MICHAEL REVIE, JONATHAN RODRIGUES, KEKE CHELE EN NICOLE FERREIRA-DILL.
malia Uys straal ’n nuwe warmte uit. Sy moes verlede jaar die verlies van haar suster se dood en ’n verbreekte verhouding verwerk, maar sy is daardeur. “Ek het geleer dat dit van jouself afhang hoe jy krisisse hanteer. Ek is deesdae baie gelukkig en gemaklik met wie ek is. Ek is rustiger. Ek voel ek het grootgeword.” Daar is ook ’n wonderlike man aan haar sy: Shaun. ’n Man met sy voete stewig op die aarde. Iemand wat haar anker, vertel sy. Hulle trek eersdaags Kaap toe. Amalia het ook vanjaar haar vuurdoop ágter die kameras gehad. Sy was kostuumbestuurder van Deon Meyer en Karoofilms se wetenskapfiksieprent, Last Broken Darkness, wat volgende jaar uitgereik word. Die genre stel groot eise aan die tegniese span.
Haar wange gloei, haar oë skitter. Aktrise Amalia Uys is mooier as ooit tevore. Sy ryg die rolprente in en daar is ’n wonderlike nuwe liefde in haar lewe Deur MARTIE SWANEPOEL. Foto’s LEANA CLUNIES-ROSS PRODUKSIE: HANNELIE DIEDERICKS; STILERING: RIAAN HULLEY; HARE & GRIMERING: ADELLE JUNG; PRODUKSIE-ASSISTENT: MELISSA-JADE MYBURGH; FOTO’S GENEEM BY JOBURG BALLET, WWW.JOBURGBALLET.COM
straal weer SEPTEMBER 2015
rooi rose 21
S
y moes baie spesifieke kostuums in die hande kry en dit was ook fisiek harde werk. “Ek hou baie van stilering. Dit was ’n geleentheid om ervaring agter die kameras op te doen maar was dit nie ’n vuurdoop nie! Ek was bevoorreg dat hulle soveel vertroue in my gestel het. Dit het soms maar rof gegaan en gevoel asof ons kampeer soveel swaar goed rondsleep en snags met ’n koplamp regkom. AMALIA HET JARE “Ek sou net in die LANK BALLET GENEEM, MAAR toekoms met skoner UITEINDELIK klere wou werk. Ek DRAMA VERKIES. was smerig, maar dit was lekker! Ná die fliek was dit darem heerlik om my te pamperlang en weer mooi aan te trek.” Hulle het ses weke lank geskiet en dit was ’n reuse-soektog om die regte kostuums op te spoor. “Van die klere moes gehawend lyk en ek het letterlik soms kledingstukke met ’n rasper sit en stukkend skaaf, of met die kar daaroor gery. Baie nagte wanneer ons moes skiet was dit vrek koud. Ek het een keer ’n klomp van die baadjies wat as rekwisiete gebruik word oormekaar aangetrek en my byna doodgelag toe ek in die spieël kyk. Jy moet soms met humor na ’n situasie kyk. Dit was nog altyd my redding.” Amalia het ook vir Karoofilms in Double Echo gespeel, ’n film noir-prent. “Ons het op ’n wynplaas naby Franschhoek geskiet en in ’n pragtige ou huis gebly. My karakter was ’n tipiese femme fatale. Regtig ’n gevaarlike en misterieuse vrou. Jy verwag die ergste van haar, tot jy ’n groot verrassing kry.” Daarna het sy saam met Anel Alexander aan die fliek Sink gewerk. “Ek speel nie ’n groot karakter daarin nie, maar dis ’n belangrike rol. Die fliek gaan oor verdraagsaamheid, vergifnis en raak ook aan xenofobie. Dit was ’n besondere ervaring om saam met regisseur en skrywer Brett Michael Innes en die talentvolle akteur Jacques Bessinger te werk. Ons het baie gelag.” Sy is bekend as ’n hardwerkende aktrise wat vir min stuit. Sy het vroeër vanjaar ’n bose kiem opgedoen en was twee weke 22 rooi rose
SEPTEMBER 2015
sou kry.” Sy het nie drome om Hollywood toe te gaan nie, maar sal graag met Suid-Afrika as basis in internasionale flieks wil speel. “Akteurs soos Brandon Auret doen dit. Hy het al in District Nine en Elysium gespeel en gebruik Suid-Afrika as sy basis. Ek is te geheg aan my gesin en te gelukkig hier om pad te gee.”
H
aar ouers woon sedert hul aftrede aan die Weskus en sy sien hulle deesdae minder. “Dis nou soos ’n vakansie wanneer ek daar gaan kuier. Ek kan my skoene uitskop, op ’n boot gaan ry en met die honde speel. Ek is lief vir die Weskus. As ek Kaap toe trek, sal ek weer nader aan hulle en my oudste broer in SomersetWes wees. Ek sien so uit daarna.” Sy is na aan haar ouers en haar ma is haar beste vriendin. “Ons was baie in mekaar se geselskap toe sy my op skool tussen drama- en balletklasse moes rondkarwei. Sy het ure lank in die motor vir my gesit en wag.” Sy het van graad een tot matriek ballet geneem, maar toe moes sy tussen drama en ballet kies. Sy glo sy is ’n beter aktrise as danser. “Toe ek Johannesburg toe trek, het ek by die South African Ballet Theatre se gevorderde volwasse groep aangesluit. ’n Prima
FOTO HIERDIE BLADSY: LYFKOUS: WOLFORD, ROK: LEIGH SCHUBERT. FOTO REGS: COLLEEN EITZEN-UITRUSTING: THE SPACE
ro M oi E ro N se SE
lank baie siek. Net voor die kiem haar platgetrek het, het sy ’n oudisie vir ’n advertensie gedoen. “Ek het nog met twee drups in die kliniek gelê toe ek ’n SMS kry dat ek my vir die finale rondte van die oudisies moet aanmeld. Ek wou dit baie graag doen en my opname is vir later die middag geskeduleer sodat my drup kon leegloop. Toe gaan ek huis toe, bad, trek mooi aan en gaan werk. Twee dae later het ek gehoor ek het die werk gekry. Dit was ’n oulike advertensie en ’n lekker ervaring en ek is dankbaar dat ek dit tog kon doen.” Daar wag nog twee rolprente later vanjaar. Die een is ’n Afrikaanse romantiese komedie en sy speel ’n hoofrol. In September behoort sy aan ’n Engelse prent te begin werk. Die fliek gaan oor ’n baie bekende Suid-Afrikaner en sy speel sy minnares. “Ek het begin huil toe ek hoor ek het die rol gekry. Die oudisie het goed verloop, maar ek was nie seker of ek dit sou kry nie. Dit sal baie vir my loopbaan beteken indien die fliek internasionale status
‘Toe ek Johannesburg toe trek, het ek by die South African Ballet Theatre se gevorderde volwasse groep aangesluit. Maar toneelspeel is my groot liefde en ek kon my heeltemal daarin uitleef ’
AMALIA IS BAIE NA AAN HAAR OUERS EN HAAR MA IS HAAR BESTE VRIENDIN. “ONS WAS BAIE IN MEKAAR SE GESELSKAP TOE SY MY OP SKOOL TUSSEN DRAMAEN BALLETKLASSE MOES RONDKARWEI. SY HET URE LANK IN DIE MOTOR VIR MY GESIT EN WAG.”
SEPTEMBER 2015
rooi rose 23
VO roR MO oOi ER rOoI NB se SLE A D DIS VIR AMALIA ’N KOMPLIMENT WANNEER MENSE HAAR AS ’N GO GETTER BESKOU. SY DEINS NIE TERUG VIR GROOT UITDAGINGS EN AVONTURE NIE.
24 rooi rose
SEPTEMBER 2015
PHOTOGRAPHS: KOUKLA-TOP ENGETTY ROMP (ONDER): IMAGES YDE, ROMP MET BLOMME (BO-OOR): ILAN
‘Hoe langer ek in die bedryf is, hoe meer besef ek ek hoort in ’n kreatiewe veld. Ek is omring deur mense wat soos ek dink en my gelukkig maak’
ballerina sou ek nie kon wees nie, al het ek baie goeie punte vir ballet gekry. Toneelspeel is my groot liefde en ek kon my heeltemal daarin uitleef. ” “Ek weet ek moes ná skool meer strategies gedink het en dalk meer na my ouers geluister het. Hulle het my gewaarsku dat ek ’n moeilike loopbaan kies, maar hoe langer ek in die bedryf is, hoe meer besef ek ek hoort in ’n kreatiewe veld. Ek is omring deur mense wat soos ek dink en my gelukkig maak. En al is dit baie harde werk, weet ek ek sal in geen ander beroep soveel pret kan hê nie. Ons lag soms só baie op stel. Wanneer daar iets snaaks gebeur, stop ons eers alles om te lag. “Ek weet nie of ek ooit in ’n kantoor sou kon aard nie, maar ek kan die moontlikheid nie uitskakel nie.”
S
y het verlede jaar ’n paar maande as moderedakteur by Bella gewerk tot die tydskrif gesluit is. “Ek hou van mooi aantrek en stilering en ek kon my uitleef.” Sy beskryf haar persoonlike styl as klassiek maar met ’n Boheemse streep. Sy hou van ’n klassieke, sensuele styl soos dié van Coco Chanel en die Hollywood-voorkoms met krulle en rooi lippe. Dit moet net nie oordryf word nie, voeg sy vinnig by. “Ek wil nie ’n poppie-beeld hê nie. Ek wil liewer as gebalanseerd en wêreldwys beskou word. Ek is nie die meisietjie-tipe nie. Ek het trouens op die stel van die rolprent waarin ek vir die kostuums verantwoordelik was, soms vergeet ek is ’n vrou.” Dis vir haar ’n kompliment wanneer mense haar as ’n go getter beskou. Sy deins nie terug vir groot uitdagings en avonture nie. Sy wil ook nie gestereotipeer word nie en haal Andy Warhol aan: “‘Labels are for cans and not for people!’ Ek het nou wel vanjaar al twee rolle as die ander vrou en die feeks gekry, maar ek het al talle uiteenlopende rolle gespeel. “In die klug My Vrou se Man se Lyk se Tas van Frans Swart was ek ’n poppie met fladderende ogies en handjies en dit was groot pret. Ons het landwyd daarmee getoer en dit was een een van die die lekkerste stukke waaraan ek tot nog toe gewerk het. Dis heerlik om in ’n klug te speel. Dis energiek en baie pret. Jy kan op die verhoog jou maagspiere in ’n sespak in lag as jy wil. As so iets gebeur, besef ek watter wonderlike werk ek het. Dit is soos twee of drie uur se terapie.” Sy het onlangs die Enneagram-persoonlikheidstoets gedoen en dink die opsomming van haar is na aan die kol. Sy is ’n persoonlikheid 4 en is ’n individualis en baie emosioneel en sensitief. “Vanweë my persoonlikheidstipe ervaar ek alles wat met my
gebeur baie intens, maar my ouers is my ankers en mentors. “My pa is nie ’n mens met nonsens nie. Hy hou my stabiel. Ek het onlangs my kar afgeskryf in ’n stadium toe ons met ’n fliek besig was en ek het vreeslik oor die foon gehuil toe ek met hom praat. Hy het net gesê: ‘Amalia, dis nie nou die tyd om te huil nie. Raak nou rustig, haal diep asem en hanteer die situasie.’” Sy sê haar pa kan ook baie sensitief wees, maar sy weet hy gee die regte raad. “Ek gaan nou elke keer daaraan dink as dinge te veel raak. “My ma is die meer koesterende een. As sy raad gee, weet ek ek gaan weer oukei wees. “Humor het my ook al deur ’n paar DANSERS VAN DIE moeilike jare gehelp. JOBURG BALLET, VAN LINKS: KEKE Dit gee my balans en CHELE, JONATHAN help my inskakel op RODRIGUES EN MICHAEL REVIE. die kanaal waarin ek onthou dat ek kan kies hoe om die saak op te los.” Baie mense brand uit, maar sy kon nog altyd die pas betyds verslap. Dis waar balans en Lede van die Joburg Balletgeselskap het kleur humor inkom. en atmosfeer aan ons foto’s Eckhart Tolle se boek gegee. Moenie hul lenteThe Power of Now het seisoen van 28 Augustus tot ook ’n groot invloed op 13 Septemberin die Joburghaar gehad. Sy tob nie teater misloop nie. oor die verlede of PROGRAM 1: Don Quixote toekoms nie, want sy Don Quixote is een van die groot 19de-eeuse voel sy kan aan die klassieke ballette. Die stuk verlede niks verander speel hom in Barcelona af nie en baie dinge kan in en vertel die verhaal van die toekoms gebeur. Sy Kitri en die arm Basilio. probeer die oomblik Liefde oorwin in dié ballet geniet. wat bekend is om sy talle “Ek weet ek is baie hoogtepunte, soos die beroemde Pas de Deux. bevoorreg. Soms wonder PROGRAM 2: Celebration 7 ek wat ek gedoen het om Celebration 7 is ’n meeso bevoorreg te kan wees sleurende samestelling van maar dan besef ek dit is die beste uit die klassieke net genade.” rr ballet en kontemporêre dans.
JOBURG BALLET
Dit sluit briljante toevoegings tot die repertoire in, soos die die klassieke stukke Paquita en La Vivandière. Kaartjies by www.joburgtheatre.com
SEPTEMBER 2015
rooi rose 25
K roo SK i LU ros SI e E F E
LOSLOPER NIE MEER
Op 54 het Hollywood se hubaarste alleenloper uiteindelik sy maat gekry. George Clooney vertel hoe dit is om met iemand getroud te wees wat slimmer as hy is Deur MARGARET GARDINER
y het onlangs verjaar? Hoe het jy dit gevier?
Ek het pas ’n rolprent met Jodie Foster voltooi en dadelik vir my verjaardag Los Angeles toe gevlieg. Ek het 25 goeie vriende vir ete by my huis genooi. Dit was heerlik. Ek moes die volgende dag ’n promosiedag vir ’n fliek bywoon. Dit was ’n lang dag! (lag). Ek het nog nie my geskenke oopgemaak nie. Die ete was eergisteraand en sedertdien werk ek nog volstoom. Ek hou daarvan om alles self oop te maak en dankiebriefies vir almal te skryf. Jy het seker interessante gaste gehad, maar as jy enige vier mense na jou partytjie kon nooi, wie sou dit wees?
Margaret uit Hollywood Hoflik, intelligent, sjarmant – en glad nie sleg op die oog nie. George Clooney is dié koning onder die sterre. Regisseur, Oscar-wenner, filantroop. Dit voel asof ek my vreeslik bederf wanneer ek tyd saam met hom deurbring, maar sonder enige newe-effekte. Hy voer intelligente gesprekke oor enige kwessie en gebruik humor om onderwerpe waaroor hy nie wil praat nie, vry te spring. Vir ’n man wat met ’n eindelose string beeldskone langbeenmodelle en -aktrises uitgegaan het, het hy die perfekte vrou gekies. Amal Alamuddin is intelligent en suksesvol uit eie reg. En sy het styl. Hoewel George in onderhoude nie graag oor sy persoonlike lewe praat nie, blink sy oë wanneer hy vertel hoe oulik sy vrou is. Volg Margaret op facebook MargaretGardiner/1450911831860524.
26 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Ek sal by Amerika hou sodat ons dieselfde taal praat. Ek sou graag wou hoor wat Jefferson oor die grondwet te sê het. Ek sou nie vir George Washington nooi nie, want hy sou al die kos opeet (lag). Nikola Tesla, die Serwiese uitvinder was baie interessant. Hy het vir Thomas Edison gewerk en hulle het ’n paar keer koppe gestamp. Ek het gehoor Albert Einstein was pret op partytjies. Miskien sou hy ná ’n paar glasies kon sê wat die relatiwiteitsteorie nou eintlik beteken (lag). As jy ’n tydmasjien gehad het, waarheen sou jy gaan?
Kan ek terugkom? Daar is plekke en tye waarheen ek graag sou wou gaan, maar ek wil asseblief terugkom na my eie tyd toe, want ek wil nie aan polio doodgaan nie (lag). Ek sal enige iets gee om in 1960 by president Kennedy se inlywing te kon wees. Dit moes ongelooflik gewees het om daardie toespraak te hoor: “Ask not what your country can do for you ... ” Ek sal ook nie omgee om in die toekoms te kan ingaan om te sien wat gebeur nie. Maar as dinge nie sou uitwerk nie, wil ek terugkom (lag).
HOOFFOTO GALLO IMAGES / GETTY IMAGES; VERWERK EN VERTAAL DEUR HANNELIE DIEDERICKS
Wat was die beste geskenk wat jy gekry het?
‘Dink net - ons twee saam op ’n motorfiets in die Franse Alpe. Ek sal nie omgee om nou daar te wees nie’
NÁ ’N STRING BEELDSKONE LANGBEENMODELLE EN -AKTRISES AAN GEORGE CLOONEY SE SY, HET HY UITEINDELIK DIE PERFEKTE MAAT GEKIES.
EV ro KO Ro SOK Oi RL rOoIs BU e LSA IED F
DIE HUBAARSTE ALLEENLOPER IN HOLLYWOOD Voor Amal het George altyd ’n beeldskone vrou aan sy sy gehad. Hy het verhoudings gehad met: aktrise Kelly Preston (wat nou met John Travolta getroud is) 1987 – 1989. aktrise Talia Balsam. Hulle was van 1989 – 1993 getroud aktrise Ginger Lynn Allen Franse realiteitsprogram-persoonlikheid Céline Balitran (1996 - 1999) die Britse model Lisa Snowdon (2000) aktrise Renée Zellweger (2001) aktrise Krista Ellen (2002 – 2008) realiteitsprogram-persoonlikheid Sarah Larson (2008 – 2009) Italiaanse aktrise Elisabetta Canalis (2009 – 2011). WWE-stoeier Stacy Keibler (2011 – 2013) hy en Amal Alamuddin het op 28 April 2014 verloof geraak
Ek het geen idee nie. Ons is onlangs getroud. Gee ons net ’n kans (lag). Ek maak baie grappe oor die politiek. Daar is kort-kort ’n storie dat ek as goewerneur wil staan. Dis glo hoekom ek met iemand getrou het wie se van met Ala begin. Dis goed vir die politieke spektrum (lag). Baie van my vriende is politici en ek het baie respek vir hulle, maar ek sien nie kans vir hul lewe nie. Ek dink dis moeilik. Ek hoef nie in my werkswêreld kompromieë aan te gaan nie. BO: GEORGE As ek vir ’n kwessie wil veg, kan ek dit doen EN AMAL NÁ HUL TROUE IN sonder om bekommerd te wees om ’n ou vies VENESIË. Noudat jy getroud is met iemand wat uit die Midde-Ooste te maak wat ’n halfmiljoen dollar vir my veldtog kom, het jou persepsie van daardie wêrelddeel verander? geskenk het. Ek het geen van daardie beperkings Ek verstaan maar min. Dis vir seker ingewikkelder as tevore. Die nie. Ek dink ek kan baie doeltreffender wees deur nie ’n politikus idee dat jou bondgenote vriende met jou vyand is, is verwarrend. te word nie. Dis moeilik om dinge in die regering gedoen te kry, Ek dink almal sukkel op die oomblik. Dis ’n moeilike tyd. Ek is dit maak nie saak aan wie se kant jy is nie. Ek dink ek en politiek altyd hoopvol dat alles sal uitwerk, maar dit sal ’n ruk duur. So werk beter as afsonderlike entiteite. baie dinge gebeur tegelykertyd. Ek en Amal gesels amper elke dag Eet julle gereeld Libanese kos? My vrou bespreek tafels. My skoonma bespreek tafels (lag). Vir hieroor. Sirië is altyd op my radar. Dis hartverskeurend wat daar my verjaardag het ons alles geëet wat sleg is vir ’n mens - dinge aangaan. Ek verstaan wel die Libanese kultuur beter. Almal daag by partytjies op! Ons moes ná die troue ’n tweede partytjie net vir soos steak en cake – alles met ’n ache. Hou jy van kos maak? die Libanese familie hou. Daar is honderde van hulle. Nou het ek Ja, onthou, ek het lank alleen gewoon, ek weet hoe om kos te ’n reuse-familie. Wat sien jy in die toekoms vir jou en Amal? maak. Omdat ek lank in Italië gebly het, kan ek goeie pasta maak Daar is plekke in die wêreld wat ek graag saam met haar sal wil – verskillende soorte. Ek is ook goed met ontbyt en ’n Thankssien. Ons doelwit is om saam te reis, nie vir werk nie, maar omdat giving-ete. ons saam daar wil wees. Dink net - ons twee saam op ’n motorfiets Julle is ’n stylvolle paartjie. Het jou kleresmaak ná die troue verander? Wie betaal vir Amal se rokke? in die Franse Alpe. Ek sal nie omgee om nou daar te wees nie. Sien jy kinders in jul toekoms? Amal betaal vir haar eie klere. Soms stuur mense vir haar rokke, 28 rooi rose
SEPTEMBER 2015
FOTO GALLO IMAGES / GETTY IMAGES
Sal jy ooit ’n politikus word?
WAT LAAT VRUGTESAP SOOS REGTE VRUGTE PROE? Vrugteselle is die natuurlike sitrusvesels in vrugte wat dit daardie heerlike smaak gee.
Hoe voel jy oor sterk vroue?
Vyf vroue bestuur my maatskappy. Maar ongelukkig behoort seksisme nie tot die verlede nie. Ek glo nie daarin nie, maar dis steeds oral te sien. Ek is bly om te sien dat flieks meer op vroulike karakters fokus. Ek glo die meeste groot rolprente word deur mans bestuur omdat mans die groot Hollywood-ateljees bestuur. Dis iets waaraan aandag gegee moet word. Ek dink dis interessant dat die enigste mens wat met die Sony-skandaal deurgeloop het, ’n vrou was. Ek dink dis goed om oor die kwessie te praat en dat ons in die regte rigting beweeg.
steeds werk aan die goed wat vir haar belangrik is. Sy werk by die internasionale appèlhof aan die Armeense volksmoord, dis ’n ingewikkelde gesprek. En nou word sulke kwessies deur Entertainment Tonight gedek (lag)! Dis nie iets waarna sy streef nie. Sy doen net haar werk. Maar die bykomende blootstelling is nie noodwendig sleg nie. Tot dusver verskil ons nie oor baie dinge nie. Ons sal sien hoe dit gaan. Hoekom dink jy is jy so gewild?
Ek weet nie. Ek dink dis my vrou wat gewild is (lag). Ons het onlangs by die Carlyle gebly en baie mense het buite die hotel saamgedrom. Mick Jagger het ook daar gebly, toe wag ons vir hom om uit gaan sodat ons ongesiens agter hom kon uitsluip. Maar hulle het Amal dadelik gesien. Ek het al vir haar gesê sy moet minder stylvol aantrek, dan sal hulle dalk minder aandag aan ons gee (lag).
‘Daar is geen kwessie nie, my vrou is beslis slimmer as ek. Dis ’n goeie idee om jou te omring met mense wat slimmer as jy is’
Hoekom het jy vyf vroue in jou maatskappy aangestel?
Hulle was die regte mense vir die werk. Ek het nie daarop gefokus om vroue aan te stel nie. Ek wou net die beste mense aanstel. As jy meestal mans in jou kantoor het, beteken dit net jy het nie hard genoeg gesoek nie. Intimideer dit jou dat jou vrou dalk slimmer as jy is?
Sy is. Al wanneer ek ’n intellektuele geveg met haar sal wen, is as ons daaroor sal armdruk. Daar is geen twyfel nie, my vrou is slimmer as ek. Ek is baie bly daaroor. Dis ’n goeie idee om jou te omring met mense wat slimmer as jy is - en die standaard is redelik laag wat my betref (lag). Wat vir my fantasties is, is dat sy
MEER OOR AMAL • Amal Ramzi Clooney (Alamuddin) is op 3 Februarie 1978 in Beiroet, Libanon gebore. • Die Alamuddingesin het in die Libanese burgeroorlog na Londen verhuis. Amal was toe twee jaar oud. • Sy praat vlot Arabies, Engels en Frans. 30 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Het Amal vrede gemaak met haar nuwe status as ’n glanspersoon?
Ek dink nie sy beskou haarself as ’n glanspersoon nie. Dis net deel van die pakket om met my getroud te wees. Ek glo dis nie vir haar maklik om op straat deur mense oorval te word nie. Sy gee nou klas by Columbia en ek dink dis moeilik om oop gesprekke te voer en oor ingewikkelde regskwessies te argumenteer - dit kan in die openbare domein maklik verkeerd geïnterpreteer word. Sy kry dit wel reg dat al die aandag nie haar werk beïnvloed nie. Sy werk hard daaraan. Haar werk hou ernstige gevolge vir mense in, gevolge soos lewe en dood. As mense vir haar onsinnige vrae vra, kan sy dit hanteer, want dis niks in vergelyking met foute wat sy kan maak wat mense se lewe raak nie. Ek dink sy is goed voorbereid om die druk daarvan te hanteer. rr
Amal is deesdae ook bekend vir haar unieke en treffende klerestyl.
Sy is ’n advokaat by die Doughty Street Chambers in Londen en spesialiseer in menseregte, internasionale reg en kriminele reg. Julian Assange, (onder) die stigter van Wikileaks, is een van haar kliënte.
Sy het ’n suster, Tala, en twee halfbroers, Samer en Ziad. Hier is sy saam met Samer en sy vrou.
George en Amal is op 27 September 2014 in Venesië getroud.
FOTO’S GALLO IMAGES / GETTY IMAGES; INPRA / REX FEATURES; DOLLAR PHOTO CLUB / IAKOV KALININ
EV ro KO Ro SOK Oi RL rOoIs BU e LSA IED F
want hulle wil hê sy moet daarin gesien word. Amal het nog altyd styl en het ook nie ’n stilis nie. Soms sal sy effens verward lyk oor my keuses en vra of ek al weer daardie tequila-T-hemp gaan aantrek en my aansê om ’n beter hemp aan te trek voor ek uitgaan. En sy is gewoonlik reg (lag).
r M ooi E ro N s SE e
Almal word groot. Sommige doen dit net mooier, stylvoller en geesdriftiger as ander. Karen Zoid is een van hulle Deur RONEL NEL. Foto deur MORNÉ VAN ZYL
ZOID ROCK Om gemaklik in jou eie vel te leef is vir seker ’n persoonlike versugting vir elkeen van ons. Vir gewone, onbekende siele soos ons is dit ongetwyfeld makliker as vir iemand wat deurentyd in die kollig, op die verhoog, voor gehore, op televisie, radio en op iPods is. Karen Zoid het, op haar eie en eiesinnige manier, terug in haar vel geklim. En dit is ’n lieflike gebeurtenis om te aanskou. Om eerlik, geloofbaar en egoloos in die vermaaklikheidsbedryf te blom, is byna ongekend. Wat is haar geheim? En hoe het sy dit reggekry? ’n Deel van die resep is familie. Geloof. Balans. Sekerheid sonder skroom. Ons het haar ’n bietjie gepols.
aren Zoid was nog altyd ’n enigma. Sy’t haar in haar swart Voortrekkergewaad aan ons bekend gestel – rok, kappie en al – op maat van die rock-weergawe van die ou FAK-liedjie, “Afrikaners is plesierig”. Die lirieke is net ’n bietjie aangepas, om die minste te sê. Voor ’n geskokte, onthutste en histeries-opgewonde skare by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Dit is byna 15 jaar gelede al. En sy was destyds maar ’n brose 21 jaar oud. Trouens, haar impak op die psige van die (Suid-) Afrikaanse jeug was destyds so groot dat daar na hulle in die media verwys is as die “Zoid-generasie”. Sy het die onmoontlike reggekry: Om die Afrikaanse sowel as die Engelse mark met eweveel sukses te oorrompel. Intussen het sy al wat ’n grens is, verskuif. Haar gedrewenheid, energie en spontaniteit tref ’n aar wat skaars op ons musiekhorisonne is. En haar lirieke is eweneens roerend en rasend. Daar is ’n emosionele vorteks wat haar aanhou stu, en dié emosies word in die woorde van haar songs herhaal. 32 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Sy was al op die verhoog saam met internasionale reuse soos John Mayer, Seal, Annie Lennox, Metallica, Simple Plan, Hothouse Flowers en UB40. Daar was ook optredes by presidente Mbeki en Zuma se inhuldigings. En die groot Madiba-konsert in 2005. Sy’s ons grootste (lees “suksesvolste”) rock chick. Sy het sommer nou die dag tussen alles deur nóg ’n nuwe CD bekend gestel: Drown out the Noise, haar eerste Engelse album in sewe jaar – en binne ’n dag was dit die top-album op iTunes Suid-Afrika. Haar ou vriend, mede-musikant en vertroueling, Theo Crous, het soos gewoonlik die produksiewerk gedoen. Voor Noise was daar nege albums. Sy skryf van die hardste, kwaadste en eerlikste rock tunes wat jy seker in Afrikaans sal hoor. Tussendeur raas sy oor die geraas om ons. Drown out the Noise is juis ’n album wat die dualiteit van ons moderne lewe aanraak. “Die album lewer kommentaar op wat ek noem die ‘destructive seduction’ van die oormaat inligting waarmee ons in die moderne lewe te make het. “Dis moeilike tye - maar dit beteken nie ons moet heeltemal onttrek om ’N PEINSENDE KAREN IN DIE te oorleef nie! Ons ATELJEE TYDENS moet op ’n manier DIE FOTOSESSIE VIR HAAR JONGSTE weer by onsself ALBUM, DROWN OUT THE NOISE. uitkom. Ons moet as ’t ware in ons eie velle terugklim. “Ek beleef dit ook. Ek het
STILERING NAOMI SMIT; KLERE STUTTAFORDS
‘Ek het agtergekom jy moet eers stil word sodat jou insig jou optrede kan bepaal …’
SEPTEMBER 2015
rooi rose 33
‘Om voor ’n gehoor op die verhoog te wees? Dis die tyd! Dis wanneer ek voel ek leef. Dis wat ek liefhet’ “Ouerskap verander ’n mens se hele uitkyk op die lewe. Jy is is nie meer die fokuspunt nie. En jou keuses word uiteindelik hoofsaaklik deur daardie bril gesien en gemaak.” Met ’n loopbaan wat oor meer as ’n dekade strek, het sy al verskeie akkolades ingesamel. Benewens die feit dat al haar albums goue (verkoop)status bereik het, het sy Samas gewen, harte verower en kan sy eenvoudig nie van ’n verhoogvertoning wegbly nie. “Toe ek nog in die destydse vroue punk-band gespeel het, of op die strate vir sente ge-busk het, of wanneer ek nou voor ’n groot gehoor op ’n verhoog klim en ek tel die kitaar op … die gevoel bly dieselfde. Om plate te maak, die onderhoude, die video’s … dis werk. “Om voor ’n gehoor op die verhoog te wees? Dis die tyd! Dis wanneer ek voel ek leef. Dis wat ek liefhet. ” Sy skryf poetry en maak pret. “Dit maak nie regtig saak nie,” kom by jou op. Sy lag vir ons, sy lag vir die lewe. En sy lag vir haarself. En nou het sy haar eie televisie-kletsprogram, Die Republiek van Zoid-Afrika. ’n Program wat in sy eerste seisoen verlede 34 rooi rose
SEPTEMBER 2015
FOTO VERSKAF
ro M oi E ro N s SE e agtergekom jy moet eers stil word sodat jou insig jou optrede kan bepaal … En van daar af moet jy die lewe heelhartig aanpak, maar op jou eie voorwaardes. En behoeftes.” Dis juis daarom dat sy ook van die sagste, roerendste ballades kan skryf – dink aan “Engel” en “Die Meisie wat haar Potlood kou”. Karen is in 1978 in België (Brussels) gebore – haar pa was ’n diplomaat. Sedertdien het sy tot in 2010 in Johannesburg gewoon en gewerk tot sy net ná die geboorte van haar seun, Ben Francis, Stellenbosch toe getrek het.
jaar só gewild was dat kykNET besluit het om nog ’n reeks te vervaardig – en wie weet, dalk nóg een … Trouens, Karen is tans so besig dat dit byna onmoontlik is om by haar uit te kom, selfs net vir ’n halfuur lange vrae-sessie. “Dit beteken dit gaan goed, nie so nie?” Werksgewys was sy lank laas, indien ooit, so besig. Facebook-foto’s van haar ateljeesessies saam met al wat ’n groot naam in die Suid-Afrikaanse bedryf is, wys hoe maklik en gemaklik sy met die grotes op haar program omgaan en hulle met haar kenmerkende, ontPRESIDENT ZOID OP HAAR STUKKE OP wapenende selfvertroue sover kry om DIE STEL VAN HAAR ontspanne te gesels, hulself te wees en TV-PROGRAM, DIE REPUBLIEK VAN ’n ander eerliker, oper kant te wys as wat ZOID AFRIKA. jy gewoonlik sien. Samewerkings met ander musikante is ook deesdae deel van haar palet. Sy en Francois van Coke – van F*fpolisiekar-faam – se onlangse duet, “Toe Vind Ek Jou”, het al digby ’n miljoen-trefslae op YouTube gekry, ’n eerste vir ’n Afrikaanse rock-ballade. Sy’t ’n spanspeler geword. Die televisieprogram, die musikale samewerkings, haar huislike lewe - alles gebeur deesdae in spanverband. “Dit is die gemak wat saam met die ‘in-jou-eie-vel-leef-benadering’ kom – jy hoef jouself nie meer te bewys nie. Wat nie beteken dat jy minder hard werk of minder gee nie, inteendeel. Dit is net dat jy jou eie tyd moet koester, soms moet wegkom, van ’n afstand af na goed moet kyk om perspektief te kry. En dit sluit noodwendig die ander mense in - by jou, om jou, in jou ‘span’.” Sy beskerm steeds haar persoonlike lewe met mening, en jy kan dit verstaan, want dis haar grootste prioriteit om haar seun, wat sy ’n “ou siel” noem, teen oornuuskierige en indringerige aandag te beskerm, “Om in die openbare oog te wees, is deel van my werk. Wat by my huis aangaan, is nie. Dis mos eenvoudig.” Die geheim is, weer eens, balans. “My lewe is tans hectic. Iewers tussen die woeste rondshol van verhoog na verhoog, opnameateljee na optrede, albums maak en media-onderhoude toestaan, is daar ’n hawe van rus en vrede. En by daardie hawe moet jy gereeld uitkom, daar waar dit net jy en joune, jou mense, jou gedagtes is.” Die “President van Zoid-Afrika”, het eintlik niks meer om te bewys nie. Die eertydse straat-busker van Johannesburg is nou ’n hoogs suksesvolle televisiepersoonlikheid, sy is op die kruin van haar musikale loopbaan en sy is ’n diepdenkende, toegewyde ma. Sy hoef haarself nie meer te verduidelik nie. Trouens, sy gee ander mense nou die kans om hulself – via haar program en ander samewerkingsprojekte – te verduidelik, te bewys. Karen Zoid het tuisgekom. Sy leef nou gemaklik in haar eie vel. rr
NUUT
T 173 T031 1731 17 7311006A 6A
Die salon-gehalte formule versterk die hare se natuurlike beskermingslagie vir gesonde hare wat stilering kan hanteer. TRESEMME.CO.ZA
* Wanneer die sjampoe en opknapper as ’n stelsel gebruik word teenoor nie-opknappende sjampoe.
F E E L
S A L O N
G O R G E O U S
E V E R Y
D A Y
r M ooi E ro N s SE e
NEIL SE ALLEENPAD STOFPAD Neil Sandilands het die afgelope vyf jaar ’n nuwe paadjie as akteur en regisseur in Amerika uitgekerf. Hy vertel hoe hy as akteur sedert ‘Meester’ in 1989 tot nou die pad gestap het
eil Sandilands het op sy veertigste verjaarsdag deur die strate van die French Quarter in New Orleans gestap. Dr. John het pas die New Orleansjazzfees afgesluit. “Ek het nooit gedink ek sou daardie paadjie verby Lake Pontchartrain na New Orleans ry nie; verby die massas water, die Atchafalaya-kom, die moerasse waar krokodille, alligators, derduisende oorgrootinsekte, slange en die beroemde Louisiana crawfish woon.” Hy kon in die strate stap waar groot geeste soos Tom Waits gebly het. Skrywer Charles Bukowski se inskrywing, “Hank was here”, is op ’n sementsypaadjie in die Bywater-buurt. “Sedert ek voet aan wal gesit het en met my eie ‘Manifest Destiny’ begin het, moes ek letterlik van voor af begin,” vertel hy. Dit gaan nou goed met sy loopbaan in Amerika. Hy het verlede jaar onder meer ’n Clio-toekenning as regisseur gekry vir ’n stuk oor
die Amerikaanse “Bladerunner”, Blake Leeper (Amerika se Oscar Pistorius). Clio is ’n lid van Billboard en vereer uitnemendheid in musiekbemarking en advertensies. Vanjaar was hy besig voor die kameras. Hy is dankbaar sy agente Abrams Artists Agency glo in wat hy doen. “Ek het as akteur rolle gehad in House MD, Michael Mann se Blackhat en vroeër vanjaar was ek ’n terugkerende gasspeler in FX-kanaal se The Americans. Ek was ook een van die gereelde akteurs in Sundance TV se vlagskipreeks vir 2016, Hap & Leonard. Die reeks is gegrond op die novelle Savage Season deur Joe R. Lansdale. Ek is ook bespreek vir ’n prominente rol as gasspeler wat telkens na die reeks gaan terugkeer in The 100’s, ’n reeks deur Warner Brothers. Ek werk ook agter die skerms as regisseur en redigeerder.” Hy huiwer om sy daaglikse roetine te beskryf uit vrees dat dit rooskleuriger kan klink as wat dit eintlik is. “Dis ’n helse ding om van voor af te begin en ’n paar kerwe in die kettie se mik te maak. Dis ’n alleenpad, stofpad, rofpad. Die aande wat omtik wyl jy na jou groottoon staar. Tweedens is die gemis geweldig en die besorgdheid oor my moederland intens en groot. En tussenin die naar gevoel dat ek nie geregtig is om menings te huldig nie, aangesien ek elders vertoef. Die diaspora is ’n werklike ding en ek is iewers in die Atlantiese Oseaan. Albert Camus se Vreemdeling. In Amerika werk hy steeds voor en agter die kamera. “Ek het besluit ek moet maar dieselfde benadering daar volg. Die eerste stap was om verteenwoordiging te kry. Nee, ek lieg, die
‘Dis ’n helse ding om van voor af te begin en ’n paar kerwe in die kettie se mik te maak’
36 rooi rose
SEPTEMBER 2015
FOTO-KOPIEREG: NEIL SANDILANDS
Deur MARTIE SWANEPOEL. Foto’s deur DORIAN CASTER
eerste stap was om ’n kar en GPS te kry. Jy kan jou rieme hier styfloop. Black Betty is ’n 900S Saab, 1997-model. Sy ken van. Dis vreemd, maar ’n mens aanvaar basiese dinge so maklik as vanselfsprekend. As jy in ’n heel ander land en kultuur gaan leef, moet jy hierdie basiese dinge van voor af onderhandel: ’n bankrekening, telefoon, blyplek, toiletpapier.” Sy liefde vir Amerika kom al van skooldae af. Hy was die eerste keer in Amerika toe hy in standerd agt was. Hy was tien dae in New York en het Eko-Boffins, ’n opvoedkundige reeks vir M-Net se kinderkanaal, aangebied. “Ek was ook ná skool ’n jaar lank ’n uitruilstudent in Kalifornië. Ná my B.A.-graad by RAU het ek in 1997 vir ses maande, onder meer, in die VSA rugby gespeel. Dit het tien jaar geneem voor ek weer na Amerika sou kom, dié keer om ’n groen kaart te aanvaar. Sedertdien het ek seker meer as tien keer heen-en-weer gevlieg. Ek het aktief probeer om my betrekkinge in SuidAfrika lewend te hou wyl ek stelselmatig probeer om ’n voetval in Los Angeles te vind. Partykeer het ek net tien dae vertoef om die verpligtinge van ’n groen kaart na te kom. Sedert 2011 het ek vir langer tydperke hier gebly. Verlede Augustus het ek vir die eerste keer aan Los Angeles as ’n meer permanente woning begin dink.” Hy woon in die buurt Eagle Rock. Dis so half weggesteek en eintlik ’n juweeltjie neffens Los Angeles. “Dis ’n ouer, meer gevestigde buurt, met heuwels en NEIL SÊ DIS NIE SO MAKLIK OM JOU IN ’N ANDER LAND groot bome, waar TE VESTIG NIE. HY HET MAAR kinders voetbal ONLANGS EERS AAN LOS ANGELES AS ’N PERMANENTE in die straat WONING BEGIN DINK. speel en ’n DIY mechanic nog oor die enjin van sy kar timmer.” Dit lyk alles behalwe na wat jy op die poskaarte van Los SEPTEMBER 2015
rooi rose 37
ro M oi E ro N s SE e Angeles sou verwag, sê hy. “Daar is wandelpaaie binne trefafstand, eekhorings, buidelrotte, en ek het ’n Mexikaanse suurlemoenboom, ’n vyeboom en ’n lemoenboom in die tuin. Kalifornië beleef ’n ongekende droogte. Ek herwin ook – daar’s drie groot vullisblikke op die sypaadjie wat elke Dinsdag verwyder word.” Hy hou van visvang en om die groente wat hy geplant het, te sien opkom. “Ek sou graag iewers, miskien in Patagonië, so ’n paar akkers langs ’n rivier wil hê waar ek min of meer van die grid af kan leef. Miskien ’n paar hoenders, bokke, heuning en ingelegde vye.” Hy is obsessief oor sy werk, erken hy. “Dis bitterlik min wat ek reken ‘sjoe, dis nou lekker’, want ek probeer elke atoom daarvan inkleur. Dit hou my wakker en knaag my derms, en selfs wanneer die stof gaan lê het, dink jy jy kon dit beter doen. Daar’s altyd ’n apie op my rug wat fluister: ‘Jy het geen clue wat jy doen nie, hulle gaan jou uitvang!’” Hy voeg darem by dat hy geseën voel as hy elke dan en wan ’n reeks kan doen soos Hap & Leonard, of destyds toe hy en Albert Maritz Orion in baie moeilike omstandighede gemaak het. “Dis nie asof dit hel is nie, ek meen, ek kon moontlik iewers in ’n cubicle telefonies Tibetan pot belly pigs aan niksvermoedende verbruikers verkoop het. Ek dink net nie daaraan as rocket science nie, nog minder as daai Hollywood-ding.”
H
y is vanjaar al 26 jaar lank in die bedryf. “My trajek begin in 1989 met Annie Basson se Meester. Daarna volg reekse, teaterstukke en prente soos Konings, Carpe Diem, Soutmansland. Ek het die permanente spelerskorps van 7de Laan in 2000 gejoin, en tereg, dis waarskynlik die grootse openbare marquee vir wie ek ooit gespeel het tot ek internasionaal begin werk het.” Hy het Bart tien jaar gelede gegroet. 7de Laan was goed vir hom en hy hoop dat hy ook goed was vir die Laan. Tog is daar mense wat hom nog as Bart sien. “Dit was vir my belangrik, en ook moontlik goed, dat ek weer in anonimiteit kon leef. Ek sal graag vir mense wat wel geraak is deur Bart, of onthou, of positiewe sentiment het, dankie wou sê. Ek het dit nooit verwag nie. Die wonderlikste ding wat ‘roem’ my gebring het, was om ’n jong kankerlyer wat Bart baie graag wou ontmoet, te kon verras. Ek het die naweek afgevlieg, die grootste teddiebeer gekoop en tyd by hom in die hospitaal deurgebring. Hy was so dapper. Jacques is die Sondag, terwyl ek op my terugvlug op die lughawe gewag het, oorlede. As sulke dinge gebeur, waardeer jy die pad wat vir jou bepaal is en word jy nederig.” Het hy insigte op sy pad verwerf ?
38 rooi rose
SEPTEMBER 2015
“Ek dink ek het dit op ’n manier reggekry om vir myself ruimte te skep waarbinne ek twee goeters intens kan ondersoek: my moraliteit en my mortaliteit. Ek het nie antwoorde op een van die twee nie. Dis ’n soort voltydse projek en miskien sal ek meer weet wanneer ek die laaste asem blaas. Intussen hou ek van my selfsiening dat ek ’n survivor is. ’n Kakkerlak of sorts.” Hy weet nie wanneer ons hom weer in Suid-Afrika voor die kamera sal sien nie. Hy het verlede jaar in Die Ballade van Robbie de Wee gespeel en het ook die regie van die “EK DINK EK HET DIT OP ’N MANIER REGGEKRY enkeldrama Fluit-Fluit OM VIR MYSELF RUIMTE behartig. TE SKEP WAARBINNE EK TWEE GOETERS INTENS “Ek sal uiteraard baie graag KAN ONDERSOEK: MY weer hier wil werk, in MORALITEIT EN MY MORTALITEIT.” Afrikaans spesifiek, want dis die idioom waarin ek droom, dis hoe ek die wêreld tegemoetgaan. As onafhanklike regisseurs soos Darrell Roodt, Gerrit Schoonhoven, Sallas de Jager, Andre Odendaal, Albert Maritz, of wie ook al, dit goed dink en die teks sterk is, is ek in. Die stand van sake by die SABC is sekerlik vir ons almal ’n kopseer. Toe ek in 1989 die eerste keer daar ingestap het, was dit ’n goed geoliede masjien, maar ons was ook toe die bad guys. Of ek weer vir kykNET sal werk, moet jy maar vir die ringkoppe vra.” Hy probeer gereeld terugkom Suid-Afrika toe, want hy mis sy familie. Sy ma, Vicky, en sus Rae-Dawn en haar lewensmaat, Elizly, is baie na aan hom. En ja, daar is “’n baie spesiale southern belle. Sy het ’n tomahawk. Ek is besig om vir haar Afrikaans te leer en haar gunstelingwoord is ‘Donderdag’.” Verder wil hy nie uitgevra word nie. Hy weet nie of daar kwansuis meer moontlikhede in Amerika is nie. Hy het ’n agtergrond in politieke studies en hy hou daarvan om ’n gemeenskap te evalueer ingevolge sosiale kontrak. “Daar’s heelwat anti-Amerikaanse diskoers, maar op daardie baie basiese vlak van sosiale kontrak, moet ek die Yanks komplimenteer – dit werk. En ek is baie vies dat die verjaardaggeskenk wat ek meer as drie maande gelede vir my sussie gepos het nog nie by haar uitgekom het nie. Ek wil nie kontrasterende voorbeelde gebruik nie, want dis nie regverdig nie, maar indien ek wel terugkom Suid-Afrika toe, sal dit wees omdat my siel my gedwing het. Intussen weet ek en my siel wat ons weet, en ons wil nog so ’n paar goeters sien. “Ek hoop ek kan op die pad vorentoe leer om so ’n tikkie harmonie en so ’n tikkie waardigheid te kweek. “Party goeters hou op met groei en ander, soos neushare, naels en ore, lyk my hou nooit op groei nie. Jip, ek het pas veertig geword, maar ek moet bieg, ek voel steeds soos die laaitie wat vroegoggend in Randfontein se strate koerante afgelewer het. Ek was uitbundig, on-top-of-the-world, wyl ek, wyl die res nog slaap, my BMX teen topspoed die teer laat trap het. Ek’s steeds ’n bietjie kinderagtig.” Innerlike vrede is vir hom ’n groot begrip, maar hy dink nie hy is al daar nie, al weet hy hy sal aangaan solank hy kan. “Daar’s oomblikke wanneer jy moet stilstaan, asemhaal, die dinge om jou beskou en weet jy’s gelukkig. Maar dan moet jy daardie gedagte weggooi en die volgende tree gee.” rr
r M ooi E ro N s SE e
Trouringe vir sterk vroue Mense wat ’n dekade of langer alleenlopers was, is dikwels kanselsku. Dié drie vroue het die moed gehad om die knoop ’n tweede keer deur te hak
oe haar predikantman, Piet van Vuuren, in ’n kanoongeluk omkom, was Hantie 33. Sy het hul kinders van ses, vyf en twee alleen grootgemaak en is eers op 45 weer getroud.
Hantie Londt
“Om vroeg in die dertig skielik alleen te wees, is moeilik. Enersyds was ek op die piek van volwassenheid en vol energie. Andersyds was my lewenservaring nog beperk. Ek was met ’n gebalanseerde, geestelik volwasse man getroud - ek kon my kwalik ’n ongelukkige huwelik voorstel. Daarby was ons ervaring op die platteland een van geborgenheid. “Ek moes besluit waarheen ek en die kinders moes gaan. Die logiese keuse was Bloemfontein waar my ouers en een suster gewoon het. My ma was ’n dinamiese, praktiese mens wat 40 rooi rose
SEPTEMBER 2015
my simpatiek behandel maar nooit gepamperlang het nie. “Al was ek nog lam van skok, moes ek vir ons ’n nuwe lewe oopkap. Ek is ’n grafiese kunstenaar en het aanvanklik vryskutwerk gedoen, maar later ’n pos by die universiteit gekry. “Hierdie softie het dag en nag gewerk en tussendeur ’n onderwysdiploma gedoen. As ek terugkyk, voel dit soos die fliek I Don’t Know How She Does It. Die kinders het geweet die ekstra werk is nodig om af en toe vakansie te gaan hou. As ek voor ’n tekening aan die slaap geraak het, het hulle my geterg en my klassieke musiek deur boy bands vervang. “Ek het wonderlike bure gehad wat my by hul vriendekring betrek het. Ons het onder meer staproetes aangepak. Die sosiale omgang en my werk het my gesond gehou. “Wanneer een ouer al die besluite oor die kinders neem, is daar natuurlik minder konflik. Maar jy ontwikkel ook makliker tonnelvisie en dan is ’n ander perspektief goud werd. My kinders wás soms stout. Toe ek ’n keer by my buurman oor ’n voorval kla, sê hy: ‘Man, minstens BRIAN EN lewe die kind en is sy HANTIE LONDT. nie gevrek nie!’ “Tog wonder jy gedurig: Kry die kinders wat
FOTO SAREL GREYLING
Deur MARIETTE SNYMAN
hulle nodig het? Lyk hulle gelukkig? Lag hulle? “Toe ek ná ’n paar jaar weer met mans begin uitgaan, het ek gespot dat min dinge romanse doeltreffender blus as ’n vrou met drie kindertjies met snotneusies. Behalwe natuurlik ’n man wat op die eerste afspraak al wil weet of jou huis en motor afbetaal is! “Ek het besef dis nie sinvol Jenny van Johannesburg is om my nuwe mansvriende met in 2014 weer getroud nadat my oorlede man te vergelyk sy as enkelma die pot 13 jaar nie. Elkeen is uniek. Aan die lank aan die kook gehou het. ander kant het ek in die paar “Ek het nie ’n tweede huwelik verwag nie. Dit was die verhoudings wat ek gehad het, grootste verrassing.” soms onnodig dinge oorgesien. “Ek kon gou weer getrou het maar ek wou nie oorhaastig wees nie. Ek het JENNY EN JURGEN my gelukkig gehou deur VAN DER WALT. my omgang met Jenny het haar eerste man op 18 vriende en familie, dit ontmoet. “Ons het vyf jaar l wat ek lees, die plekke uitgegaan en was elf jaar wat ek besoek, of ’n kuiertjie by getroud. Toe ons seun en dogter ’n ouer mens. En net toe ek met onderskeidelik tien en vyf was, kon ek hulle nie langer aan my man alleenwees vrede begin maak, ontmoet ek vir Brian met die se drank- en dwelmmisbruik blootstel nie. Ons is geskei, en in die vrye gees. proses het hy sy werk bedank. Ons huis was in my naam “Ek en die kinders het in ’n vriend se strandhuis gaan vakansie geregistreer en omdat ek dit nie alleen kon bekostig nie, moes ek hou. Hy het die feit verswyg dat sy pas geskeide vriend van Kaapen die kinders ’n ruk by my ouers woon. Hy het nooit weer met die stad al ’n ruk lank in die huis woon. Daar kom ek toe af op die kinders kontak gemaak nie – nie eens één oproep nie – en geen Engelsman met die lelike plakkies en ek skarrel om vir hom ook ’n finansiële steun gegee nie. stukkie vleis vir aandete te kry. Hy het seker gesien dit gaan maar “Ek het iemand ontmoet en ons het sewe jaar lank saamgewoon. knap by die weduwee, want hy gaan kry toe roomys en fetakaas en waatlemoen en allerlei luukses wat ’n enkelma nooit koop nie. Ons Ongelukkig het hy ook ’n drankprobleem gehad. Weer het ek gekies om my kinders alleen groot te maak eerder as om hulle aan het heerlik gekuier en gelag en gebraai. emosionele mishandeling bloot te stel. “Wanneer Brian daarna sake in Bloemfontein moes doen, het ek “Ek het as kantoorbestuurder by die tydskrif Your Family begin en hy gaan koffie drink. Een aand is ons twee uur ná toemaaktyd werk en die handwerkafdeling op vryskutbasis behartig. Finansieel gevra om te loop. Mettertyd het ek besef ons is ’n bietjie meer as het dit bars gegaan - daar was nie geld vir mooi klere of vakansies goeie vriende. “Vier jaar ná ons ontmoeting het ek vir Brian gesê dis skrikkeljaar nie, maar my kinders het van jongs af deeltyds geld verdien om vir hul eie universiteitsopleiding te betaal. Ek is so trots op hulle! en ek wil weet waarheen ons verhouding gaan. Ek het ’n baie “Dis vir kinders swaar om deur hul pa verwerp te word. Ek het intense ervaring met God en op die duur werk friends with benefits besluit my rol was om hulle onvoorwaardelik lief te hê. Dit was nie nie vir my nie. Hy wou hê ons vier moes by hom in die Kaap gaan aldag maklik nie; in konfliksituasies moes ek kies of ek wou skree bly, maar ek wou eers trou - en nié voor die magistraat nie. en skel of die saak kalm probeer uitpraat. Soms het dit gelyk of dit “As ’n paartjie nie voorheen ’n huis gedeel het nie, is ’n tweede geen uitwerking het nie, maar ek het by my voorneme gehou om huwelik nes ’n eerste: die eerste drie maande is krisistyd. Albei kry hulle met aanvaarding en respek te benader. Op lang termyn het onplesierige verrassings en jy kan jou maat nie verander nie. dit vrugte afgewerp. Vandag is ons na aan mekaar. Aanpas is jou voorland. “Nou, vyftien jaar later, het ons die spreekwoordelike sak sout “Die moeilike tye het my sterker en onafhankliker gemaak. Ek saam opgeëet. Ons gun mekaar die vryheid om te wees wie ons geniet my eie geselskap en skakel soms nie eens die radio aan nie werklik is. Ons leer by mekaar en ons help mekaar se letsels genees. – ek lees of maak iets moois. In ’n stadium het my niggie my profiel Iemand het geskryf hoop is soos ’n spinnekop wat aan ’n sydraadjie op ’n afspraak-webwerf geregistreer, maar ek het nooit op hang. Die geheim is dat daardie draadjie nooit, ooit mag breek nie.” uitnodigings gereageer nie. Dis nou totdat Jurgen van der Walt, ’n
‘Jurgen was die oulikste man wat ek tot nog toe ontmoet het’
FOTO VETRSKAF
Jenny van der Walt
SEPTEMBER 2015
rooi rose 41
ro M oi E ro N s SE e
wewenaar met twee kinders so oud soos myne, my in 2012 daar raakgeloop het. Toe reageer ek! “Jurgen was die oulikste man wat ek tot nog toe ontmoet het maar ek was lank onseker of ons verbintenis in ’n romanse sou ontwikkel. Tot my blydskap het die wonder gebeur. Hy het in 2013 ’n huis gekoop en ons het saam daar ingetrek. Ons het nes geskrop en die huis uitgeverf. Toe hy die jawoord vra, het ek dadelik ingestem! Hy wou voor die magistraat trou, maar ek wou ’n klein huweliksonthaal hê. “Op ons troue het Jurgen gesê as jy by iemand wil wees, moet jy besluit of jy jou wil verbind of dit laat staan. Ons huwelik het ons verhouding verander. Jou verbintenis word ernstiger. Ék het ook verander; ek trek nou heeltemal anders aan. Ek voel vrouliker, nie meer of ek ’n ma én ’n pa moet wees nie. Ek is net ek. “Ek en Jurgen doen lekker dinge saam. Ons is entoesiastiese voëlkykers, ons ry motorfiets en doen geocaching. Natuurlik is daar gedurig nuwe uitdagings - dis normaal. Maar ek is getroud omdat ek getroud wíl wees.”
Natuurlik het almal vir my gelag, maar toe gebeur dit! “Essie Esterhuizen, my liefde van standerd agt, het twintig jaar later by ’n gemeenskaplike kennis gehoor waar ek werk en my kom soek. Hy was geskei en het ook nie kinders gehad nie. Ons het ure omgekuier en gelag. Die vlinders op die maag was steeds daar! “Ek was in Johannesburg gevestig en hy op Thabazimbi. Ons het ’n lang ruk net naweke gekuier en die telefoon witwarm gepraat, maar toe vat die liefde behoorlik vlam. “Dit was maklik om te besluit om te trou – hoewel daar geen druk op ons was nie, was die huwelik die konteks waarbinne ons vir mekaar wou lief TESSA EN ESSIE wees. Dit was moeiliker ESTERHUIZEN. om vas te stel wie moes oppak en waar ons sou bly. Ons het besluit ek kon makliker skuif en vandag woon ons op Lichtenburg waar ek ’n
beradingspraktyk het. “Ons troue in 2006 was klein, ontspanne en genotvol. Maar daarná het sekere verantwoordelikhede ingeskop en ons rolle het verander. Ek het gewoonlik saans my administrasie en navorsing gedoen; nou moes ek leer kos maak! Ek leef steeds in angs dat ek my man kan vergiftig. “Essie het skielik ‘Melville’ in sy huis gehad met weird skilderye Dr. Tessa van Wijk was ná haar eerste huwelik 17 jaar lank pleks van sy fietse teen die muur. Hy moes aanpas by iemand enkellopend voor sy weer in die paadjie afgestap het. As jy anders se manier van dink en doen. Hy is mal oor rugby, ek nie. Hy haar naam herken, is dit moontlik omdat sy van tyd tot tyd ’n hou van kampeer en in die bos wees, en ek hou van Europa. Ons traumaberadingsprogram op RSG aanbied. het besluit om die kompromieding te doen – een jaar in die bos en die volgende in Europa. “Gelukkig het ons voor ons troue baie kwessies uitgepraat en ál “Ek is op 23 getroud, maar ’n jaar en sewe maande later geskei. Dit ons verwagtinge op die tafel gesit. Ons respekteer mekaar ook vir het geblyk dat my man gay was. Ek was te naïef om die tekens raak wie ons is – die een probeer die ander nie verander nie. Die aanpassingstyd was nie lank nie en ons het gou in ’n roetine gekom. te sien. “Ek was 25, geskei en alleen. Die seer van die egskeiding het my tot “Ons kon nie kinders hê nie, en dit moes ons aanvaar. Dis ’n stilstand geruk. Ek moes die ware ek ontdek en vasstel wat my doel gedurige gemis. Jy moet dit bestuur, anders raak dit ’n obsessie en op aarde was. Ek het begin om my eensaamheid in alleentyd om te worstel jy deurentyd met die Here. “Maar daar is soveel lekkertes - soos dat ek nie meer die swaai; dit het my genesingstyd geword en ek het geleer wat vergifnis beteken. Aand na aand het ek geskryf, gelees, gebid en gehuil en toe broodwinner is nie en ’n man het wat vir my sorg; dat ek ’n klankbord ek weer sien, ken ek myself. My verhouding met die Here was het wat ek vertrou; iemand wat sterker en ek kon weer lag. my kan motiveer en aanmoedig; “Toe ek daar lostrek, het ek begin lééf. Ek het by die Universiteit ’n maat om elke dag se lekker en van Johannesburg gewerk, ’n private praktyk as traumatoloog LEES HANTIE, TESSA sleg te deel. gehad, my doktorsgraad in sielkunde voltooi, geskilder, gekuier en EN JENNY SE WENKE VIR HUWELIKSGELUK “My huidige lewe en huwelik is gereis. Ek het die Here gevra om weer vir my ’n maat te stuur, maar BY WWW.ROOIROSE. CO.ZA rustig en geborge. Dis vir my ’n ek was bereid om te wag. Ek wou nie ’n man gaan soek nie; ek sou besonder goeie plek om te wees.” rr die lewe aangryp, en op die regte tyd sou die regte man my kry.
Dr. Tessa van Wijk
42 rooi rose
SEPTEMBER 2015
FOTO VERSKAF
rooi rose. co.za
KRY STYWE BOUDJIES
BINNE NET 2 WEKE
NUUT Q10 COMPLEX WERK AKTIEF OM JOU VEL SE SELENERGIE TE VERHOOG EN HELP OM JOU VEL TE VERFERM EN OP TE KNAP WAAR JY DIT DIE NODIGSTE HET.
NIVEA.co.za
ro oi M wa A rm N
annes is ’n maklike, innemende geselser, en op 45 heel tevrede met waar hy hom in die lewe bevind. “Daar is natuurlik baie dinge wat ons almal nog wil doen, maar ek kan eerlikwaar sê – dankie Vader! – dat ek op ’n goeie plek is. Ek het al wonderlike kanse en geleenthede gekry waarvoor ek ontsettend dankbaar is, en al heerlike werk gedoen saam met formidabele mense.” Oor sy nuwe rol as aanbieder van Kwêla, een van die gewildste programme op kykNET, is hy filosofies. “Ek dink Coenie was ’n wonderlike ankeraanbieder, maar ek glo elke aanbieder moet sy eie stempel afdruk en homself wees. Ek is maar net Hannes wat my eie ding doen.”
‘Ek wou nooit akteur word om bekend te word nie dis net iets wat ek nog altyd wou en moes doen’
Hoe sal jy jouself beskryf?
Maar net HANNES
Ons het hom leer ken as ‘Bravo’aanbieder en deesdae is Hannes van Wyk die man op ‘Kwêla’ se shongololo-bank. Maar al lyk dit of hy vir die kollig gebore is, verkies hy sy huis bo die kollig en rooi tapyte Deur ILSE SALZWEDEL. Foto deur IVAN NAUDÉ
Uiters lojaal en met ’n klein hartjie, al moet ek dit self sê. Ek kan wel soms beduiweld raak. Vertel ons van jou kinderdae op Aliwal-Noord
Dit was wonderlike jare! My ma, Mariet, was amper veertig jaar lank die skoolsekretaresse en my pa, Hennie, ’n werktuigkundige. Sulke gewone, wonderlike, plattelandse mense. Ek was die laatlammetjie. Ek het ’n ouer broer, Attie, en ’n suster, Wena. Ons is ’n hegte gesin, en ek onthou hoe ons altyd gelag het – ek en my ma was altyd op soek na iets snaaks. Ek het uitgeblink in tennis, en was van kleintyd af dol op die verhoog. My pa is einde verlede jaar oorlede, maar gelukkig leef ma Mariet nog. Sy is nou 81 en woon in die aftreeoord op Aliwal-Noord. Alles wat ek vandag is en het, is aan my wonderlike ouers te danke. Ek is seker hulle het hulself gereeld tekort gedoen om vir ons kinders alles te gee wat ons nodig het. Hulle het ons soveel liefde gegee en in alles ondersteun. Toe ek wou gaan drama swot, het my ouers nie gevra waar ek dink ek gaan werk kry nie, maar net gesê ek moet gaan doen wat my gelukkig maak. Ek raak sommer hartseer as ek net oor hulle praat – hulle was en is my alles. Wou jy altyd drama studeer?
44 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Ek het as tienjarige seuntjie al naweke saam met ’n rondreisende geselskap op die platteland opgetree. Dan het ek resitasies opgesê. Ek wou nooit akteur word om bekend te word nie – dis net iets wat ek nog altyd wou en moes doen. In graad 11 wou ek vir ’n rukkie gaan regte swot, maar drama het gewen. Jy het op skool en universiteit provinsiale tennis gespeel. Speel jy nog?
Nie op die oomblik nie, want ek is te veel weg van die huis af, maar ek het ná skool selfs ’n bietjie afgerig. Ek wil nou weer begin speel. Jy was die eerste dramastudent in Kovsies se geskiedenis wat vir die studenteraad gekies is ...
Eintlik het ek dit net gedoen omdat iemand gesê het drama-, kuns- en argitektuurstudente is te mal vir die SR, en toe dare iemand my om te staan. Maar ek was uiteindelik net vier weke lank op die SR toe ek ’n aanstelling by SUKOVS gekry het en moes bedank. Ek was een van net twee studente landswyd wat ’n aanstelling by die streeksrade gekry het, en kon nie so ’n aanbod van die hand wys nie. Jy het bekend geword as Krynauw in Egoli. Hoe het dit gebeur? En wat het die sepiewêreld jou geleer?
Voor Egoli het ek baie verhoogwerk by SUKOVS en TRUK gedoen – ek was seker maklik in vyftig produksies, met hoofrolle in onder meer Griet skryf ’n sprokie en Die jaar toe my ma begin sing het. Ek het ook televisiewerk gedoen, soos die hoofrol in Torings. En toe gebeur Krynauw du Buisson, ’n wonderlike karakter. Hy het begin as sy ma se kokkewiet en geëindig as kokkerot. (Hy lag.) ’n Omstrede, fantastiese karakter en een van my loopbaanhoogtepunte. Nege jaar lank het ek weekliks tussen Johannesburg en Kaapstad gependel, en dit was later nie meer lekker om so konstant van die huis af weg te wees nie, toe bedank ek. Sepiewerk is vir my fantasties, en myns insiens iets wat elke akteur ’n ruk lank moet doen. Jy leer van harde werk en dissipline, en jy leer elke dag iets nuuts van jou craft. Ons moet almal maar aanhoudend daaraan slyp – geen akteur of aanbieder weet ooit genoeg nie. Wat verkies jy: TV of verhoog?
Ek is opgelei as verhoogakteur, maar hou net so baie van TV- en rolprentwerk. Elke veld het nuwe uitdagings. Ek het baie komiese rolle op die verhoog vertolk, en geniet my nou weer gate uit in die Liewe Heksie: Flower Power-pantomime. Maar ek hou net so baie van dramatiese rolle, soos in Voor ek vergeet saam met Amanda Strydom.
‘Die liefde tussen ’n ma en ’n kind is vir my spesiaal, seker maar oor my en my ma se verhouding’
DIE MAN AGTER DIE AKTEUR Hannes het ’n propvol dagboek, en sê ’n wonderlike ondersteuningsnetwerk help hom om al die balle in die lug te hou. Hy sorg darem dat hy genoeg rus, en om op die strand te stap met sy honde is een van sy gunstelingmaniere van ontspan. “Ek werk graag in die tuin, en sit maklik tot twaalfuur op ’n naweeksoggend nog in my pajamas rond. My hartsvriende is ook in die Kaap.” đ Hy hou baie van reis en was al die wêreld vol. “Soms vir werk, maar ook sommer net vir vakansie. Ek is mal oor Europa, veral Italië en Frankryk.” Parys, Rome, Wene en New York is onder sy gunstelingstede. đ Lees is nog ’n gunsteling-tydverdryf. “Ek kry deesdae nie so baie tyd soos altyd om te lees nie, maar ek lees enigiets wat my laat ontspan. Soms romantiese verhale, soms Deon Meyer, ander kere biografieë – ek het ’n baie wye leessmaak. Ek lees tans Judaskus van Rudi van Rensburg, en die boek beïndruk my.” đ Hy bieg dat hy nie eintlik kan kook nie. “Ek sukkel maar, maar ek maak wonderlike toebroodjies!” Hy hou van lekker eet, veral gewone boerekos. En sy gunstelingdrankie? “Koffie, koffie en nog koffie! En so nou en dan geniet ek ’n glas droë witwyn.” đ Hannes is wyd bekend as ’n groot diereliefhebber. “Ek het al in die moeilikheid gekom omdat ek gesê het ek is liewer vir diere as vir mense, maar dis waar. Ek is versot op diere, deels omdat hulle nie vir hulself kan praat nie. En hulle gee onvoorwaardelike liefde! Ek sal sweerlik iemand te lyf gaan wat diere mishandel.” Al drie sy hondekinders (Liza, Toto en Mariet, vernoem na sy ma) is gered uit slegte omstandighede. “Hulle is my lewe.”
oorsese bekendes, soos Naomi Campbell, Kate Moss, Arnold Schwarzenegger. En ek was gelukkig om met oudpresident Nelson Mandela ook te kon gesels. Maar dis regtig moeilik om net een onderhoud uit te sonder – daar was so baie merkwaardiges. Ek glo as jy goed voorberei en luister, is daar in elke onderhoud iets wat uitstaan. Jy en Amanda was fantasties in Voor ek vergeet, wat gaan oor ’n bejaarde ma en haar seun, en jy is net so na aan jou ma Mariet. Wat maak jul verhouding so spesiaal?
Die liefde tussen ’n ma en ’n kind is altyd vir my spesiaal, seker maar oor my en my ma se verhouding. Ek het vyf jaar lank met die idee vir Voor ek vergeet rondgeloop en notas gemaak, en toe skryf Karen Marx die teks – dit was een van my loopbaanhoogtepunte. My ma is die ma waarvan elke kind maar net kan droom. Toe jy aangestel is by Kwêla, was jy ook pas aangestel as kreatiewe hoof van die KKNK. Hoe voel jy oor die stand van die Afrikaanse kunste?
Jy is veel meer as net akteur en aanbieder. Wat doen jy nog alles?
Ek het al baie vir televisie geskryf, regie gedoen en ook ’n hele paar programme vervaardig. Ek was een van die vervaardigers vir Bravo, All Access en die Koowee-kanaal. Ek doen ook stemwerk. In die vermaaklikheidsbedryf kan jy nie bekostig om te sê jy wil net dit of dat doen nie – jy moet ’n verskeidenheid dinge so goed moontlik kan doen. Maar akteur en aanbieder is my gunstelingwerk. Met watter bekendes het jy deur die jare al onderhoude gevoer. Watter onderhoud staan uit?
Seker met al wat ’n bekende is in Suid-Afrika, en ook heelwat
Baie positief! Dis van die beste ter wêreld, en gaan van krag tot krag. Ons het ontsettend baie talent onder ons akteurs, skrywers en regisseurs. Dis jammer daar is so min geld vir toneel, en almal in die bedryf is baie dankbaar vir die kardinale rol wat die kunstefeeste speel. Jy pendel nou al jare tussen Johannesburg en Kaapstad. Dit moet uitdagend wees...
My huis, hart en hondekinders is in die Kaap, maar as ek vir werk in Johannesburg moet wees, doen ek dit met liefde. Maar my huis in die Kaap bly vir my die heel lekkerste plek op aarde.” rr SEPTEMBER 2015
rooi rose 45
r M ooi E ro N s SE e
JOU BAARD SÊ SOVEEL – EN DIT SONDER ’N ENKELE WOORD
Dit verkies mans as groeimedium. Dit beskerm, versluier, trek aan, skrik af. Watter feite en geite skuil agter ’n baard? Ons het ’n paar kundiges oor hul beskouing van die sielkunde van baarde uitgevra Deur MARIETTE SNYMAN
46 rooi rose
SEPTEMBER 2015
ie meeste mans beskik oor ’n geheime wapen: daardie sexy stoppels wat oornag verskyn en in enigiets van ’n kenriem tot ’n volbloed-baard omvorm kan word. Party mans skeer dit meedoënloos af, terwyl ander nie dood daarsonder gesien wil word nie. Interessant dat hierdie vertoning van manlikheid nie net deur individuele smaak bepaal word nie, maar sedert antieke tye onder
HOOFFOTO DOLLAR PHOTO CLUB / VKROHA
HARDEBAARD
HET JY GEWEET? • ’n Irrasionele vrees vir baarde word “pogonofobie” genoem. • Grottekeninge wys dat prehistoriese mense hul gesigshare uitgepluk het deur gapermosselskulpe soos ons huidige haartangetjies te gebruik. • In ou beskawings is baarde gevleg, gekleur, met kraletjies of gouddraad deurweef, geolie, geparfumeer of met goudstof besprinkel. • In die eerste en tweede Egiptiese dinastieë was ’n baard die simbool van koningskap. Manlike sowel as vroulike farao’s het ’n vals baard van goud gedra. • In antieke Indië is ’n baard so hoog aangeskryf dat dit as waarborg vir die betaling van skuld gegeld het. • Die Spartane het lafaards gestraf deur ’n deel van hul baarde af te skeer. • Alexander die Grote het sy soldate beveel om hul baarde af te skeer sodat vyande hulle nie daaraan kon gryp en doodmaak nie. • Jong mans van die Germaanse Catti-stam mag nie geskeer of hul hare gesny het voordat hulle ’n vyand om die lewe gebring het nie. • In sommige tydperke in die kerkgeskiedenis het die afwesigheid van ’n baard op selibaatheid gedui, terwyl bebaardheid verbind is met seksuele aktiwiteit, die duiwel en boosheid. In die sewende eeu was die afskeer van ’n man se baard ’n voorwaarde vir saligmaking. • In die Middeleeue het ’n baard ’n ridder se eer versinnebeeld. As jy ’n ridder aan sy baard gegryp het, moes hierdie oortreding deur ’n tweegeveg besleg word. • Toe die Tarahumara Indiane van die huidige Noord-Mexiko die Spanjaarde in die 16de eeu ontmoet, het hulle hulle “chabochi” genoem: mense met ’n spinnerak oor die gesig. • In 1698 het Peter die Grote van Rusland mans aangesê om hul baarde af te skeer en in 1705 belasting op baarde gehef sodat alle Russiese mans (behalwe geestelikes en kleinboere) in lyn met hul Europese eweknieë sou wees.
HERMAN ELOFF: FOTO VERSKAF
DIS ’N GOEIE DING OM BAARDLOSE VRIENDE TE HÊ – WANNEER JULLE UITGAAN, SAL MENSE AANNEEM JY IS DIE LEIER VAN DIE GROEP
die invloed van kultuurgodsdienstige tradisies val. Sekere godsdienste vereis dat elkeen van hul manlike volgelinge wat kan, ’n volbaard groei. In ander gemeenskappe word ’n baard aan ’n man se viriliteit verbind, of simboliseer dit eienskappe soos wysheid, invloed en sosiale status. Kulture waar baarde ongewoon is - of in daardie stadium dalk nie modieus nie - kan dit met swak higiëne en onbeskaafde of selfs gevaarlike gedrag verbind. In sommige beroepe is baarde verbode, soos vir loodse en brandweermanne waar ’n baard kan keer dat ’n suurstofmasker behoorlik seël. Op ander gebiede, soos
die politiek en staatsdiens is baarde in party lande ongewens, en moet vasberade baarddraers om hul regte veg. Watter band is daar tussen mans en hul baarde? Ons het ’n mansmode- en leefstylkenner en ’n senior tendens-analis oor die oormaat hare (of gebrek daaraan) op mansgesigte gepols.
HERMAN ELOFF
D
ie Kaapse vermaaklikheidsnuusredakteur Herman Eloff gebruik graag die sosiale mediakanale om mansleefstylwenke en -modenuus met belangstellendes te deel. Kyk jy na Herman se baard, sou jy moeilik raai dat hy as tiener min sin gehad het in die hele baardkry-en-skeerkwessie. “Ek wou puberteit so lank
HERMAN ELOFF: “MY BAARD SPEEL ’N ROL IN HOE EK OOR MYSELF VOEL EN HOE ANDER MY SIEN. SONDER ’N BAARD LYK EK SOOS ’N TIENER!”
moontlik vryspring, maar ’n man kan ook net só lank die donker skadu op die bolip probeer wegsteek. Ek moes my ma se hulp inroep toe ek die eerste keer voor die spieël staan met die skeermes in my
een hand en ’n spierwit bol skeerroom in die ander. Ek was so onhandig dat ek verbaas is ek het myself nie keelaf gesny nie. Daarna het ek instinktief geweet dinge gaan nooit weer dieselfde wees nie. Die eerste skeersessie is ’n belangrike mylpaal vir enige jong man. “Ek is gelukkig dat ek ’n welige baard kan groei. Nie elke ou is so geseënd nie. My oupa het altyd gespot en gesê ’n man moet hoendermis onder die bolip sit sodat die snor dikker kan groei. Genadiglik het ek nie nodig gehad om dit te doen nie. “Ek dink die groot skande kom in wanneer ’n man ’n dik baard kan groei en dan eerder besluit om dit af te skeer. Dis soos om met ’n talent gebore te word wat jy begrawe. “Heelparty prominente politieke figure uit die verlede het met reusebaarde gespog. Daar word ’n status aan ’n baard gekoppel wat die draer daarvan outomaties superkragte gee, glo ek. Kyk maar: in krisistye hardloop mense altyd eerste na die man met die baard vir advies. Bewustelik of onbewustelik is daar iets kragtigs aan ’n baard. “My baard speel vir seker ’n rol in my persoonlikheid, in hoe ek oor myself voel en hoe ander my sien. Sonder ’n baard lyk ek soos ’n tiener! As ek my baard afskeer, verander ek letterlik binne minute van houtkapper na snotneus. Dis iets om te beleef: towerkuns van een of ander aard, as jy my vra. “’n Baard is sonder twyfel ’n simbool van manlikheid, en vroeër was ’n leier se status gekoppel aan die dikte van sy baard. In die jare sestig en sewentig het baardgroei rebellie gesimboliseer. Dit was anti-establishment. In die jare tagtig en negentig was die baard skaars te sien; eers in 2013 het dit weer ’n modegier geword. “Dis harde werk om ’n baard netjies, skoon en higiënies te SEPTEMBER 2015
rooi rose 47
• Volg Herman op Twitter (@Naghings), Instagram (@Naghings) en Pinterest (Pinterest.com/Naghings) 866
48 rooi rose
SEPTEMBER 2015
L NICOLA COOPER: “DIE HIPSTER TREND – MANS WAT MODEBEWUS IS TERWYL HULLE TOG ’N NATUURLIKE MANLIKHEID BEHOU - HET VOORKOMSBEWUSTHEID ONDER MANS ’N HUPSTOOT GEGEE.”
NICOLA COOPER
D
ie moderne manlike versorgingsbedryf was nog nooit meer hoofstroom as juis nou nie,” sê Nicola Cooper, senior tendens-analis van Johannesburg. “Volgens die Mens XP (2014)-webtuiste neem prosedures soos Botoxbehandelings, boyzilians (’n volle Brasiliaanse wax vir mans) en barbiersessies met ouderwetse skeermesse steeds toe. “Die hipster trend – mans wat modebewus is terwyl hulle tog ’n natuurlike manlikheid behou - en die Movember-beweging het styl- en voorkomsbewustheid onder mans ’n hupstoot gegee. In 2015/2016 fokus male grooming op fisieke verbetering, higiëne en essensiële liggaamsversorging. Die terme “spornosexual” (mans wat soos sportsterre of pornohelde wil lyk) en “lumbersexual” (’n kombinasie van lumberjack of boswerker en heterosexual) wemel op bemarkings- en leefstylplatforms. “Veranderde persepsies van manlike versorging het ’n merkbare uitwerking. In Amerika is mans onder 35 die grootste verbruikers van
‘Ek wou ’n produkreeks ontwikkel wat op die behandeling en behoeftes van enige man se baard toegespits is - lank, kort, dik of yl – én sy vel in ’n goeie toestand hou. ‘Ons produkte bevat geen chemikalieë en preserveermiddels nie en heeltemal veilig om op die gesig en rondom die mond en lippe te gebruik. Natuurlike bestanddele soos byewas, teeboomolie, sandelhout, organiese kokosneutolie en essensiële olies help om ’n man se hare in ’n weelderige maanhaar te omskep. Dis ’n wen-wen situasie vir hom én sy maat.’ “Rafiek, die barbier van Wyatt Hairdressing and Barbering in Johannesburg, beoefen sy ambag al vandat hy 14 is. Mense van alle agtergronde en herkomste het al sy knipper en skeermes ervaar. Oor sy vaardighede sê hy: ‘Ek hou ander dop en hulle inspireer my. Ek leer soveel van ander kulture bloot deur vrae te vra. Ek deel my lewenslesse en word deur my kliënte verryk.’ “Die barbierwinkel het ’n toevlugsoord vir die werkende man geword. Dit bied hom veel meer as ’n haarsny en skeer – hy ontspan en word in ’n aangename, veilige omgewing versorg. Barbiers is die nuwe rocksterre!” rr
ee Kynaston (46), ’n manlike versorgingskenner wat as die Grooming Guru bekend staan, glo hierdie insinking is ’n gevolg van die wêreldwye ekonomiese krisis en uitbuitery deur groot skeerprodukryke. Hy sien die verwerping van die skoongeskeerde gesig as ’n vorm van opstand teen korporatiewe oorheersing. Die internasionale groei van die Movemberbeweging het mans positiewer ingestel teenoor gesigshare; baarde was laas in die 19de en 20ste eeu so gewild. “Vandag is die kenmerkendste styl in die manlike versorgingsarena die bearded gent. Dis om’t ewe of mans hul baarde weens geloofsoortuigings kweek of om ’n spesifieke voorkoms te skep – hierdie neiging loop wyd. “Mans groei nie net hul baarde nie, maar kap en kleur dit soos die mode voorskryf. Uit ’n kulturele oogpunt is die mate van respek wat mans geniet in sommige lande direk aan die lengte van hul baard verbind. Party wat sukkel om ’n welige baard te groei, onder• Volg Nicola op Twitter/ gaan selfs ‘baardoorplantings’. Instagram by @NicolaCoop of In New York kan dit jou tot stuur ’n e-pos na nicola@ nicolacooper.co.za – sien ook $7 000 uit die sak jaag. www.bonafidebeards.com and “Die klem val nou op baarde www.wyatthairdressing.com se gesondheidsvoordele. Dit beskerm die gesig teen sonstrale en moontlike velkanker. Volgens kundiges kan dit allergieë laat afneem en die verouderingsproses vertraag. “Ongelukkig is daar JY KAN R5 880 steeds ’n persepsie dat SE BAARDSORGskoonheidsprodukte PRODUKTE VIR DIE MAN IN JOU vroue se domein is. LEWE WEN. Monique Fleming, die KYK BY WWW. ROOIROSE.CO.ZA eienaar van die plaaslike firma Bonafide Beards, sê:
rooi rose. co.za
NICOLA COOPER: FOTO VERSKAF
r M ooi E ro N s SE e hou - dalk nog meer as om elke oggend te skeer. Ek bestee meer tyd aan my baard as aan my hare. ’n Baard moet gewas, versorg en deeglik gekam word om te verseker dat dit nie bos gaan nie. Daar’s ’n wanpersepsie dat baardgroei met luiheid gepaardgaan. Dis presies die teenoorgestelde. Ek gebruik daagliks ’n haarkam, baardborsel en baardolie om die hare in toom te hou.” Herman het sy baard begin kweek as deel van die modegier, “maar nou is dit so deel van my identiteit dat ek nie minder kan omgee oor modegiere nie. As die gewildheid van baarde môre sou eindig, sou ek steeds my baard behou. Ek wissel soms die lengte van my baard af. In die somer hou ek dit korter, want ’n dik baard kan warm raak. In die winter doen ek my bes om ’n lekker weelderige baard te groei. Dis soos om konstant ’n serp om jou gesig te draai. Dit het natuurlik ook sy uitdagings. Het jy al ooit ’n cappuccino probeer drink sonder om ’n skuimbaard op jou regte baard te kry? Sterkte. “Elke man moet self besluit watter baard hom pas. Ek verkies ’n klassieke volbaard. Ander hou van die bokbaardjie-styl. Solank niemand daardie driehoekie op die ken van John Travolta probeer nie! Ek dink wel ’n seepgladde ken is beter as ’n dun klossiebaard.”
toiletware. Tussen 44% en 48% van hulle besit sewe of meer van dié produkte, en daar is ’n besliste afname in die verkope van skeermesse, skeerskuim en verwante items.”
Verlies en swaarkry kom staan dikwels onverwags voor jou deur en soms dwing die pyn jou tot nuwe insigte. Dié twee mense is deur diep waters, maar hulle is anderkant uit en het nuwe uitdagings oorwin Deur ANET SCHOEMAN
50 rooi rose
SEPTEMBER 2015
FOTO JOHAN WILKE; HARE EN GRIMERING ESTE UECKERMANN; STILERING CORNÉL DUNN
ro M oi E ro N se SE DIE DOOD VAN HAAR DOGTER, JEANNE, HET SONJA FOURIE UITEINDELIK GEMOTIVEER OM HULLE GESAMENTLIKE PROJEK TE VOLTOOI.
SOET uit die bitter
DIE ONGELUK WAARIN REUBEN VAN NIEKERK SY BEEN VERLOOR HET, HET SY LEWE ONHERROEPLIK VERANDER.
tap jy by Boeresjiek, die unieke eet-en-koop-plekkie by die Okavango-afrit naby Durbanville in, voel dit amper of jy ’n kunsfliek betree. Pragtige kandelare, gedekte tafels met die mooiste porselein en tierlantyntjies, allerfraaie kolwyntjies op stapelborde, koeke wat jou laat kwyl, vars blomme in glashouers ... Hier word jy weggevoer na ’n wonderwêreld van mooi, mooier, mooiste.
FOTO VERSKAF
EK MAAK MY KIND SE DROOM KLAAR Maar vir Sonja Fourie is dit ook ’n ontvlugting van die hartseer in haar lewe. Sy en haar dogter, Jeanne, het in 2010 dié projek saam aangepak toe haar man met die huurders van sy pakhuis gesukkel het en hulle besluit het om die plek as winkel te gebruik. Maar ’n
maand voor hulle sou oopmaak, kry Jeanne brongitis en beland in die hospitaal weens asemnood. Ná 28 dae sterf sy aan komplikasies van vermoedelik ’n griepvirus. “Jeanne was ons enigste kind en ek en my man, Dup, was platgeslaan. Ons wêreld het in duie gestort. ’n Maand later het my vriendinne gesê ons móét met die projek voortgaan om Jeanne se droom te verwesenlik. Ek was nie lus nie. Ek was te hartseer en kon soggens beswaarlik uit die bed opstaan, wat nog te sê ’n projek aanpak. Maar ek het besef ek moes dit vir haar doen. Ek moes Jeanne se droom voltooi. “Gelukkig het ek met mooi goed soos blomme gewerk wat goed vir my siel was en my opgebeur het. En gelukkig het ek vriendinne wat my bygestaan het, ook met die winkel. Saam met hulle het ek my mal gewerk om my kop besig te hou, baie nagte tot twee-uur, halfdrie. Ek wou ’n rede hê om elke dag op te staan. Dit was ook maar ’n manier om weg te hardloop van die werklikheid, maar dis al hoe ek die ongelooflike hartseer kon oorleef. “Hoewel dit moeilik was om daaroor te praat, het dit dinge tog makliker gemaak. Ons vroue is mos maar so. Maar ek en my man kon nie met mekaar daaroor praat nie - hy het baie keer net gery en iewers met sy hartseer gaan sit. “Later voel jy boonop jy is mal. Is dit normaal om so te voel? Aanvanklik het ek ’n obsessie ontwikkel om te koop. Alles wat voorkom. Seker om die leemte te probeer vul. My geloof het vir my ’n probleem geword. Ek was so kwaad vir die Liewe Vader. Gelukkig het ek by die ondersteuningsgroep Candle Parent SEPTEMBER 2015
rooi rose 51
ro M oi E ro N se SE
aangesluit en dit was vertroostend om te hoor dat ander ouers ook met die kwessies worstel. “Dis steeds ’n wilsbesluit om soggens op te staan maar die kliënte beur my op en dit dwing my om te glimlag. So oortuig jy jouself later dat jy vrolik is. “Ons winkel, Boere Sjiek, is my skakel met Jeanne. Ek glo sy kyk uit die hemel na my. Ek hou haar nagedagtenis lewend en dit laat my beter voel.”
D
LESERSFORUM Wat het jy uit jou slegte ervarings geleer?
DIE EPIC-UITDAGING ie trok het oor die middelmannetjie tussen die twee snelweë op die N1 in Johannesburg gebars en Reuben van Niekerk op sy motorfiets getref. As motorjoernalis het hy motorfietse en voertuie getoets en was juis op pad om die motorfiets terug te besorg. Hy het die fratsongeluk in 2008 wonderbaarlik oorleef, maar sy regterbeen is net onder die knie geamputeer. Die ongeluk het Reuben se lewe onherroeplik verander, maar hy sou dit nie vandag anders wou hê nie, want dis juis sy amputasie wat sy uitkyk op die lewe verander het. “Ek het daaroor begin lees; geglo daar moet maniere wees om dit te oorkom. My vriende en familie het gehelp om my op te beur tot ek besef het: dis hoe dit is. Ek moes planne maak, harder werk om daarmee saam te leef.” Dit was sy ysere wil en deursettingsvermoë wat hom gestaal het om in 2014 en 2015 die eerste laer geamputeerde te word wat die moordende Absa Cape Epic-bergfietsren van 700 km oor agt dae in die Wes-Kaap kon voltooi. Maar dit was ’n lang pad voor hy hierdie droom kon verwesenlik. “Ek het ’n jaar lank met krukke geloop voor ek my eerste prostese gekry het. Ek is baie openlik oor my geamputeerde been. “Ek loop wel effens mank omdat ek baie min been onder die knie het. Dis ook moeiliker om ’n prostese glad te laat werk vir iemand wat so lank soos ek is. Tog is dit nie ongemaklik nie. “Ek het nog altyd fietsgery - dit was die een ding wat my weer normaal laat voel het. Die Epic was op my bucket list. Ek was boonop gelukkig om ’n borgskap by Toyota te kry. “Die heuwels en sagte sand was my grootste uitdaging. Ek kan nie in die saal staan om heuwels te klim nie en omdat my wedren-prostese vir fietsry ontwerp is, is dit nie gemaklik om daarmee te loop nie. Op die eerste dag van my eerste Epic moes ons ons fietse vir ’n volle 10 km deur baie sagte sand stoot. Ek was net te stadig en het die afsnypunt gemis.” Modder was net so ’n groot probleem, want dit beland op die silikoonvoering tussen die stompie en prostese en begin skaaf. Reuben moes by elke waterpunt stop om die modder uit te spoel. Op die vierde dag het hy die afsny met drie minute gemis en toe is hy uit. Die Epic berus op spanwerk en as een lid nie klaarmaak nie, kry die ander ook nie ’n medalje nie, al is hy suksesvol. “Ek was bitter teleurgesteld en het gevoel ek het my spanmaat, Dane Wilson, in die steek gelaat.” In 2014 het hy saam met ’n vroulike deelnemer, Dagmar Muhlbauer van Ballito, weer die Epic die stryd aangesê en dié keer was
Jolette Meyer Ja. Ek het in ’n baie goeie huis met lieflike ouers en twee broers grootgeword. Op skool was ek geneig om mense wat foute maak te kritiseer en kon my nooit indink hoe ander so verkeerd kon dink en doen nie. Later in my lewe het ek presies dieselfde foute begaan. Ek het ’n dure les geleer en besef niemand is verhewe bo die alledaagse uitdagings en versoekings wat deel van menswees is nie.
Mariska Venter Ek moes in twee van my swangerskappe narkose kry. Dit was traumaties en ’n hoë risiko. Ek was regtig siek en dit het ’n keerpunt in my lewe geword. My geloof het ’n ander dimensie gekry en ek het anders oor mense en dinge begin dink. Dis nooit lekker wanneer so iets jou tref en jy met ’n warboel emosies sit nie maar tien jaar later sien ek nou die dieper betekenis daarvan in.
hy die eerste laer geamputeerde wat die Absa Cape Epic kon voltooi. “Dit was ’n onbeskryflike Henriette Gilbert gevoel, en die presEk het ’n paar jaar gelede tasie was nog aansoek gedoen om ’n begroter omdat trekking in die firma waar ek dit as ’n ek werk en my hart op hierdie pos gesit. Tot my geamputeerontsteltenis het ek dit nie de kon gekry nie maar net daarna doen.” was daar ’n ander pos Reuben het in dieselfde maatskappy vakant, naby my huis die wedren en die omstandighede vanjaar vir nommerpas. Ek sou die ’n tweede kans misgeloop het as ek keer saam die ander pos gekry het. met Dagmar voltooi en nou is daar die groot uitdaging om die epiese derde een te voltooi om lid te wees van die gesogte Amabubesi-klub. “My raad aan geamputeerdes: Moenie jouself bejammer nie. Mense vermy jou dan. My vriende hou daarvan dat ek dinge doen en positief is. Dis ook belangrik dat jou familie en vriende kan sien dat jy gelukkig is.” rr
‘Ek het geglo daar moet maniere wees om dit te oorkom. Ek moes planne maak om daarmee saam te leef ’
52 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Jy kan lekker pryse wen DIS MAKLIK. SLUIT BY ONS LESERSFORUM AAN EN WEN! KYK OP BL. 14 VIR MEER INLIGTING.
ENVIRONMENTALLY DAMAGED REEKS Omgewingsfaktore eis ’n tol op jou vel wat kan lei tot kliniese tekens van vroeë veroudering en sonbeskadigde vel. Nimue se Environmentally Damaged velsorg reeks is wetenskaplik geformuleer met ’n optimale pH en konsentrasie vir optimale aktiwiteit wat selvernuwing en algehele vel gesondheid bevorder. Anti-ageing Leave On Mask Voedende oornag velsorgbehandeling met aktiewe • bestandele om die vel op te kikker vir ’n sagte, bevogtigde en stralende voorkoms Anti-ageing Leave On Mask • Hialuroniese-suur verbeter die volume rondom die oog area om fyn lyne te verbloem
Voel die verbetering van die begin. Sien die verskil met duidelike resultate.
•
Peptiede tegnologie stimuleer velvernuwing
•
Vernuwing van vermoeide vel
Beskikbaar by toonaangewende skoonheidsalonne. Besoek www.nimueskin.com vir meer inligting aangaande vel klassifikasies. Nimue Skin Technology International @nimueskinint @nimueskininternational
mode
Wit het vanjaar ’n sprokieskant met romantiese broderie anglaise en fyn kant, maar ook ’n sjiek sy met goeie katoen en elegante lyne. Dra net wit, of saam met swart of taankleur bykomstighede Deur SUSRA MATTHEE. Foto’s deur CAROLINE MCCLELLAND
54 rooi rose
SEPTEMBER 2015
HARE EN GRIMERING ALET VILJOEN; MODE-ASSISTENT DANIELA DU TOIT; DIGITALE ASSISTENT CARLIEN DE KOCK; ASSISTENT SHANE SWANICH; INTERN WILKO RISSER
KUITLENGTE broeke
Kuitlengte broeke is ’n praktieser keuse in die warmer dae wanneer koue enkels nie jou voorland is nie. Indien jy jou enkels verder wil beklemtoon, kan jy sandale met ’n enkelband daarby dra. TOP (R949; 4-16) TOPSHOP. TOPSHOP-KUITLENGTE BROEK (R849; 4-16) EDGARS. COPENHAGEN-TEKKIE (R429) TOPSHOP. SEPTEMBER 2015
rooi rose 55
mode
MOULOSE jas
Gooi ’n moulose jas oor jou hemp en jeans en jy lyk dadelik soos die cool-ste mens in die kantoor. ’n Kamisool en noupyplangbroek by die moulose jas plaas saans jou uitrusting in ’n eie klas. MOULOSE JAS (R499; XS-XL) EN HEMP (R349; XS-XL) FOREVER 21. BROEK MET MATERIAALGORDEL (R2 880; 34-36) GERARD DAREL. DUNE-AANGLIPSANDALE (R899) EDGARS.
56 rooi rose
SEPTEMBER 2015
SOMERjas
Somerjasse word algemeen in die Europese lande gedra. DiĂŠ ongevoerde, ligte jasse is vroeglente en in die koeler someraande ewe prakties hier by ons. Hou in die somer by ligte kleure. JAS (R1 699; 4-16) TOPSHOP. COUNTRY ROAD-HEMP (R999; XXS-XL) WOOLWORTHS. ALWAYS SKINNY-JEANS (R399; 6-18) STUTTAFORDS. AANGLIPTEKKIE (R1 199,95) BANANA REPUBLIC.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 57
mode
UITSNY-detail Uitsny-detail is kenmerkend van die wit romantiese styl. Die delikaatste kant en broiderie anglaise word vir hierdie pragtige skeppings gebruik. KATOENROK (R3 999) THULA SINDI. WIT COUNTRY ROAD-LEERBROGUES (R1 249) WOOLWORTHS.
58 rooi rose
SEPTEMBER 2015
MAKSIrokke en -rompe
Die seisoen se maksirokke en -rompe is vloeiend en vroulik. Kies ’n ligte materiaal in sagte kleure of blompatrone. Die styl het nie baie detail nodig nie - dra plat sandale en juwele wat nie te veel aandag trek nie, daarby. MOULOSE TOPPIE EN VOL ROMP VAN REKSTOF (R8 000) JACQUES LAGRANGE COUTURE.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 59
mode MICHAEL KORS HET IN DIÉ REEKS SY PRETTIGER KANT GEWYS. DIE REEKS IS VOL BLOMME, VALLE EN DETAIL. SONSKYNGEEL, HELDER PIENK, BLINKERS, VLOOTBLOU EN SELFS STREPE IS ORAL TE SIEN.
WINSKOPIE
HALSSNOER (R199,50) COLETTE HAYMAN.
MICHAEL KORS
In volle BLOM
Groter blommotiewe in helder kleure of pastelle versier nou ons klere. Dra dit saam met skoene in neutrale of metaalkleure Deur SUSRA MATTHEE susram@ctp-mail.co.za @susra_morkel
OOPTOONSANDAAL (R1 499) STEVE MADDEN. HANDSAK (R1 999) GUESS.
60 rooi rose
SEPTEMBER 2015
TRUI (R1 399,95; 6-16) TED BAKER.
LANGMOU-T-HEMP (R399; 8-18) QUEENSPARK.
SERP (R499) ACCESSORIZE.
GEPLOOIDE UITKLOKROMP (R1 999,95; 6-16) TED BAKER.
ASSISTENT DANIELA DU TOIT; FOTO’S VERSKAF; LOOPPLANKFOTO CAMERA PRESS/ INPRA
ROK IN 50’S-STYL (R3 700) KAREN MILLEN.
ROK MET KRALEWERK (R659; XS-XL) ZARA.
AANGLIPTEKKIE (R999) NINE WEST.
TEKKIE (R399) QUEUE SHOES.
BAADJIE MET OPGESTOPTE SKOUERS (R4 999; 32-44) DAY BIRGER ET MIKKELSEN.
Leef jou modepassie aanlyn uit. Teken in op die digitale rooi rose! SEPTEMBER 2015
rooi rose 61
mode Aan die ARM
YACHT-MASTER (PRYS OP AANVRAAG) ROLEX.
LEERHANDSAK (R4 712) VIA LA MODA.
Rolex se nuwe Yacht-Master met 18 kar. Everose-goud het ’n innoverende Oysterflexband. Dit bied die robuustheid van ’n metaalband, maar ook die buigsaamheid en gemak van ’n elastiese band.
SUID-AFRIKA SE EERSTE H&M-WINKEL OPEN IN OKTOBER BY DIE V&A WATERFRONT. DIE WINKEL IS GLO EEN VAN DIE GROOTSTE H&M-WINKELS TER WÊRELD. JY SAL ONDER MEER DIE H&M-ATELJEEREEKS VIR VROUE HIER KAN AANSKAF: MODERN EN EKLEKTIES MET ’N KLASSIEKE VOORKOMS. IN DIE MANSAFDELING IS NET SO ’N VERSKEIDENHEID EIETYDSE STYLE.
ONS
LUUKS Via La Moda kombineer moderne tegnologie en tydlose vaardighede om onder meer luukse volstruis- en krokodilleersakke en -bykomstighede te maak. Die velle is organies gelooi om die natuurlike kleur daarvan te bewaar. www.vialamoda.co.za
gunstelinge Ons modespan het ’n oog vir styl en ontwerp, maar ook vir praktiese stukke wat lekker dra deur SUSRA MATHEE en DANIELA DU TOIT susram@ctp-mail.co.za @susra_morkel
SUSRA KIES LIPAULT SPINNER-TAS (R2 995; 55 CM).
OORBELLE (R699) GEORGINI.
AFGEROND Die delikate en elegante reeks is ontwerp om by elke geleentheid te pas. Alle stukke is handgemaak uit silwer en met ’n rodium-, goud- of roosgoudlaag bedek en ook net die beste gehalte kubieke sirkoniums word gebruik.
AANGLIPTEKKIE (R1 099) FITFLOP.
LEAF-RING (R290) ROBYN MURRAY DESIGN.
COUNTRY ROAD-ROK (R1 799) WOOLWORTHS.
Paryse styl Die internasionale handelsmerk Lipault is nou hier beskikbaar. Die veelsydige sakke word van topgehalte materiale vervaardig. www.lipault.com 62 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Robyn Murray Design se reeks juweliersware is deur die natuur en die reiservarings van die ontwerper geïnspireer. Elke ontwerp is eksklusief en word van silwer en/of 15 – 18 kar. goud gemaak.
FOTO’S VERSKAF
EIETYDS
TEKEN NOU IN & SPAAR 35-50% BEDERF jouself of ’n vriendin
Skryf jy nou in of hernu jou inskrywing vir 12 maande, kry jy 35% afslag, maar teken jy nou vir 24 maande in, kry jy 50% afslag. Boonop kan jy een van agt ‘rooi rose’-lesers wees Om in te skryf ... wat ’n Optiphi®-geskenkpak van R2 700 wen SKRYF IN OP ONS WEBWERF WWW.ROOIROSE.CO.ZA STUUR ’N E-POS NA ROOIROSESUBS@RNAD. CO.ZA
Nou kan jy ook vir 6 maande inteken teen slegs R125 of R250 vir 12 maande
•
DIE AANBOD GELD INTEKENARE IN DIE RSA EN VERVAL OP 30 SEPTEMBER 2015. *BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD. BEL +27 21 5303384 VIR BUITELANDSE SUBSKRIPSIES.
SMS ‘CAXTON RR’ NA 40573 SMS’E KOS R1,00
•
BEL 0860 100 123 EN HOU JOU KREDIETKAART OF BANKBESONDERHEDE GEREED
•
BEL+27 21 530 3384 VIR BUITELANDSE SUBSKRIPSIES.
•
POS ’N TJEK, UITGEMAAK AAN RNA SUBS, AAN ROOI ROSESUBSKRIPSIES, VRYPOS JHZ1135, POSBUS 725, MARAISBURG 1700
•
D
ie Optiphi® Body Curve-reeks bestaan uit sewe fantastiese produkte wat die liggaam reinig, afskilfer en bevogtig. Die ß-Body Wash is ’n verfrissende lyfwasmiddel met ’n subtiele jasmynen-witbloeisel-geur. Die Body-Foliant is ’n chemiese en ensiematiese afskilfermiddel wat ’n driedimensionele benadering gebruik om van dooie selle ontslae te raak. Die Cellulite Therapy fokus op die voorkoms van selluliet op ’n sellulêre vlak en die Optiphi® Stretchmark Therapy verbeter die vel se tekstuur, en verminder die voorkoms van rekmerke. Die Body Curve Lotion en Solar Shield SPF50 herstel die vel se vogvlakke en beskerm jou vel teen die skadelike sonstrale. Bederf jou jouself met Optiphi®! • www.optiphi.com • Beskikbaar by uitgesoekte Salonne en Spas.
ELEKTRONIES PLAAS DIE GELD OOR NA: RNA SUBS BANK: FNB TAKKODE: 254 655 REK: 621 049 272 59 GEBRUIK JOU VAN EN INTEKENNOMMER, OF JOU VAN EN SELNOMMER AS VERWYSING EN FAKS JOU BETALINGSBEWYS EN DIE POSADRES/SE NA 0866 704 101
•
SLUITDATUM 30 SEPTEMBER 2015 (LAAT DRIE WEKE TOE VIR PROSESSERING.)
WWW.ROOIROSE.CO.ZA • BEL 0860 100 123 MAANDAG TOT VRYDAG TUSSEN 8:00 EN 16:00 AS JY WIL INTEKEN. NAVRAE: E-POS ROOIROSESUBS@RNAD.CO.ZA SEPTEMBER 2015
rooi rose 63
mode
MOULOSE RIVER ISLAND-JAS (R1 199; 6-18) EDGARS.
MOULOSE JAS (PRYS OP AANVRAAG) KAREN MILLEN.
MOULOSE RIVER ISLAND-JAS (R1 449; 6-18) EDGARS.
MOULOSE COUNTRY ROAD-JAS (R1 799; XXSXL) WOOLWORTHS.
ONS DRA moulose jasse Die jas gee ’n uitrusting ’n minimalistiese voorkoms. Dra ’n T-hemp of ’n trui onder die jas
Jy kan die broek deur ’n lang potloodromp van rekstof vervang.
COUNTRY ROADBROEK (R899;XXS-XL) WOOLWORTHS.
WINSKOPIE
Die moulose jas lyk op sy beste saam met ’n moulose hempie of bloes. MOULOSE T-HEMP (R199; 8-16) FOSCHINI.
HANDSAK (R280) EXACT. VETERSKOEN (R749) CHARLES & KEITH.
64 rooi rose
SEPTEMBER 2015
FOTO’S VERSKAF; MODE ASSISTENT DANIELA DU TOIT
Deur SUSRA MATTHEE susram@ctp-mail.co.za @susra_morkel
WEN ’N MOOIMAAKSESSIE EN ANDER PRYSE VAN R250 000 As jy gou spring, kan jy nog vir ons Rosella Royal-kompetisie inskryf. Stem ook vir jou gunstelingfinalis en wen groot pryse!
D
ie wenner van rooi rose en Rosella - Style inspired by Elegance - se mooimaak-kompetisie sal van kroontjie tot toontjie “oorgedoen” en met nuwe klere uitgerus word. Om die kroon te span, kan jy en ’n metgesel dan op Mauritius gaan leeglê. Daar is ook baie pryse op die spel vir lesers wat vir hul gunstelingfinaliste by www.rooirose.co.za stem Die mooimaaksessie, wat in Johannesburg gedoen word, strek oor sowat twee dae. Op die eerste dag word die wenner met gesig-,
hand- en naelbehandelings bederf. Die volgende dag word haar hare en grimering, ’n nuwe klerekas, stilering, juwele en bykomstighede getakel. Die “koningin” sal in ’n Johannesburgse gastehuis tuisgaan en ’n chauffeur sal haar rondkarwei in ’n Mercedes Benz wat De Wit Motors goedgunstiglik vir die mooimaaksessies tot haar beskikking stel. Vir meer inligting kyk by www.rosella.co.za Twitter: @Lady_Rosella
Om in te skryf VIR DIE MOOIMAAKSESSIE: LAAI ’N VOLLYFFOTO EN SKRYF ’N PARAGRAAF OOR HOEKOM JY “KONINKLIK” GENOEG IS OM HIERDIE PRYS TE WEN BY ROOIROSE.CO.ZA SLUITDATUM 31 AUGUSTUS 2015. BEPALINGS EN VOORWAARDES OP BL. 148
DIE ROSELLA ‘ROYAL’ PRYS Die wenner sal klere en bykomstighede van R30 000 van ROSELLA - Style Inspired by Elegance wen.
Jolie, Holster en Spanx beskikbaar by ROSELLA. Spanx borg lieflike onderklere. Holster skenk vyf paar skoene. đ
STEM EN WEN
Die wenner en ’n metgesel sal vir vyf nagte by die eksklusiewe Heritage Awali Resort and Spa op Mauritius tuisgaan. Ontbyt en aandete is ingesluit, maar nie middagetes en drankies nie. đ
rooi rose-lesers kan vanaf 1 September vir hul gunsteling-finaliste by rooirose.co.za stem en die volgende pryse wen: đ Onderklere ter waarde van R5 000 van Spanx. đ Velprodukte en -behandelings van R5 000 van Dermalogica.đTien grimeerwerkswinkels ter waarde van R550 elk van Mud Makeup.đ Crabtree & Evelyn-produkte van R5 000.đ Vyf paar skoene ter waarde van R5 000 van Holster. đ Naelsorg ter waarde van R2 000 van Morgan Taylor.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 65
mooi, mooier
‘Saam met die fokus op ’n gesonde, holistiese leefstyl is antioksidante nou weer groot nuus’ DR. JUANITA KOTZÉ, PRODUKONTWIKKELINGSAPTEKER VIR NIMUE SKIN
66 rooi rose
SEPTEMBER 2015
JOU ANTIOKSIDANTGIDS MODEL CARMEN VAN BOSS; HARE EN GRIMERING ALET VILJOEN VAN SUPERNOVA. KLERE: BLOES TOPSHOP; KIMONO EN ROMP FOREVER 21; BLOMKUNS-“JUWELE” DEUR MARIDA VAN PARADISO FLOWERS IN SOMERSET-WES 021 852 9882 WWW.PARADISO.CO.ZA
‘Anti-oksidant’ is skielik weer ’n gonswoord. Met ons praktiese en nuttige gids kan jy anti-oksidante maklik tot jou skoonheidsvoordeel gebruik Deur SUZANNE KOTZÉ. Foto’s deur GAVIN KLEINSCHMIDT GESKIET BY THE GREENHOUSE-KWEKERY, MONTBELLO, NUWELAND, KAAPSTAD
Hoe werk antioksidante? Oksidasie is ’n natuurlike proses - dink maar aan ’n appel wat bruin word sodra dit geskil is en aan lug (suurstof ) blootgestel word. So beïnvloed oksidasie, wat meestal deur vrye radikale veroorsaak word, ook ons velle. Vrye radikale is suurstofmolekules wat ’n elektron verloor het en onstabiel is. Hulle probeer hulself genees en steel elektrone by gesonde molekules, wat op hul beurt net nog vrye radikale vorm en in die proses ons selle beskadig. Vrye radikale word nie net deur ons liggame vrygestel nie, maar ook deur eksterne faktore soos besoedeling, sonlig en sigaretrook. Vrye radikale kan tot veroudering bydra. Anti-oksidante neutraliseer en keer vrye radikale wat die molekulêre struktuur van ons DNS beskadig. Anti-oksidante is tans ’n baie gewilde bestanddeel in skoonheidsprodukte. Vitamien A, C, E, sommige B-vitamiene, betakaroteen en selenium is almal anti-oksidante. Dr. Nicholas Perricone, ’n professor in dermatologie wat sy eie skoonheidsreeks (Perricone MD) ontwikkel het, beveel aan dat jy ook voedingaanvullings en kosse ryk aan antioksidante by jou dieet insluit. Hy sê reënboogkosse soos kleurryke groente en vrugte (blou bessies, ’n verskeidenheid rooi bessies, granate, acai-bessies en broccoli) is die beste anti-oksidante.
Is anti-oksidante nét goed?
“Oksidasie is nie altyd ’n ongewenste proses in ons liggame nie,” sê Leandri van der Wat, navorsing- en ontwerpwetenskaplike by Skin Rejuvenation Technologies (Optiphi). “Ons selle word gevoed deur die kos wat ons eet en dit is die resultaat van verskeie oksidasiereaksies. Vrye radikale is ook nie almal sleg nie, sommiges beveg bakterieë in ons liggame.” Dr. Willie Visser, hoof van die Departement Dermatologie aan die Universiteit van Stellenbosch, sê daar is geen “real life” bewyse dat anti-oksidante jou jonger maak en langer laat leef nie. Daar is wel in vitro bewys dat suurstof ernstige selskade aanrig en so veroudering veroorsaak, en dit is logies om aan te neem dat anti-oksidante hierdie proses sal teëwerk. Hy maan ook dat te veel vitamiene (ekstra aanvullings) skadelik kan wees, want jy weet nie hoeveel wel deur jou bloedstroom opgeneem word nie. Om anti-oksidante eerder topikaal (soos in die vorm van skoonheidsprodukte) aan te wend klink daarom beter. Hy sê die beste raad teen veroudering is sonskerm en vitamien A. Hoekom is dit nie genoeg om net anti-oksidante in te neem nie?
Petru van Zyl, navorser en direkteur van pHFormula, sê jy moet jou vel van buite en binne voed sodat dit optimaal kan funksioneer, want ons velle het soveel fisiologiese funksies en is baie vatbaar vir skade wat vrye radikale aanrig. SEPTEMBER 2015
rooi rose 67
mooi, mooier
‘Antioksidante moet sterk genoeg, stabiel en goed nagevors wees’
Gewilde anti-oksidante in velsorgprodukte VITAMIEN A
Wat doen dit? Retinol (die term vir die hele vitamien A-molekule) is eintlik veel meer as ’n anti-oksidant. Die meeste velkenners en dokters is dit eens dat dit dié bestanddeel is wat jy by jou teenveroudering-velsorgroetine moet insluit. 68 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Voordele: Help die sellulêre struktuur van die epidermis herstel; moedig ’n gesonde selmembraan aan; skilfer die vel af; verminder bruin vlekke en pigmentasie; verminder olie-afskeiding (goed vir akneebehandeling); laat wonde vinniger genees. Name op verpakking: Kosmetiese graad vitamien A sluit retinyl acetate, retinyl palmitate en retinaldehyde in. Petru van Zyl van pHFormula sê retinol is die beste, want sodra dit deur jou vel opgeneem word, word dit afgebreek na retinoïede suur wat jou velselle en hul gedrag kan beïnvloed. Retinol kom in verskillende konsentrasies in skoonheidsprodukte voor. Jy het nie noodwendig ’n voorskrif nodig nie. Die enigste nadeel is dat dit jou vel sensitief kan maak. Ons beveel aan dat jy stadig begin en as jou vel rooi of sensitief word, jy die produk langer tye uitmekaar gebruik. Eet so: patats, wortels (gekook), groen blaargroentes (krulkool, spinasie), botterskorsie, appelkose, romeinse of bindslaaiblare (cos), spanspek, rooi soetrissie, beet, mango en papaja.
VITAMIEN C Wat doen dit: Behandel plooie, ’n vel wat moeg lyk en bruin vlekke. ’n Goed nagevorste, wateroplosbare vitamien. Belangrik dat veral die askorbiensuur en L-askorbien-suurvorme so verpak word dat dit nie aan lug blootgestel word nie. Petru sê L-askorbiensuur is die doeltreffendste vitamien C, maar ook die een wat veral sensitief is vir lug en maklik afbreek. Dit moet net voor aanwending gemeng word om doeltreffend te wees. Sy verkies magnesium askorbielfosfaat (ook bekend as MAP) wat in ’n konsentrasie van 2% of hoër gebruik moet word. “’n Lugdigte verpakking is veral belangrik as dit by vitamien C kom,” sê Paula Bedoun. “Vermy vitamien C wat in ’n potjie voorkom, tensy dit enkele geseëlde kapsules is.” Ander name: L-ascorbic acid, ascorbyl palmitate, sodium ascorbyl phosphate en magnesium ascorbyl phosphate. Eet dit so: geel soetrissie, koejawel, krulkool (kale), spinasie, kiwivrug, broccoli, aarbei, sitrusvrugte (veral lemoene en
TOPPIE BANANA REPUBLIC BY STUTTAFORDS
Neem die volgende in ag wanneer jy produkte met antioksidante koop: Stabiliteit: Die formule moet stabiel wees. Sodra sommige anti-oksidante aan lug blootgestel word, breek hulle af. Om dit te voorkom word baie produkte in donker botteltjies of metaalbuisies verpak. Absorpsie: Sommige mense meen anti-oksidante word nie deur die vel opgeneem nie. Maar die Amerikaanse dermatoloog en adviseur vir skoonheid- en farmaseutiese maatskappye, dr. Patricia Farris, sê heelwat studies bewys dat anti-oksidante deur die selle van die stratum corneum (boonste lagie van die vel) geabsorbeer word en dit is waar vrye radiPAUL BEGOUN kale geneutraliseer word. Konsentrasie: Sommige produkte bevat ongelukkig net ’n tikkie anti-oksidante met vlakke wat dalk nie doeltreffend is nie. Maar as die konsentrasie te hoog is, kan dit tot velirritasies lei. Daar is wel ’n optimale konsentrasie vir elke anti-oksidant. Die gevolgtrekking: Kies wat vir jou werk en jou goed laat voel. In die skoonheidskantoor volg ons die bekende navorser, skrywer en stigter van Paula’s Choice-produkte, Paula Begoun, se raad en gebruik ’n mengelmoes van anti-oksidantprodukte. Sy sê die anti-oksidante moet sterk genoeg, stabiel en goed nagevors wees. Net soos dit beter is om ’n verskeidenheid groente en vrugte te eet (eerder as net broccoli of appels), is dit beter om soveel moontlik anti-oksidante by jou velsorgroetine in te sluit.
DERMACEUTIC C25 CREAM ANTIOXIDANT CONCENTRATE (R620) BEVAT GEKONSENTREERDE ANTI-OKSIDANTE (25% VITAMIEN C-KOMPLEKS, VITAMIEN A, B5 EN E) EN WORD AANBEVEEL VIR ONEWEREDIGE EN DOWWE VEL.
AFRICOLOGY ANTIOXIDANT SERUM (R530 VIR 30 ML) BEVAT VITAMIEN A EN UBIKINOON WAT HELP OM PLOOIE OP TE PLOMP EN VITAMIENE TE REGENEREER. FOKUS OP PROBLEEMPLEKKE SOOS DIE LIPPE, OË EN NEK. ENVIRON ANTIOXIDANT GEL (R259, UITGESOEKTE SALONNE) BEVAT ONDER MEER VITAMIEN C EN E EN HELP DIE VEL BEVOGTIG. DIE IDEALE JEL AS JOU VEL TE SENSITIEF VIR VITAMIEN A IS. GARNIER EVEN & MATTE IDEAL COMPLEXION DAILY CREAM (R34,95) BEVAT VITAMIEN C WAT PIGMENTASIE VERBETER.
SKNLOGIC BOOST AGE DEFENCE WITH APPLE EXTRACT (R100, UITGESOEKTE SALONNE) BEVAT VITAMIEN C, E, B, OLYFOLIE EN APPELEKSTRAK.
DOCTOR BABOR DERMA CELLULAR DETOXIFYING VITAMIN CREAM SPF15 (R1 836 VIR 50 ML) BEVAT HOË KONSENTRASIES VITAMIEN C, A EN E WAT DIE VEL SE NATUURLIKE BESKERMING TEEN UV-STRALE EN BESOEDELING ’N HUPSTOOT GEE.
OPTIPHI PROTECTING REVITALIZER (R1 580, UITGESOEKTE SALONNE) BEVAT BESTANDDELE WAT DIE VEL TEEN SKADELIKE UV-STRALE BESKERM (WAT VRYE RADIKALE VEROORSAAK). DIE ROOM BEVAT OOK VITAMIEN A, C EN E EN SKEP DIE OPTIMALE BALANS VIR SELFUNKSIONERING.
NIMUE ELEMENT BARRIER (R525) BEVAT VITAMIEN E VIR BEVOGTIGING EN ARTEMIAEKSTRAK WAT JOU VEL TEEN RADIASIE BESKERM.
PLACECOL GENTLE EXFOLIATING TREATMENT (R320) BEVAT NIASIENAMIED (VITAMIEN B3) EN ALFAHIDROKSIESURE. DIT HELP SELHERNUWING AAN EN MAAK DIE VEL SAGTER. WEND TWEE KEER PER WEEK VIR 15 MINUTE AAN NADAT JY JOU GESIG SKOONGEMAAK HET. WAS AF.
DR HAUSCHKA NIGHT SERUM (R620) BEVAT ORGANIESE APPELS WAT RYK IS AAN ANTI-OKSIDANTE EN DIE VEL HELP OM GESONDE, NUWE SELLE TE VORM. DIE SERUM BEVAT OOK HAMAMELIS WAT DIE VEL BEVOG EN VERSTERK. PH FORMULA VITA B3 24 HOUR CREAM (R698) HELP KEER DAT JOU VEL VOG VERLOOR EN VERKLEUR EN VERBETER SOEPELHEID.
SKIN REGIMEN JUVENATE PRO BOOSTER (R1 235) WORD AANBEVEEL VIR OUER VELLE MET PLOOIE EN ’N ONEWEREDIGE VELTOON. DIE ROOM BEVAT RETINOL, SPINASIE EN KARNOSIEN WAT HELP OM OKSIDASIE, METILERING EN INFLAMMASIE TE BEVEG.
THE BODY SHOP VITAMIN E OVERNIGHT SERUM IN OIL (R155). DIE NAGSERUM BEVAT KORINGKIEMOLIE, EEN VAN DIE NATUUR SE VERNAAMSTE BRONNE VAN VITAMIEN E. HEERLIK VIR BEVOGTIGING. DIE OLIE VOEL LEKKER LIG.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 69
mooi, mooier
Eet dit so: rooi druiwe, rooiwyn, neute (grondbone en pistasie), vrugte soos bloubessies en bosbessies, donkersjokolade en kakao.
pomelo’s), tamatie (gekook), mange tout, papaja, spanspek en pynappel.
VITAMIEN B3
Wat doen dit: Petru van Zyl sê vitamien B3 (niasienamied) is haar gunstelingB-vitamien. Dit is multifunksioneel en kan alles van droë vel tot plooie, pigmentasie en aknee behandel. Die vitamien het ook buitengewone antiinflammatoriese eienskappe wat dit selfs doeltreffend maak vir veltoestande soos psoriase en rosacea. Petru sê in konsentrasies van 4% of hoër kan niasienamied selfs pigmentasie en ouderdomsvlekke verlig. Ander name op verpakking: niacin, carboxamide, 3-pyridinecarboxylic acid, B complex vitamin, nicosedine, nicotinamide, nicotinic acid, nicotylamidum, pellagra preventing factor, vitamin B3, vitamin PP. Eet dit so: Tuna, hoender, vark, bees, grondboontjies, sampioene, ertjies, sonneblomsade, avokado’s, appels.
VITAMIEN E
Wat doen dit? Vitamien E is een van die gewildste anti-oksidante en is ’n vetoplosbare vitamien. Dit beskerm jou selmembrane teen oksidasie wat veral gedurende sonblootstelling plaasvind. Dit werk goed saam met vitamien C, serums en bevogtigers. Ander name op die verpakking: Vitamien E is vetoplosbaar en beskikbaar in verskillende vorms: alpha-tocopherol is een van die mees biologies aktiewe vorms van vitamien E. Ander vorms: tocopheryl acetate, tocopheryl linoleate, tocotrienols, alpha tocopheryl en tocopheryl succinate vitamin E. Eet dit so: spinasie, amandels, sonneblomsade, avokado’s, olyfolie, koringkiemolie, broccoli, botterskorsie.
RESVERATROOL
Wat doen dit: Beskerm die vel teen sonskade, verbeter kollageenproduksie en verminder selskade. Dit is ’n stabiele en sterk anti-oksidant. Gebruik dit in vogrome en grimering. Ander name: 3,5,4-trihydroxystilbene. 70 rooi rose
SEPTEMBER 2015
KO-ENSIEM Q10
Wat doen dit? ’n Natuurlike anti-oksidant in ons liggame wat selle help groei en beskerm. Die natuurlike vlakke van die ensiem neem af namate ons ouer word. Dit help om die voorkoms van plooie te verminder. Ander name: coenzyme Q10, CoQ10, ubiquinone. Eet dit so: Kouewatervis (soos tuna, makriel en salm) en plantolies.
Kleurryke groente en vrugte (blou bessies, ’n verskeidenheid rooi bessies, granate, acaibessies en broccoli) is die beste antioksidante TEE (Groen en wit tee)
Wat doen dit: Groen en wit tee bevat kragtige anti-oksidante van die plant Camellia sinesis en help om ontsteking te beveg, kollageen te bou en verminder selskade wat deur sonskade veroorsaak word. Ander name op verpakking: Camellia sinesis, epigallocatechin 3-gallate (EGCG).
ROOIBOS
Wat doen dit? Ons trots Suid-Afrikaanse rooibos bevat superoksiede simutase wat nodig is vir die produksie van gesonde velselle en beveg ook veroudering. Dit is antibakteries, hipoallergenies en bevat ook sink. Naam op verpakking: rooibos, Aspalathus linearis. Eet dit so: Drink minstens ses koppies rooibos deur die dag, beveel rooibosnavorser dr. Jeanine Marnewick aan. En onthou, hoe rooier jou koppie rooibos, hoe beter is die gehalte van die tee.
GRANATE
Wat doen dit? Dit help om inflammasie in die vel en dus veroudering te beveg en kan kollageenafname help voorkom. Ander name: pomegranate, pomegranate extract, Punica granatum. rr ’n Maklike manier om al jou anti-oksidante in te neem is om dit te drink. Vir heerlike resepte kyk na “Gesond in volkleur” op bl. 120.
ESSE ULTRA MOISTURISER (R400) IS ’N RYK ROOM VIR ’N DROË VEL. DRUIWEPITEKSTRAK EN VERSKEIE OLIES HELP DIE PRODUKSIE VAN ELASTIEN EN KOLLAGEEN AAN. DIE ROOM BEVAT OOK ROOIBOS- EN HEUNINGBOSEKSTRAK.
DERMALOGICA ANTIOXIDANT HYDRAMIST (R610) HELP OM DIE VELTEKSTUUR TE VERBETER, BEVEG VRYE RADIKALE EN BEVOG. DIT BEVAT WIT TEE WAT DIE VEL STREEL EN BESKERM EN VITAMIEN C WAT KOLLAGEENSTIMULERING AANHELP.
AFRICAN EXTRACTS ADVANTAGE TRIPLE ACTION SERUM (R169,99) BEVAT ROOIBOS EN PLANTEKSTRAKTE WAT HELP OM DIE VEL TE BEVOG EN FERMER TE LAAT LYK EN OOK PLOOIE EN DONKER VLEKKE VERMINDER.
COVERDERM COMPLETE CARE CC CREAM FOR FACE (R429 VIR 40 ML) BEVAT 12 AKTIEWE BESTANDDELE WAT JOU VEL HELDERDER LAAT LYK, MAAR OOK VOED EN BEVOGTIG EN TEEN UVAEN UVB-STRALE BESKERM. DIE ROOM BEVAT VITAMIEN C EN EKSTRAKTE VAN GRANAAT EN AVOKADO.
KALAHARI PHYTO FACIAL MIST (R195, UITGESOEKTE SALONNE) HELP JOU VEL SE NATUURLIKE ONTGIFTINGSVERMOË AAN EN LAAT DIE VEL HELDERDER EN MINDER MOEG LYK. GEBRUIK VOOR JOU BEVOGTIGER OF DEUR DIE DAG BO-OOR JOU GRIMERING VIR ’N VARS GEVOEL. DIE SPROEI BEVAT ROOIBOS.
NIVEA Q10 PLUS ANTIWRINKLE DAY CREAM (R149,99) BEVAT GOJIBESSIE-EKSTRAK WAT ’N RYK BRON VAN VITAMIENE EN VERAL VITAMIEN A IS. DIE ROOM IS OOK VERRYK MET KO-ENSIEM Q10 EN KREATIEN WAT HELP OM DIE VEL MINDER MOEG EN GESTRES TE LAAT LYK.
CLARINS UV PLUS ANTI POLLUTION DAY SCREEN MULTI PROTECTION SPF 50 (R465 VIR 30 ML) IS ’N LIGTE SONSKERM MET SANIKEL-EKSTRAK (EKSKLUSIEF AAN CLARINS) EN EKSTRAKTE VAN SPANSPEK EN SWARTBESSIE WAT RYK AAN ANTIOKSIDANTE IS.
ESTÉE LAUDER DAY WEAR MULTI PROTECTION ANTIOXIDANT SHEER TINT RELEASE MOISTURIZER (R660) BEVAT ANTI-OKSIDANTE SOOS EKSTRAKTE VAN DRUIWEPITTE, SUURLEMOEN EN KOEJAWEL. DIT GEE DIE VEL ’N NATUURLIKE TINT EN BIED OOK SONBESKERMING.
NEOSTRATA SKIN ACTIVE ANTIOXIDANT DEFENSE SERUM (R783, UITGESOEKTE SALONNE) BEVAT DRUIWEPITEKSTRAK EN CHINESE TEE. DIT BEVAT OOK KOFFIE- EN APPELEKSTRAK WAT DIE VEL VERHELDER EN JASMYNEKSTRAK WAT SIRKULASIE VERBETER.
EXUVIANCE ANTIOXIDANT PERFECT 10 SERUM (R650) BEVAT PLANTAARDIGE ANTI-OKSIDANTE SOOS EKSTRAKTE VAN DRUIWEPITTE EN GROEN TEE WAT JOU VEL TEEN VRYE RADIKALE HELP BESKERM.
THERAVINE VITAVINE ANTI-WRINKLE SKIN BOOSTER (R390, UITGESOEKTE SALONNE) BEVAT ANTI-OKSIDANTE WAT IN DRUIWE VOORKOM. VOLGENS THERAVINE IS DIÉ ANTI-OKSIDANT VYFTIG KEER STERKER AS VITAMIEN E EN TWINTIG KEER STERKTER AS VITAMIEN C OP ’N ANTIOKSIDANTVLAK. DIT STIMULEER KOLLAGEEN, VERBETER FERMHEID EN SOEPELHEID EN BEVEG INFLAMMASIE (WAT VEROUDERING AANHELP).
AVON NUTRAEFFECTS ACTIVE SEED COMPLEX AGELESS MULTI ACTIVE CREAM SPF20 (R109) BEVAT GRANAAT WAT HELP MET KOLLAGEENPRODUKSIE EN ’N JONGER, FERMER VEL TOT GEVOLG HET.
PURELOGICOL SUPER ANTIOXIDANT MOISTURISER (R880 VIR 50 ML) BEVAT NANO-VITAMIENE EN EKSTRAKTE VAN GROEN TEE EN DRUIWEPITTE. DIE ROOM BEVOGTIG EN VOED, VERMINDER DIE DIEPTE VAN PLOOIE EN BIED ANTI-OKSIDANTBESKERMING.
SKINCEUTICALS RESERVATROL B E ANTIOXIDANT NIGHT CONCENTRATE (R2 300 VIR 30 ML) BEVAT 1% STABIELE RESVERATROOL EN OOK VITAMIEN E WAT DIE VEL HELDERDER EN SOEPELER MAAK. SEPTEMBER 2015
rooi rose 71
mooi, mooier TOWERstaffie
Skoon oë
Nadat ek my hare met die TANGLE TEEZER
BLOW STYLING FULL PADDLE (R360, UITGESOEKTE SALONNE OF WWW.HAIRCAIR.CO.ZA)
So eenvoudig: Druk net ’n ertjie-grootte druppel van die Mavala Eye Make-Up Remover Gel (R165) op ’n katoenballetjie en vee jou donker ooggrimering af. Die jel laat wel ’n olielagie agter wat jy vinnig met water kan afspoel.
drooggeblaas het, wou kollega Justine weet of ek by die salon was. (Ek gebruik die ghd Aura-haardroër.) As jy so na hierdie borsel kyk, kan jy skaars glo die wye tande kan jou hare so glad en mooi droogblaas, maar dit is juis danksy die wye tande dat die lug beter vloei en jou hare gouer en gladder droog word. SUZANNE
JUSTINE
JUSTINE KIES
ONS gunstelinge Wimpers met WOEMA Ek is altyd op soek na ’n maskara met ’n fyn borseltjie wat ek vir ekstra definisie oor my vals wimpers kan aanwend. Die
Ons skoonheidspan toets elke maand ’n magdom produkte. Hier is hul gunstelinge Deur SUZANNE KOTZÉ en JUSTINE KROES suzannek@ctp-mail.co.za @suzannekotze
’n Fyner vel Ek wend eers my dagroom aan en daarna Yardley se Illuminating Primer (R99,95) wat die porieë op my wange aansienlik kleiner laat lyk. Danksy hierdie voorbereidingslagie wend die onderlaag ook sommer makliker aan. JUSTINE
AVON COLORTREND BOOST IT! MASCARA (R69,90) se borsel-
tjie kam my wimpers netjies en is ook fyn genoeg om op my onderste wimpers te gebruik.
VERJAARDAGuitgawe Elemis het ter viering van hul 25ste verjaardag spesiale groot potte van een van my ou gunsteling-gesigsreinigers ELEMIS PRO-COLLAGEN CLEANSING BALM (R1 450) uitgebring. Die
tekstuur en reuk is hemels. Jy masseer die room in en vee met ’n warm waslappie (ingesluit) af. SUZANNE
SUZANNE KIES
WenkbrouWONDER Ek is gelukkig om vol wenkbroue te hê en is maar te bly dat voller wenkbroue hier is om te bly. My wenkbroue is van nature donker, hoewel ’n blonde haartjie of twee nou en dan kop uitsteek. MAYBELLINE BROW MASCARA (R99,95) is wonderlik: net een veeg tem my effe woeste wenkbroue en gee ’n mooi, eweredige kleur sonder om “gedoen” te lyk. SUZANNE
72 rooi rose
SEPTEMBER 2015
HAVASWW10783/A
Kan jy glo dié bene het 5km gedraf vanoggend, heeldag in hoë hakskoene gestaan, inkopies gedoen én aandete gekook vir 5? Na ’n heeldag-op-jou-voete-dag sal jou bene die strelende drievoudige formule van Rooidruiweblaar-ekstrak, Wildekastaiing-krui en Slagtersbesem-ekstrak wat in Venavine® Intensive Kapsules gevind word, waardeer. Hierdie kombinasie van die aktiewe bestanddele kan die liggaam ondersteun deur die ongemak van swaar, uitgeputte en geswelde bene te verlig, deur die aarwande van die been te versterk en bloedsomloop te verbeter. Ander produkte in die reeks sluit in Venavine® Kapsules en Venavine® Intensive Room. Vir absolute onweerstaanbare bene – put die meeste uit jou dag met Venavine®*.
Leef op jou voete
Webtuiste: www.venavine.co.za Vind ons by www.facebook.com/Venavine
* Effektiwiteit van ondersteuning kan verskil tussen gebruikers. Raadpleeg jou mediese praktisyn vir ‘n diagnose en as simptome voortduur. Venavine® is ook by apteke en vooraanstaande kleinhandelwinkels beskikbaar. Nativa (Edms) Bpk. Privaatsak X 1030, Lyttelton, 0140, Gauteng, Suid-Afrika. Tel: +27 (0) 12 664 7110 • Faks: +27 (0) 12 664 8031 Kliëntedienslyn: 0860 NATIVA (628 482) E-pos: health@nativa.co.za • Mobiele tuiste: www.nativa.mobi
YAVEN003/01
mooi, mooier ‘Wat my aangetrek het van Neutrogena, was dat hul ambassadeurs almal eg en opreg is. As ’n vrou kan ek my hiermee vereenselwig en dit weerspieël ook wie ek is’
DIE PRAGTIGE NOMZAMO MBATHA (AKTRISE IN TV-PROGRAMME SOOS HOLIDAY SWAP, ISIBAYA EN UMLILO EN DIE PLAASLIKE FLIEK TELL ME SWEET SOMETHING) IS DIE EERSTE SUID-AFRIKAANSE GESIG VAN NEUTROGENA.
Wat’s NUUT Dis nuus, dis nou, en dis waarvan ons hou
KLEIN plesiertjies Prada Candy-aanhangers sal bly wees dat dié fyngeur nou in nuttige botteltjies van 20 ml beskikbaar is - ideaal vir reis of jou handsak, asook vir dié wat graag ’n parfuum wil toets voor hulle ’n groter een koop. PRADA CANDY KISS EDP (R535) is ’n gesofistikeerde geur, vol selfvertroue en verleidelik. PRADA CANDY KISS L’EAU (R480) is ’n Oosterse blommegeur - energiek, enigmaties en optimisties. PRADA CANDY KISS FLORALE (R480) is sag en effens roekeloos. Dink sprankelende wit blomme met sensuele, poeierige note.
Deur SUZANNÉ KOTZE suzannek@ctp-mail.co.za @suzannekotze
SUPERLUUKS
Welkom TERUG! Ons is verheug dat Benefit Cosmetics terug in Suid-Afrika is. Beskikbaar by uitgesoekte Edgars- en Red Squarewinkels. Die reeks lyk sommer vrolik en die verpakking is prettig en speels.
Swart truffels, goud en pêrels Onder ’n reuse-eikeboom, diep in ’n Franse woud, snuffel honde deesdae volgens ’n eeue oue tradisie na Estée Lauder se jongste en kosbaarste vonds: die swart diamanttruffel. Die skoonheidshuis gebruik die skaars truffel in die nuwe ESTÉE LAUDERSERUM, RE-NUTRIV ULTIMATE DIAMOND SCULPTING/REFINISHING DUAL INFUSION SERUM (R4 000). Duur ja, maar dit neem glo
tienduisend uur om die produk te maak. Die spesiale serum het twee silinders: in een van hulle is die ekstrak van die swart diamanttruffel, asook 24 kar. fyngoud en SIRT-6 wat die selle help om die digtheid, soepelheid en elastisiteit daarvan te herstel. In die platinumsilinder is bestanddele wat jou vel glad maak, asook verpoeierde pêrels vir ’n mooi, glansende vel. Met een pomp (dis al wat jy nodig het vir jou nek en hals) kom daar net genoeg uit albei silinders. Druk jou hande teenmekaar en druk die kosbare olie saggies op jou gesig. 74 rooi rose
SEPTEMBER 2015
ONS TOETS Gesigreinigers VICHY PURETÉ THERMALE GEL (R290)
Ek het ’n volwasse vel wat veral in die winter geneig is om baie droog te wees. Ek gebruik die Pureté Thermalereiniger al ’n paar dae lank en dit laat my vel fris voel sonder dat dit styf trek, soos wat met baie ander produkte gebeur. Boonop ruik dit hemels. Ek beveel die Vichy-jel met graagte aan. CORNÉL DUNN, LEEFSTYLREDAKTEUR.
REN ROSA CENTIFOLIA HOT CLOTH CLEANSER (R330)
Ek hou so baie van die sagte roosgeur, die waslappie (nou hoef ek nie watte weg te gooi nie!) en die pompie wat net die korrekte hoeveelheid uitdruk. Die reiniger word met die waslappie afgevee - jy kan selfs hier en daar ’n bietjie“skuur” waar die vel nie so fyn en sag is nie. Dit laat my gesig skoon en soepel voel.
SALOMÉ DELPORT, GESONDHEIDSREDAKTEUR
NIMUE CLEANSING MILK (R360)
Hierdie romerige jel is ideaal vir ’n droë vel soos myne. Ek het dit met nat vingerpunte aangewend en toe afgespoel. Die jel skilfer terselfdertyd dooie selle af. Dit bevat geen parfuum of seep nie en is geskik vir sensitiewe velle. GRETA GERICKE DEKOR-ASSISTENT
’n Avon-geskenkpak van R2 000 is op die spel vir 20 gelukkige lesers
D
ie Avon Nutra Effects-reeks is die velprodukte van die jaar! Die anti-oksidanten vitamienryke formules van Nutra Effects versorg jou vel met die kragtige voedingstowwe wat in sade voorkom. Die Avon Nutra Effects Radiance-reeks help om die voorkoms van pigmentasie te verminder sodat die vel gladder en stralender sal lyk. Jou vel sal sommer die eerste dag al helderder lyk en nĂĄ drie weke sal die kleur meer egalig wees. Danksy die seepvrye formule van die reinigers in die reeks kom jou gesig skoon sonder dat jou vel droog word. Dit bevat ook geen kleurmiddels of parabens nie. Geskik vir sensitiewe velle.
DIE AVON NUTRA EFFECTS-REEKS BESTAAN UIT: ÄŠĹ‹ Ĺ‹ Ĺ‹ ĂŽ Ĺ‹ Ĺ‹Ĺ‹Ĺ‹ Foaming Face Wash ÄŠĹ‹ Ĺ‹ Ĺ‹ ĂŽ Ĺ‹Ĺ‹ Ĺ‹ Mattifying Toner
Om in te skryf STUUR ’N SMS MET JOU ANTWOORD, VOLLE NAAM, ADRES EN ID-NOMMER NA 48409. VRAAG: DIE NUTRA EFFECTS RADIANCE-REEKS HELP OM WAT TE VERMINDER SODAT DIE VEL GLADDER EN STRALENDER SAL LYK? SMS’E KOS R1,50 ELK. GRATIS SMS’E GELD NIE. SLUITDATUM 30 SEPTEMBER 2015. KOMPETISIES: BEPALINGS EN VOORWAARDES OP BL. 148.
VIR ’N GEBALANSEERDE VEL: Ċ Avon Nutra Effects Balance Day/Night Gel Cream Ċ Avon Nutra Effects Balance Day Cream SPF15
VIR ’N EGALIGE VEL: Ċ Avon Nutra Effects Radiance Night Cream Ċ Avon Nutra Effects Radiance Day Cream SPF20
VIR ’N VEL SONDER ENIGE TEKENS VAN VEROUDERING: Ċ Avon Nutra Effects Ageless Night Cream Ċ Avon Nutra Effects Ageless Day Cream SPF20 Meer inligting by www.avon.co.za SEPTEMBER 2015
rooi rose 75
mooi, mooier ‘Dit was ongelooflik om myself van ’n ander perspektief te sien, ek kon nie glo dit is ek nie!’
WERK
’n Vriendin, Heidi Pryer, het René as ’n kandidaat vir die skep van ’n nuwe voorkoms voorgestel. “René bestee soveel tyd aan ander, maar min tyd daaraan om haarself goed te laat voel. Dis belangrik dat iemand haar ’n slag spesiaal laat voel.” René is ’n enkelma en ’n dokter in ’n psigiatriese hospitaal. Sy het ’n mooi lyf en ons het haar gewys dat dit nie nodig is om haar figuur onder lospassende klere weg te steek nie. Sy lyk professioneel in hierdie NOUPYPDENIM (STUDIO W BY WOOLWORTHS, R499) terwyl die SWART HOFSKOENE (ALDO, R1 249) daardie
ekstra bietjie lengte skep wat haar slanke bene mooi beklemtoon. Die WIT KRAAGHEMP (MANGO BY EDGARS, R399) breek die swart en lyk sommer vars ook. Die JAS (TED BAKER BY STUTTAFORDS, R3 799) is ’n goeie belegging
en beklemtoon René se dun middeltjie.
NAAM: RENÉ MALHERBE OUDERDOM: 54 BEROEP: DOKTER.
VERANDER HIERDIE WERKVOORKOMS NA ’N GEMAKLIKE NAWEEKVOORKOMS MET HIERDIE PLAT SKOENE (R299, RUBI BY COTTON ON) EN DENIMHEMP (COUNTRY ROAD, R899)
’N NUWE VOORKOMS Wil jy ook ’n nuwe voorkoms hê? Stuur vir ons ’n e-pos na skoonheid@ctp-mail.co.za Deur JUSTINE KROES justinek@ctp-mail.co.za @JPittaway
René lyk modern in haar uitrusting wat ons vir uitstappies saam met haar kinders of vriendinne saamgestel het. ’n Gemaklike NOUPYPDENIM (COUNTRY ROAD BY WOOLWORTHS, R699) definieer haar
slanke bene en daarby saam dra sy ’n LOSPASSENDE BLOES (TOMMY
HILFIGER BY STUTTAFORDS, R1 899,95).
Die GRYS TEKKIES (SUPERGA BY PURR CLOTHING, R799) is net wat nodig is om haar jeugdig te laat lyk. ’n BAADJIE (COTTON ON, R399) rond die uitrusting mooi af. 76 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Rooi pas perfek by René se olyfkleurige vel. Die eenvoudige maar sjiek ROOI ROK (CHARTER CLUB BY EDGARS, R699,95)
beklemtoon haar kurwes op al die regte plekke en is ideaal vir etes of afsprake. ’n Eenvoudige BRUIN
HOFSKOEN (ALDO, R699) skep daardie
ekstra bietjie lengte.
AAND
FOTO’S KRISTINA STOJILJKOVIC, BIRD ON A WIRE; STYLEBAR-SPAN WWW.STYLEBAR.CO.ZA; HARE & GRIMERING MELISSA VAN ZYL VAN SUPERNOVA CREATIVE MANAGEMENT MET DERMALOGICA.
NAWEEK
René dra nie graag grimering nie, dus het sy ’n vinnige grimeerroetine nodig. “Gebruik ’n hidrerende voorbereidingslagie nadat jy vogroom aangewend het,” is grimeerkunstenaar Melissa van Zyl se raad. ’n Produk soos
DAG
GOSH HYDRATION PRIMER PLUS (R210), sal René se vel bevog
hou, fyn lyntjies sagter maak en grimering langer laat hou. “’n Vloeibare onderlaag sal keer dat haar vel nie droog en trekkerig lyk om plooie nie, maar gee ook subtiele dekking en ’n jeugdige glans.” Gebruik ’n poeier om wenkbroue in te vul en netjies te laat lyk en trek dan vinnig ’n lyntjie bo die oë om die oë verder te beklemtoon. Sjampanjekleurige oogskadu gee ekstra diepte en glans. Gebruik ’n verbronsingspoeier op die wange en opwaarts na die ore, dit gee ’n gesonde glans aan die vel. ’n Natuurlike pienk lipstiffie rond die voorkoms mooi af.
‘Verbloem donker kringer, veral onder die oë. Dit laat jou varser en jonger lyk’ MELISSA VAN ZYL
VIR RENÉ SE GRIMEERSAKKIE
HARE Die #StyleBar-span het vir René ’n haarstyl geskep wat maklik hanteerbaar sal wees. Nog blonde ligstrepies is aangebring sodat die grys wat uitgroei, baie minder sigbaar is. Sy het ’n warm olyfkleurige vel en dis belangrik om weg te bly van “warmer” skakerings (geel kleure) en eerder kouer, asblonde kleure te kies. Die StyleBar-span het die hare wat haar gesig omraam, donkerder gekleur sodat dit ’n mooi raam vir haar gesig vorm. Haar hare is in die nek korter geknip sodat dit nie in haar kraag “opwip” sodra dit droog word nie. Die span stel voor dat René een keer per week ’n pers sjampoe gebruik om die ongewenste geel skakerings in die hare te voorkom. Haar hare val maklik plat en LABEL M. VOLUME MOUSSE, (UITGESOEKTE SALONNE, R225), is vir ’n bietjie
ekstra volheid gebruik. Op droë hare sal ’n droë sjampoe op die wortels ewe goed werk!
đ REVLON PHOTOREADY CONCEALER (R159) đ BOURJOIS ULTRA BLACK LINER PINCEAU (R134,95) đ MAX FACTOR ROSTRUM EXCESS SHIMMER IN COPPERLIGHT (R129,95) đ EYLURE BROW PALETTE (R162,99, DIS-CHEM) AVON GLOW BRONZING PEARLS (R159,95) đ L’ORÉAL PARIS COLOR RICHE LIPSTICK IN TENDER ROSE (R154,95).
AAND Met ’n klein bietjie ekstra moeite kan René haar dagvoorkoms vir die aand aanpas. Wend ’n paar lagies maskara (MAX FACTOR GLAMOUR EXTENSIONS MASCARA, R109,95) op die
wimpers aan. Indien jy jou oë nog meer wil definieer, kan jy met ’n oogomlyner ’n lyntjie van die middel tot die buitehoeke van die oë trek. ’n ROOI LIPSTIFFIE (MAC COSMETICS LIPSTICK IN RUBY WOO (R210)
pas perfek by René se olyf gelaatskleur en beklemtoon haar besonderse blou oë.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 77
leef gesond
Alternatief DIE BESTES EN DIE SLEGSTES Is vreemde terapieë altyd roekeloos of dikwels sinvol? Daar is soveel soorte nie-mediese behandelings dat jy ’n jaar lank elke dag iets anders kan probeer. Mits jou sakke baie diep is, want niks is verniet nie. Deur SALOMÉ DELPORT
D
DIE “DETOKS”
y kan vas of dagga gebruik of gaan vir limfdreinering, reiki of koppieterapie. Of detoks of jou kolon laat spoel. En so aan. En so aan. Die vraag is: werk hulle? Vir elke pasiënt wat hoog en laag sweer dit werk, is daar een wat skouers optrek en sê nee wat, ek het my geld en tyd gemors. Ons het ’n paar van die gewildste en jongste giere ondersoek om te kyk of ons sin daarvan kan maak. 78 rooi rose
SEPTEMBER 2015
etoksifisering is ’n ontgiftingsproses wat al dekades lank as gesondheidsjiek beskou word. As jy aan die alternatiewe kant was, het jy ’n gereelde “detoks” aanbeveel en gedoen. Die jongste siening hieroor het ons verras … Dis ’n baie ou terapie en ’n staatmakerkomponent van Ajurvediese en tradisionele Chinese geneeskunde. Die proses het ’n magdom moderne voorstanders, soos die Britse voedingkenner Patrick Holford. Die konsep agter die proses is dat gifstowwe uit die omgewing en uit ons kos in ons liggame opbou en siekte en veroudering veroorsaak. In ’n ontgiftingsbehandeling raak jou liggaam van hierdie gifstowwe ontslae en voorkom en/of genees van kanker tot allergie, asma, fibromialgie, chroniese moegheid, depressie, diabetes, hoofpyne, hardlywigheid, swak spysvertering, breindofheid, inflammatoriese siektes soos artritis en chroniese infeksies. Die behandeling vereis dat jy vir ’n paar dae – meestal ’n week of twee – kos vermy wat besoedel kan wees en/of “swaar” is en moeilik verteer, soos suiker, gebak, koffie, vleis, vette, koeldranke, alkohol, suiwel en koringprodukte soos brood en beskuit, en van-
FOTO DOLLAR PHOTO CLUB / HANKIMAGE9
dit sowaar asof daar iets in steek, veral ’n gereelde vas van 24-48 uur een tot twee keer per week wat jou, soos vir die antieke vaspraktyk, net water met of sonder suurlemoensap toelaat. Een van die belangrikste navorsers op die gebied van veroudering, dr. Valter Longo van die Davis School of Gerontology aan die Universiteit van Suid-Kalifornië, verduidelik dat jy binne 12-24 uur nádat jy begin vas het, al jou glukosereserwes gebruik het. Dit dwing jou liggaam om die ketogeniese metaboliese roete te gebruik – daardie een van die Banting-dieet. Dit verlaag onder meer jou IGF-1-vlak, met allerlei voordele. Van die vernaamstes is dat dit jou leptienvlakke verlaag, wat inflammasie en oksidatiewe skade aan jou DNA en ander liggaamsweefsel verminder; al die trigliseriede (vette) in jou bloed word ’n slag opgebruik, wat jou kans op hartsiektes en beroerte verminder; jou immuunstelsel word regenereer en verfris en werk beter daarna, wat die kans op kankers verminder en selfs jou breinfunksie word opgeskerp. Baie van die navorsing is nog net op muise gedoen.
selfsprekend eet en drink jy geen kitskos soos burgers, skyfies, pizza, gaskoeldranke of skommels nie. In die ou Ajurvediese behandeling het jy net water gedrink terwyl die moderne detoks eerder ’n kwaai dieet met bitter min van alles is – min kilojoules, min vet, min vleis en min stysel. Jy eet ligte kos, soos gestoomde vis en groente sonder stysel (dink slaai en komkommer). Maar toe sê die wetenskaplik gegronde kenners, soos dieetkundiges, dat jou lewer jou liggaam help om élke dag van al daardie gifstowwe ontslae te raak. Dus sien die ingeligtes detoks deesdae as ’n randterapie in dieselfde kategorie as fratsdiëte – ’n hoogs verdagte, onbewese en onlogiese terapie wat jy net doen as jy naïef is en/of nie van beter weet nie. Daardie berugte detoks-hoofpyn wat veronderstel is om ’n teken te wees dat die gifstowwe uitgeskei word, is niks anders as ’n teken van lae bloedsuiker nie. Eintlik befoeter jy net jou bloedsuiker en metabolisme, veral as jy weke aanmekaar detoks. Ten beste sny jy vir ’n paar dae gemorskos uit. Maar toe ontplof navorsing oor hoë ouderdom. Van muise tot wurms leef langer as hulle minder eet. En nou lyk
WERK DIT VIR ÓNS? Blykbaar. Die bietjie navorsing wat op mense - meestal net op menslike selle – gedoen is, bevestig die muisnavorsing. Ons lewensduur strek, helaas, oor sestig tot honderd jaar en maak navorsing hieroor prakties onmoontlik. Dit lyk asof ’n onderbroke vas (intermittent fasting) - jy vas elke tweede dag, of jy vas twee afsonderlike dae per week, waarin jy net water, of water met ’n bietjie suurlemoensap drink - die beste resultate lewer. Maar navorsing toon dat mense wat vas om gewig te verloor en/of hongerly, hulself net benadeel. Jy moet steeds seker maak dat wanneer jy eet jy al jou voedingstowwe inkry en genoeg eet. Vas is ook nie vir mense wat nog groei nie ( jy is eers teen sowat 28 werklik klaar gegroei), of vir bejaardes, swanger vroue en diabete nie.
Detokshoofpyn (die ‘teken’ dat die proses werk) is eintlik net ’n teken van lae bloedsuiker
• Lees ’n lekker oorsig hier: www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3946160/ WERK DIT? Dit lyk of ’n vas iets vir jou kan doen. ’n Detoks blykbaar nie. SEPTEMBER 2015
rooi rose 79
leef gesond NET SOOS JY IN DIE HOSPITAAL OP ’N DRUP MET MEDIKASIE OF BINNEAARSE VOEDING GEPLAAS KAN WORD, BIED ALTERNATIEWE PRAKTYKE OOK BINNEAARSE TERAPIE AAN
V
IV-TERAPIE erskillende middels word toegedien waarvan die gewildstes waterstofperoksied, vitamien C (vloeibaar maar eintlik dieselfde as ’n vitamien C-aanvuller in pilvorm), cheleerders, stamselle, plaatjieryke plasma (PRP) en glukose (suiker) is, sê dr. Priscilla Rowan, ’n mediese dokter van Edenvale, Johannesburg, en lid van SASIM (SA Society for Integrative Medicine), wat op alternatiewe terapie fokus. Hier is iets oor elkeen: Ċ WATERSTOFPEROKSIED word natuurlik deur jou liggaam gevorm om infeksies teë te werk. Jy help dus deur ekstra peroksied te voorsien. Tweedens kan baie soorte kieme en kankerselle nie in suurstofryke omgewings oorleef nie. Waterstofperoksied stoot die suurstofvlakke in jou weefsel op. WERK DIT? Die American Cancer Society sê daar is geen bewyse dat waterstofperoksied werk nie. Die probleem is dat waterstofperoksied gesonde selle én kieme doodmaak. Jou liggaam vorm wel waterstofperoksied maar doen dit deur die sel eers te isoleer en dan ’n baie klein bietjie peroksied te vorm. Dit kom dus nie met die res van jou selle in kontak nie. IV-peroksied bring veel groter dosisse direk na jou weefsel, sonder enige afskerming, waar dit beslis skade doen.
afwykings ter wêreld. Dit is meestal ’n voordeel omdat dit met weerstandigheid teen malaria verband hou, maar daarsonder kan groot dosisse vitamien C jou rooibloedselle laat opbreek en ’n spesifieke soort hemolitiese anemie veroorsaak. WERK DIT? Konvensionele medici dink nie so nie. Bly maar liewer by matige hoeveelhede vitamien C, met lemoene in die winter en aarbeie in die somer, of gewone aanvulling. Ċ CHELASIE Chelasieterapie is ’n gevestigde mediese terapie om mense met swaarmetaalvergiftiging soos lood of kwik te behandel. Alternatiewe terapeute gebruik dit ook hiervoor. Maar dokters en alternatiewe terapeute verskil drasties oor wat metaalvergiftiging behels. Volgens die alternatiewe terapeute ly mense met gewone amalgaam-tandstopsels (die silwerkleurige stopsels) dikwels aan kwikvergiftiging, terwyl al die vooraanstaande tandheelkundige verenigings wêreldwyd sê navorsing wys dat kwik in dié stopsels stabiel is en nie “uitlek” nie. Dokters laat gewoonlik eers bloedtoetse doen om metaalvergiftiging te bevestig, en gewoonlik eers as daar goeie rede daarvoor is, soos dat jy by jou werk aan swaar metale soos lood blootgestel is. Daar is in elk geval maar min kwik in een of twee stopsels – te min om kwikvergiftiging te veroorsaak, al sou dit lek. Alternatiewe terapeute beveel ook chelasieterapie aan vir outisme, hartskade en om die uitwerking van tiomersalaat (die preserveermiddel waarmee vaksiene tevore gepreserveer is maar dekades lank al nie meer gebruik word nie) teë te werk. Maar daar is min bewyse dat dit vir enige hiervan werk. Die NIH het chelasieterapie vir hartskade ondersoek en bevind dat dit net effens beter vaar as plasebo-tegnieke (fopbehandeling). Die groot kommer is dat chelasieterapie die dood kan veroorsaak – ’n hele paar gevalle is aangeteken – omdat te vinnige toediening jou lewer en niere kan beskadig en jou bloeddruk drasties kan laat val. Daarom neem dokters mense in die hospitaal op voor hulle chelasieterapie uitvoer sodat jy heeltyd gemonitor word. As die terapie te lig is, doen dit in elk geval nie veel om metale te verwyder nie.
Vir elke pasiënt wat glo dit werk, is daar een wat sê nee wat, ek het my geld en tyd gemors
Ċ VITAMIEN C Dosisse van 5 g en meer gee die meeste mense diarree. Maar as jy dit binneaars inneem, kan jy baie groter dosisse verdra, sê dr. Rowan. Patrick Holford, Matthias Rath en Linus Pauling is groot voorstanders van megadossisse om vigs en kanker te genees. Dit is wel bevind dat dit kankergroei in diere onderdruk maar die Mayo Clinic het in drie afsonderlike ondersoeke geen teken gevind dat mense by groot dosisse baat vind nie. Dit is ook bekend dat diere baie meer vitamien C as mense benodig. Daar is ook ’n goeie kans dat dit jou kan skade doen, veral as jy een van die 400 miljoen mense wêreldwyd is wat sonder die ensiem G6PD gebore is. Dit is een van die algemeenste genetiese 80 rooi rose
SEPTEMBER 2015
WERK DIT? Maak maar eers seker of jy werklik swaarmetaalvergiftiging het voor jy jouself sommer laat behandel. En kies maar eerder die mediese roete as dit nodig is. Vir jou hart of om ander redes lyk dit nie voordelig nie.
Ċ PRP (PLATELET-RICH PLASMA) Plaatjieryke plasma word veral vir osteoartritis (verwering van jou gewrigte namate jy ouer word) en sportbeserings gebruik, deur dokters sowel as alternatiewe terapeute. Daar word sowat ’n kwart koppie van jou eie bloed getrek en dan gespin om die serum te kry, verduidelik dr. Rowan. Serum bevat 3-9 keer meer groeifaktore as bloed. Dit word in die
beseerde gedeelte ingespuit waar die groeifaktore die weefsel help herstel. WERK DIT? Die Cochrane Reviews wat navorsing oor onderwerpe saamvoeg om perspektief te kry, sê die resultate is wisselvallig – van sukses vir 70-80 persent mense tot geen sukses nie. Vermoedelik het die tegnieke wat gebruik word ’n groot invloed: bloed kan een of twee keer gespin word, of in vinniger of stadiger sentrifuges gespin word, of met lasers behandel word of nie. Hoe ook al, daar ís ondersoeke wat wys dit werk. Jy kan óf jou geld mors óf regtig daarby baat vind. Kyk of jy ’n persoonlike verwysing na ’n praktisyn kan kry van mense wat sê wie se PRP-inspuiting het hulle gehelp. Ċ GLUKOSE Dié terapie is glo baie gewild onder die Chinese vir ’n vinnige opkikkering wanneer jy baie moeg en uitgeput is. Jy ontvang bloot ’n dosis glukose. Dit staan ook bekend as “ringer”-terapie – moontlik vernoem na Ringer’s Solution, bestaande uit water en minerale soos natrium, kalium en kalsium wat dikwels ná ernstige bloedverlies vir mense gegee word. WERK DIT? Wel, sekerlik. Glukose is energiebrandstof vir jou liggaam. Maar jy kon maar net sowel ’n koppie suikerwater, gaskoeldrank of gewone vrugtesap gedrink het. Hulle sal jou bloedsuiker binne twintig minute opstoot – baie gouer as wat dit neem om tot by die terapeut te kom. Jy spaar ook nie kilojoules nie, want glukose deur ’n drup en glukose deur soet kossoorte bevat ewe veel.
M
KOPPIETERAPIE et “cupping” word silikonkoppies van verskillende groottes op jou lyf geplaas, die lug word uitgedruk sodat daar ’n vakuum ontstaan wat die weefsel onder die koppie stimuleer, vertel die Amerikaner, Anita Shannon, ’n internasionale kenner van koppieterapie. Sy het onlangs werkkursusse in die Kaap aangebied. Volgens haar en Mira, wat haar koppies verskaf, kan koppieterapie help vir van selluliet tot hoofpyn, migraine, fibriomialgie, onvrugbaarheid, rumatiek, spierpyn tot edeem (waterterughouding). WERK DIT? Dit kom neer op limfdreinering en/of massering. Altwee word wyd deur fisioterapeute gebruik om onder meer edeem en spierpyn te verlig. Volgens die Cochrane Reviews het ondersoeke getoon dat limfdreinering deur massering nie juis suksesvol was vir vroue ná borskanker nie. Daarteenoor verlig die spesiale verbandtegniek en kompressie-armkouse wat dikwels ook gebruik word, swelling met 30-40%. Soos massering, behoort koppieterapie sinus- en spierpyn matig te verlig maar die kans dat dit vir ernstige toestande soos rumatiek, sinusinfeksie en onvrugbaarheid sal werk, is klein. As jy van massering hou, kan koppieterapie net lekker wees. rr
leef gesond
JY KAN
Die verskil tussen ruggemak en rugpyn is meestal klein dingetjies wat ons op ons eie kan regstel Deur SALOMÉ DELPORT
RAAK ONTSLAE VAN JOU RUGPYN IS DIT JOU HEUPE? Jy weet mos hoe oordrewe sommige aktrises ’n hoogswanger vrou kan vertolk? So met die hand op die lae rug en die gesig effens vertrek van pyn? Dit is hoe ek baie dae voel, behalwe dat ek nie swanger is nie. My lae rug is altyd ligweg tot taamlik seer. Dit is seerder wanneer ek baie staan en effens beter wanneer ek loop. Ek het gehoor hialuroonsuur-inspuitings kan help?”
- Marelise (39), onderwyseres
JY VRA, ONS ANTWOORD Fassineer - of pla - iets omtrent jou gesondheid jou? Stuur ’n e-pos met jou vraag na ons gesondheidsredakteur, Salomé Delport, by salomed@ctp-mail.co.za Ons kies elke maand die interessantste vraag en kry kundiges om jou te antwoord. 82 rooi rose
SEPTEMBER 2015
JOU SPIERE HET VERGEET HOE OM REG TE WERK
Dalene, ’n Kaapse akwafisioterapeut, sê die liggaam “vergeet” watter spiere gebruik moet word om reg te
loop, staan en sit. “Daarom staan ons in ons dertig en veertig sonder om ons maag in te trek. Tieners, veral dié wat aan sport deelneem, sit lekker regop voor die rekenaar terwyl ons krommerig na die skerm staar. En anders
FOTO GALLO IMAGES / GETTY IMAGES
VRAAG VAN DIE MAAND
Wanneer jy ’n tree gee, moet jou heupgewrig vorentoe kan beweeg. Gestel die flexorspiere van jou heupe is stram en verkort. Dan kan dit nie gebeur nie. Jou liggaam los die probleem op deur met jou lae rug te loop - wat ekstra stres en pyn skep. Help jou rug deur jou boudspiere te strek, met oefeninge soos die lunge. Ons plaas ’n reeks van die beste oefeninge vir jou boudspiere op www.rooirose.co.za
Die Heel Beste, Heilsame Voedingstowwe – Alles wat jou liggaam benodig!
Die meeste diëte word deur spogerigge advertensies en valse beloftes bemark. Hulle kos gewoonlik ’n fortuin, hulle werk nie en verdwyn. Vir amper 30 jaar, is die Ultima 1 Formule onaantasbaar, as die industrie leier. Ultima 1 werk, smaak heerlik en is uitstekende waarde. As jy ernstig oor n maer, gesonde liggaam is, en jy jou geestelike and fisiese energie wil aanvul, is Ultima 1 jou enigste keuse.
ULTIMA - VOEDINGSRYKE PRODUKTE VIR UITEINDELIKE GESONDHEID EN WERKVERIGTING. Beskikbaar by Clicks, Dis-Chem, MEDI+Rite en ander uitgesoekte apteke en gesondheidswinkels landwyd. Handels navrae welkom. Besoek WWW.ULTIMA.CO.ZA of bel 021-702-3910.
*Derde generasie verbetering van die wereld se eerste en mees suksesvolle formule, ryk in voedingswaarde.
KAN NIE ULTIMA VIND NIE?
Skakel 021-702-3910
leef gesond PLA JOU BRA? Die Franse sportdokter Jean-Denis Rouillon glo bra dra verswak ons borskasspiere. Gevolglik moet ons rug op ’n onnatuurlike manier die gewig van ons borste dra – die rede vir baie vroue se rugpyn. Hy dink braloosheid, veral as jy skraler en jonger is, is gesonder.
as kinders wat uit hul eie die bobene- en boudspiere gebruik om te stap, begin ons met ons rug te stap. “Hoe meer ons dit verkeerd doen, hoe meer verswak die spiere wat ons rug ondersteun. Hoe swakker hulle is, hoe makliker sit ons krom en hoe meer ‘hang’ ons mae aan ons rug – en hoe seerder raak hy.” Gelukkig kan jy dié bose kringloop breek. “Al wat nodig is, is om jou liggaam te herinner aan die manier waarop hy eintlik die beste werk.” Hoe kry jy dit reg? “Met die soort oefeninge wat jou kernspiere, asook jou rug-, boud- en bobeenspiere versterk, stabiliseer en soepeler maak. Dit is ’n kwessie van jou kop weer bewus maak van hoe jou spiere eintlik werk. Ná ’n paar sessies beweeg die meeste mense weer normaal. Twee ideale oefensoorte vir mense met rugprobleme is:
• Hidroterapie vir herstel “Die omvang waarmee jou spiere kan beweeg, is groter in ’n wateromgewing omdat
jy in water minder weeg. By skouerdiepte moet jy maar net teen 13% van die aarde se swaartekrag werk. “Terselfdertyd moet jy jou kernspiere inspan om jouself teen die dryfkrag van die water te stabiliseer. Dit versterk jou posturale spiere en verbeter jou balans. Boonop is die water tot 32-34 °C verhit, wat net soos bikram-joga jou gewrigte en spiere in staat stel om verder te strek.”
• Pilates vir instandhouding Soos alle oefening hou die voordele net solank jy oefen. Volg jou terapie op met ’n soort oefening wat goed en lekker is, soos pilates. En belê die tyd daarin om elke oefening reg en in ritme met jou asemhaling te leer doen. Op dié manier sal jy die meeste baat daarby vind.
JOU DERMKANAAL KEIL JOU RUG OP
Sowaar. Chroniese
WAT VAN HIALUROONSUUR? Dieselfde produk waarmee kosmetiese chirurge plooie vul en uitstryk, werk uitstekend om knie-artritis te verlig. Dit vul letterlik die jel tussen jou gewrigte aan en kussing hulle sodat die pynlike been-op-been wrywing met elke tree wat jy loop, uitgeskakel word. Dit hou sowat 6-9 maande. Werk dit vir rûe? Dr. Hennie Bosch, Kaapse ortopeed, is baie skepties. “Artritis van die rug tas gewoonlik nie net een werwel aan nie. Dit gaan ontsettend duur wees om elke wrewel in te spuit. (Dit werk uit op sowat R800 per inspuiting, plus jou doktersbesoek.) “Daar kan ook talle ander redes wees vir die pyn in jou rug, soos stenose, vernouings wat die senuwees vasknyp.”
rooi rose .co.za
ARTRITIS VAN DIE KNIE? LEES ALLES OOR DIE HIALUROONSUURINSPUITING AS ALTERNATIEF VIR ’N KNIEVERVANGING.
84 rooi rose
SEPTEMBER 2015
hardlywigheid veroorsaak drukking op die sakrale senuwees in jou lae rug. Hardlywigheid het ’n miljuisend oorsake – en waarskynlik is daar in die geskiedenis van jou gesondheid ’n hele paar wat saamspeel. Waarna kan jy kyk?
• Drink jy baie pynpille vir jou rugpyn? Pynstillers met kodeïen as die aktiewe bestanddeel is berug vir konstipasie as newe-effek. Daarom is spierverslappers dikwels ’n beter keuse as pynpille, sê dr. Lervasen Pillay, ’n Johannesburgse algemene praktisyn wat hom op die behandeling van spieren skelettoestande toespits. Gesels met jou dokter daaroor.
rugweefsel in stand te hou, word beperk. Daarsonder bou afvalstowwe soos melksuur (wat tipies vorm as spiere oorwerk word) in jou rugspiere op wat weer tot pynlike spasmas en egte, erg pynlike rugpyn lei. Nick sê baie mense weier om te aanvaar dat hul rugpyn met stres verband hou, eerder as met ’n werklike rugbesering. “Hulle dink om een of ander rede dit beteken hulle is swakkelinge.”
Los vir eers die pille en operasies. Hier is planne wat jou kan help
• Die basiese leefstylkwessies Eet jy genoeg vesel, drink jy genoeg water en stap jy elke dag twintig tot dertig minute? Gebruik jy ’n probiotika om jou dermorganismes aan te vul? • Selfhelp-medikasie
Baie pille dra by tot konstipasie, soos sooibrandmiddels met aluminium en kalsium, waterafdrywers, ysteraanvullers en mineraalaanvullers met baie yster.
JY HET SPV
SVP staan vir spanningverwante pyn (tension-related pain). Jou rug is nie so broos soos jy dink nie, sê Nick Sinfield, skrywer van Now I Can Bend My Back! (ISBN: 9780956883704). Dit is juis omdat jy glo jou rug is ’n delikate struktuurtjie wat enige oomblik kan knak, dat jy jou ontstel elke keer as ’n bietjie doodnormale spiermoegheid ná ’n dag propvol aktiwiteit op ’n seer rug uitloop. Dan raak jy angstig terwyl angs en stres juis jou rugspiere meer laat saamtrek. Ná maande en jare van spierspanning raak die rugspiere en ligamente stram en hard. Bloedvloei, en daarmee saam suurstof en voeding om jou
Hoe hanteer jy SVP? • Strek en bou As jou rug seer is, strek. Jy kan tuis strek maar joga is ideaal. Dit versterk ook veral jou kern- en rugspiere.
• Ontspan bewustelik Jy kan nie maar net elke oomblik van opstaan tot slaaptyd werk en met huistake en jou gesin besig wees nie. Jy het tyd vir volkome ontspanning nodig in watter vorm ook al vir jou werk – van lees tot ’n diep bad, stiltetyd, meditasie of sport. • Wees bewus Bewustheid van hoe jy voel, help jou om dit te bestuur. As jy besef jou rug is moeg, weet jy dat jy ’n bietjie moet lê om jou rug ruskans te gee. Jy weet ook dat dit normaal is om moeg te voel en jy raak nie angstig daaroor nie. En jy weet dat die regte oefeninge jou rug gaan versterk. • Die tennisbalwenk Masseer jou rug met ... ’n tennisbal. Staan teen ’n muur. Druk die bal tussen jou rug en die muur in. Rol die bal oral waar jou rug knopperig en seer voel. Heerlik! Nog ’n plan: Hou ’n tennisbal in jou handsak vir ’n kitssessie waar jy ook al is. rr
Tyd om goed te voel By Clicks het ons alles wat jy nodig het om reg te leef, gesond te bly en goed te voel! Ons bied jou ’n wye reeks Gesondheidsaanvullings, Sport- en Verslankingsprodukte asook Kliniekdienste soos Gesinsbeplanning, Liggaamsmassa-indeks (LMI), Borsondersoeke, Eetplanne en meer. Met Clicks as Gesondheidsvennoot word dit makliker om jou lewe voluit te leef.
SPORTS & VERSLANKING
KLINIEKDIENSTE VIR VROUE Beyond the Blue PH51426
GESONDHEIDSAANVULLINGS
Vir meer inligting, skakel 0860-254-257 of besoek www.clicks.co.za
pay less
sluit aan by ClubCard en ervaar die voordele verdien punte by alle apteke* en klinieke *B & V geld. Besoek www.clicks.co.za vir meer inligting www.clicks.co.za
0860 254 257
Clicks SA
@Clicks_SA
leef gesond VRAAG Ek weet
BESTE RAAD
gewone water is die gesondste vir my kinders. Maar hulle wil ook iets inpak skool toe wat in is. Daar moet tog gesonde drinkgoed wees?
SALOMÉ ANTWOORD
Bly GESOND Hier is goeie nuus as jy bang is vir ’n vasektomie omdat dit byna permanent is. Daar is nou ’n nuwe tegniek vir hierdie gerieflike vorm van voorbehoeding vir mans, wat in sowat 80% van gevalle omkeerbaar is, verduidelik dr. Amir Zarrabi, uroloog aan die Universiteit van Stellenbosch. As jy ’n vasektomie beplan, maak seker jou uroloog voer die beter vaso-epididimostomie uit en nie die verouderde vasovasostomie nie.
’n Vasektomie is 4 - 10 keer betroubaarder as die Mirena, die betroubaarste vroulike voorbehoeding 86 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Geniet die volle lieflikheid van die buitelewe Deur SALOMÉ DELPORT salomed@ctp-mail.co.za @pretty_healthy
HOEKOM sterf meer SA kinders aan kanker? Meer as 70% van kinders in Eerstewêreldlande oorleef die algemene kinderkankers. Net 52% van ons kinders oorleef dieselfde kankers, sê prof. David Stones en sy kankernavorsingspan van Universitas in Bloemfontein. Hoekom? Is ons behandeling swakker? Glad nie. Die sukses van kankerterapie hang af van hoe vroeg dit opgespoor word. Ons is nie bedag op die tekens nie en wag te lank voor ons ons kinders dokter toe neem. Hier is die tekens vir die drie algemeenste kinderkankers. Kyk jou kind hierdie maand goed deur en maak werk daarvan as jy ongerus is: LEUKEMIE • Jy sien tekens van bloeding. Sy neus en tandvleis bloei maklik; hy kry maklik blou kolle; en/of daar is rooipers kneusings onder sy vel. • Hy kan baie bleek wees. • Jou kind is altyd moeg en raak gou uitasem. • Hy het dikwels van ligte tot matige koors en kry maklik infeksies. • Jou kind bly kla van pyn in sy gewrigte en in die bene van sy arms en bene. • Hy verloor sonder rede gewig. LIMFOOM • Daar is swelsels (knoppe) in sy nek, oksels of lieste. Die knoppe raak mettertyd groter. Hulle is tipies nie seer nie. • Jou kind is lig koorsig en sweet veral snags baie. • Jou kind verloor sonder rede gewig. BREINKANKER • Jou kind het onophoudelik hoofpyn. • Hy voel duiselig en raak selfs naar. • Die kind verloor skielik gereeld sy balans en/of val. • Sy spraak, gehoor, sig en/of begrip gaan agteruit.
FOTO’S DOLLAR PHOTO CLUB / SUBBOTINA ANNA / MARCO GOVEL / VOLFF / DESIGNER491
MANS, BABAS & VASEKTOMIEË
Daar ís. ’n Gesonde drinkdingetjie moet net nie propvol suiker en/of kafeïen wees nie. Soek op die houer na die bestanddeellys en kyk of kafeïen en suiker daarop verskyn. Suiker kan verskuil wees as sukrose, glukose, fruktose, mieliestroop (corn syrup) of HFCS. Kyk ook hoeveel suiker dit bevat. Hoe minder suiker in die totale houer hoe beter – twee teelepels (10 g) per blikkie of bottel is al taamlik hoog. Ons het drie heerlike drankies opgespoor: • CocoZone wat net suiwer klapperwater bevat. • All Gold se blikkies 100% Tomato Juice, wat net suiwer tamatiesap en water bevat. • Almond Breeze, te kry in sekere takke van Spar en Pick n Pay. Gebruik dit net soos melk, of drink dit as koeldrank. • Moenie van melk vergeet nie. Dit bly die beste na-sport drankie. Dit wys jou net weer: as jy weet waarna jy moet oplet, is gesondheid maklik.
leef gesond
MY OUMA HET OP SESTIG VYF MYL PER DAG BEGIN LOOP. SY IS NOU 97 EN ONS HET GEEN IDEE WAAR SY TREK NIE!
STAP IS KONING Jy weet jy moet oefen, maar jy is nog nie halfpad om die blok gehardloop nie, dan blaas en hyg jy al. Wat nou? Stap is uitstekende oefening en is veel makliker as hardloop. Die groot voordeel is dat hoewel jy stadiger oefen, oefen jy meestal in die vetverbrandingsone en jou liggaam verbrand nie net die glikogeen in jou lewer en spiere nie, maar spit sommer direk in daardie rojale vetstore van die winter. Boonop is die kans aansienlik beter dat jy dit vir langer kan volhou. Begin stadig en bou op na 40-50 min. per sessie. Ċ Maak so Begin met ’n gemaklike opwarming van 10 min. Dan is jou spiere reg vir die ware Jakob. Versnel jou pas vir die volgende 30 – 40 min. en ruim so vyf min. teen die einde in waar jy weer gemaklik stap om af te koel. As jy lekker op dreef is, kan jy fokus om jou arms 90 grade te buig en met mening te swaai. Nou werk jou hart harder en oefen jy sommer ook daardie slap vlerkies wat onder jou arms hang. Ċ Pas: Kies ’n flink pas waar jy uitasem raak, maar steeds ’n gesprek kan voer.
- Ellen DeGeneres
Jippeeee!
DIE NEGE SPANLEDE IS VAN LINKS, AGTER: TYLER FARRAR, EDVALD BOASSON HAGEN, SERGE PAUWELS, STEVE CUMMINGS. VOOR: REINHARDT JANSE VAN RENSBURG (RSA), DANIEL TEKLEHAIMANOT, LOUIS MEINTJIES (RSA), JACQUES JANSE VAN RENSBURG (RSA), MERHAWE KUDUS.
MTN-Qhubeka is die eerste fietsryspan uit Afrika wat in die 101-jarige bestaan van die Tour de France aan dié fietsren deelneem. Daniel Teklehaimanot van Eritrea het verskeie kere die Bielie van die Berge-polkakoltrui gedra en ons harte laat swel van trots. Qhubeka is ’n wêreldwye niewinsgewende organisasie wat fietse aan mense in verafgeleë gebiede Deur ANET SCHOEMAN skenk om opvoeding, gesondheid en ekonoanet@marques.co.za miese geleenthede te verbeter. Dit verminder onder meer die reistyd na skole met 75% en maak dit vir gesondheidswerkers moontlik om dubbel die hoeveelheid pasiënte per dag te sien. Vir meer inligting en hoe jy kan help, besoek www.qhubeka.com. Ċ Roete en pas As jy nie geld wil bestee aan ’n oefenhorlosie wat jou roete en pas kan monitor nie, kan jy jou slimfoon inspan. Jy kan deesdae verskeie apps aflaai waarmee jy soveel meer uit jou oefensessie kan kry. Dra jou foon in ’n zip lock-sakkie in jou hardloopbroekie se sak, of kry een van die verskeie armbandfoonhouers wat by sportwinkels beskikbaar is. Ċ Apps Probeer Runtastic wat GPS vir roetes gebruik, Move Tracker wat deur GPS jou spoed, afstand, tyd, polsslag, tempo en hoogte bo seespieël meet. Nike running app is gratis vir iPad, iPhone en iPod touch. Ċ Musiek kan baie nuttig wees wanneer jy oefen. Besoek www. jog.fm/popular-workout-songs en laai musiek af volgens jou pas. Dus, dit gee vir jou die ritme per minuut sowel as die pas wat jy hardloop.
FIKS en ferm Met stap oefen jy meestal in die vetverbrandingsone
LAAT JOU SLIMFOON HARDER WERK
VERBRAND MEER VET: Oefen op ’n leë maag as jy sukkel om gewig te verloor. As jy matige oefening gaan doen (nie ’n lang fietsrit of twee uur lange hardloopsessie nie) kan jy jou liggaam dwing om vet te verbrand as jy ná die nag se vas oefen. Onthou, dit beteken nie jy kan agterna die gemeste kalf verorber en hoop om steeds gewig te verloor nie. Hou matigheid voor oë!
88 rooi rose
SEPTEMBER 2015
HOOFFOTO GALLO IMAGES / THINKSTOCK
BESTE WENK
leef gesond
BOU IMMUNITEIT Immufend behandel simptome van griep en verkoue en bevat Wellmune wat ontwikkel is om jou immuniteit te versterk en ondersteun sodat jy gouer kan herstel. Kies uit ’n wye reeks produkte wat suiker- en alkoholvry is en geen kunsmatige versoeters bevat nie. Pryse wissel tussen R100 en R130. Beskikbaar by Clicks, Dis-Chem, gesondheidswinkels en apteke.
Goed VIR JOU Ons kyk na nuwe produkte wat jou lewe makliker kan maak Deur ANET SCHOEMAN anet@marques.co.za
Ons almal ken Milo van kindsbeen af. Hierdie drankie wat al sedert 1930 deur oud en jonk geniet word, is nou nog beter met meer mout, melk, vitamiene en minerale. Die bestanddeel Activ-Go is net die ding om kinders ekstra woema te gee vir ’n aktiewe dag.
DORSLESSER MET MEER Tydens oefening sweet jy en verloor belangrike minerale soos natrium, kalium, kalsium en magnesium. Die nuwe Powerade ION4 bevat nou al vier minerale wat jou hidreer, en die koolhidrate gee jou energie heelpad tot by die wenstreep. Sowat R26,99 vir 500 ml konsentraat.
STERK SKELET RadiCAL Junior-koutablette en RadiCAL Adult-koutablette bevat aktiewe bestanddele soos kalsium, magnesium WEN HIERDIE en vitamien D wat beengesondheid MAAND kan ondersteun. Vier gelukkige rooi rose-lesers kan elk ’n geskenkpak met Radicalprodukte en -items ter waarde van R1 000 elk wen. Stuur jou naam, huisadres en dagtelefoonnommer na rooi rose/RadiCALweggee, Privaatsak X1030, Lyttelton 0140, of stuur ’n e-pos na win@nativa.co.za met rooi rose/RadiCAL in die onderwerpreël. Sluitdatum 30 September 2015.
90 rooi rose
SEPTEMBER 2015
LAE KOOLHIDRATE As jy soos vele ander jou koolhidrate beperk, is dié eeten drinkgoed van Atkins vir jou. Die stafies se koolhidrate wissel tussen 2 g - 3,4 g per stafie en die drankies het sowat 1,3 g per 330 ml. Die stafies kos tussen R20 en R30 en die drankies sowat R35. Beskikbaar by Pick n Pay, Clicks, Dis-Chem, Sportsmans Warehouse en aanlyn by www.atkinsas.co.za
FOTO’S HEMA PATEL; PRODUKTE EN PRYSE IS VOOR DRUKTYD NAGEGAAN. KYK OP BL. 148
STAATMAKER
48 uur beskerming plus ¼ vogroom vir pragtige armholtes.
48h protection
Ontdek die Dove-verskil. Dove is nie soos ander sweetweerders nie. ’n ¼ daarvan bestaan uit vogroom wat verseker dat jou armholtes sag en glad is terwyl dit jou vars hou vir 48 uur. V Wat veroorsaak skeeruitslag? A Die vel onder jou arms is baie dun en meer geneig om geïrriteerd te raak as ander dele van jou lyf. As jy gereeld skeer, sterk sweetweerders gebruik of as iets jou skaaf kan jou armholtes ’n ongemaklike uitslag kry. V Hoe kan Dove help? Wanneer jy skeer, verwyder jy die bo-laag van die vel wat veroorsaak dat die vel uitdroog en meer sensitief is.
Dove sit terug wat die skeerproses uithaal. ’n ¼ daarvan bestaan uit vogroom en noodsaaklike voedingstowwe wat help om die vel te herstel terwyl dit ook bevog en beskerm. V Hoekom moet ek ’n alkohol-vrye formule gebruik? A Met ’n alkohol-vrye formule kan jy die sweetweerder dadelik gebruik nadat jy geskeer het sonder dat jou vel brand of ongemaklik voel.
Is jy gereed om sagte, gladde armholtes te hê? • Bestaan uit ¼ vogroom • 48 uur beskerming • Alkohol-vry
Doeltreffende Beskerming. Pragtige Resultate. VERVE D11722206A
my kind
Liewer LATER Talle kinders ly aan uitstelsiekte. Waar kom dié kwaal vandaan, en is daar ’n oplossing? Deur MARIETTE SNYMAN
a, ek moet more ’n praatjie gee oor seerowers!” Presies wat jy nié aan die einde van ’n lang dag wil hoor nie. Terwyl jy raas en blaas oor hierdie kind se gewoonte om alles alewig tot op die laaste nippertjie uit te stel, sit jy klaar voor die rekenaar. Slaggereed. Natuurlik is dit nie net kinders wat uitstel nie. Soms is dit Pa of Ma wat die belastingvorm of ’n ander takie laat lê … en lê. Dis insiggewend om te probeer agterkom wat jou of jou kind in dié systraat afstuur: DIE TAAK IS ONAANGENAAM Ons stel almal takies uit waarvan ons nie hou nie. ’n Kind met ’n renons in die reuk van hondekos moet waarskynlik elke dag aangepraat word om Flaffie van ’n hongerdood te red. DIS ONDUIDELIK As jou kind nie seker is wat van hom verwag word nie – of dit nou die besonderhede van huiswerk of ’n huistakie behels – kan hy maklik daarvan “vergeet”. DIS OORWELDIGEND Volwassenes oorskat soms kinders se vermoë om probleme op te los. Selfs ’n oënskynlik eenvoudige opdrag soos “pak die motorhuis reg” behels ’n gesofistikeerde prosedure: die opsomming van die situasie (die verskillende soorte gereedskap is nie soort by soort georden nie), helderheid oor die stappe wat gevolg moet word (die toerusting moet van die rakke verwyder, logies in kategoriëe gerangskik en teruggepak word) en die praktiese uitvoering van die plan (daar moet ’n oop 92 rooi rose
SEPTEMBER 2015
ruimte wees waar die sortering kan plaasvind en genoeg tyd om die taak te voltooi). Kan jou kind die omvang of moeilikheidsgraad van die opdrag hanteer, of het hy begeleiding nodig? DIS NIE BELANGRIK NIE Ons kry altyd die tyd en energie om iets te doen wat hoog op ons prioriteitslys lê. As die student in jou huis weke lank nie sy motorband laat regmaak nie, is dit gewoon nie vir hom belangrik genoeg nie. DIT WORD ONDERSKAT Kinders het soms nie ’n realistiese siening van die omvang van ’n taak nie, soos talle deurnagleerders teen dagbreek op die toetsdag agterkom! IN DIE VERKEERDE LUIM Baie van ons wag vir daardie oomblik van inspirasie voor ons ’n taak aanpak - meestal tevergeefs. VREES VIR SUKSES Intellektueel begaafde kinders wil soms nie akademies uitblink nie omdat hulle die nerd-etiket, verwerping of jaloesie vrees. Presteerders op enige gebied is in die kollig en daar word gedurig meer van hulle verwag. Uitstel kan een van die maniere wees waarmee hulle hulself saboteer. VREES VIR MISLUKKING ’n Kind met ’n brose selfbeeld wat ’n nuwe aktiwiteit soos joga wil aanpak, kan bly uitstel omdat sy bang is die groep aanvaar haar nie of dat sy dit nie gaan regkry nie. KLINIESE DEPRESSIE Geestesgesondheid kan ’n groot rol in uitstel speel, sê dr. Philip van Rensburg, Pretoriase kliniese sielkundige wat in angs- en gemoedsversteurings spesialiseer. “Mense wat klinies depressief is, voel baie keer hulle wil in ’n
OBSESSIEF KOMPULSIEWE VERSTEURING By obsessief kompulsiewe versteuring (OKV) gaan ’n hoë angsvlak gepaard met obsessies – onwelkome, herhalende gedagtes, gevoelens of sensasies - en/of met kompulsies: handelinge wat iemand gedwonge voel om uit te voer in ’n poging om die onderliggende angs te verlig. “Take word eenkant toe geskuif omdat die kind op hierdie oomblik nie in ’n ruimte is waar hy voel hy kan dit perfek uitvoer nie. Nog ’n kenmerk is ’n rampingesteldheid. Sodra mense met OKV verveeld raak, begin hulle wonder wat verkeerd kan gaan. Hulle beleef die katastrofe by voorbaat in kleur en geur. Gelukkig stel hulle die taak net uit tot hulle die ramp ‘sien gebeur’.” AFHANKLIKHEID Party kinders, veral dié wat op die oog af ’n sterk selfbeeld het terwyl hulle eintlik onseker voel, het iemand wat hulle te hulp snel sodra ’n krisis ontstaan. “Ma’s is veral geneig om hierdie rol in te neem. As die kind ’n taak lank genoeg uitstel, kan sy seker wees Ma gaan inspring en help. Sy is dan ook nie ten volle aanspreeklik vir die punt wat sy kry nie - sy het dit mos nie alleen gedoen nie.” DOMINANSIE “Kinders wat voel dat volwassenes hulle domineer en oormatige eise aan hulle stel, neem soms wraak deur passief aggressiewe gedrag. Hulle verwoord nie hul frustrasie nie maar koester in die stilligheid ’n wrok, voer take doelbewus ontoereikend uit of bly uitstel. “Kinders uit families van toppresteerders kom spreek my dikwels. Hoë standaarde is ’n gegewe in die huise en gevolglik is daar baie druk om te presteer. Afgesien van akademiese prestasie, word deelname aan ’n magdom aktiwiteite vereis en die kind kry kwalik kans om behoorlik te herlaai. Wanneer die spanning te veel word, haal sulke kinders hulle onbewustelik uit die situasie deur fisiek siek te word of deur klasse en eksamens te ontduik.”
FOTO GALLOI MAGES / GETTY IMAGES
‘Elke taak wat wag, wek ’n sekere emosie’
hoekie gaan sit,’n swart fluweelkombersie oor hul kop trek en net daar bly tót iemand iets doen of tót iets gebeur wat hul lewe beter maak. Hulle het min energie en sien nie kans vir aksie nie.” ANGS Angstoestande kan verlammend inwerk sodat iemand voel dis onmoontlik om ’n taak uit te voer. ’n Student wat reeds aan die vereistes vir ’n meestersgraad voldoen en nog net die verhandeling moet skryf, kan dit bly uitstel as angs haar oorweldig. AANDAGAFLEIBAARHEID Uitstel is kenmerkend van kinders met aandagafleibaarheid (AA) -’n gebrekkige vermoë om te fokus en/of te konsentreer - en aandagafleibaarheidhiperaktiwiteit (AAHA), wat gebrekkige fokus sowel as fisieke ooraktiwiteit behels. “Dié mense is intelligent en kreatief maar raak gou verveeld,” sê Philip. “Soms verstaan hulle alles omtrent ’n onderwerp teen die tyd dat ’n projek halfpad trek, en voltooi dit dan nie. Wanneer ’n taak hulle nie voldoende sensories stimuleer nie, stel hulle dit uit; sodra die kalf in die put is, het hulle skielik genoeg energie om te kan fokus. Hulle kan ook uitstel omdat ’n projek hulle sensories oorrompel.”
HANTEER UITSTELSIEKTE SÓ:
BALANS “Hoewel ’n goed gebalanseerde lewe oënskynlik min met die uitstelgewoonte te make het, vorm dit die grondslag vir ’n kind se welsyn,” sê Philip. “Deur die bekende wheel of life in te vul, sien jy gou of jou lewe in balans is. In dié eenvoudige oefening dui jy jou tevredenheid aan rakende jou loopbaan of skoolervaring, vriende en familie, romanse, pret en ontspanning, gesondheid, geld, persoonlike groei, en fisieke omgewing (google “Ryan wheel of life” vir voorbeelde). ”Die meeste ouers begeer net geluk en gesondheid vir hul kind. As die wheel of life ’n skewe prentjie wys, vra ek of hul benadering die gewenste uitkoms lewer. Dikwels heroorweeg hulle dan hul hantering van die kind en doen moeite om meer ondersteunend en begrypend te wees.” HANTEERBARE SEGMENTE “Leer jou kind van kleins af die kuns van chunking it down – om ’n taak in klein, hanteerbare segmente te verdeel. Dit speel klaar met enige vrees of onsekerheid en verminder die kans op uitstel. “As jou kind traag is om ’n nuwe vaardigheid in te oefen, kan jy vra: ‘Hoeveel is tien minute uit jou lewe in geheel?’ Laat hom SEPTEMBER 2015
rooi rose 93
my kind TWEE SOORTE MOTIVERING “Die meeste mense val in een van twee kategorieë,” sê dr. Philip van Rensburg. “As die wekker lui, druk die eerste groep die snooze-knoppie - sommer ’n paar keer. Hulle staan net op wanneer hulle sién hoe hulle laat kom vir skool. Hul motivering is hoofsaaklik die vermyding van pyn en hulle het dikwels ’n hoë angsvlak. Ons kan sê hulle word deur desperation aangevuur. “Die tweede groep staan op sodra die wekker lui; hulle dink aan alles wat hulle vandag wil doen. Hulle word deur inspirasie aangespoor. As jy weet hoe jou kind gerat is, weet jy of jy die negatiewe of positiewe moontlikhede moet uitwys om hom aan die gang te kry.”
daagliks tien minute lank oefen tot hy daaraan gewoond is, en dan verdubbel julle die sessies. Net so kan hy die leerwerk vir ’n toets hoofstuk vir hoofstuk onder die knie kry, mits hy betyds wegspring. Chunking down werk goed saam met visualisering en die konsep van belonings.” VISUALISERING “Elke taak wat wag, wek ’n sekere emosie. ’n Kind sien byvoorbeeld die stapel vuil skottelgoed wat hy moet was en ervaar ’n nare gevoel. Hy gaan doen eerder iets anders, maar netnou kom hy weer in die kombuis en kry weer daardie aaklige gevoel. “Die oplossing is om doelbewus die negatiewe scenario deur ’n verbeeldingsprentjie van die voltooide taak te vervang. Die beeld van die droograk vol skoon skottelgoed is tog veel aangenamer. Leer jou kind om dadelik die voltooide taak te visualiseer, die positiewer gevoel te ervaar en vir homself te sê: ‘Doen dit net’. Verduidelik dat hy homself die herhaalde negatiewe belewenis spaar. Hierdie tegniek moet oor ’n tydperk ingeskerp word.” LANG- EN KORTTERMYNBELONINGS “In die era van inligting wat binne sekondes om die wêreld vlieg, sukkel baie kinders om deur langtermynbelonings gemotiveer te word. Dink net hoeveel beplanning dit van ons ouer geslag geverg het om inligting vir ’n skooltaak te kry: ons moes by ’n biblioteek uitkom, die onderwerp-katalogus baasraak en fotostate maak. Vandag kry ons kinders oombliklik inligting op hul selfone. Hulle is gewoond aan onmiddellike behoeftebevrediging. “Die gevolg is temporale bysiendheid. Bysiende mense kan voorwerpe naby hulle duidelik sien, maar voorwerpe wat ’n ent weg is, lyk dof. Temporaal bysiende mense sukkel om hulle voor te stel wat die toekoms waarskynlik gaan inhou – goed of sleg. Hulle rook en drink na hartelus omdat jonger liggame vergewensgesind is en die aftakeling van later jare nie vir hulle LEES MEER OOR werklik is nie. Of hulle gee hul geld AANDAGAFLEIBAARnou op vermaak uit eerder as om dit HEID IN “MY KOP WERK ANDERS” EN vir ’n toekomstige oorsese reis te OOR OBSESSIEF KOMspaar. PULSIEWE VERSTEURING IN “DIE ONSIG“Vestig van jongs af die verband BARE TRONK” OP tussen inspanning en beloning by ROOIROSE.CO.ZA jou kind. Eerstens moet sy leer om ’n
rooi rose. co.za
94 rooi rose
SEPTEMBER 2015
LESERSFORUM Stel jou kind graag dinge uit waarvoor hy nie lus is nie? Wat dink jy kan jy doen om dit stop te sit?
Mari Senekal Ek het nie kinders nie maar is ’n onderwyseres en albei my susters het twee kinders. Baie kinders stel uit, en al doeltreffende manier wat ek tot dusver gekry het, is om hulle te herinner aan die lekker dinge wat hulle kan doen nadat die “onsmaaklike” taak verrig is.
Marina Stain-Alberts Ja, ek dink die meeste kinders is maar so, maar ek verwys altyd na Langenhoven se spreuk: “Laat ons die swaarkry met lekkerkry klaarkry!”
doelstelling te definieer, en Francis Snyman tweedens om dit deur As ouma van kleinkinders, volgehoue aksie te bereik. Selfs wys ek vir hulle hoe lekker ’n jong kind begryp dat haar dit is om iets waarvoor hulle nie lus is nie dadelik doelstelling is om haar te voltooi. Dan het hulle huiswerk af te handel en dat dit tyd vir hulself en boonop uit drie afsonderlike dele daardie heerlike wete dat alles wat gedoen moes bestaan. As sy weet sy kan met word, afgehandel is. haar hondjie gaan speel sodra een deel klaar is, spoor dit haar tot aksie aan én leer sy om vir ’n beloning te wag. Dink uit die boks: laat jou kind ’n lys van belonings opstel. ’n Fokus op korttermynbelonings vergemaklik die vermoë om deur langtermynbelonings aangespoor te word. “Intentions are the forerunners to actions. ’n Tiener wat ’n gespierde lyf wil ontwikkel, kan op die Internet lees hoe om dit te doen, maar hy kort dalk steun met motivering. Help hom om ’n duidelike prentjie van sy einddoel te ‘sien’ en van daar af terug te werk na vandag.” Uitstelsiekte word nie sommer oornag genees nie, maar met bewustheid en ’n slim benadering kan jy ver kom. Nou moet ek net uitwerk hoekom dit my so lank geneem het om hierdie artikel klaar te skryf … rr Dr. Philip van Rensburg: 012 4600 726
Jy kan lekker pryse wen DIS MAKLIK. SLUIT BY ONS LESERSFORUM AAN EN WEN! MEER INLIGTING OP BL. 14.
Het jou familie ‘n geskiedenis van degeneratiewe oogsiektes?
Fithealth-oogaanvullings bied gevorderde beskerming en vertraag degeneratiewe oogsiektes, soos: • Makulêre degenerasie • Retinitis Pigmentosa • Nagblindheid • Katarakte DIE BESTE OPSIE
NUUT & BEKOSTIGBAAR
NUWE VERPAKING DIESELFDE KWALITEIT PRODUKTE
DIE OORSPRONKLIKE
VOEDING VIR DIE OË
Eyes Rx Plus
Eye Care
Eyes Rx
Eye Omega
• Beste en gevorderde opsie
• Bekostigbare opsie
• Die oorspronklike formule
• Die aktiewe bestanddele zeaxantien en luteïen (in die verhouding 2:1) is presies wat jou oë nodig het vir gedetailleerde sentrale visie.
• Gegrond op die Eye Rx Plus-verhouding van aktiewe bestanddele – 2:1 zeaxantien/luteïen.
• Bevat luteïen en zeaxantien, asook voedsame anti-oksidante
• 1 000 mg visolie (omega 3) met ‘n kragtige vetsuurinhoud
• Bevat 34 anti-oksidante, karotenoïede, vitamiene en minerale. Geen bykomende immuunaanvullings is nodig nie – Eye RX Plus bevat dit alles!
• Bevat die nodige omega-3-vetsure (EPA & DHA) vir oogbeskerming en sig-ondersteuning.
• Geskik vir vegetariërs
• Dit werk die beste wanneer dit saam met Eye Omega geneem word.
Beskikbaar by: Dis-Chem, Medirite (Checkers), Pick n Pay, onafhanklike apteke en gesondheidswinkels. Bestel aanlyn by: www.springbokpharmacy.co.za Tel: 011 886 2932; queries@fithealth.co.za; www.fithealth.co.za
• Die nodige omega-3-vetsure (EPA & DHA) bevog die oogstrukture en is ook belangrik vir oogbeskerming en sig-ondersteuning. • Gebruik saam met Eyes Rx Plus of Eyes Rx
tussen ons
Wanneer die jare aanstryk, kan mense se geheue hulle dalk hier en daar in die steek laat. Maar is jou vergeetagtigheid dalk die begin van demensie? Deur ANYS ROSSOUW
As die ONTHOU WEGRAAK emensie is ’n uitdaging vir almal betrokke omdat dit mense se funksionering, onafhanklikheid, verhoudings, lewenswyse, persepsies en prioriteite meestal ingrypend verander. Demensie is meer as net normale vergeetagtigheid wat kom wanneer die jare aanstap. Dié toestand word veroorsaak deur siektes of faktore wat veranderinge in die brein teweegbring. Die simptome sluit meestal die agteruitgang 96 rooi rose
SEPTEMBER 2015
van ’n persoon se vermoë om te onthou, te dink en kommunikeer in, en dikwels ook persoonlikheid- en gemoedsveranderinge. Demensie kan baie oorsake hê. Sekere soorte demensie kan behandel en selfs omgekeer word as dit net betyds gediagnoseer word. Potensieel behandelbare oorsake wat nie reeds te veel breinskade aangerig het nie, sluit kopbeserings, sekere infeksies soos meningitis, MIV/vigs en sifilis in, hoewel dit ook in gevorderde stadiums onomkeerbaar kan wees. Hidrokefalie, breingewasse, blootstelling aan toksiese stowwe, metaboliese versteurings in die lewer, pankreas of niere, hormoonversteurings, swak suurstoftoevoer na die brein, hartkwale, reaksies op dwelm- en medisinale oordosering of misbruik, chroniese alkoholisme, die gevolg van depressie, voedingstekorte en versteurings kan ook behandel word. As dit die gevolg is van progressiewe toestande soos Alzheimer-, Parkinson-, Huntington-, Creutzfeldt-Jakob en Pick se siekte (frontale-temporale demensie), veelvuldige sklerose en onbehandelde breininfeksies, is daar nie behandeling wat dit kan stop of keer nie. Behandeling is daarop gemik om omkeerbare faktore te genees
Is jou toestand normale kognitiewe agteruitgang weens veroudering wat ongeveer 15% mense tussen sewentig en negentig ervaar, of die begin van demensie?
“My man en kinders is wonderlik. Hulle is glad nie ongeduldig met my nie. As ek so gefrustreerd en opstandig raak, hou hulle my vas en sê: ‘Ma, dis nie jou skuld nie.’ Die kleinkinders is my redding en • Kla oor vergeetagtigheid, maar kan voorbeelde noem van geheueplesier. By hulle is ek nog iets werd. verlies. • Onthou onlangse belangrike gebeure en gesprekke, veral as Met hulle kan ek net speel. Vir hulle iets kry wat hulle herinner aan wat gebeur het. • Soek per geleentheid na woorde en name. • Sal per geleentheid mooi moet dink waarhulle is daar niks fout met my nie.” heen om te gaan of te ry, maar verdwaal nie op bekende plekke nie. Haar man vertel met oë blink van • Interpersoonlike en sosiale vaardighede en verhoudings is die trane: “Vir my is die moeilikste onveranderd. • Die persoon is steeds in staat tot normale funkdat my beste pel so swaarkry. Die sionering vir sy ouderdom. impak op ons lewe is op alle gebiede ingrypend, ook finansieel en prakties. Ek is die wiele, die • Geheueverlies, maar kan nie die voorvalle wat vergeet is, herroep beursie en die geheue. Sy het haar nie. • Ernstige afname in die onthou van onlangse belangrike gebeure en gesprekke. • Beskuldig ander dat hulle jok of steel. • Sukkel karretjie afgeskryf, kan nie meer gereeld om woorde te kry om hulself uit te druk en gebruik werk nie, en sal later ook glad nie omskrywings. • Verdwaal op bekende plekke en neem lank om weer meer kan kos maak nie. ’n Mens is tuis te kom. • Verloor belangstelling in sosiale aktiwiteite en tree bekommerd oor haar versorging in sosiaal onvanpas op. • Ouderdomsgepaste normale en onafhanklike funksionering is ingeperk. die toekoms en die finansiële implikasies daarvan. Haar ongelooflike frustrasie is erg. Sy soek en om onomkeerbare simptome te vertraag en die persoon se heeltyd goed en sien dit maar maak nie die konneksie met wat sy funksionering te probeer verhoog deur die simptomatiese reaksoek nie. Sy wou eendag eiers bak. Toe roep sy my en sê hier is die sies op die siekte, soos gemoed- en gedragsteurnisse te bestuur en doppe, maar die eiers is weg. Sy weet nie waarin sy dit oopgebreek te verlig. het nie, so ek weet nie waarna om te help soek nie. Die volgende dag Daar moet onderskei word tussen die oorsaak en soort dehet ons die eiers op ’n vensterbank agter ’n gordyn gekry. mensie, en of dit moontlik simptome van normale veroudering is. “Maar die geheueverlies is nie die ergste nie. Haar verswakkende Met insig en kennis oor die toestand, kan die persoon langer oordeelsvermoë, gedrag- en gemoedsverandering en kommunifunksioneer en in beheer wees. kasie is erger probleme: Sy soek al meer na woorde, of kan nie presies sê wat sy wil hê nie. Sy verbeel haar goed en raak vir die arni, ’n voormalige onderwyseres wat geringste dingetjie paniekerig en paranoïes. Waar is die hond? Alzheimer se siekte het, vertel: Waar ... waar ... iemand het dit gesteel. Alles is onseker. ’n Paar “Ek kon net nie meer my werk doen soos sulke voorvalle en ons is uit vir ’n paar dae. Daar moenie enige stres vraestelle nasien en punte optel nie. Die of verandering wees nie. Hoe kalmer sy is, hoe normaler is sy. Die getalle het geen sin gemaak nie. Ek was toekoms en mediese sorg is vir ons is ’n groot bron van kommer.” stadig en het fout na fout gemaak. Alles het Die verloop en uitkoms van demensie word grootliks bepaal deur deurmekaar geraak en ek het so onseker, angstig en verbouereerd die soort demensie en watter gedeeltes in die brein geraak word. geword. Die ergste is die frustrasie. Frustrasie wat jy nie kan glo nie. Ek het my onafhanklikheid verloor, is stadig en kry niks SOORTE DEMENSIE gedoen nie. • Alzheimer se siekte is die bekendste vorm van demensie en Ek het stupid geraak. Ek sit nou ’n botteltjie hier neer, soek ’n maak twee derdes van alle gevalle uit. Simptome is geheueverlies; halfuur daarna en dan staan dit reg voor my. Dis asof ek nie intellektuele agteruitgang wat dit moeilik maak om planne te maak, inneem wat ek soek nie. Ek kan nie meer bestuur, op ’n rekenaar aanwysings te volg of met syfers te werk; verwardheid oor plekke en werk of lees nie, die woorde maak nie sin nie en ek neem nie in rigting; probleme met daaglikse take, of om die regte woorde te kry wat ek lees nie. Dis net blank vir my. Ander moet soveel vir my of te verstaan; die soek na dinge; swakker oordeel- en besluitdoen. My man moes my pille oorvat. Ek het dit nie gedrink nie, of nemingsvermoë; onttrekking aan werk, sosiale en ontspanningsalles deurmekaar gegooi en te veel of verkeerde goed gedrink. Ek aktiwiteite; verandering in gedrag, gemoedstoestand en kon myself doodmaak sonder dat ek wou. persoonlikheid. • Vaskulêre demensie is die resultaat van ’n reeks klein beroertes of swakker bloedtoevoer na die brein. Dit beïnvloed ook geheue en kognitiewe funksionering ernstig. • Gemengde demensie is ’n toestand waar Alzheimer se siekte en vaskulêre demensie gesamentlik voorkom. Minder algemene soorte is: Pick-, Creutzfeldt-Jakob-, Huntington-, Parkinson- en Lewvy Body-se siekte.
SIMPTOME VAN NORMALE VEROUDERING
SIMPTOME VAN DEMENSIE
FOTO GREATSOCK / CORBIS
M
‘DIE IMPAK OP ONS LEWE IS OP ALLE GEBIEDE INGRYPEND. VIR MY IS DIE MOEILIKSTE DAT MY BESTE PEL SO SWAAR KRY’
HOE KAN JY DEMENSIE VOORKOM? Risikofaktore soos ouderdom en genetika kan nie sommer voorkom word nie. Daar is wel talle faktore wat die begin van SEPTEMBER 2015
rooi rose 97
tussen ons
HET JY OF JOU GELIEFDE DEMENSIE? • Sukkel jy meer om te onthou as vroeër? • Herhaal jy vrae of stories op dieselfde dag? • Vergeet jy afsprake? • Sukkel jy om die volgorde van gebeure te herroep? • Sukkel jy om die regte woorde te kry, meer as net die name van mense en dinge? • Sukkel jy om te onthou waar jy goed gebêre of neergesit het? En dink dan ander steel jou goed? • Het jou sin vir rigting verswak? • Sukkel jy meer as voorheen om toestelle soos die stoof, mikrogolf, televisie, foon, of wekker te gebruik? • Sukkel jy meer om te konsentreer en te weet waarmee jy besig is? • Sukkel jy om gewone huishoudelike take en roetine in stand te hou? • Onttrek jy sosiaal of hou op met stokperdjies wat jy voorheen graag gedoen het? • Sukkel jy om die draad van ’n gesprek te volg? • Twyfel jy aan jou oordeelsvermoë en sukkel jy om besluite te neem? • Het jy fisieke, motoriese of balansprobleme?
MAAK DIT MAKLIKER
Demensie is ’n uitdagende en moeilike pad wat ander se demensie kan vertraag, of die ondersteuning en deernis simptome kan verminder om bitter nodig het. iemand die geleentheid te bied Hier is strategieë wat die pad om langer funksionerend en in kan versag: beheer te bly. • Sorg vir emosionele onder• Hou jou brein gesond steuning van familie, vriende, deur kardiovaskulêre risiko’n demensieondersteuningsfaktore te verminder: Die groep of praat met ’n terapeut brein is een van die liggaam se of geestelike versorger. rykste netwerk van bloedvate, • Gee aandag aan behandelwat breinselle van noodsaakbare toestande soos depressie, like voedingstowwe en suurstof angstigheid en slaapsteurnisse. voorsien. Die afname in die • Moet hy daagliks telkens probeer bepaal wat die datum is? • Vereenvoudig jul lewe, gesondheid van die bloedtoe• Verdwaal hy op bekende plekke of paaie? • Raak hy roetine en omgewing deur voer na die brein veroorsaak deurmekaar met die name van familie of ou vriende? • Sukkel hy om logies te redeneer? • Kan hy nie meer met dinge minder, en meer vooragteruitgang en kan demensiegeld werk en basiese somme doen of finansies en rekeninge spelbaar en veilig te maak. simptome verhoog. Jy beskerm hanteer nie? • Tree hy onfatsoenlik, buite beheer en anders • Neem so vroeg moontlik jou brein soos jy jou hart beas voorheen op? • Het sy sin vir veiligheid of persoonlike besluite oor die toekoms om skerm: Moenie rook nie, maak sorg en higiëne merkbaar agteruit gegaan? • Sukkel hy om ’n gesprek te voer en te sê wat hy nodig het? • Herken hy latere probleme oor finansies, seker jou bloeddruk, cholestenie meer bekende mense nie? • Hallusineer hy, of praat mediese sorg of geregtelike rol en bloedsuiker is normaal deurmekaar en raak onsinnige goed kwyt? sake te voorkom. Maak ’n en vermy oormatige lewende testament waardrankgebruik. volgens die pasiënt sy • Oefen: Gereelde oefening besluitnemingsmag aan ’n betroubare persoon oordra en verhoog die bloed- en suurstoftoevoer na die brein en verlaag die waarvolgens hy vooraf sy wense vir die toekoms kan uiteensit. risiko van sekere soorte demensie. • Skep ’n praktiese versorgingsnetwerk en beplan vir ver• Sorg dat jy gesond eet en nie oorgewig is nie: Die gesondanderende behoeftes. heid van jou hart verhoog die gesondheid van jou brein. • Gebruik foto’s, prente en bekende voorwerpe om die geheue ’n Mediterreense dieet wat min rooivleis insluit en eerder fokus op onverwerkte grane, vars vrugte en groente, neute, vis, skulpvis, helder te hou. In ’n later stadium kan dit gebruik word om die pasiënt vir sekere besoeke of gebeure voor te berei. ’n Aktiwiteitsolyfolie en ander gesonde vette word aanbeveel. kaart wat die roetine van die dag en die volgende stap aandui, kan • Verminder stres. waardevol wees. Prente kan ook ’n waardevolle manier wees • Sorg dat jy goed en genoeg slaap. waarop die pasiënt wat nie meer kan praat nie, haar wense kan • Oefen en stimuleer jou brein deur te lees, nuwe dinge aan te kommunikeer. leer, of intellektueel stimulerende dinge te doen wat denke verg. • Pas jou kommunikasie aan in ooreenstemming met die fase van • Neem dieetaanvullings soos vitamien B12 en E, ginkgo biloba en omega-3, asook sekere voedselsoorte soos neute, sade, donker agteruitgang. Praat in die beginfase so normaal moontlik, maar hoe meer haar toestand verswak, hoe korter en eenvoudiger moet vrugte soos bloubessies, avokado’s, spinasie en soetrissie. jou sinne word. Kundiges verskil oor die werklike uitwerking hiervan. • Onthou, sy is binne net dieselfde mens as voorheen - al kan ander dit weens die siekte nie meer sien nie. En dis nie haar keuse usan vertel: “Dis is ’n wrede siekte. Jy verloor jou of skuld nie. Tree met dieselfde liefde en respek teenoor haar op. maat in alle opsigte, en al wat oorbly, is ’n moeilike, ’n Vroeë diagnose is uiters noodsaaklik, want dit is die eerste ontoeganklike, gefrustreerde en woedende liggaam. stap tot die behandeling en bestuur van die siekte om die persoon Dit het maande, nee jare, geneem vir die kinders en en sy geliefdes te help om so lank moontlik ’n vol, sinvolle, dokters om my te oortuig om my man in ’n ververvullende en onafhanklike lewe te kan lei. rr sorgingsoord te laat opneem. Al het ek besef hy herken glad nie meer die kinders nie, en dikwels nie eens meer vir • Hulp: Nasionale hulplyn: 0860 Memory / 0860 636 679; my nie. Hy weet glad nie of en wanneer hy my laas gesien het nie. 021 421 0077/8 of 021 418 5888; e-pos: info@dementiasa.org of Hy sal ’n halfuur ná ete woedend raak omdat ek volgens hom nog glad nie die dag vir hom kos gegee het nie. Maar ek kon net nie die support@dementiasa.org / www.dementiasa.org/contact.asp • Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark. 012 460 7366; besluit neem nie. Dis steeds my man, die pa van my kinders. Dit anys @anys.co.za het vir my gevoel ek laat hom in die steek en kom nie my huweliksbelofte na nie. Maar sy siekte het vir my onhoudbaar geword, want dit het nie net hom nie, maar ook van my ’n gevangene gemaak en my lewe en bewegings ingeperk en my van ander geïsoleer.”
ERNSTIGER SIMPTOME
S 98 rooi rose
SEPTEMBER 2015
tussen ons
Egskeiding SALF teen die SEER Hoe stukkender ’n egskeiding jou laat, hoe minder het jy in jou om jou kinders, nabymense en die samelewing te bied. Dalk is nóú die tyd om die genesingskrag van egskeidingsrituele te ontdek
lkeen van ons ervaar belangrike lewensoorgange in ons bestaan. Ons word mondig, trou, word ma of pa … en die meeste van dié oomblikke gaan met ’n ritueel gepaard. Soms is dit ’n feesviering soos ’n huwelik, ander kere ’n hartseergeleentheid soos ’n begrafnis. By sulke seremonies kom die betrokkenes saam om in die vreugde te deel of simpatie te betoon. Dié wat die oorgang ervaar, weet hulle is nie alleen nie. Hulle word deur die gemeenskap gedra. Ander sien en erken byvoorbeeld die feit dat hul sosiale status verander - van enkellopend na getroude, of van eggenoot na weduwee. Egskeidings is ’n opvallende uitsondering op dié reël. ’n Huwelik wat gewoonlik binne ’n familie- en vriendekring gesluit is, gaan in afsondering tot niet. Meestal is die regsproses die enigste konteks vir hierdie ingrypende oorgang. Daar is geen samekoms van bekendes om erkenning te gee aan dit wat was, dit wat besig is om te gebeur, en dit wat die toekoms mag inhou nie. Verbintenisse met skoonouers, swaers, en ander aangetroude familielede hang skielik in die lug. “Die ervaring van ’n egskeiding sonder ’n ritueel is soos ’n ervaring van die dood sonder ’n begrafnis,” sê dr. Christo de Klerk, narratiewe pastorale terapeut van Munster in KwaZulu100 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Natal. Christo was dekades lank in die bediening en sy doktorsgraad in praktiese teologie het oor egskeidingsherstel gehandel. “’n Vars benadering is van die grootste belang. Lidmate wat skei, het soos alle ander mense wat trauma ervaar die ondersteuning van die kerk baie nodig. Ongelukkig ontbeer hulle dit dikwels wanneer hulle skei en broos en gebroke is. Dit gebeur omdat alle egskeidings in die meeste kerklike kringe steeds as sonde gesien word. Gevolglik voel baie lidmate in hierdie posisie hulle het in hul geloofslewe gefaal en dat hul medegelowiges hulle veroordeel. Dit gebeur selfs wanneer hul leraars hulle sensitief benader. “Baie lidmate is in die veertien jaar in my laaste gemeente geskei. Min het aangebly. Die meeste het verdwyn. Hulle voel gebrandmerk en soek ’n ander geloofstuiste, of verlaat die kerk. “Ek maak nie voorspraak vir egskeiding nie. Wanneer jy mense daardeur begelei, kry jy eerstehands met die pyn te make wat soveel partye raak. Tog kan egskeiding nie weggewens word nie. Dis deel van ons werklikheid. Sowat vyftig persent van alle huwelike loop op die rotse en hierdie mense het bystand nodig. “Toe ek die praktiese deel van my doktorsgraad moes takel, was vyf vroue in my gemeente besig om te skei. Ek het besluit om hulle te vra om ’n navorsingsgroep te vorm – begeleiding en wedersydse steun vir hulle, en ’n studiegeleentheid vir my! Ons het ’n jaar lank tweeweekliks byeengekom en aspekte van egskeidingsherstel ondersoek. Uit ons gesprekke het die behoefte aan ’n
FOTO DOLLAR PHOTO CLUB / KUVONA
Deur MARIETTE SNYMAN
‘Ek wou erkenning gee aan die lang pad wat ek moes stap, die verlede afgooi en my toekoms vier’
DIE ERVARING VAN ’N EGSKEIDING SONDER ’N RITUEEL IS SOOS ’N ERVARING VAN DIE DOOD SONDER ’N BEGRAFNIS egskeidingsritueel na vore gekom wat die transformasie van getroud wees na weer enkel wees kan vergestalt. Ons het ’n egskeidingsformulier ontwikkel wat in die ritueel voorgelees kon word, asook ’n sertifikaat wat bevestig dat die vroue hul nuwe lewe suksesvol gelanseer het en weer sin in die lewe vind. “’n Egskeidingseremonie is waardevol omdat dit die breuk in die huweliksverhouding erken en bevestig dat die betrokkenes ondanks hul beste bedoelings en pogings nie die huwelik kon laat slaag nie. Dit belig hul gewilligheid om verby die ontnugtering, woede en pyn na ’n hoopvolle toekoms te beweeg. Die deelnemers vind troos in die feit dat die omstanders hulle ondersteun en net die beste toewens. Hulle beleef genesing, afsluiting en die bewustheid van hul eie emosionele en spirituele krag. Bowenal voel hulle vry om hul toekoms met die Here se seën aan te pak.”
HELENDE RITUELE PARTYTJIE Amélie* is 18 jaar gelede op 42 geskei. “Ek hou nooit partytjies nie – ek nooi eerder ’n paar mense oor vir ’n intieme ete – maar ek het besluit dis ’n groot dag dié. Ek wou erkenning gee aan die lang pad wat ek moes stap, die verlede afgooi en my toekoms vier. Ek wou dit uitsê: ‘Ek is nou geskei, en dis verby!’ My vriendinne en skoonsusters het gekom en die gebeure het spontaan ontvou. Ek het Antjie Krog se gedig “ek staan op ’n moerse rots” voorgelees en elkeen het vir my ’n wens gegee. Ons het geëet, gedans en gepaartie. Ek dink ek was ’n bietjie buite myself – dit was ’n besonder emosionele dag. So ’n geleentheid help jou om jouself weer te vind en vas te stel waar in die kosmos jy nou eintlik hoort.” *skuilnaam AAN VERSKILLENDE FRONTE Sinta Ebersohn van Stellenbosch ontwikkel onder meer aanlynleerprogramme, maar haar hartsprojek is www.fairdivorce.co.za - ’n eenstop-egskeidingshulpwebwerf vir almal wat deur egskeiding geraak word. “Nes baie ander mense wat skei, is ek deur ’n uitmergelende regsproses wat vier jaar geduur het. In ’n stadium het ek besef dit besoedel my bestaan en dat ek dit anders moes benader. Fairdivorce is uit dié insig gebore. Dit bied inligting, hulpbronne, steun, praktiese advies en inspirasie op spirituele, sielkundige, finansiële, praktiese, fisieke en regsgebied. “Wanneer ’n paartjie hulle ‘for better or for worse’ verbind, dink hulle dalk nie daaraan dat ‘for worse’ op ’n egskeiding kan dui nie. Ons visie is om die oorlog wat dikwels met ’n egskeiding gepaardgaan in ’n beskaafde en redelike skeiproses te omskep en te verseker dat mense hul waardigheid behou.” SINTA SE RITUELE • Ná my egskeiding het ek ’n lekker vuur gemaak en die dokumentasie en ander oorblyfsels van die proses in rook laat opgaan. Terwyl ek na die vlamme gestaar het, het ek daarop gefokus om hierdie dinge vry te laat. • Na aanleiding van dr. John Demartini se boek The Value Factor het ek my waardes in heroënskou geneem. Ons waardes, in die sin van prioriteite, rig ons lewe. My hoogste waarde bly steeds om lewenslank te leer en Fairdivorce skakel hierby in. Dan volg ouerskap – ek neem my twee seuns van agt en twaalf se opvoeding ernstig op en ons drie bedryf saam ’n interaktiewe anti-boelie strokiesprentprojek om ander kinders te help (www.bullyandboo.co.za). My derde waarde, goeie menseverhoudinge, hang ten nouste met my projekte saam. (Meer inligting oor waardes by www.drdemartini.com - klik op Determine your values). • Omdat omstandighede so ingrypend verander wanneer mense skei, is nuwe gesinsrituele nodig. Ek en die seuns het gebruike bedink wat ons gesinstruktuur bevestig. Soggens vroeg gee ons mekaar stywe drukkies vir die dag. Tydens aandete praat ons elkeen oor iets waarvoor ons dankbaar is, die hoogte- en laagtepunt van die dag, iets wat vir ons snaaks was en iets omtrent die volgende dag waarna ons uitsien. Dit bevorder ’n kultuur van dankbaarheid en hou die gesprek aan die gang sodat dit hopelik in hul tienerjare sal voortduur wanneer daar baie keer minder kommunikasie is! • Ons was vroeër nie dikwels met vakansie nie en het besluit ons wil een maal per jaar vakansie hou. • Sommige vroue verkoop hul verloof- en trouringe, of smelt dit en skep ’n nuwe juweelstuk. Ek en my seuns het besluit as hulle eendag die jawoord vra, kan hulle die diamante deel. Só bly die ringe wat van hul pa af kom in die familie. • Ek het vir myself ’n liefdesnessie in my slaapkamer geskep om afskeid te neem van dit wat was en my voor te berei op ’n nuwe liefde. Met nuwe beddegoed, ’n throw, strooikussings, kerse, wierook en ander spesiale dingetjies het ek ’n romantiese atmosfeer geskep. Kry nog ’n voorbeeld van ’n egskeidingsritueel op www.fairdivorce.co.za - tik Divorce ritual in by Search.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 101
tussen ons AAN EIE LYF Twee vroue wat jare gelede deel was van Christo se egskeidingsherstelgroep gesels oor hul belewenis:
G
erda* - destyds veertig en pas geskei - het met drie tieners van ’n ander provinsie na Christo se gemeente getrek. “Die woord ‘egskeiding’ was nooit deel van my woordeskat nie, maar ek het by die punt gekom waar ek besef het ons stukkende huweliksverhouding doen die kinders meer kwaad as goed. “Die groepervaring in ’n opbouende atmosfeer was deel van my gesond word. Dit was wonderlik om te ontdek dat ander my gevoelens deel – ek het aanvanklik geglo my negatiewe gedagtes is uit pas. Deur na die ander vroue te luister, het ek perspektief gekry en geleer dat ek slegs verantwoordelik was vir dit wat ék in my huwelik verkeerd gedoen het, nie vir álles wat skeefgeloop het nie. Waar ek eers te skaam was om te sê ek is geskei, het ek die vrymoedigheid gekry om dit te doen. “Die egskeidingsritueel, ’n informele geleentheid op ’n Saterdagoggend, was die amptelike afsluiting van ons terapie. Ons het elkeen ’n paar mense genooi wat vir ons baie beteken het. Afgesien van Christo was daar net vroue. “Christo het verskeie Skrifgedeeltes en die egskeidingsformulier voorgelees, en toe het ons Nagmaal gebruik. Daarna het elk van die vyf deelnemers haar sertifikaat ontvang en ons het oor ’n heerlike ontbyt gekuier. “Die ritueel was vir my ’n besonderse belewenis. My vroeë ervaring as geskeide was een van teregwysing: jy hoor altyd die Here verafsku egskeiding. Ek verafsku dit ook, maar terselfdertyd weet ek die Here ken en verstaan my situasie. Tydens die Nagmaal het ek gedink: Hier sit ek, ek eet die brood en drink die wyn, dis tasbare tekens dat Christus ook vir my gesterf het ondanks alles wat gebeur het! “Sedertdien het daar weer balans in my menswees gekom. Ek is nog enkellopend en dis soms eensaam vandat die kinders die nes verlaat het, maar daar is vrede in my huis. Ek leef my in my beroep uit en ek voel ek beteken iets vir ander, alles deur die genade van die Here.”
E
Dit bring genesing, afsluiting en ’n bewustheid van jou eie emosionele en spirituele krag
lize* was in die dertig toe haar suster in ’n onlusverwante voorval doodgeskiet is. Kort daarna het haar swaer verongeluk en hul seuns van tien en 14 het Elize en haar man se verantwoordelikheid geword. “Ons was 12 jaar getroud, maar het nog nie kinders gehad nie. Die aanpassing met die seuns was vir my man te groot. Op my beurt het ek hul aanneming en grootmaak as die Here se doel met my lewe gesien. Uiteindelik moes ek tussen my man en die kinders kies. “Ons was in Christo se gemeente en ook huisvriende. Toe my verhoudingsituasie onhoudbaar word en ek besluit om te skei, het Christo my pastoraal begelei. Die navorsingsgroep het later gekom. 102 rooi rose
SEPTEMBER 2015
“Hoewel die vroue almal ‘private’ mense is, kon ons ons gedagtes en emosies eerlik met mekaar deel. Binne die groep kon ek maar ontspan. Die dinamiek was ongelooflik – ons het soveel gemeen gehad en mekaar ook prakties ondersteun wanneer een byvoorbeeld hospitaal toe moes gaan. Dit het my gehelp om my gevoel van uselessness, my twyfel oor my vermoëns as ouer, en die finansiële breekspul te verwerk. Daar was waardering vir wie ek is en wat ek doen. “Ek het agtergekom die manier waarop jy jou egskeiding verwerk, beïnvloed die mens wat jy daarna is én hoe jy jou kinders hanteer. ’n Egskeiding is ’n onbeskryflike ontwrigting, en boonop het ek ’n akute mediese toestand gehad. Maar ek wou nie bitter word nie. “By Christo het ek geleer vergifnis neem tyd. As jy jouself te vroeg dwing om dit te doen, is dit vals. Ware vergifnis bring genesing en vrede. “In die groep het ek issues uitgepluis wat later verhoudingskade sou veroorsaak het. Ek is ook bevry van die oordeel wat die kerk weens my egskeiding oor my laat hang het. Ek het besef in ’n geforseerde verhouding word jy die mens wat God nié wil hê jy moet wees nie. Dit was God se wil dat ek sterk genoeg sou wees om uit die verhouding te klim. “Ek het my eks-skoonsus en my vriendin na die egskeidingsritueel genooi, Hulle het geweet waardeur ek is en ook dat ek oor die trauma kon seëvier. Hulle het gesê dis verstommend om na ons vyf te kyk, want hulle kon geen verbittering of afbrekendheid by ons sien nie. Dit was vir hulle wonderlik dat ons elkeen se verhouding met God in stand gebly het. “Ek is intussen weer getroud met ’n man wat ek deur my werk ontmoet het. Hy gee werklik om vir die seuns, maar dit het my báie lank geneem om sy liefde vir die kinders te leer vertrou. Ek sien die hand van God in al hierdie gebeure, en ek het sy opdrag aan my uitgevoer so goed ek kon.” rr *skuilname
Die egskeidingsformulier en sertifikaat is by dr. Christo de Klerk beskikbaar. Christo en sy vrou, Miems, bied ook week lange afsonderingsgeleenthede (retreats) aan wat fokus op huweliksprobleme, egskeidingsherstel, routerapie en ander knelkwessies. Deelnemers woon in by hul retreat-sentrum, NaEden, aan die KZN-suidkus. Meer inligting by 083 660 5583, naeden@telkomsa.net en www. naeden.co.za
Wat dink jy? Gee jou mening en wen STEM JA OF NEE OP ONS VRAAG IN “WAT DINK JY” EN JY KAN ’N GATINEAU-GESKENKPAK TER WAARDE VAN R2 830 WEN. GATINEAU KOMBINEER DIE DOELTREFFENDSTE PLANTEKSTRAKTE MET DIE JONGSTE BIOTEGNOLOGIE OM DIE MEES GEVORDERDE FORMULES TE SKEP WAT SIGBARE RESULTATE SAL LEWER. ELKE PRODUK WORD DEEGLIK GETOETS OM TE VERSEKER DAT DIE FORMULERINGS VEILIG EN DOELTREFFEND IS. VIR MEER INLIGTING KYK BY GATINEAU@ORLEANSDIST.CO.ZA VRAAG: DINK JY ’N EGSKEIDINGSRITUEEL BEHOORT ’N ALGEMENE GEBRUIK TE WORD? BESOEK VANDEESMAAND ONS WEBBLAD, WWW.ROOIROSE.CO.ZA EN KLIK OP DIE “WAT DINK JY”BLOKKIE OM DEEL TE NEEM.
my tuin Die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in die hartjie van die Kaapse blommeryk ryg ná ’n eeu steeds die toekennings in en meer as ’n miljoen besoekers het al die vreugdes van dié tuin beleef Deur COBUS SMIT. Foto’s deur LIEN BOTHA
HOE OUER, HOE MOOIER DIE BOOMSLANGBRUG SEIL LETTERLIK SOOS 'N SLANG DEUR DIE BOOMTOPPE.
104 rooi rose
SEPTEMBER 2015
TROTS SUIDAFRIKAANS
BERGKLIMMERS
WAT TAFELBERG (NOG 'N BEKENDE SA BAKEN) WIL UITKLIM, BEGIN DIKWELS HIER.
MADIBA
KISTENBOSCH IS NET SO SUIDAFRIKA SE TROTS.
Die BoomSLANG BIED 'N ONGEWONE UITSIG OOR DIE BEKROONDE TUIN.;
DIE KAAPSE blommeryk IS IN 2004 TOT WÊRELDERFENISGEBIED VERKLAAR.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 105
my tuin
D
ie jongste aantrekkingskrag in die geskiedkundige tuin is die Boomslang-hangbrug wat verlede jaar ter herdenking van die honderdjarige bestaan van die tuin gebou is. Die hangbrug seil letterlik soos ’n slang deur die boomtoppe en bied ’n wonderlike en ongewone uitsig oor die uitgestrekte tuin wat steeds op enige besoeker aan Kaapstad se wat-om-te-doen-lysie hoort. Volgens die jongste statistieke het die besoekerstal in 2014 die eerste keer sedert die vestiging van die tuin in 1913 die een miljoen-kerf oorgesteek. Die toekennings bly ook nie agterweë nie. Kirstenbosch is vroeër vanjaar met die Internasionale Tuintoerisme-toekenning vir 2015 bekroon. Die tuin van 36 ha is reg in die hartjie van die Kaapse Blommeryk geleë wat in 2004 deur UNESCO tot Wêrelderfenisgebied verklaar is. Kirstenbosch is ook deel van die groter Tafelberg Nasionale Park. Daar word
hoofsaaklik op die verbouing van inheemse plante gefokus en die publiek kan plante en sade by die kwekery koop. Die plante in die tuin is hoofsaaklik inheems aan die Wes-Kaap. Plante eie aan ander klimaatstreke word in die Botaniese Vereniging se glashuis gehuisves. Daar is daagliks van Maandae tot Saterdae om 11:00 en 14:00 twee gratis begeleide toere vanaf die besoekersentrum. ’n Mens kan heel gemaklik alleen deur die tuin dwaal, want daar is oral duidelike kennisgewings en inligtingsborde. Die tuin is grootliks rolstoelvriendelik en oudiogidse en inligting in braille-skrif is oral aangebring. Daar is ook restaurante en ’n koffiewinkel waar besoekers ná al die rondstap kan ontspan. Kapenaars en ander besoekers wat Tafelberg wil uitklim, begin dikwels hul staptog via een van die talle staproetes deur die tuin waarvan Skeleton Gorge baie toeganklik en gewild is.
KIRSTENBOSCH EN KUNS
Kirstenbosch het met verloop van tyd ook ’n kultuurbaadjie gekry. Die skemerkonserte wat gereeld in die somer daar aangebied word, is so gewild dat jy nie ’n kans op ’n kaartjie het nie, tensy jy maande vooruit bespreek. Daar is ook talle kunsuitstallings binne en buite, soos die permanente uitstalling van beeldhouwerke uit klip wat in samewerking met die Chapungu-beeldhoupark in Zimbabwe aangebied word. Daar is tans in die Broodboom-amfiteater ’n uitstalling van die Zimbabwiese beeldhouer David Huni se lewensgroot, LINKS BO EN LINKS: PLANTE WAT NIE VAN NATURE IN DIE anatomies korrekte staalWES-KAAP GROEI NIE WORD beeldhouwerke van dinoIN DIE ENORME GLASHUIS GEHUISVES. LET OP NA DIE sourusse en pterosourusse. KREMETART-BOOM IN DIE GLASHUIS. BO: UITSTALLINGS Dis deel van ’n veldtog om die VAN PLANTE IN BLOM IN publiek daarvan bewus te DIE VERTOONVENSTER LOK BESOEKERS OM DIE TUIN TE maak dat byna al die SuidGAAN VERKEN. Afrikaanse broodbome op die
106 rooi rose
SEPTEMBER 2015
rand van uitsterwing staan en dat hulle net soos die dinousourusse wat uit dieselfde historiese tydperk dagteken, uitgewis kan word. In dié geval sal die uitsterwing nie te wyte wees aan ’n meteoriet wat die aarde getref het nie, maar hoofsaaklik deur menslike toedoen. Die uitstalling duur tot Junie 2017.
DIE STORIE VAN ’N TUIN Die tuin is ryk aan geskiedenis. Daar is nog gedeeltes van die wildeamandellaning en braamheining wat in 1660 in opdrag van Jan van Riebeeck aangeplant is om die grens van die Hollandse kolonie aan te dui. Die gedeeltes van Van Riebeeck se Heining wat behoue gebly het, is tot provinsiale erfenisterrein verklaar. Daar word na die heining verwys as een van die eerste hoekstene van skeiding van mense in die land. Cecil John Rhodes het die stuk grond waar die tuin is, in 1895 gekoop en volgens oorlewering het die terrein baie agteruitgegaan ná die rondloper-varke modderbaddens in die poele begin neem het. Die bekende kamferboomlaning is ook in die tyd aangeplant. Rhodes het darem die eiendom in die naam van nasie agtergelaat. rr
DANKIE, PEARSON! Die ontstaan van die botaniese tuin is grootliks te danke aan die Britse plantkundige Henry Harold Pearson van die Universiteit van Cambridge wat in 1903 as professor in plantkunde aan die South African College (vandag die Universiteit van Kaapstad) aangestel is. Hy het blykbaar in 1911 die gebied besoek om te bepaal of dit geskik vir ’n botaniese tuin sou wees. Eers twee jaar later het die regering van die kolonie die bedrag van duisend pond vir die doel opsy gesit. Daar is nie vir die direkteur se salaris begroot nie en Pearson het toe summier en sonder betaling die eerste direkteur van Kaapstad se ongevestigde “Botaniese Tuin” geword. Geld was maar skaars maar die geesdrif en planne baie. Pearson het nie toegelaat dat enige probleem, veral nie geld nie, hom afskrik nie en het intussen weggespring en onder meer broodbome begin aanplant. Kort voor lank is die begroting aangevul met die verkoop van brandhout en akkers. Hy is in 1916 dood en in sy geliefde tuin begrawe. Die grafskrif lees: “If ye seek his monument, look around.”
Bronne: www.sanbi.org/gardens/kirstenbosch/www.capetown.travel/attractions/entry/Kirstenbosch_ National_Botanical_Garden; https://en.wikipedia.org/wiki/Kirstenbosch_National_Botanical_Garden
Die gedeeltes van Van Riebeeck se Heining wat behoue gebly het, is tot provinsiale erfenisterrein verklaar
tuin TUINDAGBOEK TUINPLEKKE, -BESOEKE-, -BLOGS- EN -BOEKE đ Die Johannesburg Garden Club hervat sy jaarlikse plantverkoping ten bate van Johannesburg-kinderwelsyn. 19 September 08:00 - 17:00 in die prentjiemooi tuine van Bryanston Drive 9, Bryanston, met genoeg vermaak en verversings so tussen die plantaankope deur. www. Johannesburggardenclub.co.za đ Pink Geranium Kwekery: “Masterchef - Veldkos Cooking” met Loubie Rusch op 5 Sept. om 10:00. www.thepinkgeranium.co.za đ Iris ope naweek: 24 - 25 Okt. 09:00 - 17:00. đ Daglelie ope naweek: 28 - 29 Nov. 09:00 17:00. đ Bedfordview-tuinfees: 23 - 25 Okt. Besonderhede by info@bedford.co.za đ Franschhoek ope tuinfees: 23 - 25 Okt. www.franschhoek.co.za/events đ Elgin ope tuine: 31 Okt. - 1 Nov. www.elginopengardens.co.za đ Klein Optenhorst se tuin is ook op 26 en 27 Okt. oop vir die publiek. Plantverkope van ongewone en skaars plante en ’n kunsuitstalling met werke van Carolyn Metcalfe. Besonderhede: Jane 083 324 6855 of e-pos kleinoptenhorstwines@gmail.com of Jenny 021 864 1210 e-pos ferreira@patat.co.za đ Grahamstadse blomfees: 10 - 11 Okt. by die 1820 Setlaarsmonument. Die hoogtepunt is ’n blomkompetisie in die foyer waar plantkwekers en kwekerye plante verkoop. Skoolorkeste en die Pro Carmine-koor sorg vir vermaak. Die plaaslike Rotariërs sal verversings verkoop. www.grahamstownflowerfestival.co.za đ Kaapstad Blommeskou is vanjaar uitgestel tot volgende jaar weens herstelwerk aan die Kasteel. đ Nasionale Marieneweek: 5 - 9 Okt. đ Blogs: capetowngreenmap.co.za hou jou op die hoogte van allerhande groen aktiwiteite in die Deur COBUS SMIT Kaapstad-omgewing. tuinjong@yahoo.com
Tuin MAAK Lentetyd is tyd vir oop tuine, skoutuine en blommefeeste
JY KAN
FOTO’S VERSKAF
GOED VIR ALMAL
GROENGOED
Abalimi Bezekhaya (“huisboere” in Afrikaans) is ’n stedelike landbou- en omgewingsaksiegroep en is werksaam in die sosio-ekonomies afgeskeepte informele nedersettings van Khayelitsha, Nyanga en omliggende dele van die Kaapse Vlakte. Abalimi ondersteun individue, groepe en gemeenskapsorganisasies om organiese groentetuine te vestig en te onderhou, asook met natuurbewaringsprojekte as ’n basis vir ’n volhoubare leefstyl, selfhelp-werkskepping, verligting van armoede en omgewingsvernuwing. Inwoners van informele nedersettings word aangemoedig en ondersteun om hul eie groente te kweek en die oorskot word deur die bemarkingsarm, Harvest of Hope, ’n gemeenskapsondersteunde landbouskema verkoop. Mikro-kwekers wat Harvest of Hope van produkte voorsien, moet aan bepaalde standaarde voldoen en hul produkte volgens streng organiese beginsels kweek. Abalimi help met opleiding en deurlopende ondersteuning om meer kwekers in staat te stel om by die verkorte produksieketting in te skakel. In 2011 was naastenby drieduisend huis- en gemeenskapstuine in Nyanga en Khayelitsha by Abalimi ingeskakel. Met ’n gemiddeld van vyf familielede wat elke mikro-kweker ondersteun, beteken dit dat die projek sowat vyftienduisend familielede aan die gang hou! Abalimi se Harvest of Hope sluit kontrakte met die boere wat hulle verseker dat daar ’n afset vir hul produkte is en die publiek teken vooraf in op ’n weeklikse boks vars produkte wat by sentrale verspreidingspunte afgelewer word. Mense kan die bokse vars produkte nou ook by Oranjezicht City Farm kry. Kyk by: www.ozcf.co. za/vegbox/
PLANT ’N KOMBUISTUIN en ’N BOOM
đ Einde Augustus is ’n goeie tyd om te begin met die aanplant van somergroente vir jou kombuistuin. Jane Griffiths se Jane’s Delicious Garden sal jou op koers hou en jy kan selfs ’n plantkalender/-beplanner op haar webwerf aflaai. Kyk by www.janesdeliciousgarden. com đ Nasionale Boomplantweek: 1 - 6 Sept. Maak seker jy plant minstens een of meer inheemse bome. Vra jou naaste kwekery watter bome die beste in jou omgewing aard. Dit is beter om bome te plant wat van nature in jou omgewing voorkom, eerder as om oordadig meegevoer te raak met die plant inheemsgier. Suid-Afrika bestaan uit talle klimaatstreke en wat in die een gebied aard, is nie noodwendig geskik vir ’n ander gebied nie. SEPTEMBER 2015
rooi rose 107
Wat is my beste keuse van badkamer vensters dekor? – Lauren, Edenvale DBN 27195
Pasgemaakte 25mm Aluminium Venesiese Blinding (Golfblou)
R275.00 600mm breedte x 590mm lengte. Ander groottes beskikbaar.
Klaargemaakte 25mm Aluminium Venesiese Blinding (Silwer)
MOENIE VERGEET NIE Bring jou mates saam winkel toe, om bestellings te plaas.
R129.00 600mm breedte x 1000mm lengte. Ander groottes beskikbaar.
Gesny-om-te-pas 25mm Aluminium Venesiese Blinding (Magnolia)
Geborselde goud
R202
.00
Koper
590mm breedte x 600mm lengte. Ander groottes beskikbaar.
Geborselde bruin
Brons
Aluminium Venesiese blindings is ideaal aangesien hulle uiters geskik is vir klammer vertrekke. Met hierdie blindings is jy totaal in beheer van privaatheid en hoeveel natuurlike lig jy inlaat. Beskikbaar in ʼn wye verskeidenheid kleure.
Every window is an opportunity Sommige foto’s is slegs ter voorstelling. Alle bykomstighede word afsonderlik verkoop. Pryse geld terwyl voorraad hou of tot 30/09/2015.
/DecorlandSA
EKSKLUSIEF BY
/DecorlandSA
Decorland.co.za
leefstyl
GROEN
KALEIDOSKOOP IN GROEN. VERF - 10GY71/180 SOFT MOSS 4 (BO), 10GY54/238 SOFT MOSS 3 (LINKS) EN SOFT MOSS 2 (REGS ONDER) DULUX. PRYS WORD BEPAAL DEUR DIE GEHALTE-AFWERKING WAT JY KIES.
110 rooi rose
SEPTEMBER 2015
LEEFSTYL-ASSISTENT GRETA CHAMPION-GERICKE
PRODUKSIE CORNÉL DUNN; LEEFSTYLASSISTENT GRETA GERICKE; MODEL SHANNON ANN PHILLIPS VAN ICE MODELS; HARE EN GRIMERING LIZ KAPLAN
VINGERS
DIE OUTYDSE, GEHARDE KOOLBLOM HET NOG LANK NIE SY VEELSYDIGHEID EN BEKORING VERLOOR NIE. DIS ’N DEKORELEMENT UIT EIE REG WAT ’N VERRASSENDE EIETYDSE GEVOEL IN ENIGE OMGEWING SKEP, VERAL WANNEER DIT SOOS HIER BY TEKSTURE SOOS HOUT, SEMENT, GLAS, METAAL EN LOWERGROEN HANGPLANTE GEBRUIK WORD.
Met die geelgroen van die nuwe seisoen op jou drumpel is dit tyd om die lente na binne te nooi. Skep fraai klein tablo’s met ’n vars, botaniese tema wat in die sagte Septemberlig gloei Deur CORNÉL DUNN. Foto’s deur JOHAN WILKE
STOEL (R699) EN AALWYNAFDRUK (54 X 74 CM; R1 199) @HOME. BLOMPOT (R795), HANGLAMPIE (R395 SONDER GLOEILAMP) WEYLANDTS. GLASBALLE (R69,99 ELK) MR. PRICE HOME. HOUTKISSIES (VANAF R150 - R250 ELK) PLAN B VINTAGE. MUURPAPIER (CRETEMENT, R480 PER VIERKANTE METER, SONDER BTW) ROBIN SPRONG WALLPAPER. DIE RES STILIS S’N. SEPTEMBER 2015
rooi rose 111
leefstyl
Versier jou tafel ook met die skoonheid van die natuur
GEBRUIK SLEGS LOOF, KOOLBLOMME, MOS EN VETPLANTJIES. DIT IS GOEDKOOP, OORSPRONKLIK EN SAL NIE GOU VERLEP NIE. BOTANIESE AFDRUKKE OP HOUT (R350 ELK), BORDE (VANAF R95-R450) EN STOEL (R850) PLAN B VINTAGE; TAFEL (R3 499) @HOME; BLOMME FLOWERHEART; PLANTHOUER VAN HOUT (R129) T. DE KOKER FURNISHERS.
112 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Hang prente met botaniese ontwerpe in verskillende mediums bymekaar
GERAAMDE, GEDROOGDE BLARE SKEP ‘N EKSTRA DIMENSIE IN SO ‘N VERSAMELING MET ’N BOTANIESE TEMA. DAAR IS HOPE VAN HIERDIE ONTWERPE WAT GRATIS BY WWW.VINTAGEPRINTABLE.COM/ BOTANICAL AFGELAAI KAN WORD. AGTERGRONDVERF SOFT MOSS 2 (PRYS OP AANVRAAG) DULUX; STOEL (R850), BEELD (R550), PRENT MIDDEL REGS (R350), PRENT LINKS ONDER (R250) EN PRENT REGS ONDER (R120) ALLES PLAN B VINTAGE; WIT BOERENKOOL (R39,95) STODELS; TAFEL (R3 499) @HOME; DIE RES STILIS S’N.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 113
leefstyl
Gebruik ’n ou skoensak van goiing vir ’n vrolike muurtuintjie
’N OU SKOENSAK HUISVES NOU ’N MUURTUINTJIE . GOIING IS IDEAAL OMDAT DIT BYKOMENDE TEKSTUUR AAN DIE UITSTALLING VERLEEN. VERF - FEATHER FERNS POLVIN DEEP (PB=149.20, PC=113.00, PD=90.80, PK=31.20 PLASCON); STOEL (R850) EN LAAIKASSIE (R2 500) PLAN B VINTAGE; KUSSING (R119,99) MR. PRICE HOME; INDIESE MILITÊRE TROMMEL ONDER LAAIKASSIE (R1 395), DUTZ-GLASPOT (R795) EN 10 KG FEROX-AALWYN (R595) WEYLANDTS; KAPPERTJIEPLANTJIES (R22,95 VIR 6) STODELS; BRUIN BLOMPOT (R395) CORICRAFT.
114 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Groepeer ander plante saam met die klein tuintjie in ’n blikskottel
MAAK ‘N JAPANSE KOKEDAMATOUTUINTJIE: PLANT JOU ASPERSIEVARING IN ’N BAL KLEIGROND WAT MET MOS BEDEK IS. DIE DEUR VAN DIE OU HOSPITAALKASSIE IS VERWYDER EN DIE HANDVATSEL VERVANG OM ’N TWEEDE LEWE DAARAAN TE GEE. KASSIE (R1 950), BORDE (VANAF R95 - R450) EN TEEPOT (R250) VAN PLAN B VINTAGE. KOKEDAMAHANGPLANT (R199,95), STAANDE VETPLANT-KOKEDAMA (R149,95), VARINGS IN BAK (VANAF R34,95), AFFODILPLANTJIES (R49,95 VIR 6 BOLLE). DIE RES STILIS S’N. SEPTEMBER 2015
rooi rose 115
leefstyl
’n Doek met botaniese drukwerk skep ’n vars voorkoms in enige vertrek
VERSTERK DIE NATUURTEMA MET ELEMENTE, SOOS DIE PRETTIGE GOGGA-KUSSING. AGTERGRONDVERF SOFT MOSS 2 (PRYS OP AANVRAAG) DULUX; AALWYN-MUURPANEEL (PRYS OP AANVRAAG) SMART ART; KUSSING (R695) EN GROEN STOEL (R1 495) WEYLANDTS; LAMP (R999) @HOME.
116 rooi rose
SEPTEMBER 2015
PROMOSIE
’N HEERLIKE ERFENIS Vier jou unieke kultuur hierdie Erfenisdag met hierdie heerlike Suid-Afrikaanse geregte van Pick n Pay
AMASI-BOTTERBROODJIES
Ä Ä‚ " " % & ăĀ Ä‘ ąĆĀ " Ĺ? " ÄĄ Ä‘ Ä‘ Ä Ä†Ä€ PnP Gesoute BotterÄŒ "
Ĺ? # Ä‘ Ä Ä€Ä€ PnP Strooisuiker Ä‘ ăĆĀ ( Ä‘ Ä Ä€ ĨĂ ÄŠ # % ÄĄ Ä‘ Ä‚ Ä‘ Ä Ä† Ä¨Ä ÄŠ PnP Vars Volroommelk Ä‘ PnP Aarbeikonfyt # # ÄŒ # 1 ) ĂĀĀ Ĺ‹+Ä‹ - Äš
" Ä‹
2 - Č " Ě
RR7806/09/15 STILERING: CLAIRE FERRANDI; FOTO’S: DAWID VERWEY
" # # Ä‹ ( % ÄŒ # " " Ä‹ ( % Äš # # " ÄŒ " Ä‹ / " Ä‹ 3 0 ( ÄŒ # % # Äš " Ä‹ ) " " Äš Ä‹ & # Ä‹ 4 - Äš " # Ģ Ä‚ 2 Ä‹ - Äš ć 2 ÄĄ Ä‹ - " Ä‹ 5 0 " Äš " " " # " " % Ä‹ 4 # Ä Ä€ Ģ Ä Ä‚ Ä‹ " 6 - # " ÄŒ " Äš Ä‹
ROMERIGE PERI-PERIHOENDERLEWERS MET PANGEBRAAIDE MIELIEMEEL-GNOCCHI
Genoeg vir 2 Bietjie moeite 45 minute
ROMERIGE PERI-PERIHOENDERLEWERS Ä‘ ăĀ ĨĂ ÄŠ PnP Extra Virgin Olive Oil Ä‘ Ä ÄŒ Ä‘ Ä Ăť ÄŒ Ä‘ Ä Ä€ ĨĂ ÄŠ PnP Gemaalde Paprika Ä‘ ĂĆĀ Ĩ ÄŠ Ä‘ ąĆ Ĩă ÄŠ PnP Garlic Peri-Peri Sauce Ä‘ Ä Ä…Ä€Ä€ ÄĄ" PnP Gekapte, Geskilde Tamaties Ä‘ Ä # " Ä‘ Ä Ä‚Ä† Ä¨Ĺ˜ ÄŠ PnP Vars Room Ä‘ Ć Ä¨Ä ÄŠ PnP Witsuiker Ä‘ ăĀ " Ä‘ ĂĆĀ PnP Vars HoenderlewersÄŒ Ä‘
www.picknpay.co.za
MIELIEMEEL-GNOCCHI Ä&#x2018; Ä&#x2020;Ä&#x20AC;Ä&#x20AC; ĨÄ&#x201A; ÄŠ Ä&#x2018; Ä&#x2021;Ä&#x20AC; PnP Mieliemeel Ä&#x2018; Ä&#x192; Ĩ Ä&#x2020;Ä&#x20AC;Ä&#x20AC; ÄŠ PnP AartappelsÄ&#x152; Ä&#x152; Ä&#x2018; Ä PnP Ekstragroot PlaaseierÄ&#x152; Ä&#x2018; Ä&#x2C6;Ä&#x2020; PnP KoekmeelÄ&#x152; Ĺ? Ä&#x2018; Ä Ä&#x20AC;Ä&#x20AC; PnP Gesoute Botter Ä&#x2018; 6 # Ä&#x2018; Ä&#x161; 0 % # " # 78/9ÄĄ78/9ÄĄ:;8<=8/>8?8/1 ) Ä Ä&#x2020; Ä¨Ä ÄŠ # Ä&#x161; Ä&#x2039; 4 Ăť # Ä&#x2020; Ä&#x2039; Ä&#x2039; ) " # Ä&#x2039; 0 # Ä Ä&#x20AC; Ä&#x2039; ) ÄĄ ÄĄ Ä&#x152; Ä&#x152; " Ä&#x152; " # Ä&#x201A;Ä&#x20AC; Ä&#x2039; 2 ) Ä&#x161; " Ä&#x2039; - " Ä Ä&#x2020; Ä¨Ä ÄŠ Ä&#x192;Ä&#x20AC; " " Ä&#x2039; ) " # Ä&#x192; Ä&#x2039; Ä&#x2039; ) " Ä&#x2039; - % 22 Ä&#x2039;
6<;++:9 3 4 Ä&#x161; Ä&#x2039; ) " # # Ä&#x2039; 4 & Ä&#x152; Ä&#x161; " Ä&#x2039; & Ä&#x161; # Ä&#x152; # " # Ä&#x2039; 5 - Ä&#x161; " # # Ä&#x192; Ä&#x2039; / Ä&#x161; Ģ Ä Ä&#x152;Ä&#x2020; 2 Ä&#x2039; - 22 ÄĄ # Ä 2 Ä&#x2039; 6 0 Ä&#x161; Ä&#x2039; 0 22 ÄĄ # Ä Ä&#x2039; Ä&#x2039; = Ä&#x2039; 7 ) Ä Ä&#x20AC;Ä&#x20AC; " Ä&#x161; " Ä&#x2039; 4 22 Ä&#x2122; Ä&#x161; " Ä&#x2039; 6 Ä&#x2039; ;7=98<9<6
8 6 ÄĄ ÄĄ
22 Ä&#x2039; 6 " Ä&#x2039;
kom eet saam
GESOND inVOLkleur
Deur VICKIE DE BEER Foto’s deur CRPHOTOGRAPHIC BLOMKUNS-‘JUWELE’ DEUR MARIDA VAN PARADISO FLOWERS IN SOMERSET-WES WWW.PARADISO.CO.ZA; 021 852 9882 MODEL CARMEN VAN BOSS; HARE EN GRIMERING ALET VILJOEN VAN SUPERNOVA
120 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Groen wonderwater
BYGESTAAN DEUR JULIA VAN MAARSEVEEN
Die helder kleure in vrugte en groente bevat kragtige antioksidante wat jou liggaam teen hartsiektes, beroerte en kanker kan beskerm. Gebruik die produkte in smoothies, wonderwaters en groentesappe en maak seker jy kry jou daaglikse kwota goedheid in
Tropiese klapper-smoothie
Hoe rooier hoe mooier
SEPTEMBER 2015
rooi rose 121
kom eet saam
Bessiewater
Kalmerende kamille-ystee
Helende rooibos-ystee Hibiskusystee
122 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Wortel-met-woemasmoothie
Tamatietawwetienie
SEPTEMBER 2015
rooi rose 123
kom eet saam
Kragtige kersiesmoothie
Gatskopgroensap
124 rooi rose
SEPTEMBER 2015
kom eet saam WONDERWATER
GENOEG VIR 1 LITER WATER
Sit vitamienryke vrugte en groente in jou water wanneer jy jou immuunstelsel ’n hupstoot wil gee. Dit sal jou boonop aanmoedig om meer water te drink. MAAK DIE WATER SO: 1 Sit die gesnyde vrugte, groente en kruie in ’n groot beker met 1 liter minerale water. 2 Laat vir 1 uur week. 3 Voeg ’n hand vol ys by en skink
“GROEN” WATER
• 1 klein komkommer, in linte gesny • 1 kiwi, geskil en dun gesny • 1 groen appel, dun gesny • 1 handjie vol groen druiwe, korrels middeldeur gesny • 1 handjie vol kruisementblare
SITRUS-WATER
• 1 lemoen, dun gesny • ½ pomelo, dun gesny • 1 lemmetjie, dun gesny • 1 suurlemoen, dun gesny • ’n handjie vol vinkeltakkies
BESSIE-WATER
• 1 handjie vol bevrore swartbessies • 1 handjie vol bevrore bloubessies • 1 handjie vol basiliekruid
WORTEL-MET-WOEMASMOOTHIE GENOEG VIR 500 ML
• 250 g wortels, geskil • ½ avokado, geskil en pit uitgehaal • 50 g boontjiespruite • 125 g Griekse jogurt • handjie vol ys • jong worteltjies en kruisement vir bo-op. 1 Versap die wortel in ’n versapper. 2 Verwerk die wortelsap, avokado, boontjiespruite, jogurt en ys in ’n voedselverwerker tot dik en romerig. 3 Tooi met die wortels en kruisement.
TROPIESE KLAPPERSMOOTHIE GENOEG VIR 500 ML
• 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny • 1 piesang, geskil • 1 appel, ontkern • 150 ml klappermelk • handjie vol ys • kruisementblare vir versiering 1 Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot dik en romerig. 2 Tooi met die mentblare.
HOE ROOIER HOE MOOIER TAMATIE-TAWWETIENIE GENOEG VIR 500 ML
Tamaties is propvol vitamien C en die kragtige anti-oksidant likopeen. Likopeen bevorder ’n gesonde skelet en bene. Indien jy baie tamaties eet, kan jy ook jou slegte cholesterol verlaag en jou teen hartsiektes beskerm. • 250 g ryp tamaties, kies ’n verskeidenheid groottes, vorms en kleure • 3 sprietuie • ½ rooi soetrissie, ontpit • handjie vol ys • sout en grof gemaalde swartpeper • handjie vol vars basiliekruidblare 1 Verwerk die tamaties, sprietuie, soetrissie en ys in ’n voedselverwerker, of gebruik ’n stokmenger. 2 Geur met sout en peper, tooi met die basiliekruid.
KRAGTIGE KERSIESMOOTHIE GENOEG VIR 500 ML
• 100 ml amandelmelk • 25 g heel amandels • 250 ml vars kersies, ontpit • 1 peer, klokhuis uitgehaal • 250 ml Griekse jogurt • handjie vol ys • vars bessies en kersies vir bo-op 1 Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker, of gebruik ’n stokmenger. 2 Tooi met vars bessies. 126 rooi rose
SEPTEMBER 2015
GENOEG VIR 500 ML
• ¼ rooi beet, geskil • 100 g bevrore frambose • 100 g vars aarbeie, gesny • 100 g bevrore rooi bosbessies • 100 ml minerale water • handjie vol ys en vars kruisement vir bo-op 1 Versap die beet in ’n versapper. 2 Verwerk die beetsap, frambose, aarbeie, rooi bosbessies, minerale water en ys in ’n voedselverwerker tot glad. 3 Tooi met mentblaartjies.
GATSKOP-GROENSAP
TEETERAPIE Kruietee word al eeue lank ter wille van die medisinale eienskappe daarin gedrink. Meng jou eie geurige ystee-kombinasies en hou dit in die yskas.
HIBISKUS-YSTEE GENOEG VIR 500 ML
Hibiskus is propvol vitamien C en kan ook help om bloeddruk te verlaag. • 3 hibiskus-teesakkies • handjie vol goji-bessies • handjie vol droë roosblare of -knoppies • 30 ml heuning 1 Sit die tee, bessies, blare en heuning in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor. 2 Laat trek en afkoel. Gooi in ’n digsluitende beker en sit vir 2 uur in die yskas. 3 Skink in ’n glas vol fyn gekapte ys.
HELENDE ROOIBOSYSTEE GENOEG VIR 500 ML
Rooibos het kankerwerende eienskappe en gemmer werk ontsteking teë. Kaneel beveg virusse en verlaag cholesterol. Drink die sappie sommer elke oggend. • 3 cm-gemmer, geskil en gesny • 2 kaneelstokkies • 30 ml heuning • 4 sakkies rooibos • 1 lemoen, in dun skywe gesny 1 Sit die gemmer, kaneel, heuning, rooibos en lemoen in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor. 2 Laat trek en afkoel. Sit vir 2 uur of oornag in die yskas. 3 Sit voor met fyn gekapte ys.
KALMERENDE KAMILLE-YSTEE
GENOEG VIR 500 ML
GENOEG VIR 500 ML
Hierdie sap is so kragtig en goed vir jou dat geen kiem dit naby jou sal waag nie!
Kamille is anti-bakteries en maak jou rustig. Dit is ook goed vir jou spysverteringstelsel. Drink dit saans ná ete en net voor slaaptyd.
• 30 ml chia-saad (meer oor dié wondersaad op “Koskas”) • 250 ml klapperwater • 500 ml babaspinasie • ¼ groen soetrissie, ontpit • 1 klein komkommer, gesny • 2 selderystokkies, gesny • handjie vol pietersielie • handjie vol vinkel • handjie vol ys • sout en swartpeper 1 Meng die chia-saad en klapperwater in ’n beker en hou eenkant. 2 Verwerk die klapperwater, babaspinasie, soetrissie, komkommer, seldery, pietersielie, vinkel en ys in ’n voedselverwerker tot glad en geur met sout en peper.
• 2 droë aloe vera-blare • 1 sitroengrasstingel, middeldeur gesny • 3 sakkies kamilletee • 1 lemmetjie, in skywe gesny • handjie vol kruisementblare 1 Sit die aloe vera, sitroengras, kamilletee, lemmetjies en kruisement in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor. 2 Laat trek en afkoel. 3 Sit vir 2 uur of oornag in die yskas. 4 Sit voor met fyn gekapte ys. rr
PROMOSIE ONS HET VICKIE DE BEER, ROOI ROSE SE KOSREDAKTEUR, MET â&#x20AC;&#x2122;N MANDJIE VOL BESTANDDELE VERRAS! KYK BY ROOIROSE. CO.ZA/WHATSFORDINNNER NA DIE VIDEO VAN HAAR SLAG AGTER DIE POTTE. VIR NOG INSPIRASIE KYK BY WHATSFORDINNER.CO.ZA, FACEBOOK: @W4DINNER OF TWITTER: @ WHATS4DINNERSA
WHATSFORDINNER? DIE SPENSMANDJIE
GEUR-IDEES VAN KNORR
RR7601/09/15 FOOD STYLIST ANNA MONTALI PHOTOGRAPHER ANDREA CALDWELL, ROELEEN PRINSLOO HAIR AND MAKE-UP ANJA LOUW FASHION STYLIST MELISSA-JADE MYBURGH
Knorr Cook-in-Sauces is beskikbaar in vyf heerlike geure: Thai Green Curry, Casserole, Chicken and Mushroom, Chicken Ă la King en Chicken Curry. Hierdie droĂŤ souse sal jou maaltye dikker maak en meer geur gee. En daar is een vir elke dag van die week. Hier is heerlike planne met Knorr Dry Cook-inSauces:
#/) Ä&#x161;0 LIEFLIKE GEUR Vickie de Beer, ons kosredakteur, het die whatsfordinner?-uitdaging gepak en â&#x20AC;&#x2122;n heerlike Thaise hoenderkerrie met Knorr Thai Green Curry Dry Cook-In-Sauce gemaak THAISE HOENDERKERRIE VOORBEREIDINGSTYD: 10 MINUTE Ä&#x2018; KOOKTYD: 15 MINUTE Ä&#x2018; GENOEG VIR VIER 1 Ä&#x2020;Ä&#x20AC;Ä&#x20AC; Ä&#x152; Ä&#x201A; Ăť Ä&#x201A; Ä&#x2039; Ä&#x161; Ä&#x2039; Ä&#x201A;Ä&#x20AC;Ä&#x20AC; Ä&#x201A;Ä&#x20AC;Ä&#x20AC; ÄĄ Ä Ä&#x2039; 2 # Knorr Thai Green Curry Dry Cook-In-SauceÄĄ Ä&#x161; ĨÄ&#x2026;Ä&#x20AC;Ä&#x20AC; ÄŠ Ä&#x2039; 3 ' Ä Ä&#x20AC; Ä&#x2039; Ăť Ä&#x2039; 4
Ä&#x2020;Ä&#x20AC; Ä&#x2039; 5 ( Ä&#x201A;Ä&#x2020;Ä&#x20AC; Ä&#x2039;
# ) ÄĄ Ä? # Ăź Ä&#x161; Ä&#x161; Ä&#x2039; + Ä&#x161; Knorr Thai Green Curry Dry Cook-in-Sauce Ä&#x152; Ä&#x2039; Ä&#x2018; , Ä&#x161; ÄĄ ÄĄ ÄĄ Ä&#x152; Ä&#x161; Ä&#x161; ÄĄ ÄĄ ÄĄ Ä&#x2039; - ÄĄÄ&#x152; ÄĄ Ä&#x2039; Ä&#x2018; . Knorr Chicken and Mushroom Cook-inSauce Ä&#x2039; -
ÄĄ Ä&#x152; Ä&#x152; ÄĄ Ä&#x2039; (1( /'(/ 23)/+.3 30 Ä Ä -4'5/ )6) Ä&#x192; 6()68/+ 6# Ä&#x2C6; 0#Ä&#x2039; 6: 238;Ä&#x192; 03 .5/ <=3)2>6+.500/+Ä&#x2022;ÄĄ:+6 +3#
kos Amandels word al van die vroegste tye af in kookkuns gebruik. Deesdae is dié veelsydige neute uiters gewild (en duur) - ook omdat aanhangers van die laekoolhidraatdieet hulle in gemaalde vorm in gebak kan gebruik. Die neute is propvol goeie monoonversadigde vette wat slegte cholesterol (LDL) verlaag en jou teen hartsiektes beskerm. Daarby is hulle ryk aan vitamien E, ’n kragtige anti-oksidant, en bevat ook baie goed-vir-jou minerale soos magnesium, kalium en sink
KOOP SÓ Amandels is in verskeie gedaantes verkrygbaar: ĊŋHeel met die skil aan Gebruik in slaaie en as ’n heilsame snoephappie. ĊŋHeel sonder die skil Gebruik ook in slaai, of fyn gekap in sop, of as vulsels in vleis. ĊŋGevlokte amandels Gebruik as ’n krakerige bolaag vir vis of soetgebak. ĊŋFyn gemaalde amandels of amandelmeel Gebruik in gebak en vervang koekmeel daarmee as jy gluten-intolerant is of ’n laekoolhidraatdieet volg. ĊŋAmandelbotter (heel amandels wat tot ’n dik pasta Veelsydig en voedsaam gemaal word) en amandelolie. AmanDeur VICKIE DE BEER delbotter word soos grondboontjiebotter vickie@hardrain.co.za (sonder al die suiker) gebruik en amandelolie @vickiefantastic kan danksy die hoë rookpunt soos olyfolie gebruik word. BÊRE SÓ Hou neute in die yskas of vrieskas sodat hulle nie galsterig word nie. GEBRUIK SÓ Neute se natuurlike olies en voedingswaarde word ontsluit wanneer hulle liggies gerooster word. Versprei die neute eweredig in ’n pan en rooster oor matige hitte. Skud die pan gereeld sodat die neute eweredig verkleur. Hou maar fyn dop, want hulle brand maklik!
ons eet
NOU
BLITSIDEE VINNIGE AMANDELPLAATKOEKIES
Meng 500 ml (2 k) amandelmeel, 2,5 ml (½ t) sout, 2,5 ml (½ t) bakpoeier, 10 ml suiker of xylitol met 125 ml (½ k) gewone volroomjogurt en 4 eiers. Meng goed. Verhit ’n middelslagpan oor matige hitte en smelt 30 ml botter daarin. Bak eetlepels vol (sowat 4 op ’n slag) van die meelmengsel in die botter tot goudbruin aan albei kante.
GEURPASMAATS Hoender, groenbone, salm, forel, heuning, room, sagte kase, appels, jogurt, bessies, pere, botter. 128 rooi rose
SEPTEMBER 2015
AMANDELS IS VERRASSEND VEELSYDIG.
AMANDELS IN ONS KOSKAS
ĊŋSPAR-amandelmelk, sowat R25,99. ĊŋNatures Choice-amandelmeel, R106. ĊŋOh Mega-amandelbotter, R76,95. ĊŋCredé-amandelolie, R106,95 www.credeoils.com
BYGESTAAN DEUR JULIA VAN MAARSEVEEN. FOTO’S CRPHOTOGRAPHIC
amandels
PROMOSIE
LEKKER
VULSELS Met die heerlike smaak en heilsaamheid van Flora Gold kan jy ’n lekker kinkel aan daardie gewone groenboontjies gee
RR7706/09/15 DEUR: VICKIE DE BEER FOTO’S: CRPHOTOGRAPHIC
Meng 4 groot skeppies Flora Gold met 50 g gekrummelde bloukaas en ’n handjie vol gekapte pietersielie. Blansjeer 250 g fyn groenbone vir 2 min. in gesoute kookwater. Dreineer en sit in ’n braaipan. Braai in die Flora-mengsel en sprinkel 50 g geroosterde amandels oor.
Nog ’n lekker variasie: Voeg stukkies bros gebraaide spek by die boontjies terwyl jy dit in Flora Gold braai. Vir meer gesonde resep idees gaan na florastrongheart.co.za
kos BLITS IN ’N KITS
Met die Breville Kinetix Twist Blender in jou kombuis kan jy al ons heilsame smoothies en sappe in vandeesmaand se kosartikel maak. Die masjien werk blitsig en dankie tog, maak maklik skoon. Die menger het vier spoedverstellings en ’n oulike sitrusversapper bo-op. The Breville Kinetix Twist kos R1 999. Kry aanlyn by home.co.za of by @home-winkels.
KOS KAS Heilsaam en gesond Deur VICKIE DE BEER vickie@hardrain.co.za @vickiefantastic
GIER VAN DIE MAAND
Water met woema!
Vita Coco is vars klapperwater afkomstig van groen kokosneute. Klapperwater bevat natuurlike elektroliete en is propvol kalium. Dié kombinasie help jou liggaam om ná ’n oefensessie vinnig te herstel omdat dit jou liggaam hidreer en die kalium voorkom spierpyn en krampe. Jy kan die klapperwater ná ’n laatnagkuier ook in smoothies en groensappe gebruik. Vita Coco bevat geen kleur- of preserveermiddels nie. Te kry by supermarkte.
WONDERSAAD
Chia is nie verniet die Maja-woord vir “krag” nie. Die klein saadjies is proteïenryk, bevat 19 aminosure, anti-oksidante en omega-3 en is supergoed vir jou bene omdat dit ook kalsium en magnesium bevat. Die sade is laag in koolhidrate en absorbeer 9-12 keer hul volume in vloeistof. Dit beteken dis ’n baie gesonde en laekoolhidraat-manier om nageregte te laat stol en sop en bredies te verdik. Gebruik chiasaad ook in smoothies, of maak ons lekker bessiepoeding.
Meng 250 ml vars, fyn gemaakte frambose, 45 ml klapper, 45 ml chiasaad, 5 ml vanielje-ekstrak, 15 ml heuning en 125 ml melk in ’n glasbottel. Laat oornag in die yskas stol.
ONS DRINK NOU Op soek na die perfekte borrel? Graham Beck maak al 25 jaar bekroonde MCC’s (méthode cap classique). Die landgoed se bekende keldermeester, Pieter Ferreira, streef na perfeksie in elke bottel. Hy en sy bekwame span maak ’n uitgebreide reeks vonkelwyne en ek hou veral van die Graham Beck Brut, wat van die klassieke MCC-variëteite, chardonnay en pinot noir gemaak word. Die vonkelwyn het ligte gisaromas met vars lemmetjiegeure op die neus en ’n ryk, romerige palet met ’n delikate borrel op die tong. Kry dit by www.grahambeckwines.com teen R115 per bottel.
130 rooi rose
SEPTEMBER 2015
TREK LAER TEEN SIEKTES
Laager-rooibostee bevat kragtige antioksidante wat jou teen sekere kankers en hartsiektes beskerm. Die tee is ook natuurlik kafeïenvry. Jy behoort sowat ses koppies rooibostee per dag te drink om goeie hart- en bloedvatgesondheid te verseker. Laager Rooibos Cappuccino en vanielje gegeurde rooibostee is beskikbaar in supermarkte.
FOTO’S CRPHOTOGRAPHIC; PRODUKTE EN PRYSE IS VOOR DRUKTYD NAGEGAAN
CHIABESSIEPOEDING GENOEG VIR 1 Maak dit die vorige aand vir ontbyt, of as ’n klein bederfie.
PROMOSIE
Maak sommer vanaand hierdie Skaaptjops met Patatkoekies. Dié maklike en lekker ete is deur Clover se Little Big Cook Off geïnspireer SKAAPTJOPS MET PATATKOEKIES RR7161/05/15 FOTO’S: CRPHOTOGRAPHIC; PRODUKSIE EN STILERING: VICKIE DE BEER; MODELLE: FUSION; MODESTILERING: JUSTINE KROES; HARE & GRIMERING: LYNDAL FITZERGERALD VAN SUPERNOVA; KOOKGEREI VAN LE CREUSET: 086 177 3321
Genoeg vir 4 8 skaaptjops 125 ml Clover Amasi 60 ml Dukkah 45 ml olyfolie, ekstra vir braai
JY KAN DAAGLIKS R1 000 WEN! Sien Clover se promosiepakke vir meer besonderhede. Besoek clover.co.za vir bepalings en voorwaardes.
LAAI DIE COOK WITH CLOVER-APP AF VIR NOG HEERLIKE RESEPTE.
SKAAPTJOPS MET SOETPATATKOEKIES
Moenie vergeet om elke Sondag om 16:30 op SABC3 na Clover se Little Big Cook Off te kyk nie.
Patatkoekies 2 groot patats, geskil en gerasper 1 eier 75 g Clover Plain Feta 50 g koekmeel 100 g Clover Mooi River Botter sout 1 Marineer die skaaptjops vir 30 min. in die Clover Amasi. 2 Verhit die oond tot 180 °C. 3 Patatkoekies: Meng die patat, eier en Clover Plain Feta in ’n groot mengbak. Voeg die meel by totdat die mengsel bymekaarkom. 4 Verhit die Clover Mooi River Botter in ’n pan oor matige hitte en braai lepels vol van die mengsel op ’n slag vir 2 min. aan ’n kant. 5 Haal die tjops uit die Clover Amasi en druk met papierhanddoek droog en strooi die Dukkah oor. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die tjops aan elke kant tot bruinkleurig. 6 Pak die tjops en koekies in ’n oondbak en sit vir 6 min. in die oond.
om die tafel
ew York toe,” moes my kinders verduidelik. “Mariëtte was op pad New York toe.” Dikwels het ek vir Mariella en Peter voorgeskryf dat dít is wat hulle moet antwoord as ek op my omswerwinge dalk eendag iewers elders op die grootpad, of miskien op ’n voetpad, heengaan, en belangstellendes hulle vra waarheen ek dan kwansuis op pad was. Só groot was my begeerte om in New York, en in die besonder in Manhattan, uit te kom, dat ek immer in my drome op pad was daarheen. Waarheen ek ook al koers ingeslaan het, was al my roetes en al my bestemmings tot nog toe eintlik net ompaaie en verversingsposte onderweg na New York. Ek was in vervoering toe my vriende Cecilie en Christoff Botha my met verblyf in hul woonstel in Manhattan begunstig. Hul dogters, Marié en Lané, studeer in New York en wanneer die universiteit vir die lang noorderlike somervakansie sluit, migreer hulle huiswaarts. Terwyl die sussies voor die kaggelvure van die Kaap met gunstelingkos verwen en gepamperlang word, trek ek in hul woonplek in. Maar ek woon nie daar nie. Ek gebruik die lieflike New Yorkse “apartment” hoofsaaklik as basis vir my verkenningstogte deur die stad. Van vroegdag tot laataand stap ek van suid na noord op met Manhattan se ruggraatstraat, Fifth Avenue, en deurkruis die gebied van oos na wes. Die lugkastele wat ek ’n leeftyd lank gebou het, raak soos in ’n sprokie sienderoë die werklikheid van my tydelike “burgerskap” van my droomstad. Maar my beeld van New York word nie net deur die argitektoniese bakens soos die nuwe One World Trade Centre, die statige Empire State-gebou en die sonderlinge Museum of Modern Art bevestig nie – ek eien ook die stad aan die kos wat metterjare vir my sinoniem daarmee geword het. Male sonder tal moes ek hoor en lees van New York se kaaskoek, New York se bagels, New York se pizza. Ongeag waar hierdie kosse
nie. Nee, al sou dit ’n goeie voormiddag in beslag neem, sou ek vir hom my Knop-indie-keel-melktert bak, ’n resep waaraan ek lank geslyp het. Dis ’n melktert met ’n ryk vulsel met vanielje- én amandelgeursel wat met die bakslag in sy kors soos ’n soufflé oppof totdat groot donker sproete daarop aanbrand. Sodra dit uit die oond kom, daal dit terug met ’n frillerigheid om die rand wat dit soos ’n uitskoponderrok tooi. Asof die muse my koksmaat was, haal ek twee pragtige bottergeel, besproete melkterte uit die oond. Ewe heet is die middag buite toe ek met ’n kaneelbestuifde melktert in my hand van Greenwich Village af al met Manhattan se ikoniese Fifth Avenue langs tot by Albertus se studio te 124 West 30th Street, New York City, NY, opstap. Verby modetoonaangewende ontwerpersemporiums en fashionistas met akwamarynkleur hare en verby magtige geldinstellings en elegante restaurants dra ek die melktert vir meer as twee myl en gee dit vir Albertus toe hy sy salon se deur oopmaak. Ná dertig jaar omhels ons mekaar bly. Oor die melktert is hy verheug. Saam met ’n Suid-Afrikaanse kollega begin hulle melktert eet – een skyf ná die ander. Ek bewonder hul skeppings terwyl hulle mý skepping opsmul. Ons weersiens raak ’n viering. Toe ek by die woonstel terugkom, wag Esther, ’n Suid-Afrikaanse vriendin wat ook in New York studeer, vir my. Sy lyk verwese. “My ouma is vanoggend oorlede. Ek het haar naam. Sy was ’n wonderlike mens,” huil sy. Ek maak vir haar koffie en sny ’n ruim skyf van die ander melktert vir haar boeretroos met iets soets daarby vir ’n snikkende kleindogter in New York. “Dit proe soos my ouma s’n,” sê sy tussen die huil deur en helder op. “Kan ek nog ’n stuk kry?” vra sy later. “Ek voel nou beter.” Die geluk wat daardie melkterte gebring het, sal ek altyd soos ’n goue amulet koester. Daardie hoogsomermiddag in Manhattan was melktert die spys waarmee ’n vriendskap gevier is en dit was die geuroffer vir ’n heengegane geliefde. rr
MELKTERT in Manhattan Soms bring iets heel onwaarskynliks onvergeetlike geluk. Deur MARIËTTE CRAFFORD ook al hul oorsprong het, hunker jy altyd na New York se weergawe daarvan, het tallose kosliefhebbers getuig. Dit was ’n heerlike selfopgelegde taak om die lekkerste kaaskoek en bagel en pizza in New York op te spoor. Dié lekkernye was behaaglik, maar dis ironies dat dit ’n tradisionele Suid-Afrikaanse melktert is wat altyd vir my in kosterme die boegvrou van my nooiensvaart na New York sal bly. As toegevoegde waarde aan my verblyf sou ek ná dertig jaar weer my vriend van Johannesburg, Albertus Swanepoel, wat intussen Amerika se meesterhoedemaker geword het, sien. Wat sal ek vir hom as geskenk saamneem, het ek voor my vertrek gewonder. Rooibostee? Mrs. Ball’s dalk? “Moenie dit saampiekel nie – daar is ’n
Die geluk wat daardie melkterte gebring het, sal ek altyd soos ’n goue amulet koester
132 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Suid-Afrikaanse handelaar wat dit aanhou,” het ’n vriendin wat dikwels New York toe gaan, my gekeer. En om ’n stuk biltong in Amerika te probeer insmokkel, is ’n waagstuk, het sy gemaan. Dis toe – met alles in ag genome - dat ek vir hom in die Bothas se apartment ’n melktert bak. By terugskoue was dit aanmatigend om ’n melktert te bak in die stad waar kaaskoek die begeerlike soetigheid is. Maar ek het dit goed gedink om my voorneme deur te voer. Ek sou nie kortpad vat en ’n korslose melktert aanmekaarslaan of
TBWA\HUNT\LASCARIS\DURBAN\38230\Afrik
EN STEEDS STERK Five Roses is meer as ’n eeu lank al ’n geliefde tee-handelsnaam en is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse erfenis
RR7501/09/15 FOTO’S VERSKAF
MEER AS 100 JAAR OUD
PROMOSIE Deel van ons kultuur Jy sal Five Roses se klassieke teereeks in byna elke Suid-Afrikaanse kombuiskas kry. Die tee is deel van ons alledaagse lewe – vanaf daardie eerste koppie tee saam met die gesin in die oggend, verjaardagpartytjies, teepartytjies of ’n gedeelde potjie tee tussen vriende. Five Roses is bekend vir sy volronde smaak en goue kleur, en word nes wyn vermeng om ’n deurlopende gehalte-geur te lewer.
Die Tee-meester Dinesh Wijeyawardana is Five Roses se sesde Teemeester. Hy sê Five Roses is so spesiaal omdat die tee van uitstekende Ceylon-tee gemaak word wat slegs in die Dimulla-streek van Sri Lanka groei. Die eiland was voor 1972 bekend as Ceylon, vandaar die naam Ceylon-tee. Dié reëndruppelvormige tropiese eiland wat suidoos van Indië geleë is, het die ideale klimaat en ligging, en Ceylon-tee se heerlike smaak is grootliks daaraan te danke. Sri Lanka
Five Roses se klassieke tee-reeks: Five Roses se klassieke tee-reeks is ’n vermenging van die beste tees wat regdeur die dag perfek is vir elke geleentheid. đ English Breakfast is ’n
vermenging van net die beste tee Ceylon-tee van verskeie teeplantasies in Sri Lanka, wat met sy sagte, verfrissende smaak perfek is vir daardie eerste koppie tee in die oggend.
đ Earl Grey, wat oorspronklik uit
Brittanje kom, is
is deesdae een van die wereld se grootste uitvoerders van tee. Dinesh sorg dat slegs die twee boonste blare vir Five Roses-tee geoes word, wat die tee se kenmerkende geur en aroma verseker.
Die geheim Dis ’n algemene wanpersepsie dat alle tee Ceylon-tee bevat. In werklikheid bevat baie min handelsname Ceylon-tee. Anders as ander swart tees, is Ceylon-tee bekend vir sy sagte smaak, goue kleur en volronde geurprofiel. Die geheime formule vir Five Roses is nog net vir ses teemeesters gegee sedert die onstaan
van die handelsnaam. Dit verseker dat ons tee van die hoogste gehalte is en ons spesiale resep ’n geheim bly. Suid-Afrikaanse tee-liefhebbers waardeer Five Roses se unieke smaak soveel dat dit al dekades lank die topverkoper is. Die Five Roses-tee is baie veelsydig, en kan as meer as ’n warm of koue drankie geniet word. Dit word ook gebruik as ’n natuurlike geurmiddel in kos of nageregte - van gerookte eend tot Chai-brosbrood en swartbessieEarl Grey-sorbet. Deel jou gesin se spesiale oomblikke oor ’n koppie Five Roses-tee.
delikaat gegeur met bergamot-lemoen, wat die tee ’n aangename sitrussmaak gee wat enige ligte maaltyd sal komplementeer. đ Prince of Wales-
tee is ’n sterk vermenging, perfek vir ’n middagtee.
sukses
Wat SAKESLIMMES REG doen Droom jy van ’n eie onderneming of wonder jy hoe om jou onderneming se deure oop te hou in moeilike ekonomiese tye? ’n Paar bekende sakemense deel hul kennersraad Deur ILSE SALZWEDEL
TOP-5 SUKSESGEHEIME VAN 40 SAKELEIERS Theo Vorster, ’n sakeman, aanbieder van Sakegesprek met Theo Vorster en skrywer van Sakegesprek* het SuidAfrika se veertig top-sakeleiers na hul suksesgeheime uitgevra. Hier is vyf gemene delers: • PASSIE Volgens hom kom dit eerste by almal met wie hy in sy boek praat. “Bestee eerder meer tyd daaraan om jou passie te vind as om iets te doen waarvan jy nie hou nie.”
• WERK HARD Vorster onderskryf Malcolm Gladwell, skrywer van boeke soos Outliers, The Tipping Point en Blink, se teorie dat dit sowat tien duisend uur se werk verg om iets perfek te bemeester, en sê dis iets wat suksesvolle sakemense gemeen het. “Dis beslis ’n geval van practice makes perfect.” • VISIE Jy moet ’n visie vir jouself én jou besigheid hê, iets wat hy ’n meesterplan noem. Besluit of jy die beste op die dorp wil wees, of die beste in die wêreld. Volgens hom is werklik suksesvolle mense gewoonlik nie tevrede totdat hulle die heel beste op hul gebied is nie. • SIEN VERANDERING AS ’N GELEENTHEID Hy beskryf dit as die heel belangrikste eienskap wat werklik suksesvolle sakemense gemeen het. “Die meeste mense met wie ek gesels het vir die boek, het hul besighede ná 1994 begin. Omarm die verandering, en maak dit jou beste vriend, anders gaan jy maar sukkel.” • MOED Dit verg moed om jou sakedroom te volg. “Jy moet dapper wees, en jy moet meer weet as enigiemand anders van dit wat jy wil doen. Besef dat dinge voortdurend verander – bly op die hoogte van die jongste tendense.” Bron: http://mattr.biz/articles/490/sas-most-successfulceos-share-5-secrets-to-their-success
136 rooi rose
SEPTEMBER 2015
ir ’n nuwe onderneming kort jy mos net ’n goeie idee, of hoe? Maar dis nie heeltemal só maklik nie. Ekonomieë wêreldwyd kry swaar, en hier in Suid-Afrika sit ons met ’n klomp unieke faktore wat die ekonomie beïnvloed. Tog is daar steeds heelwat geleenthede in ons land vir mense met ondernemingsgees, deursettingsvermoë en die nodige sakekennis. Hier is goeie raad om al die slaggate op die pad na sukses te vermy.
BRAND PRETORIUS voormalige hoof van die McCarthy-groep Brand is al deur vier universiteite vereer met ere-professorate, en selfs ná sy aftrede dien hy steeds in die direksies van verskeie groot Suid-Afrikaanse maatskappye. Hy is ook die skrywer van Aan die Stuur*, ’n boek met praktiese wenke oor
HOOFFOTO GALLO IMAGES / THINKSTOCK; SUZAAN: FOTO: KATY HARRISON; ANDER VERSKAF
sakesukses en leierskap. Hier is sy raad: • Doen behoorlik navorsing oor jou doelmark en mededingers Dit is noodsaaklik dat jy die profiel, behoeftes en aankoopgedrag van jou potensiële kliente perfek verstaan. • Maak seker jou produk of diens voldoen aan die behoeftes van die mark Dit moet onderskei kan word én beter wees as dit wat jou mededingers bied, dit moet relevant wees vir die kliënt en moet waarde bied. • Beplan deeglik Stel ’n behoorlike sakeplan saam met kundiges op. Ondersoek die moontlike geleentheid deeglik, en identifiseer vooraf al die moontlike risiko’s, asook die oplossings daarvoor. • Maak jou somme deeglik Jy moet genoeg bedryfskapitaal hê om die besigheid aan die gang te kry en te hou, én om dit te laat groei. • Hou uitgawes so laag moontlik Beperk vaste koste, en wees konserwatief met veranderlike koste en leningskapitaal. • Wees obsessief oor positiewe kontantvloei – dit is die lewensbloed van jou besigheid! •’n Doeltreffende en bekostigbare bemarkingsplan is noodsaaklik Raadpleeg kenners hieroor. Die skep van ’n voldoende en volhoubare aanvraag vir jou produkte of dienste bly een van die vernaamste suksesfaktore in besigheid, en daarom moet mense daarvan weet. • Kies jou personeel reg Hulle moet die nodige kennis en vaardighede hê, maar dis ewe belangrik dat hulle dieselfde beginsels
en waardes as jy onderskryf. • Gebruik die regte tegnologie Die internet, digitale bemarking, slimfone, sosiale media en ander tegnologiese hulpbronne maak dinge deesdae soveel makliker. • Hou jou kliënte tevrede Fokus daarop om goeie verhoudings met hulle te skep wat op vertroue, respek en uitstekende diens gegrond is. • Wees ’n kwaliteitleier Vir Brand is dit ’n ononderhandelbare deel van sakesukses. “Lei deur jou voorbeeld, respekteer en bemagtig jou personeel en gee vir hulle om. Sonder hul lojaliteit sal jou onderneming nie volhoubare sukses behaal nie.”
SUZAAN HEYNS bekroonde modeontwerper Suzaan het modekenners én -liefhebbers gaande sedert sy in 2008 haar eie luukse-modereeks bekend gestel het. Haar ontwerpe het haar al verskeie pryse besorg, onder meer die Anglo Goldtoekenning vir die kreatiefste klerereeks by die Afrika-modeweek. In 2011 het die tydskrif Glamour haar as hul “Style Star” aangewys, en in 2013 is Suzaan vereer met die 16de jaarlikse SEPTEMBER 2015
rooi rose 137
sukses
Business Day BASA Innovation Award.
PASSIE, HARDE WERK, VISIE EN MOED BLY VOORVEREISTES VIR SAKESUKSES. SUKSESVOLLE MENSE SIEN ELKE VERANDERING AS ’N OPWINDENDE UITDAGING
• Fokus op dit waarmee jy goed is, en delegeer die res na boekwinkel in die land. iemand wat jy vertrou “Kry Leonie se maandelikse Boek iemand met ’n kop vir syfers en Koek-boekbekendstellings betrokke. My sakevennoot, is van die grootstes in die • Nismark, of iets van alles? Dis aanloklik om soveel Moira Jensen, hanteer die land, en ’n gesogte platform moontlik te doen, maar besluit op jou nismark en hou daarfinansiële en administratiewe by. Word die heel beste daarin en bou jou handelsmerk. vir skrywers. Maar die pad kant van ons onderneming • Groothandel, of ’n paar eksklusiewe afsetpunte? tot hier was nie noodwendig sodat ek ten volle op die ’n Groothandelaar wil jou produkte verkoop, en jy kan jou maklik nie, en Leonie het al kreatiewe kant kan fokus. Dis geluk nie glo nie! Maar is dit altyd ’n goeie idee? Vra jou kosbare lesse geleer. of jy die kapasiteit het om genoeg produkte te lewer vir immers waarmee ek goed is. groothandelverkope. Kan jy meer personeel en toerusting en Dit maak nie saak hoe mooi die • Kyk na die kern van jou ’n groter perseel bekostig? Dikwels is stadiger, bestendige rok is wat ek ontwerp nie – ek besigheid “Beplanning, groei ’n beter langtermynopsie. moet dit bemark en verkoop.” personeel, kontantvloei- en • Lees die fynskrif in elke kontrak. Moet niks sommer • Leer ken jou mark en net aanvaar nie. voorraadbeheer is die kern. luister na hulle “Ons kry ’n • Hou jou vinger op die finansiële pols. Sorg dat jy die Beplan en begroot deeglik, sny boekhouding verstaan om probleme betyds te keer. daaglikse verslag van ons alle onnodige uitgawes en bly As jy niks van boekhou weet nie, doen ’n kursus. winkel (in Melrose Arch) wat binne jou begroting. Ek moes • Netwerk, netwerk, netwerk. Wanneer jy met ’n nuwe vir ons ’n idee gee van wat ons byvoorbeeld al noodgedwonge besigheid begin, laat weet al jou kontakte daarvan. Moet kliënte soek. My kliënte het na ’n kleiner winkel in ’n kleiner niemand uitlaat nie, want jy weet nooit watter sinergieë en verskillende agtergronde, en samewerkingsmoontlikhede hulle dalk raaksien nie. sentrum trek en sny aan party soek byvoorbeeld ’n personeel en voorraad net om langer mou, of ’n effens langer die wêreldwye ekonomiese rok. Dis klein detail wat ek maklik kan aanpas sonder om kreatiinsinking te oorleef. ” witeit in te boet. Jy moet vinnig reageer op wat die mark vra.” • Goeie voorraadbeheer is ononderhandelbaar “Wees heeltyd • Behou jou integriteit en identiteit “Albei is ewe belangrik. op die hoogte van wat met jou voorraad aangaan. Herbestel Ons klein onderneming kan nie met groot, internasionale besigbetyds en probeer om altyd voorraad te hê van items wat in aanhede meeding nie, maar ons kan uniek wees. As jou produkte vraag is. Ek bestel eerder gereelder kleiner hoeveelhede en sorg so spesiaal en van topgehalte is, sal kliënte terugkom. Tree altyd dat ek binne my begroting bly.” met integriteit teenoor jou kliënte op.” • Bly in voeling met jou mark “Luister na jou kliënte en bly op • Hou jou pryse realisties “Dit kom terug na integriteit. Moenie die hoogte van nuwe tendense.” jou pryse laai net omdat jy bekend is nie – onthou dat jou kliënte • Wees ’n leier, nie ’n slawedrywer nie “Moenie van jou perjou ondersteun het toe jy nog onbekend was.” soneel verwag om iets te doen waarvoor jy nie kans sien nie. • Wees ’n mentor “Ons glo aan internskappe. Daarsonder gaan Behandel hulle met respek. Probeer personeelprobleme onmiddie bedryf nie groei nie. Jy móét teruggee wat jy geleer het.” dellik oplos en moenie negatiwiteit in jou maatskappy duld nie.” • Koester verhoudings binne jou bedryf “Mense dink • Die regte bemarking “Ek glo nog al die jare dat ’n tevrede kliënt verkeerdelik dat die modebedryf baie mededingend is. Ek werk die beste promosie is. Ek bestee bitter min aan bemarking en maklik saam met ander ontwerpers en vra hulp as iets nie my advertensies, maar besef dat sosiale media ’n kragtige sterk punt is nie. My eweknieë is my lewenslyn.” bemarkingsmiddel is.” • Bid oor alles en vertrou dat jou gebede verhoor sal word LEONIE VAN RENSBURG “Moenie jou ore uitleen aan doemprofete nie. As ek het, was ek van Graffiti-boeke in Pretoria nie nou hier nie. Glo in jouself en doen jou bes!”
NOG WENKE WAT WERK
KRY HIER INSPIRASIE
Leonie is ’n bekende in Afrikaanse boekkringe. Sy sorg ook elke maand dat rooi rose-lesers die jongste boeke teen die beste pryse kan aankoop. Sy het haar dieptekennis van die kleinhandelbedryf oor jare by verskeie bekende boekwinkel-groepe opgebou voordat sy in 2005 haar eie boekwinkel begin het. ’n Jaar later het sy ’n aanlyn-boekwinkel begin wat in Afrikaanse boeke spesialiseer en dis tans die grootste kuber138 rooi rose
SEPTEMBER 2015
• Aan die stuur (in Engels beskikbaar as In the Driving Seat) deur Brand Pretorius (Tafelberg, 2013). • Sakegesprek (in Engels beskikbaar as Mind Your Business) deur Theo Vorster (Jonathan Ball Publishers, 2009). • Die Branson Centre of Entrepreneurship (www.bransoncentre. org) bied inspirasie, mentorskap en kursusse vir Suid-Afrikaanse entrepreneurs aan. • Entrepreneur Magazine (www.entrepreneurmag.co.za) is ’n gratis aanlyn-tydskrif. rr
labour Department: Labour REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
Patum dumot aucotiles
Vir meer besonderhede, skakel
0800 843 843 or 012 337 1680
ro IN D oi I st E oe l
Man agter Monitor
Ivor Price, SABC2-nuusleser, gewilde radioman en ervare joernalis, is die nuwe stem agter die ‘Monitor’-mikrofoon. Hoe sien hy sy rol by een van die invloedrykste nuusprogramme in die Afrikaanse media? Deur Ilse Salzwedel
HOE SIEN JY ‘MONITOR’ SE ROL IN SUID-AFRIKA? DIE POLITIEKE ONTLEDER MAX DU PREEZ HET ONLANGS GESÊ HY BESKOU MONITOR AS EEN VAN DIE BELANGRIKSTE NUUSPROGRAMME IN DIE LAND. DIS ’N PROGRAM MET INVLOED, WANT EK KAN JOU VERSEKER DAT VAN DIE POLITIEKE BESLUITNEMERS NET SO YWERIG SAAMLUISTER. MONITOR BEÏNVLOED IN ’N GROOT MATE DIE NASIONALE GESPREK. SO, EK IS DEEGLIK BEWUS VAN DIE ENORME VERANTWOORDELIKHEID.
HOEWEL EK NOGAL WYD REIS, IS DIT SUIDAFRIKA WAT MY MET HOOP LAAT. EK KIES OM IN DIE LAND TE BLY – EN EK KIES OM ’N POSITIEWE BYDRAE TE MAAK
Hoe voel dit om in daardie warm stoel in te skuif?
Dis ’n groot voorreg! Ek het grootgeword met Monitor - kleintyd was die radio in ons kombuis altyd op die Afrikaanse stasie ingeskakel, en ons het soggens voor skool die jongste nuus saam met die Jungle Oats ingekry. Ek het ook lank gedroom oor die geleentheid om saam met Anita Visser te kan aanbied. Sy’s ’n kundige joernalis en omroeper, en saam met die res van die Monitor-span sien ek daarna uit om luisteraars op die hoogte te hou van al die nuus wat saak maak. Nou moet ek net aan die vroeg opstaan gewoond raak - ek sal maar drie wekkers moet stel! Hoekom is radio nog relevant in ons digitale era?
Ek is ’n groot voorstander van sosiale media, ook wat nuusverspreiding betref. Maar facebook en Twitter kan nie konteks gee nie. Op radio kan jy nie net die nuusmakers hoor nie, maar ook ’n diepteontleding van ’n spesifieke kwessie kry. Ons word gebombardeer deur nuus – ongelukkig meestal slegte, skokkende gebeure – maar ’n program soos Monitor help ons om dit te verwerk en te vertolk. So gepraat van slegte nuus: Hoe voel jy oor Suid-Afrika? Glo jy ons sal dinge hier kan uitwerk?
Ek is deel van die Madiba-generasie wat in die vroeë jare negentig saam met kinders van ander rasse op die skoolbanke kon sit. Hoewel ek my as ’n wêreldburger beskou en nogal wyd reis, is dit Suid-Afrika wat my met hoop laat. Ek kies om in die land te bly – hoewel ek op enige plek kan werk – en ek kies om ’n positiewe bydrae te maak. Uit die aard van my werk volg ek die internasionale nuus nogal intensief, en ek lees ook koerante van regoor die wêreld. Dit gaan maar ewe sleg op ander plekke – en soms selfs erger. Hier kan ons mekaar ten minste nog in die oë kyk en vir mekaar lag. Mense wat aanhoudend oor dieselfde ding kla. Dis ook ’n beginsel wat ek op my eie lewe toepas. Jy het die reg om één keer oor ’n ding te kla. Daarna moet jy dit óf verander, óf jou mond hou en daarmee saamleef. Die wêreld is vol mense wat hulself bejam-mer, en ek probeer hulle tot elke prys vermy. Ek kies om positief te lewe en vermy suurstofdiewe en mense wat nie bereid is om hulle moue op te rol nie.
WIE IS IVOR PRICE? Ivor Price is op 23 April 1980 in Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte gebore. “Maar ek beskou Kraaifontein as my komvandaanplek. “Die liefde vir woorde loop sterk in ons familie. My ma kan moeilike blokraaie binne minute voltooi - daar het altyd woordeboeke rondgelê. My suster Bonita het vreeslike mooi opstelle 140 rooi rose
SEPTEMBER 2015
en gedigte geskryf, en my broer Arthur, ’n rekenmeester, se passie is om deur sy projek, Rymklets Republiek, Afrikaanse hip-hop te bevorder.” Ivor se pa is ’n predikant, en sy jongste suster, Yolanda, ’n maatskaplike werker. Op hoërskool het Ivor by sy skoolkoerant betrokke geraak en van Naspers se skoolkoerantkursusse bygewoon. “Ek het op koerante verlief geraak en
al op 14 Die Burger met my storietjies begin pes. Ek het nog ’n plakboek met van die berigte wat kleintyd onder my naam gepubliseer is.” In 1999 het hy as studentejoernalis by Die Burger begin naam maak, en in 2005 was hy in Londen die buitelandse korrespondent vir Media 24koerante. Die radio-gogga het in 2010 gebyt toe hy as Befonkaanbieder begin het. Die afge-
lope drie jaar was hy elke naweek in ’n RSG-ateljee met NaweekAktueel op ’n Saterdagmiddag, ’n musiekprogram dieselfde aand en Kommentaar op ’n Sondagoggend. Ivor is ook ’n nuusleser op SABC2. Hy is in 2014 met twee ATKV Mediaveertjies bekroon: as beste TV-nuusleser én as beste aanbieder van ’n radionuusprogram.
FOTO PETER WHITFIELD; PRODUKSIE MELISSA-JADE MYBURGH
Wat kan jy nie verdra nie?
HIER IS JOU KANS!
TOERPLAN
đ DAG 1 Meld op die MSC Sinfonia
in die Durbanse hawe aan. Die boot vertrek om 14:00 na die Portugese Eiland. đ DAG 2 Geniet heerlike seekos in een van Maputo se restaurante. Sluit aan by opsionele toere na museums en eet middagete by die oorspronklike Casa del Solrestaurant. Kyk na wêreldklas-vertonings in Jy kan tot 40% afslag kry wanneer jy ’n skeepsreis op die die teater, musiekkonserte in een van die MSC Sinfonia na Maputo en die Portugese Eiland bespreek vertoonlokale, wen groot in die casino en geniet die skemerkelkie van die dag in een van die kroeë. đ DAG 3 Vandag verken ons die Portugese Eiland. Ons braai op die strand en jy kan ’n yskoue drankie van jou keuse in die strandkroeg gaan drink. Vanaand is dit tyd vir die tropiese partytjie, een van die hoogtepunte van die vaart. đ DAG 4 Bring die dag langs die swembad deur, of neem deel aan een van die vele aktiwiteite wat wissel van aërobiese klasse, danslesse, interessante lesings en speletjies, of beproef jou geluk in die casino. Jy kan in die gim oefen, in die spa ontspan of inkopies in een van ons ontwerperwinkels doen. Jou grootste besluit is waar om jou drie ingeslote etes te geniet. Dan is daar ook die middernag-buffet, galaaandete, skemerkelkpartytjies en tee en gebak gedurende die dag. aak jy van hierdie spesiale lesersaanbod gebruik, đ DAG 5 Ons is vroeg die oggend terug in Durban. kan jy in weelde op die pas opgeknapte MSC
LESERSAANBOD Afslag op ’n luukse vaart M
Sinfonia vaar en die wit strande van die Portugese Eiland en die energie van Maputo beleef. Die nuwe MSC Sinfonia sluit nuwe Lego®- en Chicco®-speelplekke vir kinders en ’n nuwe Baby Club, Mini Club, Young Club en Teens Klub in. Daar is ook nuwe eetgedeeltes, sitkamers en ’n groter restaurant. Die MSC Aurea-spa het bykomende masseer-gedeeltes gekry en die buitenshuise sproeipark op dek 13 is met opwindende elemente toegerus. Hier is daar elke minuut van die dag vermaak. En hoe lekker klink dít: Passasiers kan weglê aan buffet-etes wat twintig uur per dag beskikbaar is. Die MSC Sinfonia is die grootste passasierskip wat in SuidAfrikaanse waters vaar en het alles wat jy van ’n luukse-skip verwag: mini-gholfbaan, twee swembaddens, een sproeipark, twee jacuzzi’s, nege kroeë, drie restaurante, ’n teater, casino en kajuite met balkonne.
INGESLUIT IN DIE TARIEWE
đ Akkommodasie in die gekose kategorie – kajuite word twee keer per dag skoongemaak. đ Alle etes. đ ’n Verskeidenheid vermaak: opvoerings, musiekvertonings en casino. đ Ten volle toegeruste gim. đ Kinderklubs. đ Alle speletjies en daaglikse aktiwiteite.
HOE OM TE BESPREEK
Bel MSC Cruises by 0860 11 44 11 en vra die konsultant vir die spesiale rooi rose-tydskrif promosietarief.
Om vir die spesiale tariewe in aanmerking te kom moet jy vir een van hierdie datums bespreek:
BINNE
BEPALINGS EN VOORWAARDES DIE ROOI ROSE–TARIEWE GELD SLEGS NUWE BESPREKINGS WAT VANAF 10 AUGUSTUS 2015 GEMAAK WORD EN SLUIT DIE VROEË-BESPREKING-AFSLAG IN WAT AANGEDUI IS. DIE AANBOD GELD TOT 30 SEPTEMBER 2015. TARIEWE: PER PERSOON VIR TWEE MENSE WAT ’N KAJUIT DEEL EN IS ONDERHEWIG AAN BESKIKBAARHEID EN SKOMMELINGS IN DIE WISSELKOERS EN BRANDSTOFPRYSE. BYKOMENDE BEDRAG VIR ENKELLOPERS EN KAJUITE MET EKSTRA SLAAPBANKE. VERPLIGTE HAWE-, VERSEKERING- EN HOTELDIENSKOSTE SOOS AANGEDUI. BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD. BF&W
BUITE
Prys per persoon
BALKON
VERTREKDATUMS
REISPLAN
NAGTE
Prys per persoon
25 Januarie 2016
Durban, Maputo, Portugese Eiland, Durban
4
Afslag 40%
R3 720
Afslag 40%
R4 200
Afslag 40%
R4 800
22 Februarie 2016
Durban, Maputo, Portugese Eiland, Durban
4
Afslag 40%
R3 700
Afslag 40%
R4 200
Afslag 40%
7 Maart 2016
Durban, Maputo, Portugese Eiland, Durban
4
Afslag 40%
R3 700
Afslag 40%
R4 200
28 Maart 2016
Durban, Maputo, Portugese Eiland, Durban
4
Afslag 40%
R4 400
Afslag 40%
11 April 2016
Durban, Maputo, Portugese Eiland, Durban
4
Afslag 40%
R3 700
Afslag 40%
SUITE
Prys per persoon
Prys per persoon
Verpligte koste
Afslag 30%
R6 090
R890
R4 800
Afslag 40%
R5 200
R890
Afslag 40%
R4 800
Afslag 40%
R5 200
R890
R4 900
Afslag 40%
R5 600
Afslag 35%
R6 600
R890
R4 200
Afslag 40%
R4 800
Afslag 40%
R 5 200
R890
SEPTEMBER 2015
rooi rose 141
rondrits
PLEK van TWEE sonne
’n Soutpan waarin die lig speel, baie en groot Afrika-olifante, seekoeie in die Choberivier met slierte watergrasse op hul koppe en die vriendelike inwoners van Botswana, maak ’n reis in dié buurland ’n baie aangename ervaring Artikel en foto's deur CORLIA FOURIE
W
anneer hulle hoor jy praat Afrikaans word Botswana se doeanebeamptes sommer vriendelik. Hulle groet in Afrikaans en vra hoe dit gaan. Om die waarheid te sê ons het oral in Botswana net vriendelike mense teëgekom. Op pad het ons ook ’n paar jong Europeërs gesien wat met al hul kampeer- en kleregoed agter op hul fietse deur Botswana reis. By ’n winkeltjie tussen iewers en nêrens het ’n bebaarde Japanner met ’n fiets vol katoeters vertel dat hy die hele Afrika só verken. Ook lekker om ’n toerleier te hê wat al baie keer in Botswana was. “Jy onthou my?” vra hy elke keer vriendelik in Engels vir ’n iedereen as ons bus deur die bek-en-klouseer amptenare, die verkeerspolisie of die polisie voorgekeer word. En dan is dié mense baie gaaf, selfs diegene wat hom sweerlik nog nooit tevore gesien het nie. Dit was my eerste besoek aan Botswana en ek het gedink dat dié ylbevolkte land oral woestynagtig moet lyk. Maar toe nie. Die deel waardeur ons gereis het, van die Groblersbrug-grenspos - anderkant Mokopane - tot waar ons Zimbabwe naby die Victoria-waterval binnegaan, lyk soos ons bosveld. Die enigste heeltemal anderste landskap op dié roete was die ongelooflik anderwêreldse Makgadikgadi142 rooi rose
SEPTEMBER 2015
soutpan. Ek was veral opgewonde omdat ek gehoor het daar is
LINKS NA REGS: đ JAPANNER WAT BOTSWANA PER FIETS VERKEN. đ SONSONDERGANG BY DIE MAKGADIKGADI-SOUTPAN. đ SEEKOEIE BY CHOBE. đ ONGEWONE LIG BEKOOR TOERISTE BY DIE SOUTPAN. đ EEN VAN DIE BAIE OLIFANTE IN BOTSWANA. đ VERKOPER LANGS DIE PAD.
derduisende pienk flaminke by dié soutpan. Maar toe ons een laatmiddag vroeg in Mei daar aankom, was daar net enkele voëltjies en ’n paar blouwildebeeste. Die pienk flaminke was toe glo reeds in Namibië. Maar my teleurstelling oor die flaminke het gou plek gemaak vir verwondering oor die soutmeer waarin die lig skaats en kaats. En omdat jy in die skemer, verblind deur die fel son, nie duidelik kan sien waar die lug ophou en die soutpan begin nie, lyk dit asof twee sonne daar ondergaan. Verruklik.
HOU BY DIE SPOEDPERK In Botswana moet motoriste by die spoedperk hou, want doen jy dit nie, is daar verkeerskonstabels wat jou van die
pad af beduie en ’n stywe boete gee. En jy moet die boete daar en dan betaal. Dis ook nie net verkeerskonstabels wat die verkeer vertraag nie. In die oostelike deel is daar beeste en bokke wat wag totdat die bus feitlik op hulle is voordat hulle besluit om oor die pad te dwaal en in die noorde is dit veral olifante wat die bus troef.
CHOBE Een van die beste en mooiste plekke waar ek nog wilde diere besigtig het, was op ’n boot op die Choberivier. Ek het nog selde so baie olifante van naby gesien soos in Botswana. (By die Choberivier, in die Chobe Nasionale Park en sommer langs en in die pad in noord-Botswana.) By Chobe ook verskillende soorte wildsbokke, buffels en leeus gesien, om nie van die verskeidenheid voëls te praat wat by die rivier leef nie. In die water plas en steun seekoeie en krokodille swem skelmoog verby.
maak, weet ek weer waarom ek so lief is vir Afrika: die kleure, die stemme, die stilte.
REISWENKE
Op ons vroegoggendrit in die Chobe Nasionale Park vertel die gids dat daar nie op die oomblik renosters in Chobe is nie. Omdat Chobe aan Namibië grens en daar geen grensdraad tussen die twee lande is nie, loop diere waar hulle dink die gras groener is. “As die renosters Chobe toe kom, is hulle Botswana-renosters, maar op die oomblik is hulle Namibiese renosters,” verduidelik hy. By die Chobe Safari Lodge, waar ons twee nagte oorgebly het, kon ons tussen verskeie wildsvleisgeregte kies, ook vlakvark –hopelik nie ’n vlakvark wat die oggend nog op die grasperk voor ons kamer gewei het nie. By die lodge bekyk apies ons vanuit die bome, of hulle steel suikersakkies van die tafels af. En jy hou jou deure toe sodat van ons ander “familie”, die bobbejane, nie daar inhardloop en verwoesting saai nie. In die laatnag of vroegmôre hoor jy leeus brul en seekoeie proes. Terwyl die ondergaande son malse rooi en geel strepe oor die lug by die Choberivier verf en voëls waarvan ek nie die tjirpsang kan eien nie in die bome nes
Omdat Chobe aan Namibië grens en daar geen grensdraad is nie, loop diere waar hulle dink die gras groener is. ‘As die renosters Chobe toe kom, is hulle Botswanarenosters, maar op die oomblik is hulle Namibiese renosters ’
Ċ Ou skoene Neem ou skoene saam omdat jy by verskeie plekke deur voetdippe (teen bek-enklouseer) moet loop. Voertuie moet ook met al vier die wiele deur ’n voertuigdip ry. Ċ Beste tyd Die beste tyd om wild in Botswana te sien, is in die droë seisoen van April tot Oktober. Die diere is dan by die watergate en die bome en struike is nie so dig nie. Maar vir voëlkyk is die somermaande glo die beste tyd. Ċ Ry versnaperinge saam By die goeie gastehuise en hotelle is daar kos en geriewe, maar ry nie-bederfbare padkos en drankies saam, want daar is nie altyd ’n verskeidenheid by die kafeetjies en winkeltjies langs die pad nie. Ċ Geldeenheid In Botswana is daar hier en daar plekke wat net pula aanvaar, maar gewoonlik kan jy met rand regkom. (Een pula is min of meer R1,20.) Maar sorg dat jy kleingeld het, want langs die grootpad moet jy twee pula per persoon betaal om ’n toilet te gebruik. En neem toiletpapier saam vir ingeval. rr
CHOBE EN DIE BEKENDES In die vroeë sewentigerjare het Chobe wêreldwyd koerantopskrifte gehaal toe Elizabeth Taylor en Richard Burton vir ’n tweede keer in die dorpie Kasane by Chobe getroud is. Meer onlangs (in 1998) het president Bill Clinton en Hillary die Chobe Nasionale Park besoek. Clinton het daarna gesê enigeen wat so ’n wonderlike plek besoek, “voel dis die mensdom se heilige plig om die omgewing te bewaar”.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 143
rondrits
SLIM KIND Die Ford Fusion is ’n ruim gesinsvoertuig wat jou ook met gevorderde tegnologie en ’n stylvolle voorkoms bederf Deur ANET SCHOEMAN
144 rooi rose
SEPTEMBER 2015
tjies kort word. Die rojale been- en kopruimte het ons rit van drie uur heerlik gerieflik gemaak en ons koffiestop was gedryf deur koffielus en nie
deur ongemak nie. Het ek gesê die Fusion is ook bitter mooi? Die stylvolle, vloeiende ontwerp trek elke keer jou aandag as jy nader stap. Die elektronika verg wel ’n bietjie toewyding voor jy alles verstaan, maar ons was verstom toe die Fusion ons naby Harrismith telkens teen nuwe spoedbeperkings waarsku. Dis te danke aan die Traffic Sign Recognition-stelsel wat inligting insamel deur ’n kamera op die voorruit en radar in die buffer, en kan jou
selfs teen ’n moontlike botsing waarsku. As jy nie op die hoorbare of visuele waarskuwing reageer nie, word die remme outomaties geaktiveer om spoed te verminder. Die nuwe gevorderde remstelsel sal jou ook vinniger tot stilstand kan bring. Lane Keeping Aid laat jou stuurwiel vibreer wanneer jy uit jou laan dryf en SYNC© stel jou in staat om baie van die tegnologie in jou voertuig met stembevele te beheer en jou oë op die pad hou. Parkeerhulp laat jou selfs beter as ’n K53-instrukteur parkeer (parallel of loodreg) al hou almal op die sypaadjie jou dop. Die stuurwiel draai op sy eie, jy moet net die remwerk doen. So waar as padda manel dra!
FOTO’S QUICKPIC
ord hoop om met die Fusion vastrapplek in die mediumgrootte sedansegment te kry. En daar is geen rede waarom dié gesofistikeerde speler nie sy plek in daardie segment kan vol staan nie. Die motor word in Suid-Afrika die Fusion genoem, maar in Europa word dit steeds as die vierde geslag Mondeo verkoop. Die Fusion is tegnologies die mees gevorderde Ford wat tot dusver hier bekend gestel is, en as jy dol is op tegnologie, sal die Fusion jou heel kortasem laat. Die instrumentebord het soveel opsies en inligting dat dit amper voel asof jy in ’n straler sit. Tog is alles nuttig en ons het oorgenoeg tyd gehad om alles op die proef te stel toe ons die Ford Fusion se neus in die rigting van die Drakensberge gedraai het om by Oaklands Country Manor, so drie uur se ry van Johannesburg af, te gaan kuier. Die Fusion is ’n gemaklike voertuig vir die lang pad met ’n kattebak wat jou smeek om alles wat jy besit saam te neem. Dis die ideale gesinsvoertuig en die agterste sitplek is ruim genoeg om klein lyfies met ’n lae vervelingsdrempel oorgenoeg plek te gee vir speletjies en dinge om te keer dat klein humeur-
Laai die kinders en tasse- dié Ford is ideaal vir die lang pad
DIS WEELDERIGE PLAASBEDERF BY OAKLANDS COUNTRY MANOR.
betower met haar koskunsies wat mense van heinde en ver op ’n Sondag hierheen lok. Maak seker jy is ’n diereliefhebber, want die sagmoedige span Deense honde vergesel jou op uitstappies (as jy wil) en lê soos koninklikes op die bank (as hulle wil). rr www.oaklands.co.za
PRYSE Daar is vier modelle in die Fusion-reeks: 1,5 EcoBoost Trend 2,0 EcoBoost Trend 2,0 EcoBoost Titanium 2,0 TDCi Titanium Pryse wissel van R349 900 tot R449 900 en sluit ’n diensplan van vier jaar in. Die TDCi het ’n vyfjaarplan.
OAKLANDS COUNTRY MANOR Oaklands Country Manor was die perfekte eindbestemming vir hierdie luukse gesinsmotor. Kinders sal hul gate uit geniet, want hier kan jy perdry en daar is stap- en LEES ONS VOLLEDIGE bergfietsroetes en damARTIKEL OOR OAKLANDS COUNTRY metjies vir roei en visvang. MANOR BY WWW. ROOIROSE.CO.ZA Die bekende sjef, Kathy Romer-Lee, gaan jou
rooi rose. co.za
SEPTEMBER 2015
rooi rose 145
verhaal
DIE SOEN Annemarie wil ’n vrystorie skryf, maar daar is iets wat sy eers in die werklike lewe sal moet uittoets Deur ELSA WINCKLER
is nou al nege maande, hopelik is daar vandag ’n antwoord van die uitgewer oor haar storie. Met ’n glimlag en ’n wuif van haar arm, groet Annemarie haar kollegas wat in die groot, oop ruimte voor hul werkstasies sit voordat sy by haar kantoor instap en voor haar rekenaar inskuif. ’n Vinnige loer na haar horlosie bevestig sy het nog ’n halfuur voordat een of ander politikus van die opposisieparty vir ’n fotosessie opdaag. Rick of Mick of iemand. Die hele ding irriteer haar. Goed, sy verstaan daar word oral besnoei, maar sy is die leefstylredakteur verdomp, nie ’n pimp vir plaaslike politici nie. Pleks dat die vent doen wat hy veronderstel is om te doen en die regering op sy tone hou. Nou wil hy sy foto in ’n tydskrif sien. Sy blaas haar asem uit. Maar sy gaan haar nie vandag opwerk nie. Haar oë gly oor haar e-posboodskappe en haar asem raak heeltemal weg. Daar is dit – die e-pos van die uitgewer. Haar vinger huiwer bokant die lyn. Vandat sy kan onthou, lees sy liefdesverhale. Honderde, duisende, bokse vol liefdesverhale. En ja, sommige is minder goed as ander, maar die bekoring van die meeste van dié stories laat haar keer op keer ’n volgende boek koop. Dit was onvermydelik dat sy ook sou probeer om ’n liefdesverhaal te skryf - ’n storie wat sy graag sou wou lees. Sy het entoesiasties begin. Daar was niks met die storie verkeerd nie. Glad nie. Sy het haar karakters ontwikkel volgens die aanwysings in die bronne wat sy geraadpleeg het. Prentjies van haar heldin en held het op die aansteekbord bokant haar rekenaar by die huis gepryk. Die storie het gevloei, die tweetjies het mekaar op die eerste 146 rooi rose
SEPTEMBER 2015
blad ontmoet soos dit hoort, die vonke het gespat, maar toe bereik sy die punt waar die held en heldin mekaar moet soen. En net daar het sy … wel, stoom verloor. Die feit van die saak is, sy is ses-en-twintig en ’n maagd. En nog erger, volgens haar beste vriendin, Leen, is sy in elk geval nog nooit behoorlik gesoen nie. Skynbaar tel die skewe soen wat Klein Koos Verwey daardie Kersfees toe hulle sewe was vir haar gegee het nie. Dat sy met die soen-toneel gesukkel het, is met ander woorde heeltemal normaal, gegewe haar gebrek aan ondervinding. Volgens Leen. Maar sy het haar nie laat onderkry nie. Sy kan oor ’n soen skryf sonder die nodige ervaring. Dis sekerlik net soos om ’n resep te volg. Die internet is ’n onuitputlike bron van inligting, selfs oor iets soos hoe om ’n soen te beskryf. In haar navorsing het sy op ’n boek oor haar onderwerp afgekom. Die skrywer is ’n wetenskaplike joernalis met ’n biologiese agtergrond. Dit het geklink asof sy die soenery heel logies en sistematies benader en Annemarie het die boek op haar e-leser afgelaai. Aande lank het sy oor hierdie interessante, menslike handeling gelees – waar in die geskiedenis van die mensdom word die eerste keer na ’n soen verwys? Wat presies gebeur met jou gesigspiere wanneer jy soen? Hoekom is reuk belangrik vir potensiële soenmaats - iets waaroor sy nog nooit gedink het nie? Wat is die toekoms van die soen? Sy het elke moontlik brokkie inligting oor hierdie verskynsel opgeslurp en in haar storie gebruik. Sy het ’n wenner, sy is seker daarvan. Die uitgewer moet dit net bevestig. Uiteindelik klik sy op die e-pos en maak dit oop. Dit duur ’n paar sekondes voordat die woorde wat sy lees, sin maak. ’n Hol kol vorm op die krop van haar maag. Baie dankie vir die manuskrip. Dit voldoen net nie aan die nodige vereistes nie. Ek hou van jou storielyn, van jou karakters, maar die tonele waar die tweetjies soen, oortuig nie. Onthou – Show. Don’t tell. Beskryf die tonele met meer besonderhede; skep afwagting by die leser; beskryf die held en heldin se reaksies, byvoorbeeld, wat ervaar sy wanneer sy hande om haar gesig vou? Wat doen die kreungeluide in haar keel aan hom? Watter sintuie word gebruik? Kyk na prentjies van paartjies wat soen, kyk na flieks, kyk na mense.
Eksperimenteer self. Wanneer jy dié tonele meer geloofbaar gemaak het, kyk ek met graagte weer na jou manuskrip. Ontsteld leun sy terug in haar stoel. “En nou?” vra Leen, die moderedakteur en haar vriendin, van die deur af. “As jy die rekenaar so aangluur?” Dikmond staan Annemarie op en kyk vinnig op haar horlosie. Nog tien minute voordat sy die politikus moet laat goed lyk. Sy beduie na die rekenaar. “Ek het uiteindelik iets van die uitgewer oor my storie gehoor.” “En?” vra Leen terwyl sy inkom en die deur agter haar toemaak. Sy buk oor die rekenaar en begin die e-pos lees. “Die tonele waar die twee soen, oortuig nie,” haal Annemarie sarkasties aan. Leen gooi haar hande in die lug. “Wel, ek stem saam. Jy kan honderde boeke oor die soen lees, maar as jy dit nie ook ervaar nie, kan jy nie daaroor skryf nie!” Sy beduie na die e-pos. “Dis wat die uitgewer ook voorstel – eksperimenteer.” “En op wie sal ek nou eksperimenteer, dink jy?” vra Annemarie vies terwyl sy deur toe stap. “En waar sal ek tyd daarvoor kry? As jy vier-en-twintig-sewe werk soos ons, is dit onmoontlik.” “Wat van …?” “Vergeet daarvan,” val sy Leen in die rede. “Ek is beslis nie een wat teen ’n kroegtoonbank gaan hang in die hoop dat ’n man my raaksien én skielik oorweldig word deur die lus om my te soen nie.” “Ek wou sê,” lag Leen, “… wat van die Internet?” “Moenie laf wees nie,” sê Annemarie voor die deur. “Buitendien, in die boek wat ek oor die soenery gelees het, bevraagteken die skrywer internet-ontmoetings. Volgens haar is dit noodsaaklik om ook jou potensiële maat te kan ruik. Dis een van die maniere om vas te stel of julle bymekaar sal pas.” Leen begin giggel en Annemarie kan nie help om saam te glimlag nie. Met Leen in die omtrek, kan niemand lank vies bly nie en die situasie is eintlik vrek snaaks. Hartseer, maar snaaks. “Ek moet gaan, een of ander politikus wil afgeneem word.” Leen se oë begin vonkel. “Dáár is jou antwoord,” lag sy en maak die deur oop. “Oefen sommer op hom!” “Gmf, ek twyfel of ’n politikus kan soen,” sê Annemarie, draai om, gee ’n tree, maar loop haar vas in ’n soliede vleismuur. Sy snak na haar asem en kyk op. Vas in die diepste blou oë wat sy tot nog toe gesien het. En toe is dit asof sy onder water verdwyn, sentimeter vir sentimeter. Alles om haar vervaag. “Ek is op soek na Annemarie Steyn,” sê ’n stem wat beelde van swart satynlakens en soel nagte optower.
SY SNAK NA HAAR ASEM EN KYK OP. VAS IN DIE DIEPSTE BLOU OË WAT SY TOT NOG TOE GESIEN HET ... ALLES OM HAAR VERVAAG
verhaal
Sudoku 15
sudoku
Sudoku 16
Oplossings op bladsy 159.
Kompetisies: bepalings en voorwaardes đ Die beslissing van die beoordelaars is finaal en geen briefwisseling sal gevoer word nie. đ Nie-kontantpryse mag nie omgeruil of vir kontant geruil word nie en kan nie oorgedra word nie. đ Onopgeëiste pryse sal nie weer gestuur word nie. đ Werknemers en hul gesinne van Caxtontydskrifte en die betrokke maatskappye of hul advertensie- en skakelagentskappe mag nie deelneem nie. đ Wenners hoef nie teenwoordig te wees met die trekking nie. đ rooi rose behou hom die reg voor om die name en/of foto’s van die wenners te publiseer. Wenners se name sal op www.rooirose.co.za bekend gemaak word. đ rooi rose sal nie verantwoordelik gehou word vir enige neweeffekte vanweë die gebruik van die betrokke produk nie. đ Kompetisie slegs vir lesers in Suid-Afrika. đ Om te voldoen aan die vereistes van die Verbruikerswet sal ons geen posinskrywings meer aanvaar nie. Sluitdatum 30 September 2015. Nie aanspreeklik Hoewel moeite gedoen is om korrektheid te verseker kan rooi rose nie verantwoordelik gehou word vir enige foute ten opsigte van die beskikbaarheid van produkte, pryse of ander inligting wat ná druktyd verander het nie.
Rosella-kompetisie
đ Vroue bo 25 jaar mag vir die kompetisie inskryf. đ Die wenner moet op eie koste in Johannesburg kom vir die mooimaaksessie.đ Die wenner/s van die Leserskompetisie moet op eie koste in Johannesburg kom.đ Die wenner en ‘n metgesel sal vir vyf nagte by die eksklusiewe Heritage Awali Resort and Spa op Mauritius tuisgaan. Datums is onderhewig aan beskikbaarheid. Ontbyt en aandete is ingesluit, maar middagete en drankies is uitgesluit. Vliegkaartjies en vervoer na en van die lughawe en hotel is ingesluit, maar nie vervoer op die eiland nie. đ Sperdatum vir inskrywings: 31 Augustus 2015. đ Die wenner sal op 1 Oktober 2015 aangekondig word. 148 rooi rose
SEPTEMBER 2015
Annemarie. Dis haar naam. Sy moet seker iets sê, maar hoekom wil haar mond nie saamwerk nie? “Jy het haar gekry!” lag Leen vrolik. “En ek neem aan jy is die politikus wat hier is vir ’n fotosessie?” Hy steek sy hand na Leen uit. “Rick Fourie. En ja, ongelukkig het ek nie ’n keuse nie. Dis glo goed vir die beeld van die party,” brom hy. “Annemarie Steyn,” beduie Leen, “is ons leefstylredakteur, maar word gereeld ook ingespan om die stilering vir fotosessies te doen.” Nog staan Annemarie asof betower. Toe Leen aan haar stamp, kom Annemarie weer bokant die water uit. “Welkom,” prewel sy, haar mond kurkdroog. Warm vingers vou om hare en haar hart wil-wil uit haar borskas spring. Vinnig trek sy haar hand terug. “Die plek waar die foto’s geneem word, is dié kant toe,” sê sy kortaf en stap voor hom uit.
R
ick glimlag en hurk soos die mooi blondekop vra. Hy het so opgesien na dié fotosessie, maar vandat die meisiekind haar groen oë na hom gelig het, is hy gefassineer. Veral toe hy besef sy is die een wat wil oefen om te soen. Hy het nie bedoel om af te luister nie, maar die twee se stemme was nie juis sag nie. So hy weet, een: sy is nog nooit behoorlik gesoen nie, twee: sy wil daaroor skryf, maar moet eers oefen en drie: sy het niemand saam met wie sy kan oefen nie. Nou ja, hy is grootgemaak om te help waar nodig. Om na sy medemens om te sien. En as hy vandag die dametjie kan help, hoekom nie? Sy lyk vir hom juis so opgestres. ’n Soen van iemand wat weet hoe, is net wat sy nodig het. En vir hom sal dit beslis nie ’n straf wees nie. Hy wonder al die hele oggend oor haar vol, sagte pienk lippe. Maar hoe gemaak met ’n ateljee vol mense?
Sonskyn. Hy ruik na helder sonskyn. Sy kan iemand soen wat so ruik ’n Uur later kan Annemarie haar hare uit haar kop trek. Die woord oor die aantreklike politikus het beslis die rondte gedoen, want al wat vrou in die kantoor is, het kwansuis ’n rede ontdek om juis vanoggend vir haar ’n vraag te kom vra. Hulle moes al ’n uur gelede klaargemaak het, maar met al die onderbrekings kry sy nie gefokus nie. Die feit dat die man nog nie sy oë van haar lippe afgehaal het nie, help ook nie juis nie. Die uiteinde is dat daar nog nie ’n foto is waarmee sy gelukkig is nie. Die fotograaf staan nader. “Wil jy iets anders probeer?” vra hy en dis duidelik dat sy geduld op is. Annemarie probeer objektief na Rick kyk, maar dis moeilik, so met sy oë op haar. Die agtergrond. Dis die fout. Die spierwit muur pas nie by die man se … se voorkoms nie. Hoewel hy netjies aangetrek is, is daar iets in sy oë, iets wat nie getem kan word nie. Vir ’n oomblik flits ’n lig in die einste paar oë en sy kyk vinnig weg.
Wat is in die pakkamer wat hulle kan gebruik? “Die deur!” roep sy uit en beweeg gang toe. Sy glimlag vir die fotograaf. “Daardie verweerde deur wat ons nou die dag gebruik het?” Die fotograaf knik entoesiasties. Vyf minute, beduie sy vir almal en draf die gang af na die pakkamer. Sy steek haar hand na die deurknop uit maar ’n groot, bruingebrande hand sluit bo-oor hare en saam maak hulle die deur oop. Toe is hulle in die piepklein kamertjie en Rick druk die deur agter hom toe. “Wat …?” is al wat sy uitkry. “Jy het ’n probleem. Een waarmee ek kan help,” sê hy, doodernstig. “En ek help graag mense.” “Ja?” vra sy, heeltemal sonder suurstof. En so, asof hy al die tyd in die wêreld het, lig hy haar ken op. “Ek verseker jou, al is ek ’n politikus, ek kan. En jy kan op my oefen.” “Oefen?” Haar breinselle werk nou glad nie. “Om te soen,” sê hy en buk af. Sy kop sak af totdat sy lippe millimeters van hare is. Sonskyn. Hy ruik na helder sonskyn. Sy kan iemand soen wat so ruik. Sy lippe raak-raak eers net vlugtig aan hare. Haar oë gaan toe, die soen verdiep. Vergeefs probeer sy om elke sensoriese sensasie te ontleed, om te onthou waar sy hande is, om te besluit hoe haar lyf op sy liefkosing reageer, om te kyk of haar neus in die pad is, maar sy kan nie dink nie, sy kan nie ontleed nie, sy kan nie redeneer nie, sy kan net voel. Stadig lig hy sy kop. “Het jy iets geleer, dink jy?” vra hy doodernstig. “Want jy kan enige tyd weer op my oefen as jy wil. Miskien kan ons dit ’n ander tyd van die dag probeer, soos in die aand, byvoorbeeld. Of vroeg in die oggend.” Haar kop knik nog voordat haar breinselle werk. “Dit klink vir my na ’n baie goeie plan. Ek skryf ’n storie, sien, en ek sukkel met die soentonele …” “Regtig?” vra hy en trek haar nader. “Ek sou dit nooit kon raai nie.” En toe soen hy haar weer.
A
nnemarie ontvang n maand later weer ’n e-pos van die uitgewer. Dit is vir ons aangenaam om jou mee te deel dat ons jou manuskrip vir publikasie aanvaar. Die soentonele slaag nou heeltemal. Om die waarheid te sê, ons sal hier en daar moet sny sodat sensitiewe lesers nie ontstel word nie. Baie geluk! rr
ELSA WINCKLER VANDAT ELSA WINCKLER KAN ONTHOU, VOER GESIGLOSE MENSE ELLELANGE GESPREKKE IN HAAR KOP. SEDERT HUL KROOS UIT DIE HUIS IS, BLY SY EN HAAR MAN OP DIE STIL KUSDORPIE BETTYSBAAI EN HET SY TYD OM DIE STORIES IN HAAR KOP OP PAPIER TE KRY. SY SKRYF: “KLASSIEKE LIEFDESVERHALE VAN BYVOORBEELD JANE AUSTEN, ELIZABETH GASKELL, DIE BRONTËSUSTERS EN GEORGE ELIOT INSPIREER MY.”
BLOKRAAI 17
blokraai
Wen kontant Vir rooi rose se blokraaigeesdriftiges gee ons ’n geldprys weg. Drie gelukkige lesers kan elk R500 wen deur Blokraai 17 korrek in te vul en die versteekte woord vir ons te SMS.
Om in te skryf Voltooi die blokraai en gebruik die letters in die grys blokkies om die versteekte woord te ontsyfer. SMS jou antwoord vir ons om vir die prys in aanmerking te kom. Leidraad: Klein Franse kafee SMS jou antwoord, naam en van, adres en ID-nommer na 48409. SMS’e kos R1,50. Gratis SMS’e tel nie. Kyk op bladsy 148 vir bepalings en voorwaardes.
150 rooi rose
SEPTEMBER 2015
BLOKRAAI 18
blokraai
Om in te skryf Wen ’n Glampalm Wide Magic Series-haarstryker van R2 500! Een rooi rose-leser kan ’n Glampalm Wide Magic Series-haarstryker ter waarde van R2 500 wen. Die Glampalm Wide Magic Series-haarstryker is ideaal vir diegene met lang, dik hare. Vir meer inligting besoek www.glampalmhair.com
Voltooi die blokraai en gebruik die letters in die grys blokkies om die versteekte woord te ontsyfer. SMS jou antwoord vir ons om vir die prys in aanmerking te kom. Leidraad: Italiaanse gereg SMS jou antwoord, naam en van, adres en ID-nommer na 48409. SMS’e kos R1,50. Gratis SMS’e tel nie. Kyk op bladsy 148 vir bepalings en voorwaardes.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 151
rooiwarm BOEKE
’n GOEIE boek
Lees oor boeke, flieks, musiek ... Deur RONEL NEL roneln@caxton.co.za
WONDERBOOM Lien Botha (Queillerie) Die wonder-fotograaf Lien Botha se boekdebuut is ’n BOEK kragtoer. ’n VAN Distopiese, DIE MAAND post-apokaliptiese verhaal wat vertel van die tiran Albino X wat in beheer van die WesKaap is en vanaf sy Vergelege-troon regeer. Magriet Vos moet onder sy invloed uitkom – én haar geheue terugkry. In ’n verwoeste Suid-Afrika moet Magriet haar pad terug na die noorde en haar familie kry. En sy moet daar uitkom voor haar brein haar heeltemal in die steek laat. ’n Liriese debuut, met integrale fototekste daarby gewerk. Uniek en vars. Uitgewersprys R275 rooi rose R247,50
TUSSEN HEININGS Corlia Fourie (Tafelberg) rooi rose se verhaalredakteur, Corlia Fourie, se boek is die oorrompelende verhaal van gewone mense wat dit regkry om ondanks kwessies soos misdaad, egskeiding en emigrasie met hul lewe voort te gaan, en om die mure van agterdog en onbegrip af te breek. Corlia wéét hoe om emosie van agter haar karakters se skanse te laat 152 rooi rose
SEPTEMBER 2015
(H&R) Bitter + Soet vertel die storie van Mietha Klaaste wat op die plaas Keurkloof naby Robertson grootgeword het. Haar ma, Sarah, werk vir Oumies in haar huis en haar pa vir Oubaas op die plaas. Net nadat Johan, Oumies en Oubaas se oudste seun trou, word ’n seuntjie, Daniël, gebore. Mietha word uit die skool gehaal om na Daniël om te sien – en ’n lang verhouding begin. Haar lewe vorentoe – met sy soet en sy bitter – word kleurryk vertel, onderbreek deur rympies, liedjies, gedigte en resepte van destyds. Dit gee ons ’n kykie in die verlede, maar is vol hoop vir die toekoms. Met meer as sestig resepte - van hoenderpastei tot lewerkoekies, sagopoeding en biltong. Met inspirasie.
AGENT 407 – A SOUTH AFRICAN SPY BREAKS HER SILENCE Olivia Forsyth (JonathanBall) Nog is dit het einde niet van ons geskiedenisvertellings. Vir die eerste keer vertel een van die bekendste apartheidspioene, Olivia Forsyth, van haar merkwaardige lewe. Met moed en brutale eerlikheid probeer sy alles rugbaar maak. Dis die storie van ’n romantiese jong vrou wat met drome van oorsese sendings by die Veiligheidspolisie aangesluit het. Maar haar eenheidshoof, Craig Williamson, het ander planne gehad. Olivia is opgelei om op studente te spioeneer en toe na Rhodes-universiteit gestuur – ’n sg. “broeiplek” van radikale anti-apartheidaktiwiteite. Sy was gou deel van verskeie studente-organisasies, waarvan sy getrou terugvoer gelewer het. Haar volgende doel was verbanne ANC-lede – maar dié loop skeef toe sy in Angola uitgevang is en in die Quatrostrafkamp gegooi is. ’n Verstommende vertelling – ook van die laaste jare van apartheid.
Uitgewersprys R385
Uitgewersprys R230
rooi rose R346,50
rooi rose R207
BITTER + SOET Mietha Klaaste/ Niël Stemmet deurglip – treffend, ontroerend, aangrypend. Lees ons onderhoud met haar as skrywer van die maand. Uitgewersprys R250 rooi rose R225
Bestel boeke vinnig INDIEN JY VAN HIERDIE BOEKE (OF ELDERS IN ROOI ROSE) TEEN ’N AFSLAG- ROOI ROSE-PRYS WIL BEKOM, KIES EEN VAN DIE VOLGENDE OPSIES: 1 FAKS JOU NAAM EN TELEFOONNOMMER NA 086 590 4855. 2 E-POS JOU NAAM, TELEFOONNOMMER EN KEUSE(S) NA SHOP@ GRAFFITIBOOKS.CO.ZA 3 BEL 012 548 2356 EN NOEM DAT DIT VAN DIE ROOI ROSE-BOEKE IS WAT JY WIL BESTEL. ONS SAL IN KANTOORURE TERUGBEL OF E-POS. 4 BESOEK WWW. GRAFFITIBOEKE.CO.ZA 5 BOEKPRYSE IS ONDERHEWIG AAN VERANDERING.
SKRYWER VAN DIE MAAND CORLIA FOURIE Corlia is rooi rose se verhaalredakteur, maar ook ’n skrywer uit eie reg. Haar boek, Tussen Heinings, ontvang net lof van oraloor. Waaroor handel Tussen heinings? Die eietydse stadsroman handel oor ’n groep kennisse – sommige van hulle werk by ’n nuwe vrouetydskrif – wat kop probeer hou (pun intended) in ’n land waar die idee van die reënboognasie reeds verflou het te midde van geweld, misdaad en wanbestuur. Die “heinings” is nie nét letterlik nie, maar het ook te doen met vrees en wantroue tussen mense. Tog kry sommige dit reg om oor die heinings na mekaar uit te reik sodat die roman nie neerdrukkend is nie. Wat was die aha!-oomblik wat jou laat dink het: Hieroor wil ek ’n boek skryf? My vorige roman Die geheime kamer was ’n sielkundige riller wat my baie bang gemaak het. Die enigste manier hoe ek dit kon skryf, was om myself (in my kop) in so ’n vertrek te plaas en toe moes ek ook in die psigopaat se brein probeer klim sonder om hom na ’n cliché te laat klink. Tussen Heinings het amper vanself ontstaan omdat ek gedink het ek moet nou iets skryf waarvan ek meer weet, iets wat voel soos die alledaagse lewe, maar nogtans storie is. Hoe beïnvloed jou werk as verhaalredakteur jou skryfwerk? Ek is mal oor kortverhale en die eerste prosa wat ek geskryf het, was twee bundels kortverhale, Liefde en geweld en Sê, maar van ek heeltyd ander mense se kortverhale moet lees, het ek nog nooit weer die begeerte gehad om kortstories te skryf nie. Kortverhale voel nou vir my soos werk. Word jy nooit moeg vir woorde nie? Nee, nooit. Ek lees vir werk en ek lees vir breinstimulering en ek lees vir ontspanning. Ek hou van alle vorms van goeie stories, of dit fiksie, dramas of rolprente is, en ja, ook van poësie en ander kunsvorms soos die skilderkuns, fotografie, ballet en moderne dans en van sommige operas. VYF LESERS KAN ’N KOPIE VAN TUSSEN HEININGS DEUR CORLIA FOURIE EN GESKENK DEUR TAFELBERG UITGEWERS WEN. STUUR NET VOOR EINDE SEPTEMBER JOU NAAM, POSADRES EN SELNOMMER MET HEININGS IN DIE ONDERWERPREËL NA RONELN@CAXTON.CO.ZA.
WEN ’N SAK VOL BOEKE VIR JOU BOEKKLUB
verskyn. Stuur jul antwoorde na roneln@caxton.co.za met “September-boeke” in die onderwerpreël of na www. rooirose.co.za Klik op “boeke” en volg die aanwysings. Stuur jou boekklub se naam, posadres en selnommer! Moeilik? Google dit …
In September praat ons oor “heinings” om aan te sluit by Corlia Fourie se boektitel. As jou boekklub al die vrae reg beantwoord en getrek word, kry julle met die komplimente van Graffiti die boeke wat in hierdie uitgawe in “Rooiwarm”
Vrae
1 Something there is that doesn’t love a wall. Digter? Naam van gedig? 2 Die hek staan in die skad’wee van ’n kremetart. Ek lig die knip. Ek maak ’n hek oop in my hart. Wat is die titel van dié Uys
HAAR MA SE KIND Helena Hugo (Lux Verbi) Hoe lank voor ’n leuen jou inhaal? Jo-Anne Stals en haar familie leef al jare met ’n leuen saam – om ’n jong meisie te beskerm. Toe Jo-Anne uiteindelik besluit om met die waarheid uit te kom, het dit ingrypende gevolge vir almal om haar. ’n Hartroerende verhaal van ’n familie se pad na genesing – een waarmee baie lesers hulle sal kan vereenselwig. rooi rose R148,50
LIEFDE IS ’N SPROKIE Santie Nel (samesteller) (H&R) - jeug Die vreeslike interessante boek neem bekende sprokies en draai hulle op hul kop. Verskillende skrywers het verskeie sprokies hul eie – en hedendaags – gemaak. So kry jy ’n wolf, drie varkies en ’n brulpaddaprins. En Erella se storie. En Wipstert en Krok se
Krige-gedig? 3 Wie het die hoofrolle gespeel in die fliek Beyond Borders? 4 Wie’t die liedjie “Don’t fence me in” geskryf? 5 Wat is die Afrikaans vir die Hollandse woord “heining”?
Augustus-antwoorde
1 Waarna verwys die “rivier” in Gert Vlok Nel se gelyknamige liedjie? Die (lang-)pad. 2 Pad na jou hart: Wie het die boek van die fliek geskryf? Francois Bloemhof. 3 Two roads diverged in a wood, and I – I took the one less traveled by. And that has made all
wals. Jy gaan heerlik verras wees oor hoe lekker dit lees – en soms moet dink waar die storie nou eintlik sy oorsprong gehad het? ’n Boek wat sommer deur ma’s en ouer susters (en broers) met genot gelees kan word. rooi rose R117
ELLE Emma Mars (Harpers) As jy gedink het 50 Shades of Grey is rof, probeer Elle. Dié opvolg van Hotelles – wat soos soetkoek verkoop het – volg die eskapades van ’n Franse vrou wat haar (verdere) seksuele “onderrig” in ’n misterieuse hotel in Parys opdoen. Haar leermeester en minnaar, Louie, ken duidelik al die intiemste dele van die vroueliggaam. Maar Elle was tevore verloof aan sy broer, David, wat weer op die toneel verskyn. Werklik net vir nie-sensitiewe oopkoplesers. rooi rose R211,50
the difference. Digter Robert Frost. 4 Wie het die hoofrol gespeel in die epiese The Road (2009), een van die beste flieks wat jy nog nie gesien het nie ... Viggo Mortenson. 5 Watter bekroonde skrywer het die boek geskryf waarop vraag 4 se fliek geskoei is? Cormac McCarthy. BOEKKLUB-WENNER R. van Zyl, Schweizer-Reneke.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 153
rooiwarm OP DIE SKERM
Goeieflieks
FLIEK VAN DIE MAAND
RICKI AND THE FLASH. Die ikoniese Meryl Streep sit weer eens haar musikale voet voor – maar dié keer as ’n tawwe rock-sanger/kitaarspeler in ’n aweregse komedie geskryf deur Oscar-wenner Diablo Cody (Juno). Die ongewone fliek handel oor Ricki (Streep) wat haar huislike lewe prysgee om haar droom te volg. Maar haar dogter se huwelik is op die rotse en sy moet dringend terug huis toe - om dinge met die familie reg te maak en om weer eens haar unieke stempel af te druk. Verwag harde musiek, harde woorde en ’n harde werklikheid. Maar ook baie teerheid en baie lewe. Teenoor Streep speel haar dogter, Mamie Gummer, en oud-rocker Rick Springfield, ’n Flash-lid wat op Ricki verlief is. Ook met Kevin Kline as Ricki se eks-man.
WEN HIERDIE CD
154 rooi rose
agterdog opsy te skuif en saam te werk om die booswigte te fnuik. Britse humor en aksie op sy beste. Ook met Hugh Grant. ALOHA. O, hier kom pret. Bradley Cooper en Emma Stone sal sorg vir ’n heerlike fliek, dit weet ’n mens sommer. ’n Bekende militêre kontrakteur (Cooper) keer terug na die Amerikaanse ruimteprogram in Honolulu, Hawaii, en loop ’n vorige liefde (Rachel McAdams) daar raak. Maar hy raak halsoorkop verlief op die lugmag se waghond (Stone) wat hom moet oppas. Regisseur Cameron Crowe (Jerry Maguire en Almost Famous) wuif weer sy towerstaf. Ook met Bill Murray, John Krasinski, Danny McBride en Alec Baldwin. THE INTERN. Robert de Niro speel Ben Whittaker, ’n sewentigjarige wewenaar wat besef aftrede is nie vir hom nie. Hy gryp ’n geleentheid aan en word ’n senior “intern” by ’n aanlynmodehuis wat deur die formidabele Jules Ostin (Anne Hathaway) bestuur word. Komedie met styl. Ook met Rene Russo.
MAN FROM U.N.C.L.E. ’n Stylvolle periode-aksiedrama deur Guy Ritchie (Sherlock Holmes). Op die hoogtepunt van die Koue Oorlog, beplan ’n kriminele organisasie om kernwapens en tegnologie te gebruik om die brose balans tussen Amerika en die SowjetUnie omver te werp. CIA-agent Napoleon Solo (Henry Cavill) en KGB-agent Illya Kuryakin (Armie Hammer) word gedwing om hul wedersydse
VYF GELUKKIGE LESERS KAN ELK DIE JONG EN OPWINDENDE AFRIKAANSE COUNTRY-DUO, HEUNING, SE NUWE CD, DROME, WEN. E-POS VOOR 30 SEPTEMBER JOU BESONDERHEDE NA RONELN@CAXTON.CO.ZA MET HEUNING IN DIE ONDERWERPREËL.
SEPTEMBER 2015
DARLINGS, SKUIF MA’ NADER… Van 4 – 6 September is daar weer groot makietie op Darling wanneer die twaalfde Voorkamerfest plaasvind. Een van die uniekste feeste in die land het sy ontstaan gehad op Evita se Perron, die dramahuis van Pieter-Dirk Uys (Evita Bezuidenhout), en onder leiding van die Hollandse vervaardigers Wim Visser en Inge Bos. Die fees word hoofsaaklik deur die
plaaslike gemeenskap gereël, en is uniek in die sin dat lede van die gehoor ’n “roetekaartjie” koop en na die voorkamers van verskillende huise in die Darling-gemeenskap geneem word. Op so ’n roete sien jy drie vertonings (teater, musiek, komedie, drama, dans) en kan jy die een oomblik in ’n reuselounge sit en die volgende oomblik in tannie Kitty se huisie se ingangsvertrek. Daar is vier verskillende tydgleuwe oor die naweek, met sewe roetes en 21 vertonings. Plaaslike taxi’s verskaf vervoer na en van die venues en dit dra by tot die pret. Maar daar is natuurlik ook wyn, bier, kos en ander plesiere op Die Perron! En ook die lieflike prag van die Weskus se grootste lentevertoning: sy blomme. Bespreek by Chanda Barrows by 082 321 7542 of e-pos: bookings@voorkamerfestdarling.co.za
rooiwarm UITSTALLING
DAGBOEK Uitgeprop Die Franschhoek Uncorked Festival op 26 en 27 September op die Anthonij Rupert-landgoed is een van daardie feeste wat jy wil bywoon as jy in die omgewing is. Hul legendariese Oyster Bar met L’Ormarins Cap Classique-wyne, gourmet-panini’s en die nuwe Protea-wyne kan geproe word. Met musiek deur Newton. En dis alles vir ’n goeie doel: om geld vir Kansa in te samel. Webtickets; 021 874 9041, tasting@rupertwines.com
Pure Pierneef Vir ware kunsliefhebbers: Die kans om ’n versameling van Pierneefkunsskatte in die hart van Jozi te sien. J.H. Pierneef: A Space for Landscape kan tot 12 September by die Standard Bank-galery in Johannesburg gesien word. Dit is die eerste omvattende Pierneef-uitstalling die afgelope dertig jaar. Toegang is gratis!
Titaniese KUNS OP 15 APRIL 1912 het die wêreld se grootste skip, die Titanic, in die Noord-Atlantiese Oseaan gesink nadat dit ’n ysberg getref het. Meer as 1 500 mense is dood – en dié tragedie eggo honderd jaar later voort. Nou kan Suid-Afrikaners nader kom aan die gebeure van daardie fatale nag in ’n besonderse uitstalling getitel Titanic: The Artifact Exhibition. Die uitstalling het al die wêreld vol gereis, en sal vanaf 18 September tot 8 November in Johannesburg by The Zone in Rosebank te sien wees. Daarna reis die uitstalling Kaapstad toe, waar dit tot 14 Februarie in die Watershed-gebou by die
V&A Waterfront te sien sal wees. Op die visuele reis sal die gehoor stories hoor Klop-klop van die heldedade, menslikheid Onthou dat die 18de en tragedies. Unieke artefakte Clover Aardklopkunstefees van 6 – 10 en dele van die skip sal te sien Oktober plaasvind wees. Gedeeltes van die skip – maar bespreek nou word ook gerekonstrueer. al jou kaartjies en verblyf om teleurstelling te voorkom! Meer inligting oor die Elke besoeker ontvang ’n reisprogram sal in die Oktober-uitgawe verskyn, asook op www. kaartjie wat ’n replika is van die rooirose.co.za Besoek www.aardklop.co.za vir bykomende instapkaarte van die Titanic se hoogtepunte. eerste (en enigste) vaart. President Zoid In die Memorial Gallery sal Karen Zoid is terug op kykNET met die tweede reeks van Die Republiek van gaste dan sien of die passasier Zoid Afrika. Die uiters gewilde reeks op hul kaartjie die reis oorleef loop hand aan hand het, of nie. met haar album Drown out the Noise Gaste kan ook ’n wat pas die lig gesien Titanic-ete bywoon (soos het – en sommer op die oorspronklike spysdie eerste dag al boaan die verkope-aflaailys op SA iTunes was! Net daarna het haar kaart). GAAN NA WWW.
rooi rose. co.za
Besoek www.titanicexpo. co.za of www.exporsa.co. za vir meer inligting oor die unieke belewenis. www.webtickets.co.za
ROOIROSE.CO.ZA VIR ONS AANLYNKALENDER.
duet “Toe vind ek jou” saam met Francois van Coke meer as 500 000 trefskote op YouTube gekry. Skakel gerus in op kanaal 144 (DSTV) vir SA se nuwe talkshow-liefling.
CD VAN DIE MAAND NINA REVISITED: A TRIBUTE TO NINA SIMONE – VERSKEIE. OE! ME. SIMONE VAN “MY BABY JUST CARES FOR ME”-FAAM WORD OP DIE ALBUM VEREER DEUR VAN DIE GROOTSTE DIVAS (EN ’N PAAR HERE), SOOS LAURYN HILL, MARY J. BLIGE, COMMON, USHER EN LISA SIMONE (NINA SE DOGTER). HOOGTEPUNTE SLUIT IN “NE ME QUITTE PAS” (HILL) EN “DON’T LET ME BE MISUNDERSTOOD” (BLIGE). VYFSTERVERMAAK.
LAND – TREE 63. DIE BESONDERSE GOSPEL-ROCKGROEP HET NÁ AGT JAAR WEER ’N ALBUM UITGEREIK – EN HULLE HET NIKS VAN HUL EDGE VERLOOR NIE. OP DIE ALBUM BESIN HULLE OOR HOE OM DIE STORMS VAN DIE LEWE TE DEURSTAAN EN IN OORWINNING AAN DIE ANDER KANT UIT TE STAP. DIE MUSIEK IS LEKKER HARD EN BAIE, BAIE GOED. LIEWE LAND!
BUSKING CAPE TOWN – CHERRY VYNIL. NET SO EKLEKTIES SOOS HUL NAAM, IS HUL MUSIEK. DIE KAAPSE GROEP HET DIE HULP VAN GROOT KANONNE SOOS ALBERT FROST EN ALBERT MEINTJIES INGEROEP VIR HUL DEBUUTALBUM, EN MET WOUTER VAN DE VENTER AGTER DIE KONTROLE, VERSEKER DIT ’N SPESIALE PRODUK. STASIES SOOS TUKS FM HET DADELIK HUL EERSTELING, “RHYTHM”, OPGETEL.
DIE EGGO VAN JOU OË – JANNIE DU TOIT. DU TOIT IS AL 44 JAAR OP DIE MUSIEKPAD EN HET DIT NOG NOOIT BYSTER GERAAK NIE. DIE VERSAMELALBUM IS WEER EENS ’N BEWYS DAARVAN. TERWYL ONS DEESDAE SO KLA OOR AFRIKAANSE MUSIEK WAT SO INHOUDLOOS GEWORD HET, IS DAAR NOG STEMME IN DIE MUSIEKEN-LIRIEK-TRADISIE WAT PITKOS NA DIE TAFEL BRING.
SEPTEMBER 2015
rooi rose 155
kykie in my lewe
Debra doen haar DEEL
In Debra Deel deel jy wetenskaplike uitvindings met Jan en alleman. Is dit vir jou belangrik dat gewone mense meer van wetenskap moet verstaan? Gewone mense gaan nie maklik die wetenskap verstaan nie, dit vat jare se studie. My program se doel is om mense daarvan bewus te maak dat die wetenskap lewens verbeter. Mense lewe langer en gesonder danksy wetenskaplike navorsing, vroue se velle is sagter, kos hou langer en proe lekkerder. Nog ’n doel van Debra Deel is om meer jong mense na die wetenskap as moontlike loopbaan te lok, en om ook “entrepreneurs” idees te gee oor nuwe produkte (soos biobrandstof). Al brei ons ook net mense se kennis uit, is dit ’n sukses. Jou werkywer is verstommend. Dit kan nie kinderspeletjies wees om die dekaan van die Departement van Wetenskap by UJ te wees nie … Om dekaan te wees is uitdagend en nog taamlik nuut, maar ek geniet dit. Die dae kan lank wees en vreeslik besig. Ek kry met moeite tyd vir die werksweek, tyd vir ontbyt of middagete, maar ek leer baie, veral oor menseverhoudings. Ek word op meer maniere getoets as ooit tevore en ek is verbaas oor wat ek doen en regkry. Jy het ’n doktorsgraad in biochemie en molekulêre biologie van die Universiteit van Kalifornië Davis … Wou jy nog nooit oorsee 156 rooi rose
SEPTEMBER 2015
gaan klasgee nie? Ek hét oorsee klasgegee. Tydens my Ph.D.-opleiding was dit verpligtend om vir voorgraadse studente klas te gee en ook ’n manier om geld te verdien. Ek het ook al klas gegee gedurende my sabbatsverlof en met besoeke aan oorsese universiteite en dis baie dieselfde as hier. Akademici doen oral dieselfde dinge. Ek is bly ek het die geleentheid gehad om in buitelandse universiteite klas te gee, maar ek is tevrede om hier in Afrika my bestaan te maak. Jy het nie net talle akademiese toekennings gekry nie, maar staan ook baie tyd aan gemeenskapsdiens af … Ek dink ons is almal verantwoordelik vir die soort wêreld waarin ons lewe. Om iets vir iemand anders te doen sonder om iets terug te verwag, is ’n manier om die wêreld een mens op ’n slag te verander. Wat beskou jy as die grootste weten-
BESTE ... TV-PROGRAM? WILL AND GRACE, HOMELAND OF VIKINGS FLIEK? KENNETH BRANAGH SE HAMLET CD? AMY WINEHOUSE (BACK TO BLACK) VAKANSIEPLEK? HALFMOON BAY IN KALIFORNIË, OF ENIGE PLEK BY DIE SEE. HAPPIE EN DRANKIE? TUISGEMAAKTE HOENDERKERRIE EN ROOI WYN
skaplike uitvinding van die afgelope 15 jaar? Die beloftes van stamselterapie. Noudat ons stamselle veilig kan kweek, gaan siektes soos diabetes anders aangepak kan word. Die kykers het jou leer ken as weeraanbieder op SABC 2. Hoe lank het jy die werk gedoen? Meer as 12 jaar, vanaf Januarie 2000 tot Julie 2012. Ek onthou my eerste en laaste aanbiedings asof dit gister was; die eerste keer vreeslik senuweeagtig en die laaste aanbieding met ’n knop in die keel. Waar het jy grootgeword? Ek is in ’n klein stukkie township suid van Kliptown gebore. Dit was agter ’n bioskoop en is sommer die “Grand” genoem (vernoem na die Grand Bioscope). Ek het daar gebly tot op sewe waarna ons na Eldorado Park verhuis het. Was wetenskap van jongs af vir jou lekker? Dit was meer as net wetenskap, dit was navorsing. Ek wou alles van alles weet. Ek het dié begeerte eers later as “wetenskap” leer ken. Aanvanklik het mikro-organismes my gefassineer en later al die molekules wat in lewende organismes gekry word. Die studie van die molekules van lewe word biochemie genoem. Waar sou jy bly as jy enige plek kon woon? Johannesburg, daar’s geen ander plek soos Jo’burg nie. Daar’s ’n soort malheid wat ek verstaan. Die lewe hier is vinnig, aggressief en vol risiko’s. Die pas hou jou op jou tone.
FOTO’S VERSKAF; FREEIMAGES.COM
Prof. Debra Meyer werk nie net as dekaan van die Departement Wetenskap by UJ, of as aanbieder van die kykNET-program ‘Debra Deel’ nie, maar doen ook gemeenskapsdiens …
kry dit hier @home 0860 576 576 Accessorize 011 884 4643, 021 425 7701, 031 265 2525 African Extracts 021 514 3100 Africology africologyspa.com Avon 0860 102 345 Babor babor.co.za Banana Moon 011 447 8238 Bebe Ruth beberuth.co.za Bourjois 011 477 4722 Ceramic Factory ceramicfactory.co.za Charles and Keith 0860 104 764 Clarins 011 809 6300 Clicks 0860 254 257 Colette by colette hayman 087 150 0350, 087 150 0353 Coricraft 011 611 8700, 021 508 5200 Country Road 0860 022 002 Coverderm coverderm.co.za Day Birger et Mikkelsen 011 447 0839 Democratic Republic 011 784 0512 Dermaceutic 011 706 2518 Dermalogica 011 268 0018 Dis-Chem 0800 201 170 Dr. Hauschka 021 702 3617 Dulux 0860 330 111 Edgars 011 495 6000
Elemis 011 325 1000 Environ 0800 220 402 Esse esse.co.za, 033 212 3506 Estée Lauder 011 516 3000 Exact 0860 005 439 Exclusive Books 011 798 0000 Exuviance 011 545 9300 Eylure 083 468 3686 Fitflop 021 510 4428 Forever 21 021 555 3324 Foschini 021 938 1018 Garnier 0860 102 492 Georgini georgini.co.za Gerard Darel 021 674 6834 GOSH by Edgars & Red Square Green Elephant Collective greenelephantcollective.co.za Guess 011 555 2300 Guess Accessories 021 555 4530, 031 566 4756, 011 784 0520 Ilan 071 6051 978, ilanclothing.com Joburg Ballet 011 877 6898, joburgballet.com Kalahari Spa 011 656 4488 Karen Millen 011 784 2937 KLûK CGDT 083 377 7730 L’Oréal Paris 0860 102 491 Label M 021 448 8847 Leigh Schubert 071 679 9953 Lipault lipault.com
031 266 0620 MAC Cosmetics 011 516 3000 Mavala 021 551 7736 Max Factor by Clicks Maybelline 0860 102 492 Mr. Price Home 0800 212 535 NeoStrata 011 545 9300 Nest Designs 082 555 0163 Neutrogena 0860 410 032 Nimue 011 036 9600 Nine West 011 783 2356, 021 671 1518, 031 566 3055 Nivea 0860 102 091 Optiphi optiphi.co.za PH Formula 011 036 9600 Picot and Moss 011 669 0500, picotandmoss.co.za Placecol 086 111 2222 Plan B Vintage 082 491 3677 Plascon 0860 20 40 60 Prada 011 809 4000 Purelogical 012 548 0725 Pylones happygifts.co.za Queenspark 021 460 9400 Queue 021 531 5450 Radley London 011 450 1156 REN care@alchemybd.co.za Revlon 011 971 0812 Robin Sprong Wallpaper 021 447 9842 Robyn Murray Designs 072 535 0312
Rolex rolex.com SkinCeuticals 085 118 4249 SKN Logic sknlogic.com Steve Madden 021 552 3722, 011 467 3216, 011 784 0406 Stodels stodels.com Stuttafords 011 879 1000 StyleBar stylebar.co.za Superbalist.com T. de Koker Furnishers 078 751 8713 Tangle Teezer everythinghair.co.za Ted Baker 011 450 1156 The Body Shop thebodyshop.co.za The Space 011 327 3640 Theravine 021 886 6623 Thula Sindi 082 847 6137, 084 585 2630 Tik-Lee 011 884 0019 Topshop 011 685 7070, 031 583 1333, 021 419 5000 Trenery 0860 022 002 Via La Moda 011 477 8008, info@vialamoda.com Vichy 0861 184 249 Weylandts 0860 103 400 Wolford 011 325 6457 Woolworths 0860 022 002 YDE 011 883 8812 Zara 011 302 1500
sms en wen Dertig ‘rooi rose’-lesers kan dié maand van hierdie puik produkte verniet kry Hou die blink kant bo
Deur SUNÉ KOTZÉ sunek@caxton.co.za
Sugar and Spice is Georgini-juwele se nuwe, delikate versameling vir Herfs/Winter 2015. Die reeks vier die soet en speseryryke oomblikke in die lewe en sluit ringe, hangertjies, oorbelle en nekstukke in. Kies uit pienk, koffie- en deursigtige kleure. Die reeks het iets vir elke geleentheid. Alle stukke is van 925 suiwer silwer, oorgetrek met rodium, roosgoud of goud en versier met kubieke sirkoniums. Van R699R2 999. Kyk by www.georgini. co.za vir meer inligting. 4 rooi rose-lesers kan ’n Georginigeskenkpak van R3 097 verniet kry. Sleutelwoord: Sugar
Sit jou beste voet voor Sh’Zen is een van Suid-Afrika se gunsteling-maatskappye wat in direkte verkope spesialiseer. Hul topverkoper is ’n voetsorgreeks van plantekstrakte met natuurlike anti-swam en anti-bakteriese eienskappe wat vermeng word met essensiële olies wat seer bene en moeë voete vars en pragtig laat lyk en voel. Die geskenkpak bestaan uit Deodorising Powder, Energising Spa Concentrate en Energising Oil. Besoek www. shzen.co.za of bel Kaapstad 021 704 2940, Gauteng 011 262 3100 of Kwazulu-Natal 031 463 1440 vir meer inligting. 12 rooi roselesers kan ’n Sh’Zen-geskenkpak ter waarde van R712 elk kry. Sleutelwoord: Shzen
Vir skemertyd Skud net die sakkie, vries en skink een van Original Cocktails se ses vrugtige skemerkelkies in jou beste glas. Kies jou gunsteling uit Strawberry Daiquiri, Pina Colada, Margarita, Singapore Sling, Cosmopolitan en Mojito. By uitgesoekte drankwinkels. 7 rooi rose-lesers kan elk ’n Original Cocktailsgeskenkpak van R1 279 kry. Sleutelwoord: Cocktails
Spiekeries Vir ’n jonger vel SENSAI se Cellular Performance Lift-reeks takel die verlies aan fermheid vir ’n gladder, helderder vel. Die innoverende Cellular Performance Lifting Cream is sag en ryk en werk afsakking teë vir ’n fyner, fermer voorkoms. Die luukse Cellular Performance Eye Lifting Cream maak die delikate dele om die oë gladder en fyner. Die Cellular Performance Lifting Radiance Concentrate verhoog mikrosirkulasie en laat die vel helderder lyk. 2 rooi rose-lesers kan ’n SENSAI-geskenkpak van R7 200 kry. Sleutelwoord: SENSAI
SMS EN WEN 158 rooi rose
Die Plush Supreme-reeks is waarde vir geld en laat jou huis sprankelskoon en geurig vars. Hou jou huis in ’n uitstekende toestand met Plush Supreme Floor & All Purpose Cleaner. Verwyder kolle en vlekke op jou matte met die nuwe Plush Supreme Upholstery and Carpet Stain Remover en hou jou kombuis skoon en higiënies met Plush Supreme Kitchen Cleaner. Kyk by uitgesoekte kettingwinkels landwyd, of by www.plush.co.za 5 rooi rose-lesers kan ’n Plush-geskenkpak van R1 000 kry. Sleutelwoord: Vars
SMS DIE SLEUTELWOORD, JOU NAAM, ADRES EN ID-NOMMER NA 48409. ’N SMS KOS R1,50 EN JY KAN SOVEEL SMS’E STUUR SOOS JY WIL. GRATIS SMS’E GELD NIE. SLUITDATUM 30 SEPTEMBER 2015. BEPALINGS EN VOORWAARDES OP BL. 148.
SEPTEMBER 2015
Sudoku 18
Sudoku 17
oplossings
Blokraai 11
Blokraai 12
LEIDRAAD: REPUBLIEK IN AFRIKA ANTWOORD: SENEGAL
LEIDRAAD: ITALIAANSE KOMPONIS ANTWOORD: BELLINI
Blokraai-wenners
Blokraai-wenners
3 LESERS WEN ELK R500 KONTANT: 1 E. VAN EYSSEN, LINDEN. 2 J. JANSE VAN RENSBURG, HOMESTEAD. 3 E. PRETORIUS, DUYNEFONTEIN.
1 LESER WEN VAN LOVEREN-WYN: L. WEGELIN, MENLOPARK.
beeld van ’n vrou
‘Noem my COLETTE’ Die Franse skrywer Colette het in die vroeë twintigste eeu mense met haar stories en haar gedrag geskok, maar vandag tel sy onder die grotes van die Franse letterkunde
ie Franse skrywer Colette is in die res van die wêreld veral bekend vir Gigi, Chéri en die Claudine-stories. Maar in haar tuisland word sy en Proust nou as die oorspronklikste skrywers van die eerste helfte van die twintigste eeu beskou. Toe sy in 1954 op 81 oorlede is, is sy met ’n staatsbegrafnis vereer. Haar kis, met die Franse Driekleur daaroor gedrapeer, is in die binnehof van die Palais-Royal in Parys geplaas. Duisende mense het hul respek daar kom betoon. Colette was nie net bekend vir die manier waarop sy in haar werk grense verskuif het, vroulike seksualiteit verken en die politiek van gender oopgeskryf het nie, maar ook vir die goed wat sy in die gewone lewe aangevang het. Sy het nooit vir ’n skandaal teruggedeins nie. In Maart 2011, honderd jaar nadat La Vagabonde, (Engelse titel: The Vagabond) ’n verhaal oor liefde en eensaamheid in die Paryse konsertsale gepubliseer is, het die Britse resensent James Hopkin ’n gloeiende resensie oor die boek in The Guardian geskryf. En geëindig met: “Het die verhaal verouder? Glad nie. Hier is genoeg energie en vindingrykheid om enige stowwerige, outydse sjarme weg te blaas. Ek sê al 160 rooi rose
SEPTEMBER 2015
IN HAAR JEUG HET DIE SKRYWER COLETTE DAARVAN GEHOU OM MANSKLERE TE DRA. IN DIE LAAT JARE VAN DIE NEGENTIENDE EEU WAS DIT IN FRANKRYK VERBIED - BUITEN OP DIE VERHOOG.
FOTO GALLO IMAGES / GETTY IMAGES
Deur CORLIA FOURIE
jare lank dat niemand met soveel begrip oor verhoudings skryf soos Colette nie.” In die eerste deel van die resensie sê hy kort en klaar: “She has more punch than Proust.” Voorwaar groot aanprysing. Sidonie-Gabrielle Colette is op 28 Januarie 1873 op die dorpie Saint-Sauvear-en-Puisaye in Boergondië op die Franse platteland gebore. Haar pa, Jules, ’n belastingbeampte, het haar aan die letterkunde bekend gestel, maar haar ma, Sidonie (Sido), het die grootste invloed op haar lewe gehad. Sido was hartstogtelik lief vir die natuur en het dié liefde aan Colette oorgedra. Selfs op skool het Colette daarop aangedring dat sy net op haar van genoem word –’n Europese gewoonte wat gewoonlik tot seuns beperk is. (Maar haar van is ook ’n naam in Frankryk.) Op 16 het Colette haar pa op ’n reis na Parys vergesel en Henry GauthierVillars ontmoet. Hy het haar betower. Villars, of Willy soos hy bekend was, het teen sy bourgeoisie-familie gerebelleer en heel gemaklik in die Boheemse lewe van die Belle Époque-tydperk (“die mooi tyd”) ingeglip. Hy het stories, rubrieke en musiekresensies geskryf en was reeds bekend toe hy die jong Colette ontmoet. Sy het hom met haar elfagtige sterk skoonheid en vitaliteit bekoor. Die biseksuele Willy het buiten gay verhoudings ook talle minnaresse gehad. Op twintig is Colette met hom getroud en sy is saam met hom Parys toe. Colette het ongetwyfeld gedink dat sy baie by hom (hy was 15 jaar ouer as sy) kon leer en was ook gevlei deur sy aandag. Maar sy het hom eers ná die troue werklik leer ken toe sy elke dag alleen met net haar kat as geselskap in ’n klein, koue Paryse woonstelletjie moes bly terwyl hy mense (ook sy minnaresse) besoek het om volgens hom, vonke vir sy stories en rubrieke te kry. Saans het sy hom na die musieksale vergesel waar sy mansklere gedra het (in ’n tyd toe dit - buiten op die verhoog - verbied was). Henry se belangstelling in Colette, sê William H. Gass in Three Photos of Colette, was dié van ’n skoolseun wat skoon sneeu bemors. Henry het Colette nie net verneder met sy gay verhoudings nie, maar hy het later selfs sy minnaresse na hul woonstel gebring waar hulle in Colette se klerekaste rondgekrap het. Een keer het Colette hom gevolg om hom op owerspel te betrap, maar toe sy
hom in die omhelsing van ’n gestremde vroutjie sien, was sy so jammer vir die vrou dat sy dit daar gelaat het. Omdat daar iets met die stoof verkeerd was – iets wat Henry nie laat regmaak het nie – het Colette van neute en bonbons geleef. So ongelukkig was sy dat sy ná net ’n jaar se huwelikslewe onverklaarbaar ernstig siek geword het. Die pluspunt was dat sy kon teruggaan na haar tuisdorp waar haar ma haar versorg het. Sido het haar gesond gedokter en gesê: “Onthou, die enigste mens op wie jy werklik kan vertrou, is jouself.” Terug in Parys het haar man haar aangemoedig om oor haar jeugjare te skryf. In sommige bronne word selfs vertel dat hy haar bedags in die woonstel toegesluit het met die opdrag dat sy moes skryf. Sy het uiteindelik nege notaboeke vol geskryf - die eerste drie Claudine-boeke - en hulle vir hom gewys. Maar selfs ná aanmoediging om die meisie se nuuskierigheid oor seks meer eksplisiet te maak, het hy gedink dis so-so en die boeke in ’n kas gegooi. Terwyl Colette haar hart uitgestort het in die stories wat later as die Claudine-reeks bekend sou raak, het sy in die lang briewe aan haar ma fiksie oor haar lewe in Parys geskryf – hoe wonderlik alles
IN SOMMIGE BRONNE WORD SELFS VERTEL DAT HAAR MAN HAAR BEDAGS IN DIE WOONSTEL TOEGESLUIT HET MET DIE OPDRAG DAT SY MOES SKRYF is. Beslis nie hoe alleen sy is of hoe vreeslik sy huis toe verlang nie. Willy kon nie met geld werk nie en ook vanweë sy duur smaak in kos en klere het hy heeltyd op die rand van bankrotskap gewankel. Een keer toe die geldnood veral hoog was, het hy die notaboeke in sy kas “ontdek” en toe tog vir ’n uitgewer gegee. Dit was ook nie Colette se naam wat aanvanklik op die voorblaaie van die Claudinereeks verskyn het nie, wel dié van haar charlatan-man: Willy. (Willy was gewoond daaraan om mense te betaal om vir hom te skryf: spookskrywers sowel as sy gay vriende.) Nou nog word die Claudine-boeke gelees - oor hul varsheid. Maar vroeg in die twintigste eeu het hulle veral geskok, tot Willy se tevredenheid en sy stewige bankbalans. Die Claudine-boeke was so gewild dat dit tot parfuum, lekkergoed en sigarette met dié handelsnaam gelei het. Colette het die verhale vir die verhoog aangepas. Terwyl die trefferstuk opgevoer is, het Willy daarop aangedring dat Colette op straat verskyn in die klere wat die aktrise op die verhoog dra. Toe Colette uiteindelik haar ontroue man in 1904 verlaat, was haar lewe niks makliker nie. Selfs ná die wegholsukses van Claudine het sy geen geld of beleggings gehad nie. Sy het ook (soos die meeste vroue in daardie tyd) geen opleiding gehad nie. Al wat sy in Parys leer ken het, was die musieksale waarheen sy Willy elke aand vergesel het. (Nog lank nadat hulle uitmekaar is en dit reeds bekend was dat Colette die verhale geskryf het, het hy geweier om die SEPTEMBER 2015
rooi rose 161
beeld van ’n vrou d’honneur aan haar toegeken. Colette en Henri is in 1924 geskei, ná nog ’n skandaal: Colette se verhouding met haar stiefseun, Bertrand. In die twintigerjare van die vorige eeu het Colette van haar belangrikste werk geskryf, romans soos Chéri en La Fin de Chéri (Die einde van Chéri). Die ChériCOLETTE EN HAAR CHARLATANboeke het gehandel oor ’n ouer vrou se verhouding met MAN, WILLY, SO TWEE JAAR VOOR SY HOM VERLAAT HET. REGS: ’n jonger man. In ander werk soos La Maison de Claudine COLETTE NET VOOR DIE TWEEDE en Sido het sy teruggekyk na haar betowerende kinderWÊRELDOORLOG TOE SY AS JOERNALIS IN PARYS GEWERK HET. jare op die Franse platteland. Ná Chéri was Colette ’n “modernis”, met die klem op tantieme aan haar oor te betaal.) moderne poësie en skilderwerk, en sy was een van die Colette was dalk onskuldig toe skrywer, digter, dramasy Willy ontmoet het, maar nadat turg en skilder Jean sy hom verlaat het, het sy die Cocteau se talle vriende. kans gekry om haar onderdrukte Hul verhouding word in Colette het nie veel erg aan feminisme gehad nie. fantasieë uit te leef. Sy het haar teen hul albei se boeke beSy het ’n groot aptyt gehad en later in haar lewe vet die samelewing se seksistiese morele skryf. Teen 1927 is sy geword, was lief vir diere, maar het haar enigste dogter meestal geïgnoreer. Sy het haar derde man van die norms verset en in dié proses het sy dikwels Frankryk “se konsentrasiekampe gered terwyl sy geld verdien het deur die geleentheid vir vroue wêreldwyd belangrikste vrouevir die Nazi-beheerde pers te skryf, berig die reisskrywer geskep om dieselfde te doen. skrywer” genoem. Susan Spano. Colette was ook van mening dat die goed wat vroue doen, hulle doen om te kan oorleef. Sy het op skool in musiek uitgeblink Ná haar vyftigste veren het as sanger en danser in die jaardag en tot met haar musieksale begin werk. Dit was harde dood was haar lewe proColette was ook verantwoordelik vir die “ontdekking” van die werk met lang ure en min geld. Hier duktief en sereen. In 1935 aktrise Audrey Hepburn. Audrey (destyds ’n hoopvolle nul) het het sy naam gemaak as ’n onkonvenis sy vir die derde keer ’n rolletjie gehad in die prent Monte Carlo Baby wat in Engels sionele vrou wat soms skokkende goed getroud. Dié keer met die en Frans verfilm is. Colette het haar in die voorportaal van ’n hotel raakgesien en gesê: “Daar is my Gigi.” Audrey het toe gedoen het. Sy het ook saam met haar skrywer Maurice GoudeGigi op die Amerikaanse verhoog vertolk. vriendin Mathilde de Morny, die ket wat 16 jaar jonger as markiesin De Beleuf (op die verhoog sy was. Hulle was tot met bekend as Missy), opgetree. haar dood dertig jaar Die twee het ’n romantiese verhouding gehad en het saam in die later gelukkig saam. Presies hoe gelukkig, het hy in sy memoires pantomime Rêve d’Egypte by die Moulin Rouge opgetree. Hul Près de Colette (1955; Close to Colette), geskryf. vryery op die verhoog het ’n opskudding veroorsaak en die polisie In die Tweede Wêreldoorlog het Colette in Parys bly woon en is ingeroep. Daarna is alle opvoerings van dié produksie verbied en werk. Sy het talle van haar Joodse vriende gehelp. Volgens een daar was soveel teenstand teen hul verhouding dat Colette en bron is Maurice, ’n Jood, deur die Nazi’s in hegtenis geneem, en het Missy nie meer saamgebly het nie, hoewel hul verhouding nog jare sy sy vrylating bewerkstellig. ’n Ander bron sê dat sy hom die hele lank stilletjies voortgegaan het. oorlog lank op haar solder weggesteek het. Colette was in dié tyd ook in ’n heteroseksuele verhouding met Haar roman Gigi, geskryf toe sy reeds in die sewentig was, het die Italiaanse skrywer Gabriele d’Annunzio betrokke. gehandel oor twee ouer susters wat ’n jong meisie grootmaak om Colette het ook in ’n optrede haar een bors ontbloot. Sy het daar- ’n courtesan te wees. Gigi is vir die rolprentskerm sowel as die na die gebaar vir ’n fotograaf herhaal. Op die foto kan gesien word verhoog aangepas. Die rolprentweergawe van 1958 met Maurice hoe sy in ’n geskeurde onderrokkie, haar een bors ontbloot, trots op Chevalier, Louis Jourdan en jong Leslie Caron in die hoofrolle was haar mooi lyf, na die kamera staar. Die uitstalling het oral omstrewêreldwyd ’n treffer en is vier jaar ná haar dood uitgereik. denheid veroorsaak en die bourgeoisie tot in hul niere geskok. Kort ná die Tweede Wêreldoorlog het Colette baie siek geword. In 1912 is Colette met Henri de Jouvenel, redakteur van die Sy het artritis in so ’n erge graad gekry dat sy die res van haar lewe dagblad Le Matin, getroud. (Le Matin is in 1944 gesluit.) ’n Dogter, in ’n rolstoel moes deurbring. Maurice het haar versorg en was Colette de Jouvenel, is uit die skrywer se tweede huwelik gebore. altyd aan haar sy. “Hy is wonderlik,” het sy gesê. “ ’n Ware heilige.” Die familie het die kind “Bel-Gazou” genoem. Sy is in ’n Britse Toe sy in 1954 oorlede is, het Colette vyftig romans geskryf, baie nanny se sorg gelaat en het min van haar beroemde ma gesien. met outobiografiese elemente. Haar temas kan min of meer verIn dié tyd het Colette bydraes en resensies vir Le Matin geskryf, deel word in idilliese stories of donkerder verhale oor verhoudings asook die libretto vir Ravel se opera L’enfant et les sortileges. en die liefde. In die Eerste Wêreldoorlog het sy haar man se landgoed in ’n Toe sy ’n paar jaar voor haar dood die première van ’n dokumenhospitaal vir die gewonde soldate omskep en in 1920 het die têre prent oor haar lewe bywoon, het sy vir Maurice gesê: “Ek het Franse regering die gesogte chevalier (ridder) van die Legion darem ’n mooi lewe gehad.” En ’n veelbewoë een. rr
COLETTE EN FEMINISME
162 rooi rose
SEPTEMBER 2015
FOTO’S GALLO IMAGES / GETTY IMAGES
AUDREY HEPBURN
agterstoep
s tiener was dit vir my ’n vreeslike verleentheid wanneer my ma by troues gehuil het. Die bruid het skaars haar voet in die kerk gesit, of my ma begin snik. Dan word daar al snuiwende na snesies in haar handsak gesoek, tot ’n tannie in die bank agter ons uitkoms bied met ’n opgefrommelde papiersakdoekie wat sy met ’n meelewende sug onder haar horlosiebandjie uithaal. Met ’n rooi gesig en nog rooier ore het ek daar langs my ma in my valletjiesrok gesit en my voorgeneem om nooit, maar nóóit, so in die openbaar te huil nie. Maar oor sekere dinge kan ’n mens nie besluit nie. Jy het nie ’n keuse oor hoe jou DNS aanmekaar gestring word, en oor watter oorgeërfde geit eensklaps sy kop gaan uitsteek nie. So sit ek ’n maand of wat gelede een Saterdagmiddag in die kerk en wag op my susterskind om aan my swaer se arm die kerk in te stap. Die troumars begin speel, die huweliksgaste kyk om, en die bruid verskyn in die deur. Net daar oorval ’n onverklaarbare hartseer my. Die trane trap spore deur my poeier en my maskara beland op my ken, en steeds slobber ek. Tevergeefs soek my man na ’n sakdoek in my handsak, en daar is geen simpatieke tannie in die bank agter ons wat snesies uitdeel nie. Einde ten laaste snuit ek my neus in ’n kasregisterstrokie wat my wederhelf in sy beursie ontdek. Dit is ’n skrikwekkende ontnugtering daardie oomblik wanneer jy besef jy is nie net die trotse erfgenaam van jou ma se buffet en Demis Roussos-langspeelplate nie, maar ook van haar maniertjies wat erg op jou jong senuwees gewerk het. Hier hou dit ook nie op nie, want sien, my “erfporsie” gaan verder terug, na my ouma toe. Sý weer, het graag lang gesprekke gevoer. Met haarself. Partymaal selfs in Engels. Dit het my teen die mure uitgedryf, daardie alewige gemompel, waar sy ook al
lekker in jou mou gelag het. Spot en word gespot, sê hulle mos. Wees maar uit die staanspoor verdraagsaam teenoor jou familie se gebreke, want die kanse is goed dat jy nie net jou ouma se kalkoenkeel en jou oom se bakore of jou tante se hoë cholesterol geërf het nie, maar ook hul taktloosheid, sinisme, vraatsug en melancholie. Danksy die mediese wetenskap is daar gelukkig deesdae baie wat aan slap keelvelle, bakore, hoë cholesterol en selfs swartgalligheid gedoen kan word, maar aan oorgeërfde halsstarrigheid, suinigheid en dunvelligheid is daar nie salf te smeer nie. Wel, nog nie. Maar dis net ’n kwessie van tyd, sê wetenskaplikes. Genetiese manipulering is ’n werklikheid en dit geld nie net die plant- en dierspesies nie. Hoewel menslike, genetiese manipulering tans in die meeste lande onwettig is, is daar heelparty lande waar daar met “kiembaanterapie” geëksperimenteer word en die eienskappe waarmee ’n kind gebore word, reeds op sigootstadium verander word. Netso word die “slegte gene” in ’n “genetiese omruilingsproses” deur “goeie gene” vervang. Dis ’n uiters omstrede proses wat vrese oor sogenaamde superrasse en gekloonde oorlogmasjiene na ’n vreesaanjaende werklikheid laat lyk. Natuurlik hou genetiese ingryping ook voordele vir die mens in. Hartkwaalgene en genetiese materiaal wat Alzheimer-siekte oordra, kan byvoorbeeld geïsoleer, geskrap en vervang word. Indien oorerflike siektes uitgeskakel word, kan die mens se lewe boonop met so veertig jaar verleng word. Maar wat van daardie gene wat elkeen van ons uniek maak, wat ons méns maak? Dit sal voorwaar ’n hartseerdag in die mensdom se geskiedenis wees wanneer ons van ons grille, geite en giere gestroop word, want is dit nie juis menslike “gebreke” soos eksentrisiteit, wispelturigheid en vurigheid wat die wêreld ’n interessanter plek maak nie? rr
Dis in JOU BLOED Wees maar verdraagsaam teenoor jou familie se gebreke, want die kanse is goed dat jy dit ook geërf het, skryf GERDA GILSON gegaan het. Nooit gedink dis my voorland nie. Tot ek eendag moedeloos voor ’n rak in die supermark staan en wonder waarom my gunsteling-kaas uit voorraad is. Eers toe ’n jong lat my verbyster aanstaar en vreesbevange wegskarrel, besef ek dat ek my moedeloosheid hardop uitgespreek het. Iets soos: “Hier kom ek heelpad na hierdie vrekselse winkel toe en nou het hulle nie eens my kaas nie!” Nou wonder ek oor my heel eerste voorsate. Daardie voorouers wat reeds 70 000 jaar gelede met die eerste menslike migrasie vanaf Afrika na Europa getrek het. ’n Paar jaar gelede het ek en my man aan ’n projek van ’n wetenskaplike tydskrif deelgeneem wat wêreldwyd DNS van
Jy het nie ’n keuse oor watter oorgeërfde geit eensklaps sy kop gaan uitsteek nie
168 rooi rose
SEPTEMBER 2015
verskillende volke en lande ingesamel het. Die uitslag het my nie juis verbaas nie. My genepoel is oorwegend Noorweegs, het hulle laat weet, en my man s’n Spaans, wat verklaar waarom die vonke soms behoorlik tussen ons spat: my Viking-strydlustigheid en sy Mediterreense hardkoppigheid. Stereotiperend, ja, maar tog so waar … Gene het ’n manier om jou in te haal en aan die agterstewe te byt, veral as dit kom by daardie dinge waarvoor jy jou as jongeling gewip of geskaam het. Of waarvoor jy so
perfekte presisie. foutlose werking. Tydlose kombuise wat vir elke leefstyl ontwerp word. 30 toonkamers landwyd. 2 jaar kombuiswaarborg. 0861 327 9543 / 0861 EASYLIFE www.easylifekitchens.co.za Jean de Villiers, handelsnaamambassadeur vir Easylife Kitchens.
Luxco Importers | Tel 011 448 2210 | www.luxco.co.za Michel Herbelin South Africa
Scandinave