1 minute read

hoplita komkommer – die regte keuse

hoplita komkommer – die regte keuse artikel deur richard hansen

products

Hoplita* is `n F1 komkommer varieteit van Seminis wat die afgelope tyd in die Wes-Kaap baie in gewildheid toegeneem het. Mnr. Johan van Zyl, van die Vredendal area, het Hoplita* laasjaar as `n proef geplant om te vergelyk hoe dit met sy bestaande varieteite kompeteer. Tydens die proefaanplanting het Hoplita* homself bewys waarna Mnr. van Zyl hom deelgemaak het van sy saaiprogram. Volgens Mnr. Van Zyl het Hoplita* die volgende uitstaande kenmerke:

• hoë dravermoë sonder om sy vrugte te speen • konstante lengte van L/XL • eenvormigheid van vrugte regdeur die plant se groeifases • ’n uitstekende siektepakket (Hoë toleransie teen CVYC, Ccu en

Intermediêre toleransie teen: CYSDV Cca en Px).

Met die mees onlangse aanplanting by Mnr. Van Zyl het Hoplita* tussen 4-5 vrugte per plant meer as die standaard varieteit geproduseer en kon al in sy vierde week na uitplant geoes word.

This article is from: