Bejo Nuvance | Oppiplaas 11

Page 35

32

hoplita komkommer – die regte keuse

artikel deur richard hansen

H

oplita* is `n F1 komkommer varieteit van Seminis wat die afgelope tyd in die Wes-Kaap baie in gewildheid toegeneem het. Mnr. Johan van Zyl, van die Vredendal area, het Hoplita* laasjaar as `n proef geplant om te vergelyk hoe dit met sy bestaande varieteite kompeteer. Tydens die proefaanplanting het Hoplita* homself bewys waarna Mnr. van Zyl hom deelgemaak het van sy saaiprogram. Volgens Mnr. Van Zyl het Hoplita* die volgende uitstaande kenmerke: • hoë dravermoë sonder om sy vrugte te speen • konstante lengte van L/XL • eenvormigheid van vrugte regdeur die plant se groeifases • ’n uitstekende siektepakket (Hoë toleransie teen CVYC, Ccu en Intermediêre toleransie teen: CYSDV Cca en Px). Met die mees onlangse aanplanting by Mnr. Van Zyl het Hoplita* tussen 4-5 vrugte per plant meer as die standaard varieteit geproduseer en kon al in sy vierde week na uitplant geoes word.

products


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.