Fokus-15Feb2009

Page 1

15 Februarie 2009

Pinkstersondag

Hier, in Gods koninkryk, is daar lewe, vryheid en blydskap – want die Koning is hier! “Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy: ‘Vriend, jou sondes word vergewe!’... Jesus sê toe vir hulle: ‘Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar dié wat siek is...’ Jesus antwoord hulle: ‘Kan die bruilofgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is?’ Jesus het verder vir hulle gesê: ‘Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie. Daarom is die Seun van die Mens Here óók oor die sabbat.’ Daarna vra Hy vir hulle: ‘Mag ‘n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?’” (Markus 2:5, 17, 19 en 27, en 3:4) Markus se verhaal oor die lewe en werk van Jesus Christus, beweeg vinnig van een toneel na die volgende. In hoofstuk 1 vertel die evangelis in enkele sinne van Jesus se doop, salwing met die Gees en versoeking in die woestyn; dan Jesus se eerste preek en roeping van die eerste dissipels: “Die koninkryk van God het naby gekom... Kom hier! Kom saam met My...” (1:15 en 17). Daarna, in kort, dramatiese verse, volg die eerste wonderwerke – genesings van ‘n duiwelbesetene, van Petrus se skoonma, van ‘n man met die Vigs van destyds (melaatsheid). En dan dadelik in hoofstuk 2, vroeër as enige van die ander evangeliste, die eerste konflik met die Fariseërs en Skrifgeleerdes. Daarmee kom Markus direk by die punt van sy verhaal: Jesus, die Seun van God, sou sterf omdat mense nie sy boodskap (2:2) wou hoor en glo nie. Kyk hoe onheilspellend reeds klink Markus 3:6! 1


Wat wás dan dié boodskap? Dit: in die koninkryk van God is daar lewe, vryheid en blydskap. Vir almal, almal. Omdat die Koning hier is! Soos die Bruidegom by die bruilof; soos die gewyde offerbrode in die tabernakel; soos die Here op die sabbat. Alles, alles gaan oor Hóm in ons midde. Kyk – die brood en wyn... JL. Hartlik welkom by ons Nagmaalsdiens. Indien u ‘n besoeker is en vrymoedigheid het om in u tuisgemeente die sakrament te gebruik, nooi ons u uit om die Nagmaal saam met ons te vier. Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig. Ons orrelis is Johan Cromhout en die solis Serame Thoabala. Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe. U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink. Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toe. Ander eredienste Sothodiens: Aanddiens: Sondag, 22 Feb.:

Vanmiddag om 15:00. Om 18:00 – ds. Gert. Pastorale gesprek: “Hoe lees ‘n mens die Bybel?” Oggend om 09:30 – ds. Gert (kerk); ds. Jan (saal). Aand om 18:00 – ds. Jan (Psalm 122). Dit is ons eerste Taizédiens.

DEURKOLLEKTES: 08 Feb. Lesotho Sending 15 Feb. Biblia Hawesending 22 Feb. CLF Vigstrust

R1 258,70

MEELEWING EN VOORBIDDING Siekes tuis of in hospitaal: Jannie Fourie (Plaas Koppiealleen), Willem Bosman (Deanelaan 11), dr. Gideon van der Watt (Paul Rouxstr. 38), Tannie Anna Oosthuizen (Genl. Conroystr. 15), Marlian Schutte (Mockestr. 20) en Irene Olivier (Constantiahof 11). Ons gebede is ook by twee oudlimate van Berg-en-Dal wat baie siek is: Ansie Rall (by Noorderbloem) en Oom Frickkie Visagie. Nuwe intrekkers: Baie welkom aan al ons nuwe intrekkers – ons wens julle ‘n baie geseënde verblyf in die gemeente toe: Pieter en Karen Klindt en hul dogtertjies Carli en Liezl (Genl. Hertzogstr. 84, wyk 21); Tannie Trudie du Plessis (Siësta, kamer 10, wyk 8); Elbé Tilsley en haar kinders Andrea en Mikayla (Glen Cedar 5, Wyk 29); Pierre en Rita Cilliers en Annemarie Heidegger (Raytonweg 1, wyk 9); Schalk en Elsie Schoombie en hul kinders Frikkie, Anne-Mien en Marthinus (Raytonweg 21, wyk 9); en Dirk en Anmari Joubert en hul kinders Paul, Pieter en Elizabet (Henry Faganstr. 25, Heuwelsig, wyk 3). Verjaarsdae: Baie geluk en seënwense aan die volgende lidmate wat in die week verjaar:

2


15 Feb. 16 Feb. 17 Feb. 18 Feb. 19 Feb. 20 Feb. 21 Feb.

Stefan du Plessis, Eugene Koen, Hester en Dané Redpath, Herman van Yken en Jovan van Rooyen. Johanna du Toit en Kobus Gildenhuys. Christine Venter. Zenobia Botha. Danielle Gouws en Willem van Staden. Jolandi Jooste, Mornay Pretorius en Rina Schutte. Rina Blignaut, Johan Diedericks, LM vd Merwe en Elna vd Heever.

As u naam nie hier verskyn nie, mag dit wees dat ons nie u volledige besonderhede by die kantoor het. Besoek die kerkkantoor (Sondagoggende nét na die erediens of gedurende weeksoggende. Nuwe intrekkers of gelowiges wat graag by ons wil inskakel – voltooi asb. ‘n geel kaartjie langs die bank en plaas dit in die houtposbus agter in die kerk of kontak ons skriba, Rita van Zyl, by die kantoor (051-4362750). Doopouers wat op 1 Maart hul baba’s wil laat doop, moet ds. Jan hierdie week kontak (051 – 436 2261). TEKKIESKLUB Geen Tekkiesklub vanmiddag nie. CAMISARDS Die DVD “Indescribable” verlede Sondagaand was ongelooflik – awesome! Nou nooi ons alle tieners na die tweede byeenkoms van die Camisards – vanmiddag om 16:30 in die Jeugkamer. Kom ontspan saam, sing, Bybellees en gesels – oor ‘n baie aktuele tema, 150 jaar later... NB: BRING JOU BYBEL SAAM. Sien jou vanmiddag! BYBELSTUDIES EN BIDUUR: Woensdag, 18 Februarie om 19:00 Donderdag, 19 Februarie om 09:00

Openbaring 18. Die “Onse Vader”-gebed (vyfde bede uit die Heidelbergse Kategismus).

KERKRAADSAKE Diensbeurte: Ouderlinge 15 Feb.: Fanie van Jaarsveld, Jan Buter, Dirk van Zyl en Hannes Joubert. 22 Feb.: Victor Reitz, Kalie Strydom, Maryna Spies, Johannes Wessels en Petro van Pletzen. Diakens 15 Feb.: 22 Feb.:

Alle diakens by die Nagmaalsdiens. Johannes v Rooyen, Jaco Engelbrecht, Gerhard Nel, Linda Raath, DR Samuel, Leon Badenhorst, Weyers Strydom, Louis Lategan, Alida Smith en André Prinsloo.

Kerkraadsvergadering: Vanaand om 18:00. Ons begin met die aanddiens – bring jou Bybel en Liedboek saam. Sakelyste alreeds in vakkies gewees.

3


BEDIENINGE EREDIENSBEDIENING Taizé Aanddiens: Ons het al in Berg-en-Dal iets beleef van die mooi musiek, stemmige atmosfeer en gebed wat wêreldwyd en veral onder jongmense, deur die Taizé-gemeenskap in Frankryk bekendgemaak is. Die laaste Sondagaanddiens van elke maand vanjaar, gaan as ‘n diens van Woord, gebed, musiek en stilte in hierdie styl aan te bied. Jy word dus uitgenooi na volgende Sondagaand, 22 Februarie se diens om 18:00. GEMEENTEBEDIENING Gebedsaksie: Ons nooi alle lidmate uit om deel te word van ons gebedsaksie: ons wil die gebede in ons eredienste ook breër in ons lewens deur die week laat weerklink; vir siekes en beproefdes intree en saam met geseëndes dankie-sê; ons wil bid vir die werk van ons gemeente en vir die uitbreiding van die Koninkryk. Jy kan deur ‘n SMS of telefoonoproep by ons aksie inskakel – kontak Elise Ferreira (051-4366288) of Erna Gouws (051-436 5632). Agter in die kerk is daar ‘n houtposbus vir gebedsversoeke. woord@bergendal: Die volgende uitgawe van ons kwartaalblad verskyn op 22 Maart. Sluitingdatum vir alle bydraes: Vrydag, 6 Maart (by kerkkantoor of elektronies – jowes@intekom.co.za of janlageland@yahoo.com). Redaksievergadering: Sondag, 22 Februarie om 16:30. Koinonia Sondag, 15 Februarie – Snoekbraai-ete: Om mekaar beter te leer ken en om nuwe intrekkers te verwelkom, is daar vanmiddag vanaf 12:30 ‘n heerlike snoekbraai hier by die kerk (aangesien ons al heelweek Kaapse weer het!). Als word voorsien, behalwe eetgerei – bring jou eie asb. saam (ook ‘n wynglasie en nageregbakkie). Daar’s nog kaartjies beskikbaar: kostes beloop R 50,00 per volwassene en R 25,00 vir kinders onder 12 jaar. Kom kuier saam! JEUGBEDIENING Matrieks, studente en jongwerkendes: Alle jong belydende lidmate (matrieks, studente en ouer) wat nog nie getroud is, word uitgenooi om Donderdagaande om 18:30 saam te kom kuier. Kontak Pieter Greyling (079 491 2628) vir meer inligting. BARMHARTIGHEID Vigswesie-projek by Atangskool: Ons insameling in die eerste kwartaal vanjaar vir die Vigswesies van Atangskool (ons help 53 kinders in Grade 1 tot 3), is veral toiletbenodighede, inkopiesakke wat as boeksak kan dien en ’n Bybelversie in Engels/Sotho/Xhosa – alles met liefde verpak in ‘n roomysbak. Baie dankie. Tweedehandse “Shoprider” beskikbaar: 4


‘n Groot model “Shoprider” (battery-aangedrewe) in puik toestand vir gebruik deur ‘n gestremde persoon, beskikbaar @ R 12 000,00 – vir navrae, kontak die kantoor. Jubilaté (Siësta): Ons kuiergroep by Siësta – Jubilaté – kom weer Woensdagoggend byeen – om 11:00. Oom Flippie Minnaar gaan ‘n interessante praatjie lewer. Jong bemarker soek werk: Een van ons jonger lidmate (getroud & gesin) met agt jaar ervaring in die verkope- en bemarkingswêreld (Sanlam, Hi-Fi Corporation, Diesel Plantation), is dringend op soek na werk. Kontak ds. Jan (082-784-9362). GETUIENISBEDIENING Swartsakke vir Gryskoppe: Vandeesmaand sal daar iemand by u deur opdaag met ‘n swartsak – dit is weer ons jaarlikse insameling vir bejaardes van die NGKA Bloemfontein-Noord (ds. Phahlane). Ons het veral nie-bederfbare kos nodig, maar ook klerasie & komberse vir die winter. U moet u bydrae in die swartsak plaas, u naam op die aangehegte lys afmerk en die sak na die volgende persoon op die lys/in die wyk neem. Die laaste persoon op die lys, besorg dit aan die kerkkantoor of kontak vir Erna Gouws (051-436 5632). Huishulpkamp 2009: Let op: datum het verskuif na 24 tot 26 April – meer inligting volg later. Missie Japan: Dr. Stephan van der Watt en Carina (dogter en skoonseun van die De Wets) besoek Berg-en-Dal DV eerskomende Dinsdagoggend om 10:30 by Kmdt. Senekalstr. 12. Almal wat kan wegbreek is welkom om hierdie begaafde en geroepe man te kom ontmoet. Volgende Maandagaand, 23 Februarie, is daar ‘n ligte aandete by die NGK Hugenoot saam met hulle, die De Wets en ‘n aantal lidmate uit Japan. Kontak vir Erna (051-4365632 of 082 552 2335) om u plek te bespreek.

5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.