Fokus-22Feb2009

Page 1

22 Februarie 2009

Pinkstersondag

Eerste Lydensweek

‘n Vreemde evangelie: ‘n Messias en Koning wat moet ly en sterf! “Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly... Hy het met hulle hieroor reguit gepraat... ‘Die Seun van die mens word in die hande van mense oorgelewer en hulle sal Hom doodmaak en drie dae nadat Hy doodgemaak is, sal Hy opstaan’... Op pad Jerusalem toe het Jesus voor hulle uit geloop... ‘Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe...’” (Markus 8: 31-32, 9:31 en 10:32-33) Die verwagting van die Jode was nie ‘n Messias of Koning wat gaan ly en sterf nie, maar een wat slegs sal oorwin. Selfs vir Jesus se dissipels was die gedagte van sy lyding onaanvaarbaar. Juis dit het ook die evangelie vir mense vreemd en onaanvaarbaar gemaak. As Jesus dan by sy eerste lydendsaankondiging sê dat Hy “moet ly”, dan beteken dit “‘n Goddelike moet”; daar is nie vir sy Vader ‘n ander moontlikheid nie. Die offer vir die sonde van die wêreld móét gebring word en die losprys vir sondaars móét betaal word. “Hieroor (het) Hy reguit gepraat” (8:32). Dit alles gebeur deur die hande van mense wat Hom oorlewer (9:31). Hy is oppad na Jerusalem (10:32-34) – die plek van die heiligdom waar offers gebring is – om daar die groot Offer van sy lewe te bring. By Jerusalem, by Golgota word God se verlossingsplan vir sondaars vervul! Oppad soontoe loop Jesus soos die Goeie Herder vooruit (10:32). Elke keer word bygevoeg, dat Jesus op die derde dag gaan opstaan! Deur lyding en dood heen is Jesus op pad na heerlikheid en oorwinning. Dit alles vir 1


ons – vir sondaars! Glo ons dit, leef ons daaruit en verander dit ons lewens? Dit klink vreemd, maar dit is waar en dit is nodig! GPT.

Hartlik welkom by ons eredienste. Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig. Ons orrelis is Johan Cromhout. Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe. U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink. Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toe. Ander eredienste Sothodiens: Aanddiens: Sondag, 1 Mrt.:

Vanmiddag om 15:00. Om 18:00 – ds. Jan (Psalm 122). Dit is ons eerste Taizédiens. Kom beleef die stilte, gebed, sang en Skriflesing. Oggend om 09:30 – ds. Jan (kerk); ds. Gert (saal). Aand om 18:00 – ds. Gert.

DEURKOLLEKTES: 15 Feb. Biblia Hawesending 22 Feb. CLF Vigstrust 01 Mrt. Kerkjeugaksie (KJA).

R 1 439,50

MEELEWING EN VOORBIDDING Siekes tuis of in hospitaal: Oom Johan Steytler (Siësta 11), Stella Steyn (Kapt. Dawsonstr. 3), Tannie Sannie Fourie (Gratias 26), Tannie Suzie Pretorius (Hillandale 68), Jannie Fourie (Plaas Koppiealleen), Willem Bosman (Deanelaan 11), Tannie Corrie Olivier (Siësta 12), Tannie Anna Oosthuizen (Genl. Conroystr. 15), Marlian Schutte (Mockestr. 20) en Irene Olivier (Constantiahof 11). Ons gebede is ook by twee oudlimate van Berg-en-Dal wat baie siek is: Ansie Rall (by Noorderbloem) en Oom Frickkie Visagie. Verjaarsdae: Baie geluk en seënwense aan die volgende lidmate wat in die week verjaar: 22 Feb. 24 Feb. 25 Feb. 26 Feb. 27 Feb. 28 Feb. 29 Feb.

Hennie Barnard en Marietjie Swanepoel. Fanus Hillebrand, Retha Mouton, Elize Spamer, Burgert en Robert Terblanche en Adél van der Merwe. HJ Malan. Callie Calitz, Sarel en SF van Zyl. Santjie Foord, Hanchen Korff en Louis Wessels. Jopie Botha, Erna Gouws, Hoffie Hoffman en Marinda le Grange. Myrna Nel.

2


As u naam nie hier verskyn nie, mag dit wees dat ons nie u volledige besonderhede by die kantoor het nie. Besoek die kerkkantoor (Sondagoggende nét na die erediens of gedurende weeksoggende) en bring u inligting daar op datum. Nuwe intrekkers of gelowiges wat graag by ons wil inskakel – voltooi asb. ‘n geel kaartjie langs die bank en plaas dit in die houtposbus agter in die kerk of kontak ons skriba, Rita van Zyl (051-4362750). Doopouers wat op 1 Maart of 5 April hul baba’s wil laat doop, moet ds. Jan vandag of môre kontak (051 – 436 2261). TEKKIESKLUB Vanmiddag om 15:30 by die kerk. welkom. BYBELSTUDIES EN BIDUUR: Woensdag, 25 Februarie om 19:00 Donderdag, 26 Februarie om 09:00

Tema: “Sending in Zambië”.

Jongspan

Openbaring 18. Die “Onse Vader”-gebed (vyfde bede uit die Heidelbergse Kategismus).

KERKRAADSAKE Diensbeurte: Ouderlinge 22 Feb.: Victor Reitz, Kalie Strydom, Maryna Spies, Johannes Wessels en Petro van Pletzen. 01 Mrt.: Erna Gouws, Jankie Botha, Jopie Botha, Dave Samuel en Johan Eysele. Diakens 22 Feb.: Johannes v Rooyen, Jaco Engelbrecht, Gerhard Nel, Linda Raath, DR Samuel, Leon Badenhorst, Weyers Strydom, Louis Lategan, Alida Smith en André Prinsloo. 01 Mrt.: Cas Harris, Francois Ferreira, Jan Davel, Karin Jacobs, Wiehan van Staden, Nico Hefer, Johan le Roux, Cobus Botha, Rikus van Pletzen, Ben Steyn en Hendrik Swart. Verkiesing van kerkraadslede By ons afgelope vergadering is die volgende lidmate tot kerkraadslede verkies As ouderlinge: Br. Willem Bosman Voorsitter Barmhartigheidsbediening As Wyksdiakens: Sr. Claudine Engelbrecht Wyk 5 Sr. Irene Olivier Wyk 8 Br. Herman Kleynhans Wyk 10 Br. Koos Pretorius Wyk 16 Br. Pieter Klindt Wyk 20 Sr. Charlotte Horak Wyk 27 Br. Louis Kruger Wyk 30(c). Die bevestiging van kerkraadslede vind Sondagaand, 8 Maart 2009 plaas. Bewys van Lidmaatskap ontvang: Vanaf Ned. Herv. Kerk van Afrika Potchefstroom: Alida Jacoba Susanna Jansen van Rensburg (geb. Le Roux) (Winterstr. 13). 3


BEDIENINGE GEMEENTEBEDIENING Gebedsaksie: Ons nooi alle lidmate uit om deel te word van ons gebedsaksie, veral vir voorbidding vir siekes en beproefdes, vir die werk van ons gemeente en vir die uitbreiding van die Koninkryk. Jy kan deur ‘n SMS of telefoonoproep by ons aksie inskakel – kontak Elise Ferreira (051-436-6288) of Erna Gouws (051-436 5632). Agter in die kerk is daar ‘n houtposbus vir gebedsversoeke. woord@bergendal: Almal wat in die redaksie van woord@bergendal wil saamskryf, word uitgenooi na vanmiddag se vergadering, 22 Februarie om 16:30 in die Jeugkamer. Die volgende uitgawe verskyn op 22 Maart. Sluitingdatum vir alle bydraes: Vrydag, 6 Maart (by kerkkantoor of elektronies – jowes@intekom.co.za of janlageland@yahoo.com). Vrouediens: Ons nooi alle vrouelidmate uit na ons Wêreldbiddag vir Vroue, Donderdag, 5 Maart om 17:30. Vanjaar se tema is “In Christus – baie lede, maar een liggaam” en is deur vroue in Papaea Nieu Guinee voorberei. Dr. Ronel van der Watt is ons spreker. Wêreldbiddag vir mans: Saterdag, 7 Maart om 07:30. Kermis 2009: Alhoewel ons kermis eers in Oktober plaasvind, verg twee versoeke nou u aandag: ons is op soek na ‘n bulkalf/ossie wat teen daardie tyd ‘n OS kan wees! En indien jy nou al jou studeerkamer opruim: alle ou boeke (geen skoolhandboeke egter!), is welkom vir ons gewilde boeketafel. Kontak Johannes Wessels of die kerkkantoor. JEUGBEDIENING Matrieks, studente en jongwerkendes: Alle jong belydende lidmate (matrieks, studente en ouer) wat nog nie getroud is, word uitgenooi om Donderdagaande om 18:30 saam te kom kuier. Kontak Pieter Greyling (079 491 2628) vir meer inligting. BARMHARTIGHEID Jong bemarker soek werk: Een van ons jonger lidmate (getroud & gesin) met agt jaar ervaring in die verkope- en bemarkingswêreld (Sanlam, Hi-Fi Corporation, Diesel Plantation), is dringend op soek na werk. Kontak ds. Jan (082-784-9362). GETUIENISBEDIENING Swartsakke vir Gryskoppe: Vandeesmaand sal daar iemand by u deur opdaag met ‘n swartsak – dit is weer ons jaarlikse insameling vir bejaardes van die NGKA Bloemfontein-Noord (ds. Phahlane). Ons het veral nie-bederfbare kos nodig, maar ook klerasie & komberse vir die winter. U moet u bydrae in die swartsak plaas, u naam op die 4


aangehegte lys afmerk en die sak na die volgende persoon op die lys/in die wyk neem. Die laaste persoon op die lys, besorg dit aan die kerkkantoor of kontak vir Erna Gouws (051-436 5632). Japan: In die afgelope week het ons Stephan en Carina van der Watt ontmoet, die nuwe sendelingpaar na Japan. Tans is daar ook ‘n groep Japannese Christene op besoek aan Bloemfontein. Ons staan in verwondering voor die mag van die oorwinnende Christus wat selfs in hierdie tyd van ekonomiese insinking voortgaan met sy plan vir die Koninkryk oor die hele aarde. Bid asb. dat Hy alles wat nodig is vir die uitstuur van die van der Watt’s, sal voorsien en die besoek van hierdie groep Japannese sal seën; dat Christus vir hulle hier tussen ons, 'n groter werklikheid sal word. NUUS VAN ELDERS ’n Kykie in die Vroeë Kerk: Die eerste van ‘n reeks filmvertonings oor die geskiedenis van die Christelike Kerk, vind hierdie Donderdag, 26 Februarie van 14:30 tot 20:30 in die Jeugkamer plaas. Die film is “Quo Vadis”, ‘n liefdesverhaal uit die tyd van Keiser Nero (± 63 n.C.) en gee ‘n goeie indruk van die leefwêreld, omstandighede en vervolging van daardie vroeë Christene. ‘n Aandete word ook bedien. Bespreek by ds. Jan vóór Dinsdag. Wim Viljoen- Orreluitvoering: Orrelmusiekliefhebbers kan gerus nader skuif om op 5 Maart 2009 om 17:30 na ‘n baie opwindende orreluitvoering in die Odeion te gaan luister. Die program sluit werke in van JS Bach, Mendelssohn, Guilain, Marchand en Temmingh. Toegang: R80,00 (Volw.) en R50,00 (pensioenarisse & studente). Kaartjies beskikbaar by Computicket (by alle Shoprite/Checkers winkels, Mimosa Mallinligtingstoonbaak) en die aand by die deure. Navrae: Ninette Pretorius (051 401 2504).

5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.