25 Januarie 2009
Pinkstersondag
In Christus, roep God se nabye koninkryk ons op tot geloof en bekering! “Jesus het gesê: ‘Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.’” (Markus 1:15) Wat is vir u die kerngedagte van die Bybel? Liefde, genade, geloof, verlossing? Jesus ‘antwoord’ self in sy intreepreek – Markus 1:15 – en sê: dit is “die koninkryk van God.” Die koninkryk, wat as sentrale tema van die Bybel, al die ander omvat! Die koninkryk van God beteken dat Hy regeer – oral en altyd. Sy koningsheerskappy strek oor alles en almal. In Jesus Christus het dit met Kersfees deurgebreek, gearriveer en naby gekom in die wêreld. Naby ook aan jou en my en die wêreld rondom ons. Nou het die beslissende tyd (die tyd om die lewensbelangrike keuse van jou lewe te maak) aangebreek! Nou kan geen tyd – ook 2009 – meer dieselfde wees nie. Hierdie tyd moet alle tye van my lewe deurkruis. Die koningsheerskappy van God wil nie net hier en nou naby wees nie, maar ook voortstu die toekoms in na die volle verwerkliking daarvan. Daarom word ek en jy opgeroep om ons hele lewe daarop te rig en daarvolgens te heroriënteer. Dít is bekering: om in alles wat jy doen jou te draai in die rigting van God se koninkryk – sodat Sy heerskappy in alles erken sal word. Dan glo ek die evangelie, dit wil sê, vertrou ek God se Woord, dat dit die grootste en blyste nuus 1
ook vir my lewe is! Dan kan ek God vertrou dat hierdie koningsheerskappy betekenis sal gee aan my lewe, elke dag! GPT Baie welkom by ons twee eredienste vanoggend – hier in die kerk en terselfdertyd nou in die saal vir gesinne met kleiner kinders (Voorskools - Gr. 4). Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig. Ons orrelis is Johan Cromhout. Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe. U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink. Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toe Ander eredienste Sothodiens: Aanddiens: Sondag, 01 Feb:
Om 15:00 vanmiddag in die kerk. Om 18:00 ds. Gert (Week van Gebed begin – sien program). Oggend om 09:30 – ds. Jan (kerk); ds. Gert (saal). Aand om 18:00 – Aktuele tema (Gemeentebediening).
DEURKOLLEKTES: 18 Jan: Helpmekaar Studiefonds 25 Jan: Middestadsgemeentes. 01 Feb: Fonds vir Teologiese Fakulteit UVS.
R1 442,50
MEELEWING EN VOORBIDDING Siekes tuis of in hospitaal: Oom Walther Raath (Aliquando), Oom Japie Bester (Kmdt. Senekalstr. 42), Hennie Human (Albrechtstr. 57), Jan-Gabriël Vermeulen (Goodalestr.11) en Josias Swanepoel (Falconhof 11). Verjaarsdae: Baie geluk en seënwense aan die volgende verjaarsdagmaats: 26 Jan. Christiaan Bothma, Wimpie Greyvenstein en Deon Loots. 27 Jan. Anna-Marie Heyns, Rita Schoeman, Xander van Yken en Enrico Reitz. 28 Jan. Hannetjie Beneke, David Grewar en Mereen Jordaan. 29 Jan. Flip Benade. 30 Jan. Bannie Britz, Stephan de Vries, Pieter Liebenberg, Juan v/d Merwe en Erika Vorster. 31 Jan. Amelia Coetzee, Pieter du Plessis, Chanet van Niekerk. ‘n Woord van hartlike gelukwense aan al ons matrieks met hul baie goeie uitslae; daar was ook besondere prestasies. Ons is saam met julle dankbaar en wens almal sukses en seën toe vir die studies wat nou voorlê.
2
TEKKIESKLUB Tekkiesklub vanmiddag om 15:30 – alle jongspan welkom. Tema: “Sending in Egipte.” CAMISARDS Ons eerste byeenkoms van die jaar: volgende Sondagaand net ná die aanddiens. BYBELSTUDIES Woensdag, 25Januarie om 19:00 Donderdag, 26 Januarie om 09:00
Openbaring 16. Die “Onse Vader”-gebed (derde bede uit die Heidelbergse Kategismus).
PASTORALE SORG: Die pastorale sorg en wyksbediening in die gemeente, wissel nou vir die volgende agttien maande – as volg: Ds Gert: Wyke 1-8 en 21-29 Ds. Jan Wyke 9-20 en 30. KERKRAADSAKE Diensbeurte: Ouderlinge 25 Jan: Cassie Carshagen, Vic Smith, Winnie van Burick, Coert de Vries en Barend Bezuidenhout. 01 Feb: Hendrik v Pletzen, Koos v Vuuren, Ordino Kok, Flippie Minnaar en Louise Pretorius. Diakens 25 Jan: Johannes v Rooyen, Jaco Engelbrecht, Gerhard Nel, Linda Raath, DR Samuel, Leon Badenhorst, Weyers Strydom, Alida Smith, Deon Naude, Louis Lategan en André Prinsloo. 01 Feb: Cas Harris, Francois Ferreira, Jan Davel, Karin Jacobs, Wiehan v Staden, Nico Hefer, Johan le Roux, Cobus Botha, Rikus v Pletzen, Ben Steyn en Hendrik Swart. Die bevestiging van kerkraadslede wat nog nie in hul amp bevestig is, vind plaas op Sondag, 1 Februarie tydens die aanddiens plaas. Kerkraadsvergadering:
Sondag, 15 Februarie om 18:00.
Bewys van Lidmaatskap ontvang: Vanaf Clocolan: Reanda de Wet (Toon van der Heerverstr. 10, Wyk 14). Almanakke: Indien u nog nie ‘n almanak vir 2009 ontvang het nie, kan u vanoggend net ná die diens of gedurende die week een by die kantoor kom afhaal – dis ‘n pragtige almanak met al die inligting wat u nodig het om vanjaar goed georganiseerd en aktief met ons gemeente mee te leef!
BEDIENINGE Werksaamhede en vergaderinge van Bedieninge: 3
Ons bedieninge begin die kwartaal se werksaamhede met hul vergaderings en alle lidmate word uitgenooi om te kom saamdink en –DOEN; dis die ideale geleentheid om ‘n bydrae tot ons samesyn en ons getuienis in die Koninkryk te maak. Volledige inligting verskyn in die blou inligtingstuk, “Ons Roeping 2009”. Daar is ook ‘n gawebankkaart beskikbaar – laat hoor van jou. Voltooide gawebankkaarte kan in die kollektesakkies teruggestuur word, agter in die houtposbus geplaas of na die kerkkantoor gebring word. GEMEENTEBEDIENING Tee vir nuwe intrekkers: Alle nuwe lidmate wat vanaf Januarie 2008 ingeskakel het by die gemeente word hartlik uitgenooi om Sondag, 1 Februarie net na afloop van die oggenddiens onder die afdak ‘n heerlike koppie tee saam met ons te kom geniet. Ons sien daarna uit om julle weer te sien en te hoor hoe dit gaan... Koinonia Sondag, 15 Februarie: Snoekbraai-ete Op Sondag, 15 Februarie, ná ons Nagmaalsdiens, word ‘n Snoekbraai-ete hier by die kerk aangebied (dus geen bring-en-braai – als word voorsien). Koste beloop R 50,00 per volwassene (sluit glasie wyn of sap in) en R 25,00 vir kinders onder 12 jaar. Kaartjies sal vanaf volgende Sondag, 1 Februarie beskikbaar wees. Bespreek jou plek betyds en kom kuier saam. Vrouediens: Baie dankie aan die Vrouediensbestuur en gewillige helpers vir die waarneem van teebeurte en blomme in Desember en Januarie. In Februarie is Blok Naomi aan die beurt. Alle vrouelidmate word uitgenooi na môreaand se belangrike vergadering, om 17:30 in die kerk. Inligting oor die res van ons jaarprogram word deurgegee en ander belangrike sake bespreek. Kom asseblief!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Gebedsaksie: Lidmate wat graag deel van ons gebedsaksie wil word deur by ‘n gebedskring/ketting wil inskakel (per sms, telefoon of epos), word hartlik uitgenooi om Elize Ferreira (082 846 2574 of 051-436 6288) of Erna Gouws (082 552 2235 of 051436 5632) te kontak. ‘n Kort toerustingsgeleentheid word op Sondag, 8 Februarie gehou. Almal is welkom: vir voorbidding in ons gemeente of om saam in ‘n gespreks-verhouding met die Here te groei. WYKSBEDIENING Wykskomiteevergadering: Die wykskomitee-toerusting vir alle wyksouderlinge, -diakens, wyksleidsters en hulpe vind op Sondag, 1 Februarie, om 16:30 by die kerk plaas. Sorg dat julle daar is. BARMHARTIGHEID Werkersklas: Ons Werkersklas het die afgelope week begin – Dinsdae om 14:00 in Jeugkamer. Nuwe lede is baie welkom; moedig u huishulp aan om die klas by te woon. Tweedehandse “Shoprider” beskikbaar: ‘n Groot model “Shoprider” (battery-aangedrewe) in puik toestand, vir gebruik deur ‘n gestremde persoon is hier by die kerk beskikbaar teen R 12 000,00. Vir enige navrae of besigtiging kan u die kerkkantoor nader. 4
GETUIENISBEDIENING: ZambiĂŤ: Die Odendaals se seun, Johan, het hier begin met sy studies. As daar iemand is wat hom graag wil bederf met 'n ete of 'n bevrore kossie, kontak asb. vir Erna. Japan: 'n Groep Japannese gelowiges kom kuier DV later in Februarie in Bloemfontein, en dr. Gideon wil hulle graag kans gee om plaaslike gelowiges te ontmoet. As u kans sien om van hulle vir 'n aand of wat te huisves, kontak asb. vir Erna. Bid ook vir hulle besoek - mag dit net so vrugbaar wees as Hanako San se besoek verlede jaar. Program vir die Week van Gebed. Vanaand om 18:00 alleen Maandag, 26 Jan. om 19:00 die Dinsdag, 27 Jan om 19:00 Woensdag, 28 Jan om 19:00 Donderdag, 29 Jan om 19:00 lewe?
Wat beteken dit vir my as gelowige, as ek uit die Woord van God wil lewe? Genade alleen vir my: wat is genade volgens Bybel. Geloof alleen ! Hoe glo ek? Christus alleen! Hoe leef ek? Tot eer van God alleen! Wat gee sin aan my
Kom ons begin die Nuwejaar met gebed en met hierdie 5 basiese uitgangspunte in die Bybel vir my lewe van elke dag – ook in 2009.
5