woord@berg-en-dal kwartaalblad van die ng kerk berg-en-dal posbus 28048, danhof 9310 <woord@berg-en-dal.org> jaargang 5 no 1
Maart 2009
“Laudate omnes gentes” Eerste Taizé-diens aangrypende belewenis Heidi Steyn & Johan Cromhout
’n Wonderlike aanbiddingsgeleentheid. Op Sondagaand, 22 Februarie, was die skip van die kerkruim van Berg-en-Dal gevul met ’n groot groep gelowiges, vol afwagting. Sommige was bekend met Taizé, ander het uit nuuskierigheid gekom – gewone aanddiensgangers; drie handevol tieners en teologiese studente; twee motorfietsryers; middeljariges op soek na vrede tussenin; belangstellende oupas en oumas; selfs ’n paar Engelssprekendes, waaronder ’n jong mediese student uit London.
Bianca Botha, dogter van Werner en Sandra Botha, is in die Graad 2kategeseklas. Ook sy geniet duidelik die tee-drinkery na die diens. Meer foto's op bl 5.
Die gedagte aan ’n plek van skuiling en aanbidding het in 1940 tydens die Tweede Wêreldoorlog by ’n jong Switsers-Protestantse teoloog, Roger Schutz, posgevat. By Taizé in Frankryk het hy, sy suster en ’n paar vriende so ’n plek van veiligheid en vrede tot stand gebring. Behalwe gasvryheid en die selfwerksaamheid van hierdie gemeenskappie, het hul musiek en styl van aanbidding kenmerkend geword. Die fokus van hul dienste is aanbidding, gedra deur genoeg tyd vir stilte, meditasie en aangrypende liedere. Tot met sy dood in 1994, het Jacques Berthier die meeste van die Taizé-musiek gekomponeer – liedere waarvan die teks en melodie betreklik eenvoudig is, uit die Skrif opkom en meditatief (herhalend) gesing word. Die sing daarvan lei tot ’n gunstige atmosfeer vir aanbidding en stilte. Van die bekende Taizé-liedere wat in ons Liedboek opgeneem is en graag in Berg-en-Dal gesing word, is “Kom, prys Hom alle nasies” (224), “Loof die Heer omdat Hy goed is” (221), “Loof die Here, God” (222), “Ons kom prys U, Heer” (225) en “Sing, loof en prys die Heer” (227). In Lydenstyd word “Jesus, o dink aan my” (384) gereeld gesing en by Nagmaalsvieringe, “Eet
“... en gaan na www.berg-en-dal.org” Jan Lubbe Berg-en-Dal is nie meer net by die groot sirkel in Dan Pienaar geleë nie, maar van vandag af ook op die wêreldwye web! Vir die afgelope drie maande is daar baie ure ingesit om ’n lank gekoesterde ideaal te verwesenlik: die loodsing van ’n webwerf vir die gemeente waarop lidmate en ander internetgebruikers relevante inligting oor
die wie, wat, wanneer, waar en waarom van Berg-en-Dal te wete kan kom. Johannes Wessels, voorsitter van Gemeentebediening, onder wie se vlerk die projek beslag gekry het, sê dat daar al geruime tyd oor ’n webwerf vir die gemeente gepraat is.
Na bl 13
die brood, drink die wyn” (303). Op Camisardkampe het Taizé-liedere ook al gunstelinge onder ons tieners geword. Hierdie liedere word in Latyn en ’n groot verskeidenheid van tale gesing. Soos ’n besoeker aan die Taizé-diens in Berg-en-Dal opgemerk het: “Although I couldn’t understand the Afrikaans, the Latin texts of the songs carried the message for me...” Die begeleiding van die sang tydens Februarie se Taizé-diens is deur orrelis Johan Cromhout en ’n groep begaafde jong musici waaronder ’n hele aantal Berg-en-Dallers soos Joanie en Cobus Prinsloo, Rina Schutte, Stephan Bezuidenhout, Bernadette du Toit, Jaco Griessel, Wimpie Greyvenstein en Brigitte Botha gedoen. Kowie en Frances Wessels het die keuse van liedere en herhaling van die woorde, as “effektief” en “bevorderlik” vir gebed beleef. Danielle Gouws, Gr. 11leerling in Eunice, stem saam: ”Die herhaling van die teks het die woorde laat vassteek en mens diep laat nadink oor die betekenis daarvan. ’n Sagte, rustige atmosfeer is deur die kerse wat orals in die kerk gebrand het, geskep – ons kon die gebou
Na bl 2
BINNE Koningskinders . . . . . . . . . . . .3 Kerkjaar in kleur . . . . . . . . . . .4 Doppers, dominees & Darwin . . .9 Skepping of evolusie? . . . . .10 Heilsvaart van JZ . . . . . . . . .13 Kerkmuis . . . . . . . . . . . . . . .16
2
woord@berg-en-dal
Brokkies uit die Kerkraad •
•
•
•
Ringsbesoek: Die jaarlikse besoek van ringsverteenwoordigers aan Berg-en-Dal het tydens die afgelope kerkraadsvergadering plaasgevind – hierdie keer was dit ds. Nico Mostert en oudl. Japie Badenhorst, beide van Hugenoot. Ná die gesprek het die kerkraad besluit om die Ring te versoek om tydens sy komende sitting (17-19 April 2009) oor sy eie samestelling, funksionering en die effektiwiteit van tradisionele “kerkvisitasie” te besin. Hierdie besluit is die uitvloeisel van gesprekke wat verlede jaar in die kerkraad gevoer is oor die sinvolheid van ringsvergaderings wat jaar na jaar net dieselfde sakelys herhaal en nie werklik ’n bydrae tot die bediening in die onderskeie gemeentes lewer nie. Die kerkraad het die Ring ook versoek om die sing van Afrikaanse liedere uit die Liedboek tydens eredienste te bevorder. As afgevaardigdes van Berg-en-Dal na die sitting in April, is die leraars en ouderlinge Kalie Strydom, Maryna Spies en Victor Reitz aangewys. Calvyn – 500-jarige herdenking: Gemeentebediening beplan verskillende geleenthede om vanaf Junie die geboortedag van die Franse Hervormer, Johannes Calvyn (10 Julie 1509) – 500 jaar gelede – te herdenk. Sy lewensverhaal gaan by die Kuierklub deur ds. Jan Lubbe toegelig word; temas uit sy teologie gaan tydens die Pinksterweek hanteer word; en in Oktober gaan ons onder andere van sy Geneefse Psalms sing. Dit is nie sonder rede dat dié Hervormer en sy lewensleuse – “Soli Deo Gloria” (aan God alleen die eer) vanjaar op ons gemeente-almanak pryk nie! Lina Spies besoek Berg-en-Dal: Groot opgewondenheid heers ook by Gemeentebediening oor die besoek van die bekende en bekroonde Afrikaanse digter, Lina Spies, in Augustus aan Berg-en-Dal. In samewerking met die Vrouediens en die Universiteit van die Vrystaat word verskeie geleenthede vir die naweek van 14-16 Augustus gereël, waaronder ’n aand met van haar eie gedigte asook ’n gesprek oor die spiritualiteit van haar psalmberymings (bv. Psalm 23, 42, 139). Teken solank daardie naweek aan. Japanese Christene besoek Bloemfontein: Rondom tafels met sushi en ander Oosterse geregte het ’n aantal Berg-en-Dallers op Maandagaand, 23 Februarie, kennisgemaak met die leefwêreld, behoeftes en drome van Christene wat saam met ds. Tobie de Wet uit Japan ’n besoek aan Bloemfontein en SuidAfrika kom aflê het. Onder hulle was ook dr. Stephan van der Watt, wat binnekort saam met sy vrou, Carina, deur Missie Japan as tweede sendelingpaar daarheen uitgestuur word. Berg-en-Dal se finansiële ondersteuning van Missie Japan is vanjaar aansienlik verhoog.
The joint annual Communion service with DRC Andrew Murray - established through the evangelisation work of dr MTS Zeeman, first pastor of Berg-en-Dal - was celebrated on March 15. Prof Johan van Rensburg, pastor of Andrew Murray, and elder Ben Brink (on this photo) joined elder Trevor Burman (Andrew Murray) and Rev Gert Terblanche and elders Chris de Wet and Winnie von Burick at the Table of Communion. The annual Communion service was established in 1999 and takes place during Lent.
Taizé – só het besoekers dit beleef: “’Sing praises all you people, sing praises to the Lord.’ Paasnaweek 2006 was ek bevoorreg om saam met meer as 4 000 jongmense van regoor die wêreld, hierdie woorde in Taizé te sing. Reeds as student het ek van Taizé gehoor en begin droom van ’n besoek daar. Tydens my verblyf in Engeland het ek en vyf Suid-Afrikaanse vriende toe na hierdie plek van ekumeniese aanbidding gegaan. In die vier dae daar, was ek verras om te beleef hoe stil soveel mense in een gebou kan word en die grootste wonder dat daar geen kerkgrense was nie: die één Jesus Christus vir ons almal! Wanneer ek vandag aan Taizé dink, kan ek steeds die klokke hoor wat die volgende aanbiddingsdiens aankondig en die 4 000 stemme wat sag saamsing: ’nothing can trouble, nothing can frighten. Those who seek God shall never go wanting. God alone fills us.’ Op Sondagaand, 22 Februarie 2009, het ek vir die eerste keer weer so stil kon word: in Berg-en-Dal
se diens, sommer net hier anderkant Prellerplein. Onmiddellik het ek planne gemaak om weer na Taizé te gaan... en natuurlik die laaste Sondag van elke maand by Berg-en-Dal! Baie dankie!” – Mia Vermaak.
Van bl 1 Laudate
(redakteur van die kerkblad van die Christian Reformed Church of America) en Pous Johannes Paulus II het al hier besoek afgelê. Die ideaal is ook dat die Taizé-dienste in Berg-en-Dal ’n ruimte sal word waarin ’n verskeidenheid van mense rus en vrede sal kan vind, in die teenwoordigheid van God en mekaar, en gevoed deur die lees van sy Woord. Daarom word dit ’n “Diens van Woord en Gebed” genoem. Dit vra ’n nederige buig voor God, diepe afhanklikheid van en vertroue in Hom, asook respek en openheid teenoor mekaar sodat ons werklik sáám sal kan sing: “Kom, prys Hom alle nasies.” Laudate omnes gentes.
verlaat met nuwe moed vir die lewe.” Dit was ook die mening van Franck Scheepers, een van Bergen-Dal se kategete: “Vrede – presies wat ek nodig het.” Die tema van die eerste Taizé-diens in Bergen-Dal was dan ook die vrede wat God gee en is met ’n kort meditasie na aanleiding van die Skriflesings uit Psalm 122, Markus 4:35-41 en Filippense 4:4-9 toegelig. Taizé is ná die tragiese dood van broer Roger Schutz in Augustus 2005, steeds ’n oord van vrede en versoening. Dienste word deur mense uit alle lae van die samelewing en Christelike denominasies bygewoon – met name jongmense. Kerkleiers soos Rowan Williams (Anglikaanse aartsbiskop van Canterbury), Wolfgang Huber (president van die Evangelische Kirche Deutschland), DH Postema
“I found the Taizé service at Berg-en-Dal to be a wonderful experience. I was aware of how the worshipping at Taizé originated and what to expect beforehand. It was very spiritual, having time to pray and meditate. The quietness and the atmosphere created by all the lit candles, beautiful music and prayers with the theme of peace were very special indeed. The choice of instruments used for the accompaniment created the appropriate ambiance for worshipping through music. Thank you for the opportunity of escaping the outside world and being able to focus on our Creator in such a special way. I look forward to participating in your Taizé services in future.” – Trix Eagar.
woord@berg-en-dal
3
’n Nuwe jaar as Koningskinders Di Jan en Gert Die begin van die jaar is ’n hele aantal lidmate gesellig verwelkom, sommige wat reeds verlede jaar hier ingeskakel het. Die ouderlinge het by die geleentheid tee geskink vir die nuwe intrekkers. Die volgende gesinne is nuwe lidmate: Flip en Gertruida du Buisson en hul dogter, (Dauphinestr. 17); Dirk en Anmarie Joubert en hul kinders (Henry Faganstr. 25); Pieter en Karen Klindt en hulle kinders (Genl. Hertzogstr. 84); Schalk en Elsie Schoombie en kinders (Raytonweg 21); Elbé Tilsley en kinders (Glen Cedar 5); Pierre en Rita Cilliers (Raytonweg 1); Reanda de Wet (Toon van der Heeverstr. 1); tannie Trudie du Plessis (Siësta 10); Annette Kleynhans (Pentagonpark Heights 9) en Lezé-Marié Lamprecht Surreystr. 2). Dopelinge is skaars en Jaco met klein Franslegs klein Francois Cil- cois Cilliers liers van Jaco en Mandie is gedoop. Geluk ook aan Tinus en Marguerite Wessels wat op 7 Februarie in die huwelik bevestig is. Oom (ds) Johan Steytler van Siesta, Lorette Williams en Lydia de Bruyn wat ernstig siek was, is inWalter Raath tussen oorlede is. Baie sterkte aan Max en Lourens wat hulle geliefdes só mooi versorg het en tannie Rentia wat saam met oom Johan sendingwerk in Malawi gedoen het. Oom Walter Raath wat van die begin van die gemeente ’n pad met Berg-en-Dal geloop het en verskeie termyne in die kerkraad gedien het, is na ’n lang siekte oorlede en troos word toegebid vir tannie Magda en die kinders. Lidmate wat die afgelope tyd groot operasies ondergaan het is: Beatrice Carshagen, Stella Steyn, tannie Suzi Terblanche, oom Japie
243 jaar van genade… Hierdie drietal lidmate verjaar op dieselfde dag (7 Maart). Van links is oudl Flippie Minnaar, Deseré Kemp en tant Johanna van der Walt.
Bester, oom Hennie Human en Marlianne Schutte, Heleen Bosman en Marietjie de Wet. Ons dink ook aan tannie Corrie Olivier (Siësta) wat behandeling ontvang; tannie Rhona Johnson wat sukkel met haar gesondheid en ander soos Rudi van Niekerk wat steeds behandeling ontvang.
Die volgende lidmate het die 80-merk behaal of verbygesteek: Oom Willie en tannie Susan Conradie (90 jaar!); tannie Hettie Holtzhausen, tannie Johanna van der Walt, tannie Kosie Kühn, oom Frank van der Spuy, oom Willie Oosthuizen, oom Flippie Minnaar, oom Flippie Benade en Anna Bobbert: mag dit mooi jare vir almal wees!
Stygende inkomste gee ruimte vir noodsaaklike kapitaalbesteding Danksy stygende inkomste in maandelikse en erediens-dankoffers asook aktiwiteite soos die kermis, kon Berg-en-Dal se kerkraad noodsaaklike instandhoudingswerk aan die kerkgebou, saal en pastorie hanteer asook die kombuis-opknapping as prioriteit van die Vrouediens. Prof. Jopie Botha, voorsitter van Geldsake, het aan woord@berg-en-dal gesê die totale inkomste van Berg-en-Dal (na kollektes oorbetaal) het van R1 446 013 in 2006 en R1 685 978 in 2007 tot R1 891 184 in 2008 toegeneem. Totale uitgawes, inagnemend van waardevermindering asook kapitale besteding, het toegeneem van R1 341 133 in 2006 en R1 572 522 in 2007 tot R2 006 228 in 2008. Die kontant-surplus van bykans R85 000 in 2007 het gekrimp tot R34 000 in 2008. Die kapitaalbestedingsprojekte was noodsaaklike herstelwerk van R25 000 aan die
kerkgebou (die gekleurde vensters aan die sirkel-fasade), R30 000 aan die herstel van die saal se dak na skade deur swaar reën, R82 855 wat die Vrouediens ingesamel het vir die opknapping van die kombuis en gepaardgaande veranderinge aan die Jeugkamer, die aflos van die huurkoopkontrak op die kombi (R59 999) en nuwe oudio-visuele toerusting van R15 000. Byna 10% van die uitgawes is Berg-en-Dal se pro rata-bydraes aan sinodale werksaamhede (Barmhartigheidsdiens, sending, en teologiese opleiding). Geldsake besef die stram ekonomie het 'n negatiewe uitwerking ook op die ekonomiese situasie van die meeste lidmate en salo dus met sorg omgaan met besteding in 2009, het prof. Jopie gesê. Die finansiële state kan in die kantoor besigtig word.
4
woord@berg-en-dal
Kerkjaar verkondig en vier die groot heilsdade van God Kleurvolle kanselklede ’n herinnering Maryna Spies In die herfstyd van elke jaar wissel die kleure van Berg-en-Dal se kanselklede nogal kort op mekaar: van rooi na pers en twee keer na roomwit. ’n Gebruik wat nie as ’n ritueel gesien moet word nie, maar as ’n herinnering aan die groot heilsdade van God in Christus – sy menswording, lyding, sterwe en opstanding – en die uitstorting van die Heilige Gees. Die kerkjaar bestaan in hoofsaak uit drie groot siklusse rondom Kersfees, Pase en Pinkster. Dit begin by ’n viering van die koms van Christus na die aarde: vier Sondae vóór Kersfees gaan ons die Adventtyd binne. Die vernaamste liturgiese simbool is die adventskrans waarin vier kerse aangesteek word. In Berg-en-Dal hang die koningsblou kanselkleed met sy stermotief daarop.
Die rooi kanselkleed met die Alfa & Omega-motief en rooi draperings word die derde Sondag van Januarie aangebring en hang tot en met die laaste Lydensondag (Palmsondag).
1:8). Op Aswoensdag, 46 dae vóór Paasfees, breek die Lydenstyd aan. Dan is die liturgiese kleur dieprooi of purper met die kruis, doringkroon, spykers en palmtakke as simbole. In Berg-enDal word die kandelaar met sewe kerse uitgehaal en elke Sondag word een kers aangesteek. Die rooi kanselkleed hang steeds, maar kan ook afgewissel word met die pers een waarop die doringkroon van Christus te siene is. Lydenstyd loop uit op Palmsondag en die begin van die Groot Lydens- (of Heilige) Week wat die laaste ses dae van Jesus se lydensweg as fokus het – ’n week wat ook in ons gemeente met oggendwydings en ’n Aandnagmaal gedenk word. Dit eindig met
Die wit en swart kanselkleed met die kruis is vir Pase met die swart en wit wat dood en lewe simboliseer. Die sirkel simboliseer God se volmaaktheid wat dood en lewe te bowe gaan.
Vanaf Kersdag tot Epifanie (25 Desember tot 5 Januarie) staan bekend as die “Twaalf dae van Kersfees”. Epifanie is die fees wat die lig se deurbreek in ’n duister wêreld gedenk; tradisioneel ook geassosieer met die verering van die Jesuskind deur die wyses uit die Ooste (Mat. 2:12). Hierna word daar gekonsentreer op Jesus se aardse bediening van sy doop tot die verheerliking op die berg. In Berg-en-Dal het die gebruik ontstaan om in ons eredienste in hierdie tyd, een van die Evangelies as Skrifteks te lees en te preek – vanjaar is Markus aan die beurt. Ons het nie ’n spesiale kanselkleed vir hierdie seisoen nie, maar laat hang alreeds die rooi een met sy silweren goudmotief van die Alfa en die Omega (Open.
Die purper kanselkleed met die doringkroon is vroeër voor die Pasekleed verkry is, gebruik in die Paastyd terwyl dit ook as herinnering aan die soenverdienste met elke Nagmaalsdiens moet hang.
Paasfees – vier ons die uitstorting van die Heilige Gees. Dan ruil die kanselklede in Bergen-Dal weer: ’n roomwit een met ’n duif as simbool van die Heilige Gees, verskyn. ’n Bekende liturgiese kleur vir hierdie tyd is ook vuurrooi, wat ons aan die “vuurtonge” van die eerste Pinksterdag herinner (Hand. 2:3). Met Drieënheidsondag (drie weke ná Pinkster) gaan ons Koninkrykstyd binne. Dan word daar klem gelê op die heerskappy van Christus en die taak en roeping van sy Kerk op aarde. Hieraan herinner die groen kanselkleed ons. Iemand sou tereg kon vra: konsentreer die kerkjaar net op Nuwe Testamentiese gebeure? Wat van die Skepping en Uittog uit Egipte, wat tog óók heilsdade van God was? Dit ís so dat
Die groen kleed met die triskele word in Berg-en-Dal aangewend van die eerste Sondag in Julie tot en met die oggenddiens voor die Kerssangdiens.
Goeie Vrydag en Stille Saterdag, die dieptepunte van die Christelike kerkjaar. Paasfees is die viering van die opstanding van Christus, van die oorwinning wat oor die bose behaal is, van nuwe lewe en geloofskrag in Hom. Wit is die kleur van oorwinning en reinheid (’n nuwe begin) en op ons kanselkleed verrys die kruis as’t ware uit die leë graf en bokant die donker aarde uit. Paastyd duur veertig dae waartydens die betekenis van die opstanding bedink word, tot en met Hemelvaart (Hand. 1:3). Dit word gevolg deur die tien dae van afwagting, wat in die NG Kerk met Pinksterbidure deurgebring word. Op Pinkstersondag – vyftig dae ná
Die blou kanselkleed met die stermotief is die Advent-kanselkleed en word in berg-en-Dal aangebring met die Kerssangdiens en verwyder na die tweede Sondag van Januarie
die Christelike Kerk deur die eeue heen veral op die groot gebeure in die aardse lewe van Jesus Christus gefokus het; in die Judaïsme weer word die Pasga-, Loofhutte- en Purimfeeste gevier. In Berg-en-Dal het dit gebruiklik geword om tydens Koninkrykstyd in die prediking en liturgie aandag aan die Ou Testament te gee, soos verlede jaar met die reeks oor die Tien Gebooie en vroeër die verhale oor byvoorbeeld Abraham, Moses en Dawid. Die sesde kanselkleed van Berg-en-Dal (nie hier afgedruk nie) is die wit kleed met die duif-motief wat hang van Hemelvaart tot en met Pinkster-Sondag. Al die kanselklede is geweef deur Jeanne Joubert.
woord@berg-en-dal
Daardie een lyk lekker...
Laat ek dit probeer...
Nou vir die lekkerte...
5
Ag nee! Jan-Willem, seun van Dewald en Heidi Steyn.
Teetyd na die erediens Die twee bedieningsluike met beter toegang tot die kombuis vergemaklik die bediening van tee nĂĄ die twee eredienste, terwyl die bankies en tafels wat aangebring is gewilde kuierplekke geword het. Opmerklik meer mense geniet nou soggens tee saam in die geselskap van mede-lidmate. Links: Hendrik van Pletzen wys dit is nie net vroue wat 'n teekan kan hanteer nie en hy bedien heel flink vir Jan Buter. Regs: Oom Danny Gouws en Krynauw Cilliers in gesprek by 'n tafel onder die seringbome. Links onder: Die bedieningspunt na die binnehof word ook druk besoek. Hier wag Jaco van der Walt, Stefan de Vries en Riana Johnson Onder: 'n Glimlaggende Zandra Neuhoff is duidelik in haar noppies met die funksionaliteit van die veranderinge wat aangebring is. Benewens die direkte koppeling van die kombuis met die voorportaal (die foto is vanuit die kombuis geneem na die voorportaal) het die Vrouediens ook 'n nuwe yskas en vrieskas aangeskaf, terwyl 'n opwas-kombuis agter op die stoep aangebring is. Weens die noodwendige wysiginge wat in die Jeugkamer aangebring moes word, het die Vrouediens 'n pragtige nuwe kas sowel as 'n lugversorger daar laat aanbring. Zandra het gesĂŞ dit was net deur die samewerking en doelgerigtheid van vroue-lidmate wat die talle vertragings oorkom en 'n eindproduk wat werklik die situasie baie verbeter, bereik kon word..
woord@berg-en-dal Kruis of kruisie? In die komende vier weke gaan Berg-en-Dallers by die Kruis stilstaan én hul kruisies trek – op Goeie Vrydag, 10 April, en Woensdag, 22 April 2009, om presies te wees. Nie die eerste keer dat twee sulke datums vir ons digby mekaar lê nie. Só was dit in 1994 toe miljoene Suid-Afrikaners op 27 April vir die eerste keer hul kruisie op ’n demokratiese stembrief getrek het. Sóook in Mei 1948 toe die Nasionale Party verrassend daardie verkiesing in Pinkstertyd gewen het. Iemand het opgemerk: baie kerkgangers het uit die biduur opgestaan en na die stembus gegaan. En só het die bekende ds. CR Kotzé van Bloemfontein in ’n nog vroeëre bedeling meevoerend gepreek oor die geboortekrip van Christus (in April, eerder as in Desember te dateer) wat digby die wieg van die Afrikanervolk staan (deur hom gesien as 6 April, die datum van Jan van Riebeeck se landing in die Kaap). In sy bevrydingsteologie het ds. Kotzé die ideologiese band tussen geloof en nasionalisme, tussen kerk en volk, daarmee vasgeknoop. Presies wát is die verband tussen die Kruis en ons kruisies? Presies wáár lê die grens tussen die Kruis en ons kruisies? Of, ís daar geen onderskeid nie – soos wat gunssoekende pryssangers, aspirant-premiers en fanatieke skares in ons land tans hul presidentskandidaat as ’n messias opstel? ’n Eerste antwoord wat ons sou moes gee, is dat die Kruis van gans andere aard as ons kruisies is. Daarom is die genoemde preek van ds. Kotzé nét so ’n dwaalleer soos die matelose verheerliking van politieke leiers en hul verkiesingsmanifesto’s vol hemel-op-aarde beloftes. Die Kruis op Golgota was nie ’n revolusionêr-gebalde vuis teen die Romeinse Ryk òf die Joodse Sanhedrin nie, maar ’n teken van oorgawe – God se gee van Homself aan ’n wêreld in Nood (met ’n hoofletter). Daarom is dit ook nie óns kruisies wat ’n verskil maak nie, maar die Kruis – dié bepaal ons saligheid in tyd en ewigheid. En dit troos: wat ookal die uitslag van al die kruisies op 22 April, niks of niemand kan ons uit die hand van die Gekruisigde ruk nie. Dank Vader daarvoor. Maar ons moet tweedens ook antwoord dat daar géén grens, géén afdraaipaadjie tussen die Kruis en ons kruisies is nie. Die Kruis op Golgota het ’n beslissende stem in my besluit oor ’n kruisie op 22 April. Die bevryding waarvan daardie Kruis getuig is ook ’n bevryding uit bande van slawerny, onreg, diskriminasie, vervreemding, vergelding, Vigs, armoede en geweld. Van die Kruis af gaan ’n roepstem uit, die appél van ’n Koning oor elke duimbreed van ons bestaan. Met ons kruisies moet ons daarom soek na reg en geregtigheid, na versoening, na vrede, na die vooruitgang van ons land en al sy mense. Almal. Ja, Kruismense het ’n verantwoordelikheid om hul kruisies te gaan trek. Ons kan nie anders nie.
woord@berg-en-dal
DIE OOP WOORD. . . Lewende Waarheid: die Seun van God! Naby aan die einde van sy evangelievertelling teken Markus die erkenning van ’n Romeinse soldaat op Golgota aan: “Waarlik, hierdie man was die Seun van God” (Markus 15:39). Waarheid in die mond van ’n buitestaander. Nie somaar een van die voetsoldate nie, maar die “offisier, wat reg voor Jesus gestaan het” en gesien het hoe Hy sy laaste asem uitblaas. Heelwaarskynlik ook dieselfde offisier wat later daardie Vrydagmiddag aan goewerneur Pontius Pilatus rapporteer dat Jesus dood is (Markus 15:44-45). Waarheid, maar dood. Klaar. Verlede tyd. Dit is nogal ’n interessante oefening om deur Markus se vertelling te blaai en te sien waar dié waarheid orals opgeklink het, en komende van wie! So lees die heel eerste sinnetjie: “Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só...” (1:1). Op die sand- of klipbank langs die Jordaanrivier, kondig ’n stem uit die hemel dit aan: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.” (1:11). Die “Heilige van God”, skreeu ’n bose gees dit uit (1:24); “Seun van God, die Allerhoogste”, smeek die besetene van Gerasa om genade (5:7). Op die hoë berg waar net Jesus en drie van die dissipels daardie helderblink moment van ver-
BRIEWE P Meer as frummels en kaneelsuiker! Kobus Spies: By die begrafnisdiens van Walter Raath het ek Berg-en-Dal se Gedenkboek gekoop. Wat ’n interessante ontsluiting van die tydperk met ’n treffende inleiding (trouens die hele verhaaltrant van die boek). Ook goed dat die “preek” aangeteken is want dierbare ds Flemming het ’n mens (veral saans) aan die slaap gesus. Ek kan goed onthou toe die gemeente afgestig het. My oupa Spies het die kerkgebou die “kappiekerk” genoem. Baie dankie vir die Psalm-preek met die begrafnisdiens. Ek het Walter Raath in Januarie 1963 ontmoet toe ek, ’n maand na my matriekeksamen, as natagter-die-ore-leerling-ouditeursklerk in Bastionstraat opdaag vir die oudit van die Sendingpers. Sy lewenslange verbintenis met kerksake het bakens soos die ontstaan van die Christelike Lektuurfonds (uit letterlik niks: amper so woes en leeg soos Genesis 1:2), MEMA (nou die bekende Bybelmedia) met Bernardt Stegman (boer uit die Karoo) en Robert Schmidt (sendeling/predikant), Die Ligstraal (maandblad van die NG Sendingkerk – nou VGKSA), die NG Sendinguitgewers (met ds JP Jacobs as hoof) ’n Vertaalburo waar lektuur gelyktydig in sewe tale vertaal en verwerk is, Kerugma (teologiese tydskrif van die NG Kerk in Afrika), die NG Sendingboekhandel, Bartimea skool vir blindes en dowes, Barend van Rensburgkinderhuis en Boiketlong-ouetehuis te Thaba’nchu en nog veel meer. Die totstandkom van die NG Kerk in
heerliking beleef, hoor hulle weer die hemelse stem: “Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.” (9:7). En, word presies dít uiteindelik die aanklag van die Joodse Raad teen Jesus van Nasaret: “Is jy die Christus, die Seun van Hom aan Wie die lof toekom?” (14:61). Laster, wat die doodstraf verdien. Op Golgota: waarheid, maar dood. Vir baie van ons tydgenote is dit ook nie anders. Seun van God? Ag, ’n godemite uit ou Egipte of antieke Griekeland, miskien – dáár was godeseuns nie ’n vreemde gedagte nie. Of ’n status waartoe magshebbers deur waansinnige massas verhef is – in Rome en ook hier. Of ’n sentimentele prentjie op ’n kerskaartjie: God se Seun in ’n krippie, soet en skadeloos. Of ’n geykte sinnetjie in ’n oorbekende geloofsbelydenis wat Sondae saamgeprewel word. ’n Ou waarheid ja, maar niks meer. Verlede tyd. Terwyl dié vier woorde – “Jesus, Seun van God” – op Golgota en in die eerste eeue daarná die bloed laat vloei het. Vra maar vir daardie Romeinse offisier. So: Wie is Hy vir jou? Nou, in hierdie Lydensweke. Ds. Jan Lubbe. Afrika se predikante en evangeliste Pensioenfonds en die oprigting van twee kantoor/fabrieksgeboue in Bastionstraat is die tasbare finansiële bewys van die vrug op sy ywer. Hy kon dit alles “bymekaarhou” en “laat werk”. Sy skerp humorsin het hom dikwels laat opmerk: “die spul prikante bespreek, bid en besluit en ek moet die geld vind!”. Ek meen sy grootste prestasie was, as lid van ’n driemanskap, die druk van die volledige Bybel in Sesotho. Wat ’n nalatenskap! Hy het ’n reuse-bydrae gelewer in die drukkersbedryf en Bloemfontein se sakegemeenskap. Ek het baie jare saam met hom gedien in die bestuur van die Bloemfonteinse Besigheidskamer. ’n Straat in die nywerheidsgebied is na hom vernoem. Walter Raath was nooit skaam oor sy Christelike getuienis nie en het dit daagliks uitgeleef. Min mense het die voorreg om so ’n mentor te kry. Het Berg-en-Dal ’n webblad waarop ek preke kan lees? Ek is baie gelukkig in my gemeente, maar die prediking is soos die melkkossies wat my ouma Spies vir my en neef Jan gemaak het (almal Genl Conroystraat-mense in die feesboek) met frummels in en ’n kaneelsuikertjie bo-oor. Lekker, maar..
Goeie gevolge op gebedsaksie Elise Ferreira en Erna Gouws: Wat ’n tyd van verrassings het die groepie wat gereeld begin saambid het, nie in die afgelope paar maande beleef nie! Ons het gebid vir : • ’n vrou wat ’n groeiende kankergewas gehad het - die gewas het opgehou groei;
Na bl 7
woord@berg-en-dal
'n Teksvers per week is net reg… In die saak van die Koninkryk se uitbreiding na alle nasies is die saad van die Woord ongelukkig op baie plekke skaarser as hier by ons. Daarby is die onvermoë om die Woord te kan lees (soos in gebiede waar lank oorloë gewoed het) ook 'n belemmerende factor, sê oudl. Erna Gouws, voorsitter van Getuienisbediening. Sy het die terugvoering gegee oor gebiede waar Berg-en-Dal betrokke is: •
In Zambië (Berg-en-Dal ondersteun die Odendaal-egpaar te Katete) is daar blydskap oor Bybels wat teen 'n gesubsidieerde prys aangekoop kan word. • In Namibië word plaaslike gelowiges onder die San opgelei om die Woord in die taal van die veld en oorleweringe te laat praat. • In Marokko is die fokus om die Woord lewend te laat bly vir 'n groep gelowiges uit 'n verskeidenheid van lande en tradisies en deur lewenshouding ook plaaslike inwoners te raak. • In Japan gaan die De Wet-egpaar voort om die Woord te ontsluit, meermale ook om sy genesingskrag in mense se lewens vry te stel. Die Van der Watts sal eers vir twee jaar moet leer om die Woord self in Japannees te kan hoor.
Thabo Phuroe (22) wat met 'n beurs van R12 000 per jaar deur Berg-en-Dal ondersteun word in sy teologiese studie. Phuroe is in Mangaung gebore en is tans 'n derdejaarstudent in die Diploma in Teologie. Hy is Sondaemiddae behulpsaam met die Sotho-dienste in Berg-en-Dal.
Van bl 6
Sy vertel van 'n evangelis in China wat aanhoudend moet trek omdat die “godsdienspolisie” op sy spoor was. Sy metode om met die bekeerlinge te werk, is om 'n teksgedeeltes op klippe uit te beitel. Aan elkeen wat hy as leier van 'n groep bekeerlinge aanstel, gee hy vyf klippe. Die leier moet 'n weeklikse byeenkoms vir sy groep hou en gee aan vyf bekeerlinge elkeen 'n klip. Vir 'n week hou die persoon die klip om die teks te oordink en daaroor te bid. By die volgende vertel hulle wat die Here aan hulle oor die gedeelte geleer het. Aan die einde van die byeenkoms word die klippe gegee aan vyf nuwe gelowiges. Met die evangelis se terugkeer na die dorpie gee hy weer vyf klippe met nuwe teksgedeeltes. Die evangelis sê: “ 'n Vers per week is net reg. Dit sorg dat mens se geloof groei teen die tempo van jou hart.”
Briewe
• ’n vrou wat lank nie ’n goeie verhouding met haar skoondogter gehad het nie se probleem is opgeklaar; • Ons beurshouer-teologiese student wat sy kursus geslaag het en wat geen inkomste gehad het nie, het binne ’n week na ons gebid het ’n beroep gekry na die NGKA te Koppies; • ’n vrou wat gesukkel het om ouderdomspensioen te kry, het binne twee weke reggekom; • ’n jong man wat aan diep depressie gely het, baie studieskuld het en nie geweet het wat hy gaan doen nie, is, ten spyte daarvan dat sy kwalifikasies nie heeltemal aan die vereistes voldoen nie, aanvaar om by die universiteit in te skryf; • een van ons saambidders in die gebedsgroepie is vir mediese behandeling hier in Bloemfontein en ’n been is in haar skouer ingeplant en dit het begin groei – ons bid ook dat die spiere sal heg; • ’n man wat probleme met sy gesondheid het se toetsuitslae is positief; • ’n ander saambidder in die groep het probleme met haar skoonseun en kinders. Nadat gebid is vir die hele gesin, het dinge sommer net in plek geval. Die kleinkinders het plek gekry in oorvol klasse, die dogter het werk gekry en die skoonseun het afgesien van sy planne wat die probleme veroorsaak het.
So is daar ander gevalle waarvoor ons ook bid of alreeds gebid het, waar die Here gehoor het en so gou op ons versoeke en gebede geantwoord het. In Openbaring staan daar op baie plekke: “volhard in die geloof”. Daar is ook ’n gebedsketting met twee bene: een word per telefoon aangestuur en die ander per SMS. Die ketting het begin nadat ons twee leraars een Sondagmiddag ons toegerus het om te bid en ons gebedsgroepie het uitgebrei. Posbusse vir gebedsversoeke agter in die kerk en in die saal is daar vir enigeen om ’n gebedsversoek te plaas. Die versoeke word by die weeklikse gebedssamekoms en/of deur lede van die gebedsketting aan die Here opgedra word. Ons bid in die eerste plek dat die Here se plan sy loop sal neem en dat sy Naam verheerlik sal word. Die gedagte is om saam met mense oor situasies te bid – nie om die gemeente se gebedstaak te wil oorneem nie. Ons wil graag hê dat mense sal weet dat hulle nie alleen bid nie. Alle gebedsversoeke sal as vertroulik hanteer word indien dit so verkies word. Persone is welkom om ’n versoek naamloos of onder ’n skuilnaam in te stuur. Dit kan per SMS gestuur word na 082 8462574 of per e-pos na elisfe@telkomsa.net of skakel Erna Gouws by 051 4365632 of e-pos na ernagouws@shisas.com . Ons wil na 3 weke terugvoer kry sodat ons kan weet om die Here te dank waar Hy genade geskenk het en of ons moet voortgaan om die saak aan Hom op te dra.
7
Wie het Hom geslaan? Wie het sy lyding so groot gemaak? Die volk wou Hom stenig. Die soldate het Hom bespot, geslaan, op Hom gespoeg, sy oë toegebind en honend geskree: Profeteer! Jy is mos ’n profeet, Christus – wie het jou geslaan? Pilatus laat Hom gesel. Hul trek Hom ’n purper mantel aan, simbool van koninklikheid, so ook die gevlegte doringkroon op sy hoof. Ons God, ver bo alle aardse gode. Weer is Hy bespot, verneder: Ons groet U, koning van die Jode. Op weg na Golgota, die las te swaar moes Simon sy kruis help dra. Die skare volg en eis sy dood, maar vroue volg en ween oor Hom: Jesus van Nasaret, ons redder en saligmaker. In sy lyding roep Hy sy Vader aan: My God, waarom het U my verlaat? Sterwend strek Hy sy arms uit oor die skare: Vader vergewe hulle, ook die owerpriesters, die skrifgeleerdes, die mensdom vir dade deur alle eeue heen. Profeteer Christus! Wie het jou geslaan? Dit was ook ek. Dit was ek.
– Marianne Koorts, 21/2/2009. Ons begin glo dat ons Jesus met vrymoedigheid mag nader in reaksie op sy woorde ”As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.” (Joh 15:7). Terselfdertyd leer ons om Hom te vertrou, ook as die situasie nie verloop volgens verwagting nie. Hyself is soveel meer en groter as ons probleme.
Groete uit die Paradys Johan en Mirrie Pretorius skryf: Ons is terug in die deel wat ons noem: “n Stukkie van die Paradys”. Maar dit was lekker om te kon deel wees van Bergen-Dal se erediens op 15 Februarie: om nie eers te praat van die ou bekende gesigte, die orrelspel, vol kerkgebou en die heerlike sang. Ons ou dorpie (Keimond) het net een kerkgebou en die eerste Sondag is ons NG, die tweede Anglikaans, die derde Metodis en die vierde Sondag van elke maand het ons ’n “Praise en Worship” diens. Almal ken almal en woon alle eredienste by, maar ons is maar ’n handjievol: sowat 50 op ’n Sondag. Die mense is warm in hul omgee vir mekaar. Lekker gelees aan woord@bergendal Des 2008 en 'n traan gepik toe ek die foto van my goeie vriend Frank Bock gesien het. Is baie bly die Camisards lewe nog, maar ons het ook bewus geword van die klipgooiery in die blad - so eie aan Berg-en-Dal en so onnodig! Mooi loop.
8
woord@berg-en-dal
Die ontstaan van vrye Gereformeerde Kerke sedert 1859
Dordt, lidmate en ’n stryd tussen kerk en meerdere vergaderings Dr Victor E d’Assonville van Kerkgeskiedenis is die geskiedenis van plaaslike kerke as die liggaam van Christus en die geskiedenis van mense se mees persoonlike en intieme geloofsoortuigings. In díe sin is kerkgeskiedenis dikwels traumatiese geskiedenis, hartseer geskiedenis. Hoe gereeld weerspieël die kerkgeskiedenis nie die klaaglike mislukking van ons as sondaars “van nature geneig om God en my naaste te haat” (Heidelbergse Kategismus, Son 2, vr/antw 5) nie? Genadiglik is die perspektief dat ons Here Jesus Christus as “Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ’n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou” ’n groot troos vir elke gelowige, juis en spesifiek in ons belydenis dat ek van hierdie gemeente ’n “lewende lid is en ewig sal bly” (HK, So 21, vr/antw 54). Hoe moet ons nou die gebeure van 1859/1860 beoordeel, toe in die destydse Zuid-Afrikaanse Republiek (Transvaal) en bykans gelyktydig in die Republiek van die Oranje-Vrystaat en in die noordelike streke van die Karoo van die destyds Kaapkolonie ’n aantal vrye gereformeerde kerke ontstaan het? Waaroor het die dekadelange stryd, sowel ten suide van die Oranjerivier asook noord van die Vaal gegaan, ’n stryd wat ook sy merk in die OVS sou laat?
Nederduitsch-Hervormd? Nederduits-Gereformeerd? Gereformeerd? Ons moet ’n endjie verder terug in die geskiedenis gaan kers opsteek en ook ’n ent na vore gaan. Wat laasgenoemde betref is dit opmerklik dat in die SA kerkhistoriografie (spesifiek in die 20eE) ’n debat plaasgevind het tussen kerkhistorici van die NHK (die Nederduitsch-Hervormde Kerk van Afrika – vgl. SP Engelbrecht se boek, Geskiedenis van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) met die NG Kerk (met bv GD Scholtz as een hoofsegsman). Op die oog af het dit gegaan oor wie die wettige, korrekte naamdraer en voortsetter is van die oorspronklike Nederlands-Kaapse kerk van die 17eE. Natuurlik gaan dit oor meer as ’n naam: dit gaan oor wie die ware erfgenaam van die kerkplanting van 1652 is - die NHK of die NGK? Vroeër in die 20eE (in 1909) skryf Jan Lion-Cachet sy Gedenkboek van het 50-jarig bestaan der Gereformeerde Kerk van Zuid-Afrika. Hy begin die boek met die gebed van Jan van Riebeeck, 1652, waar gebid word vir die voortplanting van die “ware Gereformeerde Christelijke Leere”. Daar is “... van eene eigenlijke stichting voor vijftig jaar (1859 – VEd’A) ... geen sprake ..., wel van eene herstichting, van eene nieuwe openbaarmaking. Onze Kerk is slechts de historische voortzetting van de Geref. Kerk van 1652.” Drie groeperinge (kollegialisties sou mens kon formuleer: drie “kerke”) ... en aldrie maak dieselfde aanspraak. Die aanspraak duur voort: In 2002 ver-
skyn ’n koffietafelboek, NG Kerk 350. Een honderd bakens in die geskiedenis van die NederduitsGereformeerde Kerk 1652-2002 (G Hofmeyer, red.) sowel as bydraes van ’n konferensie in Stellenbosch onder die titel 350 Jaar Gereformeerd (P Coertzen, red.). Die titels spreek vanself. So ook die amptelike webwerf van die NHK wat hierdie kwessie reflekteer: “Sedert 1824 het die Kaapse Kerk die naam Nederduitsch Hervormd gehad en die Voortrekkers het hierdie naam behou. (Die Kaapse Kerk sou na 1842 as die Nederduitsch Gereformeerde Kerk bekendstaan.)” (vgl. http://www.nhk.co.za/index.php?page= nhkaoorsig2 )
1652, 1838 of 1859? In die tydperk 1830’s tot die 1850’s sou gepraat kon word van die Nederlands-Kaapse kerk (term van Dolf Britz), waarvan ’n deel, die Voortrekkers, na die noorde getrek het. Sowel in die suide as in die noorde gebeur iets anders wat kerkhistories sy aanloop neem totdat dit in 1859/1860 uitmond in vrye gereformeerde plaaslike kerke wat tot stand kom: Rustenburg, Pretoria, Potchefstroom, Waterberg, Lydenburg, Reddersburg, Burgersdorp, Middelburg (Kaap), Colesberg ... Sedert die einde van die 1850’s kristaliseer in albei die streke die volgende voortsetting van die oorspronklike Nederlands-Kaapse kerk: In die suide (Kaapkolonie) is een lyn die NGK (ook in die OVS sou hierdie situasie neerslag vind), en die ander lyn die Gereformeerde Kerke – vry van die “landskerk”, en só ook vry van die staat. In die noorde (Transvaal) is een lyn die NHK, en die ander lyn die Gereformeerde Kerke – vry van die volk-/ staatskerk, dus vry van die staat. (Later sou die NGK'n Gravure van Dordt lyn ook in die noorde bykom.) De facto is daar in die kerkgeskiedenis wat die Nederlands-Kaapse kerk betref tot en met die Groot Trek, een lyn, daarna (vanaf die Groot Trek) verdeel hierdie lyn in ’n suidelike en ’n noordelike been, en, sedert 1859 vind mens drie verskillende lyne as voortsetting van die Nederlands-Kaaps kerk: die NGK, die NHK en die GKSA. Kerklike genootskap vs Dordt Sekere ontwikkelinge aan die Kaap in die begin van die 19eE kan as agtergrond vir die kerklike situasie gesien word: Kommissaris JA de Mist se kerkorde van 1804 (kerk word nou as ’n genootskap gesien – diensbaar aan die staat met ’n vreemde Godsbegrip), die gepaardgaande intog van die kollegialisme in die Nederlands-Kaapse kerk, die rol van die
die Akademie für Reformatorische Theologie en die Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies, voorheen leraar van die GK Colesberg en Philipstown, is die outeur van die artikel ter herdenking van die 150-jarige bestaan van die vrye Gereformeerde Kerke in SA. In die volgende uitgawe sal hy fokus op die uitdagings in die tydgees wat gereformeerdes (in sowel die NGK as die GKSA) konfronteer. Gesange (ingevoer in 1812), die Algemene Kerkvergadering van 1824 (die idee van ’n “Nederlands-Kaapse Kerk” as sentrale kerkorganisasie): dit alles word deur lidmate ervaar as faktore, minder of meer simptomaties van ’n ander tydsgees. In die suide (Ring van Graaf-Reinet se optrede, dekades lank) en in die noorde (Algemene Kerkvergadering) groei protes teen die kollegialisme – kerklike vergaderings wat hulle gesag in die plaaslike kerk wil afdwing en die toenemende feit dat die “kerkverband” (die Ring van Graaf-Reinet in die suide/die Algemene Kerkvergadering in die noorde) die plaaslike kerk of die lidmate bó die Skrif probeer bind. Teologies (soos dikwels in die kerkgeskiedenis) is die vraag oor die gesag in die sentrum. Lê die gesag by die (meerdere) kerklike vergadering of by die kerkraad? Beide standpunte beroep hulle op Christus en sy Woord. Maar hoe word sy gesag bedien? In sowel die suide as die noorde kulmineer probleme weens verskillende opvattings oor “leer” en “diens” in die “gesangestryd”. Die vraag oor die kerklied word deur lidmate, waaronder ouderlinge – sonder betrokkenheid van teoloë – as ’n dieperliggende teologiese vraagstuk oor Skrifgesag en die belydenis gesien. Oor die stigting van die Gereformeerde Kerk Colesberg op 8 Desember 1860 skryf Hester du Plessis (née Venter, vrou van oudl ID du Plessis) bv. later in haar aantekeninge, dat dit ’n teruggryp is na “de waarheid van 1618 en 1619”. Die “waarheid van 1618 en 1619” beteken natuurlik die Drie Formuliere van Enigheid en die Dordtse Kerkorde. Trouens, dit was as ’t ware deurgaans ’n slagkreet van die strewe in die helfte van die 19eE: Terug na Dordt! As teologiese motivering vir die gewone lidmate het veral “Gods onfeilbaar Woord” gegeld, met beroepe op die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikels 7, 27-29. Sowel in die Kaapkolonie as in die Transvaal het die verskille wat sedert 1859 op die ontstaan van die Gereformeerde Kerke uitgeloop het, teologiese en konfessionele dimensies gehad; in beide gevalle het
Na bl 9
woord@berg-en-dal
9
Doppers, Dominees en Darwin Jan Lubbe Die jaar 2009 lewer ’n aantal uiteenlopende herdenkings op: van die kerkhervormer Johannes Calvyn se geboortedag 500 jaar gelede tot die vader van die evolusieteorie, Charles Darwin, s’n 200 jaar gelede; en van die Barmen Verklaring in 1934 (die verwerping van die Naziïsme deur Duitse evangeliese Christene) tot die val van die Berlynse Muur (en kommunisme) in 1989! Drie “honderd-en-vyftigjarige” datums is vanjaar vir gereformeerde Christene in ons omgewing van belang: Op 11 Februarie 1859 is die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika naby Rustenburg gestig. Hierdie kerke het onder gereformeerde Christene in die Noordooskaap (bv. rondom Burgersdorp) en oorkant die Vaalrivier totstandgekom; lidmate wat frustrasies beleef het met die bediening van Skotse leraars in die Kaapse Kerk, te weinig prediking oor die uitverkiesingsleer en belydenisskrifte, en die dwingende aansprake van kerkvergaderings (bv. oor die sing van “Evangeliese Gesange”). Hulle was ook bekend vir ’n innige vroomheid en ernstige lewensbeskouing, gevoed deur die gemoedelike spiritualiteit van die Nadere Reformasie. Met die koms van ds. Dirk Postma (1818-1890) uit die Christelik-Gereformeerde Kerke in Nederland na die Kaap, het hierdie lidmate by hom aanklank gevind en hulle uit die die Kaapse (NG)en Transvaalse (Hervormde) Kerke losgemaak. Daar sou wél ook gereformeerdes in die Kaapse Kerk agterbly. In 1866 is Postma na Burgersdorp beroep en sou hy daar met teologiese opleiding begin. Ná die oorlog (1904) sou hierdie opleiding na Potchefstroom verskuif, waar die bekende JD du Toit (Totius) professor geword het – ook eindvertaler van die Afrikaanse Bybel (1933) en volksdigter van ons Afrikaanse Psalmberymings. Vandag tel die GKSA meer as 400 gemeentes onder verskillende
Van bl 8
Dordt
die spanning al oor jare, selfs dekades gestrek; in beide gevalle is dit lidmate, diakens en ouderlinge wat die jarelange stryd meemaak – sonder enige dominee aan die kant van dié wat hulle met Dordrecht wil assosieer (ds D Postma verskyn eers 1858 op die toneel). Dit plaas 1859/1860 binne ’n wyer konteks van soortgelyke gebeure op grond van vergelykbare teologiese redes: 1834 in Nederland (en later, hoewel daar addisionele faktore was, ook in 1886); 1843 in Skotland; 1849 in Frankryk; 1857 in Noord-Amerika; en verder in die 19eE op vergelykbare wyse in Switserland en Noord-WesDuitsland (aan die Nederlandse grens). Opvallend is dat die gebeure rondom die ontstaan van die GKSA minder ’n geskiedenis rondom persone of teoloë was, en meer ’n geskiedenis van lidmate - dikwels nie eers ouderlinge nie - in hulle oortuiging van ’n belydenisbinding, in hulle strewe om by “Dordt” te bly ...
van die Kweekskool in Stellenbosch is in die afgelope week met ’n internasionale konferensie gedenk, die bekendstelling van ’n pragtige gedenkboek en verdere feesvieringe in November.
Totius
Kweekskool
Darwin
bevolkingsgroepe, verenig in één Algemene Sinode en met nagenoeg 100 000 lidmate. Vir meer inligting oor hul feesjaar – met die mooi tema: “Klein voor God” – sien die GKSA-webblad by www.gksa.org.za. In dieselfde jaar, op 1 November 1859, is die deure van die ou Drosdy in Stellenbosch oopgestoot vir teologiese opleiding – die opening van die Teologiese Seminarium van die Kaapse (NG) Kerk, waar ook ds. Gert Terblanche vir die bediening opgelei is. Die eerste twee professore was NJ Hofmeijr en John Murray; in later jare gevolg deur bekendes soos BB Keet, FJM Potgieter en WD Jonker. Tot 1859 is Kaapse studente in Leiden en Utrecht (Nederland) vir die bediening opgelei, maar kommer oor moderne invloede dáár en as ’n verweer teen ’n opkomende liberale teologie hier plaaslik, het die Kaapse Kerk laat besluit om met ’n eie opleiding te begin. Dit is dus nie sonder rede dat die Kweekskool in Stellenbosch as “ortodoks” (later “evangelies”) bestempel is nie. In die 1930‘s het die berugte leerstryd rondom prof. J du Plessis (voorstander van ’n nuwe Skrifbeskouing) diep letsels gelaat. In 1963 het die Kweekskool amptelik ’n teologiese fakulteit aan die US geword en sedert 2000 vind die teologiese opleiding van die VGK en Presbiteriaanse Kerk ook hier plaas. Die geskiedenis
Nét drie weke later – op 22 November 1859 – het ’n opspraakwekkende boek in Engeland verskyn: “On the Origin of Species”, geskryf deur Charles Darwin, ’n Britse natuurkundige, gebore op 12 Februarie 1809 – vanjaar twee eeue gelede. Die jong Darwin het tussen 1831 en 1836 ’n seereis aan boord van die HMS Beagle tussen Engeland, Australië en Suid-Amerika meegemaak en ook in Kaapstad aangedoen. Tydens sy reis het Darwin besondere waarnemings gemaak oor geologiese afsettings, plant- en dierespesies en dit in “The Origin of Species” gepubliseer – ’n boek wat denke oor die ontstaan van spesies en die mens ingrypend verander het. Hierin het hy ’n gemeenskaplike afkoms van spesies beredeneer en gestel dat “... whilst this planet has gone cycling on according to the fixed law of gravity, from so simple a beginning endless forms most beautiful and most wonderful have been, and are being, evolved.” Darwin is in ’n Anglikaanse Kerk getroud met Emma Wedgewood en hulle het tien kinders gehad. Ná die dood van hul dogter Annie in 1851, het hy afskeid van die kerk en Christendom geneem en ’n agnostikus geword. Op 19 April 1882 is hy oorlede en (eervol!) in die bekende Westminister Abbey begrawe. Sy nalatenskap word vanjaar wêreldwyd herdenk, ook hier plaaslik aan die UV – jammer egter, is dat ’n besinning oor die invloed van Darwin se teorie op die 19e eeuse teologiese- en volkekundige opvattings in die feesprogram ontbreek!
Ons bure by die ander sirkel Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord met wie Berg-enDal jaarliks 'n gesamentlike aanddiens hou op Hervormingsondag, sal in Oktober 48 jaar bestaan na hul afstigting uit die GK Bloemfontein-Wes. Die kerkgebou (die kerk by die ander sirkel) is op 25 September 1965 in gebruik geneem. Die kerk het tans 669 doop- en belydende lidmate (die grootste getal sedert stigting) met 42.6% jonger as 30 jaar. Ds Kobus Botha is die vyfde leraar en is in Desember 2008 bevestig. Die vorige leraars was ds Theuns Potgieter (1998 - 2008), dr Hubrecht van Dalsen (1971 - 1998) en ds JJ de Wet Kruger en ds JLJ Snyman. Katkisasie word elke Sondagoggend na die erediens gehou vir Gr 1 - 7-leerders met Gr 8, die voorbelydenis-klas asook die Ds Kobus Botha by die hoeksteen van die kerkgebou op belydenisklas wat op Woensdae-aande kategese het. Kinders die hoek van Dealeweg en Kiplingstraat. Die hoeksteen in koshuise word na en van klasse vervoer. Drie is deur die eerste leraar, ds JLJ Snyman, onthul. In die Bybelstudiegroepe vergader met die byeenkoms vir studente seel van die Gereformeerde Kerke staan: Die poorte en werkende jongmense Woensdae-aande. Groot getalle van die hel sal dit nie oorweldig nie! studente woon die Bybelstudie by. Die Gebedsgroep vergader elke tweede week te Serenitas en die uurlange byeenkoms open met gebed en sang, waarna Bybelstudie van sowat 20 minute volg. Daarna word gevra waaroor voorbidding en danksegging gedoen moet word, en word tyd gegee vir stil gebed. Een lidmaat sluit af met 'n dankgebed. GK Bloemfontein-Noord is sedert 1975 by die Lesotho-Uitreikaksie betrokke en skakel met twee plaaslike kerke: die GK Bethel in Mafeteng en die GK Thaba Khubetsoana (Mohale's Hoek). Die twee kerke word elke maand besoek.
10
woord@berg-en-dal
Evolusionisme is ’n nie-wetenskaplike geloof “Om te glo God het deur evolusie geskep, is om twee Here te dien” Die neo-Darwinistiese evolusionisme word nie soseer deur wetenskaplike feite in stand gehou nie, maar deur die aanhangers se onderliggende nie-wetenskaplike geloof in die afstammingsleer, aldus prof Danie Strauss. woord@bergendal het met hom gepraat na aanleiding van die 200-jarige herdenking van die geboorte van Charles Darwin, die vader van die evolusionisme, wie se publikasie in 1859 “On the Origin of Species by means of natuiral selection or The Preservation of Danie Strauss Favoured Races in the Struggle for Life” ongekende invloed uitgeoefen het. Strauss wys op verskillende uitgangspunte in die biologie wat elk ’n ander aspek van die skepping vergoddelik – strominge soos die meganistiese standpunt, die fisikalistiese standpunt (neo-Darwinisme), die vitalisme, organismiese biologie, holisme, pan-psigisme en die emergensie-evolusionisme? Die voorstanders van die standpunt dat God deur evolusie skep moet meer eksplisiet word: ingevolge welke evolusie-teorie sou God dan te werk gegaan het? Om enersyds die skeppingsgeloof te handhaaf en andersyds een van die evolusieteorieë is problematies en ’n poging om twee Here te dien. Strauss wys op drie lastige knelpunte in die neoDarwinistiese afstammingsverhaal, nl die ontstaan van die eerste lewende dinge, die evolusionisme se onmag om die ontstaan van onherleibare komplekse sisteme te verklaar, asook die feit dat die fossielrekord Darwin se verwagtinge weerlê het. Die ontstaan van die eerste lewende dinge bly ’n groot verleentheid vir evolusioniste. Hoewel bioloë deur die loop van die 20ste nog daaroor gespekuleer het, staan almal tans slegs voor die verstommende raaisel daarvan. Behe (’n biochemikus) skryf byvoorbeeld in 2003: “The story of the slow paralysis of research on life’s origin is quite interesting, but space precludes its retelling here. Suffice it to say that at present the field of origin-oflife studies has dissolved into a cacophony of conflicting models, each unconvincing, seriously incomplete, and incompatible with competing models. In private, even most evolutionary biologists will admit that they have no explanation for the beginning of life.” Aan die hand van die komplekse aard van die menslike oog argumenteer Behe vir die erkenning van “onherleibaar komplekse sisteme”. Die aard van onherleibaar-komplekse sisteme benodig die gelyktydige teenwoordigheid van alle interaktiewe dele. Die kern-probleem is dat geleidelike veranderinge (soos tallose mutasies) ontoereikend is om die aard van dergelike sisteme te verantwoord. Behe wys daarop dat ’n “evolusionêre verklaring” van iets soos die oog hopeloos is – om nie eers te praat van die toevallige ontstaan van die eerste lewende sel nie: “Anatomy is, quite simply, irrelevant. So is the fossil record. ... The fossil record has nothing to tell us about, say, whether or how the interactions of 11cis-retinal with rhodopsin, transducin, and phosphodiesterase could have developed, step by
step.” Die problem vir Darwin is juis hierin geleë, want hy was oortuig dat indien dit nie aangetoon kan word dat enige komplekse orgaan deur tallose, klein opeenvolgende veranderinge ontstaan het nie, sy teorie totaal gefaal het. Darwin skryf in 1859: “If it could be demonstrated that any complex organ existed, which could not possibly have been formed by numerous, successive, slight modifications, my theory would absolutely break down.” Die feit dat neo-Dariwiniste nie wil toegee dat hul teorie inderdaad (in die lig van pas-genoemde voorbeeld) “platgeval” het, is slegs te verklaar uit hul onderliggende nie-wetenskaplike geloof in die afstammingsleer van Darwin, reken Strauss. Die fossiele-rekord Van deurslaggewende belang vir Darwin sou fossiele te wees en vir ’n baie lang tyd het neoDarwinistiese paleontoloë (fossiel-deskuniges) lippe-diens aan hierdie hoop gelewer. Teen 1972 het die paleontoloë Gould en Eldredge eksplisiet erkenning begin gee aan die diskontinuïteit en die abrupte (plotselinge) verskyning van nuwe tipes. Hulle beklemtoon sedertdien dat stasis (konstansie) dominant in die fossielrekord is. In ’n werk uit die jaar 2006 word Eldredge aangehaal: “Gould and I claimed that stasis (= immutability,
stand-still), and not change, is the dominant theme of the fossil record”. Hy vervolg met die opmerking: die meeste soorte “enter the evolutionary order fully formed and then depart unchanged”. Eldredge merk dan op “and this destroys the backbone of the most important argument of the modern theory of evolution”. Stark haal Gould aan wat beweer “the extreme rarity of transitional forms in the fossil record (the professional secret of paleontologists) is the most prominent problem for Darwinism”. Eldredge se opmerking is nog meer betekenisvol: “We paleontologists have said that the history of life provides support for the interpretation of gradual development through natural selection while we all the time knew that it was not true.” In 2001 skryf Sterelny: “This standard story seems to run slap-bang into a nasty fact. About 530 million years ago, the fossil record seems to show that most major animal groups appeared simultaneously. In the ‘Cambrian explosion’, we find segmented worms, velvet worms, starfish and their allies, mollusks (snails, squid and their relatives), sponges, bivalves and other shelled animals appearing all at once, with their basic organization, organ systems, and sensory mechanisms already operational. We do not find crude prototypes of, say, starfish or trilobites.
Na bl 11
’n Voorbeeld van die uniekheid van die mens By geboorte is die posisie van die menslike larinks dieselfde as die van alle soogdiere. Dit is omdat die suigeling tydens voeding ’n weg vir die melk benodig wat geskei is van die asemhalingsweg – daarom kan ’n baba rustig asemhaal terwyl gedrink word. Soos in die geval van alle soogdiere is die menslike baba in die stadium juis as gevolg van hierdie skeiding nie in staat om te praat nie. Eers deur die geleidelike verwydering van hierdie skeiding wat teweeg gebring word deur die afwaartse beweging van die larinks wat die groter farinks-ruimte vrymaak, word die mens in staat gestel om te kan praat. Slégs die mens besit tussen die neusholte en die strottehoof ’n tussengebied in die keelholte waar die lug- en voedingsweë vrylik kruis en wanneer die beweeglike strotkleppie die “verkeer” nie effektief reël nie, verstik ons. (Goerttler, Portmann en Laitman). Streng gesproke besit die mens nie spraak-organe nie. Geen enkele orgaan is uitsluitlik verantwoordelik vir die voortbring van taalklanke nie. Elke orgaan wat ’n rol speel by spraakuitinge het primêr ’n eie tipiese funksie in die menslike liggaam waarvan die werking ongehinderd voortgaan selfs as die mens nooit ’n woord uiter nie. Taaluitinge neem slegs die verskeidenheid eiesoortige organe in diens: die brein, longe, strottehoof, mondholte, verhemelte, tande, lippe en neusholtes. Die hoogontwikkelde en verstommend-fyne samespel van dermate heterogene organe in die voortbrenging van taalklanke stel ’n uitsiglose opgawe aan die poging om ’n evolusionistiesoorsaaklike verklaring daarvoor te bied (Overhage).
woord@berg-en-dal
11
Hoe stort ’n magtige moondheid in duie? Louise Cilliers Op 4 September 476 n.C. is die laaste Romeinse keiser, ’n sestienjarige seun, deur ’n groep Germaanse soldate gedwing om te abdikeer en sy kroon en septer aan hulle te oorhandig – ’n gebeurtenis wat in die gekiedenis as die einde van die Ryk gesien is. Om verskeie redes word daar vandag ’n ander siening gehuldig: eerstens is slegs die Wes-Romeinse deel met Rome as setel hierdeur geraak; in die oostelike deel sou die hoofstad Konstantinopel eers in 1453 deur die Turke ingeneem word. Alhoewel Grieks die amptelike taal daar was en dit al sedert die 7e eeu as die Bisantynse Ryk bekendgestaan het, het burgers in die ooste hulself steeds as “Romeine” beskou en met ’n senaat en konsuls gefunksioneer. Tweedens: al het die verdeling tussen wes en oos in 395 n.C. plaasgevind, is groot dele van die westelike Ryk selfs ná 476 nog vanuit Konstantinopel regeer. En derdens: die Romeinse Ryk het nie oornag tot ’n val gekom nie; in die laaste twee dekades vóór 476 n.C. het marionettekeisers regeer, aangestel en afgesit deur Germaanse leëraanvoerders – by wie die werklike mag toe al gesetel was. Die landstreke van Gallië, Spanje en Noord-Afrika was lankal onder beheer van die Franke, Bourgondiërs, Visigote en Vandale. Die “val” in 476 n.C. sou dus in feite slegs die paleis-amptenare raak; gewone burgers sou nie eers meer daarvan weet nie.
Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Te midde van die wetenskapsteorieë oor die ontstaan van die wêreld en lewe, klink die konfronterende vraag wat God aan Job gestel het: “Waar was jy toe ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het!” Prof Dolf Britz het in die aanddiens van 1 Februarie oor skepping en evolusie, gesê die konfrontasie van Job kan met 'n teenvraag voortgesit word: “Wie was dan daar toe die hemel en die aarde uit niks geskep is nie?” Die Skrif is duidelik oor wie wel daar was toe die skepping geskied het, nl God as Skepper, Christus en die Gees. Terwyl gepraat word van fondamente van die aarde (Job 38) en van die son en die maan as die groot ligte (Gen 1), het wetenskaplike ontdekkings nie die Skrif aangetas nie. Anders as die Roomse kerk wat Copernicus verketter het, het Calvyn reeds in 1554 geskryf oor Genesis “natuurlik weet ons dat die maan kleiner is as Saturnus...” en vir daardie tyd is dit 'n merkwaardige standpunt. Calvyn verklaar Genesis se opmerkings oor die son en die maan as die groot ligte as seëninge vir die aarde. Christus gaan die skepping vooraf en kom nie eers met die skepping na vore nie. Sy heilswerk is ook nie uit die skepping af te lei nie. Die skeppingswerklikheid is 'n gestalte van die God se genade en die oorsprong en ontstaan van die alles kan nie vanuit die werklikheid self verklaar word nie. Die teoriee wat oor die skepping en lewe se oorsprong en ontstaan handel, kan tereg soos Job gekonfronteer word: “Waar was jy...”
Die Woensdagaand Bybelstudiegroep lees geruime tyd al die laaste Bybelboek, die “Openbaring aan Johannes”. Hierin kom verskeie subtiele en simboliese verwysings na die Romeinse Ryk na vore. Teen die einde van die boek gaan dit oor die “val van Babilon”, wat met die wêreldmag van destyds - Rome - vereenselwig is. Ongeveer drie eeue later sou die Romeinse Ryk inderdaad tot 'n val kom. Waarom? Die vraag kom dus op hoe die eens magtige Romeinse Ryk in die weste sonder slag of stoot deur “barbare” oorgeneem is, terwyl die oostelike deel bly voortbestaan het? Antwoorde hieroop loop uiteen. Heidense skrywers in die 5e eeu, het dit daaraan toegeskryf dat die Romeinse gode nie meer aanbid is nie; Christenskrywers weer het geoordeel dat dit God se straf is oor die sedelike verval en onderdrukking van die armes (Openbaring 18). In die 18e eeu is gemeen dat die moraal van die Ryk ondermyn is nadat die Christendom tot staatsgodsdiens verklaar is (325 n.C.) en dat die bittere godsdienstwiste die eenheid daarna verswak het. Ander redes soos malaria, uitputting van die grond, die vestiging van Visigote binne die grense van die Ryk, ’n groot plaag in die tyd van Marcus Aurelius en klimaatsveranderinge is al geopper. ’n Belangrike rede wat niks met veral in Rome te doen gehad het nie, was die volksverhuisings in Europa en Asië vanaf die 4e eeu. ’n Kettingreaksie is ontketen: barbaarse stamme soos die Hunne, Gote en Vandale is na die Weste gedryf tot teen en later oor die grens van die Ryn- en Donauriviere. Dié was weens die lengte daarvan, baie moeilik verdedigbaar. In 410 n.C. het Alaric en sy
Van bl 10 Evolusionisme Moreover, we do not find common ancestors of these groups … This abrupt and explosive evolutionary radiation of the Cambrian seems to be unique”. Strauss stel die Bybel openbaar God as die Skepper van hemel en aarde: die heelal. Tyd self is ’n skepsel en elke proses van tydmeting is self ’n verloop van tyd wat ’n funderende tydsorde veronderstel. Daarom kan skepping nooit gedateer word nie – elke proses van datering veronderstel rééds die orde van die skepping. Dit is juis die taak van die natuurwetenskap om God-gestelde natuurwette na te speur deur die gedrag van skepsele, wat die maat van hierdie wette weerspieël, te ondersoek. Uit die wetmatighede van skepsele kan ons natuurwetenskaplik die maat-gewende wette vir die skepping opspoor. Die Bybel as Skrif-woord verwys ons na hierdie Wet-woord (Skeppingswoord) vir skepsele. Wie saam met talle kreasianiste meen Genesis bevat natuurwertenskaplike gegewens wat deur
Visigote Italië binnegeval en verwoes; in 452 was dit die Hunne onder Atilla; drie jaar later is Rome vir twee weke lank deur die Vandale geplunder. Hierdie herhaalde aanvalle het die Romeinse leërs uitgeput en die land verwoes. Dit staan in teenstelling met Konstantinopel wat agter sy massiewe mure verskuil gelê het en boonop die voordeel van ’n rustigheid onder die Partiërs van die 4e en 5e eeue kon geniet. Die verdeling van die Ryk tussen oos en wes (395 n.C.) het die weste gaandeweg verswak – daar het nie meer militêre bystand vanaf Konstantinopel met sy groter rykdom en mannekrag gekom nie. Gevolglik moes die weste almeer van huurtroepe gebruikmaak wat uit die omliggende barbare gerekruteer is; soldate wie se lojaliteit onder verdenking was. Uiteindelik moet ekonomiese agteruitgang ook as ’n rede vir die val van Rome genoem word. Vir te lank is volhard met primitiewe landboumasjinerie en die stelsel van kleinboere en huurpagters, wat nie meer die belasting, huurgelde en groterwordende burokrasie kon bekostig òf die groeiende aantal monde kon voed nie – om van die massas werkloses in die stede nie eers te praat nie. Die langtermyngevolge van die Germaanse invalle rondom 476 n.C. en die val van die Wes-Romeinse Ryk was nie net negatief nie. Op politieke gebied het dit ’n einde gemaak aan die despotisme in die latere keisertyd, asook die korrupte, tirannieke burokrasie en verlammende belastings. Toe die Renaissance uiteindelik aanbreek, was mense bevry uit die boeie van hierdie verlede en kon denkers uit Italië met nuwe oë na die antieke wêreld kyk en die beste daaruit haal sonder om daardeur gebind te wees.
natuurwetenskaplikes as “reg bewys” kan word, het subtiel reeds aan die wetenskap ’n hoër gesag as die Bybel toegeken. As die natuurwetenskap kan “bewys” dat die Bybel “reg” is, kan dit ewe goed “bewys” dat die Bybel “verkeerd” is! In Psalm 19 lees ons dat die hemele die eer van God vertel en die uitspansel die werke van Sy hande verkondig. Sedert die skepping is God se ewige krag en goddelikheid sigbaar (Rom. 1:1920) – wat verklaar waarom die Nederlandse Geloofsbelydenis stel dat ons God eerstens uit die skepping ken. Daarom is elke poging om die skepping vanuit een of ander vergoddelikte aspek (of toevalsproses) te verklaar (soos in die verskillende biologiese standpunte hierbo vermeld) gedoem om in stryd te wees met ’n Bybelse perspektief op die skepping. Wie in die wetenskap erns wil maak met die Koninskap van Christus sal rekening moet hou met die verskil tussen Skepper en skepping en sal afstand moet neem van die vergoddeliking van enigiets in die skepping.
12
woord@berg-en-dal
Ekonomiese groei: afskaling is soos die wegsteek van 'n talent Johannes Wessels 'n Kern-argument van dr Gideon van der Watt in sy walgooi-preek teen groei (16 Sept 2008) was die oorbenutting van hulpbronne en hy het 'n beroep gedoen op afskaling. Hy het ook gesê hulpbronne is tog nie net aan die mynmagnate gegee nie. Olie is sedert die oliekrisis van die 70s die groot voorbeeld van waarskuwing: wat gaan oorbly vir die nageslag? Hoe skaarser en duurder olie word, hoe meer word alternatiewe kragbronne ingespan. Koper was 'n gesogte metaal, maar die aanwending van optiese vesel en sateliet-kommunikasie het koper meer as 20 jaar redelik waardeloos gemaak totdat die Chinese nywerheidsomwenteling die vraag laat klim het tot voor die laaste 12 maande se terugsakking. Dieselfde gebeur met olie en steenkool. Die duur olieprys (toe dit bo $120 per vat was) het baie mense laat afskaal (hulle het minder rondgery en vervoerkoste het alle produkte van kos tot klere se prys laat styg - inflasie - wat tot hoër rentekoerse gely het en baie mense is gedwing om af te skaal omdat hulle gewoon nie meer hul verbandpaaiement kon byhou nie). Afskaling slaan dus nie 'n bres om armoede terug te druk nie: inteendeel, dit verhoog armoede. Verder: die feit dat die olieprys dramaties geklim het, het baie investering in hernieubare energiebronne laat plaasvind (en die Rupert-maatskappy Venfin is in die verband toonaangewend in Suid-Afrika). Maar daardie energiebronne is nog nie ekonomies kompeterend met fossiel-brandstofgedrewe energie nie. Die daling van die olieprys tot onder $50 per vat
In die vorige uitgawe het dr Gideon vd Watt na aanleiding van sy preek op 16 Sept, gevra of ekonomiese groei volhoubaar kan wees as dit berus op die onbeheerste verbruik van nievervangbare natuurlike hulpbronne. In sy preek het hy ook gepleit vir afskaling. Jan Buter het 'n argument aangevoer vir opskaal, eerder as afskaal, en in die eerste aflewering het Johannes Wessels gestel groei is nie die enigste rede vir die gaping tussen ryk en arm nie, en dat ekonomiese groei sedert die nywerheidsomwenteling stelselmatig armoede teruggedruk het. ten tye van die skrywe hiervan is 'n slegte knou vir die ontwikkeling van skoner hernubare energiebronne. Talle navorsings-projekte is eenvoudig van die baan. Met die vraag na ru-olie laer, behoort ru-olie dus langer vir die volgende geslagte beskikbaar te wees. Maar meer van daardie geslagte gaan in armoede gebore word as die resessie se afskaling diep en oor lang tye gaan plaasvind. Ook dit is nie omgewingsverantwoordelik nie, want bevolkingsgroei-koerse is hoër in armer gemeenskappe (dus meer mense wat aanspraak maak op beperkte bronne) as in meer welvarende gemeenskappe. Op dr Gideon se punt dat hulpbronne nie vir die mynmagnate gegee nie: dit is ook nie net hulle wat daarby baat nie. Hulle verskaf werk (jare lank weens 'n staatsingryping bekend as werkreservering kon hulle met skandalige lone wegkom), hulle het infrastruktuur aangelê en dorpe gebou, hulle het
Wyke wil beter kommunikeer Die verbetering van kommunikasie en onderlinge samewerking in die wykbedieningstrukture was die fokus van sowel die eerste Wyksbedieningsvergadering en die jaarlikse vergadering van die wykstrukture. Victor Reitz, leier-ouderling, het aan woord@bergendal gesê 'n strategie om beter samebinding in wyksverband te verkry, word ontwikkel. Dit verg geensins groot uitdagings nie, maar eerder die doen van 'n aantal klein dingetjies, bv 'n telefoon-oproep aan lidmate in 'n wyk deur die wykstruktuur met verjaardae en siekebesoek. Indien ouderlinge, diakens, wyksleidsters en hul helpers op so 'n manier in 'n wyk meelewing met lidmate gaan toon, kan 'n goeie basis geskep word vir samewerking. Cas Harris, leier-diaken, reken samewerking in wyksverband kan ook bevorder word deur die
Bloemshelter-projek. Die wyke, nie die wyksleidster nie, neem op 'n roterende basis verantwoordelikheid vir 'n Vrydagaandete vir die 25 inwoners van die inrigting. Daar is groot waardering in Bloemshelter vir hierdie inisiatief van Berg-en-Dal. Cas is ook in gesprek met die Kermiskomitee oor die moontlikheid dat die inwoners van Bloemshelter 'n stalletjie by die kermis kan hanteer waarvan die opbrengs deur Berg-en-Dal aangewend kan word om te help met die ondersteuning van hierdie diens aan Bloemshelter. Fanie van Jaarsveld (oudl wyk 27) vertel hulle het in die buitewyk begin met 'n omsendskrywe om wykslidmate in te lig oor wie in die wyk sorteer, waar hulle woon en wat se werk elkeen doen.
belasting betaal wat bestee is aan o.a. onderwys en gesondheidsdienste, en deur aandeelhouding (nie net deur die mynmagnate nie, maar ook die predikante se pensioenfondse) is redelik welvaart geskep. As die mynmagnate se inisiatief en investering (en talle myne maak vir tot 25 jaar nie 'n wins nie) nie beloon mag word nie en (om dr Gideon se woorde te gebruik) die hulpbronne nie net hulle toekom nie, suggereer hy nasionalisering of dat staatsbedrywe dit beter sou hanteer? En nievervangbare hulpbronne gaan opgebruik word. En as die kwynende hulpbronne die basis is vir iets wat die mensdom dien, gaan baie talente ingespan word om alternatiewe te ontwerp / ontgin /ontwikkel. Gierigheid en eksesse is inderdaad sonde. Maar wie moet blameer word vir die sub-prima krisis? Is die privaat-inisiatief gedrewe ekonomie aanspreeklik met onverantwoordelike nievolhoubare leningspraktyke? Sekerlik, maar is die finansiële instellings meer skuldig as diegene wat in werklikheid nie 'n huis kon bekostig nie en van die sub-prima-lenings gebruik het (waar die rentekoers eers oor 3 of 5 jaar sou begin styg in die veronderstelling dat die huishoudelike inkomste dan voldoende sou toeneem)? Is die gulsigheid aan die kant van individuele huishoudings wat onverantwoordelike skuld aangegaan het, minder uit die bose as die gulsigheid van die ondernemings? En wat van die owerheid-sektor: was dit dan nie die sosiaal-demokratiese Amerikaanse regering van Franklin D Roosevelt wat in 1938 Fanny Mae begin het nie? En 'n Demokratiese opvolger (Lyndon B Johnson) wat in die sestigerjare Fanny Mae as 'n regeringsgesteunde privaat-korporasie geloods het nie? Die mandaat van Fanny Mae was om lenings te gee (gerugsteun deur regeringswaarborge) aan mense wat nie gewone verbande kon bekostig nie. So: owerheidsinmenging (ten behoewe van die armes in die Amerikaanse samelewing) in 1938 het die saad gesaai vir die misoes wat nou die hele internasionale finansiële bestel laat wankel. Moet dus nie te vinnig die vingers wys na net die groot kapitalistiese kwaaddoeners nie. Die eksesse in veral die finansiële sektor met Enronbedrog, piramide-skemas en nou gryplustige bonusse vir bankiers wat misluk het, is verwerplik. Maar geen staatsgedrewe ekonomie (nie in Moskou of Bejing of Harare) het kaviaar en cabernet vir die massas meegebring nie - dit was gereserveer vir die partyleiding. Talle van die huidige pyn van die ekonomiese stelsel word ten regte op die privaatsektor geblameer: maar die versuim van die owerheid om die regsbelange te beskerm en toe te sien tot deursigtige mededinging en gelyke speelvelde, is eweseer te blameer. Wat groei of afskaal betref: dit is nie 'n keuse nie. Die verhaal van Matt 25 hoe die slawe met die talente gehandel het, is tekenend daarvan dat ywer verwag word: afskaal klink vir my baie na die verhaal van die talent wat in 'n doek toegedraai word. Talente word nie beloon nie: dit is gawes van God. Dit is hoe dit gebruik word, wat die eer van die Here dien al dan nie.
woord@berg-en-dal
13
Die “heilsvaart” van Jacob Zuma Johannes Wessels “Ons moet Jacob Zuma volg soos wat die kerk sing hulle Jesus sal volg waar hy ook al lei.” Aan die woord, Ace Magashule, ANC-leier in die Vrystaat in Januarie vanjaar. Dieselfde Magashule het einde 2008 Zuma se vervolging vergelyk met die lyding en verguising van Christus. Dit is egter nie net Magashule wat Zuma so op ’n goddelike basis stel nie. Gareth van Onselen in sy reeks oor die ANC en godsdiens op die DA se webwerf, haal Zuma self aan: “God verwag van ons om die land te regeer, want ons is die enigste organisasie wat geseën is deur predikante toe dit gestig is. Dit is selfs in die hemel geseënd. Daarom sal ons regeer totdat Jesus weer kom...” Van Onselen verwys ook na ’n ander opmerking van Zuma in Maart
2006, dat die media en sy teenstanders hom “soos Christus wil kruisig”. Hierdie lyn word deur talle Zuma-ondersteuners uitgeleef: by van die hofgeboue waar Zuma verskyn, is daar al ’n kruis gedra waarop sy foto met uitgestrekte arms aangebring is en is plakkate rondgeswaai: “Zuma is Jesus”! In November verlede jaar skryf Beauregard Tromp en Bonile Nqiyaza in The Star dat Jacob Zuma ’n god geword het. Hulle motiveer: “In a country where politicians are the true pop stars, Msholozi (Zuma se lieflingsnaam onder sy aanhangers) is a superstar.” By ’n saamtrek in Soweto, vertel hulle, het een van die baie predikers teenwoordig gesê: “(Zuma) has not been selected by the people only. Anyone who fights him is fighting Nkulunkulu (the Supreme Being) personally.” Op ’n webblad waar reaksies op die Magashule-uitsprake verskyn, skryf ene September: “... umsholozi wi prove it all that all his suffering are the same of that of jesus christ. and God will bless mzolisto of his sufferings” (sic). Net gek uitsprake of dra dit die kiem van sovele Afrika-tragedies?
Van bl 1
www.berg-en-dal.org
Dit sluit aan by verskeie van die kerkraad se strategiese prioriteite: ’n suiwer verkondiging van die Woord, die uitleef en getuienis van ons gereformeerdChristelike identiteit, fokus op die jonger generasie, verdieping van ons uitreik na mekaar en betrokkenheid by die gemeentelike lewe, en goeie kommunikasie oor die bestuur in die gemeente. Só sal lidmate nou inligting oor preke en eredienste in Berg-en-Dal op hul persoonlike rekenaars kan bekom en selfs na opnames van die preke tuis kan luister – hetsy in Kanada, London of Australië! Die webwerf bied ook ’n goeie indruk van die identiteit en karakter van Berg-en-Dal en lesers sal selfs na standpunte van die kerkraad oor die Kindernagmaal of kerkeenheid kan gaan kyk. Die weeklikse “Fokus” en ander inligting oor projekte van bedieninge is te siene, asook foto’s van spesiale gebeurtenisse. Kontakbesonderhede word verskaf. Deur die webwerf open die gemeente ’n nuwe deur na veral jongmense vir wie die virtuele werklikheid van die kuberruim al hoe meer ’n woon-, werk- en swerfplek geword het. Die webwerf is ontwerp deur ’n gebore en getoë Berg-en-Daller, Nelia Oosthuysen. Saam met Abri van Vuuren, ouderling in Wyk 24, het sy ’n groot hoeveelheid inligting en foto’s byeengebring, verwerk en keurig op die webwerf geplaas. Voorleggings is ook aan Gemeentebediening en die Dagbestuur gemaak. Die proses van konsultasie gaan voort, aangesien daar tans ’n redaksiekomitee saamgestel en riglyne vir die bestuur van die webblad neergelê word. Lidmate word ook uitgenooi om hul eie kommentaar oor die webwerf na Gemeentebediening deur te gee. Die blad word dus wel dinamies uitgebou, maar is op hierdie stadium nie interaktief nie – dáároor sal die kerkraad eers ’n aantal oorwegings moet uitklaar, aldus Nelia. “Maar,” nooi sy uit, “gaan na www.berg-en-dal.org en kyk self.”
Met die herdenking van Ghana se onafhanklikheidswording vyftig jaar gelede, het Mohamed Jamboria in Maart 2007 ’n ontstellende waarneming gemaak. Sedert onafhanklikheid, skryf hy, het te veel Afrika leiers spoedig in persoonlikheidskultusse en verheerliking van hulself verval. Kwame Nkrumah, Afrika se eerste post-koloniale leier en die meeste van die eerste generasie leiers soos Nasser, Senghor, Kenyatta, Houphouet-Boigny, Kaunda, Banda en Nyerere – almal het met goeie intensies begin en wye aanhang geniet. Maar dit is misbruik, mag is gemonopoliseer, sisteme van persoonlike bevoordeling en behoud is in plek gestel, “... with adverse consequences...” Die uitkyk van die meerderheid Afrikane, wat diep gewortel is in hul tradisionele lewensbeskouing, is dat God die Skepper van leiers is. Wat ookal die leiers kwytraak, word weens ’n gebrek aan inligting deur die massas geglo, as die wil van God. Wanneer gebrek en ineenstorting toeslaan, word geld en ander voordele uitgedeel wat net die beeld van ’n goddelike leier verder verskans. “These monies are not from any other source but state coffers and is the key to corruption and the inability of African nationstates tot functionally operate”, aldus Jamboria. Al hierdie elemente is teenwoordig in die sogenaamde “Vriende van Jacob Zuma”-veldtog wat in die afgelope jaar op dreef gekom het. Blinde leiersverering en absolute lojaliteit het ’n kultus in die ANC geword – ook nou in hul verkiesingsveldtog. Wees daarom gewaarsku: Die ANC en Jacob Zuma is nie met ’n verkiesingsveldtog besig nie; hulle is op ’n vergoddelikende heilsvaart.
STANWELL Mans en Dames Uitrusters Krausestraat 17 Oranjesig BLOEMFONTEIN Tel.: (051) 448 0167 Faks: (051) 448 5048
14
woord@berg-en-dal
Camisards bak pannekoek Vrydagaand 13 Maart het 16 Camisards pannekoek-etes gemaak vir Bloemshelter se inwoners: tuna-gevulde pannekoeke is aangevul met 'n peppermint-vulsel-pannekoek. Die Camisards het vir die 22 mense in Bloemshelter Ps 146 gelees en gesing. Sanri Erasmus, 'n teologiese student wat die aand gehelp het, het 'n gebed gedoen. Bo links: Christine du Plessis en Adriana de Vries besig om kaartjies te maak wat saam met die pannekoek aan die haweloses by Bloemshelter besorg is; Bo: Renier van Rooyen bewonder Japie Britz se vaardige pannekoek-tuimelary. Japie is duidelik gereed om te help met pannekoek-bak by die jaarlikse kermis. Links: Hannelore Lubbe (met Cara Potgieter by haar) verkies die groot spaan om die pannekoek om te draai
Tekkie-klub kampeer Die Tekkie-klub â&#x20AC;&#x153;kampeerâ&#x20AC;? elke jaar in die kerksaal. Hier slaap Lambert en Muller Scheepers, seuns van Franck Scheepers. Die Saterdagoggend (14 Feb) het die groep 'n uitstappie gedoen deur die Eko-park. Hier is 'n deel van die groep afgeneem. Megan Nel (wat haar arm die Vrydagaand gebreek het) het haar geesdriftig aangemeld om ook die uitstappie mee te maak. Mathilda Henning organiseer die aktiwiteite van die Tekkie-klub.
woord@berg-en-dal
15
Berg-en-Dal ’n veilige “village” vir ons kinders? Ine de Vries “It takes a whole village to raise a child.” Met dié spreekwoord uit Afrika, het ds. Louwrens Scheepers die kategete van Berg-en-Dal vir hul groot taak vanjaar in die gemeente geïnspireer. Hy het by die opleidingsgeleentheid vir kategete op Sondag , 18 Januarie – en wat baie goed bygewoon is – gepraat oor die verantwoordelikheid van ’n Christelike geloofsgemeenskap as geheel, in die opvoeding en onderrig van kinders. Ds. Scheepers, wat ’n internasionale Engelssprekende gemeente in Marokko bedien, het daarop gewys dat in die Islamwêreld, mans ’n prominente rol in die geloofsopvoeding van ’n dorp se kinders speel. Volgens ds. Scheepers moet kinders die kerk leer ken as ’n plek “waar ek maar mág sê wat ek voel, waar ek maar my vrae mág vra.” ’n Veilige omgewing waarin veral tieners, ander volwasse Christene kan ontmoet wat as rolmodelle sal dien van hoe ’n mens in ’n lewende verhouding met die Here staan. Hier behoort hulle die volle spektrum van menslike emosies te leer ken: dat ons God se mense is wat ook seerkry, wat ook teleurgestel word, wat ook nie altyd ’n antwoord op elke vraag ken nie. Hier behoort hulle uitgedaag word om self die Christelike lewenspaadjie te loop; om te stry teen verkeerdhede in hul eie lewens en in hul omgewing; hulle moet veral leer wat opoffering vir ’n groter saak – die koninkryk van God – beteken. Daarom is dit nodig dat kinders die boodskap sal kry dat hulle volwaardig deel is van die geloofsgemeenskap en dus hier hóórt.
Drie Berg-en-Dal kategete saam met ds Louwrens Scheepers. Van links Zelda Loots, Pieter Liebenberg, ds Scheepers en Ine de Vries.
deur ’n positiewe ingesteldheid vir hulle kon wys dat dit ’n voorreg is om as diaken of kategeet of wykshulp in die Here se gemeente te werk – dit is immers op hierdie kinders se skouers dat die mantel vir die groei en voortgang van ons gemeente gaan
val! En wie weet, so kan ’n gesindheid van sorg en omgee vir mekaar uitkring na die res van ons week waar ons mekaar by die Spar, die Gym, oppad skooltoe of in die Spur raakloop. Dan word ons ’n “village” waarin selfs vir mekaar gebid sal word...
Nou is die vraag: by wie moet hulle dít hoor en leer? In die eerste instansie, hul ouers. So het ons almal by die verbondsluiting belowe. Ook by hul onderwysers. Maar as daar in ag geneem word dat Berg-en-Dal 280 lidmate tussen die doopvont en die Nagmaalstafel (belydenisaflegging) het – dit is 22% van die gemeente – dan beteken dit dat daar op ’n Sondag 78% van ons lidmate rondom hierdie kinders staan. Dit maak óns almal belangrike “opvoeders” in die “village” van ons kerk. Hoe gaan ons as volwasse Berg-en-Dallers met ons eie en ander kinders wat in Christusnaam aan ons toevertrou is, om? Hoe beleef húlle die paar uur wat ons per week bymekaar is? Hoe voed ons hulle op tot geloofsvolwassenheid? Woorde wek, maar voorbeelde trek. Ons sou by die heel kleintjies kon begin deur ’n vriendelike glimlag wanneer ons in die kerk inkom of op die terrein tussen mekaar beweeg. Ons sou bedagsaam kon groet wanneer ons ’n sitplek in die bank inneem. Ons sou belangstellend ’n geselsie met ’n jongmens kon aanknoop en uitvra hoe dit met hom of haar gaan – só leer ons mekaar ken; ook mekaar se lief en leed. Ons sou hulle kon wys dat oogkontak, ’n sagte woord en ’n opregte dankie wondere doen vir menseverhoudinge. Ons sou voorbeelde kon stel van wedersydse respek en goeie maniere: staan vir iemand anders terug by die deur of gee mekaar ’n kans by die teeskink. Ons sou kon wys dat om jammer te sê wanneer jy fouteer het, die deur vir vergifnis en versoening oopmaak. Ons sou ook
Kerkmuis se kompetisie Die Dagbestuur is onlangs verewig in die binnehof. Lesers van woord@bergendal word genooi om te raai wie die lede van die Dagbestuur is. Die een regs is duidelik ds Jan met sy kitaar. Die lidmaat wat eerste die regte antwoord gee op die ander drie figure, wen die geleentheid om die volgende kerkraadsvergadering by te woon. Die persoon wat tweede die regte antwoord gee, wen die geleentheid om twee kerkraadsvergaderings by te woon.
woord@berg-en-dal is deel van die bediening in die NG Kerk Berg-enDal: ’n kerk waar die bediening van die Woord sentraal staan. Dit is immers ’n Woord van oorsprong en konteks, ’n Woord van verlossing en herskepping, en ’n Woord van bemoediging en vertroosting. woord@berg-en-dal het 'n nuwe epos-adres: woord@berg-en-dal.org Briewe of artikels moet elektronies (nie in harde kopie nie) per epos gestuur word. Redakteur: Vakant Hoofredaksielede: Jan Lubbe en Gert Terblanche Redaksielede en medewerkers: Louise Cilliers, Elise Ferreira, Erna Gouws, Heidi Steyn en Maria Wessels
16
woord@berg-en-dal
Stem juis, stem Kerkmuis!
Geagte kiesers (en kinners), So ja, salig tuis ná kerk, skink 'n sabbatsglasie, skop jou skoene uit, sit agteroor en siedaar - jy's reg vir die jongste! nuutste! deursigtige! transgereformeerde! verkiesingsadvies. Ja, Kerkmuis het offisiële toestemming by die kerkraad/ bestuursraad/dag-ennagraad/sensuurkwaadraat gekry om hierdie onafhanklike agterblad te gebruik vir sy eie voorbrand/voorsorg/ voorbidding/voorbedagte raad en wat ookal nou nodig mag wees vir oorlewing. Want niks minder as dít, geliefde landgenote, is in hierdie laaste dae op die spel - die toekoms van ons volk/ nasie/party/bond/ korporasie/kerk en werk. “Change has come to our circle!” (toejuiging). Wees ook daarbenewens, derhalwe en desondanks verseker dat die betrokke politieke party vir hierdie advertensie betaal en dat die menings hierin uitgespreek noodwendig nie of naastenby dié weerspieël van Zuma, Rhema of Malema nie.
Wil jy dan nogtans weet wat die werklike redes vir elke tweede week se staking van die bouery in die sinkgat by Prellerplein is of waarom die Nagmaalsbrood onverklaarbaar opgeraak en 'n vermeerderings-wonder toe nodig was of wanneer die volgende! voortreflike! koekvekoping gaan plaasvind - stem Kerkmuis. En as jy nogsteeds wonder wie nou regtig in watter video betrap is, vergeet van Bolhuis - stem Kerkmuis. En as jy die Rooi Gevaar vrees (nee, nie die rooies van Lenin, Stalin en Kronin nie, maar die Drie-Engelse-Liedere-by-dieJeugdiensliga) - stem Kerkmuis. Teen die Pers Gevaar (nee, nie die Scarlet Pimpernel nie, maar BnD se anonieme sensor met sy kwaai, pers potloodkringe op ons veelgelese! vrolike! agterblad) stem Kerkmuis. Teen die Roomse Gevaar (vyftig kerse elke einde van die maand) stem Kerkmuis. Teen die Pinkster Gevaar (enige hande hoër as die heupe, enige bede langer as 24/7, enige sending na verlore stede) - stem Kerkmuis. Teen die Griekse Gevaar in die binnehof (sien skets hieronder, met dank aan Veldmuis!) - stem Kerkmuis. En teen die Gevaar van Doktorandi uit Nederland, pardon Niehausland - stem Kerkmuis. En so, geagte kiesers, sluit Kerkmuis dan sy vroeë! verkorte! veldtog af met 'n laaste verkiesingsbelofte: Een muis, een huis! (toejuiging). In die afgelope termyn van ons deurmekrasie (dis nog
deel van die betaalde advertensie, ja), het ons Vroueliga 'n nuwe tuiste met lopende water en krag van Sentelek vir Swaer Kombuismuis voorsien én is ons in konstante stille diplomasie met daai warveteran van die sinkgat sodat Neef Pleinmuis na sy geboortegrond kan terugkeer. Nie dat dit meer so maklik lyk nie: al is die sinkgatsaak op op shaiky gronde, vind die Pleinmuise hulself tans besonder tuis hier in ons opgegradeerde musikale verblyf. Die uwe besef nou dat ons hier met natuurlike seleksie en sosiale mutasie te kampe het; 'n oorgangsvorm van 'n eenvoudige landelike bestaan daar oorkant na ons gesofistikeerde, gespesialiseerde en gesubsideerde hoëre lewensvorme hier; 'n verskynsel ook bekend as die nesverlater/nesplakker-sindroom wat algemeen onder vroeë adolossente lewensvorme voorkom - soos wat dit alles daai aand toe ons almal opgedress sit en luister het na die DarwinFerskriklik-Maklik Samespraak (of kortweg: DFM S), glashelder vir Kerkmuis geword het. Daarmee, geliefde kiesers, roep Kerkmuis jul dus man en muis op na 22 April: STEM JUIS, STEM KERKMUIS!