woord@bergendal kwartaalblad van die ng kerk berg-en-dal posbus 28048, danhof 9310 <janlageland@yahoo.com> jaargang 5 no 2
Junie 2009
Baie stof tot dankbaarheid! Gemeentelike geldsake gesond in ongunstige tyd – Jopie Botha ’n Spesiale Dankoffer wat die teiken bedrag van R 305 000 gehaal het! ’n Styging in die aantal lidmate wat maandeliks ’n dankoffer gee. Groei van 23% in eredienskollektes. ’n Skenking van R 180 000 vir werksaamhede van die gemeente. Dat dít boonop in ’n tyd van ekonomiese drukte gebeur het, is rede vir groot dankbaarheid en lof aan God! Finansiële volhoubaarheid was een van die strategiese prioriteite wat verlede jaar deur die kerkraad geïdentifiseer is. Alhoewel dit nie ’n doel opsigself is nie, is sake soos ’n effektiewe insameling van dankoffers, die verbreding van ons inkomstebasis en gesonde finansiële bestuur noodsaaklik vir die voortgang van die gemeente se werksaamhede plaaslik en in breër koninkryksverband. Gegewe die wêreldwye resessie en die impak daarvan in ons eie gemeenskap, het die kerkraad die jaar 2009 met realisme, maar in vertroue betree.
Pinkster met ’n warm hart. Liezel Koekemoer by die wit duiwe wat sy en haar maats in Tannie Lientjie du Plessis se katkisasiegroep gemaak het. Soos met Pase, het al die katkisante weer op Pinkstersondag, 31 Mei, oor dieselfde tema – die persoon en werk van die Heilige Gees – gesels: die juniors, terwyl hulle duiwe uit karton geknip en in hul klasse opgehang het, en die seniors aan die hand van ’n Bybelstudie oor die Gees van God van Genesis tot Openbaring. Daarmee is aangesluit by vanjaar se Pinksterreeks: “Op weg na die Vaderhuis”, wat uit Romeine 8 gekom het en oor innerlike geloofswaarhede soos verkiesing, roeping, wedergeboorte, geloof, regverdiging, bekering, heiligmaking en volharding gehandel het. As vrug van die Gees se werk in ons harte, gaan ons hande ook oop om te sorg en te help – blaai gerus verder deur hierdie woord@bergendal en kyk self.
Die gunstige syfers oor maandelikse dankoffers deur die eerste kwartaal van 2009, is daarom met verligting waargeneem. Vir die eerste keer in ’n hele paar jaar het meer as 40% van ons lidmate in Januarie, Februarie én Maart hul dankoffers gebring. Bemoedigend was veral die groot aantal koevertjies wat ingekom het – ’n duidelike aanduiding dat die werk van diakens en hulpwerkers in die wyke vrugte afwerp. Daar was ook ’n styging in Sondae se eredienskollektes: waar ’n bedrag van R 83 500 vir die eerste kwartaal verwag is, het die kollektes tot Vervolg op bl 2
Plan met Prellerplein Met die uitgerekte hofstryd rondom die nuwe Prellerplein-ontwikkeling so te sê agter die rug en bouwerk reeds ver gevorder, heers daar ’n gevoel van afwagting onder inwoners van Dan Pienaar om te sien hoe dié winkelsentrum van R 87 miljoen daar gaan uitsien. Die beplande openingsdatum is 20 November 2009. Die Vrystaatse hooggeregshof het besware wat teen die ontwikkeling ingebring is, op tegniese gronde afgewys en geoordeel dat die goedkeuring wat in 2006 deur die Dorperaad en daarna die LUR vir plaaslike regering gegee is, gehandhaaf kan word. Volgens die uitspraak van regters Kruger en Mocumie kon die beswaarmakers die hof nie oortuig dat daar nie ’n behoorlike omskrywing vir ’n sakesentrum voor die LUR gelê is; dat daar nie tyd was om ’n deskundige verkeerstudie aan die Dorperaad voor te lê òf dat die LUR nie die besware teen die herso-
nering van ’n vroeëre park of oop ruimte na ’n perseel vir sakebedrywighede inaggeneem het nie. Die uitspraak van die hof neem egter nie die kommer wat inwoners het oor die verkeersimpak van hierdie sentrum op die veiligheid van voetgangers en die algemene gemeenskapslewe in die hart van Dan Pienaar weg nie. Daar is ook nog vrae oor die taxistandplaas en die effek van winkelure op Sondae. Hieroor het die ontwikkelaar, mnr. Andrew Scholtz, vroeër gesê dat hy graag met die gemeenskap sal wil saamwerk om te verseker dat die sentrum ’n bydrae lewer tot die welsyn van een van die mees gewilde woonbuurte in die land. Dit wil voorkom asof die ontwerp van die winkelsentrum aangepas is om ’n sagter voorkoms te hê en goed by die bestaande boustyl op Prellerplein aan te sluit. 2
Die ankerhuurder in hierdie sentrum van 7 000 m is Pick ’n Pay (’n sogenaamde “family store”), en verder
gaan ’n Coobah Cocktail Bar, Suga Bean Coffeeshop, Sausage Saloon, Beef & Reef-restaurant, Teaspoon & Tulips-tuisnywerheid en ’n Pick ’n Pay Liquor Store hul deure in die sentrum oopmaak. Ander besighede sluit ’n Mr Video, Phones for Africa en ’n Cuty Nail-skoonheidswinkel in. Daar word ook nog met twee finansiële dienste-instellings onder2 handel. Kantoorruimte van 1820 m is in die sentrum beskikbaar.
BINNE Nuwe Jeugwerker Berg-en-Dal wêreldwyd Warm harte en oop hande Herfs om te onthou Wat is Gereformeerd? Leestafel: “The Shack” Kerkmuis
3 4 5 7 11 12 16
2
woord@bergendal Dankbaarheid Vervolg van bl 1
Berg-en-Dal Brokkies Aanddienste voller: Erediensbywoning in Bergen-Dal het in die 1ste kwartaal bly styg. Gemiddeld woon 409 lidmate die oggenddienste by, maar sewe uit die eerste sestien oggenddienste vanjaar het méér as 450 kerkgangers gesien (teenoor ses in dieselfde tyd verlede jaar). Vir aanddienste het die gemiddeld van 61 in 2007 tot 107 vanjaar gestyg. Dit is die duidelikste te sien in die feit dat waar daar verlede jaar by die helfte van aanddienste minder as 50 kerkgangers was, dit in die afgelope kwartaal by slegs drie uit veertien aanddienste gebeur het. Die toewysing van aanddienste aan ’n spesifieke tema, sowel as die Taizé-dienste op die laaste Sondagaand van die maand, speel hierin ’n groot rol. Ook die afgelope Pinksterreeks het elke aand meer as 200 kerkgangers gesien. Andrew Murray-gesprek vorder: Die versoek van die DRC Andrew Murrary-gemeente om fasiliteite van Berg-en-Dal vir hul eredienste en ander byeenkomste te kan gebruik, is deur alle bedieninge en die Kerkraad bespreek. In beginsel is besluit om hierdie gemeente wat in 1975 as ons “Engelssprekende” dogter afgestig het, te probeer akkommodeer. Drie sake word nou verder onderhandel, nl. ’n geskikte tyd vir hul oggenddienste, die beskikbaarstelling van ruimte vir ’n kerkkantoor en die implikasies vir ons koster en terreinpersoneel se werksverpligtinge. Groeiende buitewyke vra aandag: ’n Taakspan o.l.v. leierouderling Victor Reitz ondersoek tans die pastorale versorging van al vier buitewyke, wat ongekende groei beleef. Die aantal adresse in Berg-en-Dal se buitewyke het tot 182 toegeneem! Alreeds is besluit om Wyk 28 wat wes van Genl. Dan Pienaarrylaan uitgestrek lê en wat huidiglik 24 adresse in Brandwag, Parkwes, Willows, Universitas, Universitasrif, Langenhovenpark en tot 28 km uit in Bainsvlei (!) insluit, in twee te verdeel. Sr. Linda Raath en twee hulpdiakens onderneem tans die bediening in hierdie wyk. Verbeteringe in kerkgebou: Erediensbediening en die Komitee vir Eiendomme is besig met ’n reeks veranderinge in die kerkgebou om effektiewe ondersteuning aan die gemeente se eredienste te bied. Instandhoudingsprojekte soos die skoonmaak en verf van die binnekant van die noordelike vensterfront en die lê van teëls in die twee paadjies aan die sykante, is voltooi. Die verskuiwing van die klankmengbank en rekenaar vir CD-opnames geniet nou aandag, sowel as die aanbring van ’n skerm vir projeksie tydens aanddienste, en beter beligting in die skip van die kerkgebou. Huisie vol genade kom: Die groot “opbrengs” aan kleding, komberse en kruideniers wat deur lidmate gebring word vir barmhartigheidsprojekte van Berg-en-Dal – soos vir die KMD, bejaardes van die NGKA of die vigswesies van Atangskool – het die Kerkraad genoop om ’n groter stoorruimte hiervoor te vind. Die voorstel is om ’n netjiese houthuisie tussen die twee oliënhoutbome teen die westemuur van die binnehof op te rig, wat dit veilig en toeganklik vir die af- en oplaai, en berging van skenkings sal maak.
einde Maart bykans R 103 000 beloop! Wat Mei se Spesiale Dankoffer betref, het die kerkraad ’n teiken van R 305 000 gestel – sowat R 15 000 meer as verlede jaar se goeie opbrengs. Uiteindelik het ons ’n bedrag van R 306 320,55 gehaal. Gegewe die druk wat daar alreeds op huishoudings in ons gemeenskap is, moet hierdie mooi insameling waardeer word. Veral verblydend is dat waar die aantal bydraers verlede jaar 47% van ons lidmate was, dit vanjaar na 51% gestyg het! Maar die grootste verrassing was ’n anonieme skenking van R 180 000 waarvan twee gelyke dele aan ons getuienis- en barmhartigheidsbediening toegewys is (R 60 000 elk) en ’n verdere R 30 000 aan die Bybelgenootskap oorhandig is. Volgens ouderling Erna Gouws, voorsitter van Getuienisbediening, het hulle steun uit hierdie skenking aan dr. Stephan van der Watt-hulle in Japan, teologiese student Clement Modise, een van die NGKA-pastorieë in Botshabelo, die London Bridges-uitreik na toeriste uit die Moslem-wêreld en die vertalingswerk van ds. Roelie van der Spuy in Sentraal-Asië, gegee. Barmhartigheidsbediening weer, het ’n bedrag vir alimentasie goedgekeur en oorweeg verdere ondersteuning van R 10 000 aan die KMD vir hul noodfonds.
Jopie Botha, voorsitter van Geldsake, nooi belangstellende lidmate na die volgende vergadering van die komitee op 4 Augustus.
Aan die uitgawekant het die Komitee vir Geldsake en alle bedieninge daarin geslaag om nie ons begroting te oorskry nie, trouens: daar is ’n bedrag van net meer as R 7 000 bespaar! Ons wil lidmate verseker dat goeie bestuur van ons geldsake nagestreef word. Mag ons deur ons bydraes en gebede voortgaan om uit dankbaarheid vir wat ons van ons Hemelse Vader ontvang, die werk in en deur sy gemeente Berg-en-Dal te ondersteun.
Almal se bietjies maak baie. Frank Scheepers, Johan Diederichs, SJ Fourie, Michelene Theron, Louis Gouws en Karla Scheepers, besig om hul munte uit te pak op die groot kruis by die kerk. Op Sondag, 22 Maart, het katkisante van Berg-en-Dal (én ’n paar Tannies en Omies!) hul vyfsente en vyfrande gebring ter ondersteuning van die fonds vir die kampterrein van die NGKA in Botshabelo – uiteindelik ’n volle R 1 070,00. Die terrein word onder andere vir jeugkampe gebruik en hierdie geld sal die vensters in ’n nuwe vertrek help betaal, sê dr. Andries Hoffman, predikant in Botshabelo. woord@bergendal is deel van die bediening in die NG Kerk Berg-en-Dal: ’n kerk waar die bediening van die Woord sentraal staan. Dit is immers ’n Woord van oorsprong en konteks, ’n Woord van verlossing en herskepping, en ’n Woord van bemoediging en vertroosting.
Redaksie:
Maria Wessels
Jan Lubbe
Heidi Steyn
Gert Terblanche
Fanie van Jaarsveld
Louise Cilliers
Elise Ferreira
woord@bergendal
3
Welkom aan nuwe Jeugwerker! Vir haar is dit soos ’n tuiskoms: Sanri Erasmus (22), wat vanaf 1 Julie as Jeugwerker van Berg-en-Dal aangestel is om veral die bediening onder die inwoners van Huis Eie Haard te behartig, is ’n ou bekende hierrond. Sanri het in Wepener grootgeword en vir die laaste jare van haar hoërskoolloopbaan na Bloemfontein gekom. Sy was self ’n inwoner – en hoofdogter! – van Huis Eie Haard en het in 2005 hier gematrikuleer. Sy was ook voorsitter van die VCSV, ’n entoesiastiese Voortrekker en het graag netbal gespeel. Tans is sy ’n derdejaar teologiese student aan die Vrystaatse Universiteit en help met eredienste by die VGK in Wepener asook
Sondagskool in haar tuisgemeente. Sy geniet dit veral om met tieners te werk en is oortuig dat hulle gehelp moet word om die Bybel beter te leer ken en in hul eie lewenswêreld toe te kan pas. woord@bergendal verwelkom graag hierdie oudTralie terug in ons midde: mag die Here haar hier seën en in sy koninkryk gebruik. Saam met die vreugde oor ’n nuwe begin, is daar ook ’n tikkie hartseer. Bergh Müller, wat die afgelope jaar jeugwerk hier by ons gedoen het, het ons gedurende die tweede kwartaal verlaat – hy is op 17 Mei as leraar van die NG Kerk Wilgehof
bevestig! Ons was saam met Bergh bly oor die beroep wat na sy kant gekom het en bid Hom ook dáár die nodige wysheid, gesondheid en roepingsvervulling toe. Hy het in ’n kort tydjie ’n geliefde vriend van die inwoners by Huis Eie Haard geword – ons sal hom mis!
Ring wil positief vorentoe
Huishulpkamp: “hoop en dankbaarheid”
– Victor Reitz –
– Liezél Berry –
Die Ring van BloemfonteinNoord het by sy sitting op 17 en 19 April, introspeksie gedoen en besluit om positief en gestruktureerd vorentoe te gaan. Prof. Fanie Snyman van die Teologiese Fakulteit het afgevaardigdes aangemoedig om nuut oor hul bedieninge te dink. Van die kant van Berg-enDal is daar sterk aangedring op ’n herbesinning oor sekere geykte aangeleenthede en disfunksionele strukture in die Ring, asook die aard en meriete van kerkvisitasie. ’n Versoek aan die Vrystaatse Sinode om die samestelling van ringe in Bloemfontein te heroorweeg, is ook deur Berg-en-Dal op die agenda geplaas. Uit die staanspoor was dit duidelik dat daar gepoog is om vinnig deur al die verslae te gaan. Dit is nie altyd positief ervaar nie, aangesien daar wel sake was wat verdere bespreking gevra het. Teleurstellend was dit ook om te verneem dat daar by een van die ringsgemeentes geen kerkvisitasie plaasgevind het nie! En so ampertjies is die belangrike sake wat deur ons kerkraad deurgegee is, uit die gesprek gestoomroller! Die meriete van ons argumente het egter oortuig en is die deure oopgemaak vir ’n sinvolle gesprek oor die toekoms van die Ring. ’n Voorstel van ons kant het daartoe gelei dat die aantal ringskommissies verminder is tot net die noodsaaklike vier. Baie interessant was die vergelykende statistieke oor ringsgemeentes, wat laat blyk het dat Berg-en-Dal baie dank aan die Here verskuldig is vir die ryke seëninge wat ons uit sy hand ontvang. Ds. Gert is ook as lid van die Ringskommissie vir die nuwe termyn gekies. Dit was vir my ’n voorreg om vir die eerste keer as ouderling van Berg-en-Dal, die ringsitting by te woon. Die gehalte van die sakelys wat ons vooraf ontvang het, was hoog en het daartoe bygedra dat almal goed voorbereid die sitting kon ingaan – iets wat ek as “nuweling” baie waardeer het. Ek was ook aangenaam verras deur die mooi fasiliteite wat deur die Bybelhuis aan ons beskikbaar gestel is. Wat die uitkoms van hierdie sitting gaan wees, sal net die toekoms kan leer. Soli Deo Gloria!
Nie minder as negentien huishulpe uit Berg-en-Dal het oor die naweek van 15 tot 17 Mei ’n baie geslaagde kamp by Mooigenoeg bygewoon. Die kamptema – “Hoop en Dankbaarheid” – is deur die loop van die naweek deeglik aangespreek en almal wat daar was, het geïnspireerd teruggekeer. Dit is alreeds die vierde jaar dat NG-gemeentes aan die noordekant van die stad saamwerk om hierdie gewilde kamp vir huishulpe aan te bied, vanjaar bygewoon deur 85 vroue. Vrydagaand het die Karpos musiek- en dansgroep van die UV met hul opvoering “Draadloos” ’n aangename stemming geskep. Desmond Sinclair het ’n leersame gesprek oor ’n mens se persoonlike begroting gelei. Saterdagoggend is oor geloofsekerheid en vertroue in die Here gepraat, en Thea Guillaume het die tema “hoop” in Bybelstudies en kleingroepbesprekings
hanteer. Saterdagmiddag was tyd vir handwerk, en al die vroue het ’n fotoraampie gemaak wat saam kon gaan huistoe. Besondere geestelike verryking is uit Saterdagaand geput: vroue uit elke gemeente het koorsang gelewer; Julius Mazibuko, ’n blinde sanger, het die vroue aangegryp met sy geestelike liedjies; en ds. Jan Lubbe en prop. Clement Modise het ’n “Stille Nagmaal” waargeneem. Ná Sondagoggend se erediens is al die vroue uitgerus huis toe. Ons is baie dankbaar aan werkgewers en die kerkraad wat die kamp geldelik ondersteun. Vrywilligers uit Berg-en-Dal wat Vrydagaand met die ete en skottelgoed gehelp het, was Maryn, Henda, Annetjie en Louise. Ds. Gert Terblanche was Vrydag- en Sondagmiddag ’n veilige taxibestuurder uit na Mooigenoeg – baie dankie!
Verlore “r” laat gemeente (k)raai! Op Pinkstersondag het kerkgangers in Berg-en-Dal breed geglimlag (nadat almal eers trane afgegee het oor die aangrypende sang van Julius Mazibuko). Soos gewoonlik was die “Fokus” weer keurig versorg deur die kerkkantoor, propvol lief en leed en afkondigings oor dinge te doen hier en elders. Maar dié keer was daar pret: ’n “r” het verlore gegaan! En die slagoffer van die drukkersduiwel was die arme Tekkiesklub, ons onskuldige kleuter- en laerskoolgroep wat Sondagmiddae onder leiding van Mathilda Henning byeenkom. Hul tema vir die kwartaal is “om ander te bederf” en aan die beurt dáárdie Sondagmiddag sou die liewe Oupas en Oumas van Bergen-Dal wees. Maar in die uitnodiging val die “r” toe uit! Die toegewyde redaksie van “Fokus” – Rita van Zyl en ds. Jan – krap steeds kop oor waarheen die “r” verdwyn het Vrydagoggend toe hulle die blaadjie klaargemaak het? Want Sondagoggend toe lidmate die “Fokus” lees, het hul een na die ander begin grinnik. En, vertel Marietjie Gericke (redakteur van Ons Stad en dus bekend met die streke van die drukkersduiwel), dat sy en Raadslid Jan van der Merwe geskaterlag het toe húlle dit raaksien! Want, is die Oupas en Oumas vriendelik uitgenooi, by dié bederfmiddag van die Tekkiesklub wag daar vir elkeen ’n heerlike... VERASSING! Nodeloos om te sê, beaam Mathilda, géén gryses van dae het vir die middag se bederf opgedaag nie!
4
woord@bergendal
“Van Moskou tot St. Petersburg” Kuierklub neem lede op musikale reis Die Kuierklub het weereens ’n baie interessante kwartaal agter die rug. Alhoewel ons net twee keer kon vergader vanweë die talle vakansiedae en die verkiesing, was dit verseker die moeite werd. Ons jongste byeenkoms het oor die lewe en werk van Johannes Calvyn gehandel, en is deur ds. Jan Lubbe met interessante oudio-visuele materiaal toegelig. By die ander geleentheid het Fanie van Jaarsveld boeiend vertel van ’n “Afrikaanse pionierstoer” in 2001 toe hy en Johanna, saam met nog sewentig Suid-Afrikaners waaronder Willem en Kleintjie Richards, op die grote Wolga-rivier en etlike mere deur Rusland gereis het. Die bekende klanke van die “balalaika”, klokgelui en sang van die diep basstemme; die smaak van kaviaar en vodka (soos deur Fanie beskryf); en ’n kleurryke kaart met pragtige foto’s van geboue en besienswaardighede, het Kuierklublede meegevoer na daardie misterieuse land. Iets spesiaal was die moeite wat gedoen is om al die lede van die Kuierklub se name in Russies te vertaal en uit te skryf – baie dankie daarvoor!
Fanie en Johanna van Jaarsveld.
Willem en Kleintjie Richards ontdek hul name op die Kuierklub se “Russiese” ledelys.
Webwerf van orals bekyk! – Abri van Vuuren – Berg-en-Dal se webwerf is op dreef en word goed besoek. Sedert die loodsing van ons tuiste in die kuberruim op 16 Maart, is dit al meer as 680 keer deur nagenoeg 100 werfswerwers besoek. Hierdie belangstellendes het behalwe uit Suid-Afrika, ook uit België, Kanada, die VSA, Duitsland en Engeland gekom. Die mees populêre besoekpunte blyk ons eredienste, programme, spesiale gebeurtenisse en bedieninge te wees, aldus Nelia Oosthuysen, webbestuurder van Berg-en-Dal. Die oogmerk van die webwerf is om onderlinge kommunikasie te verbeter deur relevante inligting oor die aard en aktiwiteite van die gemeente te verskaf,
maar ook om ’n diens te lewer aan lidmate en familielede elders in die wêreld. Besoekers kan byvoorbeeld na al die preke van die afgelope semester luister; programme soos die almanak, uitgawes van Fokus en woord@bergendal bekyk en ’n fotoblad van gebeure in die gemeente deurblaai. Elkeen van die bedieningsvoorsitters kan van aangesig tot aangesig ontmoet word en selfs die diensbeurte van kerkraadslede is op die blad beskikbaar! Lidmate word uitgenooi om die webwerf te besoek en hul kennisse en veral familie – jongmense! – in die buiteland daarvan te vertel. Die adres is www.bergen-dal.org. ’n Woord van dank aan Nelia vir haar harde werk om ons werf netjies te hou!
Camisards op ’n Koue Nag
Op ’n baie koue Vrydagaand in die Pinksterweek het die Camisards (die tieneraksie van Berg-en-Dal) hul bydraes vir die KMD se “Koue Nag”-kombersprojek oorhandig. Vanjaar het die KMD hul tente en “sopkombuis” voor op Berg-en-Dal se grasperk opgeslaan. Om vir die komberse dankie te sê, is elke Camisard met ’n warm pannekoek beloon – vandaar die vriendelike glimlagte! Voor is Annanchia en Renier van Rooyen, en Casper du Plessis. Agter staan Christine Horak, Christine du Plessis, Wynand Buurman, Danielle Gouws, Pieter Kotze, Christiaan Gouws, Armand Badenhorst en Japie Britz.
Berg-en-Dallers vlieg wyd Berg-en-Dallers is ook al wêreldburgers (weliswaar: bywoners!). Gereeld vertrek lidmate oorsee: sommige vir besigheid, ander vir vakansie, party vir sport of politiek of akademiese konferensies. In die afgelope kwartaal was dit weer so: Danny en Erna Gouws het by hul dogter in Amerika gaan kuier. Tydens Pinksternaweek was hulle saam met hul dogter in Sedona, Arizona, nie ver van die Grand Canyon af nie. Omdat hulle Sondagoggend om vyfuur sou moes vertrek om ’n vliegtuig te haal, het hulle die Saterdag al na ’n kerk gaan soek om stil te raak en te kan bid. So “ontdek” hulle toe die “Church of the Red Rocks”, een van die United Churches waarin gereformeerdes, “evangelicals” en kongregasionaliste verenig het. Dié spesifieke kerk het ’n besondere pyporrel en doen moeite om hul eredienste met goeie musiek in te klee, sodat families saam ’n “nurturing Christian experience” mag beleef. ’n Verrassing was dit daarom vir hulle, vertel oudl. Erna, “om aan die anderkant van die wêreld ’n kerkvenster te vind wat sóveel herinner aan die een op Menuha” (sien foto bo). Kerkgangers kan in die kerk sit en rustig uitkyk op ’n ongelooflike bergpanorama. “God se grootheid vul die aarde”, sê Erna. Na ’n heel anderkant van die aarde – Swede – het drie musikale Berg-en-Dallers saam met die Bloemfonteinse Kinderkoor gevlieg: Huibre Verster (dirigent), Marisa Swart en Hannelore Lubbe (foto onder). Hulle het in Stockholm aan ’n internasionale koorfees – “Let the future sing” – deelgeneem en het ’n staande ovasie ontvang ná hul optrede in die Gustav Vasa Kyrkan (kerk). ’n Onvergeetlike belewenis, skryf Marisa.
woord@bergendal
5
Sagte sorg vir siekes – Maryn Rossouw – Elke maand, op die laaste Maandagoggend, gaan ’n groep vroue uit Berg-en-Dal na die Nasionale Hospitaal. Agter in hul motors skinkborde met toebroodjies. In hulle harte, die liefde van God en sy omgee vir die siekes en armes in ons samelewing. Dít is verkondiging van die evangelie, sê Louise Pretorius, wat vir die afgelope ses jaar aan die stuur van hierdie barmhartigheidsaksie by die Onkoterapie-afdeling van Nasionale Hospitaal gestaan het. Volgens Louise kom hierdie pasiënte van dwarsoor die Vrystaat, Noordkaap en Lesotho na Nasionaal vir ondersoeke en hul chemo- of radioterapie. Sommige van hulle moet soggens al vieruur opstaan en kom dikwels ook eers laataand tuis, ná hulle behandeling of opvolgbesoeke. Vandaar die ongelooflike dankbaarheid vir die koppie tee en toebroodjies. Meermale, sê Louise, was die vraag al wanneer sy die tee skink of aangee: “Wie is julle en vanwaar kom julle?” Dan was dit vir haar goed om te kan getuig dat “dit die liefde van God is wat ons só laat uitreik en omgee.” Sekere indrukke sal haar bybly: die sigbare aftakeling wat ’n mens so voor jou sien; verswaktes wat net ’n bietjie kookwater wou hê omdat niks anders meer smaak het nie; die kaal koppies van kinders wat chemo kry. Sy dink ook met waardering aan die verpleegpersoneel en ander werkers wat hierdie liefdesdiens aan pasiënte vergemaklik het. En dankie aan al die ander vrywilligers! Maryn Rossouw het nou die projek by Louise oorgeneem en nooi belangstellendes uit om ’n hand te kom bysit. ’n Groot aantal vroue (en ook ’n paar mans!) het vanjaar by hierdie barmhartigheidswerk betrokke geraak, maar hulp is altyd nodig. ’n Oomblik wat Maryn
lank sal onthou, was toe sy op so ’n Maandag ’n koppie tee vir Rudie van Niekerk, een van ons lidmate kon skink. Dit is ’n eenvoudige gebaar wat jou vir ’n wyle by een ander mens in sy of haar nood laat stilstaan en wat jou eie hart met dankbaarheid vervul. Maryn se telefoonnommer is 083-274-5421.
’n Koppie tee, met liefde. Maryn Rossouw bedien tee aan drie pasiënte by Onkoterapie, Nasionale Hospitaal. By haar sit Sara (18) en Marie Mokaas uit Kimberley.
Louise Pretorius – vir etlike jare leier van die uitreik na Nasionale Hospitaal.
Cornelia Radley, nog een van die vrywillgers uit Berg-en-Dal, hou ’n koppie warm tee vir Moloto Jacob en Anna Thomas uit Katlago.
Yvonne Smit sorg vir die toebroodjies, hier aan Reuben Matibe van Thaba Nchu.
AANDAG BELEGGERS Spesial iseer i n goedkoop eiendomme met meer beleggingspotensiaal SEL: 082 570 1190
e-pos :Karin@kbproperties.co.za
Wyke sorg vir warm etes. Sedert Januarie vanjaar, het nie minder as sestien wyke van Berg-en-Dal al ’n beurt gekry om op ’n Vrydagaand ’n warm ete na Bloemshelter te neem – ’n inisiatief wat tot dusver wedersyds vreugde besorg het: by Bloemshelter vir die sekerheid van ’n heerlike aandete en by wykslede vanweë die voorreg om te kan help. Die “shelter” bied slaapplek aan ongeveer 22 hawelose mans, wat R 10,00 per nag moet betaal vir ’n warm bad, ete en bed. Deur die dag probeer hulle hierdie geld (en iets ekstra) verdien deur as motorwagte, smouse of tuiniers te werk. Op Vrydagaand, 6 Junie, het Wyk 18 onder leiding van Erna du Toit en Celeste Hutton vir ’n heerlike maaltyd gesorg. Hier neem “Pastoor Halleluja” die ete in ontvangs by leierdiaken Cas Harris. Baie dankie aan almal wat tot dusver vanjaar gehelp het!
6
woord@bergendal
Heling van Herinneringe: ’n pad van Hoop – Ronel van der Watt –
Die lig en donker van ons onthou, is deel van wie elkeen van ons is. Die vraag is: wat maak ons daarmee – met ons herinneringe? Met die ligkant en die skadukant daarvan? Herinneringe stap saam met ons dwarsdeur ons lewens. Dit gee kleur aan ons lewensreis. Dit skakeer die lig en donker van ons lewens. Aan die een kant is daar mooi herinneringe, lig en lekker; ons wil dit graag koester, vashou; dit gee warmte om die hart. Aan die ander kant is daar die herinneringe wat ons soos skaduwees bly volg; donker en swaar. Soms dink ons nie daaraan, dan is dit weg; ander kere spring dit skielik, onverwags, weer uit en staan dit koud reg voor ons en onthou ons dat iets steeds stukkend is binne-in ons – dalk ’n alleenwees sonder ’n geliefde of seerkry-woorde wat eens rondgeslinger is. Ons wil onsself van daardie pynlike herinneringe losskeur en wegvlug, maar moet uiteindelik verslae en weerloos vra: sal my binneste ooit weer heel word? Hoe gaan ek hier deurkom? Wat beteken heling? Heling is ’n groeiproses waardeur iets wat stukkend was, voortbeur na herstel. Dis ’n groeiproses waarin ons mekaar en ander nodig het. En herinneringe? Herinneringe is die onthou van wat gebeur het, van hoe daardie iets gebreek het. Die feite van wat gebeur het, staan wel vas – dít verander nie. Maar herinnering is ook nie ’n enkele gebeurtenis, eenmalig en onveranderlik nie. Hóé ons dit onthou, hoe ons daaroor voel, dít kan wel verander. Herinneringe is dus ’n proses, wat eerlikheid vra, maar wat hoop bied. Wat ek met my herinneringe maak, hang af van die betekenis wat ek daaraan gee. Elke keer wanneer so ’n herinnering deurbreek tot in die hier en nou, is die groot vraag: watter staanplek gee ek aan die skadukant van my herinneringe? Om voortdurend net dáárop te fokus, kan my en ander se lewens vernietig. Dit steel my konsentrasie, vul my innerlik
met skaamte, selfregverdiging, skuldgevoel of wraakgedagtes. Om heeltyd die pyn daarvan te wil koester, beteken dat ek nog nie ten volle van daardie pyn bevry is nie. Dit kan my beroof van energie om die hier en nou te geniet. Wanneer ek dus betekenis wil gee aan my herinneringe, is dit nodig om eerlik te vra: hóé wil ek dit onthou? Net die skadu-, of ook die ligkant? En wil ek graag dat die ligkant nuwe betekenis aan daardie gebeure gee? Wat is dus die einddoel van my onthou – om myself te vergewe? Om ’n ander te vergewe? Solank as wat ek volhou om ander skuld te gee vir die skaduwee òf myself herhaaldelik daarvoor te verwyt, gee ek die skadukant van my onthou ’n houvas op my lewenskwaliteit; ’n staanplek in my lewe wat my heling tot stilstand laat ruk.
rolle van slagoffer en oortreder; om mekaar as gelykes voor God te sien. Die woorde, ”Ek aanvaar vergifnis” en “Ek vergewe jou”, word dan uitdrukkings om God se geskenk van genade my eie te maak en dit tegelyk aan ’n ander een deur te gee. Dan breek die Lig deur en word die skaduherinneringe sagter. Dan het ons Hoop gevind.
Perspektief Daarom is dit so nodig om perspektief op die lig- en die skadukante van my herinnering te kry, sodat my heelword kan aangaan. Dit vra eerlikheid en moed. Die skadukant van my herinnering moet eerlik konfronteer word – ’n berekende risiko, want dis blootstellend. Om my te help om beide kante van my lewensverhaal in my identiteit te integreer, kan dit sinvol wees om met ’n vertroueling te gesels; om in ’n veilige ruimte deur foto-albums te blaai; om na te dink oor wat die gebeure eintlik vir my wil sê. Dit vra dat ek die onvermydelike sal waag: om regtig met my binneste in kontak te kom, eerlik na die skadu- en die ligkant te kyk, eerlik na die nood van my stukkende hart te luister. En dalk ook die nood in ’n ander se hart raak te sien. Die skadukant word nie permanent uitgewis nie. Maar wanneer ek daaroor eerlik is, word die skakerings sagter. Ek onthou dit nog, maar die emosies daaromheen het ligter geword.
Liezl Lubbe en Ronél van der Watt, aanbieders van vanjaar se “middag van hoop en heling”, op Sondag, 10 Mei. Die middag was gereël deur Berg-en-Dal se barmhartigheidsbediening, met as tema “Die heling van ons herinneringe” en is deur 18 belangstellendes bygewoon. Dr. Van der Watt (kliniese sielkundige) het die onderwerp ingelei, waarna Liezl Lubbe elkeen van die deelnemers gehelp het om die tema deur ’n stimulerende kunswerksessie verder te verken.
Uiteindelik is die eindbestemming van die heling van ons herinneringe, om afstand te doen van die
Leraars by konferensies en kursusse – Gert Terblanche – Vanaf 1 tot 4 Junie het ons as leraars van Berg-enDal ’n “Winterweek” wat deur Shepherd en die plaaslike Teologiese Fakulteit van die Universiteit aangebied is, bygewoon. Dit is deel van ’n program binne die NG Kerk om predikante verder toe te rus vir hul bedieningswerk en word kortweg “VBO” genoem (Voortgesette Bedieningsopleiding). Vroeër vanjaar het ds. Jan twee konferensies bygewoon waar hy op uitnodiging referate gelewer het: in Stellenbosch het dit oor die 150-jarige geskiedenis van die Kweekskool daar gegaan, en in Pretoria het hy by ’n konferensie van SPIRASA oor die Emmaüsgangers en Rembrandt se kunswerke daaroor, gepraat. Die tema van die VBO Winterweek hier in Bloemfontein was “Die Kerk wat ons (nou) moet wees”. Predikante van regoor die Vrystaat asook uit die Noordkaap het dit bygewoon. Proff. Danie
Veldsman en Yolanda Dreyer van Pretoria, en dr. Coenie Burger van Stellenbosch, was die hoofsprekers. Veldsman het oor ’n “sigbare lewe in die teenwoordigheid van God” gepraat, waarin hy beklemtoon het dat godsdiens nie maar net iets is wat jy bely nie, maar wat ook in ervaring gestalte moet kry. Op haar beurt het Dreyer dit oor “die wêreld waarin ons leef” gehad, en die klem laat val op die konteks van ons kerkwees. Burger het aangesluit by die 500-jarige herdenking van Johannes Calvyn se geboortedag en vir ons aangetoon hoe dié Hervormer die kerk gesien het. Gedurende die middae en aande van die VBO-week, was daar ’n verskeidenheid van verrykende lesings deur dosente van die Teologiese Fakulteit. Onderwerpe wat behandel is, was die boodskap van die Matteus-evangelie; die brief van
Judas; prediking oor die Psalms en oor Job; die verhouding tussen geloof en wetenskap; die rol van films in teologie; ons getuienis teenoor Hindoes; die kerk as openbare profeet en uitbranding by predikante. Ds. Jan het ’n baie interessante lesing gelewer oor die Barmen-verklaring van 1934 in Duitsland. Hy was ook gevra om die dagwydings te lei en het vier pelgrimspsalms (121, 123, 126 en 131) as teksgedeeltes gekies en dit vanuit die Psalmkommentaar van Calvyn toegelig. Dit het baie byval gevind by almal wat die kursus bygewoon het en ons het heerlik saamgesing uit die kosbare skat van die Geneefse Psalmbundel. Vir ons as leraars van Berg-en-Dal was dit ’n leersame week en die saamwees met kollegas en dosente opnuut inspirerend. Baie dankie aan die kerkraad wat ons dié geleentheid gegun het.
woord@bergendal
7
’n Herfs om te onthou... Op sy lang, uitmergelende siekbed het Die pragtige herfs in Bloemfontein en die hy dapper en gelowig gebly. Ons sal dit geleidelike verkleuring van die bome hier in onthou. Die natuurliefhebber, Oom Aps ons woonbuurt, was weer vanjaar die van Schalkwyk (Kiepersol-oord 19), het agtergrond vir Berg-en-Dal se lief en leed. na ’n operasie heeltemal verswak en is Daar was die vreugde van verlief- en op 13 Mei oorlede. Ons medelye aan verloofraak, van geboorte en doop. Ons Tannie Maynie en hul kinders. Tannie gelukwense aan die Ferreira-, Venter- en Corrie Olivier van Siësta wat ook swaar Vermeulen-egpare! Daarmee saam het ’n gely het, het sag heengegaan. handvol van ons ouer lidmate hul tagtigste verjaarsdae of selfs hoër gevier: Oom Hennie Mag die Trooster naby aan hierdie Mike Ritter Rudie van Niekerk Aps van Schalkwyk Kruger, Tannie André Morrisen, Oom Nic van families bly (Romeine 8:26-28). der Walt, Tannie Joey du Plooy, Basie Muller, die hospitaal teruggaan. Ons dink aan hulle as Ds. Gert en Jan. Kitty Möller, Jacoba van Rensburg, Hester van Zyl, gesin. Ook Dawie Malan en Piet du Toit sterk nog Oom Henry Johnson, Tannie Marie van der Walt, aan ná operasies. ’n Aantal lidmate ontvang langDuppie de Wet, Sannie Fourie, Magda Raath, Oom durige behandeling: Beatrice Carshagen en Tannie Willem Richards en Tannie Elise van Schalkwyk – Rhona Johnson, Suzie Terblanche, Magda Raath en baie geluk aan jul elkeen. Ons beste wense aan Miep van Ee. Tannie Jeanette Greyling (97) en Tannie Klein Taljaard (90)! Aan die groot aantal nuwe intrekkers Daar was die van ons wat in die afgelope kwartaal sê ons welkom: mag die Here julle en jul huise ryklik ’n naby-familielid of vriend verloor het: ’n broer, ’n seën en geestelik by ons versorg. Tannie Jana moeder, ’n oom. Vier keer het ons gemeente van ’n Kotzé het na etlike dekades uit haar bekende huis in gewaardeerde lidmaat afskeidgeneem. Daar was die onverwagse heengaan van Mike Ritter (Genl. Harry Smithstraat na Serenitas verhuis. Van Schoorstr. 9), bekende sakeman en leiersfiguur Vir diegene wat in die afgelope kwartaal terugslae in die AHI wat bykans weekliks landwyd gereis het, met hul gesondheid beleef het, bid ons moed en maar op Vrydagaand, 17 April, tragies net buite krag toe. Daar was lidmate soos Barry Mills en Mike Bloemfontein verongeluk het. Dit was ’n groot skok de Kock wat onverwags in die harteenheid vir Joy, haar kinders en die skoolgemeenskap van opgeneem is. Heleen Bosman, Brigitte Botha en Willem Postma. Ons dink aan julle. Só was dit ook Verbondsvreugde: Wessel en Nicolene Venter met klein Tannie Basie Muller, Rina Blignaut en Rina Horn het vir Veronica van Niekerk (Kiepersol Close 7) en haar Jaco (en sy niggies), en Johan en Lynne Ferreira met groot operasies ondergaan; ook Oom Willem Fourie. kinders, toe hulle op 10 Mei vir Rudie moes groet. Marguerite – die dopelinge van 5 April. Lynne is die dogter Tannie Sakkie Noeth se gesondheid het ’n knou Hy was een van die vriendelike gesigte by Kloppers van Eddie en Alfreda Schutte (Kapt. Goodmanstr. 14). gekry. Marlian Schutte (Mockestraat 20) moes en het ook vroeër leiding geneem in ons diakonie. Wessel en Nicolene Venter doen ook diens as motorwagte by Berg-en-Dal. binne vier maande ’n derde, beproewende keer na
Heidi gesels met ... Ouma en Oupa in Porseleinfantasie Flippie en Louise Minnaar, bekende Berg-en-Dallers, is ’n trotse oupa en ouma. Uit hul geseënde huwelik van byna agttien jaar – hulle is op 3 Augustus 1991 getroud, nadat albei hul eerste lewensmaats deur die dood verloor het – is nie minder as 136 porseleinpoppe “gebore”! “Prof. Flippie”, soos baie hom steeds noem, was sedert die stigting van die Mediese Fakulteit aan die UV in 1968, ’n lidmaat van Berg-en-Dal en verskeie kere ouderling. Een van sy drie dogters – Louise – dien tans ook as ouderling in die kerkraad! Dan is daar nog twee kleinseuns wat teologie studeer, waarvan een – sy naamgenoot, Flippie – vanjaar Studenteraadslid aan die UV is. Mev. Louise Minnaar, wat van “egte Dopperafkoms uit Reddersburg” is, het twee seuns en vyf kleinkinders – almal in Bloemfontein. Benewens haar popmaakstokperdjie (sy was onder andere vir vier jaar beoordelaar by die Bloemfontein Skou), sing sy ook graag koor. Ná hul troue in 1991, het Tannie Louise die popmaakkuns by Prof. Flippie se dogter, Hanlie, in Marquard leer ken. Sy het ’n intensiewe kursus en eksamen deur die International Academy of Doll Makers in Florida (VSA) voltooi en haar diploma met onderskeiding verwerf. Tot op hede het sy 136 porseleinpoppe gemaak, waarvan die drie “Prinses
Diana”-poppe met replika klere en juwele, haar persoonlike gunstelinge is. ’n Besoek by die Minnaars word soos ’n reis deur hul fantasiewêreld met ’n vertelling by elke meesterstuk. Prof. Flippie ken die fyn detail van hierdie tydsame proses: nadat die porselein vloeistof (@ R 1 000,00 per pop) in die regte vorm (@ R 3 000,00 per pop) gegiet is, word 0 die vorm vir 24 uur teen 1100 C gebak. Dit word nege keer teen ’n laer temperatuur herhaal, sodat die vorm waterdig kan wees. Die pop word dan fyn afgewerk en herhaaldelik geverf totdat die gewenste effek verkry is. Daarna word die toepaslike klere gemaak, ook handgemaakte sykouse! Die proses kan tot twee maande duur. Voeg daarby dat prof. Flippie met die giet van die porselein help en self die staanders maak waarop die poppe gemonteer word, en dit is te verstane dat hierdie “kinders” nie te koop is nie – elkeen het ’n storie om te vertel en is deel van die Minnaar familietrots.
woord@bergendal
woord@bergendal
woord@bergendal
DIE OOP WOORD. . .
Calvyn, sy roeping... en ons. Op 10 Julie vanjaar gaan Berg-en-Dallers saam met Gereformeerdes wêreldwyd, die geboorte van Johannes Calvyn vyf eeue gelede, herdenk. Anders as wat baie dink, het Jean Cauvin ’n brose gestel en skugter geaardheid gehad en moes hy lewenslank onder moeilike omstandighede werk. Sy moeder is oorlede toe hy ses jaar oud was, sy vader vyftien jaar later. Op vier-en-twintig moet hy noodgedwonge uit sy vaderland vlug en swerf hy tussen Parys, Basel en Straatsburg; vir geruime tyd onder ’n skuilnaam en in Genéve byna naamloos – hy is slegs “die Fransman”. Dan vir drie jaar ’n banneling. In 1534 bemoedig hy ’n vriend: moenie te ver vooruit probeer kyk nie, leef daagliks uit die hand van die Here – Hyself sal aan ons ’n “rustige nes” gee om te oornag... Vir die grootste deel van sy lewe sou Calvyn na daardie rustigheid verlang; ’n stil hoekie waar hy God se Woord kan lees en oordink; kan bid. Telkens egter, skryf hy, was dit asof God vanuit die hemel sy hand kragtig op hom lê en hom terugroep na die gedrang en gedruis van die openbare lewe. ’n Roeping waarop Calvyn uiteindelik antwoord met die bekende woorde: cor meum tibi offero, Domine, prompte et sincere. “My geslagte hart offer ek aan U, Here, bereidwillig en opreg.” Calvyn het die strydperk betree met ’n warm hart, briljante verstand en vaardige pen. Vir die vryheid en burgerregte van sy Franse landgenote tree hy by hul koning in. Selfs Moslems het basiese menseregte wat nie van hulle ontneem mag word nie – “water en vuur” noem hy dit. Tot die riolering van die stad Genéve was vir hom ’n prioriteit! En die organisering van die diakonie sodat armes en siekes versorg kon word. In God se Woord het Calvyn die ideaal ontdek van ’n héél samelewing. ’n Roeping. As Christene in ons geliefde Suid-Afrika, mag ons ons nie onttrek, iewers in ’n hoekie gaan sit, skouers optrek en sinies sê: “Ons het julle mos gesê...” Of, skepties: “Laat Gods water nou maar oor Gods akker loop”. Nee, ons moet by pres. Zuma en premier Magashule bly aandring op vryheid, geregtigheid en gelyke kanse vir almal. (Terloops, dankie vir die oop deure, menere). Ons moet luidkeels bly protesteer teen ’n onaanvaarbare vlaag van misdaad en geweld in alle gemeenskappe. Ons moet betrokke raak by ons skole sodat onderwysers hulle kan toespits op hul eintlike taak: kwaliteit onderwys. Ons moet bly vra vir beter dienslewering deur Mangaung Munisipaliteit én ons moet self hande uitsteek sodat die sypaadjies en pleine in Dan Pienaar netjies kan wees. Dít is reformasie: ’n gesonde gemeenskap, gehoorsaam aan Gods Woord. Hier waar Hy ons nou laat woon.
In die krag van die Gees die toekoms in... “Die Gees en die bruid sê: ‘Kom!’ En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” (Openb. 22:17). Die kerk (die bruid) van die Here Jesus leef in hierdie wêreld vanuit die krag van die Heilige Gees, die toekoms tegemoet. Die Gees sê vir die kerk – vir ons as gelowiges – hoe om elke dag te leef met die oog op die toekoms. Hulle praat dieselfde taal; trouens, dit is die Gees wat ons leer hoe om te praat, te bid, te dink, te leef en te sien – die toekoms te sien! Dit is dus nie maar net ’n gebed en ’n verlange na beter en mooier dinge eendag nie, maar ’n gebed dat Jesus, as ons “Toekoms”, Self sal kom. Hierdie uitstrek na die toekoms maak ons daarom nie wagtende en passiewe dromers nie. Nee, dis eintlik ’n gebed en verlange van elke dag: “Laat U koninkryk kom!” Dit laat ons elke dag volhard in die stryd en dit troos en sterk ons, want Jesus Self, as Borg, staan in vir
die toekoms en maak dit seker en vas. Hy wat beloof het: “Ek kom gou...”, gebruik ons as medewerkers van God om elke dag tekens op te rig van God se nuwe wêreld – van Sy nuwe toekoms. Dit is egter ook nie net ’n roep na bo en vorentoe nie, maar ook ’n roepstem na medemense langs ons en rondom ons. Daarom lees ons verder: “En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” Ons lewens as Christene moet iets weerkaats en vertel van hierdie (T)toekoms, sodat dorstige buitestaanders van die geloof in Jesus, ook kan begin soek na die water van die lewe. Om slegs te ontdek: dit is verniet, dis genade! En sodat hulle sinvol oppad kan wees na Christus, ons Toekoms! Sodat hulle saam met die Gees kan werk en bid: “Amen! Kom, Here Jesus!” Ds. Gert Terblanche
Paasfees op Menuha (I) Lourens de Bruyn: Wat is die betekenis van Paasnaweek vir ons vandag? Nóg ’n langnaweek waarvan ons hierdie jaar al te veel gehad het? Op sy beste dan ’n Nagmaal, ’n Goeie Vrydag-diens en ’n Opstandingsdiens Sondagoggend? Die afgelope Paasnaweek was vir my ’n periode van besondere seën. Vir die eerste keer is ek saam na Menuha vir Stille Saterdag. Daar het ons in die stilte van die veld besin oor die ervaring van Jesus se volgelinge ná sy kruisiging en dood. Van dié wat weggehardloop het – waaronder ook Petrus – en van Josef van Arimatea wat Jesus in sy eie rotsgraf weggelê het. Was alles toe tóg maar tevergeefs? Die blye boodskap Sondagoggend – Jesus het opgestaan! Hy leef! – het my in sy volle betekenis opnuut getref. Hy het die Dood oorwin – ook vir my. Dít is mos die betekenis van Paasfees, die belangrikse gebeurtenis op ons Christenkalender! Paasfees op Menuha (II) Kowie Wessels: Nadat ons die vroeë-oggendbidure in die Groot Lydensweek bygewoon het, was die Stille Saterdag op Menuha ’n gepaste afronding van die herdenking van vanjaar se Lydenstyd. Die nuwe gedagte wat vir my prominent was, was die aandag wat destyds aan die liggaam van Jesus gegee is. Na die salwing met kosbare olie deur Maria in Betanië
Briewe
P
vroeër, word die liggaam op die Vrydag onteer, verniel, geskend... Die dood van Jesus word eerstens bevestig deur ’n hoë Romeinse offisier, gestuur deur Pilatus (Mark. 15:44-45). Die belangrikheid van dié insident word ook beklemtoon deur die aandag wat twee gesiene Jode aan die lyk skenk – 50 liter mirre en aalwyn word gebruik om die liggaam mee te salf. Die feit dat Josef van Arimatea en Nikodemus bereid was om hulself te verontreinig deur aan die lyk te raak, wys hoe belangrik Jesus se liggaam vir hulle was. Sê dit iets vir ons oor die belangrikheid van Sy liggaam as ons die brood by die Nagmaal gebruik? Verder lyk dit asof die aandag wat al vier Evangelieskrywers aan die begrafnis van Jesus gee, daarop gemik is om ons geloof te versterk: Jesus het gesterf en is begrawe, maar het ook opgestaan! Is wreedhede en die afsterwe van geliefdes God se wil? (IV) Hans Koorts: Die redakteur vra na my eie mening oor die vraag of wreedhede en die afsterwe van geliefdes God se wil is? In kort Vervolg op bl 9
woord@bergendal Vervolg van bl 8 glo ek dat dit nie die wil van God is nie. Dit is in lyn met Adrio König en Johan Heyns se teologie (wat ek reeds in vorige aflewerings behandel het) en dié van JJF Durand (volgende aflewering). Dit is ook soos nuwe teologiese denke God se raad sien. Hierdie teoloë is behoudend; hulle bevind hulle nie in die kraal van liberale teoloë wat die liggaamlike opstanding van Christus loën nie. Soos hierdie teoloë glo ek nie dat God in die gryse verlede ’n ewig, onveranderlike plan opgestel het waarvolgens die ganse menslike geskiedenis tot in die fynste detail soos ’n bloudruk vasgelê is nie. Hiervolgens is ook die mens se sondige dade en die werke van die Satan voorbeskik en selfs God kan dit nie verander nie! Hierdeur word God ’n gevangene van sy onveranderlike raadsplan en besit hy nie die vryheid om nuwe besluite te neem nie. Karl Barth se gelykluidende siening oor hierdie saak word deur Feenstra as ’n dwaling beskryf (sien “Leer en Lewe”, die vertaling van Zeeman, 1961:64-65). As ’n pa sy dogter molesteer, dan geskied dit ooreenkomstig God se voorbeskikking. Dit laat nie ’n haarbreedte ruimte vir die pa toe om hom van dié afskuwelike daad te weerhou nie. Nou sê die ortodokse leer dat God nie vir hierdie sonde verantwoordelik gehou kan word nie, alhoewel hy dit beplan het. Dit is volgens God se raad die mens wat daarvoor verantwoordelikheid moet dra (Feenstra, 1961:66). Is dit logies? Hoe moet ’n mens hierdie logika verstaan? Dit klink soos ’n onverteerbare stukkie filosofie. Die ortodokse leer van die raad van God laat in die vervulling van sy ewige besluite nie die geringste afwyking toe nie. Die mens is derhalwe niks anders as ’n marionet nie; al sy optredes is vooraf geprogrammeer. Wat anders is dit as determinisme? Die ortodokse gereformeerde leer stel dus self Gods raad voorop ten koste van die mens se verantwoordelikheid en verval sodoende in fatalisme en mistisisme. [Verkort. Briefskrywer is al vantevore daarop gewys dat hy ’n vereenvoudigde voorstelling van die gereformeerde belydenis maak en sowel Feenstra as Heyns selektief aanhaal. Die vraag na God se wil kan nie eensydig deur menslike logika deurgrond word nie – sien Jeremia 23:18 en Romeine 11:34 – dit is inderdaad ’n misterie. Slotaflewering volg].
van menige kerkganger. Inderdaad ’n probleem so oud soos ons volk. Kyk maar na vroeë foto’s van spanne osse voor ossewaens op dorpspleine en kerkpleine uit die agttienhonderds! Ja, sekerlik het elkeen sy ding gedoen gekry, hetsy velle smous, negosie laai of kerk toe gaan, maar met hoeveel frustrasies en ontwrigting vir andere! Behalwe vir die aard van vervoermiddels, het niks sedertdien by Berg-en-Dal verander nie. Die mens sal hom nie laat regimenteer nie en hy, of sy, sal parkeer hoe en waar hy, of sy, wil. Vir diesulkes word wette en regulasies uitgevaardig ten einde hulle te dwing om saam te werk. Nie dat dit juis help nie. ’n Wet is daar om oortree te word, nie waar nie, en wie is die kerk om aan my voor te skryf? Soos die gees (watter gees?) my lei, sal ek skuins, dwars, agterstevoor en, indien moontlik, onderstebo parkeer. Ons ingenieursvriende beweer glo dat hierdie wanordelike soort parkering die meeste voertuie op ’n terrein inkry! Hoe dan nou? As mens kerkgangers in rye kerkbanke kan laat sit, kan jy tog seker hul voertuie in rye parkeerplekke regimenteer? Soos met die kerkbanke heers daar dan ook nie wanorde met die uitkomslag nie. Behalwe as jy diekant toe kyk en daaikant toe ry! Dit kan lol. Maar wag: hef aan lê nog voor! Wanneer Prellerwhôk wat nou uit die gat verrys, eers ten volle bedryf word, sal ons ’n ander deuntjie sing. Prellerplein bied reeds nie meer genoeg parkeerplek vir die aantal kopers nie. Die Whôk se nuwe keldertjie gaan nie veel help om die groter aantal kopers se voertuie van die smal strate, sypaadjies, eiland en ons kerkperseel af te hou nie. Miskien moet ons ons terrein ten duurste met duiwelsvurktralie omhein. Dit kan ons motorwagte se taak vergemaklik en terselfdertyd misdadigers, rondlopers en annerlike bedreigings uithou. En, indien Andrew Murray-gemeente in ons saal sou kom kerk hou, kan ons ’n eie kampie vir hulle ten ooste van die saal inrig met hul eie, anderstalige, dog behoudende motorwag...
Parkering ’n groot probleem!
Hoe gaan die hekwagte nou onderskei tussen voertuie van kerkgangers en van mense wat Sondae kom inkopies doen? Ruitplakkers? Miskien moet die hekwagte sorg dat almal eers ’n draai in die kerk maak voordat hulle toegelaat word om weer by die hekke uit te stap of te ry! Onder watter bediening sal dié aksie resorteer?
Veldmuis: “Kan mense dan nie net ordelik langs mekaar parkeer nie?” is die versugting
En die inkopietrollies. Ja, wat van die inkopietrollies? Ek gee moed op!
9
Pinkster 2009
’n Man het uitgegaan om te saai...
Pinkstersondag: Julius Mazibuko, blinde sanger
Johan Fourie, met drie “pinksterduiwe”
Johannes Wessels en Dolf Britz in gesprek by die sop.
10
woord@bergendalwoord@bergendal
Waarom is die vroeë Christene vervolg? Audi alterem partem – hoor die ánder kant – Louise Cilliers – Wanneer die vervolging van Christene in die eerste drie eeue n.C. ter sprake kom (soos in ons lees van die boek Openbaring), word dit gewoonlik vanuit die oogpunt van Christene gesien, in die felste kleure geskilder en (tereg) veroordeel. Die vraag word egter selde gevra hoe die Romeine hierdie nuwe godsdienstige “sekte” ervaar het en wat hul redes vir die vervolging daarvan was? Die Romeinse spreekwoord lui: audi alteram partem (“luister <ook> na die ander kant”). Laat ons ’n keer uit ’n ander hoek hierna kyk: waarom was daar van die kant van gewone Romeine en die Ryksregering soveel opposisie teen Christene? Unieke geloof en aanbidding Alhoewel die Christendom nie die enigste “nuwe” godsdiens was wat in die eerste eeu n.C. die Ryk vanuit die ooste binnegekom het nie (soos die Isis-kultus uit Egipte), is hulle uitgesonder en erg vervolg. Eerstens, omdat Christene streng monoteïsties was en geweier het om heidense gode en die Romeinse keiser te aanbid. Daarby was hul byeenkomste eksklusief en geheim, wat die vrees laat onstaan het dat hulle rewolusionêr is en opstand beplan. Verder het hul geheime aktiwiteite tot erge misverstande by buitestaanders gelei, soos dat hulle kannibalisme beoefen (die eet van menslike vlees en drink van bloed by die Nagmaal) en bloedskande pleeg (deurdat almal mekaar “broer” of “suster” noem). Christene het ook geweier om deel te neem aan openbare feeste of spele, selfs as toeskouers. In die algemeen het hul aanstoot gegee omdat hulle ander lewenswaardes as dié in die Romeinse samelewing gehad het – hulle was byvoorbeeld teen immoraliteit, selfmoord en aborsie. Die feit dat hulle losgebreek het van Judaïsme wat wél deur Romeine as ’n nasionale godsdiens aanvaar is, het ook beteken dat Christene dáár uitgesluit is. Een van die vernaamste redes waarom selfs die gewone Romein teen hulle gekant was, was dat hierdie mense Iemand wat aan ’n kruis gesterf het – die skandelikste vorm van straf vir die laagste klas mense (slawe en kriminele) – as God beskou het! Sy “aanhangers” is daarom ook as behorende tot die laagste klasse gesien en hul godsdiens as ’n “perverse en buitensporige bygeloof”. Hierdie onbegrip het tot ostrasisme op alle terreine gelei: verwerping deur die gemeenskap, vervreemding van eie familie en vriende, ekonomiese boikotte en werksverlies. Vir vroeë Christene was dít in sekere opsigte ’n groter probleem as die vervolging deur die staat.
Keisers Nero (54-68 n.C.) was die eerste Romeinse keiser wat Christene aktief vervolg het. Ná die groot brand in Rome (64 n.C.) het hy die reeds ongewilde sekte bekend as “Christene” tot sondebokke gemaak en homself só van alle blaam bevry. Hulle is op verskeie wyses wreed om die lewe gebring; in die amfiteater vir wilde diere gegooi of gemartel deur aan kruise vas te spyker en aan die brand gesteek ter verligting van die keiser se tuine saans. Petrus was waarskynlik een van die slagoffers. Dit het Christene ondergronds gedryf – ook letterlik deurdat hulle hul godsdiensbeoefening in ondergrondse grafkelders (die katakombes) voortgesit het, waar die Romeine as gevolg van wette teen grafskening, hulle nie kon uithaal nie! Kort hierna is die beleid geformuleer dat die naam “Christen” alleen al (nomen ipsum) genoeg bewys was om ’n persoon as “ateïs” tereg te laat stel! Die “groot verdrukking” waarvan ons in Openbaring lees, het tydens die regering van die paranoïese keiser Domitianus (81-96 n.C.) plaasgevind. In die tweede eeu het Trajanus egter ’n meer gematigde beleid gehad. By navraag van een van die provinsiale goewerneurs het hy die advies gegee dat Christene nie uitgesnuffel moet word nie (non conquirendi sunt), maar dat as hulle na drie bevele steeds weier om ’n offer van wyn of wierook aan die keisers en die Romeinse gode te bring, die doodstraf wel opgelê moes word. Hierna het vervolging van Christene sporadies voorgekom, soos met die dood van Polikarpus, die biskop van Smirna in 156 n.C. Onder Christene self is vrywillige martelaarskap algaande as die ideale toets vir ware geloof beskou. ’n Volgende vlaag vervolging sou onder Marcus Aurelius (160-181 n.C.) uitbreek, omdat hy die Christelike geloof verwar het met ’n spesifieke stroming, die Montanisme, wat openlik vyandig was teen die Romeinse staat. In die derde eeu – gedurende die “Halfeeu van Anargie” (230-280 n.C.) toe daar nie minder as 26 keisers op die troon was nie – het die Romeinse Ryk ernstige probleme op alle fronte ervaar. So het keiser Decius (249-250 n.C.) desperaat beveel dat almal in die Ryk die ou Romeinse gode om redding moes vra. Christene het geweier en was dít eintlik die eerste keer dat hulle om politieke redes vervolg is – die vrees was dat hulle die veiligheid van die staat bedreig. Daar was nog ’n algemene vervolging onder keiser Valerianus (257-258 n.C.), waartydens Christene en kerke onteien is en hulle ook hul posisies in
Keiser Diocletianus (284 – 305 n.C.), een van die wreedste vervolgers van die Christene, hier op ’n Romeinse munt afgebeeld.
die staat verloor het. In die vierde eeu het die ergste vervolging ooit onder Diocletianus en sy opvolger Galerius plaasgevind, weereens omdat hulle die guns van die ou gode probeer wen het. Toe Galerius egter in 311 n.C. siek word, het hy Christene gevra om vir hom te bid en toe hy gesond word, het hy die vervolging gestaak. Die amptelike beëindiging van die vervolging van Christene deur die staat, het eers gekom toe Konstantyn keiser geword het (312 n.C.) en sy oorwinning oor ’n teenstander aan die God van die Christene toegeskryf het. In 313 n.C. is die “Edik van Milaan” uitgevaardig en is ’n beleid van universele godsdienstige verdraagsaamheid in die Ryk geproklameer. Dit was egter eers tagtig jaar later – in 392 n.C. – dat die Christendom deur keiser Theodosius tot staatsgodsdiens verklaar is.
Sending en Sop. Tydens die afgelope Pinkster het Johan Cilliers, Marie de Wit en hul helpers weer gesorg vir ’n pragtige uitstalling en heerlike sop in die kerksaal na elke aanddiens. Hier geniet Daniël en Andries Hoffman, en Elise Ferreira die geselligheid.
woord@bergendal
11
Wat is Gereformeerd (I) – in leer? Wat glo gereformeerde Christene? – Jan Lubbe Wat is die verskil tussen ons en die Doppers of die Baptiste of die Engelse Kerk of die CRC? Maak dit regtig saak? Ag, whatever: ons glo mos almal in Jesus! Opmerkings en vrae soos hierdie hoor mens dikwels, soveel te meer in die gedenkwaardige jaar 2009 – vyf eeue ná die geboorte van Johannes Calvyn, die Hervormer van Genéve. Sy teologie sou die naam “gereformeerd” kry en is vanuit Genéve deur die hele Europa gedra, met die gevolg dat dit weerklink in name soos die Reformierte Kirche (Duitsland), Gereformeerde Kerken (Nederland), die Presbyterian Church (Skotland) en die Reforme Ungarn (Hongarye). Ook aan die suidpunt van Afrika het die Nederlandse Geloofsbelydenis (1559) en die Heidelbergse Kategismus (1563) vrugbare grond gevind – twee belydenisskrifte wat in vorm en inhoud sterk deur Calvyn beïnvloed is. Maar wát is “gereformeerd”? Wanopvattings Daar bestaan twee wanopvattings oor “gereformeerd-wees” en wat ons (in die NG Kerk) met ’n ironiese situasie laat waarin diegene wat verkramp aan die verlede wil vasklou én diegene wat vrysinnig als wat nuut is wil omhels, hulself “gereformeerd” noem! Die een wanopvatting is dat “gereformeerd” ’n ander woord is vir alles wat outyds, behoudend of konserwatief is. Tradisioneel, soos in ’n toga en wit das, lang preke, ’n orrel en psalms, vaste orde en vreeslike tug (en die bagasie van apartheid). Die teendeel is egter waar: “gereformeerd” is ten diepste ’n teologiese beginsel, nie ’n sosio-kulturele posisie of kerklike bedeling wat ten alle koste gehandhaaf moet word nie. Dit wil sê: gereformeerdes toets altyd weer hul eie sienings en die strukture van hul dag aan die Skrif. Gereformeerdes kan nie selftevrede terugsit oor (enige) status quo nie, maar bly oop vir Skrifgegronde verandering, vir HER-vorming. Presies hier laat hoor die ander uiterste hul stem: daardie wanopvatting dat “gereformeerd” ’n nimmereindigende proses van verandering beteken; die populêre toorwoord: “vernuwing”. Dat die kerk in haar vorm en boodskap voortdurend moet aanpas by die tyd; by dit wat in ’n postmoderne konteks “aanvaarbaar” is – dink maar aan die huidige debat oor die opstanding van Christus. Ook hier is die teendeel waar: wie in die gees van die Reformasie “gereformeerd” wil wees, herken dat daar agter HER-vorming ’n vaste Bron is, ’n kompas, ’n teologiese “noord”. Nòg Calvyn nòg Luther wou ’n kerklike vernuwingsbeweging op tou sit of ’n nuwe kerk stig; hulle wou terugkeer na daardie Bron.
Waaroor het dit dus in die Reformasie gegaan? Verlossingsweg Hoe ontvang ek genade in God se oë? Hoe word ek uit my diepste nood verlos? Aan die begin van die sestiende eeu (en vandag steeds!) is daar twee antwoorde gegee: van Roomse kant dat ek op grond van my boetedoening by die priester en sy vryspraak, en deur die doen van goeie werke (my verdienste) saligheid ontvang; van Humanistiese kant dat ek deur my vrye wil kan kies om God te dien en ’n beter lewe te lei. Teen 1516 egter het Luther die Bybelse waarheid herontdek dat ’n mens alleen deur geloof in Christus gered word (Rom. 1:1617), en dat dit alleen op grond van God se genade gebeur (Rom. 3:22-24). Dit was ’n radikale aksentverskuiwing weg van Rome én die Humanisme. Vir Luther was die ergste dat brandarm mense uitgebuit is deur hulle met die hel bang te praat en dan die kerk se “aflaatbriewe” soos “toegangskaartjies na die hemel” te koop aan te bied! Calvyn skryf in sy Institusie of Onderwysing in die Christelike Religie (1536) dat ’n mens alles wat nodig is vir jou saligheid, in Christus ontvang – bedoelende, IN ’n opregte, persoonlike verhouding met die lewende Christus; ’n verhouding waarin ek ontdek dat die weg na ons Vaderhuis by God begin, wat ons eerste liefgehad en uitgekies en geroep het, wat ons heiligmaak en laat volhard (Rom. 8:28-30). Geloof is niks anders as my antwoord op Sy roepstem nie; bekering niks anders as ’n bewustelike omdraai terug na Hom wat my roep. En beide geloof en bekering word deur die Heilige Gees in my hart gewerk. Die diepste grond vir geloofsekerheid is dus die genadige werking van God! In hierdie opsig het Calvyn enige beklemtoning van MY aandeel in my verlossing, MY keuse vir God, soos wat destyds deur die Wederdopers (die voorlopers van sommige charismatiese groepe vandag) geleer is, afgewys. Teenoor ’n bygelowige pligpleging (“Bybellees en bid, kerktoegaan en kollekte”); teenoor ’n emosionele opswepery om ’n dramatiese bekering te laat gebeur én teenoor enige selftevredenheid oor MY geloofsprestasies, lê die troos vir gereformeerdes daarin “dat ek na liggaam en siel, in lewe en in sterwe aan my enigste Verlosser, Jesus Christus behoort” (Heidelbergse Kategismus). Die weg van saligheid is geen resep wat jy outomaties toepas of volg nie, maar is ’n skat wat jy dankbaar ontvang. Sola gratia, sola fide. Alleen genade, alleen geloof. Kerkbegrip Dit is opmerklik dat onder die vyf solismes van die Reformasie, daar geen sola ecclesia
– “alleen die kerk” – te vinde is nie. Maar daar is wél ’n solus Christus: Christus alleen! In die hart van wat gereformeerdes glo, staan nie die kerk nie, maar Christus! In die 16e eeu was daar ander kerkbegrippe: die Roomse kerk het geleer dat buite die kerk, daar geen saligheid is nie en dat die kerk is waar die Pous (of dan sy priesters) is; Wederdopers het verkondig dat die kerk die vrug is van óns bekering en dus bestaan uit “ware wedergebore Christene”, verhewe bo ’n onheilige, sondige wêreld; Humaniste weer, het die kerk gesien as ’n menslike instelling, ’n vereniging ingerig volgens ons goeie insigte en wat ’n nuttige, morele rol in die samelewing te speel het. Teenoor hierdie kerkbegrippe wat mense op allerlei maniere verslaaf en laat verdwaal, het Luther en Calvyn die kerk as Liggaam van Christus gesien: Hy roep ons nie net tot saligheid nie, maar tot ’n geloofsgemeenskap waarvan Hy die enigste Hoof is – geen ampsdraer of groot kerkvergadering regeer oor die kudde van die Here nie; Christus alleen. Deur sy Woord en Gees vergader, beskerm en versorg Hy die geroepenes wat uit alle volke, tale en kulture kom. In Hóm is hulle één; in Hóm bely hulle die waarheid. Daar waar hulle as gelowiges in liefde rondom Woord en sakrament byeenkom, dáár is die kerk – volledig, ecclesia completa. ’n Kerk is nie “beter kerk” omdat daar baie lidmate is òf omdat daar baie geld is òf omdat daar ’n gewilde dominee is nie – dit gaan om die heilige teenwoordigheid van Christus. ’n Kerk het ook nie ’n toekoms omdat sy in die oë van die samelewing, die Vervolg op bl 12
Johannes Calvyn (10 Julie 1509 – 27 Mei 1564). Weeskind, vlugteling, pastor, prediker en skrywer van klassieke teologiese werke soos sy Institusie, kommentare op Bybelboeke, ’n Franse Geloofsbelydenis, Kategismus van Genéve en ’n kerkorde vir gereformeerde kerke. Hy was getroud met Idelette van Buren, maar nie een van hul drie kinders sou bly leef nie. Deur sy lewe en werk het hy ’n onskatbare erfenis nagelaat waaruit Gereformeerde Christene geput het. Volgens die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke tel hierdie stroming in die Christendom ongeveer 70 miljoen mense, in 160 kerkverbande en 80 lande wêreldwyd, waarvan 66% in Afrika, Asië en Latyns-Amerika!
12
woord@bergendalwoord@bergendal
Brandpunt: Kerk en Staat Barmen-verklaring steeds aktueel – Jan Lubbe – In aanloop tot die afgelope algemene verkiesing in Suid-Afrika, het ekstreme magsuitsprake van politici die nuus gehaal: uitsprake soos dat “Zuma is like Jesus” en dat die ANC tot met die wederkoms sal regeer. Die besoek van mnr. Zuma aan Pastoor Ray McCauley se Rhema-kerk het opspraak verwek; nie minder opvallend was die nuuskonferensie van Natalse biskoppe uit die onafhanklike kerke wat hul steun openlik aan die ANC toegesê het. Hierdie verskynsel is nie vreemd aan ons geskiedenis: onthou maar net die magtige alliansie tussen NP en NG Kerk in die 1970’s soos verpersoonlik in die broederskap van premier en moderator, John en Koot Vorster. Die vraag na die regte verhouding tussen kerk en staat is ook in die dertigerjare in Europa op die spits gedryf toe teoloë en predikante téén die Nazïsme van Adolf Hitler standpunt ingeneem het. Dit het in die historiese sinodesitting by Barmen, op 29 en 30 Mei 1934 gebeur – vanjaar ’n driekwarteeu gelede. Grense opgehef Die bewindsoorname van Hitler in Januarie 1933 ten tye van ’n wêreldwye resessie, is oor ’n breë front in Duitsland verwelkom, ook deur die meeste Christene. Sy beloftes van ekonomiese herstel, werkverskaffing, maatskaplike stabiliteit, handhawing van reg en orde, en die sterk afwysing van kommunisme het hoop in baie harte gebring. Sy sukses hiermee het aan die “Führer” die status van ’n politieke Messias besorg. Een van sy eerste stappe was die gelykskakeling (“Gleichschaltung”) van alle aspekte in die Duitse samelewing (politieke liggame, ekonomiese bedrywe, kulturele- en kerklike instellings) en die saamsnoering daarvan onder gesag van die Nazi-party – die vestiging dus van ’n totalitêre staat. Individuele burgerregte is
Gereformeerd ... vervolg vanaf bl 11 regering of die wetenskap “relevant” is òf omdat sy die jongste bestuurstegnieke en tegnologiese hulpmiddels onder die knie het nie – maar omdat sy aan Christus gehoorsaam is! Wat ons by die derde aksent in die Refomasie bring: ’n kenmerkende Skrifbeskouing. Sola Scriptura. Skrifbeskouing Vir gereformeerdes is die Bybel genoeg om ons die weg van saligheid te leer én ons daarop te laat wandel – dit hoef nie aangevul te word deur allerlei kerklike tradisies, verklarings deur vergaderings, nagtelike
opgeskort en die berugte Ariër-paragraaf is in die beleid van gelykskakeling opgeneem: niemand van nie-Ariese afkoms (soos bv. Jode) mag enige leierskapsposisies in die staat, ekonomie, universiteite of kerke bekleë nie. Hitler se hand is gesterk deur ’n volksnasionalistiese stroming binne die Duitse kerke, bekend as “Deutsche Christenen”, onder leiding van Ryksbiskop Ludwig Müller, ’n geswore Nazi (foto hierbo, die ontmoeting van Hitler en Müller, 1935). By die nasionale sinode in September 1933 in Wittenberg (die stad van Luther!) was ’n groot aantal afgevaardigdes in hul bruin Nazi-uniforms gekleë en het Müller op die trappe van die vergadersaal die “Heil Hitler”-saluut gegee. Kerklike jeugaksies is by die Hitler Jügend ingelyf. Kerk en volk was dit hartlik eens. Teologies is die opkoms van nasionaal-sosialisme as ’n ingrype van God in die Duitste geskiedenis gesien en as openbaring van God se wil vir die Duitse volk. In lyn met die rassistiese Nazi-ideologie is gestel dat Duitse Kerke gesuiwer moet word van alle Ou Testamentiese reste. Müller self het in sy predikasie oor die saligsprekinge – “Deutsche Gottesworte” (1936) – gestel dat saligheid en vrede onder volksgenote die hoogste goed is! Protes Uit protes teen hierdie verknegting van die Christelike evangelie, het ’n “Predikante Noodbond” onder leiding van Martin Niemöller tot stand gekom. Saam met geesgenote soos Dietrich Bonhoeffer en evangeliese gemeentes wat trou aan die Reformatoriese belydenis wou bly, het hulle in Mei 1934 as ’n eie sinode by Barmen byeengekom. Dit is hier waar die bekende verklaring, opgestel deur Karl Barth (foto, 1930)
visioene (drome) òf openbaringe in die geskiedenis nie. Vir gereformeerdes is die Bybel ook gesagvol, sodat dit van ons gehoorsaamheid vra – dit mag nie krities versnipper of afgebuig word om by ons wetenskaplike insigte of eietydse oortuigings in te pas nie. Wat beteken dit? Agter die Reformasie het ’n herontdekking van die Bybel gelê – dié Bron ons deur God gegee. Vandaar die ywer om dit in volkstale vertaal te kry sodat gewone mense die Bybel kon lees; vandaar die stryd om dit uit ingewikkelde teologiese spekulasie te bevry sodat gewone mense van die Bybelse boodskap kon leef. Maar maak dit nie die deur oop vir ’n letterlike, fundamentalistiese lees daarvan en die gevaar om tekste uit hul verband aan te haal
en Hans Asmussen, aanvaar is: in ses duidelike punte en op Skrifgronde is die ideologiese inmenging van die Nazi-staat in die kerklike lewe verwerp. Christus is die enigste Woord van God en Hoof van die kerk (Joh. 14:6). Buiten Hom is daar geen ander openbaring vir die kerk (ook nie in die geskiedenis) en Hy alleen voer gesag oor ons ganse lewens – ook in die politiek. Tot die gemeenskap van die kerk behoort almal wat in Christus glo, ongeag hul ras of afkoms. Die unieke roeping en eie inrigting van die kerk kan nie deur enige ideologie van inhoud verander of vervorm word nie. Sowel die staat as die kerk het ’n eie verantwoordelikheid voor God en een mag nie oor die ander heers nie. Barmen eindig met die woorde van Jesaja 40:8 – “Verbum Dei manet in aeternum” (God se Woord bly ewig). Alhoewel die Barmen-verklaring van 1934 nie die tragiese gang van sake in Duitsland sou verander nie, was dit ’n tydige en moedige profetiese stem téén ’n totalitêre staat se magsvergrype. Barmen het onomwonde gestel dat die kerk te alle tye uit ’n ánder Bron as die heersende politieke oortuigings òf die wil van meerderhede leef – ’n boodskap van groot relevansie in ons eie konteks vandag. Barmen het ge-eggo toe die destydse Sendingkerk hul Belydenis van Belhar opgestel het (1982), alhoewel daar belangrike aksentverskille tussen die twee dokumente is. Nietemin: dit is aangrypend dat op daardie middag vyf-en-sewentig jaar gelede, toe ’n sonstraal van Christelike vryheid deur die donker ideologiese wolke bo NaziDuitsland gebreek het, die sinode by Barmen opgestaan het en “Nun danket alle Gott” gesing het – “Kom, dank nou almal God”, die ook in Berg-en-Dal geliefde Lied 188. en direk op ons eie lewens toe te pas nie? Inderdaad: daar wás destyds radikale Wederdopers wat links en regs “tekens van die tye” gesien en koorsagtig hul alledaagse lewens laat staan het – die Wederkoms is hier! Met tragiese gevolge vir hulself. Hierteenoor het Calvyn op die onlosmaaklike verband tussen Woord en Gees gewys: dit is net so verkeerd “om met die Heilige Gees te pronk sónder die Woord, as om die Woord te wil toepas sónder die Gees.” Daarom is goeie eksegese, verant-WOORD-e teologie, en die warme prediking van die Skrif steeds vir gereformeerdes ononderhandelbaar. (Volgende aflewering: Hoe aanbid gereformeerde Christene?)
woord@bergendal
13
Op my leestafel . . . Adrio König: “Die Evangelie is op die spel” Die jongste boek van prof. Adrio König, “Die Evangelie is op die spel. Vind jou weg deur die huidige geloofsdoolhof” (Lux Verbi, 2009), is met gemengde reaksie ontvang – onder andere heftige kritiek van die kant van sommige NG-teoloë in Pretoria. König stel ’n eie standpunt in die debat wat al die laaste dekade in en om die NG Kerk woed t.o.v. Skrifgesag en die inhoud van ons Christelike geloof. In hierdie eerste aflewering van ons rubriek “Op my leestafel ...” deel Johan Cilliers sy mening oor die boek. woord@bergendal nooi lesers uit om in volgende uitgawes húl leeservarings van ’n nuwe (of dalk ou!) aktuele boek met ons te deel. In die jongste tyd het daar in Suid-Afrika stemme opgegaan wat die betroubaarheid en gesag van die Bybel in die algemeen, maar veral ook die Nuwe Testament, bevraagteken. Dit hang saam met ’n soortgelyke beweging wat al die afgelope dertig jaar in die VSA op dreef is en waarin die maagdelike geboorte van Christus, sy wonderwerke, die verlossende betekenis van die kruisdood, sy liggaamlike opstanding en hemelvaart, ernstig betwyfel, indien nie heeltemal ontken word nie. Inderdaad ’n doolhof van standpunte! Dit was daarom vir my ’n rigtinggewende leeservaring om prof. Adrio König se 312 bladsy-lange boek, “Die Evangelie is op die
spel”, te lees. Wat in hierdie boek opvallend is, is die wetenskaplike eerlikheid waarmee die skrywer probleme in verband met die Bybel en die lees daarvan erken. Sonder om weg te skram, bespreek König die vraag omtrent die gesag van die Bybel indringend en wys op verskillende maniere waarop die Bybel gelees word. Dit is werklik leersaam. Debat oor Christus Die grootste deel van sy boek wy König aan die debat oor Christus: Wie Hy was en die betekenis van sy kruis en opstanding in die Nuwe Testament. Dit is opvallend dat daar alreeds in die eerste vier eeue meningsverskil oor die Goddelike natuur van Jesus Christus bestaan het en wat ook groot spanning en afsplitsinge in die vroeë Kerk veroorsaak het. Hierdie bedenkinge is toe al deur skerpsinnige kerkvaders soos Athanasius ondersoek en weerlê – die Geloofsbelydenis van Nicea (325 n.C.) wat ons soms in ons eredienste bely, getuig daarvan. Dit is gevolglik nogal verrassend dat van daardie ou “alternatiewe” sieninge oor Christus tans aangebied word asof dit nuwe insigte uit die jongste navorsing is! Dit hou grootliks verband met die sg. postmodernistiese denkrigting waarvolgens daar geen sekerhede bestaan nie en alles gerelativeer word. Dat Christus die Seun van God is, is volgens hierdie standpunt onaanvaarbaar –
’n vreemde, eintlik skokkende siening wat die gewone Bybelleser wat nie teologies geskool is nie, met ’n gevoel van verwarring laat. In hierdie doolhof dui König rigting aan met maklik volgbare argumente wat deur talle verwysings na die Ou en Nuwe Testament gekontroleer kan word. Hy bestempel die standpunte van teoloë wat die Goddelike natuur van Christus en alles wat daarmee saamhang, betwyfel, as onoortuigend omdat hulle weinig bewysgronde daarvoor kan aandui; dit berus eerder op hul subjektiewe idees. Een voorbeeld: dat Christus niks meer as ’n mistieke sjamaan was – hoe onverstaanbaar sou die idee van ’n sjamaan nie in die destydse Joodse samelewing wees nie? König sluit sy boek af met ’n kort bespreking van hedendaagse wêreldbeelde en sy siening vir die pad van die Christelike geloof vorentoe. Vir diegene wat meer daaroor wil lees, is daar ’n lang bibliografie van onlangse studies. Teoloë sal sekerlik punte van kritiek teen sommige van König se standpunte kan opper, maar vir my as ’n leek was die lees van die boek ’n verrykende en rigtinggewende ervaring – al was dit net om opnuut te leer hoe mens die Bybel op ’n verantwoordelike en geldige manier kan lees.
Paul Young: “The Shack” Die omstrede boek van W. Paul Young, “The Shack” (Windblown Media, 2007) is op versoek van lidmate deur ds. Jan Lubbe by drie Woensdagaandgesprekke onder die soeklig geplaas. Die opkoms by hierdie gesprekke was goed – soos wat mens kan verwag van ’n boek wat alreeds wêreldwyd 5 miljoen eksemplare verkoop het! Heidi Steyn gee hier haar mening oor “The Shack”: Die Griekse denker, Heraklitus, het op ’n keer gesê: “Verwag die onverwagte, anders sal jy dit nooit raakloop nie.” “The Shack” is só ’n onverwagse “ontmoeting” op ’n mens se lewenspad wat jou wil help om te ontdek hoe spesiaal elkeen van ons vir God is. Dit was ook die motief waarmee Paul Young die boek geskryf het: op aandrang van sy vrou om iets
uit sy eie lewenservaring vir sy kinders na te laat, skep hy ’n fiktiewe verhaal waarin ’n diep menslike krisis ontknoop word – “... to help them understand what had been going on in his inside world. You know that place: where there is just you alone – and maybe God...” (p 12). So word die “shack” (’n houthuisie diep in die woud) ’n metafoor vir daardie binneruimte van ons bestaan waar ons hartsgeheime en pyn gebêre word. Die hoofkarakter, MacKenzie A Phillips (Mack, soos wat hy in die verhaal genoem word), ontvang ’n uitnodiging om “Papa” – Mack se vrou se “noemnaam” vir God – te gaan ontmoet. Die skrikwekkende is egter dat dié ontmoeting by dieselfde afgesonderde houthuisie sal plaasvind waar Mack se dogtertjie, Missy, vier jaar vantevore deur ’n reeksmoordenaar om die lewe gebring is. Mack aanvaar die uitnodiging huiwerig en skepties, en beleef dan ’n ongelooflike naweek “in die geselskap” van God.
Die eerste verrassing is hoe God Drie-enig aan Mack verskyn: ’n joviale Afro-Amerikaanse vrou, genaamd “Papa”; Jesus as Midde-Oosterse jongman in skrynwekersklere; en die Heilige Gees in die misterieuse gedaante van Sarayu, ’n vrou uit Klein-Asië. Dit word ’n naweek vol wendinge; ’n reis waarop Mack deur sy “Great Sadness” – sy rou oor die tragiese verlies van sy dogtertjie – worstel om uiteindelik rus en heling by ’n liefdevolle God te vind. “The Shack” konfronteer ’n mens met twee belangrike vrae: Wie is God, en waar is God wanneer lyding en dood in ons lewens kom? Mack ontdek dat sy “prentjie” van God sterker beïnvloed is deur die beeld van sy eie streng en hardhandige pa en deur sy kulturele agtergrond, as deur wat die Bybel ons oor God leer. “For me to appear to you as ’n woman and suggest that you call me Vervolg op bl 14
14
woord@bergendalwoord@bergendal
Pa en seun: van stoei na groei Noodsaaklike “bonding” berei voor vir lewe – Martin Coetzee – Eie aan die spel van pa’s en seuns, is die stoei met mekaar – dikwels tot groot besorgdheid van Ma! Ma is meer geneig om haar spruite te kalmeer en rustig te hou, terwyl Pa veral seuns se robuuste en selfs aggresiewe kante uitlok. Hulle hou daarvan om aan mekaar te stamp, rond te rol en op die grond neer te druk, selfs in die lug te gooi. Nee, Ma, los Pa en Seun om hierdie belangrike “male bonding” en “man-leer-wees” met mekaar uit te sorteer – dit is ’n noodsaaklike deel van hul beide se groei en emosionele welsyn. Al loop die stoeiery soms uit op Boeta se trane, geniet hy die fisieke kontak met Pa en leer hy ongelooflike lesse vir sy lewe vorentoe: hoe om “fun” te hê, hoe om geraas te maak, wanneer om te stop. Een van die maatstawwe vir ’n “ware man” is om in beheer van jouself en jou gedrag te kan wees. Deur met hul pa’s te stoei, leer seuns daardie selfbeheer aan. Neem die scenario waar Pa en Seun op die woonkamer se mat stoei: nie lank nie of Boeta wil Pa wurg. Pa stop die stoeiery en sê dat daar nie gewurg mag word nie – dit is een van die reëls wat vir beide geld. Of Boeta besluit dat Pa tot oorgawe gedwing kan word met ’n goeie byt op die bo-arm! Hô-hô-hô! sê Pa dan weer: kyk hoe groot is my mond en my tande, dink net hoe seer kan èk byt – nee,
ons moet mekaar se liggame respekteer en beskerm, joune en myne. Ons mag mekaar nie seermaak nie. As jy voel Pa maak jou seer of jy voel jy word kwaad, moet jy net sê, dan sal Pa stop. Praat betyds, grootman. Dink jy jy sal dit kan doen? Goed, dan stoei ons verder... Maar, soos ds. Jan al tereg opgemerk het, as jou seun 16 geword het is dit veiliger om te stop (die bordjies kan dalk pynlik verhang word!); gaan speel dan liewer saam muurbal! Deur met sy pa te stoei, leer die kleuter en laerskoolseun dus om sy kragte in ’n veilige omgewing te meet, sy eie emosies te identifiseer, betyds daarop te reageer, homself te beskerm en so in beheer van sy eie gedrag te kom. Daaruit weer leer hy ook om in beheer van sy eie toekoms te wees. In sy interpersoonlike verhoudings sal hy gesonde grense kan stel en ander s’n respekteer. Selfs sy wederhelf sal eendag veilig by hom voel, want hy het geleer om in beheer van sy fisieke vermoëns te wees – die kenmerk van ’n “ware man”. Martin Coetzee (Winterstraat 4) is ’n geregistreerde maatskaplike werker en een van Berg-en-Dal se kategete. Inligting vir hierdie artikel kom uit S. Biddulph, “Raising Boys” (1998).
Vervolg vanaf bl 13
houding met God, besef en beleef ons hoe diep sy seën werklik is. Hoe Hy alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die goeie en die slegte, pyn en vreugde (Rom. 8:28). Ons kan dit juis intens beleef in donker tye en wanneer ons swak is – “Hy gee die vemoeides krag en versterk dié wat nie meer kan nie. Die wat op die Here vertrou kry nuwe krag...” (Jes. 40:29, 31). Ons troos is dat Hy ons liefhet in ons grootste weerloosheid en dat alles net genade is. In 2 Korintiërs 12:8 getuig Paulus van die bemoediging tydens sy eie ontberings en worsteling met ’n “doring in sy vlees”: God se genade is genoeg; in ons swakheid kom sy krag na vore. Ook in sy bergrede (Matteus 5), vertel Jesus van die besondere eise wat navolging van Hom bring én van hoe sy teenwoordigheid ons in swaar tye troos – soos vir Mack.
Papa, is simply to mix metaphors... I’m not who you think I am, Mackenzie... I am God. I am who I am” (p 92, 97-98). Vanweë sy Godsbeeld, sukkel Mack ook om vrede te vind oor die dood van sy dogtertjie: as God liefde is en as God almagtig is, waarom het Hy nie Missy se dood verhoed nie? In hierdie verband leer Mack baie oor hoe God in ’n gebroke skepping en met stukkende mense omgaan. Die verdwyning en moord op Missy, “was the work of evil and no one in your world is immune from it”, hoor hy by Sophia, ’n vroulike wysheidsfiguur in die verhaal. Mack leer ook hoe God se vergifnis en verlossing werk: “Sin is its own punishment, devouring you from the inside. It’s not my purpose to punish it; it’s my joy to cure it”, sê Papa (p 120). Uiteindelik bring dit nie net berusting vir Mack nie, maar leer hy ten diepste om God te vertrou – die vrug van ’n diep en opregte verhouding met God: “It is so simple, but never easy for you. By returning... back to me...”, verduidelik Jesus (p 147). Uit hierdie vertroue, kom daar by Mack ’n bereidheid om te vergewe. Vir my bevestig “The Shack” in meer as een opsig die boodskap van die Bybel. Eers binne die raamwerk van ’n lewenslange ver-
Martin Luther het op ’n keer gesê dat daar twee dinge is wat elke mens alleen moet doen en niemand kan dit namens jou doen nie: die eerste is om te glo, en die tweede is om te sterf. Beide hierdie lewensrealiteite kom in “The Shack” ter sprake. Geloof is ’n geskenk van God uit sy genade en deur sy Heilige Gees wat in ons leef, en word moontlik gemaak deur die kruisdood van Jesus vir ons almal.
Op die spyskaart: gebraaide hoender en Vrede & Lust-wyn... Abri van Vuuren (bo) was die organiseerder, kaartjieverkoper en braaier vir die heerlike Koinonia-ete op 24 Mei. Gemeentebediening reël drie sulke etes deur die loop van die jaar vir Berg-en-Dallers om mekaar beter te leer ken. In die eerste kwartaal, op ’n Sondag met regte Kaapse weer is ’n snoekbraai gehou; hierdie keer was dit hoender, slaaie en nagereg – soos wat Betsie en Johann Barkhuizen en Anna Bobbert hieronder geniet!
Tsumkwe kom sê dankie. Op ons KoinoniaSondag was daar ook besoekers uit Namibië: Hendrik en Elize van Zyl (in die middel hierbo), wat as sendelinge by Tsumkwe werk, het Bloemfonteinse gemeentes wat hul ondersteun, besoek om dankie te kom sê. In ’n briefie bedank hulle ook die Bybelstudiegroep aan huis van Oom Nic en Tannie Johanna van der Walt vir die heerlike tee, gesels en saambid – asook die Bybels en borduurgare wat agterna afgelewer is! Hendrik en Elize wens Berg-en-Dal die Here se seën en beskerming toe. By hulle op die foto, is dr. Gideon van der Watt en prof. Frederik Fourie, wat ook goeie herinneringe aan Tsumkwe koester.
woord@bergendal
15
Koffietyd: Lisa Holtzhausen, Marisa Swart en ds. Jan
Michalene du Toit en Nicole Cloete met Bybelstudie (op jou eie!)
Uit die veld se stilte: Louis Graham en Herman Engelbrecht
Nog aksie: die bekende boontjiesakkies...
Speeltyd: Martin van Rooyen en Frans Cronjé in aksie
Belydeniskamp: “Eenkant om te bid” – Danielle Gouws – Twee dae voor die besige tweede skoolkwartaal begin het, het die belydenisgroep van 2009 ’n rustige en leersame kamp by Menuha gehad. Vir baie van ons wat nooit regtig presies weet hoe om te bid nie, was hierdie kamp ’n goeie ervaring. Daar is gefokus op die gebede van ’n paar Bybelfigure, maar in die besonder op Jesus se gesprekke met sy Vader en die manier waarop Hy gebid het. Maandagmiddag het ons afgeskop met die eerste Bybelstudie en daarna heerlike braavlies geniet om ’n groot kampvuur. Die aand het ons die aangrypende film “The Robe” gekyk, wat handel oor Jesus se kruisiging en die Romeinse soldaat wat sy kleed geërf het. Volgens oorlewering het hy tot bekering gekom en sy lewe verder aan Christus gewy. Vars vrugte en koffie het gesorg vir ’n goeie begin op die laaste dag van die kamp. Ons Bybelstudie en gesprekke oor gebed is in die kerkie en buite in die natuur voortgesit. Aan die einde daarvan het ons gesels oor wat elkeen geleer het en watter vrae daar dalk nog was. Daarna het ons teruggekeer na Bloemfontein, met die woorde in ons harte... “Wees my ook nou genadig en hoor my gebed!” (Psalm 4:2)
Foster Lubbe luister hoe Gustav Otto ’n fyner teologiese saak verduidelik (!)
Danielle Gouws, Rina Pienaar en Adriana de Vries by die kampvuur
16
woord@bergendalwoord@bergendal
Mouse on line – bel 086 MUIS... *
Telefoon lui. “Kerkmuis, goeiemôre! Kan u net ’n oomblik aanhou, asseblief?...” Ja, liewe lesers, dis nie net onse prez JZ wat ’n inbellyn na sy kantoor vir beter/ enige diens (skrap wat nie van toepassing) kan installeer nie; everything he can do, we church mice can do better! Met behulp van Dankijanki en Beursiebotha is die lyn tot hierbo by ons aangelê en bied ons u, hooggeagte Berg-en-Bellers, ’n eksklusiewe kykie in ’n dag in die lewe van jul immergewilde, pas(her)verkose Kerkmuis. Verskoon my dus assblief... “Ekskuus, dame, jammer dat u moes aanhou – waarmee help ons vanoggend?” Vluweelsagte stem: “Haai, liewe Muis, is dit regtig jy? Ek kan nie glo ek kom eerste deur nie! Dis Zandra hier...” “Môre Sandra – Sandra Botha van die DA?” “Ag nee, lawwe Muis, dis Zandra hieragter uit die kérk se linkerhoek, nie die Parlement nie, man; Zandra van kombuis-enbiltongfaam, en van die Nellies...” “O, hallo, Zandra – geluk met daai kombuis hoor! Dis so ruim, Swaer Kombuismuis kon nie wag om terug te trek nie!” “Dankie Muis, maar gee tog raad: hoe hou ek die haasbekke en haasbene uit mekaar se teekoppies – almal wil tegelyk by die ander se luik skink en drink...?” * * Telefoon lui. “Kerkmuis, goeiedag! Waarmee help ons vandag?” “Sir Mouse, its Andrew here...” “Hi Andrew... Andrew Murray? About your plans to join us here? It’s already a bit crowded in the parking area, you know...” “No sir, sorry – my name is Andrew Scholtz of P-Walk Prellerplein...” “O. Jammer, ek’s op die ander lyn besig...” Kliek. * Telefoon lui. “Kerkmuis, dagsê! Hoe kan ons help?” “Goeiedag Meneer Muis. Jammer dat ek u pla. My naam is Jonathan Jansen. Ek is op soek na die telefoonnommer van Frederik Fourie...”
“Natuurlik kan ons help, prof. Jansen! Welkom solank in Bloemfontein en pasop vir Blade. Hou net ’n oomblik aan... Ritááááá, neem asseblief hierdie oproep!” * * Telefoon lui. “Kerkmuis, tot u diens!” “Sir Mouse, yes, its Andrew again...” “Luister Andrew: die hof mag nou wel gesê het wat jy hieroorkant doen is wettig, maar ek wil weet wanneer kry Pick-en-Pleinmuis die titelakte van sy perseel daar by julle? Hy moes al voor die winter begin grawe, jy weet! Dis al twee jaar dat hy hier by my plak!” “Yes, Sir Mouse, sorry for the inconvenience, sir, and the dirt on the road and the noise and... We will be opening in July, sir, I mean, October, yes, surely, in November...” “November 2009?” “No, sir, uhmm... 2010...” “Andrew!” “Sorry, sir, we’ll try our best...” * Telefoon lui. “Kerkmuis, ja...?” “Yea, goodaday, mista... “Andrew, is dit alweer jy?” “Nono, Mista Mice, das is Hassim... From Egypt, sire. Do you still have some of dose vuvuzela’s on special...?” “Paulináááá? Telefoon vir jou!” * * Telefoon lui. “Kerkmuis, middag! Waaroor wil jy kla?” “Nee, Vriend Muis, dis nie kla nie, dis Kalie van Klae... ek bedoel, Kiepersol.” “Kalie! Goed om van jóu te hoor – hoe gáán dit daar?” “Ag, liewe Vriend Muis, ek wil nie pla nie – maar ek sit hier met Drierade, Elfvoorsitters, Jongdominee, Johans én Ouhans, en ons vergader al twee-ure-en-tienminute en mors besige mense se tyd en ek moet ’n kleinkind gaan oppas en...” * Telefoon lui. “Kerkmuis, ja...?” Diep, donker fluisterstem: “Dis Anoniem hier. Uit Dan Pienaar. Oppas vir die Roomse gevaar. Die mense praat al.” Kliek, sit hy neer. * * Telefoon lui. “U het die kantoor van Kerkmuis bereik. Hy piep. U oproep is vir hom belangrik. Laat asseblief ’n boodskap sodra u die piep hoor. Piiiieeeeep!”
“Meneer Muis, dit is Maria Hanton van ASTRAtoere. U sitplekkie is bespreek vir die vlug na Amerika, 10 Augustus. Ons reik u kaartjie dan saam met Oupa Grootdominee en Grandma Retha s’n uit. Laat weet asseblief of Mevrou Muis saamgaan. En sal dit dan ook op die redakteur se rekening wees?” * Telefoon lui. “Kerkmuis...” Weer Ou Fluisterstem: “Dis...” “Ja, goed, Anoniem – sit net eers Radio Rosestad daar agter af. Wat krap nou weer?” “My senSUURgier en bitterpers potlood. Ek gaan weer ’n waarskuwing krap...” Kliek, dood is die lyn. * * Telefoon lui. “Kerkmuis, naand! Tot u diens...” “Dankie, Oom Muis, dis ons, die vier fraai engelkies in die binnehof...” “Naand, buurvolk! Kry julle nie koud daar op daai kaal sement met julle boudjies nie?” “Ja, Oom, en wat dit nóg kouer maak is die kille kyke – dis net die kinnerkies wat vir ons glimlag – daai kerkraadomies frons al kwaaier – asof die kat ons hier ingedra het...” “OK, OK, OK. Ek sal die omies hanteer. Maar luister hier Plompie, Stompie, Gompie en Hompiekedompie: julle sê nooit weer daai k-woord nie!” * Telefoon lui. “Kerkmuis, dis al laat, maar sê jou sê...” Stilte. Swaar asemhaling. “Luister Anoniem: ons selfoonskerpioen is besig om jou nommer op te spoor. Ons gaan jou angel...” Fluister-ou: “Ek hou nie daarvan om mense langs my in die kerk te groet nie. Moenie my weer verplig nie. Iemand gaan seerkry...” Kliek. * * Ander telefoon lui. “Hallo...?” Gaap. “Dis Dankijanki hier, waarmee kan ek help...?” Nog ’n gaap. “Danki, ek bedoel, Janki, dis Muis hier. Luister: môre eerste ding kom haal jy hierdie lyn uit en sê vir Beursiebotha hy kan my maar van Macebook, Fixit en Kwetter ok afhaal – ek’s klaar!” Kerkmuis is arm, anoniem en onaantasbaar orals alles aan’t uitsnuffel.