bergendalseptember

Page 1

woord@bergendal kwartaalblad van die ng kerk berg-en-dal posbus 28048, danhof 9310 <jowes@intekom.co.za> jaargang 4 no 2

September 2008

“Almal het die Here nodig...” Geseënde uitreik na gesagsfigure in Mangaung – Elise Ferreira – “Dit het my gegryp dat ons kon kom by die mense wat daar bo is – mense in die politiek, skole, hospitale en die polisie. Almal het die Here nodig.” Só beskryf ouderling Matsao van die NG Kerk in Afrika sy belewenis van die gesamentlike uitreik van vier gereformeerde kerke na gemeenskapsleiers in Bloemfontein en Botshabelo. Ouderling Erna Gouws, voorsitter van Berg-en-Dal se Getuienisaksie, beaam dit: “Nuwe wêrelde het oopgegaan, gedeelde drome, innige meelewing met nood het gekom, dankbaar dat ons nie magteloos is nie, maar kan bid...” Op Vrydag, 22 Augustus het ’n veertigtal lidmate van die NGKA en VGK Botshabelo, die Geref. Kerk in Botshabelo en die NGK Berg-en-Dal na gesagsdraers in dié twee gemeenskappe uitgereik. Ná ’n kort byeenkoms in Berg-en-Dal se kerksaal (met welkome toebroodjies en tee!) onder leiding van die leraars – dr. Andries Hoffman, di. Gert Terblanche en Jan Lubbe – het lidmate in klein groepies op besoeke aan verskeie gemeenskapsleiers vertrek. In Bloemfontein is ’n kleuterskool, twee laer- en drie hoërskole besoek, asook die Universiteit, die SAPD se blitspatrollie, ’n koerantredakteur en leiersfigure in die plaaslike ANC, DA en Vryheidsfront. In Botshabelo het drie skole, ’n polisiekommisaris, munisipale leiers en die hoof van die hospitaal besoek ontvang – laasgenoemde het selfs al haar saalmatrones vir die ontmoeting byeengeroep! Bybel bemoedig By elke besoekpunt is ’n kort Bybelgedeelte aan die betrokke gesagsdraer voorgelees, waarna hulle genooi is om hul probleme en bekommernisse met ons te deel; asook watter ideale hulle vir hul spesifieke instelling koester en waaruit hulle inspirasie en krag vir hul roeping put. Wat ’n belewenis was dit nie om by hierdie leiersfigure te hoor dat die Bybel ’n bron van bemoediging vir hulle is. “Die Here is vir my baie goed”, het ’n redakteur ons meegedeel. Al die kleingroepe is vriendelik ontvang en groot waardering is vir die besoeke uitgespreek. In een geval het ’n skoolhoof bewoë geraak toe die goeie wense wat deur katkisante van Berg-enDal vir hom en ander leiersfigure in briefies neergeskryf is, aan hom oorhandig is. By ’n skool in Botshabelo weer, was die hoof baie moedeloos: dit is nie net kinders wat probleme veroorsaak nie, maar selfs onderwysers kom nie verantwoordelikhede na en daag dikwels nie

Afrikaanse Bybel 75. Op Sondag, 31 Augustus het Berg-en-Dal die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans feestelik gevier. Ná voorlesings van Psalm 23 in Hebreeus, Latyn, Engels, Duits, Nederlands en Afrikaans, is die verhaal van Mary Jones (die Walliese dogtertjie wat só graag haar eie Bybel wou hê dat sy jarelank daarvoor gespaar en kilometers ver geloop het om een te gaan koop) aan die jongspan vertel. Toe is die bekende karton-spaarbussies van die Bybelgenootskap uitgedeel en het almal begin vou – en hopelik spaar ook! Hier is Luan, Pierre en Liezl Koekemoer met húl bussies op die gras voor die kerk (sien artikel p. 9).

eers vir ’n skooldag op nie! Dit bring groot ontwrigting mee, kinders verloor kosbare tyd en uiteindelik druip baie leerders. Die gebed saam met hierdie skoolhoof het almal diep geraak. Oor grense Dit was ’n groot voorreg om oor kultuur- en taalgrense saam uit te reik: by een afspraak is ’n Skrifgedeelte in Sotho gelees, die gesprek in Engels gevoer en die gebed agterna in Afrikaans; by ’n volgende weer andersom. ’n Besondere ervaring, vertel ds. Jan Lubbe, was die opregtheid waarmee ’n hande-arbeider uit Ooseinde en ’n versorger by Mooihawe, na die waarnemende rektor van die UV, prof. Theuns Verschoor, geluister en toe vir hom gebid het. In dié dae van verdeeldheid en spanning onder wit en swart, het die warmte van die geloof waarmee Jesus Christus ons saambind, ’n werklikheid geword.

Onder die probleme waarvoor gemeenskapsleiers voorbidding gevra het, is kommer oor geweld en ’n gebrek aan dissipline en morele waardes onder kinders; drankmisbruik en dwelms; gebroke ouerhuise; groot werksdruk op onderwysers; groeiende rasse-spanning onder studente; misdaad en korrupsie; wanaanwending van fondse; gebrek aan vaardigVervolg op bl 2

BINNE Ds. Jan Slabbert 3

Herodes

8

Trevor Nasser

4

Wycliffe-Bybel

9

Spesiale offer

5

Facebook

11

Angus Buchan

7

Kerkmuis

12


2

woord@bergendal

Berg-en-Dal Brokkies Nuwe ouderling en diaken: Sr. Marietjie Cilliers (Papenfusplek 4), verpleegkundige van beroep en jarelange lidmaat van Bergen-Dal, is as ouderling vir Wyk 18 gekies; en Gerhard Nel (Pentagonpark), ’n belowende jong en bekroonde(!) boer as diaken vir Wyk 30. Mag die Here julle seën en gebruik! Wyke en/of selbediening? Interessante en veelseggende terugvoer is ontvang van 153 lidmate wat Junie se wyksbyeenkomste oor die toekoms van ons wyksbediening bygewoon het. Alhoewel daar ’n sterk oortuiging by lidmate leef dat die wykstelsel behou moet word, is dringende aandag aan leierskap, toerusting en meer onderlinge omgee nodig. “Wyke is dood, want die leiers is dood”, het een groep laat weet! Terselfdertyd word die vestiging van ’n kleingroep of twee vir jonger lidmate beplan. Die kerkraad sit die gesprek voort.

Vervolg van bl 1 hede in dienslewering en die bedreiging van mediavryheid om deur gebalanseerde beriggewing reg en geregtigheid in die samelewing te bevorder. Ná afloop van die besoeke, het almal by die NGKA-kampterrein in Botshabelo bymekaargekom, waar terugvoer gelewer is. Oudl. Erna onthou: “In ’n dubbelkring het ons na mekaar se stories geluister. Die hulpkreet van ’n VGKdominee oor die misdaad in hul buurt gehoor. Verhale van volharding. Agterna saam lekker pap en sous en wors geëet, mekaar leer ken en vriende geword.” Maar miskien was dit ouderling Matsaso wat die gees van hierdie uitreik, die

beste saamgevat het: “Dit was baie, baie heerlik. Ons moet volgende keer ook by mense in die besigheid en op die plase uitkom. Almal het die Here nodig en die Here het almal nodig.” Op Sondag, 24 Augustus, is daar in eredienste van die vyf gemeentes vir gesagsdraers gebid. Ds. Sam Makgele, woordvoerder van die SAPD, het die diens in Berg-en-Dal gelei: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Fil. 4:13). Die polisiekoor het saamgekom om te sing – met oorgawe. Verdere gesprekke is alreeds gevoer om ’n opvolgaksie te loods. Vir meer besonderhede, kontak oudl. Erna Gouws (051 – 4365632).

Kamp vir Huis Eie Haard-katkisante: Weens talle langnaweke in die tweede kwartaal, het die koshuiskatkisante soveel tyd verloor dat ’n plan gemaak moes word: eerskomende Dinsdag en Woensdag gaan al 16 van hulle saam met ds. Jan na ’n kamphuis langs die Modderrivier by Maselspoort, waar o.a. oor “Gebed en Gebod” gesels gaan word – ons verhouding met God en met mekaar. Met die nodige ontspanning en pret, natuurlik! Kyk en luister! Ondersteuningsbediening het ’n skootrekenaar en dataprojektor vir gebruik deur ons Erediens- en Jeugbedieninge aangekoop, en oudl. Jopie Botha het ’n DVDspeler geskenk. Preke word nou tydens eredienste opgeneem en direk op CD geskryf, en kan gedurende die week by die kerkkantoor bestel word. Intussen is ’n aantal tweedehandse rekenaars wat in onbruik by die kerk was, aan die NGKA-studentehuis by die kampus geskenk. Ry veilig (en klaarbetaal)! Die Kerkraad het besluit om in die lig van ons gunstige finansiële posisie, die uitstaande R 59 000,00 vir ons kombi oor te betaal – 20 maande ná die kombi gekoop is. Met dank aan almal wat tot hierdie projek bygedra het! woord@bergendal is deel van die bediening in die NG Kerk Berg-en-Dal: ’n kerk waar die bediening van die Woord sentraal staan. Dit is immers ’n Woord van oorsprong en konteks, ’n Woord van verlossing en herskepping, en ’n Woord van bemoediging en vertroosting. Redakteur: Johannes Wessels (waarnemend) Hoofredaksielede: Jan Lubbe en Gert Terblanche Medewerkers: Louise Cilliers en Elise Ferreira Heidi Steyn en Maria Wessels Danie Joubert

In geloof één. Ds. Sam Makgele (links) wat die erediens op 24 Augustus in Berg-en-Dal gelei het, hier saam met oudl. Erna Gouws, dr. Andries Hoffman en besoekers uit Botshabelo.

“A Witness to people in positions of authority” ’n Gesamentlike getuienis is deur lidmate van vyf gereformeerde kerke in Bloemfontein en Botshabelo na gemeenskapsleiers geneem. Die strekking was as volg: “God created man after his image and granted him authority over his creation (Genesis 1:2728). When this good creation was spoiled by man’s greed for power and misuse of it (Genesis 4:8, 6:11), God, for the restoration of his creation, provided for us both a Saviour and an example in his Son, Jesus Christ. He, the King of kings, became the servant of all and gave Himself to save us all as sinners (Philippians 2:5-11; John 13:14), from the chains of selfishness and arrogance. The Biblical image for a person with authority therefore is that of the Good Shepherd: at the same time a bold and wise leader, and a humble servant! Those who misuse their authority and power are compared with shepherds fattening themselves at the

expense of the sheep – and they will answer before the One who granted them authority (Ezekiel 34:2-3). However wise and powerful God granted you to be, remember that all people were created in his image and received in different ways wisdom and authority from Him. Let us respect this wisdom and authority granted by God in all spheres of life, for example to parents in their homes, in educating their children. Our prayer is that the Lord may bless you with courage, wisdom, humility and love to boldly and justly exercise your authority as his servant and a servant of his people, in such a way that you create the room for them to do the same – to be priest’s (servants) and kings in God’s world. Peace be with you!”


woord@bergendal

3

Ds. Jan Slabbert (1932-2008) – Gert Terblanche – Met die heengaan van Jan Slabbert op 3 Julie 2008, moes baie van ons ’n goeie vriend en geliefde leraar groet. Sy bediening in Berg-en-Dal soos wat ek dit as kollega meegemaak het, kan nie van sy besondere menswees losgemaak word nie.

Diens van Barmhartigheid, en het hy vir jare daarin leiding geneem en ’n reuse bydrae tot die vestiging van Noorderbloem gelewer – hierin, ook saam met Ciela. Sy pastorale arbeid het met wysheid en deernis gepaardgegaan; in sy huisbesoek en aan siekes. Hy het die gawe Jan Slabbert is op Dealesville gebore en was ’n gehad om op ’n taktvolle en praktiese manier Vrystater in alle opsigte. Hy’t aan die BOK raad te gee vir die huweliks- of gesinslewe. onderwys studeer en by Laerskool Sentraal Wat sy prediking betref, was die genade, vergifnis skoolgehou, daarna teologie in Stellenbosch en vreugde in Jesus Christus vir hom sentraal. studeer en in 1968 na die Klipkerk as predikant Op ’n bondige en eenvoudige wyse het hy die gekom. In 1975 het hy en Ciela die derde Skrif laat spreek en almal opgeroep om in leraarspaar van Berg-en-Dal geword. Hier het hy dankbaarheid vir God se goeie gawes te leef – na ’n geseënde bediening in April 1997 afgetree. geen wonder hy was so lief vir Gesang 5 nie: Sy sagte en innemende persoonlikheid het sy “Kom dank nou almal God...” Hy het ’n positiewe hele bediening gestempel. Vir oud en jonk, ryk en instelling gehad en byvoorbeeld by begrafnisse arm, geleerd en ongeletterd het hy omgegee. altyd die troos en die oorwinning van die Heer Ook op sinodale vlak was sy belangstelling die voorop laat staan. Sy agtergrond as onderwyser

Tannie Susan en Oom Willie Conradie

het hom graag met jongmense laat werk. In die kategeseklas of jeugbyeenkomste het hy opreg en vaderlik met hulle gesels. Tot die einde van sy bediening het hy ’n openheid openbaar vir verantwoordelike vernuwing. So wou hy graag ook lidmate betrek om leiding te neem in bedieninge en ander aksies in die gemeente. Sy kalm, maar besliste manier om ’n vergadering te lei het van hom ’n goeie voorsitter gemaak met ’n ouwêreldse hoflikheid, nederigheid en opregtheid. Mense het hom vertrou. Saam met Ciela en die kinders was hulle vir ons almal ’n voorbeeld van God se liefde en sorg. As kollega het hy uit sy pad gegaan om ’n mens in ag te neem en altyd sensitief op te tree. In ons herinneringe aan hom eer ons God vir hierdie begenadigde persoon se mooi jare van diens hier in Berg-en-Dal.

Ds. Jan Slabbert

Tannie Lina Baehnisch

Winter, maar ook warmte... Die afgelope winter het sy deel aan lief en leed gehad. Ons harte gaan uit na almal wat vreugde en hartseer beleef het; in hul eie huise en verder in familie- of vriendekringe – ook na diegene wat dalk in die stilte van hul binnekamer ’n las moes dra. Ons oudste lidmaat, Tannie Lina Baehnisch van Siësta, is op 31 Augustus in die hoë ouderdom van 97 jaar oorlede. Haar vader en die gesin het uit Duitsland na Suid-Afrika geëmigreer en by Zastron gevestig. Sy was jarelank in die onderwys betrokke en veral by kinders wat op skool gesukkel het. Ná haar aftrede het sy op ’n wêreldreis vertrek en daarna in Siësta kom woon. Hier was sy ’n geliefde inwoner, altyd vriendelik en meelewend. Sy was die laaste van die Baehnisch’e in ons land. Vroeër in die winter is dr. David van den Bergh ná ’n lang lyding in sy huis in Paul Rouxstraat oorlede, waar Tannie Pearl en hul kinders hom so mooi versorg het. Dr. David, wat jarelank superintendent van Universitas en Nasionale Hospitaal was, was ook ’n gewaar-

deerde kerkraadslid in Berg-en-Dal. Ons innige meegevoel gaan na een van ons katkisante, Natasha van Lill, wie se ouers in ’n tragiese motorongeluk onderweg na hul huis in die OosKaap, gesterf het. Ons oudste lidmaat nou, is Tannie Jeanette Greyling (95) in Siësta. Kort op haar hakke is Oom Willie en Tannie Susan Conradie, wat deur die winter ook baie met haar gesondheid gesukkel het. Verskeie ander lidmate het groot operasies ondergaan, waaronder Jannie Fourie ná sy motorongeluk, Boon Boonzaaier, Oom Barend Bezuidenhout, Marieta de Wet, Tannie Marie Bester, Rudi van Niekerk en Piet du Toit. Tannie Irine Goosen, Oom Koos van Rensburg, Oom Andries van Tonder en Oom Johan Steytler was ook in die hospitale. Lidia de Bruyn is geruime tyd al tuis siek. Lorette Williams se gesondheid het baie verswak. Ander lidmate wat in die afgelope kwartaal hul tagtigste- of ’n hoër mylpaal bereik het, is Sannie Fourie, Johan Lombaard, Hennie Human, Rina Horn, Magda Raath, Duppie de Wet, Marie van der Walt, Anna

Oosthuysen, Marie Theunissen, André Morrison, Anna Heyns, Japie Bester, Wimpie de Bruin, Winnie Nel, Renie van Tonder, Kitty Möller, Hilda le Roux en Hannah de Villiers – aan al hierdie Ooms en Tannies: baie geluk! Mag die Here julle ryklik seën. Seën is ook beleef in die doop van ’n aantal babas: Peter van Viegen (Desmond en Ansa, Genl. Fickstr. 13); Alexander Schoch (Conrad en Barbara, VSA); Mira Rossouw (Benjamin en Maria) en Henry Heenop, (David en Elmarie, Nantesweg 26). Ons gelukwense gaan aan jong lidmate wat in die afgelope tyd besondere prestasies op die sportvelde, in die kunste en met leierskap behaal het. Onder hulle, noem ons Philippie Pretorius wat tot die UVStudenteraad verkies is; Herma Fouché as hoofmeisie en Christine du Plessis in die leerderraad by Hoërskool Sentraal. Saam met die nuwe seisoen, bid ons u almal ook nuwe lewe in Christus toe. Groete, di. Gert en Jan.


4

woord@bergendal

Trevor Nasser betower wonderlike aand – Heidi Steyn – ’n Staande ovasie – só het vanjaar se Gemeentekonsert met Trevor Nasser as gaskunstenaar geëindig. Ná ’n besige week het ’n skaflike aantal Berg-en-Dallers op Vrydagaand, 29 Augustus, by die kerksaal opgedaag, kom ontspan, plaaslike talent geniet en die kitaarspel van hierdie nederige musikant terdeë geniet. Trevor Nasser is opgelei en praktiseer as elektriese ingenieur – veral in hoogspanningskrag (praat van kundigheid in hierdie donker ESKOMdae!). As student egter, het hy in kitaarmusiek begin belangstel en sonder enige formele onderrig homself bekwaam as ’n uitmuntende klassieke kitaar- en mandolienspeler. Hy het veral bekendheid verwerf met sy uitvoering van die temamusiek vir die TV-reeks “Vyfster”. Oor die volgende aantal jare het hy verskillende CD’s opgeneem en onlangs ook ’n DVD vrygestel. Trevor oefen steeds drie ure per dag (laat dit vir ons jong kitaarspelers ’n voorbeeld wees!) en tree orals in ons land op – dikwels ook by kerke, waar die gewydheid en stilte ’n ideale atmosfeer vir die uitvoering van klassieke kitaarwerke is. Boonop voed dit sy liefde vir loodglaswerk en fotografie. Geen wonder dat Trevor ’n goeie vriend van die bekende Vader Frans Claerhout geword het nie. Voeg hierby sy stokperdjie om op sy kleinhoewe buite Pretoria met eksotiese voëlspesies soos fisante en swane te boer, en jy ontdek ’n baie begaafde en interessante mens. Op sy mooi manier het Trevor Nasser ons gemeentekonsert betower. ’n Verskeidenheid van items het die res van die aand se program opgevrolik: klavierspel deur Johan Cromhout, Rina Schutte en Elri van Rensburg, tjello deur Cobus Prinsloo en sang deur twee pa-en-dogter kombinasies – Koos en Thelma van Vuuren en ds. Jan en Hannelore Lubbe. Die dramagroep van Hoërskool Sentraal

onder leiding van Claudine Engelbrecht en ’n Italiaanse Kamerkoor met ’n onuitspreekbare naam en Winnie Barnard as dirigent, het gesorg dat die gehoor skaterlag. Die aand is met ’n kaas-en-wynfunksie afgesluit waar almal nog tot laat saam met ’n wonderlike (nuwe) vriend, Trevor Nasser, gekuier het. Baie dankie aan almal wat tot die sukses van die aand bygedra het.

Rikus van Pletzen (organiseerder), Hannelore Lubbe (solis) en David-Rees Samuel (seremoniemeester) by die Gemeentekonsert.

Elsa Joubert en Marichen Pieterse sing twee note saam!

Elri van Rensburg en Rina “IL CORO SCIOCCO” oftewel “Die lawwe koor”, in spontaan-harmoniese Schutte – twee belowende piaaksie... niste.

“Die Here se lied in vreemde land?” SAKOV praat oor liturgie – Marianne Koorts – Tydens die ballingskap, is die Israeliete bespot en gevra om ’n lied oor Sion te sing, waarop hulle geantwoord het: “Hoe kan ons die lied van die Here in ’n vreemde land sing?” (Ps. 137). Met dié vraag is ons as liefhebbers van kerkmusiek en die orrel ook gekonfronteer tydens die SAKOV Streekkonferensie wat op 31 Augustus in Bergen-Dal gehou is. Vanjaar se Vrystaatse konferensie van die SuidAfrikaanse Kerkorreliste Vereniging is deur on-

geveer veertig orreliste van Bloemfontein en uit die Vrystaat en Noordkaap bygewoon. Die bekende orrelbouer, Jan Elsenaar, het as voorsitter opgetree. Die byeenkoms is deur dr. Johan Nel van die Hervormde Kerk met Skriflesing, gebed en heerlike samesang geopen. Daarna het ons bekwame orrelis, Johan Cromhout, die moontlikhede van die nuwe, herboude orrel gedemonstreer deur twee pragtige werke van Buxtehude en Guilmant te speel. Veral die nuwe registers wat by ons orrel gevoeg is (basuin, hobo en Vervolg op bl 8

SAKOV-orreliste: Jan Elsenaar, Anna Bobbert, Johann Nel, Bouwer van Rooyen en Jan Badenhorst.


woord@bergendal

“Merkwaardig – ’n seëning!” Spesiale Dankoffer van R 295 000! Jopie Botha Daar was afwagting en huiwering: die jaar 2008 staan in die teken van groot finansiële druk op jonk en oud. Huishoudings moes sedert verlede jaar aanpas by ’n styging in die rentekoers, ’n brandstofprys wat bokant ’n ongekende R 10,00 per liter gaan draai het en die gepaardgaande hoë voedselpryse – wat sou die effek op ons gemeente se geldsake wees? In ’n redelik konserwatiewe begroting, het die kerkraad verlede jaar ’n effense groei in die Spesiale Dankoffer voorsien, tot R 253 000,00. In die aanloop tot Meimaand, het Berg-enDallers se dankoffers ongeveer R 92 000,00 per maand opgelewer, maar komende van gemiddeld slegs 36% van lidmate. Die Diakonie en kerkkantoor het daarom sekergemaak dat alle lidmate ’n koevertjie vir Mei ontvang. Daar is gepraat en gebid. Die Fokusblaadjies van Mei vertel die verhaal: ná die tweede week was daar R 147 262,00 in die mandjie; ná die derde week, R 179 822,00; ná die vierde week, R 232 125,00... En toe gebeur die wonderwerk: in die volgende twee weke het

die Spesiale Dankoffer onverwags die mikpunt van R 253 000,00 verbygesteek en uiteindelik op ’n ongelooflike R 295 530,00 te staan gekom – R 55 000,00 méér as verlede jaar s’n! As die heersende ekonomiese omstandighede in ag geneem word, kan hierdie bedrag nie anders beskryf word as merkwaardig nie! Die kerkraad het daarom in sy vergadering van Augustus in ootmoed, sy dank betuig aan ons Hemelse Vader wat ons só mildelik geseën het en aan elke lidmaat wat met ’n opregte hart hiertoe bygedra het. Dit het die kerkraad nie net in staat gestel om sy normale verpligtinge na te kom nie, maar ook om bykomende steun aan behoeftige lidmate, ander in nood en aan ons gemeente se sendingaksie te gee. Wat verblydend was met die Spesiale Dankoffer, is dat die aantal lidmate wat bygedra het, tot 47% gestyg het; dit is 232 van die 493 besoekpunte. Hiermee ontstaan egter ook ’n vraag wat dan van die res – die ander deel van ons gemeente? Die komitee vir Geldsake wil elke lidmaat se verantwoordelikheid in die voortgang van ons werk as gemeente, benadruk. Dit gaan nie oor die grootte van my dankoffer nie, maar oor ’n gesindheid in my hart – van dankbaarheid, van blydskap, van vertroue, van offervaardigheid. In

5 dié gees wil die kerkraad lidmate ook oproep om in die res van die jaar hul verantwoordelikheid na te kom en spesifiek ons kermis in Oktober te ondersteun. Lidmate kan weet dat die kerkraad die begroting met groot verantwoordelikheid bestuur. Lidmate word ook uitgenooi om met die leraars, kerkraad of die Geldsakekomitee hieroor in verbinding te tree, of ’n vergadering van Geldsake te kom bywoon. Die volgende vergadering vind op Maandag, 20 Oktober om 17:30 in die Jeugkamer plaas.

Ouderling op besoek. In Dan Pienaar daag nie net die posman per fiets by jou voordeur op nie, maar ook ouderling Winnie Barnard van Wyk 6 – ’n voorbeeld in ywer en fiksheid vir ons almal!

Oppad na Beijing vir die Meesterskategorie Rolbal? Ds. Gert en sy persoonlike instrukteur op die Gemeentekamp, Theuns van der Merwe.

Gemeentekamp: Berg-en-Dallers by die tonnel van die Gariepdam – Retha en Gert Terblanche; Elmari, Marie, Corlia en Maryke Botha; Winnie von Bürick, Johannes Wessels, Jankie Botha en die hoofwaterbeampte, Hanzel Murphy.

Sonopkoms by Gariep – die skoonheid van die Skepping.


6

woord@bergendal September 2008

Dankie vir die hoop! Ons land en mense smag na hoop. Die eerste helfte van die jaar was moeilik. Sowel op die breë front van ons landspolitiek en -ekonomie (en sport!), as tuis. Ook hier in Dan Pienaar trek huishoudings swaar en word die druk gevoel. Goeie nuus was maar min. En asof die maat aan skokkende voorbladfoto’s en –berigte nie al vol genoeg was nie, ruk die gebeure op ’n Maandagoggend by ’n skool in Krugersdorp ons toe ook nog tot die wrede realiteit: ons samelewing is siek, siek, siek. Hoe gebeur dit dat ’n oënskynlik bedeesde tiener ’n aaklige masker skool toe bring, ’n swaard uitpluk en ’n ander kind doodkap? Waarom het hierdie seun volgens sy ouers, “so magteloos en nikswerd gevoel dat hy ’n standpunt wou maak”? Die Krugersdorpvoorval is nie die enigste insident van geweld op skoolgronde die afgelope tyd – dit is ook hier digby ons bekend. Wat lê daaragter? Wat laat verloor ’n kind dan só moed, dat hy tot hierdie uiterste gaan? Is dit ’n onvergenoegdheid met sisteme en ’n tydsgees; ’n frustrasie wat te lank onderdruk is en soos ’n vulkaan uitbars? Is dit ’n aanduiding van ’n dieperliggende geweldskultuur in ons land; ’n destruktiewe lewenshouding? Is dit hedonisme, gevoed deur die heavy metal–musiek van die groep Slipknot op hul debuutalbum met die onsmaaklike titel “Mate. Feed. Kill. Repeat.”? Is dít wat gebeur wanneer die grens vervaag tussen die doodsvermaak waaraan ons kinders blootgestel word (geweld op TV, in flieks en rekenaarspeletjies) en ’n verantwoordelike lewe daarbuite? Twintig jaar gelede al het Neil Postman ’n boek hieroor gepubliseer, getiteld “Amusing ourselves to Death” – ’n insiggewende analise van die effek van vermaak en media op die vorming van waardes.

woord@bergendalwoord@bergendal

DIE OOP WOORD. . . Gebod en gebed – die lewe naby God Dit val mens op wanneer jy die Tien Gebooie in Eksodus 20 en Deuteronomium 5 lees, dat dit gou gevolg word deur die opdrag destyds aan Moses en die Israeliete om ’n heiligdom vir die Here te bou. ’n Plek waar die Naam van die Here aanbid kan word (Eks. 20:24); ’n plek van “ontmoeting” (Eks. 25:22). Gebod en gebed loop saam. Die Heidelbergse Kategismus noem gebod en gebed – die “Wet” en “Onse Vader” – as tekens van ’n lewe van dankbaarheid teenoor God. Dit wil sê: die mate waarin ek aan God se wil op alle lewensterreine gehoorsaam is en die mate waartoe ek sy teenwoordigheid in my binnekamer opsoek, is ’n uitdrukking van hoe dankbaar ek is vir die verlossing aan my geskenk. Al tien die gebooie vloei immers uit daardie kragtige openingsin: “Ek is die Here jou God wat jou bevry het...”. By Hóm begin dit alles. God het ons vrygemaak van alle slawerny en het in Christus ons Vader geword – dáárom hou ek my lewe aan sy gebod en gebed. Daardie “en” is wesensbelangrik. Ons is so geneig om die twee van mekaar los te maak. Om gebed van gebod te skei, of andersom. Daar was ’n tyd in Israel se geskiedenis toe God sy profeet Jeremia met ’n oordeelswoord

Want sien, gebed sonder gebod mis breedte en konsekwente toepassing. En gebod sonder gebed mis diepte en warme geloofsgemeenskap. Vir ons lewe voor God se aangesig om werklik van egtheid en integriteit te getuig, is hierdie breedte én diepte nodig. Anders gestel: ons lewe met God kan nie beperk bly tot die binnekant van ’n kerk en die privaatheid van ’n binnekamer nie (gebed), maar moet daadwerklik oorspoel na al die ander terreine van die koninkryk (gebod). En dáár buite, in ons daaglikse besigwees in die openbare lewe, word ons gedra deur wat eenkant tussen ons en God gesê en gehoor is. Dán leef ons heilig: lig vir die wêreld en sout vir die aarde.

“Mighty men – ja”

BRIEWE P

Wat doen ons met ons kinders?

“Ons onthou ds. Jan Slabbert...”

In skerp kontras hiermee, kom ’n ander prentjie in mens se gedagtes op. Die afgelope week het ’n merkwaardige gebeurtenis ten einde geloop: Beijing II – die Olimpiese Spele vir mense met gestremdhede. Alle kategorieë daarvan: sommige gestremd gebore, ander deur ’n degeneratiewe siekte, nóg ander vanweë ’n ongeluk. Behalwe vir die feit dat hierdie Suid-Afrikaanse span ons besonder trots gemaak het met hul twintig goue medaljes, sal ons iets méér onthou. Telkens wanneer jou oog terloops die TV-uitsending van ’n baan- of veldnommer of die oorhandiging van ’n medalje gevang het, het die strewe van hierdie atlete jou getref. Dat jy byna bewoë staan en kyk hoe húlle wat sóveel belemmeringe moes oorkom, hulself met uiterste inspanning “uitstrek na wat daar voor is” (Fil. 3:13). Wat ’n inspirasie! Wat ’n boodskap oor die strewe na oorwinning oor moeilike omstandighede, oor gebrokenheid. Van moed en deursettingsvermoë. En talle het gesê: van God, wat juis in swakheid, Sy sterkte gee. Ons behoort aan Natalie du Toit en Oscar Pistorius en al die ander, baie dankie te sê.

Die heengaan van ds. Jan Slabbert is deur ons, baie van ons vriende en veral gemeentelede betreur. Hy was vir ons as gemeenteleraar ’n ware bron van inspirasie en meelewing. As gesin het ons in noue kontak en voeling met mekaar geleef deurdat ons kinders baie kampe en die KJA met ds. Jan meegemaak het. Trouens, die kinders het mekaar goed geken as tydgenote, veral Herman Slabbert wat saam met ons seun Retief in dieselfde klas (“juk”) was. Ons kinders het vrymoedigheid gehad om hom met enige probleem te nader vir advies. Hy het hulle so goed verstaan en bygestaan.

Moet ons nie eerder ons kinders en jongmense hiérvan vertel nie? Van hoop. Van lewe en oorwinning. In Christus.

moes stuur omdat die volk op die oog af getrou kom bid het, maar tuis Gods gebooie vergeet het (Jer. 7:9-10). En aan die ander kant: daar was in Jesus se tyd ’n groepering teen wie Hy ten sterktste uitgevaar het, omdat hulle op die oog af die wet gehou het, maar nie die wese van gebed geken het nie (Luk. 18:11). Deur die profeet Jeremia veroordeel God skynheiligheid; deur Jesus se woorde word ’n selftevredenheid verdoem. Jeremia spreek ’n lewe wat tot godsdiens verskraal is, aan; en Jesus, ’n lewe wat tot pligpleging en verdienste vervlak het.

Daar was ook ’n tyd in ons eie lewens toe ons as gesin ds. Jan baie nodig gehad het. Hy was voortdurend ’n besondere simpatieke en meelewende vriend en ondersteuner – ’n besondere dienaar van die Here. Ons sal hom beslis mis. As gesin, maar ook in hulle vriendekring en onder gemeentelede sal sy gedagtenis in ere gehou word. Ons gebede is dat die Here vir Ciela, hul kinders en kleinkinders sal dra in hierdie tyd, asook op die pad vorentoe. Johann en Elsie Strauss (Noorderbloem).

Dit was lekker om weer op ’n Sondagoggend Berg-en-Dal se erediens te kon bywoon; goed om baie bekendes te sien en dankbaar dat ds. Gert ons welkom geheet het. Ek is ook bly om weer saam met julle te kon ervaar dat woord@bergendal sy plek in die gemeente teruggevind het. Baie kan oor Jan Lubbe se voorblad-artikel gesê word, maar ek wil geensins deel word van ’n geveg in ’n blad nie – daarvoor is Volksblad genoeg. Ek volstaan by die gedeelte in sy artikel wat lui: “Mens beweeg op heilige grond wanneer jy die diepste belewenisse van ’n ander se verhouding met God bekyk. God alleen ken en beoordeel ons hart.” Ek was een van die 60 000 mans wat saam die Here geloof het in Greytown en wil graag een en ander met julle deel. Ek stel vir Angus Buchan aan die woord: “Toe ek my lewe vir die Here gegee het, was daar nie weerligstrale, klokke en vuurwerke nie. Ek het bloot op 18 Februarie 1979 ’n bewustelike besluit geneem om die Here te volg, saam met my vrou en kinders vorentoe gegaan in ’n klein Metodistekerkie in Greytown en die sondaarsgebed gebid. Ek het daardie dag al my bekomVervolg op bl 7


woord@bergendal Angus ... Vervolg van bl. 6 mernisse op Hom gewerp. Toe ek by die kerk uitgestap het, het ek nie juis anders gevoel nie, maar ek het geweet dat ek gered was en dat die Here voortaan in al my behoeftes sou voorsien. Drie dae later het ek deur die pragtige groen lande geloop toe daar vir my ’n lig opgegaan het. Ek hoef nooit weer enigiets te doen om die Here se goedkeuring te kry nie. Al wat ek hoef te doen, is om te glo dat Jesus Christus die Seun van God is en dat Hy my liefhet, vir my gesterf het en weer sal terugkeer. ’n Gevoel van vryheid het my siel gevul. Die Here het my hartsbegeerte aan my gegee en ek het die voorreg om dit tans te kan doen. Dit is waarom ek die Here so liefhet. Voor my eerste veldtog het ek aangevoel hoe die Heilige Gees my vra of ek Jesus se lydensbeker kan drink. ‘Ek kan deur U genade’, was my antwoord. ‘Is jy bereid dat mense allerhande bose dinge oor jou sê om My onthalwe?’, waarop my antwoord ‘ja’ was. Die laaste vraag het trane in my oë gebring: ‘Is jy bereid om minder van jou gesin te sien ter wille van My?’ Al wat ek kon sê, was: ‘Slegs deur U genade Heer.’ Maar wie het ooit gesê dat dit goedkoop is om die Woord te verkondig? Dit het ons beste vriend, Jesus, sy lewe gekos...” Ek is oortuig dat wanneer God aan jou ’n visie gee, Hy ook aan jou die nodige vaardighede gee om dit uit te voer! Hy sal iets gebruik wat jy alreeds besit, hoewel jy dit nie eers besef nie of dink dat dit nie goed genoeg is vir die uitdaging nie. God sal jou geestelike oë oopmaak sodat jy kan sien wat jy alreeds het of wat binne jou bereik is! Daarom groet ek julle, mooi mensies van Bergen-Dal: mag die Here, wat ook Angus Buchan se Here is, julle wonderlik seën! Johann Pretorius (Keimond).

“Is wreedhede en die afsterwe van geliefdes God se wil?” (II) In die Junie 2008-uitgawe van woord@ bergendal, het ek die standpunt gestel dat God nie alles wat in die wêreldgeskiedenis afspeel, die Bose ingesluit, haarfyn vooraf beskik het nie. Van ons land se voorste teoloë deel in hierdie siening. Nou kyk ons na wat wyle prof. Johan Heyns oor die ewige voorbeskikking van God, vernaamlik oor sonde en die Bose skryf. Uit sy “Dogmatiek” (3e druk, 1984, pp 73-76) haal ek ’n aantal passasies aan: “God se Raad is wys en goed. Maar wat van die Bose en die sonde in die wêreld? Sluit sy Raad dit ook in, en is Hy daarvoor verantwoordelik? Is God vir die ontstaan van die Bose en sonde verantwoordelik? Hy het dit gewil – dit is te veel gesê. Hy het ruimte daarvoor gemaak, d.w.s. God het die moontlikheid, maar nie die werklikheid van sonde gewil nie. Hy het die mens in

vryheid geskape, maar hom uitdruklik ook teen die misbruik van sy vryheid gewaarsku. In die mens se opstand en ongehoorsaamheid, in pyn en lyding, onreg en liefdeloosheid, in uitbuiting en gestruktureerde geweld, kortom, elke vorm van sonde, het God geen behae nie, maar ook geen aandeel nie. Dit gebeur teen sy wil, hoewel nie teen sy ruimteskeppende besluite nie. Teen sy wil is nog nie buite sy Raad nie. Nooit mag gesê word dat God die sonde wil ter wille van ’n groter openbaring van sy heerlikheid nie. Die voorstelling kan nie anders nie as Godonterend en in direkte stryd met sy liefde en geregtigheid verwerp word. God het oormag oor die sonde. Die Bose kan met al sy mag en sy ganse leërskare van sondige duiwels- en menslike medestanders, nooit God se planne met en eindbetemming vir hierdie wêreld verongeluk nie. Daarom is die geskiedenis wel vol boosheid en ongehoorsaamheid, en tog is dit ’n geskiedenis van ’n wêreld op weg na sy deur God bepaalde eindbestemming.” Dit alles ondersteun die siening dat wreedhede en die afsterwe van geliefdes nie God se wil is nie, maar realiteite is in ’n sondige, gebroke wêreld. Hans Koorts. [Briefskrywer kom ongelukkig nie los van ’n vereenvoudiging van hierdie moeilike vraagstuk nie. Sy aanhalings uit die “Dogmatiek” van prof. Heyns is selektief en ondersteun slegs één kant van die saak. Op dieselfde bladsye as waaruit br. Koorts aanhaal, onderskei Heyns tussen vier soorte “besluite” in God se Raad: “veroorsakende besluite” (bv. God se besluit om die wêreld en die mens te skep of om Abraham te roep); “ruimteskeppende besluite” (bv. God se besluit om aan ’n mens ruimte te gee waarin hy/sy kan kies om gehoorsaam te leef of ongehoorsaam, lief te hê of te haat); “indiensnemende besluite” (bv. God se besluit om nie magteloos teenoor sonde of die gevolge daarvan te bly staan nie, maar dit ter hand te kan neem ten einde steeds Sy goeie doel met die wêreld te bereik – soos met Judas se verraad teen Jesus); en “predestinerende besluite” (bv. om ’n genadeverbond met Israel te sluit). Alreeds hieruit blyk duidelik dat die vraag “Is wreedhede God se wil?” nie so eenvoudig te beantwoord is nie. Lyding en sonde is verseker nie deur God veroorsaak nie, maar die Bybel laat blyk tog dat dit in die ruimte van God se Raad kán voorkom (dink aan Job) en selfs deur God indiensgeneem kan word op weg na sy voleinding met sy Kerk en Skepping (dink aan Josef, Gen. 45:5). Heyns stel ook dat God se Raad nie ’n statiese stel afgehandelde besluite iewers in die ewigheid agter ons is nie, maar ’n dinamika het wat daagliks steeds ontplooi en ons voetstappe rig. Dít is die troos daarvan om te weet ons lewens lê veilig in sy hand, selfs in donker tye – Red.]

7

“Knaagliedere” Kom woord@bergendal hier aangewaai met ontydige wind van buite seisoene; deur bekwame redaksie, in aanbieding te fraai as toonvenster van onse late en doene. Sê dis nie nodig om Mighty Mouse te wees ook nie om in duisende te marsjeer; wees allereers offervaardig van gees en let dan op die les uit Smirna te leer. Daar’s hoop vir tieners, huwelike, gesinne en deernis vir lidmate, ook tagtigplussers. Die ring word dalk ’n vierkant van vrinne en Erna se apies benodig brandblussers. Behandel die skepping met ontsag vir sy Skepper deur rommel te herwin en na eenvoud te streef. En neem ter harte: Tessalonika van Pinkster deur voortaan orals en voluit uit sy genade te leef. Rus dan werklik op Sondag; gee aan Hom die eer, en dankie aan Hans wat sy sproke kon sprak. Jan se orrel is puik en Johan speel nóg meer net jammer klein Pleinmuis het in ’n pypie kom plak. Ede vir skole is verantwoordelikheid ontduik deur onse regering wat kundigheid negeer; húlle moet mense beter beskerm, boewe fnuik en instroming van vreemdes strenger beheer. Ons jongmense doen kerklik wel deeglik hul ding om ons oues opweg na die toekoms te hou; so-ook ons vroue wat beplan en offers wil bring, vir ons ’n groter kombuis wil bou. Stilweg sluip Kerkmuis nader in agterblad-ink met Plein- en Kombuismuise agter hom aan; oorweldig deur die gat met rondom-sink vergeet hul dat hier wel nóg ’n spesie bestaan: genaamd, “Veldmuis”.

“Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie...” (foto: Heidi Steyn).


8

woord@bergendalwoord@bergendal

Die grote Herodes – Veelbewoë lewe van ’n wreedaard – Johan Cilliers en Francois Retief – Herodes die Grote wat ná die geboorte van Jesus Christus die gemeenskap van Betlehem geskok het met sy bevel dat alle seuntjies onder twee jaar oud, gedood moes word (Mat. 2:16), het ’n veelbewoë lewe gehad. Hy is in 73 v.C. in ’n aristokratiese Edomitiese familie gebore en die Jode het hom nooit as ’n ware Jood beskou nie. Volgens hul geskiedskrywer Josefus, is Herodes wel in die Joodse tradisie opgevoed, maar het hy in werklikheid veel meer tot die Hellenistiese (Griekse) wêreldkultuur van sy dag aangetrokke gevoel. Toe hy in 40 v.C. deur die Romeine as hul vassalkoning oor die Jode in Palestina aangestel is, het hy homself reeds as ’n gebore leier bewys. Vir die grootste deel van sy lewe het hy goeie geluk aan sy kant gehad. So het hy onder andere ’n woeste storm op see en talle oorlogswonde oorleef, asook ten minste vyf aanslae op sy lewe! Die periode tussen 37 en 14 v.C. moet as die hoogtepunt van sy regeringstyd beskou word. Herodes was ’n goeie diplomaat wat daarin geslaag het om die Romeine tevrede te hou en Palestina het gevolglik floreer. Groot bouprojekte is aangepak, soos die aanlê van die hawestad Caesarea (22-12 v.C.), die heropbou van Samaria (27 v.C.) en talle militêre vestings soos Massada by die Dooie See. Maar daar was ook ’n skadukant aan Herodes se lewe verbonde. Hy het 10 vroue en ten minste 15 kinders gehad en veral die laaste nege

jaar van sy lewe is versuur deur intriges in sy huishouding. Dit het die wreedste trekke in sy karakter na vore gebring. Hy het Mariamne, sy gunstelingvrou, drie van sy seuns en talle familielede laat teregstel omdat hy daarvan oortuig was dat hulle hom wou onttroon. In Rome het hierdie gebeure keiser Augustus laat opmerk dat dit veiliger was om een van Herodes se varke as een van sy seuns te wees! Jesus is kort voor die dood van Herodes in Betlehem gebore en uit die eerste twee hoofstukke van Matteus weet ons watter rol Herodes in daardie geskiedenis gespeel het. Die kindermoord bevestig juis daardie wreedaardige kant van sy karakter. Die laaste jare van sy lewe is verder deur swak gesondheid gekenmerk, wat in die onlangse tyd deeglik deur navorsers in oënskou geneem is. Daar is aanduidings dat hy las van sy lewer, niere en hoë bloeddruk gehad het. Vroeë Christelike skrywers het beweer dat wurms hom verteer het, maar daar is geen mediese bewyse of verklaring voor nie. Kort voor sy dood het hy Jerusalem verlaat en hy is waarskynlik op 13 of 14 Maart in 4 v.C. in Jerigo oorlede (sien ook Matt. 2:19). Voor sy dood het hy drie van sy jonger seuns as sy opvolgers aangewys: Archelaus as koning van Judea, Phillipus as vors oor die dele oos van Galilea, en Herodes Antipas as viervors van Galilea en Perea – dit is hy wat Johannes die Doper laat teregstel het en uiteindelik ook by die verhoor van Jesus betrokke was (Luk. 23:6-12).

Groete uit Australië! Mariska van Straaten (een van ons Gr. 2-katkisante) het saam met haar ouers, Adrian en Marisa, en die res van hul gesin na Adelaide in Australie verhuis. Hulle woon in ’n rustige woonbuurt van die stad, byna soos op ’n kleinhoewe Die omgewing is boomryk en het ’n pragtige natuurskoon; 15 minute van hul huis af is die strand waar hulle graag gaan speel. Op ’n naweek was hulle in ’n reservaat in die “Adelaide Hills” waar ’n groot aantal wit en grys kangaroos leef, asook mooi Koala-beertjies soos die een wat Mariska hier vashou. Haar mamma, Marisa (dogter van Oom Sakkie en Tannie Martie Nieuwoudt wat in Gordon Smitsingel gewoon het), werk as suster by die Lyell McEwin Hospitaal. Mariska en haar familie stuur vir almal in Bergen-Dal groete!

SAKOV...vervolg van bl 4 ekstra mixtuur) het tot ’n uitstaande vertolking bygedra. Vervolgens het die orrel in ensemble aan die beurt gekom – met die klavier en ’n strykensemble. Op die program hierna, was die voordrag van ds. Jan Lubbe oor “Skoonheid en kontras in Sondag se liturgie.” Die vraag van ou Israel tydens die ballingskap – oor die “sing van die Here se lied in ’n vreemde land” (Ps. 137) – leef vandag ook in baie kerke en gelowiges se harte. Baie mense beleef ons tyd en omstandighede as vreemd en vol spanning. Terselfdertyd word ons eredienste, kerkmusiek en orreliste ook maar uitgelag! Tog wíl en moet ons die lied van die Here begelei en sing. Ds. Jan het daarop gewys dat op die Sondag ná 11 September 2001, kerke in Amerika baie vol was, maar nie orals om die regte rede nie. Opvallend was dat daardie kerke waar lidmate in die jare vóór hierdie ingrypende gebeurtenis ’n goeie liturgie leer ken en beleef het, beter deur die verwarring van 9/11 gekom het. Hulle kon aan die Woord van die Here vashou, en nie in ’n blinde patriotisme verval nie. ’n Gemeente moet dus altyd streef na ’n liturgie gevoed deur die Woord. Dit moet hul ganse mensheid aanspreek. Hulle harte moet versorg word deur dit wat in die liturgie gebeur. Liturg ’n tuinier ’n Goeie liturg (voorganger, predikant) is daarom soos ’n tuinier wat sy plante versorg en beskerm. ’n Liturgie dra ’n skoonheid daarin opgesluit. Met dié verwagting kan ons daarom na die erediens kom: ’n ingesteldheid om na die Woord te luister, ons oor ons sonde te verootmoedig, ons geloof saam met mekaar te bely, in gebed en sang en offergawes aan God die eer te bring. Die liturgie lê dus nie op een lyn van belewenis – nét lof of nét aanbidding – nie, maar het verskillende kontraste daarin opgeneem. Nogtans behoort dit nie in ’n totale kontras met ons daaglikse lewe daarbuite te staan nie: ook dáár ontmoet ons God. Uit ds. Jan se referaat het ’n verskeidenheid vrae na vore gekom – oor die samewerking tussen liturg en orrelis, oor samesang en gebed. Hierna is ’n heerlike, verrykende oggend afgesluit met die jaarvergadering van SAKOV. Een van die temas waarna volgende jaar gekyk sal word, is die sg. “blended worship”. Nog twee orreluitvoerings word vir later vanjaar beplan, deur bekende orreliste Deon Lamprecht en Leonore Kloppers. Almal word daarheen uitgenooi – besonderhede later.


woord@bergendal

9

Bybelvertaling:

Ses eeue gelede sou jy met jou lewe betaal! – Jan Lubbe – Die Afrikaanse Bybel is vanjaar 75 jaar oud – ’n gedenkwaardigheid wat met dankbaarheid en blydskap gevier is, ook in Berg-enDal. Bloemfontein was immers die hoofstad waarin hierdie Bybelvertaling op 27 Augustus 1933 luisterryk in gebruik geneem is. Maar dit is óók vanjaar, presies 600 jaar gelede dat die eerste volle vertaling van die Bybel in ’n moderne taal verban en op groot skaal verbrand is! Dit was die Engelse vertaling van John Wycliffe (1329-1384). Toe Wycliffe in die veertiende eeu met sy vertalingswerk begin het – aangespoor deur sy

begeerte dat gewone Christene die Bybel in hul eie taal moes kon hoor, lees en verstaan – het hy maar ’n handjievol voorgangers gehad. Daar was die sewentig Joodse geleerdes (volgens oorlewering), wat in die tweede eeu v.C. die Hebreeuse Skrifte in Grieks vertaal het. Hierdie vertaling staan bekend as die “Septuagint” (“sewentig”). Tussen 386 en 412 n.C. het die kerkvader Hieronimus aan ’n Latynse vertaling van die Bybel gewerk – die bekende “Vulgaat”; vir baie eeue die enigste Bybel wat deur die Katolieke Kerk aanvaar is. Dit was eers met die oorgang na die vyftiende

eeu, dat ’n volgende poging aandag sou trek: dié van Johannes Hus (1374-1415) in Tseggië. Hus sou egter op die brandstapel in Praag sterf. Wycliffe was ’n dosent in teologie aan die Universiteit van Oxford en predikant in Lutterworth, Engeland. In sy prediking en pastoraat, sowel as in vlugskrifte, het hy Engels as voertaal gebruik. Só het hy ook sy studente aangemoedig om as “poor preachers” deur die platteland te trek en die Evangelie in die Vervolg op bl 10

Die Woord van God in jou eie taal: John Wycliffe (1384), SJ du Toit (1875) en lede van die uitreikspan na London met Nuwe Testamente in Arabies – oudl. Louise Pretorius (regs).

“ ’n Stukkie ‘Lewende Woord’ in die hand” Uitreik in London versprei 2 900 Bybels! – Louise Pretorius – Wanneer laas het jy vir iemand ’n stukkie “Lewende Woord” in die hand gegee? Dít was die voorreg wat ek die afgelope Julie-vakansie as lid van ’n uitreikspan na London beleef het – ’n uitreik met ’n verskil. Die kosbare skat wat ons saamgeneem het, was die Nuwe Testament in Arabies, spesiaal vir Saudi’s wat in Engeland kom vakansiehou. Uitreikspanne van jongmense uit Suid-Afrika, Amerika en Sirië is na deeglike opleiding en toerusting in ’n hegte eenheid saamgesnoer. Eén motivering het ons gedring: die liefde van Jesus. En wanneer ons dan oortuig dat die Bybel die lewende Woord van God is, die straat met baie geloofsmoed aangedurf het, was dit met die wete dat ons geliefdes en gemeentes tuis ons in gebed

gedra het. Die pakkies wat ons uitgedeel het aan hierdie Saudi-toeriste, was ’n Nuwe Testament in Arabies, ’n DVD van die bekende “Jesus-film” en die verhaal van Maria Magdalena. Wanneer ons met ’n paar gebroke woorde in Arabies die aandag van hierdie verbygangers op die sypaadjie van ’n besige Oxfordstraat of Marble Arch getrek het, was die reaksies uiteenlopend. Dit het gewissel van spottend en antagonisties, ontwykend en soms bang – pa’s wat hul jong kinders weghou en beskerm of vrouens wat vrees vir hulle mans – tot versigtige soekers en nuuskieriges. Sommige van die verbygangers het so ongemerk moontlik ’n pakkie probeer bekom en soms net met die oë gewys dat ons dit in die inkopiemandjie moet gooi! Die Gees het die saailand van soveel soekende siele voorberei, sodat ons net die saad kon saai! Wanneer jy in die leë oë van sommige vroue in hulle swart burkas gekleë,

gekyk het, het mens sommer hardop gebid dat die pakkie wat sy neem haar tot ’n lewe van oorvloed sal lei. In totaal het ons 2 932 van hierdie pakkies uitgedeel. Daar is goeie terugvoer ontvang van mense wat in vorige jare ’n pakkie geneem het, en van Saudi’s wat nóg een kom haal het vir hul mense tuis. Die opvolggesprekke wat met hierdie mense gevoer is, is deur die Siriese lede van ons spanne hanteer. Ons kan van verskeie bekerings getuig! Wanneer daar met hierdie jong bekeerlinge in Siries saamgebid is, het die res van ons span eenkant die Here geloof en geprys. Ons gebede is steeds vir hierdie jong Christene wat verwerping en selfs vervolging in die gesig sal moet staar. Ons kan God vertrou dat sy Woord nie leeg na Hom sal terugkeer nie en ons bly bid vir die saad wat gesaai is.


10

woord@bergendalwoord@bergendal

“Ons het mekaar nodig...” – Zabrina van Rooyen – Tydens die uitreik na leiersfigure in ons samelewing op 22 Augustus, was ek een van vier gelowiges wat ’n kleuterskool en laerskool besoek het. Die afwagting vóór die tyd was ’n bietjie senutergend – dit was ons eerste keer, en ’n mens vra jouself af hoe mense wat jy nie ken nie, op dit wat jy te sê het, gaan reageer. Oortuig dat God ons stuur en die pad deur sy Gees voorberei het, het ons by hulle ingestap, aangemeld en ontmoet. Daardie eerste woorde, gesigsuitdrukking en handdruk was maar onseker. Maar gou ontdek jy dan dat hierdie leier voor jou, ook ’n skepsel van God is en ook behoefte het aan ondersteuning – ’n oor wat luister; ’n skouer om vir ’n paar oomblikke op te leun. Ons besef nie altyd hoeveel verantwoordelikhede hierdie mense dra nie: die belange van elke kind en personeellid; van ouers; van finansies. Terwyl jy na húlle luister, besef jy weer dat dit God, ons Vader, is wat ons almal dra en beskerm en inspireer. Hy sê dat wanneer ons op ons swakste is, is Sy werking in ons op die sterkste. Jy besef ook dat in ons tyd die probleme so groot is dat dit dikwels vreugdes en suksesse oorskadu; dat mense na strooihalms gryp. Hoe nodig het ons mekaar nie juis nou nie – as medegelowiges; as beelddraers van God. Om Sy liefde aan mekaar te betoon. Om te luister, te bid, sonder oordeel of voorbehoud. Was die besoeke van daardie Vrydag suksesvol? Ja, omdat ons kon gaan ondersteun. Ja, omdat ons ten spyte van ons onervarenheid, warmte en liefde met mekaar kon deel.

As daar geen balle is om te rol nie, gebruik jy... jou sussie! Maryke, Corlia en Elmari Botha in aksie op die Gemeentekamp by Gariepdam.

En uit die NGKA Botshabelo teruggekyk... – Andries Hoffman – Die dertig lidmate en vyf leraars uit Botshabelo wat deel was van ’n gesamentlike uitreik na gesagsdraers in Bloemfontein en Botshabelo, het die dag besonder positief beleef. Die voorafbyeenkoms, besinning oor ons taak en voorbidding vir die uitreik was baie sinvol. Veral die wedersydse kennismaking, die saamry na afsprake en uiteindelik na die kampterrein by Botshabelo, het ons in ons sending saamgebind. Die terugvoer wat ons van gesagsdraers in Botshabelo ontvang het, was ook positief en baie waarderend. Leiers het dit veral positief beleef dat die kerke na húlle wou kom luister en van húlle projekte en programme wou kennisneem en daarvoor wou kom bid. Benewens die gebedsversoeke van die gesagsdraers, is dit ons diepste oortuiging – en daarom ook ons gebed – dat daar in ons gemeenskappe

’n terugkeer na Jesus as Verlosser en Leidsman sal wees. Dít sal ’n nuwe lewensingesteldheid bring; die geboorte van ’n nuwe samelewing

Saam met mama. Een van die dogtertjies wat op 24 Augustus saam met die SAPD-koor uit Botshabelo by Berg-en-Dal kom kuier het, geniet tee en koek ná die erediens.

Jongbriewe: Bloemshelter Onlangs is ons Graad 11-katkisante saam met ds. Gert – almal ingeprop in die kerkkombi – na Bloemshelter om vir die inwoners daar ’n geskenkie te neem. Ons was effens skrikkerig oor wat ons daar sou aantref, maar ’n vriendelike tannie in beheer van die huis, het ons ontvang en van die inwoners se omstandighede vertel. Bloemshelter is ’n woonplek vir hawelose mans. Elkeen se storie het verskil en dinge vir ons totaal vreemd, het al met hulle gebeur. Hulle was baie bly oor die pakkies wat ons gebring het en mens kon sien hulle verlang ook eintlik na ’n bietjie omgee. As mens na só ’n plek gaan, besef jy opnuut hoe bevoorreg jy is en dat ons alles nie maar as vanselfsprekend moet aanvaar nie. Wat ons is en het, is net genade van die Here. Aan Hom die eer daarvoor. Christine du Plessis (Gr. 11)

Bybelvertaling ... Vervolg van bl. 9 landstaal aan mense te verkondig. Vir Wycliffe was die Bybel as God se Woord die enigste rigsnoer vir die lewe – ’n standpunt wat soveel kritiek van die amptelike Kerk ontlok het, dat hy sy doseerwerk in Oxford moes neerlê en vlug. Hy is as ketter uitgemaak en talle van sy boeke is verbrand. Uiteindelik is sy Bybelvertaling in 1384 voltooi – in ’n deftige, koninklike Engels. ’n Beweging het posgevat, aangehelp deur die uitvinding van die boekdrukkuns (1456): vertalings van die Bybel het in Duitsland (die bekende Luther-Bybel, 1532), Frankryk (1535), Swede (1541), Denemarke (1550) en Rusland (1581) verskyn. Alhoewel daar in 1526 ook al ’n Nederlandse vertaling gedoen is, het die amptelike Statenbijbel eers in 1637 verskyn. In die volgende twee eeue is Bybels na die verste kontinente gedra, en kom dáár vertalings in inheemse tale: onder die Indiane van Massachusetts (1663), in Oos-Indië (1719), in Chinees (1823), in Peruvia, Suid-Amerika (1829) en die bekende Moffat-vertaling van 1857 in

Tswana – die eerste Bybelvertaling in Afrika, suid van die Sahara. Die Afrikaanse Bybel van 1933 se spore kom sedert 1875 aan, toe ’n groepie jong “Afrikaanssprekendes” in die Paarl die inisiatief ter hand geneem het. Onder hulle sou ds. SJ du Toit – die vader van Totius wat ’n eindvertaler in 1933 was – ’n prominente rol speel. Opmerklik is dat SJ du Toit en sy medestanders se vertalingspogings nie met entoesiasme in die NG Kerk verwelkom is nie. Inteendeel, daar is selfs die spot met hierdie “kombuistaal” gedryf! Dit sou meer as veertig jaar duur, voordat die Vrystaatse Sinode ’n amptelike besluit geneem het om die Bybel in Afrikaans te vertaal. In die feesjaar van ons Afrikaanse Bybel is dit gepas om die arbeid van John Wycliffe, seshonderd jaar gelede, te onthou. Vandag nog, wêreldwyd, sit die Wycliffe Bible Society hierdie groot taak voort. Ook Berg-en-Dal ondersteun dit deur kontak te hou met Roelie van der Spuy en sy familie in Oos-Europa. In daardie wêrelddele is dit steeds werk wat met groot opoffering en lewensgevaar gepaardgaan.


woord@bergendal

Facebook & MXit – vloek of verantwoordelikheid? In die afgelope maande was die gebruik van MXit en Facebook deur jong kinders ’n “hot topic” in baie skole en huise. Berigte van kinders wat in allerlei moeilikhede beland het, het groot besorgdheid gesaai. In talle skole is MXit verbied en in baie firmas mag werknemers nie tydens werksure op Facebook gaan nie. Dít was ook die tema van ’n aanddiens in Berg-en-Dal, wat baie goed deur ouers en tieners bygewoon is. Wat is dit (vir die oningewydes bó 50)?

Beide hierdie dienste het voordele vir die gebruikers daarvan, maar ’n ernstige probleem is dat beide ook die ganse virtuele wêreld letterlik in die handpalm van jong kinders plaas – en in dáárdie wêreld swerf obskure figure rond wat bose dinge met hul naïewe slagoffers beplan. Nóg erger: omdat dit anoniem gebeur, kan baie gebruikers onder ’n skuilnaam opereer en hulself maklik anders voordoen as wie hulle régtig is.

MXit is...

7 wenke vir veiligheid:

• • • •

’n Multimedia-program wat via selfoon toegang tot internet & geselskamers gee. Geskep deur ’n SA-maatskappy in 2005. Meer as 1,35 miljoen intekenare in ons land; 45% van hulle tussen 12 en 17 jaar. Gratis af te laai, geen maandelikse fooi en gewone boodskappe gratis. Lengte van boodskappe veel langer en direk (“instant”) as met SMS’e.

• •

Facebook is... • • • • • •

’n Internetblad van “gesigte”, bedoel om ou vriende op te spoor & nuwes te maak. Geskep deur ’n Amerikaner in 2004. Meer as 80 miljoen intekenare wêreldwyd. Intekening én die stuur van boodskappe is gratis. Skep van ’n persoonlike “profile” met foto’s en besonderhede oor eie lewe. Groot hoeveelheid groepe van allerlei aard om by aan te sluit, bv. oor godsdiens.

Dink baie mooi voordat jy iets oor jouself deel (woonadres, familie ens.). Hou beheer oor met wie jy “chat” en wie jy as ’n “friend” op jou profiel toelaat. Moenie dat iemand jou ompraat vir inligting wat jy nie wil gee nie. Breek onmiddelik kommunikasie met iemand af wanneer die gesprek jou ongemaklik laat voel. Hou jou “online”-vriendskappe “online” – moenie ’n afspraak maak om iemand wat jy op MXit of FB “leer ken” het, fisies te ontmoet nie. Laat jou ouers toegang hê tot jou MXitboodskappe en jou FB-profiel – ouers is daar om jou te beskerm en te help vóórdat jy in die moeilikheid beland. Beperk tyd op MXit en FB – die eintlike lewe en regte vriende is “offline”; gebruik jou tyd eerder daarvoor (en vir jou sport en skoolwerk!)

’n Goeie inligtingsadres vir ouers & tieners: safekids.com

11

‘Geagte Burgermeester/Honorable

Mayor Mothupi...

Ek kry die gevoel mense sê dit nie baie vir jou nie, so: BAIE DANKIE! Moenie opgee nie, wees sterk! – Lisa Jy is ’n wonderlike en sterk vrou. Hou by jou geloof en ek bid vir jou, ons almal doen. – Maryke Dankie vir als wat u vir ons stad gedoen het. Wees sterk en vasberade in al die besluite wat u neem. – Suzani You are one of few leaders which does the right thing although many people may be against it. I believe that God will still use you for many great things in your life. If God is for you, no one can be against you. – Chrisna Ek wens u graag sterkte toe vir die tyd waardeur u gaan. Onthou altyd die eerste woord vir ’n gelukkige lewe: Vertrou God (Josua 1:9). – Christoff Ek wil net sê ek bid vir u. Onthou 1 Tessalonisense 5:17 – “Bid gedurig.” – Michaléne Glo in God en vertrou Hom: “Ek kyk op na die berge, waarvandaan sal my hulp kom? My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het” (Ps. 121). – Lu-sán Baie dankie vir alles wat u vir die Vrystaat doen. Mag die Here u seën en met u wees. – Rina This is just to inform you of the appreciation that we have for the wonderful job that you are doing. Thank you for the example that you set by sticking to moral values. – Danielle I want to wish you good luck through all the rough times. My love, faith and all my prayers are with you. – Marisa Vir mense is dit onmoontlik, vir God is alles moontlik” (Mat. 19:26). Laat dit in sy hande. – Adriana

Opelug Katkisasie kan van vroteier tot diep gesprekke behels.

Hou net aan doen wat u glo reg is. Moenie dat iemand u onderkry nie. Baie sterkte. – Foster


12

woord@bergendalwoord@bergendal

Van Macebook en Fixit...!

Hi da. Gr8 dt jle w hi is. Hu gnit. Leka dg. Thnx vi j ok. Mwha.* Nee, vrinne, dis nie ’n padaanwysing in Beijing nie en om in tale te spreek is ok weer iets anners. Vra die Camisards: hulle was daar, alles gesien, die tale gehoor. Groot geraas. Nee; wat hierbo geskryf staan, is om te sê julle beter nou nóg meer in jul spore trap: Kerkmuis is tegnologies by en weet nou méér as alles. Dis nie net die koster wat deesdae met ’n laptop (= skootrekenaar, vir die puriste) in die kerk kom sit nie! Hier waar ons tussen die Hobo en Prestant aangebou het, skakel ons met die kliek van jou m...* (sien hieronder) in op wat in die kerk gebeur as julle ’n uur-en-’n-half daar sit en slaap én op wat by die Nagbestuur se verbode vergaderings in die konsisitorie gebeur. Vandaar vandag se opsienbare onthullings. Vars vanaf www.Macebook. Maar daaroor later meer. As wagter oor jul

gewetens, lê daar eers ’n ding op Kerkmuis se hart wat moet uit: dis die ...* (sien hierbo). Kyk, in die Jaar van ZZ (2008: Zuma en Zim) en in ons deursigtige deurmekrasie is dit tyd dat iemand ’n inklusiewe, ekologies-vriendelike en soölogies-korrekte alternatief vind vir die uitdrukking: “... met die kliek van jou muis...” A, nee-a. Vra enige skilpad of hy sou hou van ’n frase soos “skuif jou skillie”? Dit gee aanstoot. Om daai dingetjie wat met sy stert aan jou blikbrein vasgemaak is, ’n “muis” te noem, grens aan haatspraak. Dan ook nog lekker familiêr: “jóu muis” ... Maar goed, in vrede en verdraagsaamheid – hier volg die nuus waarvoor julle al sedert die vorige winter wag. Na wat berig word heers daar algemene tevredenheid by opposisiepartye met die uitspraak van Regter Samuel, bygestaan deur sy twee assistent-hoofregters, insake die braaier-, blommetjies-en-ander-blapse sage. In sy bevinding van meer as 200 bladsye (te lees op www.Macebook), het Regter Samuel gestel dat algemene amnestie toegestaan word; dat inmenging met die onafhanklikheid van die regbank gerepudieer is; en dat al die anonieme klaekouse op dun eish is. Dit maak die deur oop na 2009 en vir die ou gebruik van rustende ouderlinge – wat iets anners is as wat elke Sondag in daai banke gebeur! Toemaar, geagte leser, as jy nou nie by is of weet waaroor dit gaan nie, moenie worry nie. Dis verby en dis genoeg om te weet. Vat nog ’n slukkie koffie.

Voorts verneem Kerkmuis van aangetroude neef Pleinmuis dat daar dinge aan’t gebeur is in die sinkgat oorkant die pad. Pleinmuis het die ent soontoe ingesit om te gaan kyk wat is oor van sy geboortegrond & familieplaas. Onnodig om te sê: niks. Newwermaaind, sê Pleinmuis, wat dáár ookal gebeur, die planne daarvan is nie vir publieke insae nie. Want die hoofgat se huurder het check-checkcheck-net-ommi-hoek weggeloop oorlat dit nie vir die publiek gerieflik sou wees nie? Eish! Daai kwaai baas van die sinkgat kan hier by swaer Kombuismuis kom leer: hier is die planne en prosesse in plek. Sien, Kerkmuis het dit onderskep om eerste! gesaghebbend! uit die konisistorie! vir julle, getroue getuies, te kom wys (*sien hieronder). Met komplimente van Fixit. Maar hier staan die redakteur nou al weer en aandring dat die uwe moet sê wat staan in die eerste reël daar heelbo (*). OK, OK. Ter wille van hom en anner wat te skaam is om te vra, daar staan: “Haai daar! Great dat julle weer hier is. Hoe gaan dit? Lekker dag. Dankie vir jou ook. Soengroet/ Plaksoen” (skrap wat nie aanvaarbaar). Met liefde, Kerkmuis. Kerkmuis is arm, anoniem en onaantasbaar orals alles aan’t uitsnuffel. Met die klien van ’n ...


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.