Gemeente fokus 15 Maart 2009

Page 1

15 Maart 2009

Pinkstersondag

Vierde Lydensweek

Nóu is die regte tyd om God se aanspraak op jou lewe te herken, en dan te leef! “Die man het nog een (gesant) oorgehad, sy geliefde seun. Heel laaste het hy hom na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien. Maar die boer het vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s’n wees. Hulle het hom toe gegryp en doodgemaak en hom uit die wingerd uitgegooi.” (Markus 12:6-8) Markus se kort, kragtige verhaal oor die lewe en werk van Jesus Christus vestig ons aandag op die koninkryk van God; op Sy alleenheerskappy oor die ganse werklikheid – ons lewe, die natuur, die bose, siektes en selfs die dood. Dit was Jesus se eerste boodskap: “Die koninkryk van God het nabygekom... Kom hier! Kom saam met My” (1:15, 17). ‘n Roeping wat ons tot bekering en geloof uitnooi; wat van ons volgelinge en gestuurdes wil maak (3:14); in ‘n koninkryk waar daar lewe, vryheid en blydskap is omdat die Koning, die Bruidegom, nou by die mense is (2:19). En wanneer Jesus die vreemdheid van sy koninkryksboodskap vir die dissipels uitspel – “Kyk, ons gaan nou na Jerusalem... Die Seun van die mens word oorgelewer om te ly” (8:31-32) – beklemtoon Hy drie keer: dit kos iets “om in die koninkryk van God in te gaan” (10:15, 24-25); dit vra geloof; die oorgawe van jou hart. Daarvoor is die tyd nou ryp, soos met daardie vyeboom sonder vye buite Jerusalem, wat toe verdor het (11:12-25)... 1


Hoe nader Jerusalem gekom het, hoe nader aan die Paasfees, hoe dringerder het Jesus se oproep tot geloof gekom: God het alles gegee; sy wingerd versorg (Jesaja 5:1-7); die tyd vir die oes is nou hier – “op die regte tyd” (Markus 12:2), het Hy sy diensknegte gestuur. Wéér en wéér. Uiteindelik, sy Seun. Sal dié geloof vind? Die skokkende, die ondekbare gebeur: God se heerskappy, sy eiendomsreg op die wingerd word uitgedaag, verwerp. Kyk, vertel Jesus in die gelykenis, dít is nou aan’t gebeur... JL Hartlik welkom by ons eredienste vanoggend. Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig. Ons orrelis is Johan Cromhout. Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe. U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink. Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toe. Sothodiens: Aanddiens: Sondag, 22 Mrt.:

Ander eredienste Vanmiddag om 15:00. Om 18:00 – prof. JJ van Rensburg (Aandnagmaal & Paassang-diens met DRC Andrew Murray-gemeente). Oggend om 09:30 – kerk: prof. Philip Nel, saal: ds. Jan. Aand om 18:00 – ds. Jan (Taizédiens).

DEURKOLLEKTES: 08 Mrt. Vrystaat Versorging (Sopkombuis). 15 Mrt. Bediening Andrew Murray. 22 Mrt. Geestelike bearbeiding van Verpleegsters.

R 1 637,50

MEELEWING EN VOORBIDDING Siekes tuis of in hospitaal: Tannie Jana Kotzé (Harry Smithstr. 28); Rhona Lategan (Kmdt. Senekalstr. 47); Tannie Marie Theunissen (Noorderbloem); Joan Roque (Genl. Conroystr. 9); Beatrice Carshagen (Henry Fagnstr. 6); Tannie Suzie Terblanche (Kapt. Goodmanstr. 5); Marietjie de Wet (Shangrila 34) en Marlian Schutte (Mockestr. 20). Meegevoel: Ons innige meegevoel met Tannie Rentia Steytler en hul kinders, met die heengaan van ds. Johan (Siësta). Ons dank julle saam met die Here vir sy lewe van diens en liefde, en bid julle die troos van God se Gees toe. Nuwe intrekkers/lidmate: Baie welkom aan Juhan, Lize en Carla Vermeulen (Derick Nelstr. 5, Hospitaalpark) – mag die Here van die kerk julle hier ‘n geestelike tuise bied. Verjaarsdae: Baie geluk en seënwense aan die volgende lidmate wat in die week verjaar: 15 Mrt. 16 Mrt.

Willie Conradie en Tharina Strauss. Hermien Davel, Monica Meyer en Elsje Raubenheimer. 2


17 Mrt. 18 Mrt. 19 Mrt. 20 Mrt. 21 Mrt.

Linette Peltzer, Lochner en Johan v/d Schyff en Denise van Rooyen. Johan Buchner, Dané de Jongh, Joanie Myburgh en Marthinus Schoombie. Hester Roos en Hanneke Wentzel. Christiaan Gouws, Annelize Kleynhans en Piet Steyn. Attie Anderson, Johan Cilliers en Stephan Jacobs.

As u naam nie hier verskyn nie, mag dit wees dat ons nie u volledige besonderhede by die kantoor het nie. Besoek die kerkkantoor (Sondagoggende nét na die erediens of gedurende weeksoggende) en bring u inligting daar op datum. Nuwe intrekkers of gelowiges wat graag by ons wil inskakel – voltooi asb. ‘n geel kaartjie langs die bank en plaas dit in die houtposbus agter in die kerk of kontak ons skriba, Rita van Zyl (051-4362750). BYBELSTUDIES : Woensdag,18 Maart om 19:00 Donderdag, 19 Maart om 09:00

Openbaring 20. Afsluiting: laaste deel van “Ons Vader”.

KERKRAADSAKE Diensbeurte: Ouderlinge 15 Mrt. Winnie v Burick, Coert de Vries, Barend Bezuidenhout, Koos v Vuuren. 22 Mrt. Ordino Kok, Flippie Minnaar, Louise Pretorius, Marietjie Cilliers en Willem Bosman. Diakens 15 Mrt.: Cas Harris, Francois Ferreira, Jan Davel, Karin Jacobs, Wiehan van Staden, Nico Hefer, Johan le Roux, Cobus Botha, Rikus van Pletzen, Ben Steyn en Hendrik Swart. Aand: AL DIE DIAKENS IS OP DIENS (Aandnagmaal). 22 Mrt.: Johannes v Rooyen, Jaco Engelbrecht, Gerhard Nel, Linda Raath, DR Samuel, Leon Badenhorst, Weyers Strydom, Louis Lategan, Alida Smith en André Prinsloo. Doopsondag, 5 April: Ouers wat graag hul baba’s wil laat doop op Sondag, 5 April 2009 moet met ds. Jan in verbinding tree, nie later as volgende Sondag nie – tel. 051-4362261. Verlof Leraars: Ds. Jan woon hierdie week (16-19 Maart) ‘n konferensie ter herdenking van die 150-jarige bestaan van die Teologiese Fakulteit in Stellenbosch by, waar hy ook ‘n referaat sal lewer. Ds. Gert neem sy verlof vanaf 20 Maart tot 10 April 2009. In geval van nood (of vreugde!) kan u dan vir ds. Jan kontak.

BEDIENINGE EREDIENSBEDIENING 3


Taizé Aanddiens: Na die geseënde belewenis van ons eerste maandelikse Taizé-aanddiens, nooi ons alle lidmate uit na ons volgende geleentheid – Sondagaand, 22 Maart, om 18:00. Kom geniet die rustigheid van ‘n Sondagaand in ons kerkgebou, die stilte, atmosfeer vir gebed en die inspirerende sang. U is ook welkom om vriende saam te bring. Sorg dat u reeds teen 17:55 u sitplek ingeneem het. Verfraaiing van die Binnehof: Ter stuiwing van ons fondse vir die verfraaiing van ons binnehof, bied ouers van die Gesinsdiens vanoggend weer heerlike koek by die tee aan (te kope...). Dankie aan Heidi Steyn en haar helpers. GEMEENTEBEDIENING Gebedsaksie: Algemene Verkiesing As gelowiges word ons opgeroep om vir hulle wat regeer, te bid (1 Tim 2:1-2) – dit sluit die verkiesing van leiers ook in. Ons is besorg oor intimidasie en geweld in die aanloop tot die verkiesing. Daarom vra ons die Here wat 'n Beskermer van ons almal is, om deur sy Gees 'n gesindheid van verdraagsaamheid en vertroue op te wek; om leiers wat manne of vroue van geregtigheid en vrede is, dwarsdeur ons land en in alle politieke groeperinge op te rig, te versterk en invloed te gee. Ons nooi almal wat saam wil kom bid, na ‘n byeenkoms Woensdagoggend om 10:30 by Mockestr. 4A. woord@bergendal: Volgende Sondag verskyn ons eerste uitgawe van die kwartaalblad vir 2009 – kom kry joune net ná die oggenddiens by die deure, lees lekker en gesels saam... JEUGBEDIENING Afsluiting van kategese: Volgende Sondag sluit ons katkisasie vir die eerste kwartaal af. Ons gaan almal dieselfde tema behandel en ná die tyd iets lekkers saam geniet – moet dit dus nie misloop nie! Bring ook munte saam vir die ondersteuning van sendelinge. GETUIENISBEDIENING Swartsakke vir Gryskoppe: Ons wag vir die laaste sakke om vir die bejaardes van die NGKA BloemfonteinNoord (ds. Phahlane) in te kom. Bring asb. hierdie week na die kantoor of kontak vir Erna Gouws (051-436 5632). Huishulpkamp – 15-17 Mei 2009: Die jaarlikse huishulpkamp wat in ons Ring deur Hugenootgemeente gereël word, moes weens die verkiesingsdatum na die naweek van 15 tot 17 Mei verskuif. Ons nooi graag alle lidmate om hul huishulpe vir dié naweek te stuur – dit is ‘n baie mooi verrykende geleentheid. Kontak Martie Venter by 082-8224222. Ds. Hendrik en Elize van Zyl, Namibië: Hendrik en Elize het oorgetrek na Grootfontein en is in die proses om Tsumkwegemeente selfstandig te kry. Hulle vra gebed vir Gerrie, Leviet, N!aici en die res van die kerkraad vir toerusting deur die Heilige Gees vir elke dag se eise. Bid asb. vir nuwe gelowiges en vir 'n man wat tans op die drumpel staan van 'n 4


besluit om Jesus te volg, staan. Hendrik en die Engelbrecht-egpaar is besig met voorbereiding van materiaal vir die volgende opleidingsessie vir plaaslike geestelike werkers, wat DV vanaf einde Maart plaasvind. Kom ons dink aan hulle in ons gebede. Katete Onderwysprojek (Zambië): Christine Odendaal skryf dat sy vanjaar medevoog van die skoolprefekte in Katete is. Sy vra voorbidding vir hierdie kinders, die taak van leierskap wat op hul skouers rus en dat die Here deur haar sal werk om hulle te versterk. Veral die senior prefekte het baie ondersteuning nodig. NUUS VAN ELDERS Vakatures vir Faktotum en Administratiewe assistent: Sewe Damme Aftree-oord adverteer tans die poste vir ‘n faktotum (“Handyman”) en Administratiewe assistent. Aansoeke met CV’s kan ingehandig word by die Bestuurder voor 21 Maart 2009, of u is welkom om hom te kontak by 051-436 6530 of 082 923 2869. Waar kom die herdenking van Christus se lyding vandaan? Reeds in die vierde eeu n.C. het die Vroeë Kerk begin om ‘n tydperk van sewe weke vóór Paassondag af te sonder vir vas en gebed, ter herinnering aan die lyding en sterwe van Christus. Tradisioneel neem hierdie Lydenstyd ‘n aanvang met As-Woensdag (46 dae voor Paasfees), wanneer gelowiges byeengekom het en daar as, afkomstig van die verbranding van die vorige jaar se palmtakke (Markus 11:8), in die vorm van ‘n kruis op hul voorkoppe of handpalms gemaak is – ‘n teken van rou en boetedoening oor die sondes van die afgelope jaar. Sal óns ook vanjaar se Lydenstyd as ‘n tyd van selfondersoek en inkeer deurbring?

5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.