Fokus-8/3/09

Page 1

08 Maart 2009 Derde Lydensweek

Nie blare nie, maar vrug; nie ‘n vrugtelose tempel nie, maar geloof, gebed en vergifnis! “Jesus sê toe vir hulle: ‘Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: Lig jou op en val in die see, en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredinge vergewe.’” (Markus 11:22-25) Die vyeboom wat oppad na Jerusalem deur Jesus vervloek is (11:12), is die simbool van Israel en sy tempel in daardie tyd. Deur hierdie gebeure by Jerusalem, dwing Jesus ons om ook na ons eie lewens te kyk. Hier vlakby die kruis kom wys Hy ons op die belangrikste van Christenwees, naamlik geloof, gebed en vergifnis. Geloof, wat beteken dat my lewe méér is as godsdienstige uiterlikhede soos die indrukwekkende blare aan ‘n vrugtelose vyeboom en die bedrywighede in ‘n leë en liefdelose tempel! Geloof wat op Jesus alleen vertrou en Hom aanvaar as die enigste Verlosser, sonder om daarin te twyfel! Gebed wat gelowig vra en wag op God se wil vir jou lewe! Vergifnis, wat my naaste (ook my vyand) kan vergewe! Hier by die kruis in Jerusalem, kom wys Jesus vir die dissipels en vir ons dat sy koninkryk – sy nuwe wêreld – ‘n nuwe pad vir ons lewens beteken! GPT.

Hartlik welkom by ons eredienste vanoggend. Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig. Ons orrelis is Johan Cromhout. Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe. U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink. Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toe. 1


Sothodiens: Aanddiens: Sondag, 15 Mrt.:

Ander eredienste Vanmiddag om 15:00. Om 18:00 – ds. De la Harpe le Roux (Getuienisbediening) Oggend om 09:30 – Ds. Jan (kerk: Markus 12:1-12); ds. Gert (saal). Aand om 18:00 – Prof. JJ van Rensburg (Aandnagmaal & Paassangdiens met DRC Andrew Murray-gemeente).

DEURKOLLEKTES: 01 Mrt. Sinodale Kerkjeugaksie (KJA) 08 Mrt. Vrystaat Versorging (Sopkombuis). 15 Mrt. Bediening Andrew Murray.

R 1 112,00

MEELEWING EN VOORBIDDING Siekes tuis of in hospitaal: Tannie Marie Theunissen (Noorderbloem); Joan Roque (Genl. Conroystr. 9); Beatrice Carshagen (Henry Fagnstr. 6); Tannie Suzie Terblanche (Kapt. Goodmanstr. 5); Tannie Corrie Olivier & Oom Johan Steytler (Siësta); Marietjie de Wet (Shangrila 34) Marlian Schutte (Mockestr. 20) en Jan Davel (Dan Pienaarrylaan 50). Meegevoel: Ons innige meegevoel met James en Marianne Brink en hul kinders, met die heengaan van James se moeder. Ons bid julle die troos van God se Gees toe. Verjaarsdae: 08 Mrt. Wiehan van Staden. 09 Mrt. Alta Fourie, Elda Heppell, Annette Kleynhans en Sakkie van Zyl. 10 Mrt. Johan Lubbe, Charlotte Horak, Louise Minnaar, Neels Neuhoff en Cobus Prinsloo. 11 Mrt. Mari Botha, Andries Miennie en Elsa Vorster. 12 Mrt. Mandi Korff en Alexa Nel. 13 Mrt. Lizzie van Rooyen, Anél-Mari Swart en Rita van Zyl. 14 Mrt. Liz J van Vuuren, Marizanne Nel en MC van der Merwe. Baie geluk en seënwense aan die volgende lidmate wat in die week verjaar: As u naam nie hier verskyn nie, mag dit wees dat ons nie u volledige besonderhede by die kantoor het nie. Besoek die kerkkantoor (Sondagoggende nét na die erediens of gedurende weeksoggende) en bring u inligting daar op datum. Nuwe intrekkers of gelowiges wat graag by ons wil inskakel – voltooi asb. ‘n geel kaartjie langs die bank en plaas dit in die houtposbus agter in die kerk of kontak ons skriba, Rita van Zyl (051-4362750). TEKKIESKLUB Vanmiddag om 15:30 by die kerk. Tema: “Sending in Kenia. Jongspan welkom. CAMISARDS Alle tieners word uitgenooi om eerskomende Vrydagmiddag, 13 Maart, om 16:30 saam te kom pannekoekbak vir die inwoners van Bloemshelter (én vir onsself!) – groot pret! NB: BRING JOU EIE PANNEKOEKSPAAN SAAM! Ons kyk ook verder na Louis Giglio se DVD oor “Seeing God as a Perfect Father”. Daarna: verrassing! 2


BYBELSTUDIES EN BIDUUR: Woensdag, 11 Maart om 19:00 Donderdag, 12 Maart om 09:00 Donderdag, 12 Maart om 11:00

Openbaring 19. Die “Onse Vader”-gebed (Vyfde bede HK). Biduur by Siësta (ds. Gert)

KERKRAADSAKE Diensbeurte: Ouderlinge 08 Mrt.: Ockie Fourie, Brian Grimbeek, Winnie Barnard, Cassie Carshagen en Vic Smith. 15 Mrt. Oggend: Winnie van Burick, Coert de Vries, Barend Bezuidenhout, Koos van Vuuren. Diakens 08 Mrt.: Johannes v Rooyen, Jaco Engelbrecht, Gerhard Nel, Linda Raath, DR Samuel, Leon Badenhorst, Weyers Strydom, Louis Lategan, Alida Smith en André Prinsloo. 15 Mrt.: Oggend: Cas Harris, Francois Ferreira, Jan Davel, Karin Jacobs, Wiehan van Staden, Nico Hefer, Johan le Roux, Cobus Botha, Rikus van Pletzen, Ben Steyn en Hendrik Swart. Aand: AL DIE DIAKENS IS OP DIENS (Aandnagmaal). Verlof: Ds. Jan – 16 tot 19 Maart 2009 Ds. Jan neem volgende week verlof vir die bywoning van ‘n internasionale teologiese konferensie ter viering van die 150-jarige bestaan van die Teologiese Seminarium in Stellenbosch.

BEDIENINGE EREDIENSBEDIENING Taizé Aanddiens: Na die geseënde belewenis van ons eerste maandelikse Taizé-aanddiens, nooi ons alle lidmate uit na ons volgende geleentheid – Sondagaand, 22 Maart, om 18:00. Kom geniet die rustigheid van ‘n Sondagaand in ons kerkgebou, die stilte, atmosfeer vir gebed en die inspirerende sang. U is ook welkom om vriende saam te bring. Sorg dat u reeds teen 17:55 u sitplek ingeneem het. Verfraaiing van die Binnehof: Die projek ter verfraaiing van ons binnehof, wat deur ouers vanuit die Gesinsdiens geloods is, vorder mooi – hierdie week het die hangmandjies met blomme bygekom. Baie dankie aan Heidi Steyn en haar helpers; dankie vir die skenkings en ondersteuning met die koekverkoping Sondae ná die erediens. Kom smul volgende Sondag, 15 Maart, weer saam! GEMEENTEBEDIENING Kuierklub: Almal wat op 11 Maart 2009 saamgaan na Olivia Wildplaas, distrik Brandfort, word daaraan herinner dat die bus om 08:00 vanaf die kerkgebou vertrek. Kermis 2009: Ons soek ook iemand wat leiding kan neem by Kerrie-en-Rys en by die OUbruikbare-stukke-tafel. Indien jy nou al jou studeerkamer opruim: alle boeke (geen skoolhandboeke egter!), is welkom vir ons gewilde boeketafel. Kontak Johannes Wessels (051-4362190) of die kerkkantoor. 3


BARMHARTIGHEID Werksgeleentheid vir jong bemarker gevind! Baie dankie aan almal wat saam gebid en navrae gedoen het – afgelope Maandag is een van ons lidmate gehelp met ‘n goeie werksgeleentheid in die bemarkingswêreld. Ons dank die Here vir sy voorsiening! Atangskool: Baie dankie vir alle bydraes wat ontvang is. Belangstellendes wat betrokke wil raak by Atangskool en ons projekte daar, word uitgenooi na ‘n byeenkoms op Vrydag, 13 Maart om 10:00, by Paul Rouxstraat. 70. Ons sal nie langer as een uur besig wees nie! Kontak Kitty Joubert vir meer besonderhede (051-436 1721). GETUIENISBEDIENING Swartsakke vir Gryskoppe: Ons insameling vir bejaardes van die NGKA Bloemfontein-Noord (ds. Phahlane) loop ten einde. Ons benodig nog veral nie-bederfbare kos. Bring asb. die sakke na die kantoor of kontak vir Erna Gouws (051-436 5632). Torings van hoop – Middestadsbediening: Tydens ons erediens vanaand gaan ds. De la Harpe le Roux, wat in ons gemeente woon, van sy werk in die middestand van Bloemfontein onder straatmense, haweloses en armes kom vertel. Hy bring ook oudiovisuele materiaal saam om te wys wat hulle doen. Kom ons luister en bid saam vir hierdie mense, wat tydens sy lewe só belangrik geag is – mag Hy hulle ook nou seën. Zambië – Katete Onderwysprojek: Christine Odendaal skryf dat sy vanjaar medevoog van die skoolprefekte in Katete is. Sy vra voorbidding vir hierdie kinders, die taak van leierskap wat op hul skouers rus en dat die Here deur haar sal werk om hulle te versterk. Veral die senior prefekte het baie ondersteuning nodig. NUUS VAN ELDERS ‘n Kykie in die Kerk van die Reformasie: Die tweede in ‘n reeks filmvertonings oor die geskiedenis van die Christelike Kerk, vind hierdie Donderdag, 12 Maart, in die Jeugkamer plaas. Die bekende film “Luther” gee ‘n goeie indruk van die leefwêreld, persoonlikheid en optrede van die Kerkhervormer Maarten Luther (1483-1546). Die program begin Donderdagmiddag om 16:00 met ‘n besoek aan die Lutherse Kerk by Emily Hobhouseplein, daarna ‘n ete en bespreking van Luther se tafelgesprekke en dan die film. Bespreek by ds. Jan vóór Dinsdag, 10 Maart; tel. no. 051-4362261. Waar kom die herdenking van Christus se lyding vandaan? Reeds in die vierde eeu n.C. het die Vroeë Kerk begin om ‘n tydperk van sewe weke vóór Paassondag af te sonder vir vas en gebed, ter herinnering aan die lyding en sterwe van Christus. Tradisioneel neem hierdie Lydenstyd ‘n aanvang met As-Woensdag (46 dae voor Paasfees), wanneer gelowiges byeengekom het en daar as, afkomstig van die verbranding van die vorige jaar se palmtakke (Markus 11:8), in die vorm van ‘n kruis op hul voorkoppe of handpalms gemaak is – ‘n teken van rou en boetedoening oor die sondes van die afgelope jaar. Sal óns ook vanjaar se Lydenstyd as ‘n tyd van selfondersoek en inkeer deurbring? 4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.