BLAUW JAARGANG 2, VOL 1 | 2019
“Die aantrekkingskrag van met film skiet, lê nie noodwendig in die eindproduk nie... dis eerder die proses wat jou betower.” Ben Wiese se bittersoet ervaring met filmfotografie | bl. 40
Aktuele artikels
4 | ’n Volfiguur is die Nuwe Skraal 7 | Is daar ’n toekoms vir jongmense in SuidAfrika
8 | Oorbrugging is vir grotbewoners
Ontspanningsleesstof
12 | Sakpas Kaapstad 14 | Weggesteekte skatte in Bellville
Die DF-leefwyse
DIE KUNS VAN TATOEËERMERKE
32 | Kosblik-kaskenades
Lig jouself deeglik in oor die volledige proses en byna onomkeerbare uitkoms
34 | Van niks na fiks
Deur Karla Nortier
16
SENSORSKAP IN SKOLE Word ons, as jong volwassenes, blootgestel aan die totaal-en-alle objektiewe waarheid? Deur Julia Roelofse
24
VEGANISME IS NIE WAT JY GEDINK HET DIT IS NIE EN HIER IS HOEKOM
Wat kan ons leer uit Ila se 5dag-veganis-uitdaging? Deur Ila Alberts
OP DIE VOORBLAD:
27
40 | ’n Bittersoet ervaring met filmfotografie 42 | Tine Boot: kunstenaar van die toekoms 57 | Adrian More: The innocent mind processing the life that is.
FOTO DEUR BEN WIESE
ydens die verloop van geskiedenis vandat die eerste oermense uitgevind het hoe om met mekaar te kommunikeer, tot ons huidige era van kunsmatige intelligensie - was daar verskillende vroulike figuurtipes wat die samelewing as die ideaal beskou het. Alhoewel ons van kleins af deur die media, ons ouers en onderwysers geïndoktrineer word dat die Westerse samelewing ‘n lang, uiterse dun vrou met geen heupe en klein boude as die aantreklikste figuurtipe sien, is dit duidelik dat die tendens nie meer van toepassing in 2019 is nie. In die 1990’s en vroeë 2000’s het elke meisie en jong vrou begeer om androgene lywe (die sogenaamde “supermodelfiguur”) soos onder andere Cindy Crawford, Noami Campbell en Kate Moss te hê. Hulle het alle moontlike pogings aangewend om hierdie figuur te kry. Gevolglik het baie
4
BLAUW
Junie 2019
vrouens eetversteurings soos bulimia en anoreksia ontwikkel. Dié is die verhaal wat oor en oor in die media tot vandag toe versprei word. Maar nou dat ons in ‘n nuwe era inbeweeg het, is daar nuwe faktore wat ‘n rol speel waarom die “supermodelfiguur” deur ‘n plastiese chirurgie-geskepte volfiguur vervang is. Die afgelope paar jare het die Kardashianfamilie baie roem verwerf. Hulle styging in bekendheid het saam met hulle radikale veranderende voorkoms gepaardgegaan. Alhoewel Kim Kardashian nog altyd ‘n voller figuur gehad het, het haar susters naamlik Kourtney, Khloe en Kylie Jenner hulle liggame ‘n meer sensuele voorkoms, deur middel van plastiese chirurgie, gegee. Met die opkoms van sosiale media het platforms, soos Instagram, se gewildheid onder tienermeisies en
jong vrouens drasties toegeneem. Dit was ook die platform vir die Kardashian-familie om hulle nuwe, voller lywe op sosiale media aan volgelinge te bemark en sodoende hulle invloed verder te vergroot. Dit het tot gevolg gehad dat nuwe Instagram-beïnvloeders ontstaan het. Die nuwe beïnvloeders het plastiese rekonstruksie ondergaan, in ‘n poging om hulle lywe presies soos dié van die Kardashian-susters te laat lyk: groot borste, dun middellywe, breë heupe en dun bene. Die beïnvloeders, soos Claudia Alende en Amanda Lee, gebruik hulle invloed om hulle valse lywe te flankeer op foto’s wat hulle op Instagram deel. Tesame met die Kardashian-familie beïnvloed hulle wat die jong vrouens en meisies as die ideale figuurtipe beskou, selfs al het die Kardashians en die Instagram-modelle nie eers natuurlik die figuurtipe wat hulle aan sosiale mediaverbruikers openbaar nie. Sosiale media het ook versoorsaak dat modebesighede, soos Fashion Nova, tot stand gebring is. Fashion Nova gebruik die Instagram-beïnvloeders as modelle om hulle klere te bemark. Die besigheid het ook al verskeie kere Kylie Jenner gebruik, om hulle klere aan haar
ondersteuners op haar Instagram-profiel te bemark. ‘n Voorbeeld is die grys uitrusting van Fashion Nova wat Kylie in ‘n mirror selfie gedra het. Gevolglik word vatbare, jong vrouens en tienermeisies deur die maatskappye, soortgelyk aan Fashion Nova, gemanipuleer, om te glo dat die onnatuurlike uurglasfiguur van hulle modelle natuurlik en bereikbaar is. Hulle koop nie meer Fashion Nova se klere omdat dit vir hulle mooi is nie, maar meer omrede hulle dieselfde as die Instagram- modelle in die klere wil lyk. Aangesien niemand die onnatuurlike uurglas-figuurtipe van dié modelle en die Kardashian-familie het nie, sal baie tieners en jong vrouens na drastiese stappe oorgaan, om die ideale figuurtipe te verkry. In plaas daarvan dat vrouens nou op kits diëte gaan om so maer soos ‘n kraai te word, begin vrouens (veral diegene wat natuurlik aan die slanker kant is) hulself ooreet of hulle ondergaan plastiese chirurgie om die nuwe, ideale figuurtipe te kry. Girlguiding UK het gevind dat meer as die helfte van meisies tussen die ouderdom van 16 en 21 dit sal oorweeg om plastiese chirurgie te ondergaan. Die nuwe, gesogde figuurtipe is nie net negatief vir slanker meisies nie,
5
maar ook vir vrouens wat natuurlike voller figure het. Die rede hiervoor is dat geen vrou wat natuurlik ‘n volfiguur het, groot borste en boude, maar ook dan ‘n klein middel en dun bene het nie. Gevolglik is die uiterste uurglasfiguurtipe wat die Kardashian-familie en kie onderskryf, onbereikbaar vir slanker- én groter meisies wat daarnatoe sal lei dat hulle selfbeeldprobleme ontwikkel.
In die verlede is meisies wat nie lank en dun was nie deur ander mense afgeknou. Nou het sosiale media boelies in staat gestel, om meisies wie se figure nie genoeg kurwe het nie, te beledig. Boelies sal op die meisies se foto’s kommentare lewer, soos: “Gaan eet ‘n burger”, of “jy lyk anoreksies”. Die media het ook in die afgelope jare baie geveinsd teenoor vrouens wat nie ‘n volfiguurtipe het nie opgetree. ‘n Voorbeeld is die Dove-advertensie teenoor die Victoria Secret- advertensie wat albei oor liggaampositiwiteit handel. In die Doveadvertensie toon dit ‘n klomp vrouens wat almal dieselfde volfiguurtipe het. In
teenstelling wys die Victoria Secretadvertensie modelle wat ‘n dun en lang figuurtipe het. Op sosiale media was slegs die Victoria Secret se advertensie egter gekritiseer. Dit skep die indruk dat dit onaanvaarbaar is om enige figuurtipe anders as die onnatuurlike uurglasfiguur te hê. Dit is ooglopend dat die Westerse samelewing al meer ‘n plastiese-geskepte, onnatuurlike uurglasfiguur vereer, terwyl dit op die dun en lang figuurtipe neerkyk. Aan die positiewe kant kan die tendens omgeswaai word - al meer accounts op Instagram maak dit hulle doel om plastiese chirurgie wat beïnvloeders ondergaan aan hulle volgelinge bloot te stel, sodat bewustheid oor hulle onnatuurlike lywe geskep kan word. Liggaam-positiewe model, Marciel Hopkins, gebruik haar platform op sosiale media om die boodskap te versprei dat jy nie aan die ideale skoonheidstandaard hoef te voldoen nie. Jy is genoeg net soos jy is.
S
uid-Afrika. ‘n Land gevul met wêreldwonders, ‘n reënboognasie propvol diversiteit. Maar soos ons almal weet is Suid-Afrika ook geïnfekteer met korrupsie, onregverdigheid en diefstal. Oorskry die goeie werklik die sleg? Is dit die moeite werd om hier te bly? En die belangrikste vraag van alles – is daar ‘n toekoms vir ons, as die jeug van Suid-Afrika, in ons moederland? Die antwoord is eenvoudig en baie meer voor die handliggend as wat jy dink. Die media het ons mislei deur ons die indruk te gee dat hier nie werk is nie en dat jy die grense van Suid-Afrika moet oorsteek as jy eendag suksesvol in jou werksplek wil wees. Maar die waarheid is uiteindelik besig om homself aan ons te openbaar. Daar is baie werk en geleenthede in Suid-Afrika, veral in die Wes-Kaap - jy moet net weet waar om te soek.
Die finansiële- en tegnologiese wêrelde is besig om eksponensieel te groei en gepaard daarmee ontstaan besigheidsgeleenthede wat net wag om aan gegryp te word. Ons as die samelewing is onder die indruk dat Kunsmatige Intelligensie besig is om ons werke onder ons neuse uit te steel. Broodwinners word nou vervang deur masjinerie wat die werk meer effektief en in helfte die tyd kan verrig. Hierdie is natuurlik waar, maar min weet ons dat daar met die opkoms van Kunsmatige Intelligensie meer werk geskep as vernietig word. Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum word daar beweer dat 58 miljoen nuwe werke deur die ontwikkeling van Kunsmatige Intelligensie geskep gaan word. Dit is net nie meer in dieselfde plek as wat dit altyd was nie. Baie werke sal in die arbeidsmark verlore gaan, maar soveel geleenthede gaan terselfdertyd in die wêreld 7
van tegnologie, finansies en bemarking geskep word. So – die antwoord tot ons vraag is: ja, daar is werk vir die jeug in Suid-Afrika. Maar ook nie net in die bogenoemde velde nie. Ons word van kleins af gesê dat as jy eendag geld wil maak, moet jy ‘n prokureur, ‘n dokter of ‘n argitek word. Ek het ook sopas aan jou genoem dat daar oormatige geleenthede in die wêreld van tegnologie en finansies is. Maar wat as wiskunde, met die werk van geld of rekenaars nie vir jou beskore is nie? Daar is só baie geleenthede wat wegkruip in plekke waar jy nie eens gedink het om na te kyk nie. Wat beteken hierdie vir jou? Nie net hoef
jy nie eendag Suid-Afrika te verlaat om geld te maak nie, maar jy kan na jou bankrekening kyk met ‘n glimlag op jou gesig en ‘n uitsig oor Tafelberg, want jy hoef nie eers jou provinsie te verlaat om eendag met vrede in jou hart nou jou finansies te kyk nie. Dit is vir ons so maklik om altyd net die sleg in alles raak te sien. Min weet ons dat as ons net klein bietjie dieper delf daar ‘n goudmyn van geleenthede is wat reg is vir ons om ontgin te word. So hou jou kop op en jou gemoed rustig. Daar is vir jou, as jong SuidAfrikaner, ‘n toekoms in die land waarvoor jy so lief is. Met harde werk, konstante toewyding en ‘n positiewe houding, kan Suid-Afrika vir jou alles bied wat jy ooit sal benodig.
Oorbrugging is vir grotbewoners Graad 8 is ʼn moeilike jaar, daaroor is daar geen twyfel nie. Ons vergeet vinnig hoe dit voel om by ʼn nuwe skool met sy unieke kultuur in te loop. Dit is nie maklik om aan te pas nie. Dit is presies waarvoor oriëntering is. Om die verandering te help fasiliteer. Hoe belangrike rol speel oriëntering werklik? Vir jare is oriëntering benader op een van twee wyses. Jou ervaring is of positief, omdat dit op ʼn sinvolle en genotvolle manier uitgevoer is, of die ander moontlikheid is dat jou ervaring minder genotvol was en jy, soos baie ander, werklik skokkende stories het om te vertel. 8
BLAUW
Junie 2019
Baie is selfs te bang om hul stories te vertel omdat dit hul emosioneel getraumatiseer het en hulle vandag nog daaronder ly. Oriëntering is ʼn baie sensitiewe saak en daarom moet ‘n mens buite jou eie verwysingsraamwerk daarna kyk, om werklik te kan verstaan wat dit moet en nie moet behels nie. Verstandigheid is noodsaaklik. Die tekort aan verstandigheid is die rede hoekom talle goed in die lewe ingeperk moet word. Hoe jy goed ervaar word deur baie faktore beïnvloed. Jou geskiedenis tot jou DNAsamestelling wat die verhouding van
chemikalieë in die brein bepaal, wat dan weer jou emosionele toestand bepaal. Twee mense kan in dieselfde teater sit en twee teenoorgestelde menings vorm oor die drama wat opgevoer word. Verder lewe ons nie meer in die era van grotbewoners nie. Ons samelewing is gevorderd genoeg om emosionele impakte te kan verstaan en gebeure wat ‘n negatiewe impak het, te verwerp. Dit bring ons by die saak van oriëntering. Navorsing oor die fisiese aspekte van oriëntering bied nooit goeie leesstof nie. Jy hoef skaars te soek voor jy talle artikels kry van leerders wat mishandel is, soms deur dié wat hulle veronderstel was om te kon vertrou. Watter emosionele impak oriëntering kan hê veroorsaak ‘n wye meningsverskil, aangesien nie almal dieselfde reageer op ‘n gegewe situasie nie. Dit is egter baie duidelik dat as oriëntering op ‘n destruktiewe manier toegepas word, dit ernstige negatiewe gevolge op leerders kan hê.
het gevind dat oriëntering in skole en koshuise geensins karakter of lojaliteit bou nie, maar dat dit gelei het tot ‘n geval waar menswaardigheid onderdruk is en skending van kinderregte plaasgevind het.
Die navorsing se resultate is teenstrydig met baie mense se mening dat hul oriëntering ‘n sterk emosionele band onder mekaar as leerders geskep het. Die werklikheid is egter dat baie gelos is met emosionele letsels wat hul vandag nog onderdruk. Daar is ten minste ook positiewe leesstof oor die saak. Skole se nuwe uitkyk op oriëntering wat gemik is op die opbou van leerders in plaas van die afbreek van hulle menswaardigheid, het baie positiewe gevolge. Dit is baie duidelik dat baie waarde uit oriëntering verkry kan word, indien dit korrek toegepas is. Die Hoërskool DF Malan is ‘n perfekte voorbeeld daarvan. Hulle was dalk nie voete nie, maar hul oriëntering los ‘n breë glimlag op elkeen se gesig.
‘n Studie deur die Universiteit van die Vrystaat 9
DF se hoofleiers, Jaco Wagener en Anneke Human, maak die Seniorraad se kernwaardes van diensbaarheid, passie en trots aan die skool bekend. FOTO DEUR BEN WIESE
DF se Seniorraad staan saam met die graad 8’s tydens hul eerste saalperiode. FOTO DEUR BEN WIESE 10
BLAUW
Junie 2019
9
FOTO DEUR EMMA OLIVIER
‘n Opwindende uitstappie hoef nie noodwendig ‘n fortuin te kos nie. Volgens World and Leisure, is Kaapstad een van die top vyftien stede ter wêreld. Ons woon op die Moederstad se drumpel. As jy nood kry vir ‘n bietjie goeie hoop of ‘n middag se vakansie, word dit sterk aanbeveel dat jy ons eksotiese tuisstad besoek. Talle wat naby Kaapstad woon vergeet soms dat hulle sonder te veel moeite sélf toeris kan speel. Pak ‘n kombers en begin die dag met ‘n piekniek in die Kompanjiestuine. Wandel deur die Victoriastraathek en vind ‘n skadukol waar jy kan ontspan. Sommige van die bome hier is reeds eeue oud, aangesien die tuin vanuit 1653 dateer. Die man wat die eerste gewasse in die tuin gesaai het se naam is toevallig Hendrik Boom. Hou jou oë oop vir honger eekhorinkies en raak bietjie rustig: die lug bevat suurstof en gratis Wifi. Stap deur die tuine tot jy by Waalstraat kom. Aan jou 12
BLAUW
Junie 2019
linkerkant is St. George se Katedraal, een van Kaapstad se oudste geboue. Die erfenisgebied is deur Sir Herbert Baker ontwerp en die fondasie is al in 1901 gelê. As jy by Waalstraat oploop, sal jy die Honest Chocolate Café teekom. Hierdie kafeetjie verkoop onder andere smullekker truffels, koek en warm sjokolade deur ‘n “positiewe produksieketting”. Hulle voer hul kakaobone vanTanzanië in en hou altyd regverdige handel in gedagte. Hulle maal dit self tot die geurige kakao wat in hul produkte gebruik word. Hulle gebruik nie ‘n oormaat van suiker nie, omdat hulle juis die geur van vars kakao wil beklemtoon. Niks op die spyskaart oorskry vyftig rand nie - dit is dus die perfekte plek om jouself te bederf! Loop verder in Waalstraat, draai regs in Burgstraat en weer regs in Langmarkstraat (omtrent vier minute se stap). Ervaar dan die lewendige atmosfeer wat Afrika-dansers en verkopers skep wanneer jy
Groentemarkplein betree en beleef die besige Kapenaarslewe soos ‘n inheemse besoeker. Die plein het al in die 1600’s begin as verkoopsplek van groente en vrugte wat in die Kompanjiestuine gekweek is; so jou begin en einde is goed aanmekaar gekoppel.
Hierdie uitstappie is ‘n bevredigende, maar bekostigbare manier om te voel asof jy op vakansie is, terwyl jy deur die Moederstad verfris word.
Dit is ‘n Ethiopiese restaurant wat deur Ethiopieërs besit word. Dit is vernoem na Lalibela, een van die bekendste dorpies in Ethiopië. Dié dorpie is veral beroemd vir sy unieke, merkwaardige kerke wat meer as 900 jaar gelede uit klip gebou is. Die restaurant is gewild onder die SuidAfrikaanse Ethiopiese gemeenskap. Probeer: Hulle aromatiese koffie en Injera brood wat van tef gemaak word.
s ‘n mens eerlik is, gaan jy die volgende waarheid moet erken: ons is bang om uit ons gemaksone te tree. Om nuwe dinge te ervaar, kan skrikwekkend wees en jou soms ongemaklik maak. Wanneer jy egter die waagmoed het om dit wel te doen, kan die ervaringe wat jy
Die bakkery is in 1983 gestig en word al sedert 1991 deur Peter Oudejans besit en bestuur. Hy is gebore in Nederland en sy pa was ook ‘n bakker. Probeer: Hulle amsterdammertjies (waarvan hulle omtrent 1500 per week maak!), bitterballen en kroketten.
Die kafee word deur Radia Modack besit. Sy het die besigheid al vir 13 jaar en dit was die eerste Halaal restaurant in die area. Die kos is tuisgemaak en sy gebruik haar eie resepte en speserye. Probeer: Hulle samoesas, waarvan daar ‘n wye verskeidenheid is. Die vulsels sluit maalvleis, hoender, spinasie en feta, kaas, kaas en aartappel, asook ‘n vegatariese opsie met groente in.
beleef jou verander en verryk. ‘n Eenvoudige manier om dit te doen, is om ‘n bietjie na ‘n ander eet- of uithangplek toe te gaan, as wat jy gewoond is. Hier volg ‘n paar plekkies in ons omgewing wat jy MOET gaan besoek. En net so ‘n bonus: jy gaan aangenaam deur die pryse verras word.
Die familie-besigheid word al sedert 2016 bedryf. Jy bestel jou kos by die toonbank en ontvang dit dan daar. Dan kan jy kies om dit óf by een van die tafels te eet, óf om dit as ‘n wegneemete huis toe te neem. Abubakr Khan verduidelik dat hulle Bellville gekies het om die restaurant te vestig, want
Probeer: Hulle naanbrood en kerries.
P
rag, betekenis, styl en deeglike navorsing. Hierdie is die vier hoofpilare wat die kuns van tattoeëering regop en standvastig hou. Of die tattoe-gogga jou nou gebyt het en of jy net nuuskierig is oor die proses ten opsigte van ‘n moontlike inkerige toekoms, is dit beslis voordelig om jouself deeglik in te lig oor die volledige proses en byna onomkeerbare uitkoms.
‘n Mens mag dalk wonder waar die idee van ‘n permanente inkprentjie op die vel vandaan kom. Wie het gedink daaraan om ‘n naald vol ink deur drie lae vel te druk, om ‘n beeld te skep wat nie sal uitkom nie? Die oudste voorstelling van tatoeëering dateer terug na ‘n tydperk tussen 3370 en 3100 voor Christus. Op die grens van Italië en Oostenryk is sigbare tattoeëermerke op ‘n gevriesde lyk - gedoop Ötzi the Iceman gevind. Wetenskaplikes het bevind dat die antieke merke gemaak is deur houtskool in snymerke te vryf. Tattoeëermerke is egter ook gebruik as versierings of vir rituele. Verskeie Oosterse samelewings het vir godsdienstige redes of as tekens van status met kleurvolle inkmerke gepronk. Gelukkig het die samelewing baie verander oor die jare en deesdae word tatoeëermerke op baie veiliger, effektiewer en meer presiese maniere benader. Tatoeëering is ‘n vorm van selfuitdrukking en kreatiwiteit, en soos die tye verander, is ons op ‘n punt waar tatoeëering deel van die aanvaarbare norm geword het.
Tatoeëermerke hou verewig. Ek weet wat jy dink, wie is nie bewus van hierdie stelling nie? Dit is egter baie makliker om dit te hoor as om dit werklik te besef. Die konsep van permanentheid is ietwat moeilik om in te neem, dus is dit belangrik dat jy die saak goed moet deurdink. Is jy werklik gereed vir hierdie verantwoordelikheid?
18
BLAUW
Junie 2019
Infeksies en langtermyn ne effekte. Indien jy van ‘n betr kunstenaar en steriele omgew gebruik maak, hoef jy werkli te bekommer nie. Jy moet da natuurlik die instruksies vir n noukeurig volg. Infeksie wor opgetel 2-3 weke na die tatoe gedoen is en kan redelik mak antibiotika in toom gehou wo dus net jou deel (ten opsigte navorsing en nasorg) en alles verloop. En laastens voor jy tatoeëermerke verhoog nie d vir velkanker nie.
eweroubare wing ik nie veel an net ook nasorg rd dikwels eëermerk klik met ord. Doen van s sal glad y vra, nee, die risiko
Neem jou ouderdom in ag. Ek weet dat nie een van ons hierdie wil hoor nie, maar dit is beslis belangrik om aan jou ouderdom te dink. Baie tatoeëersalonne wil nie op mense onder 18 werk nie, aangesien hulle fisies en emosioneel nog groei en omdat dit moontlik nie heeltemal deurdink is nie. Meeste sal egter met ‘n ouer se toestemming dit toelaat, so maak seker dat ‘n ouer bereid is of dit sal toelaat.
Dit gaan duur wees. As jy ‘n deeglike ervaring en resultaat wil hê, sal jy bereid moet wees om te betaal. Natuurlik verskil pryse, maar as dit onder R450 is (selfs vir ‘n klein tatoeëermerk), is dit heel waarskynlik nie die beste opsie nie. Betaal liewer meer as wat jy vir die res van jou lewe spyt is. Die tatoeëermerk gaan nie altyd so bly nie. Soos jou vel rek en jou gewig verander, verander die tatoeëermerk saam. Ouderdom en plooie sal dit ook na ‘n rukkie anders laat lyk. 19
“Die ervaring was glad nie so seer soos ek verwag het of gehoor het nie (veral aangesien dit op my ribbes is). Die proses gaan ook baie vinniger as wat ek gedink het. Die ervaring was in die algeheel rêrig positief en ek is baie bly met die resultaat. Ek hou daarvan om iets wat vir my baie beteken altyd na aan my te kan hê. Dit is deel van wie ek is en ek is heeltemal tevrede met my besluit.” Tatoeëermerke is ‘n manier om jouself uit te druk. Dit is jou lyf en dus jou reg om daarmee te doen wat ookal jy wil. Doen jou navorsing, maak seker van jou besluit en geniet die uitkoms. Wie weet, miskien word ‘n deel van jou na vore gebring wat jy nie eens geweet het daar was nie.
“Die koördinate is van my geboorteplek, sodat ek altyd ‘n deel van my huis kan dra.” “Ek het die roos gekry omdat rose my gunsteling blom is en dis ongelooflik mooi. Dit beteken ‘n nuwe begin en hoop. My suster wou eintlik iets anders gekry het toe ons vir die tattoos gegaan het, maar toe kry sy dieselfde ontwerp en so het dit dadelik nog ‘n betekenis bygekry: dis iets wat ek en my suster altyd sal deel, as sy universiteit toe gaan volgende jaar, kan sy dan aan my dink en ek aan haar.” 20
BLAUW
Junie 2019
“Bipolêre gemoedsversteuring hardloop in my familie en my dogter is ook gediagnoseer. Mense is baie vinnig om te oordeel, so hierdie tatoeëermerk gee vir my ‘n geleentheid om die woord te versprei as mense vra waarvoor dit staan of om dit te sien. Laat alles in God se hande en vertrou op die Here.”
“Ek het deur ‘n baie moeilike tyd gegaan. Ek ly aan angs en het ‘n laagtepunt in my lewe bereik. My vriende en familie het my gehelp om deur dit te werk en weer uit te sien na die lewe. Hierdie wys dat ek dit kon oorkom en dit gemaak het.”
“My pa is oorlede aan kanker, so as‘n huldeblyk aan hom, het ek ‘n foto van ons twee se silhoeëtte gekry.”
23
AKTUEEL
ord ons, as jong volwassenes, blootgestel aan die totaal-en-alle objektiewe waarheid? Of word die waarheid gesensor? Sensorskap. Wat is dit en is dit werklik 'n realiteit in ons lewens? Die antwoord op hierdie vraag is, natuurlik, ja. Elke dag word ons gesensor en ek praat nie net oor vloekwoorde op die televisie nie. Nee, elke dag word dinge in skole van ons gesensor. Laat ek eers duidelik definieer wat sensorskap is: Sensorskap vind plaas wanneer dele van boeke, films, nuus of musiek onderdruk of verbied word omdat dit as aanstootlik, polities onaanvaarbaar of 'n bedreiging vir veiligheid gesien word. Dit klink vreeslik dramaties, maar sensorskap is 'n realiteit in ons lewens. Ek is nie besig met die een of ander samesweringsteorie nie en ek sê nie dat alles wat aan ons geleer word propaganda is nie. Ek dink net dat dit belangrik is om bewus te wees van die groot wêreld daarbuite en nie net te aanvaar wat aan ons bekend is nie.
Senskorskap begin al op 'n baie jong ouderdom. My suster is nege en in haar Afrikaanse leesboek is bladsye 13 tot 44 uitgeskeur nadat haar skool besluit het dat die stories daarin onvanpas is vir haar om te lees. Die skool het namens haar besluit waaraan sy blootgestel mag word. Sensorskap! Ek weet dinge word van ons gesensor met goeie bedoelings – "vir ons eie beswil". Maar alhoewel sensorskap as 'n tipe van ‘n veiligheidsmaatreël beskou word, kan dit oor die langtermyn negatiewe gevolge hê, omdat ons jong volwassenes skool moet verlaat - onvoorbereid vir die groot wêreld. Ons moet ophou om die probleme van ons skool, ons land en selfs ons samelewing onder die mat in te vee omdat dit dalk polities onvanpas is. Omdat dit dalk 'n ongemaklike atmosfeer mag skep. Dinge gaan nooit verbeter, tensy ons nie die bul by die horings aanpak nie. Ons moet die waarheid aanvaar vir wat dit is en nie vir wat ons wil hê dit moet wees nie.
25
Meteoriete: Hoe gevaarlik is hulle werklik? ADRIAAN VAN WYNGAARD Hoe groot is die kans dat jy sterf van ‘n meteoriet wat die aarde se atmosfeer binnedring? Nie baie groot nie. Meteoriete tref die aarde se atmosfeer op ‘n gereelde basis, maar meeste van die meteoriete verbrand heeltemal in die atmosfeer en dan kry ons verskietende sterre. ‘n Paar is egter groot genoeg om wêreldwyd aandag te trek. Een voorbeeld hiervan is die meteoriet wat bo Sentraal-Rusland in 2013 ontplof het. Die meteoriet het met ‘n krag van tussen 20 tot 30 keer die krag van die Hiroshima bom ontplof en ongeveer 450 miljoen rand se skade aangerig. Daar is gelukkig geen sterftes aangemeld nie. Dit is natuurlik ‘n buitengewone geval. Die waarskynlikheid dat ‘n meteoriet jou tref, is ongeveer 1 uit 1,6 miljoen. Nie ‘n
baie groot kans nie. Volgens Michael Reynolds, ‘n sterrekundige by die Kollege van Florida, is daar ‘n groter kans dat jy deur ‘n weerligstraal, ‘n tornado en ‘n orkaan gelyktydig getref word. Jy staan ‘n 1 uit 90 kans om te sterf in ‘n motorongeluk, 1 uit 250 in ‘n brand, 1 uit 60 000 in ‘n tornado, 1 uit 135 000 as gevolg van weerlig en 1 uit 8 miljoen vir sterfte as gevolg van ‘n haai-aanval. So, as jy regtig bang wil wees dat ‘n meteoriet jou oor die kop gaan tref, dan moet jy liewers nie bestuur nie. Dit is net so 17 777 keer gevaarliker om skool toe te ry.
ien, hierdie artikel gaan introspektief wees, gegrond op my eie ervaring van 5 dae lank vas - ek bedoel vegan wees. Waarom self hierdie aanpak? Wel, om die waarheid te sê, is ek seker jy sal iewers ’n artikel op die groot, donker, wêreldwye web vind wat jou oortuig dat diep asemhaling jou kan doodmaak, wat nog te sê ’n lemoen. (Full disclosure: ek het my veganistiese dieet tweemaal gebreek – by Groenpunt, wat nie veganistiese kos gehad het nie en op die laaste dag in Canal Walk, toe ek die aaklige smaak
van ’n veganistiese drankie uit my mond moes uitwas. Meer daaroor later.)
meeste daarvan verpoeierde insekte gebruik Volgens die Vegan Society se webtuiste, is
om dit te kleur. Ew. Ek weet.).
dit ’n “lewenswyse wat daarna streef om, sover moontlik en prakties, alle vorme van
Interessante feit: meeste appelsappe is nie
uitbuiting en wreedheid teenoor diere: vir kos,
vegan nie, aangesien dieregelatien gebruik
klere of enige ander doelwit, uit te sluit”.
word om die sap te suiwer en dit nie onder die bestanddele gelys word nie. Dit is dus
Volgens my veganistiese Duitse
moontlik en het al gebeur dat water nie
uitruilstudent, Vanessa Kronisch, volg
vegan is nie, aangesien dieselfde praktyk
verskillende mense verskillende “reëls”. Sy
soms daarvoor gebruik word. Dieselfde geld
volg die strengste weergawe daarvan (wat ek
vir bier en wyn.
toe ook het) wat insluit om geen heuning, was
(wat ’n skrikwekkende hoeveelheid gelatienlekkers bedek, om dit meer aanloklik te laat lyk), of skyfies te eet nie (aangesien 28
BLAUW
Junie 2019
Om die waarheid te sê, was ek aanvanklik
bitter skepties toe my Duitser my inlig dat s
k,
d
k
Cowspiracy of Dominion as jy braaf is. Ek is beslis nie. En dit is die punt. Ek was te bang om self dieper te delf in die industrieë wat ek elke dag met my eie geld ondersteun, terwyl ek myself probeer oortuig dat ek eties is. Die enigste oplossing, nadat ek gesien het dat my uitruilstudent in haar drie weke hier nie al haar varkies verloor het nie (pun intended), was om dit self te probeer. Veral nadat ek gesien het hoe baie sy kon eet sonder om gewig op te tel...
in die jaar wat ek haar nie gesien het nie, ontwikkel het van iemand wat geen groente eet nie, tot ’n veganis. Maar, ek het toe ’n bietjie navorsing gaan doen. Dit staan soos ’n paal bo water dat veganisme die vinnigste groeiende kosgier en industrie in die voedselwêreld is. Sowat 15% van groenhuisgasse word deur die boer van diere vir voedsel vrygestel – ’n enorme hoeveelheid en ’n statistiek wat hierdie dieet onteenseglik in gewildheid laat groei.
Vreemd. Dit was vreemd. Ek kon agterkom dat my spysverteringstelsel handeklap, maar ek het die eerste paar dae gevoel asof ek iets benodig. Nadat ek gaan oplees het en besef het ek moet ongeveer 46 g proteïene per dag inneem, het ek die somme gemaak. Ek het die teiken met sowat 10 gram per dag gemis. ’n Sny brood met boontjies (waarvan
Kommersiële boerderypraktyke is selfs in
ek terloops nie hou nie) later, en ek was
Westerse lande afgryslik – gaan kyk gerus
weer perdfris en aan die gang.
sy 29
Om eerlik te wees, my ontbyt was uit die
burgers is nou maar eenmaal regtig
boonste rakke. Anders as my gewone koffie
hondsleg, tensy jy dit met tamatiesous
en beskuit, het ek koffie met sojamelk
toegooi.
(want wie kan nou realisties gesproke elke dag amandelmelk bekostig) en Weetbix met sojamelk en ’n paar bloubessies geëet. Maar, bygesê, Suid-Afrika is nou nie
Wat egter wel ’n pluspunt is, is dat byna alle lekkergoed melk bevat. Ek kon dus net Oreo’s (ja, glo my maar, Oreo’s het nie melk in nie), donkersjokolade en Jelly Tots
vegan-vriendelik nie. Allermins. Die enigste
eet, as ek suiker wou inneem. En ’n mens
kos wat ek eintlik by die kafeteria kon eet,
raak moeg vir Oreo’s (dan verlustig jy jou
was tjips en sout-en-asyn springmielies. By
maar aan ’n appel).
Groenpunt moes ek noodgedwonge my dieet verbreek en ek wil nou nie snaaks wees nie, maar beide die Kauai en Sweetbeet vegan-drankies wat ek geproe het, was kategories aaklig. Die eintlike kwelpunte was aandete en middagete. Ek hou regtig nie van boontjies nie, neute is duur en Woolies se vegan30
BLAUW
Junie 2019
Wel, nie eintlik nie. Sien, dit hang af van hoe jy jou dieet
beplan. Dit sal nie noodwendig duurder uitwerk nie, aangesien vleis jou ’n hele paar rand uit die sak uit jaag. Verder is lensies,
boontjies, pasta en groente in die algemeen heel billik. Die prysverskil tree egter in wanneer jy kies om vegan-alternatiewe te nuttig. Jy sal dit beslis aan jou bas voel, indien jy produkte soos amandelmelk en tofu (’n
Inteendeel, ek het self geen gewetensbeswaar daarteen om diere vir menslike gebruik te verbou nie. Ek het wel ’n gewetensbeswaar as dit wreed gedoen word en die omgewing skade berokken. En, om die waarheid te sê, dit staan al vir
sojagebaseerde vleisalternatief wat
jare teen die muur geskryf dat ons iets
witterig is) koop. Amandelmelk gaan jou
daaromtrent moet doen.
ongeveer vier keer meer uit die sak jaag as melk en tofu is duurder as filet per kilogram (jip, jy het reg gelees). Dit hang dus alles af van wat jy besluit
Keegan Kuhne, dokumentêrvervaardiger in California, vat die veranderende denkwyse rondom hierdie beweging vas wanneer hy die volgende sê: “Mense voel
om te eet, soos met ’n “normale” dieet
bemagtig, dit voel nie meer soos ’n
ook.
opoffering nie... voorheen is dit gesien as die opoffer van iets, nou is dit hergefraseer rondom wat jy wen: jy wen gesondheid, jy wen ’n groter sin van lewe binne jou
Ja, ek dink so. Dit mag dalk ekstreem klink, maar ek dink nie die manier waarop ons tans ons kos bekom, is eties nie. Alhoewel hierdie
lewenswyse baie selfdissipline verg, vergemaklik dit die proses om onderskeid te tref tussen wat waarskynlik die omgewing benadeel en wat nie. Die feit
waardes, jy wen al die omgewingsvoordele.” Soos wat my Duitse uitruilstudent gesê het: “Die grootste rede waarom ek vegan gegaan het, is omdat ek besef het hoe maklik dit is om my gewoontes te verander.” Dit is die reine waarheid en dit is
bly staan dat ons nie meer heeltemal agter
hoogtyd dat Suid-Afrika, op watter skaal
ons “kultuur” kan skuil, om ondeurdagte
ookal, ons gedrag as verbruikers aanpas.
besluite te neem nie – en hiermee bedoel
ek nie dat vleis eet of diereprodukte gebruik opsigself oneties is nie.
Want meer as net ’n appel ’n dag, laat die osoonlaag lag.
31
32 BLAUW Junie 2019
Miskien is dit tyd om die cliché term, “skoolbrood”, te heroorweeg… Maandag
01
Hummus dip
Groente (byvoorbeeld wortel-, seldery- en komkommerstokkies)
Amandels
Donker sjokolade
Feit: Donker sjokolade verlaag jou stresvlakke! ‘n Blokkie of twee per dag vir ‘n week voor daardie Wiskundetoets is dus beslis nie ‘n slegte idee nie!
Dinsdag
Volgraan wrap met repies hoender, tamatie, komkommer, feta, blaarslaai en mayonnaise Appelskyfies met grondboontjiebotter
02
Feit: Die gemiddelde kind sal teen matriek 1500 grondboontjiebotterbroodjies al geëet het.
Wenk: Sny die appel die aand voor die tyd en heg die appel dan weer aanmekaar met die stronk en al. Sit ‘n rekkie rondom om dit in plek te hou. Dit sal voorkom dat die appel bruin verkleur weens oksidasie!
LEEFWYSE 33 Woensdag
Donderdag
Bessies
Griekse jogurt
Muesli
Heuning
Ryskoekies met: avokadopeer, of griekse jogurt en heuning, of grondboontjiebotter en piesang
03
Gedroogde mangorepe
04
Feit: Bloubessies kan jou denkwyse en geheue verbeter.
Vrydag
05
Sosatiestokkies met tamatie, kaasblokkies, komkommer en ham op ‘n stokkie geryg
Karamel springmielies
34 BLAUW Junie 2019
“Ek hyg na my asem nadat ek drie verdiepings geklim het.” “Slegs die gedagte van opsitte maak my naar.”
Is hierdie die tipe sinne wat jy gereeld uiter? Wil jy graag jou lui gewoontes verander en ook by trappe kan oploop sonder om te begin sweet?
Baie mense maak die fout om te dink dat jy ‘n persoonlike afrigter, duur toerusting of ‘n gym-lidmaatskap benodig, om hierdie verandering mee te bring, maar daar is baie eenvoudiger maniere. Om van “niks na fiks” te verander, moet jy net 2 stappe volg.
“Die enigste tyd wanneer ek hardloop, is as ek die hysbak moet haal.” “Ek besit nie eens drafskoene nie.”
1. Volg hierdie oefenprogram.
2. Doen die oefenprogram waar al jou bure jou kan sien, om vir jou ekstra motivering te gee. Voor jy die oefenprogram begin moet jy ongeveer 100 meter draf, om die spiere ‘n bietjie warm te maak. Daarna moet jy ‘n paar statiese strekke doen, om die spiere los te kry.
Voorbeelde van statiese strekke: •
Sit op die grond met jou bene voor jou uitgestrek en raak met jou hande aan jou tone.
•
Kruis jou arm oor jou bors en gebruik jou ander arm om dit verder te strek.
•
Buig jou knie en trek jou voet agtertoe na jou boude.
•
Doen lunges en squats.
Oefenprogram:
Maandag: 1, 2, 3, 4
Sondag: RUSDAG
Elke oefening het ‘n nommer en dit word ingedeel by ‘n dag, soos hier langsaan. Na elke oefening, neem een minuut rus voordat jy met die volgende begin.
Dinsdag: 5, 6, 7, 8
Na die oefenprogram elke dag voltooi is, moet jy ‘n afwarmdraffie van ongeveer 400m neem.
Woensdag: 9, 10, 2, 3 Donderdag: 1, 6 ,7, 8 Vrydag: 4, 5, 7, 9 Saterdag: 12
LEEFWYSE 35 Oefeninge
1. Boks-spring:
1
•
Staan op die grond voor ‘n bankie (‘n halwe meter hoog), of iets wat nie sal beweeg nie.
2
•
Gaan in ‘n hurkposisie en spring met al twee bene op die bankie.
3
•
Jy moet met plat voete op die bankie land.
•
Klim weer af van die bankie en herhaal dit.
•
Doen 10 spronge binne 40 sekondes met ‘n minuut rusperiode tussenin.
2. Opstote: •
Doen 10 opstote binne 30 sekondes.
•
Doen 2 stelle met 30 sekondes rusperiode tussen elke stel.
3. Opsitte: •
Doen 30 opsitte binne ‘n minuut.
•
Doen 2 stelle met ‘n 30 sekonde rusperiode tussen elke stel.
4. Lunge jumps: •
Gaan af in ‘n lunge-posisie (maak seker jou knie gaan nie oor jou tone nie), spring dan vanuit dié posisie en ruil jou bene in die lug, sodat wanneer jy
land jy weer in ‘n lunge-posisie is, maar met jou ander been voor. •
Herhaal dit vir 30 sekondes lank, 2 stelle, met 30 sekonde rusperiodes tussen elke stel.
36 BLAUW Junie 2019 5. Arm-swaaie: •
Lig jou arms horisontaal langs jou sye en roteer dit in baie klein sirkels.
•
Herhaal vir 1 minuut lank, 2 stelle, met 20 sekondes rusperiodes.
1
6. Bene-lig: •
Lê op jou rug en hou jou bene reguit.
•
2
Lig jou bene 30cm van die grond af op, hou jou boude op die grond.
•
Hou jou bene in die lug vir 1 minuut.
3 7. Trappe: •
Vir hierdie oefening sal jy trappe benodig wat uit 15-20 trappe bestaan.
•
Hardloop by die trappe op en af.
•
Doen dit 5 keer binne 1 minuut en 30 sekondes en rus dan vir 1 minuut.
•
Doen 2 stelle.
8. Frog jumps: •
Gaan af in ‘n hurkposisie en spring vorentoe. As jy spring, moet jy jou bene reguit maak in die lug en dan weer in ‘n hurkposisie land.
•
Doen 10 frog jumps in 30 sekondes.
LEEFWYSE 37 9. Burpees:
1
•
Staan regop, sit jou hande voor jou op die grond, maak jou bene reguit, sodat jy in ‘n opstoot posisie is.
•
Bring jou bene weer na jou lyf en spring dan regop.
•
Doen hierdie oefening baie vinnig 10 keer binne 45 sekondes.
•
Doen 3 stelle met ‘n 45 sekonde rusperiode tussen elke stel.
2 3
10. Squat jumps: •
Staan met jou skouers in lyn met jou voete.
•
Gaan af in ‘n hurkposisie.
•
Spring so hoog as wat jy kan en as jy land, gaan dan weer af in ‘n hurk
•
posisie. Doen 20 herhalings binne 40 sekondes.
•
Doen 2 stelle met ‘n 1 minuut rusperiode tussen elke stel.
11. Draf:
4
Draf vir 3 km. Druk jouself. Sweet is jou vet wat huil, maar as jy weet jy kan nie meer nie, of iets voel verkeerd of voel seer, stop eerder. Ons probeer jou fiks kry, nie doodmaak nie.
FOTO DEUR BEN WIESE
Die medium waarop jy, die leser, tans hierdie artikel lees. Die medium waarop jy na musiek luister en laaste, maar beslis nie die minste nie, die medium waarmee jy waarskynlik foto’s neem. Daar is egter ‘n ander manier om brokkies inligting vas te vang. Analoog. Wat op dees aarde is analoog? Wel, jy is waarskynlik baie meer vertroud daarmee as wat jy dink. Analoog verwys na enige inligting wat vasgevang word, of ten toon gestel word, deur middel van ‘n kontinue fisiese hoeveelheid. Dis ‘n mondvol… Miskien sal ‘n paar voorbeelde help: meganiese horlosies, polaroid-kameras, vinyl-platespelers en kassette; dus iets fisies. Die ironie is dat analoë-tegnologie byna in alle gevalle as minderwaardig geag word wanneer dit met sy digitale bondgenoot vergelyk word. Analoog is gewoonlik minder akkuraat, dikwels duurder en het beperkte spasie. Tog ervaar hierdie medium deesdae ‘n geweldige herlewing. Waarom? 40
BLAUW
Junie 2019
Die antwoord is eenvoudig: in hierdie era van virtuele werklikheid smag Jan Alleman daarna om iets fisies vas te hou, iets wat nie net in ‘n abstrakte ruimte bestaan nie. Daarom is apparate soos polaroid filmkameras en vinylplatespelers besig om weer populêr te word.
My fokus is egter nie op hierdie formate nie. HUJI en Viscocam liefhebbers, berei julself voor, hierdie artikel gaan jou meer vertel
“klik” van die meganiese sluiter, het ek geweet ek het ‘n nuwe stokperdjie ontdek. Die eerste ding wat jy moet besluit, is watter tipe film jy wil gebruik. Kleurfilm of swart-en-wit? Verkies jy film met ‘n fyn of growwe grein? Wil jy foto’s hê met helder, versadigde tone of verlang jy dowwe kleure en ‘n uitgewasde effek? Wat van kontras - hoog, medium of laag? Dit is alles vrae wat jy moet vra, voordat jy enigsins kan begin foto’s neem. Dan kom die laai van die film in die kamera, in sigself ‘n zen-ervaring. Eers maak jy die agterkant van die kamera oop, neem die rolletjie film uit sy houertjie en plaas dit versigtig in die kamera. Maak die kamera toe en wen dit op todat die skotetelling nul aandui.
oor my ervaring met die wonderlike wêreld van 35mm-film. Jy mag dalk wonder: “Hoe op dees aarde het iemand in 2002 gebore, dus deel van generasie Z en die digitale era, film ontdek?” Eenvoudig gestel: Ek het ‘n kamera, met ‘n halfgeskiete rol film binne-in, van my oom geërf. Met die neem van daardie eerste foto, gekenmerk deur die gerusstellende
proses
Nou kan jy begin foto’s neem. Jy het slegs 24 of 36 kanse (afhangend van die tipe film wat jy vroeër gekies het). Die beperkte hoeveelheid foto’s laat jou twee keer dink voordat jy neem… elke skoot tel. Jy verdiep jouself in die proses en fyner besonderhede, soos komposisie en korrekte beligting wat eensklaps baie belangrik raak. Jy fokus op dit wat jy doen. Verby is die dae van 20+ groepfoto’s lukraak saam met jou pêlle neem. Jy kan mos later delete en net die een ordentlike foto gebruik… toe nie. Dan kom die afwagting. Jy kan nie sien hoe die foto wat jy sopas geneem het lyk nie… jy moet wag tot dit klaar ontwikkel is. Hierdie reusagtige afwagting maak die teleurstelling of blydskap oor ‘n slegte of goeie finale produk net nóg groter. 41
As sewejarige meisie is Tine se belangstelling in kuns geprikkel toe sy ’n kunsboek in haar ma se werkskamer ontdek het. Sy het lank die passie in haar gedra en in graad sewe het sy, deur middel van Realisme, uiting aan die kunspassie gegee. Sy is veral lief daarvoor om menslike gesigte te teken. Sy skep graag vir haar vriende kunswerke as verjaarsdaggeskenke en neem selfs bestellings om persoonlike kunswerke te skep. “Ek doen hulle in waterverf, net vir die feit dat dit vinniger is en goedkoper sal uitwerk.” Tine werk in verskeie mediums en sy is ’n meester in elkeen. Haar kuns wissel van super realistiese potloodtekeninge, na olieverfskilderye, tot selfs vingerverf! Na afloop van hierdie artikel is ek seker dat jy net so mal sal wees oor Tine se kuns soos wat ek is.
42
BLAUW
Junie 2019
43
44
BLAUW
Junie 2019
45
Olifant
Peter Pan
Mense wat jou onderbreek wanneer jy klas gee
Die eiland wat jy gekoop het
Voer hom
Koalabeer
Walvis
Spiderman
Luidrugtige vroumense
Saudi-Arabië
Eet hom op. Stukkie vir stukkie
Draak
Spiderman, maar cooler
Myself
Zambië
Hou hom by die skool aan
Lisbet Salander
Die feit dat dit moeilik is om ‘n pienk draak handsak te kry
Groenland
Ry skool toe op die olifant en spaar petrolgeld
Adrian More The innocent mind processing the life that is. “Jou wonderskone lewenslig, skyn soos ’n aura om jou…”, sing ons die gedig wat sy ma geskryf en hy getoonset het vir die Wêreldkoorspele in 2018. Dit is presies wat Meneer More, dirigent van die DF Koor, leef. Sy liefde en passie vir musiek straal uit en vrymoedig deel hy sy kennis, ervaring en lewenslesse met leerders. Meneer is een van vier seuns. Ons het hom as ’n warm, nederige, talentvolle musikant leer ken. Hy is diep, baie diep, en sy skepping The innocent mind processing the life that is beskryf op ’n manier hoe ons hom sien. Hy is toeganklik en pret, maar ernstig oor musiek. Hy is ook ’n obsessiewe leser, kan ’n paar tale praat en is ’n “sucker vir Trivia”. Hy is nuuskierig en “ontspan” met navorsing en rekenaarspeletjies wat strategie vereis. “Die grootste uitdaging is die aanleer van nuwe musiek, want met so ‘n ontstuimige groep jongmense sukkel ons so bietjie met dissipline.”
“ ”
Meneer More het al wêreldwyd opgetree en toekennings vir sy musiek ontvang. In Desember 2018 is die Helgaard Steyn Toekenning in die kategorie musiekkomposisie aan hom oorhandig. Hierdie gesogde prys word beskryf as die grootste privaat kunstoekenning in SuidAfrika. Hy het al vir Nelson Mandela gesing en Pretty Yende begelei by die World Health Summit. Meneer beskryf dit, sowel as die deelname aan die Wêreldkoorspele verlede jaar, as sy musikale hoogtepunte tot dusver. Hy droom daarvan om binne die volgende tien jaar die Oscar vir die beste musiek in ’n rolprent te verwerf. “Musiek is ’n universele taal wat ons almal verbind. Dit steek grense tussen nasies, gelowe en tale oor. Musiek koester die siel en roep herinneringe en emosies op wat ons as mense so buitengewoon maak. As jy so oor musiek voel, dat dit met jou siel praat, dat dit onvervangbaar is, dan is musiek jou lewe.”
47
Redaksie Produksieredakteur Jaco Wagener Inhoudsredaktrise Julia Roelofse Administrasie Me. M. Van der Merwe, me. E. Buys Uitleg Jaco Wagener, Liandi Conradie Joernaliste Julia Roelofse, Jani Knoetze, Adriaan van Wyngaard, Mia Uys, Marzanne Haggard, Zandria Spangenberg, Rochelle Combrink, Ben Wiese, Karla Nortier, Karen Vergeest, Ila Alberts, JenĂŠ Venter, MinĂŠ Acker, Talya Delport
Fotograwe Lorenza van As, Bea Liebenberg, Marizanne van Wyk, Ben Wiese, Emma Olivier