DESEMBER 2019
JAARGANG 2, VOL. 2
BLAUW FAST FASHION Wanneer “liewer dood as uit die mode” ’n werklikheid word. Deur ILA ALBERTS
BLAUW JAARGANG 2, VOL. 2 | 2019
“Hy is ongelooflik hulpvaardig en het my gereeld die jaar gehelp. Hy wag letterlik tot elke dame in die klas is, voor hy instap.” DF-HELDE | bl. 40
Die Verslag Mode
Ontspanning
BLOEMFONTEINOPSTELLE
4 | Skoonheidswenke 12 | Ode aan ‘n hond van Hollywood 14 | Hommeltuig tot die redding!
Aktuele artikels 8 | Is blou die nuwe groen? 10 | Die mens en geluk
16 | Huis toe
30 | Huisplante 32 | Happies as jy haastig is
Ons Kultuur
18 | Vlug!
34 | Onderwysers wat aftree
20 | Onttroon
38 | Kultuur Avontuur
22 | Vlug
40 | DF-helde
24 | O, die skande…
48 | Ons Matrieks
Hooftrekke FAST FASHION Deur Ila Alberts 26 VOORBLADFOTO: BEN WIESE
Leefwyse
REDAKSIE Joernaliste
Fotograwe
Ila Alberts
Ben Wiese
Karen Vergeest
Emma Olivier
Ben Wiese
Marlize Marais
Karla Nortier
Mieke Jonck
Emma Olivier
Me. Van der Merwe
Frances Bruwer Kaylin Stevens
Sketskunstenaar
Anja le Roux
Alexa Wium
Uitlegspan
Administrasie & Finale Redigering
Anja Nel
Me. Van der Merwe
Marlize Marais
Me. Etsebeth
Tala Wiese
Me. De Villiers
Met spesiale dank aan Jaco Wagener wat fondasies vir BLAUW gelĂŞ het. Dankie vir jou toewyding, passie en ure se werk om die tydskrif ‘n sukses te maak.
Die Verslag Mode
Skoonheidswenke van Emma Olivier
“Die vere maak die voël.” Só lui die ou filosofie wat mense vir jare lank glo. Alhoewel die uiterlike nie alles is nie, is dit ten minste íets as ‘n mens kyk hoe die modes oor die dekades heen wissel. Hier gaan ons terug na die verlede, om te kyk hoe die ou Hollywood-ikone dit gedoen het. Voor die eerste wêreldoorlog is die gebruik van grimering beperk tot teaterakteurs en prostitute. ‘n Gerespekteerde dame sou onder geen omstandighede uitgevang word dat hulle grimering koop nie.
4
BLAUW
Desember 2019
Hollywood Toe die Goue Hollywoodera (vroeë 1920’s tot laat 1960’s) egter die wêreld verblind het, het mense elke dag grimering gedra. Die vrou wie nie met grimering besmeer was nie, is as lui of sorgloos beskou. Voor films het akteurs nie ‘n groot invloed op alledaagse modes gehad nie. Klassieke Hollywood het die verhouding tussen ster en kyker meer persoonlik gemaak en dus ook die kyker se begeerte om soos die ster te wees, versterk.
Die ou Hollywood-ikone het tydlose het haar voller en dieper lippe gegee en wit grimeringstruuks gebruik wat mense vandag grimering om die ooghoeke het haar oë nog toepas. groter laat lyk. Bette Davis se oë het liedere geїnspireer. Haar geheim? Petroleumjellie. Glo dit of nie, maar Kim Kardashian is nie revolusionêr as dit by gesigskontoering kom In daardie tyd was daar nie soveel velprodukte nie, so Vaseline was seker die nie. Maksymilian Faktorowicz (liewer beste vogmiddel wat sy in die hande kon kry. bekend as Max Factor) het die eerste “filmgrimering” gemaak (verhooggrimering Dit lyk asof dit vir haar gewerk het, maar gelukkig is daar vandag ander oplossings vir was veels te swaar en onvleiend vir die donker sirkels onder die oë – miskien slaap? kamera). Sy uitvindings is onder andere: lipglans; Erace (die eerste kommersiële onderlaag) en die tegniek wat vandag as gesigskontoering (contour) bekendstaan. Talle ou Hollywood-ikone het hierdie tegniek tot hul voordeel gebruik. Grace Kelly het haar eie stempel daarop afgedruk: in plaas van lae onderlaag het sy twee verskillende skakerings blosser gebruik vir ‘n ligter, maar steeds effektiewe uitkoms – die illusie van beeldhouwerk-wangbene. Die beroemde Marilyn Monroe het ook kontoering gebruik, maar op ‘n hoër vlak. Vyf verskillende lipstiffies, met die donkerste kleure om die rand van haar mond,
Carole Lombard het blou maskara gebruik om haar oë te beklemtoon. Jy kan dit ook met maskara van jou eie oogkleur doen, om jou oë te komplimenteer. Katherine Hepburn het haar vel met ‘n suiker-en-suurlemoen mengsel afgeskilfer. Soms moet ‘n mens die suur saam met die soet neem.
Waaghalsige skoonheidswenke: (Moet dit nie by die huis probeer nie!) Sommige aktrises se oplossings vir plooie was om, onder andere, elke aand onderstebo te hang sodat bloed na hul gesig kon vloei;
Algemene Wenke 1. Gebruik eye primer om grimering
snags ‘n sykous om hul kop te
makliker te blend en gladder te laat
bind, om te verhoed dat hul gesig-
lyk.
spiere “afsak” én sommer hulself te klap. Ek sou die bloed en
2. Gebruik ‘n tweezer om valswimpers fyntjies op te plak.
geweld liewer laat staan – plooie is onvoorkombaar. Dit blyk “skoonheid is pyn” (of is dit
3. Plak ‘n diagonale strook kleeflint
andersom?), maar ‘n mens kan óf oud word, óf jonk doodgaan.
langs die oog om die eyeliner wing netjieser te laat loop.
Daar is egter niks wat ‘n mens keer om ‘n bietjie moeite te doen nie. Party mense beklemtoon hul wangbene deur kontoering. Ander laat weer hul kiestande uitsny (vir Marlene Deitrich was dit blykbaar die moeite werd). Joan Crawford se gunsteling
Dit lyk asof Joan tog op die regte pad was –
skoonheidswenk was om die gesig vyf-en-
sy het egter haar oë met boorsuur gewas.
twintig keer met yswater af te spoel. Om jou Moet asseblief nie jou oë met boorsuur was gesig te vries is ‘n bietjie oordrewe, maar dit nie. is wel bewys dat ‘n koue stort hope voordele inhou. 6
BLAUW
Dit is interessant hoe skoonheidswenke by modegiere aanpas.
Desember 2019
Audrey Hepburn Grimeringstappe 1. Ligte bruin kleur in die vou van die ooglid. 2. Blend ‘n donkerder kleur van die buitenste ooghoek na binne.
3. Wend ‘n wit (of blink ligte kleur) in die binneste ooghoek, asook onder die wenkbrou en op die middel van die ooglid. 4. Maak ‘n wing met eyeliner. 5. Mascara (opsioneel: valswimpers)
6. Rooi lipstiffie Foto’s: Emma Olivier Model: Nicola Steyn
Of jy nou jou gesig moes bleik, vir ure in die son bak, jou haarlyn moes afskeer (groot voorkoppe was sjiek in die 40’s), of jou wenkbroue moes uitpluk, sodat jy hulle weer kon oorteken – Hollywood het nog altyd druk op sterre geplaas om met mode
by te hou.
Dit is miskien nie vandag so erg soos in die klassieke Hollywood-era nie, maar dalk sal vandag se modes weer vir ons kleinkinders vermaak verskaf.
Die Verslag Aktueel Karen Vergeest Ongerieflik. Irriterend. Onnodig. Hoekom moet ek ‘n myl loop om my appelstronk weg te gooi? Hoekom moet ek my Boston Boardroom-koppie eers verskeur voor ek die karton en polistireen in aparte blikke gooi?
Politici, multi-nasionale korporasies en Jan Alleman hanteer omgewingskwessies dikwels met minagting. In die VSA ondersteun minder as 2% van die bevolking die Groen Party. En Suid-Afrika se omgewinggesentreerde politieke party? Wel, ek wed jou ’n R 200 se herbruikbare koppie dat jy nog nooit van die GPSA gehoor het nie.
Hoe dringend eintlik?
is
die
situasie
IS BLOU DIE N koolstofdioksied is hoër as wat dit al ooit vantevore was. Dit is ook nie net die wêreld se probleem nie. Dit is Suid-Afrika se probleem. Mpumalanga se lug is, as gevolg van die mynwese, die tweede vuilste in die wêreld. Volgens geleerdes by die Universiteit van Kaapstad loop 1 miljoen SuidAfrikaners die risiko om hulle huise teen 2100 as gevolg van stygende seevlakke te verloor. Alhoewel Suid-Afrika se ekonomie amper heeltemal van die omgewing afhanklik is, voer sommige mense steeds aan dat groen praktyke nie finansieel volhoubaar is nie.
Volgens die Amerikaanse president en sogenaamde “leier van die vrye wêreld" het ons niks om oor bekommerd te wees nie. Klimaatsverandering is ‘n hoax wat deur die Chinese regering uitgedink is, windturbines veroorsaak kanker en die omgewingsverslag wat sy eie land se wetenskaplikes saamgestel het, wel… kom Geld vs Groen ons maak eers seker dat president Trump en Kim Jong Un se Twitter-oorlog nie in ’n Ekonomiese groei of die omgewing? Kies een. Dit is die kernoorlog ontaard nie. vals keuse wat deur politici en groot Wetenskaplikes vertel egter ’n ander storie. maatskappye voorgehou word. Hulle vergeet egter dat lugbesoedeling Suid11 jaar. Afrika jaarliks omtrent $450 miljard Dit is hoeveel tyd ons oor het. Daar word kos. beraam dat die nagevolge van onvolhoubare praktyke teen 2030 Die rede waarom die staat weier om onomkeerbaar sal wees. Die meerderheid grootskaals in groen energie te belê, van die warmste jare in die geskiedenis het egter min te doen met finansies en vanaf van die wêreld het sedert 2010 plaasgevind baie te doen met druk om die en die vlak van atmosferiese mynwerkersvakbonde steenkoolindustrie te beskerm. 8
BLAUW
Desember 2019
NUWE GROEN? ‘n Goeie voorbeeld van ekonomiese groen energie is die Hoërskool DF Malan se sonpanele. Alhoewel die presiese syfers nie beskikbaar is nie, neem sonpanele gewoonlik tussen 5 en 10 jaar om winsgewend te raak. Sonpanele hou egter gewoonlik tussen 25 en 30 jaar. Sonpanele is dus nie net meer betroubaar as Eskom nie, maar hulle is oor die langtermyn baie goedkoper. DF kry ’n kleiner elektrisiteitsrekening en ons kan selfs addisionele inkomste verdien deur oorblywende krag aan die nasionale kragnetwerk te verkoop.
DF se Zero Waste-projek
DF se Zero Waste-projek is deel van ‘n globale inisiatief deur WESSA wat oor meer as 67 lande strek. Die Eco Schools-program gradeer skole volgens hulle omgewingsvriendelikheid en die Hoërskool DF Malan het onlangs ‘n silwer sertifikaat ontvang.
Maar doen ons regtig genoeg? Die Zero Waste-projek staar baie uitdagings in die gesig. Alhoewel ons reeds 12 herwinningstasies op die terrein het, bevind almal van ons dat ons ‘n ekstra entjie moet loop om van ons rommel ontslae te raak. Daar is ook ‘n tekort aan 5L-bottels wat benodig word, om nuwe ekobakstene te maak (Dee-Effers kan help deur bottels van die huis af te bring!). Om die eksistensiële bedreiging van omgewingskwessies teen te staan noodsaak dit dat almal hulle kant bring. Ongelukkig is daar steeds mense wat rommel in die verkeerde dromme gooi – of dit nou perongeluk of aspris is. Dit is dalk tyd om te vra hoeveel keer ons al iets in ‘n drom gegooi het sonder om doodseker te wees dat dit daar hoort? Hoeveel keer “vergeet” ons om iets weg te gooi omdat die dromme net te ver is? Hoeveel keer is ons blind vir die rommel wat op die skoolterrein lê?
Die Hoërskool DF Malan is nie net besig om die ekonomiese voordele van volhoubare keuses te benut nie, maar ons is reguit op pad daarna om een van die eerste Zero Waste-skole in Suid-Afrika Herwinning is miskien nie almal se ding nie, maar jy doen dit nie vir jouself nie, jy doen te word. dit vir jou generasie en jou gemeenskap. En Teen dié tyd weet alle Dee-Effers dat ’n as DF se geskiedenis van “groot take as ‘n leë Coke-bottel ‘n ekobaksteen genoem groep verrig” enige aanduiding van ons word. Elke klasseksie het al om die beurt vermoëns is, dan is blou dalk net die nuwe die dromme uitgegooi en as jy laat is vir groen... ’n periode kan jy sê dat jy eers jou R 8tjipsakkie in die vierkant weggegooi het.
Die Verslag Aktueel KARLA NORTIER
DIE MENS EN GELUK
Die mensdom word gesien as een van die intelligentste spesies op aarde. Ons het al soveel bereik in die kort tyd wat ons die aarde bewoon: vanaf die byna onmoontlike bou van die piramides; tot die ontwikkeling van talle vervoerstelsels; tot simbole en klanke waaraan ons betekenis heg, om mekaar te kan verstaan. Ons is ‘n wondergroep, enig in ons soort, met die vermoë om ‘n oplos- sing te kry vir byna enige kwessie wat ons teëkom. So, hoekom is ons nie altyd gelukkig nie? Wel, wat klink nou meer onrealisties: om die hele wêreld met mekaar te verbind deur middel van radiogolwe, of om altyd ‘n gevoel van tevredenheid te ervaar? Ons almal weet dat die eerste opsie redelik verbysterend is wanneer jy werklik daaroor nadink, tog is dit die tweede opsie wat in realiteit onmoontlik is. As die mens nou regtig so ‘n innoverende spesie is, hoe kan daar nog nie ‘n oplossing wees wat ons konstante gemoedstoestand een
van geluk maak nie? Die antwoord is redelik eenvoudig: DIE MENS IS NIE GEMAAK VIR EWIGE GELUK NIE. En hier is waarom... Emosies is ingewikkeld en subjektief. Dieselfde dinge wat vir jou plesier bring in die lewe, is vir iemand anders nie so lekker om te doen nie. Al was daar ‘n wondermiddel wat belowe om pure geluk te bring, sou dit nie vir almal werk nie; aangesien elke per-
soon se hormoonvlakke en -regulering heeltemal anders as die volgende persoon s’n werk. Daar is nie ‘n vasgestelde dosis van ‘n vasgestelde stof wat enigiemand se volle geluk ten alle tye sal kan verseker nie. 10
BLAUW
Desember 2019
Geluk is nie ‘n vasgestelde term nie. Jou huidige behoeftes gaan definitief baie verskil oor ‘n paar weke, maande of jare. Ons word elke liewe dag gekonfronteer met besluite, omstandighede en gebeurtenisse wat ons lewensplan heeltemal omver kan gooi. Iets wat vir jou op die oomblik genot verskaf, sal nie
noodwendig so bly nie. Die mens moet aanhoudend gestimuleer word en verandering is noodsaaklik vir die ontwikkeling van jou persoonlikheid en vermoëns. Soms raak dít wat vir jou plesier bring, afgesaag óf jy vind iets anders wat jou meer tevrede stel. Die mens sou nêrens wees as dit nie vir ongeluk en ongerief was nie. Die enigste rede waarom ons die punt waarop ons nou is, bereik het, is omdat daar ‘n probleem geheers het en ons ‘n manier moes kry om dit te oorkom. As die eerste generasies van mense nie besef het dat skerp wapens ‘n beter jagtog verseker nie, sou hulle heel moontlik uitgesterf het, wat natuurlik geen bestaan vir my en jou sou inhou
nie. As ons dink in terme van ewolusie, waar die sterkste of slimste spesies die beste oorlewingskans het, kan daar afgelei word dat ons analitiese denkwyse ons hoër op die lysie plaas.
Die mens is gemaak om moeite te doen met dίt waarin hy of sy sukses wil behaal. Ons is passievol oor die dinge wat ons raak en ons alewige neiging na tevredenheid (hoe ookal volle tevredenheid vir jou mag lyk) verseker ons konstante poging om die gapings in ons lewens te vervul. Ongelukkigheid en struikelblokke het die mens gedruk, om verder te vorder tot die punt waar ons nou is, en hier is ons, besig om net nog verder vorentoe te beweeg. Geluk en ongeluk, oorwinnings en mislukkings, tevredenheid en die konstante lus om daarna te streef. Elk van hierdie elemente is afhanklik van die ander en elkeen is deel van die menslike kondisie. Ons is miskien nie uitverkore vir ewige geluk nie, maar ons sal alles in ons vermoë doen om dit te bereik, en dít is net miskien waar ware geluk lê.
Foto’s deur: Marlize Marais
Vir Ontspanning Lees
o
Ode aan ‘n hond ns het hom op Barkly-Wes
anderkant ‘n bal met sy bek dribbel. ‘n
gekry. Ek het net wakker ge-
Aanskoulike toneeltjie. Menige verby-
word waar ek in my ma se arms geslaap
ganger het stilgehou om dit te aanskou.
het. Ek het afgekyk na waar hulle gestaan
So tussendeur het hy natuurlik homself
en ge-“oe” en ge-“aa” het. In ‘n ronde
gemotiveer en kort blaffies gegee. Hy
rottangmandjie het ‘n mamma en vyf of
het net beter presteer wanneer die
ses wriemelende lyfies geroei en gestoei.
toeskouers hom aangemoedig het.
Meteens was ek wawyd wakker.
In die huis was hy tuis. Hy het pre-
“Daardie enetjie is myne!” Ek het met my
sies geweet wie waar slaap.
klein, ronde, vet vingertjie na die woelig-
Hy is nie toegelaat om
ste enetjie beduie.
op die meu-
Die eienaars was maar net te bly om die
bels te kom
krosie kleiner te maak – en ons was goeie
nie, maar het
kandidate vir ‘n veilige, nuwe tuiste. Blix
– tipies
het deel geword van ons gesin! My broer
foksterriër –
het hom dadelik Blix gedoop, omdat hy
kanse gewaag as my
so vinnig en woelig was.
ma uitgegaan het. Hy
Van die begin af was hy verseker van baie liefde en aandag. Die eerste nag weg van sy ma was natuurlik nie so rustig nie, maar na ‘n week of so was die mannetjie katjie van die baan – of moet ek liewer sê: hondjie van die huis! Blix se sterkpunte, in orde van aan-
vaarbare gedrag, was: balvaardighede, uitgeslapenheid en gasmaker! Op ons ruim grasperk kon hy teen windspoed met ‘n bal van die eenkant van die gras na die 12
BLAUW
Desember 2019
het dadelik by my oudste broer se bed gaan opklim. So in sy skik en tevrede met homself. Sy gehoor was besonder goed ontwikkel en hy het die dreuning van die motor gehoor voor enigeen van ons.
Hy het dan van die bed afgeglip en voetjies
het presies geweet hoe om die astrante
oormekaar hom voor die bed tuisgemaak.
mannetjie te hanteer.
Was daar ‘n skelm laggie?
Vakansies by die hondeplaas was ‘n
Ons het dikwels gewonder hoe die koster
soortgelyke uitstappie. Hy was gretig om
en haar ma weet dat ons na ’n vakansie tuis
op uitnodiging saam te ry, maar sodra die
is. Hulle het by navrae die aap uit die mou
koor blaffende honde gehoor word, sou hy
gelaat: Blix was hier op huisbesoek!
vries! Die terugkeer ná die vakansie was
Katte was vir hom taboe! Hy het opge-
ewe traumaties. Hy sal styf teen jou kom
wonde rondgekyk of iemand hom nie wil
sit en tot by die huis, letterlik sit en ween:
uitdaag om hulle die skrik op die lyf te jaag
“Hoe kon julle dit aan my doen?”
nie.
By geleentheid het ons vooraanstaande ‘n Besoek aan die veearts was ‘n
gaste in die kerksaal onthaal. Blix moes tuisbly en die huis oppas. Ons
het eers van hom bewus geword toe die
nagmerrie!
gaskrane oopgedraai het en ons geweet het
Hy’t
dat hy homself onder die tafel by ons voete
natuurlik graag ingespring om saam te ry, maar gou agtergekom as die dierehospitaal binne ruikafstand was. Sy lyfie het onbedaarlik begin bewe en twee ronde bruin ogies het jou beangs aangekyk. Hy sou nogal knor vir die veearts, maar hulle
kom tuismaak het. Sjoe! Dit was nogal erg! Toe hy oud en siek was, het hy steeds deernisvol in ons harte gekruip. Op ‘n
sekere tyd sal hy met ‘n “help my asseblief -gesiggie” kom vra om na sy mandjie in die motorhuis geneem te word. Toe sy plekkie leeggeword het, het ons geweet: Jy het maar eenmaal in ’n leeftyd so ‘n maat... ‘n vriend... ‘n hond...
Anja le Roux
H o m m e l t u i g tot die redding! “En hoe dink jy gaan ons dit regkry? Die nes sit doer bo!” My broer tel sy hommeltuig op en kyk in die loop om na my.
“H
“Jou probleem, Sus; ek het krieket vanmiddag. Gee hom vir Tinkerbel, jou kat!” iert jou blikskottel!” kla
“O, jy’s wreed!”
Pastoor toe my broer, Lu-
Ek tel die voëltjie versigtig op en gaan soek my ma in die kombuis.
cas, se hommeltuig vlak
oor ons koppe swiep. “Ek probeer leer, jy weet!” Ek verskuif my lyf sodat ek dieper onder die boom lê. Môre skryf ek ‘n belangrike Geskiedenistoets. Dit is heerlik koel hier onder die groot, ou palmboom langs die swembad.
Die hommeltuig tref ‘n tak bokant my kop en ek hoor hoe iets in die water plons. Keffie, my worshond, is dadelik by en bekyk die diertjie wat nou spartel in die water. Dis ‘n babavoëltjie, sien ek. Ek gryp die swembadnet en skep die spartelende babavoëltjie uit die water. My broer kom loer oor my skouer.
“Babavoëltjies maak moeilik groot. Jy sal hom nie kan hou nie.” Ek kyk vasberade na die piepklein voëltjie in my hand. Toemaar, vir jou gaan ek red. Op pad kamer toe loop ek verby my broer se oop kamerdeur. Ek steek vas en loer by sy deur in. Nes ek gedink het. Daar staan die sondaar onskuldig bo-op sy tafel.
“Hy sal nie oorleef nie. Hy sal moet terugkom in sy nes.”
“Blikskottel!” maan Pastoor hier van my
“Gooi weg! Gooi weg!” gee Pastoor, my papegaai, ywerig raad.
broer se heiligdom. Niemand, maar nie-
14
BLAUW
Desember 2019
skouer af, toe ek die hommeltuig optel. My mand, raak aan sy hommeltuig.
Mmm… ‘n uitstekende plan! Hommeltuig
Ek skrik so groot dat
tot die redding!
die hommeltuig oor
In my kamer prakseer ek ‘n draagband wat
die boom swiep
ek stewig aan die hommeltuig vasmaak.
toe ek per-
“Jy sal nie katkos word nie, my Soetlief.” belowe ek die verskrikte voëltjie.
ongeluk die spoedknoppie te hard druk. Soet-
Met die hommeltuig en Soetlief in my
lief swaai nou soos ‘n ak-
handdoek toegerol, sluip ek agter om die
robaat in die lug rond.
huis na die swembad. Ek soek die oorhangtak met die nessie. Dit is nogal hoog-op teen die palmboom en tussen ander takke. Ek lê Soetlief versigtig op die draagband neer. Die ogies kyk smekend na my en ek
“Die ding se battery is pap. Jy gaan moet gou maak,” gee hy bot raad. Glad nie gelukkig om my met sy kosbare hommeltuig te betrap nie.
streel oor die bewende lyfie. Toe stuur ek
Ek sien nou eers die flikkerende rooi liggie.
die hommeltuig die lug in.
Ek stuur die hommeltuig terug tot oor die
Dit gaan maar sukkel-sukkel en die hommeltuig gaan maak eers met Soetlief ‘n
nessie, maar arme Soetlief het die einde van sy kragte bereik en laat los.
draai oor die buurman se dak. Na ‘n paar
Ek sien hoe die voëltjie val en val. Die
benoude oomblikke het ek die tuig onder
hommeltuig swiep grond toe. Ek knyp my
beheer en stuur ek hom flink na die palm-
oë toe en begin bid.
boom.
“Jy kan jou oë maar weer oopmaak, jou
“Blikskottel!” gil Pastoor toe ek te vinnig
voël is veilig en terug in sy nes.”
die palmboom nader en rakelings verby ‘n
“Blikskottel!” gil Pastoor en klap sy vlerke.
tak swiep. Die palmtak moes egter die
Ek kyk oor my skouer net betyds om te sien
draagband getref het. Met afgryse sien ek
hoe die hommeltuig se rooi liggie onder die
hoe Soetlief nou kop onderstebo by die
water in die swembad verdwyn.
draagband afhang. Sy toonnael moes êrens
“Krisis!” mompel ek en laat spaander.
vasgehaak het, wat keer dat hy uitval. Die
hommeltuig hang ook nou skeef en ek moet
Hommeltuig tot die redding inderdaad!
dit met moeite beheer. “Klou, Soetlief, klou!” en Soetlief klou. “Wat doen jy?” vra my broer skielik agter my.
Suné van der Walt
S
H u i s to e
y voel doelgerig en in-
bly in haar
telligent.
agterkop pla.
Haar mylhoë hakskoene
Het sy iets
keer haar nie om van hier na daar te
vergeet?
marsjeer nie, want haar selfvertroue is
***
haar weermag. Elke vergadering is by-
Tuis gekom, spring sy uit die motor,
gewoon en haar kliënte tevrede –
maar besef met ‘n skok dat haar bos
doelgerig en intelligent.
sleutels nog op die kombuistafel lê. Sy
In hierdie industrie moet jy mos skerp
klap die motordeur vies agter haar toe;
wees. Sy voel en lyk skerp, veral omdat
storm na die hek; en ruk en pluk teen
dit die dag van die modeparade met haar
haar beterwete. Sy is net-net op pad om
eie ontwerpe is. Sy is na alles nie net ’n
in ‘n verleë hopie neer te sak toe sy
modeontwerper nie, maar ook ‘n inge-
besef dat sy altyd oor die muur kan
nieur van die mensdom se gedagtes,
klim. Met baie moeite trek sy haarself
grasie en gemak.
teen die muur op, verloor haar balans en
Die oomblik breek uiteindelik aan. Ter-
tuimel binne haar agterplaas se bosse in.
wyl die stokkerige soldate besig is om
Die volgende uitdaging is om in haar eie
op die plank te paradeer, gloei sy met
huis te kom.
trots. Haar harde werk was die moeite
Sy stap eers hoopvol na die badkamer-
werd, want die kameras flits soos disko-
venster, die kombuisvenster en dan die
ligte en joernaliste se monde hang
kamervenster. Nie een is oop nie. Dit is
beїndruk oop. Die smaak van sukses is
tóé dat die hondedeurtjie haar oog vang.
soet!
As Wollie en Flossie daardeur kan pas,
Die rit huis toe is ‘n rustelose een. Iets
kan sy ook. Sy wil egter nie haar nuwe
16
BLAUW
Desember 2019
ontwerpersbloes beskadig nie. Dit
Dan gebeur alles gelyk: die deur swaai
kom af.
binnetoe; die alarm gaan af en die tele-
Sy staan hande-viervoet en druk ver-
foon lui – alles terwyl sy soos ’n lap
sigtig eers haar kop deur die opening.
op ’n wasgoeddraad deur die honde-
Daarna wriemel sy haar arms en
deurtjie hang.
skouers een-vir-een na binne –
Sy sug. Vanoggend was sy doelgerig
maklik!
en intelligent. Nou is sy
Skielik hoor sy ‘n
deurmekaar
tikgeluid vanuit die gang. Dit kom al hoe nader. Flossie se nat tong smeer teen haar wang.
“ halfnaak in die hondedeurtjie vassit…
”
en
verleë
terwyl sy halfnaak in die hondedeurtjie vassit. Die alarm se gehuil meng met
dié
van
die
omgewingsekuriteits-
Wollie knibbel aan
voertuig se sirene en
haar oor. Sweet-
boots
haar
gevoelens
druppels vorm op haar voorkop waar
perfek na. “Mevrou,” klink ‘n stem
haar hare vaskleef, want haar heupe sit
agter haar. “Was die huis toe?”
nou vas. Hoe meer sy wikkel om te ontsnap, hoe verder kruip haar romp by haar middel op en hoe verder groei haar ongemak. Haar hart begin klop. Angs spoel soos ‘n brander oor haar. Sy haal diep asem. Ek moet hier uit, dink sy. Met ‘n strekbeweging wat haar Pilates-instruktrise sou beїndruk, rek sy boontoe en sluit die deur van binne oop.
Emma Olivier
V L U G !
D
ie laaste noot hang nog in die lug toe die gehoor soos een man opspring en my toejuig. Ek verwelkom die applous, drink elke sekonde daarvan in soos ‘n stofpad die eerste druppels somerreën opslurp. Ek buig diep: een, twee, drie, óp – net soos hy my geleer het. My oë soek oor die see van gesigte na my grootste ondersteuner. Hy wat van kindsbeen elke dag langs my gesit en luister het hoe my vingers aangrypende wysies optower. Hy wat my geleer het hoe om die swart strepies en kolletjies op die lyntjiespapier in wondersoete klank te omskep. Hy wat my vertel hoe ek eendag net soos Stephen Hough of Lang Lang sal speel. Die man wie se applous bo al die honderde mense s’n hoorbaar is: Pappa! * * * My oë fladder oop soos ‘n skoenlapper wat sy vlerke sprei. Spierwit plafon, helder soos sneeu wat jou in die son verblind.
Die skel lig dwing my uit my kokon en dryf my terug na die werklikheid. Pyn… ‘n kloppende krag iewers binne my wat dreig om my te versmoor en my terug te trek na die donkerte. Ná só ‘n lang stryd, is ek reg om in te gee. Ek wil nie meer veg nie: ek is gereed om te vlug… Ek maak my oë toe; die skoenlapper vou sy vlerke. Ek voel hoe ek wegdryf, maar die bekende vibrato-stem ruk my weer wakker. My pa se rasperstem mompel iets. Sy kenmerkende, ferm toon is vervang met die stem van ‘n bedrieër wat sukkel om die regte woorde te vind en kort-kort ‘n diep asemteug neem om die kraak in sy stem te verbloem. Ek spits my ore, maar dit wat ek hoor, word in ‘n draaikolk rondgemaal totdat niks sin maak nie. “…nie lank nie… beenkanker… geamputeer…” Voordat die woordlegkaart inmekaar kan pas, verskyn sy bekende gesig in die deur. Hy staan sterk en stewig, bors uitgestoot, skouers terug, maar ek kyk verby die fasade na die gebroke man wat soos deurweekte beskuit verkrummel. Die gitswart oë wat op my rus, vorm ‘n sterk kontras met sy verbleikte gesig wat ná weke langs ‘n hospitaalbed, amper so wit soos die gehate kamerplafon is. Ek sien sy diep, donker, oë wat tot in my siel in kyk. Geen woorde is nodig nie. In die stilte weet ons albei dat al die praatjies oor behandeling en hoop, hopeloos is…
Uiteindelik slaag ek daarin om die pyn te identifiseer. Ek kyk af na my hande en die beeld laat my wêreld ineenstort. Hoe kan my vingers pyn as hulle wég is? Wanneer die werklikheid ondraaglik word, is dit tyd om te vlug en ek word in ‘n eindelose, swart tonnel afgestoot… *** ‘n Soet melodie groet my, streel oor die pyn in my vingers, laat my van al die aardse probleme vlug. Ek voel gewigloos terwyl my vingers vinnig oor die swart en wit klawers dans. Ná jare en jare se bloed, sweet en trane wat in hierdie droom gestort is, kom elke beweging natuurlik. Soos kanker, het dit deel van my DNS geword. Ek klou so lank moontlik vas aan die herinnering van glorie – soos ‘n uitgerekte legato-frase, wil ek keer dat die klank vervaag, maar dit is tevergeefs. Ek voel hoe die bekende basstem my terugroep na die werklikheid. My pa en die medici trek my uit die tonnel uit terug, terwyl die laaste note nog in die verte eggo, eggo, eggo… Die soet musiekklanke word vervang met die ritmiese monitor wat soos ‘n houtkapper ‘n gat in my kop probeer boor. Ek doen my bes om die melodie terug te roep, maar kan nie van die irriterende gepiep ontvlug nie. My pa sê iets, maar ek hoor nie. Die monitor piep al hoe vinniger. Ek voel hoe hy die vingerstompies van my hand vasklem, kompleet asof hy die pyn gebruik om te keer dat ek weer wegglip. Vinniger en vinniger! Dokters in hulle pastelblou klere kom aangehardloop en roep opdragte na mekaar uit. In die geharwar klem my pa steeds my hand vas. Die gepiep verander in een monotone, onophoudelike A-kruis. Ek wonder of my pa ooit van daardie skril klank sal kan ontsnap... Dis asof my liggaam en siel skei. My lyf sien hoe my pa sy kop laat sak toe die damwal breek en trane sy gesig deurdrenk. Maar my siel verlaat die chaotiese toneel en ek weet niks van die gepaardgaande emosie van verlies nie. Die laaste musieknote sterf weg wanneer ek myself toelaat om die donker, stil tonnel binne te gaan en die pyn te ontvlug. Vir die eerste keer ooit, klink stilte hemels… Ek baklei nie meer teen die donker wat sy groot, swart kombers oor my trek nie; die tyd vir vlug het aangebreek. My oë val toe terwyl die skoenlapper sy vlerke finaal toevou.
CINDY E S T E R H U YSE
Onttroon Kristalhelder. Ek sweef. Doelloos. Haar brandende, bloedrooi oë verhelder my lewelose ruimte. Die gloed van haar milde, lang, oranje hare brand my grys oppervlak. Minagtende gedagtes dool in my kop rond soos ek om haar wentel. Lig. Ek loer met bewondering na Ouranós se kort, blou hare soos sy in haar potblou water baljaar. Sy lag of sy betaal word. Donker. Lig. ‘n Weerkaatsing van haar lig laat my aandag rus op Poseidónas. Heen en weer wieg my kop soos hy en sy enorme ring doodtevrede draai soos ‘n tol wat op die grond spin. Sy lang, blou lokke sweef sorgeloos deur die ruimte. Donker. Lig. Ek hoor die gedreun van Krónos se maag soos dit hom smeek om nog van sy klein, ronde, kwesbare kinders te verorber. Gelukkig word my ore gered deur Afrodίti se pragtige stem. My gedagtes dans soos haar liefdeslied deur my swem. Ek vergeet van my doellose bestaan... maar ook net tydelik. Donker. Lig. Gi streel stadig haar koeëlronde, silwer kat, Fengári, met haar blougroen hande. Die magdom vlieë wat om haar drentel, maak dit duidelik dat dié al beter dae gehad het. Donker. Lig. Donker. Stadig kom hy aangeswem deur my doellose ruimte. Hy gluur my aan en knip skielik sy oog. Met bewondering in my staar ek na die kolossale bruin boom wat uit hom groei. “My takke sal jou neem na dit wat jy die meeste begeer, maar soos jy weet, kan ‘n mens net die perd na die water toe neem, maar hom nie maak drink nie. Jy moet self jou lot bepaal...” Na ligjare se struikel oor die vreemdeling se takke het ek haar bereik. My liggaam brand soos sy na my staar: ‘n aasvoël wat lustig na die karkas voor hom staar.
Met een beweging skeur ek my nuttelose tong uit my mond en verander dit in ‘n klein ysdolk. ‘n Magdom keuses swem deur die waters van my gedagtes terwyl ek die dolk aanskou. Vir ‘n oomblik weifel ek oor dίt wat ek wil doen... Sy gluur my vir ‘n laaste keer aan met haar brandende, bloedrooi oë. “Dis my beurt om baas te speel,” fluister ek stadig in haar oor, terwyl ek haar van haar mag onttroon en die klein ysdolk haar vurige hart penetreer. Haar bloedrooi oë word swart soos haar liggaam in ys verander. My liggaam word met vreugde gevul. Betekenis. Waarde. Status... Maar dan besef ek wat die ronde waarheid is. Alles wentel om my; ek deel nie meer enige wentelbaan nie. Ek is waar ek so dolgraag wou wees, maar steeds moedersielalleen. Ek neem waar hoe die potblou in Ouranós stadig weg was soos sy in die donker verdrink. Ek gluur na Poseidónas terwyl die donker hom van sy sig onttroon en hy op die oppervlak neerplons. Die eens sorgelose ring word oorweldig met die dik, blou bloed soos dit deur Poseidónas se brose lyf sny. Die skeur van Krónos se stokoue, goue vel weergalm deur my ore. Die laaste strale van geel lig verhelder die goue bloed terwyl dit by sy lippe af vloei soos ‘n oneindige rivier. Die gedreun van sy maag verdwyn soos hy homself verorber...
Afrodίti se pragtige stem word vervang met ‘n eienaardige skreeu wat soos ‘n lang, skerp swaard my siel steek. Loodgrys trane vorm watervalle onder my oë. Die vlieë word verstrooi soos Gi se ronde lyf in duisende stukkies skeur. Bloedrooi magma vloei uit die krake uit. Met ‘n somber blik in haar oë staar sy na Fengári wat huilend al hoe verder en verder weg deur die ruimte sweef. Soos Koki torring ek aan die taai knoop van my gedagtes, terwyl ek na die smeltende klein ysdolk – besmet met haar goue, warm bloed – staar. Niks kan sonder haar leef nie – ek moes nooit die Son onttroon het nie. Pikdonker. Ek hang. D o e l l o o s.
Jaco Wagener
D
Vlug it was rooi in die môre voor die son opkom en soos bloed het klip by die berg af gevloei.
Môre son, môre son. My baken op die horison. Bewaar my tot môre kom. Ek skrik wakker van die nat bondel luise wat by my been verbyskuur, soos hulle die pad na die gat in die skuurdeur vind. Geïrriteerd kap ek my hoef teen die grond. As die rot net sou bly tot die son sak, sou hy dalk saam met die visse en ander klein peste in die vure gesmyt word. Ek stoot die stalvenster met my neus oop. Die haak het met tyd geroes en gebreek en nou waai die wind die venster wawyd oop op koue wintersnagte. Ek trek die koel someroggendlug diep by my neusgate in en spits my ore, opsoek na die roep van vroegoggend voëls. Stilte. Ek stamp my poot ongemaklik teen die vloer. Iets is verkeerd. Die voëls vlieg nie almal in verskillende rigtings, soos hulle gewoonlik doen, om kos vir die dag te gaan soek nie. Soos ‘n enkele donker massa vlieg hulle, vlug hulle in hul duisendes die binneland in. Weer kap ek my poot teen die vloer, maak ‘n lae proesgeluid en ruk my stert. Iets is verkeerd. Toe die aarde liggies onder my vibreer, is dit die laaste druppel in die emmer. Ek lig myself tot op my agterbene, swaai my voorpote woes en runnik histeries.
22
BLAUW
Desember 2019
‘n Hand gryp my neus. “Shhh, Luto.” Die stem is sag, warm en bekend. “Daar is niks fout nie, Seun.” Otho, my mens, hou my vas sodat my kop op sy skouer rus en streel my nek saggies met sy growwe hand. “Daar is niks fout nie.” My histerie bedaar, maar ek weet hy is verkeerd. Toe die skaduwees kort raak, is my pels al vol splinters van die hout wat ek al heeldag aandra. Maar soos Otho sê: mens moet op een of ander manier jou brood verdien en vir vanaand se vure word baie hout benodig. “Volcanus is kwaad!” skree ‘n man met ‘n lang, grys baard vanaf ‘n groentekrat in die markplein. “Julle moet hierdie jaar julle beste vee vir hom in die vure offer!” Die mense op die markplein jou hom uit, gewoond aan die plannetjies wat die smouse beraam om verkope te bevorder. Hy koes vir die vrot vrugte wat die skare in sy rigting slinger. Ek peusel aan ‘n oorryp tamatie wat by my voete beland. Lekker. “Hou weg daai onbeskaafde ding hier,” grom ‘n perdesmous vir Otho en beduie in my rigting. “Ek soek nie daardie vuilgheid naby my volbloedperde nie.” Hy sê die “volbloed” gedeelte ekstra hard en praat in die rigting van ‘n deftige vrou wat verbystap, maar sy ignoreer hom.
Modder bloed deur my are. Ek is net die wind se kind. Toe skud die aarde weer. Harder. Die perde runnik vreesbevange en begin aan die kraalheinings skop. Hoenders bars uit hul hokke en besaai die plein met vere. Al wat lewende dier op die markplein is, wend ‘n poging tot vryheid aan. Maar die twee been dier verstaan nie. Uiteindelik skop die perde hul heining af en die trop hardloop vir die berge. Ek ruk weer aan my harnas, gretig om saam te gaan. “Shhh, Luto, shhh.” Die skurwe hand is weer op my nek. “Daar is niks fout nie, Seun.” Ek blaas ‘n warm stroom lug by my neus uit en gee ‘n lae runnik. “Jy’s verkeerd, Otho. Jy’s verkeerd!” probeer ek sê, maar hy verstaan nie. Toe ons die strate binnestap, skud die aarde weer. Harder. Klein stukkies klip gly by dakke af en val in die slote. Otho gaan staan, frons, skud sy kop en stap verder. Vanaf my stal kan ek die gesellige feesviering hoor en die duisende vure aanskou. Ek haat vuur. Die voëls het nie laatmiddag terug gevlieg nie en die luisdraers is steeds weg. Skielik grom die aarde soos ‘n beer wat ontwaak en hy skud so erg dat ek my balans verloor en op my sy val. Groot dele van die dak stort ineen en ek hoor die vreesbevange gille in die verte. Nou weet hulle. Dit is te laat. Toe is dit asof Volcanus self uit die diepte van die aarde bulder. Die aarde skud weer, vuur en steen word by Vesuvius uitgeslinger en klip borrel soos ‘n bloedsee by die berg uit. Ek kom sukkel-sukkel orent en probeer met al my mag om die stal se mure af te skop. “Shhh, Luto.” Die hand is weer op my nek, maar die stem is nie meer so rustig nie. Die vuur weerkaats in sy oë en sy stem bewe soos die aarde. Met Otho op my rug hardloop ons die strate van Pompeii binne. Mense hardloop verward
in alle rigtings. Die aarde skud en mure tuimel om, val op mense... kinders... rotte. ‘n Man skree vir iemand om hom onder ‘n klip uit te bevry, maar niemand luister nie. “Drie jaar se salaris vir die muil!” gil ‘n vrou in Otho se rigting, maar hy is skielik doof. Otho stuur my by die straatjie af en dan in daardie een, maar dit is onmoontlik om deur die verwarde skare te beweeg. Soos die vure nader kom, raak die gille erger. ‘n Histeriese geraas verander vinnig in roepe van pyn soos die bloedsee mense insluk. Otho por my aan, vryf my nek, skop my sy, maar die klip hardloop vinniger… Dit was nie lank voor die see van vuur die hele stad verslind het nie. Nie eers die volbloedperde was vinnig genoeg nie. Nie die rykes of die armes, nie die rotte of die kinders nie. Nie eers die muile nie. Die klip het almal verslind. Dit sal verlore wees vir jare voordat mens dit eendag vind.
Mari-Liza Coetzee
O, die skande...
E
k weet nie waarom ek vandag hier moet staan nie. Tussen al die verlepte komkommertoebroodjies en tannies wat huil en saggies fluister. Waarom ek moet maak asof ek dankbaar is dat ander mense skynheilig omgee, terwyl ons buurvrou haar krokodiltrane aan my skouer afvee. Maar dis mos nou goed en reg en hoe dit moet wees. Só in die glashuisies saam met die einste mense wat my van jongs af geleer het hoe om klippe te gooi én terselfdertyd watter vrugte aan die boom van goed en kwaad die lekkerste proe. Van wat is goed en reg, wat is sleg en hoe bloed dik is en water dit nie afwas nie en alles (hande en matte en gesinne ens.) kan bevlek. Ek is geleer van skandes. Sonder dat iemand ooit regtig daaroor gepraat het. Soos joune, Sussa. Ek was so ses. My kop was nog vol sonskyn en spookasem en die wete dat die bloed – mý bloed – wat tans Ma se Persiese mat bedrup, ses van die bestes voorspel het. Druppels skaamte en skande: die bewys van toe ek my dans vir Sussa gewys het en vol opwinding die blompot van die koffietafel afgestamp het. Die groen ding was aan’t skerwe. ’n Trougeskenk. Ek kon die berou in my kieste voel soos my souttrane begin ophoop het – meer uit vrees as enigiets anders. “Ag, toemaar wat. Moet jou nie bekommer nie. Ek sal help.” het Sussa my getroos. Haar hemelblou oë het sterretjies in gehad. Altyd besig om my rigting te gee. Jy sê jy het in daardie oomblik – iewers tussen die skuif van die koffietafel en die binding van my vinger – net gewéét: jy moes verpleeg. Ander mense se bloed bewaar en hulle bedpanne uitwas en trane afvee en troos. Ek het ná die tyd my hand op die Kinderbybel met die mooi prentjies gesit en gesweer voor Liewe Jesus en Moses op die voorblad, dat ek my Sussa sou oppas. Ná die tyd het ek al my sondes bely. My skandes. Sussa, jy het my nooit kans gegee om my gelofte te hou nie. En nou gaan ek eendag voor die troon moet pa staan daarvoor en ek gaan nie ’n antwoord hê nie en ek weet hierdie seer sal altyd my seerste seer en my swaarste las wees. Altyd die donker kol op my gemoed. Die swart gat. Dit was ’n Dinsdag, iewers in September. Tyd het, soos wat hy maar maak as jy klein is, sy voete gesleep totdat ek naderhand nege en Sussa sestien was. Ek het daardie dag van bloedgroepe geleer en was besig om vir Sussa se geduldige gesig oor koekies en melk in die 24
BLAUW
Desember 2019
kombuis alles te vertel, toe ek vir Ben ontmoet het. Hy het homself kom voorstel en sy stem het selfs harder as Pa s’n gebulder toe hy sy vellies teen die koffietafel gestamp het. Sy hande was die hele tyd met Sus se hare doenig. Dit het my gepla. Sus, ek het nooit van hom gehou nie. Hy wou jou op’n Huisgenootplakkaat sit en ek wou jou vir myself hê. My suster met die droë hande wat sy die hele dag lank was. Daardie lente het die begin van ’n vaalblou tyd ingelui. Dit sou aanhou vir drie jaar, totdat Sus hartgebroke toegekyk het hoe Ben sy bakkie by ons oprit uitgetrek het en sy vellies vir die laaste keer van ons koffietafel afgehaal het. Ek was altyd bang hy stamp dit te veel, sodat jy die kolle kan sien. Sus het al hoe meer begin uitgaan. Toe Pa begin kla het, het sy haarself met die hospitaal en haar studies bemoei. Ek wou my Sussie terughê, maar jy het haar iewers in jou uniform se sak vergeet. Op my vyftiende verjaarsdag het Josef opgedaag. Ons neef. Vol gate en skete van sy werk in die myne ná ’n skag ineengestort het. Sus moes na hom omsien. Hy was soos kondensmelk. Te soet, te ryk en hy het teen ’n duur prys gekom. Ek haat hom nou nog. Soos wat ek myself haat dat ek nooit besef het dat sy voetstappe snags by my kamerdeur nie was om water te gaan haal nie. Dat die sakke onder jou oë nie net skofte was nie. Hy het jou sonskyn gesteel en soos mis voor die son verdwyn. Sus het Ma se koppie gebreek toe sy uitgevind het dat hy sy goed gevat en geloop het. Ma was woedend. Die stel was nou waardeloos. In die warboel het Sussa nie gesien hoe die porselein haar gesny het nie. Toe moes sy nog die bloed ook opvee. My maag het gedraai toe ek jou daardie een oggend in die badkamer gevang het. Jou snikke is deur die badkamerdeur gedemp, maar ek kon die kots nog ruik terwyl ek tande geborsel het. Maar ’n mens praat mos nie daaroor nie. Toe ons twee maande later van die hospitaal teruggekom het, het ek ineengestort in die sitkamer terwyl ek na die kolle onder die koffietafel gesoek het. Hulle was nog daar, maar jy was nie. Sien, die hanger het nie gewerk nie. Die oormatige gespring ook nie en ook nie die keer wat jy aspris-perongeluk by die trappe afgeval het nie. Jy is op die 14de Februarie 1963 in Groote Schuur oorlede. Dood. Met die skande nog binne jou, wat jy nie afgewas kon kry nie en wat ook nooit ’n kis of begrafnis gekry het nie. Ek is so, ontsettend jammer, Sus. Jou eie bloed was ’n skande. En nou moet ek vandag hier staan en al wat ek sien is bloed. Bloed orals. Op elke hand wat nie gehelp het nie. Die meeste is op my eie en die trane was dit nie af nie. Dit bevlek net alles. En dít, my liefste Sussa, is ’n skande.
Ila Aberts
Foto deur Ben Wiese
Voorbladartikel
Ila Alberts Dit word beskryf as sogenaamde retail therapy – daardie ekstra skoot dopamien wat ons almal ervaar wanneer ons impulsief na daardie pragtige hemp gryp. Dié skoene (waarvan ons al ongeveer vyf variasies in Tygervallei alleen gesien het). Maar dit is irrelevant. Dis trendy. En dis goedkoop. Spotgoedkoop. Maar, soos wat ons generasie onsself al hoe meer moet afvra: wat is die gevolge hiervan? Wat is Fast Fashion? Fast Fashion is die algemene term vir die proses van die vervaardiging en verkoop van relatief goedkoop kledingstukke wat oor ’n lae gehalte beskik – dink aan H&M, Zara, Topshop, Forever21 en kie. Dit word vermag deur goedkoop arbeid in ontwikkelende lande uit te buit, om die produksiekoste te verlaag en dan aan verbruikers in ontwikkelde lande teen ‘n appel, ’n ei en Instagram-beïnvloeder-droom te verkoop.
Hierdie internasionale winkelgroepe se praktyke het egter 'n skadukant wat menslike- en omgewingsgevolge inhou. Daar is gereelde bewyse dat hierdie geldbase van gedwonge arbeid (waaronder kinderarbeid) in lande soos Indië en Bangladesj gebruik maak. ’n Studie deur die Wêreld Arbeidsorganisasie het bevind dat 60% van fabriekswerkers vir tekstielmaatskappye onder 18 was toe hulle hul werk begin het. Rana Plaza was die beginpunt van bewusmaking rondom hierdie praktyke: ’n fabriek van onder meer Zara en H&M het ineengestort weens die onmenslike omstandighede waarin die werkers hul brood en botter moes verdien. Sowat 1 134 mense het hul lewens verloor en ongeveer 2 500 is tydens die tragedie beseer. Sedertdien het hierdie ondernemings groot beloftes gemaak om dit te wysig, maar daar het, buiten vir in Bangladesj, meestal dadels van gekom. Maar wel baie geld.
Amancia Ortego, eienaar van Inditex (die korporasie wat die grootste sondebokke in die bedryf besit), was al meer as vier maal die rykste man ter wêreld. Sy werkers geniet egter nie dieselfde voorregte nie.
Selfs die weerlooste mense in die wêreld – Siriese vlugtelinge in Turkye, is in 2016 gevind waar hulle vir onder meer Marks and Spencer, Zara en Next klere onder haglike omstandighede produseer – waaronder talle kinders was wie ver onder minimumloonvereistes verdien het. Verder is die modebedryf die tweede grootste oorsaak van koolstofdioksiedvrystellings, naas die petroleumbedryf. Die deursnee middel- of hoë inkomsteverbruiker het in 2014 60% meer klere as in 2000 gekoop, maar dit vir die helfte van die tydsduur as voorheen gedra. Hierdie oormatige gebruik het ’n reuse impak op ons natuurlike hulpbronne en is eenvoudig nie volhoubaar nie – dink eenvoudig daaraan: dit neem dieselfde hoeveelheid water om ’n katoen Themp te maak, as wat die gemiddelde persoon in twee en ’n half jaar drink! Die goedkoop klere wat geproduseer word, bestaan dikwels ook uit sintetiese materiale, wat weer op sy beurt die oseaan en waterbronne met mikro-plastiek besoedel, elke keer wat die kledingstuk gewas word.
Foto deur Ben Wiese 2 28
BLAUW
Desember 2019
“My skoene is deur vroueslawe in die Verre Ooste gemaak / Dis nie my skuld nie”.
Wat kan ek dan doen?
Pretty, ’n kleremaatskappy wat in Kaapstad gebaseer is.
Wel, die eerste en waarskynlik die beste wenk is om jouself uit die psigologiese gat van consumerism – oftewel, die behoeftes wat maatskappye deur middel van reklame by jou skep – uit te wikkel. Ons glo ons het dit nodig, want die plakkaat sê dit is ’n musthave, of dis op uitverkoping of Emma Chamberlain het iets soortgelyks gedra.
Dikwels is hierdie handelsmerke duur, maar die kwaliteit en duursaamheid baie hoër. In elk geval is daar nie ’n prys wat kinderarbeid kan regverdig nie en daar is ook nie ’n prys op ons natuur nie.
Soos meeste dinge in die lewe, het Fokofpolisiekar lirieke om hierdie penarie Om eerlik te wees, internetpersoonlikhede waarin ons onsself bevind, te beskryf. In die het ’n daadwerklike effek op ons (Generasie liedjie, “Oop vir Misinterpretasie” sing Z) se koopgewoontes. Die beste antigif Francois van Coke: “My skoene is deur hierteen, is om mense wat nie openlik vroueslawe in die Verre Ooste gemaak / Dis probeer om ons aarde en werkers in ander nie my skuld nie”. lande te bevoordeel nie, eenvoudig uit jou YouTube- en Instagram-feed te sny. Soek En dit is hierdie einste mentaliteit wat ons ander openbare persoonlikhede wat klem lê eenvoudig nie meer kan verskoon nie. op volhoubaarheid en boots hulle eerder na. Al is daardie T-hemp hoe goedkoop. Tweedens stel die internet altyd tweedehandse klere (oftewel: thrifting) voor, maar as ons moet oop kaarte speel, is die moontlikhede in Bellville maar redelik skraps. Selfs in Kaapstad is daar min of geen *Indien jy belangstel om meer daarvan te bekostigbare tweedehandse handelaars. leer, gaan kyk gerus Justine Leconte se YouTube-video daaroor. Dit is bitter ’n Soortgelyke oplossing is om eenvoudig insiggewend. nie daarvan weg te skram om klere met vriende te ruil of weer van ’n hand-me-down -stelsel gebruik te maak nie.
Verder kan jy ook eenvoudig daarop fokus om die klere wat jy reeds besit, te geniet. Dit gaan waarskynlik langer hou as wat jy dink. Laastens kan ons begin om omgewingsvriendelike en Suid-Afrikaanse handelsmerke te ondersteun, bv. Sitting
Huisplante
Foto’s en artikel deur Ben Wiese
LEEFWYSE
Na ‘n lang dag by die skool is daar byna niks so bevredigend soos om by die huis te kom, jou skoene uit te skop, by jou lessenaar te sit om jou huiswerk te doen... en na jou plante te kyk nie.
dalk eienaardig vir ‘n buitestander, maar jý is nie die een wat jou venus flytrap elke dag water moet gee omdat dit ‘n “vogtige omgewing nodig het wat ‘n oerwoud naboots” nie, of jou vetplante weekliks moet Hier volg ‘n paar insigte van ‘n volslae plant verskuif sodat hulle genoeg son kry nie, of elke keer voor jy op vakansie gaan moet -verslaafde: “Kan dit wees? My venus flytrap het al weer ‘n mier gevang?! Die blom- stres oor of jou plante genoeg water gaan kry of nie. Klink uitputtend, né? wyse het wragtig oornag verder ontwikkel! Dit is, maar dit is juis hierdie harde werk wat My kaktus het nie doodgegaan nie, selfs al dit soveel meer belonend maak om te sien het ek dit twee maande laas water gegee... yay!”. hoe jou plante stadig maar seker groei. Vergeet van ‘n troeteldier, kry ‘n plant. Ek besef hierdie vlietende gedagtes klink 30
BLAUW
Desember 2019
Ek is nie alleen in my oortuiging nie, dis amptelik, die huisplant is besig om ‘n geweldige herlewing te beleef. Volgens die Amerikaanse National Gardening Association het die verkope van huisplante in die laaste drie jaar met meer as 50% toegeneem. Die bedryf genereer tans 1.7 miljard dollars per jaar vir planthandelaars.
Die wetenskap ondersteun hierdie trant en toon dat plante verskeie voordele vir jou fisiese- en emosionele gesondheid kan inhou.
Volgens ‘n studie gepubliseer in die Journal of Physiological Anthropology, kan aktiewe interaksie met ‘n plant (soos om dit aan te raak of daaraan te ruik) ‘n drastiese afname Die rede vir hierdie nuwe beheptheid met in stres- en angsvlakke tot gevolg hê. Die ons fotosinterende bondgenote… die bestudie het ook bevind dat wanneer jy tuinrugte – soms misverstaande – Millennialmaak, jy in aanraking kom met natuurlike generasie. anti-depressante wat in die grond teenwoordig is. Huisplante filtreer ook die lug in Volgens marknavorsing is millennials verons huise en verwyder onsuiwerhede (veral antwoordelik vir 31% van alle plantaandaardie skadelike skoonmaakmiddels se kope; ‘n syfer wat teen ‘n merkwaardige koers toeneem. Indien ‘n mens op Instagram walms). NASA en die Pennsylvania State (millennials se gekose sosiale mdiaplatform) Department of Horticulture het beide bevind dat plante hoogs effektiewe lugsuiweraars is rondsnuffel, sal jy ontdek dat daar 18 en dat leefareas mét huisplante in sommige miljoen posts is met die hutsteken “plant” gevalle tot 60% minder skadelike bakterieë aan hulle toegeskryf. bevat. As hierdie artikel jou nog nie oortuig het om ‘n plant aan te neem nie, het ek nog nuus vir jou: plante is nie net wonderlik vir die omgewing nie, hulle is ook baie bekostigbaar. ‘n Paar van die faktore wat ‘n mens altyd in ag moet neem wanneer jy ‘n plant koop, sluit in: die hoeveelheid lig wat die plant nodig het, die hoeveelheid water wat die plant moet kry en hoe groot area die plant gaan opneem. As jy bekommerd is dat jy nie die nodige selfdissipline het om vir jou plant te sorg nie, kry ’n kaktus, hulle weier eenvoudig om te vrek (glo my, ek praat uit ondervinding). Gewapen met hierdie nuwe inligting sal jy sommer kortvoor-lank jou eie groenvinger-gedrewe binnenshuise oerwoud hê. Lekker plant!
LEEFWYSE Resepte Fotograaf en Kosstilis: Mieke Jonck
HAPPIES AS JY HAASTIG IS BESTANDDELE 500 ml bruismeel 1 ½ t bakpoeier t = teelepel
500 ml gerasperde kaas
T = eetlepel
32
BLAUW
Desember 2019
KAASSKONS
JUF. WEISSE SE
125 ml olie geklits met… … 2 eiers
375 ml water of melk of mengsel 3 knippies sout METODE Stel oond op 200 °C Meng alles – dit moet ‘n slap deeg wees Spuit muffin-pannetjies of smeer met botter Gooi holtes amper vol Bak vir 15min
PLAATKOEKIES AKA FLAP JACKS
BESTANDDELE
METODE
250 ml melk
Meng alles.
2 eiers
Skep eetlepels vol in ‘n warm non-stick
1 ½ T olie of botter of kokosneutolie
pan.
2 knippies sout 5 T suiker 4 t bakpoeier 500 ml koekmeel
Draai sodra daar baie borrels op die oppervlak is. Bedien met variasies van spek, kaas, stroop, bessies, kaneelsuiker en piesang.
KULTUUR
Totsiens
&
Dankie DF groet drie merkwaardige onderwysers
Tekeninge deur Alexa Wium
34
BLAUW
Desember 2019
Frau
Loubser
D
Ben Wiese
ie eienskappe wat ‘n gewone onderwyser onderskei van ‘n puik onderwyser is moeilik om in woorde uit te druk. Een ding wat egter uitstaan is die vermoë van ‘n onderwyser om nuwe inligting aan hul leerders oor te dra. Volgens hierdie maatstaf gemeet, is Juffrou Alta Loubser beslis ‘n fantastiese onderwyseres. Toe ek 4 jaar gelede by DF ingestap het, kon ek nie ‘n enkele woord Duits praat nie. Vandag kan ek ‘n gesprek, al is dit ietwat stamelend, met ‘n Duits-sprekende persoon voer. Ek, en baie ander Dee-Effers wat Duits as skoolvak neem, het almal dié geskenk ontvang: ons kan met ‘n ekstra 80 miljoen mense in hul moedertaal praat... vir my is hierdie werklik iets spesiaal en alles te danke aan juffrou Loubser se deursettingsvermoë en geduld met haar leerders. Ek lê veral klem op die woord geduld, want dit is nie maklik om ‘n splinternuwe taal aan ‘n klomp tieners te onderrig nie! As onderwyser is juffrou Loubser altyd bereid om in elke leerder se behoeftes te
voorsien. Sukkel jy met Relativ Pronomen? (As jy nie weet wat Relativ pronomen is nie hoef jy nie te kommer nie, ek neem Duits en ek weet skaars). Geen probleem, die volgende oggend lê daar ‘n stapel oefeninge op jou bank. Jy’t immers gevra daarvoor. Nog iets wat uitstaan van juffrou Loubser is dat sy haar leerders die vryheid gun om klasgesprekke te voer (gewoonlik in Duits) oor temas wat veel wyer as die klaskamermure strek. In die Duitse klas leer ‘n mens werklik baie oor die wêreld en nie net in ‘n tradisionele akademiese sin nie. Juffrou Loubser is ook een van die enigste onderwysers wie ek ken wat koek vir haar leerders bring op háár verjaarsdag – dit word opreg waardeer! Verder sorg haar fyn sin vir humor en interessante stories oor haar reise na Duitsland dat die horlosie se uurwyser nooit talm nie. Na etlike dekades gaan juffrou Loubser ongelukkig hierdie jaar uit die onderwys tree (en uiteindelik ontslae raak van haar effens lastige Graad 11-klas). Ek weet egter ek praat namens ons almal as ek sê dat ons haar beslis sehr viel sal mis. Danke schön, Frau Loubser, vir alles.
Juf f rou
Va n A a r d t
J
Kaylin Stevens
uffrou Annalien van Aardt, wat Engels
Juffrou van Aardt sê dat die mense in DF
Huistaal aanbied, is
Malan ‘n spesiale plek in haar hart het.
al ‘n volle 12 jaar aan Die Hoërskool DF Malan verbonde en tree aan die einde van die jaar af. Haar aftreeplanne?
“To tick the boxes on my bucketlist.”
“DF gave me a wonderful opportunity to affirm students. I could never have imagined how this would enrich my life.” Juffrou van Aardt het lewens geraak op
Die leerders wat in haar klas was, sal
soveel goeie maniere en ons sal haar
haar as vriendelik, passievol, liefdevol,
altyd onthou.
saggeaard en intuïtief beskryf. Nog ‘n paar leerders het bygevoeg dat sy die individu sien en daarom op ‘n persoonlike vlak oor hulle omgee. Sy laat haar leerders toe om hul eie menings te vorm en moedig hulle aan om meer oor
die lewe, literatuur en probleme te dink – te bevraagteken.
36
BLAUW
Desember 2019
Meneer
Steyn Kaylin Stevens
M
eneer Steyn bied
like ouers, leerders en personeel.
Lewenswetenskap
“Die trots wat ‘n mens kon ervaar
en Natuurweten-
wanneer jou skool Dubbelgoud by
skap aan en is al vir
MTBS kry; die tevredenheid as die
31 van sy 35 jaar in die onderwys, by DF betrokke. Meneer Steyn se aftreeplanne is om meer tyd in sy tuin deur te bring en dit die mooiste tuin in die woonbuurt te maak. Hy wil ook begin teken, kosmaak en koekbak en beslis meer tyd met sy
matriekuitslae kom...” Dit was vir meneer Steyn genotvol om te weet dat hy betekenis aan sy lewe gee deur te gee aan mense wat besig is om hul lewens te vorm. “Die grootste betekenis van DF vir
vriende en familie deurbring. Hy wil
my was egter dat ek my vrou by
twee boeke skryf, waarvan een ‘n
DF ontmoet het en ek hoef niks
riller of ‘n speurverhaal moet wees
meer te sê nie.”
en die ander een moet handel oor die
Meneer Steyn, DF gaan Meneer ont-
krisisse wat die onderwys in die land
settend baie mis en Meneer nooit
bedreig. Hy wil soveel as moontlik
vergeet nie.
lees. Meneer Steyn sê dat DF ‘n ongelooflike reis was en dat dit vir hom ‘n groot voorreg was om by ‘n skool te wees met sulke ongeloof-
KULTUUR Anja le Roux
KULTUUR AVONTUUR Voel jy al soos ’n kluisenaar in die huis, vasgekeer onder hope Wiskunde huiswerk? Is kanaal 122 die enigste getal wat jy kan onthou? Soek jy iewers waarheen jy kan gaan, anders as Tygervallei-inkopiesentrum of McDonalds? Gooi jou pen eenkant en trek jou spaarbussie nader. Hier is als van skeppende kunste tot die Kaapse Klopse! As jy dink dat lewe eers na jou agtiende verjaarsdag begin, het ek vir jou ’n plek gevind waar die definisie van “’n lekker tyd hê” niks te doen het met alkohol of roadtrips nie. Wat anders as Zeitz Mocaa?
Vir diegene wat hulself eerder met kafeteria-tjips voer, as om hul spaarvarkies met note te voer, is dit die perfekte plek! Toegang vir onder agtienjariges is totaal en al verniet (onthou net jou bewyse). Hierdie is nie ’n alledaagse geleentheid nie, so carpe diem! Kalmeer! Julle hoef beslis nie die hele dag na vervelige skilderye van landskappe te kyk nie. Hierdie kunsmuseum bestaan uit verskeie vorme van moderne kunswerke. Daar is iets vir elkeen. Jy sal enigiets van projektorbeelde met musiek, tot ’n versameling van tradisionele maskers daar kan vind. Hierdie installasiekuns word gereeld hernu om dinge interessant te hou. Maak ook gerus na die tyd ’n draai by die eetplek waar die kos en die uitsig net so esteties bevredigend soos die kunswerke self is. Wie benodig drie-dimensionele brille as jy ’n vertoning in lewende lywe kan ervaar. Ek raai alle Dee-Effers aan om ’n draai by DF Malanstraat in Kaapstad te maak, waar julle die Kunstekaap Teater (Artscape Theatre) sal vind.
38
BLAUW
Desember 2019
die Bo-Kaap. Wie benodig ’n vliegtuigkaartjie as jy ’n plek van soveel kulturele waarde net hier om die draai kan besoek? Die pragtige, gekleurde, platdak huisies en nou klippiespaaie weerspieël Hollandse argitektuur en Daar vind ’n verskeidenheid optredes gee vir jou daardie egte Europese geplaas, als van jazz-konserte tot musiekblyspele. Daar is beslis niks beter voel. Die huisies het ook ’n ryk geskiedenis, aangesien dit voorheen as ’n lewendige optrede nie. Jy voel nie soos ’n toeskouer nie, maar eerder vir slawe uitverhuur was en aanvanklik asof jy soos Alice in ’n haasgat na een net wit geverf mag gewees het (hoe vervelig). Toe slawerny beëindig is, of ander bonatuurlike wêreld getelehet slawe, as ‘n teken van hul vryheid, porteer word! Kaartjies is nie hul huisies helder geverf. Die Bo-Kaap buitensporig duur nie en dis ’n ervais boonop die enigste plek waar jy Maring waaroor jy huis toe kan skryf. leise-, Hollandse-, Indonesiese- en The Rocky Horror Picture Show Afrika-kulture als binne ’n klein gebied kan ervaar. Moenie die Kaapse R100-R500 Klopse die 2de Januarie daar misloop Begin 6 Des ‘19 2 ure nie! Hierdie teater bestaan uit drie afdelings: die operahuis (1 487 sitplekke), die algemene teater (540 sitplekke), sowel as die arena teater (140 sitplekke).
A Christmas Carol – The Story of Scrooge (Ballet) R150-R295 Begin 14 Des ‘19 2 ure Waar sal ‘n goeie plek wees om ongelooflike foto’s te neem of sommer net deur straatjies te stap en die skoonheid van gekleurde huisies te waardeer? Natuurlik! Waar anders as
Vind jy jou kunsinspirasie in die vertrekke wat met futuristiese kunswerke gevul is? Miskien stel jy meer belang in die liedjies van The Sound of Music. Dalk verkies jy om met jou kamera in die hand die wonderwerk, genaamd fotografie, tussen ’n paar kleurvolle huisies te ontdek. Een ding is verseker en dit is dat die rusbank nie meer jou beste vriend gedurende naweke sal wees nie.
N’rico van den Heever: Hy was vir drie jaar in my klas en daar het NOOIT ‘n klas verbygegaan wat hy nie aan die einde van die periode, voordat hy die klas verlaat het, nagelaat het om “Thank you, Ma’am.” te sê nie. Hy is die ordentlikste seun. Me. T. Coetzee
40
BLAUW
Desember 2019
Nicola van der Merwe: Nicola’s love and support made me smile almost every day. I am just thankful for her!
DF-HELDE Daar is min dinge wat my so raak soos wanneer 'n skoolkind my soos 'n mens behandel. 'n Groet. 'n Glimlag. 'n Dankie. 'n Hand wanneer dit voel of al die balle in die lug is… 1 sekonde, 1 glimlag, 1 gawe woord.
Nee, dit is nie 'n gegewe dat ’n leerder ’n onderwyser met respek hanteer nie. Nog minder dat liefde en deernis deel van die interaksie is. Ek voel soms deurskynend wanneer leerders met opset my oog vermy sodat hulle my nie hoef te groet nie. Daarom hierdie artikel. Daarom ‘n dankie aan elke leerder wat verby "Meneer" en "Juffrou" sien. Dankie dat julle ten spyte van puberteit, vol roosters, buitemuurs,
toetse en take, liefdesprobleme, groepsdruk, familieprobleme en al die ander dinge wat jul lewens vol en besig maak, tyd en moeite maak om ons raak te sien. Ek wens julle kan vir een dag in ons skoene staan en sien wat ons sien – en voel hoe ons voel. Ek wens julle kan hoor met hoeveel liefde onderwysers oor julle praat – ja, selfs die stoutes. Hierdie 20 leerders is ‘n druppel in die emmer van leerders wat daagliks 'n verskil maak. Ons sien julle. Dankie.
Me. Marisa van der Merwe
2
CARUS HEWITT: Carus het nooit uit die klas uitgestap sonder om dankie te sê vir die les nie. Me. Minnie
Toe my oupa hierdie jaar oorlede is, het Carus gereeld vir my kom vra hoe dit gaan en my moed ingepraat om sterk te wees. Hy het ‘n oog vir ander se pyn. Me. Van der Merwe
Elrike Jordaan: Sy is baie hulpvaardig. Sy is altyd bereid om ander te help. Me. Muller Sy maak oogkontak in die gange en groet my al gee ek nie eers vir haar klas nie. Me. Van der Merwe
Jean’s work ethic, maturity and dedication kept me inspired this year. He is like a treasure. Ms Prinsloo
Jean van Schalkwyk:
42
BLAUW
Desember 2019
Hulle is een van die redes waarom ek so intens opgewonde is oor die toekoms, want hulle is mense wat opreg belangstel in hul medemens. Hulle is hoflik, bedagsaam en omgee-mense. As hulle sommer net elke nou en dan inloer in my klas om te gesels – omdat hulle omgee, laat dit my spesiaal voel. Me. L. Coetzee
Anneke Human & Eben Nel:
Monique Jantjies: A warmer smile than Monique’s will be hard to find. She is so full of joy and makes me laugh so often. She gives compliments, which make this tired teacher feel like a model. Her enthusiastic “Hi, Ma’am!” makes me feel special. Ms Van der Merwe
Tiaan Munro: Hy en sy vriend Carus het verskeie maal raakgesien dat ek bietjie sukkel en seer was. Dan het hulle aangebied om my tas vir my te dra – op met al die trappe van die UK-gebou. Baie maal het dit weggeneem van hul pousetyd. Ek het nie een van hulle vir klas nie, maar hulle het my nood gesien en gehelp. Me. Aggenbach
She has been a joy to have in my class this year. She is a very helpful young lady and always has a smile on her face, which makes this teacher’s heart glad. Ms.Van Ellewee
Rencha Hamman-Johnson:
Petrus du Preez: He has exceeded every expectation I had. There is so much that he did, that people don’t realise. His creativity and compassion, as well as vision, made me a better person this year. Ms Prinsloo
44
BLAUW
Desember 2019
Chanté Kruger: Sy het baie vir my beteken die jaar met haar vriendelikheid en positiewe gesindheid. Sy het my elke keer met ‘n wye glimlag gegroet as ek by die klas instap – dit beteken baie! Me. Delport
Wihan Schwan: Hierdie stil seun wat so vasstaan by sy beginsels het baie gou diep spore in my hart getrap. Hy is een van min – hy het die mooiste maniere. Jy kan hom enigiets vra en hy sal dit altyd met ‘n glimag doen. Hy is ‘n ware heer. Me. Mostert
Luan Meyer: During Vreesloos, when we had not slept and the boys were physically and emotionally tired, Luan (at every meal), worried about me. Through all that fatigue, he made sure I had something to eat and drink. He is selfless. Ms Prinsloo
Tia Crous: She is an unsung hero. She is so dedicated and lovely. How she balances everything she is involved in is admirable, and that inspires me. Ms Prinsloo
Heinrich Crous: I admire his heart, bravery and dedication. He has shown me that kindness and the bravery to act on it inspires and encourages other to do the same. Ms Prinsloo
Jean Visser: Hy staan altyd op as hy in die gang sit en ek verby stap. Dit beĂŻndruk my altyd. Me. Minnie
Adam’s humility and perseverance during the Vreesloos time carried me. He is strong and makes me proud to be associated with him. His heart is good. Ms Prinsloo
1
46
BLAUW
BLAUW
datum
Desember 2019
Adam Keating:
Nicola van der Merwe: Nicola’s love and support made me smile almost every day. I am just thankful for her! Ms Prinsloo
Krige Erasmus:
Krige is ‘n leerder waarop jy altyd kan staatmaak. Hy is altyd meer as bereid om te help in die klas of waarookal dit nodig is. Hy het werklik die mooiste maniere – ‘n ware gentleman. Me. Du Plessis (beaam deur vele ander)
Heinrich Hanana: Dit maak nie saak hoe sleg my dag is nie, as ek vir Heinrich, die ewige optimis wat genuinely lief is vir die lewe, sien, is my dag ligter, want sy lag verhelder die son.
Me. L. Coetzee
Ons
2015 — 2019
48
BLAUW
Desember 2019
Deur Frances Bruwer
Matr ie ks
Graad 8. Die jaar wat gekenmerk word vir onsekerheid, nuwe ervarings en cringey foto’s wat ons toe as cool beskou het.
S R 2015
Die twee areas waar amper almal pouse gehou het, was die vierkant en die kafeteria.
Afperiodes: ‘n Periode waar kinders amptelik kon gebruik om huiswerk te doen of sosiaal te wees. Dit was ook ‘n bekende term wat as verskoning gebruik is, om kinders wat bunk te beskerm teen die straf van klas toe gaan.
Dit was in hierdie jaar wat Blackberries uit die mode geraak het en volskerm slimfone die in-ding geword het.
Ma t ri ek s !
Die matriekklas van 2019, sowel as die onderwysers sal vir altyd 8.8 as die stoutste klas onthou.
“ Hag a l in Mas i k et ”
J&B Met 2015:
Toe ons in 2016 hoor juf. Dorfling gaan aftree, het ons almal dadelik begin dink wat ons in die nuwe skoolhoof soek. Ek onthou hoe mnr. Barnard nog in ons graad 9 BS-klas gesê het dat ons “Superman en sy broer”
I’mpossible-projek
soek met al ons vereistes. September 2016: Na maande se afwagting en bespiegel het die tyd om die nuwe skoolhoof te ontmoet, aangebreek. Ek onthou nog die “Conradie-kreet” wat ons opgevoer het om mnr. Conradie te verwelkom… Celebrate good times, come on, terererete Conradie, woohoo…
Graad 9. Ook bekend as die oordramatiese jaar van jou skoolloopbaan. Nie net het cringey foto’s vermeerder nie, maar ‘n nuwe mode van Qooh.me op jou Instagram-profiel het opgeduik.
Broodsmeer
Colourfest
J&B Met Gr. 9 Dans
52
BLAUW
Desember 2019
Vreesloos
Mnr. Marais tree af.
Revue
Graad 10. Die nuwe begin in ons akademiese lewens. Ook die jaar wat die meerderheid kinders besef het hoe moeilik Skeinat en Wiskunde werklik is. (Dis seker hoekom ongeveer 25 kinders tussen Graad 10 en 11 geskuif het na Geskiedenis).
Interhuis
Boston
Boardroom kikker DeeEffers se dae op deur ons met die beste koffie te voorsien.
Verbode
terrein en Wasseboom raak al hoe meer algemeen. is in 2018 aan die konsep van ecobricks blootgestel.
Interskole 2018: Ons het gewen!
DF
Somerbal Wêreldkoorspele 2018: 120 Dee-Effers is deel van die koor – amper 10% van die skool!
Graad 11. Ons almal weet jou graad 11-punte is van die belangrikste punte van jou skoolloopbaan. Dit is egter ook ‘n besige jaar – veral die laaste deel van die jaar waar ons by die Matrieks van 2018 moes oorvat. Tussen ProefSR, aspirant dirigente en eksamens was dit dol, maar ons almal het tog begin uitsien om die seniors te wees.
Vreesloos
DF wen MTBSgeesbeker en deel die pawiljoenbeker met Bellville.
Die SR van 2019
Die wenners van Mnr. en Mej. DF 2019.
Dankie, DF. Dit was 5 jare vol blydskap en seer. Jy het my gevorm tot die mens wat ek vandag is. Die lewe gaan aan en dis nou tyd om met opgewonde harte die volgende hoofstuk van ons lewens te betree, maar weet, jý DF, sal altyd ons almamater bly. Ons mag dalk huil omdat dit nou verby is, maar ons is dankbaar en bly dat ons vir altyd Dee-Effers sal wees.
Die DF Malan Ekoklub het nie net die Zero Wasteprojek en die ecobricks in DF op die been gebring nie, maar loots selfs kompetisies om kinders opgewonde en gemotiveerd oor herwinning te laat voel. Een van hierdie projekte was die papierinsameling kompetisie. Die hele skool – veral die matrieks – was baie gemotiveerd om die pizza-prys te wen.
Die klas wat gewen het was 12.8. Dit was duidelik nie te versmaai dat helfde van die ekoklub in daardie klas is nie. 56
BLAUW
Desember 2019
Graad 12. Die matrieks, die seniors van die skool, die mense waarna almal gaan opkyk. Ons laaste jaar op skool en dit was definitief ‘n besige een. Net soos dit lyk of matriek rustiger raak, raak dit net nog rowwer.
Die matriekgroep van 2019
Die jaar was die Zero Waste-projek geloots.
Die Monitors van 2019